Woensdag 31 Augustus 2022

Jeremia 1:8
“Moenie vir hulle bang wees nie,
want Ek is by jou, Ek sal jou red.”

Om oor te gesels en dink
God roep, bemagtig en stuur Jeremia. En Jeremia is nooit alleen nie. God sê vir hom dat hy nie bang hoef te wees nie. Jeremia het rede om bang te wees, want die boodskap wat hy moet bring is nie maklik nie. Besef ons dat God ons nie net vir maklike of makliker tye roep nie? Dat daar nooit ‘n meer gepaste tyd is om geroep te wees nie. Nee, God roep ons ongeag of dit vir ons geleë is en eintlik besef ons dat ons is elke dag geroep en gestuur. Moenie bang wees nie.

Neem ‘n oomblik van stilte
Waarom is jy dalk bang om jou roeping uit te leef? Of, waarvoor wag jy? Die Here stuur jou nooit alleen nie. God is met jou.

Gebed
Vandag, Here, word ek gekonfronteer oor wat my terug hou om u roeping op my lewe uit te leef. Hoor my vandag as ek hardop sê ek is bang vir… Heilige Gees, help my en lei my. Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram