Lukas 9:54-55
“Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?” Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys.”
Om oor te gesels en te dink
Jesus kies die pad van genade. Hy wys Jakobus en Johannes tereg. Hulle wil vuur af bid om die mense te verteer omdat hulle nie reg op tree nie. Jesus kies om eerder die Samaritane in te nooi in Sy koninkryk in. Daar is plek vir almal.
Ons moet by Jesus leer om eerder die pad van liefde en genade te stap. Ons kan nie onsself regverdig omdat ons dink ons is reg en ander is verkeerd en daarom moet God ander straf nie. Nee, Jesus bring nie vuur wat oordeel nie, maar vuur wat warm maak. Hy is as’t ware soos ‘n brandweerman wat met water die vuur van oordeel blus, sodat ons God se warm liefdeshart van genade kan ervaar.
Ons hoef nie bang vir God se oordeel te wees nie. Jesus kom wys vir God se hart van genade en wys ins tereg om nie heeltyd ander te wil oordeel nie.
Gebed
Here Jesus, ek is jammer as ek vinnig en maklik oordeel. Help my om U genade te ervaar en te deel vandag. Amen.