Woensdag 9 November 2022

1 Korintiërs 3:4-5
“As een van julle sê: “Ek is vir Paulus,” en 'n ander: “Ek is vir Apollos,” is julle dan nie nog wêrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het”

Om oor te gesels en dink
Deel van die onenigheid in die gemeente van Korinte was dat gemeentelede verskillende predikers begin aanhang het. Paulus het die gemeente geplant en is waarskynlik nou in Efese. Apollos het daarna verdere werk kom doen in die gemeente. Daar was ook ander gewilde predikers of gunstelinge (sien 1 Kor 1). In hierdie gedeelte spreek Paulus die verdeeldheid as gevolg van hul keuse of uitsprake om eerder vir Paulus óf Apollos te verkies. Paulus sê hierdie gedrag is deel van die gedrag van 'n baba (Selfsugtig en wêrelds) en nie van 'n groeiende gelowige nie. Paulus bevestig dat beide hy en Apollos die werk van God doen en dienaars indiens van die Here.

Kyk vandag uit of jy verskillende dienaars van die Here in hierdie wêreld kan raaksien? Almal gewone mense wat tot eer van die Here besig is om saam aan die Koninkryk te bou.

Gebed
Here, help my vandag om meer mense raak te sien wat vir U werk. Mense in gewone werke en plekke wat ek selfs nie verwag nie. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika