Woensdag 22 November 2023

2 Samuel 9:5-7
Koning Dawid het hom toe laat haal uit Makir se huis in Lo-Dabar. Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig. “Mefiboset?” vra Dawid. “Ek is u onderdaan,” antwoord hy. Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.””

Om oor te gesels en te dink
Dawid laat Mefiboset haal om voor hom te verskyn. Mefiboset dink dat hy tereggestel gaan word omdat hy ‘n bedreiging vir Dawid inhou. Daarom dat hy versigtig en bang voor koning Dawid buig. Dawid hanteer hom goedgunstig. Hy noem hom op sy naam, stel hom gerus en verander sy toekoms op grond van sy vroeëre belofte aan Mefiboset se pa, Johnatan. Hy nooi hom om deel van sy huis en tafel te word. Hy stel geen voorwaardes nie. Hy aanvaar Mefiboset soos hy is, sodat hy ‘n verhouding met hom kan bou.
Ons het ook nodig om mense in ons lewens in te nooi, sonder voorwaardes en ‘n pad met hulle te begin stap. Wie is daardie persoon? Selfs al verdien hy of sy dit glad nie?

Gebed
Here, help my om met mense sonder voorwaardes’n pad te stap. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika