Handelinge 9:1-9; 17-19
8 Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. 9 Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie. 18 Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien.
Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, sien ons soos nog nooit tevore!
Dink vir ’n oomblik aan ’n droom: terwyl jy droom voel dit asof dit wat jy sien werklik besig is om te gebeur. Wanneer jy wakker word, sien jy egter duidelik dat jy besig was om te droom. Jy kan dus duidelik sien dat dit ’n droom was, en dat jy nou wakker is.
Dieselfde gebeur met ons wanneer ons ’n ontmoeting met God het. Dán sien ons ons ons eie sonde, die leuens van die duiwel, hoe ver ons van die pad gedwaal het en hoe selfsugtig ons ons lewens inrig op ’n splinternuwe manier. Dit is asof jy kan sien hoe blind jy was…
In Handelinge 26:15-18, waar nog ’n weergawe van Paulus se bekeringstorie geskryf is, herroep Paulus die volgende woorde van Jesus wat op daai dag aan hom gesê is: “18 Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer.” So die een wat blind was, wat nou kan sien, moet vir ander blindes die goeie nuus gaan vertel, sodat hulle ook kan sien!
I bring to you Lord, my momentary irritation, that you might reveal the buried seed of it—not in the words or actions of another person, but in the withered and hypocritical expectations of my own small heart.