Matteus 20:28
“So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
Om oor te gesels en te dink
Ons is hierdie week bewus van God se genade. Dit wat ons is, is net genade. Wat ons van God ontvang het, ook net genade. Dit is niks wat onsself kon verdien nie. Kyk vandag weer na jou hande. Gister het ons God geloof en dank vir dit wat God vir ons gee. Sien vandag jou eie hande raak. Jesus het nie net sy hande gegee nie, maar sy lewe. Hy het alles van Hom gegee. Ons word ook geroep om alles van onsself vir God en God se koninkryk te gee. Om ons hande te gee vir God se werk. Om onsself te gee indiens van die Here.
Dink na en bid oor die volgende:
< Hoe kan jou hande vandag deur God gebruik word?
< Hoe kan jou hande vandag God dien?
< Hoe kan jou hande vandag hierdie wêreld minder onregverdig maak?
Gebed
“Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Gebruik vandag my hande om tot diens vir U te wees. Amen.”