16Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. 17Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende.
rou VRAE:
- Wanneer ons swaarkry is ons geneig om te dink ons staan alleen daarin. Die waarheid is egter dat ons nie alleen is nie. Ander om my beleef ook swaarkry en dit is vir hulle net so sleg soos wat my swaarkry vir my is. En die belangrikste waarheid is dat God by ons in hierdie swaarkry is. Hy verlaat ons nie. Hy is saam met ons in ons ervarings.
- Indien jy hierdie gevoel van alleen wees in jou lyf sou voel, waar sou jy dit voel? In dien jy alles wat jy verloor het in jou lyf sou voel, waar in jou lyf sou jy dit voel? Wat maak hierdie emosies met jou?
- Wanneer beleef jy hierdie gevoelens van alleen wees in jou lewe? Wanneer is dit die ergste? Wat stel jou gerus in hierdie oomblikke?
- Wanneer beleef jy hierdie gevoelens van rou oor alles wat jy al verloor het in jou lewe? Wanneer is dit die ergste? Wat stel jou gerus in hierdie oomblikke?
rou OEFENING:
- Erken aan jouself wat jy alles verloor het. Haal diep asem in met elke realiteit wat kom. Blaas jou asem uit wanneer jy dit erken en daarmee sit.
- Moenie vandag jou realiteit onderdruk, wegstoot of ontken nie.
rou GEBED:
Inasem: Here, draai na my en wees genadig met my.
Uitasem: Want ek is alleen en kry swaar.
Inasem: Here, verlig die eensaamheid in my hart.
Uitasem: En maak my vry van die swaarkry.
(Herhaal soveel keer as wat jy nodig het en rustig voel.)
Amen