Skakel in

Indien u enige vrae het vul die vorm onder in en ons kom so gou moontlik terug na u:

As ’n Geloofsfamilie glo ons dat ons deur God geskep is vir verhoudings. Die wêreld waarin ons leef voel soms so vinnig, besig en vol dat ons maklik die fout kan maak om te dink dat ons alleen kan regkom. Dit is doodgewoon nie waar nie.

Ons het verhoudings nodig: ’n verhouding met God, en verhoudings met al Sy kinders, ons broers en susters. Ons hoop dat Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie so ’n ruimte sal wees vir mense: ’n ruimte waar mense die lewende God - Sy liefde, genade en teenwoordigheid - sal ervaar, en ’n ruimte waar mense in God se wonderlike familie ingeweef sal word.

Wat gebeur op Sondae?

Ons weet dat dit soms vreesaanjaend kan wees om saam met ’n groot groep nuwe mense bymekaar te kom. Ons wil seker maak dat jy ons Geloofsfamilie as warm ervaar. Ons kerkgebou is ons familie se huis, en daarom wil ons seker maak ons laat jou welkom voel.

Ons Eredienstye

  • Tydens skoolkwartale:
    08:00 Familiediens en 10:00 Tienuurdiens
    08:00 Mosterdsaadjies (3jr-Gr 0)
    09:00 Kinderbediening (Gr 1-6)
    17:00 Tienerbediening (Gr 7-11)
  • Langnaweke en skoolvakansies:
    09:00 Erediens en Geen Kinder- en Tienerbediening.

Wat kan ek verwag tydens 'n diens?

Ons eredienste is eenvoudig: ons sing liedere saam, ons bid saam en ons luister na ’n boodskap uit die Bybel. Die fokus van ons dienste is altyd God se liefde vir ons, en Sy genade aan ons bewys deur Jesus Christus. Eenvoudig, en altyd opbouend en inspirerend.

Wat moet ek aantrek?

Kom soos jy wil; dink meer aan ’n familiekuier as ’n formele funksie.

Wat doen ek met my kinders?

As ‘n Geloofsfamilie is ons kinders geheel en al deel van ons geestelike ervarings. Ons nooi julle daarom uit om saam met jule kinders na ons Familiedienste om 08:00 op Sondae in die skoolkwartale by te woon. Ons Mosterdsaadjies (3-6jariges) word tydens die diens versorg in die Jeugsaal. Ons Gr 1-6’ee kuier tussen die oggenddienste om 09:00 in die Kerksaal en ons tieners kuier in Sondae middae om 17:00 in die Ouditorium. Daar is ook talle geleenthede vir pre ten plesier. Hou ons webwerf en kalender dop vir al die geleenthede waar julle kan inskakel!

Besoek jy ons vir die eerste keer?

Ons sal jou baie graag wil ontmoet, en meer van jou wil weet. Sal jy asb. tussen 09:00 en 10:00 by die kerkkantoor aanmeld en net jou basiese besonderhede vir ons gee? Ons wil graag vir jou meer van ons Geloofsfamilie vertel, en ons wil seker maak jy kry al die belangrikste inligting van ons Geloofsfamilie wat jy nodig het.
Ons kuier ook saam as Geloofsfamilie in hierdie tyd, kry gerus vir jou ’n koppie koffie of tee en kuier saam.
Ons verwelkom jou graag as deel van ons Geloofsfamilie!


As jy wil kan jy vir ons jou besonderhede gee deur hier onder op die + te kliek.

Lidmaatskap Registrasie Vorm

Pierre van Ryneveld Gemeenskapkerk
Lidmaatregistrasie

ONTDEK EN LEEF CHRISTUS

Man

Vrou

Indien jy meer inligting verlang om te trou, of doop of enige administratiewe navrae, kliek hier om 'n epos vir die Kerkkantoor te stuur.

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram