Ons is so opgewonde oor ons tweede KARKERK. Dit is die geleentheid vir ons “verstrooide” Geloofsfamilie om weer bymekaar te kom en te wys ons is nie verower nie.

Dit is Lente, so ons gaan as gesinne saam in ons motors piekniek hou. Onthou asseblief om vir julle piekniekmandjies saam te bring.

Ons gaan in die Kerkgronde parkeer, geleentheid hê om as families binne ons eie motors deel te neem deur middel van die uitsending oor jou motor se radio. So maak seker dat julle padkos reg is, julle die laaste vulstasie besoek het en reg is vir die uur se erediens belewenis by ons Kerkgebou. (Probeer sover moontlik vooraf die badkamer tuis besoek. Weereens om regulasies in plek te hou, wil ons die beweging van mense op die kerkgronde beperk).

Sondag, 13 September om 10:00.

Ons gaan ook ons Kindermoment in die motors doen!

Ons doen ook 'n geleentheid om na ander uit te reik. Bring asb nie-bederfbare kos vir ons LEEF se Kosprojek, asook ou skoene.

Dis baie belangrik om te weet vir hoeveel motors ons op die terrein moet voorberei, so dit is noodsaaklik dat jy vooraf bevestig dat julle bywoon.

Kliek hier om te bevestig dat jy kom.

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram