1 Johannes 1:1-4
1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=QPwd_TQpsHY
Skryf ‘n storie van julle gesin se storie saam met die Here van die afgelope jaar. Sit fotos by en vertel van die hoogtepunte en die laagtepunte.
Gebed:
Here van my lewe,
Dankie vir die Skrif, die aanbiddingsliedere en gebede wat ons van ander ontvang het. Dankie da tons kan sien en hoor hoe U ‘n pad stap met U mense. Help my om ook so ‘n getuienis vir ander te kan bied. Help my om U lig te reflekteer in die donker wêreld. Dankie dat U ons oorvloedig seen. Dankie dat ons tot seen van ander kan wees. Help ons om in word en daad getrou U natevolg en te getuig van U grootheid. Mag lof en danksegging konstant uit ons harte loop!
Amen