Onward volg die avontuur van 2 elf broers wat opsoek is na 'n spesiale steen, sodat hulle 'n towerspel kan doen om een dag saam met hulle pa te spandeer.
In die soeke na die steen ontdek Ian, die jongste boetie dat die rol wat 'n pa vertolk eintlik op soveel maniere deur sy ouer broer vertolk is. Saam besef hulle ook dat die reis veel belangriker is, as die eindpunt.
Die verhaal het my weer laat nuut dink oor gesinne. Veral gesinne wat dalk anders lyk as wat mens graag sou wou hê. Soms neem dit 'n hele gemeenskap om in ons gesinne se lewens in te speel. Dit herinner my ook dat 'n mens die reis op pad na die eindbestemming moet geniet. Dit is waar jy voorberei word, getoets word en versterk word vir wat jy later moet hanteer.
Die film het my ook herinner dat die lewe skewe draaie met mens loop en dit is dalk nie soos ons dit sou wou hê nie. As ons vaskyk in wat ons dink ons wil hê, het ons dalk die vermoë om die ware geskenke op die pad mis te kyk. AS ons oë op God gefokus is, staan ons 'n groter kans om die mooi op die pad raak te sien en te waardeer. En dit is soms, meer as genoeg om vir ons vreugde en vrede te gee.
Arline Meyer (Leraar)