Handelinge 8:32-35
“Die Skrifgedeelte wat hy gelees het, was dit: 'Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word; en soos 'n lam wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie sy mond oopgemaak nie. In sy vernedering het daar nie reg aan Hom geskied nie. Wie sal van sy nageslag kan vertel? Sy lewe op aarde word beëindig.' Die amptenaar vra toe vir Filippus: 'Sê vir my, asseblief, van wie praat die profeet hier, van homself of van iemand anders? Filippus het by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom verkondig.”
Om oor te gesels en te dink
Saam lees die Etiopiër en Fillippus die teksgedeelte in Jesaja. Die Etiopiër vra vir Fillippus om die teks vir hom te interpreteer. Fillippus begin toe by hierdie teksgedeelte en beweeg oor na die Goeie Nuus van Jesus. Hy deel met hom die Evangelie. Wat 'n mooi moment! En die Etiopiër aanvaar hierdié nuus as ook Goeie Nuus vir hom.
Wat beteken die Goeie Nuus vir jou, persoonlik? Kan jy dit in woorde verwoord? Met wie sou jy dit graag wou deel?
Gebed
Here, U Goeie Nuus is vir almal. En ek ken dit ook persoonlik! Mag U my gebruik om deur my eie getuienis van wat U in my lewe beteken, met ander te deel. Amen.