Matteus 13:31-32
“Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.””
Om oor te gesels en te dink
Mosterdsaadjies mag nie toe Jesus die gelykenis vertel het in ‘n tuin geplant word nie, omdat dit onder andere moeilik is om te beheer. Dit het vinnig versprei, nes onkruid, en ‘n digte bos gevorm. God se Koninkryk kan nes ‘n mosterdsaadjie, of onkruid, nie beheer word nie. Laat mens dink aan die koninkryk van die tempel in terme van hoe die priesterhoofde en Fariseërs beheer uitgeoefen het en op die wyse mense uitgehou en uitgesluit het.
Waar probeer ons vandag nog God se Koninkryk beheer?
Waarom sal mense (onbewustelik) God se Koninkryk probeer intoom hou?
Gebed
Here, U Koninkryk is nie ons s’n om te probeer beheer nie. Wys my vandag op my optrede wat uitsluit of die verspreiding van U Koninkryk probeer tem. Amen.