Handelinge 11:22-26 (NAV)
22 Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur. 23 Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. 24 Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring, 25 en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. 26 Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het 'n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en baie mense onderrig. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.
Die kerk in Antiogië is deeglik gevorm as volgelinge. Hulle dissipelskap het verantwoorbaarheid, bemoediging en baie lering behels. Barnabas het seker gemaak dat al drie hierdie dinge in Antiogië gebeur. Trouens, hy het vir Saulus laat haal toe hy besef die werk is te veel vir hom. Hulle dissipelskap was so effektief dat gelowiges vir die eerste keer hier Christene genoem is. Hulle was so anders as ander groepe mense in die wêreld op daardie stadium dat hulle ’n hele nuwe naam moes kry.
In ’n missionale kerk is daar deeglike dissipelskap. Waar daar deeglike dissipelskap is, is daar ’n getuienis van die goeie nuus wat mense se lewens verander.
“It is only because he became like us that we can become like him.” Dietrich Bonhoeffer