IOU is 'n LEEF inisiatief. Ons wil mense uitnooi om hulle tyd as kundige te vrywillig vir mense wat nie die dienste kan bekostig nie. Net soos ons, ons geld vir die Bediening gee, is dit soms nodig om ook ons tyd vir die Bediening te gee.
Indien jy werksaam is, en voel jy kan 'n uur of twee 'n maand vrywillig, gaan na (https://forms.gle/HHSya3jcrX8nPCTq5) om die verbintenis te maak.
Ons kan enige Werk Tyd gebruik. Jy kan 'n dokter wees, 'n tandarts, 'n musiek juffrou, 'n rekenmeester, 'n prokureur, 'n werktuigkundige, 'n haarkapper, 'n juffrou, 'n verwer, 'n kok, ens.
Ons het verskeie Gemeenskap- en Geloofsfamilielede wat hulp benodig. Jy kan die hulp wees wat 'n groot verskil sal maak.
Vir meer inligting kontak Arline (arline@pvr.co.za) of Whatsapp (0827734338).