Inleiding oor wat die Leefbediening is, wat ons doen, hoe ons dit doen en wanneer alles plaasvind.
LEEF is ‘n beweging wat die sosiale behoeftes in ons direkte en nabye leefwêreld aanspreek.
Behoeftes word op die beginsel van Bate gebaseerde Gemeenskapsontwikkeling aangespreek. Meer bekend in Engels as ABCD (Asset Based Community Development).

Hierdie benadering identifiseer die waarde, vaardighede, raakpunte en potensiaal in ‘n gemeenskap. Dit beklemtoon die balans tussen die aanspreek van behoeftes en die ontwikkeling van menslike bates en natuurlike hulpbronne binne ‘n gemeenskap. Individue, instansies en maatskappye word dan gemobiliseer vir hierdie taak.
Hoe doen ons dit?

Van tyd tot tyd bied LEEF werkswinkels in en om die gemeenskap aan om hierdie bates en hulpbronne te identifiseer, en enige iemand is welkom om hierdie werkswinkels by te woon. Ons het ‘n databasis van die persone wat die werkswinkels bywoon en wanneer daar projekte geloots word, gebruik ons dit om hande voete aan die projekte te gee.

Projekte kan óf deur LEEF óf deur persone uit die gemeenskap geïnisieer word, en as jy ‘n voorstel het, nooi ons jou om vir meer inligting met ons by leefprojekte@pvr.co.za kontak te maak. Ons hoor graag van jou!
LEEF is ‘n groep entoesiastiese vrywilligers met ‘n roeping, visie en missie om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Die Uitvoerende Komitee bestaan uit ...
Karel Verhoef (LEEF leier)

Meer oor Karel


Ek is n Pretorianer in murg en been…behalwe vir die 3 jaar wat ek in die Kaap verder studeer het, en teruggetrek het nadat al my hare weggewaai het! Ek het getrou met n plattelandse nooi Jonellda Pienaar, en twee kinders het ontspruit.

Deur die jare het ek my in n paar vakgebiede instudeer: Teologie, Sielkunde, Opvoedkunde, Bestuur en Mediakunde. As geïntegreerde persoon benader ek die lewe dus nie vanuit n enkele oogpunt nie, maar n diversiteit van denkrigtings. Ek is nie n toeskouer nie…waar ek gaan probeer ek impak maak, dinge verander tot die beter, en om die lewe n beter plek vir my medemens te maak. Resultate is waarop ek fokus, en n doellose rondsit en tydmors tydens vergaderings haat ek soos pes!

Die afgelope 24 jaar is ek baie bedrywig as pa, eggenoot, bestuursposisies by Radiokansel, asook tentmakerleraar by Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie. My passie is musiek, hetsy alleen of in n groep. Klavier is my hoofinstrument, maar ek poog hard om viool, kontrabas en n paar ander instrumente op datum te hou. Ek is n groot sosialiseerder en geniet kuiers met familie en vriende geweldig!

Dan is ek ook baie lief daarvoor om te eet! Soetgoed kan ek nie weerstaan nie, en enige iets met kaas oor is n feesmaal! Maar indien jy ons vriendskap wil beïndig, gee my beet, afval of rooiwyn!
Lizel Ferreira (Admin)

Meer oor Lizel


Ek is lief vir die eenvoudige dinge in die lewe; dus ‘n mooi blommetuin, lang ente op die strand stap, hartsvriende en mooi musiek eerder as goud en silwer.

Diere, kinders en oumense het ‘n sagte plekkie in my hart!
Ek is getroud met ‘n wonderlike man en ons het twee pragtige, volwasse kinders op wie ons baie trots is.

Na negentien jaar van onderwyser wees in Natal, geniet ek dit nou baie om saam met LEEF ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.
Deon Nel

Meer oor Deon


Uit Namibië se suide
Was my begin geluide
Die rooi kalahrie sand
Laat nog my hart warm brand

In Pretoria het ek kom werk & kerk
En voor ek weet.. n vrou opgemerk
stap, kamp & fietsry
Is my lekker kry

Coach & konsulteer met mense
Verbreed elke dag my grense
Dit maak my beursie raas
Geld vir die vrou & kinders om te blaas

My oë is gedurig voor die rekenaar & boeke
Alewig aan die soeke
Vir nuwe waarheid & wysheid
In die mensheid

In God se Gees wat op aarde woon
Probeer ek my eie lewe vertoon
Ek kan elke dag n stukkie verder groei
Hoe meer ek met Hom stoei en Hy Hom met my vermoei.
Amanda Smith

Meer oor Amanda


Gebore in die Oos-Kaap; het ek gaan draai in Namibië, Kaapstad, graad gevang op Stellenbosch en opgeëindig in Pretoria waar ek begin werk het. Ook in Pretoria vir Koos ontmoet, 35 jaar getroud en Ma van 2 Kinders (2 bygekry) en die Ouma van die pragtigste 4 kleinkinders wat ouma se hart stewig vashou.

Wonderlike loopbaan as offisier in die Vloot en daarna het my paaie gelei na my eie Gemeente waar ek in 2006 begin werk het en my passie kon begin uitleef. Die plek waarnatoe my Here my gelei het om 'n verskil in mense te lewens te maak. 

Ek het ook die voorreg om 'n verhouding met Jesus te hê. Mense en die omgee vir mense, laat my hart warm klop. Mense het almal basiese behoeftes om hulle aan die gang te hou en daarom leef ek die volgende teenoor mense uit : Live Simply! Love generously! Speak kindly! Care deeply!
Johannes Erasmus

Meer oor Johannes


Ek is ‘n pa van twee seuns en ons is mal oor die natuur en die see.
Ek hou daar van om kreatief te wees, buite die box te dink en goed te bou wat ook die rede is waarom ek my werk baie geniet.

Ek het by LEEF betrokke geraak want ek voel en glo dat dit ons hemel se Vader se wil is dat ons vir mekaar moet lewe en ek dink dat leef ‘n groot by drae kan maak in ons gemeente en gemeenskap in die manier hoe ons mekaar help.
Christa Janse van Rensburg

Meer oor Christa


As die blonde in die span, hoor ek gereeld paar potlood grappies, en ek probeer eintlik ook maar altyd dinge lig hou, alhoewel blonde humor nie vir almal snaaks is nie glo ek mens moet so af en toe vir jouself kan lag! Ek is mal oor uitdagings en nuwe avonture aanpak.

My bucket list is geskryf vir tot in my 3de nageslag, maar 'n paar uidagings sluit in die Transbaviaans fiets uithou wedren wat ek al begin het en die t-shirt het maar nog nie mag dra nie.
Properse "white river rafting" ervaring op die magtige Oranje. 7 dag Perd rit in Ooskaap. Ag en dan nog ander avonture ook in ander lande soos Camino wat ek eers in die Karoo wil oefen, om my eie land te verken is vir my soos Forest Gump se box of chocolates, you never know what youre going to get. 


Gunsteling plekke waar ek al was sluit in Kgalagadi, Kruger, Etosha, Mapungubwe en oorsee Croatia en Mauritius. Ek is mal oor ons natuurskoon, kamp en kos maak op 'n oop vuur ek spog nie verniet met name soos Johanna Christina nie...
Is ek bang? ja, vir baie goed maar ek sal nooit so se nie. Ek is 'n properse Jack(y) of all trades and
master of none. Het al van mynswigtings gemeet tot 'n kernkrag reaktor help beplan, sal doen wat gedoen moet word al is dit nou gate grawe, tans behalwe vir ad hoc jobbies is ek in my regte werk 'n lewensafrigter.

Het een man en twee pragtige dogters met wonderlike talente waarvan een sing is, ek is mal oor musiek tokkel self bietjie kitaar om 'n vuurtjie vir die wat wil luister. Ek het ook twee honde - 'n windhond en 'n Kalahari rescue wat as Pharoah Hound klassifiseer, wat ek vir 4 dae lank uit die Kalahari duine moes lok, lang storie vir 'n ander dag se kuier as ons mekaar in die oge kyk en bly te kennes deel.

Behalwe vir Jesus is my gunsteling karakter in die Bybel Johannes die Doper, moet seker die heuning en sprinkane in die woestyn vibe wees. Ek dink hy was die perfekte voorbeeld van hoe 'n Christen en volgeling van Jesus se gesindheid moet wees, hy was so nederig toe hy Jesus moes doop, leeg van homself nie waardig om Jesus te doop maar gehoorsaam om tog die wil van God te doen, vir my mooiste voorbeeld van leierskap, padmaker deur die woestyn vir Jesus. Jesus was heeltyd sy fokus. Beslis Navolgenswaardig! Johannes se egtheid of "authenticity" staan vir my uit en is vir my 'n mooi
en belangrike eienskap wat ek graag in ander ook raaksien. Onbekend; Authenticity requires vulnerability, transparency & integrity.
Ek groet en mag ons avonture ons paaie laat kruis en ek ook meer van jou leer met die volgende ontmoeting.
...If you can't be the poet be the poem.....
Alex Flemming

Meer oor Alex


Ongelooflik om deel van Leef te wees
Maak asb. ‘n keuse uit een van die opsies in die valvouer of laat ‘n boodskap in die spasie onder “Ander”.
Hierdie is projekte uit die gemeenskap vir die gemeenskap.

Kosprojek

Ons span probeer sover moontlik aan die voedselnood te voorsien deur:
  • nie-bederfbare kospakkies ter waarde van R465 wat ons opmaak.
  • vars produkte geskenkpakke van KOSonline ter waarde van R280, wat jy kan borg.
Op PvR geloofsfamilie se e-nuus kan jy ‘n lys vind van nie-bederfbare kos wat geskenk kan
word en ook hoe om ‘n KOSonline geskenkpak te borg.
Ons benodig ook altyd plastiek kruisdeniersakkies om die kos in te verpak; dus kan jy help
herwin deur jou sakkies aan ons te skenk.

Vir meer inligting, of as jy betrokke wil raak, kontak ons by leefprojekte@pvr.co.za

Klere- en skoeneprojek

Klere- en skoeneskenkings word deur ons span uitgedeel waar daar ‘n behoefte is.
Ons ondersteun ook die Shoes4Souls projek. Hulle ontvang graag skoene van enige grootte en toestand. Vuil skoene word skoongemaak en stukkende skoene word reggemaak.
 
Vir meer inligting, of as jy betrokke wil raak, kontak ons by leefprojekte@pvr.co.za

Ondersteuningshulp aan bejaardes

Ons het ‘n span ywerige versorgers wat kontak hou met bejaardes wat alleen woon. So bly
ons op hoogte van hulle behoeftes en maak ons seker hulle is emosioneel en fisies goed
versorg.

Vir meer inligting, of as jy betrokke wil raak, kontak ons by leefprojekte@pvr.co.za

Versorgingspan

Hierdie span vrywilligers maak kontak met persone wat ‘n operasie ondergaan het of wat
siek is, om te hoor of hulle enige hulp nodig het. Veral ook persone wat onder kwarantyn is
a.g.v. Covid-19.

Groentetonnels

By die groentetonnels word vars groente verbou. Hierdie groente word vars in kospakkies verpak en ook in ingelegde vorm in nie-bederfbare kospakkies versprei. Vars groente word ook gereeld aan versorgingstehuise geskenk.

Vir meer inligting, of as jy betrokke wil raak, kontak ons by leefprojekte@pvr.co.za
Indien jy sou belangstel om by LEEF betrokke te raak, hoor ons graag van jou.
Vul asb. jou besonderhede hieronder in
By LEEF glo ons dat geld nie die enigste hulpmiddel is wat aangewend kan word om ‘n verskil te maak nie. Ons maak graag gebruik van kop-, hand- en hart vaardighede om in ons gemeenskap diensbaar te wees.

Ons het ‘n databasis van vrywilligers en hulle vaardighede wat ons gebruik wanneer ons
mense vir projekte benodig.

  • Kop vaardigheid: Bv. beplanning, organisasie, kreatiewe denke, logiese redenasie, bestuur ens.
  • Hart vaardigheid: Bv. berading, versorging, empatie ens.
  • Hand vaardigheid: Enige vaardigheid wat met jou hande beoefen word.
  • Indien jy jou naam en vaardigheid by die LEEF databasis wil voeg, kan jy ons gerus kontak
    by leefprojekte@pvr.co.za

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram