Ongeag van die situasie wil ons jou help om hierdie tyd so sinvol en vreugdevol moontlik te maak. Daar is ‘n magdom inligting op die internet beskikbaar om jou en jou gesin deur hierdie tyd te help. Hier volg van die belangrikste wenke om jou en jou gesin se verhoudings, emosionele en spirituele gesondheid te help.
Beplan ‘n familie vergadering waar julle saam beplan om die volgende aspekte in julle tyd saam in te beplan. Indien jy meer inligting of materiaal benodig aangaande familie vergaderings, loer gerus hier. (https://www.doinggoodtogether.org/bhf/familymeeting)
Daar is soveel kundige en wyse wenke op die internet vir julle om te gebruik. Loer gerus hier vir advies oor ouerskap tydens die epidemie, vanaf die World Health Organization (https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/advice-for-public/healthy-parenting). Hier is ook nog ‘n lys van goed wat julle as gesin of individue kan doen. (https://chatterpack.net/blogs/blog/list-of-online-resources-for-anyone-who-is-isolated-at-home?fbclid=IwAR17X7md1A9eE10p8wUpDcVMU8rmacfTD7n66bdPnNaU9vzB7rWIZt2HCLY)
Hou ook ons Facebook en Instagram dop vir weeklikse Familie “Date” idees!
Indien jy nog idees vind, deel met ons deur ‘n boodskap in die kommentaar te los. Of “tag” ons op Facebook en Instagram artikels.
Ongeag van die situasie wil ons jou help om hierdie tyd so sinvol en vreugdevol moontlik te maak. Daar is ‘n magdom inligting op die internet beskikbaar om jou en jou gesin deur hierdie tyd te help. Hier volg van die belangrikste wenke om jou en jou gesin se verhoudings, emosionele en spirituele gesondheid te help.
Beplan ‘n familie vergadering waar julle saam beplan om die volgende aspekte in julle tyd saam in te beplan. Indien jy meer inligting of materiaal benodig aangaande familie vergaderings, loer gerus hier. (https://www.doinggoodtogether.org/bhf/familymeeting)
Gesin "Date" idee
Is jy en jou gesin lus om iets saam te doen, maar nie seker wat nie. Gebruik dalk een van hierdie 3 idees om julle besig te hou.
Opsie 1 Internasionale Ete - Kies 'n land regoor die wêreld. leer meer oor die land, hulle taal, kultuur en tradisies. Probeer een of twee van hulle disse maak. Luister na hulle musiek en probeer 'n dans van hulle leer. Geniet so 'n internasionale aandete as gesin saam.
Opsie 2 Bou 'n Fort - Kry julle komberse en bou 'n fort in julle voorhuis of in julle tuin. Sit Kersfees liggies in en kyk selfs 'n film vanuit julle Fort. Deel met mekaar idees wat julle fort nog beter sou maak met die frase: "Sê nou net... (ons kon 'n swembad van jellie langs ons fort sit!)"
Opsie 3 Was die kar - Sodra die weer lekker warm is, was saam die kar! Maak seker dat daar meer as genoeg seep en water betrokke is. Moenie vergeet om mekaar lekker nat te maak en groot pret te hê nie!
Musiek Liefhebbers (Kliek hier)
Die "New York Metropolitan Opera" gaan daagliks lewendige uitsendings hê van opera's. Dit sal dan ook vir 20 ure beskikbaar wees op hulle webwerf. Trek bietjie mooi aan en geniet die musiek in jou TV kamer.
Bid Saam vir Suid Afrika (Kliek hier)
Het jy die geleentheid om meer tyd in gebed te spandeer maar kort bietjie leiding oor alles waarvoor jy kan bid? Hierdie Instagram rekening gee vir Suid Afrikaners 'n lys van dinge waarvoor ons spesifiek in SA voor kan bid.
Lego Uitdaging vir Kinders (Kliek hier)
Is jou kinders bietjie verveeld? Gee elke dag vir hulle een van hierdie uitdagings. Die idee is nie om so vinnig moontlik te bou nie, maar juis so kreatief moontlik die projek aan te pak!
"Audible" Boeke vir Kinders (Kliek hier)
Amazon Audible bied tans alle "audible" boeke verniet aan tydens die “lockdown”. Jy en jou kinders kan vir ure lank na boeke luister wat vir jou gelees word. Vin julle gunsteling stories en gesels saam oor wat die vir jou beteken!
Gesin "Date" idee
Is jy en jou gesin lus om iets saam te doen, maar nie seker wat nie. Gebruik dalk een van hierdie 3 idees om julle besig te hou.
Opsie 4 Koppie Koek Bak - Kies een aand om vir julle koek in koppies te maak as nagereg. En as julle vir niemand vertel nie kan julle selfs dit elke aand doen. Hier is 35 verskillende resepte om julle te help!
Opsie 5 Leer as Gesin 'n Dans -Wil julle as gesin julle lywe bietjie beweeg en groot pret hê. Mihran Kirakosian doen eenvoudige koreografie wat kinders ook kan doen. Meeste videos neem so 15 tot 20 minute. En aan die einde van die "Lockdown" tyd gaan julle as gesin 'n lekker verskeidenheid van danse saam kan doen.
Opsie 6 Spa Dag - Bederf julle hele gesin met 'n Spa belewenis by die huis! Hier is oulike idees om julle te help om te ontspan en soos koninklikes te laat voel.
Studie Kursusse Aanlyn (Kliek hier)
'n 190 Universiteite het oor die 600 kursusse vrygestel. Meeste van die kursusse kan teen jou eie spoed gaan. Daar is 'n wye verskeidenheid van kursusse in verskillende belangstellingsvelde.
Voel jy Nostalgies? (Kliek hier)
Kliek hier om te kyk watter musiek in spesifieke jare die mode was. Dalk het jy 'n gunsteling jaar of dalk is jy net nuuskierig. Hierdie kan jou vir ure besig hou!
Virtuele Museum Toere (Kliek hier)
Wou jy nog altyd een van die bekende museums gaan toer het, maar nog nooit die geleentheid gehad nie. Nou kan jy enige van die 17 museums aanlyn toer. Indien jou Frans nie so goed is nie, sou jy dalk die webwerf net moet vertaal na Engels. Maar dit is maklik genoeg om verskillende museums uit te ken op die Franse webwerf.
Familie Konneksie 8 Week Program (Kliek hier)
Hierdie uitstekende Konneksie program van die "Arbinger Institute" is 'n PDF wat aan jou gestuur word met oulike idee om konneksie te vorm, asook vra en gesprekke om te voer gedurende aandete. Doen jou en jou gesin die guns en neem hieraan deel!
Gesin "Date" idee
Is jy en jou gesin lus om iets saam te doen, maar nie seker wat nie. Gebruik dalk een van hierdie 3 idees om julle besig te hou.
Opsie 7 "Fancy" Familie Ete - Hoeveel geleenthede het ons om mooi te maak en uit te gaan. Hopelik is die antwoord tans geen. So kom ons skep die geleentheid. Maak seker dat julle as gesin saam 'n drie gang maaltyd voorberei wat almal sal eet. Neem dan die middag om julle mooiste klere aan te trek en julle hare en grimering mooi te maak. Geniet die aand met julle beste eetgerei. Moenie vergeet om fotos te neem en met ons te deel nie!
Opsie 8 Familie Krismis Bed -Maak 'n groot Krismis bed vir julle hele gesin in die TV kamer. As julle 'n tent het wat sal inpas, kan julle hom sommer opstel. Kyk dan familie flieks en maak seker dat daar lekker springmielies is. Geniet die Familie "cuddles".
Opsie 9 Familie Skattejag - Dit is die seisoen vir skattejag. Maar dalk sukkel julle met idees. Hier is 'n paar oulike idees om 'n skattejag binne en buite die huis te hê.
Kook Klasse Aanlyn (Kliek hier)
Oor die R3 000 se kook klasse deur professionele kokke word vir 30 dae verniet aan jou gegun. Skryf nou in en leer van die meesters. Hierdie is iets wat die hele gesin kan geniet.
Verskillede Oefening Geleentheid (Kliek hier)
Sukkel jy om geïnspireer te word om te oefen? Hier is 'n webwerf wat 'n wye verskeidenheid van opsies vir jou gee. Meeste van die opsies is verniet. Ons kan nie wag om te sien hoe almal hulle oefeninge geniet nie!
Kunsklasse deur Maria Oosthuizen (Kliek hier)
Maria Oosthuizen is 'n kunstenaar wat pragtige meesterwerke skilder. Baie van haar kuns het geestelike ondertone. Loer gerus hier vir haar werk. Sy bied klasse verniet op Youtube. Binnekort het ons 'n hele Geloofsfamilie vol kunstenaars!
Andrew Lloyd Webber se Musikale Meesterstukke (Kliek hier)
Is jy mal oor musiek? Sir Andrew Lloyd Webber is besig om sy Musikale Meesterstukke een vir een op YouTube te plaas sodat julle dit kan geniet. Gaan loer gereeld in vir die volgende een.