Om oor te gesels:
Wat is jou verwagting van God, wat alles ten goede laat meewerk?
Lees nou Romeine 8:18-39. Hoe pas vers 28 in die groter prentjie?
Hoe help hierdie vers jou met die voluit lewe vir Jesus? Is daar iemand in jou lewe, wat vanoggend op jou hart druk?
Hoe gaan jy/julle na hulle uitreik vandag?
Gebed:
Here van my lewe,
Help my om eerlik te wees met myself.
Dit is so maklik om verskonings te maak of redes te gee vir my tekortkominge. Dit is so maklik om ander of die omstandighede te blameer vir my keuses en optredes.
Help my, om myself eerlik te sien; as ‘n mens wat U elke oomblik van elke dag nodig het.
Help my om my eie wil wat swak is, oor te gee aan U wil wat sterk is.
Amen