Ek besef ook ek moenie aanneem nie want by Doornkloof doen ons media operateur beide klank en rekenaar, streaming. Dus moet ek net uitklaar:
Ons het studente wat ons aanlyn ontmoet via Zoom. Is daar 'n moontlikheid om 'n bydra vir data te maak en die kerk se wifi te gebruik? (hoe is die wifi opvangs/ Ons kan ons eie rekenaar vir Zoom gebruik maar sal net die setup saam met iemand wil derugesels wat die stelsel by PvR ken.
Ons sal ook 'n slide op die skerm wil vertoon.
Van die seremonie behels dat ek en my liefie paar liedjies sang beglei, op klavier en kitaar. So ons sal graag 'n monitor by die klavier en op die verhoog voor (soos vir sangers) ook wil gebruik indien moontlik.
Ek het die ou setup in die kerk nog goed in my kop. Ek het die teater ligte, dromme, klavier, Easy Worship, en ander elemente nog ingebring. Ek is seker baie van die media wat ek daai tyd vervaardig het is ook nog op die rekenaar. Maar ek sien wel uit daarna om die nuwe klank te beleef 🙂 En is op 'n manier opgewonde om weer 'n stukkie van storie raak te trap met die seremonie.