Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.
Om oor te gesels en te dink
Nog ’n manier om te dink soos Jesus, is om te dink aan alles wat reg is voor God. Meer nog, is om te doen wat reg is voor God. Ons moet regverdig lewe en ook op kom vir dinge wat reg is. Ons moet help dat dinge reg gedoen word.
Een manier om reg te lewe is om soos Psalm 1 ons in die Woord van God te verdiep en dat ons vanuit die waarheid van die Woord, op die regte dinge sal fokus. Kom ons gee ons aandag aan die regte dinge, as om te verval in wat verkeerd is. Laat ons deel van die oplossing wees en doen wat reg is.
Gebed
Here, ek wil doen wat reg is. Ek wil ’n verskil maak. Ek wil my gedagtes rig op U wil hê ek moet doen. Amen.