Vakansieprogram in 'n boks

Verskeie gemeentes en naskole kan nie hierdie vakansie ‘n program aanbied om ouers in die gemeenskap te ondersteun nie. Daarom het agt gemeentes in die Ooste van Pretoria en Centurion saam gewerk aan ‘n vakansieprogram in ‘n boks.

Die kinders gaan hierdie vakansie saam met Joe ‘n pad stap. Joe wonder watter waardes is belangrik in ‘n mens se lewe. En daarom kyk hy oor vyf dae na die verhaal van Josef en dus vyf waardes wat ons uit Josef se lewe kan leer.

Daar is ‘n video opgeneem vir elke dag. Nadat jy ‘n boks bestel en betaal het, sal jou gemeente reël wanneer en waar julle die boks kan kom oplaai. Die gemeente sal ook ‘n webskakel vir jou stuur met die videos wat saam met elke dag gaan.

In die video bied Joe ‘n kort inleiding vir die tema aan en daar is ook ‘n poppekas! Vir elke dag is daar ‘n craft aktiwiteit vir die verskillende ouderdomme en in die video word word daar ook gewys hoe om dit te doen. Laastens is daar ook ‘n voorstel van een speletjie wat die kinders kan speel of wat julle as gesin saam kan doen.

Die craft items word aangekoop en verpak in die boks wat julle bestel. Daarom moet jy ‘n boks per kind bestel. Die crafts is uitgewerk volgens die verskillende ouderdomme. Jy is natuurlik welkom om te kies om dieselfde ‘soort’ ouderdomsboks te bestel as jy bang is jou kinders gaan nie daarvan hou dat daar verskillende crafts is om te doen nie.

Ons droom en hoop is dat hierdie boks jou as ouer kan help om iets kreatief, sinvol en geloofsvormend met jou kind te kan doen vir vyf dae.

Jy kan die inhoud van die bokse hier aflaai as jy dit self by die huis wil doen of nie 'n boks gekoop het nie.

Daar is drie tipe bokse: 
Boks 1: Kleuters - Kliek hier om die PDF van die boks af te laai.
Boks 2: Gr 1-3 - Kliek hier om die PDF van die boks af te laai.
Boks 3: Gr 4-6 - Kliek hier om die PDF van die boks af te laai.

Vir navrae kontak Janie by behoort@pvr.co.za

Nog om na te kyk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram