Eredienstye:
Ons eredienste is eenvoudig: ons sing liedere saam, ons bid saam en ons luister na ’n boodskap uit die Bybel. Die fokus van ons dienste is altyd God se liefde vir ons, en Sy genade aan ons bewys deur Jesus Christus. Eenvoudig, en altyd opbouend en inspirerend.
Kom soos jy wil; dink meer aan ’n familiekuier as ’n formele funksie.
As ‘n Geloofsfamilie is ons kinders geheel en al deel van ons geestelike ervarings. Ons nooi julle daarom uit om saam met jule kinders na ons Erediens om 09:00 op Sondae in die skoolkwartale by te woon.
Ons sal jou baie graag wil ontmoet, en meer van jou wil weet. Sal jy asb. na die erediens by een van die leraars aanmeld en net jou basiese besonderhede vir ons gee? Ons wil graag vir jou meer van ons Geloofsfamilie vertel, en ons wil seker maak jy kry al die belangrikste inligting van ons Geloofsfamilie wat jy nodig het.
Ons verwelkom jou graag as deel van ons Geloofsfamilie!
Vul gerus vir ons die Doopregistrasie vorm in. Die vorm sal dan na die Kerkkantoor gestuur word. Jy is ook welkom om die Kerkkantoor te skakel by 012 662 1708.
Ons bied 'n Huweliksvoorbereidingsgesprek 3 keer per jaar aan. Vul gerus vir ons die Huweliksregistrasie vorm in. Die vorm sal dan na die Kerkkantoor gestuur word. Jy is ook welkom om die Kerkkantoor te skakel by 012 662 1708 vir navrae.