Weeklikse eNuus - 8 November 2024

Beste PvR!

Waarom het Jesus gebid toe Hy op aarde was? Hoe het Jesus gebid toe Hy op aarde was? Waarom bid jy?

Ons gaan Sondagoggend oor een woord leer: "Biddend". Ryno Meyer lei ons Oggenddiens. Kom ontdek saam Waarom biddende mense bid?

Die Kinder- en Tienerbediening vind steeds in November plaas na die Oggend- en Aanddiens. Ons nooi jou ook uit om jou Godstorie neer te skryf en in die boks in die hoofvoorportaal met ons te deel. Die Here is besig met ons Geloofsfamilie en ook met jou. Ons wil dit saam met mekaar vier.

Die Aanddiens vind om 17:00 plaas, waarna die Tieners weer in 'n grootgroep bymekaar gaan kom. Die tema is "As Jesus vir jou bid".

Ons drink voor en na die Aanddiens lekker koffie onder die afdak.

Sien jou Sondag!


Ons nooi jou graag uit om saam met iemand na die diens in die Kapel te gaan bid.


Dankie Sê Maand - Tiendemaand Dankoffer

Ons is in Dankie Sê Maand. Bid asb en vra die Here om op jou hart te plaas wat en hoeveel jy moet by dra. Dit is 'n bo-en-behalwe bydrae, anders as die gewone maandoffers. Met hierdie geloofspraktyk gee ons jaarliks uit oortuiging en vertrou die Here om deur ons Geloofsfamilie 'n verskil te kan maak. Verwysing: "Dankiemaand". Onder in hierdie e-nuus is die bankbesonderhede, asook 'Payfast' wat jy maklik kan gebruik om d.m.v jou bank-app by te dra. Ons is ook baie dankbaar vir die R385 447 wat reeds ingekom het vir ons Dankie-sê-maand.


Ons Senior Bediening luister na Piet Smit

Ons Senior Bediening het gister by een van ons buurgemeentes, Dei Gratia, saam na Piet Smit gaan luister. Tussen die geskerts deur, het ons weer eens die boodskap baie duidelik uit Piet se sang ontvang, dat "Jesus jou op die naam ken".


Wil jy jou kind doop?

Die volgende doopkursus vind op 17 November om 16:00 plaas, ter voorbereiding van die volgende doopgeleentheid op 1 Desember. Kontak gerus vir Riana by die kerkkantoor by 012 662 1708 of stuur vir haar 'n e-pos.


Bid saam

Ons het voorbidding vir die volgende persone nodig asb:

Rita Furstenberg, Annatjie Geel, Marietjie Bellingan, Lucas Krause, Pat Krause, Ron Wirth, Johann Botha, Miriam Burger, Piet Janse van Rensburg, Hennie Visser en familie met die afsterwe van Estie, Douw Wessels en familie met die afsterwe van Stephanie.

Indien jy van iemand weet wat kontak/versorging verlang, kontak asb vir Amanda Smit by 082 975 7465 of stuur vir haar 'n epos na sorg@pvr.co.za . Jy is ook welkom om die kerkkantoor te skakel by 012 662 1708 of per e-pos  te kontak.


Kersfees rugsakkies

Baie dankie vir almal wat rugsakkies skenk - al 120 wat ons beplan het om weg te gee, is geneem!

As jy aangedui het dat jy rugsakkie sal skenk, bring dit asb na die kerkkantoor toe (met kind naam op en papiertjie wat by Desriee ontvang is) - vasgekram oor die handvatsel - voor of op 24 November asb.

Indien jy nog by die projek betrokke wou raak - die groter projek sluit 'n kinderhuis in Kroonstad in wat nog 40 rugsakkies wil weggee. Kontak gerus vir Desiree Kroukamp by 082 463 7215 vir meer inligting. Hierdie Kersfees gaan vir hulle ook kosbaar wees, as gevolg van jou bydrae. Dankie daarvoor!



Baie dankie aan al ons Ankerbydraers wat getrou bydra. Ons is dankbaar vir die toename in ons Ankerbydraers. Ons wil vra dat indien jy nog nie 'n Ankerbydraer is nie, om dit asseblief biddend te oorweeg. Ons begroting vertoon tans 'n tekort jaar tot op datum. Ankerbydraers se gereelde en elektroniese bydraes maak dit moontlik om die bedieninge waarvoor begroot is te kan laat plaasvind. Bid asb saam en oorweeg om jou bedrag per maand effens te verhoog. Daar is nog baie mooi dinge waarvoor daar in geloof begroot is tot einde Februarie 2025.

Debietorders

Kliek hier om 'n debietordervorm af te laai.

'n Maandelikse bydrae dmv EFT

NG Kerk Pierre van Ryneveld
ABSA Lopende Tjek
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 600 591 355
Gebruik asb. selfoonnommer of ander unieke verwysing


Gemeentekamp

21 - 23 Februarie 2025

Bosveld Oase Brits

Ons het weer die geleentheid om volgende jaar saam te kamp by Bosveld Oase. Jy kan nou reeds jou plek bespreek en deposito betaal. Sodoende is jy verseker om nie hierdie geleentheid mis te loop nie!

Kliek hier om jou deposito of die volle kampgeld te betaal.

Daar is staanplekke teen R1 300 vir die naweek. 'n Nie-terugbetaalbare deposito van R350 bespreek jou plek.


Almanakke en Dagboeke

Jy kan jou almanak vir 2025 teen R50 per almanak bestel. Jy kan ook 'n dagboek met ons 40 jaar logo teen R200 bestel.

Kliek hier om jou bestelling voor 17 November te doen.


Gemeente Whatsapp Kommunikasie

Stoor hierdie nommer as “PvR Geloofsfamilie” op jou selfoon en stuur dan ‘n Whatsapp na 076 349 1501 met jou naam en van as jy dit gedoen het. Jy sal boodskappe persoonlik ontvang en nie deelgemaak word van enige Whatsapp groep nie.

Groete
PvR Kommunikasiespan
www.pvr.co.za
Tel.no. 012 662 1708
Baltimoreweg 14
Pierre van Ryneveld

                                                           

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram