Woensdag, 26 Mei

God is Geneesheer

Jesaja 38:14-20
My oë het moeg geword van opkyk na die hemel toe. Here, red my uit my ellende. 15 Wat kan ek sê? Die Here het met my gepraat, Hy het gedoen wat Hy gesê het. Ek sal my hele lewe lank swaar loop oor wat ek moes verduur. 16 Mense leef ten spyte hiervan, Here, en ek sal daarmee saam kan leef, maar maak my tog gesond, herstel my! 17 Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe. 18 In die doderyk kan niemand U loof nie, geeneen wat dood is, kan U prys nie; niemand in die graf dink aan u trou nie! 19 Net hulle wat nog lewe, kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders sal hulle kinders van u trou vertel. 20 Here, U het my gered. Ons sal op ons liere speel al die dae van ons lewe, in die huis van die Here.

Om oor te gesels of te dink:

  • Soms wanneer ons vir genesing vra is ons so desperaat. Ons word sommer moeg om die heeltyd na God te kyk en te vra vir Sy genesende krag. Was jy al ooit in so ‘n situasie waarin jy gesmag het na genesing? Wat het gebeur?
  • God het in die Bybel op verskillende maniere genees. Soms het Hy mense fisies genees. Soms het Hy mense se verhoudings met hulleself genees. Some het Hy hulle verhoudings met hulle medemens genees. Soms het Hy hulle verhoudings met hulle gemeenskap genees. Soms het Hy hulle verhoudings met Hom genees. Watter tipe genesing het jy op die oomblik die meeste nodig?
  • As jy dink oor God as geneesheer, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Geneesheer.
Here, u Woord spreek beloftes van genesing en herstel en ek dank U vir die wonderwerke wat U vandag nog doen. Vandag vra ek vir genesing vir myself. Ek vra vir genesing in my verhouding met U, in my verhouding met my gemeenskap, in my verhouding met my geliefdes, in my verhouding met myself en fisies. Ek glo in die genesende krag van geloof en gebed en ek vra U om U magtige werk in die lewe te begin. Omring my met bonatuurlike vrede en krag en gee my die geloof om te glo dat alle dinge vir U moontlik is. Beskerm my teen Satan se leuens en moedeloosheid en laat my wonderbaarlike genesing begin. U is goed.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika