Woensdag 28 Oktober

2 Timoteus 3:16-17
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Om oor te gesels:
‘n Boot word gebou met die spesifieke doel om die groot oseane te trotseer. Hul het al die toerusting wat nodig is daarvoor.
Net so het God my en jou geskep om sy verteenwoordigers op aarde te wees. Ons is deur God aanmekaar gesit om in die wêreld God se wil te soek en Sy koninkryk en heerskappy te vestig.
God het ons daarvoor toegerus. Jy kort niks om dit te kan doen nie. Jyt als wat jy nodig het. 2 Tim 3:16-17 sê al wat ons moet doen is om God se handleiding (Die Bybel) te gaan bestudeer dat jy weet hoe om jou toegeruste gawes vir God te gebruik. Geen verskoning. Kom ons bestudeer God se gawes vir ons om ons vir Sy werk toe te rus.
Soek in die Bybel na als wat Hy vir jou hieroor sê en leer dit gebruik!

Gebed
Here open my oë om te sien waarmee U my toegerus het vir U diens. Help my Here om elkeen van U gawes te leer gebruik tot U eer.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika