Woensdag 6 April 2022

Stilstaan oomblikke – Op pad na die kruis
Teksvers:
Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (Matt 26:39)

Identifiseer:
Jesus bid tot die Vader en vra dat as dit moontlik is, Hy hierdie lydensbeker van oordeel by Hom sal laat verby gaan. Maar Jesus bid ook dat die Vader se wil sal geskied en nie Sy eie nie. Dit is ‘n ongelooflike gebed wat Jesus hier bid. Hy weet wat voorlê en is gewillig, maar vra in afhanklikheid ook vir ‘n ander uitkoms as dit moontlik is?

Oriënteer:
Kan ons dieselfde bid? As dit moontlik is laat hierdie swaarkry by my verby gaan, onderworpe aan wat die Vader wil. Dit vra gehoorsaamheid en vertroue dat die Vader die beste weet. Dit is nodig om ons eie wil te onderwerp aan die Vader se wil.

Bely:
Ons wil in gehoorsaamheid leef en bely dat U die beste weet.
Ons bely dat U wil bo ons wil is.

  • Kan jy vandag bely dat die Vader se wil sal geskied, eerder as jou eie?
  • Watter situasie wil jy vir die Here gee en vra dat Sy wil sal geskied?

Bid:
Here, ek wil soos Jesus vandag bid: “My Vader, as dit moontlik is, moet nogtans nie doen soos ek wil nie, maar soos U wil. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika