Dagstukkies

1 November 2024

1 Petrus 3:15
“Inteendeel, eerbiedig •Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle leef.” (Afr 2020)

Om oor te gesels en te dink:
Wanneer ons die geleentheid kry om ’n verduideliking te gee van die hoop wat in ons leef, kan ons ons Godstoies deel. ’n Manier om dit te doen is om terug te kyk, te sien wat nou in jou lewe gebeur en ook vorentoe te kyk.
As jy terug kyk op jou lewe kan jy reflekteer en getuig van hoe goed die Here vir jou tot nou toe was. As jou sien waarmee die Here nou besig is, help die realiteit ons om te besef hoe dankbaar ons is. As ons vorentoe kyk, kan ons sien hoe die Here ons roep om te doen wat Hy van ons vra. Ons kan dankie sê vir Sy genade van die verlede, Sy getrouheid nou en geleenthede vir die toekoms.
Mense het nodig om ons Godstories te hoor en ons kan nie stil bly nie.

Gebed
Here, dankie dat U altyd by my is. Ek wil graag die hoop wat ek in U gevind het deel as daar geleenthede is om my Godstories te vertel. Amen.

31 Oktober 2024

1 Petrus 3:17
“As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons dink hierdie week na oor wat dit beteken om ons Godstories van dankbaarheid te deel en dat ons altyd gereed moet wees om te kan vertel van die hoop wat in ons leef. Ons moet dit in nederigheid doen en met ons lewenswyse bevestig dat Jesus ons enigste hoop is.
Petrus herinner die gemeente dat hulle lyding mag ervaar terwyl hulle goed doen aan alle mense om hulle. Hulle moet nie moedeloos word nie. Dit is beter om te ly vir die goeie dinge wat ons doen, as om te ly vir dinge wat ons nie moet doen nie.
Hou aan om goed te doen, al sien niemand dit raak nie. Hou aan goed doen, al kry jy teenstand en kritiek. Op hierdie manier word God geëer en wys dit vir ander watter hoop in Christus daar in ons is.

Gebed
Here, dankie dat U hoop in my leef. Help my om aan te hou om goed te doen. Mag ek kies om eerder goed te doen, as kwaad. Ek wil U met alles wat ek doen eer. Amen.

30 Oktober 2024

1 Petrus 3:16
“Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.”

Om oor te gesels en te dink:
Wanneer ons vertel van die hoop wat in ons leef, moet ons dit met beskeidenheid en met eerbied vir God doen. Ons lewe moet ooreenstem met Jesus se lewe. Die fokus op moet op God wees en nie op onsself nie. Petrus moedig hulle en ons aan dat ons gewete sal skoon bly en dat ons lewenswandel tot eer van Christus sal wees. Ons kan en moet deur ons lewenswandel mense saam nooi om Jesus te volg. Deur wat ons doen, kan ons mense Jesus se lig wys en kan ons die hoop wat in ons is op die regte tyd deel. Vra die Here om vir jou te wys waar jy met wat jy doen, iemand kan help en Sy liefde te wys.

Gebed
Here, dankie dat U by my is. Ek wil in nederigheid vra dat U my sal help dat my gewete skoon bly en dat ek deur my lewenswandel ander mense met U liefde sal bedien. Amen.

29 Oktober 2024

1 Petrus 3:15
“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons as Christene word geroep om ’n verskil te maak. Ons wonder soms hoe is dit moontlik? As Petrus aan die gemeente skryf, is hulle in moeilike omstandighede en moedig hy hulle aan om altyd gereed te wees om ’n verduideliking te gee oor die hoop wat in hulle leef. Ons kan net vertel wat ons beleef het. Ons kan net Godstories vertel van waar God in ons lewens besig is, as met die oortuiging leef dat God met ons besig is.
Hierdie hoop is ’n sekerheid dat God ons nie los nie en dat soos ons gevra word, ons dit deel.
Jy het ’n Godstorie en jy moet dit deel, sodat die wêreld kan weet dat God vir hulle ook lief is en omgee. Mag jy ’n geleentheid kry om jou Godstorie met iemand te deel.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my hoop is en vir my lief is. Help my om op die regte tyd hierdie hoop met iemand wat dit nodig het, te deel. Amen.

28 Oktober 2024

Filippense 1:6
“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons Geloofsfamilie het die naweek ons 40 jaar verjaarsdag gevier. Ons kon vir die Here dankie sê wat Hy in en deur ons Geloofsfamilie doen en gedoen het.
Paulus skryf aan die gemeente in Fillipi en herinner hulle daaraan dat hy oortuig is dat die goeie werk wat God in hulle begin het, dit end-uit sal voer. Dit is ook vandag ons gebed vir jou. Maak nie saak waar jy in jou geloofsreis is of hoe lank jy al deel van ons Geloofsfamilie is nie, is ons oortuig daarvan dat die goeie werk wat God in jou begin het, Hy dit end-uit sal voer.
Mag jy vandag beleef dat die Here by jou is en dat jy weet jy nie die pad alleen stap nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U by my is. Dankie dat dit wat U in my lewe begin het, U dit end-uit sal voer. Ek vertrou U daarmee. Amen

25 Oktober 2024

Eksodus 4:10-12
10Toe sê Moses vir die Here: “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.” 11Daarna sê die Here vir hom: “Wie het aan die mens 'n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? 12Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê.”

VRAE:

  • Moses, een van die bekendste leiers in die Ou Testament, het onbevoeg gevoel omdat hy nie goed kon praat nie. Steeds het God hom geroep om sy volk uit slawerny te lei. Ons mag moontlik net soos Moses voel dat ons nie bevoeg is om ‘n goeie getuie vir die Here te kan wees nie. God beloof wel dat Hy ons sal toerus en sal wys wat die regte woorde is om te getuig.
  • Watter vrese keer jou om vir ander te vertel van God?
  • Hoe kan jy aan God se belofte vashou, dat Hy jou sal wys hoe en wanneer om te praat?
  • Het jy al God se hulp ontvang in situasies wanneer jy nie geweet het wat om te doen nie? Wat het gebeur?
  • Hoe kan jy jouself herinner dat God die mense wat hy roep, toerus om te praat?

Gebed:
Here, ek wil hierdie week ‘n tree neem in geloof en vir iemand vertel van my ervaring met U. Here, help my om vandag een mens te identifiseer sodat ek vir hulle kan vertel. Here, ek wil U vertrou vir die woorde wat moet vloei. Here, help my om gehoorsaam en in vertrou voort te beweeg saam met U.
Amen

24 Oktober 2024

Jeremia 1:6-7
6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.” 7Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

VRAE:

  • Soms voel ons asof ons nie ervare genoeg is of kundig genoeg is om te getuig nie. God roep ons nie omdat ons genoeg van Hom weet nie. Hy roep ons om in verhouding met Hom te wees. En omdat hierdie verhouding so baie beteken vertel ons graag vir ander daarvan. Ons word dan toegerus om met oortuiging van God te deel.
  • Waar het jy al te onervare gevoel om van die Here te deel of oor Hom te getuig?
  • Hoe help God se roeping van Jeremia jou om meer waagmoed te hê in jou eie geloofsreis?
  • Waar in jou lewe sukkel jy om God te vertrou as gevolg van jou eie tekortkominge en beperkings?
  • Hoe kan jy in geloof ‘n tree neem, selfs al voel jy onseker?

GEBED:
Here, daar is soms plekke in my lewe waar ek sukkel om my geloof te deel. Ek voel nie bekwaam genoeg om dit te doen nie. Here, ek vertrou in U, my God. Here, help my om in geloof die tree te neem, selfs al is ek onseker. Here, help my om meer in U te vertrou as my eie beperkings.
Amen

23 Oktober 2024

1 Petrus 3:15
15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.

VRAE:

  • Om vir ander te getuig, gaan nie oor al die regte antwoorde te hê nie. Dit gaan meer daaroor dat ons die hoop wat ons in Christus het, met respek en sagmoedigheid met ander deel. Wanneer ons ander in nederigheid en opregtheid nader, kan God ander mense se harte daadwerklik aanraak.
  • Voel jy gedruk om al die antwoorde te hê vir mense se moeilike vrae rondom God? Is dit iets wat jou kan hinder om te getuig?
  • Hoe kan jy teenoor ander getuig op ‘n manier wat Christus eer? Hoe lyk dit om met respek en sagmoedigheid jou geloof met ander te deel?
  • Het jy al die Heilige Gees se hulp ontvang in oomblikke waar jy onseker was of onbevoeg gevoel het? Hoe het dit afgespeel?
  • Hoe kan nederigheid jou versterk as dit kom by jou getuienis van Christus aan ander?

GEBED:
Here, ek weet U roep my om met ander my geloof te deel. Ek mag moontlik nie al die antwoorde hê wat mense wil nodig rondom geloof nie, Here. Maar ek vra dat U my sal help dat dit nie in my pad staan om my ervarings te deel wat ek van U beleef nie. Here, help my dat my egtheid, en my respek vir ander harder sal praat van my geloof in U as my kennis kan.
Amen

22 Oktober 2024

Lukas 12:11-12
11“Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie, 12want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word.”

VRAE:

  • Jesus het vir sy eie dissipels herinner dat hulle nie op hulle eie vermoë hoef staat te maak wanneer ons uitdagings of probleme moet hanteer nie. Die Heilige Gees sal in ons werk en vir ons die regte woorde gee in die oomblikke wat ons dit benodig. Die Heilige Gees sal ons toerus met die vermoëns wat ons benodig wanneer ons by die geleenthede uitkom.
  • Bekommer jy soms jouself oor wat jy moet sê, hoe jy moet optree of wat jy moet doen wanneer dit by ‘n lewe kom wat getuig van God se teenwoordigheid? Wat bekommer jou?
  • Hoe kan jy meer op die Heilige Gees se leiding vertrou in daardie oomblik?
  • Kan jy aan enige tye in jou lewe dink waar die Heilige Gees vir jou die vermoë gegee het wat jy nodig gehad het in die oomblik? Wat het gebeur?
  • Hoe kan jy in vertroue op die Heilige Gees se handelinge in jou lewe groei? Hoe lyk dit prakties?

GEBED:
Here, help my vandag om nie te praat as ek nie voel die woorde kom van die Gees af nie. Here, help my asb. om nie ‘n tree te gee as ek nie voel die Heilige Gees lei my nie. Here, help my asb. om nie op te tree as ek nie oortuig is dat die Heilige Gees my handelinge beheer nie. Here, gee vir my die onderskeidingsvermoë en waagmoed om op te tree soos die Gees van my verwag.
Amen

21 Oktober 2024

2 Korintiërs 12:9
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

VRAE:

  • Wanneer ons onkundig voel oor hoe om te getuig, kan ons daarvan probeer weg te stuur. Om te getuig is nie iets wat net sommige van ons hoef te doen nie. Jesus vra dat almal van ons sal getuig tot op die uithoeke van die aarde. Om te bely dat ons nie daarmee goed is om te getuig nie, kan ons juis help om meer op God te vertrou. Wanneer ons ‘n swakheid ontdek van onsself, kry Christus weer die kans om sy almag te kan wys. Ons kan God toelaat om deur ons onsekerheid en onkunde te werk, deur meer op Hom te vertrou as onsself.
  • Watter tekortkominge, of onsekerhede beleef jy wanneer jy die geleentheid het om te getuig van God se handelinge in jou lewe?
  • Hoe voel dit om te weet dat God se krag juis tot sy volheid kom wanneer jou eie swakhede uitgewys word? Hoe kan dit jou troos?
  • Hoe kan jou swakhede ‘n geleentheid wees vir ander om Christus in jou raak te sien?
  • Hoe kan jy meer op God se genade staatmaak wanneer jy getuig oor God se handelinge in jou lewe? Hoe help dit jou prakties in jou lewe?

Gebed:
Here, ek wil my belewenisse van U teenwoordigheid in my lewe met ander deel, maar U weet hoe gespanne en onkundig ek voel wanneer ek dit doen. Here, help my om net die eerste tree te neem en met iemand na aan my te deel hoe ek my verhouding met U beleef. Here, ek hou nie daarvan om swak te voel, onkundig te voel of onseker te voel nie. Here, help my om met die ongemak te sit en meer op U te vertrou. Here, help my deur U almag te laat skyn deur my eie gebrokenheid.
Amen

19 Oktober 2024

Psalm 23:3
3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

VRAE:

  • Selfs wanneer ons op die verkeerde paaie beweeg, is God steeds ons herder wat mooi na ons omsien. Hy weet wat ons nodig het en hoe om na ons behoeftes om te sien. Hy versorg en gee wat ons siel werklik benodig. Hy lei ons met sekerheid en is getrou in sy betrokkenheid by ons.
  • Is daar areas in jou lewe waar jy afgewandel het van die pad wat God vir jou beplan het?
  • Hoe kan jy na God se helende restourasie werk in jou lewe soek in die huidige seisoen?
  • Hoe lyk dit om volkome op God te vertrou vandag?
  • Hoe laat dit jou voel om te weet dat God jou lei, sodat Hy geëer kan word daarvoor?

GEBED
Here, ek erken U as ‘n goeie herder. Ek weet dat U net die beste vir my wil hê, selfs wanneer ek afwandel van die pad wat U vir my bepaal het. Here, help my om beter te luister na U stem. Here, restoureer my siel. Here, dankie dat ek by U vrede en rus kan vind.
Amen

18 Oktober 2024

Filippense 4:11-12
11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

VRAE:

  • Wanneer ons voel asof ons nie op die regte plek is nie, of ons is onseker oor waar ons moet wees, is dit moeilik om te voel asof ons tevrede is. Paulus leer vir ons dat tevredenheid kom van ons geloof in God, en word nie bepaal deur ons omstandighede nie. Ongeag van die ervarings wat ons beleef, kan ons steeds tevredenheid beleef in ons lewens, omdat God vir ons genoeg is.
  • Is daar areas in jou lewe waar dit vir jou moeilik is om tevredenheid te beleef?
  • Wat is die bron van jou onvergenoegdheid?
  • Hoe help dit jou gevoel van onvergenoegdheid, deur op Christus te fokus?
  • Wat beteken dit om te ontdek dat die geheim van tevredenheid in Jesus gevind kan word?

Gebed:
Here, ek wil U dank vir al dinge, goed, mense, ervarings en belewenisse in my lewe. Ek wil ook in hierdie seisoen van my lewe tevrede voel. Here, help my om te ontdek hoe U teenwoordigheid in my lewe, werklik al is wat ek nodig het. Here, help my om meer dankbaar te wees vir alles wat ek as vanselfsprekend aanvaar.
Amen

17 Oktober 2024

Jesaja 55:8-9
8My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

VRAE:

  • Soms voel dit asof ons op die verkeerde plek is, bloot omdat ons nie op God vertrou nie. Die realiteit is dat ons baie meer gereeld nie gaan verstaan hoe God werk of handel nie. Ons menslike verstand is nie daartoe in staat om God ten volle te begryp nie. Om in God te vertrou vra dat ons nederig Hom nader, en bely dat ons waarskynlik nooit genoeg van God gaan kan begryp nie, maar dat ons daagliks gaan poog om meer en meer van God te leer verstaan.
  • In watter areas in jou lewe is dit moeilik om God se plan vir jou lewe te verstaan?
  • Hoe kan die vertroue in God se plan vir jou lewe, jou help om meer vrede te beleef?
  • Is daar areas in jou lewe wat jy meer aan God kan of meer wil oorgee?
  • Hoe kan die vertroue in God se wysheid jou huidige situasie anders laat lyk?

GEBED:
Here, ek weet daar is plekke in my lewe waar ek meer staatmaak op myself, as op U. Here, ek wil dit nie so hou nie. Ek het U wysheid en leiding spesifiek in alle aspekte van my lewe nodig. Here, help my om meer sensitief te wees vir U leiding. Here, help my om meer reaktief te wees wanneer ek U leiding beleef. Here, help my om gehoorsaam te wees aan U leiding, spesifiek wanneer ek nie wil nie.
Amen

16 Oktober 2024

Romeine 8:28
28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

VRAE:

  • Wanneer ons voel asof ons nie op die regte plek is nie, kan dit baie frustrerend wees. Dit kan maak dat mens baie in jou geloof twyfel. Of selfs dat mens twyfel in God. Die Woord sê dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Selfs wanneer ons nie verstaan nie, of onseker is van ons omstandighede, God werk altyd agter die skerms. Wanneer alles ten goede meewerk kan God geëer word en geprys word.
  • Is daar ‘n area in jou lewe wat jy tans voel, geen doel dien nie?
  • Hoe kan die belofte van Romeine 8:28 jou vandag gerus stel?
  • Wat kan God vir jou leer in jou ongemaklike omstandighede?
  • Hoe kan jy jou fokus en ervaring van huidige ervarings, skuif na dié van God?

GEBED:
Here, ek wil U dank vir die verskillende maniere waarop dit wat ek nie verstaan nie, U naam kan groot maak. Here, ek mag dalk nie alles verstaan nie, en ek mag dalk uit plek uit voel, maar ek weet U het ‘n groter plan en dat alles in my lewe U kan eer. Selfs hierdie ongemaklike gevoel wat ek tans beleef. Here, gee my asb. geduld sodat ek kan wag om te sien hoe alles ten goede meewerk.
Amen

15 Oktober 2024

Spreuke 3:5-6
5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

VRAE:

  • Ons almal voel soms asof ons nie op die regte plek is nie, of nie die regte goed mee besig is nie. Wat vir ons troos kan gee, is dat God egter weet waar jy is en jou sal vind, al is jy moontlik op die verkeerde plek. God kan elke toutjie weer optel, al voel dit vir ons asof ons uitrafel. Om in God se planne en wil te vertrou, vra dat ons kan oorgee aan Hom. Veral wanneer ons onseker is of twyfel.
  • Watter areas in jou lewe voel op die oomblik of hulle nie op die regte plek is nie?
  • Hoe kan vertroue op God se majesteit jou help om vrede te vind in onsekerheid?
  • Waar in jou lewe het jy al beleef dat God ‘n onsekere tyd gebruik om eer te bring aan Sy naam?
  • Wat beteken dit om aan God se wil onderdanig te wees?

GEBED:
Here, ek wil aan U wil onderdanig wees. Ek wil ophou om te twyfel of ek die regte of verkeerde ding doen, of die regte of verkeerde plek in my lewe is. Here, help my asb. om vandag die eerste tree te neem om meer op U te vertrou. Here, help my om meer op U insig staat te maak as my eie. Here, help my om U te ken in alles wat ek doen en sê.
Amen

14 Oktober 2024

Psalms 16:5-8
“Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.”

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie is ‘n vertouenspsalm waarmee ons vandag kan identifiseer. Kan jy dit ook vandag sê?
Ons kan hierdie bely, selfs as dinge vir ons swaar is. God is die Een wat ons tot die regte insig bring. Hy gee perspektief op ons situasie. Dit kan ons doen as ons dit vir Hom gee.
Wil jy nie vandag dit vir die Here gee nie? Jy kan of vir Hom dankie sê of vir vra vir nuwe perspektief.
Weet dat omdat Hy by jou is, jy nie sal struikel nie.

Gebed
Here, ek kom verklaar vandag dat U my lewe is. Dankie dat U vir my sorg. Dankie dat U by my is. Amen.

12 Oktober 2024

Efesiërs 3:20-21
“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus sluit sy gebed met ’n lofprysing af. God se krag werk in ons en dit is oneindig meer as wat ons ooit kan bid of dink. As ons terug dink aan ons lewens, kan ons dit net beaam. God gee vir soveel meer as wat ons ooit kon bid of dink. Dalk nie soos wat ons gedink het ons dit wou gehad het nie, maar God is getrou en gee vir ons soveel meer.

  • Skryf ’n paar momente van jou lewe neer waar God vir jou meer gedoen het as wat jy voor gebid het.
  • Sê vir Hom dankie en gee vir Hom die eer daarvoor.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U nog nie klaar is met my nie. Dankie dat U altyd meer doen as wat ek kan bid of dink. Ek wil vir U al die eer daarvoor gee. Amen.

11 Oktober 2024

Efesiërs 3:19
“Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus se gebed gaan verder as hy vra dat ons God se liefde sal ken. God se liefde gaan alle verstand te bowe en ons kan dit nie altyd verklaar nie. Dit maak dit so spesiaal. Dit maak dit ’n Godstorie. God se liefde in ons lewens is soveel meer. Dit is alles omvattend.
God se liefde en sorg laat ons dankbaar terug kyk. Dit laat ons besef dat wat vir ons swaar of sleg was, deur Sy liefde omvorm word in ’n Godstorie.
Verder kan ons bid dat God ons met Sy volheid sal vervul sodat ons sal ervaar dat Hy by ons is en ons nie alleen is nie.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U liefde. Al verstaan ek dit nie altyd nie, is dit altyd soveel meer. Kom vul my met U liefde en volheid. Amen.

12 Oktober 2024

Efesiërs 3:20-21
“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus sluit sy gebed met ’n lofprysing af. God se krag werk in ons en dit is oneindig meer as wat ons ooit kan bid of dink. As ons terug dink aan ons lewens, kan ons dit net beaam. God gee vir soveel meer as wat ons ooit kon bid of dink. Dalk nie soos wat ons gedink het ons dit wou gehad het nie, maar God is getrou en gee vir ons soveel meer.

  • Skryf ’n paar momente van jou lewe neer waar God vir jou meer gedoen het as wat jy voor gebid het.
  • Sê vir Hom dankie en gee vir Hom die eer daarvoor.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U nog nie klaar is met my nie. Dankie dat U altyd meer doen as wat ek kan bid of dink. Ek wil vir U al die eer daarvoor gee. Amen.

10 Oktober 2024

Efesiërs 3:18
“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.”

Om oor te gesels en te dink:
Wanneer Paulus hierdie bid, is dit ons begeerte om dit ook te kan beleef. God is betrokke in ons lewens. Ons noem dit Godstories. Ons Godstories word gedra deur God se liefde. Ons besef dit nie altyd nie. God se liefde is wyer, verder, hoër en dieper as wat ons ook kan besef. Dit vra van ons om God in ons stories te kan raak sien.

  • Waar sien jy God in jou storie raak?
  • Kan jy hierdie Godstorie met iemand deel wat dit nodig het om te hoor?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U liefde my lewe omsluit. Ek wil in staat wees om nog meer van U liefde te ervaar. Help my om my Godstorie met iemand te deel. Amen.

9 Oktober 2024

Efesiërs 3:16-17
“Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus doen ’n tweede gebed vir die gemeente in Efese. Hy moedig hulle aan om innerlik sterk te word en toe te laat dat Christus in hulle harte sal woon. Ook dat hulle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Hierdie gebed vra dat ons ons sal oop stel dat God ons in liefde lei en ons innerlik sterk maak soos dit nodig is. Dit vra dat ons in afhanklikheid met Hom sal leef en altyd liefde voorop sal stel.
Hierdie is ook ’n gebed wat ons gereeld kan bid. Vra vir krag om innerlik sterk te word en om te groei in geloof en liefde.

Gebed
Here Jesus, ek wil vandag kom vra vir krag om innerlik sterker te word. Ek wil graag in my geloof groei en U liefde gewortel en gegrondves wees. Help my asseblief. Amen

8 Oktober 2024

Efesiërs 1:18-20
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus se gebed vra dat God ons geestesoë sal verhelder om Hom te kan raak sien. Dit is ’n gebed wat ons elkeen elke dag nodig het. Ons mis dit om God in ons Godstories raak te sien. Ons dink dat God nie betrokke in ons lewens is nie. Tog weet ons dit, maar ons sien dit nie altyd raak nie. Ons moet bid en vra dat ons Hy vir ons die geestesoë sal gee om Hom raak te sien. Ons moet ook bid dat ons weet watter sy roeping inhou en dat Sy krag in ons werk. Dit is dieselfde kragtige werking van mag wat Jesus uit die doop opgewek het. Ons moet dit raak sien.

Gebed
Here Jesus, maak my geestesoë oop om U te kan raak sien. Ek wil uit die hoop van my roeping leef. Ek wil U kragtige werking in my lewe beleef. Amen

7 Oktober 2024

Efesiërs 1:16-17
“Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus bid vir sy gemeente in Efese en vra dat die Heilige Gees vir hulle wysheid sal gee om God werklik te kan kan. Wat ’n gebed! Dis ’n gebed om God meer raak te sien en te verdiep in Sy liefde. Jy kan vandag hierdie vir jouself en vir ons geloofsfamilie ook bid. Mag ons elkeen Jesus Christus meer ontdek en leef.
Godstories is wanneer ons God in ons eie storie raak sien. Hierdie is die begin van ’n gebed vir ’n Godstorie. Dit vra dat ons wysheid sal bekom om God in ons lewens raak te sien en Hom werklik leer ken. Dit bly ’n lewenslange proses. Dit bly ’n lewensveranderde proses.
Mag jy vandag wysheid ontvang om Jesus werklik te kan ken.

Gebed
Here Jesus, ek kom bid en vra vandag vir wysheid. Ek wil U werklik ken. Dankie dat U deel van my Godstorie is. Ek gee myself oor aan U. Amen.

6 Oktober 2024

Efesiërs 1:16-17
“Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus bid vir sy gemeente in Efese en vra dat die Heilige Gees vir hulle wysheid sal gee om God werklik te kan kan. Wat ’n gebed! Dis ’n gebed om God meer raak te sien en te verdiep in Sy liefde. Jy kan vandag hierdie vir jouself en vir ons geloofsfamilie ook bid. Mag ons elkeen Jesus Christus meer ontdek en leef.
Godstories is wanneer ons God in ons eie storie raak sien. Hierdie is die begin van ’n gebed vir ’n Godstorie. Dit vra dat ons wysheid sal bekom om God in ons lewens raak te sien en Hom werklik leer ken. Dit bly ’n lewenslange proses. Dit bly ’n lewensveranderde proses.
Mag jy vandag wysheid ontvang om Jesus werklik te kan ken.

Gebed
Here Jesus, ek kom bid en vra vandag vir wysheid. Ek wil U werklik ken. Dankie dat U deel van my Godstorie is. Ek gee myself oor aan U. Amen.

5 Oktober 2024

Kolossense 1:11
Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

VRAE:

  • Paulus vra ook vir God dat die gemeente van Kolosse die vermoë sal hê om in alle omstandighede geduldig te volhard. Paulus is bewus daarvan dat dit nie iets is wat in die gelowige se eie vermoë is nie. Dit is juis ‘n eienskap wat slegs moontlik is wanneer ons, ons vertroue in God se krag plaas.
  • Hoe maklik of moeilik is dit vir jou om te volhard in uitdagende omstandighede? Kan jy volhard met geduld, of is jy ongeduldig en onaangenaam in daardie omstandighede? Deel jou hart met die Here.
  • Is daar iemand in jou lewe wat altyd geduldig volhard wanneer al die omstandighede teen hulle gedraai is? Hoe is dit vir hulle moontlik? Maak seker dat jy by hulle inloer en met hulle gesels oor hulle ervaring.
  • Hoe sou jy graag wou optree wanneer situasies uitdagend is en jou moedeloos maak? Watter geloof gewoonte kan jy inbou om jou te help om situasies meer geduldig te kan hanteer en te volhard?

GEBED
Here, wanneer omstandighede om my onstuimig raak, is ek geneig om ongeduldig te probeer voortgaan. Soms is ek so platgeslaan dat ek ook sommer wil opgee. Here, help my om te volhard wanneer ek uitgedaag word. Here, help my ook om dit geduldig te doen. Help my om meer van Jesus in my optrede te wys. Here, help my om minder van my sondige natuur toegang te gee tot my optredes. Here, ek wil graag ‘n voorbeeld wees van U geduldige en liefdevolle natuur.
Amen

4 Oktober 2024

Kolossense 1:9-10
Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

VRAE:

  • Paulus bid dat die mense se kennis van God sal toeneem. Hy vra ook dat hulle wysheid en insig van die Gees sal ontvang. Hy vra dit sodat die gemeente van Kolosse sal begin lewe soos God verwag hulle moet lewe.
  • Wat dink jy is God se hart vir hierdie wêreld? Wat is God se doel met ons almal? Waarom is ons geskep? Wat is God se plan gewees vir ons almal? Spandeer tyd met die Here om jou hart te deel, maar ook om God se hart te hoor.
  • God het alle mense geskep omdat hulle vir Hom vreugde gee en omdat Hy ‘n plan met elkeen van hulle het. Wanneer jy met mense omgaan, hanteer jy hulle asof God vir hulle lief is en planne met hulle het? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe voel dit wanneer mense jou sleg hanteer? Hoe sou jy wou hê, moet mense met jou handel? Waarom?

Gebed:
Here, ek wil meer en meer van U hart hoor en sien. Here, daarom vra ek dat U my sal laat groei in insig, wysheid en kennis. Here help my om meer van U te verstaan. Here, help my dat my hart, sal klop vir dit wat U hart laat klop. Here, help my veral om vir mense lief te wees. Here, U het ons almal met deernis en liefde geskep. Help my om ook vir mense met deernis en liefde te hanteer.
Amen

3 Oktober 2024

Kolossense 1:3-4
3Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle 4omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges.

VRAE:

  • Paulus het gehoor van die gelowiges se liefde vir al die gelowiges. Soms is dit een van die moeilikste uitdagings wat ons kan kry. Mede-gelowiges kan soms skynheilig oorkom of besonders krities wees op mekaar.
  • Hoe lyk jou liefde vir jou mede-gelowiges? Is jy deel van ‘n groep mede-gelowiges? Hoe help, ondersteun, leer hulle jou? Hoe jou hulle jou verantwoordelik? Hoe help hulle jou om te groei in geloof?
  • Hoe help jy ander mede-gelowiges? Hoe ondersteun, sorg, help en leer jy hulle? Hoe hou jy ander gelowiges verantwoordelik? Hoe help jy ander mede-gelowiges om te groei in geloof?
  • Waarom dink jy het Paulus gesê dit is goed om deel te wees van ‘n geloof gemeenskap?

GEBED:
Here, ek is dankbaar dat ons ‘n geloofsfamilie het wat my ondersteun, vir my sorg en my aanmoedig in my geloof. Here, help my om deel te neem aan die geloofsgemeenskap op die manier wat U van my verwag. Help my om hulle lief te hê, hulle te versorg, hulle te ondersteun. Here, seën ons geloofsfamilie.
Amen

2 Oktober 2024

Kolossense 1:6
Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.

VRAE:

  • Paulus is opgewonde oor die gemeente se bestaan. Dit is ‘n gemeente wat hy nie self geplant het nie. Wat hy in hierdie vers duidelik maak is dat daar deur ander mense getuig is van die waarheid wat hulle gevind het in Jesus, tot so ‘n mate dat die gemeente geplant is. Hy is opgewonde dat die evangelie, die goeie nuus, reg oor die wêreld versprei het en dat dit vrug dra. Dit is ‘n lewende geloof.
  • Hoe het jy van Jesus gehoor? Wie het teenoor jou getuig en jou meer vertel van die evangelie? Hoe het hierdie goeie nuus vir jou aanloklik geraak? Waarom glo jy die goeie nuus?
  • Hoe lyk jou getuienis? Waar vertel jy vir mense van dit wat jy in Christus ontdek het? Hoe dra jou lewe vrug sodat ander kan sien dit is die antwoord op al hulle probleme?
  • Waar het jy in die afgelope week die Here se teenwoordigheid beleef? Ons noem dit Godstories. Vertel vir een mens vandag ‘n Godstorie, ‘n ervaring of geleentheid waar jy God beleef het.

GEBED:
Here, ek beleef U op soveel verskillende maniere elke dag. Here, help my om dit met ander te deel. Ek voel skaam en onseker om vir ander van U te vertel. Here, help my om meer gemaklik daarmee te raak. Here help my dat ek daagliks die stories en ervarings wat ek van U beleef, met ander te kan deel.
Amen

1 Oktober 2024

Kolossense 1:9
9Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie.

VRAE:

  • Hierdie vers herhaal die gedagte waarmee Paulus sy gedagtes met die gemeente van Kolosse deel. Eers sê hy “wanneer hy bid”. Nou sien ons dat hy aanhoudend bid. Hoe lyk jou gebedslewe? Is dit iets wat aanhoudend is? Is dit iets wat jy so gereeld doen dat wanneer jy bid, jy vrymoedigheid het om die gesprek net voort te sit? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe sal jy jou gebedslewe wil hê? Hoe sou die gesprekke met God lyk onder ideale omstandighede? Wat sou die kenmerk wees van jou gebedstyd? Waarvoor sou jy God vertrou, wanneer jou gebedslewe lyk soos jy dit wil hê?
  • Waarvoor vertrou jy tans vir God? Kom dit vir jou maklik of nie so maklik nie? Hoe gaan jy dit verander? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, ek wil altyd biddend wees. Here, help my om meer intensioneel met my gebedstyd te wees. Here, ek wil U vir alles vertrou. Here, help my om vir meer te vra, as wat ek oortuig is U kan doen. Here, gee asb. vir my ‘n gebedslewe wat die vyand bang maak, my in verwondering plaas en vir die wêreld getuig wie U werklik is.
Amen

30 September 2024

Kolossense 1:9-10
Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang.

VRAE:

  • Paulus het gehoor van die gemeente in Kolosse. Wat hy gehoor het is dat hulle geloof sterk is en gevestig in die waarheid van die evangelie. Hy het gehoor dat hulle liefde vir ander prakties uitgeleef word. Hy het ook gehoor dat hulle hoop gevestig is in God, nie in die beloftes van die samelewing om hulle nie. Daarom bid hy ook vir die gemeente. Hy bid dat hulle deur die Gees gelei sal word. Dit beteken dat hulle sal groei in vertroue op die Gees en ook sensitief sal wees vir Sy leiding.
  • Wat beteken dit vir jou om deur die Gees gelei te word? Hoe weet jy wat die Gees van jou verwag? Hoe word jy deur die Gees oortuig van dit wat jy moet doen?
  • Hoe lyk jou verhouding met die Gees? Is jy so bewus van Sy teenwoordigheid dat jy oortuig is van wat jy moet doen of sê, of selfs nie moet doen of sê nie? Is jy onseker van die Gees se leiding in jou lewe?
  • Is daar iemand in jou lewe wat jy glo sensitief en gehoorsaam is vir die leiding van die Heilige Gees? Loer by hulle in en vra vir hulle, om te deel wat hulle ervaring is van die Gees se leiding. Vra vir God om jou meer bewus te maak van die rol van die Heilige Gees in jou lewe.

Gebed:
Here, ek glo en is oortuig daarvan dat ek meer van die Heilige Gees in my lewe nodig het. Here, ek wil groei in insig en wysheid oor Sy werk in my lewe. Here, ek vra dat U Gees, my lewe sal transformeer, my handeling sal bepaal en my woorde sal kies. Here, mag ek met oortuiging die leiding van die Heilige Gees vertrou en volg.
Amen

28 September 2024

Efesiërs 2:20-22
“Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot 'n heilige tempel vir die Here, in wie julle ook saam opgebou word as 'n geestelike huis waarin God woon.”

Om oor te gesels en te dink:
Die Boodskap vertaal hierdie verse so beskrywend om ons te herinner dat ons aan God behoort: “Of laat ek die beeld van die bou van ’n huis gebruik. Julle is deel van die gebou wat God in hierdie wêreld aan die bou is. Die fondament van die gebou is die boodskap oor Jesus wat julle gehoor het van die manne wat deur God gestuur is en namens Hom praat. Die belangrikste steen in die gebou, waarsonder die gebou sommer inmekaar sal val, is Jesus self. Omdat ons almal Jesus s’n is en Hy ons Here is, vorm ons almal saam ’n sterk en stewige gebou. Dit is soos ’n spesiale huis net vir God. Elkeen van julle wat Jesus s’n is, is deel van hierdie gebou. En God self woon in julle gebou omdat sy Gees in julle is.”
Ons behoort aan God. Sy genade het dit vir ons moontlik gemaak. Sy genade in onbeperk.
Mag jy vandag opnuut bewus wees van God se genade en liefde vir jou.

Gebed
Here, dankie vir U genade. Dankie dat ek deel van U kan wees. Dankie dat U Gees in my woon en my elke dag lei. Amen.

27 September 2024

Efesiërs 2:19
“Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.”

Om oor te gesels en te dink:
God se genade gee ons identiteit. Omdat ons nou vrye toegang tot die Vader het, is nou nie meer ver van God af nie. Ons is medeburgers van Sy koninkryk met al die regte en voorregte wat daarmee saam gaan. Ons is nie bywoners met geen regte nie. Nee, ons behoort aan God.
Nog ’n beeld wat Paulus gebruik vir ons as gelowiges, is dat ons lede van die huisgesin van God is. Ons is God se familie. In ’n huisgesin is daar liefde, intimiteit en toegang. Ons kan daarom in vrede met God en medegelowiges leef. Die Boodskap vertaal dit treffend: “Nee, julle is nou in die volste sin van die woord deel van God se mense. Julle is deel van sy familie.”
Net soos ons familie vir ons kosbaar is, is dit kosbaar om deel van God se familie te wees.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek deel van U familie kan wees. Dankie dat U nie meer ver is nie en dat ek ’n medeburger kan wees. U genade is groot. Amen.

26 September 2024

Efesiërs 2:17-18
“Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was. Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader.”

Om oor te gesels en te dink:
Die genade waardeur ons gered word, is vir ons vrede gebring. Daar is nie nou nie meer vyandskap tussen ons en God nie. Mense van daardie tyd was heeltyd bang vir God en gedink dat God vir hulle kwaad is. Dit laat ons hierdie vers beter verstaan. God neem die inisiatief om vrede te bring tussen ons en Hom, sonder dat ons dit verdien. Dit is vir almal beskikbaar, die wat ver van God was en dié wat naby was. Ons het nou deur die Heilige Gees vrye toegang tot die Vader.
Wanneer ons bid, is ons in God se teenwoordigheid. Ons kan met vrymoedigheid met Hom praat omdat ons vrye toegang tot die Vader het. Is dit nie wonderlike nuus nie? Ons kan in vrede en vreugde leef.

Gebed
Hemelse Vader, dankie vir die voorreg om deur die Gees vrye toegang tot U te kan hê. Dankie dat ek in vrede met U kan leef. Dankie vir hierdie onverdiende genade. Amen.

25 September 2024

Efesiërs 2:10
“Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

Om oor te gesels en te dink:
God het ons uit genade gered en gemaak wat ons nou is. Genade kan ons nie net vir onsself hou nie. Ons is geskep om dit te deel deur goeie dade te doen. Ons moet besef dat God ons in staat stel om goed aan ander mense te doen. Dit kom uit ’n plek van dankbaarheid, eerder as plig. Ons doen goed omdat ons dit wil doen en ons nie anders kan as om vir die Here met ons lewe dankie te sê nie.
Wanneer ons goeie dade doen, is ons besig om binne God se wil te lewe. Ons wêreld smag na liefde en genade en God gebruik ons elkeen om die verskil in iemand anders se lewe te wees.
Jy kan vandag die antwoord op iemand se gebed wees. Stel jouself oop dat die Here jou kan gebruik. Dit kan iets kleins wees, maar dit kan die ander persoon en ook jou lewe verryk.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my gemaak het wie ek nou is. Ek wil graag vandag iemand dien met U genade en liefde. Help my asseblief om dit vandag te doen. Amen.

24 September 2024

Efesiërs 2:8-9
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink:
Genade is ‘n geskenk. Dit is gawe wat God vir ons deur geloof gee. God gee dit verneit vir ons. Ons kan dit nie verdien nie en daarom kan ons nie dink ons is beter as ander mense nie. Nee, ons moet in dankbaarheid hierdie gawe aanvaar en vir ander mense God se genade wys.
Wanneer ons vir die mense om ons vertel van God se goedheid is dit om hulle in te nooi in God se familie.
Omdat ons hierdie gawe ontvang het, leef ons ook anders. Ons besef wat ons het en wie ons is, net genade is.
Wys vandag met jou lewe jou dankbaarheid oor hierdie grootste geskenk wat ons ontvang het.

Gebed
Hemelse Vader, baie dankie dat U vir my die gawe van genade gegee het. Ek weet dat ek dit nie kan verdien nie. Mag ek vandag uit dankbaarheid dit met iemand deel. Amen.

23 September 2024

Efesiërs 2:4-5
“Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus skryf aan die gemeente in Efese en verduidelik aan hulle God se genade. Genade onbeperk. God is die Een wat eerste uitreik na ons en ons deur Christus red. ’n Definisie van genade is: “God se oordadige, gratis en onverdiende omgee en liefde.”
God het ons in Christus gered, sonder dat ons dit verdien omdat Hy ryk in barmhartigheid is en ons innig lief het. Dit is amper te groot vir ons om te verstaan, maar dit is juis wat dit genade maak. Ons hoef nie vir God bang te wees nie of eers sekere dinge te doen voor Hy ons red nie. Sy liefde vir ons gee die deurslag.

  • Dink na oor God se liefde vir jou.
  • Sê vir Hom dankie dat Hy jou uit genade gered het.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U deur Jesus Christus my uit genade gered het. Dankie dat U liefde so oordadig, gratis en onverdiend is. Amen.

21 September 2024

Matteus 5:38, 41-42
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: … As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

Om oor te gesels en te dink:
In die tyd van Jesus was dit wet dat ’n Romeinse soldaat enige persoon kan dwing om sy wapens ’n kilometer ver te dra en ’n mens mag dit nie geweier het nie. Jesus sê dit is wys om meer te doen as wat van jou gevra word en dit vir twee kilometer te dra. Jesus moedig op hierdie manier ons, as Sy volgelinge, aan om met wysheid mense te dien. Dit mag nie maklik wees nie, maar dit is die regte ding om te doen.

Hier is die gebed wat Sondag gebruik is. Bid hierdie gebed en vra die Here om jou te wys waar jy diensbaar kan wees en met wysheid ’n verskil kan maak.

Gebed
Here, maak my vandag ’n ‘houspyp’
Sommer net ’n gewone ‘houspyp’
Here, wat gereed lê in U tuin…
weerhou my daarvan om ambisieus te strewe na die aansien van ’n kristalkraffie
wat mooi maar suinig bietjies water in delikate klein glasies skink
maar nooit ’n groot dors les nie.
Weerhou my van die versamelwaarde van ’n kunstige erdekruik -
wat, al hou dit die water heerlik koel, ’n bodem het, leeg raak.
Gewoonlik te gou. Want, selfs die waardevolste kruik wat leeg is,
bied geen verweer teen die venyn van ’n droë wind nie!
Nee, Here, maak my sommer net ’n ‘houspyp’ - wat tevrede is om dag na droë dag net ’n kanaal te wees vir u strome van lewende water.
En, Here God, maak my oë oop vir verwelkte mense verskroei in die wind!
Amen.

20 September 2024

Matteus 5:38, 40
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: … As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus noem ’n tweede voorbeeld om die verskil tussen kennis en wysheid uit te wys. Daar was ’n reël dat jy nie iemand se bokleed mag vat nie, want dit mag dalk al wees wat hy het. Die meeste mense in die gemeenskap was baie arm gewees.
Wanneer jy jou bokleed ook gee, maak jy die een wat dit eis, vuurrooi van skaamte en vra dit dat hy moet gaan dink oor wat hy vra.
Hierdie is van die moeiliker dinge wat ons as gelowiges gekonfronteer word. Ons sukkel om wysheid te hê in moeilike situasies. Ons wil op ons regte staan en doen wat ons dink die regte ding sal wees om te doen. Tog kom Jesus en wys ons ’n ander pad. Gee meer as wat van jou gevra word.
Vra die Here om jou te help om reg op te tree, sodat jy met wysheid optree.

Gebed
Here Jesus, ek besef hierdie is nie maklik nie. Gee my die wysheid om te doen wat U van my vra. Ek wil U volg. Help my dat ek U liefde sal wys. Amen.

19 September 2024

Matteus 5:38-39
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus help ons om wysheid toe te pas en dit prakties te maak. Die Jode het baie reëls gehad en nie geskroom om reg in eie hande te neem nie, solank hulle binne die reëls bly. Dit was die kennis wat hulle gehad het. Nou kom Jesus en bring wysheid deur te sê al slaan iemand jou op die regterwang om jou te verneder, tree met wysheid op deur die ander wang te draai want dit dwing die persoon om jou dan as sy gelyke te hanteer. As die ander persoon jou ’n tweede keer slaan, moet hy die binnekant van sy hand gebruik en nie die agterkant van sy hand nie. Dit word dan ’n simbool van menswaardigheid.
Dalk is jy ook in ’n moeilike situasie? Dit is nie om ’n vloerlap te wees nie, maar om te bid vir wysheid dat jy die regte ding sal doen in jou situasie.

Gebed
Here, help my om met wysheid op te tree. Ek wil nie vergeld nie, maar ek wil U dien deur te doen wat U van my vra. Amen.

18 September 2024

1 Korintiërs 1:30-31
“Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. Daarom, soos daar geskrywe staan: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem.””

Om oor te gesels en te dink:
Paulus herinner ons dat wysheid van God kom. Wysheid het vlees en bloed geword in Jesus. Hy is die Een wat vir ons in die regte verhouding met God stel. Dit maak nie vir die wêreld sin nie. In 1 Kor 1:22 skryf Paulus: “Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.”
Jesus is die ware wysheid en wanneer ons wysheid kortkom, moet ons by Jesus leer.
Ons kan vandag met wysheid leef, al verstaan die wêreld nie dat ons doen wat ons doen nie. Mag jy vandag God se wysheid ervaar en weet dat Hy die bron van alle wysheid is.

Gebed
Here, dankie dat U ons wysheid is. Al maak dit nie vir ander sin nie, gee U sin. Mag ek vandag U wysheid beleef. Amen.

17 September 2024

Jakobus 1:5
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

Om oor te gesels en te dink:
Wanneer ons deur die Nuwe Testament blaai, help Jakobus ons om te dink oor wysheid. Kennis is na binne gerig en help my om my eie vrae en behoeftes aan te spreek. Wysheid daarteenoor is na buite gerig en gaan oor die mense om my. Wanneer ek dus wysheid kortkom om te weet wat om volgende te doen, moet ek dit van God af bid. Die belofte is dat God vir ons wysheid sal gee sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Dit beteken nie dat ek alles kry wat ek wil hê nie, maar eerder ’n ingesteldheid om dit wat ek weet en wat God my gee met die mense om my te deel.
Wysheid is nie selfsugtig nie. Dit moet gedeel word, sodat ander God in my lewe kan raak sien.

Gebed
Here, ek kom bid vandag vir wysheid. Help my om dit wat ek by U leer met ander te deel, sodat hulle U in my lewe kan raak sien. Amen.

16 September 2024

1 Konings 3:5, 7-9
“Daar in Gibeon het die Here die nag in 'n droom aan Salomo verskyn en vir hom gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?””
“Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, 'n groot volk, te veel om te tel. Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!””

Om oor te gesels en te dink:
Salomo kry die geleentheid om vir die Here enigiets te vra. Anders as wat mens sou dink, vra hy nie vir rykdom of aansien nie, maar gehoorsaamheid. Die 2020-vertaling sê: “gee dan aan u dienskneg ’n hart wat luister… om te kan onderskei tussen goed en kwaad”
Wat ’n gebed!
Ons word oorweldig met kennis en inligting, maar dit vra wysheid om die regte besluite te neem. Soos Salomo kan ons in afhanklikheid vir die Here vra om ons harte te gee wat luister. Wanneer ons in nederigheid en opregtheid vra, sal die Here ons hoor en vir ons wysheid gee.

Gebed
Here, ek kom vra vandag ’n hart wat luister. Help my om U stem te hoor dat ek kan onderskeid tussen goed en kwaad. Ek wil in gehoorsaamheid U dien. Amen.

14 September 2024

Prediker 12:13

Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.

Om oor te gesels en te dink:
Na al die oorwegings oor die nietigheid van die lewe, kom die Prediker tot hierdie slotsom: die enigste ware en blywende doel van die lewe is om God te dien en sy gebooie na te kom. Ons moet ons lewens prioritiseer rondom God se wil en gehoorsaamheid aan Hom.

Gebed:
Here, gee ons die wysheid om ons lewens te rig volgens U wil. Help ons om te leef in gehoorsaamheid aan U, want dit is die enigste pad na ware vervulling. Amen.

13 September 2024

Prediker 5:9

Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

Om oor te gesels en te dink:
Die liefde vir geld en materiële dinge bring nooit werklike tevredenheid nie. Geen bedrag geld of rykdom ons kan vervul soos die liefde van God en 'n lewe van gehoorsaamheid nie. Ons moet ons fokus verskuif vanaf materiële dinge en op God fokus.

Gebed:
Here, bewaar ons van die liefde vir geld en materiële dinge. Help ons om tevredenheid te vind in U, want U alleen kan ons harte volmaak met vreugde. Amen.

12 September 2024

Prediker 4:4

Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.

Om oor te gesels en te dink:
Watter motiewe lê agter ons harde werk en ambisie? Prediker wys uit dat baie van ons suksesse gedryf word deur jaloesie en mededinging, wat uiteindelik leeg is. Ons word opgeroep om te reflekteer oor ons ware motiewe en om eerder na God se wil en regverdige lewe te streef

Gebed:
Here, maak ons vry van jaloesie en mededinging. Help ons om te werk met opregte harte, en om ons lewens te bou op U wil eerder as op wêreldse ambisie. Amen.

11 September 2024

Prediker 3:1-2

Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek.

Om oor te gesels en te dink:
Alhoewel ons mense soms hard werk om omstandighede te beheer, is dit belangrik om te erken dat ons beperkte beheer het oor die lewe se verloop. Ons moet ons energie fokus op die dinge wat werklik saak maak—ons geloof en verhouding met God.

Gebed:
Here, leer ons om U tydsberekening te vertrou en om elke seisoen van ons lewe met wysheid en geloof te benader. Mag ons fokus altyd wees om U te dien. Amen

10 September 2024

Prediker 2:10-11

Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning. Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.

Om oor te gesels en te dink:
Hier reflekteer die Prediker op sy rykdom, plesier, en sukses. Hy het alles geniet wat die wêreld kan bied, maar op die ou end besef hy dat hierdie dinge leeg en nietig is. Hierdie teks herinner ons daaraan dat wêreldse plesier en prestasies nie ware vervulling bring nie—slegs 'n lewe in gehoorsaamheid aan God kan dit doen.

Gebed:
Hemelse Vader, ons soek dikwels vervulling in die dinge van hierdie wêreld. Lei ons terug na U, sodat ons kan ontdek wat ware vervulling en vreugde is. Amen.

9 September 2024

Prediker 1:2-3

Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks. Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?.”

Om oor te gesels en te dink:
Prediker begin met die gewaarwording dat alles in hierdie wêreld nietig is. Die outeur benadruk dat al die inspannings en soeke na wêreldse dinge uiteindelik geen blywende waarde het nie. Die idee dat alles 'n gejaag na wind is, laat ons besin oor wat werklik saak maak—ons verhouding met God en gehoorsaamheid aan Sy wil.

Gebed:
Here, help ons om nie ons tyd en energie te mors op dinge wat geen ewigheidswaarde het nie. Leer ons om U te dien en gehoorsaam te wees, sodat ons lewens betekenisvol kan wees. Amen.

7 September 2024

Romeine 8:38-39
“Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus maak ’n lys van ’n klomp dinge wat die mense in Rome voor bang was. Ons kan hiermee identifiseer en sou ook ons eie lys kon maak. Dalk ook tegnologie of kunsmatige intelligensie? Ja, niks, maar niks kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar in Christus Jesus ons Here is nie.
Dit is die een van die belangrikste belydenisse en getuienisse wat ons as gelowiges kan hê: ons weet niks, selfs nie eers die dood of enige ander vrees, kan ons van die liefde van God skei nie.
Kan jy dit ook vandag bely?

Gebed
Here Jesus, baie dankie vir U liefde vir my. Dankie dat niks in hierdie wêreld, selfs nie eers die dood, my kan skei van U liefde nie. Amen.

6 September 2024

Romeine 8:36-37
“Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus haal Psalm 44:23 aan wat ’n hulpkreet na God toe is, maar waarvan hy weet dat God vir ons die uitkoms sal gee. Ons hoef nie bang te wees nie omdat God by ons is. Die Boodskap vertaal vers 37 as volg: “Al gebeur hierdie verskriklike dinge met ons, is ons nogtans oorwinnaars. Ons deel in Christus se reuse-oorwinning omdat Hy ons baie liefhet.”
God se liefde vir ons onverklaarbaar, want dit volg nie reëls nie. Ons kan dit nie verdien nie. Hy gee vir ons verniet, maar dit is nie goedkoop nie.
Ons kan in oorwinning leef omdat Jesus die dood oorwin het en ons vrygemaak het van alles waarvoor ons bang is. Ons kan Hom met ons lewens vertrou.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U die dood oorwin het en ons deelgenote gemaak het dat ons ook in oorwinning kan leef. Dankie dat U liefde soos groot is, al kan ek dit nie verstaan of verklaar nie. Amen.

5 September 2024

Romeine 8:33-35
“Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?”

Om oor te gesels en te dink:
In die betoog wat Paulus aanvoer, vra hy wie kan die kinders van God aankla en veroordeel. Die antwoord is niks en niemand nie, want Christus Jesus het gesterf en opgestaan, sodat ons vrygespreek kan wees. God is die Een wat eerste gehandel het en sonder dat ons dit verdien, het Hy Homself aan ons verbind. Daarom vra Paulus wie kan ons skei van Christus se liefde en die antwoord is niks nie. Hy noem ’n klomp dinge waarvoor die gelowiges bang was. Hy trek as’t ware ’n streep daar deur en herinner ons dat selfs dit ons nie kan skei van God se liefde nie. Daar mag dinge wees waarvoor jy jy bang is, maar weet dat dit jou ook nie van God se liefde sal kan skei nie.

Gebed
Here Jesus, ek verstaan nie altyd U liefde nie. Dankie dat U so lief is vir my en dat niks my van U liefde kan skei nie. Amen.

4 September 2024

Romeine 8:31-32
“Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus herinner die gelowiges in Rome dat God se vryspraak in hulle guns beslis is. God se genade is vir elkeen van ons bedoel. Daarom kan ons weet dat God vir ons is en niemand kan teen ons wees nie.
Hierdie genade wat ons ontvang is omdat Jesus sy Seun in ons plek oorgelewer het, sodat ons vrygespreek kan wees en in verhouding met God kan leef.
Dit is soms te groot vir ons om te verstaan. Maar ons kan en moet dit ontvang omdat Jesus se liefde vir ons só groot is.

  • Raak vandag vir ‘n oomblik stil en dink aan God se liefde vir jou.
  • Wat beteken dit dat God vir jou is?

Gebed
Here, dankie dat U genade vir my genoeg is en dat U dit vrylik skenk. Dankie dat U vir my is. Ek het U lief. Amen.

3 September 2024

Romeine 8:1-4
“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.”

Om oor te gesels en te dink:
Mense van daardie tyd het gedink dat as hulle die wet onderhou, hulle deur God vrygespreek sal word. Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om nie die wet te oortree nie. Hulle kon dit nie reg kry nie. Daarom dat Paulus hulle herinner dat dit nie die wet is wat hulle vry maak nie, maar die wet van die Gees in Christus Jesus. God het sy Seun Jesus gegee om ons vry te maak. Ons kan nou deur die Gees in vryheid leef. Uit liefde vir God, kies ons om die regte dinge te doen.
Ons is dus nie meer slawe nie, maar vry in Christus Jesus. Kom ons leef vandag so.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my kom bevry het van die wet. Ek stel my lewe onder U beheer. Laat U Gees my elke dag beheer en leer. Amen.

2 September 2024

Romeine 5:1-2
“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus skryf aan die gelowiges in Rome en gebruik regstaal om hulle te herinner dat hulle vrygespreek is en nie skuldig voor God is nie. Die aanklagte teen hulle is weggeneem. Op grond van geloof in Jesus Christus is daar nou vrede tussen ons en God. Ons het nou vrye toegang tot God en hoef ons nie meer bang te wees nie. Sy genade is oorvloedig. Dit gee ons die hoop dat ons in die heerlikheid van God kan deel.

  • Kan jy in hierdie vryheid leef dat jy vrygespreek is?
  • Wat beteken hierdie vrye toegang tot God se genade vir jou?

Gebed
Here Jesius, dankie dat ek in vrede met U kan leef. Dankie dat U my vrygespreek het. Dankie dat U genade vrylik beskikbaar is. Dankie dat ek met hoop kan leef. Amen.

31 Augustus 2024

Psalm 23:6
6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

VRAE:

  • Die Psalmdigter weet dat hy nooit God se liefde en goedheid sal kan ontsnap nie. Hy is oortuig dat God altyd betroubaar is en aan sy kant is. Die Psalmdigter is ook oortuig dat ‘n lewe wat in die teenwoordigheid van God se huis spandeer word, die moeite werd is. Nie net die moeite werd nie, maar eintlik wat elkeen van ons na moet smag.
  • Wat het jy nodig om lewenslank gelukkig te wees? Wat is jy tans besig om na te jaag? Wat is jy tans besig om te probeer bereik? Waarom is jy besig om dit na te jaag? Wanneer gaan jy weet wanneer jy dit bereik het?
  • Indien jy vir die res van jou lewe net die goedheid en liefde van God sou wou najaag, sou dit vir jou genoeg kon wees? Hoe sou ‘n lewe lyk wat dit najaag?
  • Hoe voel dit om tuis te wees? Dink jy, jy sal tuis wees in die huis van die Here, tot in lengte van dae? Waarom sal dit vir jou die moeite werd wees? Deel jou hart met die Here.

GEBED
Here, ek wil tuis wees by U. Ek wil lewenslang en dan daarna by U veilig en tuis voel. Ek wil U goedheid en liefde najaag. Ek wil nie meer die dinge van hierdie lewe najaag nie. Ek wil hê dat U goedheid en liefde genoeg is vir my. Here, help my om my lewe so in te rig. Here, dankie dat ‘n lewe wat daarop gerig is, genoeg is vir U. Here, dankie dat U genoeg is. Here, help my om my wil en my hart daarop te rig.
Amen

30 Augustus 2024

Psalm 84:2-3
2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.

VRAE:

  • Die Psalmdigter deel sy verlange oor die tempel. Hy verlang na die teenwoordigheid van die Here wat hy beleef wanneer hy in die tempel is. Wanneer hy tempel toe gaan sou hy ook in aanraking kom met ander volksgenote wat na die huis van die Here gaan. Hy sal saam met hulle jubel en God se naam groot maak.
  • Wanneer was die laaste keer wat jy gesmag het na die huis van die Here? Verlang jy ook na die samekoms waar mense God se naam groot maak? Het jy ook ‘n behoefte om saam met ander die Here te eer en te prys? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom is dit belangrik om saam met ander gelowiges bymekaar te kom? Hoe help ander gelowiges jou om God te dien? Hoe help ander gelowiges jou om te groei in jou geloof? Hoe help ander gelowiges jou om te groei as mens? Deel jou hart met die Here.
  • Ander gelowiges is nie perfek nie en is geneig om ons te konfronteer met die slegste elemente in ons eie geloofslewe. Wanneer ons sukkel met geduld, kry ons geleenthede om aan ons geduld te oefen. Waaraan het jy nodig om te werk? Hoe daag die gelowiges by die huis van die Here jou uit om daaraan te werk?

Gebed:
Here, ek smag na die huis van die Here. Ek smag daarna om U te ontmoet en U te dien. Here, wanneer ek met ander gelowiges in aanraking kom bring hulle soms die slegte gedeeltes in my karakter na vore. Help my om daaraan te werk. Here, ander kere, help die gelowiges my om meer getrou in my aanbidding van U te wees. Dankie Here dat hulle my inspireer. Here, help my om ook vir ander ‘n voorbeeld te wees van ‘n getroue dissipel vir U.
Amen

29 Augustus 2024

Psalm 84:2-3
2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.

VRAE:

  • Die Psalmdigter deel sy verlange oor die tempel. Hy verlang na die teenwoordigheid van die Here wat hy beleef wanneer hy in die tempel is. Wanneer hy tempel toe gaan sou hy ook in aanraking kom met ander volksgenote wat na die huis van die Here gaan. Hy sal saam met hulle jubel en God se naam groot maak.
  • Wanneer was die laaste keer wat jy gesmag het na die huis van die Here? Verlang jy ook na die samekoms waar mense God se naam groot maak? Het jy ook ‘n behoefte om saam met ander die Here te eer en te prys? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom is dit belangrik om saam met ander gelowiges bymekaar te kom? Hoe help ander gelowiges jou om God te dien? Hoe help ander gelowiges jou om te groei in jou geloof? Hoe help ander gelowiges jou om te groei as mens? Deel jou hart met die Here.
  • Ander gelowiges is nie perfek nie en is geneig om ons te konfronteer met die slegste elemente in ons eie geloofslewe. Wanneer ons sukkel met geduld, kry ons geleenthede om aan ons geduld te oefen. Waaraan het jy nodig om te werk? Hoe daag die gelowiges by die huis van die Here jou uit om daaraan te werk?

Gebed:
Here, ek smag na die huis van die Here. Ek smag daarna om U te ontmoet en U te dien. Here, wanneer ek met ander gelowiges in aanraking kom bring hulle soms die slegte gedeeltes in my karakter na vore. Help my om daaraan te werk. Here, ander kere, help die gelowiges my om meer getrou in my aanbidding van U te wees. Dankie Here dat hulle my inspireer. Here, help my om ook vir ander ‘n voorbeeld te wees van ‘n getroue dissipel vir U.
Amen

28 Augustus 2024

Psalm 27:5-6
5Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan; 6ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.

VRAE:

  • Die Psalm skrywer is oortuig dat God die een is wat hom beskerm en versorg. Die Psalmdigter weet dat God waardig is van al die prys omdat God hom nog nooit teleurgestel het nie.
  • Waar voel jy veilig? Is God jou toevlug wanneer die wêreld te veel word? Kan jy na God gaan wanneer jy moeg, oorlaai, moedeloos en teleurgestel voel? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe is God jou bron van vreugde en vrede? Hoe is God die middelpunt van jou lewe? Kyk jy na Hom vir jou sekuriteit, jou beskerming en troos? Hoe lyk dit prakties in jou lewe? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe lyk jou aanbidding van God? Wat doen jy, wat jou konneksie met God versterk? Waar in jou lewe beleef jy God die beste? Hoe kan jy meer van dit in jou lewe inbou?

GEBED:
Here, ek beleef U teenwoordigheid dag en nag. Wanneer ek wakker word weet ek U is die rede daarvoor. Wanneer ek deur die dag wandel weet ek U is my leidsman en my metgesel. Wanneer ek gaan slaap vertrou ek U met alles wat ek niks aan kan doen nie. Here, ek wil U loof en prys vir alles wat U vir my doen. Dankie Here, vir wie U is.
Amen

27 Augustus 2024

Eksodus 40:34-35
34'n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. 35Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.

VRAE:

  • In Eksodus is daar ‘n transformerende belewenis by die Israeliete. In plaas daarvan dat hulle elke keer na die berg Sinai moet gaan om die Here se teenwoordigheid te beleef, kom woon God onder sy mense in die tabernakel. Die woord vir Tabernakel is “woning”. God se teenwoordigheid is nou so tasbaar dat Moses nie eers die Tabernakel kan ingaan nie. Die Here se teenwoordigheid kan gesien word en beleef word deur die mense. Die Here gaan nou saam my sy volk oral waar hulle gaan.
  • Wanneer jy na die Huis van die Here gaan, beleef jy Sy teenwoordigheid? Beleef jy God op so ‘n manier dat jy oortuig is, Hy is teenwoordig? Wat is jou ervaring van die Here in die woning van die Here?
  • Waarop is jou aandag gefokus wanneer jy by die woning van die Here is? Is jy gefokus op alles wat jy van hou of dalk nie van hou nie? Is jy gefokus op wat die Here jou wil leer of hoe Hy jou wil lei? Deel jou hart met die Here.
  • God is nie beperk tot die gebou wat ons ken as die huis van die Here nie. Beleef jy God oral waar jy gaan? Sien jy hom in die mense om jou? Beleef jy Hom in die omstandighede wat jy beleef? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, dankie dat U teenwoordig is in die huis van die Here. Meer as dit Vader, dankie dat U met ons is oral waar ons gaan. Here, help my om te fokus op U. Help my om nie vas te kyk in my eie voorkeure of my eie vooropgestelde idees nie. Here, ek wil meer van U hê, en minder van myself.  
Amen

26 Augustus 2024

Psalm 26
8Here, u woonplek, die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.

VRAE:

  • Kan jy net soos die Psalm skrywer sê dat jy lies is vir die huis van die Here? Wat is die huis van die Here vir jou? Hoe dink jy oor die plek waar die Here woon?
  • Tradisioneel is daar na die kerkgebou verwys as die huis van die Here. Waarom sou jy dink is dit belangrik om na die kerkgebou te gaan vir die byeenkom van gelowiges? Waarom was dit iets wat van die begin van die kerk belangrik was vir die gelowiges?
  • Hoe gereeld is jy by die byeenkoms van gelowiges? Waarom? Hoe kan hierdie byeenkomste jou geloof ondersteun of versterk?
  • Indien die byeenkoms van die gelowiges nie tans vir jou ‘n hoë prioriteit is nie, waarop mis jy uit as gelowige? Waarop mis ander gelowiges uit omdat jy nie daar is nie? Hoe sou jy die byeenkoms verryk deur daar te wees?

Gebed:
Here, ek is lief vir die huis van die Here. Ek is lief vir my mede-gelowiges. Ek is lief vir U mense. Here, help my om meer gereeld deel te wees van die byeenkoms van gelowiges. Here help my om meer van myself en my geloos daar by die byeenkoms van gelowiges uit te leef. Here, help my om ook die waarde te sien van ander gelowiges wat in my lewe inbou.
Amen

24 Augustus 2024

Psalm 105:42-45

Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek. Vir hulle het Hy die heidene se lande gegee; wat deur ander volke met moeite verkry is, het hulle in besit geneem. Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en sy wil doen. Prys die Here!”

Om oor te gesels en te dink:
Die laaste verse van Psalm 105 herinner ons aan die vervulling van God se belofte aan Abraham. Hy het die Israeliete uit Egipte gelei en hulle die land van Kanaän gegee, sodat hulle sy wette kon onderhou en sy Naam kon loof. Dit beklemtoon God se getrouheid. Hoe kan jy vandag God loof vir Sy getrouheid in jou lewe? Prys God vandag in gebed en ook in jou dade - God is goed!

Gebed:
Here, dankie dat U altyd U beloftes nakom. Mag ek U altyd loof vir U goedheid en getrouheid in my lewe. Amen.

23 Augustus 2024

Psalm 105:37-41

Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud. In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het, want hulle was skrikbevange oor die Israeliete. Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het.”

Om oor te gesels en te dink:
God het die Israeliete uit Egipte gelei en voorsien in hulle behoeftes in die woestyn. Hy het hulle met rykdom geseën toe hulle vertrek het, hulle gelei met 'n wolk en vuur, en hulle voed met manna en kwartels. Hierdie herinnering wys ons op God se voortdurende sorg en voorsiening, selfs wanneer ons in 'n droë en moeilike plek is. Hoe voorsien en sorg God tans in jou lewe? Of hoe het God al so in die verlede vir jou voorsien?

Gebed:
Here, dankie vir U voorsiening en beskerming in my lewe. Help my om te vertrou dat U sal voorsien in elke behoefte, selfs in tye van swaarkry. Mag ek altyd bewus wees van U sorg en liefde, en U loof vir U getrouheid. Amen.

22 Augustus 2024

Psalm 105:23-27

Israel het na Egipte toe gekom, Jakob kon in die land van Gam gaan woon. Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak, talryker as hulle onderdrukkers. Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander, sodat hulle sy volk gehaat en vyandig opgetree het teenoor sy dienaars. Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur, en vir Aäron, die man wat Hy verkies het. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen, sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.”

Om oor te gesels en te dink:
Die Israeliete was vreemdelinge in Egipte en later het hulle in slawerny verval. God het egter nie hulle situasie vergeet nie. Hy het Moses en Aäron gestuur om hulle te verlos, en Hy het groot wonders en tekens in Egipte gedoen om hulle bevryding te bewerkstellig. Die mense in ballingskap of selfs met die terugkeer van ballingskap sou hierdié herinneringe van God opnuut onthou en bevestiging ontvang dat God ook in daardie situasie met hulle is. Watter 'lood glasvensters' is daar in jou lewe, nes Psalm 105, wat jou herinner aan God se redding en bevryding in jou eie lewe?

Gebed:
Here, dankie dat U altyd by ons is, selfs in tye van swaarkry. Help my om op U te vertrou. Mag ek altyd onthou dat U almagtig en getrou is. Amen.

21 Augustus 2024

Psalm 105:16-22

Toe Hy hongersnood oor die land gebring het en al hulle kos laat opraak het, het Hy iemand voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop. Hulle het sy voete geboei en hom in die gevangenis gehou totdat sy woorde bewaarheid is, nadat hy die toets deurstaan het met wat die Here aan hom bekend gemaak het. Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom; die heerser oor baie volke het hom vrygelaat en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding, met gesag oor al sy besittings. Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveel en selfs aan hoë amptenare leiding gee.”

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie verse beskryf die verhaal van Josef, wat deur sy broers verkoop is en as slaaf in Egipte beland het. God het egter 'n plan gehad met Josef se lewe, en uiteindelik het hy as 'n heerser oor Egipte opgestaan. Hierdie verhaal herinner ons dat selfs in tye van beproewing, kan God ons gebruik. Josef het uiteindelik redding vir sy familie gebring. Hoe kan God jou gebruik in die situasie waarin jy jouself tans bevind?

Gebed:
Here, dankie dat U selfs in my moeilikste tye aan my werk. Here, gebruik my ook nou waar ek tans beleef dat… Ek wil graag my roeping uitleef tot eer van U Naam en Koninkryk. Amen.

20 Augustus 2024

Psalm 105:7-11

Hy, die Here, is ons God; sy reddingsdade strek oor die hele aarde. Hy hou sy verbond altyd in stand, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het, die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, sy eed aan Isak. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging, vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan. Hy het gesê: “Ek gee Kanaän vir jou as grondgebied en eiendom.”

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie verse herinner ons aan God se verbond met Abraham en sy nageslag. God het belowe om vir hulle die land Kanaän as erfdeel te gee, en Hy het getrou gebly aan hierdie belofte. Hierdie gedeelte is 'n herinnering dat God sy beloftes altyd nakom. Hy vergeet nooit Sy verbond nie, en ons kan daarop vertrou dat Hy in elke geslag getrou sal bly.

Gebed:
Here, dankie dat U altyd getrou is aan U beloftes. Gee my die geloof om op U beloftes te vertrou, selfs wanneer ek nie die pad vorentoe sien nie. Amen.

19 Augustus 2024

Psalm 105:1-6

Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel, julle, nageslag van Abraham sy dienaar, nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie Psalm begin met 'n oproep om die Here te loof en te dink aan die groot dade wat Hy gedoen het. Die leser of luisteraar word aangemoedig om God se wonders te herroep en Sy lof te besing. Dit herinner ons daaraan hoe belangrik dit is om dankbaar te wees en nie te vergeet wat God in ons lewens gedoen het nie. Wanneer ons terugkyk na God se getrouheid, aan die Israeliete en ons eie lewens, versterk dit ons geloof en vertroue in Hom.

Gebed:
Here, help my om U dade te onthou en U Naam te loof vir alles wat U gedoen het. Mag ek nooit vergeet hoe U my gedra en gelei het nie. Gee my 'n hart vol dankbaarheid en vreugde, en help my om U grootheid aan ander te verkondig. Amen.

17 Augustus 2024

1 Petrus 3:12
12Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”

VRAE:

  • Verse soos hierdie een van 1 Petrus word gereeld gebruik om mense te oortuig om te glo. Die argument om God te dien, hang wel af van waar jy die klem plaas in hierdie vers. Dit gebeur so gereeld dat mense ongelowiges wil oortuig om die Here te dien oor dit wat die ongelowige verkeerd doen. Die fokus is op die God wat dié wat kwaad doen gaan straf.
  • Waarom dien jy die Here? Dien jy God omdat jy bang is dat Hy jou gaan straf as jy Hom nie dien nie? Is jy oortuig dat jou saak met die Here reg is, of is jy steeds bekommerd en onseker of God jou gaan straf? Wat beteken dit om vrygespreek te wees op grond van wat jy glo?
  • Dien jy die Here omdat jy totaal oortuig is van God se sorg, genade en liefde? Hoe lyk dit om ‘n Here te dien wat vir jou vryspreek uit genade, wat nie verwag jy moet eers reg doen voordat Hy vir jou vergewe en liefde bewys nie? Hoe lyk dit om God te dien wat vir jou sorg en vir jou omgee bloot omdat Hy jou geskep het en vir jou lief is?
  • Wanneer jy met ander die Woord deel of getuig van jou belewenis van God, waarop fokus jy? Probeer jy hulle oortuig van hoe sondig hulle is en hoe God hulle daarvoor gaan straf? OF deel jy meer oor hoe God liefdevol is en sorg vir Sy kinders? Waarop dink jy wil God hê, jy moet fokus?

GEBED
Here, dankie dat U ‘n God is wat sorg, lief het en genade gee. Dankie dat dit nie iets is war ons moet verdien, voor werk of selfs voor hoef te verander nie. Dankie dat U vir ons die geleentheid gee om ons verhouding met U te kan herstel, slegs deur te bely wie U werklik is, ons God. Here, dankie dat U vir ons sorg en na ons kyk, wanneer ons bely. Here, help ons om te doen wat reg is, wanneer ons oortuig is dat U ons Vader is. Here, help ons om aan ander ook die goeie nuus oor te dra. Here help ons om nie te getuig uit vrees vir U straf nie, maar eerder te fokus op die God wat so lief het dat ons kan seker wees van Sy sorg.
Amen

16 Augustus 2024

1 Petrus 3:9
9Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met 'n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.

VRAE:

  • Petrus herbevestig hier wat Paulus ook reeds in die Romeine brief sê. Wanneer ons soos gelowiges leef, is ons besig om altyd geleenthede te soek om aan ander goed te doen. God het ons geroep en gestuur om vir ander tot seën te wees. Die wêreld bring vloek en beledigings in oorvloed op sy eie. Maar om die goeie te kies vra dat ons op God vertrou om ons te transformeer tot mense wat selfs vir hulle vyande seën toewens.
  • Waarom sou God verwag dat ons ander moet seën, selfs wanneer hulle ons kwaad aangedoen het? Hoe kan God dit werklik verwag as Hy weet hoe sleg dit vir ons was of seer dit vir ons gemaak het? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe sou mense reageer wanneer jy hulle seën, selfs wanneer hulle nie dit verdien of dit verwag nie? Waarom sou jy mense seën in plaas van reageer soos jy werklik wou? Wat baat dit jou?
  • Hoe sou dit vir jou wees as mense jou seën wanneer jy verkeerd was of dit nie verdien nie? Hoe beleef jy dit as God jou genade gee wanneer jy weet hoe skuldig jy voor Hom staan? Wat maak jy nadat jy soveel genade ontvang het?

Gebed:
Here, ek is altyd in die versoeking om uit my ou menswees te wil optree wanneer ek seerkry of deur mense sleg behandel word. Here, dit is vir my so moeilik om te kies om mense te seën. Here, help my om altyd U hart en weë in elke situasie te soek. Here, dankie dat U eers vir my die genade gegee het. Here, help my om dit wat ek by U beleef ook vir ander te gun. Meer as dit, help my om dit vir ander te gee.
Amen

15 Augustus 2024

1 Petrus 3:8
8Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.

VRAE:

  • Petrus sê dat mense wat tot wysheid gekom het eensgesind is, medelydend is, liefdevol is, goedhartig is en nederig is. Wanneer ons die Here dien is daar bewyse daarvan. Ons kan in mense se gedrag sien dat hulle die Here dien. Hierdie tekens kan wel nie net met die lyf uitgevoer word nie. Hulle moet werklik die gedagtes verander en die mens totaal transformeer.
  • Wat beteken dit om eensgesind te wees? Hoe lyk dit prakties? Kan jy eensgesind wees as jou hart nie verander het nie? Wat het jy nodig om eensgesind te leef met ander?
  • Wat beteken dit om medelydend te wees? Hoe lyk dit prakties? Kan jy medelydend wees as jou hart nie verander het nie? Wat het jy nodig om medelydend met ander te leef?
  • Wat beteken dit om goedhartig te wees? Hoe lyk dit prakties? Kan jy goedhartig wees as jou hart nie verander het nie? Wat het jy nodig om goedhartig met ander te kan leef?

GEBED:
Here, ek wil hê dat ander moet kan sien dat ek U met my hele lewe dien. Here, soms sukkel ek hiermee. Ek wil steeds vir my eie ego optree. Here, help my om meer en meer te lyk soos iemand wat U met hulle hele lewe dien.
Amen

14 Augustus 2024

1 Petrus 3:11
11Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

VRAE:

  • Petrus vra die gelowiges om weg te bly van die kwaad en te doen wat goed is. Mense wat weet waaroor dit gaan, wysheid ontdek het, weet dat mens intensioneel dit wat goed is moet najaag. Die wêreld sal van nature vir jou alles bring wat sleg is. Jy het nodig om die goed te soek en dit te doen. Wanneer mens dit doen, beleef mens vrede.
  • Wat is jy besig om te jaag? Kyk na jou daaglikse skedule. Kyk na jou begroting. Kyk na jou energie. Waarin belê jy jou tyd, jou geld en jou talente? Wat verklap jou dagboek, jou begroting en jou energie oor waarmee jy besig is?
  • Waarop sal jy graag meer tyd, finansies en energie wil spandeer? Waarom doen jy dit nie? Hoe kan jy dit begin verander?
  • Is daar mense om jou wat jy kan sien die verkeerde dinge in die lewe najaag? Wat merk jy op van hulle lewens? Hoe kan jy vir hulle bid en saam met hulle stap om ‘n alternatiewe lewenstyl te kweek?

GEBED:
Here, ek het ‘n diep behoefte aan U vrede. Here, ek wil nie met die verkeerde dinge besig wees nie, maar soms is die versoekings so groot. Here, help my asb. om my oë en hart te vestig op die wat goed en opbouend is. Here, help my om intensioneel dit in my dagboek in te bou, in my begroting in te bou, my energie daarop te fokus. Dankie Here dat U my hiermee help.
Amen

13 Augustus 2024

1 Petrus 3:10
10Daar staan geskrywe: “As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.

VRAE:

  • Petrus haal die wysheid literatuur aan wanneer hy hierdie gedeelte deel. Die Spreuke skrywer het alreeds geweet dat mense wat die goeie lewe begeer en wil leef in vrede, mense is wat leer hoe om hulle tonge te beheer. Mense wat die vermoë het stil te bly wanneer hulle in versoeking is om leuens te spreek, stories oor ander te versprei, te oordeel, af te breek of tereg wil wys.
  • Wanneer jy geleentheid het om stil te bly of jou stem dik te maak, wat kies jy? Waarom? Wat is die doel van jou keuse?
  • Wanneer jy kies om vir mense te sê wat hulle alles verkeerd doen, hoe hulle anders of beter kan wees, mense attent te maak van hulle tekortkominge of foute, stories herhaal of onmin saai, hoe laat dit jou voel? Hoe laat dit ander voel? Sou jy ooit skaam wees as mense hoor wat jy oor hulle sê?
  • Wanneer jy kies om stil te bly, hoe laat dit jou voel? Hoe laat dit ander voel? Waarom dink jy is dit iets wat ons as gelowiges meer van moet probeer doen?

GEBED:
Here, soms is dit so moeilik om my tong te hou. Ek wil vir ander alles vertel wat ek weet of van oortuig is. Here, help my om ‘n wag voor my mond te plaas. Help my om nie kwaad te stook nie. Help my om meer verdraagsaam te wees. Here, dankie dat U ook genade met my het. 
Amen

12 Augustus 2024

1 Petrus 3:12
Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”

VRAE:

  • Petrus noem in hierdie gedeelte dat God sorg vir die opregtes, dat Hy luister wanneer hulle uitroep. Dit beteken dat God hulle raaksien. Ons is dalk gekondisioneer om te dink dat God net na ons kyk om al ons foute en tekortkominge te sien. Die realiteit is egter dat God ons raaksien en juis daarom na ons kyk. Hy sien wanneer ons Hom nodig het, Hy sien wanneer ons hulp benodig of versorg moet word. God sien ons behoeftes raak.
  • Wat is jou behoefte vandag? Wat het jy van die Here nodig? Hoe vra jy vir die wat jy nodig het? Het jy al jou behoefte met God of ander gedeel? Deel nou jou hart met die Here.
  • God sorg ook vir ander deur gebruik te maak van sy volgelinge. Kyk na die mense om jou vandag. Vra dalk vir ‘n geliefde of kennis by die werk of huis, wat hulle nodig het. Kan God jou vandag gebruik om in iemand om jou se behoefte te voldoen?
  • Hoe voel dit om te weet dat God nie daarop uit is om jou net te straf nie? Hoe voel dit om te weet dat God vir jou is en nie teen jou nie? Hoe voel dit om in God se sorg te rus?

Gebed:
Here, dankie dat U my altyd raaksien. Dankie dat U na my kyk en my versorg. Dankie dat U my diepste behoeftes raaksien en dit aanspreek. Dankie dat U ander om my stuur wat vir my sorg. Dankie dat ek ook vir ander kan sorg. Here, maak my meer bewus van al die maniere waarop U na my kyk. En help my om meer te fokus op die maniere wat ek ook diensbaar in U hand kan wees.
Amen

Augustus 2024

Efesiërs 5:19-20
“en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”

Om oor te gesels en te dink:
Mense van die lig leef met ‘n lied in die hart. Paulus moedig die gelowiges in Efese aan om saam met mekaar liedere te sing om so aan die Here eer te bring. Dit is ook hoekom ons graag saam die Here aanbid as ons saam is.
Jy het ook seker ‘n gunsteling geestelike lied of twee. Luister vandag weer daarna en sê vir die Here dankie.
Verder moedig Paulus hulle aan om in alles dankbaar te wees. Dit herinner aan Filippense 4:6-7 wat sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”
Ons lewe in die lig as ons dankbaar leef.

Gebed
Here, ek net dankie sê. Dankie. Dankie. Mag my lewe altyd my dankbaarheid wys. Amen.

9 Augustus 2024

Efesiërs 5:18
“Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus gebruik die beeld van drank om te vra onder wie se beheer mens funksioneer. Te veel drank laat jou buite beheer optree. Wanneer jy onder beheer van Heilige Gees leef, leef jy in afhanklikheid van God.
Dit gaan nie daaroor hoeveel van die Gees jy in jou het nie, maar hoeveel van jou die Gees beheer en besit. Dit bly ’n konstante proses om toe te laat die Heilige Gees jou meer en meer beheer. So kan jy in die lig lewe en vir ander mense die lig wys.

Gebed
O Heilige Gees, ek kom stel my oop. Kom vul my met U Gees, sodat ek meer van U lig kan wys. Amen.

8 Augustus 2024

Efesiërs 5:15-17
“Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons moet as kinders van God wat in die lig leef, wysheid soek. Ons moet verstandige keuses maak en die tyd uitkoop, as ons hierdie vers letterlik vertaal. Moenie jou tyd mors met ligsinnige dinge nie. Nee, probeer te wete kom wat die Here wil hê.
Jakobus ego ook hierdie woorde in Jakobus 1:5: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
Wanneer jy vandag voor ’n keuse te staan kom, bid en vra die Here vir wysheid. Vertrou dat Hy jou sal help om die regte keuse te maak.

Gebed
Here Jesus, ek wil in U lig bly wandel. Help my om met wysheid die regte keuses te maak. Ek wil die beste van elke geleentheid maak. Amen.

7 Augustus 2024

Efesiërs 5:9-11
“Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.”

Om oor te gesels en te dink:
Die gelowiges in Efese word opgeroep om in gehoorsaamheid te leef. Dit beteken dat hulle sal nie sal meedoen aan praktyke van die duisternis nie. Hulle moet in die lig lewe en dit moet al hulle besluite bepaal.
Wanneer ons voor keuses gestel word, moet onsonself afvra of die Here tevrede sal wees. Ons kan ons besluite toets of dit goed, reg en waar is. Reflekteer my keuse goedheid, geregtigheid en die waarheid. Die 2020 vertaling van Efes 5:10 sê: “Beproef wat vir die Here aanneemlik is.”
‭‭As kinders van die lig, kan ons God vertrou om ons te help om die regte keuse te maak, wat Sy lig sal laat skyn.

Gebed
Here Jesus, ek wil in gehoorsaamheid die regte keuses maak. Help my om te kies wat goed, reg en waar is. Amen.

6 Augustus 2024

Efesiërs 5:6-8
“Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie. Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus herinner die gemeente om te leef uit wie hulle is. Hulle moet gehoorsaam wees aan dit wat hulle by die Here geleer het. Daar gaan mense wees wat gaan probeer om jou te mislei, maar daarmee moet ons as gelowiges nie aan deel hê nie. Ons het wegbeweeg van die duisternis en lewe nou in die lig. Dit is nie altyd maklik nie, maar juis daarom moet ons die regte keuses maak om Jesus se lig sigbaar te maak.
Jesus moedig ook in die Bergrede in Matteus 5:16 sy volgelinge aan om ons lig so te laat skyn, sodat mense ons goeie werke kan sien en die Vader in die hemel verheerlik. Wanneer ons goed doen, is ons besig om in die lig te wandel. Maak vandag die regte keuses om jou lig te laat skyn.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek in U lig kan leef. Help my om deur wat ek doen, my lig te wys, sodat die Vader in die hemel verheerlik kan word. Amen.

5 Augustus 2024

Efesiërs 5:1-2
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus moedig die gemeente in Efese aan om prakties ’n verskil te maak waar hulle is. Hulle is kinders van God en moet daaruit leef. Dit is “omdat” hulle kinders van God is, kan hulle anders leef nie. Dit is nie “sodat” hulle kinders van God kan wees nie.
Ons identiteit begin by Jesus. Omdat Hy ons liefhet, kan ons sy voorbeeld volg. Hy het vir ons Sy liefde gewys deur Homself as ’n aanneemlike offer vir God gegee.
Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het.
Ons kan vandag kies om dieselfde te doen. Ons kan mense om ons lief hê en hulle dien, sodat hulle God se lig in ons kan sien.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my liefhet. Mag ek in liefde leef en die mense om my U liefde wys. Ek wil U lig skyn sodat hulle U kan sien. Amen.

3 Augustus 2024

Efesiërs 4:13-16

15 Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, 16 en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.

Wanneer ons ons gawes gebruik, en die kerk groei in haar volwassenheid, sal ons in liefde by die waarheid bly, sê Paulus. Dink vir ’n oomblik daaroor: mense van die waarheid en mense van liefde, tegelykertyd!
Jesus was so: almal het geweet waarvoor Hy staan, Hy was en is self die waarheid; en almal wou graag om Hom en by Hom wees, Hy was iemand van liefde wat baie empatie met mense gehad het.

Ons het juis nodig om in die wêreld wat ons leef beide gelyktydig vas te hou: mense van die waarheid word dikwles beskryf as liefdelose mense wat ander oordeel, en mense van liefde word dikwels beskryf as mense wat alles en almal aanvaar ten koste van die waarheid. Dit is doodgewoon nie waar nie, en die mooi van beide word juis ten toongestel wanneer ons dit tegelykertyd beliggaam, soos Jesus het! Ons gawes is veronderstel om ons na hierdie plek toe te laat groei.

Kyk weer na vers 16: Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen het sy/haar plek, en elkeen het die ander nodig, sodat die liggaam opgebou kan word in liefde.

Om oor te dink:

  • As jy nie weet wat jou geestelike gawe is nie, is jy bereid om dit saam met ander te ontdek?
  • As jy die Heilige Gees se leiding voel om jou gawe te gebruik, sal jy die moed hê om gehoorsaam ja te sê?
  • Lei die Heilige Gees jou om op ’n spesifieke manier by die bediening van ons Geloofsfamilie betrokke te raak?

”…the Church exists for nothing else but to draw men into Christ, to make them little Christs. If they are not doing that, all the cathedrals, clergy, missions, sermons, even the Bible itself, are simply a waste of time.” C.S. Lewis

2 Augustus 2024

Efesiërs 4:13-16

13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.

Ons dien deur ons gawes ter wille van ons geestelike volwassenheid. Vers 13 sê ons sal so volmaak en volwasse soos Christus wees. Wow, neem ’n oomblik en dink aan hoe wonderlik dit is, en sal wees as elkeen hulle gawes gebruik! Die waarheid is dat ons alles van Jesus ontvang het wat nodig is om hierdie volwassenheid te kan bereik. Ons as kerk kan die karakter van ons Here hê en aan alle mense wys.

  • Wat dink jy, het die kerk dieselfde karakter as Jesus en is dit wat ons aan die wêreld wys?
  • Of nog meer persoonlik: wat sou die persoon/e naaste aan jou antwoord as ons vir hulle sou vra of jy besig is om te groei in die volwassenheid van Christus in?

Vers 14 sê Dan sal ons nie meer kinders wees nie. Kinders glo enigiets, en hulle glo graag iets wat doodgewoon nie waar is nie. Christene wat nog onvolwasse is glo ook dikwels enigiets, en dit kan hulle begrip van die waarheid baie sleg beinvloed. Dwalleer, bygeloof en kulturele gebruike wat sommer as Christelik bestempel is kan ’n gelowige rondslinger. Paulus sê dat ’n gebruik van ons gawes dit keer, juis omdat dit almal saam lei na volwassenheid.

  • Sien jy dat jou gebruik van jou gawes nie net oor jou eie gehoorsaamheid en volwassenheid gaan nie, maar ook oor die volwasseneheid van ander? Dit is ’n baie groot verantwoordelikheid wat ons het.

Om oor te dink:

  • Wat is jou unieke bydrae?

Love is not just tolerance. It's not just distant appreciation. It's a warm sense of, 'I am enjoying the fact that you are you.’ N.T. Wright

1 Augustus 2024

Efesiërs 4:7, 11-12

11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.

Ons het gister nagedink oor die evangelis en herder. Vandag dink ons na oor die leraar.

Dink vir ’n oomblik na oor die volgende vrae, en kyk of enige van hierdie beskrywings by jou pas:

  • Is jy ingestel op hoe dinge werk, en dink jy sonder moeite aan hoe om dit vir iemand te verduidelik?
  • As jy sukkel om iets te verstaan, grawe jy jouself in dit in totdat jy dit verstaan en vir jouself uitgemaak het?
  • Is jy die persoon wat heel eerste vra “hoe” iets gaan gebeur, en al die inligting wil hê voordat jy ’n besluit neem?

Die kans is groot dat die gawe van leraar vir jou gegee is. Die rol van leraars in die Bybel is om familie van Jesus die “nuts and bolts” van die goeie nuus, geloof in Jesus en volgelingskap van Jesus te leer. Leraars raak nooit moeg om dieselfde ding oor en oor te verduidelik nie, en soek natuurlik na nuwe kreatiewe maniere om dieselfde ding te verduidelik sodat die liggaam tot ’n dieper verstaan daarvan kan kom.

Terug by die braai…
Die apostel vra: “Waar braai ons, en waarom braai ons daar?”
Die profeet vra: “Moet ons braai, is dit die regte ding om te doen?”
Die evangelis vra: “Wie kan ons na die braai toe nooi wat nie laas daar was nie?”
Die herder vra: “Wil julle by ons kom braai?”
Die leraar vra: “Ek lees tans Jan Braai, kan ek jou wys hoe om dit te doen?”

So het ons elkeen ’n gawe ontvang wat verweef is met ons totale menswees, dit is hoe God dit bestem het!

10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Efesiërs 2:10 (1983-vertaling)

Om oor te dink:

  • Wat is jou unieke bydrae?

”Teacher - connected to the truth of God” Alan Hirsch

“We simply weren’t constructed to live only for ourselves. We were placed on earth to be part of something bigger than the narrow borders of our own survival and our own little definition of happiness.” Paul David Tripp

31 Julie 2024

Efesiërs 4:7, 11-12

11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.

Ons het gister nagedink oor die apostel en profeet. Vandag dink ons na oor die evangelis en die herder.

Dink vir ’n oomblik na oor die volgende vrae, en kyk of enige van hierdie beskrywings by jou pas:

  • Is jy iemand wat so spoedig moontlik vir enigeen wat wil hoor vertel van goeie nuus wat jy ontvang het?
  • Is jy iemand wat ingestel is op die persoon wat uitgesluit is en alleen staan, en dan probeer om die persoon in te sluit?
  • Vra jy mense se name en volg dit dan sommer op met vrae waarvoor hulle nie gevra het nie?
  • Het iemand al vir jou gesê jy is vriendelik en maklik om mee te gesels?

Die kans is groot dat die gawe van evangelis vir jou gegee is. Die rol van evangeliste in die Bybel is om die goeie nuus te versprei, en konstant mense te werf vir die koninkryk en die roeping van die kerk. Evangeliste nooi konstant nuwe mense in, en is ingestel op die wat uitgesluit is, en hoe hulle ingenooi kan word.

  • Is jy iemand wat ingestel is op ander mense se gevoelens, ervarings en behoeftes?
  • Is jy iemand wat verhoudings waardeer en graag wil hê almal om jou moet in vrede saam leef?
  • Is jy iemand wat graag mense nooi om bymekaar te kom?
  • is jy iemand wat graag en maklik jammer sê?

Die kans is groot dat die gawe van herder vir jou gegee is. Die rol van herders in die Bybel is om familie van Jesus bymekaar te hou, te versorg, en seker te maak dat verhoudings met mekaar verdiep dat dit werklik soos familie voel. Herders kyk na binne, en dit is met ’n rede so.

Dink só oor hierdie twee gawes: die herder nooi graag bekende mense na ’n braai. Die evangelis nooi graag vreemde mense na dieselfde braai waarheen die herder hom/haar nooi… En so werk die gawes saam…

Vers 12 sê Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 

Dit is lewens belangrik vir die kerk dat ons ons gawes gebruik hiervoor.

More gaan ons fokus op die leraar.

Om oor te dink:

  • Wat is jou unieke bydrae?

“Evangelist - connected to the message of God”
“Shepherd - connected to the people of God” Alan Hirsch

30 Julie 2024

Efesiërs 4:7, 11-12

11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.

Min van ons sal onmiddelik ons hande opsteek as iemand sou vra of hier enige apostels of profete in die vertrek is. Dit is waarskynlik omdat ons hierdie gawes, rolle, verantwoordelikhede en funksies aan ’n handvol mense toegeskryf het (mense in die amp in die kerk), en dit nie verstaan as gawes wat vir ons gegee is en is ons verweef is nie.

Dink vir ’n oomblik na oor die volgende vrae, en kyk of enige van hierdie beskrywings by jou pas:

  • Dink jy dikwels aan alles wat volgende moet gebeur?
  • Is jy iemand wat konstant ander mense herinner aan die doel vir dit waarmee hulle/julle besig is?
  • Is jy iemand wat na ’n wonderlike vakansie tuiskom en dan ’n beter plek soek om volgende by te gaan vakansie hou?

Die kans is groot dat die gawe van apostel vir jou gegee is. Die rol van apostels in die kerk is om die kerk gefokus op haar roeping te hou, om die kerk konstant aan te spoor om te bly groei, en om seker te maak dat die kerk nie in haar leer dwaal nie.

  • Is jy ingestel op dit wat reg en verkeerd is?
  • Het jy ’n behoefte om God se wil in alle dinge te ken, en het jy ’n sensitiwiteit vir wanneer God se naam nie geëer word nie?
  • Word jy kwaad as jy sien hoe iemand deur iemand anders seergemaak word?

Die kans is groot dat die gawe van profeet vir jou gegee is. Die rol van profete in die Bybel is om die kerk op God gefokus te hou, om vir onreg teen ander op te staan, om die kerk namens God aan te spreek as die kerk Sy naam oneer aandoen, en om die kerk te roep tot dieper intimiteit met God en meer toegewyde gebed.

Vers 12 sê Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 

Dit is lewens belangrik vir die kerk dat ons ons gawes gebruik hiervoor.

More gaan ons fokus op die evangelis en die herder.

Om oor te dink:

  • Wat is jou unieke bydrae?

“Apostle - connected to the mission of God”
“Prophet - connected to the heart of God” Alan Hirsch

29 Julie 2024

Efesiërs 4:7, 11-12

7 Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. 11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 

Waarom dien ons deur ons gawes?

  1. Ter wille van ons geestelike diversiteit (v 7-12). 

Vers 7 is duidelik: aan elkeen van ons is ’n gawe gegee, deur Jesus, soos Hy wil, net uit genade. Ons dien met hierdie gawes, ter wille van hierdie diversiteit. Die liggaam van Christus (die Kerk, ons) funksioneer en groei deur hierdie diversiteit, soos elkeen sy verantwoordelikheid opneem wat saam met sy gawe kom.

Saam met ’n verskeidenheid van gawes, kom ’n verskeidenheid van verantwoordelikhede. Vers 11 noem ’n lys van geestelike gawes wat Jesus gegee het.
Omdat dit woorde bevat wat ons nie noodwendig elke dag gebruik nie, kan dit soms vir ons vreemd klink, en vaag wees wat presies dit behels en vir elkeen van ons persoonlik beteken. Deur die loop van die week gaan ons dieper na hierdie gawes kyk, verstaan wat dit behels, nadink oor die rol wat dit speel in die kerk, en leer hoe dit die kerk laat groei tot volwassenheid.

Om oor te dink:

  • Wat is jou unieke bydrae?

“Gifts are abilities God gives us to meet the needs of others in Christ's name.” Tim Keller

27 Julie 2024

Johannes 3:16-17
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink:
Jesus tree uit liefde op. Nie net ken Hy ons soos wat ons is nie, Hy kom gee homself vir ons. Jesus se grootste motivering is om in liefde met ons in verhouding te wees. Hy beloof aan ons elkeen die ewige lewe dat ons by Hom kan wees. Hierdie perspektief verander hoe ons na die lewe kyk. Ons hoef nie in vrees te lewe nie. Jesus het gekom om ons te kom red en nie te veroordeel nie.

  • Hoe laat dit voel dat Jesus só lief is vir jou?
  • Kan jy in hierdie liefdesverhouding met Hom leef?
  • Wat wil jy vandag met Jesus deel?

Gebed
Jesus, dankie wat U bereid was om die pad van vernedering te stap, sodat ek die ewige lewe mag hê. Dankie dat U altyd in liefde handel en ook vir my so lief is. Amen.

26 Julie 2024

Matteus 9:36-38
“Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.””

Om oor te gesels en te dink:
Jesus wys vir ons sy hart vir mense. Hy kry hulle innig jammer, letterlik vertaal, beteken dit dat sy ingewande gedraai het. Jesus gee om vir mense en wil hulle help. Hy moedig sy dissipels aan om hulle te help.

  • Sien jy ook mense om jou raak?
  • Wat sien jy?
  • Wie is daar op jou radar wat die Here jou roep om ‘n verskil voor te maak.
  • Wie kan jy ondersteun om daardie persoon of groep of instansie te help?
  • Is jy dalk die arbeider wat Jesus stuur?
    Bid hieroor en vra die Here om vir jou die pad te wys.

Gebed
Here, ek sien mense wat U nodig het. Help my om ’n verskil te maak. Maak my bereid om te doen wat U van my vra. Amen.

25 Julie 2024

Johannes 4:10-14
“Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry? Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?” Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.””

Om oor te gesels en te dink:
Jesus sien die vrou by die put raak. Sy besef nie dat dit Jesus nie. Tog sien Hy haar raak vir wie sy is en los Hy haar nie. Hy nooi haar om van die lewende water te drink. Sy dink Jesus bedoel gewone water, maar Jesus praat van lewende water. Hy nooi haar uit om in verhouding met Hom te wees. Dit verander haar lewe. Toe sy dit besef het, kon sy nie anders as om vir die dorp te gaan vertel dat haar lewe verander het nie.
Jesus het vir ons die lewende water gebring, sodat ons nooit dors sal word nie. Dit beteken dat ons hierdie verhouding met Hom sal koester. Ons moet dit ook deel met die mense rondom ons. Hierdie lewende water kan ons nie net vir onsself hou nie.
Dalk is daar iemand met wie jy die goeie nuus van Jesus se lewende water kan deel?
Maak tyd om jouself met die lewende water van Jesus te vul.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U die Lewende Water is. Kom vul my vandag. Mag U deur U Heilige Gees my vul om te doen wat U van my vra. Amen.

24 Julie 2024

Hebreërs 13:5b-6
“wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?””

Om oor te gesels en te dink:
In ’n krisis kan ons perspektief verloor. Hebreërs moedig ons aan om tevrede te wees met wat ons het en waar ons is. Ons kan vashou aan die belofte dat die Here ons nooit sal verlaat nie en nooit in die steek laat nie. Hy haal hierdie teks uit Josua 1:5 aan, waar Josua voor ’n groot uitdaging gestaan het en onseker was oor die pad vorentoe. Wanneer ons in afhanklikheid vir die Here vra om by ons te wees, kan ons Hom vertrou.
Daarom kan ons met vertroue bid en vra dat die Here ons sal help en hoef ons nie bang te wees nie. Die Here gebruik mense om ons om ons te help. Sien die mense om jou raak.
Dalk moet jy vandag hoor dat jy nie alleen is nie?
Dalk moet jy vandag hoor dat die Here jou nooit sal verlaat en jou nooit in die steek laat nie?
Hoe laat dit jou voel? Deel jou hart met die Here.

Gebed
Here, dankie dat ek nooit alleen is nie. Dankie vir mense wat my daaraan herinner. Mag ek U vandag vertrou. Ek wil wil U bly volg. Amen.

23 Julie 2024

Eksodus 14:13-16
“Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” Toe het die Here vir Moses gesê: “Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek. En jy, lig jou kierie op en steek jou hand oor die see uit en kloof dit oop sodat die Israeliete op droë grond kan deurgaan.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons almal beleef krisisse, soms klein, ander kere groot. Tog raak ons ook paniekerig en dink daar is nie uitkoms nie. ’n Krisis hoef nie altyd net negatief te wees nie. Daar is uitkoms, al sien mens dit nie dadelik raak nie.
Moses herinner die volk dat die Here hulle nie los nie. Hulle het gedink dit is die einde van alles toe hulle voor die Rooi See gestaan het. Tog gee God op ’n wonderbaarlike manier uitkoms. Hulle moes net kalm bly en Hom vertrou.
Dalk is dit wat jy vandag nodig het? Waarvoor kan jy die Here vertrou?
Gee dit wat vir jou ’n krisis is oor aan die Here.
Word kalm en hou vas aan die belofte dat die Here by jou is en vir jou uitkoms sal gee.

Gebed
Here, ek kyk vas in my krisis en dink daar kan nie uitkoms wees nie. Ek wil dit vir U gee en kalm bly. Dankie dat ek nooit alleen is nie. Amen.

22 Julie 2024

Matteus 5:13-16
13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14“Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons leef in ’n wêreld wat God so nodig het. Ons, as gelowiges, het die voorreg en verantwoordelikheid om vir die wêreld om ons te wys dat God by ons is. Mense kyk na ons en wil graag Jesus se liefde in ons raak sien. Jesus moedig sy volgelinge in die Bergrede aan om soos sout en lig te wees. Ons kan ons lig wegsteek nie. Ons kan sout wees wat verslaan het nie. Hoe doen ons dit? Ons skyn ons lig deur goeie werke te doen wat God verheerlik. Dit hoef nie groot dinge te wees nie. Jy kan vandag deur vir iemand goed te wees, God se lig en liefde vir hulle wys. Deur net vir iemand te glimlag of vriendelik te groet kan daardie persoon se dag ophelder.
Bid en vra vir die Here om vir jou te wys wie jy vandag kan dien deur iets goeds te doen. So help ons almal om God se koninkryk om ons te laat gebeur.

Gebed
Here Jesus, ek wil vandag sout en lig wees. Help my om diensbaar te wees en iemand vandag te help, sodat hulle U liefde en lig kan ervaar. Amen.

20 Julie 2024

Nehemia 9:3

Hulle het op hulle plekke bly staan en het 'n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog 'n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig.

Om oor te gesels en te dink:
Nadat die muur voltooi is en nadat hulle die huttefees gevier het, was daar 'n vasdag. Op die vasdag lees ons hoe die Israeliete 'n groot deel van die dag deurbring om God se wet te hoor en hulle sondes te bely. Dit wys 'n diepe toewyding en 'n erkenning van hul afhanklikheid van God. Bewuswording van hul sondes. So 'n tyd van belydenis en hernuwing bring herstel en fokus op God se wil en Koninkryk. Neem vandag 'n oomblik om self te bid en berou te toon oor waar jy inbeheer probeer bly of nes die Israeliete van jou identiteit as God se kind vergeet. Neem daarna 'n oomblik om opnuut te besef dat jy vrygespreek is. En dat God jou roep tot 'n opgestane lewe wat op Sy koninkryk fokus.

Gebed:
Here, ek bely my sondes en my tekortkominge voor U. Verander my hart en lei my om U wil en U Koninkryk eerste te stel. Help my om in U waarheid te wandel en my lewe toe te wy aan U diens. Mag ek altyd bewus wees van U genade en U getrouheid. Amen.

19 Julie 2024

Nehemia 2:17-18

Maar toe sê ek vir hulle: “Julle sien self die benarde toestand waarin ons sit. Jerusalem lê in puin en sy poorte is verbrand. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, dat dié vernedering nie langer op ons rus nie.” Ek het hulle toe vertel hoe my God sy goeie hand oor my gehou het en wat die koning vir my gesê het. Hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak.

Om oor te gesels en te dink:
Nehemia het die mense van Jerusalem aangespoor om die mure van die stad te herbou. Hy het hulle herinner aan God se goedheid en die ondersteuning van die koning, en hulle was geïnspireer om saam te werk aan die herstel. Dit wys hoe iemand ander kan inspireer om aksie te neem en God se wil te laat geskied. Waar het jy al beleef dat die Here jou gebruik om ander te inspireer en oproep tot beweging vir Sy Koninkryk? God gebruik ons elkeen, nes ons is en daar waar ons is. Bid vandag weer vir God se Koninkryk. Bid die moeilike gebed dat God jou sal gebruik om ander te inspireer. En nog moeiliker, wees dan bereid dat die Here jou so sal gebruik.

Gebed:
Here, gee my die moed en inspirasie om op te staan en te bou waar dinge verwoes is. Help my om te werk aan U Koninkryk en te getuig van U goedheid. Lei my om ander aan te moedig en te ondersteun in die werk wat U vir ons het. Amen.

18 Julie 2024

Nehemia 1:4-6

By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid. Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid.

Om oor te gesels en te dink:
Nehemia was diep geraak deur die nuus van Jerusalem se toestand. Hy het gevas en gebid vir die volk en vir God se ingryping. Hierdie gebed toon Nehemia se hart vir sy mense en sy diepe afhanklikheid van God. Dit herinner ons aan die krag van gebed en vas in tye van groot nood. Het jy al in jou lewe gevas? Het jy al ooit gevas in gebed vir ander mense of vir God se Koninkryk? Oorweeg om vandag een maaltyd te vas en in daardie tyd te bid dat God se wil sal geskied en Sy Koninkryk sal kom - hier in Pierre van Ryneveld, Centurion, Pretoria. Om te vas in gebed vir die stad.

Gebed:
Here, gee my 'n hart wat treur oor wat U hart treur. Help my om U wil te soek deur gebed en vas, en gee my die krag om te bid vir herstel en verandering. Lei my om altyd U gesig te soek en op U te vertrou in alle omstandighede. Amen.

Ns. As jy vandag 'n maaltyd saam met ons vas en in gebed vir die stad bid, en met ons wil deel, stuur vir ons op hierdie boodskap 'n 

17 Julie 2024

Esra 7:10

Esra het hom gewy aan die wet van die Here. Hy wou dit in die praktyk toepas en Israel elke voorskrif en bepaling leer.

Om oor te gesels en te dink:
Esra het homself toegewy aan die studie van die wet van die Here. Hy het dit sy doel gemaak om nie net die wet te ken nie, maar dit ook te onderrig en toe te pas. Esra se toewyding en passie dien as 'n inspirasie vir ons om ernstig te wees oor ons verhouding met God deur Sy Woord te bestudeer en toe te pas. Hoe het die Here al jou hart aangeraak deur Sy Woord? Hoe het dit al jou hart verander?

Gebed:
Here, help my om my hart daarop te rig om U Woord te bestudeer, te gehoorsaam en aan ander te leer. Gee my die wysheid om U wil te verstaan en die moed om dit uit te leef. Laat my lewe 'n getuie wees van U waarheid. Amen.

16 Julie 2024

Esra 3:10-13

Toe die bouers die fondamente van die tempel van die Here klaar gelê het, het die priesters in ampsdrag reggestaan met trompette, en die Leviete van die Asafgroep met simbale, om die Here te loof soos koning Dawid van Israel bepaal het. Hulle het die Here begin loof en dank: “Want Hy is goed, aan sy liefde vir Israel is daar geen einde nie.” Die hele volk het dit tot lof van die Here uitgejubel, want die fondamente van die huis van die Here was gelê. Baie van die oueres onder die priesters, die Leviete en die familiehoofde wat nog die eerste tempel geken het, het hardop aan die huil gegaan toe hulle sien hoe die fondamente van hierdie tempel gelê word. Baie ander het luidkeels van vreugde gejubel. Niemand kon die gehuil tussen die blye gejubel deur hoor nie, so hard het die mense gejubel. Dit kon van ver af gehoor word.

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie verse beskryf die vreugde en aanbidding van die mense toe hulle die fondament van die tempel gelê het. Alhoewel sommige ouer mense gehuil het oor die herinneringe aan die vorige tempel, was daar oor die algemeen groot blydskap. Dit toon die mengsel van emosies - vreugde oor die nuwe begin en trane oor wat verlore gegaan het. Dit is 'n herinnering dat God herstel en vernuwing gebring het. Watter herstel en vernuwing het jy al in jou lewe ervaar? Neem vandag 'n oomblik om die Here ook in lof hiervoor te dank. Vir watter vernuwing bid jy tans? Bid vandag ook weer dat die Here jou hart sal vernuwe.

Gebed:
Here, gee my 'n hart van aanbidding en vreugde soos die Israeliete gehad het toe hulle die fondament van die tempel gelê het. Help my om U grootheid te sien en U te prys in alle omstandighede. Laat my vreugde in U wees, ongeag my situasie. Amen.

15 Julie 2024

Esra 1:1-4
In die eerste regeringsjaar van koning Kores van Persië is die belofte vervul wat die Here by monde van Jeremia uitgespreek het: die Here het koning Kores van Persië laat besluit om dwarsoor sy ryk 'n proklamasie te laat afkondig. Die proklamasie, wat ook skriftelik was, het soos volg gelui: “Koning Kores van Persië maak bekend: Die Here die God van die hemel het al die koninkryke van die aarde aan my gegee. Hy het my beveel om vir Hom 'n tempel in Jerusalem in Juda te bou. Enigiemand onder julle wat aan sy volk behoort – mag sy God by hom wees – mag na Jerusalem in Juda toe gaan en die tempel gaan bou vir die Here die God van Israel. Hy is God in Jerusalem. Elkeen wat van dié volk nog oor is, waar hy ook al tydelik gewoon het, moet deur die mense van sy omgewing voorsien word van die nodige silwer, goud, gebruiksgoed en vee, tesame met 'n vrywillige gawe vir die tempel van God in Jerusalem.”

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie gedeelte beskryf hoe God die hart van koning Kores aangeraak het om die ballinge in Babilon toe te laat om terug te keer na Jerusalem om die tempel te herbou. Dit is 'n groot besluit en geskiedkundig 'n belangrike besluit. Watter besluite het jy al in jou lewe geneem wat 'n groot effek gehad het? Hoe het jy daaroor besluit? Mag jy hierdie week bewus raak van hoe die Here ook jou hart aanraak ten opsigte van besluite.

Gebed:
Here, raak my hart aan soos U die hart van koning Kores aangeraak het. Help my om U wil te soek en my fokus op U Koninkryk te plaas. Lei my om U planne te verstaan en te volg, en gee my die moed om volgens U wil te lewe. Amen.

13 Julie 2024

2 Korintiërs 9:10-15
10God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. 15Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.

VRAE:

  • In die gedeelte sien ons hoe Paulus verskillende redes deel waarom dit goed is om te gee. Die waardes wat hy beskryf word ook deur ons eie Geloofsfamilie ondersteun. Dit is deel van die 9 maniere waarop ons glo ons moet groei as gelowiges en dissipels.
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy jouself in posisies van leierskap bevind? Hoe moedig jou verantwoordelikheid oor ander, jou aan om met ‘n oop hand en hart te leef? Weet jy wat in die mense oor wie jy aangestel is, of die mense waar jy invloed het se lewens aangaan? Hoe lei jy wanneer mense swaar kry en behoeftes het? Hoe kan jy en wat moet jy gee as jy met mense se stories gekonfronteer word?
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy as gelowige dieper groei en nader aan God en jou medemens leef? Hoe moedig nuwe verstaan van genade, liefde, hoop en vrede jou aan om met ‘n oop hand en hart te leef? As jy meer op God se versorging vertrou, hoe lyk dit wat jy werklik nodig het om mee oor die weg te kom? Hoe lyk gee by jou, hoe meer jy groei in jou verhouding met die Here?
  • GEBED:
  • Here, dankie dat U vir my geleenthede gee om te groei en ander te kan lei. Here, dankie dat dit vir my geleenthede bied om te gee en dit te doen met ‘n blymoedige hart. Here, hoe nader ek aan U groei, hoe meer besef ek dat U die enigste ding is wat ek in my lewe werklik benodig. Here, dankie, dat U my laat besef dat waar vreugde nie in dinge lê nie, maar in U. Dankie dat U dit so vrylik vir my gee.
  • Amen

12 Julie 2024

Vrydag, 12 Julie 2024

2 Korintiërs 9:10-15
10God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. 15Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.

VRAE:

  • In die gedeelte sien ons hoe Paulus verskillende redes deel waarom dit goed is om te gee. Die waardes wat hy beskryf word ook deur ons eie Geloofsfamilie ondersteun. Dit is deel van die 9 maniere waarop ons glo ons moet groei as gelowiges en dissipels.
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy in verhouding met ander gelowiges staan? Hoe moedig julle byeenkomste en blootstelling aan die nood onder julle, jou aan om met ‘n oop hand en hart te leef? Weet jy hoe dit met die mense wat saam met jou in die Geloofsfamilie is werklik gaan? Hoe kan jou verhoudings met ander gelowiges jou help om ander te ondersteun?
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy na binne kyk en sien wat in jou hart aangaan wanneer die tema van gee voorkom? Hoe moedig jou eie siening van genoeg hê en om skaarste te beleef jou aan om ook vir ander te gee? Hoe kan God jou help om heel te word wanneer jy ander ook help? Hoe help ander mense wat heelheid beleef, jou om ook self te wil heel word? Hoe gee jy van die dele waar jy heelheid beleef weer vir ander?
  • GEBED:
  • Here, dankie dat ek kan gee omdat ek naby genoeg aan my mede-broers en susters van die geloofsfamilie leef. Here, help my om meer gereeld by die byeenkomste van ons bedieninge uit te kom, sodat ek kan sien wanneer ander hulp benodig. Here, help my ook om heel te word in my eie verstaan van wat ek het en nie het nie. Here, help my om te fokus op die oorvloed, nie die skaarste nie. Here, help my om met ‘n dankbare, vrygewige, heel hart te gee, sonder om bitter of negatief te word.
  • Amen

11 Julie 2024

2 Korintiërs 9:10-15
10God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. 15Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.

VRAE:

  • In die gedeelte sien ons hoe Paulus verskillende redes deel waarom dit goed is om te gee. Die waardes wat hy beskryf word ook deur ons eie Geloofsfamilie ondersteun. Dit is deel van die 9 maniere waarop ons glo ons moet groei as gelowiges en dissipels.
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy sien ander getuig van hulle belewenis met God? Hoe moedig jou eie getuienis van God se versorging en teenwoordigheid in jou lewe, jou aan om met ‘n oop hand en hart te leef? Kan jy aan voorbeelde dink waar God vir jou gegee het wat jy kan gebruik om van te getuig? Hoe kan hierdie geleenthede waar God gee, jou weer aanmoedig om te getuig?
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy na mense kyk wat alles verloor het en hulp benodig? Hoe moedig mense se nood en moedeloosheid jou aan om met ‘n oop hand en hart te leef? Hoe kan God jou gebruik in situasies waar mense se nood groot is? En hoe kan mense wat in nood is, weer God se liefde beleef wanneer ander hulle help?
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy herinner word aan die taak waarvoor God jou roep? Hoe help jou roeping en gestuurdheid jou om met ‘n oop hart en hand te leef? Hoe gebruik God jou roeping om ander te inspireer om ook te gee? Hoe roep God jou om in mense se lewens verligting te bring en te help?
  • GEBED:
  • Here, dankie dat U my kan gebruik om vir ander goed te wees. Dankie dat ek die voorreg het om te kan gee omdat ek vir ander wil wys hoe Goed U is en hoe U vir hulle wil omgee. Dankie Here, dat U my roep om ‘n verskil te maak in die wêreld en U koninkryk. Here, help my om nie afgemat te word of koud te wees vir die behoeftes van die wêreld nie. Here, help my om elke dag te gee, waar ook al ek geleentheid kry om dit te mag doen.
  • Amen

10 Julie 2024

2 Korintiërs 9:10-15
10God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. 15Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.

VRAE:

  • In 2 Korintiërs 9 herinner Paulus die gemeente aan die verbintenis wat hulle gemaak het om by te dra tot die versorging van gelowiges in Judea. Hy herinner hulle dat dit iets is wat hulle in vryheid beloof het en dat dit juis ‘n geloofspraktyk is, aangesien dit hulle help om te groei in geloof en vertroue op God. Hy herinner hulle dat hulle vrygewig moet wees, omdat God vrygewig is. Indien hulle bely dat hulle in God glo, moet hulle optredes reflekteer dat hulle in die beeld van God geskep is en met oop hande leef.
  • Weet jy waarom jy vir ander gee? Omdat God jou Vader is, is jy God se kind. Omdat jy God vrygewig is, leef ons vrygewig. Waarom gee jy gewoonlik vir ander? Waarvan alles gee jy vir ander? Wat gee jy nie vir ander nie?
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy die Woord lees? Hoe moedig die Woord jou aan om met ‘n oop hand en hart te leef? Kan jy aan voorbeelde dink waar God vrygewig was in die Woord?
  • Wat ontdek jy van gee, wanneer jy deelneem aan Aanbidding? Hoe moedig aanbiddings geleenthede jou aan om te gee? Hoe kan jy God aanbid en in verwondering wees, as jy dink oor alles wat God vir jou gegee het?

GEBED:

Here, ek lees in U Woord van al die geleenthede waar U vir U mense gegee het. Ek sien hoe U niks van ons weghou nie. Ek beleef daagliks U seën, U versorging, U gawes, U teenwoordigheid, U verlossing, U genade en U liefde. Here, dit bring my tot verwondering. Dankie dat U ‘n God is wat in oorvloed gee, nie wag om te kyk of ek waardig is daarvan nie. Here, help my om U voorbeeld te volg. Here, mag ek meer en meer vrygewig wees. Here, mag ek meer en meer gee, sodat ander ook in verwondering kan staan van U grootheid en U liefde en U trou.
Amen

9 Julie 2024

2 Korintiërs 9:7
7Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

VRAE:

  • In 2 Korintiërs 9 verduidelik Paulus vir die gemeente nie waarom hulle moet gee nie. Hy neem aan dat hulle weet waarom hulle moet gee. He verduidelik wel hoe hulle moet gee. Wanneer gelowiges gee, moet hulle gee omdat dit vir hulle lekker is. Omdat hulle dit wil doen. Omdat hulle in God se beeld geskape is, en daarom ook gee soos Hy die voorbeeld vir ons gestel het.
  • Is jy oortuig dat jy as ‘n gelowige moet gee? Waarom? Of waarom nie? Watter sake, inligting of oortuigings beïnvloed jou om te gee of nie te gee nie. Deel dit nou met die Here.
  • Wanneer jy gee, doen jy dit omdat jy geforseer word om so te maak? Voel jy skuldig as jy nie gee nie? Is jy bang hoe dit vir ander kan lyk as jy nie gee nie? Word jy beïnvloed deur die mense vir wie jy kan of nie wil gee nie? Deel jou hart met die Here.
  • God is ‘n vrygewige God. Hy het niks van ons terug gehou nie. Hy het vir ons lewe gegee, die natuur gegee en selfs Se seun gegee. God se hand was nie besig om vas te klou aan alles wat Hy het nie. Hy was nie besig om net die pinkie te gee nie. Die voorbeeld wat God stel is om sy hande oop te strek tot so ‘n mate dat Hy selfs aan die kruis vasgepen is. Hoe volg jy in God se voorbeeld? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, om te gee is vir my moeilik. Veral wanneer ek voel dit gaan swaar, daar is soveel druk op my skouers en ek voel nie eers ek het noodwendig genoeg nie. Here, dit is vir my moeilik want ek voel ook asof die hele wêreld net nog vra. Here, help my om te dink oor hoe ek in U voetspore kan volg en ook vrygewig te kan wees. Here, help my om meer en meer te gee, in alles in my lewe. 
Amen

8 Julie 2024

2 Korintiërs 9:7
7Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

VRAE:

  • In 2 Korintiërs 9 is Paulus besig om met die gemeente in Korinte te praat oor die manier waarop hulle gee. Een van die eerste punte wat hy maak is dat elkeen moet gee. Elkeen word nie net gevra om te gee nie, maar hulle word gevra om met ‘n blymoedige hart te gee. Vir Paulus is dit nie net belangrik dat elke gelowige moet gee nie, maar die manier waarop hulle gee, is belangrik.
  • Wat gebeur by jou in jou gedagtes of in jou hart wanneer iemand begin praat oor gee? Wat is die gedagtes wat by jou opkom? Wat is die emosies wat in jou lyf gaan sit? Wat is al die redes waarom jy positief of negatief reageer? Deel jou hart met die Here.
  • Elkeen moet gee soos hy in sy hart voorgeneem het. Wanneer jy gevra word om te gee, hoe bepaal jy wanneer jy gee en wanneer jy nie gee nie? Hoe bepaal jy wat genoeg is om te gee en wat jy nie sal gee nie? Wanneer jy gee, word dit bepaal deur jou waarneming van hoeveel die instansie op persoon verdien om te kry? Word dit bepaal deur wat jy dink die persoon daarmee gaan doen? Of word dit bepaal met die hoeveelheid wat jy glo God vir jou vra om te gee?
  • Is gee vir jou ‘n saak van vreugde? Hoeveel keer het jy al gegee omdat dit vir jou lekker is en jy vreugde deur die hele belewenis kry? Waarom dink jy sou God wil hê ons moet gee met ‘n blymoedige hart?

Gebed:
Here, soms is dit vir my moeilik om te gee. Ek voel asof ek nie eers altyd genoeg het vir my en my familie nie. Soms voel dit vir my asof almal net goed by my wil hê. Here, dit voel nie asof ek eers wil gee nie. Here, ek vra dat U my hart sal verander. Here help om vreugde te vind in die hele proses van gee. Here, tot ek vreugde vind in die proses vra ek dat U dan vir my laat vreugde vind in U, omdat ek nader aan U hart leef. Dankie Here dat U vir my met blymoedigheid alles gegee het wat ek ooit sou kon benodig. Here, help my om meer soos U te wees.
Amen.

6 Julie 2024

Markus 6:45-52
45Net daarna het Jesus sy dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur. 46Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg op gegaan om te bid. 47Toe dit aand word, was die skuit al ver weg die see in en Jesus alleen op die strand. 48Hy het gesien hulle roei swaar, want die wind was teen hulle. Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en Hy wou langs hulle verbygaan. 49Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook. Hulle het hard geskreeu, 50want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” 51Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan, 52want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie.

VRAE:

  • Net nadat Jesus stil geword het op die berg, gaan hy om die dissipels te ontmoet. Terwyl daar ‘n storm woed en die winde die dissipels wil oorweldig loop Jesus op die water na hulle toe. Wanneer Jesus in die skuit klim raak die wind stil. Nadat Jesus op die berg stil geword het, moet hy die storms aandurf en sy dissipels weer verder leer. Jesus stel ook sy dissipels gerus want hy het vertroue in God en is voorbereid vir die volgende gedeelte van sy bediening.
  • Wanneer ons van berg momente af terug kom in die wêreld, kan dit voel asof ons storm na storm en winde na winde moet trotseer. Ons het dalk selfs nodig om ander te leer waaroor dit werklik gaan en hulle herinner aan dit wat ons op die berg gevind het, dat God is in beheer en ons kan rustig wees en nie bang wees nie.
  • Waarvoor roep God jou? Wat is die storms wat jy op die oomblik moet aandurf? Wat het God jou geleer in jou stiltetyd wat jou help in die situasies waarheen jy gestuur word?
  • Is dit moontlik om te vergeet dit wat God jou aan herinner in jou stiltetyd saam met hom? Hoe kan jy vashou aan dit wat God vir jou al bevestig het, wanneer jy die normale dinge van die lewe weer moet aanvat?

GEBED
Here, dankie dat ek enige tyd weer by U stil kan word. Here, dankie dat ek dit wat U vir my in my stiltetyd leer, verder weer kan vat om die storms aan te vat. Here, help my om te onthou dat ek nie alleen is nie. Here, help my asb. om te weet dat U altyd by my is en my deur elke situasie sal help.
Amen

5 Julie 2024

Markus 6:45-52
45Net daarna het Jesus sy dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur. 46Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg op gegaan om te bid. 47Toe dit aand word, was die skuit al ver weg die see in en Jesus alleen op die strand. 48Hy het gesien hulle roei swaar, want die wind was teen hulle. Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en Hy wou langs hulle verbygaan. 49Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook. Hulle het hard geskreeu, 50want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” 51Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan, 52want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie.

VRAE:

  • Jesus het gereeld onttrek en gaan bid. In hierdie gedeelte sien ons dat Jesus na die berg gaan om te bid. Ons sien veral dat Jesus gaan bid voor en na groot gebeure in sy lewe. Jesus het die dissipels genooi om saam stil te word en te onttrek sodat hulle stil kan word. Ongelukkig vind ‘n menigte hulle, en is hulle dadelik weer besig met bediening aan mense. Jesus vermeerder die brood en voer vyf duisend mense. Jesus besef dat dit nodig is om hulle kragte weer terug te kry voordat hulle verder kan gaan met hulle bediening wat voorlê. Net nadat Jesus gaan bid het, loop Jesus op die water. Hy ontmoet sy dissipels waar hulle is. Die dissipels beleef Jesus waar hy weer gevul is met nuwe krag en voorbereid vir die volgende gedeelte van hulle bediening. Juis hierna is Jesus in konflik met die Fariseërs. Ek glo Jesus het geweet wat voorlê en wat hy nodig het om die konflik te hanteer.
  • Is jy ingestel om God se raad en wysheid te soek voordat jy met enige nuwe projekte begin, take moet aandurf, mense moet ontmoet, situasies moet hanteer? Hoe soek jy God se leiding en onderskeiding? Hoe rus jy in God sodat jy weer met nuwe krag en ywer dit wat voorlê kan aanpak? Hoe kan jy dit nog beter inbou in jou lewe?
  • Is jy daarop ingestel om weer stil te word saam met God en nabetragting te doen van alles wat jy deur gegaan het aan die einde van die dag? Is jy so besig dat jy net voortgaan van taak na taak, van afspraak na afspraak? Hoe maak jy tyd om met God jou uitdagings, oorwinnings en vrae te deel? Hoe verander dit jou perspektief op dinge wat gebeur het? Hoe help dit jou wanneer jy nuwe situasies moet hanteer?

Gebed:
Here, ek wil by U stil word. Here, ek wil in U rus. Here, ek weet ek moet my krag in U vind. Here, ek weet ook dat ek terug na U moet kom wanneer ek deur alles gaan wat die lewe my bied. Here, dankie dat ek by U die krag kan vind wat ek nodig het om enige iets aan te pak. Here, dankie dat U my ook weer versorg en herstel nadat ek verskeie uitdagings moes beleef. Here, berei my voor vir dit wat U vir my beplan. Here, help my ook genees en heel word nadat ek gehoorsaam uitgeleef het dit wat U van my vra. 
Amen

4 Julie 2024

Filippense 2:5-11
5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.

VRAE:

  • God het altyd met sy volk in liefde en genade gehandel. God se volk het egter nie hulle kant van die verbond nagekom nie. God het geweet dat Hy iets moes doen om die verhouding te herstel. Aangesien dit so moeilik was vir God se volk om na Hom te kom vir berg ervarings waar hulle Hom ontmoet en beter leer ken, moes Hy af gaan na die vallei om hulle vry te maak. Die enigste oplossing was om prakties vir mense te kom wys wat die verwagting is, hoe hulle moet leef en hoe hulle weer vir God met vrymoedigheid kan nader.
  • Jesus kom wys vir ons hoe God se liefde en hart lyk, in lewende lywe. Hy kom wys vir ons hoe dit lyk om ander en ook God te dien. Hy stel die voorbeeld van hoe toegewydheid lyk. Jesus kom onder mense woon en nooi mense in ‘n verhouding met God is. Almal het toegang. God se genade is nie meer beperk tot God se volk nie, maar ‘n verhouding met die lewende God is vir alle nasies en alle geslagte.
  • Wat leer jy van God uit Jesus se handelinge op aarde? Wat leer jy uit Jesus se optredes oor hoe jy mense moet hanteer? Wat leer jy oor jou eie verhouding met God uit Jesus se voorbeeld op aarde?
  • Omdat Jesus gekom het, kan ons met vrymoedigheid na God gaan. Is daar iets wat jou keer om met vrymoedigheid na God te gaan? Watter verskonings gebruik jy om nie jou verhouding met God meer van ‘n prioriteit te maak nie? Wat het jy nodig om te weet dat jy God kan nader net soos jy is net waar jy is?
  • Hoe kan jy iemand anders aanmoedig om tot God te nader? Hoe kan jy saam met hulle die Here meer intensioneel soek? Hoe kan jy vir ander intree en saam met hulle ‘n deel van die geloofsreis stap?

GEBED:
Here, dankie vir die genade wat u In Jesus na ons gestuur het. Dankie Here dat ons nie enige struikelblokke moet oorkom, lewens moet leef of pryse behaal om weer in verhouding met U te kan staan nie. Dankie Here, dat ons net by U kan kom wees, dat ons U kan ontmoet en dat U dit vir ons moontlik gemaak het. Here, maak ons asb. bewus van oomblikke waarin ons by kan stil word oral waar ons is.
Amen

3 Julie 2024

Eksodus 33:7-23
7Moses het 'n tent gevat en dit ver buite die kamp gaan opslaan. Hy het dit die tent van ontmoeting genoem. Elkeen wat na die wil van die Here wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan. 8Elke keer wanneer Moses na die tent toe uitgegaan het, het die hele volk opgestaan. Elkeen het by die ingang van sy tent bly staan en Moses agterna gekyk tot hy in die tent ingaan. 9Sodra hy ingaan, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan, en dan het die Here met Moses gepraat. 10Wanneer die hele volk die wolkkolom by die ingang van die tent van ontmoeting sien staan, het elkeen by die ingang van sy tent gebuig in aanbidding. 11Die Here het direk met Moses gepraat soos 'n man met sy vriend. Daarna is Moses terug kamp toe, maar sy assistent, die jongman Josua seun van Nun, het nie die tent van ontmoeting verlaat nie. 12Op 'n keer het Moses vir die Here gesê: “Kyk, U beveel my om met hierdie volk te trek, sonder om my mee te deel vir wie U saam met my stuur. Tog het U gesê: ‘Ek ken jou op jou naam; Ek is jou goedgesind.’ 13As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” 14Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” 15Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. 16Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.” 17Die Here het vir Moses geantwoord: “Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.” 18Toe sê Moses: “Laat ek tog net u magtige verskyning sien!” 19Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. 20Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” 21Die Here het verder gesê: “Maar hier by My is 'n plek waar jy op die rots kan staan. 22As Ek in my magtige verskyning verbykom, sal Ek jou eers in 'n rotsskeur sit en jou met my hande toemaak totdat Ek verby is. 23Dan sal Ek my hande wegvat sodat jy My van agter kan sien. Niemand mag my gesig sien nie.”

VRAE:

  • Na die volk van God die goue kalf aanbid het, was God baie kwaad vir sy volk. Hierdie keer praat God nie met Moses op die berg nie, maar gaan na Moses in die tent van ontmoeting in die vallei. Hy ontmoet sy mense waar hulle is, diep in die moeilikheid. Hy gaan na hulle want hulle is so ver verwyder van Hom. Hulle is skaam en skuldig voor God. Tog ontmoet God vir Moses steeds soos ‘n vriend. Selfs wanneer God nie meer saam met sy volk wil trek nie. God is so kwaad dat Hy hulle net wil uitroei. Tog is God bereid om sy volk te ontmoet in die ten van ontmoeting. Tog is God bereid om te luister na Sy volk, deur sy dienaar Moses. God is kwaad, maar God is steeds in verhouding met sy volk en ontmoet hulle, waar hulle is. Veral wanneer hulle nie in staat is om God te ontmoet waar Hy is nie
  • Wat besonders is in die gedeelte is dat God toelaat dat Moses Hom oorreed om sy planne te verander. Moses deel wat sy eie behoefte is. Moses wil nie die volk lei as God nie saam met hulle gaan nie. Alhoewel God so kwaad was om nie saam te wil trek nie, en hulle moontlik selfs uit te roei, besluit God om saam met sy volk verder te reis en die verhouding te herstel. Kon jy al ooit so eerlik met God jou hart deel, vra vir wat jy nodig het, selfs al is jy oortuig dat God kwaad is, jou moontlik wil verlaat? Hoe het jou jou hart met Hom gedeel? Hoe groot was jou geloof as dit gekom het by jou vertroue dat God sy hart sal verander of vir jou sal gee waarvoor jy vra? Deel sommer met die Here jou ervaring.
  • Ken jy enige iemand wat tans voel asof die Here vir hulle kwaad is of hulle verlaat het? Hoe tree jy vir hulle in by die Here? Hoe ondersteun jy hulle in hierdie moeilike tyd?
  • God het by die volk verby gestap. Hy het hulle beskerm van dit waarvoor hulle nie reg was nie. Hy het ook verder hulle gelei en hulle versorg. Waar in jou lewe kan jy sien dat God jou beskerm van dit wat nie vir jou goed is nie of nie vir jou bedoel is nie? Waar beleef jy steeds God se leiding en versorging in jou lewe? Deel jou hart met die Here, maar ook met die persoon wat jy ken wat voel dat God nie so naby is nie.

GEBED:
Here, U weet wanneer ek verkeerd is of droogmaak. U weet hoe skaam ek kry of hoe skuldig ek voel. U weet dat dit vir my moeilik is om U dan op die berg te ontmoet. Dankie Here dat U my dan in die vallei kom ontmoet en steeds my lei en versorg. Here, help my om hiervan te getuig. En Here wanneer ek self dit begin vergeet, herinner my aan U trou. Dankie Here, dat U my God is.
Amen

2 Julie 2024

Psalm 23
1'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

VRAE:

  • In die Bybel se tyd is dale en valleie nie plekke van rus en veiligheid nie. Dale is plekke van onsekerheid. Psalm 121 sê juis dat hy opkyk na die berge en opsoek is na dit wat vir hom rus en vrede kan bring. Wanneer jy in die vallei is, is jy blootgestel. Dinge kan met jou gebeur. Soms kan die skadu’s van die berge oor jou val en jou meer ontbloot laat voel. Die Psalm skrywer verwys na die vallei as donker dieptes. Mens sien dit as jy op die berg staan en af kyk wanneer dit nog vroeg oggend is of skemer begin word.
  • Waar bevind jy jouself op die oomblik? Op die berg? Naby God? Of in die vallei? Daar waar jy blootgestel is, dalk onveilig voel? Deel jou belewenis met die Here.
  • Waarom is tye wat voel soos dale of valleie nie ‘n lekker plek om te wees nie? Watter leuens vertel jou brein of die vyand vir jou wanneer jy in situasies is wat soos valleie voel? Wat het jy nodig wanneer jy in die vallei situasies of ervarings is?
  • Wat kan jy doen om jouself te herinner aan die berg ervarings saam met God wanneer jy in die vallei ervarings is? Wat kan jy prakties in jou lewe inbou om weer tyd te maak vir berg ervarings? Wat is daar in jou geloofshandelinge wat jou help om nader aan berg ervarings te kom? Deel jou gewaarwording met God.

GEBED:
Here, ek is so dankbaar vir berg ervarings. Maar ek kan nie ontken dat ek van tyd tot tyd ook vallei ervarings beleef nie. Here, wanneer ek in die vallei is, is dit vir my so swaar. Here, U weet hoe my gedagtes en die stemme van ander om my, my moedeloos maak. Here, help my om juis in daardie oomblikke tyd te maak vir U. Here, help my om nader aan U hart te leef, meer van U hart te hoor. Here, help my om veral in daardie oomblikke na U te soek wat my ontmoet. 
Amen

1 Julie 2024

1 Konings 19:8-12
8Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. 9Hy het in 'n grot ingegaan en die nag daar deurgebring. Toe het die woord van die Here tot hom gekom en vir hom gesê: “Wat maak jy hier, Elia?” 10Hy antwoord toe: “Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here, Almagtige God. Die Israeliete het die verbond met U verbreek. Hulle het u altare afgebreek en u profete doodgemaak. Net ek alleen het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.” 11Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. 12Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

VRAE:

  • Keer op keer op keer het God sy mense op die berg ontmoet. Wanneer mense berg ervarings gehad het, het hulle ‘n verwagting gehad om die Here te ontmoet. Wanneer mense die Here ontmoet het, het hulle getransformeer.
  • Het jy al ooit ‘n berg ervaring gehad waar jy die Here ontmoet het. Is jou berg ervaring een van buitengewone verskynsels, gebeure of situasies? Of is jou berg ervaring een van stilte waar God sagkens met jou gesels? Hoe weet jy dit was ‘n berg ervaring? Wat het in jou verander tydens daardie belewenis?
  • Berg ervarings is soms moeilik om met ander te deel, omdat ander nie altyd dieselfde belewenis as jy ervaar nie. Mense wil graag help, maar kan ook soms mens laat twyfel in jou ervaring van die Here. Waar het jy al ‘n berg ervaring gehad waar mense in jou lewe jou hoop gesteel het of jou onseker gemaak het oor wat jy gehoor het die Here van jou vra? Waarom het dit gebeur?
  • Is jy dalk die persoon wat iemand anders laat twyfel in hulle berg ervarings saam met die Here? Het iemand al hulle ervarings op die berg met jou gedeel, en was jy dan negatief of skepties oor hulle ervarings? Het jy al tussen God en iemand gekom, wat besig was om die Here te begin ontmoet? Hoe kan jy dit regstel of vra vir vergifnis? Hoe kan jy dit in die toekoms anders doen?

Gebed:
Here, dankie dat U my op die berg ontmoet. Dankie dat U nooit weg is of onbereikbaar is nie. Here help my om tyd af te sonder om U te soek op berg ervarings. Here, help my om by U stil te word en U hart met my hele hart na te jaag. Here, mag ek nie in iemand anders se pad staan nie. En Here, help my om sterk te staan en vas te hou aan U hand eerder as om ander se twyfel of onsekerhede my eie te maak. Dankie Here, dat U my ontmoet.
Amen

29 Junie 2024

Markus 10:45
“Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus nooi ons om in Sy voetspore te stap. Hy het vir ons die pad kom wys en nooi ons om Hom na te doen. Hierdie vers vorm die kern en draaipunt van die Evangelie van Markus. Die Boodskap vertaal dit as volg: “Selfs Ek, die Seun van die mens, het nie gekom sodat almal My moet bedien nie. Ek het gekom om ander te dien. Daarom het Ek my lewe gegee sodat baie mense daardeur weer God se eiendom kan word.”
Oswald Chambers vat dit as volg saam: “Dit is maklik om eenmalig as bewonderaar waagmoedig agter Jesus aan op die water te loop. Om Hom elke dag as sy dissipel op droë grond te volg, is ‘n ander storie.”
Dit is ’n moeilike pad om in Jesus se voetspore te volg, maar dit is die beste pad. Mag jy nie moedeloos word om agter Jesus aan te stap nie. Hy was bereid om Sy lewe vir jou te gee, sodat jy aan God kan behoort.

Gebed
Jesus, dankie dat U U lewe vir my gegee het. Dankie dat U bereid was om te kom dien. Ek wil agter U aan stap, selfs al is dit soms moeilik. Amen.

28 Junie 2024

Markus 10:42-44
Jesus roep hulle toe nader en sê vir hulle: “Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.

Om oor te gesels en te dink:
Die dissipels wat saam met Jesus is, sukkel om in Jesus se voetspore te stap. Johannes en Jakobus het pas gestry oor wie die belangrikste in die koninkryk is en gevra om ereplekke in die koninkryk te kry. Jesus roep hulle almal nader en sê dat hulle nie soos die wêreld hulle mag moet misbruik en net aan hulleself dink nie. Jesus keer die orde om. Elkeen van hulle en ons moet dienaars wees. Dit gaan so teen ons grein in. Ons wil eerste en die beste wees, maar Jesus kom wys ons om eerder te dien. Wanneer ons diensbaar is, loop ons in Sy voetspore. Jesus maak dit nie opsioneel nie. As ons onsself volgelinge van Jesus noem, kan ons nie anders as om diensbaar te wees nie.

  • Is daar ’n plek waar jy moet dien?
  • Is daar iemand wat jy moet dien ter wille van die Evangelie?

Gebed
Here Jesus, ek wil nie altyd dien nie, maar ek wil in U voetspore stap. Help my om geleenthede en mense raak te sien wat ek kan dien. Ek wil soos U wees. Amen.

27 Junie 2024

Markus 8:34-35
“Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink:
Wanneer Jesus mense roep, roep Hy hulle nie om ’n klomp wette en leerstellings te volg nie, maar om Hom te volg deur te doen wat Hy doen. John Donne sê: “Christus roep ons, maar Hy dwing ons nie. Hy werk met vrywilligers.” Ons het die keuse om Jesus te volg. Wanneer ons die keuse maak, neem ons Jesus se kruis op en is ons bereid om aan onsself te sterf.
Dit is ’n daaglikse keuse en proses om myself ondergeskik aan Jesus te stel. Dis om te kies wat Hy sou kies en te doen wat Hy sou doen. Dit is nie om minder van myself te dink nie, maar minder aan myself te dink. Ek sterf aan myself en ontvang so die lewe saam met God.
Mag almal om jou sien dat kies om in Jesus se voetspore te stap. Mag hulle ervaar dat jy Jesus liefde uitleef en hulle eerste stel.

Gebed
Here Jesus, ek wil U volg. Ek wil U kruis opneem, al kos dit my lewe. Ek wil aan U gehoorsaam wees. Amen.

26 Junie 2024

Markus 2:14-17
Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink:
Jesus roep mense wat ander nie sou kies nie. Levi, ‘n tollenaar, was ‘n gehate persoon in die samelewing omdat hy mense uitgebuit het vir eie geldelike gewin en hy was kop in een mis met die Romeinse regering. Boonop is hy deur die godsdienstiges as onrein en onwelkom beskou. Tog kies Jesus hom deur hom te nooi om Hom te volg. Levi reageer dadelik en los alles om Jesus te begin volg.
Levi nooi Jesus na sy huis toe om saam met Hom te eet. Dit ontstel mense, maar Jesus herinner hulle dat Hy soos ‘n dokter mense help wat Hom nodig het.
Jesus roep jou ook. Hy nooi jou om saam met Hom te eet, selfs al dink almal anders en jyself dat jy dit nie verdien nie. Jesus jet jou lief en kies om jou te roep om in Sy voetspore te stap.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U na my uitreik en my nooi om U te volg. Ek wil reageer en agter U in U voetspore volg. Amen.

25 Junie 2024

Markus 1:19-20
19Toe Hy ’n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, 20en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.

Om oor te gesels en te dink:
Jesus roep dadelik nog twee dissipels. Hulle is broers, Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Hulle was nie maklike manne nie. Hulle het die bynaam “Boanerges” (seuns van die donder) gehad, waarskynlik oor hulle humeure (Mk 3:17). Tog kies Jesus hulle steeds. Later sou hulle ook baklei om die belangrikste plekke in die koninkryk te wil kry (Mk 10:35-41).
Jesus roep gewone mense soos hulle is, maar Hy los hulle nie soos hulle is nie.
Jesus roep jou ook net soos jy is. Al dink jy soms dat Jesus jou nie kan roep nie oor iets wat jy gedoen het of iets waarmee jy sukkel, kom Hy steeds na jou toe. Hy kom roep jou ook op die naam en nooi jou om in Sy voetspore te kom stap.
Is jy bereid om te kom soos jy is?

Gebed
Here Jesus, as U ’n Jakobus en Johannes kan roep, kan U my ook roep. Ek kom soos ek is. Ek wil U volg en in U voetspore stap. Amen.

24 Junie 2024

Markus 1:16-18
16Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 17Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” 18Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg.

Om oor te gesels en te dink:
Jesus begin Sy bediening deur gewone mense te roep. Anders as in daardie tyd, waar jy besluit het om iemand te volg wat jou beïndruk het, kom Jesus en roep mense om Hom te volg. Hy roep hulle om in Sy voetspore te kom stap en saam met Hom te kom leef. Hy roep hulle nie om ’n klomp leerstellings of wette te volg nie, maar Hom.
Die eerste twee mense wat reageer is Simon en Andreas. Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Jesus begin volg. Hulle het nie verskonings uitgedink oor hoekom hulle Jesus nie kan volg nie. Hulle het alles agter gelaat en Jesus begin volg. Daar was vir hulle geen waarborge nie. Hulle het net geweet hulle moet dit doen.
Jesus roep jou ook om in Sy voetspore te stap. Watter nette moet jy los? Wat hou jou vas of terug om Jesus te volg? Wil jy nie ook soos die dissipels besluit om Hom onmiddelik te volg nie?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my roep. Help my om die dinge wat my vashou te los, sodat ek in U voetspore kan volg. Ek wil agter U aan stap. Amen.

22 Junie 2024

Spreuke 8:12-21
12“Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid. 13Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, 'n verkeerde lewe en slinkse woorde. 14Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee. 15Met my hulp regeer konings goed en laat maghebbers reg geskied; 16met my hulp heers die mense wat mag het, die leiers, elkeen wat reg regeer. 17Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my. 18Wie my het, het rykdom en eer, het duursame en blywende besittings. 19Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer. 20Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg. 21Ek maak dié wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol.

VRAE:

  • Spreuke verduidelik in hoofstuk 8 hoe wysheid optree. Wysheid is om sonder hoogmoed en arrogansie op te tree, sodat ander bo jouself gelig word. Wysheid dien ander, regeer met sagmoedigheid en doen wat reg is vir almal wat onder hulle leef. Wysheid maak mense ryk in alles wat werklik kosbaar is.
  • Dit is so maklik om negatief te wees oor die leierskap wat ons waarneem om ons. Wysheid gee ons die geleentheid om self as leiers op te tree waar ons gaan. Hoe vergelyk jou eie leierskap van dit wat Spreuke 8 beskryf? Is jy besig om mense vry te maak, ander te dien, vir die wat nie vir hulleself kan opstaan nie, op te staan, ryk te wees in dit wat werklik saak maak? Deel jou hart met die Here.
  • Volgens jou, wat is rykdom? Wat is belangriker as goud en silwer? Beleef jy dat God jou skure volmaak in dinge wat werklik saak maak? As jy ‘n inhoudsopgawe moes maak, wat sou jy kon optel vir jou rykdom?
  • Hoe sou God jou gebruik om ‘n verskil te maak in die lewens van die mense wat om jou is, by die huis, die werk, die samelewing? Hoe deel jy jou rykdom met ander deel, in die wete dat jy altyd meer sou hê as wat jy benodig? Hoe lei jy ander soos die koning wat in God se wysheid regeer?

GEBED
Here, gebruik my as ‘n regeerder in my huis, my werksomgewing, my gemeenskap en my lewe. Here help my om U rykdom te sien en waardeer. Here, help my om met wysheid te leef in liefde en trou. Here, gebruik my om U koninkryk uit te brei. Here, neem my eie hoogmoed en arrogansie weg. Here neem my behoefte om te heers en regeer weg. Here, help my om te dien, om lief te hê en te gee vir ander. Here, help my om in wyshei U te dien my hele lewe lank.
Amen

21 Junie 2024

Spreuke 3:5-10
5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. 7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: 8dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. 9Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

VRAE:

  • Spreuke beskryf hoe mens die Here dien deur Hom te ken in alles wat jy doen. Dit beteken dat jy weet jy is ten volle afhanklik van God. Dit beteken dat jy nie aanhou om jou eie planne te maak, jou eie prioriteite te kies of jou eie besluite te neem nie. Jy leef in afhanklikheid want jy weet jou eie planne vir jou lewe is nie naastenby so goed soos die planne wat die Here vir jou het nie.
  • Wanneer jy jou planne vir die week maak, besluit jy self oor jou planne? Wanneer jy na jou finansies omsien, besluit jy self oor wat daarmee gebeur? Wanneer jy besluite oor die toekoms moet maak, besluit jy self oor wat jy wil najaag en wat jy nie wil najaag nie? Wat is jou proses wanneer dit kom by die besluite wat jy moet neem? Hoe sou jou proses lyk as jy eers met God oor alles sou gesels? Hoe sou dit lyk as jy God eers raadpleeg wanneer jy groot en klein besluite moet neem?
  • God is die antwoord op elke probleem, situasie of geleentheid wat ons moet hanteer. As jy onseker is oor watter kant toe om te gaan, Hy sal jou lei. As jy onseker is oor wat reg en wat verkeerd is, die Here sal jou wys. As jy siekte het en skade gekry het, sal die Here jou gesond maak. As jy lendelam en lewensmoeg is, sal die Here vir jou nuwe krag en passie gee. As jy voel asof jy nooit genoeg het nie, sal die Here weer vir jou laat beleef dat jy oorvloed het.
  • Wat is jou behoefte en wat het jy nodig van God? Deel jou hart met die Here. En wag geduldig op God se antwoord en leiding in die proses.

Gebed:
Here, ek het soveel behoefte en tekortkominge. Here, ek weet nie waar om te begin en waarvoor om te vra nie. Here, help my om met elke tree op U te wag. Here, voor ek besluit oor wat ek vandag doen, gee my leiding en wysheid. Roer my hart sodat ek die regte keuses maak en my energie op die regte prioriteite plaas. Here, help my en leer my dat ek nie op my eie insigte staatmaak nie, maar net op U.
Amen

20 Junie 2024

Spreuke 3:1-4
1My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, 2want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy 'n vol lewe het. 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens.

VRAE:

  • Omtrent elke hoofstuk in Spreuke is die ouer besig om sy kind aan te spreek en wysheid te deel. In hoofstuk 3 deel die ouer hoe wysheid lei na ‘n vol lewe. ‘n Lewe wat oorvloed geniet en gevul is met liefde en trou. ‘n Lewe wat by God guns vind en ook deur mense nagejaag word.
  • Waarom dink jy sou liefde en trou, goeie vrug wees van ‘n lewe wat met wysheid geleef word? Hoe lei waarheid, die dien van die Here na liefde en trou? Hoe sou jy liefde en trou beskryf vir iemand wat nie weet hoe dit lyk nie?
  • Waarmee is jou lewe gevul? As jy dit sou moes beskryf vir iemand wat vir jou sou vra, hoe sou jy dit beskryf? Is jou lewe gevul met liefde en trou? Of is jou belewenis anders? Deel jou hart met die Here in hierdie verband.
  • Waarom werf ‘n lewe gevul met liefde en trou guns by God en mense? Hoe leef jy elke dag nader aan God se idee van wysheid en sien jy meer en meer liefde en trou teenwoordig in jou lewe? Wat is jou grootste uitdaging as dit kom om meer liefde en trou in jou lewe te vestig? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, ek wil in U waarheid en wysheid leef. Soms is dit vir my so moeilik want ek soek meer na reg en regverdigheid. Dit is so maklik om dit te kan meet en bepaal. Maar Here, dit is moeilik om meer liefde en trou te bepaal. Here, help my om meer in liefde en trou te wandel. Here, help my om daarna te soek wanneer ek elke oomblik keuses moet maak, besluite moet neem of my optredes moet kies. Here help my om meer vir mense om te gee, van myself te gee en meer van U liefde vir hulle tasbaar te maak. Here help my om in U wysheid te leef.
Amen

19 Junie 2024

Spreuke 1:2-7
2Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. 3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. 4Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. 5Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer 6 om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp. 7Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

VRAE:

  • Wysheid is om die Here te dien. Wanneer ons die Here begin dien, begin ons leer wat regverdig en billik is. Ons begin leer wat die regte dinge is om te doen. Ons begin leer waarop ons ons tyd moet spandeer en waarop ons nie ons tyd moet mors nie. Ons begin sin maak van die woorde wat God met ons deel en ons begin om dit in ons lewens in te inkorporeer.
  • As jy na die voorbeeld van Jesus kyk, hoe lyk regverdigheid en billikheid? Wat leer jy uit sy voorbeeld om mense te behandel en te antwoord wanneer mense hom konfronteer? Hoe maak jy dit deel van jou eie lewe? Hoe moduleer jy dit vir ander wat saam met jou leef?
  • Wie in jou lewe, sou jy sê leef hierdie tipe wysheid uit wat Spreuke van praat? Het jy al met hulle gepraat oor hulle motivering en hoe hulle tot hierdie insig gekom het in hulle lewe? Maak ‘n afspraak met iemand wat jy na kan opkyk as ‘n mentor as dit kom by hulle uitleef van hierdie wysheid. Gesels met hulle oor hulle belewenis van die Here.
  • Waaraan het jy nodig om te werk, as dit kom by wysheid, regverdigheid, billikheid? Vra dat die Here jou sal lei in die proses en vir jou geleenthede sal gee om aan hierdie wyshede te werk. Onthou God gee nie die wysheid alleen nie. Hy gee situasies waar jy die wyshede moet begin leef, maar die versoeking het om soos die onkundiges op te tree.

GEBED:
Here, ek weet dat wysheid begin by ‘n verhouding met U. Here, ek weet ook dat ek dit uitleef deur regverdig te wees en ander met billikheid te hanteer. Here, U weet hoe moeilik hierdie proses is. Ek is konstant in die versoeking om op te tree soos my reptiel brein dit vereis, sodat ek net beter voel of veilig voel. Here, help my vandag om U wysheid elke oomblik na te streef. Here, keer dat ek vir die versoeking val. Here, help my om meer en meer te leef soos iemand wat met U wysheid optree.
Amen

18 Junie 2024

Deuteronomium 6:2-8
2“So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê. 3As jy luister, Israel, en as jy gehoorsaam is en lewe volgens my gebooie, sal jy voorspoedig wees en uitermate baie word in die land wat oorloop van melk en heuning. Dit is wat die Here die God van jou voorvaders jou beloof het. 4“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. 6“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 8Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. 9Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

VRAE:

  • Die Here gee ons die opdrag om te onderrig. Elkeen van ons kan ander onderrig. God vra dat ons juis dit moet inskerp by ons kinders. Dat ons dit konstant in ons gedagtes moet hou en oral om ons moet plaas sodat ons daaraan herinner sal word.
  • Wie het die grootste invloed in jou lewe gehad as dit kom by onderrig? Wie het jou onderrig in die manier van lewe? Wie het jou onderrig in die weg van geloof? Waarom het hierdie persoon ‘n indruk gelaat? Wat was die belangrikste onderrig wat jy jou getransformeer het?
  • Wie is in jou lewe geplaas wie jy kan onderrig? Wat is die verskil tussen leer en onderrig? Wanneer ons onderrig, is ons besig om te moduleer hoe om dinge te doen. Wie spandeer genoeg tyd saam met jou sodat hulle deur jou voorbeeld geonderrig kan word?
  • Waarom is dit belangrik om dit waarin jy onderrig of geonderrig word om jou te sien? Hoe kan jy in jou huis, jou motor en by die werk sigbare herinneringe plaas sodat jy dit waarin jy geonderrig is in geloof konstant kan onthou?

GEBED:
Here, ek is op besonderse maniere onderrig in geloof. Ek het so baie geleer en dit het so baie vir my beteken. Here, ek vra dat U my sal gebruik om ook ander te onderrig. Here, help my ook om so te leef dat mense in my woorde en dade oortuig sal word van my afhanklikheid van U. Here, mag ander sien en beleef hoe lief ek vir U is. Mag dit my definieer en my aanhoudend transformeer.
Amen

17 Junie 2024

Spreuke 9:10
10Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

VRAE:

  • Die wêreld wil vir ons verskeie vorms van wysheid verkoop. Kennis word vir wysheid gesien. Ons weet baie dinge. Ons het kennis van geskiedenis, tegnologie, wetenskap, biologie en selfs teologie. Ons kan ‘n klomp dinge weet maar dit is steeds nie wysheid nie. Wysheid volgens die Spreuke skrywer is om die Here te dien.
  • Waarop bou jy wysheid? Of vertrou jy meer op kennis as op wysheid? Vertrou jy meer op kennis oor God, geloof, natuur, tegnologie, finansies, materiële dinge, versekering, vriende, familie, verhoudings? As jy werklik eerlik met jouself en met God sou wees, waarop vertrou jy die meeste? Watter getuienis is daar vir dit?
  • Waarom is die dien van die Here, werklike wysheid? Hoe verander dit jou lewe om die Here te dien? Hoe verryk dit jou lewe om die Here te kan dien?
  • Watter versoekings is daar om die wêreld se kennis na te jaag, eerder as om wysheid te soek? Elkeen van ons, het ons eie tekortkominge wat ons in versoeking laat staan. Wat is daar wat jou aandag van die Here aftrek? Wat is daar wat jou tyd van die Here af steel? Wat is daar wat jou gedagtes weg van die Here stuur? Wat is daar wat jou hart van die Here weghou?
  • Hoe kan jy vandag begin om die Here opnuut te dien?

Gebed:
Here, daar is so baie wat my aandag wegneem en my lewe oorneem. Here, ek soek wysheid, maar eindig so gereeld met kennis op. Kennis van alles wat nie werklik vir my vreugde, vrede of liefde bring nie. Here, ek weet ek benodig wysheid. Ek wil U dien. Here, ek weet nie altyd hoe om dit te doen nie, maar Here ek wil. Here, help my om vandag net stil te wees in U teenwoordigheid en te wag vir U wysheid. Here, ek wag op U en weet dit is al wat ek werklik nodig het.
Amen

15 Junie 2024

Jeremia 29:12-14

Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.

Om oor te gesels en te dink:
In hierdie teks word daar veral klem gelê op 'n soeke na die Here en 'n soeke na die wil van die Here. 'n Soeke na die wil van die Here met 'n mens se hele hart. Wanneer het jy al so uit jou hart gebid vir die wil van die Here? Het jy al 'n 'moeilike' gebed gebid en die Here se wil gepleit? Gevra dat die Here Sy wil aan jou bekend maak? Hierdie week word ons gevra om te bid vir ons gemeenskap. Vir die wil van die Here om in ons gemeekskappe en stad te gebeur. Om in gebed te bely dat ons hulp van die Here afkom en dat ons van God afhanklik is. Ons moet Hom vertrou en volhard in ons gebede vir ons stad.

Gebed:
Here, ons roep na U en soek U met ons hele hart. Hoor ons gebede en bring verandering in ons gemeenskappe en stad. Laat ons U altyd vertrou en op U steun. Ons hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Ons vra na U wil, Here. Vorm ons in gebed, sodat ons ook sal leef en verandering in ons stad bring. Ons bid ook vandag weer vir die drie mense/dinge. Here wees met… en… en…Amen.

14 Junie 2024

Jeremia 29:10-11

So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Om oor te gesels en te dink:
Jeremia herinner die ballinge dat God 'n plan vir hulle het, en dat hulle uiteindelik sal terugkeer na hulle land. God het gedagtes van vrede en hoop vir hulle. En ook vir ons! God se planne vir ons is goed, selfs al lyk ons huidige situasie moeilik. Ons moet vashou aan Sy beloftes, terwyl ons saam bid en werk vir die welstand in ons eie gemeenskappe. God droom oor ons en oor die stede waarin ons bly.

Gebed:
Here, dankie vir U goeie planne vir ons lewens. Help ons om te vertrou op U beloftes en om hoop te hou, selfs in moeilike tye. Gee ons die krag om vir die welstand van ons gemeenskap te bid en werk. Ons bid ook vandag weer vir die drie mense/dinge. Here wees met… en… en…Amen.

13 Junie 2024

Jeremia 29:8-9

So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie dat die profete en waarsêers daar by julle julle mislei nie. Moenie ag slaan op daardie drome wat julle so graag droom nie. Daardie mense tree sonder opdrag op as profete in my Naam. Ek het hulle nie gestuur nie, sê die Here.

Om oor te gesels en te dink:
Jeremia waarsku die ballinge teen valse profete wat hulle mislei. Hulle moet op God vertrou en nie mislei word deur valse hoop nie. Ons moet waak teen misleiding en vals beloftes in ons eie lewens. Ons hulp kom van die Here en Sy leiding, nie deur kortpaaie of valse hoop nie.

Gebed:
Here, gee ons die onderskeidingsvermoë om valse beloftes te vermy. Help ons om altyd op U te vertrou en U pad te volg. Ons bid ook vandag weer vir die drie mense/dinge. Here wees met… en… en…Amen.

12 Junie 2024

Jeremia 29:7

Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.

Om oor te gesels en te dink:
God beveel die groep in ballingskap om te bid vir die stad waarin hulle is. Om te bid vir daardie stad se vrede en welstand. Ons word ook uitgedaag om vir ons buurt en stad te bid. Vir ons stad se 'shalom' en welstand. Sondag is ons gevra om vir drie mense/dinge te bid. Watter name of dinge het jy neergeskryf? Neem nou 'n oomblik om vir daardie name/dinge te bid. Mag jou hart self aangeraak word deur hiervoor én vir die stad te bid.

Gebed:
Here, ons bid vir die vrede en welstand van ons eie stad. Verander ook ons harte in hierdie gebed om raak te sien, raak te leef en na U wil te soek, U Koninkryk. Amen.

11 Junie 2024

Jeremia 29:6

…trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie.

Om oor te gesels en te dink:
God sê vir die mense in ballingskap om aan te hou met hulle lewens. Hulle moet nie wag vir 'n toekomstige dag nie; hulle moet nou leef. Ons moet ook in die hier en nou lewe. Ons word uitgedaag om reeds nou in ons gemeenskappe 'n verskil te maak en teenwoordig te wees.

Gebed:
Here, laat ons liefde en toewyding uitstraal en gebruik ons huishoudings om 'n verskil in ons gemeenskappe te maak. Amen.

10 Junie 2024

Jeremia 29:4-5

So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie verse is deel van 'n brief wat Jeremia aan die ballinge in Babel geskryf het. God moedig hulle aan om te vestig in die vreemde land. Hy roep hulle op om hulle nuwe omgewing te aanvaar en daarin te floreer. Ons word genooi en uitgedaag om aktief deel te neem aan die opbou van ons eie gemeenskappe. Soos die Israeliete in Babel, word ons geroep om 'n seën te wees waar ons ook al geplaas is.

Gebed:
Here, help ons om ons gemeenskappe te dien en op te bou. Gebruik ons om 'n seën te wees , daar waar ons is. Amen.

8 Junie 2024

1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Jabes vra dat God hom sal weerhou van onheil en dat geen smart hom sal tref nie. Jabes vra dat God sy lewens storie sal verander. Nie net dat hy nie van die pyn wat ander hom kan aandoen nie, maar ook dat hy nie verder ander sal seermaak nie. Hy wil nie meer bekend wees as “smart”, soos sy ma hom genoem het nie. Hy wil bekend wees as die een wat ander seën, vir God werk en vir ander goed is.
  • Wat is die bron van seerkry in jou lewe? Hoe het jy al bygedra tot jou eie seerkry en die seerkry van ander? Hoe sou jy wou hê dit moet anders wees? Deel jou hart met die Here.
  • Soms is ons seerkry spesifiek die plekke waar jy nog groei werk nodig het. Hoe kan jy anders kyk na jou seerkry oomblikke? Wat wil God vir jou leer in daardie plekke? Wat sou gebeur as jy nie meer deur daardie situasies en gebeure seer gemaak word nie? Hoe kan dit God eer en die koninkryk uitbrei?
  • Soms kry mense om ons seer, of ons maak mense seer. Hoe kan jy ander bystaan in daardie situasies? Hoe kan jy ander ondersteun of help? Hoe kan God jou gebruik in daardie spasies?

GEBED
Here, weerhou my van onheil en mag geen smart my tref nie. Here, mag die oomblikke en situasies wat my seermaak en smart laat beleef geleenthede wees vir my om te groei. Here, mag ek so groei dat ek ook vir ander goed kan wees en nie seer veroorsaak nie. Here, gebruik my ook om ander te help in hulle reis tot genesing van smart. Dankie Here, dat ek dit vir U kan vra.
Amen

7 Junie 2024

1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Jabes vra vir God se hand van beskerming oor alles wat hy doen en waarmee hy besig is. Hy weet dat wanneer hy besig is met God se werk, hy ook meer aanvalle beleef. Hy vra dat God hom van ander se beskerm. Maar meer as dit vra hy ook dat God hom van homself sal beskerm.
  • Wanneer ons met meer vertrou word, is die versoeking groot dat ons, op ons eie werke kan begin staatmaak. Ons kan begin dink dat ons die rede is vir meer sukses of geleenthede. Jabes vra dat God hom nederig sal hou en van homself beskerm. Hoe weet jy wanneer jy meer op jouself begin staatmaak as op die Here? Hoe weet jy dat jy steeds vir die Here wag om jou te lei en te stuur? Wat is die verskil tussen jy wat net harder werskaf en God wat vir jou meer gee om voor verantwoordelik te wees?
  • Hoe lyk totale vertroue op God? Hoe vertrou jy God om jou te beskerm van jou eie selfsug, hoogmoed en trots? Hoe kan jy medegelowiges wat jy vertrou innooi om jou verantwoordelik te hou dat jy nie net op jouself staatmaak nie? Hoe kan God jou bewus maak van die gevaar en versoekings wat daar is wanneer jy vir die Here werk?
  • Hoe lyk vertroue en afhanklikheid van God wanneer ander jou aanval en in versoeking bring? Hoe kan jy seker maak dat dit nie jou van die pad laat afdwaal nie? Hoe kan jy seker maak dat jy altyd moed sal hou en op die Here vertrou vir die volgende tree?

Gebed:
Here, ek vra dat U, U hand van beskerming oor my sal hou. Here, eerste beskerm my, van myself. Here, help my om nie grootkop te kry, terug te val in ou patrone of meer van myself te dink as wat ek behoort nie. Here, beskerm my ook van die gevaar van ander. Help my om nie afgemat, moedeloos of bekommerd te raak wanneer ander my beskuldig, my versoek of my seermaak nie. Here, ek vertrou U dat U my sal beskerm. Dankie Here, dat ek totaal op U kan vertrou.
Amen

6 Junie 2024

1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Jabes het vir God gevra om sy grondgebied te vergroot. Dit beteken om vir God te vra, dat dit waaroor hy aangestel is groter sal word. Hy vra vir God om ‘n groter invloed te hê. Hy vra dat God vir hom geleentheid sal gee om meer in God se koninkryk te kan doen. Hy vra dit omdat hy weet God kan dit doen. Hy vra dit want hy vertrou op God en is uitverkoop aan God.
  • Hoe ken jy vir God? Weet jy dat God deur jou groot werk kan verrig in Sy koninkryk? Waarvoor dink jy het God jou geroep? Waarvoor is jy geroep en gestuur? Waarvoor is jy alles verantwoordelik?
  • Weet jy dat God nie enige iets op jou skouers sal plaas wat jy nie kan hanteer nie? En weet jy ook dat God vir jou meer sal gee as jy vra vir meer? Is jy gemaklik met wat tans op jou skouers geplaas is? Of weet jy dat jy meer vir die Here kan doen? Vra vir die Here vir dit wat op jou hart is.
  • Wanneer jy vra dat God jou grondgebied vergroot, moet jy weet dat God dit kan doen. Maak seker dat jy dit nie vir selfsugtige redes vra nie. Wanneer jy vir God vra om jou grondgebied te vergroot, is dit om Sy naam te eer of nie? Is dit om God se koninkryk uit te brei, of nie? Waarom wil jy vra dat God jou grondgebied sal vergroot?

GEBED:
Here, ek is so dankbaar vir dit wat U reeds vir my beplan het en op my hart geplaas het. Dankie dat ek werksaam mag wees in U koninkryk. Here, ek wil getrou wees en U dien. Here, mag ek vra dat U vir my geleentheid gee om meer te doen vir U. Mag ek oor meer aangestel word. Here, mag ek vir meer vertrou word. Here mag ek deur my hart, my wil en my optrede meer eer bring aan U naam en vir U koninkryk. Here, mag ek dit doen omdat ek vir U lief is en my hele lewe aan U wil wy. Here, gebruik my soos U wil. Dankie Here.
Amen

5 Junie 2024

1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Jabes is baie bewus van wie God is. God is die God van Israel. Die God wat van die begin af beloftes aan Sy volk gemaak het, en die beloftes nagekom het. Die God wat gesê het Hy sal tot seën wees van ander nasies deur Sy mense. Jabes glo in hierdie God en vra daarom vir God om hom te se te seën.
    -Wie is God vir jou? Hoe dink jy oor God? Is God die tipe God wat jou seën? Is God die tipe God wat ander deur jou seën? Kan jy vrymoedigheid neem om vir God te vra vir dit wat op jou hart is? Deel met die Here hoe jy oor Hom dink?
  • Hoe seën God jou deur ander mense? Hoe het jy al God se seën beleef as gevolg van iemand anders wat gehoorsaam was? Hoe kan jy God se seën in jou lewe sien?
  • Het jy al God gevra om ander te seën? Het jy al self vir God se seën gevra? Waarom of waarom nie? Wat sou in jou geloofslewe gebeur as jy self vir God se seën vra?

GEBED:
Here, vandag staan ek voor U en bely dat U die God van Israel is. Die God wat alles geskape het. Die God wat ‘n pad met sy mense stap. Die God wat vir ander seën omdat U, U mense seën. Here, ek vra vandag dat U my sal seën. Nie net ‘n bietjie nie Here, maar sal U, U guns uitgiet in my lewe. Here, mag ek die seëninge nie net vir myself hou nie, Here, maar mag ek dit in ander se lewens ook indra. Here, dankie dat ek U kan vertrou vir U seën.
Amen

4 Junie 2024

1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Die skrywer van die Kronieke boek is besig met die geslagsregister van Juda. En dan onderbreek hy die geslagsregister om meer inligting te gee oor ‘n man, ‘n afstammeling van Juda wat buitengewoon was. Die eerste feit wat ons van Jabes ontdek is dat hy voorrang geniet het bo sy broers. Nie omdat hy buitengewoon presteer het of in die aansien van mense so baie verrig het nie. Hy geniet die voorrang omdat hy anders was as sy broers. Hy het saam met God gestap. Hy het sy lewe gewy om nader aan God te kom en meer en meer te groei in sy verhouding met God.
  • Jabes se lewe was buitengewoon omdat hy naby aan die Here geleef het. En die voorbeeld wat ons kry in die Kronieke boek is sy gebed. Leef jy so naby aan God dat mense sal kan getuig van jou stap saam met Hom? Sou dit die grootste eienskap wees waarna mense kan verwys wanneer hulle dink oor wie jy is en wat jy gedoen het?
  • As jy dink oor die nalatenskap wat jy los, wat sou die mense naby aan jou sê? Waaroor sou hulle getuig as hulle moet deel wie jy was en wat jy gedoen het? Is dit wie jy wil wees? Waarvoor sou jy eintlik bekend wil staan?
  • Hoe kan jy nader aan God se hart leef? Hoe kan jy saam met God daagliks stap? Wat moet jy verander in jou lewe om dit te begin doen?

GEBED:
Here, ek wil ook bekend wees vir die feit dat ek saam met U gestap het. Ek wil hê mense moet aan my dink as iemand wat U hartklop in elke faset van my lewe gevolg het. Here, U weet wat ek moet verander om nader aan U te leef. U weet wat ek moet doen om meer gehoorsaam te wees. Here, help my asb. deur my bewus te maak wat ek moet doen om nader aan U te leef en saam met U te stap elke dag. Vader, gee my ook die krag en waagmoed om dit te begin doen.
Amen

3 Junie 2024

1 Kronieke 4:9-10
9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” 10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.

VRAE:

  • Jabes is tot ‘n groot mate, ‘n onbekende figuur in ons Bybel. Sy hele lewe word kortliks in twee verse opgesom in Kronieke. Een van die eerste feite wat ons leer van hom, is dat hy sy hele lewe lank Jabes genoem is. Jabes beteken pyn of smart. Stel jouself voor dat jy lewenslank herinner moet word aan die pyn waarmee jy in die wêreld ingebring is. Stel jouself voor dat jy altyd herinner word aan die pyn wat jy aan iemand anders aangerig het. Dit was Jabes se belewenis.
  • Indien jy bekend sou wees vir die pyn wat jy al aangerig het of die pyn wat jyself al beleef het, hoe sou jy bekend gewees het? Hoe sou dit jou beïnvloed as jy altyd aan daardie pyn herinner word het? Hoe sou dit jou denke, dade en emosies beïnvloed? Hoe sou dit jou geloof beïnvloed?
  • Wat ons van Jabes leer in hierdie gedeelte, is dat hy nie bereid was om vir sy hele lewe bekend te staan as ‘n man wat ander smart of pyn veroorsaak het nie. Hy wou ‘n man wees wat vir ander tot seën is. Hy vra vir God om hom te seën, en meer as dit, hom te weer hou van pyn. Beide dat hy nie weer pyn self aan ander sal doen nie, maar ook nie meer pyn sal beleef van dit wat hy aan ander doen nie.
  • Voel jy te neergedruk oor die aksies van jou verlede? Het jy al vir die Here gevra om jou storie te verander? Het jy al vir God gevra om jou storie so oor te skryf dat jy nou ‘n bron van seën vir ander sal wees? Waarvoor wil jy geken wees? Vra dat God jou lewens storie so sal oorskryf dat dit van nou af jou nalatenskap sal wees.

Gebed:
Here, vir so lank al loop ek met die gedagtes van my grootste tekortkominge. Here, ek vra dat U dit sal verander. Breek in my ‘n nuwe storie oop. Here, verander my hart, my lewe sodat ek ‘n bron van seën vir ander sal wees. Here, verander my lewe sodat dit eer aan U naam sal bring en U koninkryk sal uitbrei.
Amen

1 Junie 2024

Lukas 4:23-28

Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’ Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar 'n groot hongersnood in die hele land gekom het. Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na 'n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.” Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. ”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus het verwerping in Sy tuisdorp ervaar, juis omdat Hy hulle geleer het dat God se genadejaar ook vir die mense was wat hulle uitgestoot het. Soms mag ons pogings om 'n verskil te maak nie aanvaar of verstaan word nie. Vertrou op God se plan, bly getrou aan jou salwing, die Gees van die Here is op jou en die Gees rus jou toe om in God se Koninkryk 'n verskil te maak.

Gebed:
Here, help my om in U guns te lewe en dit te verkondig. Laat my dade en woorde U genade en liefde weerspieël. Amen.

31 Mei 2024

Lukas 4:20-22

Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.” Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus verklaar dat die profesie van Jesaja in Hom vervul is. Die mense was verbaas oor Sy woorde. Hulle het aangeneem dat hierdie woorde net op hulle as 'ingroep' van toepassing was, maar hierdie woorde het ook baie vir hulle beteken. Ons woorde het ook krag om diegene rondom ons te beïnvloed. Streef daarna om woorde te spreek wat opbou, inspireer en hoop bring.

Gebed:
Here, help my om in U guns te lewe en dit te verkondig. Laat my dade en woorde U genade en liefde weerspieël. Amen.

30 Mei 2024

Lukas 4:19

… om die genadejaar van die Here aan te kondig.

Om oor te gesels en te dink:
Jesus verklaar die begin van 'n tydperk van God se genade en guns. Die "genadejaar" verwys na die jubeljaar in die Ou Testament, 'n tyd van vergifnis en vernuwing. Hierdie aankondiging het groot hoop en vreugde gebring. Dink aan hoe jy in jou eie lewe en gemeenskap God se genade en guns kan verklaar en uitleef.

Gebed:
Here, help my om in U guns te lewe en dit te verkondig. Laat my dade en woorde U genade en liefde weerspieël. Amen.

29 Mei 2024

Lukas 4:18b

Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,

Om oor te gesels en te dink:
Jesus het bevryding en genesing gebring. Dit het fisiese, emosionele en geestelike genesing ingesluit. Ons word geroep om deel te neem aan hierdie werk van bevryding en genesing in ons eie gemeenskappe. Hoe kan God jou vandag gebruik om 'n instrument van bevryding en genesing te wees?

Gebed:
God, gebruik my om vryheid en genesing te bring. Maak my oë oop om die behoeftes om my raak te sien en mense met medelye te behandel. Amen.

28 Mei 2024

Lukas 4:18a

Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.

Om oor te gesels en te dink:
Jesus lees uit Jesaja en erken dat Hy deur die Gees gesalf is om goeie nuus te bring. As volgelinge van Jesus is ons ook gesalf deur die Heilige Gees om hoop en vreugde aan ander te bring. Dink vandag aan maniere waarop jy hierdie goeie nuus in jou daaglikse lewe kan deel.

Gebed:
Here, gebruik my vandag om U goeie nuus te verkondig. Bemagtig my deur U Gees om hoop en vreugde aan diegene in nood te bring. Amen.

27 Mei 2024

Lukas 4:16-17

Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee…”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus het na die sinagoge gegaan, soos Hy dikwels gedoen het. Hierdie dag was anders omdat Hy uit Jesaja voorgelees het. Dit was die begin van Sy openbare bediening. Jesaja bevat profesieë oor die Messias en Jesus het op hierdie wyse sy identiteit en missie openbaar. Ons word ook geroep om met 'n doel te leef en die koninkryk van God in ons lewens en gemeenskappe sigbaar te maak.

Gebed:
Here, help my om my roeping met duidelikheid en toewyding te omarm, soos Jesus gedoen het. Lei my om 'n verskil te maak in my gemeenskap en U koninkryk sigbaar te maak. Amen

25 Mei 2024

Romeine 8:15-16
“Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.”

Om oor te gesels en te dink
Paulus beaam wat Jesus oor die Heilige Gees vir ons Johannes Evangelie geleer het. Die Heilige Gees is aan ons gegee om vry te maak. Ons is nie meer slawe nie en hoef nie meer in vrees te lewe nie. Ons is nou kinders van God deur die Heilige Gees wat ons tot God laat roep: “Abba!” Vader. Die Heilige Gees getuig saam met ons dat ons kinders van God is.
Is dit nie wonderlike nuus nie?
Ons hoef nie bang te wees nie. God se Gees is by ons, orals en altyd. Ons kan deur Hom ons liefdevolle Vader, Abba, noem. Hy dra ons belange op Sy hart en is vir elkeen van ons ongelooflik lief.
Die Boodskap vertaal dit as: “Hy sorg dat daar ’n onbreekbare band tussen God en julle is.” Dit is onverdiende genade. Dit is ’n vreugde vir elkeen van ons wat met hoop en moed kan lewe.

Gebed
Hemelse Vader, Abba, dankie dat U Gees by my is. Dankie dat ek U kind kan wees. Dankie! Dankie! Amen.

24 Mei 2024

Johannes 16:12-14
““Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”

Om oor te gesels en te dink
Die Heilige Gees lei ons in die waarheid in. Ons mag wonder of ons die Heilige Gees het, maar as gelowiges het ons almal die Heilige Gees in ons. Dit is eerder dat die Heilige Gees meer van ons kry as wat ons meer van Hom wil kry. Ja, ons moet onsself oorgee dat die Heilige Gees ons in die waarheid kan lei. Die Boodskap vertaal dit treffend: “Maar as die Heilige Gees eers hier is, sal Hy julle hand vat en julle met die paaie van die waarheid langs lei. Hy is immers die Gees wat die waarheid ken. Hy sal nie sommer ’n klomp los dinge uit sy eie vir julle vertel nie. Hy sal met julle praat oor wat Hy gehoor het. Verder sal Hy julle ook voorberei vir alles wat nog vir julle voorlê. Die Gees sal voortbou op wat Ek gesê en gedoen het.”
Hierdie belofte van Jesus oor die Heilige Gees stel ons in staat om kans te sien vir vandag. Mag jy vandag die teenwoordigheid van God se Gees op ’n besonderse wyse ervaar.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U Heilige Gees by my is. Ek wil meer van myself vir U gee. Wys my die pad. Ek wil saam met U stap. Amen.

23 Mei 2024

Johannes 16:7-8
“Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.”

Om oor te gesels en te dink
Die Heilige Gees, die Parakleet, is nie net ons Voorspraak en Trooster nie. Hy is die een wat getuig en ons help om te getuig. Meer nog, Hy is ook die Een wat ons en die wêreld oortuig wie God is.
Jesus herinner sy dissipels dat dit nodig is dat dit ons voordeel sal wees dat Hy weggaan, maar dat Hy die Heilige Gees stuur om ons te oortuig. Soms is dit nodig om te hoor as ons nie die regte dinge doen nie. Dit is die Heilige Gees wat in ons werk en oortuig dat ons eerder die regte dinge sal doen. As gelowiges hoef ons nie bang te wees vir God se oordeel nie, omdat ons in Jesus Christus vrygespreek is. Die Heilige Gees staan ons ook hierin by.
Onthou dat dit veilig by God is. Iemand het na die Heilige Gees as die Veiige Gees verwys. Dit help ons om te weet dat die Veilige Gees by ons is en ons help om Jesus te leer ken en volg.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek veilig by U kan wees. Dankie dat U Gees my bystaan en oortuig. Ek stap graag saam met U die pad. Amen.

22 Mei 2024

Johannes 15:26-27
““Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus belowe aan Sy dissipels en ons die Parakleet (Voorspraak, Trooster, Helper). Hy is die Gees van die waarheid en Hy getuig oor Jesus. Die Heilige Gees wat ons elkeen het, getuig binne ons om ons te herinner aan Jesus en wat Hy alles vir ons gedoen het. Meer as dit, die Heilige Gees, stel ons in staat om te getuig oor wat ons van Jesus ervaar.
Ons hoef nie bang te wees om te getuig nie omdat die Heilige Gees saam met ons getuig. Ons kan met vrymoedigheid met ander deel wat die Here in ons lewens doen. Die Heilige Gees tree vir ons in by die Vader. Hy staan as’t ware langs ons as voor God staan en getuig namens ons en saam met ons.
Hierdie wete kan ons rustig maak. Ons is nie alleen nie. Die Heilige Gees dra ons en wys vir ons wat om te sê en te doen. Stel jouself oop dat die Heilige Gees deur jou getuig.

Gebed
O Heilige Gees, ek kom stel myself oop dat U in my kan werk. Mag ek geleentheid kry om van U te getuig. Dankie dat ek U kind kan wees. Amen.

21 Mei 2024

Johannes 14:25-27
““Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus is besig om met Sy dissipels te praat voor Sy lydingspad begin. Hy vertel hulle dat God, die Vader die Heilige Gees sal stuur om by hulle te wees. Een van die belangrike dinge wat die Heilige Gees doen, is om ons alles te leer en te herinner wat Jesus gesê het. Ons ervaar dit elike dag wanneer ons uit die Bybel lees. God se Gees leer en herinner ons aan Jesus. Ons moet ons onsself oopstel dat die Heilige Gees, die Gees van die waarheid, ons kan leer en lei.
Wanneer jy uit die Bybel lees, bid en vra dat God deur Sy Gees dit vir jou duidelik sal maak.
Jesus belowe verder ook God se vrede vir ons. Ons hoef nie bang en ontsteld te wees nie. Ons is nie alleen nie.
Mag jy vandag ervaar dat God se Gees jou ook leer en lei.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U Gees by my is. Dankie dat U Gees my leer. Ek stel myself oop om meer van U te leer. Amen.

20 Mei 2024

Johannes 14:16-19
“Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.”

Om oor te gesels en te dink
Ons het gister Pinksterfees gevier. Ons, as gelowiges, het die Heilige Gees van God ontvang. Jesus het voor sy kruisiging aan Sy dissipels die belofte van die Heilige Gees gegee. Die Johannes Evangelie vertel ons van die gesprekke waarin Jesus die Heilige Gees belowe het.
Die eerste keer wat Jesus die Heilige Gees belowe noem Hy Hom die “Parakleet”. Dit is ’n Griekse woord wat vertaal kan word as Helper, Trooster, Voorspraak. Die Heilige Gees is dit alles en nog meer. Jesus het die Gees van waarheid vir ons gestuur, sodat ons nooit alleen hoef te wees nie. Ons is nie meer weeskinders nie. God is deur Sy Gees by ons elkeen.

  • Voel jy dalk alleen? Voel jy dalk hartseer?
    Weet dat God deur Sy Gees vandag by jou is. Hy is jou Voorspraak by die Vader en Hy is jou Trooster.

Gebed
Here God, dankie vir U Heilige Gees. Dankie dat ek nooit alleen is nie. Mag ek vandag U troos beleef. Amen.

18 Mei 2024

Handelinge 9:17-19
“Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; en hy het geëet en sy kragte herwin. Saulus het 'n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly”

Om oor te gesels en te dink
In die proses om van verwonding tot verwondering te gaan, het ons mense nodig. Ons sien in die lewe van Paulus het die Here vir Ananias gestuur. Hy was nog Saulus, maar die Here roep ’n huiwerige Ananias om hom te gaan ontmoet en te help op sy geloofspad tot heelheid.
Die Here stuur mense op jou pad om jou ook by te staan op jou geloofspad tot heelheid. Sien jy hulle raak?
Sê jy vir hulle dankie vir die rol wat hulle in jou lewe speel?
Dalk word jy ook gestuur na mense om hulle op hulle geloofspad te help? Wie kom in jou gedagtes op?
Vra vir die Here vir wysheid om iemand te help soos wat Ananias vir Saulus gehelp het.

Gebed
Here, dankie dat U mense in my lewe stuur om my te help. Ek wil ook graag mense help wat U op my pad stuur. Amen.

17 Mei 2024

Romeine 5:3-5
“En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”

Om oor te gesels en te dink
Ons dink na oor om van verwonding tot verwondering oor te gaan. Daar is hoop om te kan aangaan, maar Paulus wys vir ons dat dit ’n proses is. Ons moet ons verheug in ons swaarkry. Dit beteken nie om dit net te aanvaar nie, maar om te erken dat ons swaarkry. Swaarkry kweek volharding, dat mens kans sien om aan te gaan. Volharding kweek egtheid van geloof wat lei tot hoop. Die waarborg van hierdie proses is die Heilige Gees wat God vir ons elkeen gegee het. Ons is almal besig met hierdie proses. Dit volg nie altyd op mekaar nie en is ook nie ’n altyd ’n vinnige proses nie.
Mag hierdie teks jou aanmoedig om te bly volhard. Vertrou die Here met die proses waarmee Hy in jou lewe besig is.

Gebed
Here, dankie dat ek met hoop kan leef. Dankie dat U Heilige Gees my bystaan en my help met hierdie proses. Amen.

16 Mei 2024

Romeine 5:1-2
“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan.”

Om oor te gesels en te dink
Ons moet nie vergeet dat God die oorsprong van ons verhouding met Hom is nie. Hy het ons vrygespreek omdat ons glo en daar is nou vrede tussen ons en God deur Jesus Christus. Ons kan perspektief verloor, veral as ons swaarkry en verwonding beleef. Jesus het vir ons vrye toegang tot God se genade gebring en ons kan daaraan vashou. Die Boodskap vertaal dit treffend: “En dit alles is aan ons Here Jesus Christus te dank. Deur ons geloof het Hy gesorg dat ons nou in ’n splinternuwe verhouding met God staan. Ons leef nou dag vir dag net uit sy goedheid. Daarom is ons baie bly en opgewonde.”
Ons kan van verwonding tot verwondering gaan omdat God se goedheid elke dag vir ons genoeg is.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek vrede met U kan beleef. Dankie dat ek met vrymoedigheid kan bid en weet U hoor my. Dankie vir U genade en goedheid. Amen.

15 Mei 2024

2 Korintiërs 4:7-10
“Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.”

Om oor te gesels en te dink
Paulus gebruik die beeld van kleipotte om ons te herinner dat al is ons broos, ons steeds in God se sorg is. God gee vir ons krag wat alles oortref. Ons hoef dit nie uit ons eie krag te doen nie.
Net soos wat ’n kleipot breek en weer aanmekaar gesit word, so kom God en sit die stukkie bymekaar.
Kan jy hiermee identifiseer?
Ons mag verdruk word, maar is nie teneergedruk nie. Ons is nie radeloos en deur God verlaat nie.
Ons kan aan hierdie hoop vashou op grond van Jesus se sterwe en opstanding.
Die goud waarmee ’n kleipot reggemaak word, maak dit meer waardevol. God is nog nie klaar met jou nie. Vertrou Hom vir die proses.

Gebed
Here, dankie vir die skat binne my. Ek voel soms broos, maar ek vertrou U vir die proses in my lewe. Dankie dat U genade genoeg is. Amen.

14 Mei 2024

2 Korintiërs 12:7-9
“Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Paulus deel sy worsteling en verwonding. Hy beleef ’n doring in die vlees wat dit vir hom moeilik maak en moeilik is om te hanteer. Hy het ten minste drie maal daaroor gebid, maar waarskynlik baie meer dat die Here die doring moet uithaal.
Tog vind hy troos met die woorde dat God se genade vir hom genoeg is. God se krag kom juis tot volle werking in sy lewe wanneer hy swak is. Hy vind sy beskutting in die krag van God. Nou kan hy as’t ware in verwondering wees waarmee die Here in sy lewe besig is. Dit is juis nie ’n maklike antwoord nie.
Dalk kan jy vandag ook met die woorde van Paulus identifiseer?
Dalk voel jy ook al moeg gebid?
Moenie daarmee ophou nie. Hou vas aan die wete dat God se genade ook vir jou genoeg is en dat Sy krag juis in jou werk as jy swak is.

Gebed
Here, ek worstel en wonder soms. Ek bid dat ek U genade as genoeg sal ervaar en dat U krag steeds in my sal werk dat ek sal sterk wees, as ek swak is. Amen.

13 Mei 2024

Jeremia 18:5-6
“Toe kom die woord van die Here tot my: Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.”

Om oor te gesels en te dink
Ons is tans besig om Pinkster te vier en saam na te dink oor die tema: “Verwonding tot Verwondering”. Ons simbool vir Pinkster is die Japanese kunsvorm, kingsugi. Wanneer ’n pot breek word dit nie weggegooi nie, maar weer versigtig aanmekaar gesit, selfs met goud. Die pot is dan meer weer waardevol as voor dit gebreek het.
Jeremia gebruik die beeld van God as pottebakker in Jeremia 18. Hy beklemtoon dat God betrokke is by sy volk, soos ’n pottebakker met sy klei. Die klei se vorm is afhanklik van die pottebakker. Soos die pottebakker die klei bewerk, word dit ’n mooier en beter houer.
Hierdie teks vra van ons om onsself bereid te verklaar om deur die Pottebakker gevorm te word. Dit bly ’n proses en ons moet weet dat die Here ons nie los nie. Hy maak ons heel.

Gebed
Here, dankie dat U die Een is wat my vorm soos ’n pottebakker. Ek wil my laat vorm en U vertrou met die proses waarmee U besig is. Amen.

11 Mei 2024

Hebreërs 2:11-12 (NAV)

11 Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie. 12 Hy sê tog: “Ek sal u Naam aan my broers bekend maak, in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing.”

Musiek bind ons saam en maak ons een.

Dink vir ’n oomblik daaroor: dit gee na om wat jy sing en waar jy dit sing nie, die oomblik wat jy iets saam met iemand sing gebeur daar iets tussen jou en hulle! Ons noem dit eenheid.

Weet jy dat musiek, spesifiek lof en aanbiddingsmusiek, deel is van ons ewige toekoms? Kyk wat sê die skrywer van Hebreërs in vandag se teksgedeelte: as Jesus se liggaam (Sy gemeente) besing ons die lof van die Vader, saam met Jesus, nou en in die toekoms!

In vers 12 haal die skrywer vir Jesus aan, wat Psalm 22:23 aanhaal. Onthou jy dat Jesus Psalm 22 gesing het terwyl Hy aan die kruis gehang het? In Jesus se diepste oomblikke van pyn het Hy hierdie woorde gesing, en die prentjie gesien van Hom wat in die samekoms van Sy gemeente staan en die Vader se lof besing. Juis daarvoor het Hy Sy lewe vir ons opgeoffer, sodat dit moontlik kan wees vir mense wat anders as mekaar is om in eenheid saam te sing en die Vader se lof te besing!

Om oor te dink:

  • Dink jy aan mede-Christene as broers en susters?
  • Hoe dink jy gaan dit eendag wees om saam met Jesus in Sy volle teenwoordigheid die lof van die Vader te besing?

You need great worship. You need weeping worship. You need glorious worship. You need to sense God's greatness and to be moved it — moved to tears and moved to laughter — moved by who God is and what he has done for you. Tim Keller

10 Mei 2024

Kolossense 3:16-17 (NAV)

16 Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

’n Lewe van aanbidding, is ’n lewe wat deurdrenk is met die Woord van God!

In die Efesiërs teks wat ons gister gelees het, sê Paulus dat musiek en aanbidding die gelowige help om voortdurend met die Gees vervul te word. In vandag se teksgedeelte sê Paulus dat dit die gelowige help om die boodskap van Christus in sy volle rykdom in hom/haar te laat bly. So waarmee help musiek en aanbidding dan? Met beide!

Ons het 9 maniere hoe ons gevorm word as volgelinge van Jesus by PvR Geloofsfamilie. Aanbid en Woord is twee van die maniere. Wanneer die boodskap van Christus in ons bly, bring dit aanbidding na vore. Aanbidding onderrig en leer ons weer wat die boodskap van Christus is. Dié twee is onlosmaaklik deel van ons vorming as volgelinge!

Kyk wat sê C.S. Lewis oor aanbidding:

“I think we delight to praise what we enjoy because the praise not merely expresses but completes the enjoyment; it is its appointed consummation. It is not out of compliment that lovers keep on telling one another how beautiful they are; the delight is incomplete till it is expressed.”

Die griekse woord vir aanbidding is proskuneō. Dit beteken om soene te gee of te blaas, om laag te buig en iemand van gesag se voete te soen, om diep ontsag vir iemand te hê. Musiek kan jou tot by so posisie begelei, musiek vat jou na daardie plek toe. Dit is die gawe van musiek…

Om oor te dink:

  • Het jy al ooit aan aanbidding op hierdie manier gedink?
  • Hoe laat jy die boodskap van Christus in jou bly?

9 Mei 2024

Efesiërs 5:18-21 (NAV)

18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. 21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.

Het jy al ooit ervaar dat musiek met jou hart praat?

Dit is die gawe van musiek! Dit praat op ’n ander manier met jou… Daarom sê Paulus vir die Efesiërs dat hulle moet sing! Hy lys al die tipes musiek wat vir hulle bekend was in daardie tyd, en sê dat hulle dit moet sing en dan sal ervaar dat hulle voortdurend en opnuut met die Gees vervul word.

Musiek help ons om God se wonderlike liefde en vergifnis te ervaar en dieper te verstaan. Dit bring vir ons vreugde, dit maak ons dapper, en dit help ons om te weet dat ons weet dat ons vir God waardevol is!
Ons sing die goeie nuus, dan hoor ons die goeie nuus, dan besef ons opnuut dat Jesus vir ons gesterf het, wat ons dan weer opbou, bemoedig en vertroos!

Musiek is diep…

Om oor te dink:


  • Watter liedere praat met jou hart?
  • Watter deel van die goeie nuus is vandag vir jou goeie nuus?
  • Watter lied kan jou help om dit dieper en dieper te laat insink vandag?

Kyk weer na die aanhaling van Bono wat ons gister gelees het.

”Words and music did for me what solid, even rigorous, religious argument could never do -- they introduced me to God, not belief in God, more an experiential sense of GOD.” Bono

8 Mei 2024

Jesaja 29:13 (NAV)

13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.

Wat vra God van ons wanneer ons Hom aanbid?

Dit is moontlik dat ons iets met ons mond kan sê of selfs sing terwyl ons harte en gedagtes glad nie daarmee besig is of aandag daaraan gee nie. Ken jy daai gevoel?
Ons het ’n oneindige hoeveelheid goed wat ons aandag verdeel en aflei. Wanneer dit by ’n lewe van aanbidding kom, is dit nie wat God wil hê nie.

Sy opdrag aan ons is om ons onverdeelde aandag aan Hom te gee; om na dit wat Hy van Homself openbaar het te kyk totdat ons Sy glorie en karakter sien, en ons dan in verwondering is. Daarom sing ons met hart, siel en gedagtes, alles vir Hom!

Wanneer ons sukkel om so te aanbid, is een van die mees bemoedigende goed wat ons kan doen is om dan saam met ons broers en susters te sing; om toe te laat dat hulle passie en toegewydheid ons dan weer aanspoor en bemoedig!

Om oor te dink:

  • Is daar iets wat jou aandag aflei van God af wat jy teenoor Hom moet bely?
  • Wat kan jy doen om seker te maak dat jy tye het waarin God jou onverdeelde aandag het?
  • Met watter verwagting kom jy op ’n Sondag na ons eredienste toe?

”Words and music did for me what solid, even rigorous, religious argument could never do -- they introduced me to God, not belief in God, more an experiential sense of GOD.” Bono

7 Mei 2024

Efesiërs 5:18-21 (NAV)

18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. 21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.

Aanbidding behels meer as musiek, maar musiek is ’n groot deel van aanbidding. Vir die res van die week gaan ons saam leer oor musiek, sang en aanbidding!

Waarom is musiek en sang so belangrik?

Musiek doen iets met ons - dit is die krag van musiek.
Musiek kommunikeer iets aan ons - dit is die gawe van musiek.
Musiek bind ons saam, hou ons bymekaar en sal ons in die toekoms bymekaar hou - dit is die toekoms van musiek.

  • Wat dink jy van aanbidding?
  • Wat voel jy oor aanbidding?
  • Hoe lyk ’n lewe van aanbidding volgens jou?

Volgens ons teksgedeelte dink Paulus dat dit juis die manier is waardeur ons voortdurend deur die Gees vervul word. Het jy al ooit so daaroor gedink?

Worship is humble and glad, worship forgets itself in remembering God; worship celebrates the truth as God's truth, not its own. N. T. Wright.

6 Mei 2024

Psalm 43:4-5 (Die Boodskap)

4 Ek wil U aanbid, God. U maak my hart altyd bly. God, ek wil u Naam prys. U is my God! Ek loof U met musiekinstrumente. 5 Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Hy is my God.

Weet jy dat God wil hê dat jy gelukkig moet wees?

Meer as enige ander opdrag in die Bybel word ons die opdrag gegee om gelukkig te wees deur die Here te prys, dankbaar te wees, vreugde te ervaar en die Here se seën te ken en ervaar!

Dit is God se hart vir ons om vandag, hier en nou, diep en waarlik gelukkig te wees. Ons maak dikwels die fout om te dink en/of te glo dat dit eers eendag in die Hemel ’n realiteit sal wees, of dat ons eers waarlik gelukkig sal wees wanneer ons omstandighede verander.

Is jy gelukkig?

Aanbidding speel ’n baie belangrike rol in ons geluk. Ons gaan die res van die week saam hieroor leer!

Lees weer die teksgedeelte:

  • Wat staan vir jou uit?
  • Wat praat met jou hart vandag?

True worship doesn't put on a show or make a fuss; true worship isn't forced, isn't half-hearted, doesn't keep looking at its watch, doesn't worry what the person in the next pew is doing. True worship is open to God, adoring God, waiting for God, trusting God even in the dark. N.T. Wright

4 Mei 2024

1 Petrus 2:25
Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.

Om oor te gesels en te dink:
In tye van verwarring en onsekerheid, is daar 'n veilige skuiling vir ons: Jesus Christus, die Goeie Herder. Laat ons elke dag terugkeer na Hom en ons vertroue in Sy sorg en leiding stel. Hy is die enigste bron van ware vrede en veiligheid in hierdie wêreld.

Gebed:
Here, lei ons elke dag nader aan u, sodat ons rus en vrede mag vind in u sorg.Amen.

3 Mei 2024

1 Petrus 2:24
Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Om oor te gesels en te dink:
Ons moet die evangelie in alles wat ons doen uitbeeld, soos Jesus dit gedoen het. Jesus is die ‘Goeie Nuus’ en ons leer daarvan in sy lewe, sterwe en opstanding. As dissipels moet ons ook die ‘Goeie Nuus’ van Jesus in ons eie lewe vergestalt. Jesus se wonde het vir ons elkeen genesing gebring, daarom laat ons ook ‘n boodskap van hoop en genesing vir almal wat ons ontmoet bring.

Gebed.
Vader, laat ons optrede 'n helder lig wees in 'n donker wêreld, sodat almal om ons heen u liefde kan sien. Amen.

2 Mei 2024

1 Petrus 2:23
Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.

Om oor te gesels en te dink:
In tye van lyding en teenstand is dit dalk makliker om te praat van geloof, maar moeiliker om dit uit te leef. Laat ons dus in tye van stryd en pyn vasstaan in ons geloof en vrugte dra wat ons geloof bevestig. Ons het tydens bepekrte omstandighede en selfs lyding 'n lewendige geloof wat sienbare vrugte in ons lewens kan dra.

Gebed:
Here, gee ons die krag om standvastig te bly in ons geloof en dade, selfs wanneer ons ly. Amen.

1 Mei 2024

1 Petrus 2:22
Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons word geroep om Jesus se voorbeeld na te streef en in ons lewe in te oefen. Sy voorbeeld is een van geen sondes of leuens. Ons lewens moet 'n lopende getuienis wees van ons geloof in Jesus Christus. Laat ons dus elke dag leef met die bewussyn dat ons 'n getuienis is vir almal rondom ons, 'n spieël van God se werk in ons harte.

Gebed:
Vader, laat ons lewens getuig van u werk in ons, sodat ander u liefde kan sien deur ons optrede. Amen.

30 April 2024

1 Petrus 2:21
Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

Om oor te gesels en te dink:
Die woord 'volg' in hierdie teksvers kan vanuit die Grieks met 'stensel' vertaal word. In hierdie verbygaande wêreld word ons geroep om die voorbeeld van Jesus na te volg, soos 'n stensil wat 'n afdruk maak. Laat ons elke dag bewustelik optree as nagespeurde navolgers van Christus, wat Sy liefde en genade reflekteer.

'Gebed
Here, help ons om u voorbeeld na te volg in alles wat ons doen. Amen.

29 April 2024

1 Petrus 2:18-20
Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God.

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie teks praat van huisslawe in ‘n spesifieke konteks waar hulle nie noodwendig hul eie geloof kon kies nie. Dit is nie ‘n teks wat ons moet gebruik om uitbuiting te regverdig nie. Tog besef ons dat met beperkte omstandighede, soos die van die huisslawe, kan ons optrede 'n getuienis wees. 'n Getuienis van ons geloof en 'n spieël van God se liefde vir die wêreld. Laat ons dus elke dag doelbewus handel in liefde, ongeag ons omstandighede.

Gebed:
Here, help ons om in liefde te handel, selfs in die moeilikste omstandighede, sodat ons 'n getuienis kan wees van u liefde. Amen.

27 April 2024

Johannes 21:8-13
”Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.“

Om oor te gesels en te dink
Jesus nooi die dissipels om saam met Hom te kom eet. Die dissipels het besef dat dit Jesus is. Hulle het die uitnodiging aanvaar. Jesus eet hulle in die koninkryk in en vier saam met hulle fees. Jesus kom nie met ’n agenda nie. Hy maak die kos en dit herinner aan Johannes 6 waar Jesus sê dat Hy die brood van die lewe is.
Later vertel Johannes in Openbaring 3 dat Jesus by die deur staan en klop om met elkeen van ons ’n feesmaal te hou. Hy is die Here van oorvloed en Hy voorsien.
Moenie op die boot bly en dink dat jy nie goed genoeg is nie of dat Jesus iets teen jou hou nie. Soos Hy die dissipels aanvaar het, aanvaar Hy jou en nooi jou vir ete. Kom eet saam.

Gebed
Jesus, dankie dat U vir my wag en my nooi om saam met U te eet. Ek aanvaar graag die uitnodiging om saam met U fees te vier. Amen.

26 April 2024

Johannes 21:4-7
”Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie. Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?” “Nee,” antwoord hulle Hom. Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.” Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie. Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring.“

Om oor te gesels en te dink
Jesus verskyn aan die dissipels, maar hulle herken Hom nog nie. Soos in Lukas 5 vra Hy hulle of hulle al iets gevang het. Hulle sê nee en Jesus sê dat hulle die nette aan die anderkant moet uitgooi. Hulle het dit dadelik gedoen. Johannes, die geliefde dissipel, herken Jesus en sê dit vir Petrus. Petrus doen iets vreemds. Hy trek eers sy hemp aan en spring in die water. Dit is asof hy wil wegkruip vir Jesus. Hy het ook skielik besef dat Jesus leef en dit verander sy lewe.
Let op hoe Jesus amper onopsigtelik daar is en dat die dissipels hom later eers herken. Jesus dring Hom nie op aan hulle nie. Hy sien hulle raak en wag vir hulle. Jesus doen dieselfde vandag. Hy wag vir jou. Herken jy Hom? Moet iemand vir jou ook sê dat die Here by jou is, soos Johannes?

Gebed
Here Jesus, ek herken U nie altyd nie. Mag ek U vandag raak sien. Dankie dat U altyd daar is en vir my wag. Amen.


25 April 2024

Johannes 21:1-3
”Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Nog twee van Jesus se volgelinge wat op die boot was, was Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Hulle was bekend as “Bonarges” wat vertaal kan word as “seuns van die donder.”
Nie alleen wou hulle vuur uit die hemel af bid om mense uit te wis nie (Lukas 9:54), hulle wou ook op die beste plekke langs Jesus sit (Markus 10:35-45).
Ons kan ook hiermee identifiseer. Soms wil ons ook eerder vuur op mense afbid. Ons sukkel om ons woede in te hou. Ons wil ook die beste plekke vir ons uitkies. Ons wil graag die beste eerste hê. Tog hou Jesus dit nie teen hulle nie. Hy kyk verby dit en laat hulle toe om steeds Sy volgelinge te wees.
Hulle het uit moedeloosheid ook saam met Petrus gaan visvang. Hulle lewens sou radikaal verander omdat Jesus hulle in die boot raakgesien het. Jesus aanvaar hulle net soos hulle is, maar los hulle nie soos hulle is nie.

Gebed
Here Jesus, ek is ook soms soos Jakobus en Johannes. Ek dink net aan myself. Help my om U te volg en doen wat U vra. Amen.

24 April 2024

Johannes 21:1-3
”Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Nog een van Jesus se volgelinge wat op die boot is, is Natanael van Kana in Galilea. In Joh. 1:46 lees ons van Natanael wat skepties is oor Jesus en vra of daar iets goeds uit Nasaret kan kom. Jesus verwerp hom nie. Jesus het hom onder die vyeboom raak gesien en toe het Natanael Hom erken as die Seun van God. Jesus sê vir Natanael dat hy nog groter dinge sal sien en ook die hemel wat oop is. Natanael het Jesus begin volg en dit het waar geword. Hy het wonderwerke saam beleef. Hy het ook gewonder wat na die kruisiging sou gebeur. Jesus los hom nie en hy word ook genooi om saam met Jesus te kom eet.
Jesus sien ons ook raak, soos Hy Natanael raak sien. Al het Natanael vrae gehad, was hy welkom. Ons is ook altyd welkom by God omdat Hy ons raak sien.

Gebed
Here, dankie dat U my raak sien. Al het ek vrae, los U my nie. Dankie dat ek U kan lief hê. Amen.

23 April 2024

Johannes 21:1-3
”Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Johannes vertel ons dat Jesus na sy opstanding uit die dood aan mense verskyn. Sewe van die elf dissipels was bymekaar gewees. Hulle het gaan visvang omdat dit was wat hulle geken het en gedink het alles het tot ’n einde gekom. Hulle was saam in die boot toe Jesus aan hulle verskyn. Dis interessant om te lees wie almal daar saam was.
Saam met Simon Petrus was Tomas, wat ook Didimus genoem is. Tomas was die een wat in Joh 11:16 bereid was om sy lewe te verloor vir Jesus, maar het toe later sy geloof verloor. Tog het Jesus hom nie gelos nie. Jesus het hom in Joh 20:27-29 gehelp om sy geloof weer te vind, te midde van die twyfel.
Dalk kan jy ook vandag soos Tomas voel? Bring jou twyfel en vrae na Jesus toe. Hy sal jou nie verwerp nie.

Gebed
Here Jesus, soos U nooit vir Tomas gelos het nie, vra ek dat ek altyd na U sal kom met al my twyfel en vrae. Mag ek U liefde herontdek en beleef. Amen.

22 April 2024

Psalm 25:4-6
”Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting. Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het.“

Om oor te gesels en te dink
Ons is aan die begin van die week en Psalm 25:4-6 rig ons gedagtes. Jy kan vandag hierdie paar verse as gebed gebruik om jou dag en week aan die Here op te dra. Vra die Here om Sy wil aan jou bekend te maak en dat jy op Sy paaie sal stap. Gebruik die Bybel dat Sy waarheid jou lei en dat jy daaruit kan leer. Ons doen dit omdat ons God vertrou as ons Redder. Ons kan elke dag ons verwagting in Hom stel omdat Sy liefde en trou van altyd af nog daar was en sal wees in die toekoms.

  • Wat wil jy vandag vir die Here gee?
  • Wat is jou verwagting van die Here?

Gebed
Here, ek kom bid dat U U wil aan my sal bekend maak. Ek het U lief en stel my verwagting in U. Amen.

20 April 2024

Handelinge 3:19
19Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.

VRAE:

  • Wanneer mens van beter weet, is dit maklik om vergifnis te vra en om te keer. Wanneer mens steeds oortuig is dat jy reg is, is dit baie moeilik om te bekeer en tot inkeer te kom. Petrus is bewus daarvan. Daarom moedig hy die mense aan om tot inkeer te kom. Wanneer jy besef jy is verkeerd, vergifnis vra kan jou sondes dan ook uitgewis word.
  • Wanneer het jy tot bekering gekom? Waarvan het jy bekeer of tot inkeer gekom? Is dit iets wat jy al gedoen het? Is hierdie tema vir jou maklik of moeilik om oor te dink? Hoe voel dit om te bekeer? Hoe voel dit om vergifnis te vra? Hoe voel dit om vergewe te word? Hoe voel dit om nuut te lewe wanneer jy nou van beter weet?
  • Wanneer mens vergifnis ontvang het, is dit ook makliker om ‘n volgende keer vir ander vergifnis te gun. Dit is makliker want jy besef hoe diep jou nood en behoefte aan regmaak van die situasie is. Dit is veral waar wanneer jy afhanklik is van iemand wat niks hoef te vergewe of reg te maak nie. Het jy al ooit iemand anders se vergifnis benodig wat dit nie wou gee nie? Hoe het dit gevoel? Wat sou gebeur indien God jou so hanteer het?
  • Is daar iemand in jou lewe wat jy sukkel om te vergeef? Is jy besig om dit vir hulle moeiliker te maak om reg te maak dit wat hulle in onkunde gedoen het? Soms beteken vergifnis nie dat die verhouding voortgesit moet word nie, maar dit vra wel dat die verhouding vrygestel kan word. Ons het nodig om mekaar te vergewe sodat ons vry kan wees van die skuld en woede en bitterheid wat ons gereeld aan mekaar bind. Wie kan jy begin vergewe, sodat die verhouding vrygestel kan word?

GEBED
Here, dankie dat U ons, ons sondes vergewe, veral wanneer ons onkundig was in ons optredes. Soveel meer wanneer ons wetend foute gemaak het. Here, help ons om ook vergifnis aan ander te gun. Gee asb. vir ons die wil om mense te wil vergewe. Here, gee ons die gawe van vergifnis sodat ons vry kan wees van dit wat ons gevange gehou het. Here, vergeef ons asb. ons oortredinge en wis ons sondes uit.
Amen

19 April 2024

Handelinge 3:17-18
17“Nou weet ek, broers, dat julle net soos julle leiers in onkunde gehandel het. 18Tog het God reeds vroeër by monde van al die profete aangekondig dat die Christus sou ly. So het Hy dit nou laat gebeur.

VRAE:

  • In die verse vandag, sien ons hoe die mense bewus gemaak word daarvan dat hulle verkeerd was oor Jesus. Hulle het Hom laat doodmaak, toe hulle om eerder moes erken as die seun van die lewende God. Hulle het Hom gekruisig toe hulle ‘n moordenaar vrygestel het. Ons sien ook dat dit in lyn was met wat oor Jesus geprofeteer is in Jesaja 53.
  • Was jy al ooit verkeerd? Hoe het dit gevoel? Ons antwoord gewoonlik die vraag van hoe het dit gevoel toe jy ontdek het jy is verkeerd. Terwyl ons net verkeerd is en nog nie daarvan bewus is nie, voel dit baie soos om reg te wees. Ons is oortuig dat wat ons doen die regte ding is om te doen. Dit is eers wanneer ons van beter weet dat ons kan begryp ons was verkeerd.
  • Wat sou gebeur as jy verkeerd is oor ‘n klomp dinge, maar eers by God later sou hoor dat jy verkeerd was? Sou jy kon jammer sê, die saak regstel indien jy leer dat jy verkeerd was? Selfs as dit handel oor een van jou diepste oortuigings? Deel nou eerlik jou hart met die Here.
  • Hoe handel jy met mense wat jy oortuig is verkeerd is? Hoe help dit hulle om te ontdek dat hulle verkeerd is? Hoe kan julle spasie skep om in gesprek deel te neem sonder dat iemand verdedigend of aanvallig is? Met watter houding moet jy na die gesprek toe gaan? Vra dat God jou sal wys wat die regte ding is om te doen.

Gebed:
Here, daar was al tye in my lewe wat ek oortuig was ek doen die regte ding. En dit het so reg gevoel. Here, toe ek ontdek dat ek verkeerd doen, was dit vir my baie swaar om te

erken. Ek sukkel daarmee om nie reg te wees nie, om foute te maak. Here, help my asb. daarmee om oopkop genoeg te wees, om ruimte te los dat ek moontlik verkeerd mag wees. Here, gee vir my ‘n leerbare hart. Here, help my om slegs op U alleen te staan. Dat ek nie op enige ander opinie, oortuiging of gedagte sal staatmaak as U nie.
Amen

18 April 2024

Handelinge 3:16
16Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal.

VRAE:

  • Petrus gebruik die mense se eie belewenis om te getuig van dit wat God doen. Hy weet dat die mense met hulle eie oë gesien het en met hulle eie ore gehoor het. Hulle kan nie daarvan wegdraai of dit ontken nie. Die getuienis is voor hulle, en hulle moet self erken dat dit wat God doen lewens verander.
  • Waar in jou lewe het jy al getuienis gehad van dit wat God doen? Dalk is dit in die lewe van ‘n ander gelowige wat jy nie kan ontken nie? Jy kan sien, hoor en beleef hoe God werk. Deel jou ervaring met die Here.
  • Dalk het God al in jou eie lewe gewerk tot so ‘n mate dat jy nie onseker kan wees nie. Dit wat God gedoen het, kan nie deur jou eie werke en inspanning verduidelik word nie. Waar het God jou al ontmoet en jou oortuig deur dit wat jy self waargeneem het?
  • Hoe deel jy dit wat jy sien, hoor en van oortuig is met ander wat nog nie dieselfde belewenis gehad het nie? Hoe is jy besig om te vertel van dit wat jy beleef het, sodat ander ook vir God kan ontmoet en in verhouding met Hom kan begin leef?

GEBED:
Here, ek het U al raakgesien in die lewens van ander om my. Ek het U al beleef in my eie lewe. Dankie Here dat U steeds vandag werk en beweeg. Here, gebruik asb. my lewe om ook vir ander te oortuig dat U groot is. Here, ek prys U naam vir die wonderbaarlike manier waarop U werk.
Amen

17 April 2024

Handelinge 3:12
12Toe Petrus dit sien, het hy hulle toegespreek: “Israeliete, hoekom is julle hieroor verbaas? Wat staar julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of vroomheid gemaak het dat hierdie man loop?

VRAE:

  • Petrus vra vir die Israeliete waarom hulle so verbaas is dat die man wat hulle almal geken en gereeld gesien het, gesond gemaak is. Die mense was verbaas daaroor en het bespiegel hoe dit moontlik was dat hy gesond gemaak is. “Was dit moontlik die dissipels wat nuwe bonatuurlike kragte ontvang het?”, “Was dit moontlik dat Jesus se kragte nou in die dissipels geleef het?”, “Was die man skielik baie gelowig en het hy die wette begin hou, sodat hy op hierdie manier genees is?”
  • Petrus verduidelik vir hulle in wie se krag die man genees is. Hy is genees omdat Jesus dit so wou hê. In Jesus se naam is enige iets moontlik. Hy alleen het die krag om dit te doen.
  • Is daar iets in jou lewe, waaroor jy wonder? Is daar ‘n probleem wat jy al van al die kante af bekyk het, en net nie weet hoe om dit op te los nie? Het jy al probeer om dit op elke manier moontlik weg te kry? Deel jou hart met die Here.
  • Het jy al in die verlede beleef dat Jesus ‘n situasie in jou lewe oplos? Het jy al jou huidige probleem na God geneem en vir Hom gevra om die oplossing te bied? Het jy Hom al genoeg vertrou dat Hy dit vir jou sal kan doen?

GEBED:
Here, ek weet U is magtig genoeg om enige probleem of situasie wat ek mag beleef kan oplos. Here, help my om U weer ‘n keer te vertrou vir dit wat tans in my lewe en hart aangaan op te los. Here, ek sukkel so baie daarmee. Here, help my om vrede te beleef, terwyl U die oplossing bring.
Amen

16 April 2024

Handelinge 3:14
Hy was heilig en opreg, maar júlle het Hom verwerp en gevra dat daar vir julle 'n moordenaar begenadig moet word.

VRAE:

  • Hierdie vers herinner sterk aan Jesaja 53. Vers na vers sou mens kon glo dit is oor Jesus en sy ervaring voor die kruisiging geskryf. Die hoofstuk begin ook met die vers: “Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?” Petrus is besig om die Israeliete aan te spreek. Mense wat hierdie teksgedeelte goed sou ken. Hy is besig om vir hulle te wys hoe Jesus die antwoord was op wie die Messias is.
  • Jesus het gekom om soveel verskillende beloftes van die Ou Testament te vervul. Waarom glo jy is Jesus die vervulling van die Ou Testament? Wat het jou oorspronklik oortuig om Hom te begin volg? Waarom het die goeie nuus van Jesus jou oortuig dat Hy die enigste antwoord is? Deel jou hart met die Here.
  • Watter gedeelte van die Christus verhaal dink jy honger mense die meeste voor? Wat het mense vandag nodig om in Christus te begin glo? Waarom is daardie element van ons geloof so oortuigend vir mense wat moed verloor het en soekend is?
  • Hoe sou jy die goeie nuus van Jesus met mense deel wat na Hom soek?

GEBED:
Here, dankie dat daar ‘n persoon in my lewe was wat vir my die goeie nuus van Jesus met my gedeel het. Here, ek weet die wêreld honger en dors na U, al is hulle self nog nie daarvan bewus nie. Here, help my om die goeie nuus te deel. Here, help my met die regte woorde om vir hulle te vertel hoe Jesus die antwoord op elke probleem in hulle lewens is. Dankie Here, dat U, U beloftes aan die wêreld kom vervul het.
Amen

15 April 2024

Handelinge 3:13
_ 13Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het aan Jesus, sy Dienaar, goddelike eer gegee – aan Hom vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het toe hy beslis het dat Hy vrygelaat moes word._

VRAE:

  • Hierdie gedeelte in Handelinge wat Lukas aanhaal kom vanuit Eksodus 3. Dit is waar God aan Moses verskyn en hom die taak gee om die Israeliete vry te maak. Petrus gebruik dieselfde woorde om die Israeliete weer vry te maak. Hierdie keer van hulle eie onkunde. Hy wil hulle vrymaak van die gedagte dat hulle al die reëls volg en dan gered sal word. Hy wil hulle verduidelik dat die enigste ding wat werklik vrymaak is juis geloof in die een wat hulle gekruisig het.
  • Vir Moses het dit geklink soos ‘n taak waarin hy nie suksesvol sal kan wees nie. Moontlik het Petrus ook gevoel asof hy nie veel mense sal kan oorreed van hulle onkunde nie. Tog stop dit nie een van die twee volgelinge nie. Moses gaan na Farao. Petrus verkondig aan almal wat hy kan. Die rede hiervoor is dat dit nie gaan oor die een wat die boodskap bring nie, maar oor die een waaroor die boodskap handel, God.
  • Die God wat van die begin af geskep en in stand gehou het, wil vandag ook jou ontmoet. Is daar ‘n area in jou lewe of jou geloof waar jy dink jy het al die antwoorde, net soos die Israeliete? Indien iemand na jou toe sou kom met ‘n boodskap van die Here af, sou jy kon luister en die boodskap eerlik oorweeg? Of is jy oortuig dat jy al die antwoorde het en die waarheid besit? Deel jou hart met die Here.
  • Soms is ons so besig om aan reëls, dogma of oortuigings vas te hou dat daar nie spasie is vir God om ons van iets nuut te oortuig nie. Kan jy meer los aan hierdie reëls, dogmas en oortuigings vashou om spasie te maak dat God dalk vir jou iets nuut wil leer? Wat sal vir jou die moeilikste wees om van oortuig te word, as dit kom by geloof? Waarom? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek is soms so oortuig dat ek presies weet, reg glo en dink en niks van iemand anders af benodig om meer getrou te wees in my geloof nie. Here, indien ek nie reg is in hierdie verband nie, het ek nodig dat U my sal help om ligter vas te hou aan my eie opinies en oortuigings. Here, help my om leerbaar te wees. Help my om oopkop genoeg te wees dat ek U stem en leiding te kan aanvaar. Here, help my om te besef dat ek nie alles wees nie en slegs aan U hand moet vashou, nie my gedagtes of oortuigings nie.
Amen

13 April 2024

Johannes 20:28-31
28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” 29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” 30Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. 31Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

VRAE:

  • Dit gebeur so gereeld dat ons ‘n opmerking verkeerd op neem. Jesus sê hier vir sy dissipels dat die wat glo sonder om te sien gelukkig is, geseën is. So baie mense neem dit as ‘n opmerking dat die mense wat glo sonder om te twyfel beter is as ander wat soms sukkel om te glo, some bewys benodig, soms antwoorde nodig het. Dit is glad nie die geval nie. Jesus sê slegs dat die mense wat kan glo sonder om te glo gelukkig is, geseën is, omdat dit vir hulle maklik of natuurlik kom. Dat hulle kan vreugde vind daarin dat hulle nie so sukkel of swaarkry om te glo nie.
  • Kom geloof vir jou maklik? Is dit vir jou maklik om die tree in geloof te gee voordat jy weet hoe dit gaan uitwerk of uitspeel? Is dit maklik vir jou om te vertrou, selfs al is daar geen bewyse dat dit gaan uitwerk nie? Deel dit met die Here. En wees dankbaar dat dit vir jou so maklik kom.
  • Kom geloof vir jou moeilik? Is dit moeilik om te vertrou sonder dat jy weet hoe dit gaan uitwerk? Is dit vir jou moeilik om ‘n tree te neem as jy nie al die bewyse of antwoorde het nie? Deel dit met die Here. Weet dat Jesus geduld en genade met jou het. Dat Hy vir jou op die regte tye gaan gee wat jy nodig het, maar dat jy intussen steeds op die regte plek moet wees en kies om oop te wees sodat jy God se handelinge kan sien.
  • Hoe sou jy vandag ‘n tree in geloof kan neem, ten spyte van die feit dat dit vir jou moeilik is om te glo? Wat is die eerste tree?

GEBED
Here, ek wil vir U dankie sê wanneer geloof vir my maklik kom. Dankie dat ek U so maklik kan vertrou. Dankie dat ek so maklik kan oorgee en weet dat ek veilig is in U hande. Here, ek bid vandag vir elkeen wat daarmee sukkel. Here, ek vra dat U vir elkeen wat sukkel op die regte tyd sal gee wat hulle benodig om totaal en al uitverkoop te wees aan U. Dankie dat U ook met hulle genade het en vir hulle lief is.
Amen

12 April 2024

Johannes 20:27-28

_ Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!”_

VRAE:

  • Wanneer Tomas daarop aandring om die merke in Jesus se hande te sien, voordat hy kan glo, klink hy net soos baie mense vandag. Dit is moeilik om te glo in dit wat ons nie feite of antwoorde voor het nie. Die feit dat mens twyfel is menslik. En as ons Jesus se reaksie daarop sien, kan ons glo dat God ook genade daarvoor het. Twyfel is nie die teenoorgestelde van geloof nie. Ongeloof is. Twyfel is ‘n soeke na God, ‘n behoefte om te glo, veral wanneer dit moeilik is.
  • Jesus gee vir Tomas wat hy nodig het. Tomas was op die regte plek en steeds besig met die behoefte om te wil glo, saam met al die ander dissipels. Jesus wys vir Tomas wat hy nodig het om te kan glo.
  • Is daar iets in jou geloof waarmee jy sukkel? Is daar twyfel in jou hart oor iets wat vir ander dalk baie makliker kom? Deel dit met God vandag.
  • Jesus wil vir jou gee wat jy nodig het om te glo. Hy wil vir jou die geleentheid gee om in Hom te glo. Dit vra wel dat jy op die regte plek is en jou behoefte om te wil glo uitleef voor God. Maak jy tyd om by die byeenkomste van gelowiges te wees? Spandeer jy tyd in God se Woord? Is jy besig om jou o en hart oop te h vir God se beweging in die wêreld? Is jy leerbaar en ontvanklik? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek wil so graag glo, maar dit is vir my so moeilik. Ek het antwoorde nodig Here. Here, gee my die wil om te wil glo. Here, gee dan ook vir my die antwoorde wat ek benodig om die glo proses makliker te maak. Here, help my om nooit op te hou soek na U nie. Here, ek het eintlik ‘n diep behoefte om totaal en al te glo en vertrou. Here, skenk my asb. die gawe van geloof.
Amen

11 April 2024

Johannes 20:22-23

Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.”

VRAE:

  • Nadat Jesus die eerste keer aan die dissipels verskyn gee Hy aan hulle die Heilige Gees. Sy In dieselfde asem sê vir hulle om mense hulle sondes te vergewe. Dit gee ons die idee dat vergifnis ‘n geloof praktyk is. Dit is ook interessant dat Jesus hulle sê om mense te vergewe wanneer Judas nie onder hulle is nie. Mens sou nie die dissipels kwalik neem as hulle Judas uitgestoot het, verwerp het en buitengewoon kwaad vir hom was nie. Mens sou selfs verstaan as hulle onder mekaar besig was om blaam rond te skuif. As die een hom nie verloën het nie, die ander nie vinniger opgetree het nie, een meer beskermend moes wees, ens. Mens sou selfs verstaan as hulle, hulleself kwalik geneem het vir hulle eie aandeel in die hele kruis gebeure.
  • Is daar iemand vir wie jy kwaad is, uitstoot en kwalik neem? Is jy besig om hulle vyandig te hanteer en selfs aktief teenstaan? Hoe sou Jesus se woorde vanoggend jou aanspreek? Wat hoor jy? Wat dink jy verwag Jesus vandag van jou?
  • Is daar medegelowiges of huishouding lede wat jy beskuldig, vinger wys of op neerkyk? Hoe sou Jesus se woorde vanoggend jou aanspreek? Wat hoor jy? Wat dink jy verwag Jesus van jou vandag?
  • Is daar iets in jouself wat jy jouself oor nie kan vergewe nie? Wat sou Jesus se woorde vanoggend vir jou daaroor sê? Wat hoor jy? Wat dink jy verwag Jesus van jou vandag?

GEBED:
Here, daar is mense ver en naby wat ek nog nie vergewe het nie. Here, soms besef ek die persoon wat ek nie kan vergewe nie kyk vir my in die spieël. Here, gee my asb. die wil om te wil vergewe. Here, help my asb. om te begin vergewe. Here, help my asb. om totaal te vergewe. Here, vergewe ook asb. vir my.
Amen

10 April 2024

Johannes 20:26
26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!”

VRAE:

  • Wanneer Jesus aan sy dissipels verskyn is Sy eerste woorde aan hulle: “Vrede vir julle.” Jesus weet van die storms wat binne die dissipels en om hulle woed. Jesus bring vrede. Vrede van dit wat binne jou, jou ontstel en opwerk. Vrede vir die situasie waarin jy is en vir die omstandighede wat om jou plaasvind. Vrede vir verhoudings waarin jy jouself bevind.
  • Beleef jy tans ontwrigting en omstandighede wat nie so vredevol vir jou voel nie. Omstandighede wat eintlik nogal baie stormagtig is? Deel jou hart met die Here. Wat is die storms wat binne jou, om jou en in verhoudings met ander teenwoordig is?
  • Vrede beteken nie noodwendig omstandighede om jou wat kalm en sonder chaos is nie. Wat Jesus wel vir sy dissipels en vir ons bring is vrede wat jou kalm maak selfs wanneer die omstandighede woed. Kyk na die prentjie. In die rots hange is daar ‘n voëltjie wat op haar eiers sit en vrede beleef, ten spyte van die storms wat op die rotse woed. Sy beleef vrede want sy weet sy word versorg. Het jy al hierdie tipe vrede beleef? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, ek smag na die tipe vrede waar ek kalm en rustig kan wees, want ek weet ek kan op U vertrou. Here, dit is soms so moeilik vir my. Ek weet nie hoe om dit te doen nie. Here, help my om te begin vertrou. Here, help my om die wil te hê, om te wil vertrou. Here, ek weet U gee my vrede. Help my asb. Om dit te begin beleef en nie meer so baie op my eie vermoë te vertrou nie.
Amen

9 April 2024

Johannes 20:24
24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie.

VRAE:

  • Volgens die Johannes evangelie was die dissipels na Jesus se dood, almal baie bang. Hulle was in ‘n kamer bymekaar toe Jesus aan hulle verskyn het. Ons leer egter deur die verhaal in Johannes 20 dat net 10 van hulle bymekaar was. Judas en Tomas was nie saam met hulle nie. Wanneer die dissipels vir hom vertel dat Jesus opgestaan het, kon hy dit nie glo tot hy self die merke van Jesus se hande en sy sien nie.
  • Was jy al in situasies waar mense teenoor jou getuig het van wonderwerke en groot gebeure waar hulle Jesus beleef het, maar jy nie dit kan glo nie, omdat jy nie self daar was nie? Dink na oor die gebeure. Wie het vir jou vertel van hulle belewenis? Waarom was hulle so oortuig van die Here se werk? Waarom is dit vir jou moeilik om hulle woord daarvoor te neem?
  • Voel dit vir jou soms asof jy nie op die regte plek is om God se wonderwerke en teenwoordigheid te beleef nie? Waar is jy in jou lewe? In watter spasies beweeg jy? Tomas was 8 dae later saam met die ander dissipels toe Jesus weer aan hulle verskyn het. Dalk is dit nodig dat jy meer saam met ander gelowiges bymekaar kom om God se teenwoordigheid te beleef?
  • Tomas het nie geglo aanvanklik nie, tog het hy steeds saam met sy gemeenskap van heiliges bymekaar gekom. Hy het steeds getrou gebly in sy handelinge voordat hy oortuig geword het met die feite wat hy nodig gehad het. Hoe kan jy jou handelinge aanpas of gebruik om getrou te wees, voordat jy al die feite vind wat jy benodig?

GEBED:
Here, some beweeg ek in spasies waar ek nie U teenwoordigheid beleef nie. Ek is nie altyd getrou in my handelinge as dit kom by die praktiese uitleef van my geloof nie. Here, help my asb. om op die regte plekke te wees sodat ek U teenwoordigheid kan beleef. Here, help my asb. Om solank in geloof te gaan na die plekke waar U reeds werksaam is. Here, help my om ook te beleef dit wat ander so maklik beleef, U teenwoordigheid en werke.
Amen

8 April 2024

Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”

VRAE:

  • Die gebeure van Paasfees is soms moelik vir mense om te verstaan, wat nog gesê van te glo. Vir sommige kom geloof veel moeiliker as vir ander. Dalk is jy een van die mense wat daarmee sukkel. Dalk het jy talle vrae en soek jy bewyse vir die dinge wat geloof jou vra om te glo. In vandag se gedeelte is dit ook Thomas se uitdaging. Thomas hoor by die ander dissipels dat Jesus opgestaan het en aan hulle verskyn het. Maar dit is so ver buite sy raamwerk dat hy eers bewyse soek om dit te verifieer.
  • Watter vrae leef daar in jou aangaande geloof? Het jy al jou vrae gedeel? Het jy al met die Here gepraat oor die vrae wat binne jou leef? Deel vanoggend alles waaroor jy wonder en meer inligting benodig, met die Here.
  • Ken jy mense wat vrae het oor geloof? Weet jy nie wat om te antwoord nie? Soms is dit moeilik om mense met vrae te sien sukkel. Ons wil vinnige en maklike antwoorde gee sodat hulle ook net kan glo of ten minste nie so twyfel nie. Wat sou gebeur as jy nie vir hulle antwoorde probeer gee nie? Wat sou gebeur as jy vir God vra om vir hulle antwoorde te bring? Wat sou gebeur as jy saam met hulle eerder bid vir antwoorde, sodat hulle geleentheid het om saam met God in verhouding te kan groei terwyl hulle vir die antwoorde vir hulle vrae soek?
  • In plaas daarvan dat jy vandag die twyfel probeer wegstoot of antwoorde op jou eie vind, neem die tree in geloof om vir God te vra vir die antwoorde wat jy benodig. Dit is ‘n moeilike tree, maar dit is ook geloof. In die soek saam met God, gee Hy dalk vir jou presies wat jy benodig. En die reis na die antwoorde is juis waar verhouding gevorm word.

Gebed:
Here, daar is so baie wat ek nie altyd verstaan nie. Ek wil antwoorde hê wat ek nie tans het nie. Here, help my met dit waaroor ek twyfel. Here, help my om die antwoorde te vind wat ek benodig. Here, help my om te begin glo. Here, help my.
Amen

6 April 2024

Filippense 3:10-11
”Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.“

Om oor te gesels en te dink
Het jy ‘n wens of begeerte vir jou geloofspad? Paulus spreek sy wens en doel uit. Hy wil graag drie dinge ervaar. Hy wil Christus meer en meer leer ken (ontdek). Hy wil die krag (dinamika) van Jesus se opstanding omdervind. Hy wil ook deel in Jesus se lyding (gemeenskap ervaar) om aan Hom gelyk te word in sy dood. Hy wil leef uit die verwagting dat hy sal deel in die opstanding uit die dood.
Kon ons leer by Paulus om ook meer gefokus Christus te ontdek en te leef. Dit is immers on geloofsfamilie se droom. Ons het pas die Paasgebeure beleef en ons kan nie anders as om nuut na Christus te kyk nie.
Paulus het juis net in Filippense 2:5-9 verduidelik dat Jesus Homself verneder het om mens te word en lyding te ervaar, sodat ons kan lewe.
Mag jy Christus ook net nog meer en meer leer ken en die krag van die opstanding ervaar.

Gebed
Here Jesus, my begeerte is om U meer te ken. Mag ek die krag van die opstanding in my lewe ervaar. Amen.

5 April 2024

Hebreërs 12:2
”die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.“

Om oor te gesels en te dink
Jesus is nie alleen die Begin en Voleinder van ons geloof nie, maar Hy het sy lewe as voorbeeld vir ons kom gee. Hy was bereid om die kruis te verduur. Hy het Homself verneder deur mens te word en in ons plek te kom sterf. Hy het nie vir die skande van hierdie vernedering terug gedeins nie. Hy het die vreugde om saam met ons in God se koninkryk te wees voor oë gehad. Hy sit nou aan die regterhand van God van waar Hy saam met die Vader regeer.
Al het mense Hom verguis en vyandig hanteer, het dit Hom nie afgegwing van die pad wat Hy gestap het nie.
Laat ons geïnspireer word om ook ons oog op Jesus te bly hou. Hy het die pad voor ons uitgestap, sodat ons eendag saam met Hom by Hom kan wees.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U bereid was om die pad van vernedering vir my te stap. Ek wil my oog op U hou en agter U aan bly stap. Amen.

4 April 2024

Hebreërs 12:1-2a
”Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”

Om oor te gesels en te dink
Hebreërs herinner ons op die regte dinge te fokus. Ons is nie alleen nie. Ons het medegelowiges en is deel van ’n geloofsfamilie wat ons kan kan en moet help om ons laste af te gooi en dat sonde ons nie maklik verstrik nie. Ons moet nie moedeloos word op ons geloofspad nie. Ons moet ons oë op Jesus hou. Hy is die Begin en Voleinder van ons geloof. Dit is amper te groots om in woorde te beskryf. Die Boodskap vertaal dit as: “Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees.”
Hou Jesus vandag voor oë met die wete dat jy nie alleen die pad stap nie.

Gebed
Here Jesus, U is die Begin en Voleinder van my geloof. Ek wil my oog op U gefokus hou. Dankie dat ek nie alleen is nie. Amen.

3 April 2024

Markus 16:8
”Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.“

Om oor te gesels en te dink
Markus beskryf vir ons die reaksie van die vroue. Hulle was die eerste getuies van die opstanding. Hulle was bang, want hulle het gedink dat niemand hulle gaan glo nie. Die Afr2020 vertaling stel dit treffend: “want bewing en verbystering het hulle beetgepak. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang.“
Hulle het hierdie dubbele emosie beleef van vrees en bewing, maar in ’n positiewe sin. Hulle was verbysterd oor wat hulle beleef het. Hulle het besef dat Jesus leef en nie meer daar is nie. Hulle het probeer sin maak, terwyl hulle terug gegaan het om dit vir die ander dissipels te vertel.
Die Markus-evangelie eindig hier met die woorde: “want hulle was bang”. Rou en eerlik. Ons kan juis hiermee identifiseer. Ons verstaan nie alles nie en kan erken dat ons ook bang is. Ons is verbysterd oor die opstanding en ontdek elke dag nog wat dit beteken dat Jesus opgestaan het. Laat ons verwonderd bly oor Jesus wat opgestaan het.

Gebed
Here Jesus, ek is soms bang, want ek verstaan nie alles nie. Maar ek wil in verwondering bly. Dankie dat U leef en alles vir my moontlik maak. Amen.

2 April 2024

Markus 16:6-7
”“Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”“

Om oor te gesels en te dink
Die engel ontmoet die vroue by die graf en sê vir hulle dat Jesus opgestaan het, soos wat Hy voorspel het. Hy is nie meer daar nie, maar hulle kry die opdrag om nou getuies te wees van hierdie goeie nuus.
Hulle moet dit vir Jesus se dissipels gaan vertel, maar in besonder vir Petrus. Petrus word genoem om aan te toon dat Jesus nie sy rug op hom gekeer het nie, al het Petrus Hom verloën. Jesus was nog nie klaar met Petrus nie.
Verder kry hulle die belofte dat Jesus hulle sal vooruitgaan en hulle weer in Galilea ontmoet.
Ons kan met Petrus identifiseer. Ons kan dink dat ons nie meer Jesus se liefde waardig is nie. Tog hou Jesus dit nie teen Petrus nie en sluit hom steeds in. Jesus se liefde is groter as ons tekortkominge.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U altyd kans sien om weer met ons ‘n pad te stap, soos met Petrus. Dankie dat U opgestaan het en U liefde só kom wys het. Amen.

1 April 2024

Markus 16:2-6
”Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?” Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle 'n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.“

Om oor te gesels en te dink
Ons vier die Opstanding van Jesus. Hy leef! Die grootste wonder van alle tye het plaasgevind. Niemand het verwag dat dit gaan gebeur nie. Tog het Jesus die dood oorwin. Die doderyk kon Hom nie vashou nie.
Wanneer die vroue na die graf toe gaan, was hulle verward. Hulle kom by ’n oop graf en hulle word begroet met die woorde dat hulle nie bang moet wees nie. Skielik het alles verander. Nie net hulle lewens nie, maar ook ons elkeen wat Jesus aanbid. Hy is uit die dood opgewek vir ons elkeen, as God se grootste geskenk aan ons elkeen.
Wanneer ons besef dat Hy vir ons opgestaan het, leef ons anders. Ons kan ’n WOW-lewe lei:

  • W - Waaroor wonder ek?
  • O - Wat kan ek ontdek?
  • W - Waar sien ek God raak?

Gebed
Here Jesus, U lewe! U het vir ons elkeen die lewe gegee toe U opgestaan het. Ek wil U volg. Amen.

28 Maart 2024

Markus 11:15-17
“Hulle kom toe in Jerusalem aan. Jesus het na die tempel toe gegaan en die mense wat op die tempelplein besig was om te koop en te verkoop, daar begin uitjaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi. En Hy het niemand toegelaat om goed oor die tempelplein te dra nie. Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus tree vir God se eer op. Die geldwisselaars het die mense uitgebuit deur die wisselkoers baie hoog te maak en die handelaars het buitensporige pryse gevra. Dit was vir die mense moeilik om vrylik te kom aanbid. Jesus spreek hulle aan en sê dat hulle mense keer om God te aanbid.
Jesus fokus op gebed en dat dit belangrik is dat ons God sal aanbid. Jesus verduidelik verder in Markus 11:22-25 dat gebed oor die regte gesindheid gaan. Ons moet God in gebed vertrou want by Hom is alles moontlik.
Kom ons maak erns met ons gebedslewe voor God. Hy ken ons harte en weet wat ons nodig het. Mag jy in hierdie Heilige Week Jesus opnuut ontdek en leef.

Gebed
Here, dankie dat ek kan bid. Ek dink aan die lydingspad wat U gestap het. Ek vertrou U en stap agter U aan. Amen.

27 Maart 2024

Markus 11:12-14
“Toe hulle die volgende dag van Betanië af terugkom, het Jesus honger gekry. Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” Sy dissipels het dit gehoor.”

Om oor te gesels en te dink
Hierdie verhaal oor die vyeboom voel uit plek uit. Tog ontdek ons dat Jesus dit as ’n beeld vir die mense gebruik wat Hom nie dien nie. Soos die vyeboom lyk of dit vrugte het, maar nie dra nie, so is die mense wat sê dat hulle glo, maar hulle lewens wys dit nie.
Nie alleen is dit waar van die volk nie, maar ook van die geestelike leiers wat die mense nie reg lei nie. Hierna volg die reiniging van die die tempel.
Ons moet onsself gereeld afvra of dit nie ook soms waar is van ons nie. Ons maak nie altyd erns met ons geloof nie en leef met die skyn van godsdiens. Geloof is om God te vertrou. Godsdiens is om dinge te doen wat ons dink God van sal hou.
Kom ons fokus op geloof in plaas van godsdiens.

Gebed
Here Jesus, ek wil graag vrug dra en U met alles vertrou. Ek wil nie ’n skyngeloof hê nie, maar doen wat U wil. Amen.

26 Maart 2024

Markus 11:7-11
“Hulle bring toe die donkie na Jesus toe en sit van hulle klere op hom, en Jesus het opgeklim. Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi en party weer groen takkies wat hulle langs die pad afgebreek het. Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is! Prys Hom in die hoogste hemel!” Jesus het in Jerusalem na die tempel toe gegaan en alles daar bekyk. Dit was al laat middag toe Hy en die twaalf weer na Betanië toe gegaan het.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus se intog in Jerusalem word aanvanklik goed ontvang. Die skare is opgewonde en bring eer aan Hom, want hulle verwag dat Jesus uiteindelik gaan doen waarna hulle so uitgesien het. Hulle verwag dat Jesus ’n verandering in hulle omstandighede gaan bring. Tog is dit nie wat Jesus doen nie. Hy doen dit in gehoorsaamheid aan Sy Vader. Hy stap die lydingspad, wat net Hy van geweet het.
Ons is party maal ook soos die skare. Ons roep ook uit: “Hosanna! Prys Hom! Loof Hom!” wanneer ons wil hê dat Jesus aan ons verwagtinge moet voldoen. As dit nie uitwerk soos ons dit voorsien nie, wil ons ook soos die skare later uitroep: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”
Wat is jou verwagting van Jesus? Moet Hy net doen wat jy dink of kan jy die lydingspad saam Hom stap, as dinge nie altyd is soos wat jy dink dit moet wees nie.

Gebed
Here Jesus, ek wil met ’n opregte hart uitroep: “Hosanna” en U eer as die Een wat gekom het vir my. Dankie dat U hierdie pad kom stap het. Amen.

25 Maart 2024

Sagaria 9:9
”Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.“

Om oor te gesels en te dink
Ons vier die Heilige Week waar ons saam na dink oor Jesus wat gekom het om te ly en te sterf, soos wat Hy vooruit vir Sy dissipels gesê het. Die Ou Testament word aangehaal as bewys dat Jesus se intog nie met ‘n groot magsvertoon saam gaan nie, maar ‘n nederige intog. Markus vertel dat Jesus twee van sy dissipels gevra het om ‘n donkie te gaan haal, sodat Hy die intog kon begin.
Jesus se manier van doen is anders as die regeerders van daardie tyd. Alhoewel die mense ’n politieke leier verwag het wat hulle gaan help om die Romeinse regering om te keer, het Jesus gekom om te kom dien. Markus 10:45 bevestig dit: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
Jesus was bereid om hierdie nederige moeilike pad ter wille van ons elkeen te stap, ook vir jou.

Gebed
Jesus, dankie dat U gekies om na my toe te kom. Dankie dat U U lewe kom gee het, ter wille van my. Ek kan nie anders as om dankbaarheid te lewe nie. Amen.

23 Maart 2024

Daniël 6:11-16 (2020 Vertaling)
11 Toe Daniël te wete kom dat die bevelskrif geskryf is, het hy sy huis binnegegaan. Hy het in sy bovertrek oop vensters gehad in die rigting van Jerusalem; en hy het drie keer op 'n dag daar op sy knieë gegaan, gebid en voor sy God lof uitgespreek, soos hy voorheen gedoen het. 12Daardie manne het toe ingestorm en Daniël biddend en smekend voor sy God gekry. 13 Daarna het hulle voor die koning verskyn en met hom gepraat oor die koninklike verbod: “Het u nie 'n verbod op skrif gestel dat enigiemand wat vir dertig dae 'n bede rig tot enige god of mens behalwe tot u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie?” Die koning het geantwoord en gesê: “Die saak staan vas as 'n wet van Mede en Perse, wat nie herroep mag word nie.” 14Toe antwoord hulle en sê vir die koning: “Daniël, een van die ballinge van Juda, steur hom nie aan u, o koning, of aan die verbod wat u op skrif gestel het nie, maar drie keer op 'n dag rig hy sy bede tot sy God. ” 15 Toe die koning dít hoor, was hy erg ontsteld, en het hy sy bes gedoen om Daniël te red. Tot sononder het hy hom beywer om hom te bevry. 16 Daardie manne het ingestorm by die koning en vir die koning gesê: “Onthou, o koning, dat dit 'n wet van Mede en Perse is dat elke verbod en verordening wat die koning uitgevaardig het, nie verander mag word nie.”

VRAE:

  • In vandag se gedeelte sien ons hoe Daniël steeds God eer en aanbid, ten spyte van die moontlike gevaar om hom. Ons sien ook hoe hierdie aksie hom tog in gevaar plaas en moontlik sy lewe kan kos. Tog kies Daniël om getrou voor die Here te kniel.
  • Ons dien die Here in ‘n land waar ons vry is om so te maak. Tog is daar geleenthede waar ons moontlik skaam kan wees om God te dien. Daar kan geleenthede wees waas dit nie die populêre ding is om te doen nie. Wat maak jy in daardie omstandighede? Dien jy steeds die Here, kniel jy steeds voor Hom? Of kies jy om jou geloof geheim te hou en weg te steek? Waar is daar voorbeelde in jou lewe van dit wat jy sê jy doen?
  • Waarom is dit so moeilik om enduit God te dien as mens teenkanting beleef? Wat dink jy sou God van jou vra as almal om jou druk op jou plaas om jou rug op God te draai? Wat sou gebeur as ons nie meer in ons land vrylik die Here sou kon dien
  • In die wêreld is daar baie lande waar die Christelike geloof nie verkondig mag word nie en baie teenkanting beleef. Bid vandag vir daardie gelowiges wie se lewens in gevaar is. Bid vir die mense wat steeds in daardie lande hulle geloof beoefen en met ander deel. Bid vir die lande se mense, om God te beleef en Hom te begin dien.

    GEBED
  • Here, dankie dat ek in ‘n land kan leef waar ek U met vrymoedigheid kan dien. Here, ek is jammer dat ek selfs met hierdie voorreg, U nie ten volle dien nie. Here, help my om meer getrou te wees en U te soek in elke aspek van my lewe. Here, ek bid ook vir gelowiges wêreldwyd wat nie dieselfde voorreg het nie. Ek bid vir gelowiges wat U dien ten spyte van die feit dat hulle lewens in gevaar mag wees. Mag hulle omring word deur U teenwoordigheid en mag hulle beskerm word. Mag U hulle gebruik op so ‘n manier dat ander ook U vind en U begin dien.
  • Amen

22 Maart 2024

Matteus 27:27-31 (2020 Vertaling)
27Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem, en die hele kohort soldate by Hom byeengebring. 28 Hulle het sy klere uitgetrek en 'n helderrooi mantel om Hom gehang. 29Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit, en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” 30 Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem, en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. 31Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

VRAE:

  • In vandag se gedeelte sien ons hoe die soldate Jesus spot en Hom probeer verneder. Maar in hulle poging om Hom te verneder is hulle besig om dit wat oor Jesus geskrywe staan te laat geskied. Elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy die koning is. Hier is mense wat van ander kulture en gelowe kom wat selfs in hulle bespotting, tog dit bely. Die waarheid word tog erken wanneer die romeinse soldaat met Jesus se dood werklik bely dat Hy die seun van God is.
  • Selfs wanneer mense nie werklik weet wat hulle doen of wie God werklik is nie, kan Hy hulle gebruik om Sy naam groot te maak. Het God al ooit ongelowiges gebruik om Sy grootheid aan jou te bewys? Was daar al ‘n geleentheid waar mense wat nie in God glo nie so opgetree het, dat jy tog God se grootheid en teenwoordigheid kon beleef?
  • Waar was daar al geleenthede in jou lewe waar God gewerk het, sodat ander wat nie glo nie ‘n belewenis van God se teenwoordigheid kon beleef? Het mense wat nie glo nie, as gevolg van jou geloof, beleef dat God werklik die koning van die wêreld is? Hoe kan jy meer hiervan getuig?

Gebed:
Here, dankie dat U elke geleentheid neem. Selfs die oomblikke waar ander U naam wil verneder of sleg maak. Dankie dat U ook

21 Maart 2024

2 Samuel 9:8-10
“Hy het weer voor Dawid gebuig en gesê: “Wat is ek tog dat u aandag gee aan 'n dooie hond soos ek?” Dawid het vir Siba die amptenaar van Saul geroep en hom beveel: “Alles wat aan Saul en sy familie behoort het, gee ek aan sy kleinseun. Jy en jou seuns en jou slawe moet vir hom die lande bewerk en die oes insamel sodat daar kos kan wees vir sy huishouding, en sodat hulle kan eet. Maar Mefiboset die kleinseun van Saul sal van nou af by my aan huis eet.” Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.”

Om oor te gesels en te dink
Mefiboset het gedink hy is nie waardig om die goedheid van koning Dawid te kan aanvaar nie. Hy verwys na homself as ’n dooie hond. Tog gee Dawid opdrag dat sy lot verander. Dawid onderneem om vir hom te sorg en hom in te nooi in sy huis.
Dawid het genoeg redes gehad om dit nie te doen nie. Tog kies hy om goedheid aan Mefiboset te betoon. Die Hebreeuse woord vir hierdie goedheid is “gesed” - wat ook lojaliteit en onvoorwaardelike aanvaarding beteken. Dawid het nie terug gedeins om dit te gee nie. Hy gee nie net vir hom goed nie, maar ook sy tyd as hy vir Mefiboset na sy tafel toe nooi.
Dit moes dalk vir Mefiboset moeilik gewees het om hierdie goedheid te aanvaar. Hy wou nog redes gee, maar Dawid het voort gegaan om goedheid aan hom te bewys.
Ons moet bereid wees om ook die Here se goedheid te ontvang. Laat ons nie dink ons is dit nie waardig nie. God se goedheid is vir ons elkeen bedoel.

Gebed
Here, dankie dat U so goed is vir my. Ek verstaan dit nie altyd nie, maar dankie U goedheid en guns by my is. Amen.

20 Maart 2024

2 Kronieke 7:1-3 (2020 Vertaling)
1Net toe Salomo klaar gebid het, het vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en maaltydoffers verteer, en die heerlikheid van die Here het die tempel gevul. 2Die priesters kon nie die huis van die Here binnegaan nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here gevul. 3Al die Israeliete het gesien hoe die vuur en die heerlikheid van die Here op die tempel neerdaal. Hulle het met hulle gesigte na die grond gekniel op die plaveisel, en in aanbidding gebuig. Hulle het die Here geprys met: “Want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.”

VRAE:

  • In vandag se gedeelte sien ons hoe ‘n hele volk voor God se aangesig buig, omdat hulle God se teenwoordigheid beleef in Sy tempel. Salomo het die tempel gebou om vir God ‘n woning te bied onder God se mense. Hierdie “huis” van die Here, was veel meer vir die mense van Israel, as wat dit vir God was. God was nog altyd saam met sy mense teenwoordig. Die mense het egter nie altyd God se teenwoordigheid gevoel nie. Nou kry die mense ‘n geleentheid om die teenwoordigheid van die Here te kan sien, beleef en altyd daarop staat maak.
  • Is daar êrens ‘n plek in jou huis of lewe waar jy God se teenwoordigheid tasbaar kan beleef? Waarheen gaan jy, wanneer jy ‘n diep behoefte het om met God kontak te maak? Waarom is hierdie plek vir jou so kosbaar?
  • Die realiteit was eintlik dat God oral teenwoordig was. Die mense het hulle daaglikse lewe in God se teenwoordigheid uitgevoer. Hulle normale lewe waar hulle gewerk het en met ander interaksie gehad het, was die plek waar God met hulle verhouding wou hê.
  • Waar in jou lewe voel dit asof God nie teenwoordig is nie? Waar leef jy asof jy dit op jou eie doen en God nie raaksien waarmee jy besig is nie? Hoe kan jy hierdie plekke ook geleenthede maak om God se teenwoordigheid te beleef? Hoe kan jy in hierdie alledaagse ruimtes voor God kniel en aanbid?

GEBED:

19 Maart 2024

Psalm 95
6Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

VRAE:

  • Vandag se Psalm erken God vir wie Hy is. Dit verwys na verskillende elemente wat God geskep het, en waardig is van prys. Dit nooi ons uit om voor God te kom kniel omdat ons juis erken wie God is, die heerser van die heelal, asook die heerser van my lewe.
  • Wat sal alles op jou lysie wees? As jy redes moet gee waarom jy voor God kniel, wat sou jy op die lysie plaas? Deel jou lysie met die Here en eer Hom daarvoor.
  • Die Psalm eindig waar God aan die woord is. Hy noem die geleenthede waar sy volk gekla het. Hy vra van hulle om nie weer so te maak nie, en wys ook wat die konsekwensies was van hulle houding teenoor God.
  • Wat sou die Here vanoggend vir jou vra? Sou Hy ook ‘n lys van voorbeelde kon noem waar jou houding nie gepas was nie? Sou Hy vir jou ook vra om nie weer so te maak nie? Dink aan jou lewe, en hoe jou houding teenoor God nie gereflekteer het wie Hy was in jou lewe nie. Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, vanoggend wil ek kom met dankbaarheid vir alles wat U vir my gedoen het. Maar meer as dit Here, wil ek U prys vir wie U is. U is die heerser van die heelal en die koning van my hart. Here ek is nederig verstom oor U grootheid en U liefde vir my. Here, help my om my houding so aan te pas, dat ek eerder op my knieë voor U neerval in aanbidding, as kla oor die paar goedjies wat ek voel ek steeds nie het nie. Here, help my om biddend afhanklik van U te bly.
Amen

18 Maart 2024

Johannes 13:4-5
4Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. 5Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

VRAE:

  • Tydens Jesus se laaste maaltyd met sy dissipels is Hy die heeltyd bewus dat dit die laaste keer sal wees. Hy weet dat die tyd gekom het vir Hom om oorgelewer te word, te ly en te sterf. Ten spyte van die feit dat Hy weet wat gaan gebeur, kies Hy om in sy laaste oomblikke, Sy dissipels se voete te was. Hy kniel voor elkeen van hulle, en dien hulle. Hy doen die werk van ‘n slaaf. Jesus stel vir ons die voorbeeld en sê selfs in vers 15, dat ons nou ook so moet maak.
  • Daar is iets negatief in ons gedagtes gekoppel by die idee om te kniel voor iemand. Dit voel asof ons iemand anders ophef in ‘n posisie wat bo ons is en onsself verneder deur te kniel. Tog is dit vir Jesus, nie ‘n probleem om dit te doen nie. Hy kniel met gemak selfs voor Judas, wat Hom gaan oorlewer. Jesus dien almal, selfs die wat Hom te na kom.
  • Hoe voel dit om te kniel voor ander? Indien jy vandag sou moes kniel voor mense wat jy nie hoog ag nie, of nie van hou nie, sou jy dit kon doen? Waarom is dit so moeilik om onsself in daardie posisie te plaas? Deel met die Here wat in jou hart opkom.
  • Was daar al ‘n geleentheid waar iemand ander jou moes dien, voor jou gekniel het? Hoe het dit gevoel? Wat het in jou hart opgekom toe jy dit beleef het?

Gebed:
Here, ek verstaan eintlik glad nie hoe U voor U dissipels kon kniel en hulle voete was nie. Ek verstaan glad nie hoe U dit selfs vir Judas kon doen nie. Here, al verstaan ek nie, weet ek U vra dat ek dit ook moet doen. Here, wys vandag vir my waar ek iemand anders moet dien. Wys asb. vir my voor wie ek moet kniel en voete was, verhoudings herstel en moet dien. Here, help my om afstand te maak met dit wat binne my hart leef, en my keer om juis dit te doen.

16 Maart 2024

Efesiërs 2:8
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.

VRAE:

  • Ons het hierdie week reeds gehoor dat dit nie maklik is om die evangelie te volg nie. Dat dit wat die evangelie vir ons vir ons soms onmoontlik gaan voel. Ons het ook ontdek dat ons by Christus die krag ontvang om die evangelie te volg, solank ons vertroue in Hom geplaas word. Ons het selfs nagedink oor hoe ons die genade ontvang. Dit is juis wanneer ons swak is, dat God se genade gegee word. Maar waarom?
  • God gee genade omdat Hy is wie Hy is. Hy is die God van liefde, die Vader wat ons as Sy kinders uitverkies, die Skepper van die heelal en die een wat ‘n verhouding met jou wil hê. God weet dat ons nooit in staat sou wees om die genade te kan verdien nie. God weet ons tekortkominge sal ons altyd in die moeilikheid kry. Die hele Ou Testament is vol van voorbeelde waar mense keer op keer hulle rug op God se genade gedraai het. Daarom kom God om die verhouding te herstel.
  • Jesus gee sy lewe, vir mense wat die nie verdien nie en moontlik nie sal waardeer nie. Dit is die enigste manier waarop genade werklik gegee of ontvang kan word. Die een wat gee lê alles op die lyn en weet dat dit moontlik nie aanvaar sal word nie. Die een wat dit ontvang, weet dat hulle nie daarvan waardig is nie en juis dit so nodig het.
  • Hoe voel jy oor genade? Is jy bewus van die feit dat jy steeds vandag dit nodig het? Of dink jy die genade is vir ander bedoel wat slegter as jy af is? Waarom is dit soms so moeilik om genade te ontvang? Waarom is dit soms so moeilik om vir ander genade te gun? Deel jou gedagtes me

Gebed:
Here, ek wil soms wag hou oor wie U genade mag ontvang. Here, ek vergeet dat ek juis die een is wat dit die meeste benodig. Here, help my om meer te fokus op die genade wat ek ontvang. Here, help my om in dankbaarheid te lewe. Here, help my om ander ook U genade te gun. Here, help my om daagliks in hierdie gawe wat U met vrymoedigheid vir

15 Maart 2024

2 Korintiërs 12:9
9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

VRAE:

  • Ons het hierdie week reeds gehoor dat dit nie maklik is om die evangelie te volg nie. Dat dit wat die evangelie vir ons vir ons soms onmoontlik gaan voel. Ons het ook ontdek dat ons by Christus die krag ontvang om die evangelie te volg, solank ons vertroue in Hom geplaas word. Maar hoe?
  • Die antwoord is eintlik heel eenvoudig. Wanneer ons swak is, is God sterk. Wanneer ons ophou om op ons eie vermoë staat te maak, kan ons begin om op God se vermoë te vertrou. God gee vir ons wat ons nodig het, sodra ons besef dat ons nie dit vir onsself kan doen nie. Dit is genade.
  • Hoe sou jy genade beskryf? Wat is dit? Hoe voel dit? Hoe werk dit? Vra vir God om vir jou vandag te wys wat genade alles is.
  • Hoe leef jy in genade? Leef jy asof jy vrygestel is? Leef jy asof jy werklik vergewe is en skuld vry is? Waarom leef ‘n mens soos iemand wat vry is en vergewe is?

Gebed:
Here, dankie vir U genade wat vir my genoeg is. Dankie dat U genade juis vir my gegee is, toe ek nog skuldig was, vuil was en nie self enige iets kon doen om dit te verdien nie. Here, dankie dat dit my vry stel, my ware lewe gee. Here, ek sal nooit genoeg dankie kan sê daarvoor nie.
Amen

14 Maart 2024

Filippense 4:6-7
6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

VRAE:

  • Paulus was baie vertroud met moeilike situasies. Hy het baie swaar gekry. Daar was gereeld oomblikke waar hy vir homself sou kon vra of dit die moeite werd is om aan te hou glo. Wanneer hy in die tronk sit, waarskynlik een van die moeilikste belewenisse wat enige iemand kan hê, is sy antwoord om bly te wees. Om in die moeilike omstandighede aan te hou bid en alles met God te deel.
  • Hoe is dit moontlik om bly te kan wees in moeilike omstandighede? Hoe is dit moontlik om aan te hou bid wanneer die omstandighede so onmoontlik vir jou voel? Het jy al deur sulke moeilike omstandighede gegaan? Hoe kon jy bly wees in die omstandighede? Hoe kon jy steeds alles met die Here deel, ten spyte van die feit dat jy swaar kry?
  • Wanneer ons in gebed alles na die Here neem, kry ons ook die geleentheid om ons harte te laat verander. In plaas daarvan dat ons net ons probleme met God deel, kry ons die geleentheid om ons smekings, versoeke en klaagliedere te transformeer in dankseggings. Waarom is dit belangrik? Want wanneer ons begin fokus op danksegging verander ons fokus. Ons fokus begin die mooi soek, die positiewe soek, die glimmer oomblikke soek en die wonderwerk is, dat ons dit vind.
  • Kan jy getuig van ‘n tyd waar jy op dankbaarheid gefokus het en redes gevind het vir dankbaarheid? Hoe het hierdie praktyk vrede gebring? Deel jou hart met die Here. Is dit tans moeilik om te fokus op dankbaarheid? Vra dat God jou hiermee help en vir jou vrede gee.

GEBED:
Here, ek wil vandag fokus op alles waarvoor ek dankbaar kan wees. Ek wil nie kla nie, ek wil nie smeek vir alles wat ek kort nie. Ek wil fokus op wat ek het. Here, dankie vir my lewe, vir my mense en my omstandighede. Here, dankie dat ek nie alleen in hierdie omstandighede is nie. Dankie Here, dat ek op U kan vertrou. Here dankie dat hierdie gedagte, dat U by mis, vir my soveel vrede kan bring. Here, hou my styf vas. Asseblief Here.
Amen

13 Maart 2024

Markus 10:27
27Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”

VRAE:

  • Dit wat Jesus vir ons vra, voel baie keer asof dit te moeilik is vir ons om te doen. Om ons rug te draai op die manier waarop ons nog altyd geleef het, is baie moeilik. Om jou naaste lief te hê soos jouself, is baie moeilik. Om jou kruis op te tel en die Here te volg, is baie moeilik.
  • Waarom dink jy, vra Jesus vir ons om die dinge te doen wat vir ons so moeilik is, amper onmoontlik is? Wat het die Here al vir jou gevra, wat vir jou amper onmoontlik gevoel het? Is daar enige iets wat jy elke dag moet hanteer of deur moet gaan wat vir jou onmoontlik voel? Deel jou hart met die Here.
  • Wanneer ons met die onmoontlike gekonfronteer word, word ons bewus van die feit dat ons dit nie alleen kan doen nie. Ons word bewus van die feit dat ons eintlik afhanklik is van die Here. Is jy afhanklik van die Here? Hoe getuig jou lewe hiervan? Waarom is dit belangrik dat jy van die Here afhanklik moet wees? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, wanneer ek met die moeilike dinge van die lewe gekonfronteer word, besef ek dat ek U nodig het. Ek kan nie hierdie lewe op my eie aanpak nie. Here, ek het U genade nodig om vandag deur hierdie dag te kom. Ek weet dat niks wat ek aanpak te groot is vir U nie. Here, werk deur my. Gebruik my. Here, meer van U, en minder van myself. Here. Ek is afhanklik van U.
Amen

12 Maart 2024

Psalm 20:8
8Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God.

VRAE:

  • Op wie vertrou jy? Soms sal ons met ons monde bely dat ons die Here vertrou, maar ons lewens en optredes getuig van iets anders. Ons dink en sê vir ander dat God ons stuurwiel van ons lewens is. Maar wanneer ons leef, gebruik ons God meer soos die spaarwiel. Ons vertrou slegs op Hom wanneer dinge nie loop soos dit moet nie,
  • Hoe lyk ‘n lewe waar God die stuurwiel van jou lewe is? Hoe sou dit lyk as jy elke klein aspek van jou lewe aan Hom oorgee? Hoe sou dit lyk om na God te gaan met die klein en nuttelose aspekte van jou lewe elke dag? Glo jy dat God ook in jou klein en moontlik “minder belangrike elemente van jou lewe” sou wou leiding bied vir jou? Of glo jy dat jy God pla met sulke onnodige versoeke? Spreek dit iets van hoe jy God vertrou wanneer jy met gemak jou eie besluite neem oor elemente wat nie so “belangrik” is nie?
  • Hoe lyk ‘n lewe waar God net ‘n spaarwiel van jou lewe is? Is daar getuienis in jou lewe waar jy net vir God vra vir hulp wanneer die wiele van jou lewe afval? Wat sê hierdie benadering van jou geloofslewe? Hoe dink jy voel God daaroor as jy Hom net konsulteer wanneer jy raadop is en nie meer self die situasie kan hanteer nie?
  • Die Here wil jou lei in elke opset van jou lewe. Hy wil ook hê jy moet Hom vertrou in elke aspek van jou lewe. Solank as wat jy self besluite neem oor die groot en klein elemente daarvan, is daar steeds ‘n gedeelte in jou wat nie aan God onderwerp nie. Deel met die Here daardie dele wat nie aan Hom onderwerp is nie. Gebruik die geleentheid om te bely en te vra dat God jou moet lei. Hoe wil Hy hê, moet jy eerder leef.

GEBED:
Here, daar is soveel geleenthede waar ek steeds dink ek kan my eie lewe leef en regeer. Here, ek besef dat die nie waar is nie. Here, ek besef ek het U nodig om ook leiding te bied in die klein, selfs nuttelose aspekte van my lewe. Here, help my om meer afhanklik van U te wees. Here, help my om meer op U te vertrou. Here, help my om U die stuurwiel in my lewe te gee, en nie net U te behandel soos die spaarwiel nie.
Amen

11 Maart 2024

Matteus 5:3 NLV
”Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.“

Om oor te gesels en te dink
As Jesus met sy Bergrede begin, is die eerste saligspreking: gelukkig is dié mense wat weet hoe afhanklik van God is. Die Afr2020 vertaling sê: “Gelukkig is die armes van gees”. Dit alles dui op afhanklikheid van God. Leef ek en jy só afhanklik? Weet ons hoe nodig ons God het?
Ons word heeltyd deur die wêreld herinner dat ons vir onsself moet sorg en dat ons geluk van ons en ons goed afhang.
Jesus kom herinner ons dat ware geluk is om by God te begin. As ons weet hoe nodig ons Hom het, begin ons die geheim van die lewe ontdek. Ons besef dat alles wat ons het en is van God af kom.

Gebed
Here, ek wil ware geluk beleef. Ek het U meer nodig as wat ek soms wil toegee. Help my om afhanklik van U te leef. Amen.

9 Maart 2024

Genesis 12:1-3
”Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”“

Om oor te gesels en te dink
Seën kan nie net oor jouself gaan nie. Wanneer God jou seën, kan ons nie anders as om ons seën met ander te deel nie. Ons moet nie vaskyk in wat ons nie het nie, maar wat ons wel het en hoe ons dit kan deel. Ons seëninge is nie altyd geld en goed nie. Ons kan ons tyd en gawes met ander deel om vir hulle tot seën te wees.
Dink vir ’n oomblik na oor alles waarmee die Here jou seën en hoe jy dit kan gebruik om dit met iemand te deel.
Sê vir die Here dankie vir die seën wat jy onverdiend ontvang. Ons kan nie God se seën verdien nie. Soos Abram wat dit onverdiend ontvang het, ontvang ons elke dag God se seën.
Mag jy vandag ’n geseënde dag beleef.

Gebed
Here, dankie vir alles waarmee U my seën. Ek wil dit nie vir myself hou nie. Wys my met wie ek dit kan deel. Amen.

8 Maart 2024

Markus 10:15-16
”Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.“

Om oor te gesels en te dink
Jesus verwelkom die kindertjies. Dit was eintlik ’n baie vreemde ding wat Jesus doen. Kinders is in daardie tyd nie as belangrik geag nie. Tog kies Jesus om hulle aan te raak en te seën. Jesus het hulle omhels en vir hulle gebid. Ons almal weet dat fisiese aanraking kosbaar is en soveel meer nog as iemand vir jou bid. Ons het dit almal nodig.
Nie net om dit te ontvang nie, maar ook om dit te gee. Wie is daar wie jy vandag kan aanraak en voor kan bid?
Dit mag dalk iemand wees wat deur ander mense nie raak gesien word nie, tog is hulle net so belangrik soos die kindertjies.
Kom ons wys vandag vir iemand Jesus se liefde deur hulle aan te raak en vir hulle te bid.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U liefde. Ek wil vandag vir iemand U liefde wys. Sal U vir my ’n geleentheid wys waar ek dit kan doen? Amen.

7 Maart 2024

Markus 10:14-15
”Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Jesus moedig die mense, veral die grootmense, om die koninkryk van God soos ’n kind te ontvang. Jesus sê nie dat ons soos ’n kind moet glo nie. Hierdie teks word verkeerdelik so verstaan. Ons sou kon sê: “Wees soos ’n kind, nie glo soos ’n kind nie”
Wanneer ek soos ’n kind is, doen ek wat my ouers van my vra, want ek is afhanklik van hulle. So kan ons as kinders van God deel wees van die koninkryk wanneer ons in afhanklikheid Hom vertrou.
Soos ’n kind altyd die beste van sy ouers verwag, so kan ons weet dat die Vader ook vir ons die beste gee. Dit is Wie Hy is. Omdat Hy ons Vader is, kan ons Sy kinders wees.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat ek U kind is. Ek wil soos ’n kind U koninkryk met ope arms aanvaar. Dankie dat ek altyd welkom is. Amen.

6 Maart 2024

Markus 10:13-14
”Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Die mense bring hulle kinders na Jesus omdat hulle wou Jesus moet iets vir hulle doen. Die dissipels is kwaad en wil nie dat die kinders Jesus pla nie. Kinders was nie deur die dissipels as belangrik genoeg geag nie. Tog maak Jesus kontak. Hy is verontwaardig dat die dissipels die kinders wil weg wys. Jesus nooi die kinders na Hom toe. Kinders moet nie verhinder word om na Jesus toe te kom nie. Jesus gebruik die kinders as voorbeeld om te sê dat die koninkryk van God juis vir mense soos hulle is. Hierdie “soos hulle” dui op afhanklikheid. Ons moet soos kinders van God afhanklik wees. Ons is altyd welkom by Hom.

Gebed
Here, ek kom in afhanklikheid na U toe. Ek wil U vertrou. Ek vra dat U my sal help om soos ’n kind U te vertrou met my hele lewe. Amen.

5 Maart 2024

Markus 9:34-37
“Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.””

Om oor te gesels en te dink
Terwyl Jesus besig is om tussen die mense te leef en wonders te doen, is sy dissipels besig om te stry oor wie die belangrikste in die koninkryk saam met Jesus gaan wees. Jesus hoor hulle en spreek hulle aan. Wie eerste wil wees, sal laaste wees en almal se dienaar wees. Om in die koninkryk belangrik te wees is om ander te dien en jouself nie eerste te stel nie.
Verder gebruik Jesus die voorbeeld van ’n kind se afhanklikheid en ontvanklikheid wat ons moet nastreef in ons verhouding met God. Ons moet Jesus met oop arms ontvang. Soos ’n kind sy ouer moet oop arms ontvang, moet ons Jesus ontvang. Ons kan nie stry oor wie die belangrikste is en wat ons daaruit gaan kry nie.

Gebed
Jesus, ek wil soos ’n kind van U afhanklik wees en U met oop arms ontvang. Help my om op U te fokus en nie net op myself nie. Amen.

4 Maart 2024

Psalm 127:1-2
“’n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.”

Om oor te gesels en te dink
Hierdie Psalm herinner ons om op die Here te vertrou, eerder as op onsself. Die Psalm is gereeld gesing as hulle op pad was na Jerusalem toe en het hulle onthou dat die Here die middelpunt van alles is.
Dit roep ons op om in afhanklikheid van die Here te lewe. Ons kan nie terugsit en verwag die Here moet alles doen nie. Nee, in afhanklikheid moet ons Hom vertrou. Vandaar die beeld dat die Here dit wat ons nodig het, vir ons in ons slaap gee. Wanneer ons Hom vertrou, gee die Here vir ons die wysheid en insig op die regte tyd.
Het jy dalk ’n moeilike dag wat vir jou voorlê? Raak rustig en gee dit oor aan die Here. Vra Hom om jou wysheid en insig te gee.

Gebed
Here, ek wil in afhanklikheid van U lewe. Ek kan nie sonder U leef nie. Help my in alles U eerste te stel. Amen.

2 Maart 2024

Markus 8:29
“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”

Om oor te gesels en te dink:
Neem vandag ‘n oomblik om hierdie teksvers ‘n paar keer te lees. Lees dit stadig. Lees dit hardop. Hoor hoe jy saam met Petrus bely wie Jesus is. Die Christus! Petrus verstaan hier nog nie en glo dat Jesus die politieke bevryder vir hulle gaan wees. Selfs wanneer ons bely wie God is, bely ons hoe ons God op daardie oomblik of oorgang in ons lewe verstaan of beleef. Neem ‘n laaste keer die papier waarmee jy hierdie week gewerk het. Skryf neer hoe jy vroeër of in ‘n ander fase/oorgan in jou lewe God verstaan, beleef of wat jou beeld van God was. Jou belydenis van God se klem mag dalk op ander plekke val in jou lewe, maar dat Jesus Christus die opgestane Here is, dit bly vas. Jy word uitgenooi om op jou dissipelskapreis te bly ontdek wie Christus is en hoe om dit te leef.

Gebed
Here, vandag wil ek net stiller by U in gebed sit. Bewus raak van U teenwoordigheid. Hardop sê dat U die Here van die heelal is en ook my Here. Die opgestane Here. My belydenis van wie U is ontwikkel. Ek wil bly ontdek wie U is en verras word met nuwe insigte. Amen.

1 Maart 2024

Markus 8:27
Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?”

Om oor te gesels en te dink:
Ons dink hierdie week na oor wie Jesus is. Maandag het jy neergepen wie Jesus vir jou persoonlik is. Die teks begin egter met Jesus wat vir sy dissipels vra oor wie die mense sê Hy is. Dink vir ‘n oomblik na oor wat die mense in jou lewe sê van wie Jesus is. Watter getuienisse het jy al gehoor? En watter opmerking het jy al gehoor wat nie strook met wie jy oortuig is, Jesus is nie. Loer weer na die papier en jou bewoording/getuienis van wie Jesus is. Loer ook weer na Woensdag se inskrywing oor mense se verwagting van Jesus en hoe dit met die lydende Messias verskil. In watter wyse word jy dalk vandag uitgedaag oor jou beeld van God? En waar word jy geroep om te getuig van wie God is.

Gebed
Here, ek ken U en ek is diep oortuig dat U my ken. Soms besef ek dat my beeld van U beperk is en ander kere word ek geroep om juis te deel en getuig oor hoe ek U verstaan. Heilige Gees wys vandag vir my waar ek oor U, soos ek U beleef, kan getuig. Maar Heilige Gees werk ook in my daar waar ek ook nog soos die dissipels sukkel om te begryp wie U is. Amen.

29 Februarie 2024

Markus 8:34-38
Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe? Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons word geroep tot selfverloëning, om in ons self te sterf en pad van dissipelskap te stap - ongeag of dit goed of sleg gaan met ons. Of ons lag en of ons huil, ons is geroep as dissipels. Hierdie teks se ‘kruis opneem’ het minder te make met of ons swaarkry, maar fokus eerder op die ‘sterf’ gedeelte. Om jou eie wil te laat sterf en Jesus na te volg. Om so te lewe dat daar nie onduidelikheid is dat ons gesterf het en Jesus in ons lewe nie. Neem weer die papier waarmee ons die week werk en skryf daarop prakties neer wat dit in jou lewe beteken om ‘te sterf’. Byvoorbeeld om in jou keuses te sterf en na God se wil te soek. Hoe lyk dit? Is daar lewenskeuses wat jy tans moet neem? Is dit om meer gereeld bewus te wees van God se roeping in jou lewe? Hoe lyk dit? Is dit om te onthou dat alles in jou lewe oor God gaan? Wat sal jou daaraan herinner? Skryf neer wat dit prakties in jou lewe vandag beteken dat jy ‘sterf’.

Gebed
Here, ek sit met praktiese voorstelle in my hand. Ek sukkel om myself te verloën. Niemand wil sterf nie. En tog roep U my om in myself te sterf. Vandag kies ek om my kruis op te neem en U te volg. Here, hierdie praktiese dinge [noem dit op] wil ek graag beoefen. Heilige Gees help my hiermee. Amen.

28 Februarie 2024

Markus 8:32-33
Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe. Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus het die dissipels begin leer dat Hy baie moet ly. Petrus neem Jesus eenkant en raas met Jesus oor hierdie stelling. Waarom dink jy het Petrus met Jesus geraas? Dit is moontlik dat Petrus en die dissipels gedink het mense gaan nie ‘n leier wat ly of verkondig dat Hy doodgemaak gaan word, maklik volg nie. Jesus draai om en berispe Petrus voor die ander dissipels. Hy bevestig dat dit God se wil is dat Hy moet ly en dat dit nie gaan oor wat Petrus, die dissipels of mense dink nie. Jesus is getrou aan sy roeping: om ‘n ‘lydende Messias’ te wees, ‘n ‘lydende Dienskeg’. Loer weer na die papier waarop jy geskryf het wie Jesus vir jou is en hoe Jesus gely het. Skryf vandag neer watter verwagting ‘mense’ vandag oor Jesus het en hoe dit dalk verskil van Jesus as die lydende Messias en die lydende Dienskneg.

Gebed
Here, ek word opnuut die week bewus van U lyding, bevryding en diensbaarheid. Leer my om in U voetspore te volg en nie af te wyk vir wat ander mense dink of verwag nie. Amen.

27 Februarie 2024

Markus 8:31
Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.

Om oor te gesels en te dink:
Gister het ons neergepen wie Jesus vir ons is. Neem ‘n oomblik en lees weer wat jy neergeskryf het. Wie sê jy, is Jesus? Jesus se dissipels het gedink hy is die Messias wat hulle van onderdrukking kom bevry. Hulle het nog nie verstaan nie. Jesus begin hulle toe leer dat Hy baie moet ly. Soms vergeet ons dat Jesus die lydende Messias vir ons geword het. ‘n Lydende dienskneg wat ook ander se lyding raaksien. Neem weer jou papier en skryf neer op watter wyses Jesus gely het. Probeer vandag ook ander mense se pyn raak te sien.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U mens geword het en ‘n pad van lyding gestap het. Maak my vandag bewus daarvan dat U gekies het om die lyding te dra en so ook U kruis. Amen.

26 Februarie 2024

Markus 8:27-30

Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?” Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.” “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.

Om oor te gesels en te dink:
Wie sê jy, is Jesus? Neem ‘n oomblik en skryf met ‘n pen en papier neer wie Jesus vir jou is. Moet dit nie oordink nie, laat die woorde op die papier vloei soos dit gewoon in jou gedagtes ontwikkel. Hou die papier vandag naby, sodat jy nuwe gedagtes deur die loop van die dag ook kan probeer vasvang. Wees eerlik en moenie probeer om die ‘regte’ antworode neer te pen nie. Ons gaan hierdie week saam nadink oor wie Jesus vir jou persoonlik is en watter roeping dit op jou lewe plaas.

Gebed
Here, vandag gaan ek poog om neer te pen wie U vir my is. Mag ek verras word met nuwe ontdekkings. Amen.

24 Februarie 2024

Markus 8:16-21
”Hulle het toe vir mekaar gesê dit is omdat hulle nie brood het nie. Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Waarom praat julle daaroor dat julle nie brood het nie? Begryp en verstaan julle nog nie? Is julle nog steeds so traag van begrip? Julle wat oë het, sien julle dan nie? Julle wat ore het, hoor julle dan nie? Onthou julle nie, toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke brood julle oorgehou het nie?” “Twaalf,” sê hulle vir Hom. “En sewe brode vir die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukke het julle toe oorgehou?” “Sewe,” sê hulle vir Hom. Toe sê Hy vir hulle: “Verstaan julle dan nog nie?”“

Om oor te gesels en te dink
Die dissipels is traag om te verstaan wat die wonderwerke van die vermeeerdering van die brood beteken. Hulle twyfel en Jesus moet hulle herinner dat Hy in oorvloed voorsien. Daar bly selfs oorskiet (“leftovers”) oor. Tog sukkel die dissipels om dit te verstaan. Hulle mis die die wonderwerke wat Jesus voor hulle doen. Hulle dink aan redes hoekom dit nie so kan wees nie.
Ons sien ook nie altyd God se voorsiening raak nie. Ons mis die oorvloedige gawes wat Hy elke dag vir ons gee. Hy vermeerder gereeld ons brood en dan dink ons aan redes hoe dit nie moontlik kon wees nie. Laat ons nie Jesus se wonderwerke mis nie.

Gebed
Here, U is ‘n God van wonders. Ek wil U wonders raak sien en aan U al die eer gee. Help my waar my geloof te min is. Amen.

23 Februarie 2024

Markus 8:14-15
”Die dissipels het vergeet om brood saam te vat; hulle het net een by hulle in die skuit gehad. Jesus het hulle toe gewaarsku: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.”“

Om oor te gesels en te dink
Jesus gebruik die brood en suurdeeg om die dissipels teen die Fariseërs en Herodus te waarsku. Net soos wat ’n klein bietjie suurdeeg ’n groot verskil maak, so het die Fariseërs ’n invloed op die mense om hulle. Hulle is die sinnebeeld van die bose wat teen Jesus en sy boodskap werk. Hulle vra tekens van Jesus, maar het reeds besluit om dit nie te glo nie.
Ons moet ook op die uitkyk wees vir dinge wat ons van Jesus en sy boodskap kan wegtrek. Soms kan dit klein dingetjies wees wat ons dink nie ’n invloed het nie, maar tog maak dit ons afvallig.
Laat ons moeite doen om op die regte dinge in Jesus se koninkryk te fokus. So kan ons ook soos suurdeeg ’n positiewe invloed op almal om ons hê.

GebedHere Jesus, ek wil U volg en ’n goeie invloed op ander hê. Mag ek nie ingetrek word deur die negatiewe dinge wat my vreugde steel nie. Amen.

22 Februarie 2024

Markus 8:1-9
”In daardie selfde tyd was daar weer 'n keer 'n groot menigte mense by Jesus, en hulle het niks gehad om te eet nie. Hy roep toe sy dissipels nader en sê vir hulle: “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. As Ek hulle nou sonder kos huis toe stuur, sal hulle langs die pad beswyk. Party van hulle kom van ver af.” Maar die dissipels sê vir Hom: “Waar sal 'n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?” Hy vra hulle toe: “Hoeveel brood het julle?” “Sewe,” antwoord hulle. Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te gaan sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee om uit te deel, en hulle het dit aan die mense voorgesit. Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy die seën gevra het, het Hy gesê hulle moet dit ook uitdeel. Die mense het geëet en genoeg gekry. En hulle het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het. Daar was omtrent vier duisend mense. Daarna het Hy hulle huis toe gestuur.“

Om oor te gesels en te dink
Markus vertel van die tweede vermeerdering van die brood. Hierdie keer is dit Jesus wat die skare jammer kry en vir hulle kos wil gee. Die dissipels dink dadelik aan redes hoekom dit nie kan gebeur nie. Dis asof hulle nie kan onthou wat die vorige keer gebeur het nie. Jesus gaan voort en nadat Hy God gedank het, dit uitgedeel is en almal geëet het, het daar sewe mandjies oorskiet na oorvloedige voorsiening oorgebly.
Ons is party maal soos die dissipels. Ons begin by redes en verskonings hoekom ’n wonderwerk nie kan gebeur nie. Op hierdie manier kan ons dan die wonderwerk voor ons oë nie raak sien nie.

  • Watter verskonings maak ek en jy?
  • Vertrou ons die Here vir wonderwerke, ten spyte van?

Gebed
Here Jesus, ek sien nie altyd raak hoe U wonderwerke doen nie. Ek dink aan alles wat nie kan gebeur nie. Help my om U wonders raak te sien. Amen.

21 Februarie 2024

Markus 7:25-30 AFR20
”En gou het daar 'n vrou wie se dogtertjie 'n onrein gees gehad het, van Hom gehoor, en voor sy voete kom neerval. Dit was 'n Griekse vrou, van Siro-Fenisiese afkoms. Sy het Hom gevra om die demoon uit haar dogter uit te dryf. Hy het vir haar gesê: “Laat die kinders eers versadig word, want dit is nie mooi om die kinders se brood te neem en vir die hondjies te gooi nie.” Sy antwoord Hom toe: “Here, die hondjies onder die tafel eet darem van die kindertjies se krummels.” Daarop sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, gaan huis toe! Die demoon het reeds uit jou dogter uitgegaan.” En toe sy by haar huis kom, kry sy die kindjie op die bed lê, en die demoon was reeds uit haar uit.“

Om oor te gesels en te dink
Hierdie vrou het alles op die spel geplaas om by Jesus uit te kom. Sy het teen die norm ingegaan en met Jesus gepraat omdat sy haar volle vertroue in Hom geplaas het. Sy verander Jesus bediening. Sy sê vir Jesus dat sy bereid sal wees om die krummels van die brood te eet, soos wat hondjies dit onder die tafel eet. Sy besef sy verdien dit nie, maar vra Jesus om genade. Jesus sien haar geloof raak en help haar. Hierdie vrou kon dink dat sy nie werd is om na Jesus toe te gaan nie, maar sy was oortuig om met die bietjie wat sy van Jesus weet, Hom te nader en om hulp te vra. Dit het haar lewe verander.
Ons kan met vrymoedigheid na Jesus toe gaan, want selfs die krummels is genoeg. Sy liefde vir ons verander ons lewens. Kom ons vertrou Hom met ons behoeftes. Hy help altyd.

Gebed
Here Jesus, ek kom na U toe en vertrou U. Dankie dat U altyd help, selfs al mag ek dink ek verdien dit nie. Amen.

20 Februarie 2024

Markus 6:34-38, 41-43
”Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer. Toe dit al baie laat was, het Jesus se dissipels vir Hom kom sê: “Dit is 'n afgeleë plek hierdie en dit is al baie laat. Stuur die mense terug sodat hulle op die plase in die omtrek en in die dorpies vir hulle iets te ete kan koop.” Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Hulle antwoord Hom: “Moet ons met twee honderd mense se dagloon brood gaan koop om vir hulle iets te ete te gee?” Hy vra vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan kyk.” Nadat hulle gaan kyk het, sê hulle: “Vyf, en twee visse.” Toe het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee om aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder hulle almal verdeel. Al die mense het geëet en genoeg gekry. Hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood en die vis.“

Om oor te gesels en te dink
Markus wys vir ons Jesus se hart. Terwyl Hy tussen die mense was, het Hy hulle innig jammer gekry. Hulle was soos skape sonder ’n herder. Jesus leer hulle van die koninkryk en dan kom vra die dissipels vir kos. Jesus wil vir hulle leer dat God voorsien, maar die dissipels dink dadelik verskonings uit dat dit nie moontlik is nie. Jesus gaan voort met dit wat hulle het, vyf brode en twee visse. Hy dank God en die wonder van vermeerdering gebeur. Almal was verbaas gewees. Die dissipels het dit amper gemis. Hulle het nie met God rekening gehou en besef Jesus kan die wonder doen nie.
Mis ons nie ook klein wonderwerke omdat ons dink hoekom dit nie kan gebeur nie?
Jesus begin met wat ons het en verander dit in wat ons nodig het.

Gebed
Jesus, ek bring vir U wat ek het. Gebruik dit om te doen wat U wil doen. Ek wil nie die wonderwerk mis nie. Amen.

19 Februarie 2024

Jesaja 56:1-3, 6
”Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid. Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.“

Om oor te gesels en te dink
Wat maak jou versadig? Waarop spandeer jy jou tyd?
Jesaja moedig die volk in ballingskap aan om God se uitnodiging te aanvaar. Moenie tyd en geld spandeer op dit wat nie werklik versadig maak nie. Ons moet van die regte brood eet. Alleen God kan vir ons gee wat goed is en ons versadig maak. Ons moet by Hom kom vra.
God het met elkeen van ons ’n verbond (ooreenkoms) gesluit om aan ons Sy liefde te betoon. Soos aan Dawid, is sy troue liefde ook vir ons.
Kom ons vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is en naby ons is. Hy is die Brood van die lewe wat ons versadig maak.

Gebed
Here, dankie dat ek U altyd kan aanroep. Dankie dat U naby is. Maak my versadig met U ware brood. Amen.

17 Februarie 2024

Markus 5:40-43
”Hulle het Hom uitgelag. Hy het almal beveel om uit te gaan. Hy het net die pa en die ma van die kindjie en die drie dissipels wat by Hom was, saamgeneem en in die kamer ingegaan waar die kindjie was. Hy vat toe die kindjie se hand en sê vir haar: “Talita, koem!” Dit beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop; sy was al twaalf jaar oud. Die mense was stom van verbasing. Hy het hulle toe streng opdrag gegee om niemand anders daarvan te laat hoor nie en gesê hulle moet vir haar iets te ete gee.“

Om oor te gesels en te dink
Jesus doen die wonderwerk sonder om dit aan die groot klok op te hang. Hy beveel selfs dat hulle dit nie vir almal moet vertel nie. Jesus wil nie ‘n klomp bewonderaars hê wat net vir eie gewin Hom volg nie. Hy wil dat mense in geloof en gehoorsaamheid Hom volg.
Jesus wys sy deernis en besorgdheid vir almal. Nie net het Hy die vrou met bloedvloeing, ‘n uitgeworpene, gehelp nie. Hy red ook ‘n kind, wat nie baie aansien gehad het nie. Almal is vir Jesus belangrik.
Uit hulle verwondheid bring Hy hulle tot verwondering. Ons hoef nie bang te wees om ons nood na Jesus toe te bring nie. Hy kan ons verwondheid verander in verwondering. Ons kan Hom aanbid vir wie Hy is.

Gebed
Jesus, U het gekom om ons te red. U verander ons wonde in wonders. Mag ek U genade wat ek so nodig het, ervaar. Amen.

16 Februarie 2024

Markus 5:37-40
”Jesus het niemand behalwe Petrus, Jakobus en Johannes die broer van Jakobus toegelaat om verder saam met Hom te gaan nie. Hy kom toe by die huis van die raadslid van die sinagoge aan en sien die hele gedoente van mense wat verskriklik huil en te kere gaan. Hy het ingegaan en vir hulle gesê: “Wat raas en huil julle so? Die kindjie het nie gesterwe nie, sy slaap net.” Hulle het Hom uitgelag.“

Om oor te gesels en te dink
Die mense wat so besig was om in die huis oor die kind te huil, het Jesus net uitgelag toe Hy gesê het dat sy nie dood is nie, maar slaap. Die dogtertjie wás reeds dood, maar Jesus het gesê sy slaap net, om hulle te laat verstaan dat haar toestand net tydelik was en dat sy weer lewend sou word.
Jesus het die mense se spot verduur, want Hy wou hulle ’n belangrike les ten opsigte van geloof en vertroue in Hom leer. Dit is ’n ernstige vraag of ons as mense nog die volle vertroue in God het om ten spyte van menslike teenkanting te bly glo dat Hy magtig is en alles kan doen wat vir ons nie meer moontlik lyk nie. Die skare is sinies en dit verhinder hulle om Jesus raak te sien vir wie Hy is. Laat ons nie soos die skare Jesus mis omdat ons sinies is nie.

Gebed
Here Jesus, ek wil U raak sien. Ek wil U vertrou. Help my om nie sinies te wees en daarmee U nie te vertrou nie. Amen.

15 Februarie 2024

Markus 5:35-36
”Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?” Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, en Hy sê toe vir die raadslid van die sinagoge: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!”“

Om oor te gesels en te dink
Die krisis waarin Jaïrus verkeer het, het hom diep besorg gemaak. Hy het Jesus uit desperaatheid genader en nie geweet wat om te verwag nie. Groot sou sy teleurstelling toe hy hoor dat sy dogter gesterf het. Jesus los dit nie net nie. Jesus se woorde aan Jaïrus is ook vir óns ’n les. Hy het vir hom gesê: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!” Daar is nie net hoop nie, maar ook ’n versekering in daardie woorde opgesluit.
Die Seun van God is só oortuig van sy sending deur die Vader dat Hy Jaïrus gerusstel en oproep tot geloof, omdat Hy reeds geweet het wat sou volg en wat die uitkoms sou wees. Ons moet ook probeer om ons krisisse liewer vanuit die Goddelike perspektief te sien as net vanuit ons eie nood. Jaïrus het Jesus vertrou al het hy nie geweet wat gaan gebeur nie.

Gebed
Here, ek wil U vertrou en glo. Ek sukkel soms, maar help my om U te vertrou en die lewe uit U perspektief te sien. Amen.

14 Februarie 2024

Markus 5:30-34
”Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels het Hom geantwoord: “U sien tog dat die mense van alle kante af teen U druk, en dan vra U nog: Wie het aan My geraak?” Hy het rondom Hom gekyk om te sien wie dit gedoen het. Die vrou het geskrik en gestaan en bewe, want sy het besef wat met haar gebeur het. Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel. Daarna sê Hy vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees!”“

Om oor te gesels en te dink
Die vrou het dit gewaag om aan Jesus te vat. Alhoewel sy dit met vrees en bewing gedoen het, was dit ’n goeie vrees wat tot die wonder. Jesus weet wat met Hom gebeur en wil haar raak sien. Jesus kyk uit vir haar en kyk nie deur haar nie. Hy ag haar as mens en nie as uitgeworpene nie.
God kyk ons elkeen ook raak. Jy mag dink dat Hy van jou vergeet het of jou nie raak sien nie. Hierdie vrou wys vir ons dat Jesus ons raak sien.
Jesus wens haar vrede toe. Dis ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan. Haar lewe is nooit weer dieselfde nie.
Sy het Jesus herken en erken. Sy het gewaag om na Hom toe te gaan en sy het in vrede weggegaan. 
Kom laat ons dieselfde doen. Jesus ken ons en sien ons raak. Hy kyk nie deur ons nie. Hy is lief vir jou.

Gebed
Jesus, dankie dat U my raak sien. Ek bid dat ek U vrede vandag sal beleef en weet dat U vir my lief is. Amen.

13 Februarie 2024

Markus 5:25-29
”Daar was ook 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het baie gely onder die behandeling van talle dokters en het alles wat sy gehad het, daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie; haar toestand het eerder vererger. Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was.“

Om oor te gesels en te dink
Hierdie vrou waag haar lewe om by Jesus uit te kom. Sy was sosiaal uitgestoot en deur die mense as onrein beskou. Sy was desperaat en kon nie anders as om na Jesus te kom nie. Sy het geglo dat Hy die Een is wat haar kan help. Sy’t ook besef dat sy Hom onrein kon maak, maar het alles op die spel geplaas om aan Jesus te vat. Sy het genoeg redes gehad om dit nie te doen nie, tog het sy aan Hom geraak en haar lewe het verander.
Ons dink ook baie keer redes uit om nie ons diepste nood na Jesus toe te vat nie. Ons sal eerder swaar kry en sukkel as om na Hom toe uit te reik. Soos hierdie vrou dit gewaag het, kom ons waag dit ook om aan Jesus te raak. Ons pla Hom nie.

  • Wat is dit wat jy na Jesus toe wil bring?
  • Kan jy Hom ten volle vertrou?

Gebed
Here Jesus, ek kom na U toe met my nood. Ek wil aan U raak. Mag ek vandag U vrede beleef. Amen.

12 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • Jesus vra vir gelowiges en ongelowiges om die Goeie Nuus, die evangelie te glo. Hierdie Goeie Nuus is dat God nou mens geword het en prakties kom wys hoe God se liefde en versoening lyk. Die Goeie Nuus is dat God nou by ons is. Die Goeie Nuus is dat verhoudings tussen God en mens herstel word.
  • As gelowiges, kan ons dalk vergeet hoe moeilik dit is om hierdie waarheid te ontvang en te glo. Ongelowiges verstaan nog nie waarom hierdie opdrag van Jesus vir hulle soveel vrede en vreugde gaan bring nie. ‘n Groot deel hiervan is dat hulle nie so duidelik die getuienis van ander gelowiges kan sien nie. As gelowiges tree ons gereeld op asof ons nie glo nie, nie seker is nie, nie heeltemal verander is nie.
  • Dink aan gelowiges wat met hulle hele wese vertroue en geloof in God uitstraal. Wat maak dat hulle so leef? Hoe wys hulle dit? Hoe kan dit jou inspireer? Hoe wil jy ook soos hulle begin optree? Praat met die Here oor dit wat jy voel kortkom in jou eie optredes.
  • Hoe leef jy vandag en elke dag dat mense wat nie glo nie, die geloof in jou kan raaksien? Hoe leef jy sodat mense nie twyfel oor waar jy jou geloof plaas nie? Hoe dink jy oor jou geloof? Hoe praat jy oor jou geloof? Hoe leef jy jou geloof? Is dit genoegsaam om vir ander te wys waarvan jy oortuig is?

GEBED
Here, ek weet hoe moeilik dit is vir mense om te glo in U. Veral as hulle nog nooit die lewe-gewende krag van ‘n verhouding met U beleef het nie. Here, help my om so te leef dat ander nuuskierig raak oor geloof in U. Here, help my om in my hele wese U te vertrou. Here, help ook die wat nog nie glo nie. Here, raak hulle aan, maak hulle bewus en laat hulle nie twyfel in U teenwoordigheid nie. Here, gebruik my soos U nodig het om ander te oortuig om te glo.
Amen

10 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • Jesus vra vir gelowiges en ongelowiges om die Goeie Nuus, die evangelie te glo. Hierdie Goeie Nuus is dat God nou mens geword het en prakties kom wys hoe God se liefde en versoening lyk. Die Goeie Nuus is dat God nou by ons is. Die Goeie Nuus is dat verhoudings tussen God en mens herstel word.
  • As gelowiges, kan ons dalk vergeet hoe moeilik dit is om hierdie waarheid te ontvang en te glo. Ongelowiges verstaan nog nie waarom hierdie opdrag van Jesus vir hulle soveel vrede en vreugde gaan bring nie. ‘n Groot deel hiervan is dat hulle nie so duidelik die getuienis van ander gelowiges kan sien nie. As gelowiges tree ons gereeld op asof ons nie glo nie, nie seker is nie, nie heeltemal verander is nie.
  • Dink aan gelowiges wat met hulle hele wese vertroue en geloof in God uitstraal. Wat maak dat hulle so leef? Hoe wys hulle dit? Hoe kan dit jou inspireer? Hoe wil jy ook soos hulle begin optree? Praat met die Here oor dit wat jy voel kortkom in jou eie optredes.
  • Hoe leef jy vandag en elke dag dat mense wat nie glo nie, die geloof in jou kan raaksien? Hoe leef jy sodat mense nie twyfel oor waar jy jou geloof plaas nie? Hoe dink jy oor jou geloof? Hoe praat jy oor jou geloof? Hoe leef jy jou geloof? Is dit genoegsaam om vir ander te wys waarvan jy oortuig is?

GEBED
Here, ek weet hoe moeilik dit is vir mense om te glo in U. Veral as hulle nog nooit die lewe-gewende krag van ‘n verhouding met U beleef het nie. Here, help my om so te leef dat ander nuuskierig raak oor geloof in U. Here, help my om in my hele wese U te vertrou. Here, help ook die wat nog nie glo nie. Here, raak hulle aan, maak hulle bewus en laat hulle nie twyfel in U teenwoordigheid nie. Here, gebruik my soos U nodig het om ander te oortuig om te glo.
Amen

9 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • Jesus sê vir mense om te glo in die evangelie, die Goeie Nuus. Soms besef ons nie dat hierdie ook ‘n opdrag van Jesus is, net soos die bekeer. Om geloof te hê, verys soms dat ons ‘n tree in geloof neem, en net moet glo. Dit vra dat ons ten spyte van al die vrae wat in ons hart is, die keuse maak om te vertrou, te glo en seker te wees van wie God is.
  • As gelowiges vind ons dit van tyd tot tyd moeilik om te glo. Ons kyk na omstandighede om ons en word oorweldig. Ons gaan deur ervarings en vind baie vrae, eerder as antwoorde. Watter onsekerhede dwaal in jou hart as dit kom by blindelingse vertroue en geloof in God? Wat is op die oomblik vir jou moeilik om te glo? Waarmee sukkel jy? Deel jou hart met die Here.
  • As Jesus vanoggend vir jou vra om te glo ten spyte van al die dinge wat dit moeilik maak om te glo, hoe sou jy dit doen? Hoe kan jy die vrae, onsekerhede en twyfel een kant toe skuif en steeds glo? Hoe sou ‘n eerste tree in vertroue en geloof lyk, self al is daar onsekerhede in jou hart? Wat kan jy vandag doen om te glo?
  • Is daar iemand in jou lewe wat altyd glo? Loer vandag by hulle in. Vra vir hulle waarom hulle altyd so standvastig is in hulle geloof. Vra vir hulle om saam met jou te bid.

Gebed:
Here, soms is dit so moeilik om te glo. My eie bekommernisse, ervarings, onsekerhede en twyfel maak dat ek geloof verloor. Here, wys my hoe om te glo ten spyte van al hierdie vrae om my. Here, help my om standvastig in my geloof te wees veral wanneer ek nie weet hoe nie. Here, help my om elke dag, treetjie vir treetjie, my hand in U hand te plaas en te weet wie U nog altyd was.
Amen

8 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • Jesus vra dat mense hulleself moet bekeer, lank voordat Hy vir hulle sondes gesterf het. Hierdie bekering is nie net bedoel om plaas te vind sodat mense eendag die ewige lewe kan ontvang nie. Dit is bedoel sodat mense nou reeds in hierdie wêreld die volle vrede, vreugde en liefde wat ‘n verhouding met God in hou, kan beleef.
  • Baie mense “bekeer” omdat hulle bang is vir die hel. Hulle is bang vir die straf wat God gaan toedien. Maar wanneer mense bekeer slegs omdat hulle bang is vir God en die konsekwensies wat kan volg, leef hulle nooit werklik uit geloof en lewe in oorvloed nie. Mense leef dan in vrees vir wanneer hulle weer die foute van voorheen maak en die straf wat daarmee saamkom.
  • Waarom wil jy bekeer? Omdat jy bang is vir die konsekwensies as jy nie beker nie? Of wil jy bekeer omdat jy besef die lewe beter is wanneer jy in verhouding is met die lewende God? Waarom is dit vir jou belangrik dat jy en ander bekeer? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe lyk hierdie lewe nadat jy bekeer het? Baie dieselfde as voorheen? Totaal deur vrees gedryf en baie eng? Of deur vryheid en liefde gedryf met oorvloed? Hoe lyk dit om keer op keer te bekeer en elke dag saam met God oor te begin?

GEBED:
Here, ek wil nie na U toe vlug net omdat ek bang is vir hel of die konsekwensies van my optredes nie. Here ek wil bekeer en na U toe draai omdat ek glo U is my Here, U is my veilige vesting en by U is die enigste ware lewe. Dankie Here dat ek nou reeds hierdie lewe in oorvloed kan beleef. Dankie dat ek die vrug van hierdie lewe elke dag saam met U kan geniet. Here, U is werklik die enigste antwoord wat ek nodig het vir al my uitdagings.
Amen

7 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • Jesus se boodskap aan die mense is om hulleself te bekeer. Om te bekeer beteken om ‘n verandering van gedagtes te hê. Om 180˚ draai te maak en jou ruk te keer op die dinge wat verkeerd is. Jesus vra vir die mense om anders te dink as voorheen en anders op te tree as voorheen.
  • Wanneer het jy bekeer? Wanneer het jy jou rug gedraai op die ou manier van dink? Het jou rug gedraai op die ou manier van doen? Wat het hierdie bekering behels vir jou? Hoe moeilik was dit? Is daar steeds dinge waarvan jy moet bekeer?
  • Hoe lewe jy nou anders as voor jy bekeer het? Hoe lyk jou gedagtes anders as voorheen? Hoe lyk jou woorde anders as voorheen? Hoe lyk jou dade anders as voorheen? Sou enige iemand om jou kon sê dat daar ‘n 180˚ draai was van die manier waarop jy voorheen gedink, gepraat en gedoen het?
  • Bekering is nie iets wat mens net een keer doen nie. Dit is iets wat jy daagliks doen wanneer jy ontdek daar is steeds elemente, spasies en areas in jou lewe wat nog nie ten volle getransformeer is deur Jesus nie. Bekeer jy gereeld? Of is jy van mening dat jy dit een keer gedoen het en dit is genoeg? Hoe vra jy vir die Here om lig te skyn op die plekke waar bekering steeds nodig is in jou lewe? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, help my om nie in die versoeking te kom deur te dink ek is op die regte pad nie. Here, help my om nie oortuig te wees dat ek nie meer U transformerende krag benodig nie. Daar is steeds soveel aspekte van my wat moet bekeer en na U toe draai. Here, ondersoek my hart. Doen ‘n oudit op my. Here, maak seker dat ek elke dag opnuut bekeer en konstant my rug draai op die sondige natuur in my .
Amen

6 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • In die Markus evangelie begin Jesus se prediking met, “Die tyd het aangebreek, die koninkryk van God het naby gekom.” Vir Jesus is die Goeie Nuus reeds hier op aarde relevant. Dit is die oplossing en antwoord op elke probleem en situasie. Dit is die rede om elke dag vryheid en lewe in oorvloed te beleef.
  • Lewe jy elke dag in vryheid en lewe in oorvloed? Hoe sou jy vryheid beskryf? Hoe sou jy lewe in oorvloed beskryf? Hoe gee die Goeie Nuus van God, wat onder ons kom woon en herstel bring, vir jou vrede? Hoe gee hierdie Goeie Nuus vir jou lewe in oorvloed?
  • In die verloop van jare het die Goeie Nuus in baie gelowiges se gedagtes slegs die belofte van ‘n ewige lewe geword. Waarom dink jy is dit vir mense hulle so ‘n groot troos of vrees? Waarom is die Goeie Nuus soveel meer as net ‘n ewige lewe? Beleef jy die Goeie Nuus as meer as net ‘n belofte vir die lewe hierna? Waarom of waarom nie? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, dankie dat die Goeie Nuus soveel meer is as net ‘n ewige lewe in U teenwoordigheid. Dankie dat ek reeds vandag U nabyheid kan beleef. Dankie dat ek reeds vandag herstel kan beleef in my verhouding met U, my verhouding met ander, my gesondheid, my hart en my lewe. Here, help my om elke dag te leef asof ek hierdie Goeie Nuus aanvaar en ten volle uitleef. Mag ek so leef dat ander kan sien hoe U my lewe in oorvloed gee, en my werklik vry maak van alles wat my gevangene hou.
Amen

5 Februarie 2024

Maandag, 5 Februarie 2024

Markus 1:15
15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

VRAE:

  • Aan die begin van Jesus se bediening, begin Hy met sy eerste preek. Jesus begin sy preek en bediening deur te sê die tyd het aangebreek vir die Goeie Nuus. Jesus verkondig hierdie Goeie Nuus, die evangelie regdeur sy bediening totdat Hy aan die kruis sterf.
  • Wat is die Goeie Nuus, die Evangelie wat Jesus verkondig? Dit is reeds Goeie Nuus, nog voordat Hy vir ons sondes gesterf het. Nog voordat Hy uit die dood opgestaan het en die dood oorwin het. Hoe lyk hierdie Goeie Nuus? Hoe sou jy die Goeie Nuus vir jouself beskryf, as dit nie net die belofte van ‘n ewige lewe was nie?
  • Jesus het mens geword, sodat die verhouding tussen God en mens herstel kan word. Hy het mens geword sodat God onder ons kom woon. Ons is nie meer alleen nie. Wat beteken dit vir jou dat God met jou is? Wat beteken dit vir jou dat die verhouding met God herstel is? Hoe leef jy in die vreugde van hierdie waarheid elke dag?

Gebed:
Here, ek is so dankbaar dat U mens geword het vir ons. Dankie dat U by my is. Dankie dat ek nie meer na U hoef te soek en te wonder en alleen hoef te voel nie. Dankie dat U die verhouding kom herstel het. Dankie dat dit nie meer van my afhang om aan te hou regmaak met U nie. Here, ek weet ek sou verlore gewees het sonder U inisiatief. Dankie vir hierdie Goeie Nuus.
Amen

3 Februarie 2024

Johannes 1: 50-51

Daarop sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.” Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”

Om oor te gesels en te dink:
Jesus vra vir Natanael of hy glo oor die opmerking van die vyeboom. Glo hy dat Jesus die Here is oor die opmerking wat dui dat Jesus hom ken? Dit is nie verkeerd nie, maar Jesus antwoord hom dat hy nog groter dinge sal sien. Dit is ‘n vooruitskouing na die opstanding van Jesus. Ons het dalk nie die opstanding self gesien nie, maar ons ken die opgestane Here Jesus Christus en die krag van Sy opstanding. Dit is verseker ons belydenis en ons kan saam uitroep om ‘te kom kyk’ die Here het opgestaan. Mag jy hierdie jaar meer en meer spasies ontdek waar Jesus Christus, ons opgestane Here, jou lewe kom verander. Mag jy meer gereeld bewus wees van die krag van Sy opstanding en daarom kan sê ‘kom kyk’!.

Gebed
Here, hierdie week het ek weer bewus geword dat ek ook geskape is. Dat U my ken, roep en vorm. Dat ek ook iets het om van te getuig, want ek ken U Here. Nog meer ek weet van U opstanding, ek glo in U opstanding en ek kan getuig van die krag van U opstanding. Dankie dat U opstanding vir my en ander hoop bied en so uitnodigend is ‘om te kyk’ wie U is. Amen.

2 Februarie 2024

Johannes 1:47-49

Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.” Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.” Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!”

Om oor te gesels en te dink:
Natanael daag skepties by Jesus op, maar in hierdie ontmoeting ontdek hy wie Jesus is en dat Jesus hom ken. Jesus deel met Natanael dat Hy hom geken het nog voor dat Filippus hom uitgenooi het om ‘te kom kyk’ wie Jesus is. Jesus sê dat Hy hom onder die vyeboom gesien het en dit oortuig Natanael dat Jesus hom persoonlik ken. Hierdie ontdekking lei tot ‘n belydenis: ‘U is die Seun van God’. Wanneer ons kan bely dat Jesus die Here is kan ons ook uitroep ‘Kom kyk! Ek ken die Rabbi, die Seun van God, die Koning van Israel’ Mag jy vandag in die manier wat jy met mense omgang van God getuig. Laat ons ook uitroep ‘kom kyk! Jesus is die Seun van God'. Gryp die geleentheid aan om vandag met iemand op ‘n eenvoudige wyse te deel dat Jesus jou Here is. (Kom) Kyk of jy dit op ‘n eenvoudige manier kan doen deur in ‘n alledaagse gesprek of opmerking te verwys na Jesus as jou Here.

Gebed
Here, mag my lewe en woorde getuig dat U die Here is. Mag ek geleenthede aangryp om ander te nooi om ‘te kom kyk’ wie U is en vertel dat U my Here is. Amen.

1 Februarie 2024

Johannes 1:43-46

Die volgende dag het Jesus besluit om na Galilea toe te gaan. Hy kry toe vir Filippus en sê vir hom: “Volg My!” Filippus was van Betsaida afkomstig, van dieselfde dorp as Andreas en Petrus. Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.” Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord.

Om oor te gesels en te dink:
Kom kyk! Ons tema hierdie week is uitnodigend en nooi jou om God opnuut weer te ontdek. Miskien ontdek jy weer hierdie week dat jy óók kan sê ‘kom kyk’, want die Here het jou tog geskape en aan die kruis vir jou ook gesterf. En tog wonder mens soms oor God en geloof. Natanael het ook gewonder, hy was skepties en krities oor Jesus. Soms voel die soeke na God of geloof soos om deur ‘n verkyker te kyk en mens sien nog nie die hele prentjie mooi in fokus nie. Dit is veral dan wanneer vriende soos Filippus ons help deur uitnodigend te kan wys waarop om dalk te fokus en ons uitnooi: ‘probeer om weer te kyk’.

Gebed
Here, dankie vir mense in my lewe wat my uitgenooi het om ‘te kyk’ en iets van U te beleef. Here gebruik my om mense te nooi om ook ‘te kom kyk’ in verskillende spasies in hulle lewe na wie U is. Amen

31 Januarie 2024

Filippense 2:6-8

Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Om oor te gesels en te dink:
In Psalm 139 het ons weer bewus geword hoe besonders elkeen van ons geskape is en dat die Here jou persoonlik ken. In Filippense 2 ontdek ons opnuut weer dat Jesus nie aan Sy Godgelyke wyse vasgeklem het nie. Dat Jesus mens geword het vir ons – vir jou. Kom kyk! Die Here het mens geword vir jou. Kom kyk! Die Here was gehoorsaam tot die dood, aan die kruis – vir jou. Mag jy opnuut hierdie week nie net ‘kom kyk’ en ontdek dat die Here jou geskape het, jou ken en roep nie, maar ook aan die kruis vir jou gesterf het.

Gebed
Here, vandag raak ek weer bewus van U liefdesdaad vir my – aan die kruis. Ek kom kyk weer vandag wat U vir my gedoen het. Here… dankie. Amen

30 Januarie 2024

Psalm 139:13-18

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

Om oor te gesels en te dink:
Waar begin jou verhaal? Wat is die eerste foto’s in jou lewe se foto-album? Miskien het jy ook groot geword met foto’s wat jou ouers van jou gebêre het as ‘n klein babatjie. En tog kan so ‘n versameling nie presies vasvang hoe ‘n groot wonderwerk jy is nie! Nie eers die eerste sonar foto (indien daar een van jou geneem was) kan presies vasvang hoe wonderbaarlik jy aanmekaar geweef en gevorm is in jou moeder se skoot nie. Foto’s kan nie God se gedagtes oor jou vasvang nie. Die Psalmdigter probeer iets verwoord van hoe besonders ons as mense geskape is. Hoe uniek en kosbaar ons vir God is. Jy is deur God geskape. Wonderbaarlik geskep en hierdié Skepper ken jou. Om te roep ‘kom kyk’ begin dalk by ‘n besef dat God die Skepper van die hemel en aarde is, maar ook jou Skepper.

Gebed
Here, ek raak vandag opnuut bewus dat ek nie per toeval hier is nie. Dat voor ek gedagtes kon vorm, het U al gedagtes oor my gehad. Kom wys my wat U hart vir my is. Wat U gedagtes vir my is en hoe kosbaar ek vir U is. Amen.

29 Januarie 2024

Psalm 139:1-6

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

Om oor te gesels en te dink:
Kinders kan soms makliker as volwassenes in ‘verwondering’ staan. Dink veral aan geleenthede wanneer hulle iets vir die eerste keer beleef of raak sien. Soms is dit juis in hierdie oomblikke wat hul ‘n ouer nader roep om ook te ‘kom kyk!’. Dalk kan ons hierdie week weer in verwonderling staan deur opnuut weer bewus te word hóé goed God jou ken. Die Psalmdigter beleef dat God dwarsdeur hom kan sien. Dat God weet wat sy doen en late is, asook gedagtes! Kom kyk en beleef hierdie week saam in die dagstukkies dat die Here jou persoonlik ken, gevorm het, geroep het en uitnooi om Godself opnuut weer te ontdek in jou lewe.

Gebed
Here, ek wil hierdie week opnuut kom kyk. Opnuut kom kyk om iets van U te beleef. Iets van my eie roeping dalk te verstaan. Kom wys my. Amen

27 Januarie 2024

Kolossense 3:16-17
“Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus se boodskap moet ons lewens rig. Soos ons Hom ontdek en leer ken, verdiep ons geloof en ervaar ons sy volle rykdom. Wanneer dit gebeur kan ons nie anders as om dit te deel en ander daarvan te vertel nie. Ons doen dit in wysheid wat God vir ons gee. ’n Manier om dit te laat gebeur is om met dankbaarheid liedere tot eer van God te sing. Al sing ons nie, kan ons na geestelike liedere luister om ons te help om op God te fokus.
Laat dit ons lewenswyse bepaal dat alles wat ons sê en doen, dit in die naam van die Here Jesus sal wees en dat daardeur vir God die Vader dankie sal sê. Mag hierdie dankbaarheid oorspoel in ons lewens na die mense om ons.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U liefde wat nooit ophou nie. Ek wil in dankbaarheid U Naam groot maak en altyd ’n getuie van U goedheid wees. Amen.

26 Januarie 2024

Kolossense 3:15
”En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.“

Om oor te gesels en te dink
Paulus moedig die gemeente aan om in vrede te lewe. Wanneer daar ongelukkigheid is, moet die vrede van Christus hoogty vier. Dit is om soos ’n liggaam in harmonie te wees met mekaar. Dit is deel van ons getuienis om in vrede met mense te leef en die vrede van Christus met hulle te deel.
Nog ’n belangrike aspek wat Paulus aanspreek is om altyd dankbaar te wees. Dis nie ’n maklik uitweg nie. Hy sit in die tronk en herinner hulle om ten spyte van moeilike omstandighede altyd dankbaar te wees. Dit is ’n lewenswyse om in afhanklikheid van God vir alles dankie te kan sê.
Soos ons deur Kolossense lees, besef ons dit vra vir nuwe keuse. Dit is ’n keuse om Jesus te volg en Sy identiteit ons identiteit te maak. Kies vandag om Jesus se vrede op ’n besonderse manier te deel met die mense om jou wat dit nodig het.

Gebed
Here, dankie vir U vrede. Help my om U vrede te deel. Ek wil vandag vir U dankie sê vir alles wat ek is. Amen.

25 Januarie 2024

Kolossense 3:13-14
”Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.”

Om oor te gesels en te dink
Paulus brei sy oproep tot ‘n nuwe leefstyl uit. Dit moet sigbaar wees in verhoudings deur geduld en vergifnis. Ons kan nie heeltyd boek hou van dinge wat verkeerd is nie. God het ons vergewe en daarom moet ons mekaar ook vergewe.
Die Boodskap vertaal Kol 3:14 treffend: ”Tussen die klere wat God vir julle gegee het, is daar ’n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees.“
‭‭
Gebed
Here, ek kies om vandag liefde aan te trek. Mag ek hierdie liefde vir iemand wys wat dit nodig het. Amen.

24 Januarie 2024

Kolossense 3:5-10
”Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie, en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.“

Om oor te gesels en te dink
Paulus herinner die gemeente in Kolosse dat aangesien hulle ‘n nuwe identiteit in Christus het, hulle erns daarmee moet maak. Dit is soos om ontslae te raak van vuil klere. Dis ‘n keuse om Jesus te volg wat jou lewe verander. Hy noem twee keer vyf dinge waaraan hulle nie moet meedoen nie.
Omdat Jesus nou die belangrikste in ons lewens is, moet ons wegstap van die sondige gewoontes en toelaat dat God deur Sy Gees ons al meer vernuwe na sy beeld.
Die Boodskap vertaal dit treffend: “God het egter vir julle ook ’n nuwe stel klere gegee. Hierdie klere maak julle heeltemal nuut. Dit bring julle al hoe nader aan God. Julle leer Hom al hoe beter ken. Hoe beter julle Hom leer ken, hoe meer word julle soos Hy. So kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees.“
‭‭
Gebed
Here Jesus, ek wil U beter leer ken en wees soos U. Ek wil my eie ou klere weggooi en U volg. Help my om vandag U liefde uit te leef. Amen.

23 Januarie 2024

Kolossense 3:5-10
”Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie, en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.“

Om oor te gesels en te dink
Paulus herinner die gemeente in Kolosse dat aangesien hulle ‘n nuwe identiteit in Christus het, hulle erns daarmee moet maak. Dit is soos om ontslae te raak van vuil klere. Dis ‘n keuse om Jesus te volg wat jou lewe verander. Hy noem twee keer vyf dinge waaraan hulle nie moet meedoen nie.
Omdat Jesus nou die belangrikste in ons lewens is, moet ons wegstap van die sondige gewoontes en toelaat dat God deur Sy Gees ons al meer vernuwe na sy beeld.
Die Boodskap vertaal dit treffend: “God het egter vir julle ook ’n nuwe stel klere gegee. Hierdie klere maak julle heeltemal nuut. Dit bring julle al hoe nader aan God. Julle leer Hom al hoe beter ken. Hoe beter julle Hom leer ken, hoe meer word julle soos Hy. So kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees.“
‭‭
Gebed
Here Jesus, ek wil U beter leer ken en wees soos U. Ek wil my eie ou klere weggooi en U volg. Help my om vandag U liefde uit te leef. Amen.

22 Januarie 2024

Kolossense 3:1-4
“Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.”

Om oor te gesels en te dink
Paulus roep die gemeente in Kolosse op om onder moeilike omstandighede hulle geloof uit te leef. Hy skryf vanuit die tronk en herinner hulle wie hulle is. Hulle identiteit is in Christus. Omdat hulle saam met Christus uit die dood opgewek is, toe hulle tot geloof gekom het, kan en moet hulle anders leef.
Ons kan ook uit hierdie identiteit leef. Ons behoort aan Christus en daarom moet ons ons gedagtes rig op dit wat daarbo is. Christus is die belangrikste en ons moet ons besluite daardeur laat bepaal. Dit vra ’n keuse dat ons elke dag uit hierdie identiteit sal leef. Wanneer ons weet wie ons is, weet ons hoe om op te tree. Ons is nie op ons eie nie en ons kan nie as gelowiges net maak wat ons wil nie.
Kom ons kies vandag om ons gedagtes deur God te laat rig omdat ons aan Jesus Christus behoort.

GebedHere Jesus, ek wil my gedagtes rig op dit wat daarbo is. Ek wil kies wat vir U belangrik is. Dankie dat ek aan U behoort en dat U vir my lief is. Amen.

20 Januarie 2024

Kolossense 1:11-12
”Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.“

Om oor te gesels en te dink
Paulus moedig in sy gebed die gemeente aan om deur God se wonderbare krag geduldig te volhard. Soos wat ’n boer geduldig wag op die oes, ons ook geduldig wag op God. Hierdie vers kan ook gelees word as: “…om in alle omstandighede geduldig te volhard met blydskap. Julle moet die Vader dank…”
Mens kan ook blydskap in die volharding ervaar. Dit kom wanneer ons uit dankbaarheid leef.
God is die Een wat ons geskik maak en ons laat deel in die koninkryk van die lig.
As jy tans moeilike omstandighede ervaar, bid en vra vir die Here vir Sy wonderbare krag om jou sterk te maak en jou te help om in jou omstandighede geduldig te volhard met blydskap.

Gebed
Here, ek kom bid en vra geduld. Help my om te volhard en om met dankbaarheid te leef. Dankie vir al U genade. Amen.

19 Januarie 2024

Kolossense 1:9-10
”Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.“

Om oor te gesels en te dink
Ons word ook opgeroep om te boer met genade. Soos God vir ons genoeg genade gee, moet ons dit ook uitdeel. Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan om uit dankbaarheid vrug te dra (boer) deur goeie werk en toeneem in die kennis van God.
Wanneer ons tyd in God se Woord spandeer, ontvang ons wysheid en insig deur die Heilige Gee. God openbaar Sy wil vir ons sodat ons kan doen wat Hy van ons verlang. God se wil is dat ons Hom sal ken en tot eer van Sy Naam leef.
Bid vandag hierdie vir jouself en vra dat die Here vir jou wysheid en insig sal gee.

Gebed
Here, ek kom vra vandag wysheid en insig wat net U Gees kan gee. Ek wil U wil duidelik ken en tot eer van U lewe deur net te doen wat U verlang. Mag ek vandag vrugte dra deur goeie werk en toeneem in die kennis van U. Amen.

18 Januarie 2024

Kolossense 1:3-6
”Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.“

Om oor te gesels en te dink
God boer met genade. Paulus gebruik die landbou-beeld om te sê dat die genade wat God vir ons gee, groei en versprei. Hy is die Gewer hiervan en stel ons in staat om Hom te leer ken.
Paulus is dankbaar vir die gelowiges se geloof, liefde en hoop. Dit herinner aan 1 Kor 13 se geloof, hoop en liefde. Hierdie drie vorm saam ‘n eenheid waarin ons gewortel is. Die hoop is die sekerheid dat God by ons is en ons nooit sal los nie.

  • Waar ervaar jy God se genade in jou lewe?
  • Sê vir God dankie vir Sy genade wat vir ons hoop gee.

Gebed
Here, dankie vir oorvloedige genade. Dankie vir U liefde wat my hoop gee en kans gee vir die dag. Mag ek met hierdie hoop leef. Amen.

17 Januarie 2024

1 Korintiërs 9:25-27
”Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.“

Om oor te gesels en te dink
Die laaste padwyser vir 2024: “Om nie een aand te gaan slaap sonder dat ek my doel in die lewe nagejaag het nie.”
Hierdie laaste padwyser vra dat ons bewustelik sal leef en al die ander padwysers in ag neem, om te doen wat God van ons vra. Paulus gebruik ‘n sportsbeeld om ons gefokus te hou. Veral ook dat ons nie ander aanmoedig en self nie kwalifiseer nie. God het vir jou ‘n doel gegee om ‘n verskil te maak. Jy is nodig. Streef elke dag om jou doel uit te leef, hoe gering jy ook al dink dit mag wees.

Gebed
Here, ek kies om hierdie padwysers te volg. Ek kies om my doel na te jaag. Help my om U liefde orals te wys en te beleef. Amen.

16 Januarie 2024

Kolossense 3:23-24
“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.”

Om oor te gesels en te dink
Die dertiende padwyser vir 2024: “Om gefokus te wees op God se eer in alles wat ek dink, sê en doen.”
Hierdie padwyser vra dat ons God in alles eerste sal stel. Paulus praat met die gemeente in Kolosse en moedig hulle aan om die Here gelukkig te maak, in plaas daarvan om te doen wat mense wil.
Ons lewer ’n getuienis teenoor ander as ons wat ons doen nie net vir eie gewin doen nie. Nee, wanneer ons kies om ander mens te dien en te help, is ons besig om God se koninkryk te laat kom.
Ander mense mag dink dat dit benede hulle is om te doen wat jy doen, maar juis wanneer ons diensbaar is, kan ons weet dat ons agter Jesus aan stap.
God toets ons harte en daarom moet ons dit altyd met die regte bedoelings doen. Christus is die Here wat ons wil dien.
Mag jy vandag waarmee jy besig is, anders benader, omdat jy dit van harte soos vir die Here doen.

Gebed
Here, ek wil U vandag dien. Ek wil met die regte gesindheid doen wat ek moet doen. Help my om te weet ek staan in U diens. Amen.

15 Januarie 2024

Prediker 5:17-19
Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God. So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.

Om oor te gesels en te dink
Die twaalfde padwyser vir 2024: “Om met dankbaarheid te leef vir elke stukkie brood op die tafel, asook vir elke nuwe dag wat die Here aan my gee om vir Hom te leef.”
Hierdie padwyser laat ons fokus om bewustelik dankbaar te leef. Alles wat ons het, is nie deur ons eie toedoen nie, maar ’n gawe van God. Ons kan vreugde vind in die lewe en dit geniet. Ons kan positief wees en positief praat oor wat rondom ons gebeur. Ons hoef nie te kla nie. Ons kan eerder dankie sê. Ons kan bid oor die dinge wat swaar is, terwyl ons dankbaar is oor dit wat ons het.
Die Here gee elke dag vir ons nuwe geleenthede. Laat ons die beste gebruik maak van elke geleentheid soos Efesiërs 5:16 ons herinner.

Gebed
Here, dankie! Dankie! Alles wat ek het, is ’n gawe van U af. Ek wil dankbaar leef en van elke geleentheid gebruik maak om U te dien. Amen.

13 Januarie 2024

Matteus 25:21
Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’

Om oor te gesels en te dink
Die elfde padwyser vir 2024: “Om vrede te maak met die feit dat ek sommige mense sal teleurstel omdat ek nie alles vir almal kan of hoef te wees nie.”
Ons is elkeen uniek en verskil van mekaar. Die Here het vir elkeen van ons gawes gegee om ’n verskil te maak. Tog sukkel ons soms daarmee om alles vir almal te probeer wees. Die beste ding wat ons in 2024 kan doen, is om te doen wat die Here van ons vra en nie wat mense van ons vra nie.
Ons word opgeroep om die beste ek te wees wat die Here gemaak het. Ek hoef nie te wees wat ek dink ander dink ek moet wees nie.
Woeker met dit wat die Here vir jou gegee het, al dink jy dit is nie belangrik nie. Jou bydrae maak ’n verskil en gaan gemis word as jy nie doen wat die Here van jou vra nie.

Gebed
Here, ek wil graag wees wie U wil hê ek moet wees. Help my om my gawes en talente tot eer van U Naam te gebruik. Ek wil doen wat U van my vra. Amen.

12 Januarie 2024

Vrydag 12 Januarie 2024
Nadat Paulus dit gesê het, het hy brood geneem, God in die teenwoordigheid van almal gedank, dit gebreek en begin eet. Hulle het almal moed geskep en self ook begin eet. Ons was altesaam twee honderd ses en sewentig mense aan boord. Nadat hulle genoeg geëet het, het hulle die vrag koring in die see gegooi en so die skip nog ligter gemaak.

Om oor te gesels en te dink
Die tiende padwyser vir 2024: “Om te bid vir mense wat met integriteit werk en leef te midde van onreg en korrupsie, en om hulle te bemoedig om te volhard. “
Dit is nie moeilik om moedeloos te raak oor al die onreg en korrupsie nie, maar ons kan kies om mense te bemoedig wat kans sien om ’n verskil te maak.
Soos Paulus op die boot een van die min gelowiges was, het hy nie geskroom om te getuig dat die Here hulle sal help nie. Al 276 mense is gered as gevolg van Paulus se lewe.
Laat ons soos ’n Paulus die brug wees om mense by God uit te bring. Laat ons ander mense bemoedig wat stukkie vir stukkie deursigtig aanwesig is om onreg terug te druk. Daar is baie meer mense wat met integriteit leef en ons moet hulle bemoedig en dit nie uit die oog verloor nie. Kom ons bly bid vir hulle.

Gebed
Here, ek kom bid vir elkeen wat ter wille van U Naam onreg beveg. Gee hulle en ons die moed om die regte dinge te doen. Laat ons die brug vir mense wees om U raak te sien. Amen.

11 Januarie 2024

Matteus 6:1-4
Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. “As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

Om oor te gesels en te dink
Die negende padwyser vir 2024: “Om gedurig op die uitkyk te wees vir al die stil helde van die Here wat nooit enige erkenning soek vir hulle liefdesdiens en goeie dade nie, en om in hulle voetstappe te volg as my mentors.”
Ons kan leer by mense wat eerder soos Jesus sê nie weet wat hulle linkerhand en regterhand doen nie. Ja, selfs as hulle bid of vas, weet niemand dit behalwe die Vader nie. Ons word geroep om ’n verskil te maak. Ons moet deurskynend aanwesig by mense wees. Daar wees om te help, maar nie vir eie aansien nie.
Dit is die klein dingetjies wat ’n verskil maak. Dit is ’n oproep na iemand wat alleen is, dit is ’n besoek aan iemand wat siek is of swaar kry. Dit is om kos te deel en ons tyd en aandag vir ander te gee.
As jy wonder hoe jy hierdie jaar ’n verskil kan maak, wees op die uitkyk vir mense wat ander help en sluit by hulle aan en begin dit self doen. So verheerlik ons die Vader in die hemel.

GebedHere Jesus, ek wil graag ’n verskil maak. Wys my wat ek kan doen om iemand te help. Mag ek in die agtergrond vir mense U liefde wys. Amen.

Woensdag 10 Januarie 2024

Matteus 25:41-45
Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’

Om oor te gesels en te dink
Die agste padwyser vir 2024: “Om vergeetagtig te wees wat my eie behoeftes betref, en om ’n sagter hart te hê vir almal rondom my.”
Ons leef baie selfgerig en ons moet bewustelik kies om soos Jesus ons leer om nederig te wees. Dit gaan nie net oor my eie behoeftes nie. Ons moet vrygemaak word om op ander mense te fokus en om die myle in ander se skoene te stap.
CS Lewis sê dat nederigheid nie is om minder van myself te dink nie, maar minder aan myself te dink.
Jesus vra in Matteus 25 of ander mense die effek sal voel van wat ek glo. Ek moet dade by my woorde sit.
Wie sal my mis as ek nie meer daar is om te help nie? Wie sal my mis as ek nie meer vir hulle kan bid nie. Ons moet elke dag ’n verskil maak, sodat ander mense ook die pad agter Jesus wil aanstap.

Gebed
Here Jesus, ek wil graag ’n verskil maak. Ek wil aan die geringstes om my ’n verskil maak. Mag ek U liefde vandag uitdeel omdat U vir my lief is. Amen.

Dinsdag 9 Januarie 2024

Romeine 12:18
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Om oor te gesels en te dink
Die sewende padwyser vir 2024 is: “Om eerste askies te sê wanneer ek verkeerd is.” Ons word opgeroep om te vergewe en nie met bitterheid te lewe nie. Dit is nie ’n maklike pad nie, maar ons moet die inisiatief neem om in vrede met mense te leef. Laat ons dié mense wees wat eerste uitreik en askies sê. Laat ons nie wag en voorwaardes stel voordat ons sal vergewe nie. As ons nie ons woede en bitterheid laat gaan nie, is dit om self gif te drink en te verwag die ander persoon moet iets oorkom.
Laat ons eerste ’n brug bou na ander toe. Paulus moedig ons aan om in vrede te lewe.
In die Onse Vader leer Jesus ons om ook te vergewe. Hy het ons vergewe en vra dat ons ook sal vergewe. Vra die Here om jou hierdie jaar op hierdie pad te help.

Gebed
Here, ek sukkel hiermee, maar vra dat U my sal help om askies te sê en in vrede met alle mense te leef. Amen.

Maandag 8 Januarie 2024

Spreuke 4:25-27
Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.

Om oor te gesels en te dink
Ons staan aan die begin van ’n Nuwejaar en ons staan voor keuses. Stephan Joubert het ’n rigtingwysers vir 2024 uitgelig wat ons kan help om hierdie jaar God se pad te kan stap.
Gaan deur hierdie lysie en vra die Here om jou te wys op watter jy nou op kan fokus. Soos die tyd aan gaan, kies dan vir jou ’n volgende een. Laat toe dat die Here so vir jou pad wys.

Gebed
Here, ek wil my oë op U pad hou. Ek wil nie die verkeerde koers kies nie. Help my om hierdie jaar dit elke dag te doen. Amen.

Rigsnoere uit die Bybel vir 2024:

  1. Om die Here na te volg met alles in my.
  2. Om vrygewig te leef soos wat Jesus my leer, sonder om iets terug te verwag.
  3. Om ander mense geestelik ryk te maak, al voel ek soms brandarm.
  4. Om ’n voltydse student te wees van die Here en sy Woord, en om myself gedurig te omring met wyse mense.
  5. Om te doen wat reg is.
  6. Om mense met respek te behandel, al doen hulle nie dieselfde terug nie.
  7. Om eerste askies te sê wanneer ek verkeerd is.
  8. Om vergeetagtig te wees wat my eie behoeftes betref, en om ’n sagter hart te hê vir almal rondom my.
  9. Om gedurig op die uitkyk te wees vir al die stil helde van die Here wat nooit enige erkenning soek vir hulle liefdesdiens en goeie dade nie, en om in hulle voetstappe te volg as my mentors.
  10. Om te bid vir mense wat met integriteit werk en leef te midde van onreg en korrupsie, en om hulle te bemoedig om te volhard.
  11. Om vrede te maak met die feit dat ek sommige mense sal teleurstel omdat ek nie alles vir almal kan of hoef te wees nie
  12. Om met dankbaarheid te leef vir elke stukkie brood op die tafel, asook vir elke nuwe dag wat die Here aan my gee om vir Hom te leef.
  13. Om gefokus te wees op God se eer in alles wat ek dink, sê en doen.
  14. Om nie een aand te gaan slaap sonder dat ek my doel in die lewe nagejaag het nie.
    Stephan Joubert

Saterdag 6 Januarie 2024

Matteus 7:12
Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.

Om oor te gesels en te dink
Die sesde padwyser vir 2024 is: “Om mense met respek te behandel, al doen hulle nie dieselfde terug nie.”
As mens oor respek dink, is ons eerste gedagte dat iemand respek moet verdien voordat hulle gerespekteer word. Jesus stel vir ons ’n nuwe reël in die Bergrede, die goue reël, bekend. Ons moet eerstens aan mense doen wat ons wil hê hulle aan ons moet doen. Ons moet respekvol met mense omgaan.
Die uitdaging is om juis respek vir iemand te wys wat niks terug kan doen om die respek te verdien nie. Ons kan nie net dié respekteer wat ons dink ons gaan help of bevoordeel nie. Nee, as volgelinge van Jesus moet ons juis almal respekteer.
Dit vra dat ons almal menswaardig sal hanteer. Soms is ’n glimlag en groet genoeg, ander kere is dit om iemand wat jou bedien by ’n winkel op die naam te groet.
Die oorsaak van soveel konflik in ons wêreld is omdat iemand voel dat hy of sy nie respekvol hanteer is nie.
Laat ons getuienis wees dat ons mense respekvol hanteer. So kan ons ’n verskil in 2024 maak, daar waar ons elke dag beweeg.

Gebed
Here, help my om mense respek te hanteer, selfs al verdien hulle dit nie. Mag ek nie verskonings uitdink om dit nie te doen nie. Ek wil graag U liefde vir die mense om my wys. Amen.

Vrydag 5 Januarie 2024

Matteus 6:33
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Om oor te gesels en te dink
Die vyfde padwyser vir 2024 is: “Om te doen wat reg is.” Hierdie padwyser moedig ons aan om die regte dinge te doen, al is dit nie altyd die makliker opsie nie. Ons kom voortdurend in situasies waar ons moet kies om die regte ding te doen. Jakobus 4:17 sê dat as ons weet wat die regte ding is om te doen en dit nie doen nie, is dit sonde. Ons doen dan afbreek aan ons verhouding met God en is ons getuienis vir die mense om ons sonder geloofwaardigheid.
Jesus moedig ook Sy dissipels in die Bergrede aan om eerder God se koninkryk en sy geregtigheid na te streef. God sal dan vir ons voorsien wat ons nodig het.
Wanneer ons hierdie jaar in moeilike situasies kom, bid vir wysheid dat ons eerder die regte ding sal doen, as die makliker opsie.
Kom ons streef hierdie jaar om as regverdige mense te leef en altyd God se koninkryk eerste stel.

Gebed
Here, ek wil doen wat reg is. Ek wil koninkryk eerste soek. Mag ek U eer deur die regte keuses te maak. Amen.

Donderdag 4 Januarie 2024

Johannes 6:66-69
Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”“

Om oor te gesels en te dink
Die vierde padwyser vir 2024 is: “Om ’n voltydse student te wees van die Here en sy Woord, en om myself gedurig te omring met wyse mense.”
Ons doen nie genoeg moeite om studente van die Bybel te wees nie. Ons dink omdat ons nie die Bybel soos iemand anders ken nie, ons nie eers probeer nie. Ons kan nie in ’n verhouding met Jesus wees as ons nie tyd saam in Sy Woord spandeer nie.
Jesus vra vir sy dissipels of hulle nie ook wil gaan nadat ’n groot skare van 8000 Hom verlaat het nie. Petrus antwoord dat Jesus die enigste een is wat woorde wat ewige lewe gee, gee. Hy kon dit sê omdat hy Jesus geken het.

  • Wil jy nie meer moeite doen om tyd in die Woord te spandeer nie?
  • Kies ’n kort Bybelboek en lees dit gereeld deur.
  • Memoriseer van die Bybelverse en pas dit in jou lewe toe.
  • Spandeer tyd saam met ander wyse gelowiges wat jou op die pad kan help.

Gebed
Here, U Woord gee lewe. Ek wil hierdie jaar my verdiep in U Woord. Help my om dit te doen sodat ander mense U in my kan sien. Amen.

Woensdag 3 Januarie 2024

2 Korintiërs 6:6-10
Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen. Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar; as onbekendes, en tog is ons goed bekend; as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe; as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie; as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.

Om oor te gesels en te dink
’n Derde padwyser vir 2024 is: “Om ander mense geestelik ryk te maak, al voel ek soms brandarm.”
Hierdie voorneme vra dat ek bewustelik die fokus weg van myself sal draai en op die mense om my fokus. Ons kan baie selfsugtig wees en dink dat die Here net ons moet help, sodat ons gelukkig is.
Paulus beskryf hier dat hulle swaar gekry het en tog in die swaarkry het hulle vreugde ervaar. Hulle kon van hulleself wegkyk en ander raaksien.
Ons eie omstandighede gee ons soms die geleentheid om ander mense moed in te praat, selfs as ons moedeloos voel. Ons kan ons eie ervaring met ander deel wat nodig het om dit te hoor.

  • Met wie moet jy tyd spandeer wat jou nodig het?
  • Deel jou verhaal met iemand om daardie persoon moed te gee.

Gebed
Here, soms voel ek brandarm. Laat my onthou dat U my ryk maak en dat ek dit wat ek is, kan deel met iemand wat dit nodig het. Amen.

Dinsdag 2 Januarie 2024

2 Korintiërs 8:7-9
Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis van God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle, wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig. Ek gee nie 'n opdrag nie, maar ek wys julle op die ywer van ander om daardeur die opregtheid van julle liefde te toets. Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.

Om oor te gesels en te dink
’n Tweede padwyser wat ons in 2024 kan gebruik is: “Om vrygewig te leef soos wat Jesus my leer, sonder om iets terug te verwag.”
Vrygewigheid is die vergete skat van die Nuwe Testament. Dit is ’n lewenswyse. Dit is om jouself te gee. Dit is nie iets wat jy nou en dan doen nie.
Paulus herinner ons dat Jesus ryk was en arm geword het, ter wille van ons, sodat ons Hom kan leer ken.
Ons dink dadelik dat dit beteken ek moet geld gee. Dit kan dit ook beteken, maar mense het ons tyd en aandag meer nodig. Ons moet vrygewig met ons liefdeswerk wees. Mense om jou het jou nodig.
Daar is mense op jou pad waar jy moet stop en stil staan en jou tyd vrygewig deel.

Gebed
Here, ek sukkel om altyd vrygewig te wees. Leer my om te stop en my tyd en liefde met mense om my te deel. Amen.

Maandag 1 Januarie 2024

Jeremia 31:21
Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop.

Om oor te gesels en te dink
Ons is aan die begin van ’n nuwe jaar en ons het baie voornemens. As gelowiges kan ons ook herbesin om te doen wat die Here van ons vra. Soos Jeremia die volk aanmoedig om padwysers en rigtingborde op sit, so moet ons fokus op dit wat belangrik is. Stephan Joubert herinner ons dat ons eerste voorneme moet wees om die Here met alles in my na te volg.
Paulus herinner ons in Filippense 1:21 dat ons ons oog op Christus moet hou. Die somtotaal van die lewe is Christus en dat my lewe deur Christus oorspoel sal word. Hy moet die Here van my hele lewe wees.
Ons moet Sy pad volg. Johannes 14:6 sê Jesus is die weg, die waarheid en die lewe. Of anders gestel: Hy is nie net die ware bestemming nie, maar Hy is ook saam met ons op die pad.
Soos ons hierdie jaar begin, kan ons Hom vertrou om ons oog op die grootpad te hou.

Gebed
Here, ek wil 2024 op U pad bly. Ek wil U volg in alles wat ek doen. Help my asseblief. Amen.

Donderdag 7 Desember 2023

Lukas 7
16Almal is met ontsag vervul en het God geprys deur te sê: “'n Groot profeet het onder ons opgestaan,” en “God het na sy volk omgesien.”

VRAE:

  • Die Romeinse soldaat wat na Jesus kom, weet meer as baie skrifgeleerdes. Hy weet wie Jesus is, en hy weet hoe om Jesus die respek te gee wat Hom toekom. Die romeinse soldaat, ‘n heiden, weet hoe om Jesus te eerbiedig. Hy ontmoet Jesus en glo met sy hele wese dat Jesus nie net die seun van God is nie, nie net daartoe in staat is om sy dienaar gesond te maak nie, maar meer as dit dat Jesus dit kan doen sonder om na die slaaf te gaan. Jesus kan slegs deur die woord te spreek lewe gee. Dit is in skerp kontras met al die ander mense wat verwag het dat Jesus moet kom, dinge moet doen sodat hy die wonders kan laat plaasvind.
  • Jesus kom na die mense wat normaalweg deur die samelewing uitgestoot of nie erken word nie. Hy kom na mense wat nie noodwendig aanvaar sou word nie en uitgelewer en broos is. Was daar al ooit ‘n tyd waar jy gevoel het jy is uitgelewer, broos en afhanklik van ander? Hoe het dit jou laat voel? Hoe het jou verhouding met God gelyk? Deel jou hart met die Here.
  • Wie in jou lewe of in jou omgewing is die mense wat uitgelewer is, broos is en nie noodwendig waarde het nie? Hoe bid jy vir hulle? Hoe nader jy hierdie mense? Is jy bereid om by hierdie mense te leer, of is jy oortuig jy het al die antwoorde? Deel jou hart met die Here.
  • Om vir mense te kan bid of dankbaar te wees vir hulle in jou lewe, is ‘n voorreg. God kom na elkeen van ons in die normale dag se lewe, wanneer ons oorwinnings behaal, maar ook wanneer ons groot hartseer beleef. En in daardie oomblikke het ons die kans om God te volle te vertrou en lief te hê.

DOEN DING:

  • By die etenstafel, vir ‘n plekmatjie, ‘n A4 papier vir elke persoon wat saam eet. Maak ook seker elkeen het ‘n pen of skryf ding.
  • Voor of na julle geëet het, Skryf jou naam op die papier en almal gee hulle papier vir die persoon regs van hulle. Skyf dan ‘n gebed of dit waarvoor jy dankbaar is van hulle op die papier. Die kleintjies kan ‘n prentjie teken as hulle wil. Skuif die papier weer na regs, en herhaal. Hou aan daarmee tot elkeen ‘n boodskap, gebed of prentjie geteken het vir die familielid.

GEBED:
Here, Koning van die hemele, ek buig voor U neer vandag. Ek maak my hande oop en kyk op na U. Here, maak my hart en gees oop vir U. Ek is so dankbaar dat U nie bang is om die gemors in my lewe te herstel nie. Ek is so dankbaar dat U nie deur mense se opinies van my beïnvloed word nie. Here, ek weet dat U ten volle alles vir my gegee het. Ek weet dat U besonders lief is vir my. Mag my hele lewe ‘n offer aan U wees. Here U lig skyn helder in hierdie seisoen. Here, U is tot alles in staat.
Amen

Woensdag 6 Desember 2023

Lukas 6
27“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; 28seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

VRAE:

  • Jesus is aan die woord in hierdie hoofstuk en hy nooi mense uit na ‘n nuwe wêreld. ‘n Wêreld waar alles nie meer onderstebo is nie, maar eerder ‘n wêreld waar alles herstel is soos dit eintlik moes wees. ‘n Wêreld waar die gebede van gelowiges die kerkbanke laat skud en ‘n koninkryk waar die aarde deur die lewens van gelowiges geskud word.
  • Jesus nooi die Fariseërs, mense wat hulle hele lewe aan die wet gehoorsaam was, om die wet reg te lees. Hy vra of hulle nie weet dat die wet nie naastenby so belangrik is soos die een wat lewe in die wet ingeblaas het nie? Hy dag hulle uit om die wêreld met nuwe oë te sien waar jy nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar mense wat jou vyand is vergewe, hulle seën en vir hulle bid.
  • Hoe sou dit lyk indien jy hierdie seisoen, nie net jou eie familie dien, vir hulle buitengewoon goed is en vir hulle al die geskenke koop en liefde gee nie? Hoe sou dit lyk indien jy daardie selfde energie in mense wat jou te nakom, mense wat jy nie kan vergewe nie, mense na wie jy op neerkyk of mense wat jy nie eers aan wil dink nie, daardie liefde en energie gee? Hoe voel dit om te dink jy moet jou geliefdes tweede stel en die ander ‘n prioriteit maak in die seisoen?
  • Die here het gekom om die wêreld reg te stel. Maar die regstel voel nie vir ons so baie natuurlik nie. Deel jou hart met die Here en vra vir Hom waarop jy moet fokus. Hoe het jesus jou wêreld geskud, regte kan om gedraai?

DOEN DING

  • Dek vandag die tafel waar julle eet asof die belangrikste gaste kom. Gebruik julle mooiste borde, messe, vurke en glase.
  • Hoe voel dit om die eetgerei te gebruik wat gewoonlik uitgehou word vir spesiale geleenthede? Jesus het gekom om alles op sy kop te draai. Hy verander hierdie onderstebo wêreld sodat alles weer regte kant bo sal wees. Hoe het die manier waarop julle vanaand eet, julle herinner dat Jesus gekom het om ook die ordinêre oomblikke buitengewoon te maak?

GEBED:
Here, magtige God en ware Vriend, hoe kan ek U ooit na waarde eer? Selfs al voel dit vir my onmoontlik, wil ek U bedank en U naam groot maak! Ek sal nooit ten volle verstaan wat U kom in my eie lewe ten volle beteken het nie. Ek is op my knieë in verwondering oor die manier waarop U my vrygemaak het, my lief het en die feit dat ek ten volle aan U behoort. Here, ek is nie meer my eie nie. Here, help my om vry te word van al die ou godsdienstige reëls en wette. Here, help my om weg te bly van al die tradisies wat my keer om lewe te bied vir hulle wat werklik swaar kry en in nood is. Here, hierdie seisoen handel oor U koninkryk en U glorie. Ek plaas dit alles op die tafel. Wys vir my asb. U manier van doen in die hierdie seisoen. Here, verander my.
Amen

Dinsdag 5 Desember 2023

Lukas 5
5“Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.”

VRAE:

  • Jesus is besig om mense te leer wanneer hy ‘n skuit sien dryf naby die oewer. Hy klim daarin en leer die mense verder. Wanneer hy klaar is met die menigte gaan hy na Petrus en sê vir hom om weer uit te gaan na die diep waters en die nette te laat sak.
  • Petrus is al lank ‘n visserman. Hy weet wat hy doen. Die werk is fisies intensief en moeilik. Hy was alreeds heelnag besig om te werk. Hy was waarskynlik baie moeg en reg om te gaan rus. Wanneer Jesus vir hom vra om nog ‘n keer te gaan, kon hy maklik moeilik wees en weier om dit te doen. Tog vertrou hy vir Jesus. Hy vang so baie vis dat sy nette besig is om te skeur en hy vriende moes nader roep om te help.
  • Hierdie hele ervaring het vir Petrus die kans gegee om skoongemaak te word van sy eie idees en oortuigings waarop hy normaalweg staatmaak. Watter idees en gedagtes huldig jy oor jou werk, jou huisgesin en jou naastes wat Jesus dalk in hierdie feestyd sou wou aanspreek? Waarom dink jy dien hierdie idees jou nie werklik nie? Hoe sou dit lyk indien jou lewe skoongewas was, van hierdie idees en gedagtes?
  • Petrus het die kans gehad om gesuiwer of verfyn te word. In die proses om gesuiwer te word, gaan mens deur moeilike omstandighede waar jy gereduseer word tot ‘n hoër gehalte karakter. Watter ervarings in jou lewe, is besig om jou te suiwer en verfyn? Waarom dink jy is dit nodig om deur hierdie proses te gaan? Hoe gaan dit jou getuienis oor jou geloof help, deur hierdie proses enduit te sien?
  • Petrus het die kans om nuwe lewe te bring fisies deur die kos wat hy nou kan voorsien, maar ook in die nuwe bediening wat die Here nou vir hom gee. Hoe gee God vir jou ook nou die geleentheid om nuwe lewe in die mense en bediening waar jy is te bring? Hoe lyk dit as jy werklik lewe bring vir mense om jou? Watter bediening plaas die Here op jou hart?

DOEN DING

  • Indien dit moontlik is, maak ‘n vuur buite waar julle kan sit en gesels. Indien dit nie moontlik is nie sit ‘n YouTube video aan wat vertoon soos ‘n kaggel. Sommige het ook die klank van ‘n werklike vuur.
  • Terwyl julle om die vuur sit. Deel met mekaar hoe die hitte van die vuur help om skoon te maak, nuwe lewe voort kan bring en metale suiwer. Hoe het die afgelope jaar dit met julle gedoen? Skoon gemaak, nuwe lewe gebring en gesuiwer?

GEBED:
Here, vergewe my wanneer ek vir U teenkanting gee in my suiweringsproses. U is altyd goed. Here, ek kan op U vertrou. Here, ek wil saam met U stap deur die Kersseisoen. Here, wys vir my wat U wil is vir my in hierdie tyd. Here, ek weet ek is gemaak vir soveel meer as wat ek vir myself kan droom. Here, ek weet dit. Here, vergroot my kapasiteit. Here, help my groei.
Amen

Maandag 4 Desember 2023

Lukas 4
1Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei, 2waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is.

VRAE:

  • Tydens Jesus se doop is Hy erken as God se geliefde. Hy is direk na die doop deur die Gees gelei, om deur die vyand in die woestyn versoek te word. Hy is op verskeie maniere versoek.
  • Jesus is versoek terwyl hy baie honger was, om te besluit op wie Hy vertrou om vir hom te voorsien¬¬. Jesus bely dat God die enigste bron is van alles wat hy benodig. Wie is jou jou bron van voorsiening? Vertrou jy op God om te voorsien dit wat jy nodig het? Is jy bereid om daarop te wag? Of kies jy ander goed om jou te verdoof of te vul met alles wat nie werklik vir jou bedoel is nie? Kies jy ‘n besige program, ‘n verslawing, ‘n afleiding om jou aandag weg te neem van die dinge wat werklik jou siel sal versadig? Deel jou hart met die Here.
  • Jesus is versoek om te besluit wat Sy grootste prioriteit is. Jesus het geweet dat God sy grootste prioriteit moet wees en hy het sy lewe daarvolgens ingerig. Hoe lyk jou prioriteite? Kom God voor alles anders in jou lewe? Of is jou verhouding met God die laaste element wat in jou kalender en hart plek kry? Hoe getuig jou kalender, finansies, gawes en mense van jou prioriteite? Deel jou hart met die Here.
  • Jesus is versoek deur te wonder oor wie hom werklik sal beskerm. Jesus het geweet dat God Sy hand oor Hom hou en dat hy biddend God se leiding en wysheid moet soek voor hy enige tree verder gee. So gereeld storm ons in ‘n rigting of situasie, sonder om die Here se leiding te vra. Dan verwag ons dat God ons moet beskerm van die konsekwensies en nagevolge. Waar in jou lewe is jy nie besig om God se leiding eerste te vra nie? Waar word God se beskerming die laaste pleidooi wanneer daar nie meer ander uitweg is nie? Deel jou hart met die Here.

DOEN DING:

  • Praat oor elkeen van die drie temas: Voorsiening, Prioriteite en Beskerming. Deel met mekaar hoe julle as ‘n huishouding God se voorsiening, prioriteite en beskerming prakties in julle lewens sien of op wil fokus.
  • Bring ‘n bakkie met water na die etenstafel. Laat elkeen, een vir een, hulle hand in die water sit. Wanneer hulle die hand in die water sit, laat hulle sê: “Ek behoort aan God. Jesus het my vry gemaak van my sondes. Die Heilige Gees lei my nou elke dag.”

GEBED:
Here, ek is so bewus dat ek soms myself probeer help deur self te probeer voorsien, my eie prioriteite najaag en nie U wil te soek in elke keuse wat ek maak nie. Ek word versoek en ek is skuldig daaraan dat ek vir die versoekings val. Vergewe my asb. Here. Help my om meer na U te smag en te weet dat genoeg is. Here, ek wil nie meer na myself omsien nie, so besig wees dat ek niks in die oomblik beleef nie of U nie ten volle vertrou nie. Help my om nee te sê vir alles wat nie vir my bedoel is nie. Here, sal U die lewende God weer vandag opnuut oor my was. Here, U seën ons.
Amen

Dinsdag 28 November 2023

Lukas 1:35-38
Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie.” Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

Om oor te gesels en te dink
Ons vier Jesus se koms en geboorte tydens Kersfees! Mense het iemand nodig gehad om hul te kom verlos. Ons het 'n Verlosser nodig! Gister het ons nagedink oor ons verwagting van God. Miskien moet ons vra wat God se verwagting van ons is? In hierdie teks lees ons van 'n jong Maria wat gekies is om die moeder van Jesus te wees. Na 'n hele gesprekvoering met die boodskapper, die engel, sê Maria dat sy tot die beskikking van die Here is. Hier is ek Here. Miskien kan ons vandag nadink oor die verwagting dat ons ook geroep en gestuur word. Anders as Maria, maar tog ook geroep en ons kan ook die woorde gebruik 'Ek is tot beskikking van die Here'.

Gebed
Here, 'Ek is tot U beskikking'. Ek hoor hoe U my roep. Ek sien waar U my wil gebruik. Ek besef U het ook 'n verwagting oor my lewe. Ek is geroep tot 'n lewe van dissipelskap. Hier is ek. Gebruik my. Amen

Maandag 27 November 2023

Jesaja 9:5-6
Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Om oor te gesels en te dink
Advent is 'n woord wat 'koms' of 'aankoms’ kan beteken. Dit is ook die tyd in die kerklike jaar wat ons in afwagting aftel tot die herdenking van Jesus se eerste koms: Kersfees. Die eerste Sondag van Advent vir hierdie jaar is komende Sondag 3 Desember. Ons lees in tekste waar mense gewag en vertrou het op die koms van 'n Messias. Mense het iemand nodig gehad om hul te kom help en verlos, min wetend hoe hierdie Verlosser van hul beeld sal verskil. 'n Verlosser wat as 'n baba in 'n krip gebore word! Wat is jou verwagting van God op hierdie stadium van jou lewe? Hoe word jy opnuut gekonfronteer met die verhaal van Jesus se koms in jou eie lewe?

Gebed
Here, vandag wonder ek oor ander mense se verwagting oor U koms. Wat het Maria as moeder verwag? Wat het die mense wat swaarkry in gedagte gehad? Jesus ek weet dat U die wêreld van die begin af op haar kop kom draai het, draai ook so my eie verwagting en verstaan van U eerste koms. Amen

Saterdag 25 November 2023

Johannes 13:12-15
Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.

Om oor te gesels en te dink
Liefde maak nie altyd sin nie, tog moet dit ons nie ontmoedig om te probeer lief hê nie. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel en as volgelinge moet ons voete was, al maak dit nie sin nie. Ons hoef nie oorweldig te wees nie. John Wesley help ons met die volgende aanhaling:
“Doen soveel goed as wat jy kan.
Op soveel maniere as wat jy kan.
Op soveel plekke as wat jy kan.
Aan soveel mense as wat jy kan.
So dikwels as wat jy kan.
So lank as wat jy kan.
Mense onthou nie wat jy vir hulle gesê of gedoen het nie het nie, maar hoe jy hulle laat voel het.

At the end of the day people won't remember what you said or did, they will remember how you made them feel. Maya Angelou

Gebed
Here, ek wil leer om lief te hê, selfs al maak dit nie sin nie. Mag ek U liefde deel en U voorbeeld volg. Amen.

Vrydag 24 November 2023

Johannes 13:5-9
“Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?” En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.” Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.””
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Soos Dawid se liefde vir Mefiboset nie sin gemaak het nie, wys Jesus vir ons groter liefde wat nie sin maak nie. Jesus is bereid om sy dissipels se voete te was en hulle te dien. Petrus sukkel om dit te verstaan, net soos Mefiboset dit ook nie verstaan het nie. Petrus sê: “Ja, maar…”
Ons is baie maal soos Petrus wat sukkel om God se liefde te aanvaar en ook om liefde wat nie sin maak uit te leef nie. Ons het baie verskonings. Ons sê maklik: “Ja, maar…”
Jesus stel nie eers ‘n klomp voorwaardes voordat Hy sy dissipels se voete was nie.
Hy stel die voorbeeld en gee vir ons ‘n nuwe opdrag om dieselfde te doen.

Gebed
Here Jesus, ek wil lief hê al maak dit nie sin nie. Help my om U liefde te aanvaar en ook U liefde en goedheid met ander mens te deel. Amen.

Donderdag 23 November 2023

2 Samuel 9:8-10
Hy het weer voor Dawid gebuig en gesê: “Wat is ek tog dat u aandag gee aan 'n dooie hond soos ek?” Dawid het vir Siba die amptenaar van Saul geroep en hom beveel: “Alles wat aan Saul en sy familie behoort het, gee ek aan sy kleinseun. Jy en jou seuns en jou slawe moet vir hom die lande bewerk en die oes insamel sodat daar kos kan wees vir sy huishouding, en sodat hulle kan eet. Maar Mefiboset die kleinseun van Saul sal van nou af by my aan huis eet.” Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.

Om oor te gesels en te dink
Mefiboset het gedink hy is nie waardig om die goedheid van koning Dawid te kan aanvaar nie. Hy verwys na homself as ’n dooie hond. Tog gee Dawid opdrag dat sy lot verander. Dawid onderneem om vir hom te sorg en hom in te nooi in sy huis.
Dawid het genoeg redes gehad om dit nie te doen nie. Tog kies hy om goedheid aan Mefiboset te betoon. Die Hebreeuse woord vir hierdie goedheid is “gesed” - wat ook lojaliteit en onvoorwaardelike aanvaarding beteken. Dawid het nie terug gedeins om dit te gee nie. Hy gee nie net vir hom goed nie, maar ook sy tyd as hy vir Mefiboset na sy tafel toe nooi.
Dit moes dalk vir Mefiboset moeilik gewees het om hierdie goedheid te aanvaar. Hy wou nog redes gee, maar Dawid het voort gegaan om goedheid aan hom te bewys.
Ons moet bereid wees om ook die Here se goedheid te ontvang. Laat ons nie dink ons is dit nie waardig nie. God se goedheid is vir ons elkeen bedoel.

Gebed
Here, dankie dat U so goed is vir my. Ek verstaan dit nie altyd nie, maar dankie U goedheid en guns by my is. Amen.

Woensdag 22 November 2023

2 Samuel 9:5-7
Koning Dawid het hom toe laat haal uit Makir se huis in Lo-Dabar. Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig. “Mefiboset?” vra Dawid. “Ek is u onderdaan,” antwoord hy. Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.””

Om oor te gesels en te dink
Dawid laat Mefiboset haal om voor hom te verskyn. Mefiboset dink dat hy tereggestel gaan word omdat hy ‘n bedreiging vir Dawid inhou. Daarom dat hy versigtig en bang voor koning Dawid buig. Dawid hanteer hom goedgunstig. Hy noem hom op sy naam, stel hom gerus en verander sy toekoms op grond van sy vroeëre belofte aan Mefiboset se pa, Johnatan. Hy nooi hom om deel van sy huis en tafel te word. Hy stel geen voorwaardes nie. Hy aanvaar Mefiboset soos hy is, sodat hy ‘n verhouding met hom kan bou.
Ons het ook nodig om mense in ons lewens in te nooi, sonder voorwaardes en ‘n pad met hulle te begin stap. Wie is daardie persoon? Selfs al verdien hy of sy dit glad nie?

Gebed
Here, help my om met mense sonder voorwaardes’n pad te stap. Amen.

Dinsdag 21 November 2023

2 Samuel 9:1-5
Op ’n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.” Hulle het toe vir Siba, ’n amptenaar van Saul se hofhouding, na hom toe laat roep. “Is jy Siba?” vra die koning hom. Hy antwoord: “Ek is u onderdaan.” “Is daar nie miskien iemand uit Saul se familie oor nie?” wou die koning weet. “Ek wil hom ’n besondere guns bewys.” “Daar is nog ’n kreupel seun van Jonatan,” was Siba se antwoord aan die koning. “Waar is hy?” vra die koning hom toe, en hy het geantwoord: “Hy is in die huis van Ammiël se seun Makir in Lo-Dabar.” Koning Dawid het hom toe laat haal uit Makir se huis in Lo-Dabar.

Om oor te gesels en te dink
Koning Dawid besluit om teen alle verwagting uit te vra oor Saul se familie. Hy het vroeër met Jonathan, Saul se seun, ’n ooreenkoms uit hulle vriendskap gesluit, dat hulle altyd lojaal teenoor mekaar sal wees (1 Sam 20). Nadat hy gehoor het dat daar wel iemand is, laat hy hom haal. Dit sit Dawid nie af dat dit hom op risiko plaas nie. Dit was immers iemand wat sy koningskap sou kon bedreig.
Dawid laat hom uit moeilike omstandighede haal. Al ken Dawid hom nie, weerhou dit hom nie om steeds aan hierdie afstammeling van Saul te wil goed doen nie.
Ons kan by Dawid leer om ook risikos te neem. Net soos dit nie toe sin gemaak het nie, maak dit nie altyd sin om iemand te help wat jy dink dit nie verdien nie. Dawid maak nie verskonings nie, maar laat hom haal, sodat hy aan hom goed kan doen.

Gebed
Here, ek dink nie altyd aan ander soos wat ek moet nie. Help my om mense raak te sien wat ek kan help, al maak dit nie sin nie. Amen.

Maandag 20 November 2023

Filippense 3:6-8 (Die Boodskap)

6 In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie ’n voet verkeerd gesit nie. 7 Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ’n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het. 8 Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander. Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame. Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in ’n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak.

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, verander alles vir ons!

Ons het die hele week na Paulus se bekeringsverhaal gekyk. In vandag se teksgedeelte vertel Paulus aan die Filippense hoe hierdie ontmoeting met Jesus alles vir hom verander het.

Lees dit stadig deur. Dink daaroor. Bid daaroor. Luister aandagtig wat die Heilige Gees vir jou hierdeur sê.
Gaan kyk weer na sleutelvrae in die dagstukkies wat deur die week gestuur is.

Hier is ’n paar sinne wat jy gebruik om jou gebede te lei na die week se dagstukkies.
Jy hoef nie almal te bid nie, kies die wat met jou hart praat.

Here, ek het waarheid nodig, wys my asb wat die waarheid is.
Here, waarvoor moet my oë oopgaan?
Here, is ek besig om myself te verset teen U prikkels?
Here, dankie vir die goeie nuus!

“Christians are called to leave behind, in the tomb of Jesus Christ, all that belongs to the brokenness and incompleteness of the present world.” N.T. Wright

Saterdag 18 November 2023

Filippense 3:6-8 (Die Boodskap)

6 In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie ’n voet verkeerd gesit nie. 7 Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ’n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het. 8 Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander. Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame. Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in ’n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak.

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, verander alles vir ons!

Ons het die hele week na Paulus se bekeringsverhaal gekyk. In vandag se teksgedeelte vertel Paulus aan die Filippense hoe hierdie ontmoeting met Jesus alles vir hom verander het.

Lees dit stadig deur. Dink daaroor. Bid daaroor. Luister aandagtig wat die Heilige Gees vir jou hierdeur sê.
Gaan kyk weer na sleutelvrae in die dagstukkies wat deur die week gestuur is.

Hier is ’n paar sinne wat jy gebruik om jou gebede te lei na die week se dagstukkies.
Jy hoef nie almal te bid nie, kies die wat met jou hart praat.

Here, ek het waarheid nodig, wys my asb wat die waarheid is.
Here, waarvoor moet my oë oopgaan?
Here, is ek besig om myself te verset teen U prikkels?
Here, dankie vir die goeie nuus!

“Christians are called to leave behind, in the tomb of Jesus Christ, all that belongs to the brokenness and incompleteness of the present world.” N.T. Wright

Vrydag 17 November 2023

Handelinge 9:1-9; 17-19

17 Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.”

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, sien ons ons eie sondigheid opnuut, en ontvang ons die Goeie Nuus!

Jesus se reaksie teenoor Paulus is goeie nuus! Paulus vervolg vir Jesus. Paulus probeer alles in sy vermoë om die verkondiging van die goeie nuus te stop. Jesus bewys aan hom genade, en trek by hom in deur middel van Heilige Gees. Wie doen dit? Wel, Jesus!

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, word ons met twee belangrike waarhede gekonfronteer:

  • Kyk wat het ek alles gedoen!
  • Kyk wat het Hy alles vir my gedoen!

Paulus was goed bewus van sy stryd met sonde. In Romeine 7:24 skryf hy: “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” In hierdie ontmoeting met Jesus word hy gekonfronteer met die waarheid dat hy vir Jesus self vervolg, ellendige mens! Hy het eie sondigheid opnuut gesien.

Die wonder van die evangelie (die goeie nuus) is dat Jesus vir al ons sonde betaal het deur Sy kruisdood. Wanneer ons oorweldig word deur die waarheid van ons eie sondigheid, word ons ook oorweldig deur die goeie nuus dat die prys daarvoor reeds ten volle betaal is. Dit is goeie nuus, wat ons slegs kan ontvang, ons kan dit nie verdien nie!

Dit kan wees dat ons as gelowiges hierdie twee waarhede vergeet van tyd tot tyd. Daarom is dit belangrik dat ’n storie soos die een ons daaraan herinner, en dat ons vir ’n oomblik weer die wonder en voorreg hiervan sal waardeer.

  • Het jy nodig om vandag weer die goeie nuus opnuut te ontvang en te waardeer?

“The gospel is this: We are more sinful and flawed in ourselves than we ever dared believe, yet at the very same time we are more loved and accepted in Jesus Christ than we ever dared hope.” Tim Keller

Donderdag 16 November 2023

Handelinge 9:1-9; 17-19

4 Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, is ons klaar geworstel!

Paulus het geworstel. In Romeine 7 beskryf hy die worsteling met sy eie sonde en onvermoë om aan die volle wet gehoorsaam te wees. Hy het ten diepste geweet dat hy ’n redder nodig het, maar wou eenvoudig nie glo dat Jesus daardie redder was nie. Hy het self gehoor hoe Stefanus in Handelinge 7 hierdie onvermoë om onsself te red uitspel, en Jesus as redder verkondig. Paulus wou dit nie hoor nie, hy het eerder ingestem dat Stefanus doodgemaak word. Paulus het met Jesus self geworstel, en Hom selfs vervolg…

In Handelinge 26:14 voeg Paulus by dat Jesus vir hom gesê het “Jy maak jou net seer deur jou te verset.” Paulus verwys hier na die “prikkels” van ’n herder wat vir ’n oomblik pyn en ongemak vir sy skape veroorsaak, maar vir hulle eie lewe en beswil. Paulus se worsteling het gemaak dat hy eerder teen hierdie prikkels geskop het (soos wat ’n skaap sal maak) as om dit gehoorsaam te volg.

Elkeen van ons worstel ook, elkeen met sy/haar eie dinge op sy/haar eie tyd. Tydens ons worstelinge kan dit wees dat ons pyn, ongemak of disorientasie prikkels van die Goeie Herder af is, wat ons juis wil terugbring na die regte pad en naby aan Hom.

’n Ontmoeting met God bring ons by ’n oomblik van beslissing: ons gaan óf die prikkels volg en uiteindelik met ons worsteling klaarmaak (soos Paulus), óf ons gaan kies om weer teen dit te skop. Paulus het uiteindelik opgehou om teen die prikkels te skop en homself laat doop.

  • Waarmee worstel jy tans?
  • Is die pyn en ongemak wat jy tans ervaar dalk die prikkels van God wat jou na Hom toe terugroep?

“We all want progress, but if you're on the wrong road, progress means doing an about-turn and walking back to the right road; in that case, the man who turns back soonest is the most progressive.” C.S. Lewis

Woensdag 15 November 2023

Handelinge 9:1-9; 17-19

8 Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. 9 Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie. 18 Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien.

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, sien ons soos nog nooit tevore!

Dink vir ’n oomblik aan ’n droom: terwyl jy droom voel dit asof dit wat jy sien werklik besig is om te gebeur. Wanneer jy wakker word, sien jy egter duidelik dat jy besig was om te droom. Jy kan dus duidelik sien dat dit ’n droom was, en dat jy nou wakker is.

Dieselfde gebeur met ons wanneer ons ’n ontmoeting met God het. Dán sien ons ons ons eie sonde, die leuens van die duiwel, hoe ver ons van die pad gedwaal het en hoe selfsugtig ons ons lewens inrig op ’n splinternuwe manier. Dit is asof jy kan sien hoe blind jy was…

In Handelinge 26:15-18, waar nog ’n weergawe van Paulus se bekeringstorie geskryf is, herroep Paulus die volgende woorde van Jesus wat op daai dag aan hom gesê is: “18 Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer.” So die een wat blind was, wat nou kan sien, moet vir ander blindes die goeie nuus gaan vertel, sodat hulle ook kan sien!

  • Wat het God onlangs vir jou gewys?
  • Is daar iets in jou lewe wat jy miskien nie sien nie, waarvoor jy blind is?
  • Is daar iets in jou lewe wat jou in die duisternis hou, wat jy moet sien?

I bring to you Lord, my momentary irritation, that you might reveal the buried seed of it—not in the words or actions of another person, but in the withered and hypocritical expectations of my own small heart.

Dinsdag 14 November 2023

Handelinge 9:1-9; 17-19

9 Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, begin ons dink!

Paulus was oortuig daarvan dat Jesus dood is, dat “die aanhangers van die leer van die Here” verkeerd was en dat hulle tronk-en doodstraf verdien het.
Trouens, Paulus se hooffokus in hierdie tyd was die vervolging van Christene. Hy het al die laasgenoemde geglo as die waarheid, totdat hy op dié dag gekonfronteer is met ’n waarheid buite hom. Die oomblik wat hy gekonfronteer was met hierdie waarheid moes hy ’n besluit neem: dit is óf ja, óf nee. Hy het Jesus se stem gehoor, hy het hom geantwoord, en toe moes hy dink daaroor… Jesus het WERKLIK opgestaan!

Weet jy dat ek en jy ook in iets kan glo asof dit die waarheid is, al is dit nie die waarheid nie? ’n Ontmoeting met God en Sy waarheid wat aan ons openbaar word is ’n manier hoe ons dít kan raaksien, daarmee kan worstel, en uiteindelik kan besluit of ons die waarheid gaan glo of nie.

  • Dink jy tans oor jou geloof?
  • Worstel jy tans met die waarheid, en dit wat jy glo as die waarheid?

As jou antwoord ja is op enige van die twee vrae, wil ek jou aanmoedig om:

  1. Die Here te vra om vir jou die waarheid te wys en Homself aan jou te openbaar. Hy hoor jou!
  2. Vir iemand in jou geloofsfamilie te vra om saam met jou te dink, te soek en te worstel. Ons is geskep vir verhouding, en om die waarheid saam te ontdek en te leef.

“The central basis of Christian assurance is not how much our hearts are set on God, but how unshakably his heart is set on us.” Tim Keller

Maandag 12 November 2023

Handelinge 9:1-9; 17-19

3 Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal.

Hierdie was Paulus se oomblik, die dag toe hy vir Jesus ontmoet het! Hierdie ontmoeting het alles vir hom verander: Paulus het homself hierna bekeer, laat doop, en die goeie nuus aan almal vir wie dit vir hom moontlik was verkondig.

Het jy al so ontmoeting met Jesus gehad?

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, verander dit ons, net soos dit vir Paulus verander het. Sy storie help ons om te verstaan en te sien hoe hierdie verandering plaasvind. Trouens, hy sê in 1 Timoteus 1:15-16 dat sy storie vir ons ’n voorbeeld moet wees. Ons gaan deur die loop van die week saam sy storie en voorbeeld bestudeer.

Om die week se reis te begin, dink vandag na oor die volgende vrae:

  1. Ken jy vir God?
  2. Hoe groei jy in jou intimiteit met God?
  3. Wanneer ontmoet jy Hom?
  4. Wat staan vir jou uit van Paulus se verhaal?

God is most glorified when you are most satisfied in Him. Faith is born and sustained by the Word of God, and out of faith grows the flower of joy. But to enjoy Him we must know Him. John Piper


Saterdag 11 November 2023

Matteus 14:32-33
Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”

Om oor te gesels en te dink
Nadat Petrus en Jesus in die boot geklim het, het die wind bedaar. Die dissipels het besef dat Jesus die Seun van God is en Hom aanbid. Ons sien dat wanneer ons in die boot is, ons kan weet dat Jesus by ons is. Ons hoef nie eers uit te klim om Hom raak te sien nie. Jesus is reeds by ons.
Die vroeë kerk het die simbool van ’n boot gebruik om hulle te herinner dat God by hulle is. Dit het vandag nog dieselfde betekenis. Die Here is by ons en ons kan Hom aanbid as die Seun van God. Ons hoef nie in vrees te lewe oor die storms wat oor ons woed nie. Hy is by ons, sodat ons nie bang hoef te wees nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U in al die storms by my is. Ek aanbid U as die Seun van God. Mag ek rustig wees in die wete dat U nooit alleen sal los nie. Amen.


Vrydag 10 November 2023

Matteus 14:30-31
Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

Om oor te gesels en te dink
Petrus begin om op die water te loop, maar toe hy begin rond kyk en besef hoe sterk die wind is, het hy bang geword. Hy het begin twyfel en gesink. Hy roep uit na Jesus om hom te red.
Jesus het dadelik gereageer. Dit is ’n belangrike woord: “dadelik”. Mens kan dit ook vertaal as onmiddelik. Jesus het nie gehuiwer om hom te help nie. Hy vra wel vir hom hoekom hy begin twyfel het.
Hierdie woorde herinner aan Matteus 8 toe Jesus die storm stil gemaak het. Die dissipels was ook bang en het getwyfel. Jesus gryp steeds in en help.
Vandag kan ons ook net uitroep: “Here, red my!” en weet dat die Here dadelik sal help. Laat ons nie op ons omstandighede fokus nie. Die Here is by ons en ons hoef nie bang te wees nie. Hy red onmiddelik.

Gebed
Here Jesus, ek kyk soms in my omstandighede vas en twyfel. Ek kom vra dat U my sal help. Ek roep saam met Petrus uit: “Here, red my!” Amen.


Donderdag 9 November 2023

Matteus 14:28-29
Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.

Om oor te gesels en te dink
Petrus word gewoonlik bewonder omdat hy ook op die water geloop het. Maar eintlik versoek hy Jesus, net soos wat die duiwel Jesus in die woestyn versoek het. Die woorde “as U…” is dieselfde woorde as in Mattues 4:1-11.
Petrus sien Jesus nie in die storm raak nie en daag Jesus uit. Jesus gee vir hom wat hy vra. Petrus klim uit die skuit en begin op die water loop.
Terwyl Petrus op die water loop het hy dalk begin besef wat besig is om te gebeur.
Ons is baie keer ook soos Petrus. Ons sien nie die Here in ons storm raak nie en wil Hom eerder versoek of toets. Ons kry dan ook soos Petrus wat ons vra. Jesus raas nie met Petrus toe hy dit vra nie. Jesus laat toe dat hy self ontdek wat besig is om te gebeur. Ons vra baie maal ook: “Here, as dit regtig U is…”

Gebed
Here Jesus, ek is ook soos Petrus. Ek vra ook sonder dat ek besef wat ek vra. Help my om U te herken waar U in my lewe besig is. Amen.


Woensdag 8 November 2023

Matteus 14:24-27
Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus loop op die water na Sy dissipels toe. Hulle erken Hom nie en vermoed dat Hy ’n spook is of selfs iemand uit die bose onderwêreld. Angs oorval hulle en hulle skreeu. Jesus stel hulle dadelik gerus met die woorde: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
Hierdie woorde van Jesus moet ons ook vandag hoor. Ons herken Jesus nie altyd in ons situasies nie. Ons misgis Hom as spook, of dink dat dit moontlik kan wees, dat Hy by ons is nie. Ons mis dat Jesus by ons is. Daarom as Jesus praat en sy dissipels gerus stel, hoef hulle nie meer bang te wees nie.
Jy kan ook weet dat Jesus vandag by jou is en vir jou dieselfde sê: “Wees rustig, dit is Ek. Moenie bang wees nie.

Gebed
Here Jesus, ek sien U nie altyd raak nie. Mag ek vandag rustig wees en weet dat U hier by my is en dat ek nie hoef bang te wees nie. Amen.


Dinsdag 7 November 2023


Matteus 14:22-23
Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.

Om oor te gesels en te dink
Jesus het pas die wonderwerk van die vermeerdering van die brood gedoen (Mat. 14:13-21) en laat sy dissipels solank gaan, terwyl Hy die mense huis toe laat. Jesus wou alleen tyd met die Vader in gebed spandeer. Dit is iets wat ons maklik verby kan lees. Jesus het dit baie belangrik geag om alleen tyd saam met Sy Vader te spandeer. Ons sou kon dink dat dit nodig was nie, maar selfs Jesus bid en spandeer tyd saam met die Vader, ten spyte van ’n besige program.
Ons kan ook by Jesus leer. Kom ons maak tyd om te bid en alleen tyd saam met die Vader te spandeer. Al ken Hy ons deur en deur, is dit noodsaaklik dat ons ons afsonder en ons hart met Hom deel.

Gebed
Hemelse Vader, ek kom bid en vra dat U by my sal wees. Ten spyte van my program, wil ek graag alleen tyd saam met U spandeer. Ek het U lief. Amen.

Maandag 6 November 2023

Psalm 107:28-31
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei. Hy het die stormwind stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar. Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte. God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

Om oor te gesels en te dink
Ons almal beleef storms. Miskien beleef jy vandag ’n storm en weet jy nie watter kant toe nie. Hierdie Psalm herinner ons om in ons nood na die Here te roep. Hy is die Een wat ons uit ons ellende kan lei na ’n veilige plek.
Die golwe mag vir jou oorweldigend voel. Maar weet dat die Here stormwinde stil maak. Hy roep ons na die hawe en sal ons veilig daar uit bring. Laat ons nie self die storm probeer oplos nie. Kom ons roep die Here in ons nood en storm aan. Laat ons nie stil wanneer die Here wonderdade in ons lewens doen nie.

  • Wat se storm beleef jy tans?
  • Vra die Here om die storm stil te maak.

Gebed
Here, ek roep na U in my storm. Ek vertrou U. Mag U my veilig na die hawe toe lei. Amen.

Saterdag 4 November 2023

Matteus 5:14-16
Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Om oor te gesels en te dink
Jesus gebruik die beeld dat ons lig vir die wêreld is. Ons woorde en dade wys vir almal om ons wat ons glo. Daarom moedig Jesus ons aan om so te leef dat die mense om ons, deur die goeie werke wat ons doen, die Vader sal verheerlik. Dit plaas ’n groot onus op ons om met alles wat ons doen Jesus se liefde te wys. Deur met goeie werke ons liefde sigbaar te maak, verdryf ons die duisternis.
Soos Jesus se liefde vir elkeen van ons sonder voorwaardes kom, moet ons almal waarmee ons te doen het, met liefde behandel. Jesus het God se genadejaar kom aankondig en maak ons deel daarvan dat ons dit nie net self beleef nie, maar ook kan deel met ander. Ons lig en liefde kan nie weggesteek word nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U ons Lig is. Ek wil graag deur wat ek doen U lig vir ander wys. Help my om ’n goeie ligdraer te wees. Amen.

Vrydag 3 November 2023

Filippense 2:14-16
Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie.

Om oor te gesels en te dink
Paulus moedig die Christene in Filippi aan om as deel van hulle getuienis alles sonder kla of teëpraat te doen. Hulle moet bo alle verdenking bly en opreg wees te midde van ontaarde en korrupte mense. Dit gaan nie oor ons vyande of wat ander mense doen nie, maar wat ons doen. Ons moet die ligdraers wees deur te doen wat ons sê. Ons woorde en dade moet ooreenstem. So sal ons ’n sterk getuienis hê en gereed wees as Jesus kom.
Laat ons nie moedeloos word om goed te doen nie. Kom ons hou di elig in onsself aan die brand, sodat ons ligdraers kan wees wat ’n verskil maak.

Gebed
Here Jesus, gee my die moed om as ligdraer op te tree. Laat ek eerder op U fokus as op alles wat nie reg is nie. Ek wil doen soos U vra. Amen.

Donderdag 2 November 2023

Lukas 6:27-31
““Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Om oor te gesels en te dink
Lukas haal ook die woorde van Jesus aan. Hy brei dit uit en maak dit prakties. Om jou vyande lief te hê, moet ons goed doen aan hulle, hulle seën en vir hulle bid. Verder vra dit om nie altyd jouself te laat geld nie, maar ook die ander wang te dra. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.
Dit is verseker nie maklike woorde nie, maar Jesus moedig ons aan om dit te probeer doen.
As daar mense is, wat vir jou soos ’n vyand voel, doen goed aan hulle, seën hulle en bid vir hulle.
Laat ons Jesus se genade vir ons vyande wys, omdat Jesus vir elkeen van ons Sy genade en liefde gee.

Gebed
Here, dankie vir U genade vir my. Help my om mense lief te hê, vir hulle goed te wees, hulle te seën en vir hulle te bid. Amen.

Woensdag 1 November 2023

Matteus 5:46-48
As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus vra die vraag wat ons almal kan laat dink. Ons kan nie net dié lief hê wat vir ons lief is nie. Ons behoort almal lief te hê. Jesus stel dit baie sterk dat as ons net vir sekere mense lief is, is ons soos heidene. Ons moet liefhet soos wat God liefhet. Ons moet volmaak wees, soos die Vader volmaak is, deur mense lief te hê.
As ons dit nie doen nie, is ons soos ’n sonsverduistering. Ons staan in die pad dat mense God kan ervaar. Wanneer ons liefde vir mense wys, kan hulle God leer ken en ook vir Hom lief wees. Laat ons nie in die pad staan om vir ander mense God se liefde te wys nie.

Gebed
Here, leer my om soos U lief te hê. Ek wil U liefde vir mense om my wys, sodat hulle U sal raak sien. Amen.

Dinsdag 31 Oktober 2023

Matteus 5:43-45
““Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

Om oor te gesels en te dink
Jesus praat in die Bergrede (Mat. 5-7) met die skare aan die begin van Sy bediening. Hy vertel vir hulle van God se koninkryk wat anders werk. Dit gaan oor liefde en nie haat nie. In daardie tyd het mense daarop geroem om net vir hulle naaste lief te wees. Naaste is verstaan as almal wat presies soos jy is. Almal anders is gehaat. Nou kom Jesus en nooi hulle uit om dit anders te doen. Hulle moet hulle vyande lief hê en vir hulle bid.
Dit is iets waarmee ons sukkel. Ons haat makliker as om lief te hê. Kom ons leer by Jesus om eerder lief te hê, as om te haat. Dit kan begin deur te bid vir die persoon waarvan jy nie hou nie. Wanneer ons bid, verander God ons harte. Deur lief te hê is ons kinders van God.

Gebed
Here, ek sukkel soms om vyande lief te hê. Ek wil vir hulle begin bid. Help my om liefde uit te leef. Amen.

Maandag 30 Oktober 2023

Jesaja 61:1-3
Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur,om vir die gevangenes vrylating aan te kondig,vryheid vir dié wat opgesluit is, 2om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, 3die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer.

Om oor te gesels en te dink
Jesaja bring ’n boodskap van bemoediging aan ’n moedelose volk wat swaar kry. Hy beklemtoon dat God self hulle gaan verlos. Hy wil vir hulle ’n booskap van vreugde bring dat God hulle raak sien in hulle nood. Hy sê vir hulle dat hulle lot gaan verander. Die wat moedeloos is, gaan opgebeur word, die wat gevange is, sal vry word, want God se genadejaar is hier.
Lukas maak later in die Nuwe Testament hierdie woorde op Jesus van toepassing. Jesus het God se genadejaar kom aankondig. Hy het alles kom verander. Hy kom gee eer in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid en blydskap in plaas van hartseer.
Dalk voel jy ook vandag moedeloos of hartseer?
Hierdie belofte is ook vir jou. God se genadejaar is hier en Hy sal jou nooit alleen los nie en Hy sal jou lot verander. Vertrou Hom daarvoor.

Gebed
Here, dankie vir hierdie belofte. Dankie vir U genade. Mag ek vandag U troos ervaar. Mag ek vandag bewus wees dat U my nooit sal los nie. Amen.

Saterdag 28 Oktober 2023

Jakobus 1:2-5
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

Om oor te gesels en te dink
Jakobus bevestig ook dat ons bly moet wees as daar beproewings oor ons pad kom. Dit toets ons geloof, maar dit kweek volharding wat lei tot geestelike rypheid. Dit is nie maklik om bly te wees as dit swaar gaan nie, maar wanneer ons in moeilike situasies is, kan ons bid en vra vir wysheid.
God gee aan almal wysheid (en vreugde) sonder voorbehoud en sonder verwyt. Ons hoef nie moedeloos te word nie. Hy stel ons in staat om end-uit te volhard.

  • Waarvoor het jy wysheid nodig?
  • Deel jou hart met God.

Gebed
Here, ek is nie altyd bly oor dinge wat gebeur nie. Ek kom vra wysheid. Mag ek aanhou om te volhard. Amen.

Vrydag 27 Oktober 2023

1 Petrus 1:6-9
Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

Om oor te gesels en te dink
As ons vir Petrus sou vra, hoe hy oor vreugde dink, sal hy vir ons sê dat dit nie altyd maklik is nie. Selfs wanneer allerhande beproewings oor jou pad kom, jy steeds die vreugde daarin sal vind. Hy stel dit amper sterker: verheug jou as dit swaar gaan. Ons is soos goud wat deur vuur gesuiwer word, wat ons meer gereed maak vir die koms van Jesus.
Wat ons verdere blydskap gee is dat ons weet ons aan die Here behoort, omdat ons glo.
So wanneer ons swaar kry, kan ons vashou aan die wete dat ons saam met Jesus gaan wees. Dit verskaf ons vreugde en is die einddoel van ons geloof.

Gebed
Here Jesus, ek ervaar nie altyd vreugde as ek swaar kry nie, maar wil U vertrou om my help om vreugde ook in swaar kry te sien. Ek wil met vreugde lewe. Amen.

Donderdag 26 Oktober 2023

Filippense 4:4
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Om vreugde en blydskap te ervaar, is nie net ’n emosie nie. Dit is ’n wete dat ons aan God behoort. Daarom sê die Boodskap dit so treffend: “Julle hart behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees.
Ons kan blydskap ervaar omdat ons die Here s’n is. Hy is die Een wat ons blydskap gee. Dit laat ons kans sien vir alles in die lewe, die goeie en slegte (vergelyk Fil. 4:13 DB).
Paulus herinner ons ook in Galasiërs 5:22 dat vreugde deel van die vrug van die Gees is. Daarom is dit ’n uitnodiging dat ons vreugde in ons lewe sal nastreef om daardeur ’n getuienis vir die mense om ons te wees.

Gebed
Here Jesus, dankie vir vreugde. Dankie dat ek aan U behoort. Mag ek vandag my blydskap met iemand deel. Amen.

Woensdag 25 Oktober 2023

Psalm 37:3-5
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

Om oor te gesels en te dink
Die geheim van die lewe is om vreugde in die Here te vind. Ons mis soms die vreugde omdat ons op al die negatiewe nuus en gebeure om ons fokus. Die psalm herinner ons om liewer op die Here te vertrou en te doen wat goed is. Ons moet rustig werk en woon en ons lewe aan die Here oorgee. Ons kan Hom vertrou omdat Hy sorg. Vreugde en dankbaarheid gaan hand in hand saam. Die een kan nie sonder die ander nie. Wanneer ons dankbaar is oor wat ons het, kan ons vreugde daarin vind. Die Here kan ons harte en gee vir ons wat ons harte begeer.
Waarmee wil jy die Here vandag mee vertrou?

Gebed
Here Jesus, U ken my hart. Ek wil my vreugde in U vind. Ek wil my lewe aan U oorgee en U vertrou. Ek hou vas aan U belofte dat U sal sorg. Amen.

Dinsdag 24 Oktober 2023

Prediker 8:15-17
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee. So het ek my daarop toegelê om agter te kom wat wysheid is en om te begryp waarmee mense hulle op die aarde besig hou sonder dat hulle dag of nag tot rus kom. Toe het ek al die werk van God begryp; die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie. Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie. Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie.

Om oor te gesels en te dink
Prediker beveel aan dat ons op vreugde moet fokus. Dit is ’n keuse wat ons maak. Daar is baie dinge waarvoor ons dankbaar kan wees. Ons het kos om te eet, klere om aan te trek en ’n huis om in te slaap. Ons neem dit as vanselfsprekend aan en mis die gawe en vreugde daarvan.
Daar is dinge wat ons nie kan verstaan nie. Ons moet ons nie onnodig met dit besig hou wat ons nie kan verstaan nie. Ons kan dit aan God oorgee en Hom daarmee vertrou.
Kom ons kies om vandag vrolik te wees en dit wat die Here vir ons gee te geniet. Ons vind vreugde in die eenvoud van die lewe.

Gebed
Here, dankie vir alles wat ek van U ontvang. Ek wil vandag vreugde kies en vrolik geniet wat U my gee. Amen.

Maandag 23 Oktober 2023

Saterdag 21 Oktober 2023

Johannes 1:8
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

Om oor te gesels en te dink
Skrif kan 'n lamp op jou lewenspad wees. Deur tyd te spandeer om die
Skrif te bestudeer, kan ons op die wyse ook God beleef. Ons lees in die teks van Johannes wat na Jesus gewys het. Jesus wat die Lig is. Dit was sy getuienis. Wys jou lewe ook na Jesus die Lig? Die Lig wat jy persoonlik ken en beleef het?

Gebed
Here, mag ons lewe getuig van U die Lig, wie ons self ken en beleef. Amen

Saterdag 21 Oktober 2023

Saterdag 21 Oktober 2023

Johannes 1:8
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

Om oor te gesels en te dink
Skrif kan 'n lamp op jou lewenspad wees. Deur tyd te spandeer om die
Skrif te bestudeer, kan ons op die wyse ook God beleef. Ons lees in die teks van Johannes wat na Jesus gewys het. Jesus wat die Lig is. Dit was sy getuienis. Wys jou lewe ook na Jesus die Lig? Die Lig wat jy persoonlik ken en beleef het?

Gebed
Here, mag ons lewe getuig van U die Lig, wie ons self ken en beleef. Amen

Vrydag 20 Oktober 2023

Psalm 119:105
U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad.

Om oor te gesels en te dink
Het jy al ooit gedink aan die Skrif as 'n lamp op jou lewenspad? Hoe het die Skrif of spesifieke tekste in die Bybel jou al begelei? Dalk lig gewerp op iets wat tans in jou lewe aan die gang is? Hoop gebring? Of selfs begelei om keuses op die lewenspad te maak? In die teks van 2 Petrus waarmee ons hierdie week gereis het, het ons opnuut bewus geword hoe daar na die Skirf verwys kan word as 'n lig in 'n donker wêreld. Ons kan verseker lig beleef in die tekste van die Bybel. Ons kan God deur die Skrif beleef.

Dink vir 'n oomblik na oor hoe jy al God in die Skrif beleef het. Dank God vandag daarvoor.

Gebed
Here, ons beleef iets van U deur die Skrif. Vandag wil ons U dank vir verhale en getuienisse wat iets probeer verwoord van hul verstaan van U. Dit bring lig in ons wêreld en is verseker 'n lamp in ons lewens. Amen.

Donderdag 19 Oktober 2023

2 Petrus 1:20-21
Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

Om oor te gesels en te dink
Hierdie skrywer motiveer dat die 'profetiese woord' soos 'n lamp is wat in 'n donker plek skyn. Ons kan dit ook verstaan as die Skrif, soos ons dit vandag tot ons beskikking het. En dat die tekste nie net self tot stand gekom het nie. Nee, die skrywer herinner die geloofsgemeenskap dat mense wat probeer getuig het oor God en hul verstaan van God, deur die Heilige Gees geïnspireer is. Die skrywer gaan nog verder en sê dat die uitleg daarvan ook deur die Heilige Gees gelei word.

Ons word uitgenooi om bewustelik om te gaan met die tekste in die Bybel. Bewus te wees van hoe God met mense gewerk het en ook vandag met ons kan werk.

Gebed
Here, ons beleef iets van U deur die Skrif. Die Skrif is soos 'n lamp wat gedeeltelik lig bring in 'n donker wêreld. Ons bely dat Jesus die Lig is en self ook geroep word om vanuit ons bewuswording van die LIg te leef. Amen.

Woensdag 18 Oktober 2023

2 Petrus 1:19
En daarom beskik ons oor die profetiese woord, wat nog vaster staan. Julle doen die regte ding as julle daarop fokus, soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek, en die môrester opgaan in julle harte.

Om oor te gesels en te dink
Petrus deel dat hy 'n getuie was van Jesus se verheerliking op die berg. Die teks verduidelik waarom hierdie belewenis hom 'n betroubare getuie maak. Vers 19 word ingelei met 'daarom'. Daarom, omdat hulle getuies is, beskik hulle oor die profetiese woord. Hy vergelyk die 'profetiese woord' met 'n lamp wat in 'n donker plek skyn.

Die Ou Testamentiese geskrifte en veral die profete, tot hierdie geloofsgemeenskap se beskiking, was vir hulle soos 'n lamp wat lig bring. Hoe is die Skrif vandag 'n lamp vir jou persoonlik, in 'n donker wêreld?

Gebed
Here, ons ken U en het U innig lief. Ons weet dat U ons ook ken en by die naam geroep het. U gee vir ons U Skrif en Here, ons kan sien waar dit lig bring in 'n donker wêreld. Amen.

Dinsdag 17 Oktober 2023

2 Petrus 1:17
“Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug””

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teks vertel van Petrus wat Jesus se verheerliking op die berg beleef het. En ook die stem wat Jesus se identiteit, net soos by sy doop, bevestig. Petrus deel dat hy 'n oor- en ooggetuie was van Jesus se werk, verheerliking en selfs hierdie woorde wat sy identiteit bevestig. Hierdie belewenis maak hom 'n betroubare getuie in terme van wat hy met die hoorders van die brief deel. Ons moet ook betroubare getuies kan wees en vanuit ons eie evaring met God deel.

Waar was jy al 'n oor- of ooggetuie van God se werk? Van God se heerlikiheid? Wat het jy dalk al in die Skrif beleef en kan jy as 'n getuie daarvan vertel of getuig?

Gebed
Here, help ons om hierdie week te kan getuig van dit wat ons van U beleef . Ons besef opnuut dat ons geroep word om betroubare getuies te wees. Amen.

Maandag 16 Oktober 2023

2 Petrus 1:16
Ons het ons immers nie op vindingryke fabels verlaat toe ons die kragtige teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus aan julle bekend gemaak het nie. Inteendeel, ons was ooggetuies van sy ontsagwekkende grootsheid.””

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teks vertel van Petrus as 'n oog- en oorgetuie van Jesus. Hy het Jesus se lewe op aarde en leer aan die dissipels ervaar, maar ook Jesus se verheerliking op die berg. Hy bevestig dat die Goeie Nuus nie 'n fabel is nie, omdat hy 'n goeie oog- en oorgetuie is kan die mense aan wie hy skryf, hom vertrou. Deel van die 'fabels' waarna ander mense verwys het, was dat Jesus nie 'n tweede koms, of te wel, terugkeer sal hê nie. Petrus, soos hier vertel, se oortuiging vloei vanuit 'n belewenis wat hy gesien en gehoor het.

Waar en hoe het jy die Here hierdie jaar beleef? Word vandag uitgenooi om veral sensitief en ingestel te wees om iets van God hierdie week raak te sien en hoor.

Gebed
Here, help ons om hierdie week op die uitkyk te wees vir waar ons U beleef - ons glo dat U leef en bid, Heilige Gees, dat ons oop sal wees om U raak te sien en ervaar. Amen.

Saterdag 14 Oktober 2023

Lukas 17:3-5
Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.” Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.””

Om oor te gesels en te dink
Ons het hierdie week by tekste stil gestaan om ligter te reis en uit dankbaarheid te dink oor ons besittings. Soms reis ons swaar omdat ons sukkel om te vergewe. As gelowiges word ons opgeroep om te vergewe. Jesus sê vir sy dissipels dat daar nie voorwaardes kan wees nie. Die dissipels vra dadelik meer geloof daarvoor. Dit is verseker nie maklik om die pad van vergifnis te stap nie, maar dit is nodig dat ons die proses begin.
As jy swaar dra, bid en vra die Here vir geloof om die pad van vergifnis te stap. Dit lyk vir elkeen van ons anders, maar dit is noodsaaklik dat ons as gelowiges hierdie pad stap. So kan ons ligter leef omdat ons in die Lig leef.

Gebed
Here, ek dra soms onnodig swaar. Help my om te kan vergewe. Help my as my geloof te min is. Ek wil in U Lig bly leef. Amen.

Vrydag 13 Oktober 2023

Lukas 19:1-10
Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!” Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus ontmoet vir Saggeus terwyl hy net nuuskierig was oor Jesus. Jesus keer sy hele lewe om toe hy Hom met blydskap ontvang. Saggeus besluit om die onreg wat hy as tollenaar gepleeg het, reg te stel. Hy onderneem om te begin weggee. Lukas vertel ons van die positiewe reaksie wat Saggeus op Jesus het. Dit staan in kontras met die ryk jongman van Lukas 18 wat nie kans gesien het om Jesus te volg nie.
Dit bly ’n proses vir ons as volgelinge van Jesus om ook ligter te leef en nie aan besittings vas te klou nie. Dit is nodig dat ons met oop hande en harte leef en help waar ons kan. Wanneer ons in afhanklikheid van Jesus leef, dink ons anders oor wat ons het en deel ons wat ons het met ander.

Gebed
Here Jesus, ek wil U bly volg. Wys my hoe ek meer van U hart kan wys met dit wat ek het. Ek met oper hande leef. Amen.

Donderdag 12 Oktober 2023

Lukas 18:18-23
’n Man van aansien het aan Jesus die vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus het geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.” Maar hy antwoord: “Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een ding kom jy nog kort: gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” Toe hy dit hoor, was hy diep teleurgesteld, want hy was baie ryk.

Om oor te gesels en te dink
Die ryk jongman het gedink dat hy alles reg doen en God nie nodig het nie. Hy was selfgerig. Hy probeer Jesus gebruik tot sy eie voordeel. Tog sê Jesus vir hom om sy besittings te gaan verkoop omdat hy sy besittings die middelpunt van sy lewe gemaak het. Dit was vir hom ’n moeilike opdrag en hy het nie daarvoor kans gesien nie. Hy wou graag aan sy eie dinge nog vashou. Dit is een tipe reaksie. Die prys was vir hom te hoog. Lukas vertel ook van later van Saggeus wat anders reageer het toe Hy Jesus ontmoet het.
Ons mag besittings hê, maar besit dit ons? Ons moet Jesus die fokus en middelpunt van ons lewe hou en nie op ons besittings vertrou, soos hierdie ryk jongman nie. Laat ons met ander deel wat ons het. Jesus vra dat ons Hom sal volg sonder voorwaardes.

Gebed
Here Jesus, ek wil U volg. Ek wil U die middelpunt van my lewe maak. Ek wil nie net aan myself dink nie. Help my om agter U aan te stap. Amen.

Woensdag 11 Oktober 2023

Lukas 12:16-21
Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel ’n gelykenis nadat Hy gesê het ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie. Die ryk dwaas is dwaas nie oor sy rykdom nie, maar omdat hy net aan homself dink. Hy dink dis aan homself te danke dat hy bereik het, wat hy bereik het. Sy selfgerigtheid is sy groot struikelblok. Hy het gedink dat hy niemand nodig het nie. Sy dwaasheid is om God nie te erken as die Een wat voorsien nie.
Ons moet eerder by God ryk wees deur in afhanklikheid en gehoorsaamheid aan Hom te leef. Laat ons erken dat God die Gewer van ons lewe is en dat ons nie sonder Hom kan lewe nie.

Gebed
Here God, ek vertrou op U. Ek wil by U ryk wees en nie net aan myself dink nie. Dankie vir alles wat ek van U ontvang. Amen.

Dinsdag 10 Oktober 2023

Lukas 12:16-21
Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel ’n gelykenis nadat Hy gesê het ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie. Die ryk dwaas is dwaas nie oor sy rykdom nie, maar omdat hy net aan homself dink. Hy dink dis aan homself te danke dat hy bereik het, wat hy bereik het. Sy selfgerigtheid is sy groot struikelblok. Hy het gedink dat hy niemand nodig het nie. Sy dwaasheid is om God nie te erken as die Een wat voorsien nie.
Ons moet eerder by God ryk wees deur in afhanklikheid en gehoorsaamheid aan Hom te leef. Laat ons erken dat God die Gewer van ons lewe is en dat ons nie sonder Hom kan lewe nie.

Gebed
Here God, ek vertrou op U. Ek wil by U ryk wees en nie net aan myself dink nie. Dankie vir alles wat ek van U ontvang. Amen.

Maandag 8 Oktober 2023

Lukas 12:13-15
Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus is besig om wonderwerke te doen en gelykenisse te vertel, toe hy onderbreek word met die vraag dat Hy moet ingryp in ’n twis oor geld. Jesus antwoord dat Hy nie gaan doen wat die man vra nie, maar dat mens moet op pas vir gierigheid. Die mense se liefde vir geld het hulle verblind om te dink dat dit hulle gelukkig sou maak. Jesus sê dan juis dat ons geluk in die lewe nie afhanklik is van ons hoeveelheid besittings nie. Ons mag geld en besittings hê, maar dit kan nie al wees wat ons het nie. Ons bankbalans kan nie ons geluk bepaal nie. Die wêreld om ons wil probeer oortuig dat ons net gelukkig kan wees as ons baie besittings het.
Jesus gee die regte perspektief. Ware geluk is net by Hom te vind. Ons moet in afhanklikheid van God Hom vertrou vir wat ons het en daarmee doen wat Hy van ons vra. Laat ons fokus om in dankbaarheid te leef en op dit wat ons het, as om te fokus op dit wat ons nie het nie of nog nie het nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U sorg. Ek wil in afhanklikheid van U leef. Ek wil werklik gelukkig wees deur U met my lewe te vertrou. Amen.

Saterdag 7 Oktober 2023

Handelinge 17:22-25
Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan 'n onbekende god.’ “Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle. God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.

Om oor te gesels en te dink
Paulus praat met die mense in Atene en sê dat hulle afgestomp geraak het om in verwondering te leef. Hulle het God nie raak gesien nie. Hulle het gedink dat hulle sonder Hom kan leef. Tog wys Paulus hulle daarop dat die kuns van die lewe is om in verwondering te leef. Hy is die Here wat hemel en aarde gemaak het en wat vir ons die lewe gee. Hy is die Een deur wie ons lewe en alles ontvang.
Laat ons nie ook in die strik trap om “comfortably numb” te wees en alles om ons mis nie.
Kom ons maak dit ’n gewoonte om in verwondering te leef en alles wat ons raak sien, beter en duideliker te kan sien. Ons kan in dankbaarheid hierdie verwondering ervaar.

Gebed
Here, ek wil altyd in verwondering leef. Laat ek nie mis dat U die Een is wat die Begin en Einde van alles is nie. U is die Een wat lewe gee. Alles wat ek ontvang kom van U af. Amen.

Vrydag 6 Oktober 2023

Psalm 34:9
Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.

Om oor te gesels en te dink
Ons dink saam na dankbaarheid en die Here se goedheid. Dit gaan nie net oor wat die Here doen nie, maar oor Wie Hy is. Hy is goed.
Elkeen van ons ervaar dit verskillend, maar die Here se goedheid is nie iets wat ons net vir onsself kan hou nie. Dit moet deurvloei na ander mense toe. Soos water wat vloei, moet ons dit deel. Ons kan ook net deel wat ons het. Die Afr2020 vertaal hierdie vers: “Beproef dit en ervaar: Die Here is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil.” Ons kies om die Here se goedheid te ervaar. Ons kies om by Hom te skuil. Ons kies om Hom te vertrou. Die Here stel nie teleur nie.
Hierdie vers is ook ’n uitnodiging dat ons nie sonder die Here kan leef nie.

  • Dalk sukkel jy om die Here te vertrou?
  • Dalk ervaar jy nie tans die Here se goedheid nie?
    Kom vra vandag die Here dat jy Sy goedheid opnuut wil beleef.

Gebed
Here, mag ek vandag U goedheid ervaar. Ek kom skuil by U. Ek kom vertrou U vir vandag. Ek het U lief. Amen.

Donderdag 5 Oktober 2023

Psalm 23:5-6
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Om oor te gesels en te dink
God se goedheid is nie net vir eendag nie, maar vir elke dag. Psalm 23 is ‘n psalm vir die lewe. Die Here sorg elke dag vir ons soos ‘n herder. Selfs as dit swaar gaan, is ons nie alleen nie. Hy stap saam met ons. Die Here is ook ons Gasheer. Hy laat ons in Sy goedheid deel. Ons kom tuis in Sy teenwoordigheid. Dit laat ons in verwondering. Ons kan God se goedheid oral om ons raak sien. In ons huise en verhoudings kan ons God se goedheid en liefde ervaar en ook biddend vra dat ons dit sal ervaar. Ons kan met dankbaarheid God se goedheid ervaar en dit ook met ander mense rondom ons deel. Dit is nie iets wat ons net vir onsself moet hou nie.
Ons kan ook uitsien om tuis te saam met die Here tot in lengte van dae.

  • Met wie kan jy vandag God se goedheid deel?
  • Waarvoor is jy vandag dankbaar?

Gebed
Here, baie dankie vir U goedheid en guns. Ek verdien dit nie. Mag ek vandag U goedheid met iemand deel. Amen.

Woensdag 4 Oktober 2023

Psalm 8
“Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

Om oor te gesels en te dink
Hierdie Psalm help ons om te fokus op die skepping en wat ons elke dag om ons raak sien. Ons word herinner om die mooi raak te sien en dat God alles goed gemaak het. Ons kan onsself verwonder oor al die mooi dinge. Dis ’n keuse om dit raak te sien en God daarvoor te prys.
Verwonderde mense is dankbare mense. Wanneer ons dankbaar leef, sien ons die klein wonderwerke om ons raak. Die sonsopkoms, blomme wat oopgaan, voëls wat kwetter en so veel meer wys vir ons God is teenwoordig by ons.

  • Sien die mooi om jou raak.
  • Sê vir die Here dankie vir Sy mooi skepping.

Gebed
Here, dankie dat ek in verwondering oor U kan wees. Dankie vir alles wat U geskep het. Ek wil vandag daarop fokus om dankbaar te wees. Amen.

Dinsdag 3 Oktober 2023

Eksodus‬ ‭33‬:‭18‬-‭19
Moses sê toe: “Toon asseblief u heerlikheid aan my.” Maar Hy het geantwoord: “Ek sal al my goedheid reg voor jou laat verbygaan, en Ek self sal die Naam ‘die Here’ uitroep. Ek is genadig oor wie Ek genadig wil wees, en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm.”“ (Afr2020)
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Moses is in gesprek met God en vra om Sy heerlikheid te sien. Moses wou graag meer van God sien en daarom vra hy dit. God antwoord dat Hy vir hom eerder Sy goedheid (Hebreeuse tov) sal wys. God wys vir Moses wie Hy is, eerder as hoe Hy lyk. God is goed en Hy wys dit vir Moses. Hy beleef genade in daardie groot oomblik. Die Here laat hom in ‘n rotskeur staan toe Hy in sy heerlikheid verby gekom het.
Ons beleef elke dag God se goedheid. Nie omdat ons Hom kan sien nie, maar oor wie Hy is. Hy is goed. Hy is die groot “Ek is wat Ek is” (Eks 3:14) wat met Moses en met ons elkeeen bemoeienis maak. Sien dit vandag raak.

Gebed
Here God, mag ek vandag U goedheid beleef en raak sien. Ek wil dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dankie vir U genade vir my. Amen.

Maandag 2 Oktober 2023

Genesis 1:3-4
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.

Om oor te gesels en te dink
Ons sien in Genesis 1 dat God skep en dat dit goed is. Die Hebreeuse woord vir “goed” is “tov” en kom meer as 700 keer in die Bybel voor. God skep wat goed is. Ons mis soms om die goedheid van God raak te sien. Ons mis die verwondering om God se skepping raak te sien. Wanneer ons besef dat wat God skep goed is, kan ons op die goeie fokus.
Dit vra van ons ’n keuse om eerder op die mooi en goeie te fokus, as op die negatiewe. Om dankbaar te leef, beteken ook dat in verwondering sal leef. Dankbaarheid is verwondering en verwondering is dankbaarheid.

  • Sien ek en jy nog nie mooi om ons raak?
  • Waarmee vul ons ons gedagtes?
  • Raak vir ’n oomblik stil en sien iets moois raak. Vra die Here om jou bewus te maak van die mooi en goed vandag.

Gebed
Here God, wat U geskep het is goed. Ek wil vandag die goeie raak sien. Help my om in verwondering te leef. Ek wil U vandag in die goeie raak sien. Amen.

Saterdag 30 September 2023

Jona 4:2
2Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.

VRAE:

  • Jona se houding as mens is nie as gevolg van ‘n onsekerheid oor wie God is nie. Hy is heeltemal vertroud met wie God in wese is. As jy luister na hierdie vers, weet Jona baie goed wie die God is, met wie hy in verhouding is. Die wonder en prag van die vers is dat Jona genoeg vrymoedigheid het, om by hierdie God homself te wees. Hy is nie besig om voor te gee, of God te probeer om die bos te lei nie.
  • God werk ook sagkens met Jona. God gebruik die natuur, vrae en metafore om met Jona te werk en sy hart aan te spreek. God is self met ons tekortkominge op ‘n sagte en liefde volle manier besig. Hoe help God vir Jona om sy hart en denke te skuif sodat hy nader is aan God se wil? Hoe vergelyk dit met maniere waarop God al met jou gewerk het? Hoe het God die natuur, vrae en metafore gebruik om jou bewus te maak van areas waar jy steeds kan of moet groei?
    -Wat sou gebeur as jy vir God net so goed geken het, soos wat Jona hom ken? Sou jy so eerlik met God kon wees? Sou jy vir God so intens kon vertrou dat Hy nie vir jou kwaad sou toewens nie? Hoe sou jou verhouding met God tans beter kon lyk, gebaseer op hoe goed jy vir God ken? Hoe kan jy vir God beter leer ken?
  • Hoe leef jy saam met mense wat ook steeds moet groei in hulle eie menswees? Hoe help jy hulle om meer van God se hart te ontdek en dit te begin uitleef? Hoe hanteer julle situasies waar julle uitgedaag word om te groei maar julle eie swakste eienskappe julle versoek om die pad byster te word? Hoe herstel julle die verhouding?

Gebed:
Here, ek wil U dank vir die buitengewone hoeveelheid liefde en genade wat ek van U ontvang. Here, kan U my help om dieselfde tipe genade vir ander wat saam met my op reis is te gee. Here, help my om nooit te vergeet wie U is nie. Here, help my om nader aan U karakter te leef en dit ook vir ander te gun.
Amen

Vrydag 29 September 2023

Jona 4:11
11Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?”

VRAE:

  • Jona se verhaal eindig waar God vir Jona uitwys wie Hy weereens is. God is die een wat mens en dier geskep het. Hy is die een wat vir hulle buitengewoon lief het, selfs wanneer hulle nie perfek is nie. God is die een wat altyd genade wil gee sodat die verhouding met hom weer herstel kan word. God se hart is nie dat enige een verlore moet gaan of van Hom vervreem moet wees nie.
  • Indien jy God se voorbeeld sou volg, waar in jou lewe, is daar verhoudings wat God se liefde, barmhartigheid en genade benodig? Waar sou God jou uitnooi om mense te vergewe, hulle nie meer te oordeel nie, meer verdraagsaam te wees en met liefde hulle te hanteer?
  • ‘n Natuurlike uitvloeisel van alles wat ons ontvang is dankbaarheid. Op watter maniere kan jy uit dankbaarheid, met ander deel wat jy self ontvang het? Hoe kan jy dankbaarheid beoefen, op so ‘n manier dat ander mense ook kan deelneem daaraan? Hoe spoor jou dankbaarheid ander aan om God se liefde, genade en barmhartigheid te kan beleef?
  • Hoe kan dankbaarheid jou help om die Goeie Nuus van die evangelie met ander te deel? Sou ander mense God wil dien en eer, omdat hulle sien hoe dankbaar jy is vir die liefde en genade wat jy by God beleef? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, dankie vir U eindelose liefde en barmhartigheid. Dankie dat U vir ons so oorvloedig seën met versorging, beskerming en genade. Dankie dat U ons in staat stel om ook ander te kan seën omdat ons weet hoeveel ons het om voor dankbaar te kan wees. Here, mag ons op die probleme van die wêreld, die verhoudings in my lewe en my eie tekortkominge met liefde en genade reageer.
Amen

Donderdag 28 September 2023

Jona 4:10-11
10Die Here het vir Jona gesê: “Jy is besorg oor die komkommerplant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. 11Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?”

VRAE:

  • Uit Jona se verhaal leer ons nie veel van sy vriende, sy ondersteuningsnetwerk of sy Geloofsgemeenskap nie. Regdeur die verhaal is Jona ‘n enkelling op sy eie reis sonder mense wat die pad saam met hom stap. In Jona 1 van die 1983 vertaling identifiseer Jona homself as ‘n Hebreër wat die Here dien, maar hy brei nie uit op sy mense nie. Die teks noem dit nie, maar ek glo dat Jona so sig verloor het van wat werklik saakmaak in die lewe, en vir die Here, omdat hy nie behoorlik ingeburger is in ‘n Geloofsgemeenskap wat hom ondersteun, aanmoedig maar ook verantwoordelik hou vir sy geloofsreis nie.
  • Hoe help die mense in jou lewe om te fokus op dit wat belangrik is? Hoe help hulle jou om dit te doen? Hoe hou hulle jou verantwoordelik wanneer jy sig verloor van dit wat werklik belangrik is? Hoe is hulle oortuigings, waardes en optredes in lyn met dié van die Here?
  • Wie in jou lewe is besig om die Here se hart heelhartig na te jaag? Hoe kan jy dit sien uit hulle voorbeeld? Hoe praat hulle daaroor? Hoe nooi hulle jou in, om ook die hart van die Here na te jaag?
  • Waarom is dit moontlik om sig te verloor van dit wat belangrik is wanneer jy geïsoleer is en op jou eie gedagtes en gevoelens moet staatmaak? Hoe sou ‘n gesonde Geloofsgemeenskap vir Jona gehelp het om te sien hoe dit wat vir hom belangrik is, nie in lyn is met dit wat vir God belangrik is nie? Hoe sou jy vir Jona gehelp het as jy langs hom onder die Komkommerplant gesit het?

GEBED:
Here, ons bid vir harte wat U hart sal weerspieël. Ek sê ons, want ek weet ek het ‘n Geloofsfamilie nodig wat my hiermee help. Here, help my om mense in my lewe toe te laat wat my help, aanmoedig, uitdaag en verantwoordelik hou om daagliks meer van U te ontdek en uit te leef. Here, gee asb. vir my mense om my, wat my wys wat vir U belangrik is. Here, gee my asb. mense wat vir my genoeg omgee om my nie te los soos ek tans is nie.
Amen

Woensdag 27 September 2023

Jona 4:9-11
_ 9Toe vra God vir Jona: “Het jy rede om kwaad te word oor die komkommerplant?” en Jona antwoord: “Ek het rede genoeg: ek is besig om te sterf!” 10Die Here het vir Jona gesê: “Jy is besorg oor die komkommerplant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. 11Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?”_

VRAE:

  • Die verhaal van Jona loop tot ‘n hoogtepunt waarin ons ontdek waar God se hart lê. God se hart is by mense (en selfs die diere) wat Hy geskep het. God ken hulle elkeen by die naam. God het elkeen van hulle geskep en vir hulle omgegee. God het daarna verlang om in verhouding met elkeen te wees. God het groot vreugde beleef toe die hele stad van Nineve hulle bekeer en wegdraai van hulle sondige lewens.
  • Soms loop mense rond met ‘n groot gat in hulle hart. Hierdie gat kan slegs deur God gevul word. Ken jy mense wat met so ‘n hqrt rondloop? Wat laat jou dink dat hierdie persoon ‘n gat in hulle hart het wat slegs deur God gevul kan word? Hoe bewys jy liefde aan hierdie mense?
  • Hoe kan Jona se ervaring ons aanmoedig om God se liefde en genade aan alle mense en diere te bewys? Hoe lyk dit prakties in die wêreld waarin jy leef?
  • Wat dink jy is God se droom vir mense wat tans nog nie vir God so goed ken nie? Waarom sou God hulle ook liefde wil bewys en genade gee? Hoe kan jy deel wees van die manier waarop God vir hierdie mense liefde bewys?

GEBED:
Here, help my om die waarde van elke siel raak te sien. Here, help my asb. om u boodskap aan elkeen te bring wat nog nie in ‘n lewende verhouding met God is nie. Here, help my veral om die mense raak te sien wat U die meeste nodig het. Here, help my dat ek nie in die pad staan van mense wat U liefde en genade benodig nie.
Amen

Dinsdag 26 September 2023

Jona 4:5-8
5Jona is toe uit die stad uit. Hy het oos van die stad gaan sit en vir hom 'n skerm gebou. Hy het daaronder in die skaduwee gaan sit om te sien wat in die stad gebeur. 6Toe laat die Here God 'n komkommerplant opkom, en dit het bo-oor Jona gerank om skaduwee te gee vir sy kop en om hom van sy misnoeë te bevry. Jona was baie bly oor die komkommerplant. 7Die volgende môre met dagbreek laat God toe 'n wurm kom, en dit het aan die komkommerplant gevreet, sodat dit verdroog het. 8Toe die son opkom, het God 'n skroeiende sterk wind uit die ooste laat waai. Die son het vir Jona op sy kop gesteek, en hy het baie swak geword en gewens om maar liewer te sterf. Hy het gesê: “Dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.”

VRAE:

  • Jona is besig om sy ongelukkigheid met die Here te beklemtoon. Hy is kwaad vir God, omdat hy God so goed ken. Hy weet God is ‘n God wat barmhartig is, liefdevol, vinnig om te vergewe en ryk in genade. Jona se probleem daarmee, is dat dit vir mense gegun word waarvan hy nie hou nie. God gebruik die komkommerplant om vir Jona te probeer verduidelik waarom God ook vir die stad van Nineve omgee.
  • Hoe reageer jy wanneer iemand iets wegneem van jou, wat vir jou baie kosbaar is? God verduidelik vir Jona dat sy hartseer en woede oor die plant, dieselfde sou wees as God se hartseer en woede oor ‘n groot stad vol mense en diere wat verlore sou gaan as gevolg van hulle eie sondes. Die feit dat hulle opreg berou het, gee God vreugde. Dit is vir God goed om die mense te kan vergewe.
  • Wat kan ons by Jona leer oor die verbygaande natuur van dinge wat vir ons gemak gee? Is daar enige iets in jou lewe wat jou gemak gee of jou lewe makliker maak, waaroor jy ook baie hartseer of kwaad sou word, indien dit weggeneem word uit jou lewe? Wat kan jy daaroor leer?
  • Hoe kan jy jou fokus skuif vanaf dinge wat tydelik is en net in die kort termyn vir jou vrede en vreugde gee? Hoe kan jy begin fokus op dit wat lang termyn vir die Here saak maak?

GEBED:
Here, help ons om rustigheid en vrede in U teenwoordigheid te vind. Here, help my om op U te fokus. Here, help my om te begin omgee waaroor U omgee. Here, help my om nie net op my eie gemak en vreugde te vind nie. Here, help my om meer om te gee oor mense, hulle verhouding met U en die genade wat hulle ook benodig. Here, mag my hart gefokus wees op dit wat die meeste vir U saak maak.
Amen

Maandag 25 September 2023

Jona 3:10-4:2
10Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie. 1Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. 2Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.

VRAE:

  • Jona het uiteindelik ingestem om God se boodskap van verlossing en genade aan die mense van Nineve oor te dra. Jona is suksesvol. Die hele stad is oortuig dat hulle verkeerd gedoen het en nou hulle sondes aan God moet bely. Hulle draai weg van hulle ou lewe en kies om die Here te dien. Vir enige profeet wat passievol is oor sy werk, sou mens dink Jona moet besonders gelukkig wees. Nie Jona nie. Jona is baie ongelukkig. Ons vind nou uiteindelik uit waarom Jona nie vir Nineve wou gaan verkondig nie. Want hy het God geken en geweet dat God die mense van Nineve sal verlos as hulle opreg berou het oor hulle sondes. Jona gun nie God se vryspraak, barmhartigheid, liefde of genade vir hierdie heidense nasie nie.
  • Het jy al ooit daarmee gesukkel dat God barmhartigheid en liefde vir ander gee? Dalk veral mense wie jy nie sou dink waardig is van God se liefde en barmhartigheid of genade nie? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe wys Jona se vooroordele ons eie vooroordele uit? Was jy al kwaad vir God wanneer Hy iemand vryspreek, seën of geluk laat beleef? Wat maak jy met daardie gevoelens? Steek jy dit weg of deel jy dit soos Jona met die Here?
  • Hoe kan jy ‘n hart begin kweek wat feesvier wanneer ander mense God se liefde en barmhartigheid beleef? Wat het jy van God nodig om jou daarmee te help?

Gebed:
Here, my genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol van liefde. Dankie dat U my, ‘n sondaar, ‘n eg menslike mens genade betoon, liefde gee en barmhartig teenoor my optree. Here, help my om meer soos U te wil leef. Here, help my asb. om veral vir mense wat ek nie van hou nie, dit nie wil gun nie, en nie wil verdra nie eerste begin om liefde te bewys en genade te betoon. Here, help my vandag om spesifiek vir hulle guns toe te bid.
Amen

Saterdag 23 September 2023

Lukas 15:31-32
Toe sê die pa vir hom: Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.

Om oor te gesels en te dink
Ons ken Lukas 15 as die verhaal van die verlore seun(s). ‘n Meer gepaste beskrywing sou die verhaal van die liedevolle Vader. Die pa neem die inisiatief in beide die twee seuns se lewens. Hy is die een wat hulle terug verwelkom en herinner dat hulle steeds sy kinders is.
Die Vader se liefde vir ons laat Hom ook heeltyd na ons toe uitreik. Hy verseker ons van Sy liefde en genade. Al was ons soos die jongste wat alles gemors het of soos die oudste wat voel ons verdien iets, is die Vader se genade vir ons meer as genoeg.

  • Deel jy hierdie Vaderhart van God?
  • Is jy ook bly dat ander mense God se genade ervaar?

Bid vandag vir iemand wat ook God se genade nodig het.

Gebed
Vader, dankie dat U altyd bly soek. Dankie dat U my aanvaar en oor my ook fees vier. Ek bid vandag ook vir…
Amen.

Vrydag 22 September 2023

Lukas 15:25-30
Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery. Hy roep toe een van die bediendes nader en vra hom wat aan die gang is. Die bediende antwoord: ‘U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom behoue en gesond teruggekry het.’ “Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos 'n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek 'n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!

Om oor te gesels en te dink
Die oudste seun was eintlik ook verlore gewees. Sommiges noem hierdie die gelykenis van die twee verlore seuns.
Hy was kwaad. Hy voel dat sy pa onregverdig optree om die jongste broer, wat hy nie sy broer wil noem nie, terug te verwelkom.
Die oudste voel dat hy meer verdien omdat hy alles nog altyd reg gedoen het. Hy voel selfvergenoegd en self voldaan. Hy verkwalik sy pa.
Hierdie oudste seun wys vir ons die gesindheid van die Fariseërs uit. Hulle het gedink hulle doen alles reg, maar het die punt van genade gemis. Ons is soms nie veel anders nie. Ons wil aandring op wat die Here vir ons moet doen. Ons laat nie ruimte dat God se genade anders werk nie, veral nie aan mense wat ons dink dit nie verdien nie.
Ons moet onsself gereeld ondersoek dat ons nie soos die oudste broer is wat op alles wil aanspraak maak en self die punt mis nie.
Die pa het deernis met die oudste seun en verwelkom hom ook. Ons is ook altyd welkom by die Vader.

Gebed
Vader, soms is ek soos die oudste broer wat voel alles is onregverdig. Ons verstaan nie genade nie. Dankie dat U genade steeds vir my ook genoeg is. Amen.

Donderdag21 September 2023

Lukas 15:20-24
“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ’n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan!En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier!Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Om oor te gesels en te dink
Ons sien hoe die pa wag en kyk of sy seun nie dalk terugkom nie. Hy het besef dat sy seun sy eie wil gevolg het en keuses gemaak het. Maar hy was gereed vir die dag wat hy sou terugkom.
God se liefde vir ons verander nooit nie. Die Vader wag voortdurend vir ons. Hy soek na ons en gereed om ons te ontvang. Hy dwing ons nie om vir Hom te kies nie. Hy wag geduldig.
Die pa se soen van die seun wys dat hy hom ten volle vergewe en dat hy welkom is. So vergewe die Vader ons elkeen. Hy kan nie wag om saam met ons fees te vier nie.

Gebed
Vader, dankie dat U altyd soek en wag. Dankie dat U genade so groot en onbeskryflik is. Dankie dat ek altyd welkom by U is. Amen.

Woensdag 20 September 2023

Lukas 15:17-19
Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.

Om oor te gesels en te dink
Die jongste verlore seun kom tot inkeer. Hy wil na sy pa toe teruggaan. Hy wil vergifnis gaan vra vir wat hy teen sy pa gedoen het. Hy wil graag weer deel word van sy pa se huishouding, al sou hy nie as seun behandel word nie. Die belangrikste is dat hy wel gereageer het, toe hy besef het hy op sy einde is.
Ons is party maal soos die verlore seun en wil nie teruggaan na die Vader toe nie. Ons dink verskonings uit oor hoekom ons nie welkom is nie. Ons mis die geleentheid om weer in die Vader se teenwoordigheid te wees. Dit is net genade om tot die punt te kom om terug te keer en te weet dat die Vader ons sal aanvaar. Ons weet wat die Vader doen. Ons weet wie Hy is. Laat ons nie huiwer om terug te gaan na Hom toe nie. Hy wag vir ons.

Gebed
Vader, ek voel soms soos die verlore seun wat alles opgemors het. Ek voel U kan nie vir my lief wees nie. Help my om te weet dat U altyd vir my wag en ek welkom is. Amen.

Dinsdag 19 September 2023

Lukas 15:11-13
Verder het Jesus gesê: “Daar was 'n man wat twee seuns gehad het. Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. “Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.

Om oor te gesels en te dink
Die bekende verhaal van die verlore seun herinner waar die fokus van die jongste seun was. Hy het ’n lewe van onvergenoegdheid geleef en wou net meer en meer gehad het. Hy het gefokus op wat hy nie gehad het nie. Hy sien nie raak wat hy wel het nie. Sy pa laat hom toe om te gaan. Hy besef later dat dit die verkeerde keuse was en keer toe terug. Teen alle verwagting ontvang sy pa hom terug.
Ons kan ook maklik onvergenoegd en ontevrede raak as ons fokus op wat ons nie het nie of nog nie het nie, dan mis ons die vreugde van die lewe.
Kom ons wees vandag dankbaar oor dit wat wel het. Sê vir die Here dankie vir die lewe vandag. Sê vir die Here dankie dat jy genoeg is en het.

Gebed
Here, dankie, dankie. U gee altyd meer as wat ek raak sien. Help my om U in alles raak te sien en daarvoor dankbaar te wees. Amen.

Maandag 18 September 2023

Lukas 12:22-26
Verder het Jesus vir sy dissipels gesê: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere. Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls. Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? As julle nie eens so 'n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge?

Om oor te gesels en te dink
Jesus herinner ons opnuut op Hom te vertrou. Aan die begin van die week kan jy dalk bekommerd voel en wonder wat die week vir jou voorlê? Hier is ’n uitnodiging om jou bekommernis vir die Here te gee. Ons word vinnig ingetrek oor alles wat ons nie het nie en mis dat die Here vir ons sorg. Soos God vir die voëls sorg, sorg Hy ook vir ons. Inteendeel, ons is selfs belangriker as die voëls. Ons kan Hom vertrou dat Hy vir ons altyd sal bly sorg. Dit mag dalk nie wees soos ons dit nou wil hê nie, maar God bly getrou.
Om ons heeltyd te bekommer oor dinge wat ons nie kan verander nie, help ons nie. Dit maak ons net onrustig. Laat ons fokus op dit wat die Here reeds vir ons gee en sorg.

Gebed
Here, dankie dat U sorg! Dankie vir genoeg! Help my om my nie onnodig te bekommer nie. Ek vertrou U vir vandag. Amen.

Saterdag 16 September 2023

Lukas 13:6-9
““Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’ Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’ Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel ‘n gelykenis om te wys dat daar altyd nog plek is in die koninkryk. Mense maak verskoning hoekom hulle nie na die feesmaal kan kom nie. Dit sit die gasheer nie af nie. Hy bly nooi, selfs die mense wat mens nie gewoonlik nooi nie. Daar is altyd plek. Jesus nooi ons ook na die feesmaal. Daar is meer as genoeg plek. Ons sien dat ‘n verleentheid ‘n geleentheid word om meer mense in te nooi. Ek en jy is welkom by God se groot feesmaal. Hy nooi so veel as moontlik om deel daarvan te wees. Jesus veroordeel nie. Hy wil genade uitdeel en ons deel maak van die feesmaal.
Kom ons hou aan om mense te nooi en deel van die feesmaal te maak.

Gebed
Here, dankie dat U genade altyd genoeg is. Ek sien daarna uit om die feesmaal saam met U te geniet. Amen.

Vrydag 15 September 2023

Lukas 13:6-9
Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel ‘n gelykenis van die onvrugbare vyeboom om vir ons te wys dat daar altyd nog genade is. Die tuinier neem verantwoordelikheid om toe te sien dat die vyeboom vrug sal dra deur ekstra moeite te doen. Die tuinier gee om wat met die vyeboom gebeur. So gee Jesus ook oor elkeen van ons om. Daar is altyd nog ‘n kans vir genade. Jesus is in ons lewens betrokke om ons te laat groei en vrug te dra. Selfs as ons daarmee sukkel, los Jesus ons nie uit nie.

  • Het jy vandag genade nodig?
  • Het jy genade vir iemand anders nodig?
  • Het jy genade met jouself nodig?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U genade nooit ophou nie. Dankie dat U altyd weer probeer. Mag ek vandag U genade opnuut weer vir ander en myself ervaar. Amen.

Donderdag 14 September 2023

Johannes 21:15-17
Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?
Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.
Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?
Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.
Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.

Om oor te gesels en te dink
Jesus deel heeltyd genade en liefde uit. Hy wil nie heeltyd oordeel en veroordeel nie. Ons sien dat Jesus met Petrus ook ‘n pad van liefde stap. Nadat Petrus Jesus drie keer verloën het, vra Jesus hom drie keer of hy Hom lief het. Petrus antwoord eers maklik, maar besef dat Jesus meer vra. Hy besef Jesus deel genade uit. Hy gee Petrus nog ‘n kans, al is dit die soveelste kans.
Ons kan by Jesus leer om ook genade uit te deel, selfs al het ons die volste reg om kwaad te wees. Ons moet mense nog ‘n kans gee.

  • Vir wie moet jy vandag genade en liefde wys?
  • Sien jy kans om ‘n klein tree te gee om vir daardie persoon Jesus se liefde te wys.

Gebed
Here Jesus, ek het U lief. Dankie dat U my altyd nog ‘n kans gee. Mag ek vandag vir iemand ook nog ‘n kans gee en U liefde deel. Amen.

Woensdag 13 September 2023

Lukas 9:54-55
Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?” Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys.

Om oor te gesels en te dink
Jesus kies die pad van genade. Hy wys Jakobus en Johannes tereg. Hulle wil vuur af bid om die mense te verteer omdat hulle nie reg op tree nie. Jesus kies om eerder die Samaritane in te nooi in Sy koninkryk in. Daar is plek vir almal.
Ons moet by Jesus leer om eerder die pad van liefde en genade te stap. Ons kan nie onsself regverdig omdat ons dink ons is reg en ander is verkeerd en daarom moet God ander straf nie. Nee, Jesus bring nie vuur wat oordeel nie, maar vuur wat warm maak. Hy is as’t ware soos ‘n brandweerman wat met water die vuur van oordeel blus, sodat ons God se warm liefdeshart van genade kan ervaar.
Ons hoef nie bang vir God se oordeel te wees nie. Jesus kom wys vir God se hart van genade en wys ins tereg om nie heeltyd ander te wil oordeel nie.

Gebed
Here Jesus, ek is jammer as ek vinnig en maklik oordeel. Help my om U genade te ervaar en te deel vandag. Amen.

Dinsdag 12 September 2023

Lukas 9:54
Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?”

Om oor te gesels en te dink
Jesus is in Samaria waar Hy nie vriendelik ontvang word nie. Dadelik is Jakobus en Johannes, kwaad. Markus 3:17 vertel ons van hierdie twee broers wat die bynaam Boanerges (manne van die donder) gehad het. Hulle wil vergeld en die mense uitsorteer.
Ons kan ook hiermee identifiseer. Ons sukkel met ons eie woede en wil dan die Here vra om dit vir ons met vuur uit te sorteer. Of ons wil soms die vuur en oordeel oor mense afbid soos wat Elia in 2 Konings 1 gedoen het.
Jesus kies om dit nie te doen nie en Hy spreek hulle daaroor aan. Ons moet ook ons woede ook voor Jesus neerlê. Ons mag voel dat dit wat ons dink reg is, maar dis nie altyd die regte ding nie.
Deel met die Here wat in jou hart leef.

Gebed
Here, party maal wil ek ook net vuur op mense afbid. Help my om eerder in liefde te reageer en dien. Amen.

Maandag 11 September 2023

Lukas 9:51-53
Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin en boodskappers voor Hom uit gestuur. Hulle het vertrek en in ’n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël. Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was.

Om oor te gesels en te dink
Ons is nie goed met genade nie. Ons dink net aan onsself en gun nie altyd vir ander mense iets nie. Ons leef eerder in onmin, as in vrede. Daar was baie onmin tussen die Jode en Samaritane wat al vanaf die Ou Testament kom. Hulle kon mekaar nie verdra nie. Tog steur Jesus Hom nie daaraan nie. As deel van Sy reis na Jerusalem besluit Hy om deur die gebied van Samaria te gaan. Al wou die Samaritane Jesus nie ontvang nie, maak Jesus steeds bemoeienis met die mense. Jesus leef nie in haat nie, maar wys die liefdesweg. Ons kan vandag by Jesus leer. Ons moet vrede maak, selfs as daar onmin is. Dit is nie ’n maklike pad nie, maar as ons as volgelinge van Jesus soos Hy wil leef, vra dit van ons om die moeilike dinge te doen. Ons kan maklik dink dat dit nie nodig is nie, maar juis wanneer ons liefde leef, help ons God se koninkryk kom waar ons leef.

Gebed
Here, ek is soms in moeilike situasies. Help my eerder die liefdespad te stap. Mag ek vandag U liefde uitleef. Amen.

Saterdag 9 September 2023

Matteus 11:28-30

30 My juk is sag en my las is lig.”

Wat is die verskil tussen Jesus en die Fariseërs se interpretasie van die wet?

  • Jesus fokus op die hart van die wet, en die hart van die mens.
  • Die Fariseërs fokus op die letterlike uitvoering van die wet, maar fokus geensins op die verandering wat dit in ’n mens se hart moet bring nie.

Jesus is eendag gevra wat die grootste gebod in die wet is. Hier is sy antwoord in Matteus 22:37-40: 37 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

  • Is God se wet in jou hart geskryf?
  • Verander dit jou optrede daagliks, en vorm dit jou meer en meer in die beeld van Jesus?
  • Verwag jy dat die Gees jou daagliks sal transformeer en sal lei in getrouheid aan die wet soos Jesus dit interpreteer?
  • Sal jy Jesus se uitnodiging in ons teksgedeelte vir die week hoor, aanvaar en daarvolgens leef?

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, ek aanvaar U uitnodiging. Dankie dat ek na U toe kan kom.

All change comes from deepening your understanding of the salvation of Christ and living out the changes that understanding creates in your heart. Tim Keller

Vrydag 8 September 2023

Matteus 11:28-30

30 My juk is sag en my las is lig.”

Dink vir ’n oomblik hieroor: Jesus sê Sy interpretasie van die wet, dit is wat Sy “juk” is, is sag. Hy sê ook Sy “las” is lig.
Het jy al Matteus 5-7 gelees, waarin Jesus sekere belangrike wette herinterpreteer, en dit op die oog af nog moeiliker maak om dit te gehoorsaam?
Hoe dan nou gemaak met hierdie vers?

Dit is betekenisvol om vir ’n oomblik by die vers stil te staan. Die woord “sag” kom net hier in Matteus voor. Die woord “las” kom net nog eenkeer voor in Matteus, en dit is wanneer Jesus in Matteus 23:4 sê dat die Fariseërs se las “swaar” is.
So wat maak Jesus se juk sag en Sy las lig?

Sy teenwoordigheid! Dink so daaroor: dink aan die verskil tussen 50kg op jou rug dra (in ’n rugsak soos in die foto hierbo), en 50kg sleep in ’n waentjie met 4 wiele en ’n groot genoeg handvatsel vir twee mense om dit te trek. Laasgenoemde is baie makliker en “ligter”, al bly die gewig van dit wat jy saamdra presies dieselfde. Sien jy dit?

Om gehoorsaam aan Jesus te wees vra beslis iets van ons, trouens dit vra ons hele lewens, maar Jesus dra die las saam met ons, en dit maak dit doenbaar, sag en lig. Onthou, Hy het aan die begin gesê dat die pad van dissipelskap begin deur na Hom toe te kom, en dan Sy juk op jou te neem. Die persoonlike verhouding is die beginplek. Van daar stap Hy die pad saam ons.

Jy mag dalk vra hoe? Wel, deur die spesiale teenwoordigheid van die Heilige Gees in die lewe van elke gelowige. Meer hieroor more.

  • Ervaar jy Jesus se juk as sag en Sy las as lig?
  • Ken jy die spesiale teenwoordigheid van Heilige Gees in jou lewe?

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, maak my asb bewus van hoe sag U juk is, en hoe lig U las is.

“He leads the way, keep close to him.” Dietrich Bonhoeffer

Donderdag 7 September 2023

Matteus 11:28-30

29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

Jesus maak dieselfde belofte aan Sy luisteraars as wat God (Hy is Jahwe genoem in die Ou Testament) aan die Israeliete gemaak het in Jeremia 6:16.
Die rus waarvan Jesus praat is meer as net ontspanning of die geleentheid om asem te haal en goed te slaap. Jesus praat van ’n diep, voelbare vrede; ’n ervaring van heelheid; ’n wete dat alles wel is met jou hele wese omdat jy met God versoen is en Hom as jou Vader ken.

Weet jy dat God dit vir ons, Sy kinders, wil hê?

Jesus het juis aarde toe gekom omdat God getrou was aan die belofte wat Hy aan die begin van die Bybelse storie gemaak het; dat Hy die bose sal vermorsel en oorwin, sodat Hy en die mens weer in eenheid en vrede kan leef. Deur geloof kry ons hierdie vrede, en dit is goeie nuus omdat Jesus dit vir ons moontlik maak!
Dit is ’n vrede wat ons op ’n pad van heling na heelheid lei, ’n vrede wat ons nuut maak en verander sodat ons meer en meer soos Jesus lyk.

  • Ken jy hierdie vrede?
  • Is daar iets in jou lewe wat hierdie vrede steel?
  • Is daar ’n deel van jou lewe waar jy heling nodig het, sodat jy as heel mens kan leef?

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, gee asb vir my vrede vir my gemoed.

“God cannot give us a happiness and peace apart from Himself, because it is not there. There is no such thing.” C.S. Lewis

Woensdag 6 September 2023

Matteus 11:28-30

29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

Sien jy dat Jesus vir ons ’n rede gee waarom ons Sy juk op ons moet neem en van Hom moet leer?
Jesus word slegs een ander keer as “sagmoedig” beskryf in die hele Nuwe Testament, en dit is in ’n aanhaling vanuit Sagaria in Matteus 21:5. Dit is ook die enigste keer wat Jesus as “nederig” beskryf word in die Nuwe Testament. Kyk mooi, Jesus sê dit van Homself! Hy wil hê Sy luisteraars (dit is ek en jy ook) moet weet wie hulle volg, en wat om te verwag van die een wat hulle volg.

Die Fariseërs daarteenoor was trots, lief vir ereplekke en spesiale titels en mal daaroor dat hulle mag oor mense kon uitoefen deur hulle interpretasie van die wet.

Beide Jesus en die Fariseërs het ’n interpretasie van die wet gehad. Jesus s’n het gelei na ’n nuwe hart, groter liefde vir almal en ’n lewe wat lyk soos die karakter wat Jesus van Homself in die gedeelte beskryf, sagmoedig en nederig.
Die Fariseërs se interpretasie het gelei na frustrasie, mismoedigheid en ’n gevoel van mislukking, want dit was bloot net te moeilik om die wet “soos hulle” na te kom.

Wanneer Jesus sê “julle sal rus kry” praat Hy met die woorde van Sy Vader in Jeremia 6:16, toe die mense van God ook moes kies wie hulle wil volg.

  • Ken jy vir Jesus as nederig?
  • Ken jy vir Jesus as sagmoedig?
  • Hoe beīnvloed dit jou lewe as een van Sy volgelinge?

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, ek wil van U leer, want ek glo U is sgamoedig en nederig van hart.

“There is no room for God in him who is full of himself.” Martin Buber

Dinsdag 5 September 2023

Matteus 11:28-30

28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Leermeesters en skrifgeleerdes in Jesus se tyd het mense genooi om gehoorsaam aan die wet te wees sodat hulle in vrede met God en ander kon leef. Die wet van die Ou Testament was iets waarin die Joodse mense in Jesus se tyd vreugde en standvastigheid gevind het, maar die interpretasie daarvan deur groepe soos die Fariseërs het gehoorsaamheid daaraan onmoontlik gemaak (dit was net te veel wette, en te ingewikkeld). Jesus het hierdie interpretasie van die wet “swaar en ondraaglik” genoem in Matteus 23:4.

Jesus se uitnodiging is allereers om na Hom toe te kom. Hy weet die mense soek na rus en Hy weet die Vader het rus aan sy mense belowe in die Ou Testament (sien Eksodus 33:14). Nou maak Hy dit duidelik dat Hy hierdie rus gee (soos die Vader belowe het), en dat dit te vinde is in verhouding met Hom. Hy belowe dat Hy rus sal gee!

Hierdie duidelike, direkte en persoonlike uitnodiging van Jesus is net hier in die hele Nuwe Testament te vinde. Vroeër in Matteus het Jesus ’n uitnodiging gerig met die woorde “volg My” (Matteus 4:19). Hier rig Jesus ’n persoonlike uitnodiging aan almal.

  • Weet jy dat hierdie uitnodiging vir jou ook geld?
  • Weet jy dat jy by Hom sal rus kry?
  • Glo jy Hom?

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, dankie vir U uitnodiging. Ek kom.

“When we begin to glimpse the reality of God, the natural reaction is to worship him. Not to have that reaction is a fairly sure sign that we haven't yet really understood who he is or what he's done.” N.T. Wright

Maandag 4 September 2023

Matteus 11:28-30

28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30 My juk is sag en my las is lig.”

Wanneer laas het jy vir Jesus hoor praat? Wanneer laas het jy gehoor hoe Jesus jou nooi na iets meer, dieper en intiem?
In hierdie teksgedeelte nooi Jesus ons elkeen na rus, en na iets wat sag en lig is. Te midde van ons besige en soms oorweldigende alledaagse lewens klink dit hemels!

Hierdie teksgedeelte is uniek in die sin dat dit net in Matteus voorkom. Dit is ook Jesus se mees persoonlike en sagste uitnodiging om Hom te volg wat ons in ons vier evangelies (Matteus, Markus, Lukas, Johannes) kry.
Vers 28 en 29 het beide ’n uitnodiging en ’n belofte (kyk weer mooi na die gedeelte) en vers 30 gee nog verdere rede waarom ons hierdie uitnodiging moet aanvaar.

Deur die loop van die week gaan ons in diepte na elke vers kyk en daaroor reflekteer. Lees gerus die gedeelte nog een keer, stadig en gefokus.

’n Eenvoudige gebed vir jou dag:
Here Jesus, dankie vir U uitnodiging. Ek kom.

“I found that only when I rest in Jesus' finished work for me can I really rest from my earthly work even for a moment.” Tim Keller

Saterdag 2 September 2023

Romeine 12:13
Betoon meelewing met die behoeftes van die heiliges; lê julle toe op gasvryheid.

VRAE:

  • Paulus moedig gelowiges aan om gasvryheid aan ander te bewys. Deur gasvry te wees, bewys ons liefde en sorg aan ander gelowiges en vreemdelinge. Dit beteken dat ons met oop hande en harte die wêreld aanpak.
  • Gasvryheid is meer as net goeie etiket. Dit is ‘n uitdrukking van God se liefde en versorging. Paulus moedig gelowiges aan om hulle huise oop te stel vir ander en mense met nederigheid, liefde, vrede, sagmoedigheid en hoop ontvang. Mense moet kan voel asof hulle tuis gekom het, net so gelief is soos die inwoners vir mekaar is en dat hulle, hulleself in ons huise kan wees. Maar meer as dit moet mense ook so voel in ons teenwoordigheid. As mense, moet ons vrygewig wees met ons tyd, ons liefde, ons respek, ons gawes, ons menswees.
  • Waarom dink jy is dit belangrik om gasvry te leef? Waar in die Bybel sien jy hoe Jesus gasvry geleef het? Hoe inspireer dit jou om dieselfde te doen?
  • Hoe kan gasvryheid aan vreemdelinge, omgedraai word in geleenthede om die waarheid van Jesus met ander te deel?
  • Kan jy aan ‘n tyd dink waar iemand gasvry was teenoor jou? Hoe het dit impak gehad op jou? Wie in jou lewe kry dit reg om gasvry te wees met hulle menswees? Hoe het dit jou aangeraak?

Gebed:
Here, skenk aan ons die gewilligheid om ons harte en huise oop te stel aan ander. Here, help ons om U voorbeeld van gasvryheid uit te leef waar ons ook mag gaan. Here, mag ons optredes U liefde en vrede bewys aan elkeen met wie ons vandag in aanraking kom. Here, mag ons elke geleentheid vandag aangryp om gasvry teenoor ander te mag leef.
Amen

Vrydag 1 September 2023

Romeine 12:21
Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie.

VRAE:

  • Paulus moedig mense aan om die kwaad met Jesus se liefde te oorwin. Dit beteken dat ons nie vir ander net gee wat hulle ook uitdeel nie. Dit vra dat ons die vrug van die Gees uitleef en selfdissipline, geduld en selfbeheersing beoefen.
  • Jesus het reeds die kwaad oorwin. Daarom is dit vir ons moontlik om die kwaad te oorwin deur Jesus wat vir ons die krag gee om dit te doen. Dit beteken dat ons negatiwiteit met Jesus se hoop ontmoet. Dit beteken dat ons korrupsie met Jesus se waarheid ontmoet. Dit beteken dat ons onreg met Jesus se selflose liefde ontmoet.
  • Hoe kan ons prakties die kwaad oorwin met dit wat goed is? Waar in jou lewe kan jy dink aan voorbeeld waar Jesus dit deur jou kan doen?
  • Waarom is dit belangrik om aktief op te staan teen die kwaad, eerder as om dit net te vermy en jou oë blind te hou daarvoor?
  • Kan jy ‘n voorbeeld gee van ‘n situasie waar iemand die kwaad oorwin het met dit wat goed is, in jou lewe? Hoe het dit impak gehad op jou?

Gebed:
Here, gee vir ons die krag om die kwaad nie net te vermy nie, maar daarteen aktief op te staan. Here, help ons met die wyse waarop ons dit moet doen. Gee asb. vir ons die wysheid, die woorde en die hart waarmee ons teen kwaad moet opstaan. Here, mag ons agente van verandering wees in ‘n wêreld wat soms so gebroke lyk. Here, mag ons voorbeeld die transformerende krag van Jesus vir ander wys.
Amen

Donderdag 31 Augustus 2023

Romeine 12:14, 20
Seën julle vervolgers; ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 20Maar: “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink.

VRAE:

  • God vra dat ons vir die wat ons vervolg, seën en bid. Dit is baie moeilik om opreg vir iemand te bid en seën toe te wens en steeds met haat na hulle te kyk. Dit beteken dat ons buite ons gemaksone te klim en te kies met ons kop wat ons harte nog nie voel nie. Dit beteken dat ons God vra vir die wil, om hierdie mense te wil seën en liefhê.
  • Wie is die vyand wat jy moet seën en liefde moet bewys? Dalk voel jou man of vrou soos die vyand? Dalk voel ‘n vriend of vriendin soos die vyand? Dalk is dit ‘n kollega of baas? Vra nou vir die Here om jou hart teenoor hulle te verander. En vra dat die Here hulle in oorvloed seën.
  • Hoe kan jy hierdie vyand vandag dien en lief hê? Wat het jy van God nodig om dit te kan doen? Deel jou hart met die Here. Wat staan gewoonlik in die pad vir jou om hierdie mense lief te hê?

GEBED:
Here, gee asb. vir ons genoeg genade om die mense wat ons kwaad aandoen te seën en met liefde te behandel. Here, mag ons hierdie mense deur Jesus se oë raaksien? Here mag ons optrede vandag lei tot rekonsiliasie en versoening. Here, mag dit lei tot die opbou en uitbou van U koninkryk. 
Amen

Woensdag 30 Augustus 2023

Romeine 12:14, 20
Seën julle vervolgers; ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 20Maar: “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink.

VRAE:

  • God vra dat ons vir die wat ons vervolg, seën en bid. Dit is baie moeilik om opreg vir iemand te bid en seën toe te wens en steeds met haat na hulle te kyk. Dit beteken dat ons buite ons gemaksone te klim en te kies met ons kop wat ons harte nog nie voel nie. Dit beteken dat ons God vra vir die wil, om hierdie mense te wil seën en liefhê.
  • Wie is die vyand wat jy moet seën en liefde moet bewys? Dalk voel jou man of vrou soos die vyand? Dalk voel ‘n vriend of vriendin soos die vyand? Dalk is dit ‘n kollega of baas? Vra nou vir die Here om jou hart teenoor hulle te verander. En vra dat die Here hulle in oorvloed seën.
  • Hoe kan jy hierdie vyand vandag dien en lief hê? Wat het jy van God nodig om dit te kan doen? Deel jou hart met die Here. Wat staan gewoonlik in die pad vir jou om hierdie mense lief te hê?

GEBED:
Here, gee asb. vir ons genoeg genade om die mense wat ons kwaad aandoen te seën en met liefde te behandel. Here, mag ons hierdie mense deur Jesus se oë raaksien? Here mag ons optrede vandag lei tot rekonsiliasie en versoening. Here, mag dit lei tot die opbou en uitbou van U koninkryk. 
Amen

Dinsdag 29 Augustus 2023

Romeine 12:17
Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.

VRAE:

  • Paulus vra dat ons mense wat kwaad doen en ons te na wil kom, nie met kwaad terug betaal nie, maar eerder vir hulle met liefde antwoord. Hierdie eenvoudige optredes van liefde, sal die getuienis wees van Jesus se radikale leringe.
  • Dit is so maklik om kwaad met kwaad te betaal. Selfs die wêreld en vyand doen dit. Maar om soos Jesus met liefde, deernis en genade te antwoord, is die werk en leiding van die Here. Dit is getuienis van hoe God ons verander en transformeer.
  • Wat is die moeilikste deel, om met liefde op kwaadwilligheid te antwoord? Dink veral aan tye wanneer jy seergemaak is of voel ‘n situasie was onregverdig?
  • Hoe beïnvloed die manier waarop ons situasies reageer ons getuienis van ons geloof? Hoe is jou opinie van ‘n persoon al gevorm of beïnvloed in die manier waarop hulle reageer teenoor situasies of jou?

GEBED:
Here, gee vir ons die krag en geduld om in situasies die kwaad met liefde te antwoord. Here, help ons asseblief om U voorbeeld aan die kruis te gebruik vir inspirasie oor hoe ons ook aan onsself kan sterf. Here, mag ons sagmoedigheid en nederigheid ander inspireer om in verhouding met U te kom. Dankie Here, dat U daagliks met ons werk.
Amen

Maandag 28 Augustus 2023

Romeine 12:9
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

VRAE:

  • Paulus moedig die Geloofsfamilie van Romeine aan om liefde prakties uit te leef. Hy beklemtoon dat die liefde op moet wees. Hy gee vir hulle die opdrag om gasvry te leef met ander. Hy beklemtoon ook hoe belangrik dit is om die kwaad met liefde te ontmoet.
  • Hoe lyk liefde in aksie? Hoe lyk dit prakties in jou lewe? Hoe kan mense sien dat jy liefde beleef, en ook uitleef? Hoe sou die mense in jou lewe getuig van die liefde wat hulle by jou ontvang?
    Wat is die verskil tussen opregte liefde en vals liefde? Hoe weet jy wanneer jy besig is om liefde opreg te gee, of uit verwagting en verpligting te gee? Hoe kan die Here jou help om liefde met meer vrymoedigheid uit te leef? Wat benodig jy?
  • Hoe hou jy vas aan die goeie en hoe vlug jy vir die slegte? Waar in jou lewe is daar tekens hiervan? Watter versoeking is vir jou baie moeilik om voor nee te sê? Hoe kan jou hartsmense jou hiermee help? Hoe kan liefde jou help om nee te sê vir die versoekings?

Gebed:
Here, help my om opreg en outentiek lief te hê. Here, gee vir ons die wysheid om dit wat sleg is te haat en dit wat goed is na te jaag. Here, mag ons lewens U reflekteer. Here, mag ons deur U liefde getransformeer wees om vir ander genade en liefde te gee.
Amen

Saterdag 26 Augustus 2023

1 Petrus 4:8
Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.

VRAE:

  • Opregte, onvoorwaardelike, agape liefde kan wonde en verhoudings binne huishoudings en families herstel. Hierdie tipe liefde vra dat ons soms van onsself opoffer, dat ons nederig dien, dat ons ander se behoeftes raaksien en bevredig. Hierdie tipe liefde is nie jaloers nie en dit floreer nie in selfsug nie. Liefde soek oplossings , vrede en genesing.
  • Hoe kan julle ‘n gees van diep liefde binne julle huishouding en families te vestig? Hoe kan julle dit vandag doelbewus begin doen?
  • Hoe kan jy God se liefde en opoffering uitleef oral waar jy gaan? Hoe kan jy jou unieke gawes en eienskappe gebruik tot eer van God?

Gebed:
Here, wys my om ander onvoorwaardelik en opreg lief te hê. Here, wys my asb. hoe om ander lief te hê soos U my lief het. Here, mag my optredes en menswees U transformerende liefde reflekteer. Here, mag ons huishouding en ons familie ‘n getuie wees van U wese.
Amen

Vrydag 25 Augustus 2023

1 Korintiërs 12:!2
Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.

VRAE:

  • Elke lid van ons huishoudings en families is uniek gemaak. Elkeen het sy eie gawes, perspektief en behoeftes. In ons diversiteit vind ons ook prag. Net soos die liggaam verskeie dele het wat uniek is en divers is, so is ons ook. Elkeen van ons is veronderstel om ‘n ander doel, rol en taak te verrig of bevredig.
  • Hoe kan julle elkeen se unieke rol, bydrae en gawes vier binne hulle huishouding en familie? Waarvoor dank julle God as dit kom by julle diversiteit?
  • Hoe kan julle, julle unieke krag gebruik om eenheid en konflik op te los? Hoe kan julle mekaar se sterk punte gebruik tot voordeel van julle huishouding en familie?
  • Wanneer laas het julle vir mekaar waardering uitgespreek? Maak vandag tyd om dit te doen. Deel waarom die persoon se gawe, talent of karaktertrek vir jou kosbaar is en hoe dit jou inspireer.

Gebed:
Here, help my om die unieke gawes, eienskappe en perspektiewe binne my huishouding en familie te waardeer en vier. Here, help ons om mekaar te respekteer en hoog te ag. Here, help ons om die bande in ons huishoudings en families te versterk. Here, help ons om tyd en energie in ons verhoudings te bestee.
Amen

Donderdag 24 Augustus 2023

Romeine 12:18
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

VRAE:

  • In hierdie gedeelte vra Paulus nie net dat vrede die voorkeur in huishoudings en families kry nie, maar dat lede van daardie huishoudings en families sal poog om vrede te soek in elke situasie. Dit beteken dat mense soms moet kies vir die verhoudings, vir vrede en harmonie, selfs al beteken dit dat ons soms verskillende maniere het van dink oor sake. Dit vra van elke persoon om die ander se perspektief te sien, hulle harte sag genoeg te hou om self hulle eie opinie te verander en die vrede so te bewaar.
  • Hoe kan jy probeer om die perspektiewe van ander raak te sien? Hoe kan jy jouself in ander se skoene plaas? Waarom is dit vir jou maklik of moeilik? Deel jou hart met die Here.
  • Watter kompromieë kan jy maak ter wille van die verhouding? Wat gaan dit jou kos? Wat gaan dit jou baat? Hoe gaan julle verhoudings lyk, indien jy kies om ‘n middeweg te vind?
  • Hoe kan gebed jou help om versoening te vind in tye wanneer julle nie met mekaar saamstem nie? Hoe kan dit julle help indien julle saambid?
    GEBED:
    Here, help ons familie en huishouding om brue te bou. Here help ons asb. om meer waarde te plaas op ons verhoudings, as ons ego se voorkeur om reg te wees. Here, help my om die geduld te hê om gemeenskaplike grond te vind in die verskillende maniere waarop ons enige iets benader. Here, help my selfs om die verskillende perspektiewe te vier. Here, mag U vrede wat alle verstand te bowe gaan heer is my lewe, huishouding en familie.
    Amen

Woensdag 23 Augustus 2023

Kolossense 3:13
Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

VRAE:

  • Vergifnis is van kardinale belang in elke verhouding. Binne ons families en huishoudings is dit net so belangrik. Selfs al moet jy soos Jesus vra dat God hulle vergewe, wanneer dit nog te moeilik is om dit self te doen, vra die Here van ons dat ons ten minste die eerste tree in vergifnis neem. Soms begin dit by die eenvoudige gebed, “Here, gee my asb. die wil om te wil vergewe.”
  • Vergifnis is ‘n buitengewone belangrike element van verhoudings met mense, omdat dit nie noodwendig die ander persoon vrede gee en vryspreek nie, maar omdat dit juis jouself vrede gee en jou gedagtes vrylaat. Ons is nie gemaak om met wrokke rond te loop en bitter te word as gevolg daarvan nie. Vergewe en beweeg aan, sodat jy kan leef in vrede en liefde.
  • Hoe kan jy genade en vergifnis bewys in die oomblikke van familie drama en huishoudelike konflik? Hoe leef jy die voorbeeld vir jou kinders en jou hartsmense? Wat is die praktiese stappe wat jy neem om vergifnis te gee?
  • Wat hou jou terug om vergifnis te gee, of vergifnis te bied aan iemand? Wat hou jou terug om vergifnis te vra vir dit wat iemand anders teen jou hou? Waarom is dit belangriker as die opdrag van God om te vergewe, of die vrede wat vir jou beskikbaar is wanneer jy dit gee? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe vra jy vergifnis van die Here? En hoe vergewe jy jouself wanneer jy verkeerd gedoen het? Hoe is hierdie optrede ‘n getuienis vir ander van die vergifnis wat jy by God ontvang of beleef? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, gee vir my die krag en deernis om ander te vergewe, soos wat U my vergewe het. Here, help my om enige bitterheid en kwaadwillige gevoelens neer te lê. Here, help my om die grond voor te berei vir genesing, rekonsiliasie en herstel van verhoudings in my familie en huishouding.
Amen

Dinsdag 22 Augustus 2023

Spreuke 15:1
'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.

VRAE:

  • Ons woorde het die vermoë lewe of dood te spreek. Ons woorde kan gesond maak of seermaak. Wanneer ons met ons families en binne ons huishoudings werk, vra dit veral vir ons om geduld, selfbeheersing en sagmoedigheid te kies. Baie kere in tye van konflik en twis, is dit nie soveel die inhoud van wat ons sê nie, maar die manier waarop ons dit sê. Indien jy ook weet dat die inhoud van wat jy gaan sê bedoel is om te sny en af te breek, moet jy ook kies om dit eerder nie te sê nie. Soms het ons waarheid nodig wat ons seermaak, maar dit is nie bedoel om af te breek en ons te sny nie. Dit is bedoel om ons te help en op te lig. Vra vir die Here vir wysheid wanneer jy moeilike waarhede moet deel.
  • Hoe kan julle as familie of huishouding kies om met sagmoedigheid te reageer in oomblikke van konflik? Waaroor kan julle saamstem? Watter waarder en reëls kan julle in plek stel om dit te doen?
  • Watter tipe impak wil jy hê moet jou woorde en gemoed in die huishouding hê? Hoe gaan jy dit bewerkstellig? Hoe kan jy vra vir hulp wanneer jy dit nie regkry nie? Hoe gaan jy vra vir vergifnis en rekonsiliasie indien jy nie met sagmoedigheid opgetree het nie?
  • Hoe kan jy Jesus se liefde, nederigheid, genade en empatie met ander om jou deel wanneer julle van opinies verskil of konflik beleef? Dink veral in die werksplek, skoolbanke, winkelsentrums of Geloofsfamilie.

GEBED:
Here, lei my woorde en maak my hart dag vir ander, veral wanneer ek kwaad is en hardkoppig is. Here, help my om sagmoedigheid en liefde te reageer in die hitte van ‘n argument. Here, mag my woorde genesing bring en verhoudings herstel.
Amen

Maandag 21 Augustus 2023

Matteus 5:9
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

VRAE:

  • Selfs in Jesus se tyd, het mense konflik beleef binne verhoudings. Ook familie verhoudings is nie oorgesien van drama wat tyd tot tyd kop uitsteek nie. Jesus gebruik die bergrede om verskeie kwessies aan te spreek. Een van die kwessies wat belangrik is, is dat ons as gelowiges gekenmerk word deur ons vermoë om vrede te bewerkstellig. Juis in ons huishoudings is dit belangrik. Ons huishoudings is die plek waar ons oefen, leer en getuig van dit wat werklik binne ons harte leef. Dit s juis die mense na aan jou wat jou die beste ken. Jy kan nie vir hulle wegsteek nie. Dit is juis die plek waar ons moet wys deur voorbeeld hoe belangrik die rol van vredemakers is.
  • Hoe dra jy by tot die ervaring van vrede in jou huishouding? Of is jy die een wat die vrede konstant afbreek? Hoe sou jy huishouding getuig? Deel jou hart met die Here.
  • Watter stappe kan jy neem om situasies van angs, onsekerheid en twis te ontlont?
  • Hoe kan jy God se liefde reflekteer in jou huishouding, selfs wanneer daar konflik is? Is daar iets spesifiek waaroor julle as huishouding kan saam stem om vrede te bewerkstellig wanneer daar verskille is in opinies?

Gebed:
Here, gee as b. Vir my die wysheid en geduld om ‘n vredemaker te wees in my huishouding en familie. Here, help my om verdraagsaam te wees, liefde te gee en empatie te toon met die mense om my. Here, help my om konflik op te los en harmonie te herstel.
Amen

Saterdag 20 Augustus 2023

Jesaja 40:27-31
27Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”? 28Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 29Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

VRAE:

  • As gelowiges is dit soms moeilik om te erken dat ons word ook geraak deur die omstandighede om ons. Ons is mos juis veronderstel om nie te val vir die probleme wat die wêreld se mense mee sukkel nie. Jesaja erken dat selfs jongmense afgemat word. Jongmense word gekenmerk vir hulle energie. Die goeie nuus vir elkeen van ons is, dat wanneer ons in verhouding met God is, Hy die een is wat weer herstel bring. Hy gee weer nuwe krag. Hy herstel die hart wat moedeloos word en hopeloos voel. Die Here is die antwoord op elke kwessie wat ons beleef.
  • Waarmee sukkel jy tans? Is jy moeg en moedeloos? Is jy seer en sensitief? Is jy hartseer en hopeloos? Deel jou hart met die here. Wees eerlik oor dit wat tans in jou hart leef.
  • Wanneer jy weer herstel is, hoe lyk dit? Is dit iemand wat genoeg energie het om elke dag te hanteer? Is dit iemand wat blydskap vind in die alledaagse dingetjies? Is dit iemand wat goeie nuus bring wanneer die wêreld slegte nuus verkondig? Is dit iemand wat vrede uitleef in hulle huishouding, selfs wanneer almal baie spanning beleef? Vra vir die Here vir hierdie genesing. Begin dan ook leef asof die Here reeds hierdie genesing vir jou gebring het.

Gebed:
Here, ek het ‘n diep behoefte vir U genesing. Ek het nuwe energie nodig. Ek het U vrede nodig. Ek het U liefde nodig. Ek het U hoop nodig. Here, help my asb. om dit te begin leef in die vertroue, dat U dit vir my gee. Here, ek weet U kan alles in my verander. Ek glo en vertrou U daarvoor.
Amen

Vrydag 18 Augustus 2023

Jesaja 40:27-31
27Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”? 28Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 29Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

VRAE:

  • Talle skrywers in die Bybel verwys altyd na die probleme wat daardie mense in ‘n spesifieke situasie beleef. Wanneer hulle vrae het of antwoorde soek, kyk hulle altyd terug na wie God is, wat Hy gedoen het en hoe Hy getrou was in alle omstandighede. Hier in Jesaja sien ons ook hoe h terugkyk na wie God is. God is die een wat van die begin af alles geskep het. God is die een wat nooit moeg word nie, nooit afwesig is nie. God se karakter, identiteit en handelinge in die verlede herinner ons elke keer wat ons kan verwag nou.
  • Wie is God vir jou? Wat het God al vir jou gedoen in die verlede? Hoe het God jou al voorheen ontmoet? Skryf vir jouself ‘n lys van ervarings met die Here. Herinner jouself aan wie God is. In dit beleef jy ook weer wie jy is. As God getroue Vader is, is jy Sy geliefde kind. Deel jou hart met die Here.
  • Indien jy nog nie genoeg ervaring saam met die Here gehad het nie, kan jy ook terug kyk na ander se belewenis saam met God. Vra vir jou medegelowiges hoe hulle God beleef. Luister na potgooie van mense wat God beleef en van Hom getuig. Ommring jou met mense wat ook die here ken en vra vir hulle ervarings. Dit gee weer hoop. Dit bring weer perspektief. Dit gee weer vir jou eie geloof nuwe inspirasie. Met wie kan jy praat oor hulle ervarings van geloof?

Gebed:
Here, ek vergeet soms wie U is. Ek is so besig om op alles om my te fokus dat ek nie onthou wie U nog altyd was nie. Here, help my asb. om weer te fokus op wie U is.
Amen

Donderdag 17 Augustus 2023

Jesaja 40:27-31
27Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”? 28Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 29Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

VRAE:

  • Een van die elemente wat ons geloof van ander skei, is dat ons Vader vir ons spasie laat om mens te wees en selfs teen Hom te woed. Ek kyk na voorbeelde soos Jakob en Dawid. Hulle kon met die Here stoei en bely wat in hulle harte werklik aangaan. Hulle het nie nodig gehad om dit weg te steek, bang te wees dat God se skouers nie groot genoeg is om dit te hanteer of vrees dat God hulle gaan straf vir die menslike emosies wat hulle beleef nie.
  • Wanneer laas was jy eerlik met die Here oor wat jy voel en wat in jou binneste aan die gang is? Wanneer laas was jy eerlik met jouself oor die belewenisse wat jy het? Soms is dit makliker om die gevoelens te projekteer. Jy sien dit so maklik in ander raak en kan hulle daarvan beskuldig, maar is blind vir dit wat self in jou woed. Sit vir ‘n oomblik en wees eerlik oor dit wat in jou hart en in jou gedagtes aan die gang is. Deel jou hart met die Here.
  • Voel jy tans asof jy alleen is? Voel jy asof God by jou verbygegaan het? Voel jy asof dinge net te veel is? Voel dit asof die Here nie omgee nie? Voel jy geïsoleer? Voel jy erg benoud? Deel jou hart met die Here. Weet ook dat Hy by jou is, dit hoor en die spasie vir jou kan hou. Weet dat God jou nie alleen laat nie, selfs al voel jy al hierdie dinge.

GEBED:
Here, ek is nie altyd bewus van dit wat in my hart of in my kop aangaan nie. Here, soms voel dit vir my asof dit almal om my is, wat die probleem is, maar ek sien nie die balk in my eie oog nie. Here, wys asb. vandag vir my wat in my woed. Here, wys my asb. hoe ek steeds op U kan vertrou, steeds naby U kan wees, steeds kan weet dat U my kan lief hê en aanvaar soos ek is. Here, help my ook asb. met al hierdie gevoelens. Here, wees asb. die antwoord op alles wat ek voel.
Amen

Woensdag 16 Augustus 2023

Filippense 2:14-18
_ 14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. 17Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees._

VRAE:

  • Paulus praat met gelowiges wat in ‘n wêreld woon wat korrup is. H skryf vir gelowiges wat daarna kyk en magteloos voel, negatief word en soms val vir die versoeking om net soos die omgewing om hulle te begin optree. Paulus vra hulle egter om nie soos die wêreld te word nie. Hulle moet anders wees en die pas aangee. Hulle moet bo verdenking optree in alles. Hulle moet opstaan vir wat reg is en die voorbeeld stel van wat eerder gedoen moet word.
  • Wanneer ons met ongeregtighede, negatiwiteit en korrupsie te doen kry, is ons in gevaar om nie net negatief te word nie, maar ons kom ook in die versoeking om dieselfde voorbeeld te volg. Omdat ander mense daarmee wegkom, moet ek ook daarmee weg kan kom. Paulus se argument is dat dit net meer ongeregtigheid en negatiwiteit versprei. Dit wys ook glad nie dat ons juis verlos en vry is om Jesus te volg nie.
  • is daar geleenthede of plekke waar jy kies om ook soos ander wat die wette te oortree? Praat jy ook teë? Kla jy net so hard soos die ander? Wat sou die mense in jou lewe sê, as ons hulle oor jou optrede sou vra? Waarom is dit soms moeilik om die goeie nuus, die lig en die hoop te bring? Deel jou hart met die Here.
  • Wat kan jy vandag doen om die antwoord te wees op die korrupsie en slegte nuus in die land? Hoe kan j die ligdraer wees in jou eie huis? Wat vra God vir jou om te doen?

GEBED:
Here, soms word ek ook oortuig van hoe sleg alles gaan in ons huise en land. Here, soms wil ek ook korrup wees en afbreek, want dit voel asof dit al manier is om voor te kom. Here, ek vra dat U my sal help om reg te doen. Here, help my om bo verdenking te leef. Here, help my om eg, opreg, heilig en onberispelik te leef.
Amen

Dinsdag 15 Augustus 2023

Filippense 2:14-18
_ 14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. 17Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees._

VRAE:

  • Paulus sê dat ons ligdraers vir die wêreld is wanneer ons leef soos verlostes. Hy verduidelik ook hoe dit lyk om ligdraers te wees. Ligdraers is mense wat anders as die mense van die wêreld klink en lyk, in situasies wat ander moontlik depressief en negatief kan maak. Ligdraers is nie konstant besig om te kla en teë te praat nie.
  • Is daar mense in jou lewe wat konstant kla of teë praat? Hoe voel dit om in hierdie mense se teenwoordigheid te wees vir lang tye? Hoe affekteer dit jou, liggaam, siel en gees? Deel jou hart met die Here.
  • Is jy iemand wat konstant kla oor alles wat nie reg loop nie, nie volgens jou voorkeure is nie of teen jou grein gaan? Hoe voel dit om konstant aan hierdie dinge aandag te gee? Hoe reageer mense in jou lewe hierop? Waarom is dit konstant in jou gedagtes? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom sou j dink is dit een van Paulus se opdragte aan die gelowiges? Waarom os dit belangrik om nie te kla nie en nie teë te praat nie?

GEBED:
Here, ek sien soveel dinge in die wêreld wat my onrustig maak, kwaad maak, ontstel en negatief maak. Daar is soveel redes om te kla. Here, ek besef ook dat dit maak dat ek nie op die goeie dinge wat u in oorvloed gee kan fokus nie. Here, ek vra dat u my oë, hart en wil sal skuif na U. Here, help my om meer van U in hierdie wêreld raak te sien. Here, help my asb. om eerder u naam groot te maak, lof aan u te bring en U liefde met ander te deel.
Amen

Maandag 14 Augustus 2023

Matteus 5:14-16
14“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

VRAE:

  • Wat is die verskil wat een ding kan maak? Dalk nie so baie as dit een druppel water is en mens baie dors is nie. Tog maak een lig in die donker ‘n groot verskil. Dit is van ver af sigbaar en maak ‘n groot verskil vir die persoon wat bang is vir die donker. Lig bring hoop wanneer alles anders donker is.
  • In die gedeelte in Matteus maak Jesus die opmerking oor lig. Mens steek dit nie aan en sit dit onder ‘n emmer nie. Mens gebruik dit om vir almal lig te bring en sigbaar te wees. Een lig is ook genoeg om ander ligte aan te steek. Die lig verloor niks om van sy lig te deel met ander nie.
  • Is daar iemand in jou lewe, wie se lig helder skyn? Wie sou jy beskryf as ‘n brandende voorbeeld van lig in hierdie donker wêreld? Waarom skyn hulle lig so helder? Wat kan jy by hulle leer?
  • Hoe helder is jou eie lig in hierdie wêreld? Is daar omstandighede wat jou lig verdoof? Wat maak dat jou lig weer helder brand? Deel jou hart met die Here.
  • Sê vandag “dankie” vir die persoon wie se lig helder skyn. Deel met hulle die rede waarom jy daarvoor waardering het.

Gebed:
Here, ek wil eer vir u dankie sê U lig wat helder in my lewe skyn. Dankie dat U lig altyd die donkerste hoeke van m hart kan verlig. Here, ek wil U ook eer vir die mense in my lewe wie lig helder skyn in myne. Dankie dat hulle my opbeur en versorg. Here, mag ek ook asb. ‘n lig wees wat helder skyn in hierdie wêreld. Mag ek lig bring waar daar nie hoop of vreugde is nie. Mag ek ‘n draer van lig en hoop vir hierdie wêreld wees.
Amen

Saterdag 12 Augustus 2023

Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Ons het hierdie week stil gestaan om na te dink hoe ons Jesus se denke na navolg. Die Boodskap vertaling stel dit ook baie duidelik: “_ “Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ’n goeie lig stel._”
Ons moet ons gedagtes op God rig en soos die ou Halleluja-lied sê: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een…” So sal ons denk vernuwe en meer soos Jesus s’n word.

Gebed
Here Jesus, ek wil soos U wees en dink. Ek wil fokus op alles wat waar is. Mag ek my besig hou met dinge wat vir U die moeite werd is. Amen.

Vrydag 11 Augustus 2023

Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Nog ‘n manier om te dink soos Jesus is om te fokus op alles wat vol skoonheid en mooi is, asook wat ons met verwondering vul. As ons rondom ons kyk is daar so baie dinge om raak te sien. Van ‘n sonsopkoms tot die lag van ‘n kind. Daar is soveel mooi om taak te sien, ons moet net ons oë oopmaak om dit bewustelik raak te sien.
Psalm 8 help ons om die wonder van die skepping raak te sien. Lees die Psalm en dink na oor hoe wonderbaar God alles en ons gemaak het.
Kyk vandag spesiaal rond om die mooi dinge, wat jy dalk elke dag verby stap, raak te sien. Dink oor alles wat mooi is.

Gebed
Here, hoe groot is U Naam oor die hele aarde. U het alles so mooi geskep. Mag ek vandag U skoonheid opnuut weer raak sien. Amen.

Donderdag 10 Augustus 2023

Donderdag 10 Augustus
Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Jesus se dinkprogram wat Paulus voorstel vra dat ons ook ons denke moet heilig. Ons kan nie met sondige gedagtes besig wees en dink dat God dit nie weet nie. Ons moet erns maak met versoekings. Jakobus 1:14-15 herinner ons dat jou eie begeertes jou verkeerde dinge laat dink en doen. Ons kan nie God daarvoor blameer nie. Ons moet ons gedagtes gevange neem en dit aan Christus gehoorsaam maak (2Kor 10:5-6). Ons moet keuses maak om te fokus op alles wat rein en op opreg is. So kan ons heilige lewens lei.

Gebed
Here, ek wil beter dink en leef soos U van my vra. Help my om heilig te lewe. Amen.

Woensdag 9 Augustus 2023

Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Nog ’n manier om te dink soos Jesus, is om te dink aan alles wat reg is voor God. Meer nog, is om te doen wat reg is voor God. Ons moet regverdig lewe en ook op kom vir dinge wat reg is. Ons moet help dat dinge reg gedoen word.
Een manier om reg te lewe is om soos Psalm 1 ons in die Woord van God te verdiep en dat ons vanuit die waarheid van die Woord, op die regte dinge sal fokus. Kom ons gee ons aandag aan die regte dinge, as om te verval in wat verkeerd is. Laat ons deel van die oplossing wees en doen wat reg is.

Gebed
Here, ek wil doen wat reg is. Ek wil ’n verskil maak. Ek wil my gedagtes rig op U wil hê ek moet doen. Amen.

Dinsdag 8 Augustus 2023

Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Wanneer ons soos Jesus dink, moet ons tweedens dink aan alles wat eerbaar is en wat respek verdien. Ons moet mense om ons met respek hanteer. Ons kan nie dink dat ons net mense met respek sal hanteer as hulle ons respekteer nie. Nee, Jesus wys vir ons deur Sy voorbeeld dat Hy selfs sy vyande en mense wat dit nie verdien het nie, met respek hanteer het. Ons moet fokus op hoe ons mense kan help en selfs die ekstra myl saam met hulle stap.
Dalk is jy in ’n moeilike situasie? Gee dit vir die Here en vra Hom om jou te help om op die regte dinge te fokus.

Gebed
Here Jesus, ek wil dink soos U dink. Ek wil leef soos U leef. Help my om te dink oor alles wat eerbaar is en wat respek verdien. Amen.

Maandag 7 Augustus 2023

Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Ons denke bepaal hoe ons lewe en Paulus stel vir ons ‘n denkprogram, soos ‘n oefenprogram, voor. Hy moedig ons aan om te dink soos God wil hê ons moet dink. Ons moet dit bewustelik oefen om te fokus wat God wil hê ons op moet fokus. Ons moet dit elke dag inoefen. Ons moet dink aan alles wat waar is.
Waarheid is relasioneel. Waarheid is God. Wanneer ons op waarheid fokus, fokus ons op God. Ons kan dink soos Jesus. 1 Korintiërs 2:14 herinner Paulus ons: “Wat ons betref, ons het die denkwyse van Christus.

  • Fokus vandag op die waarheid.
  • Fokus op Jesus wat in verhouding met ons staan om vir ons die Waarheid te wys.
  • Laat God jou denke vandag vernuwe.

Gebed
Jesus, ek wil dink soos U dink. Ek wil op U as Waarheid fokus. Help met my om alles wat waar is te dink en te doen. Amen.

Saterdag 5 Augustus 2023

Lukas 6:43-45
“Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk 'n mens mos nie vye nie, en van 'n doringbos oes jy ook nie druiwe nie. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink
As ons as dissipels geroep is om verskil in God se Koninkryk te maak, moet ons na onsself en ons eie geestelike groei omsien. Hierdie teksgedeelte in Lukas kan ons weerloos en skuldig laat voel. Dit kan ons laat wonder oor die vrug in ons eie lewe. Wat gaan in ons harte aan? Verklap ons 'mond', dade en houding nie juis dit wat ons harte van vol is nie? Miskien glo ons die Goeie Nuus, of nie. Miskien is ons bang om nie te glo nie. Ongeag ons motivering, ons rede om volgelinge van Christus te wees, is leeg as ons harte nie as volgelinge warm brand nie. Hoe kan ons woorde en dade outentiek en sonder 'moeite' wees as dit nie 'n hartsaak is nie?

Neem vandag 'n oomblik om 'n paar woorde op papier neer te skryf waarom dit vir jou 'n hartsaak is om Jesus te volg. Nie die regte antwoorde wat jy dink iemand verwag nie. Nee, die opregte, weerlose en outentieke redes waarom jy 'n volgelinge van Jesus is. Miskien gaan dit jou meer as 'n dag vat om hierdie woorde te kan neerskryf, maar probeer om deur te druk om jou eie hart te hoor, in gebed.

Gebed
Here, hoor my hart vandag. Ek sukkel dalk vandag om die mooi woorde te vind waarom ek glo. Maar Here, ek glo. Help my in my tye van ongeloof. Help my hart om gevorm te word vir U.  Amen.

Vrydag 4 Augustus 2023

Psalm 1
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Hierdie week dink ons na oor die Koninkryk van God. Hoe vinnig dit groei versprei en dat ons dit nie kan of moet beheer nie. Ons dink na oor ons eie rol in die Koninkryk en wat dit beteken om as dissipels geroep te wees. Hierdie Psalm vertel van wanneer dit met 'n mens goed gaan. Dat mense wat die Woord dag en nag oordink en op God fokus, soos 'n boom is wat by waterstrome geplant is. Goed geanker, wortel geskiet en gevoed om vrugte te dra. Wanneer daar vrug gedra word, is dit altyd tot groei, verspreiding van die Koninkryk. As ons as dissipels geroep is om verskil in Koninkryk te maak, moet ons na onsself en ons eie geestelike groei omsien. Groei jy? Hoe groei jy? Deur wat te doen groei jy as dissipel?

Gebed
Here, ons weet dit is belangrik om self te groei en ontwikkel. Maar ek dink daar gaan altyd later meer tyd daarvoor wees. Vandag bely ek dat ek op so manier my roeping vir nou mis. Heilige Gees, werk in my. Om te groei as dissipel vir U Koninkryk en gebruik my nou, 2023.  Amen.

Donderdag 3 Augustus 2023

Matteus 4:18-20
Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Hierdie week dink ons na oor die Koninkryk van God. Hoe vinnig dit gegroei het, versprei het en dat ons dit nie kan of moet beheer nie. Wat dink jy is jou rol in die Koninkryk van God? As dissipels is ons elkeen geroep. Geroep om aktief deel te neem aan die Koninkryk. Deel te neem aan die groei en verspreiding. In hierdie teks hoor ons die roeping van die eerste dissipels in die evangelie van Matteus. Hoe het jou roeping geklink? Hoe klink jou roeping tans? 'n Roeping om aktief in die Koninkryk van God te werk?

Gebed
Here, ek skop met tye teen my roeping. Soms is dit omdat ek dink dit te veel tyd sal neem. En met ander kere is dit omdat ek nie dink ek is goed genoeg om gebruik te word nie. Heilige Gees, bevestig my roeping in my eie hart. 'n Roeping vir U Koninkryk. Amen.

Woensdag 2 Augustus 2023

Matteus 13:31-32
Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Mosterdsaadjies mag nie toe Jesus die gelykenis vertel het in 'n tuin geplant word nie, omdat dit onder andere moeilik is om te beheer. Dit het vinnig versprei, nes onkruid, en 'n digte bos gevorm. God se Koninkryk kan nes 'n mosterdsaadjie, of onkruid, nie beheer word nie. Laat mens dink aan die koninkryk van die tempel in terme van hoe die priesterhoofde en Fariseërs beheer uitgeoefen het en op die wyse mense uitgehou en uitgesluit het.

Waar probeer ons vandag nog God se Koninkryk beheer?
Waarom sal mense (onbewustelik) God se Koninkryk probeer intoom hou?

Gebed
Here, U Koninkryk is nie ons s'n om te probeer beheer nie. Wys my vandag op my optrede wat uitsluit of die verspreiding van U Koninkryk probeer tem. Amen.

Dinsdag 1 Augustus 2023

Matteus 13:31-32
Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink
'n Mosterdsaadjie is bitter klein. Jy moet dit mooi optel en vashou om te keer om nie te laat val nie. Jesus vertel in 'n gelykenis dat die Koninkryk van God nes 'n Mosterdsaadjie is. Dis moontlik dat dit klein in die begin is maar kan groei tot 'n groot en digte bos. Die verspreiding van die Goeie Nuus was ook eers 'n klein groep volgelinge en later 'n beweging en oortuiging waarvan ons vandag deel is. God se Koninkryk is groter as wat ons besef!

Hoe lyk God se Koninkryk vir jou?
Waar beleef jy God se Koninkryk?
Wees op die uitkyk hierdie paar dae vir dinge wat klein mag lyk, maar 'n groot effek in God se Koninkryk is.

Gebed
Here, dinge mag dalk vir my klein lyk, maar die effek daarvan is nog vir my onbekend. U Koninkryk lyk anders as wat ek dalk aan gewoond is. Wys my hierdie paar dae hoe U Koninkryk kom. Amen.

Maandag 31 Julie 2023

Matteus 13:31-32
Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink
'n Mosterdsaadjie is bitter klein. Jy moet dit mooi optel en vashou om te keer om nie te laat val nie. Jesus vertel in 'n gelykenis dat die Koninkryk van God nes 'n Mosterdsaadjie is. Dis moontlik dat dit klein in die begin is maar kan groei tot 'n groot en digte bos. Die verspreiding van die Goeie Nuus was ook eers 'n klein groep volgelinge en later 'n beweging en oortuiging waarvan ons vandag deel is. God se Koninkryk is groter as wat ons besef!

Hoe lyk God se Koninkryk vir jou?
Waar beleef jy God se Koninkryk?
Wees op die uitkyk hierdie paar dae vir dinge wat klein mag lyk, maar 'n groot effek in God se Koninkryk is.

Gebed
Here, dinge mag dalk vir my klein lyk, maar die effek daarvan is nog vir my onbekend. U Koninkryk lyk anders as wat ek dalk aan gewoond is. Wys my hierdie paar dae hoe U Koninkryk kom. Amen.

Saterdag 29 Julie 2023

Jona 4:1-4
Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het. “Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.” Toe vra die Here vir hom: “Het jy rede om kwaad te word?””

Om oor te gesels en te dink
Jona hou nie van die manier wat God werk nie. In sy woede verklaar tog hy wie God is. Hy wil God verkwalik dat Hy genadig en barmhartig is. Maar hy weet ook dis wie God is. Hy wil sy eie optrede teenoor God regverdig. Hy wil moed op gee en sterf.
Tog vra God vir Jona of hy enige rede het om kwaad te word. Per implikasie het Jona geen rede om kwaad te wees omdat God mense red nie en dat Hy van plan kan verander.
Ons is baie keer ook soos Jona. Ons regverdig ons optrede, selfs ons ongehoorsaamheid, as ons God anders werk as wat ons wil hê Hy moet werk. Ons het nie rede om kwaad te wees nie.
Jona verklaar ook dat God genadig en barmhartig is. Ten spyte van sy ontevredenheid kan Jona dit steeds bely.

Gebed
Here, soms voel ek ook kwaad soos Jona, maar ek bely dat U genadig en barmhartig is. Ek het U lief en wil U steeds dien. Amen.

Vrydag 28 Julie 2023

Jona 3:5-6, 9-10
“Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek. Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom….
9Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.” Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Jona preek in Nineve en die mense kom tot inkeer en begin in God glo. Selfs die koning beveel dat mense hulle moet bekeer. En hy reageer self. Dan sê die koning die belangrike woorde: “Miskien sal God van plan verander…” ’n Man wat nie God gedien het nie, vra die vraag of God nie van plan kan verander nie. Die antwoord op sy vraag is dat God van plan kan verander, soos wat Hy goed dink. Ons kan en moet God daarvoor vertrou. Net soos met Nineve waar dinge anders uitgewerk het, as wat aanvanklik gedink is, kan God van plan verander vir dinge in ons lewens. Laat ons in afhanklikheid Hom vertrou. Ons kan dieselfde bid en vra, soos die koning, dat God sy planne kan verander. God het geluister en nie die ramp gestuur nie.

Gebed
Here, dankie dat U God is. U kan van plan verander soos U goed dink. Mag ek U planne bly vertrou. Amen.

Donderdag 27 Julie 2023

Jona 3:1-5
Die woord van die Here het 'n tweede keer tot Jona gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat Ek jou sal gee.” Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve toe soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n baie groot stad: 'n mens het drie dae gevat om dit deur te stap. Jona het die stad ingegaan en 'n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes! Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek.

Om oor te gesels en te dink
God los nie vir Jona uit nie. God roep Jona weer ’n keer om na Nineve toe te gaan. Jona het hierdie keer gereageer en na Nineve toe gegaan om die boodskap van bekering te gaan vertel. Daar word nie vertel of Jona dit gewillig gedoen het nie.
Die mense van Nineve reageer op hierdie boodskap en begin in God glo. Al was Jona onwillig, het God hom nog steeds gebruik om ’n verskil te maak.
Soos Jona, word ons aanhoudend deur God geroep. Hy los ons nie. En al is ons onwillig, gebruik God ons ook nog steeds om ’n verskil te maak. Ons wil dit nie altyd doen nie, maar God gebruik ons. Die manier waarop ons mense hanteer, maak ’n impak.

Gebed
Here, ek voel nie altyd gereed as U my roep nie. Ek is ook onwillig soos Jona. Gebruik my steeds om ’n verskil te maak. Amen.

Woensdag 26 Julie 2023

Jona 2:1-4
Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor. U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan. Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.

Om oor te gesels en te dink
Jona verootmoedig homself voor God. Hy roep in sy nood na God en hy ervaar dat God sy gebed verhoor. Al het hy net van tevore van God probeer wegvlug, kom bely hy dat God die Een is wat by hom is. Jona besef dat al het hy probeer om van God af weg te kom, God hom nie gelos het nie. Hy bid tot God met die verwagting dat hy weer in God se teenwoordigheid sal wees.
In ons krisisse bid ons nie altyd nie. Ons voel ver van God af of dink dat ons nie God moet pla nie. Ons voel ook soms skuldig waar ons ons bevind. Dit is egter nie nodig nie. Wanneer ons swaarkry, moet ons juis soos Jona ons voor God verootmoedig en Hom vertrou dat Hy ons gebed verhoor.

  • Wat is dit wat jy vandag vir die Here wil sê?
  • Vertrou Hom dat Hy jou hoor.

Gebed
Here, soms voel ek oorweldig. Ek wil vandag my hart met U kom deel. Dankie dat U by my is, ongeag waar ek myself bevind. Amen.

Dinsdag 25 Julie 2023

Jona 1:5-6
Die matrose het bang geword, en elkeen het tot sy god om hulp geroep. Hulle het die vrag van die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip waarheen hy afgegaan het om te gaan slaap. Hy het vas geslaap en die kaptein het na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Wat is dit met jou dat jy lê en slaap? Staan op en bid tot jou god. Miskien sal hy aan ons dink en dan sal ons nie vergaan nie.””

Om oor te gesels en te dink
Jona het probeer wegvlug van die Here af en dit vir niemand gesê nie. Tog het sy ongehoorsaamheid ’n effek gehad op die mense om hom. Die matrose was bang toe die storm uitbreek en het vermoed dat hy die rede daarvoor kan wees. Daarom maak hulle hom wakker en sê dat hy tot sy god moet bid. Hulle het toe nog nie besef wat aan die gebeur is nie.
Jona het tot God gebid en erken dat hy van God af vlug. Nadat die Jona oorboord gegooi is en die storm bedaar het, het die matrose ook vir God offers gebring.
Wat ons doen, goed of sleg, het ’n impak op die mense rondom ons. Hulle gaan of God in ons raak sien of hulle gaan niks met God te doen wil hê nie. Ons het ’n verantwoordelikheid hoe ons lewe. Ons is soms die enigste kontak wat mense met God het.

Gebed
Here God, al doen ek nie altyd wat U vra nie, help my om ’n getuie vir U vir die mense rondom my te wees. Amen.

Maandag 24 Julie 2023

Jona 1:1-3
Die woord van die Here het tot Jona seun van Amittai gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is.” Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy 'n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af.

Om oor te gesels en te dink
Jona word deur God geroep om as profeet ’n boodskap aan die mense van Nineve te gaan gee. Maar Jona is onwillig en besluit om van die Here af weg te vlug. Dit is opmerklik hoe die woord “af” gebruik word. Hy kan amper nie verder weg gaan nie. Hy gaan omtrent in die teenoorgestelde rigting.
Wat die Here van Jona vra is nie onbillik nie, maar Jona sien nie kans om dit waarvoor die Here hom roep te gaan doen nie. Hy dink hy kan vir die Here wegkruip. Tog los God hom nie uit nie. Hy bly by hom, al dink Jona hy kan weg van die Here af.
Ons is ook soms so. Ons weet die Here roep ons ons maar ons wil dit nie doen nie en probeer van die Here af weg kom. Tog is God se genade en liefde groter.

Gebed
Here, soms wil ek ook soos Jona net weg van U af, want ek wil nie doen wat U van my vra nie. Dankie dat U my dan nie los nie. Dankie vir U liefde. Amen.

Saterdag 22 Julie 2023

Lukas 15:20-24
“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Om oor te gesels en te dink
Hierdie week het ons nagedink oor genade. Genade wat ons onverdiend van God ontvang, asook ons eie genade waarmee ons met tye onregverdig te werk gaan. Hierdie is 'n bekende teksgedeelte oor die verlore seun, of soos sommige verwys die verlore seuns. Ons fokus vandag op die eerste seun wat weggeloop het. Wanneer hy tot inkeer kom oor hoe onregverdig hy teenoor sy pa opgetree het en terugkom, word hy verras en oorweldig met genade. As ons hierdie gelykenis vergelyk met God as Ouer weet ons, of ken ons dit dalk self, dat God ons ook altyd oorweldig met Sy genade.

Dink na oor die volgende:
< Waar in jou lewe was jy so diep bewus van God se genade soos in hierde gelykenis?
< Stap vandag deur jou huis en raak aan verskillende items. Soos jy daaraan raak en voel, raak weereens bewus dat selfs die kos gesien kan word as sorg en genade.

Gebed: Bid vandag hierdie lirieke van die bekende lied 'Genade'
“Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore seun, 'n wegloopkind
Weer in die Vaderhuis
Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reël
My lewe, kanse, tyd en geld
Is nutteloos verspeel.
Genade onbeskryflik groot
Daars fees, ek is weer tuis

Vrydag 21 Julie 2023

Matteus 20:9-12
Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’

Om oor te gesels en te dink
'n Interpretasie van hierdie teks is dat die eienaar van die wingerd vir God voorstel. 'n Ander moontlike interpretasie is dat die gelykenis, nes baie ander gelykenisse, ons aandag wil vestig op hoe die Koninkryk van God behoort te werk. Dit sou beteken dat die eienaar nie noodwendig vir God voorstel nie, maar ons uitdaag oor hoe ons in die Koninkryk te werk gaan. Hoe ons moontlik meer genadig en regverdig ander mense behandel vir wat hulle nodig het. Hoe sou God se Koninkryk lyk as daar uitgekyk word vir mense wat minder het?

Dink na oor die volgende:
< Waar kan jy gee omdat jy het, nes die wingerd eienaar?
< Hoe sou dit lyk om mense te help vanuit jou genade wat jy ontvang het?

Gebed
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Ek wil graag vandag raaksien waar ek vanuit die genade wat ek ontvang het, 'n verskil in iemand anders se lewe kan maak. Amen.

Donderdag 20 Julie 2023

Matteus 20:13-15
“Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’

Om oor te gesels en te dink
God se genade is vir jou en vir almal. Hierdie week raak ons weer bewus dat dit nie met verdienste of harde werk verdien kan word nie. En dat ons nie kan oordeel oor hoe God sy genade uitdeel nie. Ons het na ons hande gekyk en bewus geword van wat God vir ons gee en waar ons na diensbaarheid geroep word. Kyk vandag weer na jou hande. Sien in jou geestesoog hoe jy iets van iemand weggryp. Is dit nie hoe ons soms oor God se genade dink nie? Dat ons beter weet aan wie en wanneer dit gegee moet word nie. Is genade dan nie God se genade nie? Wanneer ons so fokus op wat ander ontvang en afgunstig is daaroor, kyk ons soms mis en sien nie ons eie hande propvol genade van God raak nie.

Gebed
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Help my om minder te fokus op wat ander ontvang en daaroor afgunstig te wees, en eerder in my eie hande U genade raak te sien. Amen.

Woensdag 19 Julie 2023

Matteus 20:28
So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.

Om oor te gesels en te dink
Ons is hierdie week bewus van God se genade. Dit wat ons is, is net genade. Wat ons van God ontvang het, ook net genade. Dit is niks wat onsself kon verdien nie. Kyk vandag weer na jou hande. Gister het ons God geloof en dank vir dit wat God vir ons gee. Sien vandag jou eie hande raak. Jesus het nie net sy hande gegee nie, maar sy lewe. Hy het alles van Hom gegee. Ons word ook geroep om alles van onsself vir God en God se koninkryk te gee. Om ons hande te gee vir God se werk. Om onsself te gee indiens van die Here.

Dink na en bid oor die volgende:
< Hoe kan jou hande vandag deur God gebruik word?
< Hoe kan jou hande vandag God dien?
< Hoe kan jou hande vandag hierdie wêreld minder onregverdig maak?

Gebed
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Gebruik vandag my hande om tot diens vir U te wees. Amen.

Dinsdag 18 Julie 2023

Psalm 16:5-6
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.

Om oor te gesels en te dink
Daar is niks wat ons kan doen om God se genade te verdien nie. Gister het ons in gebed God bedank vir genade waarvan ons opnuut bewus word. Kyk vandag na jou hande. Hou dalk jou hande oop op jou skoot of voor jou. Terwyl jy na jou hande kyk dink na oor wat God vir jou (vandag) gee? Hoe sorg God (vandag) vir jou?

Alles wat ons het en ontvang kan nie noodwendig in randwaarde gemeet word nie, maar dit beteken nie dat dit nikswerd is nie. Kyk weer na jou hande en dink na oor wat God vir jou gee wat nie noodwendig materialisties is nie.

Terwyl jy bewus word van hoe God vir jou sorg en wat jy (vandag) van God ontvang, bid die volgende hardop:
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. Amen.

Maandag 17 Julie 2023

Efesiërs 2:8-10
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Om oor te gesels en te dink
Soms vergelyk ons onsself met ander Christene in terme van hóé goeie Christene ons dink ons is. Ons vergeet dat ons uit genade gered is en daarom is ons lewenstyl nie sodat ons gered word nie, maar omdat ons bewus is van die genade wat ons ontvang het. Nie oor ons verdienste of goeie werke nie, want dan sal ons dit nooit kon verdien nie. Nee, genade van God en daarom niks om op onsself trots te wees nie.

Is jy bewus van God se genade in jou lewe? Nie net vir die ewige lewe nie, maar waarmee God huidiglik in jou lewe besig is. Of dink jy dat alles jou eie toedoen is? Neem vandag 'n oomblik om bewus te word van God se genade en God daarvoor te dank.

Gebed
Here, ek word vandag opnuut bewus van __ in my lewe. Ek besef dat dit ook van U af kom. U genade is groter as wat ek daagliks besef. Dankie Here dat U genade nie afhang van my nie, help my om meer bewustelik te leef uit dankbaarheid. Amen.

Saterdag 15 Julie 2023

Lukas 22:31-34
““Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.” Petrus sê vir Hom: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan.” Maar Hy antwoord: “Petrus, Ek sê vir jou: Die haan sal vannag nie kraai voordat jy My drie maal verloën het deur te sê dat jy My nie ken nie.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus het gereeld gebid. Dit was vir Hom een van Sy belangrikste geloofsgewoontes. Hy het gereeld Homself afgesonder om te bid soos ons in Lukas 5:16 sien. Lukas vertel vir ons hoe Jesus gebid het. Hy wys ook vir ons uit dat Jesus vir Petrus gebid het toe dit met hom swaar gegaan het. Jesus het geweet dat die die Satan die dissipels wou sif. Die Boodskap vertaal hierdie treffend: “Maar moenie bekommerd wees nie: Ek het spesifiek vir jou gebid! Ek het God gevra om te sorg dat jy nooit sal ophou glo nie. Nou is jou geloof maar swak, maar een van die dae sal dit anders wees. Glo My! Wanneer daardie dag aanbreek, moet jy asseblief omsien na al die ander gelowiges. Bemoedig hulle dan en sorg dat hulle geloof ook sterk is.
Jesus bid ook vir ons. Jesus bid vir jou!

Gebed
Jesus, dankie dat U vir my bid. Help my waar my geloof swak is en ek U nie volg nie. Ek het U lief. Amen.

Vrydag 14 Julie 2023

Lukas 5:27-29
Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.” Hy het alles net so laat lê en opgestaan en Jesus gevolg. Levi het 'n groot feesmaal in sy huis gehou ter ere van Jesus, en 'n groot aantal tollenaars en ander mense het saam met hulle aangesit.

Om oor te gesels en te dink
Jesus skroom nie om by randfigure stil te staan nie. Tollenaars was gehate persone omdat hulle bekend was vir uitbuiting. Tog sien Jesus mense soos Levi raak en roep hom om Hom te volg. Hy reageer dadelik en los alles om Jesus te volg. Levi gaan verder om die nuus bekend te maak deur ‘n groot feesmaal vir Jesus te hou. Hy nooi ander tollenaars en mense wat nie hoë aansien gehad het nie. Hulle is almal welkom by Jesus aan tafel. Jesus herinner die Fariseërs wat Hom hieroor veroordeel dat Hy nie gekom het vir mense wat dink hulle Hom nie nodig het nie, maar vir mense wat erken dat hulle Hom nodig het.
Jesus roep ons om Hom te volg, al dink ander mense dat ons dit nie waardig is nie. Jesus gee nooit op ons op nie.

Gebed
Jesus, dankie dat U mense roep, al dink ons hulle verdien dit nie. Dankie dat U my geroep het. Ek wil U bly volg. Amen.

Donderdag 13 Julie 2023

Lukas 5:18-20
Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit. Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur 'n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus. Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe.””

Om oor te gesels en te dink
Lukas vertel vir ons nog ‘n verhaal van genesing wat Jesus doen. Hierdie keer is dit ‘n verlamde man wat nie gedink het dat hy ooit gesond sou word nie. Tog gee sy vriende nie moed op nie en doen alles in hulle vermoë om hom by Jesus uit te bring. Lukas sê dat toe Jesus die verlamde man se vriende se geloof sien, het Hy hom genees. Sonder sy vriende se omgee, sou hy nie by Jesus uitgekom het nie. Mens kan net wonder wat die verlamde man moes dink wat met hom gebeur. Dalk het hy geprotesteer teen die hulp? Dalk wou hy Jesus nie pla nie?
Ons is ook partymaal is sulke situasies. Ons moet ander help om by Jesus uit te kom, selfs al dink hulle dat hulle nie genesing kan ontvang nie. Op grond van ons geloof, kan ons mense na Jesus toe bring.
As ons dalk soos die verlamde man is, moet ons toelaat dat ons vriende ons na Jesus toe bring.

  • Wie kan jy nader na Jesus toe bring?
  • Moet jy toelaat dat vriende jou nader aan Jesus bring?

Gebed
Here Jesus, dankie vir vriende. Mag ek so vriend wees wat mense nader aan U bring. Mag ek toelaat dat vriende my nader aan U bring. Amen.

Woensdag 12 Julie 2023

Lukas 5:15-16
Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.

Om oor te gesels en te dink
Ten spyte van Jesus se besige en belangrike bediening van lering en genesing, het Hy tyd vir die belangrikste van alles gemaak. Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om te bid. Ons kan vinnig oor hierdie teks lees, maar Lukas noem dit nie net terloops nie. Deur die hele evangelie van Lukas wys hy hoe belangrik gebed vir Jesus is. Van waar Jesus gedoop is tot by die kruis het Jesus voortdurend gebid. Op hierdie manier was Hy heeltyd in gesprek met die Vader.
Ons moet by Jesus leer om dieselfde te doen. Ten spyte van ons besige programme moet ons tyd maak om onsself af te sonder om te bid. Wanneer ons so bid, koester ons ons verhouding met die Vader. Soos Jesus sy hart met die Vader gedeel het, kan ons ook ons hart met Hom deel.

Gebed
Hemelse Vader, ek wil myself gereeld afsonder om met U te praat. Dankie dat ek my hart met U kan deel. Mag ek nie te besig raak en nie bid nie. Amen.


Dinsdag 11 Julie 2023

Lukas 5:12-13
Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy 'n man teë wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg.

Om oor te gesels en te dink
Jesus kry die vreemde versoek van die melaatse man. Dis amper asof hy nie dink dat Jesus hom sal wil genees nie. Teen alle verwagting reageer Jesus positief. Hy steek sy hand uit en raak aan hom om hom te genees. Dit was ongekend want melaatse mense was nie welkom in die samelewing nie. Jesus steek ’n grens oor om hierdie persoon te help.
Soms moet ons ook ’n grens oorsteek om iemand te kan help, selfs as hulle dit nie verwag nie. Dit mag vra dat ons iets doen wat ons nie gedink het ons sou doen nie. Tog het mense ons liefde en aanraking nodig.

  • Is daar iemand wat jy van weet wat jou aanraking nodig het?
  • Is daar ’n grens wat jy moet oorsteek om vir iemand Jesus se liefde te wys.

Gebed
Here Jesus, ek wil by U leer. Wys my wie U liefde en aanraking nodig het. Dankie dat U liefde vir my genoeg is. Amen.

Maandag 10 Julie 2023

Lukas 5:5-8
““Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.” En toe hulle dit doen, het hulle so 'n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.””

Om oor te gesels en te dink
Jesus sien Simon Petrus raak waar hy besig is om vis te vang. Hy is nie suksesvol nie en is verbaas as Jesus hom beveel om weer sy nette te gaan ingooi. Omdat hy pas Jesus se lering vanuit sy skuit gehoor het, besluit hy om Jesus te vertrou. Hulle gaan toe weer uit en ervaar ’n wonderwerk.
Simon Petrus besef wat gebeur het en val voor Jesus se voete neer. Hy herken Hom nou as Here. Hy is nou nie meer “Meneer” nie, maar “Here”.
Simon Petrus voel dat hy nie waardig is om voor Jesus te verskyn nie. Jesus roep hom steeds om hom te volg. Hy los alles en begin Jesus volg.
Partymaal is ons ook moedeloos oor ons situasie en dink dat daar nie uitkoms is nie. Tog doen Jesus wonderwerke wat ons nie altyd verwag nie. Ons kan soos Petrus leer om Jesus te vertrou.

Gebed
Here Jesus, leer my U te vertrou, selfs as ek dink dis nie moontlik nie. Ek erken U as my Here. Dankie dat U my raak sien. Amen.

Saterdag 8 Julie 2023

Matteus 25:21
Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’

VRAE:

  • Ek is seker dat elkeen van ons aan die einde van ons loopbaan sal wil kom en wil getuig daarvan dat ons enduit voluit gewerk het. Dat ons deur die werk vreugde beleef het, dat ons van God getuig het en Hom geëer het deur ons werk. Ons sal elkeen graag wil hoor hoe God vir ons sê: “Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue werker.” Dat Hy ons in sy arms opneem en huis toe neem. Dat ons dan met vrymoedigheid en vrede by God kan rus.
  • Hoe kan jy enduit volhard in die werk waarmee jy besig is? Hoe kan jy lewenslank waarde vind in die werk wat jy doen? Ons lewens en werkslewe gaan ook deur verskeie seisoene. In elke seisoen moet ons weer opnuut inspirasie vind vir die werk wat ons moet doen. Met wie kan jy praat om jou te help met motivering en inspirasie wanneer werk ‘n seisoen beleef wat vir jou swaar is om te hanteer?
  • Hoe sou sukses lyk volgens jou? Hoe sou jy weet of jy suksesvol was teen die einde van jou loopbaan? Hoe sou jy dit bepaal? Wat dink jy sou God wou hê, jy moet doen teen die einde van jou loopbaan? Hoe vertrou jy Hom daarvoor? Hoe bly jy getrou in die lang termyn? Deel jou hart met die Here.

Kunswerk: Maria Oosthuizen – My Soul Thirsts For You
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp20053-my-soul-thirst-for-you?variant=39938720694370

GEBED
Here, ek wil so graag getrou bly aan U. Ek wil so graag U eer met die werk wat ek doen. Ek wil so graag vir U vra om my lewenslank getrou te hou aan U roeping. Here, help my om elke dag te werk tot die beste van my vermoë. Here, mag ek elke dag U eer bring deur die werk wat ek doen.
Amen

Vrydag 7 Julie 2023

Eksodus 3:4-5
Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: “Moses! Moses!” En hy antwoord: “Hier is ek.” 5Die Here sê toe vir hom: “Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.”

VRAE:

  • Moses het God ontmoet op heilige grond. Die werk waarvoor Moses geroep het was heilige werk. As ons wel die uittog verhaal lees, besef ons dat Moses nie elke dag gevoel het asof die werk Heilige werk is nie, asof die grond waarop Moses beweeg nie heilige grond is nie. Die volk het gekla en die weg was lank en moeilik.
  • God roep ons ook vir spesifieke werk. Leonard Sweet het een keer gesê dat hy ‘n duikboot deur gekoop het vir sy studeerkamer. Wanneer hy dan by sy studeerkamer ingaan onthou hy om sy voete op te lig want hy betree heilige grond, en sy kop af te buk want hy buig voor die Here. Wanneer hy dan uit sy studeerkamer gaan, die wêreld in, moet hy dit weer doen. Want die wêreld is ook sy werksplek. God roep ons elkeen vir Heilige werk op Heilige grond. Waarvoor is jy geroep? Deel jou hart met die Here.
  • Die kunswerk kyk Jesus diep in die meisie se oë. Daar is ‘n intimiteit en verweefdheid in hulle nabyheid. Wanneer ons werk, kan ander God raaksien in die werk wat ons doen. Wanneer ons werk, moet ander God se teenwoordigheid in ons kan raaksien. Ons moet so naby aan God leef dat niemand kan twyfel of God teenwoordig is in ons nie, of ons in die wil van God is nie. Hoe lyk hierdie nabye verhouding in jou werk? Hoe kan ander van hierdie verhouding tussen jou en God getuig?
  • Waar is die heilige grond waar jy moet werk? Hoe hanteer jy die uitdagings, probleme en situasies wat jy daagliks beleef? Hoe kan jy jouself weer herinner aan die heilige grond waarop jy daagliks loop in jou werk? Hoe kan jy met ander jou ervarings van heilige grond deel? Hoe kan jy ander ook help om die heilige grond te sien waarop hulle die voorreg het om te werk?

Kunswerk: Maria Oosthuizen: You Are Moving In My Midst
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp18066-you-are-moving-in-my-midst?variant=39961179095138

Gebed:
Here, ek besef dat ek op heilige grond tree, elke keer wanneer ek uit die deur stap en gaan werk. Here, help my asb. om te sien hoe ‘n voorreg dit is. Veral Here, wanneer ek net die uitdagings, die klagtes, die probleme en die struikelblokke sien en beleef. Here, ek vra dat U asb. vir my sal herinner hoe om die werk wat ek doen te respekteer en met eer aan te pak. Here, help my asb. om U te eer met die manier waarop ek die werk aanpak en deurvoer. Here, mag U naam groot gemaak word.
Amen

Donderdag 6 Julie 2023

Johannes 12:3
Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.

VRAE:

  • Maria het Jesus gesalf met duur nardusolie. Sy moes hard gewerk het vir daardie olie. Sy het met haar geskenk Jesus gesalf en aan Hom eer bewys. Net so bring die werk wat ons doen eer aan God. Maar die winste van ons werk kan ook gebruik word om God te eer. Die manier hoe ons werk en die vrug van ons werk kan soos ‘n heerlike geur die wêreld verryk.
  • Wat is die vrug van jou werk? Hoe word jou werk beloon? Dink aan meer voorbeeld as net salaris. Hoe is elkeen van die belonings vir jou ook ‘n geleentheid om God te eer? Hoe beleef jy die vrug van jou werk? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe praat jy oor jou werk? Hoe praat jy oor die vrug van jou werk? Hoe sou mense om jou getuig van die vrug van jou werk?
  • Hoe seën jou werk ander mense? Hoe eer jou werk die Here? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe kan jy teenoor ander getuig deur die werk wat jy doen? Hoe kan hulle die soet geur van Christus met ander deel? Hoe kan ander ook aangemoedig word om Christus te eer deur die werk wat jy doen?

Kunswerk: Maria Oosthuizen – The Sweet Smell
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp19028-the-sweet-smell?variant=39946473144418

GEBED:
Here, ek beleef U as my Here, my Redder en my Verlosser. Ek beleef die voorreg wat ek het om U te kan dien by my werk. Ek is so dankbaar vir die vrug wat my werk voortbring. Here, ek weet ook dat ek dit weer kan gebruik om U naam groot te maak. Here, help my om so te praat, dink en op te tree sodat ander die soet reuk van Jesus se liefde kan beleef. Here, mag alles wat ek doen U eer. Here, mag U opgehef word in alles wat ek doen. Ook met die vrug wat my werk bring. Gebruik dit tot eer van U naam.
Amen


Woensdag 5 Julie 2023

Romeine 8:14-16
_ 14Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. 15Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is._
14God's Spirit beckons. There are things to do and places to go! 15 This resurrection life you received from God is not a timid, grave-tending life. It's adventurously expectant, greeting God with a childlike "What's next, Papa?" 16 God's Spirit touches our spirits and confirms who we really are. We know who he is, and we know who we are: Father and children. (Message)

VRAE:

  • Die “Message” weergawe van die teks beskryf dit die beste. Daar is ‘n opwinding en verwondering belewenis wat gelowiges het as dit kom by werk. Dit is ‘n geleentheid om te getuig van God se grootheid. Dit is ‘n geleentheid om te werk in God se koninkryk. Dit is ‘n geleentheid om God te eer. Ons identiteit is “kind van God”. Wanneer ons by die werk is, het ons die voorreg om soos kinders, vir God te vra: “Wat kan ons volgende doen vir U?”.
  • Het jy ‘n kinderlike opgewondenheid oor jou werk? Sien jy dit as ‘n geleentheid om God en ander te kan dien? Gebruik jy dit as ‘n geleentheid om in verwondering oor God te wees en Hom te loof? Deel jou hart met die Here. Hoe kan jy hierdie ervaring ‘n realiteit maak in jou werk?
  • Hoe kan jy ander mense by die werk inspireer om ook kinders van God te word? Hoe kan jy hulle opgewonde maak oor die goeie nuus? Hoe kan jy hulle in die kinderlike verwondering van God innooi? Hoe is jy besig om die goeie nuus by die werk te versprei en verkondig?

Kunswerk: Maria Oosthuizen – This is Joy
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp19035-this-is-joy?variant=39946462822498

GEBED:
Here, ek wil kinderlik opgewonde wees oor U. Oral. Elke dag. Ook by die werk. Here, wys vir my hoe ek dit kan doen in ‘n rol waar alles so ernstig en vervelig is. Here, help my om my identiteit as kind van God vol te lewe. Here, help om deur my eie ervaring met U ander te inspireer om ook in verhouding met U te staan. Here, dankie dat U my Vader is. U is besonders. Ek is in verwondering!
Amen

Dinsdag 4 Julie 2023

Dinsdag, 4 Julie 2023

Matteus 11:28-30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”

VRAE:

  • Soms beleef ons wonde in die verloop van ons werk. Mense maak ons seer, konflik breek ons siel, situasies maak ons moedeloos, teleurstellings breek ons gemoed. Dit laat ons gewond. God is nie onbewus hiervan nie. Hy weet waar deur ons gaan wanneer ons werk. Dit is nooit Sy droom vir ons nie. Maar wanneer ons gewond is. Belowe Hy sy teenwoordigheid in daardie omstandighede.
  • Waar het jy wonde beleef as dit kom by werk? Wat is die stories en leuens wat in jou hart leef, rondom werk? Die Here wil jou wonde bind. Hy wil vir jou kans gee om te genees. Hoe laat jy God toe om jou te versorg en jou wonde te verbind? Wat het jy tans nodig om na jouself en jou seerkry om te sien? Hoe gaan jy dit inbou?
  • Jesus sê jy kan na Hom toe gaan as die las te swaar is, die seerkry te veel is. Hy sal vir jou rus gee. Hoe lyk dit om in Christus te rus? Hoe is Hy deel van jou werkservaring? Hoe gee jy vir Hom geleentheid om die leiding te neem by die werk? Hoe bid jy vir die werk, die werkservaring en die mense met wie jy werk?

Kunswerk: Maria Oosthuizen – Life’s Battles
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp21036-lifes-battles

GEBED:
Here, U weet hoe seer ek al gekry het by die werk. U weet dat dit vir my soms swaar is om te dink ek moet dag in en uit die werk doen. Ek het nodig dat U vir my sal versorg. Here, ek vra dat U sal herstel dit wat by my gebreek is. Ek vra dat U my ook sal gebruik as ‘n agent van vrede, herstel en vergifnis. Gebruik my, Here, om te getuig van U liefde, sorg en genade by die werk.
Amen

Woensdag 21 Junie 2023

1 Korintiërs 9:24-25
Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.

Om oor te gesels en te dink
Paulus gebruik ‘n bekende beeld van sy tyd om ons geestelike lewe met ‘n wedloop te vergelyk. Ons almal is deel van die wedloop en is ons op pad om die onverganklike kroon te ontvang. Dit is nodig om sekere keuses te maak, sodat jy die eindstreep kan bereik. Dit is nie altyd maklik om vir die regte dinge te kies nie, maar wanneer ons weet waarnatoe ons op pad is, kan ons dit doen. Geloofsgewoontes soos omgee, sorg, gebed en tyd met God se Woord help ons om in die wedloop te bly.

  • Watter keuses maak jy om jouself geestelik te oefen?
  • Is daar dinge wat jy kies om te doen of nie te doen nie, op jou geestelike reis?

Gebed
Here, ek sien uit na die onverganklike kroon. Ek kies vandag om te fokus op dit wat vir U belangrik is. Help my in my lewenswedloop. Amen.

Dinsdag 20 Junie 2023

1 Korintiërs 9:24-25
Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.

Om oor te gesels en te dink
Paulus gebruik ‘n bekende beeld van sy tyd om ons geestelike lewe met ‘n wedloop te vergelyk. Ons almal is deel van die wedloop en is ons op pad om die onverganklike kroon te ontvang. Dit is nodig om sekere keuses te maak, sodat jy die eindstreep kan bereik. Dit is nie altyd maklik om vir die regte dinge te kies nie, maar wanneer ons weet waarnatoe ons op pad is, kan ons dit doen. Geloofsgewoontes soos omgee, sorg, gebed en tyd met God se Woord help ons om in die wedloop te bly.

  • Watter keuses maak jy om jouself geestelik te oefen?
  • Is daar dinge wat jy kies om te doen of nie te doen nie, op jou geestelike reis?

Gebed
Here, ek sien uit na die onverganklike kroon. Ek kies vandag om te fokus op dit wat vir U belangrik is. Help my in my lewenswedloop. Amen.

Maandag 18 Junie 2023

Jesaja 50:4
Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos 'n leerling moet luister.

Om oor te gesels en te dink
Jesaja herinner ons aan die belofte dat die Here ons leer om mekaar moed in te praat. Dalk voel jy moeg? Dalk is jy moedeloos? Dalk ken jy iemand wat moeg en moedeloos voel?
Wanneer ons by die Here stil word, gee Hy vir ons die regte woorde. Ons moet luister, soos wat ’n leerling luister. Intensioneel. Gehoorsaam.

  • Sal jy jouself vandag oopstel om so na die Here te luister?
  • Vir wie moet jy vandag moed in praat?

Gebed
Here, my God, ek wil leer om die regte woorde te gebruik. Ek wil luister soos ’n leerling en by U leer. Mag ek vandag iemand moed in praat. Amen.

Saterdag 17 Junie 2023

1 Korintiërs 13:11-13
Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Om oor te gesels en te dink
Om in liefde te leef is nie altyd maklik nie. Daar is dinge wat mens nie altyd verstaan nie. Oms ken nie nou ten volle nie en ons verstaan ook nie ten volle nie, maar eendag sal ons ken en verstaan soos God ons ken.
Ons kan nie liefde leef, omdat ons dit nie verstaan nie. Ons moet juis daarop fokus. Saam met geloof (ons verhouding met God) en hoop (die sekerheid dat God sy beloftes hou) is die liefde die grootste.
Laat ons nie moeg word om lief te hê, terwyl ons in geloof en hoop leef.

Gebed
Here God, U is liefde. Al verstaan ek nie altyd nie, bly U liefde staan. Mag ek met geloof, hoop en liefde leef. Amen.

Vrydag 16 Junie 2023

1 Korintiërs 13:6-8
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.

Om oor te gesels en te dink
Die liefde het ook grense en daarom waar liefde heers kan onreg nie geduld word nie. Liefde fokus en verbly hom oor die waarheid. Liefde is om altyd die regte ding te doen. Daarom sê Paulus dat liefde alles bedek, alles glo, alles hoop en alles verdra. Dit klink amper onmoontlik, maar dis juis moontlik omdat God se liefde vir ons nooit vergaan nie. Liefde is nie iets wat mens kan opgebruik nie en dan sê dis klaar nie. Gawes verdwyn, maar God se liefde kan nooit ophou nie. Liefde is ‘n werkwoord. Ons moet liefde gee, maar ook ontvang.

  • Hoe lyk jou liefde?
  • Glo jy dat God se liefde vir jou genoeg is?

Gebed
Here, dankie dat U liefde nooit ophou nie. Help my om in liefde te bly oefen, al is dit soms moeilik. Amen.

Donderdag 15 Junie 2023

1 Korintiërs 13:4-5
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

Om oor te gesels en te dink
Liefde is ‘n werkwoord en nie net ‘n gevoel nie. Paulus verduidelik hoe dit lyk as jy liefde inoefen. Die Boodskap vertaal hierdie twee verse baie prakties: “Om ander lief te hê beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie; om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel; om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie; om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie; om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie; om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie.

Gebed
Here, help my om vandag U liefde prakties te oefen. Mag ek vandag vir iemand uit liefde help en omgee. Amen.

Woensdag 14 Junie 2023

1 Korintiërs 13:1-3
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Om oor te gesels en te dink
Paulus herinner ons dat die toets van alles wat ons doen, die liefde is. Maak nie saak watter gawe ons het nie, as ons dit nie met liefde doen nie, beteken dit niks. Liefde in aksie maak die verskil. Jou gawe kan net vir iemand iets beteken as jy dit met liefde inoefen. Paulus noem drie gawes wat nutteloos sou wees, as dit nie met liefde gedoen word nie. Dien jy met jou gawes in liefde? Wie het jou liefde nodig? Wie kan jy dien met liefde?

Gebed
Here, ek wil graag in oefening bly om alles met liefde te doen. Help my om my gawes met liefde en uit liefde te deel. Amen.

Dinsdag 13 Junie 2023

Filippense 1:9-11
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

Om oor te gesels en te dink
Hoe oefen jy liefde in? Of dalk is die vraag hoekom moet ons liefde inoefen? Ons oefen dit in, want dit is wat God van vra en ook omdat ons tot verheerliking van God die liefde wil kan 'opvoer'. Paulus praat van die dag wat Christus kom, of anders gestel die dag wat ons voor God ons 'opvoering' moet wys. Dit is waarvoor ons tans 'oefen' op aarde. Ons is tans besig om aan die heel beste opvoering te oefen en dit gaan oor liefde.

Gebed
Here, dankie vir U grootste daad van liefde. Ek wil deel hê aan die beste 'opvoering' vir U. Leer my hoe liefde lyk en waar om dit in te oefen. Amen.

Maandag 12 Junie 2023

Filippense 1:9-11
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

Om oor te gesels en te dink
Liefde is 'n woord wat kinders van kleins af ken 'Ek is lief vir jou'. DIt is 'n gevoel vir iets of iemand. Maar liefde is definitief ook dade. Paulus skryf aan die gemeente in Filippi dat hy bid vir hulle en dat hy spesifiek bid dat hulle liefde (dade) sal toeneem. Dat hierdie liefde (dade) met 'insig' of te wel begrip en fyn aanvoeling sal toe neem. Hy wil hulle oortuig dat hulle die daad van liefde moet begin inoefen, sodat dit deel van hulle lewe word. Hoe oefen jy liefde in? Teenoor wie? En teenoor wie nie? Mag jy vandag bewus word van jou dade as liefde en met insig en fyn aanvoeling daaroor dink.

Gebed
Here, dankie vir U grootste daad van liefde. Gebruik my vandag om ook liefde teenoor ander te betoon en in te oefen. Help my om bewus te raak waar ek liefde leef en waar nie.  Amen.

Saterdag 10 Junie 2023

Romeine 12:1
En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Om oor te gesels en te dink
Paulus herinner ons dat Jesus se koms beteken dat ons nie meer offers hoef te bring nie, maar dat ons onsself moet gee as lewende en heilige offers vir God. Wanneer ons besef dat Jesus se offer ons lewens kom verander het, dan kan ons nie anders as om onsself vir mense om ons te gee nie. Ons sal dan help waar ons kan. Ons sal bid vir ander. Ons sal dien waar ons kan. Ons sal lief hê en ’n ekstra myl stap. Dan is ons besig met die wesenlike, of anders gestel, die essensie van ons geloof.
Mag die Here jou iewers gebruik as ’n offer vir iemand wat dit nodig het.

Gebed
Here God, dankie vir U groot genade en ontferming wat U vir my kom gee het. Help my om ’n lewende en heilige offer vir U en iemand anders te wees. Amen.

Vrydag 9 Junie 2023

Hebreërs 10:19-22
“*Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water._”

Om oor te gesels en te dink
Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het die voorhangsel in die tempel van bo tot onder geskeur (Markus 15:38). Dit was die teken dat ons vrye toegang tot God gekry het. Meer nog, Jesus is die groot Hoëpriester wat vir ons hierdie vrye toegang gee. Ons kan dus met ’n opregte hart tot God nader en weet dat Hy daar is. Ons is gereinig en hoef nie meer skuldig te voel nie. Jesus Christus het dit vir ons elkeen moontlik gemaak.
Ons moet hierdie vrye toegang met ope arms ontvang en nie dink ons is dit nie waardig nie. Jesus het juis vir ons almal kom sterf om hierdie toegang moontlik te maak. Jy kan met vrymoedigheid tot God nader.

Gebed
Here God, dankie wat U deur die bloed van Jesus vir my vrye toegang tot U gegee het. Ek verstaan dit nie altyd nie, maar ek volg U. Dankie dat U vir my lief is. Amen.

Donderdag 8 Junie 2023

Hebreërs 9:24-25, 28
Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom wat deur mense gemaak is en net 'n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn. Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met bloed wat nie sy eie is nie. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

Om oor te gesels en te dink
Die Hebreërs skrywer verduidelik in hoofstuk 9 in detail wat dit beteken dat Jesus Christus se offer vir ons elkeen genoeg was. Ons het nie meer ’n aardse tabernakel waar ons offers moet bring nie. Christus het in die hemel ingegaan en ter wille van ons voor God verskyn. Hy het Homself geoffer vir elkeen van ons. Hy was die ware Hoëpriester wat dit moontlik gemaak het. Ons kan nou uitsien wanneer Hy weer kom. Ons sien uit na die verlossing wat net Hy bring.

Gebed
Jesus Christus, U wat U self geoffer het, ter wille van my! Dankie! Dankie dat ek nou in vrede kan leef en kan uitsien na U verlossing. Amen.

Woensdag 7 Junie 2023

Eksodus 40:34-38
’n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. Later het dit so gegaan: wanneer die wolk van die tabernakel af voor die Israeliete uit wegtrek, het hulle agter die wolk aan versit. As die wolk nie weggetrek het nie, het hulle daar gebly totdat dit wel weggetrek het. Die wolk van die Here was bedags 'n wolk oor die tabernakel en snags het dit 'n vuur daarbo-oor geword. So het die hele Israel dit ervaar elke keer as hulle versit.

Om oor te gesels en te dink
Die volk het die sigbare teenwoordigheid elke dag beleef. God se teenwoordigheid word met ’n wolk beskryf. Bedags was dit ’n wolk wat skadu gegee het en snags wat dit ’n vuurwolk wat lig gegee het. Dit het die volk gehelp om te weet dat die Here by hulle is. Ons sal partykeer wat wil gee om vandag dit ook te kan beleef. Die Goeie Nuus is dat die Here steeds by ons is en dat ons Hom kan aanbid.

  • Hoe voel jy om te weet dat die Here by jou is?
  • Wat sou jy graag vir die Here wil sê?
  • Wat herinner jou aan God se teenwoordigheid?

Gebed
Here, dankie dat U by my teenwoordig is. Help my om U raak te sien in dit wat ek vandag doen. Ek dra hierdie dag aan U op. Amen.

Dinsdag 6 Junie 2023

Eksodus 25:8-9
8 Hulle moet vir My ’n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon. 9Die tabernakel en al sy toebehore moet gemaak word presies volgens die plan wat Ek jou gewys het.

Om oor te gesels en te dink
Ons lees in Eksodus 25-40 hoe die tabernakel gebou is. Die volk het offers gebring om dit moontlik te maak. Die tabernakel is ook bekend as die “die tent van ontmoeting” (Eks 27:21) of “die verbondstent” (Heb 9:2). Hierdie name probeer God se teenwoordigheid vashou. Die volk het baie moeite gedoen met die bou van die tabernakel. Hulle het egter nie vrye toegang tot die tabernakel gehad nie. ’n Hoëpriester kon net een keer per jaar in die allerheiligste ingaan om versoening namens die volk te doen. Ons kan vandag weet dat God deur Sy Gees altyd by ons is en dit is nie van ’n plek afhanklik nie.

Gebed
Here, dankie dat ek net my oë kan toemaak en bid. Dankie dat U by my is en dat ek U kan ontmoet. Ek gee myself vandag vir U. Amen.

Maandag 5 Junie 2023

Johannes 1:1-5, 14
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. 14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Johannes begin sy evangelie met die boodskap dat God in Jesus onder ons kom woon het. Jesus, die Woord, was van die begin by God en self God. Hy het soos ‘n lig in die donker vir ons kom wys wie Hy is. Meer nog, Hy het letterlik Sy tent onder ons kom opslaan.
Dit is die vervulling van die belofte van die Ou Testament. Hy laat ons sy heerlikheid sien en ons kan Sy genade ervaar.

  • Maak dit rustig dat Jesus by jou kom woon het?
  • Kan jy sy heerlikheid en genade raak sien?
    God neem die inisiatief om na ons toe te kom. Uit Sy liefde vir jou, kom Hy na jou toe. Sê vir Hom dankie daarvoor.

Gebed
Jesus, U was nog altyd daar! Dankie dat U na ons toe gekom het om by ons te kom woon. Ek wil U heerlikheid raak sien en U genade beleef. Amen.

Saterdag 3 Junie 2023

Jesaje 61:1-3
Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.

Om oor te gesels en te dink
Die Goeie Nuus is trasformerend. Dit verander ons, dit verander lewens en gemeenskappe. Jesaja praat van Geesvervulde aksies wat die Goeie Nuus vir mense in nood, die wat moedeloos is en vasgevang voel, bring. Ons is ook met die Heilige Gees vervul en deur God gestuur. Waarheen stuur God jou vandag om die Goeie Nuus vir mense wat dit nodig het, te bring?

Gebed
Here, werk vandag deur my dat ander U genadig en Goeie Nuus kan beleef. Dat die mense wat oor my pad kom wat moedeloos, sonder hoop, hartseer, vasgevang en in nood is, deur my woorde en aksies, my teenwoordigheid, bewus kan wees van U teenwoordigheid. Here, stuur my en wys my waar U reeds besig is om mense te troos. Amen

Vrydag 2 Junie 2023

Johannes 17:18-20
Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom.

Om oor te gesels en te dink
Jesus bid vir sy dissipels en dit word in hierdie gedeelte van Johannes vasgevang. Hy sê in Sy gebed dat Hy (Jesus) na die wêreld gestuur is en so ook het hy Sy dissipels gestuur (na die wêreld). In Jesus se gebed bid Hy ook vir die volgende volgelinge wat deur die dissipels se woorde tot geloof sal kom.

Ons is ook gestuur en ingesluit in hierdie groot opdrag. Ons woorde en dade moet daartoe lei dat ander tot geloof sal kom en selfs in hul geloof sal verdiep. God is reeds besig met mense. Ons word genooi en gestuur om daarheen te beweeg. Om daar te wys na God en waar God aan die werk is.

Gebed
Here, wys my waar U my stuur vir die volgende paar dae. Heilige Gees, gee aan my die woorde en dade sodat ander tot geloof kan kom of selfs in geloof kan verdiep. Amen

Donderdag 1 Junie 2023

Johannes 20:21
'Vrede vir julle!' sê Hy weer vir hulle. 'Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.'

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teksgedeelte is in die Johannes-evangelie se vertelling van Jesus wat aan die dissipels verskyn het en hulle stuur. Missio Dei verwys na God se sending. In wese beskryf hierdie term ook wie God is. God is nog altyd 'n God wat mense roep en stuur. Dink aan Abraham, Jesaja, Jona, die disspels, Paulus ens. God is 'n God wat stuur en aan die beweeg is. 'n Uitnodiging rig aan ons om daar betrokke te raak waar God reeds besig is.

Waar kan jy terugkyk en sien hoe God mense geroep het? Jou geroep het? En gebruik het om aan te sluit by dit wat God reeds mee besig is in hierdie wêreld?

Gebed
Here, U is 'n God wat roep en stuur. Ek is verseker ingesluit in hierdie roeping. Hier is ek, Here. Stuur my. Wys my waar is U aan die werk en hoe ek vandag daar moet betrokke raak.  Amen

Woensdag 31 Mei 2023

Handelinge 8:32-35
Die Skrifgedeelte wat hy gelees het, was dit: 'Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word; en soos 'n lam wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie sy mond oopgemaak nie. In sy vernedering het daar nie reg aan Hom geskied nie. Wie sal van sy nageslag kan vertel? Sy lewe op aarde word beëindig.' Die amptenaar vra toe vir Filippus: 'Sê vir my, asseblief, van wie praat die profeet hier, van homself of van iemand anders? Filippus het by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom verkondig.

Om oor te gesels en te dink
Saam lees die Etiopiër en Fillippus die teksgedeelte in Jesaja. Die Etiopiër vra vir Fillippus om die teks vir hom te interpreteer. Fillippus begin toe by hierdie teksgedeelte en beweeg oor na die Goeie Nuus van Jesus. Hy deel met hom die Evangelie. Wat 'n mooi moment! En die Etiopiër aanvaar hierdié nuus as ook Goeie Nuus vir hom.

Wat beteken die Goeie Nuus vir jou, persoonlik? Kan jy dit in woorde verwoord? Met wie sou jy dit graag wou deel?

Gebed
Here, U Goeie Nuus is vir almal. En ek ken dit ook persoonlik! Mag U my gebruik om deur my eie getuienis van wat U in my lewe beteken, met ander te deel. Amen.

Dinsdag 30 Mei 2023

Handelinge 8:29-31
Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.” Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër antwoord: “Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?” Hy het Filippus gevra om op te klim en by hom te kom sit.

Om oor te gesels en te dink
Dit is besonders dat die Etiopiër uit 'n boekrol van Jesaja lees. Hy is uiteraard nie 'n Jood nie, maar nuuskierig oor hierdié God en Sy mense. Fillippus vra of hy verstaan wat hy lees. Dit is 'n fantastiese wyse om deel van 'n moontlike gesprek te word. 'n Vraag. Waar kan jy 'n eenvoudige vraag vandag vra, wat dalk mag lei na 'n moontlike gesprek?

En met wie kan jy iets van jou interpretasie van die Bybel deel? Dit wat jy verstaan van wat jy lees. Deur te gesels en met iemand te deel hoe ons die Bybel verstaan, is deel van getuienis - 'n eenvoudige gesprek. En in die luister na ander se inerpetasie van die Bybel groei en leer ons ook.

Gebed
Here, dankie dat ek in my huistaal die Bybel kan lees. Dankie ook vir die ruimtes en Geloofsfamilie waarvan ek deel is wat saam met my soek na U, na U beweging in die wêreld en ook hoe ons U Woord interpreteer.  Amen.

Maandag 28 Mei 2023

Handelinge 8:26-29
'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak jou klaar en gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Dit is 'n stil pad. Filippus het toe klaargemaak en gegaan. 'n Ontmande Etiopiër wat 'n hoë pos beklee het aan die hof van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is, en wat haar geldsake beheer het, het na Jerusalem toe gekom om te aanbid. Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.”

Om oor te gesels en te dink
In hierdie teks lees ons hoe God die een is wat eerste handel. 'n Engel van die Here sê vir Filippus om te gaan na 'n spesifieke pad. Fillippus word letterlik gevra om te beweeg. Waar beweeg die Heilige Gees in jou leefwêreld? En hoe word jy gevra om daareen te beweeg? Die teks noem ook hoe die Heilige Gees vir Filippus sê om te stap na die wa. 'n Tweede opdrag om te beweeg. Waarheen word jy vandag geroep om te beweeg?

Gebed
Here Jesus, maak vandag my oë oop om te sien waar U besig is in my leefwêreld en hoe ek kan aansluit by U beweging. Amen.

Saterdag 27 Mei 2023

1 Johannes 1:1-4
1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.

VRAE:

  • Die skrywer van die brief herinner sy lesers op verskillende plekke van die waarheid. Wanneer mense die Goeie Nuus hoor, is daar dadelik Fopnuus wat hulle probeer oortuig waarom die Goeie Nuus nie vir hulle geld nie. Die skrywer bou op Jesus se woorde wat ook in die Johannes evangelie gebruik. Hy herinner die mense dat hulle deur God gelief is. Hy herinner hulle dat Jesus sy lewe vir hulle, sy vriende aflê. Hy herinner hulle dat God vir hulle in genade vergewe. Hy herinner hulle dat hulle nou vry is en herstel is in verhouding. Hy herinner hulle aan al die waarhede.
  • Watter leuens kom na vore wanneer jy gekonfronteer word met genade, vergifnis, verlossing en liefde? Wat maak dit moeilik om hierdie genade, vergifnis, verlossing en liefde net te ontvang? Wat is die stories wat in jou eie gedagtes loop? Deel jou hart met die Here.
  • Mense teenoor wie ons getuig gaan ook ‘n klomp fopnuus glo. Hulle is te sondig. Hulle is te ver verlore. Hulle is nie goed genoeg nie. God sal hulle nie kan liefhê nie. Hulle moet eers alles regmaak voordat hulle dit kan ontvang. Hulle moet eers heeltemal verander voordat hulle werklik vry kan wees. Hoe help die Goeie Nuus ons, om mense se fopnuus stil te maak? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, dankie dat U Goeie Nuus genoeg is. Here, help ons om nie toe te laat dat die fopnuus wat die vyand in ons wakker maak, ons van U weghou nie. Here, help ons om mense te herinner dat dit net leuens is. Here, help ons om dit stil te leef. Here, help ons om meer op die Goeie Nuus te vertrou, as wat ons luister na die fopnuus.
Amen

Vrydag 26 Mei 2023

1 Johannes 1:1-4
1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.

VRAE:

  • Wanneer jy die res van die brief lees, ontdek jy hoe Johannes kontraste gebruik wanneer hy sy getuienis bring. God is die lig wat gekom het op antwoord op die donker van die wêreld. Jesus is die ewige lewe as antwoord op die sonde se dood. God is die waarheid wat van die begin af daar was, en die wêreld is gevul met leuens.
  • Watter slegte nuus is daar om jou? Watter uitdagings, struikelblokke, versoeking en vrese kan jy noem wat sou kwalifiseer as slegte nuus? Watter slegte nuus moet jy elke dag hanteer? Watter slegte nuus moet jou familie en vriende hanteer? Deel jou hart met die Here.
  • Die brief se skrywer wys hoe God die Goeie Nuus is, as antwoord op die slegte nuus van die wêreld. Wanneer ons getuig, kan ons ook sy voorbeeld volg. Wanneer ons luister na mense se stories, hoor ons baie slegte nuus.
  • Hou sou jy die Goeie Nuus deel as antwoord op hierdie slegte nuus? Hoe sou jy vir jouself, jou mense en ander om jou kon getuig dat God die antwoord is? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek weet U is die Goeie Nuus in antwoord op al die slegte nuus om ons. Here, help om braaf genoeg te wees om dit met ander te kan deel. Here, help my om ‘n draer van Goeie Nuus te wees. Here, help my met wysheid, onderskeiding en die regte woorde wanneer ek met mense se slegte nuus gekonfronteer word. Here, help my om te getuig vanuit my lewende verhouding met U, nie net kop kennis wat ek weet nie.
Amen

Donderdag 25 Mei 2023

1 Johannes 1:1-4
1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.

VRAE:

  • Ons moet eers ons harte bewaak van die verkeerde dinge en fokus op die regte goed. Dan moet ons leer hoe om te luister na ander. Wanneer ons in verhouding is en goed kan luister, sal ons weet wanneer die regte tyd is om ons stories te deel en te getuig. Ons fokus vir die res van die week op hoe getuienis lyk.
  • Die skrywer van 1 Johannes wys vir ons waar om te begin wanneer ons getuig. Ons begin by die Goeie Nuus. Hy begin by God. Wie is die God waarvan hy getuig? Hoe is hierdie God die Goeie Nuus wat ander nodig het? Vir die skrywer van hierdie brief is dit die God wat van die begin af daar was, wat mens geword het en kom wys het hoe lyk liefde in aksie en dit is die waarheid.
  • Wat is die Goeie Nuus van Jesus, vir jou? Wat is die Goeie Nuus van die Vader, vir jou? Wat is die Goeie Nuus van die Heilige Gees, vir jou?
  • Waarom het die wêreld hierdie nuus nodig? Waarom begin ons by wie God is, wanneer ons getuig? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, ek wil U loof en prys vir die feit dat U die Goeie Nuus is vir die wêreld. Meer as dit Here, ek wil U prys vir die feit dat U die Goeie Nuus is vir my. Dankie dat U standvastig is, wanneer alles om my skut. Dankie Here, dat U versorg wanneer ek verwaarloos voel. Dankie Here dat U voorsien wanneer ek nie weet hoe nie. Dankie Here, dat U troos wanneer ek swaar kry. Here, U is Goeie Nuus.
Amen

Woensdag 24 Mei 2023

Woensdag, 24 Mei 2023

Matteus 13:9
“Wie ore het, moet luister!”

VRAE:

  • Hierdie frase is een wat Jesus gereeld gebruik het. Mens sou dink dat die proses van luister baie eenvoudig is. Dit is iets wat ons almal moet kan doen. Tog is dit nie so eenvoudig nie. Ons hoor dalk baie dinge, maar ons luister nie altyd nie. Om te luister beteken dat ons die boodskap hoor, dat dit deur ons werk en dat ons deur dit getransformeer word of kies om nie daardeur beïnvloed word nie.
  • Jesus moedig mense aan om te luister na wat Hy sê. Dat daar verandering of reaksie op Sy boodskap is. Hoe lyk dit om te luister? Hoe weet jy wanneer iemand anders na jou geluister het? Hoe lyk dit wanneer jy nie net gehoor het nie, maar werklik geluister het na iemand? Deel jou hart met die Here.
  • Wanneer jy luister, kan jy die persoon spieël? Dit beteken om vir die persoon terug te kan sê, in jou eie woorde, wat jy by hom of haar gehoor het.
  • Kan jy beskryf wat jy sien in die ander persoon wanneer jy geluister het? Sien jy die liggaamstaal, die stemtoon, die ervaring van die persoon wat praat, wanneer jy luister?
  • Kan jy beskryf hoe jy voel wanneer jy luister na iemand? Kan jy optel as daar by jou emosie gewek word?
  • Kan jy kreatiewe oop vrae vra wanneer jy luister? Oop vrae is vrae wat meer as ‘n ja of nee antwoord gaan gee. Dit gee iemand die geleentheid om uit te brei op dit wat hulle deel. Dit maak ook dat jy nie net luister om te antwoord nie. Vra om te verstaan.
  • Kan jy kritiek hanteer wanneer jy luister? Is jy bereid om eers die ander persoon se kant te verstaan, sonder om net te verdedig. Eers dan het ons ten volle geluister.
  • Luister jy op hierdie manier na Jesus wanneer jy die Woord lees? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, ek wil so graag na U luister. Ek sukkel wel daarmee Here. Help my om beter te luister.
Amen

Dinsdag 23 Mei 2023

Maandag, 22 Mei 2023

Matteus 13:3
Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai.

VRAE:

  • Die gelykenis van die saaier begin baie eenvoudig. Jesus vertel hoe die saaier gaan saai het. Hy vertel hoe die saaier op verskeie tipe grond gesaai het. Die hoof gedaate kan lyk asof dit net gaan oor die grond waar die saad geval het, aangesien soveel van die verhaal daaraan spandeer word. Ons moet wel nie uit die oog verloor dat die opskrif en Jesus se openingswoorde, wel oor die saaier gaan nie.
  • Die saaier saai. Dit is sy taak. Hy saai oral. Hy het nie gevra of die grond die saad verdien nie. Hy het gesaai. Indien God meer kieskeurig was oor die grond (hart) waarin Hy gesaai het, sou God die moeite gedoen het om die goeie nuus in jou hart te saai? Was jy vrugbare grond, toe God in jou hart begin saai het? Dink terug aan jou eerste ervarings met God se goeie nuus, en deel jou hart met die Here.
  • Indien ons die saaier in die gelykenis sou wees, is ons goeie saaiers? Saai ons oral? Of is dit vir ons te moeilik, te ongemaklik om te saai? Is ons te skaam, te bang, te onseker om te saai? Wat sou God sê van jou taak as saaier? Is jy besig om ‘n goeie saaier te wees? Deel jou hart met die Here.
  • Waar saai jy oral? Is jy baie kieskeurig oor die plekke waar jy saai? Of is jy vrygewig soos die saaier in die gelykenis? Waarom saai jy waar jy saai? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek sukkel daarmee om te saai. Ek het soveel verskonings en redes waarom ek nie saai nie. Here, help my om my verskonings agter te los. Here, help my om met vrymoedigheid te saai, selfs al is die grond nie na my mening reg vir die saad nie. Here, U berei die grond voor. U maak seker of dit wortel skiet of nie. Here, help my om vrede te maak met my taak, van saai. Dankie Here dat ek U kan vra vir hulp.
Amen

Maandag 22 Mei 2023

Matteus 13:3
Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai.

VRAE:

  • Die gelykenis van die saaier begin baie eenvoudig. Jesus vertel hoe die saaier gaan saai het. Hy vertel hoe die saaier op verskeie tipe grond gesaai het. Die hoof gedaate kan lyk asof dit net gaan oor die grond waar die saad geval het, aangesien soveel van die verhaal daaraan spandeer word. Ons moet wel nie uit die oog verloor dat die opskrif en Jesus se openingswoorde, wel oor die saaier gaan nie.
  • Die saaier saai. Dit is sy taak. Hy saai oral. Hy het nie gevra of die grond die saad verdien nie. Hy het gesaai. Indien God meer kieskeurig was oor die grond (hart) waarin Hy gesaai het, sou God die moeite gedoen het om die goeie nuus in jou hart te saai? Was jy vrugbare grond, toe God in jou hart begin saai het? Dink terug aan jou eerste ervarings met God se goeie nuus, en deel jou hart met die Here.
  • Indien ons die saaier in die gelykenis sou wees, is ons goeie saaiers? Saai ons oral? Of is dit vir ons te moeilik, te ongemaklik om te saai? Is ons te skaam, te bang, te onseker om te saai? Wat sou God sê van jou taak as saaier? Is jy besig om ‘n goeie saaier te wees? Deel jou hart met die Here.
  • Waar saai jy oral? Is jy baie kieskeurig oor die plekke waar jy saai? Of is jy vrygewig soos die saaier in die gelykenis? Waarom saai jy waar jy saai? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek sukkel daarmee om te saai. Ek het soveel verskonings en redes waarom ek nie saai nie. Here, help my om my verskonings agter te los. Here, help my om met vrymoedigheid te saai, selfs al is die grond nie na my mening reg vir die saad nie. Here, U berei die grond voor. U maak seker of dit wortel skiet of nie. Here, help my om vrede te maak met my taak, van saai. Dankie Here dat ek U kan vra vir hulp.  
Amen

Saterdag 20 Mei 2023

Matteus 5:23-24
As iemand 'n regsaak teen jou begin, kom betyds tot 'n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.

Om oor te gesels en te dink
Jesus gee nog ‘n voorbeeld om te wys dat dit belangrik is om in vrede met mense te leef. In daardie tyd het die mense mekaar vir die geringste skuld voor regters gebring wat nie hulle belange beskerm het nie. Daarom moedig Jesus sy dissipels en ons aan om sover moontlik in vrede met die mense om ons te lewe. Ons verhouding met ander weerspieël ons verhouding met God.
Dit is nie ‘n maklike saak nie, maar laat ons ons beywer om die ekstra myl te stap en die mindere te wees om ‘n verhouding te koester. Op hierdie manier wys ons dat Jesus se liefde ‘n verskil in ons lewens maak en dat ons deel van Sy koninkryk is. Jesus vra dat ons met ‘n liefdevolle hart mense dien.

Gebed
Here Jesus, ek wil U liefde uitleef omdat U my eerste liefgehad het. Help my om vandag vir iemand die ekstra myl te stap. Amen.

Vrydag 19 Mei 2023

Matteus 5:23-24
As iemand 'n regsaak teen jou begin, kom betyds tot 'n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.

Om oor te gesels en te dink
Jesus gee nog ‘n voorbeeld om te wys dat dit belangrik is om in vrede met mense te leef. In daardie tyd het die mense mekaar vir die geringste skuld voor regters gebring wat nie hulle belange beskerm het nie. Daarom moedig Jesus sy dissipels en ons aan om sover moontlik in vrede met die mense om ons te lewe. Ons verhouding met ander weerspieël ons verhouding met God.
Dit is nie ‘n maklike saak nie, maar laat ons ons beywer om die ekstra myl te stap en die mindere te wees om ‘n verhouding te koester. Op hierdie manier wys ons dat Jesus se liefde ‘n verskil in ons lewens maak en dat ons deel van Sy koninkryk is. Jesus vra dat ons met ‘n liefdevolle hart mense dien.

Gebed
Here Jesus, ek wil U liefde uitleef omdat U my eerste liefgehad het. Help my om vandag vir iemand die ekstra myl te stap. Amen.

Donderdag 18 Mei 2023

Matteus 5:23-24
As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

Om oor te gesels en te dink
Jesus leer ons om in vrede met mense te leef. Dit is nie maklik nie, maar dit is wat Sy koninkryk vra. Nie alleen kan ek my verontskuldig deur nie vir iemand kwaad te wees nie. Nee, Jesus gaan verder en dat as ek weet dat iemand iets teen my het, ek die inisiatief moet neem om vrede te gaan maak. Dit gaan nie oor die ander persoon en wat hy of sy gedoen het nie. As ek weet dat iemand vir my kwaad is, moet ek gaan vrede maak. Ons kan baie verskonings hê hoe dit nie moontlik is nie, maar wanneer ons vrede in ons verhoudings nastreef, kan ons met groot vrymoedigheid tot God nader. Hy ken ons harte en weet dat dit beter is as ons in vrede met mekaar leef.

  • Is daar iemand met wie jy moet gaan vrede maak?
  • Vra die Here om jou te help om met so proses te begin.

Gebed
Here Jesus, ek wil doen wat U vra, maar dis nie altyd maklik nie. Help my om vrede uit te leef en daarmee U hart vir mense te wys. Amen.

Woensdag 17 Mei 2023

Matteus 5:21-22
Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

Om oor te gesels en te dink
Jesus kom wys ons die ware bedoeling van God se koninkryk. Ons harte moet verander om te doen wat God van ons vra. Die mense het hulleself maklik verontskuldig dat hulle nie moord pleeg nie, maar hulle het nie hulle woede beheer nie. Ons sukkel met woede. Die kwaad wees verwys hier na ’n smeulende, blywende bitterheid teen iemand. Die verwoes ons verhoudings met mekaar en ook met God. Dit is nodig dat ons met selfbeheersing oor ons harte sal waak en nie met woede rondloop nie. Dit vreet ons van binne af op.
Ons het nodig om ons woede vir God oor te gee en Hom te vra om ons harte te verander. So kan ’n verskil in Sy koninkryk maak.

Gebed
Here Jesus, soms kry my woede die oorhand. Ek wil vra dat U my hart verander. Ek wil in vrede met U en met die mense om my leef. Amen.


Dinsdag 16 Mei 2023

Matteus 5:17, 20
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.
Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.

Om oor te gesels en te dink
Jesus kondig God se nuwe wêreld aan as Hy die Bergrede in Matteus 5-7 lewer. Hy vir ons kom wys hoe lyk die nuwe koninkryk. Hy is in beheer. Jy kan kies of jy jou hieraan gaan onderwerp, maar dit vat niks van Jesus se koningskap weg nie.
Jesus kom vra vir ’n nuwe gesindheid en hartsverandering as ons deel is van Sy koninkryk. Hy vra ware gehoorsaamheid met oop harte. Ons kan nie net probeer reëls hou en hoop ons maak dit nie. Nee, Jesus vra dat wat ons ook al doen, ons dit met die regte gesindheid sal doen. Ons moet ons harte ondersoek. Jesus gebruik ’n paar alledaagse voorbeelde in die Bergrede om ons te help verstaan dat ons in goeie verhouding met Hom en almal om ons moet leef.

  • Onderwerp jy jou aan die koningskap van Jesus?
  • Verander dit die manier hoe jy leef?

Gebed
Here, U is koning. Ek aanbid U as die Een wat alles kom nuut maak het. Kom verander my hart dat ek aan U gehoorsaam sal bly. Amen.


Maandag 14 Mei 2023

Eksodus 34:5-6
“Die Here het in 'n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam “die Here” uitgeroep. Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.”

Om oor te gesels en te dink
Vandag se teks herinner ons wie die God is wat ons aanbid. Ons moet God aanbid vir wie Hy is en nie net wat Hy vir ons doen nie.
Soos Hy vir Moses gesê het, herinner Hy ons dat Hy die Here is wat by ons is. Die Boodskap vertaal dit treffend: “Ek is die Here. Ek is die God wat mense help. Ek is jammer vir mense en geduldig met hulle. Ek bly altyd getrou. Jy kan op My reken.
Dit is wie God is. Jy kan Hom met jou lewe vertrou.

  • Watter eienskap van God spreek jou vandag aan?
  • Waarvoor wil jy vir God dankie sê vir wie Hy is?

Gebed
Here, dankie dat U altyd daar is. Dankie dat U liefde en trou altyd genoeg is. Dankie dat U genade vandag vir my genoeg is. Amen.


Saterdag 13 Mei 2023

Matteus 28:20b
En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Om oor te gesels en te dink
Volgens Matteus sluit Jesus sy opdrag aan die dissipels met hierdie belofte af dat hulle nooit alleen sal wees nie. Dit is ook die woorde waarmee die evangelie eindig.
Jesus verseker ons dat ons nooit alleen sal wees nie omdat Hy altyd by ons sal wees. Maak nie saak wat ons uitdaging of probleem is nie, Jesus sal by ons wees. Ons wil baie keer vra dat Jesus iets in ons lewe moet wegvat of verander omdat Hy daar toe in staat is. Jesus sê eerder dat Hy by ons is, te midde van uitdagings en probleme.

  • Watter verskil maak dit om te weet dat Jesus altyd by jou is?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U altyd by my is. Dankie dat U my nooit los nie. Ek aanbid U as my Here en my God. Amen.


Vrydag 12 Mei 2023

Matteus 28:18-20a
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.””

Om oor te gesels en te dink
Die opgestane Jesus kom nader na sy dissipels toe en sonder om te verwyt of kwaad te wees, herinner Hy hulle dat Hy alle mag gegee is. Daarom kan Hy hulle die opdrag gee om na al die nasies uit te gaan en hulle te vertel van die opgestane Jesus. Uit hulle getuienis sal hulle mense aanmoedig om Jesus se dissipels te word. Hulle moet ook gedoop en geleer word, soos wat Jesus hulle geleer het. Hierdie staan bekend as die Groot Opdrag. Hierdie is vir elke gelowige bedoel. Jesus stel ons in staat om ander mense van Hom te vertel en hulle deel te maak van God se familie. Iemand naby aan jou het nodig om te hoor dat Jesus vir hulle lief is. Dit is nie altyd daar ver of iemand anders se werk nie. Jy is die persoon wat ’n verskil maak aan die mense rondom jou.

Gebed
Here, U wat alle mag in die hemel en op die aarde besit! Dankie dat U my in staat stel om te getuig van U. Help my om vandag aan iemand U liefde te wys. Amen.


Donderdag 11 Mei 2023

Matteus 28:16-17
Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.

Om oor te gesels en te dink
Matteus se evangelie begin op ‘n berg met die Bergede (Mat. 5-7) en eindig ook op ‘n berg. Die dissipels het Jesus se opdrag uitgevoer en na Galilea gegaan, alhoewel hule Hom nie daar verwag het nie. Dis die eerste keer dat dat Matteus verwys na die elf en nie die twaalf dissipels nie. Judas is nie daar nie, maar Petrus is wel daar al het hy Jesus vroeër verloën.
Die dissipels herken Jesus, maar daar is ook twyfel en onsekerheid. Dit weerhou hulle nie om Jesus steeds te aanbid nie. Jesus veroordeel hulle ook nie oor hulle twyfel nie.
Ons kan weet dat Jesus leef en Hom aanbid vir wie Hy is, al voel ons ook soms die twyfel en onsekerheid. Dit is deel van ons geloofspad. Twyfel bring diepte omdat dit vrae vra en Jesus dit verstaan.

Gebed
Here, soms twyfel ek ook, maar ek wil U steeds aanbid. Help my om U vandag te aanbid vir wie U is. Amen.

Woensdag 10 Mei 2023

Matteus 28:9-10
Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.””

Om oor te gesels en te dink
Verward en verwondered het die vroue van die graf weg gegaan om vir die dissipels te gaan vertel. Jesus verskyn aan hulle en hulle herken Hom dadelik. Hulle vat aan Hom en aanbid Hom. Jesus groet hulle sonder fanfare. Nie net het hulle gehoor dat Hy opgestaan het nie, hulle sien dit nou self.
Jesus sê ook vir die vroue om nie bang te wees nie. Hulle moet die Goeie Nuus van Sy opstanding gaan vertel.
Jesus vra dat hulle vir die dissipels sal gaan vertel wat hulle beleef het. Ons sien dat Jesus die dissipels vergewe het, al het hulle almal Hom in die steek gelaat. Inteendeel, Hy is nie kwaad nie en gaan hulle nie los nie.
Die vroue was gereed om Jesus te herken toe Hy aan hulle verskyn het. Hulle was bang, maar opgewonde (Mat 28:8).

  • Is jy op die uitkyk vir Jesus waar jy beweeg?
  • Is jy bereid om die Goeie Nuus met iemand te deel?

Gebed
Here, dankie dat U my ontmoet. Ek wil U raaksien waar ek vandag beweeg. Mag ek U teenwoordigheid ervaar. Amen.

Dinsdag 9 Mei 2023

Matteus 28:9-10
Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.””

Om oor te gesels en te dink
Verward en verwondered het die vroue van die graf weg gegaan om vir die dissipels te gaan vertel. Jesus verskyn aan hulle en hulle herken Hom dadelik. Hulle vat aan Hom en aanbid Hom. Jesus groet hulle sonder fanfare. Nie net het hulle gehoor dat Hy opgestaan het nie, hulle sien dit nou self.
Jesus sê ook vir die vroue om nie bang te wees nie. Hulle moet die Goeie Nuus van Sy opstanding gaan vertel.
Jesus vra dat hulle vir die dissipels sal gaan vertel wat hulle beleef het. Ons sien dat Jesus die dissipels vergewe het, al het hulle almal Hom in die steek gelaat. Inteendeel, Hy is nie kwaad nie en gaan hulle nie los nie.
Die vroue was gereed om Jesus te herken toe Hy aan hulle verskyn het. Hulle was bang, maar opgewonde (Mat 28:8).

  • Is jy op die uitkyk vir Jesus waar jy beweeg?
  • Is jy bereid om die Goeie Nuus met iemand te deel?

Gebed
Here, dankie dat U my ontmoet. Ek wil U raaksien waar ek vandag beweeg. Mag ek U teenwoordigheid ervaar. Amen.

Maandag 8 Mei 2023

Matteus 28:1-8
Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.” Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.

Om oor te gesels en te dink
Die evangelie is nie altyd maklik om te glo nie. Die vroue gaan na Jesus se graf toe en skielik vind daar ‘n aardbewing plaas en ‘n engel verskyn by die graf. Hy rol die klip weg en sê vir die vroue om nie bang te wees nie. Dit is nie wat hulle verwag het nie. Hulle is oorval deur angs en onsekerheid, maar die engel stel hulle gerus. Hy weet dat hulle Jesus soek, maar Hy is nie daar nie, want Hy is uit die dood opgewek. Hy lewe en hulle sal Hom later sien.
Nadat hulle hierdie boodskap ontvang het, is hulle bang, maar baie bly daar weg om die nuus met die dissipels te gaan deel. Hulle het nog nie heeltemal geweet wat hulle daarvan moet glo en dink nie, maar hulle het geweet dat die Here leef en dit het alles verander.
Ons vind dit ook soms moeilik om te glo, maar ons kan weet dat Jesus leef en ons lewens kom verander het. Ons is nie alleen nie en ons hoef nie bang te wees nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U leef en opgestaan het. Help my wanneer ek sukkel om te glo. Help my om nie bang te wees nie. Ek vertrou U. Amen.

Saterdag 6 Mei 2023

Filippense 3:7-11
“Maar alles wat vir my wins was, reken ek nou as verlies, ter wille van Christus. Inderdaad reken ek alles as verlies, ter wille van die uitnemendheid daarvan om Christus Jesus, my Here, te ken. Ter wille van Hom, het alles vir my 'n verlies geword, en beskou ek dit as vullis, sodat ek Christus as wins kan verkry, en in Hom bevind kan word – nie met my eie geregtigheid op grond van die wet nie, maar met die geregtigheid deur geloof in Christus, die regverdiging wat van God kom, deur die geloof – en sodat ek Christus kan ken, die krag van sy opstanding, en die verbondenheid met sy lyding, deur aan sy dood gelykvormig te word, en ek so, hoe dan ook, die opstanding uit die dood kan bereik.”

Om oor te gesels en te dink
Paulus is hier aan die woord. Hy beskou dit wat vroeër vir hom belangrik was as nikssegend, ń verlies. En hy wil graag vir Jesus ken, asook die krag van Jesus se opstanding.

Hoe graag wil jy vir Jesus ken? En die krag van Jesus se opstanding besef en beleef? Neem vandag ń oomblik om weer hierdie teksvers te lees en reflekteer oor wat vir jou belangrik is in die lewe en of dit ook nikssegend en ń verlies is teenoor die getuienis van die Goeie Nuus van Jesus en Sy opstanding nie?

Gebed
Here, ek wil U so graag beter leer ken. Wys my waar U vandag met my besig is en Heilige Gees werk aan my hart om die dinge wat nikssegend teenoor die opstanding is, op sy te skuif - sodat ek Jesus beter kan ken. Amen

Vrydag 5 Mei 2023

Matteus 28:8
“Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.”

Om oor te gesels en te dink
Die Matteus-evangelie verskil uiteraard met die oorspronklike 'oop' einde van Markus. Hier is die vroue ook bang, maar hulle hardloop om die dissipels van die opstanding te gaan vertel. Die opstanding van Jesus verander alles en is so lewensveranderend dat hulle hardloop. Dat ons vandag ook geroep word om te 'hardloop', om dringend die Goeie Nuus te deel.

Wie het vandag dringend nodig om van die opstanding herinner te word? Soms is dit nie net mense wat nog nooit van die opstanding gehoor het nie, maar gelowiges wat herinner moet word: Jesus leef. En daarom leef jy. Wie in jou leefwêreld het vandag nodig om hierdie weer te hoor? Hardloop en deel dit!

Gebed
Here, U opstanding is lewensveranderend. Dit roep ons tot aksie, nie uit skuldgevoel nie, maar omdat ons nie anders kan nie: U leef. Wys my asb. wie vandag nodig het om herinner te word dat U opstanding ook opstanding vir hom/haar in vandag se tyd beteken. Amen.

Donderdag 4 Mei 2023

Markus 16:8
“Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.”

Om oor te gesels en te dink
Loer gerus na Dinsdag en gister se dagstukkie in verband met die voetnota oor hierdie vers. Hierdie teks trek ons op 'n wyse in wat ons frustreer en dring om deel te neem aan hierdie 'oop' einde. Hoe kan die volgende gedeelte van die Goeie Nuus in vandag se tyd lyk, met jou as deelnemer van dié Opstandingsverhaal? Met jou verhaal wat eintlik deel is van hierdie 'oop einde'?

Neem 'n oomblik om 'n sin of twee te verwoord wat soos volg kan klink: Ek verkondig of leef die opstanding van Jesus wanneer ek… (vul met jou eie gedagtes in).

Gebed
Here, ek is deel van U groot verhaal. U Goeie Nuus is nie net vir my eie belewenis van opstanding en lewe bedoel nie, maar ek is geroep om hierdie verhaal van lewe te leef. Amen.

Woensdag 3 Mei 2023

Markus 16:8
“Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.”

Om oor te gesels en te dink
Loer gerus na gister se dagstukkie in verband met die voetnota van hierdie vers. Dit verduidelik dat Markusevangelie aanvanklik by hierdié vers geëindig het met 'n 'oop' einde.

Die eerste hoorders van hierdie teksgedeelte sou bitter goed hiermee kon identifiseer. Hulle het rede gehad om te vrees, want om van Jesus se opstanding te getuig kon vervolging beteken. En hulle sou geweet het dat die vroue tog moes gaan getuig het. En dat dit hulle in hul eie situasie ook ooproep tot getuienis van Jesus se opstanding.

Wat is die rede dat ons vandag bang is en vrees om die Goeie Nuus te deel? Wat hou ons terug? Is dit iets om te vrees? Is dit ongemaklik? Die Goeie Nuus roep ons, nes die eerste hoorders van hierdie teks, tot aksie: Ons kan nie stil bly nie. Jesus se opstanding moet vertel en geleef word.

Gebed
Here, ek sukkel om van Jesus se opstanding te getuig, want … of ek is…
Help my, Heilige Gees, om ook hierdie vrese en ongemaklik te oorkom, omdat ek diep oortuig is dat die lewe oor U gaan en ook moet getuig van Jesus se lewe en opstanding. Amen.

Dinsdag 2 Mei 2023

Markus 16:8
“Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.”

Om oor te gesels en te dink
Loer gerus in jou Bybelvertaling vir 'n voetnota aan die einde van vers 8. Dit is makliker om voetnotas in 'n gedrukte vertaling te lees. Hierdie voetnota verduidelik dat die Markusevangelie aanvanklik by hierdié vers geëindig. En dat die volgende verse eers later bygevoeg is, sodat dié evangelie nie oop eindig nie.

Waarom sou die evangelie aanvanklik 'oop' eindig? Die eerste hoorders en ons as lesers vandag, weet tog dat die vroue moes vertel het. Hierdie teks trek ons op 'n wyse in, om ons te frustreer en deel te neem aan hierdie 'oop' einde. Wat sou gebeur as die vroue regtig nie gaan vertel het nie? Wat sal gebeur as ons lewe regtig nie van Jesus se opstanding getuig nie?

Gebed
Here, vandag word ek gekonfronteer om te wonder wat as die eerste getuies nie getuig het nie. En ek wonder oor my eie getuienis. Here, help my vandag om bewustelik geleenthede raak te sien waar ek in my lewe kan getuig van U opstanding. En selfs ook in woorde. Amen.

Maandag 1 Mei 2023

Markus 16:6-7
“Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”

Om oor te gesels en te dink
Drie vroue in die Markusevangelie gaan na die graf om Jesus se liggaam met reukolie te balsem: Maria Magdalena, Maria die ma van Jakobus, en Salome. Hulle is aanvanklik onseker oor hoe hulle in die graf gaan inkom met die groot klip. En dan ontdek hulle dit is reeds oop! En Jesus is nie daar nie. Die man in wit sê dat Jesus hulle vooruit is na Galilea. Dit is nogal mooi dat Petrus in besonder by die naam genoem word. Petrus wat Jesus verloën het moet weet: Jesus lewe. En Hy wil hom wat Petrus is sien.

Selfs wanneer ons iets verkeerd doen of nie lewe soos ons geroep of gestuur is nie, nes Petrus, God roep ons ook om weer en weer die opstanding van Jesus te ontdek en (be)leef.

Gebed
Here, ek wil weer U opstandig ontdek en (be)leef. Heilige Gees leer my om meer gereeld van U opstanding bewus te word en deur U opstanding verander te word. Amen.

Saterdag 29 April 2023

Lukas 24:33-35
Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. Daar kry hulle die elf en die ander mense bymekaar, en dié sê: “Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!” Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het toe Hy die brood gebreek het.

Om oor te gesels en te dink
Onmiddelik nadat hulle Jesus herken het, het hulle dadelik Jerusalem toe gegaan. Hulle kon dit stil hou nie en moes daarvan getuig. Nog voor hulle iets kon sê bevestig die ander dissipels dat Jesus regtig opgestaan het en aan Petrus verskyn het. Hulle het vertel hoe Jesus saam met hulle geëet het en hulle Hom herken het. Dit was lewensveranderend. Jesus het mense in die koninkryk van God ingeëet.
Ons kan ook nie stil bly oor wat die Here vir ons doen nie. Ons kan by Jesus leer en saam met mense brood breek en hulle so in die koninkryk van God in nooi.

  • Wie druk die Here op jou hart om ’n broodjie saam te breek?
  • Deel met iemand hoe die Here jou hart warm gemaak het.

Gebed
Here, dankie dat U leef! Dankie dat U saam met ons die pad stap. Mag ek U liefde met iemand vandag deel. Amen.

Vrydag 28 April 2023

Lukas 24:28-32
Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby.” Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn.Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?

Om oor te gesels en te dink
Wanneer hulle by Emmaus aankom, nooi hulle hierdie “vreemdeling” wat vir hulle die Skrif uitgelê het, gasvry in. Min wetende dat die gas, die Gasheer word en dat die vreemdeling hulle Vriend word.
Nadat Jesus die brood gebreek het en saam met hulle dit gedeel het, het hulle besef dat dit Jesus is. Dit verander hulle lewe as hulle besef dat Jesus opgestaan het en leef. Hulle getuig dat hulle harte warm geword het. Dis ’n beeld om te verduidelik dat hulle die ware Jesus herken en ontmoet het.
Ons is ook soms in sulke situasies dat ons nie dadelik nie, maar later besef dat ons die Here gesien het en ons harte warm geword het.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U leef! Dankie dat U my hart warm maak en ek besef dat U by my is. Mag ek U meer raak sien waar ek is. Amen.

Donderdag 27 April 2023

Lukas 24:25-27
Toe sê Hy vir hulle: “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê.

Om oor te gesels en te dink
Nadat Jesus geluister het wat Kleopas-hulle vir Hom vertel het, het Hy begin om vir hulle die Skrif uitgelê en vir hulle gewys dat Hy die Christus is. Hulle het egter Hom nog nie herken nie. Hulle het nie besef dat die Bybelse profesië op Hom betrekking gehad het nie. Jesus het waarskynlik uit Jesaja 53, Jeremia 31 en Psalm 22 aangehaal om vir hulle te wys dat Hy die Christus is.
Ons moet ook terug gaan na die Woord toe om te verstaan wat die Here vir ons sê. Ons moet tyd in Sy Woord spandeer om te weet dat Hy saam met ons stap. Ons kan ook vir die Here vra om ons te help as ons dinge nie verstaan nie.

Gebed
Here, soms sukkel ek om U te sien en verstaan ek ook nie. Help my om U in die Woord te ontdek en raak te sien. Amen.

Woensdag 26 April 2023

Woensdag 26 April
Lukas 24:17-24
“Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?” Met somber gesigte gaan hulle staan, en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?” Hy vra vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, 'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. En nou het 'n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle 'n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.””
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Jesus stap saam met die twee en vra hulle rustig waaroor hulle so ontsteld is. Hulle gaan staan stil en vra vir Jesus of Hy die enigste vreemdeling is wat die gebeure van Jesus gemis het. 
Jesus maak nie dadelik sy identiteit beken nie, maar gee geleentheid dat Kleopas-hulle vir Hom kan vertel wat hulle ervaar het. Hier sien ons hoe Jesus genadig en geduldig saam met hulle stap om hulle geleentheid te gee om tot verhaal te kom.
Jesus is nie vir hulle kwaad nie. Hy verstaan. Net so kan ons ook weet dat Jesus saam met ons stap en dat Hy vir ons geleentheid gee om ons hart met Hom te deel. Jesus luister geduldig.

  • Wat is op jou hart wat jy met Jesus wil deel?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U saam met my stap. Al herken ek nie dadelik nie, weet ek dat ek my hart met U kan deel. Ek gee vandag vir U….
Amen.

Dinsdag 25 April 2023

Lukas 24:13-16
Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, maar hulle oë is verhinder om Hom te herken.

Om oor te gesels en te dink
Die verhaal van die Emmausgangers, soos hulle bekend staan, herinner ons aan ons eie lewe. Ons besef nie dat Jesus saam met ons loop nie. Daar is baie geskryf oor wat hulle oë verhinder het om Jesus raak te sien.
Dalk was dit hulle ontnugterig, hartseer, twyfel of vrae? Hulle probeer sin maak. Hulle het so baie opgeoffer en nou voel hulle ontnugterd oor dat Jesus nie is wie hulle gedink het Hy is nie. Ons is ook soos hulle. Ons is vasgevang in ons eie situasie en wonder hoekom Jesus nie is wie ons dink Hy moet wees nie. Ons mis dat Jesus saam met ons stap.

  • Wat verhinder jou om Jesus raak te sien?
  • Waaroor wonder jy? Twyfel jy?

Gebed
Here, ek sien U nie altyd raak nie. Ek is soms so besig dat ek U mis. Help my om U vandag raak te sien. Amen.

Maandag 24 April 2023

Esegiel 36:26
Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.

Om oor te gesels en te dink
Esegiël herinner die volk aan die belofte van die Here dat Hy vir hulle ’n nuwe hart (denke) en ’n nuwe gees (gesindheid) sal gee. Hy gaan hulle kliphart uithaal en dit met ’n hart van vleis vervang.
Dit is ’n gebed wat ons elke dag kan bid, naamlik om ’n nuwe hart te ontvang.
Ons word soms so vasgevang in al die slegte nuus en fopnuus, dat ons die goeie nuus van hierdie belofte mis. God is die een wat ons denke en gesindheid verander. Ons moet onsself oopstel dat Hy as’t ware ’n hartoorplanting doen.

  • Waarmee vul jy jou hart? Waaroor dink jy?
  • Vra die Here om jou denke en gesindheid te verander deur vir jou ’n nuwe hart en ’n nuwe gees te gee.

Gebed
Here, ek het U lief en wil U volg. Kom gee my ’n nuwe hart en gees dat ek U daarmee kan dien en liefhê. Amen.

Saterdag 22 April 2023

Johannes 20:18
“Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het"

Om oor te gesels en te dink
Maria het gaan getuig van Jesus se opstanding. Sy het ook met die dissipels gedeel wat Jesus vir haar gesê het. Om te getuig is om met jou lewe van Jesus se opstanding te getuig, maar ook om te deel wat God sê: dit wat ons in God se Woord leer, uit persoonlike ervaring van God beleef of hoor en dit wat God in ons lewe doen. Dit is woord en aksie.

Waar het jy nodig om in woorde van God te getuig? Dit wat God al in jou lewe gedoen het? Is daar iemand wat in jou gedagtes opkom? Of sal jy oop wees om te deel, wanneer die geleentheid na vore kom?

Gebed
Here, ek dink terug aan… toe ek U beleef het. Ek het U nes Maria al beleef en in my lewe gesien! U het opgestaan! Help my om te sien waar ek in woord ook moet getuig. Ek sing vandag van 'n Nuwe toekoms
Ek is in U hand met die wete
U is aan my kant in oorwinning
Sal ek vir altyd triomfeer
Nuwe lewe
Amen.


Vrydag 21 April 2023

Handelinge 2:36
“Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!"

Om oor te gesels en te dink
Weet jy verseker dat Jesus die Here is? Jy kan rustigheid hieroor hê: Jesus is jou Here en Redder. Hy het vir jou, vir ander en die wêreld aan die kruis gesterf. En die hele wêreld moet dit weet - ons lewens moet getuig dat Jesus die Here is.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U vir my mens geword het. Dat U die Here van my lewe is. Ek weet dit verseker: U is my Here en U leef. Ek sing vandag van Nuwe lewe
Here gee U my nuwe vrede
Want U maak my vry van die bande
Waarmee die vyand my wil bind
Amen.


Donderdag 20 April 2023

Handelinge 2:24
“Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou."

Om oor te gesels en te dink
Hierdie gedeelte van Petrus se toespraak is 'n belangrike gedeelte van ons belydenis: Jesus het aan die kruis gesterf. En die dood kon Hom nie oorwin nie. Ons word ook geroep om op te staan en nie gevange gehou te word nie. Ons word geroep om op te staan en te lewe. Lewe, want Jesus het opgestaan. Lewe, want ons lewens moet hiervan getuig. Lewe, want die dood kan ons ook nie gevange hou nie - Jesus het opgestaan.

Gebed
Here, dankie dat U opstanding ook beteken dat ek moet opstaan. Dat ek moet lewe. Ek sing vandag dat
Deur U bloed
Is ek silwerskoon gewas
Ek is vry
Deur U Gees wat in my bly
Amen.

Woensdag 19 April 2023

Handelinge 2:23
“God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak."

Om oor te gesels en te dink
Dink jouself in dat jy in die gehoor sit vir wie Petrus hierdie woorde gesê het. Dat die gehoor deur Petrus aangekla word dat hulle toegelaat het dat Jesus gekruis is. Dat hulle Hom aan die kruis laat spyker het. Dat hierdie mense in die gehoor Hom laat doodmaak het. Hoe dink jy het hulle gevoel om hierdie woorde te hoor? Hoe voel dit om jouself in hulle skoene vir 'n oomblik te plaas?

Waar is ons in ons lewens passief en sonder optrede teenoor die kruisiging? Plekke waar ons net goed laat gebeur en nie intree, ander woorde bied of interpreteer nie? Ons is gestuur om te getuig en nie passief te wees nie. DIe opstanding vra dat ons aktief sal leef, omdat Jesus opgestaan het.

Gebed
Heilige Gees, help my om op te staan. Om vanuit my passiwiteit te beweeg en te getuig. Ek sing vandag dat
U het my
Uit die put van dood gehaal
Aan die kruis
Het U al my skuld betaal
Amen.




Maandag 17 April 2023

Handelinge 2:32
“God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies."

Om oor te gesels en te dink
Ons lees van Petrus se toespraak in Handelinge 2. Hierdie spesifieke toepsraak is nadat die Heilige Gees uitgestort is. Maar Petrus vertel en getuig ook van die kruisgebeure: hierdie Jesus wat hulle laat kruisig het, het opgestaan uit die dode. Hy interpreteer die kruisgebeure aan die gehoor. En Petrus herinner hulle dat hulle getuies hiervan is.

Is jy 'n getuie dat Jesus uit die dood opgestaan het? Hoe sal jou lewe vandag daarvan kan getuig?

Gebed
Here, gebruik vandag my doen en late om te kan getuig dat U lewe! Help my om so te lewe dat ander mense kan sien dat U lewe. Ek sing vanadag van
Nuwe Lewe
Here gee U my nuwe vrede
Want U maak my vry van die bande
Waarmee die vyand my wil bind
Amen.



Dinsdag 18 April 2023

Handelinge 2:22
“Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self."

Om oor te gesels en te dink
Petrus herinner die Joodse gehoor wat voor hom is dat Jesus kragtige dade, wonders gedoen het. Dat van hulle daarvan gehoor het en dalk van hulle dit self gesien het. Hierdié tekens het gewys wie Jesus is - Hom bekendgestel, soos Petrus hier sê. Het hulle besef wie Jesus regtig is? Petrus sê hulle weet dit self!

En as jy dit self weet - getuig! Lewe dat ander kan sien dat jy weet wie Jesus is en wat Jesus kom doen het en steeds doen.

Gebed
Here, ek weet wat U hier op aarde kom doen het. En ek glo dat U steeds vandag nog hier aan die werk is en vir ons lewe gee. Ek sing vanadag van 'n
Nuwe toekoms
Ek is in U hand met die wete
U is aan my kant in oorwinning
Sal ek vir altyd triomfeer
Nuwe lewe
Amen.





Saterdag 15 April 2023

Johannes 20:26-29
26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!” 27Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” 28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” 29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.

Om oor te gesels en te dink
Jesus verskyn later weer aan Sy dissipels en groet hulle weer met die vredesgroet. Jesus het Tomas nie afgeskryf of verwerp omdat hy vrae gehad of getwyfel het nie. Hy roep hom nader om aan Hom te vat en self te ervaar dat dit werklik Jesus is.
Toe Tomas dit doen, kon hy nie anders as om sy geloof in Jesus te bely met die kragtigste woorde: “My Here en my God!”
Jesus sien sy geloof raak en moedig ander aan om te glo, selfs as hulle nie altyd sien nie.
Soos Tomas kan ons ook hierdie kragtige getuienis nasê: “My Here en my God!” Weet dat Jesus jou ontmoet waar jy is en saam met jou die pad stap.

Gebed
Here Jesus, ek kom bely vandag weer dat U my Here en my God is. Mag ek vandag hierdie getuienis vir mense om my wys met wat ek doen. Amen.


Vrydag 14 April 2023

Johannes 20:24-25
24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

Om oor te gesels en te dink
Jesus verskyn aan die dissipels na sy Opstanding, maar Tomas is nie by hulle nie. Hulle is opgewonde om met hom te deel dat hulle die Here Jesus gesien het. Tomas deel egter nie hulle opgewondenheid nie. Hy het ‘n klomp vrae en wil amper uitdagend sê dat hy nie kan glo wat hy hoor nie. Daarom wil hy bewyse sien. Hy gebruik dit as verskoning sonder om toe te laat om dit te ondersoek. Dit is amper ’n voorwaarde voordat hy wil glo.
Baie keer is ons ook soos ‘n Tomas - as ons nie kan verklaar wat gebeur nie, wil ons dit nie aanvaar nie. Selfs ook in ons geloofslewe. Ons ken ook mense wat so oor geloof dink. Hulle gebruik hulle vrae as verskoning om nie te wil glo nie.
Tog is hierdie nie die einde van Tomas se verhaal nie. Ons kan vrae vra en dit vir die mense om ons sê, maar laat ons dit ook na die Here self toe vat. Hy verstaan dat ons vrae en twyfel het. Twyfel is welkom en deel van die geloofspad wat ons stap.

Gebed
Here, ek wil ook partymaal eers sien, maar help my om U steeds te volg met my vrae en my twyfel. Amen.


Donderdag 13 April 2023

Johannes 20:19-23
19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. 21“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.

Om oor te gesels en te dink
Nadat Jesus aan Maria Magdalena verskyn het, verskyn hy ook aan die dissipels. Hulle het dit nie verwag nie en was nog verward en bang oor die nuus van Maria vir hulle gebring het.
Jesus groet hulle met ’n vredesgroet en wys vir hulle dat dit werklik Hy is. Hulle was baie bly toe hulle die Here gesien het. Hy hulle weer vrede toegebid en vir hulle die opdrag gegee om uitgestuur te word en te gaan vertel wat hulle beleef het.
Hulle hoef nie bang te wees nie omdat die Heilige Gees by hulle is. Jesus sê dis belangrik om in vrede en vergifnis met die mense om ons te lewe.
Vandag groet die Here jou ook met Sy vrede en stuur jou ook om te vertel van wat jy van Hom beleef het. Jy hoef nie bang te wees nie, want Sy Heilige Gees is by jou. Gaan leef vandag in hierdie vrede.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U vrede! Dankie dat ek aan U behoort. Mag ek vandag U vrede beleef en deel waar ek gaan. Amen.


Woensdag 12 April 2023

Woensdag 12 April
Johannes 20:11-18
11Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. 12Toe sien sy twee engele met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelê het, een waar die kop en een waar die voete was. 13Hulle vra toe vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 14Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. 15Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.” 16Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester. 17Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’” 18Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!

Om oor te gesels en te dink
Maria Magdalena was verpletterd om te dink dat Jesus nie meer daar was nie. Twee engele kom vra vir haar hoekom sy huil. Sy gee haar verduideliking en net daarna vra Jesus vir haar dieselfde vraag, maar ook na wie sy soek. Sy herken Hom nie en dink Hy is die tuinopsiger.
Toe Jesus haar egter op haar naam aanspreek, herken sy Sy stem en besef dit is Hy. Dadelik noem sy Hom Rabboeni (Leermeester). Jesus sê vir haar dat sy Hom nie moet terughou om te doen wat Hy moet doen nie. Maria se lewe verander in ’n oogwink en kon nie stilbly om vir die dissipels te gaan vertel dat die Here gesien het nie.
Net soos vir Maria Magdalena, roep Jesus jou ook op die naam, terwyl jy Hom nie altyd herken nie. Wanneer jy Jesus se stem hoor en erken, verander jou lewe en kan jy nie stilbly nie.

  • Deel vandag met iemand wat Jesus vir jou beteken.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my op die naam roep. Dankie dat U my lewe kom verander. Mag ek vandag U raak sien. Amen.


Dinsdag 11 April 2023

Dinsdag 11 April
Johannes 20:3-10
Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo. Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan.

Om oor te gesels en te dink
Maria Magdalena het vir Petrus en Johannes gaan roep, toe sy besef dat graf oop was. Johannes, as skrywer van die Evangelie, verwys indirek hier na homself as die ander dissipel. Hy sien die doeke, maar gaan nie in die graf in nie. Toe Petrus daar aankom, het hy ingegaan en ondersoek ingestel. Johannes het toe eers ingegaan, dit weer gesien en geglo.
Dit is duidelik dat Johannes en Petrus wou seker maak dat wat hulle sien die waarheid is na wat Maria Magdalena vir hulle kom vertel het. Hulle het geglo dat Jesus opgestaan het, alhoewel hulle nog nie die volle implikasies daarvan besef het nie. Hulle het huis toe gegaan en probeer sin maak van wat gebeur het.
Soms is ons ook onseker oor wat besig is om te gebeur en soek ons na bewyse. Dit is nie altyd moontlik nie. Tog het Petrus en Johannes besef daar is iets meer en geglo.

Gebed
Here, ons wil ook partymaal alles verstaan voor ons glo, maar besef dis nie altyd moontlik nie. Help my om U steeds te vertrou, al maak alles nie sin nie. Amen.


Maandag 10 April 2023

Johannes 20:1-2
“Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.””

Om oor te gesels en te dink
Ons het hierdie naweek die hoogtepunt van ons Christelike kalender gevier, naamlik die kruisiging en opstanding van Jesus. Hierdie gebeure het die hele wêreld verander, veral as ons terugkyk.
Johannes vertel vir ons dat Maria Magdalena aanvanklik nie besef het wat aangaan nie. Sy is bedroef, in die nag, na Jesus se graf toe, amper soos ‘n Nikodemus (Joh 3). Sy wil iets gaan doen, maar weet ook nie regtig wat nie.
Hierdie Maria Magdalena het ‘n besonderse band met Jesus gehad. Jesus het haar vroeër van bose magte genees, waarna sy Hom begin volg het. Sy en ander vroue het Hom en die twaalf dissipels versorg (Luk 8:2-3). Dit was nie Maria, Jesus se ma, nie.
Maria Magdalena kom by die graf en ontsteld sien sy die graf is oop, teen alle verwagting. Sy skrik en gaan roep vir Petrus en Johannes. ‘n Wonderwerk is besig om voor haar af te speel, maar sy besef dit nog nie. Sy was te geskok gewees.
Ons besef ook nie altyd wat besig is om ons te gebeur nie. Maria het nie weggeskram van haar emosies nie. Sy het hulp gaan soek, al het sy nie verstaan wat aangaan nie. Dit was amper ongeloof. Laat ons by Maria leer om eerlik rou met ons emosies om te gaan.

Gebed
Here, ek is self verwonderd oor die wonder van die oop graf. Ek weet nie altyd wat om te dink nie, maar ek bring vir U my emosies en ongeloof na U toe. Mag ek die wonder van U Opstanding opnuut ervaar. Amen.


Saterdag 8 April 2023

Matteus 27:57-66
57Laat die middag het daar 'n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook 'n volgeling van Jesus was. 58Hy het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra, en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word. 59Josef het die liggaam geneem en dit in skoon linne toegedraai 60en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan. 61Maria Magdalena en die ander Maria was ook daar en het reg voor die graf gesit. 62Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom 63en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ 64Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” 65Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” 66Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.

rou VRAE:

  • In die gedeelte beleef ons soveel verskillende elemente. Vanaf die voorbereiding om Jesus te begrawe en moontlik ‘n lewe sonder Hom op aarde te kan begin beleef. Leierskap in die Joodse geloof wat bekommerd is oor wat sou gebeur indien Jesus werklik was wie Hy gesê het Hy is. Voorbereidings indien niks wat Jesus gesê het war sou wees nie, planne vir indien alles wat Hy gesê het, waar sou wees.
  • In hierdie tyd is dit belangrik om te weet dat Jesus juis gaan na die plekke wat voorheen as onmoontlik gesien is. Hy gaan na die doderyk en gee vir die mense wat vooraf gegaan het, geleentheid om Hom te leer ken en vir Hom te kies. Hy gaan in die dooie plekke in, die hopelose plekke, die seerkry plekke. Jesus neem liefde, hoop, genesing, wonderwerke, Sy teenwoordigheid en oorwinning.
    -Is daar ‘n plek waar Jesus nie kan gaan nie of jou nie kan vind nie? (Of beleef jy dit ten minste so?)
  • Voel jy dat daar te veel sonde is, te veel foute is, te veel wonde is, wat maak dat Jesus jou nie sal aanvaar nie?
  • Hoe dink jy sou Jesus wou hê jy moet leef, na alles wat Hy vir jou gedoen het?

rou OEFENING:

  • Op StilSaterdag vier ons die tyd wat Jesus na helle neergedaal het. Dit is ‘n tyd van stilte en refleksie.
  • Hoe dink jy sou dit voel daardie eerste Saterdag sonder die wete dat Jesus môre sou opstaan?
  • Mak tyd vir afsondering vandag, om iets daarvan te beleef.

rou GEBED:
Here, wanneer ek verlore is en dit nie weer nie, kom vind my asb. Here, help my om die eerlike vrae te vra. Here, ek begeer U. Here, lei my na U.
Amen

Vrydag 7 April 2023

Vrydag, 7 April 2023

Lukas 23:1-47
1Daarna het die hele vergadering opgestaan en Jesus na Pilatus toe gebring. 2Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.” 3Pilatus vra Hom toe: “Is jy die koning van die Jode?” Hy antwoord hom: “Dit is soos u sê.” 4Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.” 5Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.” 6Toe Pilatus dit hoor, vra hy of die man dan 'n Galileër is. 7Nadat hy te wete gekom het dat Jesus uit die magsgebied van Herodes afkomstig was, het hy Hom na Herodes toe gestuur, wat juis in daardie tyd self in Jerusalem was. 8Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al 'n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen. 9Hy het allerlei vrae aan Hom gestel, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. 10Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het Hom heftig gestaan en beskuldig. 11Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom 'n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur. 12Op daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was daar kwaaivriendskap tussen hulle. (Lees die res van die gedeelte in jou Bybel.)

rou VRAE:

  • Jesus se liefde het Hom tot aan die kruis gelei. Jesus se liefde veroorsaak dat mense wat voorheen vyande was, vriendskappe kan laat vorm. Jesus se liefde verander lewens. Jesus se liefde veroorsaak genesing, heling, wonderwerke en heelheid.
  • Watter tipe liefde het Jesus aan die kruis vir jou geopenbaar?
  • Watter tipe liefde beleef jy elke dag?
  • Watter tipe liefde gee jy elke dag?
  • Hoe kan jou liefde meer lyk soos Jesus se liefde? Hoe moet God jou verander om dit te kan gee?

rou OEFENING:

  • Deel vandag met die mense wie jy liefhet, hoe jy oor hulle voel. Gebruik jou woorde en jou dade.

rou GEBED:
Here, trek my nader aan die kruis vandag. Lat my vandag daar staan om U liefde te beleef. Laat my vandag die gewig van die kruis voel. Here, U teenstaanders het gedink hulle kon U stop met die kruis, dat U magteloos sou wees. Here, U gebruik die kruis om te oorwin en wys hoe U liefde werklik lyk. Here, wys vir my die waarheid van wat by die kruis gebeur het.
Amen

Donderdag 6 April 2023

Matteus 26:1-30
1Nadat Jesus oor al hierdie dinge klaar gepraat het, het Hy vir sy dissipels gesê: 2“Julle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.” 3In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester. 4Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood te maak. 5Hulle het egter gesê: “Nie op die fees nie, sodat daar nie oproer onder die volk kom nie.” 6-7Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet. 8Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so 'n verkwisting?” vra hulle. 9“'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.” 10Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen. 11Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie. 12Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis. 13Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.”… (Lees die res van die gedeelte in jou Bybel.)

rou VRAE:

  • ‘n Mens sou dalk in die versoeking kon wees om die Paasfees gebeure mis te lees. Mens wil nie gekonfronteer word met alles wat Jesus in sy laaste twee dae beleef het nie. Tog is dit belangrik dat ons dit sien. In alles wat met Jesus gebeur, glo ek is die salwing met reukolie een van die hoogtepunte wat vir Jesus hoop gee terwyl Hy die lydensweg deurgaan. Jesus is geëer, gesalf en verheerlik deur die vrou se dade. Sy doen dit, terwyl sy by Jesus is. In die oomblik. Sy wag nie vir later nie. Sy doen dit nie stil binne haar hart nie. Sy is spandabelrig, braaf en nie skaam nie. Sy gee haar alles vir Hom wat alles gee.
  • Hoe eer jy vir God op dieselfde manier nou in die oomblik? Hoe doen jy dit elke dag?
  • Hoe eer jy mense wat na aan jou is?
  • Hoe eer jy mense wat in jou teenwoordigheid is?

rou OEFENING:

  • Luister na die lied, “So will I” van Hillsong Worship (https://m.youtube.com/watch?v=fyYn21RdBBQ)
  • Lees die lirieke. Hoe kan jy hierdie God vandag eer?

rou GEBED:
My Here, ek het U lief. Ek giet my aanbidding en liefde uit in U. Ek giet my dankbaarheid en afhanklikheid uit op U voete. Here, ek benodig die brood en wyn wat U gee. Maak my versadig daarmee. Here, maak my ten volle tevrede. Here, help my om vanuit hierdie plek ander te versorg. Here, help my om vir ander te gee, wat ek self ontvang het.
Amen

Woensdag 5 April 2023

Psalm 22
1Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. 'n Psalm van Dawid. 2My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? 3My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie. 4U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! 5Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered. 6Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie. 7Maar ek is 'n wurm, nie 'n mens nie. Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag. 8Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: 9“Laat dit aan die Here oor! Laat Hý hom red, laat Hý hom bevry as Hy dan so baie van hom hou.” 10U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. 11Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God. 12Moet tog nie so ver van my af weg bly nie, want die nood is naby en daar is niemand wat help nie. 13'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel, soos beeste uit Basan staan hulle my toe. … (Lees die hele Psalm in jou Bybel.)

rou VRAE:

  • Jesus gebruik hierdie Psalm om sy belewenis aan die kruis uit te druk. Almal wat Hom gehoor het die eerste vers uitroep sou die Psalm kon klaarmaak in hulle gedagtes. Lees dit deur en kyk na alles wat beskryf word. Is daar sulke soortgelyke gevoelens, belewenisse by jou? Deel jou hart met die Here.
  • Waaroor rou jy? Groot en klein? (Verlore werk, liefde, mense, verhoudings, drome, hoop, ervarings, gesondheid, waarde, ens.)
  • Jesus het gehuil toe Hy getreur het. Het jy al gehuil vir dit wat jy rou? Waarom of waarom nie?
  • Wat leer jy in jou trane?

rou OEFENING:

  • Kos het soms die vermoë om ons beter te laat voel wanneer ons hartseer is of pyn beleef. Dit is nie noodwendig dat ons werklik beter word nie, maar net voel asof dit ligter is.
  • Bak vandag iets vir jouself of iemand anders.

rou GEBED:
Here, daar is pyn. Maak my bewus van dit, sodat ek dit beleef. Here, help my om dit te sien vir wat dit is. Here, help my om woorde daarvoor te gee. Here, help my deur dit. Gee asb. vir my die waagmoed om daarmee te leef, hier waar ek is. Help my om braaf te wees en aan te gaan met die lewe, saam met U.
Amen

Dinsdag 4 April 2023

Psalm 137:1-6
1By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink. 2Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang 3toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!” 4Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land? 5As ek jou sou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan verlam raak. 6Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer het hierdie Psalm geskryf in Ballingskap in Babilonië. Hy skryf die Psalm wanneer hulle werklik rou oor alles wat hulle verloor het. Mens sou maklik kon voel dat God hulle verlaat het, nadat hulle land afgebreek is, hulle weggevoer is en in die vreemde sit. Die Babiloniërs is besig om hulle te spot en te vra: “Waar is julle God? Wie is julle God, wat hierdie goed toelaat?”
  • Wat sou jou antwoord wees as jy kyk na alles wat verkeerd gaan in die wêreld en om jou? Deel jou hart met die Here.
    -Hierdie ervaring het ook die Joodse skrywers aangemoedig om te begin om Genesis te skryf soos ons hom vandag ken. Die antwoord op die vraag: “Waar is julle God? Wie is julle God?” Die bevestiging dat God die een is wat alles begin. Die middelpunt van alles is. En die eindpunt. Hulle kyk na hulle reis saam met God en herinner hulleself daaraan dat God steeds by hulle is. Wie is God vir jou?

rou OEFENING:

  • Regoor die wêreld is daar soveel situasies waar mense voel hulle nie antwoorde kry nie. (Jy is welkom om internasionale nuus te lees en kyk wat mense oor die wêreld raadop maak.)
  • Waar kan jy betrokke word om mense in jou omgewing te help, antwoorde vind?
  • Maak die afspraak om jou tyd te gee.

rou GEBED:
Here, hoor my uitroep. Luister na my hart en die roep van die wêreld wat na U vra. Here, lei ons na die rots wat ons sterkte is. Wees, U ons veilige hawe en ons vesting. Here, laat ons by U skuil verewig. Here, laat U teenwoordigheid vir ons lewenslank vrede gee.
Amen

Maandag 3 April 2023

Matteus 26:38-39
Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”.

rou VRAE:

  • Soms is die wag voor die swaarkry kom, so moeilik, bv. Wanneer ons weet iemand is op hulle sterfbed. Wanneer ons weet verhoudings gaan nie kan herstel nie. Wanneer ons besig is om deur die afdanking proses te gaan. Wanneer ons siek is. Daar is soveel kere wanneer ons moet wag vir dit wat volgende gaan gebeur. Jesus moes ook. En Hy het geloofsvriende gevra om saam met Hom te bid. Hy het in verhouding met ander die Here ontmoet.
  • Wat doen jy wanneer jy vir swaarkry moet wag? Wie vertrou jy om saam met jou die las te dra en bid? Hoe lyk jou gebede in hierdie tyd?
  • Hoe sou dit wees as jy hierdie ervarings en omstandighede heeltemal alleen sou moes hanteer? Waarom gee God vir ons ander gelowiges? Waarom is Hy steeds daar om mee te praat?
  • Soms kan ons nie swaar en seerkry vermy nie. Soms moet ons deur dit gaan. Maar dan is God by ons. Hoe kan hierdie gedagte jou help?

rou OEFENING:

  • Daar is oomblikke in ons lewens wanneer ons die moeilike omstandighede of die rou wil vermy.
  • Kies vandag om dit wat jy vermy te erken. Sit met die gevoelens en rou. Plant ‘n blom om dit te erken. Of brand ‘n kers terwyl jy sit en huil. Rituele help ons om te erken wat gebeur het en binne ons woed.

Gebed:
Here, ek wil saam met U deur hierdie week stap. Ek wil deur die trauma van wat U beleef het op pad na die kruis beleef. Here, help my om saam met U te wag. Here, help my om U te sien. Here, laat my rou vir dit wat U moes deurgaan en wat U hart gebreek het. Here, help my om te ontvang, dit wat U vir my gedoen het.
Amen

Saterdag 1 April 2023

Johannes 15:9-17
9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

rou VRAE:

  • Jesus praat van liefde wat in praktyk gestalte vind. Hoe lyk ware liefde? Wat behels dit? Hoe vind dit gestalte?
  • Dink aan iemand wie se liefde vir jou groot verskil gemaak het. Hoe het hulle liefde ‘n verskil gemaak in jou lewe?
  • Wat kan jy leer van hierdie tipe liefde?
  • Hoe kan jy hierdie tipe liefde vir ander bied?

rou OEFENING:

  • Skryf ‘n brief vir die persoon aan wie jy gedink het met die vorige vrae.
  • Dit kan iemand wees wat dalk nie meer hier is nie. Hulle sal steeds jou boodskap hoor.
  • Bedank hulle vir die liefde en beskryf hoe dit jou beinvloed het.

rou GEBED:
Dankie Here. Dankie dat U liefdesbrief my bereik het. Dankie dat U Seun dit self vir my gebring het. Dankie dat U al die grense oorgesteek het om dit vir my te bring. Ek weet dat dit ‘n besonderse gawe is. Dankie Here, dat U liefde vir my buitensporig, onverskillig en sonder perke is.
Amen

Vrydag 31 Maart 2023

Handelinge 20:32-36
32Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. 33“Ek het niemand se geld of klere begeer nie. 34Julle weet self dat ek vir myself en vir die mense wat saam met my was, gesorg het deur met hierdie twee hande van my te werk. 35Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” 36Nadat Paulus dit gesê het, het hy saam met hulle almal gekniel en gebid. 37Almal het baie gehuil en hom omhels en gesoen. 38Hulle was veral hartseer omdat hy gesê het dat hulle hom nie weer sou sien nie. Daarna is hulle saam met hom na die skip toe.

rou VRAE:

  • Die mense van Handelinge het van hulleself uitgegiet in ander. Hulle het gedien, opgeoffer en gegee. Hulle het versorg, liefgehad en om gegee. Hoe maak jy ook so? Waar is daar getuienis daarvan?
  • Is daar iemand in jou lewe wat altyd net vir ander gee? Hoe gee hulle vir ander?
  • Het hulle dalk nodig om ook te ontvang? Hoe kan jy vir hulle vra wat hulle benodig?
  • Wat sou jy benodig as iemand vandag vir jou sou vra wat jy benodig?

rou OEFENING:

  • Kies iemand in jou lewe wat baie vir jou gee en doen. Vra vir hulle wat het hulle vandag nodig.
  • Vra spesifiek hoe jy God se seën vandag vir hulle kan betoon.

rou GEBED:
Here, help my om bewus te wees van die swaarkry om my. Veral wanneer dit swaar gaan met mense wat altyd gee en dien. Here, help my om nader aan hulle te beweeg. Here, wys my wat nou belangrik is in hierdie lewe. Here, help my om nie stil te bly nie maar juis te help waar ek kan.
Amen

Donderdag 30 Maart 2023

Matteus 5:43-48
43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

rou VRAE:

  • Jesus praat met die mense oor vyande en naastes. Ons sou dalk vinnig kon sê ons het nie vyande nie. Ons het nie iets teen ander nie. Maar wanneer ons werklik stilstaan by mense met wie ons meng of ons tyd en geld spandeer, verklap dit moontlik dat daar mense is wat ons nie soos ander hanteer of respekteer nie. Ons het moontlik nie vyande nie, maar daar is mense wat ons kies om nie mee te meng nie.
  • Wie is jou vyand of jou teenstander? (Moenie te vinnig verby hierdie vraag gaan nie. Vir wie het jy min respek of nie tyd voor nie.)
  • Hoe hanteer jy hierdie mense anders as hulle wie jy kies om jou tyd mee te deel?
  • Hoe kan die Here jou hart laat oopbreek vir hierdie mense?

rou OEFENING:

  • Hoe sou dit lyk om hierdie mense te seën?
  • Skryf ‘n seën gebed en seën hierdie mense elkeen by die naam.

rou GEBED:
Here, soms voel hierdie kwaai gevoelens wat ek het vir mense wat ek nie respekteer of waardeer nie, so reg. Here, seën elkeen van ons wat besef dat dit nie in lyn met U hart vir mense is nie. Here, help ons om los te kom van ons hardkoppigheid en vas te hou aan U genade . Here, help my om te aanvaar dat genoeg genade vir hulle is en ook vir my.
Amen

Woensdag 29 Maart 2023

Handelinge 1:7-9
7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.

rou VRAE:

  • Wat is die verskil tussen om alles van iemand te weet en hulle te ken? Van wie weet jy baie? Wie ken jy baie goed?
  • Is dit moontlik om baie van Jesus te weet, maar hom glad nie te ken nie? Wat is die resultaat hiervan? Hoe lyk mense wat van Jesus weet maar hom nie ken nie?
  • Wat weet jy alles van Jesus? Hoe ken jy vir Jesus? Wat is die verskil?
  • Sou jy sê jy ken vir Jesus werklik? Hoe reflekteer jou lewe dit?

rou OEFENING:

  • Wat is die verskil tussen iemand wat goed van jou weet, en iemand wat jou ken?
  • Hoe laat jy toe dat ander jou ken?
  • Kies iemand met wie jy iets van jou kan deel. Hoe laat dit jou voel as hulle jou op ‘n nuwe manier leer ken?

rou GEBED:
Here, ek het U totaal en al lief. Dankie dat U dit vir my moontlik maak om nie net van U te weet nie, maar om U ook te ken. Dankie Here dat U Heilige Gees met ons is. Here, wys ons hoe om met ander in kontak te kom en hulle werklik te ken. Here, help ons om deur hierdie diep “ken” ervaring U getuies te wees.
Amen

Dinsdag 28 Maart 2023

Jesaja 58:6-9
5Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê: net dat 'n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos 'n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít 'n vasdag, 'n dag waarvan die Here hou? 6Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? 7Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? 8Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. 9Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie, 10as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.

rou VRAE:

  • Vir die Jesaja skrywer is vas belangrik. Vas behels gewoonlik dat jy sonder dit gaan wat vir jou kosbaar is (kos, spesifieke lekkerhede, ens) en dit tyd wat jy daaraan sou spandeer met die Here deurbring. Die Jesaja skrywer moedig mense aan om sonder al hierdie ongeregtighede te gaan. Hy vra hulle om weg te maak met dit wat eintlik vir Hom onaanneemlik is. Dit is die beste vorm van eer betoon.
  • In hierdie gedeelte noem Jesaja die geestelike handeling van vas. Hy beskryf spesifiek hoe dit aan ander optredes verbind is. Watter geestelike handelinge wat jy doen, affekteer ander? Hoe affekteer dit ander?
  • Hoeveel van wat jy doen in geloof is net vir jouself en die Here? Hoeveel van jou geestelike gewoontes is vir ander? Is daar balans?
  • Watter van die voorbeelde wat Jesaja noem, kan jy ook by betrokke raak? Is daar spesifiek een wat vir jou uitstaan? Hoe gaan jy begin?

rou OEFENING:

  • Sommige mense kies om ander se pyn hulle eie te maak.
  • Hoe hou mens met hartverskeurende werk konstant moed?
  • Waar lê jou vreugde in die moeilike take wat jy doen? Hoe kan jy vandag meer daarvan doen?

rou GEBED:
Here, wys vir my asb. die gawe wat ek het om te offer vir ander. Here, blaas U Gees van liefde oor al my inspanning. Here, mag ander die aroma van U liefde beleef deur dit wat ek doen.
Amen

Maandag 27 Maart 2023

Johannes 11:1-45
Lees die verhale van Lasarus, Maria en Marta, en Jesus wat Lasarus opwek.

rou VRAE:

  • Die verhaal van Lasarus se dood is nie vir ons nuut nie. Voordat Lasarus sterf roep Maria en Marta vir Jesus. Hulle weet Jesus kan hom red terwyl daar nog hoop is. Maar Jesus reageer nie so vinnig soos hulle gehoop het nie. Lasarus sterf en dit lyk asof daar nie meer hoop is nie.
  • Maria en Marta is oorweldig met hulle rou wanneer Jesus by hulle aankom. Hulle het alles verloor en kan dit met Jesus deel. In hierdie oomblikke moet hulle rou en eerlik wees oor wat binne hulle harte aangaan. Hulle kan bely dat hulle swaarkry, en dat hulle steeds glo in Jesus.
  • Jesus rou oor Lasarus en is rou eerlik oor sy emosies wat hy beleef. Die verhaal eindig waar Jesus vir lasarus uit die dood opgewek het. Hierdie rou en treur proses, lei tot baie mense wat tot geloof kom.
  • Waar in die teks sou jy jouself vandag geplaas het? Met wie kan jy die meeste resoneer?
  • Watter emosies kom die meeste na vore vir jou? Hoe voel jy om Jesus te sien huil saam met jou?
  • Hoe lyk God se omgee in hierdie oomblikke?

rou OEFENING:

  • Neem ’n stuk papier. Maak ‘n lys van mense wat hoop nodig het.
  • Wat is jou gebed vir hierdie mense wat swaarkry om jou?

Gebed:
Noem die name op jou lys, een vir een, hardop vir die Here. Jy hoef nie enige iets by te voeg nie. Dit help soms om net dit vir die Here op hierdie manier te gee, veral wanneer jy voel asof jy nie ‘n verskil maak in die omstandighede nie. Deur hulle name te noem, bring ons elkeen wat siek is, swaarkry, pyn beleef, rou en God benodig na Hom.

Saterdag 25 Maart 2023

Romeine 12:9-15
9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.

rou VRAE:

  • Dink aan ’n tyd waar jy werklik kon huil saam met hulle wat huil en bly kon wees saam met hulle wat bly is. Kan jy dit vandag doen? Waarom of waarom nie?
  • Wat het jy nodig om in die oomblik te wees saam met die mense om jou?

rou OEFENING:

  • Luister na die lied, "Wees stil en weet" (https://www.youtube.com/watch?v=ui8FVlY-j1o).
    Herinner jouself vandag wie God is in hierdie oomblik. Wees net teenwoordig.

rou GEBED:
Here, gee asb. vir my die vryheid om vir myself die waarheid te kan vertel. Here, gee asb. vandag vir my die geskenk van iemand wat na my luister. Here, wanneer ek waarheid in ander se lewens moet inspreek, help my om dit stadig en met genade te doen. Here, help my om die waarheid op sagte maniere te deel.
Amen

Vrydag 24 Maart 2023

Jesaja 55:1-3
Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

rou VRAE:

  • Kan jy onthou van 'n tyd waar jy amper nie meer kon vashou nie? Hoe sou jy so 'n tyd beskryf en hoe voel dit?
  • Wat is die een gedagte waaraan jy vashou wanneer jy voel niks anders kan help nie?
  • Hoe bring hierdie gedagte vir jou vrede?
  • Jesaja herinner ons aan die belofte dat God altyd voorsien.

rou OEFENING:

  • Teken its wat jou aan jou situasie nou herinner. (Hê pret en teken buite die lyne).
  • Teken of skryf die hulpbronne neer wat jy tans het in jou situasie. Dink aan die mense wat jy kan kontak, die beloftes en waarhede wat jy weet.
  • Skryf vandag se datum by en wat vandag moontlik is om te doen.

    rou GEBED:
    Here, in dit wat ek vandag moet doen, wil ek vra vir die regte hulpbronne om mee te begin. Here, help my om nie met die probleme te begin nie, maar dit wat ek in my hand het om probleme op te los. Here, wys vir my in die regte tyd, soos ek leef wat ek volgende moet doen. Here, veral wanneer ek onseker voel oor die volgende tree.
    Amen

Donderdag 23 Maart 2023

Matteus 6:5-15
““Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. “So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.””
‭‭
rou VRAE:

  • Watter woorde sou jou gebedslewe die beste beskryf?
  • Is die woorde krities of inspirerend? Is die woorde rigied of groeiend?
  • Hoe sou jy jou gebedslewe graag wou beskryf? Hoe sal jy daar kom?

rou OEFENING:

  • Dink aan die verskillende seisoene. Watter seisoen stel jou gebedslewe die beste voor? Herfs, Winter, Somer, Lente?
  • Watter seisoen sou jy wou beleef in jou gebedslewe? Waarvoor vra jy dan vir die Here?

rou GEBED:
Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word. Laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood. Vergeef ons ons oortredings soos ons die vergewe wat teen ons oortree. Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.
Amen

Woensdag 22 Maart 2023

Jesaja 53:1-6
Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

rou VRAE:

  • Wat is die pyn wat jy tans beleef? Fisies, psigies, emosioneel en geestelik?
  • Jesaja skryf profeties oor Jesus wat pyn gaan ken. Hoe voel dit om te weet dat die God met wie jy praat weet hoe egte pyn lyk en voel?

rou OEFENING

  • Stanley Hauerwas het gesê: "The ability to live well is the ability to live without so many reasons."
  • Loop vandag met 'n klein klippie in jou skoen. Kyk hoe jou ervaring deur die dag beïnvloed word of verander.
  • Kan jy steeds goed leef met die klippie se teenwoordigheid?

rou GEBED
Here, sal U maak dat hierdie pyn wat ek beleef, saak maak? Ten minste vir U? Here, sien my raak in my weerloosheid. Herinner my asb. aan U teenwoordigheid. Here, raak my aan wanneer ek te skrikkerig is vir U.
Here, seën ons wat herinner moet word dat daar sommige goed is wat ons kan verander en ander wat ons nie kan verander nie.
Amen

Dinsdag 21 Maart 2023


“Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom._”
rou VRAE:

  • Wat is die pyn wat jy tans beleef? Fisies, psigies, emosioneel en geestelik?
  • Jesaja skryf profeties oor Jesus wat pyn gaan ken. Hoe voel dit om te weet dat die God met wie jy praat weet hoe egte pyn lyk en voel?

rou OEFENING

  • Stanley Hauerwas het gesê: "The ability to live well is the ability to live without so many reasons."
  • Loop vandag met 'n klein klippie in jou skoen. Kyk hoe jou ervaring deur die dag beïnvloed word of verander.
  • Kan jy steeds goed leef met die klippie se teenwoordigheid?

rou GEBED
Here, sal U maak dat hierdie pyn wat ek beleef, saak maak? Ten minste vir U? Here, sien my raak in my weerloosheid. Herinner my asb. aan U teenwoordigheid. Here, raak my aan wanneer ek te skrikkerig is vir U.
Here, seën ons wat herinner moet word dat daar sommige goed is wat ons kan verander en ander wat ons nie kan verander nie.
Amen

Maandag 20 Maart 2023

Psalm 62
2Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. 3Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. 4Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, ’n man wat reeds is soos ’n muur wat wil omval, ’n klipmuur wat omgestoot word? 5Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela 6Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. 7Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. 8God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. 9Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug. Sela 10Mense is verganklik, mense is niks: op ’n skaal wys hulle geen gewig nie, saam is hulle minder as niks. 11Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie. 12Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het 13en ’n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer beweeg tussen gedagtes van vertroue op God en bekommernis.
  • Wat is die bewegings van jou hart vandag?
  • Word jou hart meer gedryf na gevoelens van vertroue in die Here? Of meer gedryf na gevoelens van swaarkry en onsekerheid?

rou OEFENING:

  • Kyk na die beeldhouwerk "Melancholy" van Albert Gyorgy (https://www.alamy.com/stock-photo/albert-gyorgy.html)
  • Hoe laat hierdie beeld jou voel? Wat sê dit van rou?
  • Hoe beskryf dit wat jy tans beleef?

rou GEBED:
Inasem: O my siel, vind rus.
Uitasem: My siel vind rus in God.
Inasem: O my siel, vind rus.
Uitasem: My hoop kom van God.
(Herhaal totdat jy vrede beleef.)
Amen

Saterdag 18 Maart 2023

Psalm 56
1Vir die koorleier: op die wysie van “Die duif in die hoë bome”. Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat die Filistyne hom in Gat gevange geneem het. 2Wees my genadig, o God, want daar is mense wat my jaag, vyande wat my vervolg van die môre tot die aand. 3Vroeg en laat jaag my teëstanders my, en ek het baie vyande, o Allerhoogste. 4Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. 5In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen? 6Hulle vergal my lewe gedurig met beskuldigings teen my, al hulle bose planne is teen my gerig. 7Hulle lê op die loer en hou my dop, hulle bly op my hakke, so gretig wag hulle op my dood. 8Moenie dat hulle ongestraf bly vir hierdie vyandigheid nie! Laat u toorn hulle vernietig, o God! 9My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet. In u boek staan hulle opgeteken. 10Die dag wanneer ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dít weet ek: God is aan my kant. 11In God, wie se woord ek prys, in die Here, wie se woord ek prys, 12in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n mens aan my doen? 13Ek moet my geloftes aan U nakom, o God, ek wil U met dankoffers betaal, 14want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien.

rou VRAE:

  • David skryf die Psalm in ‘n tyd waarin hy baie teenstand beleef het. Hy is nie oortuig dat die teenstand ‘n straf is van God af nie. Inteendeel, weet hy, hy beleef teenstand omdat hy binne God se wil optree. Wanneer jy vir God kies, beleef jy soms teenstand van die wêreld. In die oomblikke wat die teenstand swaar word, is God die veilige hawe by wie jy tuis kom.
  • Watter emosies word alles beskryf in hierdie Psalm? Hoeveel van hierdie emosies beleef jy ook? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe is die Here by jou in elkeen van hierdie emosies? Hoe gee Hy vir jou vrede wanneer jy so baie beleef?

rou OEFENING:

  • Indien moontlik, lê vandag in water (bad of swembad). Dryf net en beleef die stilte, die kalmte en die rus.
    Wat beleef jy in daardie oomblikke?

rou GEBED:
Here, ek benodig U liefde en goedheid. Here, kom sit asb. by my, sodat ek U kan vertel van alles wat ek beleef. Here, ek wil met U alles deel wat vir my kosbaar is, swaar is, my oorweldig en my inspireer. Here, kom versorg my, asseblief.
Amen

Vrydag 17 Maart 2023

Psalm 13
1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 2Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? 3Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe lank sal die vyand my nog oorheers? 4Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie, 5anders sê my vyand hy het my oorwin en juig my verdrukkers oor my ondergang. 6Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer beleef ‘n afwesigheid van die Here. Hy voel jy bid met die plafon. Niks wat hy sê dring deur tot die Here nie. Die prag van die Psalm is egter dat hy dit sê met sy mond (of pen) en tog deur sy Psalm wys dat hy innerlik daarvan oortuig is dat God werklik luister en teenwoordig is. Hy praat steeds met die Here. Hy is oortuig die Here is die een waar die oplossing lê. Dit spreek van diep gegronde geloof. Dit getuig van ‘n God wat nog altyd teenwoordig was, selfs al beleef die skrywer tans meer stilte.
  • Die Psalm skrywer sê in vers 5 dat sy teenstanders verheug in sy ondergang. Beleef jy tans so iets? Of het jy al in die verlede gevoel jou teenstanders wag net vir jou om te vou? Deel jou hart met die Here oor hierdie ervaring.
  • Waar is God in die tye waar dit vir jou voel jou teenstanders wag vir jou ondergang? Deel jou hart met die Here.
  • Wat is die verskil tussen ‘n ondergang en ‘n oorwinning in jou lewe? Hoe verskil dit van mekaar? Hoe sal jy weet wanneer God vir jou ‘n oorwinning behaal het?

rou OEFENING:

  • Maak ‘n lys van mense, plekke en omstandighede in jou lewe wat restourasie benodig.
  • Bid die woorde van Numeri 6:24-26 oor elkeen wat op jou lys is.

rou GEBED:
Inasem: Here, dit voel asof ek ondergaan.
Uitasem: Maar ek sal vertrou in U standvastige liefde.
(Herhaal verskeie kere tot jy vrede beleef.)
Amen

Donderdag 16 Maart 2023

Psalm 81
1Vir die koorleier: met musiek. Van Asaf. 2Jubel tot eer van God ons sterkte, juig tot eer van die God van Jakob! 3Sing, en slaan die tamboeryn, laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp. 4Blaas die ramshoring op nuwemaan, met volmaan, op ons feesdag, 5want dit is 'n instelling vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob. 6Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelê toe hulle uit Egipte weggetrek het. Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor: 7“Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal, julle kon die mandjies neersit. 8In julle nood het julle geroep en Ek het julle gered; Ek het julle uit 'n donderwolk geantwoord, julle by die waters van Meriba op die proef gestel. Sela 9Luister, my volk, Ek gee julle 'n opdrag. Israel, luister na My: 10‘Daar mag vir julle geen ander god wees nie, julle mag voor geen vreemde god neerbuig nie. 11Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’ 12“Maar my volk het nie na My geluister nie, Israel wou niks met My te doen hê nie. 13Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid en hulle het hulle eie sin en wil gevolg. 14Ag, as my volk maar na My wou luister, as Israel maar my wil wou doen, 15hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bring en hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.” 16Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat, hulle straf sal vir altyd duur. 17Maar vir julle sal Hy voed met die beste koring, julle versadig met heuning uit 'n rots.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer skryf hierdie Psalm met die doel om die volk te herinner om God te prys. Hy herinner die volk aan die lang pad wat God saam met hulle gestap het. Hy verwys na gebeure in die woestyn, ‘n 40 jaar pad wat God geduldig met Sy mense gestap het. Hy herinner hulle dat elke dag op hierdie pad ‘n uitdaging was vir God se mense om te luister en gehoorsaam te wees. Hy herinner hulle ook dat elke dag op hierdie pad ‘n seën was waar God water en voeding verskaf het soos hulle dit nodig gehad het.
  • Hoe lyk jou lang pad saam met die Here. Voel jy soos die volk van God, dat dit net gevul is met swaarkry? Of beleef jy die Psalm skrywer se ervaring dat dit net gevul was met God se genade wat Hy daagliks uitgestort het? Deel jou hart eerlik met die Here.
  • Som het ons voeding nodig en soms het ons rus nodig. Wat is tans jou behoefte?
  • Hoe lyk rus wat jou siel verfris? Hoe lyk voeding wat jou honger les? Deel jou hart met die Here.

rou OEFENING:

  • Neem vandag jou koppie koffie of een ete wat jy gaan eet. Gebruik soveel van jou sintuie moontlik.
  • Wees doelbewus oor hoe dit ruik, hoe dit lyk, hoe dit proe. Beleef elke sluk of happie.
  • Hoe lyk rus, wat net so goed is vir jou siel soos hierdie koppie koffie of kos vir jou lyf?

rou GEBED:
Here, ek is so moeg, beide gees en siel. Wat ek die meeste benodig is rus. Die tipe rus wat ek net kan kry as ek myself opkrul in U hand palm. Here, weerhou my daarvan dat ek nie weer weghardloop en besig word nie. Sal U asb. U hand op my rus, sodat ek sal vertrou dat U alles in beheer het.
Amen

Woensdag 15 Maart 2023

16Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. 17Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende.

rou VRAE:

  • Wanneer ons swaarkry is ons geneig om te dink ons staan alleen daarin. Die waarheid is egter dat ons nie alleen is nie. Ander om my beleef ook swaarkry en dit is vir hulle net so sleg soos wat my swaarkry vir my is. En die belangrikste waarheid is dat God by ons in hierdie swaarkry is. Hy verlaat ons nie. Hy is saam met ons in ons ervarings.
  • Indien jy hierdie gevoel van alleen wees in jou lyf sou voel, waar sou jy dit voel? In dien jy alles wat jy verloor het in jou lyf sou voel, waar in jou lyf sou jy dit voel? Wat maak hierdie emosies met jou?
  • Wanneer beleef jy hierdie gevoelens van alleen wees in jou lewe? Wanneer is dit die ergste? Wat stel jou gerus in hierdie oomblikke?
  • Wanneer beleef jy hierdie gevoelens van rou oor alles wat jy al verloor het in jou lewe? Wanneer is dit die ergste? Wat stel jou gerus in hierdie oomblikke?

rou OEFENING:

  • Erken aan jouself wat jy alles verloor het. Haal diep asem in met elke realiteit wat kom. Blaas jou asem uit wanneer jy dit erken en daarmee sit.
  • Moenie vandag jou realiteit onderdruk, wegstoot of ontken nie.

rou GEBED:
Inasem: Here, draai na my en wees genadig met my.
Uitasem: Want ek is alleen en kry swaar.
Inasem: Here, verlig die eensaamheid in my hart.
Uitasem: En maak my vry van die swaarkry.
(Herhaal soveel keer as wat jy nodig het en rustig voel.)
Amen

Dinsdag 14 Maart 2023

Psalm 57
1Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hy vir Saul in die grot in gevlug het. 2Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is. 3Ek roep na God, die Allerhoogste, na God wat my sal help. 4Hy sal uit die hemel antwoord en my red, Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor. Sela God sal antwoord in sy liefde en trou. 5Ek is hier tussen leeus, tussen mense wat my wil verskeur. Hulle tande is spiese en pyle, hulle tonge is skerp swaarde. 6Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, u mag hoog bo die aarde. 7Hulle het 'n strik vir my voete gespan, hulle wou my breek, hulle het 'n gat vir my gegrawe, maar self daarin geval. Sela 8Ek voel weer veilig, o God! Ek voel weer veilig! Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing. 9Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak! 10Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, 11want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke! 12Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, hoog bo die aarde u mag.

rou VRAE:

  • In die Psalm beskryf David sy ervaring toe hy in lewensgevaar was. Hy deel met die Here sy angs en nood. Hy deel met God sy belewenis van sy lewe. Hy verduidelik hoe sy vyande se woorde en aantuigings voel. Meer as dit roep hy tot God in wie hy steeds vertroue het, al het niks nou al verander nie. Hy glo. Hy glo God kan alles omdraai. Hy glo God kan oplossings bring. Hy glo, selfs al het dit nog nie enige iets verander nie.
  • Loer by jou eie hart in. Voel dit vir jou asof jy tot op jou uiterste gedruk word? Voel dit asof jy nie by alles uitkom nie? Deel jou ervaring met die Here.
  • Of voel dit vir jou asof daar nog baie geleenthede is vir jou om alles waarvoor jy verantwoordelik is en moet doen, te kan hanteer? Is hierdie gevoel eg, of is dit valse hoop? Indien dit eg is, dank die Here vir sy goeie leiding om gesonde grense in jou lewe in te bou.
  • Is daar enige iets war jy vir jouself genade kan gun, deur dit neer te sit of vir die Here oor te gee? Indien jy werklik ruimte het, is daar iets wat jy by iemand kan neem om hulle las ligter te maak?

rou OEFENING:

  • Besluit saam as ‘n gesin. Wat is noodsaaklik en wat is net oorbodig? Wat is die dinge wat julle net vir ander se gemak of verwagtinge doen? Kan julle dit laat gaan?
  • Besluit saam oor die tipe lewensritme wat julle wil handhaaf. Hoe kan julle dit begin leef?

rou GEBED:
Here, ek kan sien hoe U my gemaak het uit liefde, vir liefde. So ek wil hê U moet al die dele van my vul. Die gelukkige plekke, die behoeftige plekke, die hartseer plekke, die plekke wat oorweldig is en die slegte plekke. Here, neem asb. oor en skuif rond wat geskuif moet word. Here, help my om vas te hou aan dit wat ek bedoel is om te wees, U kind.
Amen

Maandag 13 Maart 2023

Lukas 10:38-42
38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

rou VRAE:

  • Die verhaal van Marta en Maria is amper so bekend dat mens verby alles lees. Dit begin met die sin wat verduidelik dat Jesus ‘n gas was by Marta. Marta neem haar rol as gasvrou baie ernstig. Sy voel verantwoordelik. Sy wil die beste gee vir haar gas. Hy is nie net enige iemand nie, Hy is ook Jesus, haar Here.
  • Soms kies ons om met die dinge van die Here besig te wees, en dit is ook goed. Maar dit is nie goed wanneer ons so besig is met die dinge van die Here, dat ons die Here van die dinge misloop nie. Hier wys Maria vir Marta hoe dit lyk om Jesus te dien. Deur by Hom te ontvang, nie net te gee nie.
  • Voel jy druk om meer en meer te doen en meer en meer te wees? Waarom? Wie plaas hierdie druk op jou? Deel jou hart met die Here.
  • Wat gebeur binne jou lyf, gedagtes en gees wanneer jy laag loop op energie, tyd en hulpbronne? Is dit God se hart vir jou?
    -Is jy in die versoeking om in daardie oomblikke deur te druk en die bewustheid van jou moegheid, te onderdruk, ongeag die konsekwensies? Hoe gaan dit jou in die lang termyn help?

rou OEFENING:

  • Ons is beperkte wesens. Tog maak die idee van “nee” sê vir ons soms ongemaklik.
  • Hoe lyk gesonde grense vir jou? Wanneer weet jy moet jy nee sê?
  • Waarvoor gaan jy hierdie week nee sê?

Gebed:
Here, wys vir my die grense van alles wat myne is om vas te hou en myne is om te doen. Here, help my met die ongemak. Help my met die stoot-trek van uitsorteer wat my tekortkominge is. Help my om binne dit te werk sodat dit kreatief en volhoubaar is. Here, verbind my aan ander sodat ons werk vrugbaar sal wees vir ons.
Amen

Saterdag 11 Maart 2023

Openbaring 22:1-5
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

rou VRAE:

  • Hoe sou die gevoel beskryf wanneer jy vasgeloop voel?
  • Vra vir jouself, wat weet ek van liefde, selfs in hierdie plek?
  • Vra vir jouself, waarin is my wortels geplant, selfs in hierdie plek?

rou OEFENING:
Wanneer dit voel asof ons vasgeloop is in ons omstandighede, is dit nodig om onsself geestelik weer te reoriënteer. Een van die beste maniere om dit te doen, is ons ons ritmes rond te skyf en ons roetine te verander. Hoe kan jy alles wat jy gewoonlik moet doen, van nou af anders doen?

rou GEBED:
Here, maak los wat vasgeloop is in my lewe. Here help om alles in my lewe weer te laat vloei soos ’n oseaan. Here, laat alles wat ek begeer vloei saam met die sagmoedigheid van U hart. Here, laat alles wat ek begeer om te doen, met U krag wat reeds werksaam is in die wêreld verstrengel word.Amen

Vrydag 10 Maart 2023

Jesaja 43:1-7
Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af, Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.

rou VRAE:

  • Wat beteken dit om vrygekoop te wees of verlos te wees? Probeer aan praktiese maniere dink om dit te verduidelik aan 'n kind.
  • Watter frustrasies beleef jy tans, wat dalk anders sal lyk as jy deur die bril van vrygekoop en verlossing daarna kyk?

rou OEFENING:

  • Lees die teksgedeelte weer. Skyf nou jou eie weergawe waar jy jou naam invul elke keer waar Jakob of Israel genoem word.
  • Gebruik ook praktiese voorbeeld uit jou eie lewe waar God jou vrygekoop, gered, verlos het.

rou GEBED:
Here, laat my op U skoot opkrul. Laat my toe om my kop op U bors te rus. Laat my toe om U hartklop en asemhaling te hoor. Here, help my om U stem te hoor sê: ”Jy is my geliefde. Jy is veilig. Ek het jou gekies.” Here, laat my asb. toe om heeldag hier te bly. Here, help my om te weet dat hierdie my begin punt is, vir alles. Amen

Donderdag 9 Maart 2023

Jesaja 43:1-7
Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af, Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.

rou VRAE:

  • Wat beteken dit om vrygekoop te wees of verlos te wees? Probeer aan praktiese maniere dink om dit te verduidelik aan 'n kind.
  • Watter frustrasies beleef jy tans, wat dalk anders sal lyk as jy deur die bril van vrygekoop en verlossing daarna kyk?

rou OEFENING:

  • Lees die teksgedeelte weer. Skyf nou jou eie weergawe waar jy jou naam invul elke keer waar Jakob of Israel genoem word.
  • Gebruik ook praktiese voorbeeld uit jou eie lewe waar God jou vrygekoop, gered, verlos het.

rou GEBED:
Here, laat my op U skoot opkrul. Laat my toe om my kop op U bors te rus. Laat my toe om U hartklop en asemhaling te hoor. Here, help my om U stem te hoor sê: ”Jy is my geliefde. Jy is veilig. Ek het jou gekies.” Here, laat my asb. toe om heeldag hier te bly. Here, help my om te weet dat hierdie my begin punt is, vir alles. Amen

Woensdag 8 Maart 2023

Johannes 10:10-11
'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

rou VRAE:

  • Jesus het gekom sodat ons nie net hoef te oorleef nie, maar die lewe kan hê in oorvloed. Dit beteken dat ons kan asemhaal en selfs waag om onsself te wees.
  • Hoe sou ’n lewe in oorvloed lyk?
  • Wat steel die vyand by jou? Hoe kan jy ophou om toe te laat dat die vyand dit by jou neem?
  • Wat gee die goeie herder vandag vir jou?

rou OEFENING:

  • Hoe fokus jy op die positiewe in ’n wêreld wat vol is van dinge wat ons vrees, mense wat ons nie tevrede kan hou nie, kinders wat sterf en ouers wat nie verander nie?
  • Aan watter waarhede kan jy vandag vashou? (Die Here is goed. God is liefde. Ek is nie alleen nie. Ens.)

rou GEBED:
Here, wie moet ek word, in hierdie wêreld wat ons het en die mense wat ons is (heilig, onvolmaak, slordig, vreugdevol, geïrriteerd, moeg, gelief, gekies). Here, begin vandag met ons. Laat ons mense wees wat mekaar aanraak met ons gebrokenheid, die dinge wat ons net aan ons vriende erken, met die mense wat moeilik is om voor lief te wees. Begin met ons. Amen

Dinsdag 7 Maart 2023

Psalm 23:2-4
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

rou VRAE:

  • Psalm 23 is 'n bekende gedeelte in die Bybel. Mense lees en stuur dit veral vir mekaar wanneer dit swaar gaan. Watter woord het vandag vir jou uitgestaan in hierdie verse? Hoor vandag dat jy nie alleen is nie - selfs nie wanneer jy deur veranderinge gaan nie.
  • Watter veranderinge (groot en klein) beleef jy tans in jou lewe?
  • Hoe voel hierdie veranderinge in jou lyf? (Enige pyne, kolle, vlinders, ens?)

rou OEFENING:

  • Hou 'n seremonie om totsiens te sê vir dit wat jy agterlaat. (Steek 'n kers aan en as jy reg is, blaas dit uit. Koop blomme en gee dit vir iemand wanneer jy reg is om te laat gaan. )
  • Sê 'n gebed van dankbaarheid vir die vryheid wat verandering jou nou kan leer.

rou GEBED:
Here, geseënd is ons wat 'n oomblik neem om terug te kyk na wat was, die mense wat ons geword het, die mense wat vir ons lief was tot nou en die vrede beleef met dit wat bekend is. Here, geseënd is ons wanneer ons nou vorentoe kyk na 'n nuwe weg. Gee ons die waagmoed vir elke treë, asook die een daarna. Here, herinner ons dat U voor gaan en reeds is, waarheen U ons lei.  Amen

Maandag 6 Maart 2023

Psalm 88:2-5
Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep. Die swaarkry het vir my te veel geword: ek vat al aan die doderyk, ek staan al met die een voet in die graf, ek het geen krag meer nie.

rou VRAE:

  • Het jy al so gevoel, soos hierdie Psalmdigter? Kon jy eerlik en rou dit met God deel? In gebed vir God sê dat jy swaarkry, dat dit dalk 'n gemors van 'n dag is.
  • In die kultuur waar almal die heeltyd vra vir meer, meer, meer. Hoe kan jy minder wees?
  • In 'n kultuur wat perfek wil wees, 'n kultuur wat maklik sukses wil hê, 'n kultuur wat oordeel, waarvoor wil jy eerder vra?

rou OEFENING:

  • Die Batalha Klooster in Portugal. Die gebou is besonders versier, alhoewel dit nie werklik klaar gebou is nie. Die onvoltooide kapel het steeds nie 'n dak nie.
  • Hoe kan die onvoltooide kapel vir ons iets leer oor ons eie imperfeksies?

rou GEBED:
Here, ek is dankbaar dat U na my kyk en U eie handewerk raaksien. U sien my hoe ek reeds in Christus herstel is. Here, ek is in verwondering oor U oë, wat my so kan sien. 'n Werk van liefde en sorg. Dankie, Here. 
Amen

Saterdag 4 Maart 2023

2 Korintiërs 4:16-18
16Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. 17Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

rou VRAE:

  • Paulus kyk anders na die wêreld. Hy kyk soos God kyk. Hy sien reeds die ewige in die teenwoordige. Hy beleef reeds God se koninkryk in die wêreld om hom. Hy sien reeds wie hyself is, as God se kunswerk. Omdat hy reeds volle prentjie kan sien, kan sien wie God hom skep om te wees, word hy nie moedeloos nie. Elke teleurstelling, terugslag is nie finaal nie. Hy weet God oorwin en God vind vreugde in hom. Dit gee hom die hoop om daagliks weer saam met die Here te begin.
  • In watter tyd leef jy die meeste? Verlede, hede of toekomstige tyd? Waarom?
  • Wat is die gawe en nadeel daarvan om te veel tyd daar te spandeer?
  • Waarheen voel jy, wil God jou aandag vandag getrek?

rou OEFENING:

  • Skryf ‘n brief van dankbaarheid aan die jy van die verlede. Bedank jouself vir dit wat jy geweet het om te doen met alles wat jy op daardie stadium geweet het.
  • Skryf ‘n brief van dankbaarheid aan die jy van die toekoms. Bedank jouself vir hoe dapper jy gaan wees om ‘n nuwe jy te word.
  • Skryf ‘n brief aan die Here waarin jy Hom net dank vir hierdie oomblik.

rou GEBED:
Here, sê nou net. Sê nou net ek neem ‘n tree in geloof en voel net vrees? Sê nou net ek voel asof ek nie alles op my skouers kan dra nie? Here, vul my met U lig en liefde sodat ek U teenwoordigheid kan voel. Here, sê nou net ek voel U leiding. Here, sê nou net ek voel asof U die las vir my dra. Here, maak my dapper genoeg om U te vertrou.
Amen

Vrydag 3 Maart 2023

Psalm 46
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied. 2God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. 3Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, 4al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela 5Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste. 6God is daar; die stad sal nie wankel nie. God sal hom help nog voor die môre kom. 7Nasies kan raas en koninkryke wankel, maar as God sy stem laat hoor, smelt die aarde weg. 8Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela 9Kom kyk wat die Here gedoen het, watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring: 10die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend, oorlogswaens verbrand Hy met vuur. 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. 12Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer beskryf verskillende situasies. Elke keer herinner hy homself en God se mense aand God se rol binne in daardie omstandighede. Hy sien wie God is in tye van nood, in tye van skok, tye wanneer die politiek dreig, tye wanneer daar druk is en spanning.
  • Watter deel van Psalm 46 is waar wanneer jy skielik skok of rou beleef? Wie is die Here dan vir jou?
  • Watter deel van Psalm 46 is waar wanneer jy oomblikke van wonder beleef? Wie is die Here dan vir jou?
  • Watter deel van Psalm 46 is waar wanneer jy oomblikke van vrees of angs beleef? Wie is die Here dan vir jou?

rou OEFENING:

  • Om hoop te behou in oomblikke wat ons nie vir onsself kies nie, is soms moeilik. Dit kan help om na ander te kyk wat werklik verstaan waar deur jy gaan.
    Maak ‘n afspraak met iemand wat verstaan waar deur jy gaan. Of kontak ‘n professionele persoon om te luister.

rou GEBED:
Here, terwyl ek my siel nooi na stilte, help U my reeds om bewus te word van die feit dat U reeds by my teenwoordig is. Here, seën die stilte en woordelose wysheid wat na my toe kom. Here, gee vir my U liefdevolle optrede in oomblikke van krisis. Mag dit my en ander herinner. God omhels ons. God hou ons veilig. God is lief vir ons. God is lief vir ons. God is lief vir ons.
Amen

Donderdag 2 Maart 2023

Psalm 32
1'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. 3Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. 4U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela 5Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. Sela 6Dit is waarom elke gelowige in 'n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. 7U is vir my 'n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing. Sela 8Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. 9Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muil wat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei. 10Die goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde. 11Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.

rou VRAE:

  • Die psalm skrywer beskryf die innerlike wroeging wat hy beleef het, toe hy sy sondigheid en menslikheid weggesteek het vir die Here. Dit het hom opgevreet. In sommige omstandighede kan dit ons selfs van God af wegstoot omdat ons nie waardig voel om voor die Here te verskyn nie. Maar toe hy eerlik en rou voor die Here staan en erken wat in sy gedagtes aangaan, het sy las ligter geword. Hy kon homself wes, sonder om voor te gee.
  • Wanneer ons, ons menslikheid probeer wegsteek van God, maak ons meer foute en bring ons afstand tussen ons en God. Hoe is jy besig om jou tekortkominge te probeer wegsteek? Wat moet jy bely en vir die Here eerlik erken? Deel jou hart vrylik met die Here.
  • Wanneer ons met God eerlik is, word Hy ons veilige plek en kan ons by Hom nuwe krag kry. Hoe laat jy toe dat God jou ten volle ken? Hoe voel dit as jy niks hoef weg te steek nie? Deel met die Here jou hart.

rou OEFENING:

  • Teken ‘n self portret. Dit hoef nie kunstig te wees nie.
  • Skryf die dinge neer wat jou, jy maak. Neem tyd om die menslike eienskappe en imperfeksies ook te sien. Soms kan hulle ook gawes wees.

rou GEBED:
Here, geseënd is ons wanneer ons deur U ten volle geken word en ten volle gelief is. Dit is ‘n God-grootte projek wat net U kan doen. Here, geseënd is ons wanneer ons menslike-grootte lewens kan leef, in die gemeenskap met ander weerlose en gebroke mense, net soos ek. Dankie dat U ons almal heelmaak in U liefde en genade.
Amen

Woensdag 1 Maat 2023

Johannes 16:33
33Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

rou VRAE:

  • Hierdie een eenvoudige vers neem alles saam. Soos God vir Joshua gesê het, “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” God beloof nie ‘n wêreld of lewe vry van moeilike omstandighede nie. Eerder herinner God ons aan wie Hy is (die een wat teenwoordig is) en aan wie ons is (die mense wie God die moed gee om op Hom te vertrou). God los ons nie in swaar en uitdagende omstandighede nie. Hy is saam met ons daar en Hy voorsien wat ons benodig, die moed om weer voort te gaan.
  • Staan terug van die moeilike saak/omstandighede wat jy weet jy moet aanpak. Wat het die Here reeds vir jou voorsien om hierdie saak/omstandighede aan te pak?
  • Wat is die eerste stap wat jy moet neem om hierdie saak/omstandighede aan te pak? Waarvoor moet jy vir die Here vra?
  • Wat keer jou om hierdie saak/omstandighede aan te pak? Deel jou hart met die Here.

rou OEFENING:

  • Beplan die moeilike saak/situasie in jou dagboek vir hierdie week. Dag 1 erken net dat dit vir jou baie moeilik is. Dag 2 erken dat jy die saak/situasie wil wegdruk en vermy. Dag 3 neem die eerste tree om die saak/situasie aan te pak.

rou GEBED:
Here, ek wil die tipe mens wees wat nie moeilike sake/situasies vermy nie. Gee asb. vir my die waagmoed vandag, om te spreek of doen wat nodig is. Gee vir my U wysheid en gee my vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer ek bang is.
Amen

Dinsdag 28 Februarie 2023

Jesaja 43:16-21
16So sê die Here, Hy wat 'n pad gemaak het deur die see, 'n deurgang deur die magtige waters, 17Hy wat strydwaens en perde laat optrek het, 'n leër op volle sterkte na sy ondergang toe. Hulle kon nie weer opstaan nie, dit was klaar met hulle, hulle is soos 'n lamppit uitgedoof. 18Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. 19Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. 20Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. 21Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig.

rou VRAE:

  • Die Jesaja skrywer praat van veranderinge wat plaasgevind het. Hy herinner die mense aan God se teenwoordigheid binne hierdie veranderinge. Hy kyk terug en sien waar God was. Hy kyk vorentoe en wys waar God gaan wees. God is altyd teenwoordig binne in die veranderinge. Hy los jou nooit alleen nie.
  • Veranderinge kom in groot en klein vorme. Watter veranderinge moet jy tans hanteer? Watter groot veranderinge staan voor jou? Watter klein veranderinge moet jy gereeld hanteer? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe laat hierdie veranderinge jou voel? Voel jy dit erens in jou lyf? (Enige pyne, kolle, vlinders?) Is jou lyf besig om vir jou iets te verklap oor hoe hierdie veranderinge jou beinvloed? Deel met die Here.
  • Onthou, beide goeie en slegte veranderinge het die vermoë om ons te affekteer. Ons kan opgewonde wees, of angstig, en ons lyf kan beide op dieselfde manier interpreteer. Daarom is dit belangrik om sensitief te wees vir wat ons liggaam vir ons vertel. God het ons wonderlik geskep om selfs ons liggaam ‘n taal te gee om te probeer sin maak van dit wat ons beleef.

rou OEFENING:

  • Hou ‘n seremonie om totsiens te sê vir dit wat jy agterlaat. (Steek ‘n kers aan en blaas dit uit wanneer jy reg is. Koop blomme en gee dit vir iemand wanneer jy reg is om dit te laat gaan.)
  • Sê ‘n gebed van dankbaarheid vir die vryheid wat verandering jou nou kan leer.
    rou GEBED:
    Here, geseënd is ons wat ‘n oomblik neem om terug te kyk na wat was, die mense wat ons geword het, die mense wat vir ons lief was tot nou en die vrede beleef met dit wat bekend is. Here, geseënd is ons wanneer ons nou vorentoe kyk na ‘n nuwe weg. Gee ons die waagmoed vir elke treë, asook die een daarna. Here, herinner ons dat U voor gaan en reeds is, waarheen U ons lei.
    Amen

Maandag 27 Februarie 2023

1 Johannes 3:1-3
1Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 3Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.

rou VRAE:

  • Die gedeelte sê ons is kinders van God. Die realiteit is wel dat ons soms soos wees-, pleeg- of aanneem kinders voel, eerder as werklike bloed kinders. Wat is die verskil? Werklike kinders voel veilig, verseker van hulle ouers se liefde, sorg en beskerming. Hulle hoef nie bekommerd te wees dat hulle weggegee gaan word nie. Hulle hoef nie bekommerd te wees dat hulle swak gedrag of tekortkominge hulle plek in hulle ouers se hart gaan verander nie. Wees-, pleeg- en aanneem kinders voel altyd onseker of iets wat hulle sê of doen hulle plek in hulle ouers se huis en hart kan verander. Daarom is daar druk om perfek te wees, nie te veel te vra nie, nie foute te maak nie, nie ‘n las te wees nie.
  • In vandag se gedeelte daag ons teks ons uit om gemaklik, rustig en vry te voel om net ons rou, eerlike en imperfekte self te wees. Ons kan spasie los om nie vandag alles te wees wat ons dink ons moet wees nie. As ons vandag faal en nie hierdie dag kan klaarmaak nie, is daar genade en liefde wat ons vang.
  • In ‘n kultuur wat altyd meer, meer, meer wil hê, hoe kan jy vandag gemaklik wees om net jouself te wees, foute en tekortkominge ingesluit? Hoe kan jy minder wees van alles wat die kultuur verwag, en net wees by God?
  • In ‘n kultuur wat perfek wil wees, hoe kan jy gemaklik wees met foute maak? In ‘n kultuur wat maklike sukses wil hê, hoe kan jy gemaklik wees met sukkel? In ‘n kultuur wat oordeel, hoe kan jy net wees?

rou OEFENING:

  • Die Batalha Klooster in Portugal. Die geboue is besonders versier, alhoewel dit nie werklik klaar gebou is nie. Die onvoltooide kapel het steeds nie ’n dak nie. (https://www.youtube.com/watch?v=HqbeVRGzw6o&ab_channel=KateBowler)
  • Hoe kan die onvoltooide kapel vir ons iets leer oor ons eie imperfeksies?

Gebed:
Here, ek is dankbaar dat u na my kyk en U eie handewerk raaksien. U sien my hoe ek reeds in Christus herstel is. Here, ek is in verwondering oor U oë, wat my so kan sien. ’n Werk van liefde en sorg. Dankie Here.  
Amen

Saterdag 25 Februarie 2023

Psalm 3
2Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my. 3Daar is talle wat van my sê: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela 4Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. 5As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela 6As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. 7Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie. 8Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan. 9Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk.

rou VRAE:

  • Ons is daagliks gekonfronteer met situasies en omstandighede waar ons moet besluit of ons wil vashou of laat gaan. Ons is in verhoudings waarin ons moet besluit of ons moet vashou of laat gaan. Ons het gedagtes en gevoelens wat ons oor moet besluit ons moet vashou of laat gaan. Deel met die Here jou situasies, omstandighede, verhoudings, gedagtes en gevoelens waaroor jy wonder of jy moet vashou of laat gaan.
  • Wat is die goeie goed waaraan jy vandag kan vashou? Dank die Here hiervoor.
  • Wat is die goed wat jy vandag wil laat gaan? Vra vir die Here se krag om dit te kan doen.

rou OEFENING:

  • Wat is die dinge wat vir jou swaar is, maar wat jy nie kan laat gaan nie (kind wat siek is, ouers wat aan die einde van hulle lewens is, hart wat stukkend is, ens.).
  • Vra dat die Here jou sal toerus om met hierdie swaar te loop. En veral vir wanneer dit tyd is om te MOET laat gaan.

rou Gebed:
Here, help my om my vingers, een vir een, oop te forseer, sodat ek dit kan laat gaan wat my nie dien of versadig nie. Here, maak my begeertes oop vir die plek waar U my sal ontmoet. Here, help my om terug te keer na dit wat my lewe gee en energie verfris.
Amen

Vrydag 24 Februarie 2023

Psalm 36:6-10
6Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, 7u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here. 8Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. 9In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid. 10U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer vind vreugde in groot en klein dinge wat die Here doen. Dit is alles dinge wat hy by die Here beleef het. Wat het jy al saam met die Here beleef? Wat is die groot en klein dingetjies wat vir jou vreugde gegee het?
  • Maak ‘n opname. Hoe maklik voel dit vir jou om vreugde te vind en te beleef? Is dit moontlik? Of voel dit onmoontlik? Waarom?
  • Wat is die klein vreugdes wat jy vandag kan beleef, waar jy is?
  • Kan jy vreugde vind deur by God te skuil? Waarom of waarom nie? Deel jou hart met die Here.

rou OEFENING:

  • Lees Mary Oliver se gedig The Summmer day. (https://www.andreas.com/poems.html)
  • Maak ‘n lys. Wat is jou planne met hierdie een, wille en kosbare lewe?
  • Wat sou Mary Oliver vir jou moontlik voorstel om te doen?

rou Gebed:
Here, laat die kleinheid van hierdie plek, ’n veilige hawe word vir my, ’n plek van rus onder U vlerk. Here, mag dit ’n oomblik wees waarin ek weer vreugde kan beleef. Here, dankie, dat selfs die kleinste vreugdes vir my ’n prag verhaal vertel van U en U liefde.
Amen

Donderdag 23 Februarie 2023

Matteus 11:25-29
25Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. 26Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. 27“My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak. 28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

rou VRAE:

  • Die lewe was nog altyd bedrywig. Dit is ‘n gejaag om elke dag te oorleef. Jesus praat steeds vandag met ons. Hoe lyk jou program? Waarmee is jou dag gevul? As jy jou afgelope week sou neem en ‘n inhoud opname sou maak, wat sou jou program van jou verklap? Indien iemand jou nie geken het nie, wat sou hulle van jou program van jou leer?
  • Waarom lyk jou program soos hy lyk? Waarom hou jy jouself met al hierdie dinge besig? Wat sou dit van jou prioriteite sê? Wat sou dit van jou geloof sê? Wat sou dit van jou vertroue in die Here sê?
  • Voel jy meer bekwaam, aanvaarbaar, waardevol as jy ‘n lang lysie het om te doen? Kyk jy hoeveel goed jy op ‘n dag kan doen? Of is dit die goed wat jy doen wat werklik tel? Is dit wat jy doen, doelbewus gekies, intensioneel en waardevol? Deel jou met die Here.
  • Is daar vir jou ‘n verskil tussen die hoeveelheid goed wat jy doen, en die goed wat jy doen wat waardevol is? Wat is die verskil?

rou OEFENING:

  • Watter aktiwiteite bring vir jou werklik rus?
  • Wat kan jy vandag doen om vir jou ware rus in te bou in jou dag?

rou Gebed:
Here, vandag voel soos ’n groot ophou doen dag. Daar is te veel om te doen en te min van my om alles te doen. Vir my oorweldig wees, gee my vrede. Vir my oormoeg wees, gee my rus. Vir my bitter wees, gee my liefde. En vir my frustrasies met nie genoeg wees nie, omhels my.
Amen

Woensdag 22 Februarie 2023

Psalm 51:1-17
1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. 3Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! 5Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. 6Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. 7Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. 8Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. 9Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. 10Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. 11Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! 12Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. 13Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! 14Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. 15Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. 16Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. 17Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.

rou VRAE:

  • Vandag is AsWoensdag. Ons tema: geseënd is die wat rou, sinspeel op die feit dat ons almal begin dink oor dit wat met Jesus gebeur het aan die kruis. Ons rou oor dit wat met Hom gebeur het. Ons is bewus dat ons ‘n hand in Sy kruisdood het, omdat Hy vir ons sondes gesterf het en daarom rou ons oor ons eie aandeel. Ons erken ook met hierdie tema dat ons rou oor ander goed in ons lewens. En meer as dit weet ons, dat God ons vra om rou en eerlik te wees oor ons situasies. Dat ons ophou om voor te gee en rou, eerlik, eg en opreg voor die Here staan met die lewens wat ons het, nie die lewens wat ons altyd voorgee om te h nie.
  • Dawid bely in hierdie Psalm sy skuld, sy tekortkominge, sy sondigheid, sy valse lewe wat hy nagejaag het. Hy erken dat Hy God benodig en afhanklik is van Hom. Hy erken dat sy eie rou, eerlike lewe ver tekort skiet. Dat hy menslik is, tydelik is, afhanklik is, en weerloos is. Hy doen dit omdat hy gekonfronteer is met God se grootheid, almag, en duursaamheid.
  • As jy met God se grootheid gekonfronteer word, en bewus word van jou eie tekortkominge en weerloosheid, voel jy meer duursaam of weerloos? Hoe laat dit jou voel en dink?
  • Wat het jy van God nodig om meer aan jou duursaamheid herinner te word? Wat het jy nodig, veral wanneer jy meer weerloos voel? Hoe gee God dit vir jou?

rou OEFENING:

  • Gebruik die olyfolie om vir jou ‘n kruis op jou hand of voorkop te trek. Laat dit jou herinner aan die duur prys wat God vir jou, rou en weerlose mens betaal het.

rou Gebed:
Here, op my beste dae, wanneer ek bekwaam en selfversekerd voel, herinner my aan my afhanklikheid van U. En die dae wanneer ek agterstevoor en onderstebo is met onsekerheid, herinner my aan U grootheid. Alhoewel my dae, vrese, gemoed en omstandighede altyd verander, bely ek U bly altyd getrou. 
Amen

Dinsdag 21 Februarie 2023

Efesiërs 4:1-16

7 Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. 11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.

Lede van die liggaam van Christus (die Kerk) het diverse gawes, en diverse verantwoordelikhede. Ons weet dat die kerk gesond is as mense hulle gawes gebruik en hulle verantwoordelikhede opneem. Dit is krities belangrik dat ons dit doen, want dit is vir die opbou van die liggaam!

Eenheid beteken nie eendersheid nie, so ons behou steeds ons eenheid in diversiteit. ’n Kort beskrywing van die gawes in vers 11 is:

  • Apostel: die gawe om strukture te kan bou en strategies te kan dink, die leer van die kerk te beskerm, en die kerk aan te moedig om haar gestuurdheid uit te leef.
  • Profeet: die gawe om die kerk op God gefokus te hou en nie te laat dwaal nie.
  • Evangelis: die gawe om mense te oortuig van die goeie nuus, en mense in te nooi in die lewe van ’n geloofsfamilie.
  • Herder: die gawe om ’n gemeenskap bymekaar te hou, te versorg en te laat groei in liefde.
  • Leraar: die gawe om die detail van die evangelie, die Bybel en ons geloof te kan verduidelik en toepaslik te maak vir die kerk.

Die doel van hierdie gawes is om gelowiges toe te rus. Waarvoor? Vir diens! Ons sien in ons teksgedeelte dat ons elkeen se bydrae as diens beskryf word. Ons is almal saam tot diens geroep, en elkeen te bydrae is nodig vir die opbou van die liggaam!

Om oor te dink:

  • Weet jy wat jou gawe, jou unieke bydrae, is?
  • Wat doen jy tans met dit wat die Here jou gegee het?
  • Is daar ’n bydrae wat jy kan lewer tot die opbou van die liggaam?

“We simply weren’t constructed to live only for ourselves. We were placed on earth to be part of something bigger than the narrow borders of our own survival and our own little definition of happiness.” Paul David Tripp

Maandag 20 Februarie 2023

Efesiërs 4:1-16

1 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. 2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. 3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

Op dieselfde manier as wat ’n mens volgens sekere mates as “gesond” beskryf word, beskryf die Bybel ‘n gesonde kerk as ‘n kerk met sekere baie belangrike kenmerke en karaktereienskappe. Soms skarrel ons so dat ons nie eers weet dat ons eintlik as individuele gelowiges en ’n geloofsfamilie ongesond is nie.

’n Gesonde kerk is ’n kerk waarin daar eenheid is. Ons is verenig deur die feit dat ons almal in Jesus se beeld gevorm word. 
Kyk na die deugde en gedrag wat in vers 2-3 genoem word. Dit is deugde wat Jesus perfek beliggaam het, so ons lyk al meer na mekaar hoe meer ons in Jesus se beeld gevorm word.

Om te leef soos die teks beskryf, moet ons dit intensioneel kies, en nie net dit nie, ons moet intensioneel teen ander gedrag kies, om werklik op hierdie manier te leef. As ons meer geduldig wil wees moet ons kies teen ongeduld. As ons die eenheid wat die Gees gesmee het wil bewaar, moet ons teen vyandigheid, afgunstigheid, skinder en jaloesie kies. Dit is ons roeping, en ons lewenswandel moet in ooreenstemming met ons roeping wees. Onthou: ons doen dit nie in ons eie krag nie, ons doen dit deur die krag van die Heilige Gees.

Om oor te dink:

  • Watter een van die deugde staan vir jou uit vanoggend?
  • Sal die persoon die naaste aan jou kan getuig dat jou lewenswandel in ooreenstemming met jou roeping is?
  • Is daar iets waarteen jy doelbewus moet kies en vanaf moet wegdraai?

Humility is not thinking less of yourself. It is thinking of yourself less. Tim Keller

Saterdag 18 Februarie 2023

Kolossense 4:5b
“Maak die beste gebruik van elke geleentheid.”

Om oor te gesels en te dink
Ons leef op geleende tyd en daarom moet ons die beste gebruik maak van elke geleentheid. Paulus sê letterlik “koop die tyd uit”
Ons vergeet dat die by ons is en vir ons elke dag sorg en geleenthede gee om ’n verskil te maak. John Donne sê: “Baie mense wat Sondae die Onse Vader bid, leef die res van die week asof hulle weeskinders is.”
Ons leef so maklik asof alles net van onsself afhang. Paulus herinner ons om in afhanklik van God die geleenthede wat Hy vir ons gee aan te gryp.
Wanneer ons die tyd uit koop, skep ons ook geleenthede waardeur ons wys dat God se omgee en sorg ’n realiteit is.
Wanneer ons voor keuse gestel word, bid daaroor en vertrou die Here om vir jou wysheid te gee om die beste daarvan te maak.

Gebed
Here, dankie vir geleenthede. Mag ek vandag my tyd uitkoop en daarmee aan U al die eer gee. Amen.

Vrydag 17 Februarie 2023

Kolossense 4:5b
“Maak die beste gebruik van elke geleentheid.”

Om oor te gesels en te dink
Ons leef op geleende tyd en daarom moet ons die beste gebruik maak van elke geleentheid. Paulus sê letterlik “koop die tyd uit”
Ons vergeet dat die by ons is en vir ons elke dag sorg en geleenthede gee om ’n verskil te maak. John Donne sê: “Baie mense wat Sondae die Onse Vader bid, leef die res van die week asof hulle weeskinders is.”
Ons leef so maklik asof alles net van onsself afhang. Paulus herinner ons om in afhanklik van God die geleenthede wat Hy vir ons gee aan te gryp.
Wanneer ons die tyd uit koop, skep ons ook geleenthede waardeur ons wys dat God se omgee en sorg ’n realiteit is.
Wanneer ons voor keuse gestel word, bid daaroor en vertrou die Here om vir jou wysheid te gee om die beste daarvan te maak.

Gebed
Here, dankie vir geleenthede. Mag ek vandag my tyd uitkoop en daarmee aan U al die eer gee. Amen.

Donderdag 16 Februarie 2023

Kolossense 4:5a
“Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is.”

Om oor te gesels en te dink
Paulus lê klem op hoe ons as Christene teenoor ander mense op tree. Nie alleen moet ons in gebed volhard en bid vir geleenthede om met mense die evangelie te deel nie, maar moet ons met wysheid optree, veral teenoor mense wat buite die gemeente is.
Christene word baie keer beskuldig dat hulle woorde en dade nie ooreenstem nie. Ons word opgeroep om seker te maak dat ons alle mense met respek en liefde sal hanteer. Soms moet ons ’n geleentheid skep waar ons vir mense kan dien met liefde wanneer hulle dit nie verwag nie. Andere kere moet ons die geleentheid aangryp om iemand te help in wysheid deur byvoorbeeld net ’n luisterende oor te wees. Wat ook al die geleentheid, vra die Here om jou vandag wysheid te gee. Mag mense jou liefde vandag ervaar.

Gebed
Here, ek bid vir wysheid vandag. Mag ek U liefde vir iemand wys met wie ek te doen het. Amen.

Woensdag 15 Februarie 2023

Kolossense 4:3
“en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit.”

Paulus vra vir die gemeente om vir hulle in die tronk te bid en ook dat daar ’n geleentheid sal wees om die evangelie te kan verkondig. Hy vra dat God vir hulle ’n deur sal oopmaak dat hulle die boodskap van Christus kan deel. Dit is goed om te sien dat hy voorbidding vra. Ons moet nie huiwer om ander mense te vra om vir ons te bid nie.
Ons kom ook in situasies waar ons dieselfde as Paulus kan vra en bid. Die Here druk soms iemand op jou hart en dan weet jy dat jy met daardie persoon moet praat of help. Ons moet die Here vertrou vir die regte geleentheid om dit te doen. Partymaal open die Here eers na ’n lang tyd die deur of bid jy nogsteeds vir ’n deur om oop te gaan.
Moenie moedeloos word om te bly bid nie. Juis in die vorige vers moedig Paulus ons aan om te volhard in die gebed.

Gebed
Here, dankie vir geleenthede. Ek bid dat U ’n deur sal oopmaak dat ek U liefde met iemand kan deel. Amen.

Dinsdag 14 Februarie 2023

Kolossense 4:2
“Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar”

Om oor te gesels en te dink
Om te volhard in gebed is belangrik. Die Boodskap vertaal dit as: “Bid gereeld en gedissiplineerd. Sê ook vir God dankie vir alles wat Hy vir julle doen.
‭‭’n Belangrike komponent van ons gebed moet dankbaarheid wees. Ons fokus so op dit wat ons kort of nie het nie, dat ons nie altyd dankie sê vir wat ons het of wat die Here vir ons doen nie. Kan ons dit waaroor ons kla en bid, positief in dankbaarheid verklaar.
Kan ons in plaas van om te kla oor die verkeer werk toe, dankie sê vir werk en ‘n kar om daar uit te kom? Laat ons fokus op God wees en wie Hy is en doen.
*Waarvoor kan jy vandag dankie sê?
*Vir wie kan jy dankie sê wat ‘n verskil in jou lewe maak?

Gebed
Here, dankie vir vandag! Dankie dat ek kan bid en met U enigetyd praat. Dankie vir wie U is. Mag ek vandag in dankbaarheid leef. Amen.

Maandag 13 Februarie 2023

Kolossense 4:2
Volhard in die gebed!
 
Om oor te gesels en te dink
Ons skarrel en dink dat daar nie genoeg tyd is nie, tog is die laaste ding wat ons aan dink, is om te bid. Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan om te volhard in die gebed. Hy skryf vanuit moeilike omstandighede waar hy in die tronk sit, tog moedig hy hulle aan om te bid.
Gebed is nie iets wat ons moet doen nie, dis wat ons wil doen uit ons verhouding met Jesus.
Soos met ’n gewone verhouding wat jy graag tyd saam met die ander persoon wil spandeer, so moet ons tyd saam met die Here spandeer.
As dit jou help, stel jou horlosie of wekker om op ’n spesifieke tyd van die dag (wat net jy weet) af te gaan en bid dan spontaan. Dra wat verby is aan die Here op en gee dit wat voorlê vir Hom. So word dit ’n geloofsgewoonte om te volhard in gebed.
Gebed
Here, dankie dat ek enige tyd kan bid. Help my om te volhard in gebed. Ek wil tyd saam met U spandeer en U orals in my lewe raaksien. Amen.

Saterdag 11 Februarie 2023

Psalm 90:12, 14, 16-17
“12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. 14 Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.
16 Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.

Om oor te gesels en te dink
Psalm 90 is ’n kosbare gebed om elke dag te bid. Dit vra vir wysheid dat ons elke dag ons dag reg sal gebruik. Dis ’n versugting dat ons vreugde sal beleef.
Die Here se goedheid is by ons, ons en ons kinders moet dit raak sien en God daarvoor eer. Met hierdie gebed vra ons ook dat die Here die werk van ons hande in stand sal hou. Hiermee verklaar ons, ons afhanklikheid aan Hom. Dit is ’n keuse om God se goedheid elke dag om ons raak te sien.

Gebed
Here, ek kom bid vir wysheid. Leer my om my dae so te gebruik. Mag ek U goedheid elke dag nuut raaksien. Amen.

Vrydag 10 Februarie 2023

2 Korintiërs 3:18
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Om oor te gesels en te dink
Ons fokus hierdie week op die tema om vandag aan gryp. Die Here sorg elke dag vir ons. Sy genade en liefde is vir ons genoeg. Meer nog, vernuwe die Here ons elke dag deur Sy Gees wat ons by ons is en ons leer. Ons word elke dag meer gevorm na die beeld van Christus. “Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê” (2 Kor 3:18 Boodskap).
Die Heilige Gees werk in ons en ons kan Hom met ons lewe vertrou. Laat vandag toe dat God jou vernuwe. Gee jouself oor aan Hom, sodat ons die heerlikheid van die Here kan weerspieël.

Gebed
Here, ek wil U meer weerkaats en U heerlikheid uitstraal. Kom vernuwe my vandag. Amen.

Donderdag 9 Februarie 2023

Klaagliedere 3:21-25
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;

Om oor te gesels en te dink
Die Here se liefde en trou is elke dag vir ons genoeg. Klaagliedere se skrywer kom herinner ons dat ten spyte van die swaar en ellende, ons steeds op die Here kan hoop. Dis ’n vaste sekerheid. Deur die Here se ontferming en goedheid word ons bewaar. Dit is elke môre nuut en genoeg. Die Boodskap vertaal dit: “’n Mens kan altyd op U vertrou. Elke oggend is U maar weer daar.
God se liefde is vandag vir jou nuut en genoeg.
Vra na die Here se wil en bly op Hom hoop. Hy is getrou.

Gebed
Here, ek stel my hoop op U. Dankie dat U liefde en trou elke môre nuut is. Ek bely dat U my lewe is. Amen.

Woensdag 8 Februarie 2023

Matteus 6:9-13
So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

Om oor te gesels en te dink
Die Here voorsien vir elke dag. Soos wat Hy in die Ou Testament manna en kwartels gegee het, so leer Jesus ons om Hom te vertrou met ons behoeftes.
Wanneer Jesus ons in die Onse Vader leer bid, sê Hy dat ons moet vra vir vandag se daaglikse brood. Wat uitstaan is “vandag” en “daaglikse brood.”
Ons word so maklik meegesleur oor wat ons nie het nie of nog nie het nie, dat ons vandag mis. Ons moet fokus op wat hierdie dag inhou.
Ons kry genoeg vir vandag. Dit is ons daaglikse brood.

  • Bid jy nog gereeld vir jou daaglikse brood?
  • Wat sal jy vandag vir die Here wil vra wat jy vandag nodig het?

Gebed
Here, ek raak soms so besig dat ek nie bid vir my daaglikse brood nie. Ek vra nou vir vandag vir my daaglikse brood. Dankie dat U altyd voorsien. Amen.

Dinsdag 7 Februarie 2023

Eksodus 16:11-16, 19
Die Here sê toe vir Moses: “Ek het die verset van die Israeliete opgemerk. Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.” Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit. Die volgende oggend was daar 'n wolk rondom die kamp, en toe die wolk wegtrek, was die woestyn oortrek met fyn vlokkies soos ryp.
Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit dié?” want hulle het nie geweet wat dit is nie. Toe sê Moses vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet. Die Here het beveel: Gaan maak dit bymekaar volgens elke gesin se behoefte, twee liter per kop. Elkeen moet vat volgens die getal mense in sy tent.
19Moses het toe vir hulle gesê: “Niemand mag iets daarvan laat oorskiet tot môreoggend nie.””

Om oor te gesels en te dink
Die Here gee vir ons elke dag genoeg vir vandag. Die Israeliete kla in die woestyn en verlang terug na die kospotte van Egipte. Hulle voel dat die Here hulle vergeet het. Hulle kom in verset, tog kom die Here en voorsien vir hulle met manna (brood) en kwartels (vleis). Die Here gee vir elke persoon genoeg vir die dag. Hulle word beveel om nie oor te hou vir die volgende dag nie. God sal weer die volgende dag nuwe kos voorsien. Dit vra om afhanklik te leef.
Ons kan leer by die Israeliete en die Here ook vir vandag se voorsienigheid vertrou. Ons elkeen se manna lyk verskillend, maar dit is genoeg vir vandag.

Gebed
Here, dankie dat U vir my sorg. Dankie dat U vir my genoeg vir vandag gee. Mag ek vandag so afhanklik van U leef. Amen.

Maandag 6 Februarie 2023

Genesis 1:5
God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Om oor te gesels en te dink
Ons skarrel baie keer en voel dat daar te min tyd vir alles is. Ons doen alles te laat, tog wys Genesis 1 vir ons dat God ’n ritme van tyd in ons lewens gegee het. Let op wanneer God se tyd begin: dit het aand geword en dit môre geword. God se dag begin as die son sak, rustig. As jy dan gaan slaap en wakker word, is jy rustig vir die dag wat voorlê. Mens kyk dan terug op die dag wat verby is.
Ons skarrel as ons dag in die oggend begin en net probeer oorleef tot die aand. Kom ons dink vandag anders oor ons dag. God het reeds vandag vir ons gegee en ons kan weet dat Hy by ons is.
Dra vandag aan die Here op. As jy vanaand tuis is, reflekteer op die dag wat verby is en sê vir God dankie. Gee vir Hom ook wat vir jou voorlê, sodat jy rustig kan slaap.

Gebed
Here, my tye is in U hande. Dankie dat U elke aand en môre by my is. Ek gee my vandag vir U. Amen.

Saterdag 4 Februarie 2023

Matteus 25:34-35
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,… 36 siek, en julle het My verpleeg;

Om oor te gesels of te dink:

  • Hoe lyk dit om siek te wees? Hoe voel dit as jou lyf teen jou werk, swak word en nie meer wil doen wat hy/sy wou doen toe jy gesond was nie? Was daar al ooit ‘n geval waar jy so siek was vir ‘n geruime tyd? Wat gebeur binne jou gedagtes? Wat het jy nodig om gesond te word en gesond te voel? Deel sommer jou gedagtes met die Here.
  • Daar is verskeie siektes in hierdie wêreld wat ons liggaam, siel en gees aantas en afbreek. Het jy ‘n siekte wat jou liggaam, siel of gees aantas of afbreek? Kon jy al vrede maak hiermee? Waar is God in hierdie siekte? Deel jou hart met die Here.
  • Dit is ‘n stryd om iemand te kry wat jou simptome ernstig neem, jou die regte medikasie kan gee, jou te help moed hou terwyl jy bid om gesond te word, jou op te tel wanneer die simptome iets is waarmee jy moet leef, jou versorg terwyl jy nie lekker voel nie. Het jy sulke mense in jou lewe wat jou versorg as jy siek is? Laat jy hulle toe om jou te versorg as jy siek is? Deel sommer jou hart met die Here oor jou gedagtes in hierdie verband.
  • Is daar mense in jou lewe wat ‘n siekte het wat hulle liggaam, siel of gees aantas of afbreek? Hoe kan jy hulle versorg? Hoe kan jy luister en die siekte ernstig neem? Hoe kan jy hulle help om die regte medikasie te kry? Hoe kan jy hulle help moed hou terwyl julle bid vir genesing? Hoe kan jy hulle optel en ondersteun terwyl hulle met die simptome moet saamleef? Hoe kan jy hulle versorg terwyl hulle nie altyd lekker voel en die beste weergawes van hulleself is nie? Deel jou hart met die Here en vra vir wysheid.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek is soms siek en kry swaar. Fisies, emosioneel en geestelik. Dankie dat U die geneesheer is, en dat U ook mense stuur om my te versorg in hierdie tye. Here help my om ook vir ander wat siek is en swaar kry te kan versorg. Here, help my om belang te stel, om te gee en in tee tree, self wanneer ek self bang is vir dit wat siek maak. Here help my om met my eie ongemak vrede te maak, en U hande en voete in alle omstandighede te wees.
Amen.

Vrydag 3 Februarie 2023

Matteus 25:34-35
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,… 36 siek, en julle het My verpleeg;

Om oor te gesels of te dink:

  • Hoe lyk dit om siek te wees? Hoe voel dit as jou lyf teen jou werk, swak word en nie meer wil doen wat hy/sy wou doen toe jy gesond was nie? Was daar al ooit ‘n geval waar jy so siek was vir ‘n geruime tyd? Wat gebeur binne jou gedagtes? Wat het jy nodig om gesond te word en gesond te voel? Deel sommer jou gedagtes met die Here.
  • Daar is verskeie siektes in hierdie wêreld wat ons liggaam, siel en gees aantas en afbreek. Het jy ‘n siekte wat jou liggaam, siel of gees aantas of afbreek? Kon jy al vrede maak hiermee? Waar is God in hierdie siekte? Deel jou hart met die Here.
  • Dit is ‘n stryd om iemand te kry wat jou simptome ernstig neem, jou die regte medikasie kan gee, jou te help moed hou terwyl jy bid om gesond te word, jou op te tel wanneer die simptome iets is waarmee jy moet leef, jou versorg terwyl jy nie lekker voel nie. Het jy sulke mense in jou lewe wat jou versorg as jy siek is? Laat jy hulle toe om jou te versorg as jy siek is? Deel sommer jou hart met die Here oor jou gedagtes in hierdie verband.
  • Is daar mense in jou lewe wat ‘n siekte het wat hulle liggaam, siel of gees aantas of afbreek? Hoe kan jy hulle versorg? Hoe kan jy luister en die siekte ernstig neem? Hoe kan jy hulle help om die regte medikasie te kry? Hoe kan jy hulle help moed hou terwyl julle bid vir genesing? Hoe kan jy hulle optel en ondersteun terwyl hulle met die simptome moet saamleef? Hoe kan jy hulle versorg terwyl hulle nie altyd lekker voel en die beste weergawes van hulleself is nie? Deel jou hart met die Here en vra vir wysheid.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek is soms siek en kry swaar. Fisies, emosioneel en geestelik. Dankie dat U die geneesheer is, en dat U ook mense stuur om my te versorg in hierdie tye. Here help my om ook vir ander wat siek is en swaar kry te kan versorg. Here, help my om belang te stel, om te gee en in tee tree, self wanneer ek self bang is vir dit wat siek maak. Here help my om met my eie ongemak vrede te maak, en U hande en voete in alle omstandighede te wees.
Amen.

Donderdag 2 Februarie 2023

Matteus 25:34-35
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,… 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee;

Om oor te gesels of te dink:

  • Hoe lyk dit om “kaal” te wees? Hoe voel dit om broos, uitgeworpe en oorgelewer aan ander te voel? Was daar al ooit ‘n geval waar jy so “kaal” was vir ‘n geruime tyd? Wat gebeur binne jou gedagtes? Wat het jy nodig om te voel asof jy niks het om voor skaam te wees nie? Wat het jy nodig om te voel asof jy niks het om weg te steek nie? Wat het jy nodig om te voel asof jy waarde het in jouself en vir ander? Deel sommer jou gedagtes met die Here.
  • Mense in hierdie wêreld, voel gereeld kaal, ontbloot en uitgelewer aan ander. Dit is verskriklik erg om te voel asof jy broos is, uitgelewer is en al jou foute/vrese sigbaar is vir die wêreld om te sien. Ons almal het ‘n behoefte om met waardigheid en liefde geklee te wees. Hoe kan ons ander help om te voel dat hulle met waardigheid en liefde geklee is, as hulle in ons teenwoordigheid is? Hoe klee ons mense met warmte en verborgenheid?
  • Is daar mense in jou lewe wat jou laat kaal, broos en onveilig laat voel? Waarom? Hoe kan jy begin afstand te neem van hierdie mense? Is daar mense wat jou klee met liefde, warmte, waardigheid en troos? Hoe kan jy meer van hierdie mense in jou lewe inbou?
  • Vir wie is jy ‘n bron van klere? Vir wie gee jy klere wat hulle beskerm, hulle geliefd laat, hulle waarde gee, hulle aantreklik laat voel? Waar kan jy nog geleenthede soek om vir mense so te klee? Deel met die Here jou hart.

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie dat U my klee in liefde, waardigheid, troos, verborgenheid, warmte, veiligheid en vrede. Here, dankie dat ek met vrymoedigheid voor U kan staan in hierdie klere. Dankie dat ek nie hoef skaam te wees of minderwaardig hoef te voel nie. Dankie dat U my versorg op hierdie manier. Here, help my om ander ook so te klee. Help my om dit wat ek by U ontvang vir ander uit te deel. Here, U voorsien op elke behoefte wat ek het. Dankie.
Amen.

Woensdag 1 Februarie 2023

Matteus 25:34-35
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,… 35c Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves;

Om oor te gesels of te dink:

  • Hoe lyk dit om ‘n vreemdeling te wees? Hoe voel dit om ‘n vreemdeling te wees? Was daar al ooit ‘n geval waar jy vreemdeling was vir ‘n geruime tyd? Wat gebeur binne jou gedagtes? Wat het jy nodig om veilig, tuis, welkom, versorg te voel? Deel sommer jou gedagtes met die Here.
  • Mense in hierdie wêreld, kry daagliks redes waarom hulle soos vreemdelinge voel. Die wêreld laat ons almal verstaan dat ons op een of ander manier nie inpas nie, nie welkom is nie en nie behoort nie. Ons almal se diepste behoefte is vir liefde en om te behoort. Ons soek dit selfs op die verkeerde plekke by die verkeerde mense. Waar sien jy mense wat nie voel asof hulle behoort nie? Waar sien jy mense wat soos vreemdelinge voel?
  • Ons het elke dag geleenthede om mense te laat welkom voel, tuis te laat voel, geliefd te laat voel, veilig te laat voel, te laat voel asof hulle behoort. Ons kan dit fisies in ons huis doen, maar ook in ons verhoudings kringe, in ons sirkel van invloed en in ons Geloofsfamilie. Is jy, jou huis, jou vriendekring, jou werk omgewing, jou Geloofsfamilie ‘n plek waar mense gehuisves kan word? Watter getuienis is daarvan?
  • Watter verskil het dit in jou lewe gemaak toe mense jou laat veilig voel, welkom voel, geliefd laat voel, tuis laat voel? Het jy mense in jou lewe wat jou kan help om meer gasvry te wees teenoor die mense wat vreemdelinge is? Waarmee het jy steeds hulp nodig as dit kom by mense huisves in jou spasie en in jou hart? Deel met die Here jou hart.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek besef dat ek soms baie huiwerig is om vreemde mense, mense wat anders is as ek, te verwelkom en tuis te laat voel in my lewe. Ek besef Here dat ek myself wil beskerm, dat ek dalk bang is of net onbevoeg voel om dit te doen. Here, dankie dat U vir my tuis laat voel het, toe ek ‘n vreemdeling was. Dankie dat U vir my mense in my ewe gestuur het, wat my nie soos ‘n vreemdeling hanteer nie. Here, help my asb. om nou ook hierdie gawe vir ander te bied.
Amen

Dinsdag 31 Januarie 2023

Matteus 25:34-35
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,… 35b Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink;

Om oor te gesels of te dink:

  • Hoe lyk dit om dors te wees? Hoe voel dit om dors te wees? Was daar al ooit ‘n geval waar jy dors in intensiewe vorm beleef het vir ‘n geruime tyd? Hoe neem dit jou gedagtes oor? Wat het jy nodig om die dors te versadig? Deel sommer jou gedagtes met die Here.
  • Mense in hierdie wêreld, dors vir verskillende goed. Hierdie dors is vir dit wat werklik lewe gee, en dit in oorvloed. Maar baie mense se dors neem hulle na bronne waar die water brak, vuil en toksies is. Hoe probeer mense weer lewendig voel? Watter gevolge is daar indien mens die verkeerd bron van water vind?
  • Ons het elke dag geleenthede om die dors van mense om ons te kan versadig. Ons kan mense lei na die bron van lewende water. Die enigste bron van ware lewegewende water is Christus. Daar is niks anders wat werklik lewe gee nie. Al die ander bronne lei tot dood, materiële dinge, verslawings, verdowing van emosies, afgodery, afhanklikhede, kinders, romantiese maats, ens. Nie een van hierdie bronne kan vir jou lewe bring as jy vertrou dat dit betekenis aan jou lewe gaan bring of jou dors na iets meer les nie. Vra dat die Here jou bewus sal maak van mense se dors, en waar jy hulle kan lei na die ware lewende water.
  • Is daar goed wat jy gebruik as ‘n bron van water, maar wat eintlik net lei tot ‘n verdere dors of dood? Het jy mense in jou lewe met wie jy dit kan deel en vir hulp vra om lewende water te vind? Vra dat die Here vir jou ware geloofsvriende sal gee, wat jou kan help om hierdie lewende water te vind en meer en meer daarvan te drink.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek dors na U. My keel is droog en krapperig vir U lewende water wat lewe in oorvloed bring. Here, help my om te breek met die toksiese bronne van water wat ek drink om te probeer beter voel oor my lewe. Help my om nie my kinders, my romantiese verhoudings, my vriende, my versoekings, my goed, my werk, my oefeninge, my troos, my verslawings, my steunpilare te gebruik as bronne om lewe te beleef nie. Here, help my om totaal en al vervul te wees met U, die bron van ware lewe. Dankie Here dat U dit so vry en gewillig aan elkeen van ons wil gee.
Amen

Maandag 30 Januarie 2023

Matteus 25:34-35
34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet;

Om oor te gesels of te dink:

  • Hoe lyk dit om honger te wees? Hoe voel dit om honger te wees? Was daar al ooit ‘n geval waar jy hongerte beleef het, vir ‘n geruime tyd? Hoe neem dit jou gedagtes oor? Wat het jy nodig om die hongerte te versadig? Deel sommer jou gedagtes met die Here.
  • Mense in hierdie wêreld, honger vir verskillende goed. Sommige van hierdie behoeftes waarvoor mense honger, kan maklik versadig word. Ander is ongesond en eintlik gevaarlik. Waarvoor dink jy honger mense? Waarvoor honger mense wat goed en opbouend is? Waarvoor honger mense wat skadelik en afbrekend is? Waarvoor honger jy?
  • Ons het elke dag geleenthede om die honger van mense om ons te kan versadig. Ons kan vir mense wat behoefte het aan kos, voer. Ons kan mense wat honger na liefde, liefhê. Ons kan mense wat honger na die Woord, vertel van die evangelie. Hoe versadig jy mense om jou se honger? Vra dat die Here jou bewus sal maak van mense se honger, en waar jy dit kan voed.
  • Is daar goed waarvoor jy en mense om jou honger vir dinge wat nie vir jou goed is nie? Het jy mense in jou lewe met wie jy dit kan deel en vir hulp vra om te breek met hierdie behoeftes? Vra dat die Here vir jou ware geloofsvriende sal wys, wat jou kan help om hierdie behoeftes neer te sit.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek kom vandag met ‘n honger vir U teenwoordigheid. Ek honger na U Woord. Ek honger na U koninkryk vir hierdie wêreld. Here, ek bid dat U vir my die gawe sal gee om hierdie honger wat ook om my in die wêreld bestaan, te voed. Help my Here, om U teenwoordigheid, U Woord en U koninkryk uit te leef waar ek is. Mag ek die mense om my voed met dit wat werklik die liggaam, siel en gees opbou.
Amen

Saterdag 28 Januarie 2023

Psalm 23:3
“Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.”

Om oor te gesels en te dink
Gister het ons nagedink oor wat dit in jou lewe sal beteken om niks 'kort te kom nie'. Om by 'waters te wees waar daar vrede is'. Ons het dit ook met God gedeel - dit wat ons dink ons benodig. Vandag is die fokus om te vra wat God moontlik dink 'okay' of te wel 'oorvloed' vir ons beteken. Dit beteken dat ons God moet vra. En vertrou dat God ons op die regte pad sal lei.

Gebed
Here, dankie dat ek kon deel wat ek dink, ek benodig. Vandag vra ek, Heilige Gees, dat U my sal lei - in my denke, hart en begeertes - op die regte pad, tot eer van U Naam. Amen

Vrydag 27 Januarie 2023

Psalm 23:1-3
“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.”

Om oor te gesels en te dink
Hierdie week het ons saam nagedink oor Jesus wat ons goeie Herder is. Die goeie Herder wat sy lewe vir ons afgelê het. Ons het gereflekteer daaroor dat ons lewe reeds anders is, omdat Jesus aan die kruis gesterf het (vir elkeen van ons) en uit die dood opgestaan het. Ons het ook nagedink oor ons verhouding met God en dat ons die goeie Herder se stem ken. Verder het ons nagedink oor wat 'oorvloed' beteken. Hierdie teks in Psalm 23 is 'n tipe van 'n belydenis. 'n Belydenis dat van iemand wat glo dat hy/sy nie iets kort kom nie. En dat God hom/haar lei na 'waters waar daar vrede is'.

Sondag het ons gevra wat sal 'okay' vir jou beteken? Nie oorvloed in materialisme nie, maar om 'okay' te wees? In die woorde van Psalm 23, wat sal dit in jou lewe op die oomblik beteken om niks 'kort te kom nie'? Om by 'waters te wees waar daar vrede is'?

Gebed
Here, ek wil graag vandag deel wat ek nodig het. Nodig het om 'vrede' te kan beleef. Ek sukkel, worstel, wonder oor… Vandag plaas ek dit by U voete en smeek om vrede. Ek wil graag 'okay' wees. En wil graag niks kort kom nie. Help my asb. om na te dink oor wat dit in my lewe sal beteken en spsifiek daarvoor vir U te vra. Dankie dat U my goeie Herder is.  Amen

Donderdag 26 Januarie 2023

1 Korintiërs 15:3-4
“Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel dat Hy die goeie Herder is in Johannes 10. Verder sê Hy ook dat Hy sy lewe vir sy skape aflê. Om bewus te word dat Jesus sy lewe vir ons gegee het is ongelooflik belangrik. Dit is ook seker dié belangrikste ding waarvan ons in ons lewe kan bewus word. Ons glo dat Jesus vir ons sondes gesterf het en dat Hy weer optestaan het.

Leef jy vanuit hierdie bewuswording? Hierdie oortuiging dat Jesus vir jou sondes gesterf het en ook uit die dood opgestaan het? En glo jy dat Jesus se opstanding ook reeds ons lewe ander rig?

Gebed
Here Jesus, mag ek vandag opnuut bewus word van U liefdesdaad en lewe vanuit 'n oortuiging dat U opgestaan het uit die dode. En hierdie oortuiging dat U, Here Jesus, gesterf het en opgestaan het, oorweldig my. Dankie vir U liefdesdaad. Amen.

Woensdag 25 Januarie 2023

Johannes 10:9-10
Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Om oor te gesels en te dink
Wat beteken die woord 'oorvloed' vir jou? En wat sal oorvloed in jou lewe beteken? Jesus vertel in hierdie gedeelte dat Hy die goeie Herder is. En nie net is Hy die goeie Herder nie, maar ook die Een wat Sy lewe kom gee het - vir ons! Hy het Sy lewe kom gee, sodat ons kan lewe. 'n Ewige lewe, maar ook 'n (oorvloedige) lewe wat reeds vandag anders is - omdat Jesus sy lewe gegee het.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U, U lewe kom gee het, sodat ons kan lewe. Help my om na te dink oor wat 'oorvloed' in my lewe beteken. Amen.

Dinsdag 24 Januarie 2023

Johannes 10:7-9
Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry.

Om oor te gesels en te dink
Die beeld van skape en herder is baie bekend in die Bybel. Dink aan Psalm 23 wat sê dat die Here ons herder is en dat Hy ons na groen weivelde lei. Hy is die Een wat sorg. Net so kom Johannes en sê dat Jesus die Goeie Herder is, maar meer nog, soos ‘n ingang wat ons toegang tot Hom en God gee.
Om by die ingang in te gaan moet ons na Sy stem luister. Hy roep ons elkeen op die naam en Hy ken ons. Skape is afhanklik van die herder en so kan ons ook van Jesus afhanklik wees. Solank ons naby die Herder is, is ons veilig.

Gebed
Here, dankie dat U vir my sorg soos ‘n goeie herder. Dankie dat ek vrye toegang tot U het. Mag ek vandag U stem hoor en daarna luister. Amen.

Maandag 23 Januarie 2023

Johannes 10:14-15
Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teksgedeelte verwys na Jesus en God die Vader se verhouding. 'Ken' is 'n woord wat op intimiteit kan aadui. En op 'n manier nooi dit ons ook uit om 'n diepte in ons eie verhouding met God-drie-enig te ontdek. Uitgenooi om nie net van God te weet nie, maar God te ken. Soos skape wat hulle herder se stem ken, so moet ons ook die goeie Herder se stem ken. Die goeie Herder wat deernis en empatie met ons het en ook teenwoordig is in ons lewe.

Jy mag dalk baie 'kopkennis' hê en die Here 'ken'. Maar hoe goed 'ken' jy die Here se stem? Kan jy 'n oomblik vandag neem om jouself af te vra hoe klink Jesus, jou Herder, se stem. Hoe klink Jesus se stem op hierdie stadium van jou lewe?

Gebed
Here, dankie dat U nie net die goeie Herder is nie, maar ook my Herder. Leer my vandag om U stem te kan herken. Help my om oop te wees en in die oomblik te leef, sodat ek U stem kan hoor. Amen.

Saterdag 21 Januarie 2023

Jakobus 4:13-15
Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.””

Om oor te gesels en te dink
Jakobus sluit ook by die tema oor tyd aan. Soms kan ons so selfversekerd raak dat ons die Here in ons lewens mis. Hy waarsku die mense om nie so op hulle eie planne gefokus te wees en God buite rekening laat nie. Ons kan maklik in ons geskarrel vergeet dat die Here in die klein dinge in ons lewens betrokke is. Partykeer dink ons om nie die Here te pla met ons eie klein dinge nie, maar dit is juis belangrik dat ons dit sal doen. Dit is nie pla nie, maar eerder ’n erkenning dat die Here deel van ons lewens is en ’n verskil maak.
Ons kan en moet beplan, maar met ’n houding van afhanklikheid. Dit is nie vroom woorde om te sê: “As die Here wil” nie, maar spreek die vertroue uit dat die Here in ons lewens betrokke is. Ons verklaar dat ons die Here met ons tyd vertrou.
*Is dit vir jou moeilik om hierdie woorde: “As die Here wil” te bid?

Gebed
Here, ek wil in afhanklikheid van U lewe. Ek wil al my beplanning aan U oorgee. Ek wil vandag bid: “As U wil…” Amen.

Vrydag 20 Januarie 2023

Prediker 3:12-13
Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.

Om oor te gesels en te dink
Prediker gee vir ons die geheim van lewe en tyd. Ons moet ons tyd wys spandeer. Hoe doen mens dit? Jy kies om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Die insig wat hy deel is dat dit ’n keuse is om positief en vrolik te wees.
Die voorreg om te kan eet en drink en werk is ’n gawe van God.
Ons kan maklik so vasgevang word in die skarrel van elke dag tussen werk en huis, wat ons moet eet en drink dat ons die gawe uit God se hand mis. Dus is die beste manier om ons tyd te gebruik om God te eer, is om in dankbaarheid alles as ’n gawe raak te sien.
Ons sê nie altyd genoeg dankie nie. Ons geniet nie altyd die lewe nie. Ons is bekommerd oor alles wat nog moet gebeur.
Kom ons kies God se goedheid vandag raak te sien.
*Waarvoor kan jy vandag alles dankie sê?
*Deel vandag jou vreugde met iemand met wie jy in aanraking kom.

Gebed
Here, dankie vir vandag. Dankie dat ek kan eet en drink. Soms mis ek dat dit ’n gawe uit U hand is. Mag ek vandag vrolik wees en die lewe geniet. Amen.

Donderdag 19 Januarie 2023

Prediker 3:11
God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.

Om oor te gesels en te dink
Wanneer die Prediker oor tyd praat en hoe daar verskillende tye en seisoene is, verklaar hy dat God aan ons ’n besef van die onbepaalde tyd gegee het. Dit kan ook vertaal word met: “Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid.” Ons leef met ’n ewigheidsperspektief en weet dat alles nie net hier eindig nie. Ons kan daarna uitsien om by God te wees. Dit maak ons ook rustig oor wat ons nou ervaar.
Ons kan en hoef nie alles wat God doen te kan begryp nie. Ons dink verkeerdelik dat as ons begryp, gaan dinge makliker wees, maar dit is nie so nie. Ons kan eerder die Here met vertrou.
Wanneer ons met ’n ewigheidsperspektief leef, is sekere dinge nie meer so belangrik nie. Ons weet dat dit aan die verby gaan is en kan ons eerder fokus op dit wat regtig belangrik is.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U ons laat deel in die ewigheid. Ek verstaan nie alles nie, maar ek vertrou U met my tyd. Mag ek vandag met hierdie hoop leef dat U tyd die beste tyd is. Amen.

Woensdag 18 Januarie 2023

Prediker 3:1-9
”Elke ding het sy vaste tyd,elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek, 3’n tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red, ’n tyd om af te breek, ’n tyd om te bou, 4’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans, 5’n tyd om klippe weg te gooi, ’n tyd om hulle bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels, ’n tyd om weg te bly van omhelsing af, 6’n tyd om aan te skaf, ’n tyd om te laat wegraak, ’n tyd om te spaar, ’n tyd om weg te gooi, 7’n tyd om te skeur, ’n tyd om toe te werk, ’n tyd om stil te bly, ’n tyd om te praat, 8’n tyd om lief te hê, ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog, ’n tyd vir vrede. 9Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?

Om oor te gesels en te dink
Ons dink saam oor tyd en hoe die Here by ons betrokke is. Ons beleef elkeen verskillende tye en seisoene in ons lewens. Die Prediker noem ’n klomp voorbeelde van verskillende seisoene, positief en negatief. Hy wissel dit af deur van die verse positief te begin en ander negatief te begin. Ons kan identifiseer met die omvang hiervan. Ons lewe is nie altyd net positief of negatief nie, maar ons vind dat seisoene ook verander.
Jy mag dalk dink dat die seisoen waar jy nou is, nooit gaan ophou nie, maar soos ons hier sien, hou seisoene op en kom daar ’n nuwe seisoen.
Ons kan die Here met ons tyd vertrou. Dit is belangrik om God nie buite rekening te laat in ons tye en seisoene nie. Dit mag voel of alles net te veel is, maar ons kan die Here met ons werk, lewe, tye en seisoene vertrou.
Mag jy vandag beleef hoe die Here by jou is. Mag jy weet jy is nie alleen nie.

Gebed
Here, dankie dat U altyd daar is. Dankie dat U nou ook in hierdie seisoen wat ek is, my bystaan. Mag ek vandag U liefde op ’n spesiale manier beleef. Amen.

Dinsdag 17 Januarie 2023

Prediker 3:1
“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd”

Om oor te gesels en te dink
Ons dink nie baie oor tyd nie. Ons voel ons het te min tyd en dat dinge te vinnig gaan. Ons kan op twee maniere reageer op tyd.
Aan die een kant, passief, amper negatief - tyd gaan verby en ek kan niks daaraan doen nie. Ek kan niks verander nie en wat gebeur moet gebeur. Die ander kant sien tyd as aktief, positief. Tyd gaan verby, maar ek kan keuses maak om ’n verskil te maak met die tyd wat ek het.
*Hoe dink jy oor tyd?
*Hoe spandeer jy jou tyd?
Fokus op vandag! Moet jou nie verwyt oor wat verby is nie en jou bekommer oor wat nog moet gebeur nie.
Vra die Here om jou te help om ’n verskil te maak met die tyd wat jy het. Jy hoef nie oorweldig te voel nie. Die manier hoe ons na tyd kyk, bepaal hoe ons lewe.

Gebed
Here, ek kom gee vandag my tyd en my dag vir U. Ek wil graag ’n verskil maak. Ek wil my tyd só gebruik dat U daardeur verheerlik sal word. Amen.

Maandag 16 Januarie 2023

Psalm 31:15-16
Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand.

Om oor te gesels en dink
Skarrel jy rond? Hardloop jy rond van punt A na punt B? Voel jy oorweldig met alles wat jy moet doen?
Psalm 31 vertel van die swaarkry wat hy beleef het en dat hy moedeloos voel. Terwyl hy sê hoe hy voel, kom hy tot die ontdekking dat die Here by hom is. Hy verklaar dat hy op die Here vertrou en erken dat die Here sy God is. Meer nog, sy tye is in God se hand.
Ons kan vandag ook weet dat die Here by ons is. Ons kan ons bekommernis en geskarrel vir die Here gee en Hom daarmee vertrou. Ons kan in afhanklikheid verklaar dat ons tye in God se hand is.
Raak nou stil en sê vir die Here waaroor jy besorg of bekommer is. Laat ons eerder daaroor bid as om onnodig daaroor te top.
Wanneer jy vandag oorweldig voel, sê hierdie vers as belydenis op.

Gebed
Here, ek bely dat ek nie sonder U kan lewe nie. Soms voel ek oorweldig, maar ek wil U vertrou, want U is my God. My tye is in u hand. Amen.

Saterdag 14 Januarie 2023

Kolossense 1:9-1
9Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

Om oor te gesels of te dink:

  • Waterskeidings Momente is stil, gewone, ordinêre momente. Hulle gebeur daagliks net waar jy is. Dit is elke gedagtes, keuse, woord en handeling. Dit veroorsaak dat jy of vanuit jou verhouding met Christus optree of nie. Elke gedagte, keuse, woord en handeling wat Christus ontken tel op en word ‘n rivier wat sterk loop en lewens verwoes. Elke gedagte, keuse, woord en handeling wat Christus erken en eer word ‘n magtige rivier wat vrug dra en van Christus getuig.
  • Hoe lyk jou gedagtes, keuses, woorde en handelinge? Is Christus die Waterskeidings Moment in jou lewe? Is jou verhouding met Hom besig om jou lewe te definieer? Hoe transformeer jou verhouding met Christus jou alledaagse lewe? Deel jou hart met die Here.
  • Die waterskeiding wat hier in Pretoria en die res van die Magalies Berge plaasvind, veroorsaak die magtige Oranje- en Limpopo riviere. Die Augrabies waterval is ‘n sigbare beeld van hoe elke druppel water van die Waterskeiding lei tot riviere wat bydra tot ‘n asemrowende sig.
  • Wat is die vrug van ‘n lewe wat Christus elke dag ontdek en leef? Hoe sou dit lyk? Is jou lewe ook so ‘n asemrowende voorbeeld van die groei, vrug en getroue leef van elke ordinêre Waterskeidings Moment? Hoe sou die mense in jou lewe, hierdie vraag beantwoord? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek vra dat U my help om getrou te wees in elke oomblik van elke dag. Mag my verhouding met Christus lei tot ‘n asemrowende waterval van seën in ander se lewens. Mag daar asb. geen twyfel wees oor die feit dat ek daagliks, elke moment kies om U meer te ontdek en leef nie.
Amen.

Vrydag 13 Januarie 2023

Kolossense 1:3-8
3Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle 4omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. 5Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. 6Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is. 7Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en 'n getroue dienaar van Christus in julle belang. 8Dit is ook hy wat ons vertel het van die liefde wat deur die Gees in julle gewek is.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die regte definisie van ‘n Waterskeiding is ‘n hoër gedeelte of berg wat water skei. Dit ix nie indrukwekkend, aardskuttend nie. Ons bly op so ‘n hoogte in Pretoria. Ons is besig om ons hele lewe op so ‘n Waterskeiding te leef. Elke gewone oomblik leef ons ‘n Waterskeidings Moment, wat ongesien verby gaan. Hier is nie borde op wat die Waterskeiding aandui nie. Hier is nie toeriste wat kom kyk hoe die Oranje rivier en die Limpopo Rivier van mekaar geskei word nie.
  • Paulus skryf vir die mense van Kolosse oor ‘n Waterskeidings Moment wat moontlik by hulle ook verby gaan. Die geloof in Jesus as persoonlike verlosser is die gelowiges se Waterskeidings Moment. Dit is die bepalende faktor wat hulle hele lewe verander. Dit bepaal hoe hulle leef, werk, vir ander omgee en daagliks vrug dra.
  • Is jou Waterskeidings Moment dalk ook so gewoon, dat jy nie eers bewus is daarvan nie. Hoe het jou verhouding met Jesus ‘n Waterskeidings Moment vir jou geword? Hoe bepaal dit die keuses wat jy daagliks maak? Hoe bepaal dit jou gedagtes, woorde en optrede? Deel jou hart met die Here.
  • Is hierdie Waterskeidings Momente so ordiner dat jy hulle verby kyk? Is dit moontlik dat die mense in jou lewe na jou sal kyk en kan sien hoe Jesus die Waterskeidings Moment in jou lewe is? Of leef jy so, dat niemand sou weet Jesus is die Waterskeidings Moment in jou lewe nie? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil soms so graag hê dat my lewe moet bestaan uit buitengewone oomblikke en wonderwerke wat U teenwoordigheid so mooi uitwys. Here, help my om te vrede te wees met U stil, vredevolle en magtige teenwoordigheid in my daaglikse kom en gaan. Here, dankie dat U elke oomblik, ongeag hoe ordinêr dit is, saam met my gaan.
Amen.

Donderdag 15 Desember 2022

Lukas 1:30-31
“Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.”

Om oor te gesels en dink
Maria ontvang hierdie nuus met die opdrag om nie bang te wees nie. Verseker sou sy bang gewees het, sy het dit immers nie verwag nie. Tog kies God haar uit. God se seën bring nie vanselfsprekend onmiddelike voorspoed, beroemdheid of guns onder mense mee nie. Die voorreg wat sy kry om die moeder van Jesus te word, sou vir haar baie pyn veroorsaak. Haar vriende sou haar spot, haar verloofde sou haar byna-byna in die steek laat en haar Seun sou uiteindelik verwerp en doodgemaak word. En tog sou haar Seun die wêreld se enigste hoop wees. Dáárom word sy deur die eeue beskou as ’n vrou wat deur God begenadig is. Haar gehoorsaamheid het tot ons verlossing gelei.
As jou seëning dalk droefheid meebring, dink weer aan Maria en wag dan geduldig op God. Hou vas aan die woorde: “Moenie bang wees nie!”

Gebed
Here, ek voel soms bang. Dis nie altyd maklik om U te volg nie, maar ek hou aan U belofte vas dat ek nie bang moet wees nie omdat U genade aan my bewys. Help my om U genade vandag te ontvang. Amen.

Woensdag 14 Desember 2022

Lukas 1:26-29
In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken.
‭‭
Om oor te gesels en dink
Kort nadat die engel aan Sagaria verskyn het, verskyn die engel ook aan Maria. Sy was ’n jong, onbekende maagd uit ’n klein dorpie Galilea. Maria was jonk, arm en in die destydse samelewing het haar vrouwees ook teen haar getel. Volgens die opvattinge van daardie tyd was sy nie geskik om vir enige iets noemenswaardig deur God gebruik te word nie. Tog kies God haar om haar te gebruik. Die engel spreek haar aan as “begenadigde” - in God se genade kies Hy haar.
Sy was verbysterd beteken dat sy as’t ware ’n oudit gedoen het oor wat met haar gebeur. Sy ondersoek en bedink wat besig is om te gebeur en maak erns daarmee. Al het Maria nie dadelik alles verstaan nie, het sy haarself oopgestel om te ontdek wat die Here van haar vra.
Ons dink ook soms dat ons nie belangrik genoeg is dat God ons kan gebruik nie. Weet dat jy ook sy begenadigde is en jy bruikbaar is daar waar jy vandag beweeg. Selfs al wonder jy waarmee die Here besig is, kan jy Hom daarmee vertrou.

Gebed
Here, dankie dat ek U genade mag beleef. Dankie dat U by my is. Ek wonder soms hoe dit is dat U my gebruik, maar mag ek vandag U liefde ervaar en deel waar ek gaan. Amen.

Dinsdag 13 Desember 2022

Lukas 1:12-13, 18-20
Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang geword, maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.
Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is 'n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.” Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring. Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie.””

Om oor te gesels en dink
Sagaria is ‘n Godvresende man wat tempeldiens doen. ‘n Engel verskyn aan hom en stel hom gerus om nie bang te wees nie, want sy gebed is verhoor. Hy gaan ’n seun op ’n gevorderde ouderdom ontvang. Sagaria kan dit nie glo nie en begin dadelik vrae vra. Hy vra dit op ’n manier wat blyk dat hy dit nie kan glo nie en dat God nie op die manier kan werk wat Hy werk nie. Al is hy ouer, dink hy dat God net op ’n spesifieke manier kan werk. Sy twyfel kom na vore omdat hy nie presies kan verklaar wat nou volgende gaan gebeur nie. Twyfel is nie verkeerd nie, maar ’n geslote twyfel wat nie ruimte vir God se werk maak nie, is gevaarlik. Vandaar dat die engel vir hom sê dat hy stom gaan wees.
Soos Sagaria betwyfel ons ook dit wat die Here doen omdat ons dit nie spesifiek kan verklaar nie en dan moeilik wil aanvaar.
Ons kan en moet ons twyfel na God toe bring. Hy verstaan, maar kom ons laat toe dat God op maniere werk wat ons nie altyd self weet nie. Dit is nie altyd nodig vir bewyse nie.

Gebed
Here, soms voel ek ook soos Sagaria. Ek wil ook vra: “Waaraan sal ek dit weet?” Ek wil myself oop stel dat U steeds met my werk en al weet ek nie, ek U steeds sal vertrou. Amen.

Maandag 12 Desember 2022

Jesaja 9:5-6
“Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd.”

Om oor te gesels en dink
Jesaja se woorde word as profesie vir Jesus gesien en juis ook nou in hierdie Adventstyd wat ons wag op die koms van Jesus word ons herinner aan wie hierdie Jesus is wat ons verwag. God het Sy Seun vir ons gegee en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman - Hy het al die wysheid wat nodig is om te help. Hy is die Magtige God wat heers oor sy koninkryk. Hy is die Ewige Vader wat na ons omsien soos ’n goeie pa vir sy kinders en nog meer. Hy is die Vredevors wat versoening tussen ons en God gebring het, sodat ons in vrede met Hom en mekaar kan leef.
*Dink na oor hierdie beskrywende name vir Jesus. Watter een identifiseer jy vandag?
*Gebruik hierdie name om Jesus te aanbid as jy oor Hom dink.

Gebed
Jesus, dankie dat U vir ons gekom het. Dankie dat U die Wonderbare Raadsman en Magtige God is. Dankie dat U ons Ewige Vader en Vredevors is. Ek kom aanbid U en buig vandag voor U. Amen.

Saterdag 10 Desember 2022

Jesaja 7:14
“Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.”

Om oor te gesels en dink
Ons is in Adventstyd waar ons wagtend is op die koms van Jesus. Dit vra van ons as gelowiges om bewustelik na te dink oor die Here wat ons aanbid. Ons vier nie Kersfees oor die geskenke nie, maar omdat God Homself as geskenk vir ons gegee het. Hy het gekies om mens te word en onder ons te kom woon. Die hele wêreld het verander toe God besluit het om na ons toe te kom. Dit is uniek aan ons geloof: God wat in genade uitreik na ons, sonder dat ons dit verdien. Hy word Immanuel - God by ons.
Dit is nie meer net ’n teken soos in die tyd van koning Agas nie, maar het ’n werklikheid vir elkeen van ons geword.
God is nie meer ver nie, maar so naby aan ons. Elke keer as ons Sy naam aanroep met Immanuel, kan ons weet dat God by ons is.

Gebed
Jesus, U is Immanuel, God by ons en met ons. Dankie dat U gekies het om mens te word. Ons sien met verwagting uit om dit te vier en ons wag op U. Dankie dat hier by my is. Amen.

Vrydag 9 Desember 2022

Matteus 1:24-25
“Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.”

Om oor te gesels en dink
Nadat Josef die grootste nuus ontvang het, het hy in gehoorsaamheid gedoen wat die engel van hom gevra het. Hy het hom nie gesteur aan wat mense sou sê nie. Hy was getrou en gehoorsaam. Mens wonder wat alles deur Josef se kop moes gaan. Hier is hy as gewone mens deur die Here uitgekies om deel van God se familiegeskiedenis te wees. Meer nog, Josef het gedoen wat van hom gevra is en Hom Jesus genoem.
Ons weet dat naamgewing baie belangrik was. Josef kies nie self die naam nie, maar in gehoorsaamheid noem hy Hom Jesus.
Josef se volkome vertroue op God en sy gehoorsaamheid spoor ons aan om ook steeds God met ons lewens te vertrou.
Josef het gehoor dat die engel vir hom sê om nie bang te wees nie (1:20). Hy het vertrou dat Jesus werklik Immanuel sou wees - God met ons.

Gebed
Here, dankie dat U gewone mense gebruik. Ek wil ook soos Josef in gehoorsaamheid reageer en U vertrou. Mag ek vandag U teenwoordigheid beleef. Amen.

Donderdag 8 Desember 2022

Matteus 1:22-23
“Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.”

Om oor te gesels en dink
Die engel haal die belofte uit Jesaja 7:14 aan en sê dat Jesus ook Immanuel, God by ons, genoem sal word. Jesaja 7:14 is 'n besondere belofte. In die oorspronklike konteks van Jesaja 7 is dit 'n belofte van God aan koning Agas om op God te vertrou. Elke keer as hy die kind sien en sy naam sê, moet hy weet dat God by hom is. Hierdie belofte word nou in sy oortreffende trap waar met Jesus se koms. Jesus word nou Immanuel, God by ons. Nie alleen is hy die Redder en Verlosser nie, maar ook Immanuel - God by ons.
Die kern van Kersfees is dat God gekies het om by ons te kom woon en met ons te wees. Hy is nie meer ver nie, maar het naby gekom, sodat ons Hom kan leer ken en lief hê. Jesus is God se grootste geskenk aan ons.
Herinner jouself vandag dat ons Jesus as Immanuel kan aanbid. Hy is God met ons, elke dag.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U belofte waar geword het dat U mens geword het, Immanuel - om God by ons te wees. Mag ek vandag bewus wees dat U hier by my is. Amen.

Woensdag 7 Desember 2022

Matteus 1:21
“Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.””

Om oor te gesels en dink
Matteus vertel die geboorteverhaal van Jesus uit Josef se perspektief, terwyl die Lukas-evangelie dit uit Maria se perspektief vertel. Josef was bang toe hy besef dat Maria swanger is, maar ’n engel van die Here verskyn aan hom en verseker dat God by hom is en dat hy nie bang hoef te wees nie. Hy kry die opdrag om Hom Jesus te noem. Dit beteken “Redder/Verlosser” - Hy is die Een wat ons van sondes sal verlos.
Hierdie boodskap is dalk oorbekend, maar Jesus het mens geword om ons elkeen te kom red. Hy maak met ons elkeen bemoeienis. Ons het Sy redding nodig.
Dink vandag na oor wat dit beteken dat Jesus vir jou as Redder en Verlosser gekom het.

Gebed
Here, dankie dat U besluit het om mens te word. Dankie dat U gekom het om my te verlos. Ek eer U as my Redder en Verlosser. Dankie Jesus! Amen.

Dinsdag 6 Desember 2022

Matteus 1:1-17
Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus.” (Mat. 1:17)

Om oor te gesels en dink
Geslagsregisters wys vir ons hoe God in die geskiedenis besig is. Matteus gee vir ons ’n opsomming van die geslagsregister en wys daarop dat daar ’n patroon van veertien geslagte was. Nie net gebruik God gewone mense as deel van Sy plan nie, Hy is altyd betyds.
Tim Keller sê: “You cannot judge God by your calender. God may appear to be slow, but he never forgets his promises.” Ons sien dit ook in die geslagsregisters. Abraham het nie geweet wat vir hom voorlê nie, maar tog het hy steeds God vertrou en God het Sy belofte waar gemaak. Hy was dalk selfs ook ongeduldig, tog het hy bly glo.
Net so, kan ons ook vandag weet dat God ons nie gelos het nie. Dit mag vir ons voel dat Hy stadig is en van ons vergeet het, maar Hy is getrou en doen wat Hy belowe het.
Terwyl ons in hierdie Adventstyd wag op die Here, wees verseker dat die Here by jou is en dat Hy altyd getrou sal bly.

Gebed
Here, ek raak soms ongeduldig om te wag. Ek wil dat alles dadelik moet gebeur. Help my om op U te wag en U te vertrou dat U tyd die regte tyd is. Amen.

Maandag 5 Desember 2022

Matteus 1:1-17
Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (Mat 1:1)

Om oor te gesels en dink
Geslagsregisters is iets wat ons nie baie lees nie. Ons kan die meeste name nie eers uitspreek nie. Tog gebruik Matteus dit aan die begin van sy evangelie om ons iets meer van Jesus te vertel. Hy skryf vir Jode wat gestel was oor hulle herkoms. Daarom gee Matteus vir hulle Jesus se herkoms. Matteus is egter nie skaam oor Jesus se herkoms nie. Anders as bv. Herodes wat sy geslagsregister opsetlik verander het om dit beter te laat lyk.
As jy die geslagsregister deurlees, sien ons dat vier vroue ingesluit word. Dit was ongekend gewees, tog vervul hulle ’n belangrike rol. Hulle was randfigure wat God gebruik het om deel van Jesus se geslagsregister te wees.
Dit wys vir ons dat God enige iemand kan gebruik, selfs al dink niemand ander so nie. Net so, kan God jou ook gebruik en jou deel maak van Sy familie. Soos hy Josef en Maria as gewone mense gebruik het en deel van die geskiedenis gemaak het, gebruik God jou soos jy is en waar jy is.

Gebed
Here, baie dankie dat U moeite met mense maak, selfs al verdien hulle dit nie. Dankie dat U met my moeite maak en dat ek deel van U familie kan wees. Mag ek vandag U liefde ervaar en deel. Amen.

Saterdag 3 Desember 2022

Johannes 3:19-21
19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus kom in die donkerte na Jesus, tydens die Paasfees. Hy wil weet hoe leef hy soos iemand wat werklik glo. Jesus gee vir hom die antwoord. Kom na my in die lig. Wees ‘n lig draer na ander. Later in Johannes (7:50-51 en 19:39-40), is dit Nikodemus wat vir Jesus help. In die lig, waar almal hom kan sien. Sy handelinge in die lig is sigbaar en getuig van sy geloof. Eers waar hy die Joodse raad belet op hulle interpretasie van die wet, wanneer hulle Jesus tot dood wil veroordeel. En Later wanneer Jesus op sy laaste Paasfees gesterf het, en Nikodemus sy liggaam gaan versorg soos die Joodse tradisie dit vereis.
  • Waar in jou lewe is jy bang om in die lig in te tree? Waar is jy skrikkerig om te getuig van die wat jy glo en oortuig is? Waarom is dit so moeilik? Deel met die Here jou hart.
  • Nikodemus het opgestaan vir wat reg is. Nie omdat hy so oulik was nie. Nie omdat hy niks kon verloor nie. Maar slegs omdat hy geglo het en dit in die lig geleef het. Hoe leef jy wat jy glo, in die lig? Wat het jy nodig om jou hiermee te help? Is daar iemand wat jou kan bystaan, saam met jou kan bid en jou verantwoordelik hiervoor kan hou? Nooi hulle in die gesprek in.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om ‘n ligdraer van U te wees. Help my om elke keer die lig te kies. Here, help my om ander na U toe te wys, deur my egte navolg van U.
Amen.

Vrydag 2 Desember 2022

Johannes 3:19-21
19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus kom in die nag, in die donker na Jesus. Hy kom om vir Jesus te vra, hoe kan ‘n mens begin leef soos iemand wat werklik glo? Jesus se antwoord is baie eenvoudig.
  • As jy nie glo nie, wys dit. Jy vra nie te veel vrae nie. Jy ondersoek nie te veel nie, want dan kry mens antwoorde. Jy wil nie die werklikheid sien nie, want dit is nie altyd lekker om met alles gekonfronteer te word nie. Dit is die lewe in die donker. Dit is gerieflik, maklik en lekker. Jy hoef nie te weet of te sien hoe ver weg jy van God se reinheid, liefde en lig is nie.
  • Is daar aspekte in jou lewe wat steeds in die donker is? Wat jy nie eerder met die waarheid gekonfronteer wil word nie? Is daar dinge, situasies en geleenthede wat jy nie met ander (of met God) deel nie, want jy weet dit is nie iets wat by iemand wat in die lig leef, pas nie? Wat in jou lewe, gee jy nie aan aandag nie? Wat in jou lewe, bring jy nie na vore nie? Wat is steeds in die duisternis? Is daar enige iets wat in jou lewe wat jy kies om in die duister te hou, want jy wil nie werklik dit opgee nie? Deel jou hart en jou lewe met die Here.
  • Indien dit nodig is, bely dit aan ‘n mede-gelowige wat saam met jou kan bid en jou verantwoordelik kan hou om dit te los en in die lig te kan begin leef.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek besef daar mag steeds dinge in my lewe wees wat ek kies om in die duister te doen. Ek besef dat die eie ek steeds sterk my lewe WIL lei. Here, help my om in die lig in te tree. Om voor U te staan met al my wonde, tekortkominge en foute. Here help my, deur dit gesond te maak, vir my lief te wees en my te transformeer. Here, ek wil so graag in die lig wees, al is dit soms ook ongemaklik.
Amen.

Donderdag 1 Desember 2022

Johannes 3:19-21
19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus kom in die nag, tydens Paasfees na Jesus. Wanneer Jesus sy vraag beantwoord, verduidelik Jesus ook hoe werk mense se optredes. Alhoewel ons hierdie genade kry van God, neem almal dit nie. Hulle kies om nie te glo. Hulle kies om te volhard in die dade van die verlede. Hulle keuse word weerspieël in hulle aksies. Jy kan nie glo in iets, sonder dat jou hele lewe die verklap nie. Dit kom uit in jou denke, jou woorde en jou dade.
    -Wat sê jou dade van jou geloof? Vra dat die Here vandag saam met jou sal oudit. Waar was jou denke vandag? Hoe opbouend, goed en aanneemlik sou God sê, was hulle? Waar was jou woorde vandag? Hoe opbouend, goed en aanneemlik sou God sê, was hulle? Waar was jou dade vandag? Hoe opbouend, goed en aanneemlik sou God sê, was hulle?
  • Dit is baie moeilik om met die hart te glo, die mond te bely en nie met jou dade (lewe) deur te voer nie. Mens sou dit moontlik vir ‘n tyd kon voorgee, maar die wat baie naby aan jou is, sou weet. Wat sou jou naaste mense getuig van jou oortuigings? Deel met die Hre waar jou gedagtes tans is.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil U met my hele hart, my verstand, my krag en dade dien. Here, soms kry ek dit nie reg nie. Veral wanneer ek in my eie krag probeer. Here, help my om so na aan U hart te leef, sodat ek U hartklop in hierdie wêreld uitleef. Here, ek kan nie aan enige iets anders dink wat ek sou wou doen nie.
Amen.

Woensdag 30 November 2022

Johannes 3:18
Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus kom in die nag na Jesus. Tydens Paasfees. Hy is ‘n man wat ernstig is oor sy geloof. Hy is oortuig dat Jesus die Seun van God is. Hy is oortuig Jesus is ‘n leermeester, wat gevolg kan word. En hy is oortuig dat al die wondertekens wat Jesus doen, bevestig Hy is die Seun van God. Daarom wil Nikodemus weet, wat is die regte ding om te doen. Hoe begin hy hierdie verhouding met die Here reg? Hoe leef hy ‘n lewe reg saam met God?
  • Deel van Jesus se antwoord aan Nikodemus, is een van die moeilikste konsepte vir ons om te verstaan. Ons wil uitklaring hê en presies weet hoe werk hemel en hel, reg en verkeerd, sonde en straf. Jesus maak dit baie eenvoudig. Indien jy glo, is jy nie veroordeel nie. Indien jy nie glo nie, is jy reeds veroordeel. Hierdie oordeel kom nie van God wat jou aan die einde van jou lewe in die hel gaan gooi nie. Hierdie oordeel, is die realiteit dat jy nou reeds weg van die Here se teenwoordigheid leef, omdat jy nie glo nie. Dit is nie ‘n straf nie, maar konsekwensie van jou ongeloof. Dit is nie ‘n lat wat jou op die regte pad wil kry nie, dit is net die feit dat jy nie nou die volheid van die verhouding met God kan geniet nie.
  • Wat is jou definisie van veroordeel? Hoe sou jy dit beskryf vir iemand wat nie die taal verstaan nie? Hoe verstaan jy veroordeel in jou geloofslewe? Deel met die Here jou oortuigings.
    -Wat is jou verstaan van hoe God veroordeel? Sien jy God, as ‘n Vader wat net straf wil uitdeel? Of is dit vir jou moontlik om te sien dat die oordeel, die gebrek aan verhouding met God is? Dat daardie leemte in jou lewe, reeds oordeel genoeg is? Is daar ‘n verskil in hierdie verstaan van oordeel, met dit wat jy nog altyd van oortuig was? Hoe laat dit jou voel? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie dat ek nie veroordeel word nie. Dankie dat ek in U teenwoordigheid kan leef. Here, soms is dit vir my so moeilik om na ander te kyk en hulle nie te WIL veroordeel nie. Here, help my om te verstaan en glo dat dit wat U vir my gee en gun, ook vir ander beskikbaar is. Here, help my om tyd anders te verstaan. Here, help my om te weet dat ‘n lewe sonder U teenwoordigheid veel erger is, as ‘n straf na my dood. Here, help my om so te leef, dat ek ander altyd sal aanmoedig tot geloof in U, sodat hulle ook die volheid van ‘n verhouding met U kan beleef.
Amen

Dinsdag 29 November 2022

Johannes 3:17
God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus kom in die nag na Jesus met ‘n vraag. Hoe kan hy wedergebore word? Die vraag kan ook vertaal word as, “Hoe leef ek soos iemand wat glo?” Nikodemus is ‘n Fariseër en Skrifgeleerde. Hy is in elke aspek van sy lewe bo verdenking. Tog is hy nie seker hoe lyk dit om te leef soos iemand wat nuut glo nie. Dit is ‘n vraag waarmee baie van ons geteister is van tyd tot tyd. Hoe kan ek seker wees?
  • Jesus antwoord hom, deur hom te herinner aan wie God is en wat God se intensies is. God is die een wat vir die wêreld so liefhet, dat Hy sy Seun stuur. God is die een wat dit doen, nie omdat Hy die wêreld wil oordeel nie, maar omdat Hy die wêreld wil red. Wanneer ons vergeet waarom God vir Jesus gestuur het, kan ons dalk besig raak met die verkeerde vrae en bekommernisse. Dit kan voel asof God teen ons is en net wag dat ons foute maak. God is nie daarop uit om ons van Hom te skei nie. Dit is juis Sy plan om ons nader aan Hom te trek en vir ons die pad gelyk te maak.
  • Waar is jou gedagtes tans, as dit kom by sekerheid van geloof? Glo jy God is vir jou? Glo jy God is lief vir jou? Glo jy God wil jou nie veroordeel nie? Glo jy God wil jou red? Deel met die Here jou gedagtes rondom hierdie waarhede.
  • Is daar iets in jou lewe wat jou laat voel asof God jou WIL oordeel? Is daar iemand wat jou oortuig dat God net vir jou wag om foute te maak sodat Hy jou kan oordeel? Is daar diep gegronde oortuigings in jou hart, wat skeiding bring tussen jou en God? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil vir U dankie sê. Dankie dat U ‘n God is wat lief is. Dankie dat U ‘n God is wat nie veroordeel nie. Dankie dat U ‘n God is wat red. Dankie dat ek in verhouding met U kan wees. Dankie dat ek ‘n ewige lewe in U teenwoordigheid kan hê.
Amen

Maandag 28 November 2022

Johannes 3:16
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus, ‘n Fariseër en skrifgeleerde kom na Jesus in die nag met ‘n vraag. Hoe kan ‘n mens weer gebore word? Mens kan sekerlik nie, as volwasse man terug klim in jou ma se skoot en weer gebore word nie? Johannes 3:16 is deel van Jesus se antwoord. ‘n Mens wat begin glo hoef niks te doen nie, maar slegs op God se liefde te vertrou. Sy liefde vir ons verseker ons dat ons nie veroordeel word nie, maar die ewige lewe sal ontvang.
  • Jesus se koms na die aarde is vir elkeen wat glo. Wanneer het jy begin glo? Waarom het jy begin glo? Deel met die Here jou storie. Deel met iemand anders jou storie. Wat het hierdie besluit in jou lewe verander?
  • Wat is die ewige lewe? ‘n Lewe in die teenwoordigheid van die Here. Dit begin nou reeds. Dit is nie iets wat eer later kom nie. Die ewige lewe is nou reeds die ervaring van gelowiges wat glo. Hoe beleef jy die ewige lewe? Hoe sou jy die ewige lewe beskryf vir iemand wat dit nog nie ervaar het nie? Deel jou hart met die Here.
  • Is daar tans iets in jou geloofslewe wat jy voel, nie reg is nie? Deel dit met die Here. Maak jou hartsbegeertes aan die Here bekend.

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie dat U na die wêreld gekom het vir my. Dankie dat U my so lief het. Dankie dat U nou reeds vir my die lewe in oorvloed gee, deur my in U teenwoordigheid toe te laat. Dankie dat U my nie veroordeel nie, maar my in genade deurdrenk. Here, help my om hierdie ervaring ook met ander te deel, sodat hulle dit vir hulleself kan beleef.
Amen

Saterdag 26 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 2 U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee. 3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is. 4 Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. 5 Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het.

Ons het hierdie week saam geleer oor:

  1. Gebed om die Seun te verheerlik. (v 1-2)
  2. Gebed as ‘n ervaring van die ewige lewe. (v 3)
  3. Gebed om getrou ons werk te voltooi. (v 4-5)

Tydens die reformasie (van 1517 af), toe die Kerk haarself moes herorienteer en weer terugkom op die pad waarvoor Sy geroep is, het die mense van die reformasie ’n basiese stel teologiese beginsels identifiseer waarvolgens die Kerk haarself moes inrig en moes leef. Een van hulle is Soli Deo Gloria, of Aan God alleen die Eer.

Ons lewens, as individue en as geloofsfamilie gaan alles oor God se Eer, en dit gaan daaroor dat ons op so manier leef dat God alleen die Eer ontvang.
Vir God om eer uit ons lewens te ontvang, beteken dat mense Sy karakter en Sy teenwoordigheid sal ken deur ons lewens. Dat hulle iets van Hom sal sien en ervaar, en dat dit hulle sal oortuig dat Hy werklik is wie Hy sê Hy is. Wanneer ons erns maak met hierdie gebed van Jesus, en ons gebed en ons harte daarmee belyn, gaan ons geposisioneer weer om tot God se eer te leef, want ons gaan daarvoor bid en daarvoor vra.

Ek herhaal die vrae wat ek jou Maandag gevra het:

  1. Hoe bid jy?
  2. Waarvoor bid jy?
  3. Wanneer bid jy?

Dink vandag daaroor na terwyl jy weer die week se teksgedeelte lees.

“Light yourself on fire with passion and people will come from miles to watch you burn.” John Wesley

Vrydag 25 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

4 Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. 5 Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het.

Die Johannes evangelie leer vir ons dat Jesus werk. Die woorde “werk” en “werke” kom dikwels in Johannes voor, en elke keer wanneer dit voorkom vertel Jesus dat Hy slegs gekom het om die werk te doen wat Sy Vader vir Hom gegee het om te doen. In vandag se teksgedeelte sê Jesus dat Hy Sy werk voltooi het, en dat Hy gereed is om terug te keer na die Vader. Jesus het Sy status opgegee en Homself verneder om hierdie werk te doen. Nou bid Hy dat die Vader weer daardie heerlikheid vir Hom sal teruggee.

Dink vir ’n oomblik oor die afwagting en die opgewondenheid van die oomblik; dit is soos om vêr voor te loop in ’n sportwedstryd met net ’n paar minute speeltyd oor… jy weet jy gaan wen, jy het gedoen wat van jou verwag is.

Net Jesus se kruisdood lê vir Hom voor. Ons lees in Johannes 19:30 dat Jesus kort voor Sy dood sê dat alles volbring is, en Hy het daarna Sy laaste asem uitgeblaas.

Ek en jy het ook werk. Ons het ’n roeping. Jesus het ’n unieke plan en plek vir elkeen van ons in Sy Koninkryk se koms hier op aarde, te midde van ons daaglikse lewe en alles wat saam met dit gaan. Dit is defnitief iets waaroor ek en jy moet bid, en ons moet bid dat ons enduit getrou sal bly en ons werk sal voltooi.

  • Weet jy wat jou unieke bydrae is?
  • Is jy gefokus op die werk wat Jesus jou geroep het om te doen?
  • Wat het jy nodig om jou te help om jou unieke werk getrou te voltooi?

See in the meantime that your faith brings forth obedience, and God in due time will cause it to bring forth peace. John Owen

Donderdag 24 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.

Wanneer spandeer jy rustige, ononderbroke, onversteurde en intensionele tyd saam met die Vader?
Wanneer skuif jy alle moontlike afleidings een kant toe en ervaar intimiteit met die Skepper en Onderhouer van alles, insluitende jou?

Jesus onderbreek Sy eie gebed met hierdie kort maar kragtige stukkie lering in vers 3. Die ewige lewe is te vinde in ’n verhouding met God. ’n Verhouding waaraan jy deelneem, ’n verhouding waarin jy geken word, ’n verhouding wat verby kopkennis beweeg na ware intimiteit.

“Ewige” verwys nie na die lengte of hoeveelheid dae in hierdie lewe nie. Nee, dit verwys eerder na ’n kwaliteit van lewe. Die lewe wat by God te vinde is, is ware lewe, oorvloed lewe, lewendige lewe, volop lewe!
Ons ontvang hierdie lewe die oomblik wat ons ons geloof in Jesus plaas en versoen word met die Vader, wat ’n voorreg! Hierdie lewe is nie te vinde in ’n godsdiens of ’n gedragskode nie, maar in ’n persoon. Dit is die waarheid! Ons kan die ewigheid nou beleef!

Ons lewens is vol afleidings. Ons het nou, waarskynlik meer as ooit tevore, baie meer dinge wat ons aandag soek of wat ons eerder kan doen as om tyd saam met die Vader te spandeer. Dit is ’n uitdaging, een wat ons nodig het om aan te vat as ons die vrug van intimiteit met die Vader wil beleef en wil dra.

Dink na oor die volgende oomblikke in jou dag, en hoe hierdie oomblikke jou na die arms van die Vader kan lei:

  • Hoe staan jy op in die oggend?
  • Hoe eet jy middagete?
  • Hoe bestuur jy?
  • Hoe gaan slaap jy?
  • Wanneer en hoe bid jy?

“If God is holy, then He can't sin. If God can't sin, then He can't sin against me. If He can't sin against me, shouldn't that make Him the most trustworthy being there is?” Jackie Hill Perry

Woensdag 23 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 2 U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee.

Vers 2 van vandag se teks gedeelte het kragtige “dit is soos dit is” stellings in. Let op die herhaling van die woord gee in verskillende vorme. God gee volmag, God gee mense, God gee ewige lewe deur Sy Seun. Dit maak nie saak hoe jy daaroor voel of daaroor dink nie, dit is soos dit is!

God is ’n liefdevolle, vrygewige God; die Seun is ’n opofferende, gehoorsame en voetwassende Redder. Dit is soos dit is. Jesus bid in hierdie twee verse dat mense dit sal weet, sal sien, sal ervaar en sal glo! Dit is wat Hy bedoel as Hy bid en vra dat Hy verheerlik moet word. Hy bid dat mense Sy karakter en Sy gewigtige teenwoordigheid sal ervaar. Waarom bid Jesus dit? Want dit sal mense tot geloof in Hom bring, en ook vir hulle die Ewige Lewe gee.

  • Is dit iets waarvoor jy bid?
  • Aan wie kan jy dink vir wie jy kan bid dat hulle die heerlikheid van Jesus sien en ken?

Hiervoor gaan ons bid totdat Jesus terugkom! Oral om ons is daar mense wat nie in Jesus glo nie. Wanneer ons bid dat die Seun verheerlik sal word, en dat mense Sy heerlikheid sal ken gaan ons gereed wees om van die goeie nuus te getuig wanneer ons die kans het.
Dit was Jesus se gebed, en dit moet ons s’n ook wees.

“God directs his people not simply to worship but to sing his praises “before the nations.” We are called not simply to communicate the gospel to nonbelievers; we must also intentionally celebrate the gospel before them.” Tim Keller

Dinsdag 22 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 

Jesus begin hierdie gebed bid na ’n baie lang (waarskynlik 6 ure) afskeidsmaal saam met Sy dissipels. Tydens hierdie maaltyd het Hy met hulle gepraat oor die Heilige Gees, oor hulle verhouding met die Vader, oor die manier waarop hulle in verhouding met Hom moet wees, oor hulle roeping en werk in die wêreld en ook oor vervolging deur ander mense terwyl hulle hulle werk verrig. Hy einding Sy gesprek met Sy dissipels met die woorde maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (16:33)

Hierdie is die langste gebed wat ons van Jesus in die vier evangelies het. Die woord Vader kom 6 keer voor in die gebed wat die klem plaas op die intieme, persoonlike verhouding wat Jesus met die Vader het. Jesus is nie aan die einde van ’n siekbed terwyl Hy hierdie gebed bid nie, nee, Jesus weet hy het reeds oorwin, en net Sy sterwe aan die kruis is wat vir Hom oorbly om te doen.

’n Opsomming van hierdie van hierdie 5 verse is: ‘n Gebed vir die verheerliking van die Seun, dat Hy die ewige lewe kan gee vir dié wat vir Hom gegee is.

  • Waarom bid Jesus hiervoor?
  • Wat beteken dit vir ons vandag?
    Ons gaan vir die res van die week saam oor hierdie vrae nadink.

1) Watter een van die temas waaroor Jesus met Sy dissipels gepraat het resoneer vandag met jou?
2) Het jy al vandag intimiteit met ons Vader ervaar?

To pray unceasingly is to lead all our thoughts out of their fearful isolation into a fearless conversation with God. Jesus' life was a life lived in the presence of God His Father. Henri Nouwen

Maandag 21 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê:…

Dink vir ’n oomblik aan jou asemhaling… Dit is so deel van ons lewens dat dit outomaties gebeur, selfs wanneer ons slaap. Sonder die vermoë om asem te kan haal, kan ons nie lewe nie.

Vir ’n volgeling van Jesus, en vir Sy Kerk, is gebed soos asemhaling. Ons kan eenvoudig nie sonder gebed vir Jesus getrou volg nie.

  • Sal iemand wat jou goed ken jou as ’n bidder beskryf?
  • Ervaar jy ons geloofsfamile as ’n biddende familie?

Ek is oortuig daarvan dat ons as ’n geloofsfamilie tans sukkel om te bid, beide as individue en as ’n geloofsfamilie. Ek ervaar gereeld hoe ons bid vir spesifieke nood, of iets waaroor ons dringend ’n antwoord of ’n uitslag wil hê. Ek ervaar ook hoe daardie selfde dringendheid en passie verdwyn wanneer dit waarvoor ons bid opgelos of verby is. Ons kan nie net nou en dan gefokus asemhaal nie, ons kan ook nie net nou en dan gefokus bid nie.

Johannes 17 is ’n kragtige gebed van Jesus. Ons lees hoe Jesus bid, en waarvoor Jesus bid. Dit is ’n gebed waarin ons unieke insig kry oor wat op die hart van die Koning van die heelal is wanneer Hy met Sy Vader praat.

Soos ons hierdie week deur hierdie 5 verse werk, vra jouself na elke dag se dagstukkie of jou gebede belyn is met Jesus se gebed.

Om oor te dink vandag:

  1. Hoe bid jy?
  2. Waarvoor bid jy?
  3. Wanneer bid jy?

“Prayer does not blind us to the world, but it transforms our vision of the world, and makes us see it, all men, and all the history of mankind, in the light of God. Thomas Merton

Saterdag 19 November 2022

Titus 3:4-5
Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.

Om oor te gesels of te dink:

  • God se goedheid en die liefde vir die mensdom is vir almal. Een van die hoekstene van Reformasie is Solo Gratia, deur Genade Alleen. Dit beteken dat die pad na God, is vir almal bedoel. Nie omdat die mensdom so goed is nie, maar omdat God so goed is. Dit beteken dat die pad na die hemel veronderstel is om wyd te wees, en die pad na die hel smal, omdat God dit vir almal moontlik maak om in verhouding met hom te stel.
  • Dit is so hartseer dat ons as gelowiges vir mense so baie vereistes stel dat hulle nie die genade van die Here kan beleef nie. En as gevolg daarvan is die pad na die hemel smal en die pad na die hel wyd.
  • Waar staan jy? Is jy besig om die pad na die Here makliker te maak deur vir ander goedheid en liefde te bewys? Of is jy besig om mense vereistes te gee vir hoe hulle moet leef en glo voordat hulle verhouding met die Here aanvaarbaar is?
  • Hoe voel jy oor jou eie verhouding met God? Is jy oop vir God se genade? Aanvaar jy dit net? Of wil jy eers sekere rituele, oortuigings en nuanses gehoorsaam voordat jy waardig voel van God se genade?

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie dat U genade vir almal is. Dankie dat dit genoeg is. Here, help my om dit net te ontvang. Here, help my om dit net vir ander te gun.

Vrydag 18 November 2022

Titus 3:10-11
10Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie, 11omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus is nie besig om vir Titus hier te leer hoe om kerkorganisasie en tug sake te hanteer nie. Dit gaan oor veel meer. Hy is besig om die hart van ‘n mens, die interne motiverings en oortuigings te evalueer. Vir Paulus is dit steeds in lyn met sy argument en dan veral van vers 8-9.
  • Wat is sinvol? Dat ons genade aan ander gee. Nuttige dinge vir die gemeenskap doen. Goedheid en liefde vir die mensdom aan ander bewys. Wat is sinloos? Om te argumenteer onder mekaar oor dogma, interpretasies en nuanses van die lering. Wat is die sonde wat Paulus hier na verwys? ‘n Mens se onvermoë om die sinvolle te doen en vas te bly staan op die sinlose dinge. ‘n Mens se onvermoë om sy eie standpunt te laat gaan ter wille van die uitleef van hierdie genade. ‘n Mens se onvermoë om dit wat ons skei van God, die oordeel van ander, die hoogmoed van ons eie goedheid en hardkoppigheid om nie die eie wil aan God se Wil te onderwerp nie. Dit is wat oordeel bring.
  • Ondersoek jou eie hart. Vra die Here om jou te deursoek. Waar staan jy ten opsigte van hierdie verse? Wanneer is regverdigheid, beginselvas en vaste oortuigings, ‘n oefening in selfvoldaanheid? Is jy bereid om oortuig te word, die Here se groei te beleef, ‘n ander manier van doen te beleef, ‘n afsterf van self deur te gaan? Of is daar oortuigings wat jy net nie sal verander nie?
  • Die hele gedeelte in Titus probeer ons herinner en vermaan dat genade vir almal is. Vir die sondige mense van die wêreld, maar ook vir ons wat só goed is. Glo jy dat jy steeds genade benodig, al is jy gelowig? Glo jy, dat jy niks beter of anders is as die mense van die wêreld nie? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek besef vandag dat ek só roem in my eie goedheid, dat ek die punt van U genade misloop. Ek mis die feit dat ek nie kan roem in enige iets nie, nie eers my goedheid nie. Here, ek wil so graag hê dat ander moet weet wat hulle verkeerd doen, hoor dat hulle ver van U af is, dat ek nie genoeg spasie het om vir hulle goed te kan wees of lief te kan hê nie. Here, help my asb. dat ek kan fokus op die wat belangrik is. Help my asb. om U beeld draer te wees, eerder as die een wat ander afskrik omdat ek so oordeel.
Amen.

Donderdag 17 November 2022

Titus 3:8-9
8Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. 9Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus moedig Titus aan om met dit wat sinvol is besig te wees. Hy wil nie hê die gelowiges moet hulleself met sinlose dinge besig hou nie. Wat is sinvol? Om vir ander goedheid te bewys, liefde uit te leef en praktiese dinge te doen wat nuttig is vir die gemeenskap. Wat is sinloos? Om te stry oor die leer, dogmas, ordeninge en nuanses van die kerk.
  • Waarop spandeer ons, ons energie as gelowiges? Is ons besig om sinvol in die wêreld en gemeenskap deel te neem deur goedheid te bewys, liefde uit te leef en nuttige dinge vir ander te doen? Waar sien jy getuienis hiervan? Hoe is jy besig om sinvol jou energie te spandeer? Deel jou hart met die Here. Vra dat die Here jou hart ondersoek.
  • OF is ons as gelowiges met sinlose oefeninge? Is ons besig om met mekaar te baklei oor interpretasies, reg, meer reg en mees reg? Waarom sou Paulus sê dat hierdie sinloos is? Hoe neem jy deel aan hierdie sinlose (volgens Paulus se argument) oefeninge? Waarom is dit vir jou so belangrik? Deel jou hart met die Here. Vra dat die Here jou hart deeglik sal ondersoek.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil so graag U beeld uitdra na ander. Ek wil vir die wêreld U goedheid, liefde en genade wys. Maar wanneer ek myself kom vang baklei ek eerder met ander gelowiges oor dit wat nie werklik belangrik is nie. Ek baklei oor my eie voorkeure, wat vir myself lekker en beter is, wat ek van oortuig is. Here, help my om te vertrou dat U self daardie oortuiging in iemand se hart kan plant. Help my Here om te fokus om ‘n getuie te wees van wie U is, eerder as al die verkeerdhede wat mense doen volgens my. Here, ek kan erken dat hierdie vir my moeilik is. Help my asb. hiermee.
Amen.

Woensdag 16 November 2022

Titus 3:1-4
1Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. 2Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal. 3Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus skryf vir Titus wat met ‘n baie moeilike situasie sit. Die eiland van Krete is bekend vir hulle korrupsie, leuens, seerowery, diefstal, agterbaksheid en valsheid. Ten spyte daarvan, moedig Pauls Titus en die gelowiges aan om steeds gehoorsaam en bedagsaam te wees. Die rede hiervoor is dat die gelowiges eers soos die mense van Krete was. Nou is hulle wedergeboorte en weet hulle van beter. Hulle het eers God se genade ontvang net soos die mense van Krete God se genade kan ontvang. Omdat die gelowiges nou God se goedheid en liefde vir die mensdom beleef het, kan en wil hulle mos ook dit aan ander uitleef, ongeag of hulle dit verdien of nie.
  • Het jy al ‘n belewenis gehad waar jy self, hierdie genade, goedheid en liefde vir die mensdom eerstehands beleef het? Is dit vir jou maklik om genade, goedheid en liefde vir die mensdom te kan leef? Selfs mense wat jy nie van mening is dit verdien nie? Deel jou hart met die Here.
  • Een van ons versoekings as gelowiges is om te dink ons is beter as die sondaars, mense van die wêreld, armes, rykes, regeringsowerhede, ander nasie, kultuur. Ons het die waarheid en is vrygespreek. Die realiteit is wel dat hierdie tipe van gedagtes ook ‘n skeiding bring tussen ons en God. Ons het steeds genade nodig. Ons is in dieselfde boot as al die ander mense wat ons op afkyk. Ons het nie ‘n voet om op te staan nie.
  • Vra die Here om jou hart te ondersoek. Is daar enige van hierdie gedagtes by jou teenwoordig. Is daar mense, waaroor jy dankbaar is, jy nie soos hulle is nie? Vra dat die Here jou die waarheid sal wys. Vra dat die Here jou sal leer om genade vir ander te gun, en ook jouself weer herinner dat die genade steeds vir jou nodig is.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek erken dat ek ‘n mens is wat gebroke is en foute het. Here, ek erken dat ek dink ek is beter af, omdat ek U dien, anders as die verlore wêreld. Here, help my om weer te onthou dat my aanbidding van U, my nie beter maak nie. Help my om te onthou, dat selfs die aanbidding van U ‘n genade is wat ek onverdiend ontvang van U. Dankie Here dat U soveel genade vir my en ons almal gee.
Amen

Dinsdag 15 November 2022

Titus 3:8
8Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense.

Om oor te gesels of te dink:

  • Om te getuig, beteken om dit wat jy self beleef het, gesien het, gehoor het, geruik het, geproe het, gevoel het vir ander te vertel en te wys. Dit beteken dat ander mense deur jou, dieselfde belewenis kan hê as wat jy gehad het. Soms is woorde nie genoeg nie. Soms moet jy met jou lyf en menswees ook dit beliggaam waarvan jy getuig. Genade is een van hierdie belewenisse. Dit is nie iets wat so maklik is om te verstaan as jy net hoor daarvan nie. Mens moet dit beleef.
  • Daarom sê Paulus vir Titus, getuig deur goeie werke te doen. Hierdie nuttige belewenisse wat mense dan ervaar, wys vir hulle wie God is. As hulle ook God se goedheid en liefde vir die mensdom deur jou beleef, sal hulle meer verstaan en ook nader aan God wil wees. Die werke word gedoen, nie omdat ons self oulik is of iets wil kry daaruit nie, maar omdat dit eerste genade is om te kan doen, en tweede omdat dit eer aan God betoon.
  • Wat is nuttig vir jou? Watter dade help jou om meer van God te ontdek en te leef? Hoe help ander se optrede jou die meeste, om God te beleef, self te ontmoet en ook te dien?
  • Wat dink jy is nuttig vir ander mense om jou? Wat dink jy het hierdie wêreld nodig, wat goed en liefde teenoor almal bewys? Hoe kan jy dit beliggaam? Wat keer jou om dit te doen? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek besef dat die manier waarop ek leef ander nader en verder van U kan dryf. Ek besef dat ek te veel kere tussen U en mense staan. Help my Here om meer van U genade te beleef, sodat ek meer van dit kan uitleef. Here, help my asb. om ‘n kanaal van U genade te wees. Here, help my om nuttige dinge te doen wat eer bring aan U en ander help om U genade te beleef. Dankie dat ek dit kan vra Here.
Amen

Maandag 14 November 2022

Titus 3:4-7
4Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. 6God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. 7So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

Om oor te gesels of te dink:

  • Kyk na al die verskillende uitdrukkings van genade (BOLD) in hierdie gedeelte. Hoe sou jy genade beskryf vir iemand wat nog nooit die woord gehoor het nie, of nie die taal so goed magtig is nie? Hoe sou jy genade beskryf vir jouself?
  • Titus se mooiste beskrywing van genade is in vers 4 van hierdie gedeelte. Die goedheid (‘chrestotes’ in Grieks) en die liefde vir die mensdom (‘philantropia’ in Grieks) het op die aarde verskyn. Dit het mens geword en beliggaam hoe dit moet lyk. Hoe het Jesus genade kom wys vir die mensdom?
  • ‘Chrestotes’, goedheid, is om vriendelik, goedhartig en aangenaam te wees tot so ‘n mate dat dit aantreklik is vir ander. Mense wil by mense wees wat ‘chrestotes’/goedheid uitleef. Dit is waarom ons God wil dien, beter leer ken, in verhouding met Hom wil wees. Waar sien jy hierdie tipe goedheid raak in by God, ander gelowiges, die wêreld en in joueself? Vra dat die Here dit meer sigbaar vir jou sal maak en nog meer in jou wakker sal maak.
  • ‘Philantropia’, ‘n liefde vir die mensdom, is om so van mense te hou en lojaal teenoor hulle te wees, soos wat honde amper van nature is. Daar is ‘n vertroue en verwondering. God het dit vir die mensdom. Dit kom natuurlik, in oorvloed en onverdiend. Waar sien jy hierdie tipe ‘philantropia’/liefde vir die mensdom by God, ander gelowiges, die wêreld en by jouself? Vra dat die Here dit meer sigbaar vir jou sal maak en nog meer in jou wakker sal maak.

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil U dank en eer vir die goedheid en liefde wat U vir ons gee. Dankie dat dit mens geword het. Dankie dat ons prakties kon sien hoe dit lyk. Here, soms voel ek dit nie. Here, help my om meer bewus te word daarvan, want dit is altyd daar. Help my ook Here om dit vir ander te gun en uit te leef. Sodat hulle ook U as die bron van hierdie genade kan leer ken.
Amen

Saterdag 12 November 2022

Psalm 25:4-5
“Maak my u wil bekend, Here,
leer my u paaie.
Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,
want U is God, my redder.
In U stel ek elke dag my verwagting.

Lees vandag hierdie teksgedeelte in STILTE twee of drie keer deur.

Om oor te gesels en dink
Waaraan dink jy as jy vir God vra om Sy wil aan jou bekend te maak? Is dit iets spesifiek in jou lewe of oor die algemeen? Is jy oop vir God se waarheid om jou te lei en onderrig?

Stel jouself vandag oop om verras te word wat God jou vandag kan leer en Sy wil aan jou bekend maak. Dit kan deur mense wees, Sy Woord, ervarings ens wees.

Gebed
Here, in U stel ek vandag my verwagtinge. Maak aan my U wil vir my lewe bekend. Amen.

Vrydag 11 November 2022

1 Korintiërs 3:6-7
Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God.

Om oor te gesels en dink
Ons is beide die medewerkers in diens van God, asook die saailand. Saailand: Ons moet ook leer en groei. En God is die EEN wat hierdie groei bewerkstellig. En God gebruik medewerkers om saam te plant en nat te gooi. Waar wil God jou gebruik om ander te leer? Om mense te leer van God is nie afhanklik van 'n graad nie, maar jou eie ervarings. Jy kan net leer wat jy self al leer ken het of ervaar het. Indien jy die geleentheid kon hê om iemand iets oor geloof te leer, iets wat jy ervaar het, wat sal dit wees?

Moenie wag nie. Deel dit met die mense in jou huis, familie oor die foon, iemand by die werk of skool. Ons leer bymekaar. Dit is deel van Kerk wees. Ons is nie gemaak om in isolaise te leef nie en nog minder in isolaise te leer nie. Jy word vandag genooi om te leer en ook deel te wees van ander se leer. Gaan plant en maak nat. God is met jou, Hy is die EEN wat die groei bewerkstellig en jou gebruik om deel daarvan te wees.

Gebed
Here, ek dink ek het die volgende om te bied… om ander mense vanuit my verstaan van U te leer. Wys my vandag met wie ek hierdie ervaring kan deel. En Heilige Gees leer my hoe om so 'n gesprek aan te knoop. Amen.

Donderdag 10 November 2022

1 Korintiërs 3:6-7
Ek (Paulus) het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

Om oor te gesels en dink
Ons is met tye groot voorstanders van spesifieke mense wat ons leer. Vir verskillende redes. En tog vergeet ons dat God eintlik die EEN is wat ons leer en laat groei. God gebruik menese, nes Paulus en Appolos, maar God is die een wat met elkeen van ons werk.

Ons Geloofsfamilie het 9 maniere wat ons help om dissipelskap te verstaan en uit te leef. Een daarvan is GROEI. Om onsself oop te stel vir geleenthede om te leer van God en om te groei in ons geloof. Waar kan jy, nie net vandag nie, maar langtermyn jouself oopstel om meer van God te leer? Ons moet bly groei in ons geloof, ongeag ons ouderdom, want ons geloofsreis is 'n lewneslange reis saam God - die Een wat ons leer.

Gebed
Here, ek het vroeër die week gebid en gedeel wat ek nog meer oor U wil leer. Wys my vandag waar ek langtermyn hierdié meer van U kan leer. Wys my spasies en ruimtes waar ek dalk verras mag wees. En Here, dit is nie maklik nie, help my om mysself hiervoor oop te stel. Amen.

Woensdag 9 November 2022

1 Korintiërs 3:4-5
“As een van julle sê: “Ek is vir Paulus,” en 'n ander: “Ek is vir Apollos,” is julle dan nie nog wêrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het”

Om oor te gesels en dink
Deel van die onenigheid in die gemeente van Korinte was dat gemeentelede verskillende predikers begin aanhang het. Paulus het die gemeente geplant en is waarskynlik nou in Efese. Apollos het daarna verdere werk kom doen in die gemeente. Daar was ook ander gewilde predikers of gunstelinge (sien 1 Kor 1). In hierdie gedeelte spreek Paulus die verdeeldheid as gevolg van hul keuse of uitsprake om eerder vir Paulus óf Apollos te verkies. Paulus sê hierdie gedrag is deel van die gedrag van 'n baba (Selfsugtig en wêrelds) en nie van 'n groeiende gelowige nie. Paulus bevestig dat beide hy en Apollos die werk van God doen en dienaars indiens van die Here.

Kyk vandag uit of jy verskillende dienaars van die Here in hierdie wêreld kan raaksien? Almal gewone mense wat tot eer van die Here besig is om saam aan die Koninkryk te bou.

Gebed
Here, help my vandag om meer mense raak te sien wat vir U werk. Mense in gewone werke en plekke wat ek selfs nie verwag nie. Amen.

Dinsdag 8 November 2022

1 Korintiërs 3:1-2
“Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie”

Om oor te gesels en dink
Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, omdat hulle nie eengesind is nie. In hoofstuk drie begin hy hulle gedrag beskryf met die van 'n baba. Paulus sê dat hulle nog nie eers 'vaste kos' kan verteer nie. 'n Baba is selfsugtig en kan nie op iets of iemand anders se beheoftes fokus nie. Hulle moet nog leer wat is 'n gepaste manier van optree. Hoe lyk jou leerkurwe? Paulus verduidelik dit aan die hand van melk of 'vaste kos'. Is jy nog besig om te leer? Te leer van God?

In die huisgeloof Sondag het ons gevra: Wat wil jy nog oor God leer? En twee om dit met iemand te deel of ruimte te soek om meer oor daardie aspek van God te leer. Doen dit vandag as jy nog nie het nie.

Gebed
Here, ek wonder nou al vir 'n geruime tyd oor… Ek wil meer leer oor U. Wys my vandag waar ek meer daaroor en van U kan leer. Amen.

Maandag 7 November 2022

Romeine 12:17-21
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Om oor te gesels en dink
As gelowiges roep Paulus ons op om anders te leef. Ons moet nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar eerder goedgesind wees en in vrede lewe. Ons vind dit nie altyd maklik nie. Ons wil graag reg in eie hande neem of met woede in ons harte rondloop. Tog, help dit nie. Ons moet dit aan God oorlaat. Ons moet liefde in aksie wys.
Die geheim van die lewe is om jou nie die kwaad te laat oorwin nie, maar die kwaad deur die goeie te oorwin.
Dit is ’n keuse om te kies vir die goeie.
As dit is iets is waarmee jy worstel, gee dit aan die Here oor en vra Hom om jou te help om Sy genade ook vir ander mense te deel.

Gebed
Here, ek sukkel soms om met onvrede in my hart. Ek laat toe dat die kwaad in my bly. Help my om te kies vir die goeie en die kwaad deur die goeie te laat oorwin. Amen.

Saterdag 5 November 2022

Romeine 12:17-21
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Om oor te gesels en dink
As gelowiges roep Paulus ons op om anders te leef. Ons moet nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar eerder goedgesind wees en in vrede lewe. Ons vind dit nie altyd maklik nie. Ons wil graag reg in eie hande neem of met woede in ons harte rondloop. Tog, help dit nie. Ons moet dit aan God oorlaat. Ons moet liefde in aksie wys.
Die geheim van die lewe is om jou nie die kwaad te laat oorwin nie, maar die kwaad deur die goeie te oorwin.
Dit is ’n keuse om te kies vir die goeie.
As dit is iets is waarmee jy worstel, gee dit aan die Here oor en vra Hom om jou te help om Sy genade ook vir ander mense te deel.

Gebed
Here, ek sukkel soms om met onvrede in my hart. Ek laat toe dat die kwaad in my bly. Help my om te kies vir die goeie en die kwaad deur die goeie te laat oorwin. Amen.

Vrydag 4 November 2022

Romeine 12:11-12
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.

Om oor te gesels en dink
Paulus raak prakties in Romeine 12. Omdat ons deur God vrygespreek is en Sy kinders is, leef ons anders. Hy roep die gemeente en ons op om dit sigbaar te maak. Ons moet nie in ons toewyding verslap nie. Ons moet geesdriftig bly deur die Here te dien en ander mense te dien.
Ons leef met hoop en dit moet sigbaar word in ons alledaagse lewe, veral as dit swaar gaan. Ons moet volhard in gebed en altyd sonder ophou bid.
Ons moet medegelowiges help en gasvry teenoor mense wees omdat God se liefde ons dring. Ons doen dit omdat ons dankbaar is vir wat ons ontvang het en deel dit graag met ander.
Dit is nie altyd maklik nie, maar mag God se liefde ons anders laat optree.

Gebed
Here, ek wil U bly dien. Ek verbly my in die hoop, selfs al gaan dit soms moeilik. Help my om steeds te bly bid, doen en U te vertrou. Amen.

Donderdag 3 November 2022

Romeine 8:38-39
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Om oor te gesels en dink
God se genade is oorvloedig en meer as wat ons ooit kan verdien. Paulus herinner ons dat niks waarvoor ons bang is, ons ooit van die liefde van God kan skei nie. Hy verklaar dit in ’n belydenis dat daar niks is wat ons van God se liefde kan skei nie. God se liefde in Jesus Christus het geen einde nie.
Ons kan dit waarvoor ons bang is vir die Here kom gee, want selfs dit sal ons nooit van Sy liefde kan skei nie.
Kan jy dieselfde vandag sê?
Is daar dinge wat jou laat wonder oor God se liefde?
Maak vandag die keuse om vas te hou as hierdie waarheid dat ons enigste troos in lewe en in dood is dat ons aan Jesus Christus behoort en niks ons ooit daarvan sal kan skei nie.

Gebed
Here, dankie vir U liefde! Dankie dat niks my van U liefde kan skei nie. Mag ek vandag U liefde op ’n nuwe manier ontdek en beleef. Amen.

Woensdag 2 November 2022

Romeine 8:1, 15-16
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Om oor te gesels en dink
God het ons vrygespreek in Christus Jesus en daarom staan ons nie meer onder die oordeel van God nie. Meer nog: Hy het ons Sy Gees gegee toe ons Sy kinders geword het. Ons hoef nie meer in vrees te lewe nie. Ons het vrye toegang tot die Vader. Dit is ’n intieme verhouding waarin ons God kan aanspreek as “Abba!” - die Arameese woord vir Pa of Pappa. God is vir ons ’n liefdevolle Vader!
Dink daaroor na dat jy enige tyd na jou Hemelse Vader kan gaan. Jy is altyd welkom, want jy is Sy kind en Hy maak tyd vir ons elkeen. Jy kan jou behoeftes na Hom toe bring.

Gebed
Abba, Vader, dankie dat ek enige tyd kan bid en met U kan praat. Dankie dat ek U kind kan wees. Dankie dat U vir my lief is en dat ek nie onder U oordeel staan nie. Ek het U lief. Amen.

Dinsdag 1 November 2022

Romeine 5:1-2
God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.

Om oor te gesels en dink
Hierdie is evangelie: God spreek ons vry deurdat ons glo. God neem die inisiatief om na ons toe uit te reik. Ons hoef Hom nie te probeer beindruk of beïnvloed om vir ons lief te wees nie. Deur Jesus Christus is daar vrede tussen ons en God. Ons het vrye toegang tot God. Ons het niemand nodig om by God uit te kom nie. Omdat ons in verhouding met Jesus is, kan ons enige tyd en enige plek tot God bid. Dit is genade.
Dit gee vir ons hoop om te kan uitsien om saam met God te wees. Dit help ons om kans te sien vir vandag, want ons het hoop.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat ek vrygespreek is. Dankie dat daar vrede tussen ons is. Dankie dat ek vrylik kan bid en met hoop kan leef. Amen.

Maandag 31 Oktober 2022

Romeine 1:16-17
Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”

Om oor te gesels en dink
Vandag, 505 jaar terug in 1517 het Martin Luther sy 95 stellings teen die Wittenberg kerk geslaan. Hy het waarheid dat ons uit genade alleen gered word herontdek. Hy kon nie anders as om almal te herinner dat dit die ware evangelie is. Hy kon nie daaroor stil bly nie.
Ons weet dat die woorde van Paulus vandag nog net so waar is. God spreek ons elkeen vry enkel en alleen omdat ons glo en juis daarom ontvang ons ’n lewe saam met God.
Dink vandag daaraan dat jy juis ook deur God vrygespreek is. Jy hoef nie iets te verdien of te doen om Sy guns te wen nie. Deur Jesus word ons elkeen vrygespreek en dit is die krag van God wat dit moontlik maak. Ons kan ook nie daaroor stil bly nie.

Gebed
Here, ek verstaan nie altyd U genade nie, dis te groot vir my. Dankie dat U my vrygespreek het en dat ek die lewe ontvang. Amen.

Saterdag 29 Oktober 2022

Matteus 25:37-40
Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Om oor te gesels en dink
Jesus leer ons dat ons nie altyd weet wanneer ons dade vir iemand iets beteken nie. In die gelykenis is die mense verbaas om te dink dat hulle Jesus gedien het. Jesus sê dat sover ons een van die geringstes gehelp het, het ons dit vir Hom gedoen. Ons kan dus Jesus ontmoet en help in die alledaagse wat ons doen. Ons moet nie die geleenthede mis nie. Dit is nie verniet nie. Spreuke 19:17 sê: “Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.
Ons word uitgenooi om Jesus se hande en voete vir mense om ons te wees, selfs die wat ons dink dit nie verdien nie.

Gebed
Here, ek wil graag U wil doen. Help my om ander te help, selfs die geringstes. Mag ek ontdek dat ek U dien as ek mense om my help en gee. Amen.

Vrydag 28 Oktober 2022

Jakobus 2:18
Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.

Om oor te gesels en dink
Jakobus roep ons op dat ons woorde sal oorgaan in dade. Ons kan nie agter ons geloof skuil en niks doen nie. Ons moet juis vanuit ons geloof dinge doen wat die Here van ons vra. Dit vra dat ons vrygewig sal lewe, dat ons met oop harte en hande sal leef. Ons weet nie altyd wie ons hulp nodig het nie, maar Jesus sê in Matteus 10:42: “Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.
Ons moet bekers koue water uitdeel. Vir elkeen lyk dit anders, maar mag jy vandag iemand help, wat dit dalk nie verwag of vra nie, om so jou geloof in aksie te wys.

Gebed
Here, dankie dat U vir my goed is. Mag ek vandag my geloof vir iemand wys deur te help met wat nodig is. Amen.

Donderdag 27 Oktober 2022

Jakobus 2:14-17
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Om oor te gesels en dink
Ons geloof staan en val by ons optrede. Martin Luther het gemeen hierdie brief fokus te veel op dade en te min op genade. Tog moet ons geloof in dade oorgaan. Dit kan nie maar net praat bly nie. Ons moet mense prakties help wat oor ons pad kom. Soms het hulle nie fisiese klere of kos nodig nie, maar ‘n oor om te luister of ander hulp. Ons moet nie ons taak versaak deur nie te help nie.
Die Boodskap vertaal Jakobus 2:17 treffend: “So is dit ook met jou verhouding met God. Om te sê jy is vriende met God, maar jy doen niks vir Hom nie, sê eintlik dat die vriendskap tussen jou en God morsdood is.

Gebed
Here, help my om daad by die woord te voeg. Laat ek nie net praat en dan nie doen nie. Wys my waar ek iemand kan help met wat hulle nodig het. Amen.

Woensdag 26 Oktober 2022

Jakobus 2:1
“My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie.”

Om oor te gesels en dink

Jakobus roep ons op om nie mense op uiterlike voorkoms te beoordeel nie. Dit is iets waarmee daardie gemeente gesukkel het en ons ook. Ons hanteer mense verskillend, veral as ons dink iemand is belangriker, ryker, mooier of meer suksesvol. Ons is dan geneig om anders op te tree. Daarteenoor kyk ons neer op mense wat ons as onbelangrik ag.
Jakobus herinner ons dat as ons in Jesus glo, ons almal wat ons pad kruis, dieselfde moet behandel. Ons kan nie tussen ryk en arm onderskei en mense verskillend hanteer nie. Jakobus 1:5 sê :“Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?”
Laat ons ons nie heeltyd vergelyk en ander beoordeel nie.

Gebed
Here, ek sukkel om nie mense te beoordeel nie. Help my om almal gelyk te hanteer en so U liefde vir almal om my wys. Amen.

Dinsdag 25 Oktober 2022

Jakobus 1:27
Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

Om oor te gesels en dink
Gister het Jakobus ons herinner dat ons nie moet dink ons is met godsdiens besig as ons nie ons tonge kan beteuel nie. Nou stel hy die teenoorgestelde: “Laat ek vir julle sê watse soort godsdiens God ons Vader as eg en eerlik sien: as jy bereid is om dié mense te help wat nie vir hulleself kan sorg nie, maar in die nood is, is jy besig met die regte godsdiens. Maar dan moet jy ook sorg dat jou eie lewe skoon bly van al die verkeerde dinge wat ’n mens in hierdie wêreld kan doen.
‭‭Ons is besig om God se hande en voete te wees vir ander as ons hulle help. Dit kan iemand naby aan jou wees of iemand wat oor jou pad kom. Dit vra nie altyd geld nie, maar ons tyd en liefde en dit is soms moeiliker om te gee.
Wie lê die Here op jou hart om te help? As jy hulp aanbied, is jy met die regte godsdiens besig. Vra Hom om jou te wys.

Gebed
Here, ek wil my met die regte dinge besig hou. Wys my waar ek vandag ‘n verskil kan maak deur iemand te help. Amen.

Maandag 24 Oktober 2022

Jakobus 1:26
As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.

Om oor te gesels en dink
Jakobus herinner ons om te let op ons woorde. Ons kan nie dink ons lewe reg, maar dink nie na oor ons woorde nie. Dit gaan nie net oor lelik praat of vloek nie, maar om ook heeltyd kwaad te wees en negatief te praat. Ons kan ons nie verlekker aan alles wat verkeerd is en meedoen aan alles wat negatief is en dink ons dien die Here nie. Ons bedrieg onsself, bedoelende ons flous onsself as ons dink ons kan dit so doen. Skinder is ook die verkeerde manier om ons woorde te gebruik. As ons nie ons woorde positief en reg gebruik om ander ons op te bou nie, is ons godsdiens waardeloos.
Wanneer ons op Jesus fokus en soek vir die positiewe ontdek ons die vreugde van die lewe. Dit vra ‘n kopskuif om Jesus tussen al die negatiwiteit raak te sien. Jakobus 1:19 sê: “_ “elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie._”

Gebed
Here, ek wil U met my woorde eer. Mag ek vandag positief U raak sien. Mag ek U ontdek waar ek dit dalk nie verwag nie. Amen.

Saterdag 22 Oktober 2022

Romeine 12:9-10
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Om oor te gesels en dink
Ons het hierdie week in Romeine 12 gesien dat om ’n verskil in die wêreld te maak ons ander moet leef en ons denke vernuwe. Ons het mekaar nodig en moet mekaar met ons gawes dien. Dit moet alles in opregte liefde geskied.
Hoe doen ons dit? Ons moet vashou aan wat goed is en verafsku wat sleg is, veral in ons denke. Ons moet nie heeltyd op die negatiewe fokus nie, want dit verwoes ons lewe.
Ons moet opregte liefde en eerbied teenoor almal uitleef en mekaar daarin tot voorbeeld wees. Ja, ons moet mekaar wys en reghelp om altyd in liefde te handel.
As volgelinge van Christus wat Hom ontdek en leef, kan ons nie anders as om mekaar in liefde te dien nie.

Gebed
Here, ek wil opreg lief hê. Help my om vas te hou aan wat goed is. Help my om eerbied vir die mense om my te hê. Ek wil U liefde vir ander daardeur wys. Amen.

Vrydag 21 Oktober 2022

Romeine 12:6-8
Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.
‭‭
Om oor te gesels en dink
Ons het mekaar en mekaar se gawes nodig. Paulus maak ’n belangrike punt: elkeen van ons het ’n gawe, ja, jy ook. Daarom roep hy ons op om ons gawes te gebruik ter wille van mekaar. As jy nie jou gawe gebruik nie, ontneem jy mense om jou om daardeur verryk te word.
Weet jy wat jou gawe is? Gebruik jy dit om mense te dien?
Hierdie is voorbeelde van gawes en daar is nog meer. Paulus roep ons op om ’n verskil in die wêreld te maak deur mekaar te dien, onderrig, bemoedig, gee, lei en help. Wanneer ons dit doen, versorg die liggaam van Christus mekaar.
Deel jou gawe vandag met iemand. Moenie bang wees, want iemand het vandag jou gawe nodig.

Gebed
Here, ek is soms huiwerig om my gawe te deel. Ek dink soms dat wat ek het nie goed genoeg is nie, maar help my om myself en my gawe te deel met iemand. Amen.

Donderdag 20 Oktober 2022

Romeine 12:4-5
Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.

Om oor te gesels en dink
Ons het mekaar nodig. Paulus gebruik die beeld van ‘n menslike liggaam om te wys dat ons mekaar nodig het en mekaar moet dien.
Ons vergeet dit soms en wil soos klein kinders uitskree: “Ek sal self…!” Wanneer ons so optree, mis ons die punt om mekaar te help en te versorg.
Jy is deel van die liggaam van Christus en daarom is jy belangrik. Jou unieke menswees maak ‘n verskil. Net so is daar ander mense wat jou bystaan met hulle unieke gawes en menswees.
Anders as die wêreld, moet ons onsself oop stel om interafhanklik van mekaar te leef. Ons kan nie onafhanklik funksioneer nie.
Besef dat jy ‘n verskil maak daar waar jy is.

Gebed
Here, ek het ander nodig en besef dat ons mekaar moet dien. Help my om ‘n verskil maak aan die mense om my. Ek wil U daardeur dien. Amen.

Woensdag 19 Oktober 2022

Romeine 12:3
Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Om oor te gesels en dink
Paulus roep ons op om anders as die wêreld om ons te wees. Ons moenie meer van onsself moet dink nie. Anders gestel moet ons minder aan onsself dink en eerder aan die mense om ons dink. Ons moet nederig wees. Die Boodskap vertaal hierdie vers: “Onthou dat julle geloof ’n geskenk uit God se hand is. Wees dankbaar vir die geloof wat julle wel van Hom ontvang het. En hou op om julle met ander te vergelyk.
Wanneer ons denke deur die Heilige Gees vernuwe word, kan ons fokus op dit wat belangrik is. Ons kan ’n lewe van dankbaarheid lei. Ons moet nie toelaat om dit wat ons het, te mis, omdat ons dit met ander vergelyk nie. Deel vandag met iemand wat jou geloof vir jou beteken. Sê vir die Here dankie vir sy genade vir vandag.

Gebed
Here, ek wil graag meer op U en ander fokus. Dankie vir die gawe van geloof. Help my om nederig te wees en my nie met ander te vergelyk nie. Dankie vir alles wat U vir my gee. Amen.

Dinsdag 18 Oktober 2022

Romeine 12:2
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Om oor te gesels en dink
Paulus gee praktiese raad om as lewende offers te leef: moenie te tuis raak in hierdie wéreld nie, maar laat toe dat God ons denke verander. Dit bly ’n voortdurende proses en keuse dat ons die Heilige Gees toelaat om ons denke van binne te verander. Ons moet fokus op dit wat vir God goed, aaneemlik en volmaak is. Dit kan beteken dat ons opofferings moet maak en ons eie wil neerlê om aan God gehoorsaam te wees.
Hierdie lewe van oorgawe maak ons anders as die wêreld om ons. Dalk moet jy vandag ‘n moeilike besluit neem, maar wat jy weet die regte besluit is. Vertrou die Here daarmee. Vra Hom om voortdurend jou denke te vernuwe sodat Sy wil sal geskied.

Gebed
Here, kom verander my. Ek wil graag U wil doen. Help my om te onderskei wat vir U goed, aanneemlik en volmaak is. Amen.

Maandag 17 Oktober 2022

Romeine 12:1
En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Om oor te gesels en dink
Paulus skryf aan die gemeente in Rome om anders te leef as die wêreld waarin hulle hulle bevind. In daardie tyd was offers baie algemeen om al die verskillende gode gelukkig te hou. Paulus sê omdat God die inisiatief uit liefde en ontferming neem, hoef ons nie offers te bring nie, maar moet ons onsself as lewende en heilige offers vir Hom gee. Dit is om ’n lewe van opoffering te leef teenoor God en ander mense, in plaas daarvan om offers te bring wat geen waarde het.
Wanneer ons ’n lewe van opoffering leef, is ons met die belangrikste van ons geloof besig. God se liefde dring ons om anders te wees teenoor almal wat ons pad kruis. Dit is nie altyd maklik nie, maar wanneer ons so leef, leef ons Jesus se liefde uit.

Gebed
Here, dankie vir U groot liefde en ontferming. Ek kom gee myself vandag as lewendige offer vir U. Mag ek U liefde vir iemand vandag wys. Amen.

Saterdag 15 Oktober 2022

Lukas 10:32-37
Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’ “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”

Om oor te gesels of te dink:
Hierdie teks plaas klem daarop dat die Samaritaan hom 'innig jammer gekry het'. Daarom versorg hy hom, neem hom na die herberg en gaan meer as die ekstra myl. Die Samaritaan gaan letterlik uit sy pad om iemand, wat ons nie sou verwag het nie, te help. Gasvryheid vra van ons om ook mense te onvang wat ons nie sou verwag nie. Of om dalk self deur mense ontvang te word. Kan jy vanuit barmhartiheid en 'innig jammer' optree? Mag jou hart jou lei om gasvry met mense om te gaan.

Gebed:
Here, gebruik my vandag om mense gasvry te ontvang, nes hul is. Of Here, om gasvryheid self te aanvaar. Mag ons mense innig raaksien en self raakgesien word. Amen.

Vrydag 14 Oktober 2022

Lukas 10:29-31
Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby."

Om oor te gesels of te dink:
Wie is jou naaste? Hoe dink jy oor die mense wat in jou omgewing saam met jou leef? In hierdie teks kan daar verskillende redes gegee word waarom die priester en Leviet nie gestop het om te help nie. Die punt is dat daar iemand was wat hulp benodig het en mense het hom gesien en verby beweeg. Ons kan soms ook so met ons gasvryheid omgaan. Ons gee graag of tree gasvry op teenoor die wat ons dink dit 'verdien'. Gasvryheid kan tog nie beperk word tot wie ons dink dit 'verdien' nie. Nee, ons hele 'dorp' se eer is ook op die spel soos die verhaal van die gasheer en buurman wanneer ń gas in die middel van die nag opdaag. Nie net ons geloofsfamilie se eer nie, maar die Kerk in die breë.

Gebed:
Here, help my om my Christenskap so uit te leef dat ander kan weet dat U is die Here. Vir alle mense. En dat U mense soos ons wil gebruik om 'n verskil in hierdie wêreld te maak. Amen.

Donderdag 13 Oktober 2022

Lukas 11:8
Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie.

Om oor te gesels of te dink:
Hierdie teks kan moontlik anders vertaal word aan die einde, naamlik die 'skaamteloosheid van hom'. Hierdie is verwysend na die buurman. Dit het alles te make met die buurman wat nie omgee oor die skaamte van die dorp nie. Daarom gee hy nie vanuit hierdie gemeenskaplike verstaan nie. Indien dit die geval is, gee hierdie buurman die drie brode, omdat hy later iets van die gasheer sal terug eis. Hy gee dit dus nie vanuit 'n plek van gasvryheid, eer of skaamte nie. Dit is nie verniet nie.

Wat doen ons wat soos gasvryheid lyk? Maar egter nie is nie en later iets inruil terug verwag? Hoe kan jy vanuit 'n plek van gee, sonder om terug te verwag teenoor ander leef?

Gebed:
Here, ons lewe in 'n wêreld waar ons gereeld met mekaar 'transaksies' doen. Help my om dinge vir ander mense te doen, sonder om iets terug te verwag. Wys my wie het gasvryheid vandag nodig. Amen.

Woensdag 12 Oktober 2022

Lukas 11:7
En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie …’

Om oor te gesels of te dink:
Alhoewel die eer en skaamte van die hele dorp op die spel is, gee hierdie buurman verskonings. Verskonings oor hoekom hy nie kan help nie. Maar eintlik klink dit net of hierdie buurman nie wil help nie en dat sy verskonings moontlik flou is. Hy kyk dalk ook eerder uit vir sy huishouding se oorlewing as om te help om 'n ander gasvry te ontvang.

Watter verskonings leef in jou hart? Verskonings wat maak dat jy dalk nie by die breër gemeenskap help om belangrike waardes te onderhou nie? In hierdie teks word ons eintlik met ons eie flou verskonings gekonfronteer. Watter waardes dink jy is belangrik vir ons geloofsgemeenskap en leefwêreld?

Gebed:
Here, watter waardes het ek van vergeet? Of is dalk nie meer vir my belangrik nie, maar in U oë en vir die breë gemeenskap is dit uiters belangrik? Heilige Gees, werk met my hierdie week om raak te sien waar ek dit beter kan uitleef en kan help. Amen.

Dinsdag 11 Oktober 2022

Lukas 11:5-6
Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’
 
Om oor te gesels of te dink:
In die tyd wat Jesus hierdie gelykenis vertel was gasvryheid uiters belangrik. Gasvryheid het beteken om soos hierdie gasheer sy gas te ontvang, te voed, huisves en beskerm. Selfs al is dit ongerieflik en in die middel van die nag. Die eer en skaamte van die hele dorp is op die spel indien die persoon nie gasvry ontvang word nie. Die eer en skaamte is eintlik 'n waardestelsel wat onderhou word. Omdat hierdie waarde belangrik is (vir die hele dorp) gaan vra hy vir sy buurman om te help, want hy het nie brood nie en kan dus nie die gasvryheid wat benodig word bied nie.
 
Watter waardes is vir jou of julle huishouding belangrik? Hoe sal dit werk indien een van julle dit nie alleen kan doen nie? Kan jy vir hulp vra? Kan iemand jou vir hulp vra?
 
Gebed:
Here, vandag wonder ek oor my/huishouding se waardes. Wat is dit wat ons dryf? En ons keuses bepaal? Heilige Gees, wys my vandag watter waardes ek beter kan uitleef of selfs hoe ek kan help sodat iemand anders hulle waardes kan uitleef. Amen.

Maandag 10 Oktober 2022

Romeine 12:13
Help die medegelowiges
in hulle nood
en lê julle toe op gasvryheid

Om oor te gesels of te dink:
Henry Nouwen skryf die volgende oor gasvryheid: “Hospitality… the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend instead of an enemy. Hospitality is not to change people, but to offer them space where change can take place… Hospitatliy is not a subtle invitation to adopt the life style of the host, but the gift of a chance for the guest to find his [her] own.”

Hoe lyk gasvryheid in julle huis? Is dit vir jou/julle lekker as mense in jou huis tuis voel? Dit het te make dat mense voel dat hulle op hul gemak kan wees en net hulself. Hoe gasvry is die ander ruimtes waar jy beweeg en werk? En selfs ruimtes waarvoor jy verantwoordelik is: Is dit 'n spasie waar mense tot hulle eie reg kom?

Hierdie teksgedeelte van Romeine 12 is deel an 'n lys dinge wat as riglyne vir 'n Christelike lewe gegee word. Om gasvryheid te betoon is deel van hoe ons lewe as Christene beleef moet word. Waar kan jy vandag spasies vir ander skep om hulself te wees? En juis dalk daarin kan hul geleentheid kry, soos Nouwen sê, om in daardie spasie transformasie en verandering (in hulleself) te kan beleef.

Gebed:
Here, wys my waar ek vandag vir iemand geleenthede en spasies moet help skep. sodat ander ook tot hulle reg kan kom en veilig kan voel. Dankie dat ek by U veilig is en ook net soos ek is, is ek altyd welkom in U teenwoordigheid. Amen.

Saterdag 8 Oktober 2022

Matteus 18:22
22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus se antwoord op Petrus se vraag oor vergifnis is dat ons sewentig maal sewe keer moet vergeef. Die idee is dat ons vergifnis, nie werklik getel moet word nie. Ons moet so vrygewig daarmee wees dat daar altyd meer vergifnis is. Ons moet nie boek hou van hoeveel keer ons vergewe het nie. Dit is nie ‘n wet wat tot op die presiese getal uitgevoer moet word nie, maar spreek meer van ‘n ingesteldheid wat meer en meer vergewe.
  • Die rede hiervoor is nie net ten gunste van ander wat die vergifnis ontvang nie, maar werklik vir ons wat vergewe. Wanneer ons vergewe is ons vry. Ons harte hoef nie vas te hou aan die bitter, seer en swaarkry nie. Ons is vry om aan te beweeg, lief te hê en te genees. Ons hoef ook nie kop spasie op te neem met berekeninge van hoeveel keer is nou genoeg nie. Ons kan fokus op die Here en lewe in oorvloed.
  • Is jy steeds besig om vas te hou aan woede, seerkry, onvergenoegdheid? Is daar redes waarom jy nie wil of kan vergewe nie? Terwyl die persoon met hulle lewe aangaan is jy vasgevang in hierdie ONvergifnis. Hoe laat dit jou werklik voel? Dien dit jou?
  • Hoe sou dit wees indien jy alles vergewe en agter jou sit? Nie meer daaraan dink nie? Hoe sou dit jou beinvloed? Jou sou jou lewe kon lyk? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek wil nie meer vasgevang wees in hierdie haat, kwaad, seer en stoei nie. Here help my om ander te vergewe. Help my om dit so vrylik te gee, soos U dit vir my gegee het. Here help my om nie meer te bekommer oor dit wat my hart gevangene hou nie. Here, help my asb om dit agter te laat.
Amen.

Vrydag 7 Oktober 2022

Matteus 18:32-33
32Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. 33Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus gebruik ‘n gelykenis waarin hy ‘n baie verstaanbare situasie skep. ‘n Amptenaar skuld die koning baie geld, meer as wat hy ooit sou kon terugbetaal. Omdat hy vra, vergewe die koning hom sy skuld. Wanneer die amptenaar na buite beweeg ontmoet hy ‘n medeamptenaar wat vir hom ‘n paar rand skuld. Mens sou dink dat hy die geld sou afskryf nadat hy self nou ervaring het, om vrygespreek te word. Die uiteinde is dat hy dit nie doen nie en moet boete doen.
  • Waar in jou lewe het jy al vryspraak beleef? Waar het iemand jou skuld teen jou afgeskryf, jou vergewe, jou meer gegun as wat jy verdien het? Hoe het dit jou laat voel? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe voel jy oor die Here se genade teenoor jou? IS dit vir jou ‘n groot belewenis? Of voel dit nie asof jy so sleg was en soveel vryspraak benodig soos ander nie? Maak dit wat jy by God ontvang, jou meer bereid om ander ook vryspraak te gun?
  • Hoe gee jy vir ander wat hulle nie noodwendig verdien nie? Jou tyd, jou geld, jou talente, jou vergifnis? Spreek jy maklik vry? Of is jy suinig met dit? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, ek besef dat dit wat ek by U kry, soveel meer is as wat ek ooit sou kon verdien. Here, ek besef hoe skuldig ek voor U staan. Dankie dat U my vrygespreek het. Here, wanneer ek besef ho groot my eie skuld was en hoe vrygewig U was met vergifnis, wil ek dit ook met ander deel. Soms kom dit maklik, ander kere is dit moeilik. Here, help my om dit makliker vir ander te gun en te gee.
Amen.

Donderdag 6 Oktober 2022

Matteus 18:21
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

Om oor te gesels of te dink:

  • Petrus kom met die verkeerde gesindheid wanneer hy sy vraag aan Jesus stel. Hy wil weet hoeveel kan hy terug hou. Hoeveel is die maksimum wat hy hoef te gee. Hy wil nie meer doen as wat absoluut nodig is nie. Hy kom uit ‘n plek van skaarste. Dit wat hy kan gee (vergifnis in die geval), is beperk en daarom wil hy nie gee nie.
  • Die derde probleem met Petrus se stelling. Hy is suinig. Vergifnis is bedoel om vrygewig vir ander gegee te word. Daar is nie veronderstel om ‘n beperking aan te wees nie. Daar moet oorvloed wees. Ons hoef nie terug te hou nie, want daar is meer as genoeg om te gee.
  • Is daar enige plek in jou lewe waar jy ook so leef? Dalk in vergifnis? Dalk in jou tyd, jou geld, jou goed en jou talente? Probeer jy seker maak dat jy nie meer gee as wat absoluut noodsaaklik is nie? Leef jy is skaarste soos Petrus? Of leef jy in oorvloed soos wat Jesus vra ons moet kan gee? Deel jou hart met Jesus.
  • Hoe sou dit lyk as jy begin gee asof jy oorvloed beleef? Hoe sou dit wees om jou vergifnis, jou tyd, jou goed, jou geld en jou talente vrylik met ander deel, omdat jy weet God voorsien in oorvloed? Jou sal jou ingesteldheid verander?

Gebed:
Here, ek is so bang om te veel te gee, want dalk het ek nie genoeg nie. Here, ek sukkel so om U soms te vertrou. Wanneer ek terug hou, voel ek veilig. Here, help my asb om meer vrygewig te wees. Veral ook met my vergifnis. Maar here, meer as dit, help my om ‘n vrygewige hart te hê oral in my lewe. Help my om nie te vra wat is die maksimum wat ek MOET gee nie, maar wat KAN ek alles gee.
Amen

Woensdag 5 Oktober 2022

Matteus 18:21
_ Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”_

Om oor te gesels of te dink:

  • Petrus kom na Jesus met die vraag om te hoor wanneer is genoeg, genoeg. Hy wil weet wat is die antwoord vir wanneer hy met vrymoedigheid mense nou kan afskryf as hulle hom te veel kere te nagekom het. Wanneer kan jy sê, “Tot hier toe en nie verder nie”.
  • Die Tweede probleem met Petrus se stelling. Hy probeer kyk wat die minimum is waarmee hy kan weg kom. Wanneer is hy steeds ‘n goeie volgeling van Jesus en hoef hy nie meer die harde werk van vergifnis te doen nie. Jesus se antwoord is ‘n moeilike waarheid. Daar is geen punt waar dit genoeg is nie. ‘n Volgeling van Jesus hou aan vergewe omdat hulle vrygewig is met hulle vergifnis. Daar is nie ‘n minimum nie.
  • Net soos met ons geld, goed, talente, is daar nie ‘n minimum wat ek MOET gee, voor ek nou vrygespreek is om aan te hou gee nie. Vergifnis hou aan oorloop vanuit die Here se hand, daarom moet ons Sy voorbeeld volg.
  • Het jy al gevoel dat jy genoeg kere vergewe het? Het jy al genoeg gehad van mense wat aanhou om jou te misbruik? Wat leef in jou hart as jy hieroor nadink? Deel dit met die Here.
  • Onthou. Ons kan aanhou vergewe. Maar ons kan ook goeie grense stel, wat mense nie toelaat om aan te hou om ons te na te kom nie. Ons kan die oortreder vergewe wil hulle dade. En ons kan ophou om hulle toegang te gee tot ons hart/lewe. Jesus spreek dit nie goed wat die persoon doen nie. Slegs dat ons die vergifnis moet gee. Vergifnis maak ons vry, dit keer nie goed wat die oortreding was nie. Wat is jou gedagtes in hierdie verband?

Gebed:
Here, U weet hoe seer dit maak as mense aanhou om my te na te kom. Here, dit maak seer. En ek wil hulle afskryf en nie meer vergewe nie. Here, help my met die wil, om te wil vergewe. Here, help my om vry en in vrede te lewe. Here, help my om vergifnis meer vrygewig te gee, soos U dit ook vir ons gee.
Amen.

Dinsdag 4 Oktober 2022

Matteus 18:21
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

Om oor te gesels of te dink:

  • Petrus kom baie vroom na Jesus. Sy vraag is bedoel om te klink asof hy baie vrygewig is in sy vergifnis aan ander. Die gebruik in die Joodse kultuur was om mense 3 keer te vergewe. Wanneer Petrus die vraag stel, probeer hy klink asof hy baie gelowig is met ‘n mens vir ander. Jesus kyk dwarsdeur dit. Hy sien hoe Petrus probeer om sy eie ego streel terwyl hy steeds soos die skrifgeleerdes die minimum vereistes probeer nakom van ‘n “goeie volgeling”.
  • Eerste probleem met Petrus se stelling. Hy probeer goed lyk. Sy fokus is op hoe geestelik, liefdevol en verdraagsaam hy is teenoor wat die wet vra. Jesus gooi die appel kar om deur te sê ons moet 70 x 7 keer vergewe. Jesus probeer sê daar is nooit ‘n punt waar ons nie vergifnis vir ander moet gee nie.
  • Is daar ‘n klein gedeelte van jou wat ook probeer vroom lyk in die oë van ander? Is daar aksies, handelinge en optredes wat dit moontlik kan verklap as mense naby genoeg na jou kyk?
  • Wanneer Jesus kom en vir jou sê dit wat jy doen is nie genoeg nie. Jy moet nog meer gee. Hoe laat dit jou voel? Deel met die Here jou hart. Waarop probeer jy roem? Vra Jesus vandag vir jou iets anders?

Gebed:
Here, ek besef vandag dat U nie my goedheid wil hê nie. Ek besef dat my eie goedheid, slegs ‘n manier is waarop ek wil goed lyk, maar nie werklik goed is nie. Here, dankie dat ek vir U aanvaarbaar is, selfs toe ek nog nie eers probeer het nie. Help my Here, om werklik goed te word. Verander my hart. Help my om uit U goedheid te leef, en nie meer bekommerd te wees oor hoe dit my laat lyk nie. Meer van U here, en minder van myself.
Amen.

Maandag 3 Oktober 2022

Matteus 6:12
”en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree,”

Om oor te gesels of te dink:

  • Dink na oor hoe jy ander vergewe. Indien dit die maatstaf sou wees vir hoe die Here jou vergewe vir jou oortredings, sou jy werklik vergewe wees? Deel met die Here jou gedagtes rondom wat vergifnis is, hoe jy dit gee, en waarmee jy uitdagings het.
  • Is jou vergifnis afhanklik van berou by die ander persoon? In hierdie gedeelte is daar niks gesê oor vergewe wanneer iemand vir vergifnis vra nie. Vergifnis is nie afhanklik van iemand se vermoë om vergifnis te vra of berou te toon nie. Die fokus is op die persoon wat moet vergewe, nie die persoon wat berou het nie. Is dit vir jou moeilik om iemand te vergewe wat nie berou het nie? Het jy eers ‘n erkenning van skuld nodig voor jy kan vergewe? Deel met die Here waarom dit vir jou moeilik is om nie net te vergewe nie.
  • Jesus het sy lewe vir elkeen van ons gegee en die finale opoffering gemaak, voordat ons berou getoon het vir ons eie tekortkominge, versoekings en sondes. Wat sou gebeur as God eers gewag het vir ons berou en erkenning van skuld, voordat Hy ons vergifnis aangebied het?
  • Praat vandag met die Here oor jou verstaan van vergifnis. Wat beteken dit? Hoe lyk dit prakties? Hoe laat dit jou voel?

Gebed:
Here, ek is so dankbaar vir U vergifnis wat U vir my gee. Here, ek weet dat my eie vergifnis wat ek vir ander bied, tekort skiet. Here, help my met my tekortkominge en onvergenoegdheid. Here, help my om ‘n hart te hê wat meer bereid is om vergifnis te gee, soos wat ek dit by U ontvang ook. Here, help my om meer soos Jesus te wees. Here, help my om meer vrygewig te wees met my vergifnis.
Amen

Saterdag 1 Oktober 2022

Efesiërs 1:2
“Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!”

Om oor te gesels en dink
Verskeie briewe in die Nuwe Testament groet op 'n soortgelyke wyse as hierdie teksvers. Genade vir jou. Genade van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Dit is woorde wat 'n mens gerusstel. Woorde wat mens herinner dat God 'okay' is met ons.

Hier is die lirieke van "Voel jy die genade" van Jo Black. Lees dit gerus vanoggend terwyl jy jou hand(e) oophou.

"Jy's net 'n mens
Hy is God
Maar jy sal nooit uit sy hand uit val
Sê my, voel jy die genade?
Jy's vrygekoop
Die prys is reeds betaal
Jy's skoongewas, 'n Koningskind
Sê my, voel jy die genade?
En die water loop
Ja, die water stroom
Sê my, voel jy die genade?
Maak net jou arms oop
Laat die trane loop
Sê my, voel jy die genade?"

Kyk gerus die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=Bxfwf2F6t3o

Gebed
Here, ek voel nie net die genade nie, ek is diep oortuig daarvan. Diep verborge en veilig in U genade. Dankie dat U genade ook vir my is. Amen

Vrydag 30 September 2022

Handelinge 20:22-24
“En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.”

Om oor te gesels en dink
Paulus is in hierdie teks aan die woord. Hy is bewus dat hy moontlik vervolg kan word, maar is daarvan oortuig dat die Heilige Gees hom dring om te gaan. En groter as die vrees is sy verstaan van sy lewenstaak: om die evangelie van God se genade te verkondig. Ons dink gereeld aan evangelisasie as om mense te oortuig dat ons reg is dat Jesus die ware en enigste Here is. In hierdie skrywe van Paulus hoor ons dat die evangelie, met ander woorde die verkondiging van die goeie nuus, ook te make het met die verkondiging van genade - God se genade!

Hoe verkondig jy hierdie goeie nuus - die genade van die Here? In jou woorde? In jou gebede? In jou optrede teenoor mense? Mag jy vandag deur die Heilige Gees gedring word om die genade van die Here te verkondig aan alle mense wat jou pad kruis.

Gebed
Probeer om vandag met 'n oop hand te bid: Here, hier is ek. Gebruik my om u goeie nuus van genade te verkondig en leef. Amen

Donderdag 29 September 2022

Lukas 18:13-14
“Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig. Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”

Om oor te gesels en dink
In hierdie afhanklike houding van die tollenaar hoor ons iets van genade. Hy, die tollenaar, wat God om genade smeek. Hy slaan op sy bors! Hy gee uiting aan iets. Dalk 'n frustrasie, dalk 'n houding van dat hy dit nie werd is nie. Dat hy nie uit sy eie sy saak met God reg kan stel nie. Dit is God en net God wat ons verhouding met Homself kan herstel. Ons doen soms dinge wat skeiding bring tussen ons en God, maar God is altyd besig met ons. Verlaat ons nooit. Hoor altyd ons gebede. Selfs wanneer ons aanjaag. God is 'okay' met ons.

Wat is jou ingesteldheid? Dink jy dat jou werke en houding kan bydra dat God 'okay' is met jou? Of besef jy, nes die tollenaar, dat dit nie uit jou eie kan kom nie. Dit is net genade.

Gebed
Probeer om vandag met 'n oop hand te bid: Here, ek hou my hand vandag oop as simbool dat ek U genade ontvang. U genade is ook vir my. Amen

Woensdag 28 September 2022

Lukas 18:10-13
“Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’”

Om oor te gesels en dink
Tollenaars was bekend daarvoor dat hulle geld namens die Romeinse regering ingesamel het. Hulle sou ook maklik 'te veel' geld ingesamel het, sodat hulle meer geld vir hulle self ook kon hou. Dit was nie iemand met wie mens regtig wou assosieer nie. Jesus word ook snaaks aangekyk as hy met tollenaars gesels en selfs by hulle gaan eet. In hierdie teks is die tollenaar diep bewus van sy foute. Hy gaan tempel toe om te bid. Hy kry dit nie eers reg om sy oë op te lig nie. Sy hele houding is een van afhanklikheid. In hierdie afhanklike houding kan ons nie anders as om iets te hoor van genade nie. Hy, die tollenaar, wat God om genade smeek.

Gebed
Probeer om vandag met 'n oop hand self die gebed te bid: "Here, wees my genadig"

Dinsdag 27 September 2022

Lukas 18:10-12
“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander een 'n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.’”

Om oor te gesels en dink
Soos jy bid, so glo jy. Ons hoor dit ook in hierdie Farisieër se gebed. Sy gebed fokus op sy eie goeie werke. Dit laat ons aflei dat hy moontlik dink dat sy eie goeie werke die rede is dat sy saak met God reg is (of nie). Ons glo dat dit slegs genade is wat ons nie net red nie, maar maak dat ons verhouding met God reggestel kan wees.

Glo jy dit regtig? Kan jy dit in jou eie gebede hoor? Bid jy oor 'n God wat genadig is? Luister vandag doelbewus na hoe jy bid. Reflekteer vir 'n oomblik daaroor en probeer doelbewus woorde en taal kies wat getuig van 'n genadige God.

Gebed
Here, ek glo dat U genadig is. Ek glo dit met my hele hart, siel, verstand en al my krag. Ek dank U vir U genade. Ek hou my hande oop as teken dat ek dit net kan ontvang. Amen.

Maandag 26 September 2022

Lukas 18:10-12
“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander een 'n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.’”

Om oor te gesels en dink
Soos jy bid, so glo jy. Ons hoor dit ook in hierdie Farisieër se gebed. Sy gebed fokus op sy eie goeie werke. Dit laat ons aflei dat hy moontlik dink dat sy eie goeie werke die rede is dat sy saak met God reg is (of nie). Ons glo dat dit slegs genade is wat ons nie net red nie, maar maak dat ons verhouding met God reggestel kan wees.

Glo jy dit regtig? Kan jy dit in jou eie gebede hoor? Bid jy oor 'n God wat genadig is? Luister vandag doelbewus na hoe jy bid. Reflekteer vir 'n oomblik daaroor en probeer doelbewus woorde en taal kies wat getuig van 'n genadige God.

Gebed
Here, ek glo dat U genadig is. Ek glo dit met my hele hart, siel, verstand en al my krag. Ek dank U vir U genade. Ek hou my hande oop as teken dat ek dit net kan ontvang. Amen.

Saterdag 24 September 2022

Matteus 6:34
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Om oor te gesels en dink
Ons het hierdie week by bekommernis stil gestaan en dat ons moet leer om God meer te vertrou. Ons hoef nie oor alles te bekommer nie. God is besorg oor ons elkeen. Wanneer ons bewus raak van God se liefde vir ons, kan ons Hom al hoe meer begin vertrou. Ons kan ons beywer vir Sy koninkryk en dan ontdek ons die geheim van die lewe.
Jesus herinner ons dat ons dit dag vir dag moet vat. Ons kan niks aan môre verander nie. Ons kan ook nie môre reg bekommer nie. Elke dag het reeds genoeg moeilikheid en daarom moet ons dit dag vir dag vat.

*Wat het jy hierdie week geleer om die Here meer te vertrou?

Gebed
Here, ek kom gee my bekommernisse vir U. Help my om van dag tot dag te leef. Ek wil leer om U meer en meer te vertrou. Amen.

Vrydag 23 September 2022

Matteus 6:33
“Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

Om oor te gesels en dink
Jesus sê die geheim van die lewe is om jou allereers vir die koninkryk van God te beywer. Die 1953 vertaling sê: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
In plaas daarvan om jou te bekommer, maak God die koning van jou lewe en soek sy geregtigheid. Doen die dinge wat God graag wil hê ons moet doen. Dit beteken dat ek daar waar ek besig is, sal help om God se koninkryk te laat gebeur.
Jesus moedig ons aan om God in die middelpunt van ons lewe te plaas en ons nie verniet moeg te maak met bekommernis nie. ’n Japanese spreekwoord lui: “As jy vergenoegd is, is jy ryk genoeg!” Dit gaan nie oor geld nie, maar ’n ingesteldheid. Wanneer ons op God en sy dinge fokus, kan ons die lewe waardeer.

*Wat kan jy vandag doen om God se koninkryk te soek?
*Wat kan jy vir iemand doen om God se liefde te wys?

Gebed
Here Jesus, ek wil U koninkryk soek. Help my om U in die middelpunt van my lewe te plaas. Help my om altyd die regte dinge te doen wat vir U belangrik is. Amen.

Donderdag 22 September 2022

Woensdag 21 September 2022

Matteus 6:31-32
“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.”

Om oor te gesels en dink
Jesus sê dat as ons enigste fokus op dit wat ons eet en drink en klere is, is ons nie anders as ongelowiges nie. Dit beteken nie dat ons nie moet dink oor wat ons eet en drink nie, maar dit kan nie ons enigste fokus wees nie. Ons is dan soos ongelowiges wat God buite rekening laat.
Die belofte wat Jesus gee is dat ons hemelse Vader weet wat ons nodig het. Ons kan dit vir Hom sê. Soos wat hy vir die voëls en veldlelies sorg, sorg Hy ook vir ons.

*Waaroor bekommer jy jou onnodig?
*Is jy ook soms soos ’n ongelowige?
*Watter behoeftes wil jy vir die Here gee?

Gebed
Here Jesus, dankie vir die troos dat U weet wat ek nodig het. Soms vergeet ek dit en bekommer ek my onnodig. Help my om U meer te vertrou. Amen.

Dinsdag 20 September 2022

Matteus 6:26-27
“Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?”

Om oor te gesels en dink
Jesus herinner sy volgelinge om rondom hulle te kyk. Hulle is so besorg oor wat hulle eet en aantrek, dat hulle mis dat God eintlik vir hulle sorg. Die voëls saai nie en maak nie bymekaar nie, tog sorg die hemelse Vader vir hulle. Ons moet besef dat ons baie meer as die voëls werd is en daarom sal die hemelse Vader vir ons ook sorg. Ons hoef nie besorg te wees nie, die Vader sal sorg.
Jesus sê verder dat dit nie help om ons te bekommer nie, want ons kan nie ons lewe eers met ’n enkele uur verleng nie. Dus is dit nutteloos.

*Kyk vandag om jou rond en sien hoe God vir voëls sorg.
*Wat dat die Here sorg en dat jy nie daaroor besorg hoef te wees nie.

Gebed
Hemelse Vader, baie dankie dat U sorg. Ek is so besorg oor dinge wat my pla dat ek U sorg nie raak sien nie. Help my om U sorg meer en meer raak te sien. Amen.

Maandag 19 September 2022

Matteus 6:25
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?”

Om oor te gesels en dink
Jesus is besig met die Bergrede en kort nadat Hy die “Ons Vader”-gebed in Mat 6:9-13 gegee het, vind Hy dit nodig om sy volgelinge teen bekommernis te waarsku. Matteus 6:11 bid Jesus: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” Ons moet fokus op vandag en ons nie bekommer nie.
In hierdie gedeelte noem Jesus dit drie keer (v25, 31 en 34) dat ons ons nie moet bekommer nie. Om jouself te bekommer is om ’n verdeelte hart te hê en dit maak ons onnodig angstig. Ons moet bewus wees van wat ons pla, sodat ons dit vir die Here kan oorgee. Dit mag wees dat jy jouself onnodig bekommer.

*Waaroor bekommer jy jou?
*Wat ervaar jy as Jesus in sy eie woorde sê dat jy jou nie moet bekommer nie?
*Is jy bereid om jou bekommernis en angs vir Jesus oor te gee?

Gebed
Jesus, ek bekommer my soms te veel oor die lewe. Ek wil graag my bekommernis vir U kom gee. Help my om U daarmee te vertrou. Ek kom vra vandag vir my daaglikse brood. Amen.

Saterdag 17 September 2022

Psalm 25:4-5
”Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting.”

Om oor te gesels en dink
Ons het hierdie week nagedink oor die wil van God. Dit is ’n tema wat deur die Bybel strek. As gelowiges bly dit vir ons ’n ingesteldheid en soeke na God se wil. Ons onderwerp ons aan God se wil. Dit bly ’n voortdurende proses. Ons kan nie dink ons het dit een maal gevind en dan bly dit so nie. Ons moet elke dag bid dat die Here vir ons die pad wys.
Die Psalmskrywer beaam dit as hy in sy gebed vra dat God se waarheid hom sal lei en onderrig. Omdat God ons redder is, kan ons hom vertrou. Laat ons nie op hou om elke dag ons verwagting in die Here te stel nie.

Gebed
Here, ek wil soos hierdie Psalm kom bid: maak my u wil bekend. Ek stel vandag weer my verwagting op U. Dankie dat U getrou is. Amen.

Vrydag 16 September 2022

Jakobus 4:17
“As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.”

Om oor te gesels en dink
Ons dink dat om die wil van God te doen of om binne God se wil te wees, moeilik is. Jakobus help ons deur te sê dat as ons in afhanklikheid van God lewe en weet wat om die regte ding is om te doen, ons binne God se wil lewe. Die anderkant is ook waar. As ons nie die regte dinge doen wat ons weet ons veronderstel is om te doen nie, doen ons sonde en is buite God se wil.
Jakobus moedig ons aan om op God te vertrou en nie self-gesentreerd te lewe nie. Ons kan met vrymoedigheid die Here vra om vir ons Sy wil elke dag te wys. Ons kan met opregtheid sê: “As die Here wil…” wanneer ek in gehoorsaamheid myself aan God onderwerp.

*Wat kan jy doen om binne God se wil te wees?
*Wat moet jy ophou doen om binne God se wil te wees?

Gebed
Here, ek wil binne U wil leef. Help my om die regte dinge te doen. Ek kies om U te volg. Mag ek U meer ontdek en leef. Amen.

Donderdag 15 September 2022

Jakobus 4:15-16
“Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd.”

Om oor te gesels en dink
Daar is ’n verskil om te sê jy doen die wil van die Here en om dit regtig te doen. Jakobus waarsku teen sulke grootpratery. Dit is arrogant om te sê jy onderwerp jou aan die Here se wil, maar dan doen jy tog net wat jy wil. As ons God buite rekening laat met ons planne is ons eintlik praktiserende ateïste. Ons doen nie wat ons bely nie. Dit gaan net oor onsself.
Dit is soms nodig om ons gebedslewe te ondersoek. Is ek opreg as ek vra dat die Here se wil geskied, of wil ek net my eie wil laat geskied.
Wanneer God se wil geskied moet ek gehoorsaam wees om Hom steeds te volg, al is dit nie soos wat ek dit verwag het nie.

Gebed
Here, ek wil U volg en U wil doen. Help my om U wil te doen. Ek onderwerp my vandag opnuut weer aan U wil. Amen.

Woensdag 14 September 2022

Jakobus 4:13-15
“Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ’n damp wat ’n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.””

Om oor te gesels en dink
As ons dink oor die wil van God, dan moet ons erken dat ons nie altyd aan God se wil dink nie. Ons fokus eerder op ons eie wil en behoeftes. Ons wil eerder onafhanklik wees en self alles doen. Jakobus skryf vir sy gemeente en sê dat hulle nie so hoogmoedig moet wees om te dink dat hulle alles self kan bepaal nie. In Jakobus 4:3 sê hy dat hulle net vir hulle eie behoeftes bid en God buite rekening laat. Jakobus wil die gemeente aanmoedig om eerder afhanklik van God te lewe. Ons kan nie net op ons eie behoeftes fokus en God buite rekening laat nie. Die lewe kan te maklik verander. Ons moet leer om in afhanklikheid ons eie behoeftes en wil aan God se wil te onderwerp. Dit moet nie vroom woorde wees om te sê as die Here wil nie, maar uit diepe afhanklikheid.

*Watter behoeftes moet jy vir die Here oorgee?
*Dink vandag hoe die Here se wil jou lewe rig!

Gebed
Here, soms fokus ek so op my eie behoeftes en planne. Leer my om in afhanklikheid U wil te soek en so te leef. Amen.

Dinsdag 13 September 2022

Markus 14:36
“Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.””
‭‭
Om oor te gesels en dink
Jesus wys ons wat dit beteken om aan God se wil gehoorsaam te wees. Jesus, as die Seun van God, onderwerp Homself aan die Vader. Hyself sou dit anders wou hê, maar berus Hom by die besluit van Sy Vader. Hy kan dit doen omdat Hy die Vader ten volle vertrou. Hy probeer nie self doen wat Hy dink nodig is nie. Hy spreek sy eie wil uit maar onderwerp dit nogtans aan die Vader se wil. Ons kan by Jesus leer om ook ons wil aan die Vader oor te gee.

*Waarmee worstel jy tans?
*Kan jy dit ook jouself oorgee soos Jesus?
*Kan jy ook bid en vra dat die Vader se wil geskied?

Gebed
Abba Vader, ek kom bid vandag soos Jesus en vra dat U wil sal geskied. Ek kom gee myself oor aan U. Nogtans nie my wil nie, maar U wil. Amen.

Maandag 12 September 2022

Romeine 12:2
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Om oor te gesels en dink
Paulus moedig die gemeente in Rome en ons aan om nie te tuis te raak in hierdie wêreld nie. Ons moet toelaat dat God ons denke van binne af vernuwe. Dit is wanneer ons keuses vir God en sy koninkryk maak, eerder as om op onsself en eie behoeftes te fokus. Dit is om afhanklik van God te lewe.
God se wil is nie iets wat ons maar net met ons laat gebeur nie. Ons moet bewustelik kies om te doen wat die Here van ons vra. Wanneer ons ons in stel om God se wil te doen, kan ons doen wat vir God goed, aanneemlik en volmaak is.

*Laat jy toe dat God jou denke vernuwe?
*Laat jy toe dat God se wil jou lewe bepaal?

Gebed
Here, ek kom vra dat U my denke sal vernuwe. Ek wil graag U wil onderskei en doen wat vir U goed en aanneemlik is. Mag ek vandag vir iemand U liefde wys. Amen.

Saterdag 10 September 2022

Psalm 14:7 en Psalm 53:7
Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer God die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.

Om oor te gesels:

  • Die Psalmdigters eindig beide Psalms met ‘n gebed. Dwaasheid is om te dink daar is geen God nie. Om met die Here te praat is ‘n bevestiging dat Hy daar is, en dat ons verhouding met Hom kan hê. Die Psalmdigters sê ook, “Wanner God die lot van sy volk verander”. Daar is nie twyfel nie. God gaan dit doen. Hy gee wat ons nodig het. God gee vir ons Sy teenwoordigheid, Sy wil en verhouding met Hom. Dit begin by erkenning dat God bestaan en gesprek met Hom.
  • Hoe lyk jou gebede? Waarvoor vra jy? Wat bely jy?
  • Hoe het Jesus se koms jou lewe verander? Hoe help dit wat jy van Hom ontdek jou om meer op God te fokus? Hoe help dit wat jy leef jou om op God te fokus?

Gebed:
Here, selfs in die stilte weet ek U is teenwoordig. Wanneer ek die pad verlore raak, weet ek U is teenwoordig. Here, wanneer ek weer met U begin praat weet ek U is teenwoordig. Dankie dat U ewig getrou versorg, voorsien en verlos. Here, U is waardig om geprys te word. Help ons asb om konstant op U te fokus.
Amen

Vrydag 9 September 2022

Psalm 14:5-6
Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie: die Here bly sy toevlug.
Psalm 53:5-6
God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi. Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp.

Om oor te gesels:

  • Ons sien raak, wat ons kies om op te fokus. Ons brein is so gemaak en geprogrameer om meer bewus te word van dit wat ons meer gereeld ons aandag opsit. Dit is waarom ons skielik motors uitken wat dieselfde is as ons eie of ‘n geliefde. Dit is waarom ons resoneer met mense wat soortgelyke stories het as ons eie. Ons sien dit raak en hoor dit raak, omdat ons fokus reeds daar is.
  • Die Psalmdigter kon Psalm 14 so geskryf het dat hy fokus op die swaarkry en seerkry van die regverdiges. Hy kon uitbrei op die regverdiges se lot en omstandighede. Die Psalmdigter kon Psalm 53 so geskryf het dat hy fokus op wat die onregverdiges alles doen. Hy kon meer gedeel het oor hoe hy voel teenoor die onregverdiges. Tog kies beide Psalmdigters om te fokus op God se handelinge met die regverdige en onregverdige.
  • Waarop fokus jy tans? Waarvan is jy meer bewus?
  • Kies vandag om net te fokus op God, in elke situasie. Begin die gesprek met God. Kies om vandag jou aandag te draai na God, eerder as op die omstandighede en ander mense.

Gebed:
Here, wanneer ek my oë van U afhaal, is ek net bewus van die swaar, die seer, die moeilike, die onregverdige, die leemtes. Dit trek my oog. Here, vandag wil ek vra dat ek my oog terugbring na U. Help my om te kies om U raak te sien in alles, in almal en oral.
Amen

Donderdag 8 September 2022

*Psalm 14:5-6 *
Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie: die Here bly sy toevlug.
Psalm 53:5-6
God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi. Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp.

Om oor te gesels:

  • Wat is die verskil in hierdie verse vir jou? Dit is die eerste keer waar hierdie 2 Psalms van mekaar verskil. Waarom is daar ‘n verskil sou jy dink?
  • Die Psalmdigters het met Psalm 53 ‘n “remix” van die oorspronklike lied gemaak met hierdie weergawe. Dit sou op ‘n ander wysie gespeel word. Die rede vir die Psalms verskil. Psalm 14 se fokus is op God wat oorwin en die regverdige versorg. Psalm 53 se fokus is op die onregverdige wat deur God verslaan word.
  • Waarop is jou fokus? Wanneer jy in jou lewe na jou leefwêreld kyk, waarop fokus jy? Wanneer jy in jou binneste besig is, waarop fokus jy?
  • Die Psalmdigters se fokus verskil. Die een fokus op God wat Sy Mense beskerm. Die ander een fokus op die onregverdiges wat verslaan word deur ons God. God is steeds die een wat die mag het om albei te doen.

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons daagliks wys dat U steeds God is. Dat U beskerm, oorwin, verlos, red, versorg, voorsien en lief het. Here help my om U te bely as die God wat doen. Nie net in my binnewêreld nie Heer, maar ook met my lewe.
Amen

Woensdag 7 September 2022

Psalm 14:4-5 en Psalm 53:5-6
Julle wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet, en wat weier om God te dien – weet julle dan nie dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur, (so vreeslik soos nooit tevore nie?*)
*Slegs Psalm 53 se Afrikaans. Die Hebreeus van albei verse is presies dieselfde.

Om oor te gesels:

  • Hoe lyk onreg? Hoe sou jy dit vir ‘n kind beskryf wat nog nooit gehoor het van die woord nie?
  • Die Psalmdigters begin in hierdie gedeelte bely wie hulle God is. Hulle ken Hom as ‘n liefdevolle Vader wat nie sy volk in die steek laat nie. ‘n God wat die mag het om verkeerdhede reg te stel. ‘n Verlosser wat Sy mense versorg, bewaar en vir hulle voorsien. Die wat onreg doen, dink daar is nie ‘n God nie, sal deur God self aangespreek word.
  • Hoe laat hierdie gedagte jou voel? Wat sou jou belydenis van God wees? Hoe sou jou belydenis verskil in goeie tye en in swaarkry tye?
  • Hou moed. God is steeds wie Hy nog altyd was. Hy het Sy mense nog nooit net gelos nie. Hy het alles gedoen om die verhouding te herstel, sodat ons vrygespreek voor hom kan staan. Die wat onreg doen, het nie die finale seggingskap nie.

Gebed:
Here, dit voel nie altyd asof U die wat onreg doen, aanspreek, keer of oorwin nie. Dankie Here dat dit wat U doen, nie beperk is deur hoe dit voel nie. Dankie dat U steeds daar is in die donker gevoelens, die moedelose gevoelens, die hartseer gevoelens, die swaarkry gevoelens, die vreugde gevoelens en die al die gevoelens tussen in. Dankie dat U met elkeen ‘n pad stap en rekenskap sal vra. Selfs die wat onreg doen. Help my, dat ek nie U taak op my skouers neem nie.
Amen

Dinsdag 6 September 2022

Psalm 14:1 en Psalm 53:2
Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goed doen nie.

Om oor te gesels:

  • Hoe bepaal jy wat dwaas is? Hoe klasifiseer jy dwaasheid? Wat sou die wêreld antwoord? Wat is dwaasheid volgens die samelewing?
  • Die Psalmdigter sê hier, dwaasheid is om te dink dat God nie bestaan nie. Dit is ‘n innerlike gedagte wat ook vrug wys in dwase mense se lewens. Die Psalms sê ook dat daar niemand is wat goed doen nie. Almal is dwaas.
  • Hoe laat hierdie gedagte jou voel? Was daar al ‘n keer wat jy getwyfel het of God bestaan? Het jy al moed verloor? Het jy al heroorweeg of dit goed is om die Here te dien? Deel jou ervarings met die Here.
    -Hou moed. Twyfel is nie die antoniem vir geloof nie. Ongeloof is. Twyfel beteken dat jy met God in gesprek kan gaan. Dit is tot ‘n mate ‘n bevestiging dat jy glo. Hou aan om die Here te soek, en Hy sal vir jou dit gee.

Gebed:
Here, vandag kom ek in nederigheid en erken dat ek al so swaar gekry het dat ek gewonder het of U werklik bestaan. Ek bely dit. Maar ek erken ook dat my wonder, my terug gelei het na U toe. U het my daar ontmoet. Dankie dat ek in my dwase oomblik, weer U wysheid kon vind.
Amen.

Maandag 5 September 2022

Psalm 14:1 en Psalm 53:2
Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goed doen nie.

Om oor te gesels:

  • Hoe bepaal jy wat dwaas is? Hoe klasifiseer jy dwaasheid? Wat sou die wêreld antwoord? Wat is dwaasheid volgens die samelewing?
  • Die Psalmdigter sê hier, dwaasheid is om te dink dat God nie bestaan nie. Dit is ‘n innerlike gedagte wat ook vrug wys in dwase mense se lewens. Die Psalms sê ook dat daar niemand is wat goed doen nie. Almal is dwaas.
  • Hoe laat hierdie gedagte jou voel? Was daar al ‘n keer wat jy getwyfel het of God bestaan? Het jy al moed verloor? Het jy al heroorweeg of dit goed is om die Here te dien? Deel jou ervarings met die Here.
    -Hou moed. Twyfel is nie die antoniem vir geloof nie. Ongeloof is. Twyfel beteken dat jy met God in gesprek kan gaan. Dit is tot ‘n mate ‘n bevestiging dat jy glo. Hou aan om die Here te soek, en Hy sal vir jou dit gee.

Gebed:
Here, vandag kom ek in nederigheid en erken dat ek al so swaar gekry het dat ek gewonder het of U werklik bestaan. Ek bely dit. Maar ek erken ook dat my wonder, my terug gelei het na U toe. U het my daar ontmoet. Dankie dat ek in my dwase oomblik, weer U wysheid kon vind.
Amen.

Saterdag 3 September 2022

Jona 1:1-3
“Die woord van die Here het tot Jona seun van Amittai gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is.” Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy 'n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af."

Om oor te gesels en dink
Hierdie week het ons saam oor roeping gereflekteer. Ons het Sondag in die erediens die metafoor van 'n skip gebruik. 'n Skip wat net in 'n hawe sit is mooi, maar doen nie waarvoor skepe gemaak word nie. Ons is herinner daaraan dat ons roeping soos 'n skip is en dat ons gestuur is om te gaan. In hierdie teks van Jona 1 lees ons hoe Jona van God af probeer wegvlug, omdat God hom stuur. Nes Jeremia is dit nie 'n 'lekker' roeping nie en word Jona ook gestuur om nie goeie nuus te bring nie. Ons word vandag weereens herinner dat God se roeping nie oor ons gemak gaan nie.

Neem 'n oomblik van stilte
Is jy soos Jona? Probeer jy ook aktief wegvlug van jou roeping? Lees gerus die res van Jona se verhaal en onthou dat selfs nie hy kon wegvlug van sy roeping nie.

Gebed
Here, nes 'n skip is ons geroep om te gaan. Here, stuur my al is ek bang. Stuur my, al klink dit vreemd. Here, stuur my en help my. Amen

Vrydag 2 September 2022

1 Samuel 3:8-10
“Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister! Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê. Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”"

Om oor te gesels en dink
Samuel word letterlik deur die Here geroep. Hy dink dit is Eli wat hom in die middel van die nag roep. Deurmekaar en gedisoriënteerd gaan hy elke keer na Eli. Eli besef dit is die Here wat Samuel roep en deel dit met Samuel. Miskien het ons ook soms iemand in ons lewe nodig wat ons help om te hoor. Of om sin te maak van wat ons hoor.

Neem 'n oomblik van stilte
Wie in jou lewe help jou tans om sin te maak van dit wat jy beleef en hoor van God? Ons het 'n gemeenskap van gelowiges nodig en nabye mense rondom ons, wat ons kan help om te verstaan wat ons van God hoor. Wat hoor jy vandag? En met wie moet jy daaroor gesels?

Gebed
Here, vandag sal ek met… gesels oor… want ek is oortuig daarvan dat ek U stem hoor, maar onseker wat dit is wat ek hoor. Bevestig dit asb. in my gesprekke of interaksie met ander gelowiges. Amen

Donderdag 1 September 2022

Jeremia 1:10
“Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak
en vir my gesê:
Ek het nou my woorde in jou mond gelê."

Om oor te gesels en dink
Jeremia sê dat hy nie goed kan praat nie. Miskien was hierdie tog 'n legitieme verskoning of dalk selfs 'n vrees. Hierdie teks bevestig dat God Jeremia sal bystaan. Dalk nie soos wat ons verwag met die presiese woorde van wat hy moet sê nie, maar meer 'n bemagtiging om die boodskap te kan oordra.

Neem 'n oomblik van stilte
Watter boodskap plaas God tans swaar op jou hart of gedagtes? Hoe en waar dink jy kan jy hierdie deel of raakleef?

Gebed
Here, raak my ore vandag aan om te hoor watter boodskap u op my hart en gedagtes plaas. En raak my mond aan om die boodskap te dra. Amen

Woensdag 31 Augustus 2022

Jeremia 1:8
“Moenie vir hulle bang wees nie,
want Ek is by jou, Ek sal jou red."

Om oor te gesels en dink
God roep, bemagtig en stuur Jeremia. En Jeremia is nooit alleen nie. God sê vir hom dat hy nie bang hoef te wees nie. Jeremia het rede om bang te wees, want die boodskap wat hy moet bring is nie maklik nie. Besef ons dat God ons nie net vir maklike of makliker tye roep nie? Dat daar nooit 'n meer gepaste tyd is om geroep te wees nie. Nee, God roep ons ongeag of dit vir ons geleë is en eintlik besef ons dat ons is elke dag geroep en gestuur. Moenie bang wees nie.

Neem 'n oomblik van stilte
Waarom is jy dalk bang om jou roeping uit te leef? Of, waarvoor wag jy? Die Here stuur jou nooit alleen nie. God is met jou.

Gebed
Vandag, Here, word ek gekonfronteer oor wat my terug hou om u roeping op my lewe uit te leef. Hoor my vandag as ek hardop sê ek is bang vir… Heilige Gees, help my en lei my. Amen

Dinsdag 30 Augustus 2022

Jeremia 1:6-7
“Ag, Here my God,” het ek geantwoord,
“ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
Toe sê die Here vir my:
Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.
Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,
en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê."

Om oor te gesels en dink
Jeremia dink hy is te jonk om as profeet op te tree. Hy gee eintlik ook 'n verskoning en sê dat hy nie goed kan praat nie. Op 'n manier dink hy dalk dat daar mense is wat meer geskik is as hy. God roep elkeen van ons en bemagtig ons, soos God ook in die vers vir Jeremia sê: 'alles wat ek jou beveel om te sê, moet jy sê'.

Neem 'n oomblik van stilte
God bemagtig nie net vir Jeremia nie, God los hom nie alleen nie. Wanneer God ons stuur, gaan ons nooit alleen. God is met ons. Hoe kan hierdie wete jou vandag help om meer jou roeping uit te leef?

Gebed
Here, dankie dat U my nooit alleen stuur nie. Vandag wil ek hoor wat U van my vrae om te doen in my omgewing. Heilige Gees, help my ook om die waagmoed te hê, soos Jeremia, om dit te doen. Amen

Maandag 29 Augustus 2022

Jeremia 1:4-5
“Die woord van die Here het tot my gekom: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.”

Om oor te gesels en dink
Kan mens al as 'n kind 'n roeping ontvang? Of is dit iets wat eers later in jou lewe met wysheid kom? Jeremia ontvang sy roeping en beskryf homself as te jonk. Hierdie vers begin met 'n herinnering dat God vir Jeremia (en vir ons) geskep het en dat hy nog voor hy gebore was geroep is. Jy is geroep van kindsbeen af, want dit is wie jy is: 'n kind van God. 'n Kind wat God in jou moederskoot gevorm het. 'n Kind van God wat steeds deur God gevorm word.

Neem 'n oomblik van stilte

Wat beteken dit vandag vir jou dat jy reeds geroep is? Hoe lyk dit prakties in jou lewe?

Gebed
Here, help my om opnuut te worstel met my roeping. Help my, Heilige Gees, om U stem en leiding te hoor. Amen.

Saterdag 27 Augustus 2022

Jakobus 1:2-5
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

Om oor te gesels en dink
Om wys te leef is nie altyd maklik nie. Jakobus herinner ons ook dat juis as dit moeilik gaan, ons moet volhard, sodat ons tot geestelike rypheid en wysheid kan kom. Ons dink party maal dat omdat ons Jesus volg, die lewe makliker moet wees. Maar Jakobus weet dat dit nie altyd maklik is nie. Ons gaan gebuk onder swaar kry en beproewing. Ons moet juis dan aan God vashou.
Jakobus herinner ons dat as ons juis wysheid kort kom, ons dit van God moet bid. Die belofte is dat God vir ons wysheid sonder voorbehoud en sonder verwyt gee.

*Waarvoor kort jy wysheid?
*Wat het jy hierdie week van wysheid geleer?

Gebed
Here, ek kom bid vandag weer vir wysheid. Dankie dat U altyd daar is en dit gee. Mag ek meer en meer wyser word, soos ek U elke dag volg. Amen.

Vrydag 26 Augustus 2022

Spreuke 3:5-8
“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.”

Om oor te gesels en dink
Wysheid is om op die Here te vetrou en nie dink dat jy alles al weet of het nie. Ware wysheid is om die Here in alles wat ons dink en doen te ken. Hy sal ons help om die regte keuses te maak. Selfs as dit blyk nie die regte keuse te wees nie, sal Hy daar wees. Ons moet juis nie dink ons het al die wysheid nie.
Wysheid is ook om te vermy wat sleg is. Dis soos ’n geneesmiddel vir jou liggaam as jy in wysheid op die regte dinge fokus.
Dit bly ’n keuse om die Here te dien en Hom deel van jou lewe te maak. Laat ons nie moeg word om Hom in alles te ken nie.

*Waarmee vertrou jy die Here nou?

Gebed
Here, ek wil U in alles vertrou en minder op my eie insigte staat maak. Mag ek U in alles ken wat ek doen. Help my asseblief hiermee. Amen.

Donderdag 25 Augustus 2022

Spreuke 12:25
“Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.”
‭‭
Om oor te gesels en dink
Die Spreuke boek gee ook baie praktiese raad. Die spreuke volg nie op mekaar nie, maar wys die kontras tussen wysheid en dwaasheid uit. So is Spreuke 12:25 een wat in die Boodskap vertaal word as: “Bekommernis versuur jou lewe. ’n Bemoedigende woord van ’n gelowige maak jou gelukkig.” Spreuke 4:23 sê dit ook: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”
Wysheid is om jou hart van bekommernis te bewaar. Ons kan nie heeltyd moedeloos wees nie. Die beste manier om dit te keer is om ander mense met liefde te dien. Om ander mense te bemoedig en hulle help. Wanneer ons die fokus na ander skuif, vind ons wysheid.
Gee jou bekommernisse oor aan die Here.

*Wie kan jy vandag bemoedig?
‭‭
Gebed
Here, ek vra wysheid om my hart skoon van bekommernisse te hou. Mag ek vandag iemand bemoedig en help. Amen.

Woensdag 24 Augustus 2022

Spreuke 2:1-6
“My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos 'n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.”

Om oor te gesels en dink
Ons is baie keer gefokus op wat ons bereik of wil bereik. Ons droom drome oor dinge wat moet gebeur. Maar het jy al ooit daaraan gedink om die Here te vra om wyser te word. Ons behoort wysheid soos ‘n skattejagter na te jaag en dit met alles in ons lewe soek. Dit vra inspanning om wysheid te kies, maar is die moeite werd.
Ons moet gesonde begrip aan die dag lê en met insig lewe.
Die Here is die bron van wysheid en ons moet dit van Hom vra. Ons moet nie dwaas wees en net op ons eie insigte staat maak nie, maar in afhanklikheid vra en kies vir wysheid. Dit is verseker die moeiliker pad om te stap, maar ons stap dit nie sonder die Here nie.

*Waarvoor het jy vandag wysheid nodig?

Gebed
Here, ek kom vra vandag U wysheid. Ek kom vra vir …
Help my om U te vertrou in my soeke na U wysheid. Amen.

Dinsdag 23 Augustus 2022

Spreuke 1:8-9
“My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop en 'n kettinkie jou hals.”

Om oor te gesels en dink
Wysheid vind in verhoudings plaas: of jy deel wysheid of jy ontvang wysheid. Dis ‘n keuse om jouself oop te stel om wysheid te ontvang. Ons volg maklik ons eie kop en wil soos kinders sê: “ek sal self…”
Die boek Spreuke wys ons dat dit ‘n dwase manier is om te lewe.
Daar is mense wat ‘n impak op jou lewe maak. Ons moet onsself oop stel en luister as hulle met ons praat, veral as hulle ons wil help. Ander sien soms makliker wat ons nodig het.
Daar is ook mense in wie se lewe jy ‘n invloed het. Dit vra wysheid om hulle te help om wys te lewe. As ons dit so doen, dra ons by tot hulle lewe en is dit mooi en sigbaar soos ‘n krans en kettinkie.

*Dink aan die mense wat jou help om wys te leef. Sê vir hulle dankie vir hulle rol in jou lewe.
*Wie help en beïnvloed jy om wys te lewe?

Gebed
Here, dankie dat U altyd wysheid gee. Dankie vir mense wat my help om wys te leef. Mag ek vandag wys leef en mense om my beïnvloed om wyser te leef. Amen.

Maandag 22 Augustus 2022

Spreuke 1:7
“Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.”
‭‭
Die boek Spreuke praat oor twee soorte mense wat se lewens verskillend lyk. Die dwaas is die slegte, hardkoppige mens wat God haat of ignoreer. Die wyse, daarinteen is verstandig en wil God ken en liefhê. Ons staan hierdie week stil by Spreuke en gaan mekaar aanmoedig om wyser te leef. Ons maak soms keuse soos dwase, maar moet in alles die Here soek.
Kennis begin met die dien van die Here, wat lei tot wysheid. Wanneer ek kennis voorop stel en hoog ag, ontvang ek wysheid. Dwase leef sonder die Here en vertrou op hulle eie insig. Wysheid het niks met ouderdom te doen nie, maar dis ‘n ingesteldheid. Wysheid is om afhanklik van God te leef?
Die Boodskap vertaal dit treffend: _ “Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie. Iemand wat die Here nie liefhet nie en ook nie weet hoe om reg te leef nie, is dom. Hy verag ook al die spreuke.”_

*Vertrou jy eerder op jou eie insig?
*Bid vir wysheid vir jou dag. Dien die Here met alles wat jy vandag doen.

Gebed
Here, ek wil U dien. Ek wil U meer lief hê. Mag ek vandag U kies om reg te leef. Mag ek U in alles eer. Amen.

Saterdag 20 Augustus 2022

Handelinge 13:2-3 (NAV)

2 Toe hulle op 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” 3 Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan.

Wat verwag jy wanneer jy na ’n erediens toe kom?

Die kerk in Antiogië was diep afhanklik van die krag en die leiding van die Heilige Gees om hulle roeping in die wêreld te vervul. Hoewel kennis en menslike vaardighede belangrik is, sou dit nie die goed wees wat die goeie nuus vir die eerstekeer “oor die water” sou neem uit die midde-ooste (hoofsaaklik Palestina en Sirië) nie.
Nee, dit was die Heilige Gees waarop die gemeente gewag het, en dit was die Heilige Gees waarop hulle gehoorsaam gereageer het.

’n Missionale kerk het mense wat deur die Gees gelei word, en deur die Kerk gestuur word.

Ons sending na die wêreld word deur aanbidding en gebed gevoer, nie deur vaardighede, planne en strategieë nie. Al die laasgenoemde is belangrik, maar dit gaan ons nie in beweging bring nie.
Ons afhanlikheid van die Heilige Gees, en ons soeke na Hom in aanbidding en gebed gaan die verskil maak, net soos in. Antiogië. Ons is saam geroep, en saam gestuur. Ons hoef dit nie op ons eie te doen nie, die Gees lei ons en die kerk stuur ons.

  • Vir wie bid jy tans?
  • Wat bid jy vir hulle?
  • Vertrou jy in die beweging en die krag van die Heilige Gees om jou eie roeping getrou te kan uitleef?

It is impossible to pray for someone without loving him, and impossible to go on praying for him without discovering that our love for him grows and matures. John Stott

Vrydag 19 Augustus 2022

Handelinge 13:1 (NAV)

1 Onder die profete en leraars in die gemeente in Antiogië was Barnabas, Simeon wat ook Niger genoem is, Lucius van Sirene, Manaen wat saam met die heerser Herodes grootgeword het, en Saulus.

Jesus het in Handelinge 1:8 vir Sy volgelinge gesê dat hulle krag sal ontvang, en dat hulle Sy getuies sal wees van Jerusalem, tot in Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld. Lukas vertel op ’n feitelike en ordelike manier hoe hierdie presies gebeur het.
Handelinge 8-12 vertel hoe die kerk gegroei het van ’n groep mense wat voorheen Joodse gelowiges was en die goeie nuus aanvaar het, tot die kerk uiteindelik ’n groot multi-kulturele kerk geword het in ’n baie diverse stad (Antiogië) vêr van die kerk se wortels in Jerusalem. Dit was merkwaardig!

Aan die begin van Handelinge 13 vertel Lukas dan intensioneel vir ons dat hierdie kerk ’n diverse groep leiers gehad het.

’n Missionale kerk het diverse leiers.
’n Diverse groep leiers beskik oor ’n besondere perspektief van die behoeftes van ’n gemeente en gemeenskap, en saam is ’n diverse groep leiers baie meer kreatief as wat ’n groep leiers sou wees wat op meeste of alle maniere dieselfde is.
’n Diverse gemeente, en ’n diverse groep leiers bevestig ook dat die goeie nuus van Jesus vir alle mense bedoel is, en dat alle mense welkom is in die kerk, want mense sien hierdie diversiteit van voetsoolvlak tot op leierskapsvlak.

  • Wie sien jy as jy daagliks in PvR en die omliggende gebied rondbeweeg?
  • Sien jy ook hierdie mense in ons geloofsfamilie?
  • Is hulle welkom in ons geloofsfamilie?
  • Het ons leiers wat lyk soos die mense vir wie ons geroep en gestuur is en wie ons graag wil dien?
  • Watter rol kan jy speel in die diversiteit van ons geloofsfamilie?

“What will make the people in your neighborhood be glad you are there? Connect with individuals and leaders in the community and begin to meet the perceived needs of the community.” Tim Keller

Donderdag 18 Augustus 2022

Handelinge 11:27-30 (NAV)

27 In dié tyd het daar profete van Jerusalem af na Antiogië toe gekom. 28 Een van hulle, met die naam Agabus, is deur die Gees gelei om te voorspel dat 'n groot hongersnood die hele wêreld sou tref. Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur. 29 Die gelowiges het toe besluit dat elkeen na sy vermoë sou bydra tot 'n hulpfonds wat vir hulle medegelowiges wat in Judea woon, gestuur sou word. 30 Hulle het dit gedoen en die geld met Barnabas en Saulus aan die ouderlinge in Jerusalem gestuur.

In ’n missionale kerk is daar sigbare reg en geregtigheid.
In die kerk in Antiogië was die oortuigings dat almal moet hê wat hulle nodig het, en dat almal in regte verhouding met mekaar moet wees in die lewens van die gemeentelede sigbaar.
Dit was ’n merkwaardige getuienis vir die eerste eeu; om vir iemand om te gee wat minder as jy het en anders as jy is was doodgewoon ’n volksvreemde gedagte, totdat die Christene die waarde daarvan aan hulle leefwêreld bewys het.

Die kerk in Antiogië, sowel as die Kerk vandag, word deur God se genade gemotiveer, nie deur skuldgevoelens nie. Omdat ons genade in oorvloed ontvang het, kan ons nie anders as om dit deur ons te laat vloei nie.
’n Missionale kerk se eerste reaksie op die nood van ander is altyd om te kyk hoe hulle kan help, na vermoë, veral as dit by die nood van medegelowiges kom. ’n Missionale kerk is na buite gerig, en nie na binne nie.
Hierdie werk wat Barnabas en Saulus gedoen het was so belangrik dat Lukas in Handelinge 12:25 spesiaal melding maak dat hulle dit voltooi het.

  • Wat gebeur in jou hart as jy bewus raak van die nood van ander?
  • Wat het jy deur God se genade ontvang, wat jy na vermoë met ander kan deel om hulle nood te verlig?

“Mercy detached from justice grows unmerciful. In the moral sphere, every act of justice or charity involves putting ourselves in the other person's place and thus transcending our own competitive particularity.” C.S. Lewis

Woensdag 17 Augustus 2022

Handelinge 11:22-26 (NAV)

22 Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur. 23 Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. 24 Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring, 25 en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. 26 Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het 'n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en baie mense onderrig. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.

  • Wie hou jou verantwoordbaar om te doen wat jy gesê het jy gaan doen as volgeling van Jesus?
  • Wie bemoedig jou om getrou te bly aan Jesus, en gehoorsaam te bly aan die leiding van Sy Gees? Wie bemoedig jy?
  • Wat leer jy tans, spesifiek oor God, oor die goeie nuus van Jesus en oor die Bybel?

Die kerk in Antiogië is deeglik gevorm as volgelinge. Hulle dissipelskap het verantwoorbaarheid, bemoediging en baie lering behels. Barnabas het seker gemaak dat al drie hierdie dinge in Antiogië gebeur. Trouens, hy het vir Saulus laat haal toe hy besef die werk is te veel vir hom. Hulle dissipelskap was so effektief dat gelowiges vir die eerste keer hier Christene genoem is. Hulle was so anders as ander groepe mense in die wêreld op daardie stadium dat hulle ’n hele nuwe naam moes kry.

In ’n missionale kerk is daar deeglike dissipelskap. Waar daar deeglike dissipelskap is, is daar ’n getuienis van die goeie nuus wat mense se lewens verander.

  • Wat vorm die Here tans in jou?

“It is only because he became like us that we can become like him.” Dietrich Bonhoeffer

Dinsdag 16 Augustus 2022

Handelinge 11:19-21 (NAV)

19 Deur die vervolging wat na Stefanus se dood ontstaan het, is die gelowiges uitmekaar gejaag. Party van hulle het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan, maar hulle het die woord aan niemand anders as net aan Jode verkondig nie. 20 Onder die vlugtelinge was daar sekere mense wat van Siprus en Sirene afkomstig was en wat in Antiogië gekom en daar ook aan die Griekssprekendes die evangelie dat Jesus die Here is, verkondig het. 21 Die Here het die gelowiges gehelp, sodat daar baie mense tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het.

Die kerk in Antiogië, ’n missionale kerk, het opregte evangelisasie gedoen. Die mense van Siprus en Sirene waarvan ons hier lees, wat anoniem in die geskiedenisboeke opgeteken is, kon eenvoudig nie die goeie nuus slegs met mense soos hulle deel nie. Hulle het die vermoë gehad om mensgemaakte grense oor te steek, om in verhouding te tree met mense waarop hulle volk voorheen neergekyk het en om in verstaanbare taal en metafore die goeie nuus van Jesus met hulle te deel. Let op, Lukas skryf dat hulle boodskap eenvoudig was “dat Jesus die Here is”.

Die gevolg hiervan was dat baie mense tot geloof gekom het en hulle tot die Here bekeer het, omdat die Here die gelowiges gehelp het!
Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie is ’n missionale kerk, en daarom moet ons ook opregte evangelisasie doen. Ons is die draers en verkondigers van die goeie nuus, en ons beweeg elke dag tussen mense wat goeie nuus nodig het!

  • Is die evangelie vanoggend vir jou goeie nuus? Staan jy in verwondering oor God se liefde soos Hy dit aan ons bewys het deur Sy Seun?
  • Wie ken jy wat vandag die goeie nuus moet hoor?
  • Weet jy dat jy die Here kan vertrou vir die woorde wanneer jy so ’n gesprek met iemand het? Hy help graag, want dit is Hy wat mense red!

Neem ’n oomblik en bid hieroor. Vra die Here om jou te help om die goeie nuus te deel met mense, en om ons te help om waarlik missionaal te wees.

“The gospel is this: We are more sinful and flawed in ourselves than we ever dared believe, yet at the very same time we are more loved and accepted in Jesus Christ than we ever dared hope.” Tim Keller

Maandag 15 Augustus 2022

Handelinge 11:15-18 (NAV)

15 “Skaars het ek begin praat, of die Heilige Gees kom op hulle net soos op ons in die begin. 16 Toe dink ek aan die woorde wat die Here gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17 Hulle het net soos ons in die Here Jesus Christus geglo, en God het aan hulle ook dieselfde gawe as aan ons gegee. Wie was ek dan om God te probeer verhinder?” 18 Toe die gelowiges dit hoor, was hulle tevrede. Hulle het God geprys en gesê: “God het selfs mense wat nie Jode is nie, tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.”

Petrus vertel in hierdie teksgedeelte wat in Kornelius se huis in Sesarea gebeur het. Mense wat nie Jode was nie het tot geloof in Jesus gekom, en God het Sy Gees in Sy volheid oor hulle uitgestort! Dit het die Christene, wat tot op daardie stadium van Joodse afkoms was, onkant betrap, en hulle was onseker of dit so volgens God se wil moes gebeur.
In Handelinge 11 lees ons dat die kerk hieroor gesels het, en dat hulle nederig aanvaar het dat God deur Sy Gees kan doen net wat Hy wil, juis omdat Hy uitvoering wou gee aan Sy beloftes aan die begin van Handelinge en dit is dat die Kerk Sy getuies sal wees tot aan die uithoeke van die wêreld.

Hierdie storie wat Petrus vertel is ’n baie belangrike draaipunt in die storie van Handelinge. Dit het veroorsaak dat die evangelie kon versprei na alle mense, dit het vir my en jou die voorreg gegee om deel te wees van die Kerk.

Waarmee moet die Kerk nou besig wees?
Is ons getuienistaak afgehandel, of moet ’n storie soos hierdie ons juis weer inspireer om na buite te kyk en te soek vir die onwaarskynlikes wie God wil red?

Die Kerk, ons eie geloofsfamilie ingesluit, is ’n missionale kerk! Ons is gestuur, ons is aan die beweeg, ons is nog lank nie klaar nie!
Wat beteken dit?
Kom ons leer saam hierdie week, deur elke dag na een van die maniere te kyk hoe die kerk missionaal is.

“Without God's Spirit, there is nothing we can do that will count for God's kingdom. Without God's Spirit, the church simply can't be the church.” N.T. Wright

Saterdag 13 Augustus 2022

Psalm 37:7-8
“Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.”
‭‭‬‬
Om oor te gesels en dink
Ons het die week by Psalm 37 stilgestaan en nou kry ons amper praktiese raad. Om te wag op die Here en Hom te vertrou is om genoeg stilte in jou lewe in te bou. Soms is ‘n paar minute ‘n paar keer ‘n dag genoeg. Ander kere is langer tye om in stilte op die Here te wag, nodig. Maar verder moet jou nie onnodig ontstel nie en moenie kwaad word nie. Laat staan die woede want dit bring net ellende.
Ons weet dit almal, maar sukkel hiermee. Laat Psalm 37 jou herinner om op die Here te vertrou en op Hom te wag. Ons krag lê in stil wees en vertroue.
*Wat kan jy doen om meer stilte in jou lewe te hê?
*Hoe kan jy kies om minder kwaad te word?

Gebed
Here, ek wil U meer vertrou. Mag ek in stilte my krag vind. Mag ek eerder op U fokus as op my woede. Ek kom gee myself oor aan U. Amen.

Vrydag 12 Augustus 2022

Psalm 37:5
“Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Om oor te gesels en dink
Ons sukkel soms om die Here te vertrou en oor te gee. Hierdie Psalm in die Hebreeus begin elke vers met ’n volgende letter van die alfabet. Mens sou kon sê dat dit alles noem wat jy aan die Here kan oorgee.
Die oorgee en vertrou op die Here lyk vir elkeen van ons anders, maar ons kan weet dat die Here sal sorg. Dit mag dalk nie wees soos ons dink dit moet wees nie, maar Hy bly die Een wat sorg en versorg. Die Boodskap vertaal dit so: “Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg.”
As jy terugkyk, kan jy sien hoe die Here sorg.
Sê vir Hom daarvoor dankie.

Gebed
Here, ek sê vir U dankie vir my lewe. Ek gee my lewe aan U oor. Ek vertrou U. Ek weet U sal sorg. Amen.

Donderdag 11 Augustus 2022

Psam 37:4
“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”

Om oor te gesels en dink
Hierdie Psalm help ons om op die regte dinge van die lewe te fokus. Wanneer ons eerder op die Here vertrou en doen wat goed is (vers 4), sal ons ons vreugde in die Here vind. Een van Psalm 37:5 se die vertalings sê: “Verlustig jou in die Here.”
Wanneer ek wagtend op die Here is en tyd saam met Hom spandeer leer ek Sy hart ken en Hy leer my ken. Uit hierdie verhouding groei intimiteit. Vreugde is nie gelyk aan voorspoed nie. Dis nie dat alles heeltyd gaan soos ons dit wil hê nie, maar om alles wat met ons gebeur in God se hande te gee en van Hom afhanklik te bly.
*Het jy jou al verlustig in die Here?
*Wat wil jy vandag met Hom deel? Wat is jou hartsbegeerte?

Gebed
Here, ek wil my in U verlustig en my vreugde in U vind. Ek deel my hart met U. Help my om Op U te wag en te vertrou. Am

Woensdag 10 Augustus 2022

Psalm 37:3
“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.”

Om oor te gesels en dink
Psalm 37 sê vir ons dat in plaas daarvan om jou die heeltyd oor ander dinge te ontstel, ons eerder op die Here moet vertrou en doen wat goed is. Om te doen wat goed is, beteken om dit wat ons kan doen te doen. Ons kan met dit wat ons het, ’n verskil maak. Wanneer ons met hierdie ingesteldheid leef, kan ons rustig woon en werk. Om hierdie vers prakties te maak, help die bekende gebed ons: “Here, wys my wat ek kan verander, wys my ook wat ek nie kan verander nie. Gee my die wysheid om dit te kan onderskei.”
Kom ons vertrou die Here met dit wat ons kan verander. Laat ons doen wat goed is. Dit mag iets kleins wees. Mag ons rustig woon en werk.

Gebed
Here, ek wil vandag doen wat hierdie Psalm vra. Ek wil U vertrou en doen wat goed is. Mag ek vandag rustig woon en werk en U daarmee eer. Amen.

Dinsdag 9 Augustus 2022

Psalm 37:1-2
“_ Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer._”

Om oor te gesels en dink
Psalm 37 se opskrif is “Laat jou lewe aan die Here oor.” Dit is ‘n wysheidspsalm wat nadink oor die lewe en perspektief gee. Dit begin amper vreemd met die woorde om jou nie te ontstel en kwel nie. Tog is daar ‘n stuk waarheid in wat die Boodskap treffend vertaal: “Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie. Moenie loop en kla dat hulle loskom met hulle skelmstreke nie. Moenie op hulle jaloers wees nie.”
‭Ons mis die lewe as ons heeltyd op dinge fokus wat ons vreugde steel. Ons sukkel dan ook om die Here te vertrou en op Hom te wag.
Ons moet ons gedagtes bewaar en kies waaraan ons aandag gee. Ons moet nie heeltyd in vrees en angs vasgevang wees nie. Die Here ken hulle einde. Kom ons laat ons lewe aan die Here oor en vertrou wagtend op Hom.

Gebed
Here, ek kom gee my lewe aan U oor. Help my om eerder op U te fokus as op dinge wat my ontstel. Ek wil U bly volg. Amen.

8 Augustus 2022

Psalm 130:5-6
“Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.”‭‭

Om oor te gesels en dink
Wag is vir niemand maklik nie. Ons sukkwl om te wag en ook om stil te word by die Here. Tog gaan wag en vertroue hand in hand. Dit is ‘n bewustelike besluit om te wag en te vertrou.
Jy kan vandag se teksvers gereeld vandag opsê in jou gedagtes. So leer ons om te wag en die Here te vertrou. Soos ‘n wag wat verlangend in die nag uitsien na die volgende môre, so wag ons ook op die Here.
Geestelike liedere help ons ook om stil te word en op die Here te fokus. Kies ‘n lied of liedere wat vir jou spesiaal is en luister rustig daarna terwyl jy met die Here praat. Jy kan selfs van die woorde memoriseer en dit deur die loop van die dag op sê.
Op hierdie maniere stel ons ons oop dat die Here met ons praat.

Gebed
Here, ek kom word stil by U. Ek wil leer om op U te wag. Ek wil leer om U meer te vertrou. Help my asseblief daarmee. Amen.

5 Augustus 2022

Nehemia 6:15-16
“Die muur is voltooi op die vyf en twintigste van die maand Elul, binne twee en vyftig dae. Toe al ons vyande dit hoor, en die nasies rondom ons dit sien, was hulle selfversekerdheid daarmee heen. Hulle het toe geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God.”‭‭

Om oor te gesels en dink
Nehemia en almal wat hom gehelp het, voltooi die muur in ’n rekordtyd. Hulle het nie toegelaat dat iets of iemand hulle van stryk af bring nie. Hulle het gefokus op die plan wat die Here vir hulle gegee het. Dit het alles begin met Nehemia wat ’n pyn ontdek het, wat hy van die Here ontvang het. Dit het uitgeloop in ’n prentjie wat ’n plan geword het. Hy het daarop reageer en mense met hom saam geneem om die plan uit te voer. Elkeen het ’n stukkie gedoen en tot almal se verbasing was dit baie vinnig uitgevoer. Nehemia-hulle het geweet dat hulle dit nie alleen kan doen nie. Hulle het geweet dat die Here hulle help en daarom kon hulle dit voltooi.
Laat ons moed skep dat die Here ons ook help om te doen wat Hy vir ons gee. Laat ons Hom vertrou met die proses, al is dit moeilik.

Gebed
Here, dankie dat U altyd help. Ons kan nie op ons eie werk nie. Help ons om U te vertrou dat ons dit wat U vir ons gee om te doen, sal voltooi. Amen.

6 Augustus 2022

Nehemia 9:5-6
“Kom, prys die Here julle God!
Hy is van ewigheid tot ewigheid.”
Toe het hulle u magtige Naam geprys,
verhewe bo alle lof en roem.
6Dit is U! U alleen is Here!
U het die hemel gemaak,
die hoogste hemel en sy hele leërmag,
die aarde en alles daarop,
die oseane en alles daarin.

Om oor te gesels en dink
Ons sluit ons reis deur Nehemia af met ’n lofprysing. Nehemia het saam met die volk hulle voor God verootmoedig. Hulle het uit die wetboek gelees en God geprys. Soms voel die probleme oorweldigend en die planne wat jy het, werk nie altyd uit nie, maar tog help Nehemia ons om ons te herinner om God raak te sien. Prys God! Ons het die afgelope tyd gesien hoe Nehemia van ’n pyn wat hy ontvang het, ’n prentjie gekry het om ’n plan te maak. Te midde van probleme, kon hy op die einde God prys.
Laat ons nie moedeloos word nie. Mag die pyn wat die Here vir jou en my gee ons so dring dat ons nie anders kan as om mense saam te neem en later terug te kan kyk en God prys nie.
Waarvoor kan jy vir die Here dankie sê?
Waarvoor kan jy die Here prys?

Gebed
Here, U is die wonderbaarlike God! Die Een wat ons altyd kan prys. Mag ons op U fokus en aanhou doen wat U van ons vra. Amen.

4 Augustus 2022

Nehemia 5:14-16, 19
“Van die dag af dat ek aangestel is as goewerneur in Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artasasta, twaalf jaar lank, het ek en my medeamptenare nie aanspraak gemaak op die goewerneurstoelae nie. Die vroeëre goewerneurs, almal voor my, het swaar eise aan die volk gestel. …. Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God. Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur, ek het nie lande gekoop nie, en al my helpers was hier by die werk saamgetrek.”
‭‭ “Onthou tog, my God, tot my voordeel, alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!”

Om oor te gesels en dink
Nehemia beleef aanslae en druk met die werk waarnee hy besig is. Van die mense om hom doen alles vir eie gwin en buit mense uit. Tog bly hy getrou en gehoorsaam aan die Here se plan. Al kon hy homself bevoordeel, kies hy om dit nie te doen nie. Hy dien onbaatsugtig. Hy fokus eerder op die plan en prentjie (visie) van God as op die probleme om hom. Hy het die voorbeeld gestel vir almal wat saam met hom gewerk het. Hy vra die Here om dit wat hy doen, raak te sien.
Nehemia het iets verstaan van wat Jesus later in Hand. 20:34 gesê het dat dit beter is om te gee, as om te ontvang.
Mag ons nie moedeloos word om te dien en te gee in gehoorsaamheid aan God se plan nie.

Gebed
Here, soms raak ek moeg om te gee, maar help my om te doen wat ek moet doen. Mag waar ek vandag dien ‘n verskil maak. Amen.

3 Augustus 2022

Nehemia 4:15-16, 21
“Ons vyande het gehoor dat ons van hulle planne weet en dat God dit verydel het, en ons kon almal teruggaan muur toe, elkeen na sy werk toe. Van daardie dag af was een helfte van my manne aan die werk en het die ander helfte die spiese, skilde, pyle en boë en harnasse gereed gehou. 21 Ons het met die werk aangegaan.

Om oor te gesels en dink
Nehemia-hulle is onder druk van hulle vyande wat hulle probeer belaglik maak. Die vyande het drastiese planne probeer maak om die bouwerk te stop. Nehemia het van die planne gehoor en besluit om hulle te bewapen om steeds te kan voortgaan met die werk. Hulle het biddend gewerk en werkend gebid.
Ons as gelowiges is ook soms in moeilike situasies van konflik. Soos Nehemia moet ons die Here vertrou om steeds aan te gaan. Ons moet biddend werk en werkend bid. Ons moet die Here voor oë hou en fokus op dit wat Hy wil hê ons moet doen. Laat ons nie fokus op die konflik nie, maar eerder op die werk van God van ons vra. Laat ons die stukkie muur wat ons moet bou, bou.
Gee die konflik oor aan die Here en bid vir kalmte en wysheid om reg op te tree.

Gebed
Here, soms raak die stryd moeilik om te doen wat U wil hê ek moet doen. Gee my die moed om steeds op U te fokus en te doen wat U van my vra. Amen.

2 Augustus 2022

Nehemia 4:1-2, 4-6
“Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: “Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle 'n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?”
4 Hoor dit, ons God! Ons word bespotlik gemaak! Laat dié smaad op hulle eie kop afkom, laat hulle gevangenes word in 'n land van ballingskap! Moenie hulle oortreding vergewe nie, moenie dat hulle sonde ooit voor U uitgewis word nie! Hulle het die bouers beledig!
6Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.”

Om oor te gesels en dink
Nehemia en die volk het die muur gebou, tog was daar weerstand gewees. Mense was woedend en wou nie dat hulle daarmee voortgaan nie. Daar was pogings om hul van stryk te bring. Dit is ’n veeleisende saak en hulle het deursettingsvermoë nodig.
Omdat Nehemia hierdie opdrag van die Here ontvang het, gaan hy na God toe en pleit by Hom om self met die vyande af te reken. Hulle het op die werk bly fokus. Hulle hart was in die werk.
Ons raak ook mismoedig as ons teenstand kry, terwyl ons doen wat die Here van ons vra. Moet jou nie laat ontstel oor almal wat teen jou is nie, doen wat jy moet doen in gehoorsaamheid aan die Here. Gee die mense wat jou wil benadeel oor aan die Here en doen wat jy moet doen.
Hou aan om ’n verskil te maak daar waar jy vandag is. Hou om die stukkie muur voor jou te bou.

Gebed
Here, ek word soms mismoedig, maar help my om te fokus op die werk wat U vir my gee. Ek wil vandag ’n verskil maak waar ek is. Amen.

1 Augustus 2022

Nehemia 3:1-3
Die hoëpriester Eljasib en sy ampsgenote die priesters het begin en die Skaappoort gebou. Hulle het die poort gewy en sy deure ingesit. Daarna het hulle gebou tot by die Toring-van-die-Honderd, dit gewy en toe verder gebou tot by die Gananeltoring. Die manne van Jerigo het die volgende stuk gebou en Sakkur seun van Imri die volgende. Die Senaäfamilie het die Vispoort gebou. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.

Om oor te gesels en dink
Nehemia het op die pyn wat hy van die Here ontvang het, gereageer. Dit het uitgeloop in ’n plan. Die plan was om die muur van Jerusalem te bou. Nehemia het dit nie alles self probeer doen nie. Hy het mense gemotiveer om dit saam met hom te doen. So het elke familie en groep voor hulle eie voordeur en stoep as’t ware begin bou. Soos jy deur die hele Nehemia 3 lees, herhaal die woorde “en die volgende stuk is herstel deur…” Dit dui ander mense wat saam met Nehemia verantwoordelikheid geneem het om die plan wat die Here gegee het, te voltooi.
Ons mag ook oorweldig voel oor die pyn wat die Here op ons hart lê, maar ons hoef dit nie alleen te doen nie. Die Here stuur mense om ons te help. Dit is nodig dat ons die prentjie met hulle deel, sodat hulle deel van die plan kan wees.
Wie is daar wat jou kan help om God se plan uit te voer?
Wat lê die Here op jou hart om te doen?
Watter stukkie van jou stoep/muur moet jy bou om saam ’n verskil te maak?

Gebed
Here, ek hoef nie alles self te doen nie. Dit wat U vir my gee is genoeg. Ek moet dit deel en ander mense toelaat om saam met my te werk aan die plan wat U gee. Help my daarmee. Amen.

30 Julie 2022

Nehemia 2:19-20
“Maar toe Sanballat die Goroniet, Tobija die Ammonitiese amptenaar en Gesem die Arabier hoor wat ons doen, het hulle ons uitgelag en smalend gevra: “Wat vir 'n ding is dit waarmee julle besig is? Wil julle in opstand kom teen die koning?” Ek het hulle geantwoord en vir hulle gesê: “Die God van die hemel sal ons laat slaag in wat ons doen. Ons, sy dienaars, gaan bou. Julle het nóg aandeel nóg reg in Jerusalem, en geen historiese band met hom nie.””

Om oor te gesels en dink
Net toe Nehemia gereed was om die plan te begin, was daar mense wat hom probeer van stryk bring. Hulle het hom uitgelag‭‭ en gerugte versprei. Hy laat hom egter nie onder kry nie. Hy verseker hulle dat God hom sal help om die plan uit te voer.
Daar is baie keer mense wat dink dat dit waarmee ons besig is, nie kan werk nie. Hulle mis dat jy in gehoorsaamheid aan die Here doen wat jy doen. Hulle versprei gerugte en gaan jou selfs teë. Moenie moedeloos word nie. Die Here sal getrou bly en die goeie werk wat Hy in jou begin het, sal Hy end-uit voer.
Ons moet ook nie meedoen as iemand anders iets doen wat hulle van die Here ontvang het en ons nie noodwendig daarmee saam stem nie.

Gebed
Here, soms twyfel ek en raak ek moedeloos oor dit wat U van my vra. Gee my die moed om steeds aan te gaan. Amen.

Vrydag 29 Julie 2022

Nehemia 2:7-8
“en toe vir hom gevra: “As die koning dit goedvind, laat ek briewe kry aan die goewerneurs in Wes-Eufraat, sodat hulle my vrye deurgang kan gee tot ek in Juda aankom. Ek het ook 'n brief aan Asaf nodig, die opsigter oor die staatsbos, dat hy my kan voorsien van hout om die poorte van die vesting by die tempel te maak, en vir die stadsmuur en vir die huis wat ek sal bewoon.” My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan.”

Om oor te gesels en dink
Nehemia neem vrymoedigheid om te vra wat hy nodig het. Hy vra baie, maar die koning staan dit toe. Hy het God vertrou en God het sy goeie hand oor hom gehou en hom gehelp.
Nehemia word die eerste antwoord op sy eie gebed. Hy weet hy moet vra en nie net wag dat alles gebeur nie. Hy dink nie aan homself nie, maar is gedring deur die pyn wat hy ervaar oor die situasie war op sy hart gedruk is.
Ons moet vrymoedigheid neem om ook te vra. Die Here voorsien waar ons nie eers dink dat dit moontlik is nie. Bring dit wat die Here op jou hart druk na Hom toe en vra dat Hy sy goeie hand oor dit sal hou.

Gebed
Here, dankie dat ek kan vra. Dankie dat ek dit wat U op my hart druk na U toe kan bring. Ek vertrou U daarmee. Amen.

Donderdag 28 Julie 2022

Nehemia 2:4-6
“Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?” Ek het 'n skietgebed opgestuur na die God van die hemel en toe vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou.” Die koningin het langs die koning gesit. Hy het vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terug wees?” Hy was die saak dus goedgesind, hy het my die opdrag gegee. Ek het vir hom 'n tyd aangedui”

Om oor te gesels en dink
Nehemia bid vir wysheid in die oomblik en deel met die koning sy plan. Die pyn wat hy ervaar, deel hy om ’n verskil te gaan maak. Ten alle verwagting reageer die koning positief en wil hy hom help.
Ons is ook party keer in situasies waar ons dink dat dit nie gaan help om te vra nie. Ons kan by Nehemia leer om die Here te vertrou en te bid, al is dit ’n skietgebed. Ons kan ook leer om dit wat ons wil doen met ander te deel. Ander mense kan positief reageer en selfs help. Dit is nodig dat ons ons pyn en planne deel, sodat ander daarmee kan help. Nehemia neem ’n stap in geloof en dit word positief ervaar.

Gebed
Here, ek wil vandag soos Nehemia kom vra vir wysheid. U weet wat in my leef en mag ek dit deel sodat ander my ook kan help. Ek wil ’n stap in geloof neem en U vertrou. Amen.

Woensdag 27 Julie 2022

Woensdag 27 Julie
Nehemia 2:1-4
Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie, maar dié dag sê die koning vir my: “Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan?”
Ek was baie bang, maar ek het vir die koning gesê: “Mag die koning baie lank lewe! Hoe sal ek dan nie bedruk lyk as die stad waar my voorvaders begrawe is, in puin lê en sy poorte verbrand is nie?”
Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?”
Ek het 'n skietgebed opgestuur na die God van die hemel

Om oor te gesels of dink:
Nehemia is diep geraak deur die pyn wat hy om hom sien en van gehoor het. Hy kon dit nie meer wegsteek nie. Dit het op sy gesig gewys, soveel so dat die koning hom daarna uitvra. Hy deel met die koning sy pyn, waarop die koning reageer met hoe hy kan help. Nehemia stuur ’n skietgebed op na God om te bid vir wysheid.
Hier is die enigste verwysing in die Bybel na ’n skietgebed. Dit is nie enigste gebed wat hy bid nie, maar in daardie oomblik vra hy vir wysheid.
Ons kan by Nehemia leer om ook skietgebede te doen, maar dit kan nie ons enigste manier van bid wees nie. Ons leer by Nehemia dat hy biddend leef.
Waaroor bid jy tans? Watter pyn ervaar jy?

Gebed
Here, ek weet nie altyd hoe om reg op te tree nie. Ek bid soos Nehemia vir wysheid. Mag ek vandag ’n verskil maak met die mense met wie ek in kontak is. Amen.

Dinsdag 26 Julie 2022

Nehemia 1:5-6, 8, 11
“Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid.
“Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
“Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het…
Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit 'n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.”
Ek was die koning se skinker.

Om oor te gesels of dink:
Nehemia pleit by die Here. Sy gebed bestaan uit ‘n lofprysing, skuldbelydenis en smeking. Hy erken God se heiligheid en almag. Hy hou vas aan die verbond wat God met sy mense gesluit het. Hy bely ook sy eie sonde en dit wat die ander mense gedoen het.
Hy herinner die Here aan sy beloftes en vra dat die Here hom sal help. Hy het geweet hy moet vir die koning gaan vra en daarom bid hy dat die koning hom simpatiek sal wees.
Hierdie gebed van Nehemia herinner ons dat ons biddend sal leef. Hy weet wat hy moet doen, tog vra hy in afhanklikheid dat God hom sal help.
Daar is dinge waarvoor jy ook vandag bid.
Mag jy weet dat die Here jou hoor.

Gebed
Here, ek kom vandag weer na U toe en herinner U aan U beloftes. Ek kom gee myself en vra dat U die pad sal wys. Ek bid vir…
Amen.

Maandag 25 Julie 2022

Nehemia 1:4-6
“By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid. Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.”

Om oor te gesels of dink:
Nehemia is die skinker in diens van koning Ahasveros van Persië. Hy was van Judese afkoms en werksaam in die paleis. Dit was ‘n invloedryke posisie. Hy ontvang nuus van die toestand van Jerusalem en is diep geraak. Die mure is afgebreek en die stad is verwoes.
Hy ontwikkel ‘n pyn hiervan en pleit by die Here. Hy huil, vas en bid. Hy tree namens die volk en homself in by die Here. Dit is vir hom ‘n ernstige saak.
Het jy al so gevoel oor ‘n situasie of iemand?
Party keer druk die Here iemand op jou hart of ‘n situasie waarop jy nie anders kan as om te reageer nie. Jy weet jy moet iets daaraan doen, net soos Nehemia besef het hy moet iets doen.
Hierdie besorgdheid of pyn wat Nehemia ervaar, kom van die Here af en dit word sy passie en missie om ‘n verskil te maak.
Wat of wie druk die Here op jou hart?

Gebed
Here, ek besef dat U my bewus maak van….
Ek kom pleit by U vir wysheid om die situasie of persoon reg te hanteer. Mag ek U liefde so wys. Amen

Saterdag 23 Julie 2022

Lukas 10:38-41
38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”
41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Om oor te gesels of dink:
Ons het die week by die vraag stil gestaan: “Waarmee is ons besig?”
Dit is ‘n baie bekende teks en tog het ons nuwe perspektiewe ontdek!
Waarvan wil jy meer doen om by Jesus se voete te sit?
Waarvan wil jy minder doen om tyd saam met Jesus te spandeer?
Watter bekommernisse moet jy by Jesus se voete kom neersit?
Deel jou hart met die Here.

Gebed
Here Jesus, ek raak soms so besig met myself en al my eie dinge dat ek van U vergeet. Help my om tyd saam met U te spandeer. Ek wil U volg en alles waaroor my bekommer vir U gee. Amen.

Vrydag 22 Julie 2022

Lukas 10:41
41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,

Om oor te gesels of te dink:

  • Wanneer Jesus Marta beantwoord is dit nie met ‘n teregwysing, vernedering of vermaning nie. Dit is met empatie, liefde en deernis. Jesus ken haar naam. Daar is verhouding. Hy is steeds so lief vir haar. Hy sien haar hart. Hy sien die ywer en die swaarkry. Hy erken hulle band. Met sagtheid vestig hy eers weer konneksie. “Marta, Marta.” Soos ‘n geliefde bring Hy haar tot bedaar. Hy bring die aandag op die probleem, wat sy moontlik nie self raaksien nie. Jesus bring rustigheid.
  • Wanneer laas het jy die liefde, deernis en empatie van Jesus beleef? Kan jy Jesus se stem hoor wat na jou roep in die besig wees? Hoe sal dit vol as Jesus sagkens jou na met soveel intensionaliteit roep. Plaas jou naam in die plek van Marta. “Marta, marta. Jy is besorg oor baie dinge.” Hoe laat dit jou voel? Wat kan jy vanoggend by Jesus hoor wanneer Hy jou so by die naam roep?
  • Waaroor is jy so baie besorg? Wat dra jy op jou skouers, in jou hart en in jou gedagtes? Wat het jy nodig om vandag by die Here te bely?
  • Deel met die Here wat jou aandag weg van Hom trek. Wat maak dat jy so hard werk, so besig is, so rond hardloop? Watter gedagtes dryf al die aktiwiteit?

Gebed:
Here, wanneer ek U stem so sagkens my naam hoor roep, breek my hart met dankbaarheid oop. Dankie dat U soveel liefde ook vir my het. Dat U ook my tot stilstand wil roep. Dat selfs ek nie so baie besig hoef te wees nie. Dat selfs ek ook vir U belangrik genoeg is om by U voete te kan kom sit. Dankie Here.
Amen.

Donderdag 21 Julie 2022

Lukas 10:40
Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

Om oor te gesels of te dink:

  • Marta kom staan letterlik oor Jesus en spreek haar ongelukkigheid uit. Sy wil vir Jesus voorskryf wat Hy moet doen. Haar bitterheid, kwaad, moegheid, irritasie en frustrasie loop by haar mond uit. Sy het al te veel gedoen. En sy neem haar suster kwalik dat sy nie help nie. Sy neem die Here kwalik dat Hy nie Maria aanspreek nie. Marta voel dit is nie regverdig dat sy al hierdie goeie werk alleen moet doen nie. Sy is besig met die “regte” dinge, maar haar hart is vol van die “verkeerde” dinge.
  • Hoe voel dit wanneer jy te veel van die regte goed doen? Hoe voel dit wanneer jy oorlaai en oorwerk is? Hoe voel dit wanneer jy uitgebrand is?
  • Soms kan die regte dinge, ook met die verkeerde hart gedoen word. Wanneer dit gebeur beteken die regte dinge nie eintlik so baie goed nie. Want die Here wat alles weet besef dat ons besig is om ons hert te versondig. Waarmee is jy besig? Is jy besig met die regte dinge? Maar is jou hart besig om versondig te word? Is dit nodig dat jy heroorweeg waarmee jy besig is?
  • Vra dat die Here vir jou sal wys hoe lyk die hart, jou wil en jou gees weer in lyn sal bring met Sy hart, Sy wil en Sy Gees.

Gebed:
Here, ek probeer so hard om die regte dinge te doen. Maar soms doen ek dit met ‘n wrok en ‘n bitterheid. Ek doen dit omdat ek moet. Nie omdat ek wil of omdat dit van nature uit my vloei nie. Here, ek vra dat U weer my hart met U hart sal in lyn bring. Ek vra dat U weer my wil met U wil in lyn sal bring. Ek vra dat u weer my gees met U Gees in lyn sal bring. Meer van U Heer en minder van myself.
Amen.

Woensdag 20 Julie 2022

Lukas 10:40
40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak.

Om oor te gesels of te dink:

  • Marta was baie bedrywig. Sy het heen en weer gehardloop. Die woord wil dit laat voorkom dat haar handelinge verstrooid en verdeeld was. Sy was met baie dinge besig om die Here te probeer dien.
  • Hoe lyk jou lewe? Is jy ook so besig? Is jy ook besig om heen en weer te hardloop? Is jy ook verstrooid en verdeeld met alles wat jy aanpak? As jy na jou daaglikse ritme kyk, hoe lyk dit? Wat is die emosie wat jou daaglikse pas by jou opwek? Dien dit jou, jou lewe en jou geloofslewe?
  • Wie en wat bepaal wanneer die werk klaar is? Wie en wat bepaal wanneer die besig wees met die Here se dinge voldoende gedien is? Wie en wat bepaal wanneer die dinge waarmee jy en jou gesin besig is, genoegsaam is? Hoe lyk genoeg? Wanneer laas het jy stilgestaan om te dink oor wat werklik belangrik is en hoe dit wat julle daagliks doen julle hiermee help?
  • Vra dat die Here vir jou vandag sal wys watter waardes Hy vir jou wil leer. En hoe hierdie waardes die beste geleer gaan word. Wat het jy nodig om aan te pas in jou lewe, om hierdie waardes kans te gee om grond te vat?

Gebed:
Here, ek is besig. So baie besig. En ek is moeg. So baie moeg. Here, help my om minder te doen. Meer stil te staan. En meer by U voete te kom sit.
Amen.

Dinsdag 19 Julie 2022

Lukas 10:39
39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het.

Om oor te gesels of te dink:

  • Maria het ook Jesus gasvry ontvang. Sy het Jesus gedien deur by Sy voete te sit en luister. Sy het die koninkryk ontvang. Sy het in verhouding verdiep. Ons sien later in Johannes 11:32 hoe sy by Jesus se voete neerval en haar uitstort na haar broer se dood. Sy kan getuig en bely dat sy glo Hy sou haar broer kon red. Ons sien hoe sy by Jesus se voete kniel en Hom sal in Johannes 12:3 met duur parfuum, omdat sy Hom erken as haar Heer. Die plek by Jesus se voete is gewoonlik een vir die manne beskore. Maria neem dit in omdat Jesus vir haar spasie maak. Hy breek grense af. Sy koninkryk is vir almal bedoel.
  • Hoe lyk jou tyd by Jesus se voete? Maak jy daagliks tyd om Hom te ontmoet? Is jou verhouding ook besig om te groei soos Maria se verhouding gegroei het? Hoe getuig jou lewe daarvan as jy vir jou naaste mense sou vra?
  • Hoe is jy besig om die koninkryk te dien, as gevolg van jou tyd by Jesus se voete? Hoe getuig jou lewe van meer geduld, vrede, verdraagsaamheid, liefde, deernis, vergifnis? Kan ander mense die goeie nuus van die evangelie in jou raaksien?
  • Vra dat die Here jou tyd by Jesus se voete sal transformeer, deur jou hart te verander. Vra dat Jesus vir jou opnuut sal laat uitsien na hierdie kosbare tyd saam met Hom.

Gebed:
Here, my tyd by U voete is ongelooflik kosbaar. En in vandag se gejaag maak ek dalk te min tyd daarvoor. Help my om meer van ‘n prioriteit daarvan te maak. Help my om my hart na U te draai. Help my om meer van U wil en minder van my eie ego te volg. Here, mag U koninkryk kom. Mag ander U raaksien wanneer hulle na my kyk.
Amen.

Maandag 18 Julie 2022

Lukas 10:38
38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het.

Om oor te gesels of te dink:

  • Maria ontvang vir Jesus. As jy na die res van die hoofstuk kyk, sien jy hoe Jesus en Sy dissipels nie ontvang is nie. So baie mense het grense getrek tussen mekaar. Jesus is nie welkom nie. Die koninkryk van God is nie welkom nie. Mense wat nie bloedfamilie is nie, is vyande. By hierdie gedeelte sien ons ‘n vrou wat Jesus hartlik verwelkom. Sy maak soos die Barmhartige Samaritaan waarvan Jesus geleer het. Sy maak haar huis oop en verwelkom, Jesus, sy koninkryk en nuwe familie wat nie beperk is tot bloed familie nie.
  • Hoe ontvang jy vir Jesus in jou lewe? Hoe lyk dit prakties? Indien ander mense na jou lewe sou kyk, sou hulle kon sien hoe jy Jesus ontvang? Sluit die jou hart, jou hele lewe, jou huis, jou familie, jou vriendekring, jou werk, jou gemeenskap in?
  • Hoe ontvang jy ander mense in jou lewe? Hoe lyk die hart waarmee jy mense ontvang? Is dit diensbaar, vreugdevol en vry? Is dit bitter, verwytend, hard, kwaai? Waarom is dit in jou hart as jy mense ontvang?
  • Praat met die Here en vra vir Hom om vir jou te wys hoe dit lyk om mense, die koninkryk en veral mense wat nie deel is van jou bloedfamilie nie, moet verwelkom, mense soos jou naaste.

Gebed:
Here, gee asb. vir my ‘n gasvrye hart. Gee vir my ‘n hart waarin U welkom voel en vrede kan beleef. Maar meer as dit Here gee asb. vir my ‘n hart waar en met vreugde en liefde ander kan versorg, bederf en liefhê. Dit kom nie altyd maklik nie Here. Help my asb. hiermee.
Amen.

Saterdag 16 Julie 2022

Lukas 4:18-19
“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.” (Afr 1953 vertaling)

Om oor te gesels of dink:
Lukas vertel ons dat toe Jesus sy bediening begin het, Hy uit Jesaja 61 in die sinagoge gelees het en Hy gesê het dat die Skrif nou in Hom waar geword het. Jesus se hele bediening was om die “verbryseld van hart” te genees en om God se genadejaar aan te kondig.
Ons as volgelinge van Jesus kan weet dat Jesus by ons is. Ons leef in Sy genadejaar. Hy sal ons nie alleen los nie. Selfs ons wat verbryseld van hart is, sal Hy help. Hy bring vryheid en herstel. Hy verander ons moedeloosheid in hoop.

  • Wat het jy hierdie week meer van God geleer?
  • Kan jy sien dat Hy ons situasie verander, al sien ons dit nie nou al nie?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U gekom het om God se genadejaar aan te kondig en herstel en vryheid te bring. Dankie dat U verbryselde harte genees. Mag ek meer van liefde en genade ervaar. Amen.

Vrydag 15 Julie 2022

Jesaja 61:3
“die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.”

Om oor te gesels of dink:
Jesaja gee die volk verdere hoop en sê dat hulle bome van redding genoem sal word. Die Ou Vertaling sê: “terebinte van geregtigheid” wat verwys na ’n terpentynboom of eikeboom wat as metafoor gebruik word vir die herstel van die volk. Dis ’n sterk boom wat tot 5m hoog word en is gebruik vir perservering en as geneesmiddel. Die bessie van die boom is ook in kos en wyn gebruik. Soos wat hierdie bome tot nut vir almal is, so sal sy volk ook genesing en vreugde vir almal om hulle bring. Hulle sal strewe na geregtigheid en die regte ding doen.
Jy kan vandag weet dat daar waar jy geplant is, jy ’n verskil maak. Mag jy vir die mense om jou standvastig wees. Mag jy ’n genesende invloed op hulle hê en vreugde bring.

Gebed
Here, mag ek vandag vir iemand ’n verskil maak. Mag ek ’n boom van redding wees om iemand te help. Mag ek U vandag eer met wat ek doen. Amen.

Donderdag 14 Julie 2022

Jesaja 61:3
“die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer.”

‭‭Om oor te gesels of dink:
Jesaja kom gee vir die volk hoop met die woorde dat die Here hulle nie vergeet het nie. Hulle is terug uit ballingskap en moedeloos oor die toestand van Jerusalem. Hulle sien net verwoesting, tog verseker die Here dat Hy hulle situasie gaan verander. Hy gaan die smart, droefheid en hartseer verander in eer, vreugde en blydskap.
Daar is ’n geskenk in jou situasie. Die “as” wat jy kan dink is die einde, het ’n geskenk om jou nuwe dinge te laat ontdek. Jy kan meer van God, ander en jouself ervaar. Ons kan nie hierdie geskenke mis omdat ons só op die krisis fokus nie. Die Here besig om jou “as” in ’n kunswerk te verander.

Gebed
Here, ek mis soms die geskenk van U troos en liefde in my situasie. Help my om dit raak te sien en te weet U is by my teenwoordig. Amen.

Woensdag 13 Julie 2022

Jesaja 61:2-3
“om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer.”

‭‭ Om oor te gesels of dink:
Die belofte wat Jesaja vir die volk gee word verder uitgebrei. In hulle moedeloosheid gaan God eer gee in plaas van smart. Die 1953 vertaling sê ”sieraad vir as”). Dit ‘n kragtige metafoor dat die Here “as” in iets moois kan verander, amper ‘n kunswerk kan vorm. As vorm as iets brand en vernietig word.
Ons “as” kan ons moedeloos laat, maar die Here word nie onkant betrap nie. Hy vorm iets kosbaars daarmee. Michael Beck noem dit “painting with ashes.”
Jou “as” kan vir iemand om jou baie beteken, net soos wat iemand anders se “as” jou kan help. Die Here is besig om iets besonders te doen.

  • Hoe dink jy oor jou situasie? Jou “as”?
  • Glo jy dat die Here dit ook in ‘n kunswerk kan verander? Jou nuwe perspektief gee?
    Vra die Here om jou dit te laat ontdek.

Gebed
Here, ek voel soms oorweldig oor my situasie en my “as”. Sal U my “as” in ’n kunswerk verander. Dankie vir hierdie belofte dat U met my besig is en bly. Amen.

Dinsdag 12 Julie 2022

Jesaja 61:1
“Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is”

Om oor te gesels of dink:
Jesaja bemoedig die volk wat uit ballingskap terug gekeer het en moedeloos is. Die woord vir “moedeloos” beteken letterlik die “gebrokenes van hart” - om oorweldig te voel deur een of ander lewenskrisis. Dit mag voel of God ons verlaat het in die hierdie tye. Ons almal het al gebroke harte en situasies beleef en dit lyk verskillend vir elkeen. Ons weet nie altyd hoe om dit te hanteer nie. Ons woorde is min.
Tog is God nie verleë as ons deur ’n krisis gaan nie. Hy verstaan ons. Die Psalms help ons. Psalm 34:19 sê: “God is naby die gebrokenes” en Psalm 147:3 sê: “Hy genees die gebrokenes van hart_”
Jy kan vandag jou gebroke hart of iemand naby aan jou wat moedeloos is, na die Here toe bring. Hy verstaan en hoor jou.

Gebed
Here God, dankie dat U my opbeur, dat U my gebroke hart ken en heel maak. Mag ek vandag U sorg en liefde ervaar. Amen.

Maandag 11 Julie 2022

Jesaja 60:1-3
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.

Om oor te gesels of dink:
Jesaja moedig die volk aan om hulle lig te laat skyn, noudat hulle uit ballingskap terug in Jerusalem is. God is by hulle met sy teenwoordigheid. Hy het die lig gebring. Hierdie lig simboliseer verlossing, lewe en vreugde. Omdat God by sy volk teenwoordig is, trek dit nasies aan om te sien wat God gedoen het.
Ons kan vandag ook hierdie bid dat ons God se lig so sal laat skyn dat ander mense God se teenwoordigheid in ons lewe kan sien. Waar ons beweeg sien mense ons lig raak. Mag die lig wat ons bring mense iets van God se teenwoordigheid beleef.

Gebed
Here, dankie dat U by ons teenwoordig is. Dankie dat U lig oor ons skyn. Mag ek vandag U lig vir die mense rondom my wys. Amen.

Saterdag 9 Julie 2022

Psalm 139:23-24
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
ondersoek my, sien tog my onrus raak.
Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie
en lei my op die beproefde pad!

Om oor te gesels of dink:
Alhoewel God reeds alles van ons weet en waarskynlik bewus is van ons toekomstige keuses, kan (en dalk moet) ons steeds God se leiding vra. Ons kan God vra om ons harte en intensies vir bepaalde keuses te ondersoek. Ons kan God se leiding op beproefde paaie vra. Watter leiding het jy tans in jou lewe nodig? Watter intensies het jy tans wat dalk juis by God getoets moet word?

Gebed
Here, lei my op U lewenspad. Help my om my eie onrus raak te sien en bewus te raak van U teenwoordigheid en leiding. Deurgronnd vandag my hart en ontbloot my intensies en beweegredes. Ek wil U hartklop hoor en volgens U weë wandel.

Vrydag 8 Julie 2022

Psalm 139:13-18
U het my gevorm,
my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem –
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is,
sou ek nog steeds met U te doen hê.

Om oor te gesels of dink:
Het jy al ooit daaraan gedink dat God gedagtes oor jou het? Wat nog te sê dat God se gedagtes wonderbaarlik is? Ons het vroeër die week in die dagstukkie gereflekteer daaroor dat God ook deur ons geken wil word. Wat dink jy oor God? Wat is jou gedagtes oor God? Alhoewel God dit reeds weet, kan jy waag om dit in gebed met God te deel? Dit is deel van wat dit beteken om weerloos in verhouding te wees.

Gebed
Deel vandag in gebed met God jou gedagtes wat jy tans oor God dink. Gesels sommer, sonder om te filter. As jy dalk hiermee sukkel, oorweeg om dit as gebed op papier neer te pen.

Donderdag 7 Julie 2022

Psalm 139:7-12
Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?
Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
Klim ek op na die hemel, is U daar,
gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
Vlieg ek na die ooste,
of gaan woon ek in die verre weste,
ook daar lei u hand my,
hou u regterhand my vas.
Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,
of die lig rondom my om in nag te verander,
maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie
en die nag so lig soos die dag,
duisternis so goed soos lig.

Om oor te gesels of dink:
Waarom dink jy wou die Psalmskrywer vir God wegkruip? Dink jy hy het dalk iets gedoen of gedink om oor skuldig te voel? Dit is moontlik dat Dawid hierde Psalm geskryf het en vanweë ons kennis van Dawid se lewe kan ons moontlik verstaan dat hy as gevolg van sy owerspel met Batseba skuldig gevoel het. Moontlik wou hy van God wegkruip. Voel jy soms of jy van God wil wegruip? Waarom sou jy wou gekruip? Hierdie Psalm herinner ons dat ons egter nie van God kan wegkruip nie en in teendeel nie hoef weg te kruip nie. Ons is nie ons oortredinge nie en ons identiteit word nie dit wat ons gedink of gedoen het nie. Miskien kan jy juis vandag ‘n oomblik neem om rou en eerlik dit wat jy sou wou wegsteek met God te deel en opnuut bevestiging te kry dat God vol genade is.

Gebed
Here, hoor vandag my hart. Ek het dinge gedoen en gedink wat ek nie moes nie. U weet, ek kan dit nie wegsteek nie. Vergewe my, Here. Help my om te onthou ek is nie wat ek gedink of doen het nie. En die feit dat ek nie kan wegkruip nie is nie sleg nie. Amen.

Dinsdag 5 Julie 2022

Psalm 139:3
“Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.”

Om oor te gesels of dink:
Ons wil nie altyd geken word nie. Ons dink dat niemand omgee nie en dan leef ons eerder onafhanklik en op ons eie. Die Psalmskrywer erken dat God sy paaie ken, maak nie saak waar hy hom bevind nie. Dit kan by die huis, werk of selfs vakansie wees. God is daar.
Ons vergeet soms dat God ons so goed ken. Vandag se teks herinner ons dat God by ons teenwoordig is, selfs in ons alledaagse rondgaan. Hoe laat dit jou voel dat God weet waar jy is en doen?
Mag dit vir jou die versekering gee dat jy nie alleen reis nie, want God ken jou paaie.

Gebed
Here, U ken my so goed. U weet waar ek is en soms vergeet ek dit. Mag ek U vandag raak sien waar ek rond beweeg. Dankie dat U by my is. Amen.

Maandag 4 Julie 2022

Psalm 139:1-2
“Here, U sien dwarsdeur my,
U ken my.
Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,
U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.”

Om oor te gesels of dink:
Die Hebreeuse woord wat ons in hierdie teks vertaal met 'ken' verwys na 'n intieme ken van iemand. Hierdie Psalmskrywer is diep bewus daarvan dat God hom innig ken. God weet wat hy doen en dink. God is teenwoordig en naby. Hoe laat dit jou voel om weer opnuut te hoor dat God jou ken? Soms vergeet ons dat God ook deur ons geken wil word - in verhouding. Die uitdaging is om in ons verhouding met God ook weerloos, rou en eerlik te wees.

Neem 'n oomblik van stilte
Wat sal jy graag vandag wil hê moet God van jou weet? Jy kan weerloos, rou en eerlik met God wees. Dit is deel van wat dit beteken om geken te word en iemand anders te ken - ook met God!

Gebed
Here, weerloosheid is vir ons moeilik. Selfs in ons verhouding met U. Help my om opnuut weer te besef dat ek in elk geval niks van U kan wegsteek nie. Ek kan weerloos, rou en eerlik myself by U wees. Amen.

Saterdag 2 Julie 2022

Romeine 8:35, 37-39
“Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?”
“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”

Om oor te gesels of dink:
Paulus sluit hierdie hoofstuk met ‘n oorwinningslied en geloofsbelydenis af. Al sug die skepping en ons, sug die Gees vir ons. Daarom kan niks ons van die liefde van Christus skei nie. Hy noem al die dinge waarvoor hulle bang was, laat twyfel het of wat die mense gedink het hulle kan skei van God. Ons kan ‘n eie lysie maak, maar dan verklaar hy onomwonde dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Jesus se opofferende liefde maak Hom die Christus en Here van ons lewe. Ons kan die lewe met moed aanpak want niks kan ons God se liefde skei nie.

  • Is daar dinge wat jy dink jou kan skei van God se liefde?

Gebed
Abba, Vader, dankie vir hierdie versekering dat niks, maar niks my van U liefde kan skei nie, selfs nie eers die dood of my grootste vrees nie. Help my om met moed te leef. Amen.

Vrydag 1 Julie 2022

Romeine 8:26-27
“Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.”

Om oor te gesels of dink:
Paulus fokus nou op die derde sug. Nie alleen sug die skepping of ons nie, maar die Heilige Gees sug ook saam met ons en vir ons. Juis wanneer ons swak is en nie weet wat en hoe om te bid nie. Dit is die belangrikste sug! Die Boodskap vertaal dit treffend: “Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.”
Hierdie troos maak dit moontlik dat ons kan kans sien vir vandag. Weet dat selfs as jy nie kan of wil bid nie, die Gees vir ons intree en vir ons bid.

  • Hoe laat dit jou voel dat die Gees vir jou intree?
  • Waarvoor kan die Gees vandag vir jou bid?

Gebed
Abba, Vader, dankie dat U Gees vir my intree en bid, veral ook wanneer ek nie woorde het om te bid nie. Saam met die skepping en ander gelowiges bring ek my versugtinge na U toe. Amen.

Donderdag 30 Junie 2022

Romeine‬ ‭8:22‬-25
“Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.”

Om oor te gesels of dink:
Om te sug is ’n universele taal. Nie alleen sug die skepping nie, maar ons sug ook. Ons mag en moet sug. Ons kan dink dit waaroor ons sug nie belangrik genoeg is nie, maar dan moet ons juis sug. Terwyl ons sug kan ons uitsien dat God ons van hierdie verganklikheid sal bevry. Dit gee ons hoop. Ons moet volhard in hierdie hoop. Al kan ons nie nou sien nie, volhard ons steeds in hierdie hoop.
Ons kan sug en kla, solank ons dit by die Here doen. Hy verstaan ons sugte en dit waaroor ons bekommerd is. Moenie die geleentheid mis om jou sugte met God te deel omdat jy voel dat jy dit nie mag doen nie.

  • Waaroor sug jy tans?

Gebed
Abba, Vader, ek kom sug voor U vandag. U ken my sugte beter as ekself, maar ek kom gee dit weer vir U. Help my om vas te hou aan hierdie hoop met volharding. Amen.

Woensdag 29 Junie 2022

Romeine‬ ‭8:19-22‬
“Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.”

Om oor te gesels of dink:
Dis nie net ons as gelowiges wat swaar kry nie, maar ook die skepping. Dit wat God geskep het kry swaar en die skepping sien ook uit om daarvan verlos te word en te wees soos God dit van die begin af bedoel het. Ons sien dit in die seisoene en die natuur. Paulus gebruik die beeld dat die skepping ook sug en swaarkry. Ons vergeet soms dat die natuur ook ly. Ons doen mee hieraan as ons nie die skepping beskerm en bewaar nie.
Ons kan daarna uitsien dat God sal bekend maak wie Sy kinders is en die skepping smag saam met ons daarna.
Waardeer die natuur en weet soos die skepping uitsien dat God verlossing bring, ons ook kan uitsien na die heerlikheid wat vir ons wag. Fokus op die mooi in die natuur. Dit herinner ons aan God se sorg.

Gebed
Abba, Vader, dankie dat ek U kind is. Ek is nie alleen nie. Ek sien saam met die skepping uit na die verlossing wat wag. Dankie vir die belofte van hoop wat U gee. Amen.

Dinsdag 28 Junie 2022

Romeine‬ ‭8:17-18‬
“En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.”

Om oor te gesels of dink:
Ons is kinders van God wat Hom Vader kan noem, maar meer as dit is ons mede-erfgename saam met Christus. Dit gee vir ons die moed om te kan aangaan, terwyl ons ook swaar kry en lyding ervaar. Ons gaan in Sy heerlikheid deel en daarom verklaar Paulus dat die lyding wat ons nou verduur nie opweeg teen die heerlikheid wat ons saam met God sal beleef nie. Jesus het gely, maar het in God se heerlikheid ingegaan. Net so sal ons in God se heerlikheid ingaan, al kry ons swaar.
Laat ons nie moedeloos word nie, maar vashou aan Jesus wat ons bystaan in ons swaar kry en lyding.
As jou lyding te veel voel, fokus op die Vader se belofte dat jy Sy kind is en dat Hy jou nooit in die steek sal laat nie.

Gebed
Abba Vader, dankie dat ek U kind en erfgenaam is. My swaarkry is soms te veel, maar ek hou vas aan U en U beloftes. Ek sien uit na die heerlikheid saam met U. Amen.

Maandag 27 Junie 2022

Romeine 8:14-16
“Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.”
‭‭
Om oor te gesels of dink:
Wonder jy soms of jy rêrig ‘n Christen is? Wonder jy of jy aan die Here behoort? Paulus herinner ons dat ons kinders van God is, veral wanneer ons ons deur die Heilige Gees laat lei.
God het uit liefde vir ons Sy Heilige Gees gegee en ons Sy kinders gemaak, sodat ons in ‘n oop en intieme verhouding met Hom kan leef. Ons hoef nie bang vir God te wees nie. Inteendeel! Hy het ons as Sy kinders aangeneem en laat toe dat ons Hom as ‘n liefdevolle Vader leer ken.
Ons kan en mag Hom aanroep as “Abba”, wat beteken Vader. En juis as gevolg van hierdie kosbare verhouding is ons elkeen ‘n kind van God. Ons hoef nie hieroor te wonder nie. God se Gees leef in ons elkeen elke dag.

  • Wat ervaar jy om te weet dat jy God se kind is?
  • Deel jou hart met die Vader sonder om bang te wees. Hy is lief vir jou.

Gebed
Abba, Vader, dankie dat ek U kind is. Dankie dat U Gees in my is en my verseker dat ek aan U behoort. Mag ek vandag in U vrede leef en nie in vrees nie. Amen.

Saterdag 25 Junie 2022

Matteus 23:11-12
11“Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. 12Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Toe die godsdienstige leiers van Jesus se tyd vergeet het hoe dit lyk om God lief te hê en God se mense lief te hê, het Jesus die menigte aangespreek en in waarheid hulle herinner. Godsdienstige reëls help nie om nader aan God of God se mense te kom nie. Dit is ‘n las wat God niemand vra om te dra nie. Dit bring net skeiding. Jesus gebruik verskeie voorbeelde wat die godsdienstige leiers doen om te wys hoe vroom hulle is maar tog mis waaroor dit werklik gaan. Jesus kom wys eerder hoe om dit prakties te doen. Wees lief vir God en mekaar. Wees nederig en dien mekaar.
  • Mense doen steeds vandag wat die godsdienstiges van Jesus se tyd gedoen het. Ons vul die kerk van agter, sodat ons kan wys ons is nederig. Ons bid nie hardop nie, want ons gebed is ‘n saak vir ons binnekamer. As ons eerlik is, watter ander sigbare reëls volg ons vandag steeds in die kerk vandag, sodat ander kan “sien” hoe geestelik, nederig en gelowig ons is? Watter van hierdie reëls, kan ons laat gaan?
  • Vir Jesus gaan dit oor ‘n lewende verhouding met God wat in dade gesien word. ‘n Verhouding wat gegrond is in die Waarheid en in die lewens gereflekteer word. ‘n Egte geloof wat nie oordeel en voorgee nie. Hoe lyk so ‘n geloof prakties vir jou?
  • Hoe gaan jy hierdie week jou geloof prakties leef?

Gebed:
Here, dankie dat ek nie hoef voor te gee nie. Dankie dat ek net myself kan wees. Dankie dat ek met my woorde en dade U passievol kan dien. Ek is vir U lief. Ek is vir U mense lief. Help my om dit ook so uit te leef.
Amen.

Vrydag 24 Junie 2022

Matteus 7:7-8
7“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hartseer van die lewe is dat ons soms nie weet waarvoor om te vra nie. Ons kon dalk hulp gekry het, as ons net gevra het vir hulp. Wanneer ons nie weet nie, kan ons vra. Jesus sê vir ons, ons kan vra en vir ons sal gegee word. En in onkunde sou ons waarskynlik kon vra vir alles wat nie werklik saak maak nie. My gebed is, dat ons egter Jesus se voorbeeld sou volg en vra vir dit wat werklik saak maak. Dat ons sou vra dat ons liefde vir God en ons liefde vir mense sou toe neem. Dat ons wil meer in lyn met God se wil sal wees. Dat ons harte sal begin klop soos God se hart.
  • Waarvoor vra jy gewoonlik? Kyk na jou afgelope week se gebedslewe. Waarvoor het jy gevra? Wat is die inhoud? Is dit waarvoor jy vra op jou hart, of God se hart? Is dit waarvoor jy vra groot genoeg dat jy dit kan bewerkstellig, of so groot dat God alleen dit ‘n werklikheid kan maak? Wat getuig dit wat jy vra van jou geloofslewe?
  • Hoe wil jy dit waarvoor jy vra verander?

Gebed:
Here, ek dink nie altyd oor dit waarvoor ek vra nie. Vandag besef ek, dat dit waarvoor ek vra, ‘n getuienis is van my Geloof in U. Here, help my om meer te glo. Help my om anders te dink en glo oor hoe ek vra.
Amen.

Woensdag 22 Junie 2022

Ek besef ook ek moenie aanneem nie want by Doornkloof doen ons media operateur beide klank en rekenaar, streaming. Dus moet ek net uitklaar:
Ons het studente wat ons aanlyn ontmoet via Zoom. Is daar 'n moontlikheid om 'n bydra vir data te maak en die kerk se wifi te gebruik? (hoe is die wifi opvangs/ Ons kan ons eie rekenaar vir Zoom gebruik maar sal net die setup saam met iemand wil derugesels wat die stelsel by PvR ken.
Ons sal ook 'n slide op die skerm wil vertoon.
Van die seremonie behels dat ek en my liefie paar liedjies sang beglei, op klavier en kitaar. So ons sal graag 'n monitor by die klavier en op die verhoog voor (soos vir sangers) ook wil gebruik indien moontlik.

Ek het die ou setup in die kerk nog goed in my kop. Ek het die teater ligte, dromme, klavier, Easy Worship, en ander elemente nog ingebring. Ek is seker baie van die media wat ek daai tyd vervaardig het is ook nog op die rekenaar. Maar ek sien wel uit daarna om die nuwe klank te beleef 🙂 En is op 'n manier opgewonde om weer 'n stukkie van storie raak te trap met die seremonie.

Dinsdag 21 Junie 2022

Matteus 13:13
Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Mense wat dink hulle weet alles, is gewoonlik die mense wat nie bewus is daarvan dat hulle nie alles weet nie. Ons is soms baie blind vir ons eie blindekolle en tekortkominge. Wanneer ons meer inligting kry, meer bewus word, ontdek ons wat ons voorheen nie geweet het nie.
  • Kan jy dink aan ‘n tyd waar jy nie bewus was van jou eie blindekol of tekortkominge nie? Probeer dink aan iets groot wat groot konsekwensies gehad het. Wat het jy nie geweet nie? Hoe het dit gevoel? Hoe het dit jou beïnvloed? Wat het dit tot gevolg gehad? Hoe het dit die mense om jou beïnvloed? Hoe het dit jou geloofslewe beïnvloed?
  • Hoe het dit jou gehelp toe jy bewus geword het van jou blindekol of tekortkoming? Was dit ‘n lekker of aangename proses? Hoe het dit gevoel? Hoe het die jou beïnvloed? Wat het dit tot gevolg gehad? Hoe het dit die mense om jou beïnvloed? Hoe het dit jou geloofslewe beïnvloed? Was daar groei in jou, jou geloofslewe? Wat is jou gewaarwording
  • Ons weet nie wat ons nie weet nie. Is dit dalk nodig dat jy die mense in jou lewe vra waarvan moet jy bewus word? Is dit tyd dat jy die Here vra om jou bewus te maak van iets waarvan jy nie bewus is nie? Wat staan in jou pad?

Gebed:
Here, ek is bewus dat daar soveel is waarvan ek nie bewus is nie. Ek weet nie wat ek nie weet nie. Help my Here, om vandag iets meer te leer wat U weet ek moet weet.
Amen.

Saterdag 18 Junie 2022

Matteus 5:1-12

11 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Die laaste twee verse bou voort op vers 10. Die gedrag van mense teenoor gelowiges wat hier beskryf word is te verwagte van hulle Joodse teenstanders. Dit is duidelik dat dit wat oor die volgelinge van Jesus gesê word vals is. Hulle woorde oor Jesus se volgelinge word deur haat gemotiveer, en dit is bedoel om mense seer te maak. Jesus sê daar is ’n loon wat vir ons wag as ons hierdeur getrou kan bly aan Hom. Die woord loon word 10 keer gebruik in Matteus, baie meer as in die ander drie evangelies.

Waarom sal Jesus dit noem, en waarom beklemtoon Matteus dit? Want die vervolging van God se mense is nie nuut tot die geskiedenis van die Bybel nie. Matteus herinner sy lesers hieraan, deur te verwys na mense wat deur die geskiedenis namens God gepraat het (profete). Uiteraard wag dieselfde vervolging vir Jesus se volgelinge; so ook dieselfde loon vir hulle getrouheid!

Deur die Salingsprekinge maak Jesus ’n verklaring: ons is by ’n draaipunt! Die tyd het gekom dat mense wat desperaat afhanklik is van God se behoeftes bevredig sal word, ten spyte van hulle huidige omstandighede. Slegs as gevolg hiervan word hulle as geseënd beskryf, want God doen dit! Die Koninkryk van God bring ’n nuwe onverwagse vreugde na die volgelinge van Jesus. Hierdie Koninkryk sit volgelinge van Jesus op ’n nuwe roete na geregtigheid, vrede en reinheid.
Belangrik om te weet dat dit nie gebeur deur menslike doelwitte wat bereik word nie, maar deur God wat dit gee. Om geseënd te wees soos die Salingsprekinge beskryf is uiteraard ’n ervaring van God se genade!

Om oor te dink

  • Watter vers het deur die week die diepste met jou gewerk?
  • Hoe het jy hierdie week ervaar dat God jou diepste behoeftes bevredig het?
  • Waarvoor wil jy vir God dankie sê vandag?

Vrydag 17 Junie 2022

Matteus 5:1-12

9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Hierdie kort en kragtige sin van Jesus (vers 9) is die enigste plek in die hele Nuwe Testament waar die woord “vredemakers” gebruik word. Jesus spreek hierdeur die Selote aan. Hulle was ’n Joodse groep in Jesus se leeftyd wat gehoop en geglo het dat die Koninkryk van God deur geweld en oorlog sou kom. “Veg terug” was hulle leuse… Trouens, vir mense wat konstant deur ander mense sleg behandel word was dit nogal ’n aantreklike vooruitsig, om iemand “van hulle eie medisyne” te gee.

Jesus staan teenoor dit. Hy skep ’n nuwe kategorie mense, vredemakers! Later in Matteus 5 gaan Jesus selfs die merkwaardige opdrag gee dat Sy volgelinge vir hulle vyande moet lief wees. Soos die storie van die Nuwe Testament ontvou word hierdie opdrag aan Christene algemene verwagte gedrag van hulle. Mense wat vrede maak, maak staat op hulle pa om vir hulle te sorg en hulle te beskerm, juis daarom sê Jesus dat hulle kinders van God genoem word.

Die tema van “vervolging” is ’n belangrike tema in Matteus. Joodse mense wat in Jesus geglo het, en so vreemd en onderstebo begin lewe het soos Jesus beskryf in die Saligsprekinge, het erge vervolging van hulle familielede en gemeenskappe ervaar. Daarom het gelowiges nodig gehad om te hoor wat Jesus hieroor te sê het. Hoe moes hulle dit hanteer, hoe moes hulle dit verdra? Jesus maak dit duidelik; hou aan om te doen wat reg is!

Hierdie is waarskynlik van die moeilikste woorde van Jesus om te hoor, te aanvaar en aan gehoorsaam te wees. Die tyd waarin ons leef maak dit baie duidelik vir ons: ons sien hoe mense kwaad met kwaad vergeld, ons sien hoe mense van verskillende oortuigings mekaar geweldadig hanteer en dreig om mekaar leed aan te doen. Die nuus is vol konflik tussen groepe wat met “ons” en “hulle” begrens word.

Wat moet Christene doen? Vrede maak! Dan sal ons geseënd wees. Jesus sê so, glo dit!

Om oor te dink

  • Met wie of tussen wie moet jy vrede maak?
  • Is jy bereid om aan te hou om te doen wat reg is, selfs al word jy daarvoor vervolg?
  • Hoe bring Jesus se beloftes in hierdie twee verse vir jou troos?

”Forgiving does not erase the bitter past. A healed memory is not a deleted memory. Instead, forgiving what we cannot forget creates a new way to remember. We change the memory of our past into a hope for our future.” Lewis Smedes

Donderdag 16 Junie 2022

Matteus 5:1-12

7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Die eerste vier salingsprekinge het betrekking gehad tot ons ingesteldheid, gedagtes en houding teenoor die wêreld waarin ons leef. Vers 7 beskryf eerder ’n aksie van die wat geseënd is; dit is om barmhartig teenoor ander te wees. Jesus vra hier dat mense wat juis nie barmhartig deur ander behandel word nie (onthou die mense met wie Jesus praat staan gebuk onder ’n baie moeilike regeringstelsel), steeds barmhartig teenoor ander sal wees. Ons vind onder andere hierdie wysheid in Spreuke 14:21.

Vers 8 is gelaai met gedagtes en taal wat ons in Psalm 24:3-4 vind. Jou hart in hierdie konteks verwys na die diepste kern van jou wese; gedagtes, motivering, gemoed, emosies. Om rein van hart te wees beteken om Jesus se woorde en wysheid as’t ware te internaliseer, om toe te laat dat dit tot in die diepste van jou wese syfer en jou daar verander! Die integriteit waarmee ons leef, en veral waarmee on vers 7 leef, is wat hier belangrik is. Daarvoor het ons ’n rein hart nodig. ’n Ander manier om daaraan te dink is om gefokus en “single-minded” te wees en nie verdeelheid in jou hart en gedagtes te hê oor wat Jesus van jou verwag nie.

Om oor te dink

  • Aan wie moet jy barmhartigheid bewys? Wat ervaar jy as iemand met jou barmhartig is?
  • Wat leef in jou hart wat nie rein is nie? Wat maak dat jou intensies verkeerd is en dat jou integriteit in gedrang is? Sien jy kans om met God daaroor te praat?
  • Wat maak jou opgewonde van die woorde “want hulle sal God sien”?

The point of justice and mercy anyway is not 'they deserve it' but 'this is the way God's world should be', and we are called to do those things that truly anticipate the way God's world WILL be. N.T. Wright

Woensdag 15 Junie 2022

Matteus 5:1-12

5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6 Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

’n Sagmoedige is iemand wat op God staatmaak om reg te laat geskied en vir hom/haar te sorg. ’n Sagmoedige is iemand wat nie reageer of terugslaan wanneer hulle verkeerdelik behandel word nie, maar eerder wag op God om Sy beloftes teenoor hulle na te kom en hulle as’t ware te beloon vir hulle gedrag. Hierdie vers is gevul met beelde en beloftes uit Psalm 37 en Jesaja 65-66. Jesus het Homself beskryf as sagmoedig, en Hy word beskryf as sagmoedig wanneer Hy op ’n donkie in Jerusalem ingery kom. Hy is ons voorbeeld!

Vers 6 gebruik taal wat te vinde is in Psalm 107. Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het. Psalm 107:9. Jesus voeg wel in hierdie sin by dat dit waarvoor die mens ten diepste smag is geregtigheid, regverdigheid en verlossing. Al hierdie woorde is vervvat in die Griekse woorde wat vertaal is as “wat reg is”. Hy belowe dan om hierdie behoefte te bevredig, in ’n oorvloedige manier!

Kyk na die prentjie hierbo en verbeel jou vir ’n oomblik hoe die nuwe aarde lyk. Hoe sal dit voel om vir altyd versadig te wees, en nie net liggaamlik nie maar ook geestelik?

Om oor te dink

  • Hoe reageer jy wanneer iemand jou leed aandoen? Sal jou naaste mense jou as sagmoedig beskryf?
  • Wat ervaar jy wanneer jy honger is? Hoe voel jy wanneer jy versadig is? Het jy al ooit geestelik versadig en tevrede gevoel in die lig van die verlossing wat Jesus vir jou bewerk het?

Dinsdag 14 Junie 2022

Matteus 5:1-12

4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

Wat is die geseënde lewe? Hoe kry ek deel daaraan? Wie kan dit vir my moontlik maak? Hoe kan ek werklik #blessed wees?

In vandag se fokusvers sê Jesus dat jy geseënd is as jy treur. Dit klink vreemd, eintlik selfs onderstebo.
Om te treur is nie lekker nie, dit is nie iets wat ons self sal kies as ons ’n keuse gehad het nie. Ons leef in ’n tyd waarin boeke en hulpbronne oor persoonlike geluk (“how to be happy”) eksponensieël toegeneem het in vergelyking met die vorige eeu. Waarom sal Jesus dit sê?

Wanneer ons treur gebeur iets betekenisvol binne ons. Ons perspektief verander, ons herwaardeer ons lewens, ons herwaardeer verhoudings, ons erken ons afhanklikheid van God, en bowenal, dit bied vir ons ’n besonderse geleentheid om God se nabyheid en troos te ervaar.
Omdat ons vertroos wil word wanneer ons treur (dit is ’n menslike behoefte), sal dit ons altyd eerder nader aan God laat beweeg as wat dit ons verder van Hom laat wegdryf.

Ek wil twee goed uitlig:

  1. Die griekse woord wat Matteus hier gebruik vir “vertroos” is dieselfde woord wat Jesus in Johannes gebruik om die rol/werk van die Heilige Gees te beskryf, die Gees is die Vertrooster.
  2. Die laaste deel van hierdie vers is ’n belofte. In die lig van die Nuwe Testament sien ons dat dit ’n belofte is wat defnitief vervul sal word aan die einde van die tyd. God se mense treur nie meer nadat Hy alles nuutgemaak het nie. Nee, Hy droog self ons trane af en beëindig ons hartseer. Totdat ons daar kom, word God ook in die Nuwe Testament beskryf as die God wat troos gee, en word gelowiges aangemoedig om moed te hou.

“Sorrow and grief drive you into God and show you resources you never had and never knew you needed.” Tim Keller

Om oor te dink

  • Ervaar jy die Heilige Gees as jou Vertrooster?
  • Glo jy in God se belofte dat daar ’n tyd sal kom waar ons nie meer treur nie? Hoe kan dit vandag in jou lewe ’n verskil maak?

Maandag 13 Junie 2022

1 Petrus 1:3-5
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

Om oor te gesels of dink
Soms voel die lewe hopeloos en asof daar niks is om voor te lewe nie. Nog erger, soms voel dit of dit wat ons tans deurgaan doelloos, sonder hoop of enige vooruitsig van iets beter wat op ons wag. Hierdie teks help ons om te onthou dat daar 'n wonderlike erfenis is wat vir ons wag. 'n Erfenis wat onverganklik is. God se erfenis vir ons. 'n Erfenis wat beter is as ons verwagtinge en een wat nooit van ons weggeneem kan word nie.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U lewe, dood en opstanding. Dankie vir 'n stuk erfenis wat onverganklik is en meer as my verwagtinge. Amen.

Saterdag 11 Junie 2022

2 Petrus 1:10-11
10Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie. 11En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

Om oor te gesels of dink
Petrus moedig ons aan om ons daarvoor te beywer God en sy koninkryk eerste te stel. Ons moet anders lewe omdat God ons geroep en gekies het. Ons kan nie dieselfde bly nie. Wanneer ons in gehoorsaamheid leef, sal ons kan leef soos Jesus van ons vra en sal ons nie struikel nie.
Die implikasie van die Heilige Gees wat in ons is, gee ons vrye en feestelike toegang tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser.
Dink vir ’n oomblik na oor die implikasie hiervan. Ons elkeen het nou vrye toegang tot God. Ons kan nou reeds God se goedheid en liefde hier op aarde ervaar.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek vrye toegang tot U het. Dankie dat U my geroep en verkies het. Help my om hierdie geloofspad voluit en enduit saam met U te stap. Amen.

Vrydag 10 Junie 2022

2 Petrus 1:8
As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

Om oor te gesels of dink
Hierdie geloofsgroei waarvan Petrus praat is nie ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar ’n langdurige en aanhoudende proses. Dis is soos tee wat al hoe sterker en geuriger word, hoe langer die teesakkie in die water is. Tee is nie tee as die teesakkie af en toe in water gesit word nie.
Net so moet ons toeneem in ons geloof, sodat ander mense die vrug in ons lewe kan sien. Soos ons Jesus Christus beter leer ken, leef ons anders. Of soos ons in die Geloofsfamilie sê: “Ontdek en leef Christus”
Skep moed en laat toe dat Jesus jou al meer verander. Dit bly ’n lewenslange proses. Hy is nooit klaar met ons nie.

Gebed
Here Jesus, dankie ek U kan ken. Dankie dat U liefde altyd daar is. Help my om vrug te dra en U liefde vir almal om my wys. Amen.

Donderdag 9 Junie 2022

2 Petrus 1:7
die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

Om oor te gesels of dink
Die grootste toets vir ons geloof bly liefde. Soos ons gister gesien het, werk die geloofsgids wat Petrus van praat in konsentriese sirkels. Dit begin by ons en kring uit. Maar soos dit verder uitkring, word dit ook moeiliker. Dit is nie altyd maklik om lief te hê nie. Soms is dit vir ons makliker om mense wat ver is, lief te hê en nie naby mense soos familie en vriende nie. Tog roep die Here ons op om die pad van liefde te stap. Wie is dit vir jy moet begin dien met liefde?
Soos my liefde toe neem, kan ek ook vir ander mense lief wees, selfs mense wat ek nou dink nie moontlik is om lief te hê nie.
Watter verhouding moet jy tyd spandeer sodat jou geloof kan groei?

Gebed
Here, dis nie altyd maklik om lief te hê nie. Maar ek besef dat U my vra om te groei in geloof en aan my verhoudings te werk. Help my om juis U liefde vir my te deel met die mense om my. Amen.

Woensdag 8 Junie 2022

2 Petrus 1:5-7
5En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, 6die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, 7die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

Om oor te gesels of dink
Petrus herinner ons dat ons die Heilige Gees ontvang het en dat ons deel kry aan die Goddelike natuur en daarom moet ons juis alles in die stryd werp om ons geloof te verryk.
Alhoewel ons geloof uit genade ontvang, moet ons daarop reageer en moeite doen om ons geloof te versterk. Petrus gee ’n geloofsgids hoe ons ons geloof kan verryk.
Dit begin met deugsaamheid - die vermoë om die regte dinge te doen. Wat volg met kennis - om meer kennis oor God en Sy Woord te kry.
Saam met hierdie kennis gaan selfbeheersing, wat lei tot volharding. Soos ek volhard ervaar ek godsvrug om God in alles wat ek doen te verheerlik.
Dit lei tot liefde vir mense om my en dan later tot liefde vir alle mense.
Let op hoe die kring elke keer al wyer word. Dit begin by my en soos ek groei word my sirkel al hoe groter. Ek maak ’n verskil waar ek is.

Gebed
Here, ek wil graag alles in die stryd werp om my geloof te verryk. Help my om moeite te doen met my geloof en dat ek die geloofspad bly stap. Amen.

Dinsdag 7 Junie 2022

2 Petrus 1:3-4
Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. 4Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

Om oor te gesels of dink
Petrus herinner ons dat ons die Heilige Gees, Sy Goddelike krag, as geskenk ontvang het. Ons het Sondag Pinkster gevier - die Heilige Gees is oor ons elkeen uitgestort. Dit is God se grootste geskenk aan ons en is al wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.
God het die inisiatief geneem deur ons te roep en nou kan ons Hom ken. Ons kan God vertrou om dit wat Hy vir ons gegee het, tot uitvoering in ons lewens te bring.
Ons hoef nie eers aan ’n stel reëls te voldoen om die Heilige Gees as gawe te ontvang nie. God gee Homself sonder voorwaarde en uit liefde.
Meer nog sê Petrus dat ons deel kry aan die Goddelike natuur. Dit beteken dat my doen en late al meer God se karakter en aard weerspieël.

Gebed
Here, dankie vir die grootste geskenk van U Heilige Gees vir my. Dankie dat U my geroep het en dat ek U kan ken. Mag ek vandag U Goddelike krag in my lewe beleef en dit deel met ander. Amen.

Maandag 6 Junie 2022

2 Petrus 1:1-2
“Van Simon Petrus, 'n dienaar en apostel van Jesus Christus. Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons ontvang het. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here!”

Om oor te gesels of dink
Petrus is aan die einde van sy lewe en skryf as’t ware sy testament. Hierdie tweede brief van Petrus wys vir ons hoe Petrus se lewe verander het. Hy is nie meer die voortvarende Simon nie, maar Petrus, die rots in die kerk, soos Jesus vir hom gesê het. Hy het verander in ’n dienaar en apostel van Jesus. Nie deur sy eie toedoen nie, maar deur God wat in hom gewerk het.
Petrus herinner ons dat ons elkeen dieselfde geloof ontvang het. Hierdie is ’n belangrike punt wat Petrus maak. Ons kan dink dat ons geloof nie soos iemand anders sin is nie of dat ons geloof te min is. Hierdie herinner ons dat ons geloof dieselfde is en dat ons deur kennis van God kan groei in die geloof. Daarom seën hy sy lesers. Mag jy ook vandag genade en vrede in oorvloed beleef.

Gebed
Here Jesus, soms voel my geloof onvoldoende. Dankie vir die belofte dat ek dieselfde geloof ontvang het. Mag ek steeds elke dag groei en U genade en vrede beleef. Amen

Saterdag 4 Junie 2022

Handelinge 1:9-11
Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Om oor te gesels of dink
Om hierdie teks gedeelte te lees die dag voor Pinkstersondag kan ons help om iets van God se teenwoordigheid te verstaan. In die Ou Testament lees ons van 'n wolk wat die Israeliete gelei het deur die woestyn. Ons weet ook dat hierdié wolk die Israeliete herinner het aan God se teenwoordigheid by hulle. Jesus wat op 'n wolk wegeneem word moet onmiddelik hierdie beeld van teenwoordigheid in die Ou Testament by ons herrroep.

Neem ’n oomblik van stilte
Jesus wat op 'n wolk weggeneem word bevestig iets van God se teenwoordigheid in hierdie wêreld. God se alomteenwoordigheid.

  • Wat beteken dit in jou lewe dat God teenwoordig is?
    More is Pinkstersondag en vier ons die uitstorting van die Heilige Gees. Die Gees wat in en deur ons werk.
  • Waar het jy die Heilige Gees hierdie afgelope week aan die werk gesien?

Gebed
Here God, dankie dat U teewnwoordig is in my lewe. Dankie dat hierdie teenwoordigheid my lewe lei en rig. U teenwoordigheid is vertroostend. Help my om U te volg. Amen

Vrydag 3 Junie 2022

Jesaja 55:7-9
Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan,
die slegte mens sy slegte planne.
Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees;
hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.
My gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle optrede nie soos Myne nie,
sê die Here;
soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my optrede verhewe bo julle optrede
en my gedagtes bo julle gedagtes.

Om oor te gesels of dink
Hoe dink jy sou die wêreld gelyk het as ons kon kies om 'n God te volg wat net soos ons dink? 'n God wat dieselfde mense as ons haat? Ons lees in hierdie teks dat God se gedagtes en optrede radikaal anders as ons s'n is - God se liefde dryf God se optrede.

Neem ’n oomblik van stilte
Dryf liefde jou gedagtes? En wat nog te sê van jou optrede? Ons liefde is soms te min en ons sukkel om waarlik lief te hê. Dank die Here, dat God nie soos ons dink of optree nie! Dat God se liefde nie te min is nie - nooit te min is nie.

Gebed
Here God, dankie vir U onvoorwaardelike liefde. U liefde vir my, vir ander mense wat ek nie eers van hou nie en vir hierdié wêreld. Help my om meer en meer soos U lief te hê. Amen

Donderdag 2 Junie 2022

Markus 6:35-37
Toe dit al baie laat was, het Jesus se dissipels vir Hom kom sê: “Dit is 'n afgeleë plek hierdie en dit is al baie laat. Stuur die mense terug sodat hulle op die plase in die omtrek en in die dorpies vir hulle iets te ete kan koop.” Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet."

Om oor te gesels of dink
Die evangelie van Markus begin met 'n stuk dringendheid dat die Koninkryk van God hier is. In gister se dagstukkie het ons gereflekteer oor Jesus wat 'n hart vir mense gehad het en dat sy hart vir mense kon breek. Ons het ook besef dat as ons soos Jesus wil volg, moet ons harte ook breek vir ander mense en ongeregtigheid. In vandag se teks lees ons hoe die dissipels die skare probeer wegstuur en amper nie dit hulle probleem wil maak dat die mense honger gaan word nie.

Neem ’n oomblik van stilte
Soms is ons ook soos die dissipels in hierdie teks. Ons is moeg - moeg omgegee. En wil nie eers meer die seer van ander en die wêreld raak sien nie. Hierdie teks in Markus 6 herinner ons dat ons eintlik nie die opsie het om niks te doen nie. Wat kan jy vandag letterlik doen om liefde en opstanding vir iemand anders te beteken?

Gebed
Here God, gister is ek daaraan herinner dat ek die seer in die wêreld moet raak sien. Vandag hoor ek dat ek moet doen, want niks doen is nie 'n opsie nie. Vandag het ek daaraan gedink om… te doen vir… Heilige Gees gee my asb. die waagmoed om hierdie vandag te doen. Amen

Woensdag 1 Junie 2022

Markus 6:34
Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.

Om oor te gesels of dink
Die woorde in hierdie teks, naamlik 'innig jammer gekry', kan ook vrylik vertaal word met 'hart gebreek'. Jesus se hart het gebreek vir die mense wat hy gesien het. Dit te midde daarvan dat Jesus eintlik opsoek was na afsondering, kan ons sê dat Jesus mense in hul nood raak gesien het - en dit het hom aangeraak.

Neem ’n oomblik van stilte
Waarvoor breek jou hart tans? Dalk in jou onmiddelike omgewing of in die samelewing? As ons sê ons wil meer en meer soos Jesus word, dan moet ons ook onsself toelaat om ander raak te sien, ongeregtigheid raak te sien en ook 'n hart hê wat kan breek vir hierdie nood.

Gebed
Here God, wys my vandag waarvoor U hart in ons hedendaagse konteks breek. En Heilige Gees, help my om nie die gevoel wat by my opkom weg te stoot nie, maar ook toe te laat dat my hart breek vir ander mense en dinge wat verkeerd is. Amen

Dinsdag 31 Mei 2022

1 Petrus 1:15-16
Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Om oor te gesels of dink
Ons almal ken daardie tee koppies wat in ons ma of ouma se kas gebêre en slegs vir spesiale geleenthede gebruik is. Dit is die heilige tee koppies. Afgesonder vir spesiale gebruik. Wanneer ons in die teks van 1 Petrus 1 lees dat ons heilig moet wees stem dit in een opsig ooreen met die teekoppies: ons is afgesonder vir 'n spesifieke doel. Daar is egter 'n groot verskil, naamlik dat ons gestuur is. Ons is gestuur om liefde en opstanding 'n realiteit in hierdie wêreld te maak.

Neem ’n oomblik van stilte
Ons moenie só bang wees om deur die Heilige Gees gebruik te word nie. Daar gaan definitief 'n paar krap en stamp merke deur die proses kom, maar dit is deel van om gestuur te wees. Die teks herinner ons ook dat ons 'n spesiale doel het (heilig wees), want God is heilig. Dit is deel van ons lewensdoel wat God ons voor geskape het - om 'n verskil deur liefde en opstanding vir mense te bring.

Gebed
Here God, ek wil gebruik word om liefde en opstanding vir ander mense te beteken. Leer my hoe om hierdie pad van dissipelskap te stap en help my om te beweeg en dit te leef. Amen.

Maandag 30 Mei 2022

Handelinge 2:42-47
Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.”

Om oor te gesels of dink
Kan jy aan 'n ete dink wat vir jou spesiaal geword het? Miskien die ete op iemand se troue? Of 'n verjaarsdagete? 'n Ete is eintlik net 'n gewone maaltyd, maar die geleentheid en mense kan dit veral spesiaal inkleur. In hierdie teks van Handelinge lees ons van etes wat intensioneel saam geëet word en daarom spesiaal is. Die Christene in Handelinge het iets verstaan van om saam aan 'n tafel te kom sit en met mekaar intesioneel tyd te spandeer.

Neem ’n oomblik van stilte
Hierdie teks in Handelinge getuig ook van mense wat deelnemend, aktief betrokke was in God se Koninkryk. Ons word as te ware ingenooi in 'n intensionele raakleef en verskil maak in God se Konkryk.
Hoe dink jy lyk so 'n lewe? En hoe dink jy lyk so 'n spreekwoordelike tafel?

Gebed
Here God, ek is nuuskierig oor hoe 'n meer intensionele lewe in U Koninkryk lyk. Wys my vandag, Heilige Gees. Ek wil U graag volg en deelnemend 'n verskil maak. In Jesus Christus se Naam alleen. Amen.

Saterdag 28 Mei 2022

2 Korintiërs 4:6
God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.

Om oor te gesels of dink
Die Boodskap vertaal dit treffend: “God het heel aan die begin gesê: “Laat daar lig wees; laat die donker verdwyn.” Dieselfde God wat dit gesê het, het ook op ’n dag my lewe nuut gemaak. Hy het met sy helder lig in my donker lewe kom skyn. Toe het ek vir die eerste maal besef hoe groot en vol heerlikheid Hy is. Dit het natuurlik gebeur toe ek van aangesig tot aangesig met Jesus Christus te staan gekom het.”
‭Paulus herinner ons dat die Skepper God ons lewens kom verander het. Hy is die bron van ons lewe. Hy is die lig. Hy kom maak ons deel van sy familie. Hy maak ons lewens nuut.
Ons kan God se lig in ons lewens reflekteer. Ons hoef dit nie self te maak nie.
As gelowiges kan ons lig nie op beurtkrag wees nie. Ons kan nie besluit wanneer ons lig wil wees en wanneer nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid om Jesus te lig te alle tye in ons te laat skyn.

Gebed
Vader, U wat die lig geskep het en my ook, laat my altyd in U lig lewe. Dankie Jesus dat U my kom verlig het. Mag ek U heerlikheid meer beleef. Amen.

Vrydag 27 Mei 2022

1 Johannes 1:6-7
As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.

Om oor te gesels of dink
Johannes moedig ons ook aan om in die lig te lewe. Ons dade moet met ons woorde ooreenstem. Ons is ligdraers. As ons dit nie doen nie, vertaal Die Boodskap: “Dit is soos mense wat sê hulle hou net van die lig, maar as jy hulle soek, sit hulle in die donker.”
Ons het deel aan hierdie familie van God as ons doen wat Jesus van ons verwag.
Die versekering is dat terwyl ons in die lig lewe, ons gereinig word deur die bloed van Jesus. Beteken dit dat ek nooit gaan verkeerd doen nie? Nee, maar Jesus maak dit juis moontlik dat ons deel van familie bly en dat Sy lig in ons lewens sigbaar bly.

Gebed
Here Jesus, ek wil in U lig lewe. Ek wil nie in duisternis lewe nie. Dankie dat ek deel van U familie kan wees. Mag my lig vandag helder skyn. Amen.

Donderdag 26 Mei 2022

Efesiërs 5:8
“Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.”‭‭

Om oor te gesels of dink
Ons staan hierdie week stil van lig. Ons kan baie maklik op die donker om ons fokus en oorweldig voel oor die duisternis. Tog is belangrik dat ons sal besef waar ons lig vandaan kom. Jesus is die lig en dit begin by Hom. ’n Lig kan net werk as hy in die kragbron ingeprop is. So kan ons net krag kry om lig te wees, wanneer ons in Jesus ingeprop is. Ons kan as Jesus se volgelinge lig in ’n duister wêreld wees.
Paulus herinner die gemeente dat die Here ons lig is. Die implikasie hiervan is dat ons as mense van die lig sal leef!

  • Fokus jy soms eerder op die duisternis as die lig?
  • Waar kan jy vandag jou lig laat skyn?

Gebed
Here, dankie dat U ons lig is. Soms voel ek oorweldig, maar dankie dat U die duisternis oorwin het. Mag my lig vandag skyn vir iemand wat dit nodig het. Amen.

Woensdag 25 Mei 2022

Matteus 5:16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
‭‭
Om oor te gesels of dink
Die Boodskap stel hierdie vers baie prakties: “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.”
‭‭Ons wooorde en dade maak ‘n verskil. Jesus moedig sy volgelinge aan om goeie werke te doen, sodat die Vader verheerlik kan word. Ons doen dit nie net vir mense om raak gesien te word nie, maar God se Naam groot te maak. So lewe ons ‘n getuienis wat soos lig ‘n verskil maak.
As dit voel of dit nie help om goed te doen nie, skep moed, want jy is vir iemand Jesus se lig van liefde met jou woorde en dade.

Gebed
Here Jesus, mag my lig vandag skyn. Mag ek vandag U Naam groot maak met my woorde en dade. Help my om U lig in my te reflekteer. Amen.

Dinsdag 24 Mei 2022

Matteus 5:14-15
“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.”
‭‭
Om oor te gesels of dink
Die ander beeld wat Jesus saam met die beeld van die sout gebruik, is lig. Hy sê vir sy dissipels dat hulle soos lig vir die wêreld is en dit kan nie weggesteek word nie. Net soos wat ‘n stad op ‘n berg nie weggesteek kan word nie, kan ons doen en late nie weggesteek word nie. Lig maak ‘n verskil.
Die implikasie hiervan is dat ons lig, selfs ons gebrek aan lig, wys. Daarom moet ons moeite doen met die lig wat ons het.
Ons kan nie ons lig wegsteek deur stil te bly as ons moet praat nie of saam met die stroom beweeg omdat ons skaam is nie. Ons moet die lig wat in ons is duidelik sigbaar maak, sodat ander Jesus se liefde in ons kan raak sien.
Hoe kan jy vandag hierdie lig deel?
Waar kan jy ‘n verskil vir iemand maak?

Gebed
Here Jesus, U is die lig vir wêreld! Help my om U lig te reflekteer en ‘n verskil te maak. Laat ek nie my lig wegsteek nie. Laat ek nie skaam wees nie. Mag my lig helder skyn. Amen.

Vrydag 20 Mei 2022

Spreuke 31:
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere. 22Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
  • ‘n Persoon met wysheid, is iemand wat ook hulle eie styl en grasie het. Hulle voorkoms weerspreek iets van wat in hulle binnewêreld leef. Hulle weet wie hulle is in God, en nou in Christus is, en dit word weerspieël in hoe hulle voorkom. Daar is ‘n trots en ‘n selfrespek in die manier waarop hulle, hulleself dra. Hulle voorsien ook dieselfde geleentheid vir hulle familie.
  • Hoe weerspieël jou styl dit wat in jou binnewêreld leef? Hoe weerspieël jou voorkoms jou innerlike identiteit, respek en trots? Wanneer jy met jou voorkoms omgaan, is dit om iets van jouself weer te gee? Of is dit om ander te beïndruk, ander te flous of te probeer by ander in te pas?
  • Is daar iemand in jou lewe wat die wêreld ingaan met baie styl en grasie? Spreek dit ook van ‘n sterk verstaan van identiteit in Christus? Kan die twee van mekaar losgemaak word? Wat gebeur as daar nie ‘n verband tussen die twee is nie?

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elkeen wat styl en grasie die wêreld ontmoet. Dankie vir elkeen wat weet wie hulle is in U. Here, help my om met trots en respek uit my identiteit in U in die wêreld te leef.
Amen.

Saterdag 21 Mei 2022

Spreuke 31:27-28
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie. 28Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
  • ‘n Persoon met wysheid, is ook iemand wat toesig hou en leiding neem waar nodig is. By die huis, by die werk en by die Geloofsfamilie. Hulle sien die behoefte en dien soos nodig. En die wat daarby baat, prys hulle daarvoor en spreek hulle waardering uit daarvoor. Hierdie persoon hou toesig en lei, uit hulle gawes. Hulle weet wat hulle gesin nodig het, weet hoe om hulle gesin se behoeftes te antisipeer, weet hoe om die gesin nader aan die hart van die Here te lei. Hierdie persoon hou toesig en lei nie uit selfsug nie, maar uit nederige afhanklikheid van die Here.
  • Hou lyk jou toesig hou en leiding neem in jou lewe? Waarom doen jy wat jy doen? Prys ander jou vir jou rol? Bewonder ander jou vir jou rol? Waar het jy natuurlike gawes waar jy kan toesig hou en lei? Waar dink jy wil die Here jou gebruik om dit te doen?
  • Waar sien jy hierdie voorbeeld van toesig hou en leiding prakties in jou lewe? Hoe voel dit om so gelei te word? Wanneer laas het jy vir hierdie persoon jou waardering uitgespreek?

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elkeen wat toesig hou en lei. Here ek wil U naam prys vir wat hulle doen Ek bewonder hulle vir die manier waarop hulle dit doen. Help my om ook so te leef.
Amen.

Donderdag 19 Mei 2022

Spreuke 31:20
Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
  • ‘n Persoon met wysheid, is iemand wat ‘n oop hart en hand het teenoor die behoeftiges. Hulle is vrygewig teenoor ander. Hulle oë is oop vir die behoeftes van ander en vind maniere om dit te voorsien. Hulle gee nie hulle afskeep, tweede beste, oorskiet vir die mense wat swaarkry nie. Hulle seën ander met klere en besittings waarvoor hulle self nie skaam sal wees om te hou en gebruik nie. Hulle weet dat God so ‘n hart waardeer. En hulle weet dat die behoeftiges met so ‘n hart ook die kans kry om met waardigheid te kan leef.
  • Hoe lyk jou hart wanneer dit kom by vrygewigheid? Leef jy met wysheid? Is jou hart en hand oop? Getuig jou lewe daarvan? Gee jy van jou beste? Of gee jy wat niemand anders sou wou hê nie? Is jou oë oop vir die behoeftes van ander? Is jou hande ywerig om te voorsien wat die behoefte is?
  • Waar is die behoefte om jou? Wat is die behoefte om jou? Wanneer hulle vra, wat is jou hart se eerste reaksie? Wie in jou lewe ken jy met ‘n vrygewige hart en hand? Hoe is hulle ingesteldheid? Gee hulle van hulle beste? Wat sou gebeur as die wêreld van hulle beste vir ander begin gee?

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elkeen wat met ‘n vrygewige hart en hand gee. Dankie vir elkeen wat van hulle beste vir ander gee, hulle beste tyd, hulle beste besitting, hulle beste gawes, hulle beste inkomste. Here, help my om my hart te verander teenoor die wat behoefte het, en teenoor my oorvloed.
Amen.

Woensdag 18 Mei 2022

Spreuke 31:17
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
  • ‘n Persoon met wysheid, is iemand wat nie bang is vir harde werk nie. Hulle pak hulle werk aan met kreatiwiteit en intensionaliteit. Hulle wag nie vir ander om vir hulle te sê wat om te doen nie. Hulle neem inisiatief. Hulle staan op wanneer hulle terugslae ontvang. Hulle vind maniere om, oor en deur probleme wanneer ander redes vind om te stop.
  • Is jy ‘n persoon wat ywerig is vir werk? Is jy iemand wat kreatief nuut dink oor die dinge waarmee jou hande besig kan wees? Vind jy nuwe maniere van doen wanneer ander en die wêreld net vir jou redes gee om op te gee? Dink jy dat sommige vorms van werk benede jou is? Hoe dink jy oor werk? Reflekteer jou werk dit? Sou jou werkgewer, jou kollegas en jou nabye mense dieselfde getuig?
  • Ken jy sulke wyse mense om jou? Hoe kan jy by hulle leer? Het jy so ‘n wyse persoon vir wie jy sou kon vra om ‘n mentor te wees? Wat sou jy graag by hulle wou leer? Waarom wil jy by hulle leer? Waarom dink jy is hierdie gawe belangrik by wyse mense?

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elke voorbeeld van iemand wat hard en kreatief werk. Help my om anders te dink oor dit wat my besig hou elke dag. Help my om nie moed op te gee nie. Help my om nie bang te wees vir harde werk nie.
Amen.

Dinsdag 17 Mei 2022

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
  • ‘n Persoon met wysheid, is iemand wat deur hulle menswees standvastigheid, sekerheid en trou bring. Hulle karakter kan nie betwyfel word nie. Die mense om hulle weet waar hulle, met hulle staan. Meer nog as dit, die mense in hulle lewens, word bewonder. Mense met wysheid se eggenote, vriende, kinders en vriende word erken oral waar hulle gaan omdat ander weet hoe kosbaar en buitengewoon die mens met wysheid is. Hulle wysheid en karakter, skyn tot in die lewens van die wat vir wie hulle lief is.
  • Kan die mense in jou lewe op jou steun? Is jy ‘n mens met karakter waarop ander kan staatmaak? Sal ander mense jou wysheid sien skyn oor jou gesin, jou vriende en jou mense? Sou jou nabye mense dieselfde kon sê?
  • Hoe lyk die mense in jou lewe wat wys is en wie jy as steunpilare sou klassifiseer? Wie is die mense wie se karakter jy nooit in twyfel sou trek nie? Wie is die mense wie se karakter oor skyn in hulle gesin en mense se lewens in? Het jy iemand in jou lewe van wie jy so kan praat?

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elke voorbeeld van iemand wat ‘n steunpilaar is en wie se karakter ek van voordeel trek. Help my om hulle te waardeer en met respek te hanteer. Here, mag ek ook so leef in wysheid.
Amen.

Maandag 16 Mei 2022

Spreuke 31:10
'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
  • ‘n Persoon met wysheid, is iemand wat meer werd is as edelstene. Hulle is kosbaar. Hulle het waarde. Nie deur dit wat hulle doen, wat hulle bereik, wat hulle verwerk, bemagtig, poog om te wees, manipuleer of beywer nie. Hulle het waarde slegs in wie hulle is. Mense om hulle weet dit. Hulle laat nie toe dat ander hulle sonder waardigheid hanteer nie. Hulle is nie aanvallend, afbrekend en aggressief wanneer hulle nie na waarde hanteer word nie. Hulle weet net wat hulle werd is, en neem dit nie persoonlik as hulle nie na gelang ontvang nie.
  • Wat is jy werd? Ken jy jou waarde? As jy ‘n prys op jou eie waarde sou moet plaas, wat sou dit wees? Waarom? Wat aanvaar jy van ander en wat nie? Wat maak jy wanneer ander jou nie na waarde hanteer nie?
  • Wat is ander om jou werd? Hoe hanteer jy hulle? Het jy mense wat gevul is met wysheid en meer waardevol is as edelstene? Is daar ander wat jy sleg behandel omdat hulle nie so waardevol is nie? Is dit die hart van hierdie teks? Hoe behoort jy mense te hanteer as dit kom by hulle waarde, of jou eie waarde?

Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elke voorbeeld van iemand wat meer waardevol is as edelstene. Help my om hulle so te hanteer. Here, mag ek ook so leef in wysheid.
Amen.

Saterdag 14 Mei 2022

Genesis 1:1-31
_ So het dit gebeur. 31Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag._

Om oor te gesels of te dink:

  • Het jy al ooit iets afgehandel, teruggestaan, daarna gekyk en gedink: “Sjoe, dit is goed! Baie baie goed!”? Dit is wat God doen aan die einde van die sesde dag. Dit is wat God doen aan die einde van sy skepping. Maar meer as dit, is dit wat God doen wanneer hy die mense klaar geskep het. God kyk na ons, en Hy dink dit is goed. Baie baie goed. En weereens. Meer as dit God dink nie net ons is goed nie. God seën ons ook.
  • Hoe voel dit om te dink dat God na jou kyk en dat God dink jy is goed? Wat sou jy dink beteken goed? Hoe word goed gekwalifiseer of bepaal? Hoe sou jy dit nou van jouself sê? Hoe leef jy, wanneer jy leef asof jy nie dink jy is goed nie? Hoe sou jy leef as jy dink jy is wel goed, soos God sê?
  • Lees weer die seën wat God uitspreek oor die mens. Wees vrugbaar, bewoon, bewerk, en heers. Hoe is jy vrugbaar, hoe bewoon, hoe bewerk en hoe heers jy waar God jou geplaas het? Hoe doen jy dit tot eer van God sodat ander God se naam kan groot maak? Hoe doen jy dit sodat ander steeds kan sien God se skepping is goed, baie baie goed?

Gebed:
Here, dankie dat U na ons kyk en dink die skepping is goed, baie baie goed. Dankie dat U ons seën. Here, ons as U skepping wil U Naam groot maak!
Amen.

Vrydag 13 Mei 2022

Genesis 1:1-31
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 4God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Om oor te gesels of te dink:

  • God het gesê. Hy gee ‘n opdrag. En daar vind skepping plaas. Dit is kreatief. Dit vorm uit niks uit. Dit maak iets nuut. Dit gee lewe. Dit onderskei van wat voorheen was. En dit is goed. God se Woord kreatief, skeppend en lewend. Is dit hoe jy God se Woord beleef? Wanneer jy stil raak by die Woord, is jou verwagting dat jy dit gaan beleef wanneer jy God se Woord gaan lees?
  • Ons is in God se beeld geskep. Dit beteken dat daar elemente hiervan ook in ons woorde geleë is. Wanneer ons praat, is ons ook besig om opdragte te gee, nuut te maak, kreatief te wees, realiteite te skep uit niks, lewe te gee aan ons woorde, te onderskei van wat voorheen was. Die probleem is met die val en die invloed van sonde in die wêreld, is dit nie altyd goed nie. Ons woorde, die gebruik daarvan, die denke agter dit en die realiteit wat ons skep is lelik en afbrekend. Hoe lyk jou woorde, as jy na jou tipiese dag moet kyk? Dink aan die woorde wat jy spreek en in jou gedagtes maal.
  • Hoe kan jy jou woorde meer in lyn bring met die Woord van God? Hoe kan jy meer van God se skeppende kreatiewe Woord in jou hart dra en op jou lippe hou? Hoe gaan jy dit prakties doen?

Gebed:
Here, minder van myself en meer van U.
Here, minder van my woorde en meer van U Woord.
Here, minder van my wil en meer van U wil.
Here, minder van my eie hartklop en meer van U hartklop.
Amen.

Donderdag 12 Mei 2022

Genesis 1:1-31
3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 4God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Om oor te gesels of te dink:

  • Lees die hele hoofstuk 1 van Genesis. Hoeveel keer lees jy God se naam. Gaan tel nou weer hoeveel keer lees jy die woord Hy of Hom in verwysing na God. Hierdie hele hoofstuk handel oor God. God is besig. Wat al die werkwoorde wat gebruik word om God se handelinge in hierdie hoofstuk te beskryf?
  • Die Israeliete se antwoord op hulle donkerste tye is God. ‘n God wat nie passief toekyk nie, maar aktief in werkwoorde (handelinge) besig is. God spreek, skep, maak, sweef, skei, onderskei, seën, ens. Hierdie hoofstuk is die inleiding van ‘n hele geloofsboek waar God handel met Sy volk. Hy is teenwoordig, betrokke en in aksie. Hy is nie afwesig of passief nie. Die hoofstuk is bevestiging van geloof. Hoe kan jy hiervan getuig? Hoe kan jy getuig van God se aktiewe betrokkenheid in jou lewe?

Gebed:
Here God, my hele lewe en wese moet deurtrek wees met U en U naam. Oral waar ek kyk moet ek U sien en bewus wees van U. Vader, wanneer ek dit nie doen nie, vra ek dat U my gedagtes sal terugbring na U.
Here God, U handel in aktiewe handelinge in my lewe heeldag. Wanneer ek blind word daarvoor vra ek dat U my weer daaraan sal herinner.
Dankie dat ek daarvoor kan vra.
Amen.

Woensdag 11 Mei 2022

Genesis 1:1-2
1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.

Om oor te gesels of te dink:

  • Wat bring troos wanneer dit baie sleg gaan? Wat bring troos wanneer dit voel asof die wêreld dor en leeg is? Wat bring troos wanneer alles oorweldigend is en op jou neer druk? Wat bring troos wanneer dit voel asof jy van alle kante af vyandskap beleef en in gevaar is?
  • Toe die Israeliete hierdie vraag moes beantwoord was hulle antwoord Genesis 1:1-2. Van die begin af was God daar. Van die begin af was God in beheer. Van die begin af het God geïnisieer. Van die begin af was hulle nooit alleen nie. Van die begin af het God orde gebring. Van die begin af het God geheers.
  • Hoe lyk dit wat God doen in Genesis 1, in jou lewe? As jy moet terug dink in jou lewe, hoe was God daar van die begin af? Hoe was God in beheer? Hoe het God inisieer? Hoe was jy nog nooit alleen nie? Hoe het God alles in orde gehou? Hoe heers God? Hoe kan jy hierdie waarheid steeds vandag vir jouself neem?

Gebed:
Here, dankie dat U skepper God is. Dankie dat U my nog nooit alleen gelos het nie. Dankie dat U nog altyd in beheer was. Dankie dat U nog altyd orde bring. Dankie dat U nog altyd by my is.
Amen.

Dinsdag 10 Mei 2022

Psalm 137:4
_ 4Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land?_

Genesis 1:1-3
_ 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig._

Om oor te gesels of te dink:

  • Toe die Israeliete in Babilonië was is hulle gespot oor hulle geloof in God. Die Babiloniërs kon nie verstaan hoe hulle ‘n God kon dien wat toelaat dat daar soveel swaarkry met sy volk gebeur nie. Die Israeliete het self daarmee swaar gekry. Toe hulle begin dink oor hulle geloof en die God wat hulle dien, begin hulle dit in 5 boeke saamvat. Die uiteinde van hulle antwoord aan die Babiloniërs, hulleself en die wêreld is die vorming van die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel. Wanneer hulle in sak en as gekeer is, nie verstaan waarom hulle deur groot hartseer gaan nie, herinner hulle hulleself aan wie God werklik is.
  • Vir die Jode was God, die God wat van die begin af daar was. Die God wat alles inisieer. Die God wat in beheer is. Die God wat mag het oor alles. Die God wat lig spreek in donker. Die God wat spreek, en skep. Wie is God vir jou?
  • Skryf vandag deur die dag jou eie geloofsbelydenis oor wie God is. Gebruik dit as bevestiging wanneer dit donker word en jy moedeloos word om jou te herinner, wie jy dien.

Gebed:
Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring. Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin, deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms. U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word. As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om? En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde. U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het. Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse. Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Amen. (Psalm 8)

Maandag 9 Mei 2022

Psalm 137:1-6
1By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink. 2Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang 3toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!” 4Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land? 5As ek jou sou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan verlam raak. 6Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie. 7Onthou die Edomiete, Here, die dag toe Jerusalem ingeneem is, hoe hulle aangehou het met sê: “Breek af, breek af die stad tot op sy fondamente!” 8Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker. Gelukkig is die man wat jou terugbetaal vir wat jy ons aangedoen het! 9Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen 'n klip verbrysel.

Om oor te gesels of te dink:

  • Toe die Israeliete in Ballingskap weggevoer was, was hulle diep hartseer. Hulle was in sak en as gekeer omdat hulle ver was van hulle mense, hulle land en die kern van hulle godsdiens. Het jy al sulke tye van die hartseer beleef? Wat in jou lewe, het die mag om jou so hartseer te maak?
  • Die Babiloniërs het die Israeliete gespot en hulle geloof en hulle hartseer gespot. Hulle wou weet waarom die Israeliete steeds ‘n God kan dien wat sulke slegte goed kan toelaat. Wie is die Babiloniërs in jou lewe? Hoe laat hulle jou voel?
  • In die Psalm deel die skrywer die brose gevoelens wat leef in die harte van die Israeliete wanneer hulle so gespot word. Wat is jou reaksie wanneer jy gekonfronteer word met mense wat jou te nakom? Wat is jou reaksie wanneer jy dink oor die situasie waarin jy jouself bevind? Dink jy God het ruimte vir jou gevoelens? Dink jy God verstaan jou gevoelens?

Gebed:
Here, soms is diep, diep seergemaak. My hart is so seer en daar is soveel pyn in my. Soms kom dit uit in my optrede, denke en mond. Here, U ken my. U ken my hart. Ek vra dat U my sal vergewe. Ek vra dat U my sal troos. Ek vra dat U my sal genees. Dankie Here.
Amen.

Saterdag 7 Mei 2022

Openbaring 21:3-5
Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”
Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

Om oor te gesels of dink
Aan die einde van die boek Openbaring vind ons die tweede keer wat God self aan die woord is. Eers is daar ’n stem van die troon af wat die versekering gee dat God by ons sal wees en dat Hy ons God sal wees.
Die dood gaan nie meer heers nie en Hy sal al ons trane afdroog. Die ou dinge het verby gegaan. God self sê: “Kyk, Ek maak alles nuut!”
Dit is vir ons ’n troos en verlange dat dit gaan gebeur.
Ons kan weet dat God ons nooit alleen laat nie en dat Hy altyd by ons is. Hierdie wete is moeilik om te verstaan, maar juis laat dit ons kans sien vir die toekoms.

Neem ’n oomblik van stilte
Wat het jy hierdie week van God geleer?
Voel jy minder angstig omdat jy weet God is in beheer?

Gebed
Here God, dankie vir die belofte dat U alles sal nuut maak. Dankie dat U by ons sal wees. Dankie dat ek kan kans sien vir wat vir my voorlê. Amen.

Vrydag 6 Mei 2022

Openbaring 1:17-18
“Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.”‭‭

Om oor te gesels of dink
Johannes beskryf vir ons hoe Jesus aan hom verskyn het (Opb 1:12-16). Hy gebruik beelde om Jesus se belangrikheid, wysheid en heerlikheid te verduidelik.
Hy kan nie anders as om in respek Hom te wil aanbid nie. Hy voel nie waardig nie, maar Jesus praat met hom sê dat hy nie bang moet wees nie. Hy is die Eerste en die Laaste, die Lewende. Hy het die dood oorwin en hoef hy en ons nie die dood te vrees nie. Hy het die sleutels van die dood en doderyk by Hom.
Dit herinner aan die Here God wat self ook gesê het dat Hy die Alfa en die Omega is.
Hierdie openbaring wat Johannes deel kan vandag vir ons die rustigheid gee dat Jesus by ons is. Ons hoef nie bang te wees nie.

Neem ’n oomblik van stilte
Wat ervaar jy as jy hierdie woorde van Jesus hoor?

Gebed
Here Jesus, ek wil ook net voor U buig. Ek weet nie wat om te sê nie. Dankie vir die troos dat ek nie hoef bang te wees nie. Dankie dat U die Eerste en die Laaste, die Lewende is. Amen.

Donderdag 5 Mei 2022

Openbaring 1:8
““Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.”

Om oor te gesels of dink
In Openbaring 1:7 het ons gister gesien dat Johannes sê Jesus kom op die wolke en nou is hier die eerste van twee kere dat God self aan die woord is. Die Here God self sê dat Hy die Alfa en Omega is. By Hom begin alles en eindig alles.
Hierdie woorde gee vir ons die troos dat God in beheer is. Al voel ons oorweldig met wat ons om ons sien, kan ons vashou aan die wete dat die Here God, die Almagtige by ons is. Die Griekse woord vir almagtige (pantokrator) beteken die een wat mag oor alles. Hy is die Een wat is, was en wat kom kom.

Neem ’n oomblik van stilte
Dink na oor wat dit beteken dat God in beheer is.
Wat wil jy vir God gee om beheer van te neem?

Gebed
Here God, ek vergeet soms dat U alles omsluit. U is die Begin en die Einde. Help my om aan U oor te gee en U te vertrou as die Almagtige. Amen.

Woensdag 4 Mei 2022

Openbaring 1:5-7
“Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker!”

Om oor te gesels of dink
Johannes herinner ons dat Jesus uit liefde ons van ons sondes verlos het. Hy het ons deel van sy koninkryk gemaak en dat ons in verhouding met Hom kan wees. Dit is te groot om te verstaan, maar Jesus self is die waarborg dat ons deel aan Hom het.
Ons kan uitsien dat Hy weer kom. Dit hoef ons nie bang te maak nie, want Hy is lief vir ons en ons ken Hom. Ons kan eerder uitsien om by Hom te wees.

Neem ’n oomblik van stilte
Hoe ervaar jy die Here se liefde dat Hy jou deel van sy koninkryk gemaak het?
Verlang jy daarna om die Here te sien?

Gebed
Here Jesus, dankie vir U onbeskryflike liefde vir my. Dankie vir die wete dat U weer sal kom. Ek verlang daarna om U te sien. Amen.

Dinsdag 3 Mei 2022

Openbaring 1:4
“Van Johannes. Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.”

Om oor te gesels of dink
Johannes begin sy brief met ‘n seëngroet wat fokus op wie God is. Die Boodskap vertaal dit so: “Ek groet julle met die wens dat God vir julle alles sal gee wat julle nodig het, of julle dit verdien of nie. Mag julle lewe van God se vrede oorloop. Dit is die God wat nou by ons is, wat nog altyd daar was en ook in die toekoms saam met ons sal wees.”
Ons vergeet soms wie die God is wat ons aanbid. Johannes herinner ons dat Hy die Een is wat op die troon sit. Die Heilige Gees is by Hom. Jesus Christus is die heerser oor alles omdat Hy opgestaan het uit die dood. Hy is die Een wat nooit verander en by jou is.

Neem ’n oomblik van stilte
Dink na oor wie God is…
Hoe laat dit jou voel dat God altyd daar is, gister, vandag en môre?

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U altyd daar is. Dankie dat U so goed is. Dankie dat ek U kan aanbid. Mag ek vandag raaksien waar ek besig is. Amen.

Maandag 2 Mei 2022

Openbaring 1:1
“Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak.”

Om oor te gesels of dink
Ons lees nie graag die boek Openbaring nie. Ons is of bang daarvoor of ons dink ons kan dit nie verstaan nie. Johannes skryf juis die openbaring wat hy van Jesus ontvang het om ons as gelowiges te troos.
Dit is nie net vir daardie tyd geskryf nie, maar ook vir ons, sodat ons sterk sal staan in ons geloof.
Een van die dinge wat Johannes ons leer is om op te kyk. Kyk op na die hemel en sien God raak. Hy is in beheer! Dit mag vir ons voel of dit nie so is nie, maar Johannes deel hierdie openbaring om ons te bemoedig.
Hy steun op ’n klomp indirekte verwysings uit die Ou Testament om dit vir ons uit te wys. Ons gaan hierdie week daarop verder fokus.

Neem ’n oomblik van stilte
Glo jy dat God nog in beheer is?
Voel jy bang of angstig as jy daaroor dink?
Kan jy God vertrou met die toekoms?

Gebed
Here God, ek voel soms so oorweldig. Dinge voel soms buite beheer, maar ek wil by Johannes leer dat U in beheer is. Help my om op U te fokus en U te aanbid. Help my op op te kyk. Amen.

Saterdag 30 April 2022

Matteus 7:21
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.’

Om oor te gesels of dink
Ons het die week gekyk hoe die Here ons op ons naam ken. Die anderkant daarvan is ook dat ons Hom op die naam moet ken. Jesus, die Here van ons lewens. Maar meer as dit, ons moet ook doen wat Hy van ons vra, as ons sy naam dra. Jesus sê in sy Bergrede dat ons nie die Here se naam kan aanroep en dink dis genoeg nie. Ons moet ook doen wat die wil van die Vader is. Die wil van die Vader is om gehoorsaam te wees aan Sy woord en om ’n verskil in die koninkryk te maak. Dit is om in ’n intieme verhouding met Hom te leef.
Ons kan nie net in naam Christene wees nie. Ons moet ook doeners wees wat anders leef, omdat Jesus ons op die naam ken.

Neem ’n oomblik van stilte
Hoe lyk dit as ek gehoorsaam is en die wil van die Here doen?
Wat beteken die naam van Jesus vir jou?

Gebed
Here, ek wil U wil doen. Ek wil U beter leer ken. Ek wil nie net in naam U ken nie, maar ek wil in alles U volg. Help my om U wil elke dag te soek en te doen. Amen.

Vrydag 29 April 2022

Handelinge 9:3-5
“Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.”

Om oor te gesels of dink
Die Here roep soms die onwaarskynlikste mense op hulle naam. Saul het die kerk vervolg en was teen die Here, tog verskyn die Here aan hom en roep hom op sy naam. Saul kom tot die insig en aanvaar die Here se liefde. Sy lewe verander en ook sy naam. Hy is nie meer Saul nie, maar Paulus. Sy verlede word nie teen hom gehou nie.
Ons dink dat die Here ons nie op ons naam kan ken oor dit wat ons al gedoen het of nie gedoen het nie. Tog wys Paulus se lewe dat niks by die Here onmoontlik is nie. Hy verander hom van vervolger na volgeling. Jesus roep hom en vir my en jou op die naam.

Neem ’n oomblik van stilte
Dink na dat Jesus jou op die naam ken.
Weet dat niks Jesus verhinder om jou te ken nie. Hy nooi jou in verhouding met Hom. Hy roep jou!

Gebed
Here Jesus, U ken my op die naam. Dis soms te groot vir my. Dankie dat ek U kan volg. Mag ek aanhou om op U stem te reageer. Amen.

Donderdag 28 April 2022

Lukas 10:41-42
Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Om oor te gesels of dink
Net soos die Here Sy volk op die naam geken en geroep het, kom Jesus en doen dieselfde. Hy ken vir Marta en Maria op die naam en praat met hulle wanneer Hy saam met hulle is.
Ons is nie maar net nommers vir Jesus nie. Hy ken elkeen van ons op ons naam. Hy staan in ‘n liefdesverhouding met ons.
Wat sou Jesus vandag vir jou sê as Hy by jou is? Dalk dieselfde as vir Marta? Jy is besorg en bekommerd oor baie dinge? Wil jy nie soos Maria kies om my te vertrou en tyd saam met my te spandeer nie?

Neem ’n oomblik van stilte
Hoe voel jy dat Jesus jou op die naam ken?
Wat sal Jesus vir jou sê?
Is jy meer soos Marta of Maria?

Gebed
Here Jesus, ek raak soms so besig dat ek U mis. Ek vergeet dat U my so goed ken. Help my om U te vertrou en by U te wees. Amen.

Woensdag 27 April 2022

Jesaja 43:4-5
“Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. Moenie bang wees nie, Ek is by jou…”
‭‭
Om oor te gesels of dink
Hierdie belofte wat Israel kry, laat hulle moed skep. God verseker hulle van Sy liefde. Hulle is vir Hom kosbaar, Hy ag hulle hoog en het hulle lief. Ons kan so maklik dink dat dit nie vir ons bedoel is nie. Die Here gee vandag hierdie belofte vir jou ook! Jy is vir Hom kosbaar. Hy ag jou hoog en Hy is lief vir jou. Hy sal alles doen ter wille van jou. Daarom hoef jy nie bang te wees nie. Jy hoef nie angstig te wees nie.
Hierdie belofte het aan Israel die hoop gegee dat uitkoms op pad is. Net so kan ons ook weet dat die Here by ons is en uitkoms sal gee op sy tyd.

Neem ’n oomblik van stilte
Kan jy hierdie belofte jou eie maak?
Hoe voel jy dat die Here so oor jou voel?

Gebed
Here, ek kan dit amper nie glo nie, maar dankie dat U vir my so lief is. Dankie dat ek vir U kosbaar is en dat U my so lief het. Help my om dit te ontvang en nie bang hoef te wees nie. Amen.

Dinsdag 26 April 2022

Jesaja 43:2-3
“As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.”
‭‭
Om oor te gesels of dink
Jesaja bemoedig die volk wat swaar kry in ballings met die belofte van die Here. As hulle deur moeilike situasie moet gaan, soos water en vuur, sal die Here God by hulle wees. Dit word gestaaf op grond van wie die Here is. Hy is nie alleen die Here nie, maar ook die Heilige Redder.
Uit Sy liefde vir elkeen wat Hy op die naam geroep het, gee Hy hierdie versekering.
Ons kan weet dat wanneer ons deur moeilike situasies gaan, die Here by ons is. Ons wil hê dat Hy dit moet keer, maar Hy is saam met ons as ons deur dit moet gaan.
Kom ons fokus op wie God is, eerder as om op die probleme wat ons beleef.

Neem ’n oomblik van stilte
Hoe kan jy vandag aanpak met die wete dat die Here by jou is?

Gebed
Here, U is die Skepper en die Heilige, my Redder. Ek vertrou vandag aan U toe. Mag ek weet dat U by my is, wat ek ook al moet hanteer vandag. Amen.

Maandag 25 April 2022

Jesaja 43:1
“Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”
‭‭
Om oor te gesels of dink
Ons reageer as ons op die naam genoem word. Dit is gewoonlik iemand wat jou ken of leer ken, want daar is ’n verhouding. Die Here is in verhouding met ons en Jesaja herinner die volk wat in ballingskap is, dat hulle hoef bang te wees nie, want die Here is by hulle. Nie alleen is Hy by hulle nie, Hy is die Een wat hulle geskep en gevorm het. Daarom sal Hy hulle verlos. Hy ken hulle op die naam. Hy is die Een wat die inisiatief neem. Hulle behoort aan Hom.
Net so kan ons vandag weet dat die Here ook jou op die naam ken en roep. Jy is Syne! Hy het jou geskep en gevorm. Jy hoef nie bang te wees nie. Hy staan in ’n kosbare verhouding met jou!

Neem ’n oomblik van stilte
Hoe voel jy om te weet dat die Here jou op jou naam ken en dat jy Syne is?

Gebed
Here, dankie dat U my op die naam geroep het en dat ek aan U behoort. Dankie dat U my geskep en gevorm het. Help my om nie bang te wees nie, want U verlos my. Amen.

Saterdag 23 April 2022

Lukas 24:46-49
Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ Julle is getuies van hierdie dinge. En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.”

Om oor te gesels of dink:
Hierdie week het ons saam gereis in die dagstukkies oor die Emmausgangers. Ons het gereflekteer oor hoe hulle moes gevoel het om Jesus te sien, met hom te praat oor dit wat hulle twyfel en hoe hulle oë oopgegaan het. Hulle het die opgestane Here gesien. Hulle was getuies van sy opstanding. Hulle kon nie gou genoeg vir die ander dissipels gaan vertel nie - hulle het dieselfde nag teruggekeer na Jerusalem. In hieride teksverse word ons op 'n wyse herinner dat ons ook getuies is en dat ons as getuies moet getuig van die bekering en vergewing van sondes vir al die nasies.

Neem 'n oomblik van stilte
Hoe kan jy getuig wat Christus se kruisiging en opstanding beteken? Dat ons moet wegdraai (bekeer) van ons sondes en vergewe is. En hoe kan jou lewe getuig dat hierdie vergewging en nuwe lewe vir alle nasies is?

Gebed
Here, dankie dat U kruisdood en opsstanding nuwe lewe vir ons beteken. Vanoggend word ek herinner dat dit 'n oproep vra om self te getuig van U genade en lewe vir alle mense. Help my om so te leef dat ander hierdie genade kan beleef. Amen.

Vrydag 22 April 2022

Lukas 24:13-15
Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,

Om oor te gesels of dink:
Die Lukas evangelie begin in 'n wyse met 'n pad wat geloop word. In Lukas 2 lees ons van Josef en Maria wat vanaf Nasaret na Bethlem gereis het omdat daar 'n volkstelling was. Hulle het hierdie reis aangepak terwyl Maria swanger was met Jesus. Lukas 24 eindig in 'n mate met die twee, of te wel drie as mens Jesus insluit, reisigers op pad na Emmaus. Laat mens wonder oor jou eie paaie en reis waarmee jy tans besig is. Of dalk dink jy vandag aan 'n reis van die verlede of toekoms. Dit is 'n innerlike reis waaraan ons vandag dink. Waarheen is jy op pad?

Neem 'n oomblik van stilte
Het jy onlangs gewonder hoekom jy juis met hierdie reis besig is?
Na aanleiding van ons dagstukkies hierdie week, is jy bewus van God wat jou mede-reisiger is?
Wat het jy vandag nodig om verder te stap?

Gebed
Deel vandag met God watter reis jy mee tans besig is. Bedank God wat saam met jou loop. En laastens, deel met God wat jy tans nodig het om verder te stap en verdiep in jou geloof

Donderdag 21 April 2022

Lukas 24:28-31
Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby.” Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn.

Om oor te gesels of dink:
Die twee reisigers erken Jesus nie terwyl Hy saam met hulle stap nie. Ons is onseker wat die rede hiervoor sou wees. Kan dit wees dat hulle nie sy verheerlikde liggaam ken nie? Of dalk het dit te make met die tema in Lukas om nie te sien nie en dan te sien. Hulle oë het oopgegaan toe Jesus die brood neem, dit seën, breek en vir hulle gee.

Neem 'n oomblik van stilte
Waar het jy dalk al in jou lewe nie vir God raakgesien nie? Was dit dalk in 'n moeilike tyd? Of dalk 'n besige tyd?
God verlaat ons nooit nie. Hierdie teksgedeelte van die Emmausgangers herinner ons daaraan dat selfs wanneer ons dit nie raaksien nie, is God met ons. Stap God saam met ons. Vertroos en bemoedig ons. Mag jy vandag 'n oomblik neem, terugkyk in jou eie lewe en raaksien waar God met jou was waar jy nie sò gedink het nie. Mag jy God vandag raaksien.

Gebed
Here, dankie dat ons opnuut bewus kan word van U teenwoordigheid. U teenwoordighied ook in ons verlede. Here, wanneer ek weer alleen voel, help my om bewus te wees van U nabyheid. Ek wil U vandag ook graag raaksien. Maak my oë oop om U vandag ook te kan beleef in my alledaagse lewe. Amen

Woensdag 20 April 2022

Lukas 24:17-19
Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?” Met somber gesigte gaan hulle staan, en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?” Hy vra vir hulle: “Watter dinge?”

Om oor te gesels of dink:
Was jy al ooit teleurgesteld in God? Het jy dalk op iets gehoop wat jy bitter nodig gehad het en toe gebeur dit nie? Die twee reisigers op na Emmaus het só gevoel. Hulle het gehoop dat Jesus die Messias is - die Een wat hulle sou kom verlos het. Wanneer Jesus hulle vra oor wat hulle besig is om te bespreek, gesesls hulle oor Jesus se dood en probeer sin maak van wat gebeur het.

Neem 'n oomblik van stilte

Jesus gee hierdie twee reisigers die geleentheid en ruimte om met hom te deel hoe teleurgesteld hulle in hom is. Mag jy besef dat God ook vir jou daardie ruimte wil skep, want binne 'n verhouding kan ons deel hoe ons voel. Selfs met God deel hoe ons oor God voel. Mag jy in hierdie deel bewus word van God se teenwoordigheid en selfs dalk terug kyk en sien dat God selfs in die tyd van jou teleurstelling, jou nooit verlaat het nie.

Gebed
Deel vandag met God op 'n brose, weerlose en eerlike wyse wat dit is wat jy voel. Miskien is dit juis die geleentheid om met God te deel wat jy van God dink of selfs wanneer en hoekom jy in God teleurgesteld was.

Dinsdag 19 April 2022

Lukas 24:32-34
Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. Daar kry hulle die elf en die ander mense bymekaar, en dié sê: “Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!”.

Om oor te gesels of dink:
Die twee reisigers na Emmaus herken Jesus eers wanneer Jesus die brood breek. Dan vertel hulle vir mekaar hoe hulle harte al op die pad saam Jesus warm geword het. Warm geword het terwyl Jesus die Skrifte van die profete vir hul uitgelê het.

Het jou hart al warm geword? Warm geword van 'n ontmoeting/ervaring of bewuswording van die Opgestane Here?

Neem 'n oomblik van stilte

Mag die Heilige Gees die Een wees wat jou hart ook warm laat word, want Jesus het opgestaan!

Gebed
Here, dankie dat U aan die kruis vir ons gesterf het en ook opestaan het. My hart word sommer warm as ek net dink aan U groot liefdesdaad. Amen

Maandag 18 April 2022

Lukas 24:8-12
Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. Ook die ander vroue saam met hulle het dieselfde dinge aan die apostels vertel. Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo nie. Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe.

Om oor te gesels of dink:
Met wie in die teks identifiseer jy? Met die apostels wat gedink het die vroue vertel onsin? Of dalk met Petrus wat self wou gaan kyk?

Neem 'n oomblik van stilte

Mag jy op hierdie dag na Paassondag na die opstanding kyk met nuwe verwondering. Verwondering wat jou lewe verander - want die Opstanding bring nuwe lewe vir elkeen van ons.

Gebed
Bid vandag en deel met God waar en met wat jy nuwe opstanding en nuwe lewe in jou wêreld nodig het.

Saterdag 16 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
‘Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.’ (Matteus 27:62-66)

Identifiseer:
Vandag is Stil Saterdag. Jesus is gister gekruisig en die dissipels is verward en probeer sin maak oor wat gebeur het. Die priesterhoofde probeer planne beraam, terwyl die dissipels treur.
Skielik was alles stil.

  • Wat dink jy het die dissipels ervaar?

Oriënteer:
Neem vandag tyd om in stilte na te dink oor die afgelope Lydenstyd. Ons het na verskeie Stilstaan Oomblikke gekyk en kons daaruit leer en ervaar.
-Wat het jy meer van Jesus geleer?
-Wat het jy meer van jouself geleer?

Bid:
Jesus, ek is stil vandag. Ek probeer dink wat die kruis van U gevra het. Dankie dat U hierdie pad vir my gestap het. Amen.

Donderdag 14 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
‘Toe Petrus hom dan sien, vra Petrus vir Jesus: “Here, en wat van hom?” Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!”‘ (Joh 21:21-22)

Identifiseer:
Nadat Petrus sy opdrag gekry het en verklaar dat hy Jesus lief het, vergelyk hy hom met Johannes, een van die ander dissipels. Jesus spreek hom aan en sê vir Petrus om hom nie met ander te vergelyk nie. Hy moet net gehoorsaam Jesus volg.

Oriënteer:
Ons trap so makilik in die strik dat ons onsself vergelyk met ander gelowiges om ons. Dit help ons nie. Ons moet Jesus volg, want hoe Hy met ander werk of hoe ander mense optree is nie ons saak nie.

  • Sukkel jy soms deur jouself te vergelyk?
  • Wat kan jy doen om dit nie te doen nie?

Bely:
Ek bely dat ek soms fokus verloor en eerder oor ander mense bekommerd is. Mag ek meer U volg en doen wat U van my vra. Ek bely dat ek nie sonder U hierdie pad kan stap nie. Ek bely dat ek U lief het.

Bid:
Here, terwyl ek die lydenspad saam met U stap, wil ek U volg. Help my om op U te bly fokus en U te volg. Amen.

Woensdag 13 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!” En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.” (Mat 26:74-75)

Identifiseer:
Mens wonder soms hoe Petrus een van Jesus se dissipels kon wees. Maar Jesus kies gewone mense en verander hulle deur Sy liefde. Net so, kan ons ook Jesus se volgelinge wees. Petrus dink dis die einde, maar God los Hom nie. Selfs al verloën ons Hom, los Hy ons nie. 

Oriënteer:
Na Jesus se opstanding verskyn Hy aan sy dissipels. Hulle erken Hom nie dadelik nie. Jesus vra vir Petrus die belangrikste vraag van sy lewe: Petrus, het jy My lief? Jesus vra hom drie keer. Net soos wat hy Jesus drie keer verloën het, antwoord hy drie keer dat hy Jesus lief het. So verdiep Petrus se verhouding met Jesus (vgl Joh 21)

Bely:
Ek kom bely dat ek baie keer soos Petrus wonder hoe vir my kan lief wees. Ek bely dat ek ook U verloën deur te ontken dat ek U ken. Ek wil vandag bely dat ek ook soos Petrus kan sê dat ek U lief het. Ek bely dat ek U elke dag wil volg.

Bid:
Jesus, dankie dat U altyd weer na my toe kom en my nie los nie. Dankie vir U liefde! Mag ek dit vandag weer beleef. Amen.

Dinsdag 12 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.” (Lukas‬ ‭22:31-32‬)

Identifiseer:
Lukas vertel in sy Evangelie dat toe dit bekend word dat Petrus Jesus gaan verloën, Jesus vir Petrus gebid het. Jesus het gebid dat sy geloof hom nie sal begewe nie en dat as hy weer tot inkeer gekom het, hy die ander mense sal versterk.

Oriënteer:
Hierdie is ‘n bemoedigende vers om te weet dat Jesus vir jou en my bid. Wanneer ons deur moeilike goed gaan, bid Jesus dat ons geloof ons nie sal begewe nie. Selfs al sou dit gebeur, los Jesus nie Petrus nie, en ook nie vir ons nie.

Bely:
Ek bely dat ek U nie altyd bely nie. Ek is soos Petrus wat makliker praat as doen. My geloof wankel soms. Ek weet nie wat ek altyd kan bely nie. Ek bely dat U die Here is wat my nooit alleen los nie.

Bid:
Here Jesus, dankie dat U vir my bid. Help my dat my geloof my nie sal begewe nie. Ek wil U volg, selfs al is dit moeilik. Amen.

Maandag 11 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Simon Petrus vra toe vir Hom: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My volg.”Toe sê Petrus vir Hom: “Here, hoekom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U aflê.” (Johannes 13:36-37)

Identifiseer:
Jesus sê vir Petrus dat hy Hom sal verloën, pas nadat Jesus sy dissipels se voete gewas het. Maar Petrus ontken dit. Hy is bereid om te veg vir Jesus en sy lewe te gee. Dit is amper of Petrus te maklik praat. Kan jy hiermee identifiseer?

Oriënteer:
Ons is ook baie keer soos Petrus. Ons verloën Jesus dalk nie direk nie, maar dit gebeur as ons kies om eerder onsself en ons eie dinge bo Jesus te kies. As ons woorde en dade nie ooreenstem nie. Ons dink dat niemand sal weet nie. Ons integriteit is op die spel. Ander mense sien nie Jesus se liefde in ons raak nie.

Bely:
Ons bely partymaal aan die een kant soos Petrus dat Jesus die Here is, en aan die anderkant verloën ons Hom met wat ons doen en sê. Ons bely dat ons wysheid nodig het om die regte keuses te maak en Jesus getrou te volg. Ons bely dat dit elke dag ‘n keuse is om agter Jesus aan te stap.

Bid:
Here, ek wil U volg. Vergewe my as ek eerder aan myself dink. Help my om elke dag aan U getrou te bly. Amen.

Saterdag 9 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
‘Hy het hulle weer alleen laat bly en 'n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê. Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sê vir hulle: “Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee. Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.” ' (Matteus 26:44-46)

Identifiseer:
Jesus het ‘n derde keer gaan bid. Dit herinner aan die drie keer wat Jesus in Matteus 4 versoek is. Jesus het in sy worsteling van angs tot by aanvaarding gekom. Hy sien kans vir wat voorlê. Hy roep sy dissipels nader om want Hy aanvaar dat die uur gekom het.

Oriënteer:
In die tuin van Getsemane is Jesus gehoorsaam en neem Hy al die ongehoorsaamheid wat in die tuin van Eden begin het, ter wille van ons elkeen, op Hom. Jesus het die lydensbeker aanvaar en gedrink vir jou en my. So gee Sy lyding vir ons nuwe lewe.

Bely:
Ek bely dat ek nie altyd besef watter prys Jesus vir my betaal het nie. Maar ek wil soos Paulus in Fil. 3:10 bely dat al wat ek wens is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

Bid:
Here, dankie dat U vir my hierdie pad van lyding stap. Mag ek soos U bid, nogtans nie my wil nie, maar U wil. Amen.

Vrydag 8 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
’n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. (Matteus 26:42-43)

Identifiseer:
Jesus bid weer en ons sien dat Sy gehoorsaamheid toeneem. Jesus aanvaar dat as die lydensbeker nie by Hom kan verby gaan nie, Hy sal berus by die Vader se wil. Jesus is besig om oor te gee en die Vader te vertrou. Dit is egter nie maklik nie, maar ons sien progressie.

Oriënteer:
Ons kan by Jesus leer. Ons wil partymaal bid dat lyding net verby gaan. Tog bid Jesus dat as dit nie kan gebeur nie, Hy dit aanvaar. So kan ons ook leer om steeds te bly bid dat die Vader se wil sal geskied. Selfs al is dit vir ons baie moeilik.
Waarmee worstel jy tans? Gee dit oor vir die Here.

Bely:
Ek kom bely dat ek nie altyd wil oorgee en in gehoorsaamheid aanvaar wat besig is om met my te gebeur nie.
Ek bely dat ek U meer wil vertrou en my meer wil onderwerp aan U wil in my lewe. Ek bely dat ek myself weer vir U gee.

Bid:
Here, ek kom gee dit waarmee ek worstel vir U. Mag ek in gehoorsaamheid ook bid dat as dit nie kan nie, U my steeds sal help. Amen.

Donderdag 7 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” (Matteus 26:40-41)

Identifiseer:
Dit lyk of Jesus se dissipels nie besef waardeur Hy gaan nie. Hy vermaan hulle en vra dat hulle nie net by Hom bly nie, maar ook bid. Hulle moet vir Hom en vir hulleself bid om nie in die versoeking te kom nie. Dit herinner aan dieselfde gebed in die ”Onse Vader” wat ook vra dat ons nie in die versoeking kom nie.

Oriënteer:
As Jesus erken dat die gees gewillig is, maar die vlees swak, soveel te meer ons ook. Ons moet waak en bid om getrou te bly aan Jesus. Wanneer ons deur moeilike omstandighede gaan, moet ons juis bid dat ons nie in versoeking kom deur op ons eie wil en planne te fokus nie.

Bely:
Ek kom bely vandag dat ek nie altyd waak en bid nie. Ek maak nie altyd genoeg erns om my te weerhou van versoeking nie. Ek dink dat dit maar menslik is om te sukkel. Ek kom bely dat ek eerder op U wil fokus.

Bid:
Here, help my om te bly bid in moeilike omstandighede, selfs as ek swak voel. Mag U Gees my dra en naby wees. Amen.

Woensdag 6 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (Matt 26:39)

Identifiseer:
Jesus bid tot die Vader en vra dat as dit moontlik is, Hy hierdie lydensbeker van oordeel by Hom sal laat verby gaan. Maar Jesus bid ook dat die Vader se wil sal geskied en nie Sy eie nie. Dit is ‘n ongelooflike gebed wat Jesus hier bid. Hy weet wat voorlê en is gewillig, maar vra in afhanklikheid ook vir ‘n ander uitkoms as dit moontlik is?

Oriënteer:
Kan ons dieselfde bid? As dit moontlik is laat hierdie swaarkry by my verby gaan, onderworpe aan wat die Vader wil. Dit vra gehoorsaamheid en vertroue dat die Vader die beste weet. Dit is nodig om ons eie wil te onderwerp aan die Vader se wil.

Bely:
Ons wil in gehoorsaamheid leef en bely dat U die beste weet.
Ons bely dat U wil bo ons wil is.

  • Kan jy vandag bely dat die Vader se wil sal geskied, eerder as jou eie?
  • Watter situasie wil jy vir die Here gee en vra dat Sy wil sal geskied?

Bid:
Here, ek wil soos Jesus vandag bid: “My Vader, as dit moontlik is, moet nogtans nie doen soos ek wil nie, maar soos U wil. Amen

Dinsdag 5 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” (Matt. 26:37-38)

Identifiseer:
Die menslikheid van Jesus word so mooi hier uitgewys. Hy is hartseer (bedroef) en beangs. Hy is bang. Hy verwoord hierdie emosie as Hy sê dat Hy doodsbenoud voel. Jesus neem van Sy naby vriende saam om die pad saam met Hom te stap.

Oriënteer:

  • Voel jy ook soms so oorweldig met dit wat moet gebeur of wat jy moet doen?
  • Het jy die vrymoedigheid om te sê hoe jy voel?
  • Is daar mense wat jy vertrou met wie jy jou angs kan deel om die pad vir jou makliker te maak?
  • Wat sou jy vra dat hulle jou mee help?

Bely:
Ons sukkel om te erken dat ons hulp nodig het en hier sien ons dat selfs Jesus sy emosies gedeel het en hulp gevra het.
Ons moet ook leer om hulp te vra en toe te laat dat mense wat ons vertrou saam met ons die pad stap.
Kontak vandag een van jou vriende en deel wat jy tans ervaar.

Bid:
Here, ek voel ook soms oorweldig. Ek leer by U om dit te sê en oor te gee. Dankie vir mense wat saam my stap. Help my om hulp te vra. Amen.

Maandag 4 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” (Matteus 26:36)

Identifiseer:
Jesus was saam met sy dissipels nadat Hy die Nagmaal ingestel het en gesê het dat Petrus Hom sal verloën. Hy neem ‘n Stilstaan oomblik. In Getsemane, wat ”Olyfpers” beteken, besef Jesus dat Hy gaan sterf. Soos Sy gewoonte was, gaan Jesus een kant toe om te gaan bid.

Oriënteer:
Jesus sou wat wou gee dat dit nie gebeur nie, maar in Sy grootste oomblik van nood, wend Hy Hom tot die Vader deur te bid.
Ons kan by Jesus leer om gebed nie as laaste opsie te gebruik nie, maar die enigste opsie. Wanneer ons in ‘n situasie is wat ons wil inmekaar pers, kan ons bid en met die Vader praat.

Bely:
-Is gebed vir jou net die laaste opsie as jy nie meer self weet wat om te doen nie of is gebed vir jou die begin van alles?
-Deel met die Here wat op die oomblik jou onder druk plaas en wat jy voel jou oorweldig.

Bid:
Here, ek kom deel my hart met U. Ek wil dit vir U gee. Help my om oor te gee. Help my om U te vertrou met dit wat vir my swaar is. Amen.

Saterdag 2 April 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
3Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. (Matteus 27:3)

Identifiseer:
-Judas het nie ten volle besef wat die konsekwensies van sy optrede sou wees nie. Toe hy besef, het hy berou gehad. Hy het selfs probeer om dit reg te stel. Maar dit was te laat.
-Soms het ons optrede konsekwensies wat haglik is om mee te leef.
-Indien Judas vergifnis sou vra, sou God hom vergewe?

Oriënteer:
-Om met spyt te leef steel vreugde by ons.
-Is daar is in jou lewe waaroor jy spyt is?
-Wat sou gebeur as jy dit vir die Here oorgee? Wat sou gebeur, indien jy nou reeds begin leef asof dit nie meer deel is van jou lewe nie?

Bely:
-Is daar mense in jou lewe wat jy oordeel oor hulle lewenstyl, karakter of keuses?
-Hoe sou dit lyk as jy kies om vir hulle lief te wees en die oordeel aan God oorlaat?

Bid:
Here, ek wil nie meer spyt wees oor enige iets nie. Ek gee dit nou vir U. Ek is jammer.
Amen

Vrydag 1 April 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
50Maar Jesus sê vir hom: “Vriend, doen wat jy gekom het om te doen!” (Matteus 26:50)

Identifiseer:
-Judas het nie vir Jesus verraai deur vals aantygings teen Hom te bring nie. Judas het vir die Skrifgeleerdes die waarheid oor Jesus gaan vertel.
-Hy het gaan getuig oor wie Jesus was. Die uiteinde was dat dit Jesus in gevaar geplaas het. In plaas van haat, kom Jesus met liefde.
-Hoe dink jy sou Judas se belewenis gewees het om liefde te ontvang, eerder as haat?

Oriënteer:
-In sommige omstandighede moet ons die waarheid praat en kan dit ons of ander in baie slegte omstandighede plaas. Soms gebeur dit sonder dat ons die intensie het om iemand te na te kom.
-Hoe sou dit wees as jy met liefde ontvang word, eerder as vermanings, aantygings of skelwoorde?

Bely:
-In verhoudings vra ons soms dat ons vir mekaar beskerm of geheime hou. Wanneer die waarheid uit kom, is ons vir mekaar kwaad.
-Is daar geleenthede waar dit gebeur het? Moet jy gaan om verskoning vra dat jy iemand in so ‘n posisie geplaas het?

Bid:
Here, ek benodig soms meer liefde en genade. Soms moet ek meer liefde en genade gee. Help my met albei asseblief.
Amen.

Donderdag 31 Maart 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
27En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die Satan in hom ingevaar. (Joh 13:27)

Identifiseer:
-Toe Judas gaan om vir Jesus te verraai het nie een van die dissipels dit verwag nie. Hulle het vir Judas so vertrou, dat hulle gedink het hy was besig om vir die armes te sorg of op opdrag van Jesus te gaan. Die dissipels kon nie sin maak van Judas se verraad nie.
-Waarom dink jy het Judas Jesus verraai?

Oriënteer:
-Soms doen mense in ons lewe dinge wat ons nie verstaan nie. Soms met die beste intensies, ander kere met wraak in gedagte. Ons verstaan nie altyd waarom nie.
-Sal dit jou help om te verstaan waarom mense doen wat hulle doen?
-Sal dit die situasie verander as jy beter verstaan?

Bely:
-Mens besef dat jy soms in ‘n situasie moet optree tot die beste van die groter prentjie. En dat jou optrede een of twee mense kan seermaak. Selfs met die beste intensies kan jou verduidelikings nie vir die persone wat te nagekom is, vrede bring nie.
-Hoe kan jy met jouself vrede maak wanneer dit gebeur?

Bid:
Here, soms is ek die Judas in ander se storie. Dit is vir my swaar. Ek wil verduidelik. Maar geen verduideliking is genoeg. Help my. En ander hiermee.
Amen.

Woensdag 30 Maart 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
29Omdat Judas die beursie gehad het, het party van hulle gedink dat Jesus vir hom sê: “Gaan koop wat ons vir die paasfees nodig het,” of dat hy iets vir die armes moes gaan gee. (Joh 13:29)

Identifiseer:
-Judas is vertrou om die dissipels se beursie te behartig. Mens sou dink dat so ’n belangrike taak moontlik Matteus, die tollenaar, se taak kon wees, omdat hy goed met finansies is. Dit spreek egter van vertroue in Judas se karakter. Dit sê ook iets van Judas se gawes.
-Judas was bo verdenking, tog het hy Jesus verraai. Hoe word mense wat bo verdenking is versoek om foute te maak?

Oriënteer:
-Ek glo nie daar is een gelowige wat die pad byster geraak het, wat dit doelbewus gedoen het nie. Dit gebeur subtiel, soms onwetend en ander kere met goeie intensies.
-Wat is jou swakhede? Waar lê jou versoekings? Watter goeie intensies kan jou tot gevaar lei as jy nie versigtig is nie?

Bely:
-Ons karakter eienskappe waarop ons die trotsste is, lê soms baie naby aan die eienskap wat ons kan laat struikel.

  • Deel met jou eggenoot, hartsvriend, mentor of Geloofsmaat wat jou grootste uitdaging of versoeking is. Vra vir hulle om vir jou te bid en jou verantwoordelik te hou daarvoor.

Bid:
Here, help my om op U te vertrou en nie my eie vermoë of karakter nie.
Amen.

Dinsdag 29 Maart 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
21Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. (Matteus 10:1-4)

Identifiseer:
-Judas was een van die twaalf dissipels wat ook bemagtig was om onrein geeste uit te dryf en mense gesond te maak. Hy was ’n goeie dissipel wat bo verdenking was en hard gewerk het. Hy is meer as net die verraaier.
-Hy was geliefd. Hy was begaafd. Hy was vertroud. Waarom dink jy kon Jesus sy goeie eienskappe raaksien?

Oriënteer:
-Ander mense gaan ons dalk van tyd tot tyd te nakom. Dit gaan vir ons swaar wees om hulle as enige iets meer te sien as die een wat ons seergemaak het.
-Hoe kan ons, onsself herinner aan ander se goeie punte?
-Wat is die mense se talente en gawes? Hoe kan ons God daarvoor dank en eer?

Bely:
-Ons is geneig om mense wat verkeerd gedoen het in ‘n baie klein boksie te plaas. Judas was ‘n verraaier. Ons vergeet van al die goeie goed wat hy gedoen het. Hoe Jesus hom vertrou en gebruik het in die bediening.
-Is daar iemand in jou lewe wat jy tot die vyand of skurk rol verklaar het, wat jy dalk in ‘n meer volledige lig kan begin sien?

Bid:
Here, dit is vir my moeilik om nie swart en wit oor mense te dink nie. Ek het seer en sukkel om te vergewe. Here, help my hiermee asseblief.
Amen.

Maandag 28 Maart 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
2Die name van die twaalf apostels was:… 4en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het. (Matteus 10:1-4)

Identifiseer:
-Judas Iskariot is een van Jesus se bekendste dissipels. Anders as Petrus en Johannes, is hy bekend vir die grootste fout van sy lewe.
-Hierdie fout het sy lewe lank hom geïdentifiseer en oorskadu.
-Het jy al ’n fout gemaak wat jy voel jou hele lewe oorskadu?

Bely:
-Die fout wat Judas gemaak het, het hom gedefinieer vir die res van geskiedenis. Hy was wel meer as net dit. Hy was ‘n kosbare deel van Jesus se bedieningspan.
-Hoe dink jy wil God jou gebruik as deel van Sy bedieningspan in die wêreld of Geloofsfamilie?

Bid:
Here, soms laat ek toe dat my skuldgevoelens my oorskadu. Dit kom tussen my en U wil vir my. Help my om U skeppingsdoel vir my te leef.
Amen.

Vrydag 25 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis

Teksvers:
"Die fees van die ongesuurde brood, wat pasga genoem word, was naby. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen." (Lukas 22:1-2)

Identifiseer:
Die aand wat die Nagmaal ingestel is, was NAG. Dit was donker en Jesus was angstig oor wat nog moet gebeur. Ons het soms ’n idilliese prentjie van hoe Jesus die Nagmaal ingestel het. Ons moet onthou dat dit ’n aand van lyding ook was – dit was NAG.

Oriënteer:
Jesus het met die wete van wat nog sou kom en hoe die dissipels hom sou faal, steeds die Nagmaal as herinnering gee. ’n Herinnering van wat hy nog sou doen – sy liggaam gee.

Bely:
Jesus ken lyding. Hy het vir elkeen van ons die lydenspad gestap. Mag ek in hierdie lydenstyd diep bewus wees van wat dit gekos het – Christus se lewe aan die kruis.

Bid:
Here, dankie. Dankie vir U menswording, Jesus. Vir U lydenspad en die radikale verskil wat dit steeds in ons wêreld bring. Amen

Donderdag 24 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis

Teksvers:
"Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig." (Efesiërs 5:8)

Identifiseer:
Ons is mense van die lig. Dit is nie iets wat ons nog moet word nie, maar ongelukkig vergeet ons soms wie ons eintlik is. Kan jy dalk aan ‘n keer dink wat God jou gebruik het om lig vir ander te wees?

Oriënteer:
As ons reeds mense van die lig is, vra dit eintlik van ons om meer en meer vanuit hierdie identiteit te leef. Wat kan jy vandag doen om te onthou wie jy is en vanuit daardie identiteit te leef?

Bely:
Sê vandag hardop die volgende:
“Ek is lig, want Christus is die Lig.”
 
Bid:
Heilige Gees, help my asb. om vanuit my identiteit te leef en lig te wees.

Woensdag 23 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
"In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” (Genesis 1:1-3)

Identifiseer:
Die wêreld is vol donkerte – plekke waar mense seerkry en mekaar seermaak. Jesus het mens geword vir hierdie (stukkende) wêreld. Hy is die Lig.

Oriënteer:
As ons die liggaam van Christus word, dan laat Jesus sy lig deur ons skyn. Lig wat deur ons gebring word in 'n stukkende en seer wêreld.

Bely:
Here, ons glo dat U die Lig is. Die Een wat vertroosting, genesing en nuwe hoop gee. Ons glo ook dat U ons wil gebruik om hierdie verskil in ander se lewens te wees.

Bid:
Here, U is die Lig vir ons lewe. Ek wil U graag volg waar U beweeg en lig bring.

Dinsdag 22 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
"Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (Psalm 103:2)

Identifiseer:
Kan jy ‘n oomblik neem en terug dink aan die weldade van die Here? Hoe het God al in die verlede vir jou gesorg?

Oriënteer:
As ons opnuut bewus word van God se goedheid kan ons nie anders as om die Here te wil loof nie. Hoe loof jy die Here?

Bely:
Ek kan vandag bely dat ek weet God is die Een wat voorsien. God het in my verlede gesorg, is vandag met my en daarom weet ek dat God ook in die toekoms my sal dra.

Bid:
Here, dankie. Dankie vir elkeen van U weldade in my lewe. Ek wil U loof. Ja, my siel wil U dank en loof.

Maandag 21 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.” (Lukas 22:19)

Identifiseer:
Hoe baie het jy al die Nagmaal gebruik?
Wat het dit nog altyd vir jou beteken?
Die Nagmaal is altyd ‘n belydenis – ons as Geloofsfamilie bely saam wat ons glo deur saam die Nagmaal te vier

Oriënteer:
Jesus het sy liggaam vir ons gegee aan die kruis. Dit verander alles! In die teksvers word ons herinner dat ons deel het aan Jesus se liggaam elke keer wat ons die Nagmaal gebruik. Ons word Jesus se liggaam hier op aarde om ’n verskil te maak in ‘n donker wêreld.

Bely:
Here, ek bely dat U my Here is. Ek sukkel soms om dit wat ek glo in woorde te sit. Maar ek vier U lewe elke keer as ek die Nagmaal gebruik.

Bid:
Here, hier is my liggaam. Gebruik dit tot U eer om ‘n verskil te maak.

Saterdag 26 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis

Teksvers:
"Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word." (Lukas 22:24)

Identifiseer:
Tydens hierdie NAG op pad na die kruis begin Jesus se dissipels stry oor wie van hulle die belangrikste is. Mens kan jouself amper nie indink hoe hulle mis wat aan die gebeur is nie. En hoe min hulle Jesus in hierdie lyding eintlik ondersteun.

Oriënteer:
Ons kan die dissipels maklik veroordeel en dink hulle moes beter doen. Maar wat as ons vir ’n oomblik in hulle skoene probeer staan. Is ons nie ook met tye so besig om op onsself te fokus en selfs deur lydenstyd onbewustelik te beweeg nie?

Bely:
Ek is vandag opnuut bewus van Lydenstyd. Dat dit ons herinner van die pad wat Jesus gestap het na die kruis. Maar ook die pad waarop ek uitgenooi word om stil te staan op na die kruis.

Bid:
Here, mag hierdie lydenstyd vir my nuwe lig bring. Lig in ’n wêreld wat vir my soms donker voel. U is my Lig. Amen.

Saterdag 19 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
‘Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” ‘ (Joh 13:16-17)

Identifiseer:
Jesus was sy dissipels se voete en sê vir hulle om Sy voorbeeld te volg. Hulle kon dink dat hulle nie dit wil doen nie. Hulle is tog belangriker as dit. Jesus sê egter dat ons juis die geheim van die lewe sal ontdek as ons ander dien.

Oriënteer:
Die woord wat vir “gelukkig” gebruik word, is dieselfde as in Matteus 5 se Bergrede: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is” – Ons leef geseënd en gelukkig as ons ander dien. Dit gaan teen ons natuurlike gesindheid in, maar Jesus se opofferende liefde bly ons voorbeeld.

Bely:
Ek bely dat ek U lief het en U wil volg. Selfs al vra dit van my om te doen waarvoor ek nie kans sien nie of dink ek voor te belangrik is.
Mag ek ‘n opofferende hart hê om werklik gelukkig en geseënd te kan leef.

Bid:
Here Jesus, mag ek meer soos U dien. Help my waar ek sukkel. Ek vertrou my lewe aan U toe. Amen.

Vrydag 18 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
‘As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.‘ (Joh 13:14-15)

Identifiseer:
Jesus dien nie net sy dissipels deur hulle voete te was nie, maar gebruik dit as voorbeeld hoe ons as Sy volgelinge moet optree. Dit maak die evangelie prakties en roep ons op om juis mense om ons te dien. Dit is egter nie maklik nie, ons moet kies om dit te doen. Dit vra opoffering.

Oriënteer:
Hierdie voorbeeld wat Jesus stel, vra dat ons ander dien. Dit mag beteken dat ons selfs die Petrusse en Judasse in ons lewens se voete moet was.
Jy mag dink dat dit nie moontlik is nie, maar vra Jesus om vir jou die 
moed te gee om dit wel te doen.
Wie moet jy dien met Jesus se liefde?

Bely:
Ek kom bely dat ek nie altyd ander wil dien en hulle voete wil was nie.
Ek bely dat as ek ‘n volgeling van U wil wees, ek juis moet leer om te dien soos U, Jesus. Ek bely dat ek hierin moet en wil groei.

Bid:
Here, help my om U voorbeeld te volg en mense om my te dien. Amen.

Donderdag 17 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.” (Joh‬ ‭13:8-9)‬

Identifiseer:
Petrus wil weier dat Jesus sy voete was, waarop Jesus vir hom sê dat al verstaan hy dit nie nou nie, dit nodig is dat Hy sy voete was om deel aan die koninkryk te hê. Die voortvarende Petrus vra dan sommer dat meer as sy voete gewas word. Dis egter nie nodig nie. Jesus se deernis en geduld staan uit. Hy was almal se voete - of hulle verstaan of nie.

Oriënteer:
Jesus het ook baie geduld en deernis met ons. Ons wil eers verstaan of ons wil alles moontlik doen om Jesus te beïndruk, maar dis nie nodig nie. Jesus was selfs Judas se voete, al het Hy geweet hy was nie skoon nie (Joh 13:10-11). Kan jy hiermee identifiseer?

Bely
Ek kom bely dat ek nie verstaan dat U bereid was om my voete te was nie. Ek verdien dit nie, maar dankie dat ek deel aan U koninkryk mag hê. Tussen my nie-verstaan en verstaan is U altyd geduldig met deernis.

Gebed
Here, dankie dat U liefde in aksie vir my kom wys het. Dankie dat ek in U kan glo en deel van U koninkryk kan wees. Amen.

Woensdag 16 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?” (Joh 13:4-6)

Identifiseer:
Jesus wys Sy liefde prakties deur aksie te neem en Sy dissipels se voete te vas. Dit was die mees ongewone ding om te doen. Selfs Joodse slawe kon weier om iemand se voete te was, maar Jesus dien almal. Petrus voel verontwaardig en protesteer. Ons kan onsself in Petrus raak sien.

Oriënteer:
Ons het ook soms soos Petrus verskonings oor hoekom ons dink dat die Here nie vir ons iets kan doen nie. Ons dink dat ons self kan regkom, maar Jesus wys vir Petrus dat dit nodig is dat Jesus ook sy voete was.

Bely:
Ek kom bely dat ek soms verskonings gebruik om nie te doen wat die Here vra nie of dat ek dink dat ek nie waardig is dat die Here iets vir my doen nie. Ek besef dat ek dit moet laat gaan en toelaat dat die Here juis ook in my en met my werk.

Bid:
Here, ek wil nie verskonings gebruik en nie deel hê aan wat U doen nie. Help my om oor te gee, sodat U in my kan werk. Amen.

Dinsdag 15 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan.” (Joh 13:3)‭‭

Identifiseer:
Al het Jesus geweet dat Judas Hom sou verraai en Petrus Hom sou verloën en hulle almal Hom in die steek sou laat, was Jesus se liefde vir Sy volgelinge steeds groter.
Die Boodskap vertaal dit as: “Dit het Jesus nie bang gemaak nie. Hy het van God af gekom en moes nou teruggaan. Boonop het Hy alles onder beheer gehad. Daarvoor het God gesorg.”
‭‭
Oriënteer:
Jesus het geweet wie Hy is. Sy identiteit is in God die Vader. Al sou mense die rug op Hom draai, bly Hy steeds lief vir hulle. Net so kan ek vandag weet dat Jesus vir my ook lief is, al voel ek soms soos ‘n Judas of ‘n Petrus wat Hom in die steek laat.

Bely:
Ek wil dankie sê dat U gehoorsaam was, al het U geweet wat vir U voorlê. Dankie dat U hierdie lydingspad ter wille van my gestap het. Ek bely dat ek dit nie altyd verstaan of verdien nie.
Ek bely dat ek U graag wil volg.

Bid:
Here, dankie dat U my nooit los nie. Al ken U my so goed, bly U by my. Ek stel my lewe weer onder U beheer. Amen.

Maandag 14 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. (Joh 13:1)

Identifiseer:
Johannes beskryf vir ons Jesus intense liefde vir sy mense en ook vir ons. Hierdie liefde was self-opofferend en was nie net tot die einde van Sy lewe nie, maar tot die einde van tyd. Ons sukkel partymaal om te besef dat Jesus vir ons só lief kan wees. Dink na daaroor dat Jesus jou tot die uiterste lief het.

Oriënteer:
Wanneer ek weet ek is geliefd, dan kan ek anders optree. Jesus het geweet dat Sy tyd gekom het en daarom wys Hy sy liefde op ‘n praktiese manier deur Sy dissipels te dien.
God wil dat ons hierdie liefde van Hom raaksien en ervaar.

Bely:
Ek bely dat hierdie liefde soms te oorweldigend is. Ek voel dat ek dit nie verdien nie. Ek voel dat dit nie vir my bedoel kan wees nie. Tog bely ek dat ek meer van hierdie liefde van Jesus wil ervaar. Ek wil stil staan en besef dat Jesus se liefde vir my meer as genoeg is.

Bid:
Here, dankie vir U liefde vir my! Mag ek vandag dit weer opnuut ervaar. Ek bely dat ek U lief het. Amen.

Saterdag 12 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” (Kol 3:17)

Identifiseer:
Maria se gasvryheid en liefde verander die wêreld. Paulus beaam dat alles wat ons doen en sê van Jesus se liefde moet getuig. Daarmee saam maak ‘n dankbare hart die verskil. Wanneer ons deel en gee soos Maria gegee het, is ons besig om die koninkryk van God ‘n werklikheid te maak.

Oriënteer:
Wat het jy hierdie week gehoor uit die verskillende hoeke wat ons na Joh. 12 gekyk het?
Wat sal jy graag meer wil begin doen?
Waar kan jy meer van jouself gee, soos Maria?

Bely:
Ek kom bely dat ek graag meer wil gee en meer van myself wil deel.
Ek wil nie soos Judas net aan myself dink nie, maar eerder soos Maria gee.

Bid:
Here, hoor my as ek vra dat ek dankbaar sal leef en alles sal sê en doen tot eer van U Naam. Amen.

Vrydag 11 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Toe sê Jesus: “Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis.” (‭‭Joh. ‭12:7‬)

Identifiseer:
Jesus sien Maria se goeie daad raak en sê vir Judas om haar te laat staan. Maria se daad was eg en opreg. Dit was simbolies en profeties vir wat sou kom.
Judas probeer agter mooi woorde wegkruip, maar Jesus sien sy hart raak en spreek hom aan.

Oriënteer:
Maria wys ons om morsig te wees met liefde en diens. Maria maak ‘n verskil, al verstaan die ander dit nie. In Stilstaan oomblikke moet ons doen waarvan ons oortuig is, selfs as ander dit vreemd of moeilik vind. Ons moet nie net aan onsself dink nie, maar juis aan ander.

Bely:
Markus 14:9 sê dat orals waar die evangelie verkondig sal word, vertel sal word van wat Maria gedoen het.
Sy het alles op die spel geplaas omdat sy Jesus wou dien, ten spyte van wat mense sou dink. Ons bely dat ons ook soos Maria wil wees.

Bid:
Here, help my om te dien. Help my om meer van myself vir U en ander te gee. Amen.

Donderdag 10 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
”Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?” (Johannes 12:4-5)

Identifiseer:
Judas sien dat Maria Jesus salf en is dadelik kwaad. Hy dink aan redes hoekom sy dit nie moes doen nie. Ons dink baie keer ook redes uit hoekom ons nie vrygewig kan wees nie.
Ons is bang om risikos te neem. Ons fokus eerder op ons eie behoeftes.

Oriënteer:
Paulus herinner ons in Hand 20:35 aan wat Jesus gesê het: “Om te gee maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.” 
Die weduwee in Mrk 12:41-44 het nie uit oorvloed gegee nie, maar dit wat sy kon en die God het dit raakgesien.

Bely:
Ek bely dat ek eerder soos Judas redes wil vind hoekom ek nie vrygewig kan wees nie. Ek wil eerder op my eie behoeftes focus, maar ek kom bely dat dit nie Jesus se hart is nie. Daarom wil ek graag meer deel met mense om my.

Bid:
Here Jesus, help my om eerder te gee as om te wil ontvang. Ek sukkel hiermee, maar wil graag by U leer. Amen.

Woensdag 9 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.” (Joh 12:3)

Identifiseer:
Jesus gaan na Betanië en eet saam met Lasarus, Marta, Maria en sy dissipels. Maria salf Jesus met baie duur olie. Sy giet dit op sy voete uit en droog dit met haar hare af. Dit was die hoogste vorm van eer wat sy aan Jesus bring. Jesus sien dit raak en sê dat almal nog van haar sal praat.

Oriënteer:
Dit wil voel om Maria mors, want die olie het die waarde van ‘n jaar se inkomste. Maar as jy dit wat jy het op Jesus uitgiet, mors jy nie. Al dink ander dat jy mors, seën die Here vir Maria. Maria het in Jesus vasgeloop en haar lewe was nooit weer dieselfde. Sy het vrygewig begin lewe.

Bely:
Ons sukkel soms om soos Maria vrygewig te wees en dit vir die Here te gee. Ons kom bely dat dit nodig is dat ons leer om met ‘n oop hand en hart te leef. Soos Maria die olie deel, moet ons wat ons het ook deel met ander om ons.

Bid:
Here, help my om meer morsig te wees met U liefde. Maak my meer vrygewig dat ander U liefde raak sien. Amen.

Dinsdag 8 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”” (Luk ‭10:41-42‬)

Identifiseer:
Jesus het ‘n nou pad met Marta en Maria gestap. Tog vind Jesus dit nodig om vir Marta te sê dat sy nie so besig moet wees met die dinge van die Here, dat sy die Here mis nie. Marta vergelyk haar ook met Maria en Jesus sê dat dit nie nodig is nie.

Oriënteer:
Ons vergelyk onsself ook soos Marta met ander en wonder hoekom ons alles moet doen. Ons is so besig dat ons die Here in ons die Here nie raak sien nie. Ons staan nie stil om te reflekteer nie. Ons is besorg en bekommerd oor baie dinge.

Bely:
Ons kom bely dat ons so gefokus is op ons eie dinge, selfs goeie dinge wat ons doen, dat ons nie tyd saam met die Here spandeer nie. Dit is nodig dat ons die beste deel kies om saam met Jesus te wees.

Bid:
Here, ek wil vandag saam met U tyd spandeer. In my besig wees, wil ek U raak sien. Laat ek nie onnodig bekommerd wees nie. Amen.

Maandag 7 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook” (Joh. 11:25)

Identifiseer:
Ons hoor hierdie teks, maar glo dit soms moeilik. Ons glo in die ewige lewe, maar glo nie dat die Here ons nou kan help nie.
Kan jy hiermee identifiseer?
Waarmee wil jy die Here vertrou?

Oriënteer:
Dit is nodig dat ons onsself oriënteer en besef dat die Here ons ook nou help. Hy is nie net eendag daar nie. As ons besef die Here is nou by my, kan ek anders leef en Hom met my lewe vertrou.

Bely:
Ek kom bely vandag dat U die Opstanding en die Lewe is, soos wat Marta en Maria dit bely. Ek wil agter U aanstap en volg. Ek staan vandag stil en dink hoe U besig is om my lewe elke dag te vorm en verander.

Bid:
Here, U is die Opstanding en die Lewe,
Help my om U meer te vertrou, elke dag en nie net eendag nie. Amen.

Saterdag 5 Maart 2022

1 Petrus 5:6-14 (Die Boodskap)

10 Hierdie swaarkry as Christene sal nie meer so lank aanhou nie. Daarvoor sal God sorg. Dit is immers Hy wat soveel goeie geskenke vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Hy het Christus Jesus gestuur, deur wie God ons ook uitnooi om vir altyd sy eregaste te wees. Al ly julle nou ’n rukkie, sal God self vir julle julle ereplek by Hom gee. Hy sal vir julle al die krag gee wat julle nodig het, sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie. 11 Hy kan dit doen, want al die krag behoort aan Hom, nou en vir altyd. Daaraan hoef niemand eens te twyfel nie.

Petrus beskryf vier goed wat God sal doen vir gelowiges, dié wat getrou gebly het tot aan die einde. Al vier hierdie goed word in die toekomstige tyd geskryf, wat vir ons die versekering gee dat God dit sal doen, en dat dit vir ons ook geld. Ons kyk vandag na die laaste twee.

  • God sal ons versterk (hier vertaal as Hy sal vir julle al die krag gee): Hierdie is die enigste plek in die Nuwe Testament waar hierdie werkwoord gebruik woord. In die Ou Testament word hierdie werkwoord gebruik in Job om die krag van ’n leeu te beskryf. Sien jy wat Petrus hier doen? Ons ontvang die krag van ’n leeu (die Leeu van Juda, Jesus) om ’n ander leeu teen te staan. Ons sal ook uiteindelik op vol sterkte wees wanneer alles nuutgemaak word.
  • God sal ’n vaste fondament gee (hier vertaal as sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie): Hierdie werkwoord gaan saam met “God sal stewig maak” waarna ons gister gekyk het. Wanneer God ons in hierdie posisie plaas, sal ons ook veilig en onwankelbaar hier bly. Ons sal hier vasstaan.

Aan die God van alle genade kom al die eer toe: die Een wat ons herstel, stewig maak, versterk en ’n vaste fondasie gee. Ons gaan nog vir ’n tyd lank die lyding van hierdie wêreld ervaar, maar ewige glorie en herstel is ons voorland!

Petrus sluit die brief af met ’n wens van vrede: “Mag God aan julle groot rustigheid en vrede hier diep in julle binneste gee, aan almal van julle wat Christene is.”. Hierdie vrede was net moontlik as gevolg van die gelowiges se verhouding en geborgenheid in Jesus, die Prins van Vrede.

Om oor te dink:

  • Wat het vir jou uitgestaan uit die studie van hierdie gedeelte die week?
  • Waarvoor het jy tans God se versterking nodig?

Vrydag 4 Maart 2022

1 Petrus 5:6-14 (Die Boodskap)

10 Hierdie swaarkry as Christene sal nie meer so lank aanhou nie. Daarvoor sal God sorg. Dit is immers Hy wat soveel goeie geskenke vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Hy het Christus Jesus gestuur, deur wie God ons ook uitnooi om vir altyd sy eregaste te wees. Al ly julle nou ’n rukkie, sal God self vir julle julle ereplek by Hom gee. Hy sal vir julle al die krag gee wat julle nodig het, sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie. 11 Hy kan dit doen, want al die krag behoort aan Hom, nou en vir altyd. Daaraan hoef niemand eens te twyfel nie.

Petrus sluit hierdie gedeelte af deur gelowiges te herinner wat hulle redding vir hulle beteken en wat dit alles behels. Hy eindig waar hy begin het; by God se onbeskryflike groot genade. Oor een ding is hy duidelik: ons swaarkry, wat “nie meer so lank sal aanhou nie” staan teenoor ons ewige vreugde, beloftes en lewe! Dié twee, is eintlik onvergelykbaar!

Petrus beskryf vier goed wat God sal doen vir gelowiges, dié wat getrou gebly het tot aan die einde. Al vier hierdie goed word in die toekomstige tyd geskryf, wat vir ons die versekering gee dat God dit sal doen, en dat dit vir ons ook geld. Ons sal vandag na twee kyk, en môre na die laaste twee.

In die Griekse teks staan daar “God sal herstel” en “God sal stewig maak”. In Die Boodskap is dit vertaal as “sal God self vir julle julle ereplek by Hom gee”.

  • God sal herstel: hierdie woord is ook gebruik om die spalk van ’n gebreekte been te beskryf, of om die herstel van vissermansnette te beskryf. Petrus het eerstehandse ervaring gehad van Jesus wat “sy gate toegewerk het”, ’n werk wat hy as visserman baie goed geken het. Die belofte staan dat Jesus dit volkome met ons almal sal doen in die toekoms.
  • God sal stewig maak: hierdie woord beskryf die aksie van om te monteer of te plaas om in daardie posisie te bly. God sal almal van ons in hierdie posisie plaas, om daar te bly! Dit is Sy belofte! Hiervan kan ons seker wees!

Om oor te dink

  • Watter belofte van God gee vir jou die meeste bemoediging om in jou huidige omstandighede vas te byt?
  • Waar in jou lewe het jy God se herstel nodig?

Donderdag 3 Maart 2022

1 Petrus 5:6-14 (Die Boodskap)

8 In die geestelike stryd moet julle op en wakker wees. Julle het ’n gevaarlike vyand, die duiwel. Hy loop rond soos ’n honger leeu wat iemand soek om te verskeur. As hy julle aanval, moet julle met julle geloof in die Here terugveg. 9 Moenie toelaat dat hy julle geestelike fondamente skud nie. Laat dít vir julle ’n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly omdat hulle dieselfde stryd as julle stry.

In vers 9 noem Petrus een van die maniere waarop die duiwel ons wil verskeur: deur ons geestelike fondamente te skud. Ons moet hierteen veg, en altyd gereed staan om die duiwel teen te staan, baie soos die dame in die foto hierbo.
Tom Schreiner sê: “The call to resistance does not summon believers to do Herculean acts on God’s behalf…. No, resisting the devil means that believers remain firm in their faith, that is, in their trust in God.”

Die Bybel leer vir ons dat ons standvastig in geloof bly deur eenvoudige goed te doen soos te bid, die Bybel te lees, deel te wees van ’n geloofsfamilie, en gehoorsaamheid aan wat die Gees van ons vra.
Jakobus 4:7 sê: “Wees gehoorsaam aan God en net aan Hom. Verklaar die duiwel vyand nommer een in jou lewe en gee hom nie ’n enkele kans nie. Hy sal dan van jou af padgee omdat hy niks kan regkry nie.” (Die Boodskap)
Ons sien in Matteus 4:11 en Lukas 4:13 dat die duiwel van Jesus af padgegee het toe Jesus hom nie ’n kans gegee het nie.

Alles wat Petrus hier beskryf is baie intense ervarings, en dit is nooit iets wat maklik is nie, maar in Christus is ons oorwinnaars, en kan ons wenners in hierdie geveg wees.
Die goeie nuus is ook dat ons nie alleen is nie, ons is deel van ’n familie “oor die hele wêreld” wat dieselfde stryd as ons stry.

Om oor te dink

  • Het jy onlangs misluk in jou standvastigheid van geloof toe jy versoek is?
  • Wat het jou onlangs gehelp om vas te staan teen die versoeking van die duiwel?

Woensdag 2 Maart 2022

1 Petrus 5:6-14 (Die Boodskap)

8 In die geestelike stryd moet julle op en wakker wees. Julle het ’n gevaarlike vyand, die duiwel. Hy loop rond soos ’n honger leeu wat iemand soek om te verskeur. As hy julle aanval, moet julle met julle geloof in die Here terugveg. 9 Moenie toelaat dat hy julle geestelike fondamente skud nie. Laat dít vir julle ’n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly omdat hulle dieselfde stryd as julle stry.

Ons het ’n vyand, en hy is gevaarlik. Petrus sê dat ons moet terugveg, met ons geloof in die Here. Om op en wakker te wees in hierdie stryd beteken om helder oor ons vyand te dink, en te aanvaar dat ons oorlog teen hom voer. Die duiwel doen nie social distancing of lockdown nie, hy is altyd aan die werk.

Die woord duiwel beteken onder andere aanklaer en opponent. Dit is sy wens om Christene te verdeel (ons harte, gedagtes en onderlinge verhoudings) en om onmin in verhoudings te saai. Dit is sy wens om Christene te versoek om op te tree teen die Here se wil, na aanleiding van ons eie selfsugtige behoeftes. Die duiwel doen dit want hy weet sy dae is immers getel, en is baie min (Openbaring 12:9-11).
’n Honger leeu maak ’n mens bang. Dit is wat die duiwel met ons wil doen. Hy wil ons bang maak, sodat ons eerder opgee en nie vasberade, in geloof, ons lewens leef soos God dit wil nie.
Goeie nuus: hierdie honger leeu staan nie ’n kans teen die Leeu van Juda nie! Ons het alles wat ons nodig het om hierdie oorlog te wen.

Om oor te dink

  • Hoe kan ons mekaar, as geloofsfamilie, help om op en wakker te wees en terug te veg in geloof?
  • Op watter maniere ervaar jy tans versoeking?

Kyk weer na die prentjie hierbo, en bid dan die Onse Vader.

Dinsdag 1 Maart 2022

1 Petrus 5:6-7 (Die Boodskap)

6 Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. 7 Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg.

Vers 7 beskryf ’n spesifieke en praktiese manier hoe ons in totale afhanklikheid van God moet leef. Petrus sê ons moet alles waaroor ons bekommerd is na God toe neem, letterlik na Hom toe gooi.
Dit hou ons nederig, want dit verklaar dat ons glo dat God in beheer van alles en almal is, en nie ons nie. Dikwels spruit ons bekommernisse juis uit die feit dat ons namens God wil beheer neem van ons omstandighede, asof ons van beter weet…

Die woord wat Petrus gebruik wat as bekommerd vertaal is, is dieselfde woord wat ons in Matteus 6 en Filippense 4 vind: dit beteken om in verskillende rigtings getrek te word; om verdeel te wees of verward te wees. Bekommernis en angs trek ons in verskillende rigtings, en dit weerhou ons van vasberade, gefokusde en eenrigting vertroue in God die Vader.
Dieselfde God wat die see geskei het sê: “Gee dit vir My!”. Dieselfde God wat mens geword het en weet waardeur ons gaan sê: “Gee dit vir My!”

Petrus gebruik die woord gooi/werp, dieselfde woord as in Lukas 19:35 wat beskryf dat die dissipels hulle klere gegooi het. Om iets suksesvol te gooi moet jy dit heeltemal uit jou hand laat gaan. Kom ons doen dit vandag met alles waaroor ons onsself bekommer.

Om oor te gesels of dink:

  • Watter bekommernis moet jy vandag na God toe gooi?
  • Wat ervaar jy wanneer jy jou bekommer en in verskillende rigtings getrek word?
  • Wie kan saam met jou bid en jou bystaan terwyl jou bekommernisse laat gaan? Sal jy die persoon/e vra om saam met jou te bid?

Gebed
Bid vandag oor jou bekommernisse - gee dit vir God.

Maandag 28 Februarie

1 Petrus 5:6-7 (Die Boodskap)

Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg.

Wat moet ons doen as ons angstig is? Petrus sê ons moet ons lewens in God se hand plaas, en dit doen in totale afhanklikheid van Hom. Dit vra dat ons nederig voor God sal wees.
Die hand van God is ’n simbool in die Ou Testament wat altyd verwys na God se mag en Sy redding, veral wanneer daar na die Eksodus verwys word (Eks 3:19; 13:3, 9, 14, 16; Deut 3:24; 4:34). Die werkwoord wat hier vertaal is as “totale afhanklikheid” is ’n passiewe opdrag in Grieks, dit beteken dit is iets wat met jou gebeur, of wat jy aan jouself laat doen. Wanneer ons ons lewens in God se hand plaas, gee ons onsself totaal aan Hom, en aanvaar ons dat Hy die volgorde van gebeure in ons lewens beheer en vooruitsien. Nederig lê ons ons angs by Hom neer.

Waarom sal ons dit doen? Want ons hou vas aan die belofte dat Hy vir ons ’n ereplek by Hom sal gee. Hy bepaal uiteraard die tyd hiervoor, maar ons kan verseker weet dat wanneer alles hier en nou verby is wag daar ’n ereplek vir ons, ongeag van die uitdagings wat ons huidige omstandighede ons bied.

Om oor te gesels of dink:

  • Wat moet jy vandag in God se almagtige en reddende hand plaas?
  • Het jy al voorheen jou sorge en angstigheid in God se hand geplaas? Wat het jy daarna ervaar?
  • Watter ander teksgedeeltes beskryf die nederige posisie van ’n volgeling van Jesus?

Gebed
Here, vandag plaas ek… in U hand. Ek weet vanuit ervaring en die verlede dat U is die Een wat sorg. Dankie daarvoor! Amen.

Saterdag 26 Februarie

Matteus 5:13-16
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Om oor te gesels en dink:
Die werkwoorde in hierdie teksgedeelte is 'is'. Julle is sout. Julle is lig. 'n Lewe van dissipelskap is om meer en meer te ontdek wie jy in Christus is. Hierdie week het ons ontdek dat dit minder oor onsself gaan en altyd oor God se Koninkryk. Sout en lig het 'n verskil gemaak in mense se lewe in die tyd wat hierdie teks ontstaan het. En die teks eindig met 'dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheelik'. Dit gaan altyd oor God - selfs wanneer ons goeie werke doen.

Neem ‘n oomblik van stilte.

Doen jy baie keer 'goeie werke' sodat jy deur ander raakgesien kan word? Gierigheid is 'n ingesteldheid. ń Ingestelheid op God se Koninkryk, ń lewe van dissipelskap vra dat selfs wanneer ons 'gee' of 'goeie werke doen', dat dit ook nie sal gaan om die aandag op onsself te fokus nie. Hoe kan jy dit hierdie naweek toepas?

Gebed
Here, dankie dat ek hierdie week kon ontdek dat 'n lewe van dissipelskap minder op 'my' fokus en altyd op U. Ek besef vandag opnuut dat ek reeds 'is' wie U my gemaak het om te wees. Mag ek dit hierdie naweek meer en meer ontdek. Ek is 'n dissipel - gemaak en word gevorm vir U Koninkryk. Amen.

Vrydag 25 Februarie

2 Timoteus 3:1-5
Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.

‭Om oor te gesels en dink:
Wanneer ons probeer om nie self gierig of selfusgtig te wees nie, kan dit veral moeilik wees om toe te pas as ons na ander kyk. Hierdie teks in 2 Timoteus wys juis uit dat mense om ons nie noodwendig saam met ons op die Koninkryk van God sal fokus nie. Hulle sal op hul eie oorleweing fokus. Hierdie teks moedig ons aan om nie deel van hierdie denkwyse en ritmes te word nie.

Neem ‘n oomblik van stilte.

Sondag het ons gehoor dat God se Koninkryk belangriker is as ons eie oorlewing. Waaraan laat hierdie stelling jou dink? In watter aspekte van jou lewe probeer jy baie hard om net te kan oorleef? Is dit vir jou moeilik om jou gierigheid en selfsug af te lê, omdat jy kyk na wat ander mense het of doen?

Hierdie teks in 2 Timoteus moedig ons aan om nie gelyk te word aan die wêreld nie. Om nie deel van liefdelose, selfsugtige, geldgierige reis te word nie. Intedeendeel, hierdie teks sê ons moet weg bly van mense wat ons intrek in hierdie lewenswyse.

Gebed
Here, U weet wat my hart begeer. U weet ook met watter mense ek myself tans omring wat dit moeilik maak om nie op U en U Koninkryk te fokus nie. Help my om myself met mense te omring wat dieselfde ritmes en liefde vir U najaag. Vergewe my asb. daar waar ek hiermee sukkel. Amen.

Woensdag 23 Februarie

Lukas 12:15, 20
“15Toe sê Jesus vir die mense: “Hoekom hardloop julle die hele tyd net agter geld aan? Die lewe gaan tog nie daaroor nie. ’n Mens se geluk hang mos nie af van hoeveel geld jy op jou naam het nie.”
‭‭ “20“Maar hierdie ryk man het ’n verskriklike groot fout gemaak. Hy het God buite rekening gelaat. Op daardie selfde dag nog het God vir hom gesê: ‘Jou arme dwaas! Vannag nog sal jy doodgaan. En wat word dan van al jou baie besittings? Jy kan dit tog nie saam met jou na die doderyk toe vat nie.’”

‭ Om oor te gesels en dink:
Hierdie is ‘n moeilike teks omdat ons onsself of daarin sien of dink dis nie op ons van toepassing nie. Ons dink nie aan onsself as ryk nie. In hierdie gelykenis is Jesus nie teen rykdom nie, maar op waar die fokus van die man was. Hy het net aan homself gedink en God buite rekening gelaat.
Partymaal tree ons ook so op deur in ons besluite God buite rekening te laat. Ons laat ook soms mense om ons buite rekening.
As ons die koninkryk van God verstaan, leef ons in ‘n ander ritme. Ons vra eerstens wat vir God belangrik is en rig ons lewens daarvolgens in. Ons leef met oop hande en harte. Ons dien, eerder as om gedien te word. Ons gee, eerder as om net te wil hê en vat. Ons geluk hang nie van hoeveel ons het of nie het af nie.

Neem ‘n oomblik van stilte.
Vra vir die Here waar jy meer op Hom en Sy koninkryk kan fokus, as om net op jouself te fokus.

Gebed
Here, dis nodig dat ek hierdie boodskap moet hoor. Mag ek meer op U fokus en wat vir U belangrik is. Maak my hart oop vir U en die mense om my. Amen.

Dinsdag 22 Februarie

Lukas 12:16-19
16Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’

Om oor te gesels en dink:
Hierdie gelykenis van die Ryk man wys uit hoe iemand só op homself fokus en sy eie vooruitgang. Tel gerus hoeveel keer die ryk man 'ek' of 'my' in die gedeelte sê.

Neem 'n oomblik van stilte.

Wat doen hierdie teks met jou? Veral as jy tel hoeveel keer die man na homself verwys?
Hoe baie doen ons dit nie ook nie? Selfs net in 'n week of in 'n dag? Wat kan jy vandag doen elke keer as jy agterkom dat jy nou soos die ryk man praat of optree? Oefen vandag weereens om minder op jouself te fokus en meer op ander en God se Koninkryk.

Gebed
Here, vandag wil ek oefen om minder aan myself en my begeertes te dink. Heilige Gees, help my om vandag saggies met myself te werk en oop te wees om my gierigheid raak te sien. Help my om dit vandag te verander.
Amen

Maandag 21 Februarie

Lukas 12:13-15
Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”

Om oor te gesels en dink:
Gierigheid kan maak dat ons juis nie op God se Koninkryk fokus nie. Ons vergeet soms dat ons besittings, geld, sekuriteit of oorlewing nie die belangrikste is nie. Baie keer rig hierdie ingesteldheid van gierigheid ons juis weg van wat belangrik is - ons verhouding met God, mense en onsself.

Neem 'n oomblik van stilte.
Wat is dit wat jy sukkel om nie van afhanklikheid te wees nie? Hoekom? Hoe kan jy hierdie week minder daarop fokus en meer op God se Koninkryk?

God wil jou in sy Koninkryk gebruik. Daarvoor moet ons minder op onsself fokus en ons gierige ingesteldheid om eers vir onsself uit te kyk. Dit is iets om te oefen - mag hierdie week vir jou daardie oefenruimte bied.

Gebed
Here, dit is moeilik om nie eerste vir myself en my mense uit te kyk nie. Help my om raak te sien hoe U my in U Koninkryk die week wil gebruik. Heilige Gees, rig my hart en Gedagtes op U.
Amen

Saterdag 19 Februarie

Lukas 18:9-14
Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: “Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander een 'n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.’
“Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’
“Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”

Om oor te gesels en dink:
Jesus vertel nog ’n gelykenis vir die mense om te wys dat gebed nie iets is waarmee ons God en mense kan beïndruk nie. Die Fariseër het sy gebed misbruik om op homself te fokus en sodat ander mense kan hoor hoe goed hy is. Dit gebed het oor homself gegaan en nie oor God nie.
Die tollenaar aan die anderkant was diep onder die indruk dat hy God se genade nodig het en wou amper eers nader kom nie. Hy bid huiwerig om genade met die woorde: “O God, wees my, sondaar, genadig!”
God luister na eenvoudige gebed wat met die regte gesindheid gebid word. Ons moet telkens ons eie harte voor God toets. Ons moet nie hoogmoedig en eie geregtig wees om te dink dat God ons gebede moet beantwoord omdat ons dit verdien nie.
Laat ons soos die tollenaar nederig en afhanklik voor God verskyn as ons bid.

Gebed
Hemelse Vader, ek wil vandag soos die tollenaar ook kom bid: “O God, wees my, sondaar, genadig.” Dankie vir U genade wat elke dag genoeg is. Dankie dat ek tot U kan bid en weet U hoor. Amen.

Vrydag 18 Februarie

Lukas 18:1-8
Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. Hy het gesê: “In 'n sekere stad was daar 'n regter wat geen eerbied vir God of agting vir 'n mens gehad het nie. En in dieselfde stad het 'n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: ‘Doen aan my reg in my saak teen my teenparty.’ 'n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesê: Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan 'n mens steur ek my nie, maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help, anders kom klap sy my op die ou end ook nog.” Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?”

Om oor te gesels en dink:
Jesus vertel later nog ’n gelykenis oor gebed. Die klem is op aanhoudende gebed en om in afhanklikheid te leef. Ons moet nie moedeloos word deur te dink dat God nie na ons luister nie. As selfs ’n onregverdige regter oortuig kan word, soveel te meer sal ons liefdevolle Vader na ons luister. Die belofte van die gelykenis is dat die Vader ons hoor en sal help, en gou ook.
Aanhoudende gebed is ook om tyd saam met die Here te spandeer en te groei in ons verhouding met Hom. Dit is om te luister en te weet dat God ook luister. Laat ons nie moedeloos word om op te hou bid nie.
Bid vandag vir iemand wat jy dalk al op moed opgegee het. Vra weer vir die Here om jou te help om te volhard in gebed en so te groei in ons geloof.

Gebed
Here, ek wil soms moedeloos word en dink dat U nie luister nie. Dankie dat ek soos hierdie weduwee kan aanhou vra en weet dat sal help en gou ook. Amen.

Donderdag 17 Februarie

Lukas 11:9-13
9“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10 Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11 Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? 12 Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? 13 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.

Om oor te gesels en dink:
Jesus moedig sy dissipels aan om te volhard in gebed. Ons moet vra, soek en klop. Soos wat ’n aardse pa die beste vir sy kinders sal gee, so sal die hemelse Vader nog meer vir ons gee. Hy gee Homself, die Heilige Gees. Lukas is uniek as hy skryf dat die Vader die Heilige Gees vir ons gee.
Paulus sê in Romeine 8 dat die Gees wat in ons is, ons laat besef dat ons God se kinders is en dat ons na God kan uitroep met die woorde: “Abba, Vader” Ons staan dus in ’n besondere verhouding wat ons deur gebed koester. Die Boodskap vertaal Romeine 8:26-27 treffend: ”26Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. 27 Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.”

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U Heilige Gees in my is. Dankie dat U my help om te bid. Help my om te bid… Amen.

Woensdag 16 Februarie

Lukas 11:5-8
Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’ En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie…’ Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Nadat Jesus vir sy dissipels die Ons Vader gegee het, gaan Hy verder om hulle aan te moedig om te bly bid en vra. Dit gaan hier oor die integriteit van die gewer wat wel help. As die vriend nie gehelp het nie, sou hy in die samelewing uitgewerp word. Omdat hy na sy vriend toe gegaan het en hom om hulp gevra het, het hy hom gehelp. Net so, kan ons vra en weet dat God sal help. God is soos hierdie vriend wat help. Ons moet nie mismoedig raak om te vra nie. Ons moet volhard in ons gebede.

  • Wat is dit waaroor jy tans bid?
  • Voel jy soms mismoedig om heeltyd te vra?
  • Is jy skaam om na die Here toe te gaan?
  • Waarmee wil jy die Here vertrou?

Neem ’n oomblik stilte en deel jou hart met die Here.

Gebed
Here, soms voel dit of ek U lastig val of ek moet ophou vra, maar ek kom vandag weer na U toe en deel my hart. U ken my. Help my om U steeds te vertrou. Amen.

Dinsdag 15 Februarie

Lukas 11:2-4
2En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: “Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. 3Gee ons elke dag ons daaglikse brood; 4en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.”

Om oor te gesels en dink:
Jesus wys deur Sy voorbeeld vir die dissipels om te te bid en as hulle Hom vra, gee Hy vir hulle die gebed wat ons kan as die “Ons Vader.” Matteus 6 is die ander plek waar die Onse Vader opgeteken is.
Vandag fokus ons op hierdie gebed deur op die twee groot hoofdele van die gebed te fokus: eerstens sê Jesus dat ons tot die Vader moet bid en fokus op Hom en Sy koninkryk. Tweedens, kan ons ons behoeftes voor Hom bring en vra dat Hy ons sal help.
Ons is baie keer geneig om net op ons eie behoeftes te fokus sodat ons gebede klink soos ’n inkopielys.
Ons kan ons gebedstyd verryk deur eers op God te fokus. Oor wie Hy is… Hy is goed, genadig, heilig, getrou en vol liefde. Dan kan ons met vrymoedigheid vra dat Hy in ons behoeftes sal voorsien wat ons nodig het, ons vergewe en ons nie in versoeking laat kom nie.
Bid vandag opnuut weer soos Jesus ons met die Ons Vader leer.

Gebed
Ons Vader, U is God en ek kom buig voor U. Ek wil eers op U fokus vir wie U is. Dankie! Ek bring myself voor U. Leer my om te bid. Amen.

Maandag 14 Februarie

Lukas 11:1
Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.”

Om oor te gesels en dink:
Ons lees hierdie vers maklik mis. Jesus het gereeld gebid. Hy het hom soms afgesonder (Luk 6:12), ander kere was sy dissipels by waar Hy gebid het (Luk 9:18, 11:1). Vandaar dat hulle Jesus vra om hulle te leer om te bid. Ons moet Jesus se voorbeeld volg en ook bid.
Ons almal weet dat ons moet bid, maar bid ons gereeld. Is gebed net vir ’n taak om af te handel en dan gaan ons weer aan? Of leef ons biddend?
Om biddend te leef, beteken om wat ook al in ons dag gebeur of waarmee ons besig is, dit vir God te gee.
Die prentjie vandag is deur Vincent van Gogh geskilder en die titel is: “At eternity’s gate” Wanneer ons bid, het ons toegang by die Vader. Hy hoor ons gebede. As selfs Jesus nodig gehad het om te bid, dan moet ons ook biddend leef.
Gebed is ’n verhouding en nie ’n verpligting. Ons bid omdat ons graag met God wil praat en met Hom ons harte en lewens wil deel.
Raak vandag meer as een keer stil en praat (bid) met die Here.

Gebed
Here, vandag is my gebed om meer te bid. Mag ek Jesus se voorbeeld volg en ’n biddende volgeling van U wees. Amen.

Saterdag 12 Februarie

Johannes 1:50-51
Daarop sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.” Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”

Om oor te gesels en dink:
Jesus verseker sy dissipels dat hul nog groter dinge sal sien! Dat ons God op maniere sal sien en hoor wat ander dalk nie doen nie. Dit is 'n nuwe pad van dissipelskap waarop ons genooi word. Kan jy Hom raaksien? Raak hoor? 

Neem ‘n oomblik van stilte.

In geloof sal ons God raaksien en raakhoor. Ons sal bewus word van God se teenwoordigheid by ons. Hierdie is nie iets gering nie. Nee, om van God se teenwoordigheid bewus te word is groot dinge! En om dit met ander te deel, nes hierdie dissipels waarvan ons gelees het in Johannes 1, is om hul te nooi om hierdie pad van dissipelskap te kom kyk!

Gebed
 Here, soms twyfel ek oor wat ek sien en hoor. Of ek U sien en hoor. Maar in geloof hoor ek U raak, sien ek U raak. Heilige Gees, dankie dat U ook met my werk. Gebruik my sodat ander ook kan kom kyk! Amen.

Vrydag 11 Februarie

Johannes 1:47-49
Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.” Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.” Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!"

Om oor te gesels en dink:
Natanael besef wie Jesus werklik is in hierdie oomblik. Hy roep sommer net daar sy belydenis uit. ń Diep bewuswording dat Jesus die Een is wat hy ook moet volg, naamlik sy Rabbi. Tweedens bely Natanael dat Jesus die Seun van God is. En derdens bely hy dat Jesus die Koning is. Hierdie omkeer moment en belydenis is om van fees te vier! Dat Jesus ons Koning is, is ook genoeg rede om fees te vier!

Neem 'n oomblik van stilte.

Vandag word jy nes Filippus en Natanael genooi om te Kom kyk, kom bly, kom volg, gaan deel en fees te vier!

As gelowiges vier ons gereeld fees, want Jesus is die Koning. Ons doen dit op verskeie maniere. Kan jy vandag aan so geleentheid dink?

Ons vier veral fees wanneer ons saam Nagmaal vier. Wat in opsigself, nes Natanael, ń belydende oomblik is. Jesus is ons Rabbi, Seun van God en Koning.

Gebed
Here Jesus, U is die Koning van my lewe. Dit is nie ń straf om U te dien nie, selfs nie wanneer dit moeilik gaan nie. Help my om raak te sien dat ek vandag genooi word om fees te vier - want U is die Koning van die heelal en my lewe. Amen.

Donderdag 10 Februarie

Johannes 1:44-46
“Filippus was van Betsaida afkomstig, van dieselfde dorp as Andreas en Petrus. Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.” Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord.”

Om oor te gesels en dink:
Filippus is een van die dissipels wat Jesus volg en hy is ‘n uitnemende getuie. Hy kan nie anders om te vertel dat hy Jesus ontmoet nie. Sy geloof het as’t ware uitgelek en hy kon dit nie vir homself hou nie. Ons kan by Filippus leer want party maal is ons geloof ons bes bewaarde geheim. Ons praat met niemand oor ons geloof nie.
Selfs nadat Natanael twyfel of dit wat Filippus sê waar kan wees, nooi hy hom om self te kom kyk. Hy probeer hom nie oortuig nie, maar neem hom na Jesus toe om self te gaan kyk.
Ons kan steeds vandag mense vertel en hulle nooi om na Jesus te gaan.
Sien jy kans om vandag jou geloof met iemand te deel deur vir iemand diensbaar te wees.
Soos Fransikus van Assisi gesê het: Getuig orals en net as dit nodig is, gebruik woorde. Selfs met die kleinste gebaar kan jy vandag iemand se lewe aanraak.

Gebed
Here, help my om geloof te laat uitlek en oorspoel in die mense om my. Mag ek vandag vir iemand iets doen wat van U liefde getuig. Amen.

Woensdag 9 Februarie

Johannes 1:43

Die volgende dag het Jesus besluit om na Galilea toe te gaan. Hy kry toe vir Filippus en sê vir hom: “Volg My!”

Om oor te gesels of te dink:
Ander Rabbi's het daarop gefokus om mense die wet van Moses te leer, maar Jesus vra iets meer. Hy vra sy dissipels om saam met Hom en naby aan Hom te beweeg. Om te leer wat Jesus doen deur dit saam met Hom te doen. Om Jesus te volg beteken om so inpas met sy ritme te wees dat ons wandel en beweeg waar Jesus doen.

Neem 'n oomblik van stilte

Waar beweeg God in jou daaglikse wêreld? En hoe word jy vandag opnuut uitgenooi om Jesus daar te volg?

Dit is nie maklik nie. Dit vra meer van ons as om net op ons eie stiltetyd te hou. Dit vra dat ons letterlik ons lyf sal skuif. Ons kan eintlik onsself daagliks afvra waarmee is God vandag in ons konteks besig en hoe kan ons daarby aansluit. Hoe kan ek Jesus vandag so in my wêreld volg dat ander God kan beleef?

Gebed
Here, my gebed is vandag eenvoud, maar as ek eerlik is dan mag ek dalk versigtig wees om dit te bid. Here, wys my vandag waar U in my wêreld wandel en besig is. Heilige Gees, help my om te beweeg en U te volg. Wys my hoe ek kan aansluit by dit wat U reeds besig is. Amen

Dinsdag 8 Februarie

Maandag 7 Februarie

Johannes 1:35-39
Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, met twee van sy volgelinge by hom. Toe Jesus verbyloop, het Johannes stip na Hom gekyk en gesê: “Dáár is die Lam van God!” Die twee het hom dit hoor sê en hulle het Jesus gevolg. Toe Jesus omkyk en sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: “Wat soek julle?” en hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – dit beteken leermeester – “waar gaan U tuis?” Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.”

Om oor te gesels of te dink:
In die teks begin twee volgelinge Jesus letterlik volg. Jesus vra hulle 'n vreemde vraag: "Wat soek julle?" Nie die reaksie wat 'n mens sou verwag nie. In 'n mate word hul verwagting getoets. Hoekom wil hulle Jesus volg? Wat sou jou rou en eerlike antwoord vandag gewees het op dieselfde vraag? "Wat soek jy?"

Neem 'n oomblik van stilte.

Het jou redes waarom jy Jesus volg oor die jare verander? Hoekom dink jy so? 

In hierdie teks is hulle antwoord weer 'n teenvraag - "Waar gaan U tuis?". Interessante rede, maar dit was ook gepas, want dit lei tot Jesus se uitnodiging om te kom kyk waar Hy bly. 'n Uitnodiging om nader te kom en meer van Jesus te leer. 

Kan jy vandag jou verwagtinge, begeertes en alles wat jy dink jy van Jesus nodig het, opsy skuif en vir Jesus sê jy wil Hom van nader leer ken.  

Gebed
Here, ek wil graag sien waar U aan die werk is. Lei my hart en gedagtes daarheen vandag. Heilige Gees, mag ek vandag verras word om te ontdek waar U beweeg. Help my om te beweeg in navolging en as volgeling. En Jesus, ek wil graag sien, ek wil kom kyk waar U wandel. In U naam alleen. Amen

Saterdag 5 Februarie

Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 10
10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons sien in vandag se vers waarvoor Jeremia geroep was. Die boodskap wat hy na sy eie mense moes neem was een van “afbreek”, “uitroei”, “vernietig” en “platslaan”. Dit heet swaar op Jeremia se hart gerus. Eerstens omdat dit sy eie hart gebreek het oor wat met God se volk sou gebeur. En tweedens omdat sy eie mense hom sou wegstoot. Is jou roeping vir jou ook swaar om te dra? Is dit iets wat jy moeilik vind om uit te leef? Voel dit soos ‘n las? Deel jou hart met die Here.
  • Wees eerlik oor die redes waarom jou roeping vir jou moeilik is, maklik is, jou bekommer, jou jou opgewonde maak, jou laat huiwer, jou terughou, jou opgewonde maak en jou dalk laat voel asof jy baie belangrik is. Dit is belangrik dat jy eerlik met die Here kan wees oor wat in jou hart heers.
  • Die tweede deel van Jeremia se roeping was ook om vir die volk ‘n boodskap van “opbou” en “vestig” te gee. Dit is ‘n boodskap van herstel na die seer. ‘n Boodskap van Hoop. God los nie Sy mense in ellende nie. Wat is die Hoop wat die Here vir jou bied as dit kom by jou eie roeping?

Gebed:
Heilige Gees,
U ken my hart. U verstaan my diepste begeertes en behoeftes, en U ken ook elke voorneme wat ek het. U ken my beter as wat ek myself ken. Ek kan nêrens gaan om van U teenwoordigheid te ontvlug nie, en ek kan niks vir U wegsteek nie!
Dis hoekom ek, op hierdie oomblik, vra dat U aan my u Goddelike wysheid en leiding sal gee.
Ek weet nie altyd waarvoor om te bid nie. My siel is tam en ek is moeg. Ek bekommer my dikwels of ek die regte besluit neem, want ek wil ‘n lewe lei wat U eer.
Al voel dit of ek nie vorentoe kan beweeg of sien wat wag nie, sien U my. U ken my ook. Lei my dus asseblief. Wys my die paaie wat na oorvloedige lewe lei, en oortuig my wanneer ek in die versoeking kom om van U af te dwaal.
Terwyl U my lei, herstel my ook. Ek sal te alle tye op U hoop, want U ken alle dinge, en by U bly ek behoue. U is my krag in tye van nood en U het my verlossing geword.
Hou my dus naby U, Here, en leer my hoe om waardig te wandel volgens die roeping wat U my gegee het. Rig my treë terwyl U oor my lewe die wag hou, want ek wil U verheerlik.
In die Naam van Jesus,
Amen.

Vrydag 4 Februarie

Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 8
_ 8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red._

Om oor te gesels of te dink:

  • Wanneer ons kinders bang is, is die beste versekering wat ons kan bied dat ons by hulle is. Ons sien hierdie voorbeeld by God. Wanneer ons verskoning bied en ons tekortkominge bely, verseker God ons dat ons nie hoef te vrees nie, want ons is nie alleen nie. Hy is elke oomblik by ons. Hy gee nie vir ons ‘n taak om in ons eie krag te doen nie. Jesus versterk hierdie gedagte toe hy by sy Hemelvaart gesê het Hy is by ons tot die einde van tyd.
  • Is daar tye wat jy alleen voel? Is daar tye wat jy vergeet dat God met jou is? Is daar oomblikke wat jy wonder of God tot jou redding sal verskyn in die omstandighede wat jy jouself bevind? Is dit omdat jy glo God is nie in staat nie? Of omdat jy jouself isoleer van God sodat jy nie seer gaan kry en nie op Hom hoef te vertrou nie? Ondersoek jou hart en deel dit met die Here.
  • Hoe sou jou lewe lyk as jy oortuig is God is altyd met jou en Hy sal jou altyd uit alle situasies red. As jy nooit daarin getwyfel het nie? Hoe sou dit wees as jy vas geglo het God is altyd teenwoordig om jou gebede te hoor en te antwoord, sonder om te wonder of Hy doen? Sou jou geloofslewe enigsins anders gelyk het? Wat keer jou om so te glo?

Gebed:
Here ek dank U dat my hulp van U af kom. U is die Skepper van hemel en aarde, en U is die ontwerper van my lewe en my familie. Help asseblief my familie om U te eer en U te verheerlik in alles wat ons doen. Help ons om lewens te lei wat elke dag vir U aangenaam is.
Amen.

Donderdag 3 Februarie

Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 6
6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”.

Om oor te gesels of te dink:

  • Deel van enige proses van aanvaarding is dat ons moet onderhandel, selfs ontken. Ons eerste reaksie wanneer ons hoor ons is geroep vir ‘n taak is om verskoning te bied. Moses het dit gedoen, Jeremia doen dit. Ons doen dit ook. Wat is jou gunsteling verskoning? Nie bevoegd genoeg nie? Nie die regte tyd nie? Nie genoeg geld nie? Wat is jou verskoning? Deel met die Here? Waarom sal God jou roep as Hy dink jou verskoning is goed genoeg?
  • In elke gesprek oor roeping hoor God die verskoning, gee God oplossings daarvoor en stel hy die een wat hy roep gerus. Wat het jy nodig om gerus te voel oor jou roeping?
  • Wat sou gebeur as jy vandag jou roeping sou begin leef, asof God reeds jou verskoning uit die weg geruim het en aandag aan gegee het? Asof God reeds jou bemagtig het en jou versterk het? Wat sou gebeur as jy vandag jou roeping sou leef soos God se geroepte?

Gebed:
Vader, ek moet erken dat ek ’n redelike groot arsenaal van verskonings het om nie te doen wat U van my verwag nie. Help my, Here, want ek wil graag my roeping gaan uitleef daar buite. Daar is so baie mense wat U liefde nodig het.
Amen

Woensdag 2 Februarie

Jeremia 1:4-10
4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
7Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. 8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het.
9Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.
10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons sien in die gedeelte van Jeremia dat God met hom praat. Wanneer God hom roep is daar ‘n gesprek. Dit is nie ‘n opdrag wat net uitgevoer moet word nie. Daar is geleentheid om jou hart te deel met die Here. Jou kommer en jou vrees te deel. Jou hart voor die Here neer te sit en eerlik te mag wees. Jeremia kry geleentheid om eerlik, broos en oorweldig voor die Here te kan staan. Dit is die wonder van gebed. Hoe lyk jou gebed? Is dit ook so weerloos en eerlik? Waarom of waarom nie? Is daar enige iets wat jou keer om meer te deel?
  • Wanneer Jeremia eerlik sy bekommernisse deel, spreek God sy bekommernisse aan en bemagtig hom. God neem die swakhede weg en versterk. Is daar geleenthede waar jy gedink het jy het swakhede, waar God jou eintlik kom wys het, dit is presies wat Hy nodig het om te wys hoe groot Hy is?
  • Waar in jou lewe kan jy tekens sien dat God juis jou gebruik omdat jy, jy is? Hoe is jy voorberei, toegerus en gelei om die situasies in jou lewe, die mense in jou lewe en die werk van die Here te kan doen wat jy nou kan doen?

Gebed:
Here help ons om gestalte te gee aan U liefde en aan U liggaam, sodat hulle vir Jesus Christus, die lewendige God in ons lewens kan sien.
In Jesus naam.
Amen.

Dinsdag 1 Februarie

Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 5
5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

Om oor te gesels of te dink:

  • Hierdie gedeelte herinner sterk ook aan Psalm 139. Wat maak jou uniek jy? Waarvoor kan jy God dank, wat jou, jou maak? Ontdek iets mooi in hoe God jou geskep het vandag.
  • In die gedeelte sê God vir Jeremia dat Hy hom GEKEN het, GEVORM is, GEWY is en AANGESTEL is met ‘n spesifieke doel en roeping. God het dit in Jeremia se DNA en hart in beplan van die begin af. Wat dink jy het God so in jou in geplant van die begin af? Wat dryf jou, definieer jou, dryf jou?
  • Indien daar nie antwoorde is nie, vra dat God vir jou begin wys waarvoor jy gemaak is. Hoe KEN God jou? Waarvoor is jy GEVORM? Waarvoor is jy GEWY? Waarvoor is jy GEWY? En vra dat God vir jou antwoorde sal gee op maniere wat jy sal verstaan.
  • Prys God vir die manier waarop God jou geskep het en vir dit wat Hy met jou lewe beplan!

Gebed:
Here, ek dank U vandag vir wie U is, vir wat U doen en vir wat U alles vir my beteken.
U is my skuilplek, my rusplek, my woning. Ek vind rus in U liefde, U genade, U barmhartigheid; ek vind rus in U grootheid, U heerlikheid, U goedheid.
Ek vind rus in U voorsiening, U doel, U planne; ek vind rus in U wysheid, U weë, U woorde; ek vind rus in U regverdigheid, U heerskappy.
Ek vind rus in U aard, U karakter, U majesteit. Here, ek dank U dat U groter is as my begrip van U,
Amen. (Roy Lessin)

Maandag 31 Januarie

Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 4
4Die woord van die Here het tot my gekom:

Om oor te gesels of te dink:

  • Die Woord van die Here is magtig. God spreek met Woord en daar word geskep uit niks uit. Woord is kreatief. Wat is jou gunsteling gedeelte van dit wat God deur Woord geskep het? Wat is vir jou die belangrikste aspek van wat Woord op aarde kom doen het?
  • Die Woord van die Here kom na Jeremia. Dit is kragtig. Dit kom skep vir Jeremia kragtig ‘n doel vir sy lewenspad. Dit skep kreatief vir hom ‘n realiteit. Dit is ‘n tasbare ervaring wat Jeremia beleef. Daar is nie twyfel by Jeremia dat God met hom ‘n ontmoeting gehad het nie. Het jy al so ‘n belewenis gehad? Wat is jou ervaring van ‘n ontmoeting met die lewende Here?
  • Wat het God vir jou kom skep in jou hart? Hoe lyk jou roeping vir jou lewenspad? Beleef jy ‘n klein stemmetjie of ‘n hard stem wat jou aanmoedig tot dit waarvoor jy gemaak is? Deel jou hart met die Here. Vra dat die Here vir jou meer helderheid oor jou roeping sal gee.
  • Indien nodig. Vra dat God vir jou Geloofsfamilie vriende sal wys wat saam met jou kan bid en jou kan ondersteun in jou soeke na jou roeping.

Gebed:
Here God,
wanneer u Woord tot ons kom,
steek tog u hand uit om aan te raak:
ons ore
ons oë
ons harte
ons hande
ons monde.
Laat u Woord tog na ons toe kom.
Amen

Saterdag 29 Januarie

1 Korintiërs 3:5-9
“Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God.”

Om oor te gesels en dink:
Paulus gebruik ook die beeld van ‘n saailand as hy vir die gemeente in Korinte skryf. Hy beklemtoon’n belangrike punt: God is die Een wat laat groei. Hy wat Paulus is doen net die Here se werk. Daar is verskillende mense wat help dat groei plaasvind, maar dit is God wat laat groei. Niemand is belangriker as ‘n ander nie en staan op gelyke voet.
Ons het die week uit Lukas 8 gesien dat die saad (Woord van God) op verskillende plek val. As gelowiges moet ons keuses maak om die saad tot sy volle reg te laat kom om ’n oes te lewer. Ons is nie alleen nie.
Wie is daar in jou lewe wat jou help om te groei?
Dalk ’n ma, pa, familielid, vriend, onderwyser of predikant wat jou help om te groei? Wil jy nie vandag vir daardie persoon dankie sê vir die rol wat hy of sy in jou lewe speel nie.
Wie help jy om te groei?

Gebed
Here, dankie dat U mense gebruik om my te laat groei, maar bowenal dat U die Een is wat my laat groei. Dankie vir U Woord. Help my om te groei. Amen.

Vrydag 28 Januarie

Lukas 8:8, 15
8Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer.” Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”
15Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”

Om oor te gesels en dink:
Die gelykenis vertel van ’n vierde plek waar die saad val. Die saad wat in die goeie grond val lewer ’n honderdvoudige oes op. Dit is die ideaal waarmee Jesus sy volgelinge aanmoedig. Dit is om die Woord van die Here te hoor en diep daardeur geraak te word en dit dan prakties toe te pas in jou lewe.
’n Goeie en opregte hart is nodig om die Woord te kan aanvaar, daarom moet ons moeite doen deur tyd in die Woord te spandeer.
Lukas voeg in sy weergawe van die gelykenis die woorde “en deur volharding vrug dra” wat beteken dat dit nie altyd maklik is en baie van ons vra. Groei gebeur nie vanselfsprekend nie. Maar wanneer ons in gehoorsaamheid fokus op die Woord en doen wat dit sê, leef ons ’n vrugbare lewe tot voordeel van ander. Die woord wat vir volharding gebruik word, lees ons ook in Lukas 18:1, waar Jesus ’n gelykenis vertel van die vrou wat by die regter kom vra het om te verduidelik dat ons moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. ’n Vrugbare lewe beteken om toe te laat dat die Here met ons werk en dat ons daarin sal volhard in gebed.

Gebed
Here, ek wil U met ’n goeie en opregte hart dien en stel myself oop dat U Woord in my lewe vrugbaar sal wees. Mag ek volhard in gebed en in gehoorsaamheid doen wat U van my vra. Amen.

Donderdag 27 Januarie

Lukas 8:7, 14
7Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik.
14Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Jesus se gelykenis spreek ‘n derde reaksie op die woord van God aan. Soos wat saad tussen onkruid val en deur die onkruid verdring kan word, so kan die sorge van die lewe maak dat ons nie groei nie. Nie alleen is dit ons bekommernisse nie, maar ook die soeke na rykdom en plesier wat ons lewens kan verdring. Geloof en groei word dan ‘n bysaak.
Jesus herinner ons om nie heeltyd bekommerd te wees nie. Ons moet dit wat ons pla vir Hom gee, anders fokus ons net op ons probleme. (Die woord wat hier vir bekommernisse gebruik word, is dieselfde as in Lukas 10:41, as Jesus vir Martha sê dat sy haar nie so onnodig moet bekommer nie).
Laat ons eerder op Hom en Sy Woord fokus.

  • Waaroor is jy vandag bekommerd?
  • Gee dit vir die Here en vra dat Hy jou sal help om Hom te vertrou.

Gebed
Here, ek raak soms so besig met die lewe en bekommer my oor alles, dat ek U mis. Help my om dit wat my geloof bedreig vir U te gee en U daarmee te vertrou. Amen.

Woensdag 26 Januarie

Lukas 8:6, 13
“6'n Ander deel het op 'n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
13Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op.”

Om oor te gesels en dink:
Die gelykenis van die saaier vertel van ‘n tweede plek waar die saad val. As dit tussen klippe val, is dit soos mense wat die boodskap van God hoor en daaroor opgewonde is, totdat hulle dit in hulle lewe moet toepas en dan nie daarvoor kans sien nie. Die Boodskap vertaal hierdie vers: “Sodra hulle geloof iets van hulle vra, sodra hulle moet nee sê vir die sonde, is hulle skielik nie meer so opgewonde nie. Dan is hulle sogenaamde nuwe geloof ook daarmee heen.”
‭‭Ons leef ook soms so. Ons word deur ‘n Bybelteks, boodskap of preek geïnspireer, maar skram dan weg as dit iets van ons vra.
Kan jy met hierdie teks vandag identifiseer?
Voel jy dalk soms oorweldig oor dit wat die Here van jou vra?
Die goeie nuus van die evangelie is dat die Here verstaan en dat ons ook dit vir Hom kan gee. Ons is altyd welkom by Hom. Hy is die Lewe-gewende Saaier.

Gebed
Here Jesus, soms is ek ook soos saad wat op die klipbanke val. Ek raak opgewonde oor U Woord, maar as dit swaar gaan, dan wil ek my eie kop volg. Help my om U steeds te vertrou en agter U aan te stap. Amen.

Dinsdag 25 Januarie

Lukas 8:5, 11-12
5“’n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik.
11“Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. 12Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.

Om oor te gesels en dink:
Die gelykenis van die saaier vertel van vier plekke waar die saad (woord van God) val. Ons kan onsself met al vier die plekke identifiseer. Dit gaan ook saam met seisoene in ons lewens.
Ons raak partykeer so gewoond aan die woord dat ons ons nie daaraan steur nie en dit ook gou vergeet. Ons voel ons ken die woord. Ons dink dat ons selfs sonder die woord van God kan leef. Dit is egter nie waar nie. Die Boodskap vertaal hierdie vers so: “Net soos die voëls met die saad gedoen het, kom ‘pik’ die duiwel die goeie saad uit hulle gedagtes uit.”
Ons moet waak dat die woord van God nie op die pad van ons lewens val en geen impak het nie. Ons moet moeite doen om onsself oop te stel dat die woord van God op die regte plek val, sodat dit kan groei.

  • Dink jy dat jy soms die woord van God as vanselfsprekend aanvaar?
  • Glo jy dat die woord van God jou lewe kan verander?

Gebed
Here Jesus, U saai U woord en ek neem dit partykeer so as vanselfsprekend aan dat ek my nie daaraan steur nie. Help my om moeite te doen met U woord en dat ek sal weet U woord gee lewe. Amen.

Maandag 24 Januarie

Lukas 8:5-8, 11
“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik. 'n Ander deel het op 'n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik. Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer.” Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”
‭ “Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God.”

Om oor te gesels en dink:
Jesus gebruik gelykenisse, algemene stories, om vir die mense te vertel wie God is en wat Hy doen. Hier vergelyk Jesus God met ‘n saaier wat saad saai. Die mense verstaan dit nie dadelik nie en dan verduidelik Jesus dit vir hulle dat God die Saaier is en die saad die Woord van God is.
Ons is soms baie gewoond aan die Woord en neem dit as vanselfsprekend aan. Ons moet egter nie te gemaklik raak met die Bybel en God se boodskap dat dit geen impak op ons het nie.
Stel jy jouself oop om elke keer opnuut na God se Woord te luister?
Moenie die geleentheid mis om nuwe skatte in God se Woord te ontdek nie, veral nie met bekende tekste soos hierdie nie. Ons gaan die week by hierdie gelykenis stilstaan en ontdek hoe ons elkeen op verskillende tye soos die verskillende sade is.
Ons begin by die Saaier. Soos saad lewe bring, neem God die inisiatief in genade en gee vir ons lewe. Hy gee Sy Woord om ons lewens te verryk. Ons kan daarop reageer. Sê vir Hom dankie dat Hy altyd na ons toe uitreik en by ons is. Hy saai lewe-gewende saad elke dag.

Gebed
Here Jesus, dankie vir ’n nuwe dag. Dankie dat vir ons U Woord gee om die lewe te ontdek. Dankie dat ons U kan ken. Mag ek vandag U genade opnuut weer ervaar. Amen.

Saterdag 22 Januarie

Jeremia 30:3, 24
3Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander…”
24Daar kom 'n tyd dat julle dit alles sal begryp.

Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week by Jeremia stil gestaan wat die volk bemoedig met beloftes van die Here. Tog kan mens wonder wanneer dit gaan gebeur. Is dit nog vir die Here moontlik om vir ons uitkoms te gee.
As mens Jeremia 30-33 lees word daar ’n paar keer gesê: “Daar kom ’n tyd…” Hierdie woorde herinner ons dat die Here op die regte tyd die uitkoms sal gee. Die Here werk dalk nie soos ons dit wil hê nie, maar Hy is nooit laat nie.
As ons op ons lewens terugkyk kan ons sien hoe die Here telkens Sy beloftes nagekom het en uitkoms gegee het. Ons kan aanhou om Hom te vertrou, selfs al lyk dinge nie goed nie. Kom ons herinner mekaar dat die Here die Een is wat altyd vir ons nog ’n geleentheid gee en vir ons die beste gee. Die Here se tyd is die beste tyd!

Gebed
Here, dankie dat ek kan ontdek dat U tyd die regte tyd is. Help my om U te vertrou en aan U beloftes vas te hou. Amen.

Vrydag 21 Januarie

Jeremia 32:26-27
26Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 27Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?

Om oor te gesels en dink:
Jeremia troos die volk wat op moedverloor se vlakte sit. Hy gebruik hoop-taal om hulle te herinner dat dit nie gaan oor wat ons hoop nie, maar oor die Een in Wie ons hoop. God is ons enigste ware hoop.
Die Here het met Jeremia gepraat om vir die mense te sê dat hulle moet onthou dat Hy die God van alle mense is en daarom is niks vir Hom onmoontlik nie. Saam met die ander beloftes wat die Here gegee het, herinner Hy die mense dat niks vir Hom onmoontlik is nie.
Verder sê die Here dat Hy ook hulle lot sal verander. Die Here gee uitkoms.

  • Wat is dit wat jy vandag vir die Here wil sê?
  • Is daar iets waaroor jy wil bid wat jy dink onmoontlik vir God is?
  • Gee dit vir Hom en vertrou Hom.
  • Weet dat die Here jou hoor en dat jy jou hart kan deel.

Gebed
Here God, ek kom deel vandag my hart met U. Daar is dinge waaroor ek bekommerd is en nie weet nie. U kan my lot verander, want niks is vir U onmoontlik nie. Ek stel my hoop in U. Amen.

Donderdag 20 Januarie

Jeremia 32:38-41
“38Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees. 39Ek sal hulle 'n onverdeelde hart en 'n vaste koers gee: hulle sal My altyd dien vir hulle eie beswil en vir dié van hulle kinders na hulle. 40Ek sal 'n blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie. 41Ek sal dit geniet om goed te doen aan hulle in my trou; met alles wat Ek is, sal Ek hulle weer in dié land vestig.”

Om oor te gesels en dink:
In Jeremia 30-33 lees ons hoe die Here sy volk troos met beloftes. God neem die inisiatief om hulle en ons God te wees. Lees weer hierdie verse en sien die “Ek sal…” raak. Hy gee vir ons ‘n onverdeelde hart en vaste koers. Hy sal ons help om Hom te dien, maar nie net vir onssself nie, ook vir ons kinders. Ons manier van leef het ‘n impak op ons kinders en almal om ons.
Die Here belowe om aan te hou om aan ons goed te doen. Om ’n ontvanger van hierdie seëninge te wees hoef jy dit nie te verdien nie, maar kan jy dit slegs in geloof aanvaar.

  • Glo jy dat hierdie woorde ook vandag vir jou waar is?
  • Waarvoor kan jy vandag vir die Here dankie sê?

Gebed
Here, dankie dat U my God is en dat ek aan U behoort. Ek wil U bly dien met ’n onverdeelde hart. Dankie dat U my op die regte pad lei en dat U vir my goed is. Amen.

Woensdag 19 Januarie

Jeremia 31:21, 23 en 25
“21Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop. Kom terug, Israel, kom terug na jou stede toe.
23So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wanneer Ek hulle lot verander, sal hulle weer in Juda en in sy stede sê: Die Here sal jou seën, regmatige woonplek, heilige berg!
25Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Nog ‘n belofte wat Jeremia vir ons opteken wys God se hart vir ons. Hy roep ons terug. Hy roep die volk terug deur te onthou waar hulle vandaan kom. Maak nie saak hoe ver hulle verdwaal of weggedwaal het nie, kom die belofte dat die Here hulle lot sal verander. Hulle sal die Here se seën ervaar.
As jy vandag hierdie verse lees, dink aan hoe hierdie belofte vir jou waar is. Die Here het jou nog elke keer kom haal en jou gebring waar Hy jou wil hê. Ons kan weet dat die Here ons nooit los nie.
Hiermee saam kom die belofte dat die Here self nuwe krag gee vir dié wat moeg is en moed vir die moedeloses gee. Miskien het jy vandag hierdie belofte nodig?
Sê vir die Here wat jou dalk moeg en moedeloos maak. Vertrou Hom daarmee dat Hy vir jou die krag en moed sal gee vir wat vir jou voorlê.

Gebed
Here God, dankie dat U altyd daar is en vir my lief is. Dankie dat U my nooit los nie. Ek kom gee myself weer vir U en kom bid vir krag en moed vir vandag. Amen.

Dinsdag 18 Januarie

Jeremia 31:31-34
“31Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. 32Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. 33Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. 34’n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.”

Om oor te gesels en dink:
Ons staan by nog ‘n belofte wat Jeremia ontvang, stil. Daar kom ‘n tyd sê die Here dat Hy ‘n nuwe verbond/belofte gaan gee. Dit is God wat weer die inisiatief neem om met sy volk en ons oor te begin. Dis ‘n nuwe verbond waarmee God Hom aan ons verbind. Hy sal Sy woord op ons harte skryf en dit in ons gedagtes vaslê. Die wet is nie meer op kliptafels nie, maar in ons harte en vestig ‘n intieme verhouding met Hom. Hy is die Een wat Sy woorde aan ons bekend maak soos ons tyd saam met Hom spandeer.
Ons moet moeite doen om Sy Woord, die Bybel, te lees sodat ons Hom kan ontmoet en dat Sy gedagtes ons gedagtes word.
Wanneer ons so in afhanklikheid leef, ervaar ons hierdie beloftes. Ons kan met vrymoedigheid leef want ons leef uit God se vergifnis omdat Hy ons oortredings vergewe en nie meer aan ons sondes dink nie.

Gebed
Here God, dankie dat U altyd weer oorbegin en die inisiatief neem. Kom skryf U Woord op my hart en gedagtes, sodat ek U beter leer ken. Mag ek vandag U liefde opnuut beleef. Amen.

Maandag 17 Januarie

Jeremia 29:11-14
“11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! 12Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. 13Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. 14Julle sal My ontmoet, sê die Here”

Om oor te gesels en dink:
So aan die begin van die jaar wens ons mekaar steeds ’n voorspoedige jaar toe. Ons dink dat alles net altyd moet goed gaan. Jer. 29:11 is een van die bekendste verse in die Bybel wat aangehaal word. Tog moet ons verder lees aan die belofte wat die Here vir die volk in moeilike omstandighede gee.
Die Here sê dat ons Hom moet aanroep en bid. Hy sal ons gebede verhoor. Ons moet met ons hele hart na Sy wil vra en die Here sal ons ontmoet. ’n Besondere belofte! ’n Ontmoeting met die lewende Here.
Ons neem dit as vanselfsprekend aan, maar Jeremia roep ons op om bewustelik die Here aan te roep, waar ons ook al is en wat ons ook al doen. Raak vandag stil en praat met die Here. Weet dat Hy jou ontmoet!
Met hierdie belofte, gee die Here vir ons ’n toekoms, ’n verwagting.

Gebed
Here God, ek kom roep U aan en bid tot U. Ek wil graag U wil ken. Dankie dat U my ontmoet waar ek is. Ek kom gee vandag en hierdie jaar vir U. Mag ek aan hierdie belofte vashou! Amen.

Saterdag 15 Januarie

Markus 2:13-17
_ 13Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. 14Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. 15Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. 16Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” 17Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”_

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus is baie gemaklik by mense van wie die wêreld nie hou nie. Hy is nie bang om tyd saam met hulle te spandeer nie. Is daar mense in jou wêreld wat jy moeilik vind om van te hou? Hoe laat dit jou voel om te weet dat Jesus van hulle sou hou en by hulle tyd sou spandeer? Hoe kan jy, met gesonde grense, tyd maak vir hierdie mense? Vra dat die Here vir jou wysheid gee en hier lei.
  • Watter dele van jouself hou jy nie baie van nie? Hoe laat dit jou voel om te weet dat Jesus maklik met daardie dele ook sou wou tyd spandeer? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, dankie dat U ‘n hart het vir die wat nie gewild is in die oë van die samelewing nie. Dankie dat U ook ‘n hart het vir my.
Here, daar is soveel waarmee ek steeds sukkel in die manier waarop ek U volg. Daar is soveel waarmee ek sukkel wanneer ek die wêreld en mense om my nader.
Here, help my asseblief.
Amen.

Vrydag 14 Januarie

Markus 2:1-12
1Toe Jesus ná 'n paar dae weer in Kapernaum kom, het dit bekend geword dat Hy by die huis is. 2Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor sy boodskap te praat. 3Daar kom toe mense wat 'n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom gedra. 4Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle 'n opening in die dak gemaak het, laat hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelê het, daardeur afsak. 5Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, jou sondes word vergewe!” 6Maar sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en hulle afgevra: 7“Waarom sê hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?” 8Jesus het dadelik geweet dat hulle by hulleself so redeneer. Hy sê toe vir hulle: “Wat redeneer julle by julleself hieroor? 9Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: ‘Jou sondes word vergewe’, of om te sê: ‘Staan op, vat jou draagbaar en loop’? 10Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: 11“Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” 12Hy het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat en voor die oë van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas en het hulle God geprys en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”

Om oor te gesels of te dink:

  • Terwyl al die mense opgewonde is oor Jesus se dade en God daarvoor eer, is dit die Skrifgeleerdes wat daardeur geïntimideerd is. Ons sien later in die Paas gebeure dat hulle verantwoordelik is vir Jesus se dood. Hulle het nie gerus totdat hulle wees herstel is as die outoriteit as dit kom by geloofsake nie. Waarom dink jy is dit so moeilik vir die Skrifgeleerdes om Jesus te aanvaar as die een wat God gestuur het? Waarom vrees hulle Hom? Waarom is hulle in opstand teen Hom?
  • Is daar dinge, mense en situasies wat jy self ook vrees? Is daar dinge, mense en situasies waarteen jy ook in opstand kom? Wil God jou dalk iets leer deur hierdie mense, dinge en situasies? Vra dat die Here vir jou wysheid gee en leiding bied hier. Meer van God se wil en minder van jou eie.
  • Dink na oor die teenspoed wat jy as volgeling van Jesus beleef. Wat is vir jou swaar? Hoe hanteer jy dit? Hoe hou jy aan om Jesus te volg self al is mense, dinge en situasies teen jou gekant?

Gebed:
Here, ek bid vandag vir meer deernis.
Here, ek bid vandag vir meer liefde.
Here, ek bid vandag vir meer genade.
Amen.

Donderdag 13 Januarie

Markus 1:40-45
40Daar kom toe 'n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: “As U wil, kan U my gesond maak.” 41Jesus het hom jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Hy sê toe vir hom: “Ek wil. Word gesond!” 42Sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn en hy het gesond geword. 43Jesus het hom dadelik weggestuur, nadat Hy hom ernstig aangespreek 44en vir hom gesê het: “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offers vir jou reiniging wat Moses voorgeskrywe het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” 45Hy het egter gegaan en dit wyd en syd begin verkondig en dit oral geloop en vertel. Daarom kon Jesus nie meer openlik in 'n dorp kom nie en het Hy gewoonlik buite in die oop veld gebly. Tog het die mense van alle kante af na Hom toe gekom.

Om oor te gesels of te dink:

  • Een van die grootste wonde wat ons met ons kan saam dra is die van ‘n spirituele wond. Een van die redes waarom ons spiritueel so diep gewond word is dat ons glo ons onbelangrik. In die gedeelte sien ons hoe Jesus tyd maak vir iemand wat volgens die mense van sy tyd onbelangrik was. Hoe Jesus hom jammer kry, maar hoe die woord wat gebruik word eintlik beteken dat Jesus diep meegevoel vir hom gehad het. Hoe Jesus hom aanraak, wat volgens die tyd en samelewing nie gepas was nie. Hoe Jesus hom wil genees. Hoe Jesus vir hom tyd het en dink hy is belangrik.
  • Is daar so ‘n spirituele wond by jou? Voel jy onbelangrik? Voel jy asof jy nie waarde by dra tot jou nabye mense of die samelewing nie? Het ander mense al bygedra tot jou gevoel oor dit wat hulle gesê of gedoen het? Deel jou hart met die Here.
  • Is daar mense om jou wat ook onbelangrik voel? Sien jy hulle raak? Kan jy help om hulle anders te laat voel deur hulle raak te sien en hulle van jou tyd te gee? Vra dat die Here jou vandag wys wie jou tyd en aandag nodig het.

Gebed:
Liewe Jesus, help my om U geur te versprei oral waar ek gaan. Oorstroom my siel met U gees en liefde. Penetreer en besit my hele wese so heeltemal dat my hele lewe net 'n uitstraling van U mag wees. Skyn deur my en wees so in my dat elke siel waarmee ek in aanraking kom, U teenwoordigheid in my siel kan voel. Laat hulle opkyk en nie meer my sien nie, maar net Jesus. Bly by my en dan sal ek begin skyn soos U skyn, om so te skyn as om 'n lig vir ander te wees.
Amen. (Moeder Theresa)

Woensdag 12 Januarie

Markus 1:29-39
29Toe die mense uit die sinagoge kom, het hulle saam met Jakobus en Johannes reguit na die huis van Simon en Andreas toe gegaan. 30Die skoonmoeder van Simon het daar met 'n hoë koors siek gelê, en hulle het Hom dadelik van haar vertel. 31Hy het na haar toe gegaan, haar hand gevat en haar regop gehelp. Toe het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.
32Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. 33Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. 34Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is. 35Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid. 36Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, 37en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.” 38Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.” 39Hy het toe gegaan en dwarsdeur Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uitgedrywe.

Om oor te gesels of te dink:

  • Toe Simeon se skoonma gesond gemaak is, doen sy wat Jesus doen. Sy begin dien. Sy word ‘n volgeling wat Jesus se voorbeeld volg. Wanneer ons genesing ontvang het, begin ons meer van Jesus reflekteer. Dit kom van nature dat ons soos Jesus wil begin optree. Op watter maniere dien jy die mense om jou, vanuit jou liefde vir Jesus? Hoeveel daarvan is om dat jy MOET en hoeveel is omdat jy KAN? Deel jou hart met die Here.
  • Dit is belangrik om te wys dat die wat nog nie genees is nie, nie in staat is daar toe om te dien nie. Daar is nie veel wat hulle vir ander kan bied terwyl hulle self nog in nood is nie. Jesus vra nie dat hulle eers bewys moet lewer van hulle gewilligheid om Hom te dien voor Hy genees nie. Hy genees en weet die dien sal volg. Is daar areas in jou lewe waar jy nog nie genees is nie? Waar jy steeds Jesus se genesing benodig? Verwag jy van jouself om te dien terwyl jy eintlik nodig het om Jesus se genesing te moet ontvang? Deel jou hart met die Here.
  • Weer ‘n keer wys die gedeelte Jesus se ritme van dien en rus in die Here. Hoe lyk jou ritme van dien en rus? Waarvan het jy tans meer nodig?

Gebed:
Here, dankie dat U die geneser is wat alles genees.
Here, dankie dat U waardig is van ons diens en aanbidding.
Here, dankie dat ons by U kan stilword en vir U kan werk.
Amen.

Dinsdag 11 Januarie

Markus 1:21-28
_ 21Hulle het in Kapernaum gekom. Toe die sabbatdag aanbreek, het Jesus reguit na die sinagoge toe gegaan en die mense daar begin leer. 22Hulle was verstom oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. 23Op daardie oomblik was daar in hulle sinagoge 'n man wat van 'n onrein gees besete was. Hy het uitgeskreeu: 24“Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God!” 25Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit.” 26Die onrein gees het die man stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en toe uit hom uitgegaan. 27Almal was so verbaas dat hulle onder mekaar geredeneer en gesê het: “Wat gaan hier aan? Dit is 'n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die onrein geeste, en hulle gehoorsaam hom.” 28En dit was nie lank nie of daar is in Galilea oral in die hele omgewing oor Hom gepraat._

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus deel die goeie nuus nie net in wat Hy sê nie, maar ook in wat Hy doen. Vandag se gedeelte wys vir ons hoe Sy boodskap met wysheid en waagmoed die gewone mense aanraak omdat deurdrenk is met die gevoel van outoriteit. Nie net vir hulle eie lewens nie, maar ook omdat die vyand onderdanig is aan Sy opdrag.
  • Het jou woorde en dade ook dieselfde gevoel van outoriteit? Is daar ‘n egtheid in hoe jy optree, met mense handel en praat? Kan hulle God se roeping in jou lewe gewaar? Waarom of waarom nie? Deel jou hart met die Here. Wat is steeds nodig om dit te kan doen?
  • Waarom was die mense so beïndruk met Jesus? Hoe staan dit uit in jou lewe? Hoe skyn dit deur? Indien jy nie weet nie, vra vir jou gesin. Dalk is dit nodig dat jy vir God vra om aan iets spesifiek te werk in die tyd wat kom.

Gebed:
Here, dankie dat U nog altyd met waarheid en outoriteit na die wêreld gekom het. Dankie dat U dit met soveel genade en liefde beoefen.
Here, wanneer die vyand in my lewe sy kop wys, vra ek dat U hom sal aanspreek en verwyder. Wys my waar ek verkeerdelik vir hom toegang gee, en help my om teen die versoeking sterk te staan.
Here, ek wil U naam groot maak, U eer en U erken as die Koning van my lewe. Daar is geen ander.
Amen.

Maandag 10 Januarie

Markus 1:14-20
14Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. 15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”
16Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 17Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” 18Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg. 19Toe Hy 'n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, 20en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.

Om oor te gesels of te dink:

  • Na Jesus se doop is Hy bekend gemaak as God se geliefde Seun. Hy verkondig dat die goeie nuus nou reeds aangebreek het. God wys hoe ware meegevoel en liefde onder die mensdom lyk. Jesus benodig ook hulp met die taak en Hy roep mense om Hom te volg.
  • Ek wonder oor hoe Jesus se persoonlikheid moes uitstraal om die dissipels te oortuig binne sekondes. Nie net te oortuig dat wat Hy hulle voor uitnooi die moeite werd is nie, maar ook dat hulle alles los wat bekend is en Hom volg. Was jy al ooit so oortuig van ‘n saak dat jy alles los en jou lewe verander daarvoor? Wat het jou oortuig? Indien nie, wat sou jy nodig hê om oortuig te word? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom het Jesus hulp nodig gehad met die taak waarvoor Hy geroep was? Waarom sou Hy dit nie alleen kon doen nie? Soms doen Jesus dinge, nie ter wille van Homself nie maar vir die mense wat aan Hom toevertrou is. As Hy hulle nie in die reis saam met Hom geneem het nie, sou hulle lewens nie verander geword het nie. Hulle sou steeds hardkoppig gewees het en die punt van die gelowige lewe misgeloop het. Hoe nooi Jesus jou uit vir ‘n reis, wat jy self nodig het? Waar is God besig om in jou lewe tans te werk?

Gebed:
Here, dankie dat U ons uitnooi vir die reis van gelowige wees. Dit is nie altyd ‘n maklike pad nie. Dit is wel, altyd die moeite werd.
Here, dankie dat U soveel geduld met my het, terwyl dit my soms so lank neem om te leer. U genade vir my, oorweldig my.
Here, dankie dat U steeds vandag met my is. Dit bemoedig my, troos my en versterk my.
Amen.

Saterdag 8 Januarie

Lukas 2:16-21
_ 22Hierna het Jesus en sy dissipels na die platteland van Judea toe gegaan. Hulle het 'n rukkie daar gebly en mense gedoop. 23Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop. 24Johannes was nog nie in die tronk gesit nie. 25Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en 'n Jood 'n woordewisseling ontstaan oor die reiniging. 26Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.” 27Johannes het hulle geantwoord: “Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. 28Julle is self my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’ 29Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. 30Hy moet meer word en ek minder._

Om oor te gesels of te dink:

  • In hierdie gedeelte kan ons sien hoe ons menslike ego’s na vore kom. Die veronderstelling van Johannes se dissipels en die Jood is dat Johannes verontwaardig gaan wees, dat die man wat Johannes gedoop het, nou self mense doop. Johannes se antwoord vang hulle egter onkant. Johannes beklemtoon dat dit so moet wees. Hy herinner hulle, en dalk ook homself dat die “eie ek” minder moet word en Jesus meer en meer moet word.
  • Was daar al ooit geleenthede in jou lewe waar jy gedink het jy staan op vir wat reg is, wat jy is seker God sou hier verontwaardig wees? Was jy al ooit oortuig dat jy die Here moet beskerm of verdedig? Hoeveel van daardie geleentheid was werklik oor die Here, en hoeveel van dit het nie dalk ook die ego probeer beskerm nie? Wees eerlik wanneer jy by die Here sit met hierdie gevalle.
  • Die Here is groot en magtig. Hy kan en sal vir Homself opstaan en verdedig sou dit so nodig wees. Hy het nie nodig dat ons Sy gevegte veg nie. Glo jy dat God Homself kan openbaar en bekend maak soos en wanneer Hy wil in situasies waar dit lyk asof die vyand triomfeer? Is daar enige iets in hierdie vrae wat jou ongemaklik maak of ander emosie wek? Deel dit met die Here. Waarom is daar ‘n reaksie?
  • Johannes verduidelik vir sy dissipels dat die mag om enige van God se werk te doen van die Here self kom en dat ons juis moet verheug wanneer God teenwoordig is, besig is om Sy werk te doen. Waarvoor ons opgeroep word in om dit te doen wat Hy ons voor roep, in verhouding met Hom te wees, en altyd terug te verwys na Hom deur Sy naam te eer. Hoe doen jy dit by die huis, die werk en waar jy leef?

Gebed:
Here, meer van U en minder van myself.
Amen.

Vrydag 7 Januarie

Lukas 5:12-16
12Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy 'n man teë wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” 13Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. 14Toe gee Jesus hom opdrag: “Moet dit aan niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring offers vir jou reiniging soos Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” 15Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. 16Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.

Om oor te gesels of te dink:

  • Stel jouself voor jy loop saam met Jesus en Sy nuwe dissipels. Skielik is daar hierdie vuil, sieklike melaatses voor julle. Hulle smeek dat hulle genees sal word. Maar as jy naby hulle kom is jy onrein en in gevaar om self siek te word. Tog is Jesus nie bang om nader te beweeg die mense in die oë te kyk of selfs aan te raak nie. Hy gee hulle wat hulle vra en wat hulle nodig het. Hy hanteer hulle met waardigheid. Hoe het Jesus jou hanteer met waardigheid toe niemand anders wou nie?
  • Hoe dien jy ander met waardigheid wanneer niemand anders dieselfde wil doen nie?
  • Jesus is ongemaklik met al die bohaai wat almal maak oor Hom. Hy onttrek altyd om weer Homself te anker in die Here. Het jy ‘n plek waarheen jy gaan om jouself weer te anker in jou verhouding met die Here?

Gebed:
Here, ek bid vandag vir meer deernis.
Here, ek bid vandag vir meer liefde.
Here, ek bid vandag vir meer genade.
Amen.

Donderdag 6 Januarie

Lukas 4:14-22
14Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. 15Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.
16Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, 17is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan: 18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 19om die genadejaar van die Here aan te kondig.” 20Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. 21Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.” 22Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?”.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die reder waarom Jesus so vinnig so populêr geword het is omdat hy nie net lippetaal gegee het vir die mense nie. Hy was gevul met die Gees. Hy het daad by woord gesit en die Here het Sy werk geseën. Hoe sou jy reageer as ‘n leier eg is, doen wat hy sê en sy werk die seën van die Here dra? Sou jy soos die mense van de omgewing reageer? Of soos die mense van Nasaret wat Jesus nie wil respekteer nie? Waarom? Deel jou hart met die Here.
  • Indien jy nie sulke leiers ken nie, wees een. Bring die goeie nuus van Jesus vir die mense van jou omgewing. Leef uit ‘n diep verhouding met die Here. Doen dit wat jy sê jy glo. En die Here sal jou werk seën. Wees anders as die leë voorbeelde waarmee jy daagliks gekonfronteer word. Waarom sou jy nie so ‘n leier kon wees nie? Deel jou bekommernisse met die Here.

Gebed:
Here, ons leef in ‘n wêreld wat meer as ooit die goeie nuus van die evangelie nodig het. Here, help my om die goeie nuus vir ander te bring.
Here, Ons benodig mense wat die boodskap sal bring en daad by woord sal sit. Here, help my om so ‘n voorbeeld te wees. En wanneer ek te kort skiet, help my om te vra vir vergifnis en weer te probeer.
Here, mag U koninkryk in die wêreld meer en meer ‘n realiteit word.
Amen.

Woensdag 5 Januarie

Markus 6:45-52
45Net daarna het Jesus sy dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur. 46Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg op gegaan om te bid. 47Toe dit aand word, was die skuit al ver weg die see in en Jesus alleen op die strand. 48Hy het gesien hulle roei swaar, want die wind was teen hulle. Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en Hy wou langs hulle verbygaan. 49Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook. Hulle het hard geskreeu, 50want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” 51Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan, 52want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus spandeer tyd saam met Sy Vader. Mens sou net kon indink hoe daardie gesprek gaan. Dalk wonder Hy oor hoe Hy kan deurdring tot die mense. Dalk deel Hy Sy eie belewenis in verband met die uitdeel van die brood en die vissies met God. Hoe lyk jou tyd saam met die Here? Maak jy tyd daarvoor? As Jesus, wat self ook God is, vir ons die voorbeeld stel, is dit iets wat ons ook deel van ons roetine moet maak.
  • Na die berg ervaring sien Jesus die storm kom en die dissipels se situasie. Hy gebruik nie die gewone, bestaande metodes om by hulle uit te kom of die situasie te bedaar nie. Hy bewys dat Hy tot alles in staat is en ook al Sy krag sal gebruik vir Sy eer. Kyk na die dissipels se reaksie. IS dit wat jy verwag? Hoe sou jy reageer? Deel jou hart met die Here.
  • As jou lewe die storm is. En jy weet Jesus is in staat om al die storms stil te maak, dat Hy die gewig van alles in jou lewe kan dra. Hoe sou jy vandag kan ingaan? Hoe sou jy reageer op Sy teenwoordigheid? Hoe sou jy reageer teenoor die winde wat in jou lewe waai? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Here, dankie dat U vir my die voorbeeld stel.
Here, dankie dat U meer mag het as al die storms van die lewe.
Here, dankie dat U ook die storms in my lewe kom stil maak.
Amen.

Dinsdag 4 Januarie

Markus 6:34-44
_ 34Toe Jesus uit die skuit klim en die groot klomp mense sien, het Hy ’n diep deernis vir hulle gevoel, want hulle was soos skape sonder ’n wagter. Daarom het Hy hulle uitvoerig begin onderrig. 35Toe dit alreeds laatmiddag begin word, kom sê sy dissipels vir Jesus: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. 36Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.” 37Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.” Hulle sê toe vir Hom: “Dit sal ’n yslike bedrag kos om brood te gaan koop om vir hulle te ete te gee!” 38Hy sê toe vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan vind uit.” Toe hulle dit vasgestel het, sê hulle: “Vyf brode en twee visse.” 39Daarna sê Jesus vir die mense om groepe te vorm en op die groen gras te gaan sit. 40Hulle het toe in groepe van 100 en 50 gaan sit. 41Jesus het die vyf brode en die twee visse gevat, na die hemel toe opgekyk en God gevra om die kos te seën. Toe breek Hy die brood en gee dit vir sy dissipels om aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder almal verdeel. 42Hulle het almal geëet totdat hulle genoeg gehad het. 43Later het hulle twaalf mandjies vol oorskietbrood en -vis opgetel. 44’n Volle 5 000 mans het van daardie vyf brode geëet!_

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus het ‘n diep meegevoel met hierdie mense gehad. En Hy het geweet wat hulle nodig het. Hulle het nodig gehad dat hulle honger geles word. Eers vir die waarheid en toe vir hulle fisiese nood. As die Here vandag na jou sou kyk, wat sou Hy sien honger jy die meeste voor? Weet jy? Deel jou hart met die Here.
  • Jesus vra dat die 12 eerstens hulle kos deel, dan die duisende dien en dan seker te maak dat die kos nie gemors word nie. Dit is goeie praktyke wat nie natuurlik gekom het vir die dissipels nie. Hulle moes dit leer soos hulle tyd saam met Jesus spandeer het. Is enige van hierdie lesse, ook lesse waarmee jy steeds hulp nodig het? Is daar ander lesse wat jy tans mee sukkel? Vra dat die Here jou sal help.
  • Die handelinge van Jesus in hierdie gebeure, is baie dieselfde as in die laaste ete saam met Sy dissipels by die eerste Nagmaal. Wat staan vir jou uit van albei? Waarom dink jy is hierdie ooreenkomste belangrik? Hoe kan jy meer hiervan maak by jou etes?

Gebed:
Here, dankie dat U ‘n diep meegevoel met ons het. Help ons om ook ‘n diep meegevoel met ander te ontwikkel.
Here, dankie dat U vir ons gee wat ons nodig het. Help ons om dit wat ons nodig het met ‘n oop en dankbare hart te aanvaar.
Here, dankie dat U vir ons deel maak van ‘n gemeenskap wat gefokus is op U. Help ons om dit te waardeer, dit te op te bou en dit uit te bou.
Amen.

Maandag 3 Januarie

Matteus 4:12-17, 23-25
12Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. 13Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali. 14So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is: 15“Jy, gebied van Sebulon en gebied van Naftali, aan die seekant en oorkant die Jordaan, Galilea waar die heidene woon! 16Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.” 17Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
23Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. 24En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. 25Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg.

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus beweeg na areas waar die invloed van ander godsdienste gevoel word. Die wat met bose geeste vervul was, was onder die mag van die vyand. Jesus bring lig vir hierdie mense wat met duisternis gevul is, al is dit nie populêr onder die Jode nie.
  • Waar sou jy in die storie inpas? Sou jy saam met Jesus en sy dissipels getoer het na hierdie areas waar die heidene gebly het en ander godsdienste beoefen het? Sou jy dalk van die heidene gewees het wat onder die invloed van die duisternis is? Sou jy van die Jode, die getroue skrifgeleerdes en Fariseërs gewees het wat neergekyk het op wat Jesus gedoen het? Of sou jy van ver af gekyk het, dalk nuuskierig gewees het maar nie wou betrokke raak by enige iets nie? Deel met die Here jou hart.
  • Dalk is niks ooit so eenvoudig nie. Dalk is ons harte meer soos hierdie hele teksgedeelte, in die sin dat ons elkeen van hierdie karakters daarin het. Ons het steeds areas op die buitewyke van ons binnewêreld waar Jesus moet aanraak omdat daar steeds duisternis leef en praktyke leef wat ons nie in stand moet hou nie. Ons het ook ‘n kant binne ons wat soms afsydig is en afgestomp is en nie genoeg omgee om tot aksie oor te gaan wanneer ons met die realiteite in die wêreld gekonfronteer word nie. EN ons het ook die skrifgeleerdes en Fariseërs in ons binnewêreld wat baie oordeel en kritiseer en nie die knie wil buig voor Jesus se transformasie nie. Deel jou hart met die Here as enige iets hiervan met jou praat of glad nie met jou praat nie.

Gebed:
Here, dankie dat U ‘n hart gehad het vir die buitestaander en die ongelowige. As dit nie so was nie, het ek nie ‘n kans gehad om U te leer ken nie.
Here, dankie dat U ook ‘n hart het vir skrifgeleerde en Fariseer. As dit nie die geval is nie, sou U nie nou met my geduld hê wanneer ek nou vinnig tot konklusies spring.
Here, dankie dat U ook ‘n hart vir U volgelinge het wat elke dag saam met U die pad stap. As dit nie die geval was nie, sou U nie genade gehad het met ons vrae en ons proses om nader aan U te leef nie.
Amen.

Vrydag 31 Desember

Johannes 1:1-18
1In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. 6Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” 16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

Om oor te gesels of te dink:

  • Neem vandag om terug te kyk op die jaar wat verby is. Hoe sou jy die jaar beskryf? Waar was God? Deel jou hart eerlik met die Here.
  • Ondersoek jou hart vandag. Wat voel jy vandag? Wat is jou drome en vrese? Deel jou hart eerlik met die Here.
  • Kyk vorentoe na die jaar wat voorlê. Ons weet God skep nuut uit niks uit. Waarvoor sou jy wou vra in die jaar wat voorlê? Wat is jou hoop vir die jaar wat voorlê? Deel jou hart eerlik met die Here.
  • Wat leer jy uit vandag se teks gedeelte wat vir jou hoop kan gee in die jaar wat voorlê?

Gebed:
Here, vandag bely ek dat U God is. Ek bely dat U alles geskep het. Ek bely dat U groter is as die hele skepping en ook elke uitdaging in my lewe.
Here, ek bely dat U die lig in hierdie wêreld is. Ek bely dat niks hierdie lig kan uitdoof nie. Ek bely dat die duisternis geen plek het in my lewe nie. Ek bely dat ek steeds duisternis het wat ek daagliks aan U voete moet neerlê.
Here, ek bely dat daar mense is wat in opstand is teen U. Ek bely dat dit my seermaak en my kwaad maak. Here, ek bid vir elkeen van hulle, dat hulle U sal leer ken en U sal erken as lig vir hulle lewens.
Here, ek bely dat U mens geword het om my sondes te kom vergeef. Ek bely dat U gesterf het en weer opgestaan het. Ek bely dat U triomfeer.
Here, ek bely dat U steeds oor alles Heers. Ek bely dat U steeds nuut skep. Ek bely dat ek ook hierdie nuwe jaar in U hande kan plaas.
Here, ek bely dat ek so dankbaar is.
Amen.

Donderdag 30 Desember

Lukas 2:36-40
36Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood 37het sy weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid. 38Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het. 39Toe Josef-hulle alles nagekom het wat die wet van die Here voorskryf, het hulle na Galilea toe teruggegaan, na hulle eie dorp, Nasaret. 40Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.

Om oor te gesels of te dink:

  • Anna het haar hele lewe in die tempel “weggesteek” spandeer. Jesus het sy eerste 33 jaar in ‘n klein dorpie “weggesteek” spandeer. In hierdie “wegsteek” tyd groei hulle in geloof, hulle word sterk, gevul in wysheid en God se guns.
  • Het jy al ooit gevoel asof jy net is? Asof jy nog nie by jou doel in die lewe uitgekom het nie? Dalk is dit ‘n “wegsteek” tyd? Praat met die Here oor waar jy jouself tans bevind.
  • In hierdie tussen “wegsteek” tyd, is jy besig om jouself besig te hou met die Here? Is jy besig om jouself in die Woord te verryk? Is jy besig om in gebed te wandel? Is jy besig om te leer om sensitief te word vir God se stem? Vra vir die Here waar daar tans vir jou geleentheid is om te groei.

Gebed:
Here, leer my die waarde van “wegsteek” gebedstyd.
Here, laat my nooit twyfel oor die waarde van “gemorsde” tyd nie.
Here, help my om ook hierdie “wegsteek” tyd te waardeer.
Here, dankie dat U weet wat ek nou nodig het.
Amen.

Woensdag 29 Desember

Matteus 2:13-18
_ 13Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” 14Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek 15en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” (Hos. 11:1)_
16Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. 17Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: 18“'n Gekerm word op Rama gehoor, 'n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Aan die begin van die teks word ons terug geneem na Egipte. Ons word herinner aan God se volk wat in Egipte gevangene gehou was in Egipte totdat daar bloed gevloei het, en die dood van ‘n kind in elke huis van Farao se eie huishoudings beleef is. Hierdie keer is daar weer die belofte dat bloed gaan vloei om Jesus te vind en is dit juis hierdie kind wat gekom het om geslag te word sodat almal op aarde werklik vry kan wees.
  • Is daar iets in jou lewe wat jou laat voel dat jy gevangene gehou word? Is daar situasies wat dit vir jou voel asof daar bloed is wat besig is om te vloei? Praat met die Here. Hoe het Jesus se koms vir jou bevryding gebring in hierdie situasies? Vra dat God vir jou die wysheid, onderskeid en gemoedsrus sal gee.
  • Die pad deur die wildernis na die beloofde land het vir God se volk baie uitdagings en ongemaklike omstandighede ingehou. Is jou pad na jou eie beloofde land besig om vir jou moeilik te wees? Wat leer jy oor jou verhouding met die Here op die pad?
  • Hoe laat dit jou voel om te weet dat Jesus ook hierdie pad van Egipte na die beloofde land, deur die wildernis geloop het? Dat Hy weet waar deur jy gaan? Deel jou hart met Hom.

Gebed:
Here, vandag is ek verwonderd oor hoe U die geskiedenis gebruik om my meer te leer van die tipe God wat U is. Dankie dat ek kan terugkyk en U raak sien.
Here, as ek terug kyk gee dit vir my hoop vir my hede. Ek ervaar vrede, want ek weet U is by my, U weet waarheen ek gaan en U is in beheer. Dankie dat ek altyd op U kan vertrou.
Here, met hierdie vrede wat ek nou beleef, weet ek my toekoms is ook in veilige hande. Dankie Here dat U my nooit alleen sal laat nie.
Amen.

Dinsdag 28 Desember

Matteus 2:13-18
_ 13Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” 14Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek 15en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” (Hos. 11:1)_
16Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. 17Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: 18“'n Gekerm word op Rama gehoor, 'n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Aan die begin van die teks word ons terug geneem na Egipte. Ons word herinner aan God se volk wat in Egipte gevangene gehou was in Egipte totdat daar bloed gevloei het, en die dood van ‘n kind in elke huis van Farao se eie huishoudings beleef is. Hierdie keer is daar weer die belofte dat bloed gaan vloei om Jesus te vind en is dit juis hierdie kind wat gekom het om geslag te word sodat almal op aarde werklik vry kan wees.
  • Is daar iets in jou lewe wat jou laat voel dat jy gevangene gehou word? Is daar situasies wat dit vir jou voel asof daar bloed is wat besig is om te vloei? Praat met die Here. Hoe het Jesus se koms vir jou bevryding gebring in hierdie situasies? Vra dat God vir jou die wysheid, onderskeid en gemoedsrus sal gee.
  • Die pad deur die wildernis na die beloofde land het vir God se volk baie uitdagings en ongemaklike omstandighede ingehou. Is jou pad na jou eie beloofde land besig om vir jou moeilik te wees? Wat leer jy oor jou verhouding met die Here op die pad?
  • Hoe laat dit jou voel om te weet dat Jesus ook hierdie pad van Egipte na die beloofde land, deur die wildernis geloop het? Dat Hy weet waar deur jy gaan? Deel jou hart met Hom.

Gebed:
Here, vandag is ek verwonderd oor hoe U die geskiedenis gebruik om my meer te leer van die tipe God wat U is. Dankie dat ek kan terugkyk en U raak sien.
Here, as ek terug kyk gee dit vir my hoop vir my hede. Ek ervaar vrede, want ek weet U is by my, U weet waarheen ek gaan en U is in beheer. Dankie dat ek altyd op U kan vertrou.
Here, met hierdie vrede wat ek nou beleef, weet ek my toekoms is ook in veilige hande. Dankie Here dat U my nooit alleen sal laat nie.
Amen.

Maandag 27 Desember

Johannes 20:1-8
1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 3Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. 4Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. 6Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, 7ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. 8Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons kan so maklik in die versoeking wees om die Kersseisoen se gevoel nog ‘n wyle langer te wil vasklou. Die gevoel van verwondering, feestelikheid, vrede, kuiers, geskenke, familie en rus. Tog is dit nie die hoogtepunt van ons gelowige Kerkjaar nie. Kersfees kan nooit die gebeure van Paasnaweek oorskadu nie. Sit nou reeds en dink hoe jy Paastyd kan beplan, om dieselfde gevoel wat jy nou koester van Kersfees, te kan vier. Deel met die Here waarom dit makliker is om dit reg te kry met Kersfees. Vra vir die Here hoe jy balans kan inbring.
  • Maria Magdalena het nie vir Jesus gevind waar sy gedink het Hy gaan wees nie. Eers nie in die graf nie. En toe nie by die mense wat sy mee saamgedien het nie. Om Jesus te vind moet jy na Hom self gaan. Hoe lyk jou verhouding met Jesus tans? Kon jy genoeg tyd saam met Hom spandeer in die Kersseisoen? Hoe sal jy graag tyd saam met Hom wil spandeer van nou tot Paastyd? Hoe sal jy die Lydenstyd en Paastyd saam met Hom wil spandeer?
  • Praat saam met jou gesin oor hulle behoeftes en moontlike tradisies wat julle kan begin met die oog op julle Paasseisoen. Dit is ‘n kosbare tyd. Hoe kan julle dit na waarde vier, sodat dit nie deur Kersfees oorskadu word nie.

Gebed:
Here ek wil U prys vir U grootheid
Here ek wil U prys omdat U, U seun vir ons gestuur het
Here, ek wil U prys dat U seun vir my kom sterf het
Here, ek wil U prys dat ek daagliks in verhouding met U kan staan
Here, ek wil U prys dat ek in U teenwoordigheid kan leef
Amen.

Vrydag 24 Desember

Lukas 1:67-79
67Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê: 68”Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. 69'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. 70So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy heilige profete: 71om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters; 72om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou. 73Met 'n eed het Hy dit bevestig aan ons voorvader Abraham dat Hy sou gee dat ons, 74gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien 75in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe. 76“En jy, kindjie, 'n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak, 77om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, 78danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, 79om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Hierdie gedeelte in Lukas is ‘n Benedictus. ‘n Benedictus is ‘n lied van dankbaarheid wat Sagaria sing op die dag van Johannes se besnydenis. Sagaria neem ‘n oomblik op hierdie spesiale geleentheid om almal te herinner waaroor die oomblik gaan.
  • Indien jy vandag ‘n oomblik sou neem op Oukersdag, hoe sou jou lied lyk? Waaroor gaan hierdie oomblik vir jou? Neem dalk 5 minute en skryf jou eie lied om ook jouself te herinner voordat jy meegevoer word in etes, kuiers, geskenke en vieringe.
  • Die Allerhoogste waarvan Sagaria praat in vers 76 kom nie in ‘n wolk van glorie nie, maar in die vorm van ‘n brose kind in ‘n stal, na ‘n gewone gesin. Dit is die tipe God wat ons dien. Wat is jou ervaring met hierdie God? Wat is jou ervaring met hierdie kind, anders as die verlosser wat in glorie op die wolke sal kom?
  • Indien dit moontlik is deel vandag jou eie ervaring met hierdie brose kind van Betlehem met jou kinders, eggenoot, familie of vriende. Wat het Hy vir jou beteken? Neem die oomblik.

Gebed:
Here, U naam word steeds "Wonderbaar", "Raadsman", "Die Magtige God", "Die Ewige Vader" en "Die Vredevors" genoem. As U kinders roep ons uit vir 'n vars vulling, en 'n nuwe bewustheid van Wie U is.
Ons kies deur geloof om die "goeie nuus van groot vreugde", 'n werklikheid in ons eie lewens te maak, sodat ons soos die verligte Kersfees bome ‘n helder lig kan skyn aan ander, wat hierdie Kersfees na U wys.
Ons weet eendag sal elke knie buig en elke tong sal bely dat U Here is. En ons weet ook dat vrede op aarde eers kan kom wanneer harte vrede by U vind. Jy is steeds ons Vreugde.
U is steeds ons Vrede. U is nie net meer 'n baba in die krip nie. U is die Here van die Here en die Koning van die konings. En ons vier U steeds as Here – hierdie Kersfees en altyd.”
Amen.

Donderdag 23 Desember

Romeine 8:38-39
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Om oor te gesels en dink:
Watter bedreigings beleef jy tans in jou lewe (of het jy dalk hierdie jaar beleef)?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Hoe help dit jou om te weet dat niks jou van God se liefde vir jou kan skei nie?
  • Hoe kan ons hierdie boodskap weer vasmaak in ons kop en in ons hart hierdie Kersgety?

Liefde soos wat baie van ons dit ken, is uiters voorwaardelik en word maklik eenkant gegooi. Weereens word ons herinner dat dit nie is hoe God se liefde vir ons werk nie. Nee, God se liefde hou ons so styf vas dat niks ons van God se liefde kan skei nie. God bly gerig op die mens, ten spyte van ons geneigdheid om so gereeld droog te maak. God bly egter groter as dit wat ons aanvang en God bly groter as ons grootste bedreigings.

Gebed
Here, so graag soos wat ons dit wil verstaan, moet ons soms net bely dat ons nie u liefde vir ons begryp nie. Maar ons is innig dankbaar vir u sagte oë en sterk hand wat ons vashou ten alle tye. Help ons asb om dit te onthou selfs al beleef ons bedreigings.
Amen.

Woensdag 22 Desember

Johannes 15:12-13
Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

Om oor te gesels en dink:
Kan jy dink aan 'n keer wat iemand iets vir jou gedoen het wat groot opoffering gevra het? Wat het dit vir jou beteken?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Wat verstaan jy onder Jesus se opdrag om ons lewens vir mekaar neer te lê?
  • Kan jy aan 'n verhouding dink waar jy liefde deur opoffering kan toon?

Tekste soos vandag s'n is moeilik. Ons hoor dat hulle dat ons ons lewe moet neerlê vir mekaar en dan bly ons in toksiese verhoudings of selfs verhoudings waar ons mishandel word. Hoe lê ons ons lewe neer en behou gesonde grense? Beteken 'jou lewe neerlê' self vernietiging? Of beteken dit dat jy 'n ander dien en wegstap wanneer dit toksies raak? Hoekom sê die teks om jou lewe neer te lê vir jou vriende? Vanmore het ek nie antwoorde nie. Ek weet wel dat hierdie wêreld baie beter sal wees as ons minder aan onsself sal dink. Jesus maak dít duidelik. So ook sal die wêreld 'n beter plek wees as ons nie toksiese gedrag toelaat nie. Iewers tussen daardie twee stellings lê 'n vreemde en moeilike balans en dis slegs deur te luister na die stem van die Gees wat ons werklik kan weet hoe ons moet optree. Mag jy met God 'n pad stap om te weet wat hierdie teks van jou vra.

Gebed
Here, U het U lewe vir ons neergelê op 'n wonderbaarlike manier. Eers in 'n krip, en toe in 'n graf. U vra van ons om ook ons lewe neer te lê. Help ons asb om te verstaan wat dit presies beteken in my lewe en verhoudings. Heilige Gees, help my asb om te weet wanneer ek meer van myself kan gee en wanneer ek moet wegstap.
Amen.

Dinsdag 21 Desember

1 Johannes 4:11-12
Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

Om oor te gesels en dink:
Waar in jou alledaagse lewe kom liefde vir jou naaste maklik? Waar is dit vir jou moeilik?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Gister het ons gesê dat liefde nie 'n 'fuzzy' gevoel is nie, maar 'n gerigtheid op die ander en hulle welwese. Tot watter mate is jou gedagtes gerig op die mense rondom jou en hulle welwese?
  • Lees weer deur die teks. Ons liefde vir ander is een van die maniere waarop God Godself openbaar. Dis dus 'n stuk getuienis. Waar in jou lewe het mense juis nodig om iets van God te sien en te beleef?

Gister het ons gesê: "Ware liefde is morsige-stal-liefde, prysgee-liefde, versoen-liefde, liefde-wat-lewe-gee-liefde." En tog is dit die liefde waarmee ons die meeste sukkel as dit by ons naaste kom. Tog lees ons dat God se liefde 'n doel het en dat daardie doel bereik word wanneer ons ander lief het. God se liefde vir ons is dus nie net iets wat ons aan kan vashou nie, maar dit is ook iets wat ons uitstuur in liefde - dikwels na hulle wie ons die minste van hou.

Gebed
Here, vandag wil ek U vra om my oë te rig op hulle om my. Daar waar mense nodig het om iets van U te sien en te beleef, daar wil ek U liefde bring. Help my om nie terug te deins wanneer dit moeilik raak nie, maar juis, deur u krag O Heilige Gees, my meer sal verbind tot u agenda van liefde vir hierdie wêreld.
Amen.

Maandag 20 Desember

1 Johannes 4:9-10
Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

Om oor te gesels en dink:
In die laaste week voor Kersfees, fokus ons op die tema van liefde. Wat beteken God se liefde vir hierdie wêreld vir jou?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Waar in jou lewe openbaar God God se liefde vir jou? Waar word jy herinner dat die God van Abraham, Isak , Jakob en Jouself jou werklik liefhet?
  • Hoe gemaklik is jy met die woord 'liefde' as dit by God kom? Hoe voel jy wanneer daar oor God se liefde gepraat word?

Ons leef in 'n wêreld wat behep is met liefde - of eerder, romantiese liefde. Vandag se teks praat oor ware liefde en herinner dat ware liefde nie dit is wat ons doen nie, maar wat God doen. Ware liefde is morsige-stal-liefde, prysgee-liefde, versoen-liefde, liefde-wat-lewe-gee-liefde. Dis die tipe liefde wat bo ons begrip en bo ons verstand is. Liefde is nie altyd die warm 'fuzzy' gevoel nie, maar dit behels ook 'n gerigtheid op 'n ander. God se liefde is meer as 'n gevoel, maar is ook 'n gerigtheid, 'n fokus, op ons en ons welwese. En so, vandag, op 'n grou Maandag, is dit dalk net goed om te onthou wat ware liefde werklik is. WIE ware liefde werklik is. Dat ware liefde God is wat 'n liefdevolle oog op ons hou en 'n brose lyf vir ons gee sodat ons kan sien: God is waarlik 'n God van liefde!

Gebed
Here, vanmore dink ons aan daardie gevoel wanneer ons weet dat 'n geliefde ons dophou… daardie gevoel wanneer ons weet, ons is geliefd. Here dankie dat U ons in liefde fyn dophou, ons liefhet op 'n manier wat ons nie verstaan nie. Dankie dat U mens geword het sodat ons nou, soveel eeue en eeue later steeds kan onthou wat en Wie ware liefde is en dit saam kan vier.
Amen.

Saterdag 18 Desember

Lukas 1:46-49
En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam!

Om oor te gesels en dink:
Hierdie lied, die Magnificat, sing Maria wanneer sy die goeie nuus van die engel Gabriël ontvang het. As jy wil, kan jy dink hoe jou loflied aan God so aan die einde van die jaar sal lyk. Oor watter dinge van God sou jy wou sing?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Maria word ingetrek by God se groot verlossingsplan. Hierdeur word ons herinner dat God graag mense intrek by wat God besig is om te doen. Waar het God jou hierdie jaar deelgemaak van iets groter as jouself?
  • Maria se vreugde is deels omdat sy ook, as jong vrou, deur God raakgesien word. In die evangelies lees ons gereeld hoe Jesus ook mense raakgesien het en hoe dit vir mense hoop en vreugde gegee het. Hoe kan jy ander mense om jou werklik raaksien soos wat God hulle raaksien?

Maria word met die Heilige Gees vervul en in die proses ook met vreugde en lof vir God. Wanneer ons besef dat God besig is met ons en die wêreld waarin ons onsself bevind, vloei dit oor in vreugde. Ons het almal nie engel Gabriëls wat vir ons verduidelik wat God mee besig is nie, maar ons weet dat God betrokke was en saam met mense gewerk het: van die tuin van Eden, tot Abraham, deur die woestyn en in die land van melk en heuning, in ballingskap en in die tyd van Maria, in die tyd van Paulus en die vroeë kerk, en ook vandag nog. En dáárom kan ons vreugde hê!

Gebed
Here, soms voel ek onsigbaar, soos 'n pion wat doelloos op 'n skaakbord rondskuif in 'n spel wat aan die verloor is. En dan onthou ek Maria. Nee. Ek onthou U, o God en wat U aan en vir Maria gedoen het. Ek word vanmore herinner dat U ons raaksien en saam met ons werk na 'n einddoel wat U veel helderder as ons kan sien. Vanmore kom loof ons U en ons juig! Want U is steeds die Verlosser!
Amen

Vrydag 17 Desember

Filippense 4:4-7
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Om oor te gesels en dink:
Wat was die hoogtepunt en laagtepunt van jou jaar? Watter emosie dink jy beskryf jou ervaring van 2021 die beste?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Prediker sê dat daar 'n tyd vir lag én 'n tyd vir huil is. Jesus self het by Lasarus se graf gehuil. Nou staan hier verbly jou altyd in die Heer. Wat dink jy van die idee dat hierdie teks nie noodwendig beteken dat ons die heeltyd gelukkig moet voel nie, maar dat ons 'n ingesteldheid tot vreugde in die Here moet hê. Wat beteken so 'n ingesteldheid vir jou?
  • Paulus skryf hierdie woorde terwyl hy in die tronk sit. Sy omstandighede bepaal nie sy ingesteldheid nie. Wat kan jy in 'tronk tye' doen om 'n ingesteldheid op vreugde te hou?

Hierdie teks is soveel meer as 'n 'Christen sousie' wat ons pyn en seer wil toesmeer. Dit is 'n oproep tot 'defiance' in moeilike omstandighede waar ons ons omstandighede trotseer omdat ons ingesteldheid nie op ons omstandighede is nie, maar op die Here wat die pad saam met ons stap. Nee dit maak nie alles dadelik beter nie, maar dalk is blydskap in die Here om my kop te lig, al is dit net met 'n millimeter, want ek verbly my in die Here.

Gebed
Here, hierdie tye is vol soveel oppe en affe. Dis soms so ongelooflik moeilik om Fil 4:4 se woorde aan te hoor. Want lewe is swaar party dae. Meer as wat ons kan verwoord. Maar Here, gee my asb vandag 'n gees van 'defiance' wat weier dat ek gelykstaande word aan my omstandighede, maar eerder aandring dat dat daar steeds hoop en vreugde is, want U is steeds God. Help my (en ander) asb om ons koppe te lig, millimeter op 'n slag, omdat U vir ons 'n lewe van oorvloed gee. Help ons asb om te ontdek wat dit beteken.
Amen

Donderdag 16 Desember

Psalm 100:1-3
'n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.

Om oor te gesels en dink:
Gister het ons gekyk na ons beeld van God. Hier sien die digter God as 'n herder. Neem 'n oomblik en leef jouself in hierdie metafoor in. Op watter terrein loop jy tans? Waar loop die Herder? Wat doen die Herder vir jou? Wat vra die Herder van sy kudde?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Hierdie Psalm nooi ons om God te loof omdat ons aan God behoort. Watter verskil maak dit vir jou om te weet dat jy God s'n is?
  • Hierdie is 'n dankpsalm. Kan jy aan nog goed dink waarvoor jy dankbaar is? Lys dit, maar sê ook by elke punt hoekom jy daarvoor dankbaar is.

Wanneer ons in advent op vreugde fokus, word ons herinner dat vreugde nie iets is wat uit die lig val nie. Nee, God is die bron van ons vreugde agv wie God is en wat God doen. Op vreugdelose dae word ons genooi om ons perspektief na God te skuif en te onthou dat ons nie aan onsself of ons omstandighede behoort nie.

Gebed
Here, vandag wil ek stil word en weer onthou waar my ware naelstring lê - vas aan U! Dankie vir al U versorging en goedheid. Dankie dat U, selfs in tye van swaarkry, steeds by my is. Help my asb om U, o Herder, te vertrou en getrou na te volg en my vreugde by U te vind. Want aan U liefde is daar werklik geen einde nie.
Amen

Woensdag 15 Desember

2 Samuel:2-3
Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser, my veilige vesting,
my toevlug en bevryder.
Van geweld het U my verlos.

Om oor te gesels en dink:
David sing hierdie woorde tot God. Hy het God beleef as die Een wat Red. Wat is jou beeld, of te wel, metafoor vir God? Dit verklap jou verstaan en iets van jou verhouding met God. Dink jy dat God die Kwaai Een is? Die Een wat wag om jou te straf? Of dalk dink jy dat God die Een is wat wag om al jou versoeke vir jou te gee?

Neem 'n oomblik van stilte

  • Probeer weerloos en eerlik teenoor jouself antwoord hoe jy oor God dink.
  • Hoekom dink jy, dink jy so oor God?

In hierdie tyd van advent word ons veral herinner dat God die Een is wat red. Ons lees graag tekste in die tyd wat vertel van God se reddingsplan. Jesus is ons redder. 'n Redder wat mens geword het vir ons. Wat weerloos die gestalte van 'n babatjie aangeneem het vir ons .

Gebed
Here, ek besef vanoggend dat ek dink U is… Dankie vir 'n tyd soos advent wat my herinner dat U die Redder is. Dat U my Redder is. Berei my hart voor om in die dae tot en met Kersfees meer en meer aan U te dink as die Een wat Verlos.
Amen

Dinsdag 14 Desember

Psalm 139:13-18
U het my gevorm,
my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem –
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is,
sou ek nog steeds met U te doen hê.

Om oor te gesels en dink:
Gister het ons 'n oomblik geneem om te dink waarvan hou God van ons. En dat God vol vreugde oor jou is. Hierdie teks in Psalm 139 is die bewoording van iemand wat ontdek hoe wonderbaarlik God hom/haar geskep het. Besef jy dat God nie net vol vreugde oor jou is nie, maar dat dit die Here is wat jou so aanmekaar geweef het.

Neem 'n oomblik van stilte

  • Jy is uniek geskape. Hoekom dink jy het God jou juis so aanmekaar geweef?
  • Hoe wil God hierdie uniekheid en dit wat God vol vreugde oor jou is, gebruik tot sy eer?
  • God is steeds besig om jou te vorm, soos 'n verwer wat nog nie klaar is met sy kunswerk nie. Waarmee is God op hierdie oomblik besig in jou lewe - om te vorm en mooi te maak?

Gebed
Here, soms vergeet ek dat U die een is wat my so wonderbaarlik geskep het. En dat U my baie spesifiek só geskep het. Gebruik my vandag om …. meer en meer van hierdie … uit te leef.
Amen

Maandag 13 Desember

Sefanja 3:17
Die Here jou God is by jou,
Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in sy liefde.
Hy jubel en juig oor jou:

Om oor te gesels en dink:
Tydens gister se huisgeloof het ons gesels oor of God van jou hou. Het jy al ooit daaraan gedink dat God nie net 'okay' is met jou nie, maar eintlik van jou hou? Hierdie teks in Sefanja herinner ons dat God ook 'n God van vreugde is. En dat ons Here vol vreugde oor ons is.

Neem 'n oomblik van stilte

  • Wat dink jy hou God van jou? Nie iets wat jy doen nie, maar van jou karaktereienskappe - wie jy is.
  • Dit kan moeilik wees om hierdie vraag te antwoord. Miskien kan jy iemand anders vra om jou te help met wat hulle dink God vol vreugde oor jou is.

Gebed
Here, help my om ook stil-tevrede te wees oor myself. Ek besef dat U oor my jubel en juig en dat ek vir U kosbaar is, nie oor my dade nie - maar oor wie ek is - U kind.
Amen

Saterdag 11 Desember

Efesiërs 5:8-10
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is,

Om oor te gesels en dink:
Ons het met die dagstukkies hierdie week saam gereis oor wat dit beteken om te bekeer (weg te draai) en hoe God se Koninkryk van vrede lyk. Hierdie teks in Efesiërs moedig ons aan om onsself en eintlik die Here te vra of iets waarmee ons besig is, of selfs oorweeg, vir God aanneemlik is. Dit het alles te make met 'n daaglikse keuse om weg te draai van dit wat ons nie op God se Koninkryk laat fokus nie.

Neem 'n oomblik van stilte

*Wat het jy hierdie week in die dagstukkies of in jou gebede beleef is iets in jou lewe wat nie aanneemlik is vir God nie?

Indien jy nog nie daaroor gebid het nie, neem vandag 'n oomblik om hieroor te bid. Dit kan wees dat ons vir verskeie redes uitstel om die Here hierdie vraag te vra. Mag jy vanoggend deur die Heilige Gees oortuig word dat dit belangrik is om God te vra, eintlik voortdurend te vra, wat is aanneemlik in jou lewe of al dan nie. Dit is deel van wat bekering (weg draai) of te wel draai na God se Koninkryk beteken.

Gebed
Jou eie gebed: Here, ek wonder oor… of Here, is hierdie… vir U aanneenlik?

Vrydag 10 Desember

Psalm 34:15
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

Om oor te gesels en dink:
Hierdie teks verwat eintlik in 'n manier dit wat ons hierdie week oor na dink. In die eerste teks vir hierdie week het ons gehoor hoe Johannes die doper mense (ons ook) herinner om te bekeer - weg te bly van die kwaad en doen wat goed is. Dit terwyl ons vrede soek in God se Koninkryk en dit probeer najaag.

Neem 'n oomblik van stilte

*Ons kan so maklik ander dinge najaag. Dinge wat ons weet nie noodwendig 'goed' is vir ons of God se Koninkryk nie.

  • Wat is dit in jou lewe wat jy so najaag?
  • Hoe kan jy van die 'kwaad' wegbly en eerder God se vrede najaag?

Gebed
Liewe Vader, dankie dat U die wêreld klaar oorwin het. Dankie dat in al hierdie dinge ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat vir ons liefhet. Help ons om vandag van die kwaad af weg te bly, “te doen wat goed is, vrede te soek en dit na te jaag.” Maak ons gretig om die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, te handhaaf deur nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad te word nie.
Gebed vanaf YouVersion Blog.

Donderdag 9 Desember

Psalm 23:1-3
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.

Om oor te gesels en dink:
Gister het ons 'n oomblik geneem om te voel hoe ons lyf voel. En ook bewus te word van ons eie emosies. Ons het ook vir mekaar gesê ons hoop dat die dagstukkies hierdie week oor God se Koninkryk van Vrede jou sal herinner dat jy ook daarna mag smag. Na vrede mag smag.

Neem 'n oomblik van stilte

  • Wat staan vandag vir jou in die eerste gedeelte van Psalm 23 uit? Hoekom dink jy?
  • Wat sal vrede in jou lewe beteken? Of lyk?

Gebed
Bid vanoggend spesifiek en vra vir die Here vir hierdie vrede in jou lewe

Woensdag 8 Desember

Job 3:24-26
“Ek kan nie eet van die pyn nie,
ek kan nie ophou kreun nie.
Wat ek gevrees het, het oor my gekom;
waarvoor ek bang was, het my getref.
Ek het geen rus en geen vrede nie,
geen verposing nie, net angs.”

Om oor te gesels en dink:
Ons word uitgedaag om te bekeer, of te wel weg te draai, van 'n lewenstyl wat nie op God se Koninkryk fokus nie. Hierdie week staan ons stil by God se Koninkryk wat 'n koninrkyk van vrede vir alle mense is. Gister het ons, ons self afgeva wat ons rol is om vrede op aarde sigbaar te maak.

Maar wat as ek nie tans vrede in my lewe ervaar nie? Of selfs angstig is? Dalk wil jy vanoggend net saam met Job bid en vir die Here sê hoe dit regtig met jou gaan.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Word bewus van jou lyf. Wat voel jy?
  • Probeer broos en eerlik teenoor jouself wees. Dit is 'okay' om so te voel (hetsy dit 'n 'goeie' of 'minder goeie' gevoel is).
  • Probeer om hierdie emosie in woorde in 'n gebed aan God te verwoord.

Ons lees in die teksvers hoe Job eerlik teenoor God probeer verwoord hoe hy voel. Selfs moontlik gevoel het dat God vêr is of nie verstaan nie. Mag die dagstukkies hierdie week oor God se Koninkryk van Vrede jou herinner dat jy ook daarna mag smag in jou lewe en dat dit deel van God se droom vir ons is.

Gebed
Laat ons in U vryheid gaan rus,
om ten volle U s’n te wees,
en, ook só, onsself ten volle te kan vertrou.
Gedeelte uit Prayers for a Privileged People, Walter Brueggemann, vertaal.

Dinsdag 7 Desember

Jesaja9:6
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Om oor te gesels en dink:
Hoe dink jy lyk God se koninkryk?
En God se reg en geregtigheid?

Dink jy dit is iets wat eers eendag gaan gebeur? Ons verstaan is dat Jesus Christus ons Koning is en dat sy heerskappy reeds in die wêreld sigbaar is. As te ware word ons in Adventstyds elke jaar hieraan herinner en op 'n manier uitgenooi om deel te hê en werk aan dié Koninkryk. Hierdie week dink ons veral oor God se Koninkryk wat 'n koninkryk van vrede is. Wat is jou rol in hierdie vrede op aarde?

Neem 'n oomblik van stilte.

Gebed
Maar ons kan…
ons kan U meer volmaak liefhê,
deur die smaak van brood wat vlees geword het,
deur die smaak van wyn wat bloed geword het,
deur die lofsang op ons lippe wat verder strek as ons gewone redenasies,
deur die gebooie wat nie vir ons ‘n las nie, maar ‘n vreugde is,
deur u passie vir ons naaste te beliggaam,
deur u weë van geregtigheid, vrede en barmhartigheid te volg,
deur die wêreld, en alles wat U gemaak het, te waardeer,
en deur selfversorging, wat U as ons Skepper ken, toe te pas.
Gedeelte uit Prayers for a Privileged People, Walter Brueggemann, vertaal.

Maandag 6 Desember

Lukas 3:16-6
Dit was die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus was goewerneur van Judea, en Herodes heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters. In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom. Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja:
“Iemand roep in die woestyn:
Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.
Elke kloof moet opgevul en elke berg en bult platgemaak word;
die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word.
En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom."

Om oor te gesels en dink:
Johannes die doper het die weg vir Jesus voorberei deur 'n oproep na bekering. Hierdie Griekse woord vir bekeer is 'metanoia' en dit betken om weg of om te draai. Johannes het spesifiek verwys na 'n bekering, of te wel wegdraai, in die politiese en religieuse omgewings. Maar hy het verseker ook met mesnse gepraat oor hul eie lewennstyl en dit wat hul moet verander of van wegdraai.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Wat is dit wat jy vandag beleef wat jy in jou eie lewe van moet wegdraai?
  • Wanneer ons wegdraai, draai ons in 'n rigting om op God se Koninrkyk te fokus. Hoe lyk God se koninkryk?
  • Dit 'n koninkryk wat anders lyk as die omgewing en konteks om Johannes - en ons ook. Dit is waar God se vrede heers vir alle mense.
  • Wat kan jy doen om meer gereeld weg te draai (bekeer) en om op God se koninrkyk te fokus?

Gebed
Here, bevry ons van ons skelm kompromieë
en ons goedkoop toewyding;
lei ons tot by ‘n helder visie,
en rein harte,
sodat ons net een ding wil:
om in liefde te antwoord op die liefde wat U aan ons bewys het.
Bevry ons van afgodediens,
en ons gewoontes van weerbarstigheid,
maak ons ​​harte sag,
maak ons monde stil,
en maak ons ​​hande oop,
sodat ons ten volle en met openheid na U,
en na u wêreld toe,
kan draai.
Gedeelte uit Prayers for a Privileged People, Walter Brueggemann, vertaal.

Saterdag 4 Desember

Lukas 1:46-55
En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam!
Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur.
Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

Om oor te gesels en dink:
Maria sing ’n loflied vir die Here, nadat sy vir Elisabet ontmoet. Dit vergelyk baie met Hanna, Samuel se ma, se lied (1 Sam 2:1-10).
Maria besing die grootheid van die Here omdat Hy haar raak gesien het. Al was sy niemand in die oë van die wêreld, het God die wêreld deur haar verander. Dit moes vir Maria oorweldigend gewees het, maar sy neem die verantwoordelikheid op en doen wat die Here van haar vra, soos sy vroeër reeds verklaar het.
Maria herinner ons dat God nie klaar is met die wêreld nie. Hy doen kragtige dade. Hy fokus op die geringes en behoeftiges. God help altyd. Die geboorte van Jesus is die vervulling van ’n belofte dat God uitkoms gee.
Ons kan weet dat God ons ook raaksien. Hy kyk jou nie mis nie. Hy ken jou deur en deur. Hy ken jou behoeftes. Ons kan vashou aan Sy beloftes dat Hy sal uitkoms gee.

Gebed
Here God, dankie dat U my raaksien. Ek voel nie dat ek dit verdien nie, maar dankie U by my is. Ek wil U naam groot maak en vashou aan U beloftes. Amen.

Vrydag 3 Desember

Lukas 1:39-45
Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na 'n dorp in die bergstreek van Judea gegaan. Daar het sy in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet. Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul en het hard uitgeroep:
“Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot! Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my Here na my toe kom?
Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg. Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!”

Om oor te gesels en dink:
Maria gaan na haar bloedverwante familielid, Elisabet toe. Sy het sekerlik gewonder of alles waar kan wees. Ons sien dat die Heilige Gees vir Elisabet gesê het dat Maria se seun die Messias sou wees, want toe Elisabet vir Maria sien, spreek sy haar aan as “moeder van my Here”. Elisabet se woorde sou Maria versterk en sy was saam met haar bly.
Al sou Elisabet binnekort self ’n seun, Johannes, ontvang wat belangriker as Maria se seun sou wees, is sy nie jaloers op Maria nie. In plaas van jaloesie beleef sy vreugde. Sy fokus op die ontmoeting en dat Maria na haar toe gekom het.

  • Was jy al jaloers op iemand wat meer seëninge as jy ontvang?
  • Wees eerder bly saam met die persoon en weet dat God sy kinders gebruik waarvoor Hy hulle toerus. Ons almal is instrumente in God se hand. Niemand is belangriker nie.

Gebed
Here, dankie vir vandag. Dankie vir U goedheid. Ons wil soos Elisabet dankie sê dat U na ons toe kom. In hierdie Adventstyd wag ons op U en sien uit na U koms. Amen.

Donderdag 2 Desember

Lukas 1:26-38
“In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie?” Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie.” Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Die geboorteverhaal van Jesus is aan ons oorbekend. Tog wys Lukas vir ons dat God kontak maak met ’n gewone vrou en haar kies om deel van Sy plan te wees. Sy word deur die Here begenadig. Die engel sê vir haar dat sy ook nie bang moet wees nie. Mens kan dink dat sy totaal uit die veld geslaan was toe die engel aan haar verskyn.
Nadat Maria oor die grootste skok is, vra sy hoe dit moontlik is, waarop die engel haar antwoord. Die engel herinner haar dat niks vir God onmoontlik is nie.
Maria reageer dan in gehoorsaamheid dat sy tot beskikking van die Here is en dat met haar kan gebeur wat God gesê het.
Die Here kies ook om met elkeen van ons ’n pad te stap, selfs al dink ons dat ons dit nie verdien nie. Ons is sy begenadigdes. Niks is vir God onmoontlik nie. Ons mag bang wees om die pad te stap, maar vra dat ons ook by die punt kom waar Maria was. Ons moet ook soos Maria kan sê: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.”

  • Wat in hierdie verhaal van Maria staan vir jou uit?
  • Kan jy ook soos Maria vandag sê: “Ek is tot beskikking van die Here”?

Gebed
Here, baie dankie dat U met my bemoeienis maak. Ek voel nie dat ek dit verdien nie. Dankie vir U genade. Dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Ek kom stel myself tot U beskikking. Mag ek gehoorsaam agter U aanstap. Amen.

Woensdag 1 Desember

Lukas 1:14-20
Hy sal 'n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte, want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees. Hy sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle God. En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here 'n volk voor te berei.” Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is 'n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.” Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring. Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”

Om te gesels en dink:
Sagaria ontvang die profesie oor sy seun Johannes dat hy ’n bron van vreugde sal wees en groot in die oë van die Here. Hy word met Elia vergelyk wat voor Jesus sou uitgaan om versoening te verkondig en mense na die Here te roep.
Sagaria twyfel aan hierdie belofte en word hy met stomheid getref. Eers na Johannes se geboorte kan hy weer praat.
Ons kan ook met Sagaria vereenselwig. Ons hoor iets van die Here en betwyfel dit dan. Hoe is dit moontlik? Hoe gaan dit uitwerk? Ons wil ook vra: “Waaraan sal ek dit weet?” Ons wil verskonings gebruik as ons onseker is.
Ons word nie met stomheid geslaan nie, maar baie keer staan ons verstom oor dit wat die Here doen ten spyte van ons twyfel en ongeloof.

  • Hoe identifiseer jy met Sagaria se vrae?
  • Wat se verskonings gebruik jy?

Gebed
Here, ek wonder ook soms soos Sagaria. Ek mis die beloftes wat U gee en dan wil ek op my eie probeer uitvind wat ek moet doen. Help my om U te vertrou. Laat ek nie aan verskonings vashou en mis hoe U in my lewe besig is nie. Amen.

Dinsdag 30 November

Lukas 1:5-13
“In die tyd van koning Herodes van Judea was daar 'n priester met die naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron afgestam, en haar naam was Elisabet. Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd. Op 'n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die priesterdiens voor God te verrig, is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die tempel van die Here in te gaan en die wierook op die altaar te brand. Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite besig om te bid. Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar 'n engel van die Here aan hom. Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang geword, maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.”

Om oor te dink en gesels:
Lukas vertel vir ons die volledigste geboorteverhaal van Jesus, wat vooraf gegaan word met die geboorte van Johannes.
Dit begin met ‘n onmoontlike situasie. Sagaria en Elisabet is getrou aan die Here, maar kinderloos en reeds op ‘n gevorderde ouderdom. Toe dit Sagaria se beurt was om tempeldiens te doen en namens die volk te gaan bid, verskyn ‘n engel aan hom met die belofte dat God hulle gebed verhoor het. Hy en Elisabet sal die ouers van Johannes word. Die engel sê ook vir hom om nie bang te wees nie.

Mens wonder of Sagaria nog vir ‘n seun gebid het of het hy dalk gedink wat help dit nog om te bid. Die Here luister tog nie meer nie. Dalk was hy moedeloos gebid? Of dalk het hy nie opgehou om sy hart met die Here te deel nie?
Sagaria herinner ons vandag om steeds aan te hou bid en ons hart met die Here te deel, selfs al voel ons dat die Here nie hoor nie. Hy luister en gee uitkoms op Sy tyd.

  • Wat vra jy tans vir die Here wat swaar op jou hart lê? Moenie moedeloos raak om dit met Hom te deel nie.

Gebed
Here, dankie dat ek vandag weer kan bid en my hart met U kan deel. U ken my deur en deur. Mag ek steeds vertrou al lyk dinge soms vir my ook onmoontlik. Dankie dat U my hoor. Amen.

Maandag 29 November

Jesaja 7:10-14
“10Verder het die Here gesê: Jy moet ook nog vir Agas sê: 11Vra van die Here jou God 'n teken, enigiets, diep uit die doderyk of uit die hoogtes daarbo. 12Maar Agas het geantwoord: “Ek sal niks vra nie, ek sal die Here nie tart nie.” 13Toe sê Jesaja: “Luister, geslag van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei nie, dat julle nou ook my God moet vermoei? 14Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Ons is aan die begin van Advent. Die tyd wat ons wag en nadink oor die koms van Jesus. Jesaja gaan na koning Agas toe en sê dat hy ’n teken van die Here kan vra. Agas was in ’n moeilike situasie en Jesaja wil hom verseker dat die Here by hom is. Agas klink vroom, maar steek eintlik sy ongeloof weg deur te sê dat hy nie die Here wil tart nie. God sien deur sy skanse en Jesaja antwoord dat die Here ’n teken sal gee deur ’n kind wat gebore sal word met die naam, Immanuel, wat beteken “God met ons.” Dit sal almal herinner wanneer hulle hierdie kind se naam noem dat God by hulle is, al het hulle dit nie geglo nie.
In Matteus 1:23 word Jesus Immanuel genoem wat beteken “God met ons.” God het mens geword om by ons te wees.

  • Het jy ’n verwagting van Jesus?
  • Voel jy soos Agas om liewer nie te vra nie?
  • Wat beteken dit dat Jesus “God met ons” is?

Gebed
Jesus, dankie dat U Immanuel is, God met ons. Mag ek in hierdie tyd nadink en besef wat dit beteken dat U vir my mens geword het. Dankie dat U hier is. Mag ek vandag U teenwoordigheid ervaar. Amen.

Saterdag 27 November

Psalm 118:1-5 Die Boodskap
1Sê vir die Here baie dankie, want Hy is goed;
2ja, sy liefde sal nooit ophou nie.
3Al die Here se kinders moet sê: “Sy liefde sal nooit ophou nie.”
4Ja, almal wat Hom dien en aanbid, moet dit sê.
5Toe ek in die moeilikheid was, het ek ernstig tot die Here gebid.
Die Here het na my geluister. Hy het my gehelp.

Om oor te gesels en dink:
Daar is verskeie Psalms wat ons oproep om vir die Here dankie te sê. Soos ons die afgelope maand gesien het, vra dankbaarheid ’n keuse.
Dankbaarheid is nie net die grootste van alle deugde nie, maar die moeder van almal.
Dankbaarheid is waar alles begin. Uit dankbaarheid groei vergenoegdheid en tevredenheid.
God is die bron van ons dankbaarheid. Hy is goed vir ons en ons weet dat Sy liefde nooit sal ophou nie. Ons moet mekaar gedurig hieraan herinner.
Niemand is te groot om dankie te sê nie, maar party is te klein. (L Peter).
Laat ons nooit vergeet om by God te begin om vir Hom dankie te sê nie.
Hoe klink jou Dankiepsalm? Skryf dit neer. As riglyn, kan jy elke letter van jou van gebruik as die eerste letter van ‘n woord waarvoor jy kan dankie sê.

Gebed
Here God, dankie dat U God is en dat U goed is. Dankie dat U liefde nooit ophou nie. Ons erken dit en wil elke dag U dien deur ’n lewe van dankbaarheid te leef. Amen.

Vrydag 26 November

Psalm 103:1-5
Ek wil die Here loof,
met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
2Ek wil die Here loof
en nie een van sy weldade vergeet nie.
3Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
4wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon,
5wat my die goeie in oorvloed laat geniet,
my die jeugdige krag van die arend skenk.

Om oor te gesels en dink:
Dankie sê verander hoe mens na die lewe kyk. Dank en lofprysing gaan hand aan hand. JM Massieu skryf dat dankbaarheid die geheue van die hart is. Wanneer ek daarop fokus om raak te sien wat die Here doen, kan ek nie anders as om Hom te loof nie.
Iemand het gesê: “ons kry nie altyd alles wat ons van God vra nie, maar ons het altyd ‘n rede om vir Hom dankie te sê.” 
Psalm 103 herinner ons om nie een van die Here se weldade te vergeet nie. Daar is so baie om voor dankie te sê en die Dawid noem ’n paar in vers 3-5. “Die Here oorlaai my met al die goeie dinge in die lewe.” (‭‭Psalm ‭103:5‬ DB)

  • Waarvoor kan jy vandag weer vir die Here dankie sê?
  • Watter weldade sien jy raak?

Gebed
Here, ek kan nie anders as om U te loof nie. Dankie vir al U goedheid. Mag ek nooit een van U weldade vergeet nie. Amen.

Donderdag 25 November

Psalm 100
Dien die Here met blydskap
1’n Dankpsalm.
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
3Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde.
4Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
5want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.

Om oor te gesels en dink:
Psalm 100:5 noem drie redes vir dankbaarheid. Ons kan vir die Here dankie sê omdat Hy goed is. Hy is die bron van ons dankbaarheid. Ons mag partykeer dink dat net as dit met ons goed gaan, dat ons dankbaar kan wees. Hierdie dankpsalm herinner ons dat selfs al gaan dit goed is, is die Here steeds goed. Ons moet onsself hieraan herinner.
Ons is nie dankbaar omdat ons gelukkig is nie, maar ons is gelukkig omdat ons dankbaar is.
Verder is daar geen einde aan die Here se liefde nie. Dit is genoeg rede om ons deur elke dag te dra. God se liefde is nie iets wat ons kan op gebruik nie. Sy liefde vir ons hou aan en aan.
Daarmee saam duur Sy trou van geslag tot geslag. “Hy is ’n goeie God, nou en vir altyd!” (Psalm 100:5 DB)

  • Sê vandag vir die Here dankie vir wie Hy is en nie vir wat Hy vir jou doen nie.
  • Wat beteken dit vir jou dat die Here goed is?

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U altyd goed is. Dankie dat U liefde geen einde het nie en dankie dat U trou vir altyd daar is. Dit oorweldig my om te dink dat U so goed is en met my moeite maak. Dankie! Amen.

Woensdag 24 November

Psalm 100
Dien die Here met blydskap
1’n Dankpsalm.
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
3Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde.
4Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
5want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.

Om oor te gesels en dink:
Dankbaarheid bly ‘n keuse. Dankie sê kom nie natuurlik nie. Ons word opgeroep om met dankliedere in die Here se teenwoordigheid te kom. Ons voel nie altyd dankbaar nie en dan is dit juis nodig om dan wel dankliedere te sing. Wanneer ons kies om eerder dankie te sê, ervaar ons die Here se teenwoordigheid.
Ek dink aan die ou Halleluja-lied: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een…” Hoe klink jou danklied? Wanneer ons fokus op dit wat ons van die Here ontvang, kan ons nie anders as om in dankbaarheid te reageer nie.
Een vertaling van Psalm 100:4 sê dat ons na die Here toe moet kom met die wagwoord: “Dankie!”
Kom ons sê vandag opnuut weer vir die Here dankie dat ons na Hom toe kan gaan.

Gebed
Here, ek kom vandag na U toe met ’n danklied in my hart. Daar is soveel seëninge wat U vir my gee. Dankie! Dankie! Ek wil vandag U naam groot maak in alles wat ek doen. Amen

Dinsdag 23 November

Psalm 100
Dien die Here met blydskap
1’n Dankpsalm.
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
3Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde.
4Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
5want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.

Om oor te gesels en dink:
Psalm 100 roep ons op die Here met blydskap en dankbaarheid te dien. Een van die maniere is om te erken dat die Here, God is, ons God. Hy staan in verhouding met ons. Hy het ons gemaak en ons is Syne. Ons behoort aan die Here God, die Skepper van die heelal.

  • Hoe laat dit jou voel?
    Hierdie verhouding word vergelyk met ’n herder wat na sy skape (kudde) omsien. Dink ook aan Psalm 23 wat die Here beskryf as ons Herder en dat ons niks kort kom nie. Johannes 10 noem Jesus ons Goeie Herder wat by ons is. Hy ken ons elkeen. Ons is dankbaar dat ons nooit alleen is nie.
  • Hoe voel jy om te weet dat jy aan die Here behoort?

Vra vir die Here om jou vandag te lei. Sê gedurig vir Hom dankie dat Hy by jou is en jou nie alleen los nie.

Gebed
Here God, dankie dat ek aan U behoort. Ek besef dit nie altyd nie. Dankie dat U by my is, dat ek deel van U kudde is. Mag ek vandag agter U aanstap en volg. Mag ek vandag in dankbaarheid U raak sien waar ek beweeg. Amen.

Maandag 22 November

Psalm 100
Dien die Here met blydskap
1’n Dankpsalm.
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
3Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde.
4Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
5want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.

Om oor te gesels en dink:
Ons dink saam na oor dankbaarheid en daar is verskeie Psalms wat as dankpsalms bekend staan. Psalm 100 is een van die bekendstes. Hoe lyk ons dankie sê?
Is dit dankie sê met ’n kommapunt; Ek wil dankie sê, maar daar is dinge wat moeilik is om oor te praat of wat my dankbaarheid beïnvloed.
Is dit dankie sê met ’n vraagteken? Ek wonder waaroor en waarvoor ek kan dankie sê, want dit gaan swaar.
Is dit dankie sê met ’n uitroepteken! Ek kan nie anders as om vandag vir die Here dankie te sê en wil dit as’t ware uitroep.
Ons beleef verskillende seisoene van dankbaarheid in ons lewens. Die belangrikste is dat ons steeds na die Here toe kom om dit met Hom te deel. Psalm 100:2 moedig ons aan om die Here te bly dien.
Bring vandag jou dankpsalm na die Here toe.

Gebed
Here, my Here, ek kom vandag na U toe met my dankpsalm. Dit is nie altyd net vrolik nie. Dankie dat ek steeds U kan raaksien in my en om my. Mag ek vandag U goedheid raaksien en met dankbaarheid leef. Amen.

Saterdag 20 November

Matteus 7:7-11
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

Om oor te gesels of te dink:
Gister het ons saam gedink oor gawes, geskenke en moontlik 'n mooi toekoms waarvoor ons nie eers gevra het nie. En kere wat ons dink ons het dit verdien. Hierdie teksgedeelte in Matteus herinner ons dat daar definitief tye in ons lewe is wat ons vir God iets spesifieks vra. En dat God dit gee. Soms selfs nog iets beter gee as wat ons voor gevra het. Dit laat mens wonder of ons onthou om die Here te dank wanneer Hy 'n gebed só beantwoord het.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Kan jy aan 'n keer dink wat jy iets by die Here gesmeek het, dit ontvang het en vergeet het om die Here te dank?
  • Is dit moontlik dat ons soms nadat ons hierdie geskenk of sekuriteit ontvang het, dat ons daarmee te werk gaan sonder om te onthou dat ons daarvoor gevra het? En nog belangriker, dat God dit as geskenk gegee het?

Gebed:
Here, my Here. Ek dink vandag aan 'n spesifieke geskenk/gawe/mooi toekoms/sekuriteit [noem dit] wat U aan my gegee het. Vandag wil ek dit opnuut weer aan U wy. Dankie dat ek daarmee te werk mag gaan, maar Here gebruik hierdie geskenk in my hande tot eer en verheerliking van U naam.

Vrydag 19 November

Jakobus 1:16-18
Moenie julleself mislei nie, my liewe broers (en susters). Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het.

Om oor te gesels of te dink:
Soms kan ons so maklik vergeet dat selfs die klein dinge uit God se hand kom. Dat hierdie gewone dinge ook 'n geskenk is. Met tye is dit iets waarvoor ons gebid het en ander kerw gee die Here nog voor ons kan vra. Hoe ongeloof is dit! Hierdie skrywer van Jakobus sê ons mislei onsself eintlik as ons nie bewus is of onthou dat elke gawe, geskenk, sekuriteit en mooi toekoms van God is nie en eintlik as geskenk aan ons gee is. Ons is ook getuies van alles wat God geskep het en steeds skep. Alles geskenke!

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Hoe gereeld dink jy is dit te danke aan jou eie harde werk dat jy iets bereik of gekry het?
  • As jy nou weer oor van hierdie geskenke/sekuriteit/mooi toekoms dink in jou eie lewe, kan jy dalk nou God se hand daarin raak sien sien?

Ja, dit is waar dat ons hard werk vir sekere dinge in ons lewe. Maar alles is genade en elke goeie gawe is 'n geskenk van God. Ons kan nie anders as om hierdie te glo en vanuit hierdie ingesteldheid te leef nie.

Gebed:
Here, vandag besef ek dat ek al baie geskenke in my lewe as vanselfsprekend beskou het. Of nog meer - gedink het dit is iets wat ek verdien het, omdat ek so hard gewerk het. Here, hoor my hart vandag as ek weer opnuut besef dat U vir my sorg. En dat elke geskenk meer as volmaak is en vanuit U hand aan my gegee is.
Amen

Donderdag 18 November

1 Petrus 1 :3-4
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.

Om oor te gesels of te dink:
Ons het vroeër die week gereflekteer oor Hanna wat vir 'n kind gebid het en 'n kind ontvang het. Maria wat nie gebid het vir 'n kind nie en een ontvang het Beide geskenke uit die Here se hand. Ons het oor ons eie sekuriteit / mooi toekoms gedink en gewonder waaroor of waarvoor ons tans bid.

Ons het nie vir die kruisdood of opstanding gevra nie - en tog het ons hierdié geskenk ontvang. Soos hierdie teks in 1 Petrus dit verwoord het ons 'n nuwe lewe as geskenk ontvang as gevolg van die opstanding van Christus.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Hoe is jou lewe anders as gevolg van Christus se dood en opstanding?
  • Hierdiie teks praat van 'n lewende hoop. Is jy bewus van hierdie lewende hoop wat reeds nou 'n werklikheid is?

Gebed:
Here, vandag dank ons U vir wie U is. Dankie dat U vir ons 'n Lewende Hoop is. Dat ons lewe vandag reeds ander betekenis het en ons nie hoef te wag vir eendag wat U opstanding 'n verskil maak nie. Ons verdien nie hierdie nuwe lewe as geskenk nie, maar ons ewig dankbaar.
Amen

Woensdag 17 November

Lukas 1 :46-55
En Maria het gesê:
“Ek besing die grootheid van die Here,
ek juig oor God, my Verlosser,
omdat Hy na my
in my geringheid omgesien het.
Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem,
omdat Hy wat magtig is,
groot dinge aan my gedoen het.
Heilig is sy Naam!
Hy bewys ontferming
van geslag tot geslag
aan dié wat Hom eer.
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig:
hoogmoediges in hulle eiewaan
het Hy uitmekaargejaag;
maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog;
behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes
en rykes met leë hande weggestuur.
Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom
deur te dink aan sy beloftes van ontferming
soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders,
aan Abraham en sy nageslag
tot in ewigheid.”

Om oor te gesels of te dink:
Maria het ook 'n loflied gesing! Maria ontvang ook 'n geskenk van God en die voorreg om Jesus se ma te wees. Maar sy het nie daarvoor gevra nie. Dit kon groot verleentheid en moeilikheid in haar lewe veroorsaak het. En sy ontdek dié gawe en voorreg. Haar lied klink soorgelyk aan die van Hanna. En sy sing ook oor geregtigheid en eintlik dit wat Jesus se bediening gaan wees.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Hoe reageer jy as iets gebeur wat jy nie voor gebid het nie?
  • Watter geregtigheid bid jy tans voor?

God werk op maniere wat ons nie altyd verstaan nie. Maar geregtigheid is altyd deel van God se plan.

Gebed:
Bid vanoggend vir mense wat geregtigheid nodig het. Vra God dat dié mense diep bewus sal wees van die Here se teenwoordigheid. En indien jy al iets ontvang het waarvoor jy nie gevra het nie, neem nou 'n oomblik om die Here te dank daarvoor.

Dinsdag 16 November

1 Samuel 2:1-10
En Hanna het gebid:
“Ek jubel in die Here,
ek is sterk in die Here.
Ek lag my vyande uit,
ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.
Daar is geen heilige soos die Here nie,
buiten U is daar nie een nie,
daar is geen rots soos ons God nie.
“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,
moenie aanmatigende dinge sê nie,
want die Here is 'n God van diepe kennis,
dade word deur Hom getoets.
“Die boog van die magtiges is verbreek,
dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur,
wie honger was, het oorgenoeg om te eet.
Die onvrugbare bring sewe in die wêreld,
die een met baie kinders kwyn weg.
“Die Here maak dood en Hy maak lewend,
Hy laat afdaal na die doderyk toe
en Hy laat daaruit opkom.
Die Here maak arm en Hy maak ryk,
Hy verneder, ook gee Hy aansien.
Hy laat die geringes uit die stof opstaan,
Hy hef die armes op van die ashoop af
om hulle by vername mense te laat sit;
Hy skenk hulle 'n ereplek.
Aan die Here behoort die pilare van die aarde;
Hy het die aarde daarop gegrondves.
“Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad,
maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf.
'n Mens oorwin nie deur eie krag nie!
Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig,
van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle.
Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde,
Hy verleen krag aan sy koning,
Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”

Om oor te gesels of te dink:
Hanna het van blydskap en dankbaarheid oorgegaan in 'n loflied. Sommige mense meen hierdie lied kon al bestaan het en die lied klink ook soortgelyk aan die loflied van Maria in Lukas. Beide die lofliedere sing van God se grootheid en ook geregtigheid.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Vir watter geskenk, mooi toekoms of sekuriteit (gister se dagstukkie) sou jy 'n loflied wou wing?
  • Hoe sou jou loflied klink?
  • Watter sake van geregtigheid sou jy vandag oor wou sing?

Gebed:
Here, hoor vandag my loflied. Ek dank U vir… en dit borrel letterlik in in my! Want ek is so bly. U maak my lewe vry. Ek bid ook vandag vir geregtigheid in… Here sien tog … raak.
Amen.

Maandag 15 November

1 Samuel 1:24-28
Toe sy (Hanna) hom gespeen het, het sy hom saamgeneem, en ook 'n driejaaroud bul, sestien kilogram meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as klein seuntjie weggebring na die huis van die Here toe in Silo. Elkana-hulle het die bul geslag en die seun na Eli toe gebring, en Hanna het gesê: “Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar, Meneer, ék is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het. Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.” Toe het hulle die Here daar aanbid.

Om oor te gesels of te dink:
Ons leer Hanna ken as kinderloos. Elke jaar word sy daaraan herinner wanneer hulle na die tempel gaan om offers te bring. Haar kinderloosheid het ook gevolge vir haar ingehou in terme van haar sekuriteit in die toekoms. Sou haar man te sterwe kom, het sy geen seun om haar verder te versorg nie. Hanna bid vir 'n kind en dan word sy swanger! In hierdie teks lees ons hoe sy haar seun 'weggee' om in die tempel in die Here se diens groot te word. Sy gee haar sekuriteit en toekoms weg, nadat sy hom by die Here afgesmeek het.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Watter dinge in jou lewe is tans jou sekuriteit?
  • Wat verseker 'n mooi toekoms vir jou?
  • Is dit nie in elk geval 'n geskenk van die Here nie?
  • Hoe kan God hierdie moontlik gebruik om tot seën vir ander mense ook te wees?

Gebed:
Vra die Here om vandag vir jou te wys hoe God die geskenke in jou lewe kan gebruik. Meer gebruik as wat jy dit net beskerm en eenkant hou. Hoe kan God dit gebruik in sy Koninkryk.
Here, wys ons wat U wil is.
Amen.

Saterdag 13 November

Job 1:8-22
_ 8Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.” 9Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! 10U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. 11Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.” 12Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan. 13En eendag, toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis, 14kom 'n boodskapper by Job met die nuus: “Die osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei. 15Toe oorval mense uit Skeba ons en hulle roof alles en maak die slawe dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.” 16Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “Weerlig het die kleinvee en hulle wagters doodgeslaan en verbrand. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.” 17Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “Drie groepe Galdeërs het die kamele geroof en is daarmee weg nadat hulle die slawe doodgemaak het. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.” 18Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “U seuns en dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer. 19Meteens het daar 'n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vier kante af op u kinders omgewaai. Almal is dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.” 20Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê: 21“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.” 22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie._

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gesels vandag oor die laaste ding wat in ons hand is. Dit is die omstandighede wat ons nie verwag het nie of nie gekies het nie. In die teksgedeelte kom satan en maak die opmerking dat Job slegs vir God dien omdat God hom seën. God is van mening dat Job opreg is in sy verhouding met God en dat Job getrou sal bly self al het hy nie alles wat God hom mee geseën het nie. Die satan neem dan alles weg. En Job bly getrou. Wanneer die lewe nie loop soos ons wou hê nie, sou ons kon vra waarom en God verwyt. Soms vind ek dat gelowiges dalk nie ‘n finansiële voorspoed teologie vashou nie, maar wel ‘n welvaart voorspoed teologie. As dinge verkeerd gaan vra mense dadelik: “Wat het ek verkeerd gedoen?” “”Straf God my?” Dit is nie God se hart nie. Hy is steeds by jou en Hy is steeds lief vir jou. Die vraag is wel of jy steeds vir God kan dankie sê al is jou omstandighede glad nie waarvoor jy gehoop het of beplan het nie?
  • Was jy al ooit in omstandighede wat glad nie was soos jy beplan het of gedink het dit gaan wees nie? Hoe het dit jou laat voel? Deel jou hart en gevoelens met die Here.
  • Wanneer jy in seer en swaar omstandighede is, is die laaste ding wat jy wil doen, dankie sê vir die Here. Maar is daar dalk enige iets in hierdie oomblikke wat jy by God leer en ontdek waarvoor jy tog dankie kan sê? Wat het hierdie omstandighede jou ryker gemaak? Deel jou hart met die Here.
  • Besef dat daar dalk mense om jou is in omstandighede wat hulle nie gekies het of oor gedroom het nie. Hoe kan jy vir hulle vandag liefde bewys?

Gebed:
God gee my die kalmte van gemoed
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge te verander wat ek kan;
en wysheid om die verskil te ken.

Help my om net een dag op ‘n slag te lewe;
om een oomblik op 'n slag te geniet;
om te aanvaar dat swaarkry deel is van die pad na vrede;
om soos Jesus, hierdie sondige wêreld te neem soos dit is, nie soos ek dit wil hê nie;
om te vertrou dat U alles sal regmaak
as ek my aan U Wil oorgee;
en dat ek redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe
en uiters gelukkig met U kan wees vir ewig in die volgende.
Amen.

Vrydag 12 November

Rut 2:8-12
8Boas sê toe vir Rut: “Luister, my dogter, moenie op 'n ander land gaan are optel nie; moet ook nie hier weggaan nie. Bly hier by die meisies. 9Bly op die land waar hulle oes, en volg hulle. Ek het die mans aangesê om jou nie lastig te val nie. En wanneer jy dors is, gaan na die waterkruike toe en drink van die water wat die werksmense vir hulle geskep het.” 10Rut het diep gebuig voor Boas en gevra: “Waarom is u so goed vir my en stel u belang in my, in 'n buitelander?” 11Boas antwoord haar toe: “Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het na die dood van haar man en dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk toe gekom het waarvan jy vantevore niks geweet het nie. 12Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy 'n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons is steeds besig om te kyk na wat is in ons hand. Vandag staan ons stil by die oorvloed seëninge wat in ons hand is. Dit kom dalk natuurlik om dankbaar te kan wees vir dit wat God ons mee seën. Dit gebeur ook gereeld dat ons juis vir God vergeet wanneer ons gelukkig is, die lewe geniet en niks kortkom nie. Na ‘n klomp hartseer het God Rut se lewe verander, na een wat oorloop met liefde en oorvloed.
  • Hoe lyk jou oorvloed? Waar het God jou geseën? Dink aan jou ervarings. Dink aan jou liefde. Dink aan verhoudings. Dink aan behoeftes. Dink aan besittings. Dink aan bederfies hoe groot of klein ook al. Maak ‘n lys van dankbaarheid, en hou aan bysit soos die dag aanloop.
  • Hoeveel van dit wat jy nou het, het jy in die verlede voor gevra? Hoeveel van dit is beantwoorde gebede? Hoeveel van dit wat jy het, het heeltemal anders uitgedraai as wat jy gedink het, maar is werklik ‘n seën? Deel met die Here jou hart hieroor.
  • Leef vandag so, dat ander jou dankbaarheid kan sien en beleef. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie.

Gebed:
God gee my die kalmte van gemoed
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge te verander wat ek kan;
en wysheid om die verskil te ken.

Help my om net een dag op ‘n slag te lewe;
om een oomblik op 'n slag te geniet;
om te aanvaar dat swaarkry deel is van die pad na vrede;
om soos Jesus, hierdie sondige wêreld te neem soos dit is, nie soos ek dit wil hê nie;
om te vertrou dat U alles sal regmaak
as ek my aan U Wil oorgee;
en dat ek redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe
en uiters gelukkig met U kan wees vir ewig in die volgende.
Amen.

Donderdag 11 November

Josua 2:8-21
8Voor die verkenners aan die slaap geraak het, is die vrou na hulle toe op die dak 9en het sy vir hulle gesê: “Ek weet die Here gee vir julle die land; ons is skrikbevange vir julle, al die inwoners van die land bewe van vrees vir julle. 10Ons het gehoor hoe die Here die water van die Rietsee voor julle laat wegdroog het met julle trek uit Egipte, en ook wat julle met die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan, met Sihon en Og, gedoen het, hoe julle hulle voor die voet uitgeroei het. 11Ons het dit gehoor en ons harte het van angs verstyf. Niemand het nog moed teen julle nie, want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde. 12“Ek het julle goed behandel. Lê dan nou vir my 'n eed voor die Here af dat julle my familie ook goed sal behandel, en gee my 'n betroubare aanduiding 13dat julle my pa en ma, my broers en susters en almal wat by hulle hoort, se lewens sal spaar en ons so van die dood sal red.” 14Toe sê die manne vir haar: “Ons staan met ons eie lewe in vir julle s'n. As julle nie oor ons praat nie en die Here gee ons die land, sal ons jou goed behandel en ons woord hou.” 15Sy het hulle met 'n tou deur die venster laat afsak; haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy in die muur gewoon het. 16Haar woorde aan hulle was: “Gaan die berge in sodat die mense wat na julle soek, julle nie raakloop nie. Kruip drie dae daar weg tot hulle die soektog staak. Daarna kan julle julle koers gaan.” 17Die manne het vir haar gesê: “Die eed wat jy ons laat aflê het, sal ons net bind 18as jy, wanneer ons die stad aanval, hierdie bloedrooi tou vasbind aan die venster waardeur jy ons laat afsak, en jou pa en ma, jou broers en jou hele familie by jou in die huis bymekaarhou. 19Enigeen wat by jou huis se deure uitgaan buitentoe, sal self vir sy dood verantwoordelik wees, nie ons nie. Ons hou ons verantwoordelik vir enigeen wat by jou in die huis is; daar sal nie 'n hand teen hom gelig word nie. 20En as jy oor ons praat, is ons nie gebind aan die eed wat jy ons laat aflê het nie.” 21Sy het gesê: “Laat dit wees soos julle gesê het,” en sy het hulle laat gaan en hulle is weg. Sy het toe die bloedrooi tou aan die venster vasgebind.

Om oor te gesels of te dink:

  • Gister het ons gepraat oor hoe dit wat ons doen reeds in ons hand is. Hoe dit reeds deur God gebruik kan word. Vandag kyk ons na waar ons strategies geplaas is. Ragab se huis was in die muur van Jerigo. Sy was op die regte plek op die regte tyd toe die verspieders skuiling nodig gehad het. God het haar gebruik oor waar sy was. Sy was ideaal gekies vir die rol wat sy kon verrig, deur te wees waar sy was.
  • Waar is jy geplaas? Dink fisies waar jy bly. Dink waar jy werk. Dink waar jy koop. Dink waar jy kuier. Dink aan die verhoudings waarbinne jy funksioneer. Dink aan die netwerke waarbinne jy geplaas is. Dink aan die blootstellings wat jy al gehad het. Praat met die Here oor dit wat jy al beleef het en oral waar die Here jou al geneem het.
  • Hoe kan jy dit waar jy is, dit wat jy het vir die Here bied om te gebruik? Het jy nodig om meer te luister vir geleenthede? Het jy nodig om meer betrokke te raak by plekke sodat jy bewus kan raak van geleenthede? Of moet jy net bereid wees om oor te gaan tot aksie wanneer jy hoor van behoeftes? Vra vir die Here waar Hy jou wil gebruik met die unieke plek waar Hy jou geplaas het.
  • Indien dit nodig is om hierdie gedagte in jou wakker te hou. Hang ‘n rooi tou in elke venster in jou huis. Elke keer as jy dit sien, vra vir die Here, hoe wil Hy jou, hier gebruik?

Gebed:
God gee my die kalmte van gemoed
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge te verander wat ek kan;
en wysheid om die verskil te ken.

Help my om net een dag op ‘n slag te lewe;
om een oomblik op 'n slag te geniet;
om te aanvaar dat swaarkry deel is van die pad na vrede;
om soos Jesus, hierdie sondige wêreld te neem soos dit is, nie soos ek dit wil hê nie;
om te vertrou dat U alles sal regmaak
as ek my aan U Wil oorgee;
en dat ek redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe
en uiters gelukkig met U kan wees vir ewig in die volgende.
Amen.

Dinsdag 9 November

Josua 24:14-24
14“Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here. 15Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” 16Die volk het geantwoord: “Ons dink glad nie daaraan om die Here te verlaat en ander gode te dien nie. 17Dit is die Here ons God wat ons en ons voorvaders uit Egipte, die plek van slawerny, gebring het. Hy het daardie groot wonders voor ons oë gedoen en Hy het ons beskerm op die hele pad wat ons gekom het en teen al die volke deur wie se gebiede ons getrek het. 18Die Here het al die volke voor ons uit verdryf, die Amoriete wat in die land gewoon het. Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.” 19Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is 'n heilige God, Hy is 'n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. 20As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en 'n end aan julle maak.” 21Die volk het vir Josua gesê: “Nee, ons sal die Here dien!” 22Toe sê Josua vir die volk: “Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het om die Here te dien,” en hulle antwoord: “Ons is.” 23Toe sê Josua: “Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.” 24En die volk sê vir Josua: “Ons sal die Here ons God dien, ons sal na Hom luister.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Een van die eerste keuses wat binne ons hand is, is ons verhouding met die Here. Dit is nie ‘n verpligting nie, dit is nie straf nie, dit is nie ‘n erfenis nie, dit is nie verwagting nie, dit is nie las nie. Dit is ‘n keuse. Dit is ‘n verhouding. Dit is ‘n teenwoordigheid. Dit is ‘n troos. Dit is ‘n sekerheid.
  • Het jy al die keuse gemaak vir jouself? Of volg jy die Here vir enige ander rede? Is daar onderlinge gevoelens wat opkom as jy dink oor jou verhouding met die Here? Enige iets wat krap? Iets wat tans wrywing bring of jou wegdryf van die Here af? Deel nou hart met die Here.
  • Hoe kies jy om hierdie verhouding te laat groei? Hoe kies jy om hierdie verhouding te prioritiseer? Is dit sigbaar in jou lewe? Dit is een ding om dit te sê, maar as dit nie vrug dra in jou lewe nie is dit net leë woorde. Vra vir die Here hoe jou verhouding met Hom meer van ‘n prioriteit kan wees.
  • Hoe getuig jou lewe van jou verhouding met die Here? Kan jou huishouding dit sien? Kan die mense by die werk dit sien? Praat met die Here oor wat jy nodig, het om jou verhouding met Hom, toe te laat om te transformeer.

Gebed:
God gee my die kalmte van gemoed
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge te verander wat ek kan;
en wysheid om die verskil te ken.

Help my om net een dag op ‘n slag te lewe;
om een oomblik op 'n slag te geniet;
om te aanvaar dat swaarkry deel is van die pad na vrede;
om soos Jesus, hierdie sondige wêreld te neem soos dit is, nie soos ek dit wil hê nie;
om te vertrou dat U alles sal regmaak
as ek my aan U Wil oorgee;
en dat ek redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe
en uiters gelukkig met U kan wees vir ewig in die volgende.
Amen.

Maandag 8 November

Eksodus 4:1-2
1Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?” 2Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy in jou hand?” “'n Kierie,” antwoord Moses.

Om oor te gesels of te dink:

  • Moses is hier besig om met God in gesprek te wees. En soos ons almal maar doen, is hy besig om die verkeerde vrae te vra. Wanneer God vir hom ie geleentheid gee om die geskiedenis van Israel te verander is Moses nie net besig om verskoning te maak nie, maar hy wil ook dit wat in ander mense se hande is probeer oplos. God help hom deur eerder te kyk na wat in sy eie hand is.
  • Dink bietjie na oor wat in ander se hande is. Wat daarvan probeer jy verander of oplos? Hulle keuses, gedagtes, emosies, optredes, besluite, drome, woorde, denke, houding, oortuigings, ens? Hoe laat dit jou voel as jy hierop fokus en nie iets regkry of ‘n verskil maak nie? Praat met God oor jou behoefte om dit wat in ander se hande is te probeer verander of hanteer.
  • Soms probeer ons selfs dit wat in God se hande is oorneem. Die een vraag (wat soms soos ‘n aantuiging word) is: Waarom? Hoekom? As ons antwoorde kry sal ons kan optree, aanbeweeg of verander. Ons moet weet sodat ons kan sin maak uit die situasie of lewe. Hoe laat dit jou voel om te weet dat hierdie antwoord nooit vir jou genoegsaam gaan verduideliking bring nie? Dat dit ook nie in jou hand is nie? Dat dit die verkeerde vraag is? Praat met God daaroor.
  • Wat is in jou hand? Jou gedagtes, jou optrede, jou keuses, jou besluite, jou drome, jou woorde, jou reaksies, jou oortuigings, jou keuse om aan God oor te gee of gehoorsaam te wees, jou lewe tot nou, jou beroep, jou verhoudings, jou ouerskapstyl, jou agtergrond, jou lewenservaring, jou talente, jou gawes, jou opleiding, jou karakter. Daar is so baie wat jy het om te bied. Die Here wil dit alles gebruik om die geskiedenis van jou gesin, gemeenskap en land te verander. Praat met God oor wat in jou hand is en hoe dit jou laat voel.

Gebed:
God gee my die kalmte van gemoed
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge te verander wat ek kan;
en wysheid om die verskil te ken.

Help my om net een dag op ‘n slag te lewe;
om een oomblik op 'n slag te geniet;
om te aanvaar dat swaarkry deel is van die pad na vrede;
om soos Jesus, hierdie sondige wêreld te neem soos dit is, nie soos ek dit wil hê nie;
om te vertrou dat U alles sal regmaak
as ek my aan U Wil oorgee;
en dat ek redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe
en uiters gelukkig met U kan wees vir ewig in die volgende.
Amen.

Saterdag 6 November

Lukas 23:44-47
Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur. Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas. Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week nagedink oor dankbaarheid. Dankbaarheid teenoor God wat nie aan emosies of omstandighede gekoppel is nie. 'n Lewe wat anders lyk, soos Paulus s'n, juis omdat ons dankbaar is teenoor God. Daar is seker nie iets om meer voor dankbaar te wees as Christus se kruisdood nie. Sy sterwe en opstanding wat nuwe betekenis vir die wêreld en vir ons persoonlik inhou.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Neem 'n oombik om te dink oor wat Jesus se kruisdood en opstanding vir jou persoonlik beteken.
  • Wat beteken dit vir ander mense en die wêreld?

Wat kan jou help om meer gereeld aan hierdié verlossing te dink en vanuit dankbaarheid daarop te reageer? Te reageer met jou hele lewe as oorgawe aan God, want God het homself gegee.

Gebed
Here, dankie vir kruis. Vir ons verlossing en dat dit juis ons lewe 'n ander tipe betekenis gee. Help my om meer gereeld te dink aan hierdie besonderse liefdesdaad wat U vir ons en die wêreld gedoen het. Ek bevestig weer vanoggend my dankbaarheid en wil my lewe daarvolgens inrig. Amen.

Vrydag 5 November

Handelinge 9:3-6
Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe.
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Saulus, later Pauus wat nuwe gemeentes gestig het en briewe vir dié gemeentes geskryf het (briewe wat ons vandag nog lees) het in Jesus vasgeloop. 'n Ongelooflike moment in sy lewe, 'n omkeermoment. Ons het die week se dagstukkies begin deur bewus te word van die een melaatse man wat Jesus erken het en omdat hy in Jesus vasgeloop het, was hy dankbaar. Mens sou kon wonder oor Paulus se hele lewe nadat hy in Jesus vasgeloop het. Sy hele lewe kan as 'n lewe van dankbaarheid beskou word.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • In watter tye in jou lewe kan jy dalk duideliker onthou hoe jy Jesus 'raakgeloop het'?
  • Begin jy dalk hierdie week met 'n nuwe ontdekkingsreis oor hoe ons geloofslewe lyk vanuit dankbaarheid?
  • Watter oproep beleef jy om uit dankbaarheid te doen? Paulus het letterlik sy hele lewe en alles wat hy besit uit dankbaarheid gegee.

Gebed
Deel vanoggend met God dit wat nog vir jou moeilik is of terughou om 'n lewe in oorgawe en dankbaarheid te leef. Dank God dat ons juis omdat die Here ons elke dag 'raakloop', maar ook omdat ons verloste mense is, juis ons lewe in totale oorgawe aan God oorgee en daarom uit dankbaarheid leef. Amen.

Donderdag 4 November

2 Timoteus 3:2-5 en 14-15
Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.

14 Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was 15 en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Soms beleef ons dat mense ook ondankbaar teenoor ons is, meer nog ons kan self gefrustreerd wees as ons hoor hoe mense ondankbaar is teenoor God. Hierdie teks vra eintlik op 'n manier met wie assosieer ons? Met watter geselsies by die werk/braaivleisvuur hou ons, onsself besig?

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Praat jy saam wanneer mense hul lys van ondanbaarhede noem?
  • Kan jy jou eie selfsug in gesprekke hoor?
  • Hoe kan jou lewe as volgeling van Christus jou in dié gesrpekke lei?

Gebed
Here, rig en lei my gesprekke vandag. Amen.

Woensdag 3 November

Psalm 34:19-21
Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed. Al tref duisende rampe mense wat die Here liefhet, Hy sal hulle nooit alleen los nie. Uit elke krisis sal Hy hulle red. Hy beskerm sy kinders tot in die fynste besonderhede. Daar sal nie ’n been in jou liggaam gebreek word sonder dat Hy daarvan weet nie.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Alhoewel 'n lewe van dankbaarheid nie aan gevoelens/emosies gekoppel word nie, kom ons wees eerlik ons voel emosies! En ons mag. Meer nog, ons mag konstruktief uiting gee aan hierdie emosies, ook teenoor God.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Raak bewus van jou liggaam.
  • Wat voel jy vanoggend?
  • Waar voel jy dit in jou liggaam?
  • Hoekom dink jy voel jy so?

In die Psalm wat ons vandag lees, word ons herinner aan God se nabyheid selfs tydens rampe, alledaagse dinge en ons emosies. God is naby wanneer ons hartseer, kwaad, gefrustreerd em gelukkig is- God is naby jou.

Gebed
Deel vanoggend met die Here dit wat jy voel en hoekom jy dalk dink jy so voel. Vra God om vandag met jou en jou ervarings/emosies te werk. Vra God om jou vandag te verras met nuwe moed. Amen.

Dinsdag 2 November

Kolossense 3:15
En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Mens kan maklik dink dit is onmoontlik om altyd dankbaar te wees. Maar as on terug dink aan gister se dagstukkie en Sondag se preek is dit uit dankbaarheid wat ons anders lewe, juis omdat ons Jesus ontmoet het! As te ware, as ons mooi daaroor dink, ontmoet Jesus ons elke dag in ons alle daagse lewe. Paulus herinner in die tweede brief van Kolossense ook dat mens altyd dankbaar moet wees.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Is dit dalk vir jou moeilik om tans dankbaar te wees? Hoekom?
  • Maar 'n lewe van dankbaarheid is nie gekoppel aan ons emosies nie, getuig jou lewe steeds van dankbaarheid teenoor God?

Gebed
Here, help my om selfs wanneer ek hartseer, gefrustreerd of selfs kwaad is te onthou dat dit nie my lewe van dankbaarheid teenoor U kan verander nie. Al my evarings en emosies bly waar - maar my lewe as dankbaarheid is nie in reaksie van wat ek voel nie, maar as gevolg van wie U is. Amen.

Maandag 1 November

Lukas 17:11-19
Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?”
En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Hierdie groep melaatse mense roep uit na Jesus! Nie om weg te bly soos die gebruik was nie, maar om hom oor hulle te ontferm. Hulle word genees en slegs een persoon kom terug en dank Jesus. Dankbaarheid moes teenoor mense wat belangriker as jy is betoon word - veral God. Hierdie man erken dus dat dit die Here Jesus is in wie hy hom vasgeloop het. Hy kan nie anders as om dankbaarheid teenoor Jesus te betoon nie.

Neem 'n oomblik van stilte.

  • Is dankbaarheid 'n reaksie? Soos 'n episode/moment as iets gebeur en dan moet ons dankbaar wees?

Tog wanneer ons in Jesus vasloop, is dit 'n verhouding en dankbaarheid wat dus vanuit hierdie verhouding oorvloei. Nie episodes of dankbaarheid wat gekoppel is aan gebeurtenisse nie.

  • Hoe lyk 'n lewe wat gedurig getuig van dankbaarheid, omdat ons, ons vasloop in die Here Jesus?

Gebed
Here, dankie dat ons in verhouding met U staan. En gereeld in U vasloop. Heilige Gees, help ons om nie net in sekere momente dankbaar te wees nie, maar 'n lewe van dankbaarheid te leef. Amen.

Saterdag 30 Oktober

Johannes 9:1-12
“Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie. Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.”
Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg 'n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë en sê vir hom: “Gaan was jou in die Siloambad.” Siloam beteken die een wat gestuur is. Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Sy bure en die ander mense wat hom voorheen as bedelaar geken het, sê toe: “Maar is dit dan nie die man wat gesit en bedel het nie?” Party van hulle het gesê: “Dit is hy!” Maar party het gesê: “Nee, hy lyk maar net soos daardie man.” “Dit is ek!” het hy self gesê. Hulle vra toe vir hom: “Maar hoe het jou oë dan reg gekom?” En hy antwoord: “Die man met die naam Jesus het 'n bietjie klei aangemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan na Siloam toe en was jou.’ Ek het gegaan en my gewas, en ek kon sien!” “Waar is hy nou?” vra hulle hom toe. “Ek weet nie,” was sy antwoord.”
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Johannes beskryf met hierdie sesde wonder vier verskillende reaksies van die mense betrokke. Die blindgeborene man se bure was verbaas en skepties; die Fariseërs was ongelowig en bevooroordeeld; sy ouers het geglo maar stilgebly omdat hulle bang was om uit die sinagoge geban te word, teewyl die man wat genees is, in sy geloof gegroei het.
Die man is van sy blindheid genees al het hy Jesus nog nie eers goed geken nie of geweet waar Hy is toe hulle Hom soek nie. Tog het dit sy lewe verander en begin hy Jesus volg uit dankbaarheid.
Soos wat Jesus fisiese blindheid genees, genees Hy ook ons geestelike blindheid, sodat ons Hom kan sien. Ons hoef nie altyd te verklaar om te kan verstaan en sien nie. Die mense het Jesus gemis omdat hulle alles wou verklaar.

  • Sukkel jy om Jesus raak te sien?
  • Wat is jou reaksie op wonders wat om jou gebeur?

Gebed
Here, help my om te sien. Genees my geestelike blindheid dat ek U meer kan raak sien. Amen

Vrydag 29 Oktober

Johannes 6:16-21
“Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, in 'n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie. Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar 'n sterk wind gewaai het. Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.” Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.”

Om oor te gesels en dink:
Jesus het pas die vorige wonder van die vermeerdering van die brood gedoen en dan vind die wonder plaas waar Jesus op die water loop. Matteus 14:22 en Markus 6:45-52 het ook hierdie wonder opgeteken. Hulle beskryf dat die dissipels gedink het dat Jesus ’n spook is. Volgens Matteus evangelie wou Petrus self ook na Jesus toe loop.
Jesus stel egter Sy dissipels gerus met die woorde: “Dit is Ek, moenie bang wees nie.” Daarna laat hulle Jesus toe om in die skuit te klim, want hulle het Hom nie dadelik herken nie. Die storm het bedaar.
Ons beleef ook storms en is bang. Ons herken Jesus nie altyd nie. Hy kom sê vir ons ook dat ons nie hoef bang te wees nie, want Hy is by ons.

  • Watter storm beleef jy?
  • Nooi Jesus in en weet Hy is by jou. Jy hoef nie bang te wees nie.

Gebed
Here Jesus, ek voel soms oorweldig deur die storms. U doen die wonder om na my toe te kom en my rustig te maak. Mag ek vandag U vrede beleef en nie onnodig bang wees nie. Amen

Donderdag 28 Oktober

Johannes 6:5-14
“Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen. Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê. Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.” Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.””
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Hierdie is een van Jesus se meer bekende wonderwerke. Mense het Jesus gevolg vir die wonders wat Hy doen, maar Jesus het die wonders gebruik om hulle meer van Homself te leer. Die seuntjie het die bietjie wat hy gehad het, vir Jesus beskikbaar gestel. Deur sy vrywillige bydrae doen Jesus die wonder. Die mense het toe besef dat Jesus werklik die Een was.
Jesus gaan verder en sê in Johannes 6:35: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.”
‭‭Jesus gee Homself vir ons. Elkeen wat aanvaar dat Hy die Seun van God is, het deel aan Hom. ‘n Verdere belofte is: “Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.” (Joh 6:37). Ons kan dus met vrymoedigheid na Jesus toe kom.
‭‭

  • Is Jesus vir jou soos brood wat lewe gee?

Gebed
Here Jesus, ek kom met wat ek het vandag na U en vra dat U my sal gebruik om ‘n verskil te maak. Dankie dat U die brood van die lewe is en U my nooit sal verwerp nie. Amen

Woensdag 27 Oktober

Woensdag 27 Oktober
‭‭Johannes 5:1-9‬
“Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. Onder hulle was daar 'n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?” Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.” Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag.”

Om oor te gesels en dink:
Die derde wonderwerk wat Johannes vertel, is amper vreemd omdat Jesus iemand raaksien wat al die jare oorgesien is. Jesus kon enige iemand anders kies, maar kies hom. Jesus het geweet dat hy al lank siek was, agt en dertig jaar, en vra die vreemde vraag: “Wil jy gesond word?”
Die man reageer met die redes hoekom dit nie kan gebeur nie, maar Jesus beveel hom om op te staan en te loop. Die wonder van genesing vind plaas.
Hierdie man kon nie dink dat sy situasie kan verander nie en tog kom Jesus en doen die wonderwerk. Hierdie man het nie eers geweet wie Jesus was nie. Later het hy uit dankbaarheid vir almal vertel wat gebeur het.
Jesus kom staan vandag ook by jou met die vraag: “Wil jy gesond word?”

  • Wat is dit waarvoor jy genesing nodig het?
  • Waaraan hou jy vas wat jy moet laat gaan?

Gebed
Here, U bring verlossing en genesing. Ek hou partymaal onnodig vas as dinge wat ek vir U moet gee. Help my om oor te gee en toe te laat dat U my heel maak. Amen.

Dinsdag 26 Oktober

Johannes‬ ‭4:46-54‬
“Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar 'n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was. Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. Jesus sê toe vir hom: “As julle nie tekens en wonders sien nie, glo julle eenvoudig nie.” En toe sê die amptenaar vir Hom: “Here, kom tog voordat my kindjie sterwe.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe.” Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan. Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe. Hy vra hulle toe presies wanneer hy begin beter word het, en hulle antwoord hom: “Gistermiddag eenuur het die koors hom verlaat.” Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy weer uit Judea na Galilea toe gekom het.”

Om oor te gesels en dink:
Johannes sonder net sewe wondertekens van Jesus uit, alhoewel Jesus meer wonderwerke gedoen het. In die tweede wonderwerk kom vra die regeringsampenaar vir Jesus om sy seun te genees, waarop Jesus eers sê dat dit nie oor die wonders gaan nie, maar oor geloof.
Die man verklaar sy geloof en sy kind word genees, al is Jesus nie fisies by hom nie.
Toe die man terugkeer na sy huis het hy en sy hele huisgesin tot geloof gekom. Daar was progressie gewees: van vra vir ‘n teken tot geloof. Die belangrikste is ons groei in geloof.
Ons kan ook ons behoeftes na Jesus toe bring en Hom vra om ons te help. Ons mag dalk nie kry wat ons gedink het nie, maar ons groei en versterk word in ons geloof. Dit het ook ‘n impak op die mense rondom ons.

  • Wat sal jy graag vir Jesus wil vra?

Gebed
Here Jesus, ek bring vandag my behoeftes na U toe. Mag ek groei in my geloof en nie net fokus op die uitkoms nie. Dankie dat U liefde vir my genoeg is. Amen.

Maandag 25 Oktober

Johannes 2:1-11
“Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom en sê vir hom: “'n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.”

Om oor te gesels en dink:
Johannes vertel vir ons van Jesus se eerste wonderwerk. Dit is ’n agter-die-skerms wonderwerk. Jesus woon ’n troue by en tot almal se verleentheid raak die wyn op. Die seremoniemeester weet nie wat om te doen nie. Jesus gryp in en in die alledaagse verander Hy die water in wyn. Hy begin hiermee wys wie Hy is en sy dissipels het tot geloof gekom.
Hierdie wonderteken wys vir ons dat Jesus nie altyd net groot dinge doen nie, maar ook kleiner en selfs “onbenullige” dinge doen. Ons moet egter dit om ons raaksien. Daar is soveel wondertekens om ons elke dag waarvoor ons vir die Here kan dankie sê?

  • Waarvoor kan jy vandag dankie sê?
  • Watter klein wondertekens wil jy vandag vir Jesus vra?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U in my alledaagse belangstel. Ek neem dinge as vanselfsprekend aan. Mag ek vandag U raaksien in al die gewone wondertekens wat om my gebeur. Amen

Saterdag 23 Oktober

Matteus 25:31-46
31“Wanneer die Seun van God kom, sal almal sien hoe belangrik Hy is. Al sy engele sal saam met Hom kom. Hy sal op die troon gaan sit waar net die belangrikste Een, die Koning self, mag sit. 32Dan sal al die mense voor Hom bymekaargebring word. Hy sal die mense in twee groepe verdeel, soos ’n skaapwagter bokke en skape van mekaar skei. 33Hy sal die een groep regs van Hom laat staan en die ander groep aan sy linkerkant. 34“Die Koning sal dan na die mense regs van Hom draai. ‘Staan nader, want my Vader is baie tevrede met julle. Heel van die begin af het Hy die hemel vir mense soos julle reggemaak. Hy wil hê dat julle dit saam met Hom moet kom geniet. Maar weet julle waarom God so tevrede met julle is? 35Laat Ek julle vertel. Ek het niks gehad om te eet nie, maar julle het My kos gegee. Toe Ek dors was, was julle daar met ’n glas water. Toe Ek nog vir julle ’n onbekende was, het julle My al in julle huise verwelkom en selfs slaapplek gegee. 36Julle het vir My klere gegee toe Ek niks gehad het om aan te trek nie. Op my siekbed het julle My geduldig versorg. Toe Ek in die tronk beland het, het julle julle nie vir My geskaam nie, maar vir My kom kuier.’ 37“Die mense wat reg gelewe het, onderbreek Hom: ‘Here, wag so ’n bietjie. Waarvan praat U? 38Wanneer het ons U kos gegee toe U honger was of ’n glas water toe U dors was? Ons kan nie onthou dat ons ooit vir U klere of blyplek gegee het nie. Help ons, asseblief, ons verstaan nie mooi nie. 39Wanneer was U siek of in die tronk en het ons U gehelp?’ 40“Die Koning op die troon antwoord: ‘Wil julle regtig weet wanneer julle hierdie dinge vir My gedoen het? Luister dan goed: elke glas water of stukkie brood wat julle aan ’n broer van My gegee het, het julle eintlik aan My gegee. Wie my vriende help, al is hulle hoe onbelangrik, help My.’ 41“Die Koning sal dan na die groep aan sy linkerkant draai. ‘Trap! Weg voor My! God wil niks met julle te doen hê nie! Die hel wag vir julle. God het dit spesiaal reggemaak vir die duiwel en al sy helpers. Wil julle weet waarom? 42Toe Ek so gesmag het na ’n stukkie brood, wou julle nie eens vir My ’n krummeltjie gee nie. Julle wou My nie ’n druppel water gee toe Ek dors was nie. 43Julle wou My nie in julle huise ontvang toe Ek vir julle nog vreemd was nie. Klere wou julle nie vir My gee nie, selfs toe Ek nie ’n draad klere gehad het om aan te trek nie. So kan Ek aanhou. Ek was siek en in die tronk, maar julle het niks tyd vir My oorgehad nie.’ 44“Vinnig vra hulle: ‘Here, ons verstaan nie wat U bedoel nie. Sê vir ons, wanneer het al hierdie dinge gebeur? Gee vir ons een voorbeeld van wanneer U honger of dors of kaal of siek of in die tronk was of waar U vreemd en alleen tussen ons was en ons U nie wou help nie.’ 45“Hy sê: ‘Luister nou mooi. As julle een van my vriende, al lyk hy vir julle ook hoe onbelangrik, met ’n glas water of ’n stukkie brood of ’n besoek in nood gehelp het, het julle My so gehelp. Ek herhaal, wie my vriende help, help My.’ 46“Al hierdie mense wat so verkeerd lewe, sal gestraf word. En die hel sal nie speletjies wees nie en vir altyd duur. Maar die mense wat reg lewe, sal vir ewig saam met God leef.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons laaste gedeelte die week kom ook uit Matteus. Vandag wys ons gedeelte ons hoe vrygewigheid juis bedoel is vir die wat ons dink dit die minste verdien. God het aan elkeen van ons vrygewigheid bedien deur ons verhouding met Hom te herstel. Nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat Hy besluit het Hy wil. Nie omdat ons dit kan terugbetaal nie. Bloot genade. Nou vra Hy ons om ook Sy voorbeeld te volg. Om aan ander genade te bewys nie omdat hulle dit verdien of vir ons dit sou kan terugbetaal nie.
  • Aan wie kan jy dink is nie waardig van jou vrygewigheid nie? Wie verdien nie versorging, vrygewigheid, liefde en genade nie? Gaan dien hulle. Waarom huiwer jy? Sou jy jouself in hule skoene kon plaas? Deel jou hart met die Here?
  • Wie is waardig van jou vrygewigheid? Hoe besluit jy om vrygewig te wees? Hoe dink jy spu Jesus vanuit hierdie teks jou aanspreek? Wat het jy vandag nodig om te hoor? Vra dat God jou wys wat jy moet sien en hoor.

Gebed:
Deel jou oordele en vooroordele met die Here.
Vra dat God jou hart verander as dit kom by hoe jy na mense kyk en hoe jy vrygewig leef.
Amen.

Vrydag 22 Oktober

Matteus 25:14-30
14“Daar is nog ’n ander verhaal ook waaruit julle iets oor die koninkryk van God kan leer. ’n Ryk man moes vir ’n lang tyd weggaan. Hy roep toe al sy werkers bymekaar. ‘Julle moet asseblief na my goed kyk terwyl ek weg is,’ sê hy en deel sy goed onder hulle uit. 15Aan die een het hy vyf bondels geld gegee; aan die ander een twee, en aan nog een net een bondel. Hy het hulle goed geken en geweet wat om vir elkeen te gee. Daarna is die ryk man daar weg. 16“Dadelik, sonder om op hom te laat wag, het die een met sy vyf bondels geld daarmee aan die werk gespring. Die geld het geleidelik vermeerder en tien bondels geld geword. 17Die een wat twee bondels gekry het, het net so goed gevaar; hy het ook sy geld verdubbel. 18Maar met die derde een het dit nie so goed gegaan nie. Hy het ook aan die werk gespring, maar nie soos die ander nie. Hy het ’n gat gaan grawe. Daar het hy die bondel geld wat hy gekry het mooi gaan wegsteek. 19“Intussen het die dae verbygegaan en maande geword. Uiteindelik, na ’n lang tyd, kom die ryk man weer daar aan. Hy roep toe die werkers en wou weet wat elkeen met sy geld gedoen het. 20Die een wat die vyf bondels gekry het, sit trots sy tien bondels op die tafel neer: ‘Meneer, hier is die vyf bondels wat u my gegee het. En kyk, hier is nog vyf bondels wat ek daarmee gemaak het.’ 21Die ryk man prys hom toe: ‘Uitstekend! Jy is regtig ’n goeie werker op wie ’n mens kan staatmaak. Jy het eintlik maar net ’n bietjie geld gehad om na te kyk, maar jy het dit goed gedoen. Eendag sal ek vir jou baie meer gee om na te kyk. Kom, wees saam met my bly, want jy is ’n ware vriend.’ 22“Toe is dit die man wat twee bondels gekry het se beurt. Trots sit hy sy vier bondels voor die ryk man neer. ‘Meneer,’ sê hy, ‘hier is die twee bondels wat u my gegee het en hier is nog twee wat ek verdien het.’ 23Die ryk man sê toe presies dieselfde vir hom as vir die vorige werker. 24“Daarna is dit die man met die een bondel se beurt. ‘Meneer,’ begin hy, ‘ek ken u goed. Ek weet u is baie streng en hou nie van foute nie. U verwag baie van ons en wil altyd net ons beste hê. 25Ek was so bang dat ek u gaan teleurstel of dalk ’n fout gaan maak. Toe begrawe ek maar u bondel geld veilig in ’n gat. Daar kon dit niks oorkom nie. Kyk, hier is dit veilig terug.’ 26Die ryk man antwoord toe: ‘Jy is nou regtig ’n hopelose werker, ’n nikswerd! Jy weet ek is streng en verwag net die beste van julle. 27Kon jy nie my geld in ’n bank gesit het nie? Dan kon ek ten minste rente op die geld gekry het. 28Vat hierdie bondel geld hier weg en gee dit vir die werker met die tien bondels. Hy weet wat om daarmee te doen. 29Hy wat bereid is om te werk met wat hy het, sal nog meer kry. Wie egter agter allerhande verskonings wegkruip en nie skouer aan die wiel wil sit met wat hulle het nie, sal uiteindelik ook die bietjie verloor wat hulle het. 30Gooi hierdie betreurenswaardige werker hier uit. Hy hoort nie tussen ons nie. Hy hoort in die hel waar mense op hulle tande kners van pyn en huil van smart.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons is weer terug na Matteus vandag. In vandag se verhaal wys Jesus die teenstrydigheid van vrygewigheid. Ons dink gewoonlik ons kan gee wanneer ons het. Jesus leer dat die vrygewigheid eintlik anders werk. Hoe meer ons met toe hande lewe, hoe meer gaan ons dit verloor en hoe meer ons met oop hande lewe hoe meer gaan ons weer ontvang.
  • AS jy jouself in vandag se Bybelverhaal moet plaas, waar sou jy wees? Met watter karakter kan jy die meeste vereenselwig? Waarom? Wat dink jy sou Jesus vandag vir jou wou sê? Deel jou hart met die Here.
  • Voel dit vir jou onregverdig? Is daar iets wat nie vir jou reg voel in die manier hoe vrygewigheid in God se koninkryk werk nie? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Leef jy met ‘n oop hand of toe hand? Deel met die Here hoe jy graag wil leef. Vra dat God jou sal help om te kom waar jy wil wees as dit kom by vrygewigheid.
Is daar gevoelens van onregverdigheid, bitterheid, jaloesie, onvergenoegdheid, selfsugtigheid wat jy nog moet bely en aan die Here oor gee? Vra dat die Here jou hart moet verander na een van iemand wat Hom reflekteer.
Amen.

Donderdag 21 Oktober

Lukas 8:1-3
1Jesus het daarna deur al die dorpe en klein plekkies gestap waar mense gebly het, en vir hulle die goeie nuus vertel dat God se nuwe wêreld hier is. Die twaalf dissipels het oral saam met Hom gegaan. 2’n Klompie vroue wat deur Jesus van bose geeste vrygemaak is en ’n paar ander wat deur Hom gesond gemaak is, het ook saam met hulle van plek tot plek gestap. Een van hierdie vroue se naam was Maria. (Sy is ook Magdalena genoem omdat sy van die dorp Magdala afkomstig was.) Jesus het sewe duiwels uit haar verdryf. 3Johanna, die vrou van Gusa, een van die belangrike amptenare in Herodes se paleis, was ook onder hulle. So ook Susanna en ’n klompie ander vroue. Met hulle eie geld het hierdie vroue vir Jesus en sy dissipels kos gekoop en ook gesorg dat hulle slaapplek het.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons beweeg vandag aan na Lukas. Ons kry hier ‘n geleentheid om te sien hoe die evangelie verkondig word. Dit word verkondig deur Jesus, Sy dissipels en ander normale mense (onder andere baie vroue wie se lewens deur Jesus verander is). Die vroue kon maklik net gesê het hulle sal vir Jesus en die dissipels sorg deur self gasvry te wees en te leef soos volgelinge leef. Maar meer as dit, het hulle finansieel bygedra om die evangelie uit te dra. Hulle het gesorg dat die dissipels en Jesus versorg is, sodat hulle die evangelie verder kan uitdra.
  • Is jou lewe deur Jesus verander? Het jy ‘n ervaring gehad met die lewende Here? Deel met die Here hoe jou lewe voor jou ontmoeting met God was en na die tyd.
  • Hoe dra jy by tot die evangelie? Hoe help jy om die evangelie te verkondig? Wat gebruik jy as verskonings om nie by te dra daartoe nie? Deel met die Here hoe jy ook as volgeling die evangelie kan help uitdra.

Gebed:
Is daar geleenthede waar jy kan ondersteun en dien (ook finansieel) om die evangelie te verkondig? Vra dat die Here jou geleenthede wys en verantwoordelik saai.
Is daar redes waarom jy nie wil gee nie? Praat met die Here oor waarom dit vir jou moeilik is. Vra dat die Here jou help met vertroue en ‘n vrygewige hart.
Amen.

Woensdag 20 Oktober

Matteus 23:23
23“Ek waarsku julle, Fariseërs en Joodse teoloë. Julle is pynlik presies oor hoe julle kerk hou en julle werk julle tiendes tot op die laaste sent uit. Maar as dinge gedoen moet word wat regtig vir God saak maak, skitter julle in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om vir almal ’n regverdige kans te gee; of dat julle so vir mense omgee dat julle hulle graag wil help; of dat mense weet dat hulle julle kan vertrou. Ek sê nou nie die ander dinge wat julle doen, is noodwendig verkeerd nie. Maar dit is niks werd as julle nie ook die dinge doen wat regtig vir God saak maak nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons staan steeds by Matteus stil. Maar vandag kyk ons na ‘n vermanende teks. Jesus praat slegs oor tiendes wanneer hy met die Fariseërs praat, die heiliges, die gelowiges, praat. Hulle is so trots op hoeveel hulle vir ander gee. Hulle werk dit tot op die sente uit sodat hulle kan spog daaroor. Jesus sê vir hulle, hulle doen dit met die verkeerde hart. Hulle wil spog, maar hulle harte is hard vir mense se nood en swaarkry. Hulle leef nie in ander opsigte vrygewig nie. Hulle is nie vrygewig met deernis, liefde, genade, omgee, ondersteuning, vergifnis en versoening nie.
  • Hoe lyk jou lewe? Gee jy net wat jy moet soos die Fariseërs? Of leef jy vrygewig? Hou jy aan vra is dit genoeg? Of vra jy waar kan ek nog gee? Deel jou hart met die Here.
  • Is daar bewyse van vrygewigheid in elke faset van jou lewe? Of is dit net beperk tot seker dele? Jou verhouding met God, jou verhoudings met ander? Jou werk? Jou tyd? Jou geld? Jou besittings? Jou huis? Jou talente? Jou kennis? Deel met die Here waar is daar nog ruimte vir groei as dit kom by vrygewigheid.

Gebed:
Leef jy jou hele lewe in vrygewigheid? Kan mense dit sien in hoe jy God dien? Kan mense dit sien in hoe jy jou medemens behandel? Vra vir die Here om eerlik vir jou te wys wat die realiteit is.
Leef jy ook vrygewig met dit wat die Here jou mee seën? Deel jy jou hart, jou besittings, jou tyd, jou geld? Vra dat die Here jou wys wat die realiteit is rondom dit wat jy deel.
Waar is daar steeds geleenthede waar jy die Here met ‘n lewe van vrygewigheid kan dien? Vra dat die Here jou oë sal oopmaak vir sulke geleenthede.
Amen.

Dinsdag 19 Oktober

Matteus 6:19-24)
19“Hou op om van die oggend tot die aand agter geld aan te hardloop. Niks hou hier vir altyd nie. Diewe breek oral in en steel, motte en goggas vreet alles op en ouderdom laat dinge vergaan. 20Maak eerder vir julle ’n bankrekening daar by God in die hemel oop. Geen dief kan ooit daar inbreek om iets te probeer steel nie. 21“Die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is. Jou lewe wys waar jy jou ‘rekening’ oopgemaak het. 22“As jy hemelse skatte wil opgaar, sorg dan dat jy jou oë deur die Here laat instel sodat jy op die regte manier daarmee kan kyk. Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder. 23Maar as jy jou oë nie deur God laat instel nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker. As daar geen goddelike lig in jou lewe skyn nie, is dit regtig nag binne-in jou. 24“Niemand kan vir twee base werk nie. Jy sal lojaal teenoor een wees en die ander een afskeep. Moet daarom nie eens daaraan dink om God en die geldgod saam te probeer dien nie. Jy moet kies in wie se diens jy wil staan.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons staan steeds by Matteus stil. In vandag se gedeelte sien ons hoe Jesus nie net sê dat vrygewigheid gebôre word in ‘n verhouding waar ons weet God voorsien en ons daarop kan vertrou nie. Maar dat ons lewens ook vrug sal wys van die keuse wat ons maak om in verhouding met God te wees. As ons kies om in verhouding met God te wees, dan sal ons lewe dit reflekteer dat ons skatte in die hemel vergader. Dit sal nie reflekteer dat ons net die gejaag na wind op aarde najaag nie.
  • Een van die maniere waar ons duidelik kan sien of dit wat ons sê ons glo en dit wat ons lewens van getuig bymekaar kom, is om te kyk na dit waarmee ons, onsself heeldag besig hou. Waarop spandeer ons, ons tyd. Waarom doen ons wat ons doen? Hoe doen ons, wat ons doen?
  • Om hard te werk vir die geld wat jy verdien is nie ‘n slegte ding nie. Maar terwyl jy dit doen kan jy dit doen tot eer van God, jy kan dit doen met die oog om dit te deel met ‘n vrygewige hart, jy kan dit doen deur ‘n geur van God in die werkplek te wees, jy kan dit doen sonder om die geld na te jaag, maar eerder die werk met trots en vreugde te doen. Met watter houding gaan werk jy? Waarom doen jy wat jy doen? Reflekteer die manier waarop jy werk iets van jou verhouding met die Here? Is jou werk belangriker as jou verhouding met die Here, jou eggenoot, jou kinders, jou medemense?

Gebed:
As jy na die vrug van jou lewe kyk, getuig dit van die feit dat God jou eerste prioriteit is? Deel jou hart met die Here.
As ander na die vrug van jou lewe sou kyk, sou hulle sê dit getuig van die feit dat God jou eerste prioriteit is? Deel jou hart met die Here.
Hoe kan die vrug van jou lewe meer getuig van vrygewigheid vanuit ‘n lewende verhouding met die Here? Vra dat God vir jou geleenthede sal wys waar jy vrygewig kan leef.
Amen

Maandag 18 Oktober

Matteus 6:25-33
25“Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: ‘Gaan ek genoeg hê om te eet?’ of: ‘Gaan ek genoeg hê om aan te trek?’ nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere. 26Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel. 27Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie. Allesbehalwe! 28“Julle moet ook nie sit en tob oor wat julle elke dag moet aantrek nie. Kyk gerus ’n bietjie in die veld hoe mooi die lelies lyk wat daar groei. Hulle werk nie van vroeg tot laat om so deftig te lyk nie. 29Tog was nie eens daardie skatryk koning Salomo ooit so mooi aangetrek soos een van hulle nie. 30“As God soveel aandag gee aan hoe die veldgras lyk, wat vandag nog groei en môre weer dood is, sal Hy mos vir julle ook sorg. 31Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. Hou op om te sê: ‘Wat gaan ons vandag eet en drink?’ of: ‘Wat gaan ons vandag aantrek?’ 32As julle dit doen, tree julle op soos mense wat God glad nie ken nie. Julle het mos ’n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. 33“Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!”

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons leer hier in Matteus by Jesus die rede waarom ‘n mens vrygewig kan leef. Ons kan vrygewig leef omdat ons vertroue in God geleë is. Hy is ons vastigheid en die een wat voorsien. Ons vertroue is nie in dit wat voorsien word of ons dink sekuriteit gee nie, maar in die een wat juis die dinge voorsien.
  • Ons vrygewigheid is diep gegrond in ‘n belydenis dat God ‘n God is wat sorg en voorsien. ‘n Goeie Vader wat waardig is van ons vertroue. Dit is waarom ons lewens goeie fondasies het indien ons Hom en Sy koninkryk eerste soek.
  • Het jy alreeds God eerste geplaas in jou lewe? Jaag jy Hom na in alles in jou lewe? Vertrou jy Hom wanneer omstandighede nie gunstig lyk nie?
  • Wil die Here jou gebruik om iemand anders te versorg? Wanneer jy hoor van iemand se nood, druk die Here dit moontlik op jou hart om Sy hande en voete te wees waar deur Hy vir hulle sorg? Is jy ingestel vir God se stem?

Gebed:
Dink na oor alles waaroor jy bekommer. Deel dit eerlik met die Here.
Hoor hoe God vir jou met soveel liefde sê:
“Ek is jou God. Ek is jou pa. Ek is so lief vir jou. Vertrou my. Ek kyk na jou. Jy is myne.”
Dink na oor waar jy meer vrygewig kan leef in vertroue dat God sal voorsien. Deel dit met die Here.
Amen.

Saterdag 16 Oktober

Prediker 12:13
Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.

Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week saam met Prediker ontdek wat die geheim van die lewe is. Aan die einde van die boek sê Prediker: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is so eenvoudig, maar nie maklik nie.
Partymaal voel dit dat nie help om die Here te dien nie, ons wil moed op gee. Iemand het gesê: “Wanneer motivering ontbreek, moet dissipline oorneem.” Dit is soms ook so in ons geloofslewe. Ons voel nie altyd gemotiveerd om Bybel te lees nie, maar dan is die dissipline om wel Bybel te lees vir ons goed. Of as ons nie wil bid, om tog steeds jou hart met die Here te deel.

  • Wat het jy hierdie week ontdek oor die geheim van die lewe?
  • Watter geloofsgewoontes wil jy meer gereeld doen?

Gebed
Here, dankie vir lewe! Dankie dat U my leer om te lewe. Mag ek U gehoorsaam dien en U met alles lief hê. Amen.

Vrydag 15 Oktober

Prediker 12:1-2
Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê: “Ek het daar niks aan nie.” 2Dit is die tyd wanneer die son donker sal word…

Om oor te gesels en dink:
Prediker moedig ons aan om aan God te dink as deel van die geheim van die lewe. Die manier waaroor ek oor God dink, bepaal hoe ons lewe. As ons dink dat God ver is en nie eintelik veel vir ons omgee nie, dan kan ons leef asof Hy nie daar is nie. Maar as ons aan God dink en weet Hy is by ons en betrokke in ons lewens as Skepper en Herskepper, dan leef ons anders. God as Skepper is juis by ons en Sy liefde vir ons is elke dag nuuut.
Prediker herinner ons dat ons dit so gou as moontlik in ons lewens moet besef, want soos ons ouer word kan ons anders daaroor dink. Hy beskryf in Prediker 12:2-8 in mooi beelde wat dit beteken om ouer te word. Al verander die lewe en mens ouer word, hou steeds rekening met God.

  • Hoe dink ek oor God as Skepper?
  • Ervaar jy God as ver? Of ervaar jy Hom as naby en betrokke in jou lewe?

Gebed
Here God, U wat die Skepper van die heelal is. Dankie dat U met my moeite maak en by my is. Dankie dat ek vandag ook vir U kan gee, of ek oud is of jonk is. Mag ek vandag beleef hoe U my ook herskep. Amen.

Donderdag 14 Oktober

Prediker 11:10
”10 Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.”

Om oor te gesels en dink:
Prediker gee verdere raad oor die geheim van die lewe. Dit is ’n tydige woord ook vir ons vandag: “Hou kommer uit jou hart!” Die Boodskap sê: “verban alle verdriet en pyn uit jou hart.”
Ons kan baie dinge vir onsself aantrek en ons bekommer oor dinge. Spreuke 4:23 sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”

  • Wat leef in jou hart?
  • Is jy onnodig bekommerd?

Ons kan nie bekommerd wees oor iets, as ons nie daaroor bid nie. Deel jou bekommernisse en gevoelens met die Here.
Wanneer jy jou hart met iemand deel, maak dit ook jou hart ligter. As daar iemand is wat jy vertrou, deel jou hart met daardie persoon. Vra dat daardie persoon ook vir jou te bid.

Gebed
Here, ek bring my bekommernisse vandag na U toe. Help my om my hart met U te deel. Mag ek vandag U vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar. Amen.

Woensdag 13 Oktober

Prediker 11:9
“Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.”

Om oor te gesels en dink:
Ons kan dink dat hierdie vers nie op ons van toepassing is nie, veral as ons nie meer so jonk is nie. Tog deel dit ‘n geheim van die lewe. Vind vreugde in jou lewe en geniet dit. Ons kan die vreugde van die lewe mis, as ons heeltyd onsself vergelyk met ander en dit wat ons nie het nie. Vreugde gaan saam met dankbaarheid, waarby ons gister stil gestaan het. Vreugde is om tevrede te wees met wat jy het.
Die Boodskap vertaal hierdie vers: “Gaan oral waar jou hart en jou oë jou lei. Leef altyd voluit.” Terwyl ons dit doen, moet ons God nie vergeet nie. Ons moet met Hom rekening hou. Daarom help Psalm 90:12 se gebed: “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.”

  • Wat gee jou vreugde?
  • Waarvoor het jy vandag wysheid nodig?

Gebed
Here, dankie vir die lewe wat ek elke dag van U ontvang. Mag ek vandag vreugde beleef en mag ek die wysheid hê om die regte dinge te doen. Amen.

Dinsdag 12 Oktober

Prediker 11:7-8
“Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.“

Om oor te gesels en dink:
Prediker soek na die geheim van die lewe en soos ons gister gesien het, gee God aan ons tyd en die ewigheid. Ons is nie uitgelewer aan tyd nie.
Terwyl ons nou leef, is die geheim van die lewe om in alles dankbaar te wees. Dit is nie altyd maklik nie. Ons verloor soms fokus deur ingetrek te word in die alledaagse. Wanneer het jy laas gefokus op dit waarvoor jy dankbaar kan wees?

  • Wie is die mense in jou lewe waarvoor jy dankbaar is?
  • Waarvoor wil jy dankie sê? Fokus op die dinge wat ons as van selfsprekend mag aanvaar.
  • Waarvoor wil jy dankie sê vir dinge wat nie uitgewerk het soos jy gedink het nie?

Bid vandag vir daardie persoon/persone waarvoor jy dankbaar is. Kies een ding om vandag spesiaal vir die Here dankie te sê.

Gebed
Here, dankie vir nog ‘n dag. Dankie vir U goedheid vandag. Dankie vir mense in my lewe. Dankie dat U vir my meer is as wat ek soms besef. Dankie dat U soveel vir my gee. Ek wil graag vandag met hierdie dankbaarheid leef. Amen.

“Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie. Dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak.” (Onbekend)

Maandag 11 Oktober

Prediker 3:11-13
11 God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 12 Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. 13 Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.

Om oor te gesels en dink:
Prediker worstel met die vraag na die sin van die lewe. Hy probeer om die geheim van die lewe te ontdek. In sy gewaarwording voel dit of alles tot niks kom. Ons ken die begin van Prediker 3 dat daar ’n tyd vir alles is. Ons mag selfs uitgelewer voel aan die tyd, maar nou herinner vers 11-13 ons dat God ook vir ons ’n ewigheidsperspektief kom gee het. Ons is nie uitgelewer aan tyd nie. Dit hoef ons nie te oorweldig nie. God is ook nou by ons.
Al begryp ons nie die werk van God nie, kan ons weet God ook hier is. Ons kan die goeie saam met God geniet. Dit is ’n gawe van God om te kan eet en drink en die goeie te geniet. Hierdie wete gee ons hoop sodat ons nie hopeloos hoef te leef nie.
Dit mag vandag vra dat jy anders na jou eie situasie kyk.

  • Waar sien jy vandag vir God raak?
  • Waarvoor kan jy vandag dankie sê?

Gebed
Here, ek voel soms oorweldig oor wat alles gebeur. U het vir ons die ewigheid en hoop kom gee. Mag ek vandag hierdie gawe raak sien en ook die goeie van die lewe geniet. Dankie dat U vandag by my is. Amen.

Saterdag 9 Oktober

Sefanja 3:17
Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.

Om oor te gesels en dink:
Na ‘n week se refleksie oor die Shema is dit moontlik dat ons skuldig voel. Ons het hierdie week ‘n moeilike reis van introspeksie gedoen. Ons het gewoner oor ons lojaliteit teenoor God en ons naaste, asook of ons werklik luister en God se wil/opdragte uitvoer. Wees gerus, God is nie net genadig nie - maar vol vreugde oor jou! Stil-tevrede in Sy liefde.

Mag ons uit dankbaarheid probeer om geloofgewoontes, soos om die Shema te bid, te oefen wat ons harte en lewens op God rig.

Gebed
Vir Pretoria in die Lente
Soos ‘n blom na die son draai;
soos die Vaalrivier na die see loop;
soos ‘n Jakaranda sy takke na die hemel oopsprei -
so rig ons ons hart op U, Here.
Amen
(Aangepas: Cas Wepener, Soos ‘n blom na die son draai)

Vrydag 8 Oktober

Psalm 84:9
Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob!

Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week gefokus op die gebed wat bekend is as die Shema. ‘n Gebed wat mens eintlik op ‘n bepaalde manier vorm as gelowige hoe meer mens dit bid. Wat is jou gebed wat jy op hierdie stadium nes die Psalmdigter in Psalm 84:9 bid? Wat wil jy hê moet God hoor en vir jou doen?

Neem ‘n oomblik om te reflekteer oor hoe jou gebede oor die algemeen klink of wat jy in gebed sê:
Waarvoor bid jy?
Hoe praat jy met God?
Is daar tyd in jou gebed om stil te word?
Wat van tyd om na God te luister?

Gebed
Lees hierdie refleksie oor gebed en stilte. Fokus veral op die verband tussen 'stilte' op 'luister'.

Gebed oor stilte
Namate my gebed bewusteliker en dieper geword het,
het ek al hoe minder gehad om te sê;
uiteindelik het ek heeltemal stil geraak.
Ek het toe begin luister,
wat selfs nog verder verwyderd is van praat.
Toe het ek geleer gebed is om te luister,
nie net stilbly nie.
Dit is soos dit is,
om te bid beteken nie om na jou eie gepraat te luister nie.
Gebed gaan oor stil word,
en oor stil wees,
en om te wag totdat God gehoor word. - Soren Kierkegaard

Neem ‘n oomblik om stil te wees. Probeer om dalk vir 5 minute net in stilte te sit en luister.

Donderdag 7 Oktober

Jakobus 1:22-25
Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Om oor te gesels en dink:
Die Shema as opsomming van die wet is deur Jesus bevestig. Alhoewel hierdie opsomming en gebed met die woorde luister begin is dit so maklik om weereens dit ook net te bid en hoor. En nie te luister of doen nie. Dit is waarna hierdie teksgedeelte in Jakobus verwys. Op ‘n mataforiese wyse en in geen onduidelike taal word mens as te ware aangespreek en aangemoedig om in die wet te verdiep, of te wel die opsomming daarvan, en dit uitleef. Om te luister en doen is twee kante van een muntstuk!

As ons werklik luister na God, kan dit nie anders as om ons te verander en transformeer nie.
Waar het jy al gehoor wat God vir jou sê, maar dalk vergeet of vir ‘n ander rede nog nie gedoen of in aksie oorgegaan nie?

Gebed
Eie gebed
Bid vandag oor hierdie saak wat op jou hart gedruk word. Vra God om jou te help om oor te gaan in aksie - om te luister en doen.

Woensdag 6 Oktober

Johannes 14:21
Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.

Om oor te gesels en dink:
Ons sou weereens kon wonder watter invloed die Shema op Jesus persoonlik gehad het. In Jesus se afskeidsrede aan Sy dissipels herinner Hy hulle aan opdragte wat uitgevoer moet word en koppel dit weereens aan liefde. Die Shema kan ons moontlik help om gefokused te bly op God se liefde en lojaliteit in ons eie lewe. En terselfde tyd ons herinner om vanuit ons liefde aan God juis gehoorsaam te wees.

Dink vir ‘n oomblik na aan God se liefde vir jou.
En dink nou vir ‘n oomblik oor jou liefde vir God.
Hoe lyk God se lojaliteit teenoor jou?
En hoe lyk jou lojaliteit teenoor God?

Gebed
Fokus vandag spesifiek op die woord liefde in die volgende gebed:
Here ons het U lief. Ons smag daarna om vanuit hierdie liefde aan U gehoorsaam te wees.
Dankie dat U ons eerste en altyd lief het.

Dinsdag 5 Oktober

Markus 12:28-31
Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle 'n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?”
Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Om oor te gesels en dink:
Hierdie gebed, die Shema is ook in die tyd van die Nuwe Testament gebid. Jesus het dit waarskynlik ook twee keer ‘n dag gebid. Ons kan dus wonder oor hoe hierdie gebed vir Jesus gevorm het. Toe Jesus gevra was wat is die grootste gebod het Jesus direk vanuit die Shema aangehaal en ‘n stuk bygevoeg.

Hierdie byvoeging van “jou naaste liefhê soos jouself” laat mens weer wonder oor die woord liefde. Die woord liefde in die Shema in Deuterenomium beteken lojaliteit. In die Grieks verwys dit na ‘n onbaatsugtige liefde waar jy niks terug of inruil verwag nie.

Hoe lyk ‘n liefde en omgee vir mense waar ons niks in ruil verwag nie?
Hoe lyk lojaliteit teenoor ons naaste?
Teenoor watter naaste is jy lojaal?
Teenoor watter naaste word jy geroep om dalk meer lojaal te wees?

Gebed
Bid vandag weer die Shema maar met Jesus se tweede opdrag by. Fokus vandag op die woord liefde.
‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Maandag 4 Oktober

Deuteronomium 6:4-5
Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag

Om oor te gesels en dink:
Hierdie gebed is bekend as die Shema, omdat Shema die eerste Hebreeuse woord van die gebed is. Dit word vertaal as luister.

Luister: Wat hoor jy? Raak bewus van die klanke om jou.
Is jy bewus van God se teenwoordigheid op hierdie oomblik?

Die Shema se vertaling as luister beteken meer as net hoor. Dit is om te luister, soek na God se wil en te doen. Dit het alles met ons roeping te make. Luister vandag na wat God spesifiek vir jou vra om te doen?

Gebed
Die Jode bid hierdie gebed twee keer 'n dag: in die oggend en die aand. Bid hierdie gebed vandag ook in die oggend en aand. Dalk meer as een keer. Fokus vandag spesifiek op die woord luister.

Saterdag 2 Oktober

Johannes 15:13-17
Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

Om oor te gesels en dink:
As Johannes die beeld van die druiwestok verder verduidelik, sê hy dat ons Jesus se vriende geword het. Hy het onsself uitgekies om uit te gaan en vrug te dra, soos goeie lote. Hierdie vrug is sigbaar vir almal met wie ons in aanraking kom. Soos goeie vriende, dra ons mekaar se belange op die hart en koester die verhouding en vriendskap.
Wanneer ons in hierdie intieme verhouding leef, kan ons die Vader vra om vir ons te gee wat binne Sy wil is. Ons kan Hom daarvoor vertrou.
Jesus gee ook ‘n opdrag: ons moet mekaar lief hê. Opofferende liefde is die enigste manier. Soos wat Jesus Sy lewe geoffer het, moet ons ook selfopofferende liefde betoon teenoor alle mense.

  • Wat het jy hierdie week ontdek in jou verhouding met Jesus?
  • Wat kan jy doen om meer vrug te dra?
  • Wat beteken Jesus se vriendskap met jou?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my U uitgekies het en my U vriend gemaak het. Dankie vir U liefde vir my. Help my om ook lief te hê soos wat U lief het. Mag ek U liefde nog meer ervaar. Amen.

Vrydag 1 Oktober

Johannes 15:7-10
As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”
Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.

Om oor te gesels en dink:
As ons deel van die wingerdstok is, kan ons vrug dra. Wanneer ons erns maak om in Jesus te bly en Sy woorde in ons, kan ons groei. Dit word sigbaar in ons liefde vir God en liefde vir mense om ons.
Jesus verseker ons van Sy liefde vir ons en moedig ons aan om in Sy liefde te bly. Wanneer ons in Hom bly, kan ons vrug dra. Paulus herinner ons in Galasiërs 5:22-23 wat die vrug van die Gees is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Hierdie vrug word meer sigbaar soos ons groei en in Jesus bly.

  • Hoe kan ek vandag meer vrug dra?
  • In watter aspek van die vrug van die Gees het jy van die Here nodig om te groei?

Gebed
Here Jesus, dankie vir U liefde vir my. Dankie dat U in my bly en ek in U kan bly. Mag ek vandag meer vrug dra. Mag ek vir iemand vandag U liefde deel. Amen.

Donderdag 30 September

Johannes 15:5, 7-8
“Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. Dit is juis hierin dat my Vader verheerlik word, dat julle baie vrugte oplewer en my dissipels is.”

Om oor te gesels en dink:
Die plek waar ’n wingerd geplant is, speel ’n belangrike rol in die tipe vrug wat dit lewer. Rotsagtige omgewings lewer beter vrug. Ons mag dink dat die grond sonder klippe moet wees, sodat die beter sal groei. ’n Wingerd groei waar dit geplant is. Die wingerd kan nie kies waar dit geplant is nie, maar oorleef in moeilike omstandighede.
Vir ons as gelowiges is dit ook so. Ons beleef dit nie in die oomblik so nie, maar ons kan steeds groei ten spyte van moeilike omstandighede. Ons kan ook voel ons is op die verkeerde plek geplant. Tog is ons op die regte plek. Jesus is die druiwestok en ons die lote. Ons is aan Hom vas en Hy is by ons, al voel ons dat dinge moeilik is.
Wanneer ons in hierdie intieme verhouding met Hom leef, kan ons Hom vra en daardeur die Vader verheerlik.

  • Wat sal jy vandag vir die Here wil vra?

Gebed
Here, soms voel my omstandighede of ek nie kan vrug dra nie. Help my om steeds aan U vas te hou, want sonder U kan ek niks doen nie. Ek kom gee myself opnuut aan U. Mag ek vandag die Vader verheerlik in alles wat ek doen. Amen.

Woensdag 29 September

Johannes 15:4
Niks moet ons van mekaar skei nie! Julle moet baie naby aan My bly, soos takkies wat aan die druiwestok vasgegroei is. Ek sal net so naby aan julle bly  - soos ’n druiwestok wat vasgegroei is aan sy takkies. ’n Takkie kan mos nie druiwe dra as dit eenkant lê en nie aan die druiwestok vas is nie. Net so het julle My nodig om ’n goeie, vrugbare lewe te kan lei. (Die Boodskap‬‬)

Om oor te gesels en dink:
Hierdie pragtige beeld van die wingerdstok moedig ons aan om moeite te doen met ons verhouding met Jesus. Ons kan nie op ons eie wees nie. Ons is en moet deel van die druiwestok bly, sodat ons vrug oan dra. Ons moet naby aan Hom bly.
Dit beteken dat ons met Jesus sal praat. Partykeer praat ons makliker van Jesus en oor Jesus, as met Jesus.
As Jesus die belangrikste in ons lewe is, deel ons graag met Hom ons hart en kry ons lewe direk van Hom, soos wat ’n takkie sy lewensvloeistof kry.
Ons kan nie sonder Jesus nie. Hy help ons om vrugbare lewe te lei deur ’n verskil te maak waar ons beweeg. In afhanklikheid van Hom kan ons kans sien vir wat ook al met ons gebeur. Hy hou ons vas omdat aan Hom vasgegroei is.

  • Wat wil jy vandag vir die Here gee? Praat met Hom daaroor.
  • Waar kan jy vandag iemand help om Jesus se liefde te ervaar?

Gebed
Here Jesus, ek kan nie anders as om naby U te bly nie. Sonder U kan ek nie aangaan nie. Help my om meer van myself aan U te gee. Mag ek vandag U liefde deel. Dankie dat U liefde vir my onuitputlik is. Amen.

Dinsdag 28 September

Jesaja 5:1-2
“Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet, ek wil my liefdeslied sing oor sy wingerd: Hy wat ek liefhet, besit 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel. Hy het die grond omgespit en die klippe verwyder, dit beplant met veredelde wingerdstokke. Hy het 'n wagtoring daarin gebou en 'n parskuip uitgekap. Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra, maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly.”
‬‬
Om oor te gesels en dink:
Die profeet Jesaja skryf ’n pragtige lied neer waarin die verhouding tussen God en sy volk met ’n boer en wingerd vergelyk word. Die boer doen moeite met die wingerd om die beste druiwe na vore te bring. Selfs as dit nie gebeur nie, hou die boer steeds aan om die wingerd te versorg.
Net so is God besig om steeds in elkeen van ons lewens te werk. Hy is noukeurig besig met ons en sal ons nooit los nie. Ons is deel van die wingerd. Selfs al sou die druiwe suur word, doen die boer alles in sy vermoë om die wingerd te red.
As Jesus hierdie beeld aan Sy dissipels verduidelik, het hulle presies verstaan wat dit beteken. Ons elkeen is soos ’n loot wat deel van die wingerdstok is. Die Vader versorg ons en sal alles moontlik doen om ons te red.

  • Besef jy dat die Here se liefde vir jou so groot is?
  • Wat wil jy vandag vir die Here sê of vra?

Gebed
Vader, U liefde vir my is groter as wat ek ooit kan begryp. Dankie dat U nooit moed opgee nie en altyd daar is. Mag ek vandag U liefde weer opnuut ervaar. Amen.

Maandag 27 September

Johannes 15:1-5
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Om oor te gesels en dink:
Die metafoor van Jesus as die wingerdstok is nie alleen bekend nie, maar ook ’n baie spesiale beeld. Dit dui op die besondere intieme verhouding wat Jesus met ons het. Dit gaan oor afhanklikheid en dat ons deel van Hom is. Nie alleen is ons verbind aan Jesus soos lote nie, maar die Vader is die boer wat omsien na ons en die beste vir ons wil hê, sodat ons ’n goeie oes sal lewer.
Hierdie is ook die laaste “Ek is”-uitspraak van Jesus aan Sy dissipels. Hy praat met hulle in die laaste dae voor Sy kruisiging. Jesus besef dat Judas Hom binnekort gaan verraai (nie vrug dra nie), tog moedig Hy hulle aan om aan Hom getrou te bly.
Ons kan nie vrug dra as ons nie deel van die wingerdstok is nie. Soos Hy in ons bly, moet ons in Hom bly.

  • Wat bring hierdie beeld by jou op? Gebruik hierdie week om na te dink oor wat dit beteken dat ons deel van Jesus is wat in ons bly.
  • Hoe kan jy groei in jou afhanklikheid van Jesus?
  • Memoriseer hierdie vers vandag: “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Gebed
Jesus, dankie dat U die wingerdstok is en ek ’n loot. Dankie dat U in my bly en my deel van U maak. Mag ek vandag gevul word met die lewensap om vrug te dra waar ek vandag beweeg. Amen.

Saterdag 25 September

Deuteronomium 31:6
6Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”

Klaagliedere 3:21-23
21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Om oor te gesels of te dink:

  • In hoofstuk 5 van Klaagliedere is ‘n gemeenskapsleier aan die woord. Hy kla en begrawe HOOP so saam met die individu, die vrou, die priester en die besigheidsman waarvan ons al gelees het. Die gemeenskapsleier kyk na sy gemeenskap en sy HOOP is verlore. Alles wat vir hom bekend was en waarvoor hy lief was is verlore. Niks is meer dieselfde nie. Daar is niks meer oor van Jerusalem waarvoor hy lief was nie. Soms kan ons dalk ook na ons omgewing, ons gemeenskap, ons tye kyk en dink alles is verlore. Niks is soos ons dit onthou of hoe ons dit wil hê nie. Ons wil so graag die sekerheid hê van wat bekend was. Die ideale prentjie in ons kop van wat bekend en veilig was. Wanneer die realiteit nie so is nie, is teleurstellend en ons vra hoe kon God ons in hierdie situasie gelos het?
  • Waarop fokus jy tans die meeste? Die probleme van jou gemeenskap om jou? Of fokus jy die meeste om God raak te sien in die gemeenskap om jou? As jou beste vriend of familie hierdie vraag namens jou sou moes antwoord, sou hulle saam met jou stem? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe kan die gedagte dat Gd ons ooit los nie, ons prentjie van wat ons om ons sien verander? Waarom sou dit ‘n verskil maak? As die Here die heeltyd by jou ook is, hoe sou jou ervaring van hoop verander?
  • Klaagliedere herinner ons dat God alles nuut maak. Elke dag. Maar ook elke hart. Het jy nodig om die Here te vra dat jy meer bewus word van waar God reeds teenwoordig en werksaam is? Hoe kan jy jouself vandag herinner om God vandag oral om jou te soek?

Gebed:
Goeie more, Here van my lewe!
Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n kans vir ‘n nuwe begin. Gister is verby en daarmee saam enige foute, mislukkings of dinge waaroor ek moontlik spyt is.
Dis ‘n goeie dag om dankbaar te wees, en ek is dankbaar, Here.
Dankie vir vandag, ‘n nuwe geleentheid om lief te hê, te gee en om alles te wees wat U wil hê ek moet wees.
Ek wil my dag begin met U in my gedagtes en in my hart.
Soos ek besig is om aan te trek, trek asseblief vir my die wapenrusting aan wat U elke dag aan my voorsien: die helm van Verlossing, die borsharnas van vryspraak, die skild van Geloof, die gordel van Waarheid, die skoene van Bereidheid om die evangelie te verkondig en die swaard van die Gees.
Gee my vandag my daaglikse Brood – omdat hierdie Brood van die Lewe, U voedsel soos manna, my sal versterk teen enige aanslae.
Help my om my gedagtes op U te rig en slegs woorde te spreek wat ander kan help en bemoedig.
Help my om te dink voordat ek praat en dat ek die begeertes van my hart opsy sal sit. Help my om te streef na uitstekende werk, in plaas van perfekte werk – dat ek nie probeer om “naam te maak” nie, maar eerder om ‘n verskil te maak.
Help my om almal met wie ek in aanraking kom, te behandel soos U hul sou behandel – met respek en liefde en vergifnis.
Help my ook om self om vergifnis te vra indien nodig.
Herinner my aan die begin van hierdie dag, dat ek aan U behoort. Dit is my begeerte om ook so op te tree.
Hou my voete vas op die grond en verhoed my gedagtes om te dwaal, sodat ek nie kosbare tyd in beslag neem terwyl ek eintlik besig moet wees met die belangrike dinge wat U vir my beplan het.
Ek is trots daarop om U kind te wees, Here!
Ek is so dankbaar dat U vir my aan die kruis gesterf het – weer opgestaan het op U eie, nuwe dag – sodat elke dag daarna gevul kan wees met die wonder van U liefde, die vryheid van U Gees en die vreugde om U te kan ken.
Ek weet dat my lewe op aarde kort en vlietend is, Here, maar ek wil vandag leef asof dit die eerste of die laaste dag van my lewe is.
Here help my terselfdertyd dankbaar wees vir elke perfekte gawe wat U gekies het om vir my te gee.
Vandag, en elke dag, wil ek my lewe aan U wy, Jesus. In U kosbare Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Vrydag 24 September

Filippense 4:12
12Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

Klaagliedere 3:21-23
21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Om oor te gesels of te dink:

  • In hoofstuk 4 van Klaagliedere is ‘n besigheidsman aan die woord. Hy kla en begrawe HOOP so saam met die individu, die vrou en die priester waarvan ons al gelees het. Soms is mense so arm, al wat hulle het is geld. Soms is die swaarste plek waar mense geslaan word hulle beursies. Vir hierdie besigheidsman is dit waar hy eers voel dat daar nie meer HOOP is nie, wanneer die ekonomie onder gaan en alles waarvoor hy gewerk het in skerwe lê. Alles wat hy beplan het, voorsorg wat hy getref het, alles is daarmee heen. Daar is geen polis, versekering, sekerheid. Sy wêreld is geskud. Ons kernvers herinner ons dat God alles nuut kan maak en van nuut af kan skep. Maar meer as dit. Wanneer jy niks anders oor het nie, is God steeds daar om jou te vang. Hy verlaat jou nie as die geld opraak, jy niks meer het om te bied, jy op niks meer kan roem nie. As jy alles verloor het, het jy steeds waarde, by die Here.
  • Op wat in jou lewe is jy tans baie afhanklik? Waarop maak jy baie staat? Jou salaris? Jou polisse? Jou versekering? Jou status? Jou besittings? Wat sê dit alles van jou? Wat sou dit van jou sê as jy dit alles sou verloor? Deel met die Here jou gevoelens en gedagtes?
  • Hoe sou jy weet as jy geld, welstand en materiële sekerheid meer najaag, as die Here? Wat is genoeg? Hoe dink jy sou iemand wat niks van hierdie dinge het nie, se gedagtes hieroor lyk? Deel jou gedagtes met die Here en vra vir Hom om vir jou die waarheid te wys.
  • Klaagliedere herinner ons dat God alles nuut maak. Elke dag. Maar ook elke hart. Het jy nodig om die Here te vra dat Hy dalk balans in jou lewe herstel as dit kom by jou verhouding met materiële dinge? Het jy ‘n benoudheid en angstigheid as dit kom by materiële dinge wat jy aan die Here kan bely?

Gebed:
Goeie môre, Here van my lewe!
Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n kans vir ‘n nuwe begin. Gister is verby en daarmee saam enige foute, mislukkings of dinge waaroor ek moontlik spyt is.
Dis ‘n goeie dag om dankbaar te wees, en ek is dankbaar, Here.
Dankie vir vandag, ‘n nuwe geleentheid om lief te hê, te gee en om alles te wees wat U wil hê ek moet wees.
Ek wil my dag begin met U in my gedagtes en in my hart.
Soos ek besig is om aan te trek, trek asseblief vir my die wapenrusting aan wat U elke dag aan my voorsien: die helm van Verlossing, die borsharnas van vryspraak, die skild van Geloof, die gordel van Waarheid, die skoene van Bereidheid om die evangelie te verkondig en die swaard van die Gees.
Gee my vandag my daaglikse Brood – omdat hierdie Brood van die Lewe, U voedsel soos manna, my sal versterk teen enige aanslae.
Help my om my gedagtes op U te rig en slegs woorde te spreek wat ander kan help en bemoedig.
Help my om te dink voordat ek praat en dat ek die begeertes van my hart opsy sal sit. Help my om te streef na uitstekende werk, in plaas van perfekte werk – dat ek nie probeer om “naam te maak” nie, maar eerder om ‘n verskil te maak.
Help my om almal met wie ek in aanraking kom, te behandel soos U hul sou behandel – met respek en liefde en vergifnis.
Help my ook om self om vergifnis te vra indien nodig.
Herinner my aan die begin van hierdie dag, dat ek aan U behoort. Dit is my begeerte om ook so op te tree.
Hou my voete vas op die grond en verhoed my gedagtes om te dwaal, sodat ek nie kosbare tyd in beslag neem terwyl ek eintlik besig moet wees met die belangrike dinge wat U vir my beplan het.
Ek is trots daarop om U kind te wees, Here!
Ek is so dankbaar dat U vir my aan die kruis gesterf het – weer opgestaan het op U eie, nuwe dag – sodat elke dag daarna gevul kan wees met die wonder van U liefde, die vryheid van U Gees en die vreugde om U te kan ken.
Ek weet dat my lewe op aarde kort en vlietend is, Here, maar ek wil vandag leef asof dit die eerste of die laaste dag van my lewe is.
Here help my terselfdertyd dankbaar wees vir elke perfekte gawe wat U gekies het om vir my te gee.
Vandag, en elke dag, wil ek my lewe aan U wy, Jesus. In U kosbare Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Donderdag 23 September

Klaagliedere 3:21-23
21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Om oor te gesels of te dink:

  • In hoofstuk 2 van Klaagliedere is ‘n priester aan die woord. Hy kla en begrawe HOOP so saam met die individu en die vrou waarvan ons al gelees het. Selfs mense wat daagliks in die Woord wandel word afgemat en verloor hoop. Lees Hebreërs 11 as ‘n getuienis van groot Geloofshelde. Aan die einde van hulle verhale kan ons na hulle opkyk as groot geloofshelde wat getrou was. Maar van tyd tot tyd in hulle verhale kan jy spesifieke situasies opnoem waar hulle ook HOOP verloor het. Die verskil tussen die geloofshelde van Hebreërs en die priester in Klaagliedere, is dat die priester nie meer vir God kon raaksien in die gebeure om hom nie. Die Geloofshelde, het God gevind in alles wat om en met hulle gebeur het.
  • Het jy ‘n Geloofsheld waarna jy baie opkyk? Waarom? Wat is vir jou inspirerend in die manier hoe hy of sy God raaksien en volg? Hoe kan hy of sy jou inspireer om ook nou God raak te sien en te volg? Vra dat God seker sal maak dat daar ‘n gesonde mate van respek sal wees in hierdie “opkyk” en dat die persoon nie God se plek in jou lewe sal neem nie.
  • Hoe kan jou lewe dalk ‘n inspirasie vir iemand anders wees wat kyk? Dalk vir jou kinders, bure, vriende of familie? Hoe sal hulle geïnspireer word in hoe jy God raaksien en volg in jou omstandighede? Waar is daar ruimte vir groei?
  • Klaagliedere herinner ons dat God alles nuut maak. Elke dag. Maar ook elke hart. Het jy nodig om die Here te vra dat Hy dalk valse verafgoding van mense moet verwyder? Het jy dalk nodig om te vra vir beter geestelike rolmodelle? Hoe kan jy vir jou geestelike leiers bid?

Gebed:
Goeie môre, Here van my lewe!
Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n kans vir ‘n nuwe begin. Gister is verby en daarmee saam enige foute, mislukkings of dinge waaroor ek moontlik spyt is.
Dis ‘n goeie dag om dankbaar te wees, en ek is dankbaar, Here.
Dankie vir vandag, ‘n nuwe geleentheid om lief te hê, te gee en om alles te wees wat U wil hê ek moet wees.
Ek wil my dag begin met U in my gedagtes en in my hart.
Soos ek besig is om aan te trek, trek asseblief vir my die wapenrusting aan wat U elke dag aan my voorsien: die helm van Verlossing, die borsharnas van vryspraak, die skild van Geloof, die gordel van Waarheid, die skoene van Bereidheid om die evangelie te verkondig en die swaard van die Gees.
Gee my vandag my daaglikse Brood – omdat hierdie Brood van die Lewe, U voedsel soos manna, my sal versterk teen enige aanslae.
Help my om my gedagtes op U te rig en slegs woorde te spreek wat ander kan help en bemoedig.
Help my om te dink voordat ek praat en dat ek die begeertes van my hart opsy sal sit. Help my om te streef na uitstekende werk, in plaas van perfekte werk – dat ek nie probeer om “naam te maak” nie, maar eerder om ‘n verskil te maak.
Help my om almal met wie ek in aanraking kom, te behandel soos U hul sou behandel – met respek en liefde en vergifnis.
Help my ook om self om vergifnis te vra indien nodig.
Herinner my aan die begin van hierdie dag, dat ek aan U behoort. Dit is my begeerte om ook so op te tree.
Hou my voete vas op die grond en verhoed my gedagtes om te dwaal, sodat ek nie kosbare tyd in beslag neem terwyl ek eintlik besig moet wees met die belangrike dinge wat U vir my beplan het.
Ek is trots daarop om U kind te wees, Here!
Ek is so dankbaar dat U vir my aan die kruis gesterf het – weer opgestaan het op U eie, nuwe dag – sodat elke dag daarna gevul kan wees met die wonder van U liefde, die vryheid van U Gees en die vreugde om U te kan ken.
Ek weet dat my lewe op aarde kort en vlietend is, Here, maar ek wil vandag leef asof dit die eerste of die laaste dag van my lewe is.
Here help my terselfdertyd dankbaar wees vir elke perfekte gawe wat U gekies het om vir my te gee.
Vandag, en elke dag, wil ek my lewe aan U wy, Jesus. In U kosbare Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Woensdag 22 September

2 Korintiërs 12:9-10
9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Klaagliedere 3:21-23
21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Om oor te gesels of te dink:

  • In hoofstuk 2, 4 en 5 van Klaagliedere word die man se stem verteenwoordig. Ons manne word geken vir hulle krag, hulle sterkte, hulle voorsiening en beskerming. Mooi eienskappe. Hierdie eienskappe is nie net beperk tot manne nie, ons vroue het hulle ook. Maar ons verloor HOOP wanneer ons vermoë om te beskerm, te voorsien, sterk te wees in gedrang kom. Wanneer ons aan die einde van ons krag kom, kom ons ook naby aan die einde van ons hoop.
  • In die 2 Korintiërs gedeelte herinner Paulus ons dat ons hoop juis nie in ons eie vermoë gegrond is nie, maar in God. Wanneer ons swak is, kan ons uiteindelik braaf genoeg wees om vas te hou aan God se krag. Wanneer ons niks het om op te vertrou soos ons vermoë om te beskerm, versorg of sterk te staan nie, kan ons die knie buig en God se hulp aanvaar.
  • Voel jy tans of het jy al gevoel dat jy weerloos is, dat jou krag uitgeloop het, dat jy nie sterk genoeg is om iets te hanteer nie, nie kan voorsien of beskerm nie? Dit is nie ‘n lekker gevoel nie, maar God is dan juis daar sodat ons op Hom kan vertrou. Deel jou hart en jou ervaring met die Here.
  • Wanneer ons weerloos voel en hopeloos wil word, kan ons juis weer God in die regte posisie in ons lewens herstel. Staan jy voor die geleentheid waar jy kan kies om meer op God te vertrou as op jou eie kragte? Hoe sal so ‘n verhouding anders lyk as in die verlede? Hoe sal jy aan God “submit” en afhanklik wees?
  • Klaagliedere herinner ons dat God alles nuut maak. Elke dag. Maar ook elke hart. Het jy nodig om die Here te vra dat Hy jou krag, jou sterkte, voorsiening en beskerming in Sy hand te hou, eerder as om dit in jou eie hande te wil neem? Maak jou hart leeg by die Here.

Gebed:
Goeie môre, Here van my lewe!
Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n kans vir ‘n nuwe begin. Gister is verby en daarmee saam enige foute, mislukkings of dinge waaroor ek moontlik spyt is.
Dis ‘n goeie dag om dankbaar te wees, en ek is dankbaar, Here.
Dankie vir vandag, ‘n nuwe geleentheid om lief te hê, te gee en om alles te wees wat U wil hê ek moet wees.
Ek wil my dag begin met U in my gedagtes en in my hart.
Soos ek besig is om aan te trek, trek asseblief vir my die wapenrusting aan wat U elke dag aan my voorsien: die helm van Verlossing, die borsharnas van vryspraak, die skild van Geloof, die gordel van Waarheid, die skoene van Bereidheid om die evangelie te verkondig en die swaard van die Gees.
Gee my vandag my daaglikse Brood – omdat hierdie Brood van die Lewe, U voedsel soos manna, my sal versterk teen enige aanslae.
Help my om my gedagtes op U te rig en slegs woorde te spreek wat ander kan help en bemoedig.
Help my om te dink voordat ek praat en dat ek die begeertes van my hart opsy sal sit. Help my om te streef na uitstekende werk, in plaas van perfekte werk – dat ek nie probeer om “naam te maak” nie, maar eerder om ‘n verskil te maak.
Help my om almal met wie ek in aanraking kom, te behandel soos U hul sou behandel – met respek en liefde en vergifnis.
Help my ook om self om vergifnis te vra indien nodig.
Herinner my aan die begin van hierdie dag, dat ek aan U behoort. Dit is my begeerte om ook so op te tree.
Hou my voete vas op die grond en verhoed my gedagtes om te dwaal, sodat ek nie kosbare tyd in beslag neem terwyl ek eintlik besig moet wees met die belangrike dinge wat U vir my beplan het.
Ek is trots daarop om U kind te wees, Here!
Ek is so dankbaar dat U vir my aan die kruis gesterf het – weer opgestaan het op U eie, nuwe dag – sodat elke dag daarna gevul kan wees met die wonder van U liefde, die vryheid van U Gees en die vreugde om U te kan ken.
Ek weet dat my lewe op aarde kort en vlietend is, Here, maar ek wil vandag leef asof dit die eerste of die laaste dag van my lewe is.
Here help my terselfdertyd dankbaar wees vir elke perfekte gawe wat U gekies het om vir my te gee.
Vandag, en elke dag, wil ek my lewe aan U wy, Jesus. In U kosbare Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Dinsdag 21 September

Matteus 10:16(-25)
16“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.

Klaagliedere 3:21-23
21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Om oor te gesels of te dink:

  • In hoofstuk 1 van Klaagliedere klink dit asof daar ‘n vrou aan die woord is. Ons vroue word geken vir ons sagtheid, ons omgee, ons sorg en ons deernis. Mooi eienskappe. Hierdie eienskappe is nie net beperk tot vroue nie, ons manne het hulle ook. Maar ons verloor HOOP wanneer daar misbruik gemaak word van hierdie mooi eienskappe, wanneer mense ons te na kom en ons sleg behandel.
  • In die Matteus gedeelte herinner Jesus ons dat ons uitgestuur word soos skape tussen wolwe. Skape is vreedsaam en weerloos. Wolwe verslind. Dit is ‘n akkurate prentjie van hoe dit soms voel as mens die Here dien en die wêreld jou goeie hart uitmekaar ruk.
  • Voel jy tans of het jy al gevoel dat mense jou te na kom omdat jy ‘n sagte hart het, omgee, sorg en deernis het? Jesus herinner ons dat dit met ons gebeur omdat dit ook met Hom gebeur het. Hy weet hoe dit voel. Deel jou hart met die Here.
  • Wanneer ons seergekry het, is dit natuurlik om te wil kies om net so hard soos die wêreld om ons te word. Om ook ‘n wolf te wil wees. Staan jy voor so ‘n keuse? Praat met die Here. Sou die Here wou hê jy moet soos die wolwe word, of steeds soos een van Sy skape wees? Indien dit jou help, kan jy skryf. Maar skryf jou brief uit God se perspektief. Wat sou Sy antwoord aan jou wees as Hy nou vir jou, Sy geliefde, ‘n brief moes skryf in antwoord.
  • Klaagliedere herinner ons dat God alles nuut maak. Elke dag. Maar ook elke hart. Het jy nodig om die Here te vra dat Hy jou sagte, hart herstel wat omgee, sorg en deernis het met ander? Maak jou hart leeg by die Here.

Gebed:
Goeie môre, Here van my lewe!
Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n kans vir ‘n nuwe begin. Gister is verby en daarmee saam enige foute, mislukkings of dinge waaroor ek moontlik spyt is.
Dis ‘n goeie dag om dankbaar te wees, en ek is dankbaar, Here.
Dankie vir vandag, ‘n nuwe geleentheid om lief te hê, te gee en om alles te wees wat U wil hê ek moet wees.
Ek wil my dag begin met U in my gedagtes en in my hart.
Soos ek besig is om aan te trek, trek asseblief vir my die wapenrusting aan wat U elke dag aan my voorsien: die helm van Verlossing, die borsharnas van vryspraak, die skild van Geloof, die gordel van Waarheid, die skoene van Bereidheid om die evangelie te verkondig en die swaard van die Gees.
Gee my vandag my daaglikse Brood – omdat hierdie Brood van die Lewe, U voedsel soos manna, my sal versterk teen enige aanslae.
Help my om my gedagtes op U te rig en slegs woorde te spreek wat ander kan help en bemoedig.
Help my om te dink voordat ek praat en dat ek die begeertes van my hart opsy sal sit. Help my om te streef na uitstekende werk, in plaas van perfekte werk – dat ek nie probeer om “naam te maak” nie, maar eerder om ‘n verskil te maak.
Help my om almal met wie ek in aanraking kom, te behandel soos U hul sou behandel – met respek en liefde en vergifnis.
Help my ook om self om vergifnis te vra indien nodig.
Herinner my aan die begin van hierdie dag, dat ek aan U behoort. Dit is my begeerte om ook so op te tree.
Hou my voete vas op die grond en verhoed my gedagtes om te dwaal, sodat ek nie kosbare tyd in beslag neem terwyl ek eintlik besig moet wees met die belangrike dinge wat U vir my beplan het.
Ek is trots daarop om U kind te wees, Here!
Ek is so dankbaar dat U vir my aan die kruis gesterf het – weer opgestaan het op U eie, nuwe dag – sodat elke dag daarna gevul kan wees met die wonder van U liefde, die vryheid van U Gees en die vreugde om U te kan ken.
Ek weet dat my lewe op aarde kort en vlietend is, Here, maar ek wil vandag leef asof dit die eerste of die laaste dag van my lewe is.
Here help my terselfdertyd dankbaar wees vir elke perfekte gawe wat U gekies het om vir my te gee.
Vandag, en elke dag, wil ek my lewe aan U wy, Jesus. In U kosbare Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Maandag 20 September

Klaagliedere 3:18-23
18Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. 19Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; 20as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas. 21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Om oor te gesels of te dink:

  • In hoofstuk 3 van Klaagliedere is ‘n individu aan die woord. Indien jy die hele hoofstuk sou lees, sou dit klink asof ons by HOOP se begrafnis staan. Die individu het opgegee en is reg om alle HOOP te begrawe. Wat die individu hier by die begrafnis sien is egter ‘n wonderwerk, Hy sien dat God teenwoordig is. Hy sien dat God steeds liefhet en Homself oor die individu en die volk ontferm. Hierdie gewaarwording maak dat die individu weer HOOP vind en kan bely: Die Here is my lewe.
  • Wat is die dinge wat jou tans laat voel dat daar nie meer hoop is nie? Deel jou hart met die Here.
  • Waar in die afgelope naweek het jy God raakgesien of ‘n straaltjie van hoop beleef? Indien jy werklik nie hierop positief kan antwoord nie, praat met ‘n medegelowige en vra vir hulle die vraag.
  • In die aand voor jy gaan slaap praat met die Here. Vra vir Hom om alles waaroor jy gekla het en jou hoop vandag gesteel het nou weg te neem en stil te maak. Vra vir Hom om jou deur die nag te herstel en jou oë oop te maak om môre bewus te wees van die nuwe dag, God se liefde, Sy ontferming, en Sy hoop. (Gaan kyk na die huisgeloof in gister se erediens en leer van die “Boop” knoppie. Die knoppie kan jou en jou huisgesin help met ‘n fisiese teken wanneer jy weer in klaagliedere verval om te onthou dat God elke oomblik nuut maak en dat jy weer nuut kan begin om hoop raak te sien.

Gebed:
Goeie more, Here van my lewe!
Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n kans vir ‘n nuwe begin. Gister is verby en daarmee saam enige foute, mislukkings of dinge waaroor ek moontlik spyt is.
Dis ‘n goeie dag om dankbaar te wees, en ek is dankbaar, Here.
Dankie vir vandag, ‘n nuwe geleentheid om lief te hê, te gee en om alles te wees wat U wil hê ek moet wees.
Ek wil my dag begin met U in my gedagtes en in my hart.
Soos ek besig is om aan te trek, trek asseblief vir my die wapenrusting aan wat U elke dag aan my voorsien: die helm van Verlossing, die borsharnas van vryspraak, die skild van Geloof, die gordel van Waarheid, die skoene van Bereidheid om die evangelie te verkondig en die swaard van die Gees.
Gee my vandag my daaglikse Brood – omdat hierdie Brood van die Lewe, U voedsel soos manna, my sal versterk teen enige aanslae.
Help my om my gedagtes op U te rig en slegs woorde te spreek wat ander kan help en bemoedig.
Help my om te dink voordat ek praat en dat ek die begeertes van my hart opsy sal sit. Help my om te streef na uitstekende werk, in plaas van perfekte werk – dat ek nie probeer om “naam te maak” nie, maar eerder om ‘n verskil te maak.
Help my om almal met wie ek in aanraking kom, te behandel soos U hul sou behandel – met respek en liefde en vergifnis.
Help my ook om self om vergifnis te vra indien nodig.
Herinner my aan die begin van hierdie dag, dat ek aan U behoort. Dit is my begeerte om ook so op te tree.
Hou my voete vas op die grond en verhoed my gedagtes om te dwaal, sodat ek nie kosbare tyd in beslag neem terwyl ek eintlik besig moet wees met die belangrike dinge wat U vir my beplan het.
Ek is trots daarop om U kind te wees, Here!
Ek is so dankbaar dat U vir my aan die kruis gesterf het – weer opgestaan het op U eie, nuwe dag – sodat elke dag daarna gevul kan wees met die wonder van U liefde, die vryheid van U Gees en die vreugde om U te kan ken.
Ek weet dat my lewe op aarde kort en vlietend is, Here, maar ek wil vandag leef asof dit die eerste of die laaste dag van my lewe is.
Here help my terselfdertyd dankbaar wees vir elke perfekte gawe wat U gekies het om vir my te gee.
Vandag, en elke dag, wil ek my lewe aan U wy, Jesus. In U kosbare Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Saterdag 18 September

Lukas 7:18-35
“35 Ja, al wat hierdie mense doen, is om fout te vind. Maar gelukkig sal diegene wat doen wat God vra, weet wat die waarheid is.” (Lukas‬ ‭7:35‬ ‭DB‬)

Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week by Lukas 7 stilgestaan oor Johannes wat begin twyfel het aan Jesus en dit het tot verwarring gelei. Ons het ontdek dat ons ons vrae, verwarring en verwagtinge na Jesus toe kan bring. Het jy iets hierdie week daarvan beleef?
Net soos Johannes soms wonder of hy agter die regte Jesus aanstap, kan ons ook die vrae vra. Jesus is groter as ons vrae. Ons moet egter nie ons vrae as rookskerm gebruik om nie met Jesus interaksie te hê nie. Vrae beteken daar is ‘n verhouding en ons moet dit koester.
Jesus het Hom nie laat afsit deur die menings van die godsdienstiges nie. Hulle het net dout gesoek. Hy het eerder gefokus op mense wat Hom nodig het en die waarheid aanvaar het. Ons kan met vrymoedigheid na Jesus toe gaan.

  • Wat het jy hierdie week ontdek rondom jou eie vrae oor Jesus?
  • Wat sal jy anders wil doen?

Gebed
Here Jesus, ek is soms verward met al my vrae. Dankie dat U groter is as my vrae en verwarring. Help om om U waarheid te ontdek, sodat ek met wysheid kan leef. Amen.

Vrydag 17 September

Lukas 7:18-35
33 Johannes die Doper het gekom en nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ 34 Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sê: ‘Kyk daar, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en sondaars.’ 35 Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.

Om oor te gesels en dink:
Die mense het allerande verskonings gehad hoekom hulle nie na Johannes en Jesus wou luister nie. Die onwaarskynlike mense, soos die tollenaars en sondaars wat amper nie as mense beskou is nie, het die evangelie aanvaar. Die “geleerde” mense, soos die Fariseërs, het gesê dat Johannes duiwelbesete is en Jesus nie van God af kan kom omdat Hy meng met tollenaars en sondaars nie. Die mense wat Jesus moes aanvaar, wou nie en het nie.
Lukas 7:35 kan vertaal word met: “Maar God word reg bewys deur diegene wat sy kinders geword het.” Elkeen wat die boodskap van Jesus aanvaar, is ’n kind van God. Hulle het die waarheid aanvaar en dit is duidelik sigbaar in hulle lewens.
Vir ons vandag, kan ons weet dat ons God se kinders is. Ons sal Sy wysheid in ons lewens ervaar. Onthou Jesus se woorde vroeër in 7:28 dat alhoewel Johannes ’n belangrike persoon was, is elkeen van ons as geringstes, groter as hy in die koninkryk. God los ons nie. Hy ag elkeen van ons as Sy kinders as waardevol.

  • Besef jy dat jy God se kind is? Wat beteken dit vir jou?
  • Waar sien jy God werk in jou lewe?
  • Dink na oor God se liefde vir jou en dat dit vir jou moed gee vir vandag.

Gebed
Jesus, dankie dat U gekom het om my U kind te maak. Dankie dat U my waardig ag om U kind te wees. Mag ek vandag leef met die wete dat U by my is. Amen.

Donderdag 16 September

Lukas 7:18-35
31 Verder het Jesus gesê: “Waarmee sal Ek die mense van hierdie geslag vergelyk? Soos wie is hulle? 32Hulle is net soos kinders wat op die markplein sit en vir mekaar roep: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het ’n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!

Om oor te gesels en dink:
Jesus praat met die mense en vra hulle uit oor wat hulle verwagtinge van Johannes was en per implikasie wat hulle nou van Jesus verwag. Die onwaarskynlikste mense, soos tollenaars, het die boodskap aanvaar. Maar die mense van wie jy dit verwag het, het nie die boodskap aanvaar nie.
Ons mis soms God se boodskap omdat ons so gewoond daaraan is. Johannes en Jesus het opgetree, maar die mense het dit nie raakgesien nie. Of liewer, dalk wou hulle dit nie raak sien nie. Dit was soos die beeld van die speletjie wat Jesus vertel: hulle is genooi om saam te speel, maar het dit geïgnoreer. Dit blyk dat hulle uit ‘n plek van beterwetigheid nie die boodskap van Johannes of Jesus gesnap het nie. Dit vra van ons ’n keuse! Hoe reageer ek op Jesus se boodskap?

  • Wat se impak het Jesus se boodskap op jou lewe?
  • Wat verwag jy van Jesus?

Gebed
Here Jesus, ek mis U soms omdat ek dink ek weet beter of ek is so gewoond aan U. Help my dat ek U sal raaksien. U het gekom en genade gebring. Mag ek U genade vandag opnuut beleef. Amen.

Woensdag 15 September

Lukas 7:18-35
22 Hy het vir Johannes se dissipels gesê: “Gaan terug na Johannes, en vertel hom wat julle gesien en gehoor het – blindes sien, verlamdes loop, mense met ernstige velsiektes word genees, dowes hoor, dooies word tot die lewe opgewek, en die Goeie Nuus word aan die armes verkondig. 23 En sê vir hom: ‘Gelukkig is hulle wat nie aan My aanstoot neem nie.’
‭‭(Lukas‬ ‭7:22-23‬ ‭NLV‬‬)

Om oor te gesels en dink:
Jesus hanteer Johannes se dissipels en hulle vraag met soveel deernis. Hy raas nie met hulle nie, maar moedig hulle aan om ooggetuies van wat Hy doen, te wees.
In Jesus se antwoord hoor ons Jesaja 61:1-2. Hulle beleef die vervulling van die Ou Testament in Jesus se werke rondom hulle en kan dit vir Johannes in die tronk gaan vertel.
Hierdie vertaling gee ‘n ander dimensie: gelukkig is hulle wat nie aanstoot neem oor wat Jesus doen nie, veral as dit anders is as wat mens dink.
As Johannes se volgelinge weggaan sê Jesus dat alhoewel Johannes ‘n belangrike persoon is, is elkeen wat na Jesus luister belangriker. Ons kan dus weet dat Jesus ons nooit sal verwerp nie, selfs al twyfel ons of voel ons verward.
Jesus moedig hulle en ons aan om te kyk waar Hy aan die werk is en lewens transformeer.

  • Waar sien jy Jesus aan die werk?
  • Wat sal jy graag vir Jesus wil vra om jou te verander?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U is wie U is en dat U werke dit wys. Mag ek U vandag raaksien. Mag ek vandag U liefde vir iemand wys. Amen.

Dinsdag 14 September

Lukas 7:18-35
Toe Johannes se volgelinge by Jesus kom, sê hulle: “Johannes die Doper het ons na U toe laat kom. Hy wil weet of U die Een is wat van God af na ons toe gestuur is, of nie. Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie die fout maak om dalk vir die verkeerde een te wag nie.” Jesus was juis besig om ’n skare mense van allerhande siektes gesond te maak. Hy het mense bevry wat in die mag van bose geeste was en blindes laat sien. (Lukas‬ ‭7:20-21‬ ‭DB‬‬)

Om oor te gesels en dink:
Teleurstellings is ook deel van ons geloofsreis. Ons het verskillende verwagtinge, net soos Johannes en sy dissipels, wat kan lei tot teleurstellings. Dit is nie iets waaroor ons altyd dink of praat nie. Dit is moeilik as mens in so situasie is en as dinge nie uitwerk soos ons dit wil hê nie.
Ons moet ons verwagtinge en teleurstellings na die Here toe bring en bid dat Hy ons sal help om te onderskei tussen dit wat ons kan verander en dit wat ons nie kan verander nie. Laat ons doen wat ons verander en laat gaan wat ons nie kan verander nie.

  • Wat wil jy vandag vir die Here vra?
  • Deel jou hart met Hom.

Gebed
Here, ek is soms teleur gestel as dinge nie is soos wat ek dit wil hê nie. Help my met wysheid om te weet wat ek kan verander en te laat gaan wat ek nie kan verander nie. Mag ek vandag U liefde en omgee meer ervaar. Amen.

Maandag 13 September

Lukas 7:18-35
18 Die volgelinge van Johannes het hom van al hierdie dinge vertel. Hy laat toe twee van sy volgelinge roep 19 en stuur hulle na die Here toe om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?” (Lukas 7:18-19)

Om oor te gesels en dink:
Ons kan nogal met Johannes identifiseer. Hy wonder oor wie Jesus is en hoekom Hy doen wat Hy doen. Daarom stuur Johannes van sy volgelinge om vir Jesus te gaan vra of Hy regtig is wie Hy is. Hulle vra Jesus of hulle iemand anders moet verwag. Jesus antwoord deur te vra dat Johannes se dissipels sal vertel van al die wonders wat hulle Jesus sien doen het.

Ons verwagtinge van Jesus bepaal hoe ons leef. Dit is nie altyd die regte verwagtinge nie.

  • Wat verwag jy van Jesus?
  • Wat maak jy as Jesus nie doen soos jy dink nie?
    Sien jy die wonderwerke raak wat Jesus doen, selfs al is dit nie wat jy verwag het nie?

Bring jou verwagtinge vandag na Jesus toe. Hy werk op ander maniere as wat ons dink, maar Hy verwerp ons nooit nie. Jesus begelei Johannes se dissipels om te ontdek wie Hy werklik is. Net so kan ontdek wie Jesus regtig is.

Gebed
Jesus, soms wonder ek ook soos Johannes oor wie U is. My verwagtinge is nie altyd reg nie. Mag ek ontdek wie U werklik is. Kom leer en lei my. Amen

Saterdag 11 September

Om oor te gesels en dink:
Ons sluit vandag ons reeks oor vreugde in ‘n tyd van verlies af met hierdie gebed van Paulus. Verlies, hetsy persoonlik of aan mense rond jou, deur jou eie toedoen of iets buite jou beheer, bly moeilik. Nou bid Paulus dat hulle liefde (liefde vir God en mekaar) hulle sal help om te kan onderskei wat belangrik en waaroor dit werklik gaan. Ons het wysheid nodig. Ons kan maklik op die verkeerde dinge fokus en dan mis ons waarmee God besig is. Begrip en fyn aanvoeling is nodig om te weet dat God se liefde ons nooit sal teleur stel nie.
Ons moet die groter prentjie raak sien. God los ons nie alleen in ons swaarkry nie. Wanneer ons in die regte verhouding met God leef, hoef ons nie bang te wees nie. Ons kan uitsien om by Jesus Christus te wees. Hy is heeltyd besig om ons te vorm om onberispelik en sonder blaam te wees.

  • Wat het jy die afgelope tyd meer van die Here ontdek?
  • Waarvoor wil jy bid om meer begrip en fyn aanvoeling te hê?
  • Vir wie kan jy bid wat tans deur ‘n moeilike tyd gaan?

Gebed
Jesus Christus, U ken my. U ken my swaarkry en my blydskap. Help my om te onderskei waaroor dit werklik gaan. Mag ek meer vreugde ervaar. Ek kom gee myself opnuut weer vir U. Amen.

Vrydag 10 September

Romeine 5:3-5
3 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4 en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Om oor te gesels en dink:
Wanneer mens swaar kry, is om daaroor bly te wees die laaste ding wat jy doen. Jy ervaar eerder woede en aggressie daaroor. Maar Paulus se perspektief oor swaarkry resoneer met mense wat deur moeilike omstandighede is. As jy terugkyk op jou swaarkry, kry jy nuwe perspektief en kan dit wees dat jy jou daaroor verheug.

Ons sien progressie van swaarkry tot hoop. Dit bring volharding en egtheid van geloof wat lei tot hoop. Wanneer ons hoop het, kan ons kans sien vir wat ook al op ons pad kom. Die Heilige Gees is in ons harte uitgestort om ons te herinner aan hierdie hoop en liefde van God.

  • Hoe dink jy oor jou swaarkry?
  • Ervaar jy die Heilige Gees se nabyheid in jou swaarkry?

Gebed
Here, help my om my te verheug in my swaarkry. Laat my vashou aan die hoop. Dankke vir U liefde wat altyd by my is. Amen.

Daar is geen groter troos of vreugde as die sekerheid dat jy midde-in jou nood omsluit word deur die liefde van God nie. (Johannes Calvyn)

Donderdag 9 September

2 Korintiërs 12: 9 -12

9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Om oor te gesels en dink:
Ons verloor maklik perspektief as dit moeilik gaan. Wanneer ons verlies ervaar, sukkel ons om die goeie en mooi raak te sien. Paulus herinner ons om anders te kyk na wat met ons gebeur. Ons kan oor ons swakhede roem omdat God se genade genoeg is. Juis wanneer ons swak is, is ons sterk.
Dis vir ons moeilik om hierdie twee teenoorgesteldes vas te hou, maar dis juis die geheim. God se krag hou ons vas en is soos ‘n skuiling wat ons beskerm.

  • Beleef jy God se krag in jou swakhede? Gee jou swakhede vir God en vra dat Hy jou sal krag gee en sterk maak.
  • Kan jy oor jou swakhede roem?
  • Waarvoor het jy vandag genade nodig?

Gebed
Hemelse Vader, ek sukkel met my swakhede en het U nodig. Mag ek vandag beleef dat U genade vir my genoeg is. Amen

Woensdag 8 September

Filippense 4:18-19
Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. 19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

Om oor te gesels en dink:
Paulus het in sy moeilike omstandighede in die tronk die gawe van die gemeente ontvang om sy lewe draagliker te maak. Hy sê vir hulle dankie dat hulle hom help. Hy weet dat dit nie vir hulle maklik was nie. Die gawe (hulp) wat hulle gee is soos ‘n offer wat vir God goed en aanneemlik is. Paulus besef dat dit iets van hulle gevra het om te gee. Hulle het opofferings gemaak.
Daarom bid hy die wens oor hulle dat God in elke behoefte sal voorsien, soos net Hy kan.

As ons gee, vra dit iets van ons. Ons gawe (offer) beteken vir iemand meer as wat ons ooit self besef.

  • Wie druk die Here op jou hart om jou gawes mee te deel?
  • Wat se behoefte sal jy graag vandag vir die Here wil vra?
  • Glo jy dat God sal voorsien?

Gebed
Here, U is die Groot Voorsiener en ek weet dat U altyd in my behoeftes voorsien. Ek kom vra vandag…
Wys my met wie ek vandag my gawe kan deel, al moet ek iets offer, want ek weet dit sal vir U aanneemlik en welgevallig wees.
Amen.

Dinsdag 7 September

Filippense 4:13
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” ‭(AFR83‬‬)
“Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.” (Die Boodskap)

Om oor te gesels en dink:
Nadat Paulus in die vorige paar verse gesê het dat hy die geheim van tevredenheid ontdek het, kan hy sê dat hy tot alles in staat is deur Hom wat hom krag gee.
Dit is nie ‘n triomfantelike uitspraak met die fokus op die eie-ek wat alles kan doen nie. Hierdie vers kan maklik hiervoor misbruik word.
Dit is juis in afhanklikheid van God dat hy sê soos wat Die Boodskap dit vertaal: “vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.”
Dis juis nie die maklike antwoord nie, maar uit diep oortuiging dat hy sê dat hy kans sien. Onthou dat Paulus se omstandighede nie gunstig was nie, hy is in die tronk. Dit weerhou hom nie om hierdie uitspraak te maak nie.

  • Wat beteken hierdie vers vandag vir jou?
  • Sien jy vandag kans vir wat voorlê?
  • Deel jou hart met die Here.

Gebed
Jesus, U is my bron van krag! Mag ek vandag U krag ervaar sodat ek kan kans sien vir wat vandag vir my inhou. Dankie vir U liefde en genade vir my. Amen.

Maandag 6 September

Filippense 4:10-11
10 Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. 11 Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12 Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

Om oor te gesels en dink:
Paulus skryf uit sy hart aan die gemeente vir wie hy baie lief was. Hulle het vir hom omgegee en gesorg. Nou verklaar hy dat hy dankbaar is dat hulle aan hom gedink het. Hy sê dat hy die geheim ontdek het om tevrede te wees, wat ook al sy omstandighede. Die woord “behelp” is ’n vreemde vertaling, maar beteken om tevrede te wees, al is dit minder as wat jy verwag het. Teleurstelling is soms dat ons nie gekry het, soos ons dit wou gehad het nie.
Ons kan so maklik fokus op dit wat ons nie het nie of nog moet kry, dat ons dit mis om tevrede te wees met wat ons wel het.

  • Waaroor kan jy vandag dankie sê? Waaroor is jy tevrede?
  • Wat sou jy vir die Here wil gee om jou te help om dankbaar te wees?
  • Wat sal jy vandag vir die Here wil vra?

Gebed
Here God, U is die Een wat altyd voorsien. Ek mis dit soms en is dan ontevrede oor my omstandighede. Help my om vrede te vind, sodat ek tevrede kan lewe. Leer my die geheim om in afhanklikheid van U te lewe.
Amen.

Saterdag 4 September

Filippense 4:10
10Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

Om oor te dink:
Hierdie week het ons saam gereis oor gebed. Hoe gefokused jou gebedslewe is. Waarop jy jou gedagtes inrig. 'n Ingesteldheid om God te loof vir sy kragtige dade. Om rou en eerlik ons begeertes en vrese aan God bekend te maak. En dat gebed 'n lewneswyse is wat ons reg deur die dag met God ons hart/gedagtes kan deel. Hierdie teks gedeelte in Filippense deel Paulus sy enigste wens - om Christus te ken!

Dink terug aan jou gebede hierdie week. Is dit ook deel van jou begeerte? Deel jy in gebed dat jy meer van God wil ken en ervaar?

Gebed
Neem weer doelbewus vandag 'n paar oomblikke van stilte. Wat wil jy van God ken? Of dalk meer ken? Persoonlilk ervaar? Skryf dit dalk in 'n briefvorm aan God.

Of bid gerus die volgende gebed:
Here, hoor my hart/gedagtes vanoggend.
Ek het 'n diepe verlang om U meer en meer te ken.
Nie net in kennis nie, maar op 'n persoonlike vlak.
Al wat ek wens is om U te ken.
Amen

Vrydag 3 September

Job 6:11-14
11“Het ek nog die krag om dit uit te hou? Kan ek nog geduldig op my einde wag? 12Is ek dan so sterk soos klip, is ek van brons gemaak? 13Self is ek tot niks in staat nie. Ek weet nie meer raad nie.

Om oor te dink:
Gebed is ook om rou en eerlik met God te kan wees. Job herinner ons dat ons selfs min woorde in gebed kan bring. Dat God regtig 'okay' is met dit wat ons tans beleef of ervaar. En dat ons dit nie in gebed hoef weg te steek nie. Probeer vandag in jou gebed rou en eerlik met God wees.

Gebed
Here, U sien dwarsdeur my.
U ken my deur en deur.
Vandag wil ek graag eerlik kan deel dat…
Dit frustreer my dat…
En ek vertrou U vir…
In Jesus Christus se Naam alleen
Amen

Donderdag 2 September

PSALM 121
Ek kyk op na die berge.
Kom my hulp daarvandaan?
2Nee, my hulp kom
van die Here,
wat hemel en aarde
gemaak het.
3Hy laat jou voet
nie struikel nie;
Hy wat waak oor jou,
slaap nie.
4Hy wat oor Israel waak,
sal nooit sluimer
of slaap nie.
5Die Here waak self oor jou.
Die Here is jou beskermer
aan jou regterkant.
6Die son sal jou bedags
nie aantas nie,
nog minder die maan
in die nag.
7Die Here bewaar jou
van alle kwaad
en Hy beskerm jou lewe.
8Die Here hou wag oor jou,
of jy kom of gaan,
nou en vir altyd.

Om oor te dink:
Gebed is 'n lewenswyse. Ons kan reg deur die dag ons begeertes, vrese en hoop aan God bekend maak. Soos dié Psalmdigter wat moontlik gevaar rondom hom raak beleef en sy vrees met God deel. In sy gebed kom hy net weer tot die besef dat die Here met hom is. Altyd. Mag jou gebede vandag jou ook gefokused hou op God se teenwoordigheid in jou eie lewe.

Gebed
Here, waak vandag oor my en my geliefdes
Beskerm ons en help ons om te onthou waar ons hulp vandaan kom.
U is ons Skepper, beskermer en altyd teenwoordig in ons lewe.
Amen

Woensdag 1 September

PSALM 118
Die Here doen kragtige dade
1 Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie!
2 Israel moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
3 Die huis van Aäron moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
4 Dié wat die Here dien, moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
5 In my nood het ek na die Here geroep,
die Here het my gebed verhoor en my bevry.
6 Die Here is by my, ek ken geen vrees nie;
wat kan 'n mens aan my doen?

Om oor te dink:
Deel van gebed is om die Here te loof vir sy kragtige dade! Wat het God onlangs in jou lewe gedoen? Of moontlik 'n gebed beantwoord? Loof die Here, want hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie. Mag ons huishoudings ook getuig! Probeer vandag om hierdie gebed deurlopende in jou gedagtes te hou. En selfs moontlik met iemand te deel hoe God onlangs iets vir jou gedoen het of 'n gebed verhoor het.

Gebed
Here, ons Here. Dankie vir u wonderdade.
Vir die beantwoording van ons gebede.
Vir U teenwoordigheid in ons lewe.
Aan u liefde is daar geen einde!
Amen

Dinsdag 31 Augustus

Filippense 4:8
8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

Om oor te dink:
Watter onderwerpe neem tans jou gedagtes oor? Neem 'n oomblik om opnuut vanoggend bewus te word van wat in jou hart en gedagtes lewe. Wees sag met jouself. Jy mag dit voel. In dié teks ontken Paulus nie dat daar dinge sal wees wat moeilik gaan en ons gedagtes kan oorheers nie. Maar hy stel voor, eintlik benadruk hy, dat ons, ons gedagtes moet fokus op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is.

Gebed
Probeer vandag om 5 of 7 minute in stilte te sit. Om in God se teenwoordigheid te sit en wees is deel van gebed. Kies een van hierdie woorde/dinge wat Paulus noem om jou gedagtes vir hierdie paar minute te fokus.

Maandag 30 Augustus

Filippense 4:4-7
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Om oor te dink:
Hoe gefokused is jy in jou gebedslewe? Waarvoor bid jy tans? Hoe klink jou gebed? Gebed is 'n ingesteldheid en 'n lewensstyl wat ons rig op God se wil. Probeer om hierdie week veral tyd te maak om te fokus op gebed.

It has been found that 12 minutes of daily focused prayer over an 8 week period can change the brain to such an extent that it can be measured on a brain scan. …this type of prayer seems to increase activity in brain areas associated with social interaction compassion and sensitivity to others. -
Dr Caroline Leaf

Gebed
Here, ek deel vandag my begeerte van… met U. Hoor my hart. Mag U vrede, Heilige Gees, wat alle verstand te bowe gaan oor my harte en gedagtes vandag wag hou in Christus Jesus. Amen

Saterdag 28 Augustus

1 Petrus 4:10 (Die Boodskap)

10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. Soos iemand wat in ’n huis aangestel is om ander te bedien, moet julle in God se geestelike huis al die wonderlike gawes onder mekaar uitdeel wat Hy vir ons gegee het sonder dat ons dit eintlik verdien.

Petrus skryf dat elke gelowige ’n geestelike gawe het. Hierdie gawes vertel van God se genade, Hy gee dit sonder verdienste. Net soos vir Paulus, is dit vir Petrus belangrik dat gelowiges hierdie gawes van hulle gebruik.
Dit geld vir almal: Of jy goed is met administrasie, of jy ’n bemoediger is, of jou gawe gasvryheid is en of jy ’n leraar is, gebruik dit! Gebruik dit om mekaar daarmee te bedien en ander te help. Dit bou die Kerk op as ons almal ons gawes gebruik, en die Kerk moet opgebou word om getrou haar roeping te kan vervul.
Elkeen van ons het die Kerk nodig, en die Kerk het jou nodig. Spansport, familie, liggaam met baie dele; dit is wie ons is!

God is die gewer van al hierdie gawes, ons is as rentmeesters daarmee toevertrou. Ons het ’n groot verantwoordelikheid om hierdie gawes te gebruik.

Om oor te dink
Wat is jou geestelike gawe, en hoe kan dit die kerk dien en opbou?

“The church exists primarily for two closely correlated purposes: to worship God and to work for his kingdom in the world … The church also exists for a third purpose, which serves the other two: to encourage one another, to build one another up in faith, to pray with and for one another, to learn from one another and teach one another, and to set one another examples to follow, challenges to take up, and urgent tasks to perform. This is all part of what is known loosely as fellowship.” N.T. Wright

Vrydag 27 Augustus

1 Petrus 4:9 (Die Boodskap)

9 As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met ’n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom.

Die gasvryheid van die Kerk in die NT was baie aantreklik. Gaan lees gerus Rom 12:13; 1 Tim 3:2; Titus 1:8; en Heb 13:2.

Daar is twee belangrike redes waarom dit in die NT beklemtoon word:

  1. Die sendingwerk van die kerk het hiervan afgehang, omdat verblyf dikwels skaars was, of nie wenslik was om in te bly nie. Gelowiges moes by mekaar tuisgaan soos hulle gereis het en die evangelie verkondig het. Dit was ook die voorreg van die gasheer om dan ook in die behoeftes van sy/haar gaste te voorsien. (Lees gerus Matt 10:11, 40; Hand 16:15; en 3 Joh 7-11)
  2. Huise was die beste plek vir die kerk om in bymekaar te kom. (Lees gerus Rom 16:3-5, 23; 1 Kor 16:19; en Kol 4:15). Teen die tyd wat Petrus hierdie brief geskryf het was daar reeds spanning tussen die Jode en die Christene oor die Christene se gebruik van Joodse Sinagoges vir hulle bymekaarkomste.

Petrus sê dat Christene dit met ’n glimlag moet doen, en nie moet kla of brom nie. Dit is so dat dit harde werk is, dat dit tyd vat, dat dit geld kos, dat dit ongemaklik is. Juis daarom vra hy ons om dit met ’n sekere houding te doen. Dieselfde houding waaroor ons gister nagedink het; die gasvrye houding en karakter van Jesus.
Waarom? Want dan kan ons mense konstant innooi in ’n familie van goeie nuus, ’n nuwe familie, ’n familie wat geken word aan liefde vir mekaar.

Om oor te dink
Wie kan jy in jou huis, lewe en storie innooi?

“True love is a splendid host” John Henry Jowett

Donderdag 26 Augustus

1 Petrus 4:9 (Die Boodskap)

9 As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met ’n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom.

Gasvryheid is ’n belangrike saak in die storie van die Bybel. Dit is een van die maniere waarop ons vir mekaar as medegelowiges, en die wêreld, lief is. Gasvryheid gaan nie daaroor om ander mense te beïndruk nie, dit gaan daaroor om die ander te dien.

Om gasvry te wees is een van die karaktereienskappe van God.
Ons loop ’n gasvrye God raak in die Tuin (Gen 1:26-2:25), hierdie selfde God bedien die Israeliete met manna (Eks 16). Hierdie God gee ook ’n land aan Sy mense wat oorloop van melk en heuning (Eksodus 3:8; Joshua 5:6). Die God van die Ou Testament verwelkom, voed, beskerm en versorg Sy mense, en gee hulle dan die opdrag om dieselfde te doen.

Jesus is ’n toonbeeld van hierdie gasvryheid op verskeie maniere.
Hy eet saam met sondaars (Mark 2:13-17; Luk 15:1-2), hy ontvang kinders (Mark 9:37), hy leer ons om onbelangrikes te nooi na ons eie feeste en tafels (Luk 14:12-14) en natuurlik om die vreemdeling te verwelkom (Matt. 25:35).
Hy maak ontbyt vir Sy volgelinge (Joh 21), Hy eet saam met die Emmausgangers (Luk 24:13-34), Hy sê in Joh 14:3 hy gaan om vir ons ’n plek gereed te maak, Hy stel die nagmaal in (Luk 22:14-20), en Hy wag om saam met ons fees te vier (Open 19:7).

Om oor te dink
Ken jy vir God as ’n gasvrye verwelkomende God?
Waarom is dit belangrik vir die kerk om gasvry te wees?

“Biblical hospitality goes far deeper than merely entertaining your friends and family at your home. In the Bible, hospitality is proactively seeking to welcome the marginalized. Hospitality is providing a warm home for the lonely.” Tim Keller

Woensdag 25 Augustus

1 Petrus 4:8 (Die Boodskap)

8 Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.

Die atlete in die foto hierbo hardloop asof hulle lewens daarvan afhang. Dit is die intensiteit van die liefde waarvan Petrus praat. Dit vra vir moeite en intensionaliteit. Ons leef in ’n tyd wat ons as broers en susters na aan mekaar moet bly. Ons kan nie ons tyd mors met skinder, lelik praat en mekaar seermaak nie. Nee, ons moet intens lief wees vir mekaar en ’n hegte eenheid wees. Ons moet ons tyd spandeer deur mekaar op te bou en te bemoedig.

Die rede hiervoor?
Want hierdie liefde sien die foute oor wat ’n familie/gemeenskap/gemeente uitmekaar kan skeur. Hierdie liefde hou ons bymekaar.
Petrus het gedink sy voorstel van 7 keer vergewe is ’n ruim verstaan van vergifnis, toe antwoord Jesus hom met 70 maal 7 keer. Met ander woorde: soveel soos dit nodig is, sonder om telling te hou.

Jesus is uiteraard die beste voorbeeld wat ons het van hierdie liefde vir ander, vir my en jou. Ons volg Hom, ons maak soos Hy gemaak het, ons stap hierdie pad getrou as Sy volgelinge.

Om oor te dink
Het jy nodig om iemand se foute oor te sien, as gevolg van die liefde wat jy vir daardie persoon het?

“I have never met a person who didn’t have reason to blame someone else. Everyone of us can blame somebody for something that has happened in our lives. But don’t waste your time. What we need most is a stream of love flowing among us. Love that quickly forgives and willingly overlooks and refuses to take offence.” Chuck Swindoll

Dinsdag 24 Augustus

1 Petrus 4:8 (Die Boodskap)

8 Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.

Opregte, konsekwente liefde…
Dit is dié prioriteit vir die gelowiges vir wie Petrus skryf. Kyk weer na vers 8, “daar is niks so belangrik nie”. Petrus het dit al genoem. Ander gedeeltes in die NT beklemtoon hierdie prioriteit ook (1 Kor 13, Matt 22:34-40, Joh 13:34-35).
Saam met gefokusde gebed, is hierdie die tweede belangrike, baie basiese ding waarmee gelowiges moet besig wees in die eindtyd.
Ons moet ook waak daarteen om moeg te word vir die liefde. Ons moet mekaar aanmoedig om aan te hou liefhê, self al word liefde nie altyd wederkerig bewys nie. Ongeag van ons huidige omstandighede, moet hierdie liefde vuurwarm brand, en nie koud raak nie.

Om oor te dink
As ek vir een van jou naaste mense sou vra of naasteliefde vir jou ’n prioriteit is, wat sou hulle antwoord?

“This passage is a warning against loving others with fits and starts. It is a plea for steady affection, persisting through the irritations of life.” James Moffat

Maandag 23 Augustus

1 Petrus 4:7 (Die Boodskap)

7 Dit is nou nie meer lank voor die wêreld soos ons dit ken tot ’n einde gaan kom nie. Onthou dit elke oomblik en dink daaroor na. Sorg dat julle weet wat aangaan sodat julle sinvol met God kan praat in gebed.

Iemand het op ’n dag vir John Wesley gevra “As jy weet dat Jesus more sou terugkeer, wat sal jy doen?”. Wesley het rustig sy dagboek uitgehaal, en vir die persoon sy beplanning vir die volgende dag gewys.
Wanneer ons weet tyd is min, is ons geneig om met baie meer fokus en helderheid te leef. Die laaste gedeelte van ’n sportwedstryd vra vir intense fokus. As jy die eerste persoon op ’n ongelukstoneel is verdwyn jou vooropgestelde planne oombliklik en jy help soos jy kan.

Petrus beskryf in hierdie gedeelte van sy brief 4 belangrike dinge wat Christene moet doen in hierdie laaste dae. Die eerste is dat ons gefokus (sinvol) moet bid.

Dit vra dat ons met selfbeheersing sal leef, dat ons ons gedagtes sal vul met dit wat goed en reg is, dat ons sal nadink oor ons roeping en ons lewensdoel, dat ons die tyd sal uitkoop en die meeste daarvan sal maak. Dit alles sal lei tot sinvolle, gefokusde gebed.
Om so te leef is anders as die lewens van nie-gelowiges wat Petrus in die gedeelte voor hierdie beskryf het.

Om oor te dink
What one believes about the future shapes how one lives today. A belief that the future is full of hopelessness, despair and futility becomes a self-fulfilling prophecy when people live today as if that future were true. On the other hand, hope in a future that is meaningful and assured produces confidence to live each day with that future in view.” (Karen Jobes)

Saterdag 21 Augustus

Jesaja 41:10

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Om oor te gesels of te dink:
Soms raak ons moeg, veral as gevolg van verlies. Daar is heelwat tipes verlies wat ons in die tyd beleef, bv. dinge wat net nie meer dieselfde gedoen kan word nie. Dit is dus natuurlik dat ons wonder of ons nog regtig vreugde in 'n tyd van verlies kan ervaar? Wat nog te sê te midde van bekommernis?

  • Waaroor is jy bang?
  • Dink terug aan die afgelope tyd, waar het God jou versterk?
  • Waar het jy onlangs beleef dat God jou vashou?

Hoor vandag hierdie woorde van Jesaja, wat ook vir jou bedoel is.

Gebed
Here, selfs as ek bang is, is U by my.
Selfs as ek bekommerd is, verlaat U my nooit.
U versterk my.
Here, my Here,
U hou my vas.
Altyd.
Amen

Vrydag 20 Augustus

Filippense 2:26-30

26Hy (Epafroditos) verlang gedurig na julle almal en bly hom daaroor kwel dat julle van sy siekte gehoor het. 27 Hy was ook inderdaad doodsiek, maar God het Hom oor Epafroditos ontferm, en nie net oor hom nie, maar ook oor my sodat ek nie verdriet op verdriet sou hê nie. 28 Ek stuur hom dan nou ook so gou moontlik terug, sodat as julle hom weer sien, julle weer bly kan wees en ek minder besorg. 29 Ontvang hom met oop arms as 'n broer in die Here, en bejeën manne soos hy met agting, 30 want deur sy werk vir Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my die hulp te verleen wat julle self nie kon gee nie.

Om oor te gesels of te dink:
Epafroditus se omgee en waagmoed getuig van 'n lewe in Christus. 'n Ongelooflike getuigskrif van iemand wat ander versorg en Jesus se voorbeeld volg.

  • Wie het jou al so versorg?
  • Het jy Jesus se liefde deur daardie persoon beleef?
  • Waar het jy al die geleentheid gehad om met waagmoed na iemand anders om te sien?

Dank God vandag vir daardie persoon wat op die regte tyd na jou uitgereik het of versorg het.

Gebed
Here, ek dink vandag aan _
Dankie dat hy/sy in 'n spesifieke tyd in my lewe na my uitgereik het.
Dat ek U nabyheid deur hulle kon beleef.
Here, mag hy/sy ook deur iemand anders versorging en omgee ervaar.
Ons bid dit in ons Here Jesus Christus se naam alleen.
Amen

Donderdag 19 Augustus

Filippense 2:23-26

23 Ek hoop om hom dadelik te stuur, sodra ek gesien het hoe my sake verloop. 24 En ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook gou na julle toe sal kan kom. 25 Ek ag dit noodsaaklik om die broer Epafroditos, my medewerker en medestryder wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan, na julle toe terug te stuur. 26Hy verlang gedurig na julle almal en bly hom daaroor kwel dat julle van sy siekte gehoor het.

Om oor te gesels of te dink:
Hierdie teks fokus baie op reisplanne. In hierdie spesifieke gedeelte is die fokus op Epafroditos se reisplanne. Hy het aanvanklik vir Paulus gaan ondersteun, namens die gemeente in Filippi. Epafroditos word toe baie siek en die gemeente in Filippi was baie bekommerd oor hom. Daarom stuur Paulus hom ook terug na die gemeente, sodat hul kan sien dat dit beter met hom gaan.

  • Oor wie is jy tans bekommerd wat siek is?
  • Wie versorg daardie persoon?

Bid vandag vir die persoon/persone wat siek is, maar ook vir hulle versorgers.

Gebed
Here, ek dink vandag aan _
Mag hy/sy bewus wees van U teenwoordigheid
Mag sy/haar geliefdes vertroos word deur U, Heilige Gees
En Here, gee asb. sy/haar versorger(s) energie, moed en krag.
Ons bid dit in ons Here Jesus Christus se naam alleen.
Amen

Woensdag 18 Augustus

Filippense 2:19-22

19 Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan. 20 Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie. 21 Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. 22 Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien.

Om oor te gesels of te dink:
Timoteus het opreg omgegee vir mense en hul belange. Dit was in hierdie omgee wat hulle moontlik vreugde in 'n tyd van verlies kon ervaar.

  • Hoe sal dit lyk as ons nie ons eie belange soek nie, maar die van Jesus?
  • Waar kan julle huisouding iets prakties saam doen vir iemand wat sorg/bemoediging nodig het?
  • Hoe lyk jou gesindheid?

Gebed
Neem my lewe laat dit Heer
U gewy wees meer en meer
Laat my hart gedurig juig
En van dankbaarheid getuig
Neem my hande, maak hul sterk
Diensbaar in U goeie werk
Neem my voete skoei hul Heer
Met bereidheid tot U eer

Amen.

Dinsdag 17 Augustus

Matteus 22:34-40

34Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, 35en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek. 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

Om oor te gesels of te dink:
In 'n tyd van verlies is dit veral moeilik om weerloos na te dink oor waar ons prioriteite lê, in wie ons vertrou en dat pns geroep is om ander te versorg/bemoedig. In hierdie teks word ons herinner dat die riglyne vir 'n lewe wat getuig van die evangelie opgesom en uitdrukking kry in ons liefde vir God en ander mense. Dink rustig na oor hierdie volgende vrae:

  • Waarop sit jy jou hart?
  • Waar lê jou hoogste prioriteite en lojaliteite?
  • Wie roep jy aan in jou oomblikke van nood?
  • Op wie vertrou jy regtig?
  • Het jy God lief met jou hele hart, hele siel, al jou krag en hele verstand?
  • Het jy jou Naaste lief?
  • Het jy jouself lief?

Gebed
Mag die liefde van die Here Jesus ons na Hom toe trek;
Mag die krag van die Here Jesus ons sterk maak in sy diens;
Mag die vreugde van die Here Jesus ons vervul.
Mag die seën van die almagtige God, die Vader, Seun en Heilige Gees, tussen ons wees en vir altyd bly.

Amen.

Maandag 16 Augustus

Psalm 42:2-12

2Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. 3 Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? 4Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?” 5As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan
hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het met gejuig en lofsang – 'n skare wat feesvier. 6Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper 7en my God! Uit my vertwyfeling roep ek na U hier van die Jordaangebied, van Hermonberg, van die Kleinberg af 8waar die waters teen mekaar raas en u waterstrome bruis. U het golf na golf oor my laat slaan. 9Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, ń gebed tot die God van my lewe. 10Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?” 11Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou God nou?” 12Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!

Om oor te gesels of te dink:
Vreugde in 'n tyd van verlies ontken nie verlies, rou of hartseer nie. Hierdie Psalmdigter deel sy verlange, trane, frustrasie en hoop in God. Wanneer laas het jy jou verlange, trane en frustrasie met God gedeel?

  • Waaroor is jy hartseer, bekommerd of gefrustreerd?
  • Wat is jou verwagting vir die week?
  • Waarna smag jy vir hierdie week?

Deel hierdie met God. Jy mag, nes dié Psalmdigter.

Gebed
Soos ‘n wildsbok wat smag na water
smag my siel na U, o Heer
U alleen is my hartsverlange
en ek bring aan U die eer
U alleen is my bron van krag
in U teenwoordigheid wil ek wag.

Amen.

Saterdag 14 Augustus

Filippense 2:1-4

1Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – 2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus vind ook vreugde wanneer mense met mekaar in eenheid herstel word, veral waar daar dalk voorheen seerkry en ‘n afbreek van hierdie eenheid was. Daarom spoor hy ook die mense aan om weer diep te grawe binne hulleself en dit te vind wat Jesus vir hulle kom wysheid. In die volgende verse beskryf Paulus hoe Jesus die voorbeeld kom stel het. Lees dit gerus. Maar hy vra dat die gelowiges nou ook, Jesus se voorbeeld volg en mekaar dien, lief hê en mekaar eerste stel, al is dit swaar. Wanneer gelowiges saam staan, bring dit vreugde in tye van verlies.
  • Is daar iemand met wie jy tans nie so goed oor die weg kom nie? Is daar tans iemand met wie jy in stryd is? Is dit dalk tyd om hierdie verse uit te leef? Om die eerste treë te neem en die verhouding te herstel? Deel jou hart met die Here.
  • Is daar iemand wat tans met jou ongelukkig is? Is daar iemand wat jy te na gekom het of seergemaak het? Is daar herstel werk wat jy nodig het om te doen? Kan jy die voorbeeld volg van Jesus en doen wat hierdie verse van jou vra? Hoe gaan jy vandag begin? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
When the gentleness between you hardens
And you fall out of your belonging with each other,
May the depths you have reached hold you still.

When no true word can be said, or heard,
And you mirror each other in the script of hurt,
When even the silence has become raw and torn,
May you hear again an echo of your first music.

When the weave of affection starts to unravel
And anger begins to sear the ground between you,
Before this weather of grief invites
The black seed of bitterness to find root,
May your souls come to kiss.

Now is the time for one of you to be gracious,
To allow a kindness beyond thought and hurt,
Reach out with sure hands
To take the chalice of your love,
And carry it carefully through this echoless waste
Until this winter pilgrimage leads you
Towards the gateway to spring.
Amen.
(A Blessing in Times of Conflict - John o’Donohue)

Vrydag 13 Augustus

Filippense 1:15-18
15Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings. 16Laasgenoemdes verkondig Christus omdat hulle my liefhet en weet dat dit my taak is om die evangelie te verdedig; 17maar eersgenoemdes maak Christus bekend uit selfsugtige en onsuiwere bedoelings. Hulle oogmerk is om die gevangenskap vir my nog swaarder te maak. 18Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus deel sy hart dat daar mense is wat verskillende redes Jesus verkondig en waarskynlik ook dien. Tog is dit ook ‘n rede vir vreugde in ‘n tyd van verlies. Ongeag van die mense se intensies, word Jesus verkondig. Die feit dat die koninkryk uitgebrei word gee vir Paulus vreugde. Soms word ons so vasgevang in waarom mense dinge doen wat hulle doen. Paulus vra vir ons om verby dit te kyk. Bring dit eer tot God se naam en koninkryk? Vind dan vreugde daarin.
  • Ken jy mense wat die Here opreg dien? Ken jy mense wie se lewens opreg getuig van ‘n verhouding met Jesus? Waarom sou jy sê hulle is opreg? AS iemand na jou intensies sou kyk, sou hulle vind jy is ook opreg? Deel jou hart met die Here.
  • Ken jy mense wat die Here NIE met ‘n opregte hart dien NIE? Ken jy mense wie se lewens NIE getuig van ‘n opregte verhouding met Hom NIE? Waarom sou jy so sê? Dink jy daar is sommige mense wat tog iets van God kan beleef in hulle teenwoordigheid en menswees? As iemand na jou intensies sou kyk, sou hulle vind jy is ook nie altyd opreg nie? Deel jou hart met die Here.
  • Probeer om vandag genade en liefde te vind vir mense saam met wie jy nie kan saamstem nie. Veral mense wie jy glo dinge doen vir die verkeerde redes en met die verkeerde intensies. Probeer vreugde vind in die feit dat tot ‘n mate word God ook deur dit verheerlik.

Gebed:
Here van my lewe, God wat my altyd verwelkom, Wys my vandag om ontvanklik te wees vir U Stem, of vir ander mense rondom my. Wys my ook daarop as ek nie ontvanklik is daarvoor nie.
Ek begeer om meer spasie vir U in my lewe hê en dat dit terselfdertyd spasie is wat vrede vir ander bied. Tog is daar so baie dinge in my lewe wat hierdie tyd in beslag neem en wat my verhoed om met U En mense rondom my tyd te spandeer. Meeste van dit is goeie dinge, tog veroorsaak dit chaos binne-in my. Ek het vandag U wysheid nodig, Here, om te weet waarvan ek ontslae moet raak en wat ek nodig het om ter ere van U naam aan te wend. Help my om te laat gaan, as ek van iets ontslae moet raak, om meer van myself te kan gee. As iets moet agterbly, mag ek dit mildelik uitdeel aan ander tot eer van U Naam.
In die Naam van die Een wat besig is om vir my plek voor te berei.
Amen.

Donderdag 12 Augustus

Filippense 1:12-14
12Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. 13Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek 'n gevangene is. 14Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.

Om oor te gesels of te dink:

  • Paulus sit in die tronk. En in antieke tye is die tronk nie ‘n vriendelike plek nie. As jou familie nie vir jou gesorg het nie, het jy gesterf. Paulus sit toegesluit vir dit wat het verkondig en geglo het. En hy is vol vreugde oor dit wat sy gevangenskap vir hom en die evangelie beteken. Sy situasie maak dat ander tot geloof kom en God se grootheid raaksien. Sy tyd van verlies maak dat sy boodskap meer betekenis en impak kry.
  • Hoe dink jy kan jou situasie ‘n getuie wees van dit waarmee God besig is in jou lewe? Is dit vir jou tans maklik of moeilik om aan jou situasie te dink as ‘n geleentheid vir getuienis oor dit wat God doen? Deel jou hart met die Here.
  • Is daar iemand in jou lewe wie se situasie jou inspireer om God raak te sien? Is iemand anders se lewe ‘n getuienis van God se teenwoordigheid? Waarom? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe kan hierdie tyd van Covid ook ‘n geleentheid wees waarin ons God se hand duidelik raaksien in die omstandighede van mense? Hoe gebruik God ‘n tyd van verlies om te wys Hy is werksaam?

Gebed:
God van my lewe, Hemelse Vader,
In Jesaja 55:9 sê U: “Want soos die Hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë, en my gedagtes as julle gedagtes.”
In antwoord hierop, wil ek sê: “Dankie dat U hoër as ek is en dat U weet wat die beste is vir my.” Ons is almal op soek na ons doel in hierdie wêreld en dat U wil sal geskied.
Laat ons egter nie naïef wees en verwag dat U dadelik op ons gebede moet antwoord nie. Soos elkeen van ons ‘n punt in ons lewens bereik waarop ons na U wil vra, vra ons ook dat U ons ontvanklik sal maak daarvoor. Dit mag dalk nie wees wat óns wil hê nie, maar dit is verseker wat ons nodig het om ‘n vol lewe te leef tot eer van U Koninkryk. As vrees ons wil verswelg, vervang dit asseblief met U liefde. Wanneer dit voel asof ons van U wil begin wegdwaal, maak weer ons gees helder sodat ons sal besef dat U net die beste vir ons wil hê. Help ons om te besef dat, enige iets wat U oor ons pad bring, ten goede is. Gee ons ‘n ontvanklike hart. Bo alles, Here, laat ons nooit só vasgevang raak in die soeke na ‘n openbaring van U af dat ons vergeet om Uself op te soek nie.
Laat ons altyd die begeerte om by U te wees, bo alles stel – deur allereers U Koninkryk te soek. Omring ons met U liefde en verwyder ons van enige vrees en twyfel. Help ons om in Liefde saam met U te leef, om U wil vir ons te aanvaar en om U openbarings te respekteer.
In Jesus se Naam,
Amen

Woensdag 11 Augustus

Filippense 1:9-11
9Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

Om oor te gesels of te dink:

  • ‘n Volgende punt wat vir Paulus vreugde bied in ‘n tyd van verlies is dat mense meer en meer in hulle verhouding met God verdiep en groei. Wanneer mense leer om elke dag meer en meer soos Jesus te leef en in Sy voetspore te volg gee dit vir Paulus groot vreugde. As gelowiges kan dit vir ons ook ‘n bron van vreugde wees om te sien hoe ander in hulle geloof ontwikkel, veral wanneer ons help deur die voorbeeld wat ons self ook stel.
  • Is daar iemand in jou lewe wat groei in hulle geloof? Is daar iemand wat besig is om geestelik meer en meer op God staat te maak? Hoe voel jy daaroor? Deel jou hart met die Here.
  • Waar is jy in jou eie verhouding met die Here? Is jy besig om in geloof te groei? Is daar ‘n area waar jy meer en meer op God staat maak? Hoe laat dit jou voel? Is daar mense in jou lewe wat jou ondersteun en saam met jou opgewonde is daaroor? Deel jou hart met die Here.
  • Is jy ‘n voorbeeld vir iemand anders as dit kom by geloof? Is daar iemand vir wie jy spesifiek soos ‘n mentor in geloof optree? Hoe sou dit vir jou wees om so iemand onder jou vlerk te neem? Hoe sou dit vir jou voel om hulle te sien groei in geloof? Deel jou hart met die Here oor so ‘n mentor verhouding in jou lewe,

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil graag die volgende in U Naam en in U teenwoordigheid verklaar –
Neem asseblief ten volle beheer van myself, my lewe en my keuses. As ‘n volgeling van Jesus, sal ek U Woord liefhê, beskerm, dien en uitdra aan almal rondom my.
Ek sal my huweliksmaat liefhê, eer en getrou wees aan haar/hom, net soos U my liefhet.
Ek sal my kinders seën en leer om God lief te hê met hul hele hart, al hul gedagtes en al hul krag. Ek sal my kinders leer om outoriteit te respekteer en verantwoordelik te leef.
Ek sal die bose aanvat, regverdigheid najaag en genade koester.
Ek sal vir ander mense bid en hulle met vriendelikheid, respek en deernis hanteer.
Ek sal my werk met ywer doen om in die behoeftes van my familie asook my geloofsfamilie te voorsien.
Ek sal diegene wat my kwaad aangedoen het, vergewe en versoen met dié wat ek te na gekom het.
As ‘n volgeling van Christus, sal ek leer uit my foute, my sondes bely en die lewe met integriteit aanpak. Ek sal daarna streef of God te eer, getrou te wees aan Sy Geloofsfamilie, Sy Woord te gehoorsaam en Sy wil te doen.
Met die krag wat God my gee, sal ek poog om hierdie voorneme na te kom vir die res van my lewe en tot Sy eer. Want ek en my huis, sal die Here dien.
Amen.

Dinsdag 10 Augustus

Dinsdag, 10 Augustus 2021
Vreugde in ‘n Tyd van Verlies

Filippense 1:6
Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Om oor te gesels of te dink:

  • ‘n Tweede punt wat vir Paulus vreugde gee in ‘n tyd van verlies is die vertroue dat God niks begin wat God nie ook klaarmaak nie. Wanneer God werk in ons begin gaan Hy nie halfpad opgee nie. Daarom wanneer Hy begin om met ons ‘n pad te stap is God “all-in”. Selfs al voel dit vir ons asof ons halfpad alleen stap. Asof ons êrens op die pad begin om aangeval te word van al die kante af, God gee nie op nie en laat ons nie alleen nie.
  • Glo jy dat God saam met jou ‘n pad begin stap het? Wat het God in jou begin? Waarheen is Hy saam met jou op pad? Deel jou hart met die Here.
  • Voel dit asof die Here êrens jou gelos het? Voel dit asof God nie meer met jou op die pad is nie? Voel dit asof jy aangeval word op jou eie? Wat laat jou so voel? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe kan hierdie belofte en herinnering van Paulus jou weer moed gee op hierdie dae en in hierdie oomblikke wanneer jou emosies vir jou jok? Dink aan ‘n praktiese oefening wat jy kan doen om jou te herinner aan God se nabyheid in hierdie oomblikke en gevoelens.

Gebed:
God van my lewe, Jesus, Soms kan ek byna die onheilspellende druk van die donkerte se teenwoordigheid rondom my aanvoel. Ek herken die vyand. Of dit is om my te ontmoedig, my aandag af te trek, my in die versoeking te lei of my oë van U af te neem – hy is altyd in die omtrek. Here, ek het U bo-natuurlike krag nodig om sterk te staan en nie in te gee nie. Fisiese krag sal nie help nie, want U het gesê dat die wapens wat ons in die stryd gebruik, anders lyk as dié van die wêreld. As gelowiges, kan ons wapens die vyand se leuens en aanslae verslaan. Hierdie bo-natuurlike wapens het U vir ons gegee.
Verhoed asseblief dat Satan my invloed en my bestaan wil vernietig – in U kosbare Naam, Jesus. Help my om nie moedeloos te raak in moeilike tye nie. Wanneer ek moeg en swak is, is U sterk, Here. U is my enigste bron van hulp. Ek kan nie die stryd sonder U aanpak nie.
Leer my om te bid en op U te vertrou om dít wat ons hulpeloos laat voel, te oorwin. Bewaar my van blootstelling wat my broos en hulpeloos laat voel.
Ek glo dat U die mag van die vyand verslaan het deur U kruisiging en opstanding!
Maar my vyand bly opdaag – deur leuens te fluister en die waarheid te verdraai. Hy gee nooit op nie…Ek verklaar dat die duiwel en sy volgelinge, leuenaars is, Here.
Ek aanvaar vandag U Woord en die Waarheid dat U in my woon. Ek glo dat U groter is as enige vyande wat die wêreld wil oorneem. U Here, U Woord en Gebed, is my geheime wapens! Ek behoort aan U en dit vul my met kragtige Godgegewe selfvertroue!
Ek wil die geestelike wapenrusting wat U my gee, elke dag aantrek. Help my om ander ook te verdedig teen die vyand se vurige aanslae. Niemand of niks kan my uit U hand ruk nie.
Versterk my geloof, Here. Vergewe my sondes, sodat ek skoon kan wees in U geregtigheid. Maak my dapper, sodat ek sterk kan staan teen die geestelike oorlogvoering in my lewe en in ons wêreld. Gee my asseblief U wysheid en onderskeidingsvermoë, sodat ek nie onverhoeds betrap word nie. Saam, Here, sal ons oorwin, want inderwaarheid het U reeds oorwin! Elke knie sal buig voor U magtige Naam.
Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Maandag 9 Augustus

Maandag, 9 Augustus 2021
*Vreugde in ‘n Tyd van Verlies

Filippense 1:3-5
Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Een van die eerste voorbeelde wat Paulus vir ons gee, van waar hy vreugde vind in ‘n tyd van verlies is om vir ander in te tree in gebed. Tyd saam met die Vader is kosbaar. Tyd waar jy ander se seer en blydskap na die Here bring nog meer so.
  • Wat is tans op jou gebedslys? Deel jou hart met die Here.
  • Wie wil jy vandag op jou gebedslys plaas? Wie druk die Here op jou hart? Deel jou hart met die Here as dit kom by hierdie mense se behoeftes en nood.
  • Begin hierdie week ‘n nuwe gebedslys. En kyk deur die volgende paar weke wie die Here spesifiek op die lys plaas. Bid vir hierdie mense. En onthou om nou en dan terug te gaan en ook te kyk hoe God antwoorde stuur vir die gebede.

Gebed:
God van my lewe,
Ek dank U vandag vir die voorreg om vir ander te kan intree. Ek was al so dikwels die ontvanger van ander se gebede dat ek besef hoe kosbaar dit is.
Eerstens vra ek dat U my skoonwas van enige sonde wat ek nog nie bely het nie, sodat my gebede vir ander nie verhinder word nie. Ek dank U dat ek deur U kosbare naam, broos na U toe kan kom en met selfvertroue kan bid en te weet dat U my gebede sal aanhoor.
Ek bring almal in my gemeenskap, my stad en my geloofsfamilie na U toe. Begin asseblief by diegene wat U reeds volg en staan hulle by om ander ten goede te beïnvloed. Laat hulle die sout en lig wees wat ander na U toe lei. Verdiep hulle liefde vir U en vir mense rondom hulle. Beskerm hulle teen skynheiligheid en versoekings wat U koninkryk skade kan berokken. Rig leiers op wat U getrou sal volg ten koste van alles.
Rig pa’s se harte op hul kinders en families se harte, op U. Help hulle om ‘n voorbeeld van U te wees en maak hulle sterk in hul geloof. Versterk my eie familie en almal vir wie ek lief is, Here. Mag ons liefde vir U ons versterk om ander lief te hê, hulle te vergewe en ‘n verskil in die wêreld te maak.
Ek bid vir onderwysers, studente en vir almal in leiers posisies – plaaslik en regoor die wêreld. Rig hulle denke op U en omring hulle met goddelike raadgewers wat integriteit en regverdigheid voorop stel. Staan hulle by om U hoog te ag en U nie te ignoreer nie. Stuur herlewing, Here!
Ek bid vir die verlorenes, die hartseer, die eensames, die siekes, die bedroefdes en hulle wat gevange is – tussen fisiese en/of psigiese tronkmure. Stuur asseblief U troos, U vrede en U kalmerende teenwoordigheid aan diegene sonder hoop.
Beskerm die weerloses, Here en hou hulle styf naby U hart.
Ek bid dat arbeiders regoor die wêreld U groot Naam sal uitdra.
Here, my hart gaan uit na vervolgde Christene ook. Maak hulle dapper en laat hulle veilig voel in U goddelike beskerming. Ek bid dat U spoedige bekering sal bring onder diegene wat die onskuldiges wat U naam uitdra, vervolg.
Bind die mag van Satan en versterk gelowiges wêreldwyd.
Daar is só baie behoeftes, Jesus, maar U is genoeg vir elke behoefte.
U naam is Almagtig en U krag is groot!
So, dis in U naam wat ek bid en glo.
– Amen. (Rebecca Barlow Jordan)

Saterdag 7 Augustus

Filippense 1:20-21
Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Paulus deel sy hart met die gemeente in Filippi. Hy is dankbaar vir wat hulle doen. Hy bid gereeld vir hulle en in alle opregtheid volg hy Jesus in moeilike omstandighede. Terwyl dit met hom swaar gaan, verklaar hy sy begeerte om steeds oor niks skaam hoef te wees nie. Hy volg Jesus al vra dit wat.

Hy gee dan sy lewensleuse: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.” Hierdie is nie ’n maklike antwoord op die moeilike lewe nie. Nee, hy weet dat Christus by hom is en dat niks hom van Jesus se liefde en goedheid sal skei nie, selfs nie eers die dood nie. Daarom kan hy sê dat die dood vir hom ’n wins sal wees wanneer hy sterf.

Paulus se deurleefde volg van Jesus is vir ons ’n aansporing. Sy vreugde is nie afhanklik van sy omstandighede nie. Sy vreugde is in die wete dat hy aan Christus behoort. In ’n tyd van verlies wat ons elkeen beleef, bemoedig Paulus se woorde ons. Ons kan weet dat of ons lewe of ons sterwe ons aan die Here behoort.

  • Wat ervaar jy as jy aan hierdie woorde van Paulus dink?
  • Wat is jou lewensleuse? Kan jy hierdie woorde saam met Paulus verklaar?

Gebed
Here Jesus, U is my lewe! Ek kan nie sonder U lewe nie, al probeer ek soms dit op my eie doen. Ek kom bid vandag opnuut weer dat hierdie woorde van Paulus my aanmoedig om U te bly volg, ten spyte van my omstandighede. Mag ek agter U bly aanstap dat ek my ook nie oor iets hoef te skaam nie. Dankie dat niks my van U liefde kan skei nie. Amen.

Vrydag 6 Augustus

Filippense ‬‭1:9-11‬
9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Gebed is vir Paulus baie belangrik en nou sê hy nie net dat hy vir die gemeente in Filippi bid nie, maar ook wat hy vir hulle toebid. Hy bid dat hulle liefde al hoe meer sal word. Hy bid vir allesomvattende liefde vir God en vir mekaar. Dit is ’n voortdurende proses om aktief te groei in begrip en fyn aanvoeling. Op hierdie manier is hulle besig om te doen wat Jesus van ons vra.

Wat hierdie gebed besonders maak is dat Paulus vanuit die tronk dit skryf om die gemeente aan te moedig om op die regte dinge te fokus. Fokus op liefde en nie net op jou omstandighede nie.

Hierdie is ’n gebed wat ons nie net vir mekaar nie, maar ook vir onsself kan bid. Ons kan vra dat ons elke dag sal toeneem in liefde. Ons kan bid vir begrip en fyn aanvoeling. Dit gaan oor ’n dieper kennis en intimiteit met God. Ons kan bid dat God se liefde ons lewens oorspoel, sodat ons onberispelik en sonder blaam sal wees. Uit ons liefde vir God kan mense sien dat ons Jesus volg.

Om Jesus te volg is nie altyd maklik nie, maar Paulus moedig die gemeente en ons aan om ons verhouding met Jesus te koester. Wanneer ons in moeilike situasies is, kan ons bid vir liefde, begrip en fyn aanvoeling. Jesus maak dit moontlik dat ons in die regte verhouding met God leef.

Gebed
Here Jesus Christus, dankie dat U liefde altyd genoeg is. Mag ek steeds groei in my liefde vir U. Gee asseblief vir my die begrip en fyn aanvoeling om te doen wat U van my vra. Mag ek gehoorsaam wees in dit wat U van my vra. Amen.

Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God - goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word.” (Fil. 1:11 NLV)

Donderdag 5 Augustus

Filippense 1:6
6Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Om oor te gesels en dink:
Voel jy dalk moedeloos en wonder wat alles gebeur? Wil jy tou opgooi?
Paulus herinner die mense in Filippi, vir wie hy baie lief is, dat hulle aan hierdie belofte moet vashou dat die goeie werk wat God in hulle elkeen begin het, end-uit sal voer. Hy sal hulle nooit in die steek laat nie en hulle kan daarvan seker wees. Hierdie vertroue wat Paulus uitspreek kom vanuit sy dankbaarheid en vreugde in die Here.

God is die Een wat ons laat groei in genade en liefde. Hy stel ons in staat om Sy goeie werk in ons lewens raak te sien. Dit waarmee die Here besig is, sal Hy nie net los nie. Hy sal jou ook nie net los nie. Daarvan kan jy seker wees. Dit kan jou laat moed skep.

Waarmee is die Here tans in jou lewe besig? Wat herinner jou vandag dat die Here jou nie sal los nie? Eien die belofte vir jouself toe dat die Here end-uit saam met jou sal wees.

Gebed
Here, my God, dankie vir hierdie nuwe dag. Dankie vir hierdie belofte dat U die goeie werk wat U in my begin het, end-uit sal voer. Ek vertrou U met my lewe. Mag ek vandag dit weer opnuut ervaar. Amen.

Woensdag 4 Augustus

Filippense 1:3-5
3Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. 4 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, 5 omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. '

Om oor te gesels en dink:
Paulus skryf vanuit die tronk aan die mense vir wie hy baie lief is. Hy is dankbaar as hy aan hulle dink, want hy het ’n besondere band met die mense van die gemeente. Hy beleef vreugde (blydskap) as hy aan almal dink want hulle het saam gewerk dat die evangelie in die omgewing verkondig word.

Hy praat uit persoonlike ervaring as hy bid: “ek dank my God”. God is nie ver nie, maar naby. Hy bid gereeld vir hulle. Ek beaam vandag hierdie gebed van Paulus: ek dank my God as ek aan jou dink waar jy is.

Ons sê so maklik ons bid vir iemand, maar doen ons dit regtig? Bid ons met vreugde vir ander mense? Ten spyte van Paulus se eie omstandighede bid hy steeds met dankbaarheid en blydskap vir ander mense. Vir wie kan jy vandag bid? Wie is in jou gedagtes wat jy graag aan die Here wil opdra? Bid sommer nou vir daardie persoon.

Maak kontak met daardie persoon vir wie jy gebid het en sê vir hom of haar dat jy aan hom of haar gedink het en vir hom of haar gebid het. Dit is dalk net die bemoediging wat daardie persoon vandag nodig het.

Gebed
Here, my God, dankie dat ek vandag weer kan bid. Ek is dankbaar dat ek kan bid en met U kan praat. Ek kom bid vandag vir….
Mag ek vandag U vreugde en blydskap ervaar. Amen.

In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid. (Fil 1:5 Boodskap)

Dinsdag 3 Augustus

Filippense 1:2
Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
‭‭
Om oor te gesels en dink:
Nie alleen is die boek Filippense se hooftema vreugde nie, maar Paulus fokus ook op vrede.
Paulus begin sy brief aan die Filippense met hierdie vredesgroet wat ons so maklik oor lees en dink ons ken. Die twee woorde, genade en vrede, is albei aksies wat God doen en daarom bid Paulus dit vir hulle toe. Hy bid dat God vir hulle goed sal wees (genade betoon) en dat hulle God se vrede sal ervaar wat net Hy kan gee. Dit is alleen moontlik deur ons Vader en Here Jesus Christus.

Ons moet onsself oop stel om God se genade en goedheid raak te sien en te ervaar. Ons moet bewustelik kies om die goeie raak te sien. Waar ervaar jy God se genade? Wat herinner jou aan Sy goedheid?

Net so kan ons elke dag bid vir God se vrede in ons lewens. Hierdie vrede wat God gee laat ons in die regte verhouding met Hom leef en ook met ander mense. Wanneer ons hierdie vrede ervaar, kan mense rondom ons dit ook ervaar. Paulus sê hierdie vrede wat ons ervaar, gaan alle verstand te bowe. Ons kan dit altyd verklaar nie. Waar ervaar jy God se vrede?

Kom ons bid vandag vir onsself en vir die mense om ons hierdie seën toe dat ons God se genade en vrede mag ervaar.

Gebed
Here Jesus, ek kom bid vandag U genade en vrede toe vir elkeen met wie ek te doen het vandag. Mag ek U goedheid en vrede deel en ook so dit self vandag ervaar. Amen.

Maandag 2 Augustus

Filippense 4:4
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (‭Afr 1983)‬‬
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Afr 1953)

Om oor te gesels en dink:
Wat gee jou vreugde? Ons verwar baie keer die woord, vreugde, met gelukkig. Daar kan baie dinge wees wat jou gelukkig maak, maar nie noodwendig vreugde gee nie.

Paulus praat 14x keer van vreugde in die sy brief aan die Filippense. In Fil 4:4 word die woord, vreugde, vertaal as “wees bly” of “verbly.”

Paulus bedoel nie om gelukkig te wees in moeilike omstandighede nie, maar om vreugde te vind. Sy omstandighede is swaar en moeilik. Hy is in die tronk, in haglikste omstandighede. Hy weet nie of hy die tronk sal oorleef nie en tog praat hy van vreugde. Hy vind vreugde in sy moeilike omstandighede. Want die tweede deel van die vers en opdrag in Fil 4:4 is: in die Here. Paulus vind sy vreugde in sy identiteit in die Here, ongeag waar hy hom bevind.

Ons dink dat ons omstandighede ons vreugde moet bepaal, maar vreugde is ten spyte van hartseer en pyn, wel geloof en hoop te kan hê. Ons hoop is in Jesus Christus gevestig en Paulus herinner ons hieraan.

Hoe sal dit lyk as jy vandag jou vreugde in die Here vind? Waaroor kan jy jou verbly?Waarvoor kan jy dankie sê? Wat kan jy met iemand deel?

Gebed
Hemelse Vader, U is die God van vreugde!
Mag ek vandag U vreugde in my omstandighede ervaar. Mag ek vashou aan die wete dat ek aan U behoort. Ek het U lief.
Amen.

The opposite of joy is not sadness. It’s hopelessness. (Timothy Keller)

Saterdag 31 Julie

Markus 1:35-45

Mense eerste; van oral is dit waarna almal smag.

43 Jesus vra die man toe dringend om nie daaroor te praat nie en stuur hom weg: 44 “Moet asseblief nie by mense spog oor wat hier gebeur het nie. Gaan reguit na die priester toe en wys vir hom jy is gesond. As hy tevrede is dat jy gesond is, gaan offer wat Moses se wet voorskryf vir mense wat gesond geword het. Almal sal dan weet dat jy gesond is.” 45 Hy het egter nie na Jesus geluister nie en vir almal wat hy teëgekom het, vertel wat gebeur het. So het die nuus vinnig versprei. Dit het beteken dat Jesus nie meer ongemerk in die dorpies kon gaan rondstap nie. Hy moes buite die dorpies in die omgewing bly waar dit stiller was. Dit het ook nie eintlik gehelp nie, want die mense het van oral af na Hom toe gestroom.

Markus sê in hoofstuk 1 vers 1 dat hy ’n evangelie skryf. Dit is ’n boek met goeie nuus, oor iemand wat belangrik is, wat relevant is vir alle lesers van hierdie boek. Markus maak dit vinnig duidelik dat sy evangelie oor ’n mens gaan, maar dat hierdie mens koning (Christus) is, en dat hierdie mens ook die seun van God is. Voordat ons die einde van die eerste hoofstuk bereik, sien ons ook dat hierdie mens nie net goeie nuus het nie, maar die goeie nuus IS. Waar hy ookal gaan versprei Hy die goeie nuus oor die Koninkryk van God, en Hy is goeie nuus vir mense. Mense soos hierdie melaatse man.

Let op dat hierdie een mens baie vinnig besig is om ’n menigte mense te word. Markus gebruik woorde soos “almal” en “oral”; woorde wat miskien die vraag “was dit regtig so?” in jou laat opkom. As Markus vandag kon antwoord, is ek oortuig daarvan dat hy sou sê “o ja beslis, julle moes dit beleef!”.

Almal, oral in Pierre van Ryneveld en waar ons ookal nog beweeg en leef, is opsoek na goeie nuus. Ons het goeie nuus, ons is goeie nuus! Wanneer ons dit besef, waardeer, ernstig opneem en voorop stel in ons gedagtes en harte gaan ons, soos die man, nie anders kan as om dit vir almal te vertel nie. Dit sal die slegte nuus waarmee ons op soveel maniere en plekke gekonfronteer word eenvoudig uitdoof en oorrompel. Deur die laaste 2000 jaar het hierdie goeie nuus bly staan, terwyl alle ander seisoene van slegte nuus, ontwrigtings en ontnugterings verby gegaan het.

Wonder jy waarom Jesus vir die man gevra het om nie hieroor te praat nie? Ander aardse konings en regeerders, wat evangelies oor hulle self laat skryf het (soos Keiser Augustus in Jesus se tyd, waarvan ons in ons evangelies lees) het staatgemaak op mense om die goeie nuus oor hulle soos propaganda te versprei. Markus toon deur sy skrywe dat Jesus eerder staatmaak op veranderde lewens om die goeie nuus te versprei, en nie net mense se woorde en propaganda nie. Die storie van hierdie man, die Seun van God en dit wat Hy gesê en gedoen het aan ander is genoeg om jou te oortuig volgens Markus.

  • Wat ervaar jy wanneer jy na die dame in die foto kyk?
  • Wat ervaar jy wanneer jy slegte nuus hoor?
  • Wat ervaar jy wanneer jy goeie nuus hoor?

The greatest danger to the Christian church today is that of pitching its message too low. Dallas Willard

Vrydag 30 Julie

Markus 1:35-45

Mense eerste; want jy is ook ’n mens.

41 Dit het Jesus diep geraak. Uit meegevoel raak Hy aan die man en sê: “Ek wíl dit doen. Word gesond.” 42 Daar en dan het hy gesond geword. Sy vel was weer soos ’n normale mens s’n.

Ons het 11 stories in die evangelies van Jesus wat meegevoel met iemand het. 11 Keer ervaar Hy deernis wanneer Hy met mense te doen het, 11 keer het Hy empatie met iemand. (Die 12de storie waarin ons hierdie emosie aantref en hierdie Griekse woord vind is die storie van die barmhartige Samaritaan.) Daar staan in die oorspronklike teks dat Jesus se maag gedraai het, dat Hy tot in Sy diepste vir die man gevoel het.

Het jou maag al gedraai uit meegevoel vir iemand? Waarom?

Om empatie met iemand te hê beteken om iemand anders se emosie/gevoelens/situasie self te ervaar, aan en in jou eie lyf. Dit is meer as om dit net te verstaan met jou kop, dit is om dit te voel. Die man het Jesus gesmeek, en Jesus het dit self ervaar toe Hy met die man te doen gehad het.

Waarom kon Jesus hierdie man se emosie self ervaar?
Want Jesus was ’n mens.
Die melaatse man ook.
Ek is ’n mens, en jy ook.
Almal met wie ons daagliks te doen het, is ook mens.
Hy/sy is ook ’n mens…

Hierdie emosie van Jesus het gelei tot aksie, en Hy het die man aangeraak. Dit het die man se lewe vir altyd verander! Nie net het hy gesond geword nie, maar hy kon weer terugkeer na sy huis en sy mense; sy lewe is herstel saam met sy lyf. Sy menswaardigheid is herstel, juis omdat hy menswaardig deur Jesus hanteer is.

  • Hanteer jy mense soos mense?
  • Herken jy die beeld van God in alle mense (en ook in jouself)?
  • Sal jy vir Jesus vra om jou te help om na mense deur Sy oë te kyk?

“Rarely can a response make something better, what makes something better is connection.” Brené Brown.

Donderdag 29 Julie

Markus 1:35-45
Mense eerste; wees verseker van iemand in nood.

40 Op pad het ’n melaatse man Hom op sy knieë kom smeek: “As U maar net wil, kan U my gesond maak.”

Wanneer laas het iemand jou op hulle knieē gesmeek?
Wat het jy ervaar toe dit gebeur het?
Wanneer laas het jy iemand op jou knieë gesmeek?
Hoe het dit vir jou gevoel?

Ons lewens word daagliks ontwrig deur mense in nood. Ons kan nie daarvoor beplan nie, ons kan nie daarvoor voorberei nie, ons kan dit nie vryspring nie. Ons kan nie vooraf weet wat die persoon/e ons gaan vra nie, ons kan nie vooraf sekermaak dat ons oor dit gaan beskik wat hulle gaan nodig hê nie.
Kyk vir ’n oomblik na die seuntjie in die prentjie: elkeen van ons wat al ’n kind op hierdie ouderdom gesien of gehad het sal weet dat hierdie uitroep om hulp enige tyd en plek kan gebeur. Wat staan ons dan te doen?

Wel, as ons mense eerste stel, soos Jesus gedoen het, dan stop ons. Ons luister. Ons gee aandag. Ons help. Ons gee dit wat ons kan.
Waarom? Want daardeur hanteer ons mense soos mense, soos mense wat in God se beeld geskep is, soos mense wat geskep is vir verhouding en ander nodig het in hulle tyd van nood. Dan hanteer ons mense soos Jesus mense hanteer het.

Is dit makliker gesê as gedoen? Verseker!
Ons lewens is so vol en gejaag dat dit moeilik is om onverwags te stop by iemand in nood.
Ons paaie kruis ook met soveel mense in nood dat ons dikwels oorweldig kan voel daardeur.

Beteken dit dat ons hulp tevergeefs is? Beslis nie! Kyk vir ’n oomblik weer na ons teksgedeelte: Jesus se hulp aan die melaatse man het nie net sy lewe verander nie, maar dit het ’n impak gehad op elke mens wat die melaatse man daarvan vertel het. Elke bietjie, en elke baie, help!

  • Sal jy vandag gewillig wees om te stop wanneer iemand smeek?
  • Sal jy vandag gewillig wees om te gee wat jy het om te gee?
  • Sal jy vandag gewillig wees om na alle mense te kyk as beelddraers van God?

“The real trouble is that 'kindness' is a quality fatally easy to attribute to ourselves on quite inadequate grounds. Everyone feels benevolent if nothing happens to be annoying him at the moment. C.S. Lewis

Woensdag 28 Julie

Markus 1:35-45
Mense eerste; ’n duidelike fokus.

38 Jesus sê toe vir hulle: “Kom ons gaan na die dorpies hier naby sodat Ek daar met die mense oor hulle godsdiens kan gaan praat. Daarvoor is Ek mos hier.” 39 Hulle is toe daar weg. Oral in Galilea het Jesus toe in die sinagoges met die mense gepraat en duiwelse geeste uit mense weggejaag.

Jesus was min of meer 30 jaar oud toe hierdie gebeure afgespeel het. In die eerste eeu was dit redelik oud, amper soos om 60 te wees vandag. Jesus het dus reeds ’n “vol lewe” gelei as Joodse man; Hy het met Sy hande gewerk en ’n inkomste verdien, Hy het na Sy ma omgesien na die afsterwe van Sy pa, Hy was deel van ’n groter familie met broers en susters en Hy het getrou aan die wet van Moses gelewe in ’n klein dorpie in die noorde van Israel.

Hierdie 30 jaar was Jesus se voorbereiding vir Sy spesifieke publieke bediening. Vir 30 jaar lank het God se genade in Jesus se lewe ingevloei, vir 30 jaar lank is Jesus gevestig in Sy identiteit as die enigste seun van die Vader, vol heerlikheid (Johannes 1:14)! Vir 30 jaar lank het Jesus die storie van die Ou Testament gehoor, gelees en geleer.

Jesus se doop was die oomblik waarin Sy bediening begin het. Die tyd het gekom om te fokus op dit waarvoor Hy gekom het. Omdat Jesus so gefokus was op die taak wat Hy gehad het (lees gerus weer die teksgedeelte), so vasberade om te doen waarvoor Hy gekom het, het Hy in net 3 jaar al Sy werk afgehandel! Dink vir ’n oomblik daaroor: 30 jaar se voorbereiding, 3 jaar se werk, ’n wêreld wat nooit weer dieselfde sal wees nie! Jesus het letterlik in 3 jaar die wêreld verander!

  • Weet jy dat jy ook ’n unieke, spesifieke en betekenisvolle bydrae het om te lewer in ons wêreld vandag? Elke volgeling van Jesus het.
  • Hoe berei jy voor vir die taak wat Jesus vir jou het, vandag?
  • Waarop fokus jy elke dag?
  • Wat het jy nodig om beter te fokus op jou Godgegewe roeping?

“The greatest issue facing the world today, with all its heartbreaking needs, is whether those who, by profession or culture, are identified as ‘Christians’ will become disciples – students, apprentices, practitioners – of Jesus Christ, steadily learning from him how to live the life of the Kingdom of the Heavens into every corner of human existence.” Dallas Willard

Dinsdag 27 Julie

Markus 1:35-45
Mense eerste; dit is wat “almal” wil hê.

36 Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, 37 en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.”

Verbeel jouself vir ’n oomblik dat ’n naby vriend vanoggend 06:30 aan jou deur geklop het en vir jou gesê het dat al die mense in die foto hierbo opsoek is na jou. Hoe laat dit jou voel?

Soos die storie van Jesus in Markus vertel word, word dit duidelik dat alle mense nie in Hom geglo het nie. Daar was mense wat onmiddelik geglo en JA gesê het vir Jesus. Dan was daar mense wat eers onseker was, en self vir Jesus gevra het om hulle te oortuig en te help glo. Dan was daar mense wat vir Jesus en Sy boodskap oor die Koninkryk verwerp het.

Op hierdie punt in die storie van Markus skryf hy dat letterlik “almal” na Jesus opsoek was. Markus gebruik hierdie woord met ’n baie spesifieke doel. Markus begin sy boek met die aankondiging dat hy “goeie nuus” het, en hy skryf dan dat almal opsoek was na hierdie goeie nuus, en daarom is almal opsoek na Jesus.

Almal soek goeie nuus.
Mense soek goeie nuus.
Ons is mense met goeie nuus.

Dit is daarom belangrik dat ek en jy mense eerste sal stel. Ons het dit waarna mense so smag. Die mense in Pierre van Ryneveld en al die ander spasies waar ons daagliks beweeg is as’t ware soos die skare in die foto hierbo, opsoek en desperaat na goeie nuus.

  • Is die evangelie vandag, hier en nou, vir jou goeie nuus?
  • Glo jy dit vandag?
  • Kan jy nou aan iemand dink met wie jy hierdie goeie nuus kan deel?
  • Wat verhinder jou om die goeie nuus met iemand te deel?

Evangelism is not simply a matter of bringing individuals to personal faith, though of course that remains central to the whole enterprise.  It is a matter of confronting the world with the good, but deeply disturbing, news of a different way of living…the way of love. N.T. Wright

Maandag 26 Julie

Markus 1:35-45
Mense eerste; eerste dinge eerste.

35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.

Genade, liefde, deernis, vrede en empatie is iets wat eers in ons lewens moet invloei, voordat dit dit deur ons kan vloei. Om bogenoemde aan mense te bewys is maklik as jy ’n ervaring daarvan het wat jy met iemand kan deel. Dit is eweneens net so moeilik om dit aan iemand te bewys as jy dit uit jou eie krag probeer doen.

Jesus, wat al die bogenoemde perfek beliggaam het tydens Sy aardse lewe, het eers tyd saam met die Vader spandeer en homself deurdrenk met Sy liefde en genade voordat Hy dit aan enigiemand betoon het. Op hierdie punt van die evangelie van Markus werk Jesus lang ure, sien baie mense, reis na baie plekke, en kry daagliks meer en meer volgelinge. Die Koninkryk het inderdaad naby gekom, en mense bekeer hulle en glo dit. Soos Markus se vertelling aangaan sien ons hierdie ritme van invloei en uitvloei duidelik in Jesus se lewe.

  • Hoe begin jy jou dag?
  • Waar vloei God se genade en liefde in jou lewe in?
  • Waar vloei God se genade en liefde uit jou lewe uit?
  • Wat staan tans in jou pad en blok die invloei van God se genade eerste in jou lewe elke dag?

“I am so flawed that Jesus had to die for me, yet I am so loved and valued that Jesus was glad to die for me.” Tim Keller

Saterdag 24 Julie

God se genade is genoeg

2 Korintiërs 12:8-10
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Om oor te gesels en dink:

  • Paulus deel sy worsteling met die Here, sy doring in die vlees. Hy sê dat hy gebid het dat dit weggeneem moet word, maar dat hy die antwoord van die Here ontvang het, dat Sy genade vir hom genoeg is. Dat God se krag juis tot volle werking kom as hy swak is.
  • Vir ons wat soms oorweldig voel met ons eie situasie of worsteling, kan hierdie teks ons ook bemoedig. Die Here se genade is ook vir jou genoeg. Ons hoef nie heeltyd in beheer te wees en sterk te wees nie. Juis wanneer ons oorgee vir die Here en ons swakheid erken, werk Hy in ons deur Sy Heilige Gees.
  • Wanneer ons besef dat ons swak is, veral ter wille van Christus, maak Hy ons sterk.

Waarmee worstel jy tans? Waarvoor het jy die Here se genade nodig? Wat sal jy graag vir die Here wil vra?
Hou vas aan die belofte dat die Here se genade ook vir jou vandag genoeg is.

Gebed
Here God, U is altyd goed en genadig. Soms raak dinge te veel en dan voel ek swak en oorweldig. Ek wil graag eerder sterk wees, maar dankie vir U Woord wat my herinner dat U genade vir my genoeg is. Juis wanneer ek swak is, is ek sterk. Mag ek opnuut U genade so beleef, dat ek my swakhede vir U gee en U daarmee vertrou.
Amen.

Vrydag 23 Julie

Genade bring vergifnis

‭‭Lukas 15:28-32‬
28Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; 29maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos 'n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek 'n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie.
31Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. 32Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’

Om oor te gesels en dink:

  • Ons staan hierdie week by genade stil. Uit die gelykenis van die verlore seun, soos dit bekend staan, is die oudste seun ook “verlore.”
  • Hy sukkel om genade vir sy jonger broer te hê en hy dink dat hy geregtig is op dinge wat hy verdien.
  • Daar is ‘n groot verskil tussen die reaksie van die pa en dié van die ouer broer. Die pa het vergewe en is verheug, maar die ouer broer wou niks van vergifnis weet nie en was bitter. Die verskil tussen vreugde en bitterheid lê in ons vermoë om te kan vergewe.
  • Ons mis soms die vreugde van genade omdat ons nie wil vergewe nie. Wrokke steel ons vrede en vreugde.
  • Laat ons wat God se genade ontvang het, deel met ander deur te vergewe en nie bitter te wees nie.

Is daar iemand wat jy moet vergewe? Dit is ‘n moeilike pad maar nodig. God se genade sal jou help hiermee. Vra Hom om jou te help sodat jy ook in die vreugde kan deel.

Gebed
Hemelse Vader, soms voel ek soos die oudste broer wat nie wil vergewe nie. Ek dink ander mense kan nie genade ontvang nie.
Help my om te vergewe en soos te deel in U genade en vreugde.
Amen.

Donderdag 22 Julie

Genade wag vir jou

Lukas 15:17-24
“17Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. 18Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! 19Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.’ 20En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. “Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. 21Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ 22Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Om oor te gesels en dink:

  • Hierdie bekende gelykenis wys vir ons die genadige Vaderhart van God. Anders as ons mense wat sukkel om te vergewe, wrokke hou en ander te na kom, wag God soos ‘n pa vir ons met oop arms.
  • Skuld oor ons verlede of huidige situatie weerhou ons soms om na God toe te gaan. Ons maak onsself wys dat ons nie God se genade verdien nie. Ons het nie altyd genade met onsself nie. Ons dink ons moet dit verdien.
  • Maar juis wys hierdie gelykenis dat ons dit nie hoef te verdien nie. Wanneer ons besef dat ons nie sonder God kan wees, is Hy altyd daar.
  • Soos die pa wat op die uitkyk is vir sy seun, hom innig jammer kry en na hom toe hardloop, ontmoet die Vader ons altyd en is ons altyd welkom. Hy berei ‘n fees voor.
  • Die Vader is bly oor elkeen wat terugkeer, ongeag waar ons was of wie ons was.

Leef jouself in hierdie gelykenis in en deel jou hart met die Here. Sê vir Hom dankie dat Hy jou met oop arms ontvang.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U altyd op die uitkyk vir my is. Dit oorweldig my soms om te dink dat U genade vir my het. Ek voel dat ek dit nie verdien nie. Dankie dat U genade en liefde dit moontlik maak. Dankie dat ek altyd welkom is en saam met U kan fees vier.
Mag ek vandag U genade raak sien.
Amen

Woensdag 21 Julie

Genade is ‘n gawe

Efesiërs 2:8-10
8Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. 9Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. 10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Om oor te gesels en dink:

  • Genade is verniet, maar nooit goedkoop nie. Genade word onverdiend aan ons gegee, maar dit het Jesus Sy lewe gekos. Ons ontvang genade deur ons geloof in Jesus as die Seun van God.
  • Dit is ’n geskenk wat aan ons gegee word. Ons verdien dit nie en daarom kan ons nie dink ons is beter as iemand anders nie.
  • Hierdie genade laat ons besef dat ons uit dankbaarheid goed kan doen aan ander. Omdat ons gered is en in verhouding met Jesus staan, kan ons nie anders as om in gehoorsaamheid goeie dade te doen nie.

Wat maak jy met hierdie genade gawe wat jy as geskenk ontvang het?
Wat kan jy vandag doen om met iemand hierdie genade wat jy ontvang het, te deel? Maak kontak met iemand en vra waarmee jy kan help.

Gebed
Here God, ek aanbid U vandag omdat U altyd daar is. U genade is elke dag nuut. U skenk my geloof en genade. Dankie vir U genade ook vir vandag. Mag ek vandag hierdie geskenk van genade met iemand deel. Dankie vir U goedheid! Dankie vir U liefde.
Amen.

Dinsdag 20 Julie

Genade maak jou dankbaar

1 Timoteus 1:12-13
12Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel, 13al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie. 14Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus.

Om oor te gesels en dink:

  • Genade beteken om ook genade met jouself te kan hê en die genade te kan ontvang. Paulus is dankbaar dat hy bruikbaar kan wees ten spyte van sy verlede en alles wat hy gedoen het. God se genade was groter as dit wat hy gedoen het.
  • Hy erken dat hy dit onwetend gedoen het, tog is God se genade groter. Die Here het hom steeds oorlaai met genade, geloof en liefde.
  • Ons sukkel soms om God se genade te aanvaar omdat ons dink dat ons verlede of hede ons diskwalifiseer vir God se genade. Hierdie teks herinner ons dat God se genade soveel meer is as wat ons ooit kan dink of verdien.
  • God se genade maak ons dankbaar. Wanneer ek genade ontvang het, kan ek dit ook genade met ander hê.

Hoe laat dit jou oor genade dink as jy hoor dat genade met jouself moet hê en die Here se genade moet ontvang?
Deel met die Here wat se verskil Sy genade in jou lewe gemaak het. Waarvoor is jy dankbaar?

Gebed
Hemelse Vader, U wat altyd genadig is, ek kom aanbid U. Dankie dat U genade altyd meer is as wat kan dink. Dankie dat U my oorlaai met genade, geloof en liefde. Mag ek vandag weer U genade spesiaal ontvang, sodat ek dit kan deel met iemand.
Dankie dat U genadig en goed is.
Amen.

Maandag 19 Julie

Genade bring vrymoedigheid

Hebreërs 4:14-16
14Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Om oor te gesels en dink:

  • Ons dink na oor genade. Dit is ’n woord wat ons almal ken, maar nie altyd ervaar nie. Ons dink dat genade vir iemand anders bedoel is.
  • Hebreërs herinner ons dat Jesus genade moontlik gemaak het. Jesus, die Seun van God, het mens geword vir ons sodat ons toegang tot God kon kry. Verder sê die teks dat Jesus ons verstaan en medelye met ons swakhede het. Hy ken ons elkeen deur en deur.
  • Selfs wanneer ons versoekings ervaar, kan ons weet dat Jesus dit verstaan. Dit diskwalifiseer ons nie van God se genade nie.

Daarom die uitnodiging: Kom ons gaan met vrymoedigheid na God se genadetroon want daar is barmhartigheid en genade. God sal ons op die regte tyd red, want Sy genade is groot.

  • Hoe laat dit jou voel dat God se genade ook vir jou is?
  • Neem vrymoedigheid en deel jou hart met God. Weet dat Jesus jou hart ken.

Gebed
Genadige Vader, dankie dat U goed is. Dankie dat U genadig is. Dankie dat barmhartig is. Dankie dat U liefde is.
Dankie dat ek nou tot U genadetroon kan kom en in U teenwoordigheid kan wees.
Mag ek vandag U genade ervaar en leef in die wete dat U by my is.
Amen.

Saterdag, 17 Julie

Leef in Waarheid – Wees lief

1 Korintiërs 13:1-7
1Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. 2Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. 3Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. 4Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Om oor te gesels of te dink:

  • Alhoewel vandag se teksgedeelte meer oor die liefde gaan, beskryf dit ook in wese die karakter van die Waarheid. God is liefde, Jesus is liefde, die Gees is liefde. Maar God is ook Waarheid, Jesus is Waarheid, die Gees is Waarheid. Daar is baie eienskappe van die twee wat nie van mekaar losgemaak moet word nie, wanneer ons van die twee praat.
  • As jy na die teksgedeelte kyk wat liefde beskryf. Hoe het jy al hierdie liefde van die Here beleef? Hoe ken jy Jesus as Waarheid, maar ook as hierdie tipe Liefde? Hoe help jou verhouding met Hom en God jou, om ook hierdie waarheid en liefde te leef? Waar het jy nog die Gees van Waarheid en Liefde se hulp en Leiding nodig? Deel jou hart met die Here.
  • Is dit dalk vir jou moeilik om hierdie tipe liefde te verstaan, te beleef of te ontvang? Wat is jou belewenis van Waarheid en hierdie tipe Liefde? Is dit dalk iets wat jy nog nooit ervaar het nie? Indien dit vir jou moeilik is om te eien, wil ek jou uitnooi om die Here te vra vir hierdie tipe Liefde in jou lewe. Om Sy Liefde op ‘n tasbare en sigbare wyse te beleef. Vra dat God jou bewus sal maak van Sy teenwoordigheid en Sy liefde vir jou. Vra ook vir die Here dat jy sensitief en oop daarvoor sal wees wanneer dit kom. Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Vader, ons word van jongs af geleer om te bid. Vader ek vra vir U om my te wys hoe om te bid in gees en waarheid. Leer my om te bid Here, soos U wil hê ek moet bid.
Here, ek bid dat my menslike gees gelei sal word deur U Heilige Gees. Here ek vra vir U leiding deur Jesus Christus wat my hele lewe in beheer geneem het. Mag U Seun my stuur volgens U wil. Ek bid Here dat my menslike wil gehoorsaam en onderdanig aan U Gees van Waarheid sal wees. Mag ek leer om hierdie Gees van Waarheid sensitief na te volg.
Here, soos ek voor U kniel in nederigheid en aanbidding wil ek U naam groot maak vir die voorreg om te mag bid. Ek bid dat U my gebede sal toets aan die waarheid van U Woord. Here ek vra dat dit waarvoor ek vra in lyn sal wees met dit wat op U hart en in U wil is. Here, mag my hart brand vir dit wat U hart voor brand.
Here, leer my om te bid in gees en waarheid. Mag my versoeke ‘n soet smaak en gunstige geur vir U wees. Hierdie is my hart se behoefte. Ek bid dit in U naam, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Amen.

Vrydag, 16 Julie

Leef in Waarheid – Geanker in gawes

Efesiërs 4:9-16
9Hierdie uitdrukking: “Hy het opgevaar”, veronderstel tog dat Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe. 10Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul. 11En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 13So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. 15Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, 16en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.

Om oor te gesels of te dink:

  • Vandag se teksgedeelte fokus daarop dat Jesus aarde toe gekom het en ons nie alleen gelos het nie. Dit fokus op die feit dat Jesus die Gees van die Waarheid vir ons gelos het en aan elkeen van ons gawes gelos het het sodat die Geloofsfamilie opgebou kan word in liefde. Ons is daar om mekaar te help, mekaar te ondersteun, mekaar beter te maak. Dit kan slegs plaasvind wanneer ons geanker bly in Waarheid, ons verhouding met Jesus. Een van die produkte daarvan is die vrug wat ons dra, naamlik liefde. Mense sal dit in ons lewens kan sien deur die liefde wat ons ook vir mekaar het.
  • Watter gawes het die Here vir jou gegee? Hoe versterk jy die Geloofsfamilie? Hoe dien jy die Geloofsfamilie in liefde? Hoe help jy die Geloofsfamilie om in waarheid te wandel? Deel jou hart met die Here oor jou spesifieke rol binne die Geloofsfamilie.
  • Wat is liefde? Hoe lyk liefde vir jou? Hoe lyk liefde binne ‘n Geloofsfamilie? Hoe lyk waarheid wat in liefde geleef word? Hoe lyk dit wanneer JY waarheid in liefde leef waar JY is? Sou jou buurman of die kassier in die winkel jou liefde vir die Waarheid kan sien? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe lyk jou Geloofsfamilie se liefde vir die Waarheid en vir mekaar anders as die van die wêreld sin? Indien die Geloofsfamilie vandag weggeneem sou word, sou daar ‘n behoefte vir hulle wees? Hoe sou jy die deel van die Geloofsfamilie word, wat mense in die buurt sou mis, indien jy nie meer daar sou wees nie? Dink oor hoe jou getuienis ‘n verskil kan maak in die liefde wat jy leef.

Gebed:
Vader, ons word van jongs af geleer om te bid. Vader ek vra vir U om my te wys hoe om te bid in gees en waarheid. Leer my om te bid Here, soos U wil hê ek moet bid.
Here, ek bid dat my menslike gees gelei sal word deur U Heilige Gees. Here ek vra vir U leiding deur Jesus Christus wat my hele lewe in beheer geneem het. Mag U Seun my stuur volgens U wil. Ek bid Here dat my menslike wil gehoorsaam en onderdanig aan U Gees van Waarheid sal wees. Mag ek leer om hierdie Gees van Waarheid sensitief na te volg.
Here, soos ek voor U kniel in nederigheid en aanbidding wil ek U naam groot maak vir die voorreg om te mag bid. Ek bid dat U my gebede sal toets aan die waarheid van U Woord. Here ek vra dat dit waarvoor ek vra in lyn sal wees met dit wat op U hart en in U wil is. Here, mag my hart brand vir dit wat U hart voor brand.
Here, leer my om te bid in gees en waarheid. Mag my versoeke ‘n soet smaak en gunstige geur vir U wees. Hierdie is my hart se behoefte. Ek bid dit in U naam, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Amen.

Donderdag, 15 Julie

Leef in Waarheid – Dit maak vry

Johannes 8:31-36
31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” 33Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?” 34Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde. 35'n Slaaf bly nie vir altyd by 'n huisgesin nie; 'n seun bly vir altyd. 36Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees.

Om oor te gesels of te dink:

  • Vandag se teksgedeelte herinner ons dat Jesus weet dat ons sondes ons gevangene kan hou. Ons sondes dwing ons om in geheim te lewe. Dit hou ons geïsoleer van ander. Dit maak dat ons nie eerlik en oop kan wees met ander mense nie. Sondes maak dat ons meer en meer vasgevang word in die leuens wat ons vertel. Later kan ons nie meer los kom nie en neem ons angs vlakke meer en meer toe. Om vasgevang te wees in sonde is soos om in die tronk te wees. Maar wanneer ons in waarheid leef, is ons vry. Jesus maak ons vry, want Hy is Waarheid.
  • Hoe voel vryheid? Hoe voel dit om nie vasgevang te wees in leuens nie? Hoe voel dit om eerlik en oop met ander te kan leef? Hoe voel dit om in verhouding met ander te kan leef en nie geïsoleer te wees nie? Deel met die Here hoe ‘n lewe van vryheid lyk. Deel jou drome vir die lewe van vryheid. Vra hoe God se hart vir jou lewe van vryheid lyk.
  • In die wêreld waarin ons lewe word baie mense vasgevang in die tronk van hulle sonde. Hoe kan ons hoop bring vir die wêreld? Hoe kan jy Jesus se boodskap van vryheid deel met mense wat nie vry is nie? Hoe kan jy liefde betoon uit die vryheid wat ontvang het?

Gebed:
Vader, ons word van jongs af geleer om te bid. Vader ek vra vir U om my te wys hoe om te bid in gees en waarheid. Leer my om te bid Here, soos U wil hê ek moet bid.
Here, ek bid dat my menslike gees gelei sal word deur U Heilige Gees. Here ek vra vir U leiding deur Jesus Christus wat my hele lewe in beheer geneem het. Mag U Seun my stuur volgens U wil. Ek bid Here dat my menslike wil gehoorsaam en onderdanig aan U Gees van Waarheid sal wees. Mag ek leer om hierdie Gees van Waarheid sensitief na te volg.
Here, soos ek voor U kniel in nederigheid en aanbidding wil ek U naam groot maak vir die voorreg om te mag bid. Ek bid dat U my gebede sal toets aan die waarheid van U Woord. Here ek vra dat dit waarvoor ek vra in lyn sal wees met dit wat op U hart en in U wil is. Here, mag my hart brand vir dit wat U hart voor brand.
Here, leer my om te bid in gees en waarheid. Mag my versoeke ‘n soet smaak en gunstige geur vir U wees. Hierdie is my hart se behoefte. Ek bid dit in U naam, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Amen.

Woensdag, 14 Julie

Leef in Waarheid – Ons almal sukkel soms met waarheid

1 Johannes 1:8
8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die teksgedeelte herinner ons vandag dat elkeen van ons sukkel met die sonde. Dit herinner ons dat elkeen van ons soms in valshede werk en nie in waarhede leef nie. Dit is moeilik om te erken, want ons wil graag in die waarheid wandel altyd. Ons wil nie erken dat ons foute maak of die verkeerde pad loop nie. Om te erken dat ons menslik is, is swaar.
  • Wat is die valshede waarmee jy gereeld sukkel? Met watter sondes sukkel jy van tyd tot tyd? Wat is vir jou die moeilikste om te erken en te hanteer as dit kom by die feit dat jy nie altyd in die waarheid loop nie? Deel jou hart met die Here oor die kere wanneer jy nie perfek in Jesus se voetspore stap nie.
  • Dit is baie maklik om te sien wanneer ander mense foute maak en nie altyd in die waarheid wandel nie. Waarom is dit maklik om te sien waar ander se sonde lê? Waarom is dit maklik om te sien waar ander nie in waarheid wandel nie? Wat dink jy sou die Here wou hê jy moet leer in jou hantering van ander, as dit kom by die wete dat almal sonde doen?

Gebed:
Vader, ons word van jongs af geleer om te bid. Vader ek vra vir U om my te wys hoe om te bid in gees en waarheid. Leer my om te bid Here, soos U wil hê ek moet bid.
Here, ek bid dat my menslike gees gelei sal word deur U Heilige Gees. Here ek vra vir U leiding deur Jesus Christus wat my hele lewe in beheer geneem het. Mag U Seun my stuur volgens U wil. Ek bid Here dat my menslike wil gehoorsaam en onderdanig aan U Gees van Waarheid sal wees. Mag ek leer om hierdie Gees van Waarheid sensitief na te volg.
Here, soos ek voor U kniel in nederigheid en aanbidding wil ek U naam groot maak vir die voorreg om te mag bid. Ek bid dat U my gebede sal toets aan die waarheid van U Woord. Here ek vra dat dit waarvoor ek vra in lyn sal wees met dit wat op U hart en in U wil is. Here, mag my hart brand vir dit wat U hart voor brand.
Here, leer my om te bid in gees en waarheid. Mag my versoeke ‘n soet smaak en gunstige geur vir U wees. Hierdie is my hart se behoefte. Ek bid dit in U naam, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Amen.

Dinsdag, 13 Julie

Leef in Waarheid – Of dien die leuenaar

Markus 13:21-23
21“As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie. 22Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, die uitverkorenes te mislei. 23Julle moet daarvoor op julle hoede wees. Ek het alles vir julle vooruit gesê.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Die teksgedeelte kom vandag om ons te herinner dat die wêreld gaan kom met disinformasie en valshede en dit vir ons aanbied as die waarheid. Ons verwag ook gewoonlik die groot leuens, die opmerkings wat so direk in kontras met die Goeie Nuus en Waarheid van Christus staan. Maar die wêreld kom met leuens wat so vervleg is met waarheid dat dit naby genoeg klink aan waarheid dat ons dit aanvaar. Ons aanvaar dit omdat ons die Woord nie goed genoeg ken nie en ons nie diep genoeg geanker is in ons verhouding met die Waarheid, Christus self nie.
  • Kan jy dink aan halwe waarhede wat die wêreld as waarheid probeer voorlê? Kan jy dink aan geleenthede waar die wêreld of mense vir jou iets voorgehou het as waarheid, en jy net nie seker was nie? Indien hierdie tipe disinformasie na jou te kom, reageer jy uit vrees en emosie, of uit geloof en vrede? Deel jou hart met die Here aangaande die verskeidenheid van vals waarhede.
  • As gelowiges kan en moet ons besluit waarmee ons, onsself besig hou. Besluit vandag waarop jy meestal wil fokus. Die Waarheid, of verskillende vorms van valshede? Hoe lyk hierdie besluit prakties in jou lewe? Deel met die Here hoe jy elke dag meer gaan fokus op die Waarheid.
  • ‘n Tweede keuse wat ons moet maak as gelowiges is om nie valshede te versprei en by te dra tot ander se spanning, angs en vrees nie. Indien dit ‘n keuse is wat jy wil maak, besluit nou hoe jy nie valshede gaan versterk en versprei nie. Deel met die Here hoe jy prakties gaan optree as jy met valshede gekonfronteer word.

Gebed:
Vader, ons word van jongs af geleer om te bid. Vader ek vra vir U om my te wys hoe om te bid in gees en waarheid. Leer my om te bid Here, soos U wil hê ek moet bid.
Here, ek bid dat my menslike gees gelei sal word deur U Heilige Gees. Here ek vra vir U leiding deur Jesus Christus wat my hele lewe in beheer geneem het. Mag U Seun my stuur volgens U wil. Ek bid Here dat my menslike wil gehoorsaam en onderdanig aan U Gees van Waarheid sal wees. Mag ek leer om hierdie Gees van Waarheid sensitief na te volg.
Here, soos ek voor U kniel in nederigheid en aanbidding wil ek U naam groot maak vir die voorreg om te mag bid. Ek bid dat U my gebede sal toets aan die waarheid van U Woord. Here ek vra dat dit waarvoor ek vra in lyn sal wees met dit wat op U hart en in U wil is. Here, mag my hart brand vir dit wat U hart voor brand.
Here, leer my om te bid in gees en waarheid. Mag my versoeke ‘n soet smaak en gunstige geur vir U wees. Hierdie is my hart se behoefte. Ek bid dit in U naam, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Amen.

Maandag, 12 Julie

Leef in Waarheid – Wat is Waarheid?

Johannes 14:6-7
6Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Wat is waarheid? Dit is so moeilik om te beskryf. Van vroeg af was dit ‘n filosofiese vraag wat talle probeer beantwoord het. Vir die Grieke kan die waarheid gevind word in jou denke, meditasie of deur goeie werke. Of deur die gode gelukkig te hou. Vir die Jode is die waarheid dat daar ‘n Joodse bevryder gaan kom wat die die Jode gaan vry maak. Dit was hulle waarheid. In die moderne woordeboek is die betekenis die inhoud, die feite, die dinge en gebeure van realiteit of dit wat werklik is. Dit is hoe waarheid beskryf word. Maar hierdie beskrywing is steeds afhanklik van die mense wat na die inhoud, die gebeure, die situasie kyk. Soos die prentjie op vandag se stukkie wys. Ons perspektief het invloed op die waarheid.
  • In die teksgedeelte vandag antwoord Jesus ‘n teologiese gesprek met uitspraak dat Hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is. As ons God wil ken, hoef ons slegs vir Jesus te ken. Hy los ons ook nie alleen nie, hy los vir ons die Gees van Waarheid. Hy is die bevryder, wat anders lyk as die verwagting van die Jode. Maar Hy is ook meer as net denke wat ons glo oor feite, situasies en ervarings. Dit is die ken van Jesus self. Dit is in verhouding wees met Christus. Dit is ‘n belydenis in God drie-enig.
  • Wat is Waarheid vir jou? Hoe sou jy Waarheid vir iemand beskryf as hulle nog nooit met Waarheid te doen gekry het nie? Hoe kan die Waarheid jou vry maak? As jy die keuse het, sou jy kies om altyd die Waarheid te volg en in Waarheid te leef? Deel jou gedagtes aangaande Waarheid met die Here.
  • Hoe gaan die wêreld om met waarheid? Watter uitdagings stel die wêreld aan jou as dit kom by die waarheid? Waarmee sukkel jy die meeste? Waarmee het jy God se hulp die meeste hulp nodig?

Gebed:
Vader, ons word van jongs af geleer om te bid. Vader ek vra vir U om my te wys hoe om te bid in gees en waarheid. Leer my om te bid Here, soos U wil hê ek moet bid.
Here, ek bid dat my menslike gees gelei sal word deur U Heilige Gees. Here ek vra vir U leiding deur Jesus Christus wat my hele lewe in beheer geneem het. Mag U Seun my stuur volgens U wil. Ek bid Here dat my menslike wil gehoorsaam en onderdanig aan U Gees van Waarheid sal wees. Mag ek leer om hierdie Gees van Waarheid sensitief na te volg.
Here, soos ek voor U kniel in nederigheid en aanbidding wil ek U naam groot maak vir die voorreg om te mag bid. Ek bid dat U my gebede sal toets aan die waarheid van U Woord. Here ek vra dat dit waarvoor ek vra in lyn sal wees met dit wat op U hart en in U wil is. Here, mag my hart brand vir dit wat U hart voor brand.
Here, leer my om te bid in gees en waarheid. Mag my versoeke ‘n soet smaak en gunstige geur vir U wees. Hierdie is my hart se behoefte. Ek bid dit in U naam, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Amen.

Saterdag, 10 Julie

Dien – Kwaliteit tyd

Lukas 10:38-42
_ 38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”_

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus het kwaliteit tyd saam met mense spandeer. Hy was nie besig om te fokus op ander dinge nie. Wanneer Hy met die Vader tyd spandeer het, was Hy net met die Vader besig. Wanneer Hy by sy dissipels was, was Hy besig om goeie kwaliteit tyd met hulle te spandeer. Wanneer Hy die mense geleer en genees het, het Hy hulle in die oë gekyk en hulle laat voel asof Hy hulle werklik sien en hoor. Wanneer Hy by sy vriende was, het Hy hulle laat voel asof Hy al die tyd in die wêreld vir hulle het. Kwaliteit tyd is om nie ander goed te doen en op ander goed te fokus terwyl jy in iemand se geselskap is nie. Dit is om die mense by wie jy is, ‘n prioriteit te maak.
  • Hoe lyk kwaliteit tyd in dien vir jou? Watter behoefte dink jy het ander aan kwaliteit tyd? Hoe voel jy oor kwaliteit tyd? Watter verskonings gee jy gewoonlik waarom jy nie iemand anders se behoefte aan kwaliteit tyd kan versorg nie? Waarom is dit moeilik om kwaliteit tyd te gee? Waarom is dit maklik om jouself uit die gee om van kwaliteit tyd te praat? Deel jou hart met die Here.
  • Diens voorstel vandag: Ons kyk na ons geliefdes en onsself vandag. Lees ‘n gunsteling boek. Doen ‘n gunsteling stokperdjie. Luister na jou maat se gunsteling musiek. Deel stories uit julle jong dae. Kyk ‘n film wat julle nog nie gesien het nie saam. Lê op die gras en kyk na die wolke of sterre. Doen saam ‘n legkaart.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien is die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Vrydag, 9 Julie

Dien – Gee van Geskenke

2 Korintiërs 9:6-8
6Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 7Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 8En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die nood in ons wêreld is tans baie groot. Ons hoef nie eers ver te gaan om dit raak te sien nie. Ons as gelowiges het nog altyd uit die oorvloed wat God aan ons gee, vir ander gegee. Die teks vandag herinner ons hieraan. Ons gee nie omdat ons skuldig voel nie. Ons gee nie omdat ons iets terug verwag nie. Ons gee nie omdat ons MOET nie. Ons gee omdat ons uit genade soveel reeds het. En omdat ons God vertrou dat Hy bly voorsien.
  • Hoe lyk gee van geskenke as dit kom by dien vir jou? Watter behoefte dink jy het ander aan die ontvang van geskenke? Hoe voel jy oor die ontvang van geskenke? Watter verskonings gee jy gewoonlik waarom jy nie iemand anders se behoefte aan die ontvang van geskenke wil versorg nie? Waarom is dit moeilik om geskenke te gee? Waarom is dit maklik om jouself uit die gee van geskenke te praat? Deel jou hart met die Here.
  • Diens voorstel vandag: Ons gaan na organisasies en mense wat jy weet behoefte het. Is daar ‘n organisasie wat jy weet behoefte het, hulle hulpbronne goed bestuur en vir wie jy nou kan of moet gee? Is daar mense wat nou swaar kry en wie gemoed sal oplig deur ‘n geskenk pakkie met ‘n bederfie in? Is daar ‘n gesin of enkeling wat inkopies nodig het? Is daar iemand wat medisyne benodig?

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien is die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Donderdag, 8 Julie

Dien – Opbouende Woorde

1 Tessalonisense 5:11
11Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.

Om oor te gesels of te dink:

  • Een van die maklikste maniere waarop ons ander kan dien is ook een van die maniere waarop mense mekaar die seerste kan maak. Dit is met die gebruik van woorde. Daar word gesê vir elke kritiese woord is daar 4 opbouende woorde nodig om dit te herstel. As ons na die nuus luister is die berigte gevul met slegte nuus. Die hoeveelheid goeie wat ons benodig om balans terug te bring amper ondenkbaar. Jesus het mense Goeie Nuus gegee. Die vroeë Christene het vir mense Goeie Nuus gegee. Vandag kan ons ook vir ander Goeie Nuus gee.
  • Hoe lyk opbouende woorde vir jou? Watter behoefte dink jy het ander as dit kom by opbouende woorde? Hoe voel jy oor opbouende woorde? Watter verskonings gee jy gewoonlik waarom jy nie iemand anders se behoefte aan opbouende woorde nie voldoen nie? Waarom het opbouende woorde so ‘n seldsame handeling geword? Waarom is dit makliker om te kritiseer en te wys op wat ander verkeerd doen? Deel jou hart met die Here.
  • Diens voorstel vandag: Ons gaan na die gemeenskap kyk vandag. Doen ‘n hart-aanval (kies ‘n huis of sommer ‘n hele straat. Sny klomp harte uit, skryf opbouende woorde en sinne daarop neer en plak dit op die hekke en deure van die huise), gee komplimente vir mense by die kassiere of werk, gee ‘n sin van hoop vir iemand by wie jy verby stap in die winkel of aanlyn byeenkoms.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien is die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Woensdag, 7 Julie

Dien – Aanraking

Matteus 7:1-3
1Jesus het afgekom van die berg af, en 'n groot menigte mense het saam met Hom gegaan. 2'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” 3Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg.

Om oor te gesels of te dink:

  • Mense is geskep vir verhouding. En een van die maniere waarop ons in verhouding met mekaar lief het en dien is deur mekaar aan te raak. Jesus het ook die mense wie Hy gedien het aangeraak. In die teksgedeelte vandag het Jesus ‘n man met melaatsheid aangeraak. So iets was nie net ongekend nie, maar verbode. Dit was teen die Joodse reinheidswette. Deur aan iemand met melaatsheid te vat, het Jesus onreinheid oor homself ook gebring. Dit keer Hom nie om mense aan te raak nie. Want ons as mens het aanraking nodig.
  • Hoe lyk aanraking wanneer ons dien? Watter behoefte dink jy het ander as dit kom by aanraking? Hoe voel jy oor aanraking? Watter verskonings gee jy gewoonlik waarom jy nie iemand anders se behoefte aan aanraking kan voldoen nie? Waarom het aanraking so ‘n slegte konnotasie as ‘n vorm van diens en liefde bewys teenoor ander? Deel jou hart met die Here.
  • Diens voorstel vandag: Kies jou familie of gesin vandag om te dien deur aanraking. Idees vir hierdie vorm van diens. Tap ‘n warm bad vir iemand na ‘n lang dag, kry ‘n sagte kombersie om onder te lê, gee ‘n drukkie wanneer een nodig is, masseer iemand se skouers.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien is die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Dinsdag, 6 Julie

Dien – Dade van diensbaarheid

Hebreërs 6:10
10God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die Here het ons almal uniek geskep. Wanneer ons ander dien is dit belangrik dat ons onthou om ander te dien nie op die manier wat ons graag gedien wil wees nie, maar op die manier wat hulle werklik nodig het. Dit beteken dat ons in gesprek met ander moet wees. Dit veronderstel dat ons verhoudings kweek en vra wat die behoefte is.
  • Vandag kyk ons na maniere waarop ons ander mense kan dien deur dade te doen waarop ons diensbaar vir hulle kan wees. Die teks verwys spesifiek na die maniere waarop ons, ons medegelowiges dien. Maar indien dit op jou hart gedruk word om ‘n daad van diensbaarheid te doen vir iemand wat nie glo nie, is daar niks wat in jou pad staan nie.
  • Hoe lyk dade van diensbaarheid? Wat vra dade van diensbaarheid vir jou? Watter verskonings gee jy gewoonlik waarom jy nie dade van diensbaarheid kan uitvoer nie? Hoe laat dade van diensbaarheid jou voel? Deel jou hart met die Here.
  • Diens voorstel vandag: Bel ‘n medegelowige en vra vir hulle wat jy vir hulle kan doen. (Dink veral aan die wat Covid positief en siek is) Moontlike idees kan insluit: ‘n Ete maak en bring, die gras sny, inkopies gaan doen, medisyne by die apteek optel en bring, die troeteldiere neem vir ‘n loop, ens.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien is die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Maandag, 5 Julie

Dien – Waarom dien?

2 Korintiërs 9:11-15
11Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. 15Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die vraag en keuse om te dien maak ‘n klomp wonde en eienskappe van ons persoonlikheid oop waarmee ons dalk nie so gemaklik is nie. Daarom is dit belangrik dat ons eers stilstaan by die vraag Waarom ons dien?
  • In die teksgedeelte het elke aksie in die vroeë kerke altyd gegaan om God te eer. Daar is gedien, geloof, geleef, lief gehê, vergewe en opgeoffer om God te eer. Ons het dieselfde keuses. Maar ons is ook nou al ‘n jaar in Covid in. Ons het Covid “fatigue”. Ons is moeg gedien, en lief gehê, en vergewe, en en opgeoffer. Ons staan steeds voor die keuse as gelowiges of ons gaan dien? En ons staan steeds voor die keuse of ons dit vir geen ander rede gaan doen, om as vir God eer te gaan bring nie?
  • Wil jy dien? Waarom of waarom nie? Waarom wil jy dien? Op watter voorwaardes wil jy dien? Dink jy God wil hê ons moet voorwaardes hê waarop ons dien? Hoe lyk diens realisties vir jou en julle gesin, in hierdie tyd, met gesonde grense? Deel jou hart vandag met die Here. Maar luister ook na God se stem vir Sy hart as dit kom by diens.
  • Diens voorstel vandag: Vra vir iemand om jou wat hulle vandag nodig het om net geliefd/gesien te voel. En probeer dit vir hulle doen.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien in die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Saterdag, 3 Julie

Wees soos Jesus – Vergewe anders.

Lukas 23:34
34Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus vergewe anders as die mense van die wêreld. In die oomblik waar Hy deur die wêreld verwerp word. In daardie oomblikke sou niemand sleg van ons gedink het as ons nie die wat ons te na kom vergewe het nie. Maar Jesus is anders. In hierdie oomblik wanneer die seer en verwerping nog so vars is, vra Jesus dat God reeds vergewe. Vergifnis is ‘n wilsbesluit. Vergifnis is ‘n doelbewuste keuse. Vergifnis is ‘n lewe van vryheid.
  • Hoe lyk vergifnis? Wat behels dit alles? Waarom vra die Here dat ons ander vergewe? Waarom is dit soms so moeilik om iemand te vergewe? Is daar iemand in jou lewe wat jy nodig het om te vergewe? Is daar iemand vir wie jy vergifnis moet vra? Deel jou hart aangaande vergifnis met die Here.
  • Die wêreld is nie geneig om mense te vergewe nie. Die wêreld dra wrokke en hulle harte is bitter. Vergifnis is die salf wat genesing bring vir beide die een wat vergewe en die een wat vergewe word. Is daar iemand wat nodig het om te weet dat jy hulle vryspreek van dit wat verkeerd gegaan het in die verlede? Kan jy vergewe en dit totaal en al agter jou sit?
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy vergewe? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Vrydag, 2 Julie

Wees soos Jesus – Loop anders.

Matteus 14:24-32
24Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. 25Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. 27Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” 28Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” 29“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. 30Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” 31Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” 32Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. 33Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Na die vermeerdering van brood bly Jesus agter om te bid. Vroeg die oggend kom die wind op en is die dissipels in die skuit bang. Jesus kom aangestap op die water. Jesus is nie bang nie, want Sy oë is op God gefokus. Sy geloof in Sy verhouding met die Skepper. Die golwe en sy vrese geniet nie Sy aandag nie. Jesus loop met sekerheid en doelgerigtheid. Petrus begin baie dieselfde manier loop. So gefokus op Jesus, doelgerig en seker. Maar vir ‘n oomblik neem hy sy oë weg van Jesus en sien die grootte van die golwe. En vrees en bekommernisse kry ‘n kans om ‘n struikelblok te word.
  • Hoe loop jy? Loop jy doelgerig en met sekerheid omdat jou oë gefokus is op Jesus? Of is dit vir jou nog steeds te moeilik om uit die skuit te klim? Het jy al ‘n klompie treë gegee maar net vir ‘n oomblik jou oë op jou struikelblokke laat rus? Deel jou hart met die Here.
  • Die wêreld gee vir ons soveel geleenthede en verskonings om nie met sekerheid en doelgerigtheid te loop soos Jesus nie. Om ons fokus eerder op die golwe te plaas. Die ongelooflike goeie nuus is, dat daar ongelooflike groot genade vir elkeen van ons is. Dat Jesus na elkeen van ons kom en ons gryp en ons red. Hy gee vir ons die kans om weer ons voete te vind sodat ons weer soos Hy kan begin stap. Watter treë wil jy vandag begin neem in geloof?
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy loop? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Donderdag, 1 Julie

Wees soos Jesus – Oordeel anders.

Johannes 8:4-11
4Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. 5Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?”
6Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. 7Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
8Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. 9Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. 10Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
11“Niemand nie, Here,” sê sy.
Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus oordeel anders as die wêreld. Die Fariseërs kom met ‘n vrou wat skuldig is van ‘n sonde. Sy is gevang. Daar is geen manier waarop sy uit die situasie kan kom nie. Sy weet dit. Die mense wat haar gevang het weet dit. Jesus weet dit. Wanneer daar gevra word om oor haar te oordeel, vra Jesus dat die wat na haar die vinger wys eers na binne moet kyk. As jy self onskuldig is, het jy ‘n voet om op te staan en vingers na ander te wys. Die manier waarop Jesus oordeel is deur nie te oordeel nie. Die manier waarop Jesus oordeel is deur te erken dat ons self eerste genade nodig het. En omdat ons dit verstaan kan ons dit vir ander gun. Want ons het nie ‘n voet om op te staan sonder genade nie.
  • Hoe oordeel jy? Vra dat die Here om jou die waarheid te wys wat in jou hart verskuil is. Oordeel jy soos die Fariseërs? Sien jy alles wat ander verkeerd doen? Wil jy vir die Here alles uitwys waar ander skuldig staan? Of oordeel jy soos Jesus? Oordeel jy dat jy meer skuldig staan as ander, en meer genade nodig het as ander? En kan jy daarom meer genade aan ander gun? Deel jou hart met die Here.
  • In ‘n wêreld waarin baie mense, baie maklik oordeel, hoe sou dit lyk as mense meer soos Jesus sou oordeel? Waarom is dit so moeilik om soos Jesus te oordeel? Waarom is dit so maklik om soos die Fariseërs te oordeel?
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy oordeel? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Woensdag, 30 Junie

Wees soos Jesus – Luister anders.

Lukas 11:28
28Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus luister anders as die wêreld. Meeste mense van die wêreld hoor. Maar dit gaan by die een oor in en by die ander oor uit. Om te luister is ‘n aktiewe handelinge. Dit is ‘n doen woord. Dit is aksie. Om te luister beteken dat jy gehoorsaam is aan dit wat gevra is. Jesus het so geluister na Sy Vader dat Hy gehoorsaam was elke keer as Hy mense se harte aangeraak het. Jesus was gehoorsaam elke keer as Hy mense genees het. Jesus was gehoorsaam tot aan die kruis waar Hy vir mense gesterf het om God se plan uit te voer. Om anders te luister beteken om gehoorsaam te wees aan die stem van God.
  • Hoe luister jy? Of hoor jy net? Wat is die verskil vir jou? Hoe maklik of moeilik is dit vir jou om te luister? Hoe weet jy wanneer God vir jou vra om te luister? Hoe voel dit wanneer jy geluister het? Deel jou hart met die Here.
  • In ‘n wêreld waarin baie min mense hoor en nog minder mense luister, hoe voel dit om die enigste een te wees wat luister? Wat is vir jou die grootste uitdaging om te luister in die omgewing waar jy is? Hoe dink jy wil God hê jy moet ander help om ook te hoor, en selfs te begin luister? Deel jou gedagtes met die Here oor die wêreld wat nie luister nie.
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy luister? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Dinsdag, 29 Junie

Wees soos Jesus – Kyk anders.

Matteus 9:36
36Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus kyk anders na mense. Wanneer Jesus na mense kyk, sê die teksgedeelte het Hy hulle innig jammer gekry. Die Griekse woord (splagchnizomai) wat hier gebruik word is om so om te gee dat jou ingewande begin pyn. Jesus kyk nie na mense en oordeel hoe hulle lyk, wat hulle aan het en of hulle waardig is van Sy tyd nie. Hy kyk nie en wonder of Hy beter as hulle is nie. Jesus kyk na mense en kry hulle jammer, want Hy sien hulle nood. Hy weet die mense het ‘n diep behoefte aan God.
  • Hoe kyk jy na mense? As jy ‘n eerste keer na mense kyk, wat sien jy raak? Watter inligting neem jy in? Hoe som jy hulle op? Vra dat die Here eerlik vir jou wys hoe jy na mense kyk.
  • Tans gaan ons wêreld, maar spesifiek ons omgewing gebuk onder Covid. Ons mense kry swaar. Hoe kyk jy na mense om jou? Of probeer jy alles mis kyk? Vra dat die Here jou bewus sal maak van dit wat jou hart moet aanraak. Vra dat die Here vir jou moet wys wat jou ingewande moet pyn gee.
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy kyk? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Maandag, 28 Junie

Wees soos Jesus – Praat anders.

Matteus 7:28-29
28Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, 29want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus het vir die mense van sy tyd uitgestaan omdat Hy anders was as die wêreld van sy tyd. Terwyl die Fariseërs en Skrifgeleerdes van die tyd baie mooi gevleuelde woorde gebruik het, was daar geen outoriteit agter dit nie. Die woorde was leeg. Jesus kom en Sy woorde dra gewig. Hy praat met outoriteit. Hy praat en mense luister. Want Hy kom met integriteit en Hy doen wat Hy sê.
  • Dink aan iemand wat jy na opkyk. Waarom kyk jy op na hulle? Wat in hulle boodskap beïndruk jou? Sou hulle integriteit verloor as hulle gedrag nie dit ondersteun nie? Waarom het die boodskap wat hulle lewe gewig? Praat met die Here oor dit wat jy glo.
  • Dink aan die woorde wat jy gebruik. Dra hulle outoriteit? Het hulle gewig? Sal God agter hulle staan? Sal Hy jou woorde versterk? OF is jou voorbeeld besig om afbreek te maak aan dit wat jy sê? Deel jou hart met die Here?
  • Waar het jy Jesus se hulp nodig as dit kom by die manier waarop jy praat? Hoe wil jy hê moet Hy jou help sodat mense kan sien jy is meer soos Hy as dit hierby kom?

Gebed:
Here van my lewe,
Leer my vandag om meer soos Jesus te wees.
Ek vra dit met die wete dat ek op een of ander manier teen vanaand in hierdie taak gaan faal. Maar Here, ‘n lewe waarin dit die enigste doel is waarheen ek streef, is nie ‘n lewe wat gemors is nie.
Here Jesus, meer van U, en minder van myself.
Amen.

Saterdag, 26 Junie

Soek Geregtigheid – Ons sal krag hê.

Eksodus 15:2
Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek.

Om oor te gesels:

  • Ons het nou gesê Geregtigheid is om die regte ding te wil doen en te weet wat dit is. Ons het ontdek dat ons nie hoef te bekommer en uit te mis op vandag nie. En ons hoef nie te vrees en uit te mis op môre nie. Ons het ook gehoor hoe ons lewe vind as ons Geregtigheid soek. Vandag ontdek ons hoe ons krag kry, sonder dat ons eers hoef te soek. Dit is ‘n geskenk wat God gee net omdat ons Hom soek. Dit is genade elke dag opnuut.
  • Hoe lyk krag? Hoe sal jy krag definieer? Hoe kan Paulus sê sy krag lê jy juis in sy swakheid? Hoe dink God oor krag? Deel jou hart met die Here.
  • Waar lê jou krag? Probeer jy in jou eie krag leef? Of vertrou jy op die krag wat God gee? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom dink jy gee God vir jou krag nog voordat jy hoef te vra, in jou soeke na geregtigheid? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Vrydag, 25 Junie

Soek Geregtigheid – Ons leef

Amos 5:4
4So sê die Here vir Israel: Vra na my wil, dan sal julle lewe!

Om oor te gesels:

  • Ons het nou gesê Geregtigheid is om die regte ding te wil doen en te weet wat dit is. Ons het ontdek dat ons nie hoef te bekommer en uit te mis op vandag nie. En ons hoef nie te vrees en uit te mis op môre nie. Maar vandag hoor ons, dat as ons geregtigheid soek, na God soek, dat ons lewe sal ontvang.
  • Hoe definieer jy lewe? Wat behels dit? Hoe definieer jy dit? Dink jy dit is moontlik om tegnies aan die lewe te wees maar eintlik nie te leef nie? Deel jou hart met die Here?
  • Waarvoor leef jy? Wat keer jou om ten volle te leef? Watter verskoning gebruik jy om nie jou beste lewe te leef nie? Hoe dink jy voel God daaroor as jy net bestaan, in plaas daarvan om te volle te leef? Deel jou gedagtes met die Here.
  • Waarom dink jy kan jy wil God hê jy moet leef, in jou soeke na geregtigheid? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Donderdag, 24 Junie

Soek Geregtigheid – Vry van Vrees.

Psalm 34:5
Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons het nou gesê Geregtigheid is om die regte ding te wil doen en te weet wat dit is. Ons het ook gesê ons hoef nie te bekommer nie want dit steel die dag by ons. Vandag staan ons stil by vrees. Wanneer ons vrees steel dit ons toekoms. Die teksgedeelte sê ons het ons geregtigheid by God gesoek deur te bid en God het geantwoord. EN daarom is ons vrygemaak van ons vrese.
  • Watter vrese, steel steeds jou toekomsvreugde? Watter vrese maak dit moeilik vir jou om te glo? Deel jou hart met die Here.
  • Hoe sou dit wees as die Here sterker was as die vrese wat jy het? Sou dit iets wees wat jy kon glo? Sou dit iets wees waaraan jy kon vashou? Hoe kan jy met baie liefde en genade met jouself bid wanneer die vrese by jou hart opkom? Hoe dink jy sal die Here hierdie gebede by jou ontvang?
  • Waarom dink jy kan jy veilig voel dat God jou vrese by jou kan wegneem, in jou soek na geregtigheid? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Woensdag, 23 Junie

Soek Geregtigheid – Ons hoef nie oor alles te kommer nie.

Matteus 6:31-33
31“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons het nou gesê Geregtigheid is om die regte ding te wil doen en te weet wat dit is. Vandag praat ons daaroor dat ons nie bekommerd hoef te wees oor alles in die lewe nie want ons Vader ken ons. Hy weet wat ons benodig. En omdat ons Sy Koninkryk eers soek, want ons weet dat dit die regte ding is om te doen, sal God ook vir ons gee wat ons nodig het, en daarom hoef ons nie bekommer te wees nie.
  • Dink terug na vandag en die afgelope week. Waaroor is jy gereeld bekommer? Wat is gereeld in jou gedagtes? Deel jou hart met die Here?
  • Glo jy werklik dat God vir jou lief is? Glo jy dat Hy werklik vir jou sorg? Glo jy werklik dat vir jou kan gee wat jy benodig? Deel jou hart met die Here.
  • Waarom dink jy kan jy veilig voel dat God weet wat jy nodig het, in jou soek na geregtigheid? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Dinsdag, 22 Junie

Soek Geregtigheid – Ons sal weet wat dit is.

Spreuke 28:5
5Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.

Om oor te gesels of te dink:

  • Geregtigheid is om die regte ding te wil doen. Dit is ‘n tema wat nogal nou gekoppel is met ons as gelowiges. Dié wat die Here volg wil die regte ding doen. Maar meer as dit, die wat die Here volg, WEET wat die regte ding is om te doen. Ons smag daarna.
  • Wat vra die Here vir ons om te doen? Wat is die regte dinge om te doen? As iemand wat nog nooit die Here gedien het nie, vir jou sou vra, wat hulle moet doen, wat sou jy hulle antwoord? Deel jou hart met die Here.
  • Is dit altyd maklik om die regte dinge te doen vir die Here? Is daar soms ‘n prys daaraan gekoppel? Wat is die prys? As jy die regte dinge doen, gaan jy beloon word daarvoor? Deel jou hart met die Here?
  • Waarom dink jy sal jy weet wat die regte ding is om te doen, om na God te soek? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Maandag, 21 Junie

Soek Geregtigheid – Soek na God.

Jeremia 29:11-13
11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! 12Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. 13Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

Om oor te gesels of te dink:

  • Geregtigheid is om die regte ding te wil doen. Dit is ‘n tema wat nogal nou gekoppel is met ons as gelowiges. Dié wat die Here volg wil die regte ding doen. Ons gaan hierdie week kyk na wat is die regte ding om te doen.
  • Die teks waarna ons vandag kyk is ons vertrekpunt wanneer dit kom by geregtigheid, wanneer dit kom by die regte ding wil doen. As ons ernstig daaroor is om geregtigheid na te jaag moet ons begin by dit wat die belangrikste is. EN dit is om God na te jaag. Dit is die regte ding om te doen.
  • Jaag jy die Here na? Het jy ‘n verhouding met God? Glo jy in die Skepper van die heelal? Ken jy Hom as jou Heer, Verlosser, Restoureerder en Vriend? Het jy ‘n verhouding met Hom? Hoe sou jy jou verhouding met God beskryf as jy iemand nuut ontmoet? Hoe sou jy jou verhouding met God beskryf aan die persoon wat jou die beste ken?
  • Indien jy nog nooit die geleentheid geneem het om vir die Here te sê dat jy ernstig ‘n verhouding met Hom smag nie, dat jy die regte ding wil doen en jou lewe lank na Hom wil soek nie, neem nou jou kans. Vra dat die Here jou lewe sal oorneem en transformeer. Vra dat die Here jou sondes sal vergewe. Vra dat die Here jou sal help om nou te leef as ‘n nuwe mens. Vra dat die Here jou nou sal wys hoe lyk dit om Hom elke dag vir die res van jou lewe na te jaag.
  • Waarom dink jy is dit die regte ding om te doen, om na God te soek? Deel jou hart met die Here.

Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.

Saterdag, 19 Junie

Deernis – Leef stereotipes dood

Johannes 7:45-52
45Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die Fariseërs toe teruggegaan, en dié het vir hulle gevra: “Waarom het julle hom nie gebring nie?” 46Die wagte het geantwoord: “Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.” 47Die Fariseërs sê toe vir hulle: “Is julle tog nie ook mislei nie? 48Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van die Fariseërs? 49Nee, dit is net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!” 50Nikodemus, wat voorheen na Jesus toe gekom het en wat een van hulle was, sê toe vir hulle: 51“Volgens ons wet kan ons mos nie sommer iemand veroordeel sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.” 52Hulle sê toe vir hom: “Jy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.”

Om oor te gesels:

  • In die teksgedeelte sien ons ‘n klomp vooropgestelde idees of stereotipes wat die mense gehad het oor wie Jesus was of nie was nie, asook oor die mense wat nie die wet ken nie en die mense van Galilea. Vir ons maak al hierdie stereotipes dalk nie heeltemal sin nie. Watter stereotipes leef in die wêreld om jou? Watter stereotipes is jy al aan onderwerp? Hoe voel dit om gestereotipeer te word?
  • As jy dink aan die mense om jou: Is daar stereotipes wat jy dalk nog instandhou? Is hierdie stereotipes werklik waar? Is stereotipes regverdig? Hoe bring stereotipes afstand tussen jou en ander?
  • Ons kan nie mense se stereotipering van ons keer nie. Ons kan wel die stereotipering dood leef, deur te doen wat ons geroep is om te doen. Ons kan wees wie God ons geskep het om te wees. Ons kan wees wat ons vreugde gee. En in die proses kan ons vir ander wys dat ons meer is as die stereotipe wie hulle glo ons veronderstel is om te wees.
  • Leef jy die stereotipering van jouself dood? Hoe help dit jou en ander met deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Vrydag, 18 Junie

Deernis – Lees ‘n boek vir perspektief

1 Tessalonisense 5:15-22
15Sorg dat niemand 'n ander mens kwaad vir kwaad vergeld nie. Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense.
16Wees altyd bly. 17Bid gedurig. 18Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
19Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. 20Moenie profesieë geringskat nie, 21maar toets dit alles, behou wat goed is, 22en bly weg van alles wat sleg is.

Om oor te gesels:

  • Vandag se gedeelte begin deur te sê dat ons, ons moet beywer vir die belange van ons medegelowiges en van alle mense. Ons is nie hier om net ons eie behoeftes, belange en manier van dink in stand te hou nie. Ons is veronderstel om deur die Heilige Gees se werking in mense en die wêreld goeie onderskeid te maak in wat goed is en wat sleg is. Ons gaan blootgestel word aan ‘n klomp goed en ons moet besluit wat is goed is en daaraan vashou en wat sleg is en dit laat gaan. Dit beteken nie ons moet bang wees om blootgestel te wees aan denke of teorieë anders as die wat ons aanvaar nie. Eerder dat ons die Heilige Gees moet vra vir wysheid terwyl ons vreugde beleef, terwyl ons bid terwyl ons in dankbaarheid leef en die wêreld beleef.
  • Een van die plekke waar ons die meeste uitgedaag word om anders te dink oor die wêreld is deur die Bybel te lees. Ons kan nie die Bybel lees en dieselfde bly nie. Deur die werking van die Heilige Gees moet ons alles toets, die goeie behou en die slegte laat gaan. Hoe het die lees van die Bybel jou verander? Hoe het die lees van die Bybel jou uitgedaag? Hoe het die lees van die Bybel jou gedagtes nuutgemaak? Deel met die Here jou hart aangaande die Bybel.
  • Die Heilige Gees gebruik ook ander boeke om dieselfde te doen. Kies doelbewus boeke wat nie net sê wat jy reeds self van oortuig is nie. Kies boeke wat jou laat groei, jou uitdaag en jou laat wonder. Watter boeke het jou verander? Watter boeke het jou uitgedaag? Watter boeke het jou gedagtes nuutgemaak? Deel met die Here jou hart aangaande ander boeke.
  • Lees jy boeke? Hoe help dit jou met deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Donderdag, 17 Junie

Deernis – Staan op vir ander.

Spreuke 31:8-9
8Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; 9praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Sommige mense in ons samelewing het nie ‘n stem nie en word nie raakgesien nie en word nie erken nie. Kan jy sulke mense erken? Wie in ons samelewing het nie ‘n stem nie, word nie gesien nie en word nie erken nie?
  • Deernis is om hierdie mense raak te sien. Deernis is om na hierdie mense te luister. Deernis om hierdie mense te erken. Hoe kan ons dit prakties doen? Hoe kan ons dit doen vir die mense wat jy in die vorige vraag identifiseer het?
  • Dink spesifiek aan iemand wat nie ‘n stem het, raakgesien word of erken word nie. Hoe en wanneer gaan JY hierdie week vir hulle met deernis ‘n stem gee, hulle raaksien en hulle erken? Hoe beplan jy om dit in jou lewe in te bou as ‘n waarde?
  • Staan jy op vir ander? Hoe help dit jou met deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Woensdag, 16 Junie

Deernis – Ontdek jou vooroordele.

Jakobus 2:1-4
1My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, 3en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” 4het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Om oor te gesels of te dink:

  • Een van die grootste uitdagings van deernis is vooroordele. Hoe nader ons aan die Here leef hoe meer bewus word ons daarvan dat daar werklik nie plek is vir vooroordele in ons lewens nie. Is daar enige vooroordele in jou lewe? Voel jy veilig genoeg om iemand wat jy in jou lewe vertrou te vra of hulle dink jy het ‘n vooroordeel oor iemand? Is jy bereid om tyd saam met die Here te spandeer en te vra of Hy vir jou wil wys of daar ‘n vooroordeel in jou lewe is waarvan jy dalk nie bewus is nie?
  • Vooroordele kom in soveel verskillende vorms. Die groot vooroordele is die van ras, klas, status, taal, geslag, opvoeding, ouderdom en godsdiens. Meer subtiele vooroordele is die werk wat iemand doen, die plek waar iemand bly, die kar wat iemand ry, die denominasie waar iemand kerk gaan, die grootte klere nommer wat iemand dra, die skool waar iemand se kinders opgevoed word, die sonde wat iemand gepleeg het, die belangstellings waarmee iemand hulleself besig hou of lewens keuses wat mense vir hulleself maak waarmee jy nie saamstem nie. Is daar enige van hierdie wat iets by jou wakker maak? Is daar enige van hierdie wat jy met die Here oor wil gesels?
  • Stel jouself voor jy is skielik in die posisie om die een te wees wat baie gewig aan te sit, of te moet vra vir finansiële hulp, of emosioneel onstabiel genoeg te wees om sielkundige hulp te moet soek, of kinders het wat in moeilikheid met die reg gekom het, of in versoeking gekom het by die werk om geld te verduister of nou die werk van ‘n petroljoggie moet doen. Is daar enige iets van enige van hierdie omstandighede wat jou ongemaklik laat? Waarom? Deel met die Here jou hart.
  • Beoordeel jy ander of het jy vooroordele oor ander? Hoe help dit jou met deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Dinsdag, 15 Junie

Deernis – Deel ander se belangstellings.

Filippense 2:3-4
3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Om oor te gesels of te dink:

  • Dink na oor jou dag en week. Hoeveel van jou tyd spandeer jy op dinge waarin jy belang stel en belange het? Hoeveel van jou tyd spandeer jy om te dink aan die belange van ander? Watter bewyse is daar om jou gedagtes te ondersteun?
  • Wanneer ons begin belangstel in die dinge waarmee ander mense besig is word ons bewus dat mense ander behoeftes het, ander uitdagings het, ander vreugdes beleef. Ons word ook bewus dat ander mense dieselfde bekommernisse as ons deel, ook dieselfde vrese het en dieselfde hoop vir die toekoms dra. Is daar mense in jou lewe wat ander belangstellings en belange as jy het? Kan jy saam met hulle tyd spandeer en vra of jy meer van hulle belangstellings en belange kan leer. Watter gedagtes kom by jou op as jy dit sou moes of kon doen?
  • Deel jy in ander se belangstellings of belange? Hoe help dit jou met deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Maandag, 14 Junie

Deernis – Praat en Luister na mense.

Matteus 7:12
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Die teksgedeelte vra dat ons aan ander doen wat ons graag wil hê ander ook aan ons moet doen. Hoe wil jy hê moet mense wat jou nie ken nie met jou praat? Hoe wil jy hê moet mense wat jou nie ken nie na jou luister? Wat sou jy wou hê moet mense wat jou nie ken nie by jou hoor? Wat sou jy wou hê moet mense wat jou nie ken nie, van jou weet?
  • Ons is geneig om net met mense te praat wat dieselfde as ons lyk, dink en praat. Ons maak so want dit is die mense wat ons ken en mee gemaklik is. Wanneer ons meer wil leer oor deernis, het ons nodig om met nuwe mense te leer praat. Hoe laat dit jou voel om te dink jy moet met iemand gesels wat jy dalk nie so goed ken nie? Iemand wat dalk anders as jy lyk, dink en praat? Watter verskoning gebruik jy om nie dit te doen nie? Sou hierdie verskonings goed genoeg wees vir Jesus om nie vir hulle deernis te bewys nie? Deel jou hart met die Here.
  • Ons is geneig om te luister om te antwoord, of te reageer, of te baklei of te antwoord en reg te help. Wat sou gebeur as jy net luister om te hoor. Om nie ‘n antwoord of reaksie van enige aard te gee nie, maar net te hoor wat gesê is, hoe sou dit verskil van dit wat jy normaal weg doen? Hoe luister jy na die persoon se liggaamstaal, kleredrag, status, posisie in die samelewing? Hoe luister jy wanneer jy haastig is, gespanne is, kwaad is? Deel met die Here indien daar enige iets is wat maak dat jy nie mense om jou werklik kan hoor nie.
  • Hoe luister en praat jy met mense? Het jy werklik deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Vrydag, 11 Junie

Die mens is goed – geskep om familie te wees.

1 Johannes 3:1-3
Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 3Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.

Om oor te gesels:

  • Wat is familie? Hoe is familie anders as ‘n groep vriende? Waarom is dit so kosbaar dat God ons juis nou skep om deel te word van ‘n nuwe familie, ‘n Geloofsfamilie? Hoe is dit bedoel om ons lewens te verryk?
  • Soms is families ongesond en maak hulle foute. Dit is ook waar van Geloofsfamilies. Dit breek God se hart wanneer Geloofsfamilies mekaar seermaak. Het jy dalk al seer gekry in ‘n Geloofsfamilie? Het jy dalk nodig om met ‘n leraar of berader te praat? Het jy nodig om jou hart by die Here uit te praat? Deel alles met die Here.
  • Soms in families is dit nodig om jammer te sê, te vergewe en weer saam te lewe. Dit is juis in families waar ons leer hoe om met mekaar geduldig te wees, verdraagsaam te wees, nederig te wees, behulpsaam te wees, diensbaar te wees en werklik familie te wees. Wat dink jy wil die Here hê moet jy leer of op die oomblik aan werk as dit kom by jou geestelike familie?
  • Is dit vir jou maklik of moeilik om aan die mens te dink as goed? Is dit vir jou moeilik of maklik om aan die tipe verhouding te dink wat ‘n Goeie God met so ‘n mens sou hê? Waarom? Deel jou hart met die Here?

Gebed:
Liewe Heer,
Ek weet nie wie of wat vandag my pad sal kruis nie. Maar ek weet wel dat U my rots en my vesting is. U is my skild en my sterk toring. Help my om myself vandag aan U te anker. Leer my hoe om sterk in U te staan en vandag net U manier te kies. Help my om in U waarheid te wandel en nie in my eie gevoelens nie. Help my om alles wat oor my pad kom, te omhels as 'n geleentheid om U handewerk te sien en as 'n geleentheid om ander na U te wys. Dankie dat U my liefhet en niks ooit U liefde van my kan wegneem nie! Selfs as ek vandag misluk en tekort skiet, fluister U, U onvoorwaardelike liefde diep in my siel en herinner my daaraan dat U genade elke oggend nuut is. Dit verbaas my regtig, Here. Dankie dat U vandag met my ontmoet het. Sou U my môre weer wakker maak met dieselfde lieflike fluistering van U liefde? Ek kan nie wag om weer met U te ontmoet nie.
In Jesus se naam,
Amen.

Donderdag, 10 Junie

Die mens is goed – geskep om tot seën.

Genesis 12:1-3
Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. 2Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees. 3Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

Om oor te gesels of te dink:

  • God het met Sy mense ‘n verbond gevestig van die begin af. Die verbond was dat Hy vir hulle ‘n God sal wees as hulle vir Hom ‘n nasie sou wees. God sou hierdie volk ‘n groot nasie maak en vir hulle seën. God het Sy mense geseën sodat hulle ook vir ander tot seën kan wees. Hoe dink jy lyk hierdie seën? Hoe sou jy seën beskryf? Wat sou seën alles inhou? Watter voorbeelde sien jy daarvan in die Bybel?
  • Wanneer die Here ons die geleentheid gee om tot seën vir ander te kan wees is dit ‘n voorreg en genade. Hoe voel dit as iemand jou nie wil toelaat om hulle te seën nie? Is dit vir jou maklik of moeilik om iemand anders se seën te ontvang? Is dit maklik of moeilik vir jou om iemand ander te seën? Wat is die verskil? Waarom? Deel jou hart met die Here.
  • Is dit vir jou maklik of moeilik om aan die mens te dink as goed? Is dit vir jou moeilik of maklik om aan die tipe verhouding te dink wat ‘n Goeie God met so ‘n mens sou hê? Waarom? Deel jou hart met die Here?

Gebed:
Liewe Heer,
Ek weet nie wie of wat vandag my pad sal kruis nie. Maar ek weet wel dat U my rots en my vesting is. U is my skild en my sterk toring. Help my om myself vandag aan U te anker. Leer my hoe om sterk in U te staan en vandag net U manier te kies. Help my om in U waarheid te wandel en nie in my eie gevoelens nie. Help my om alles wat oor my pad kom, te omhels as 'n geleentheid om U handewerk te sien en as 'n geleentheid om ander na U te wys. Dankie dat U my liefhet en niks ooit U liefde van my kan wegneem nie! Selfs as ek vandag misluk en tekort skiet, fluister U, U onvoorwaardelike liefde diep in my siel en herinner my daaraan dat U genade elke oggend nuut is. Dit verbaas my regtig, Here. Dankie dat U vandag met my ontmoet het. Sou U my môre weer wakker maak met dieselfde lieflike fluistering van U liefde? Ek kan nie wag om weer met U te ontmoet nie.
In Jesus se naam,
Amen.

Woensdag, 9 Junie

Die mens is goed geskep – vir verhouding

Genesis 2:18
Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”

Om oor te gesels of te dink:

  • God Drie-enig wat in verhouding met homself is. Skep die mens ook vir verhouding. Eers vir verhouding met Hom. God het van die begin af vreugde beleef om in verhouding met die mens te wees. Hoe beleef jy jou verhouding met God? Vind jy vreugde in jou verhouding met God? Beleef jy dat God jou geskep het om spesiaal in verhouding met jou te wees? Deel jou hart met die Here.
  • Ons is nie bedoel om alleen te wees nie. God het ons ook geskep vir verhouding met ander. Wanneer jy die tipe verhoudings beleef waarvoor God ons geskep het, word jy opgebou, vind jy vreugde en groei jy nader en nader aan mekaar en God. Het jy hierdie tipe verhoudings in jou lewe? Wat is jou belewenis van hierdie tipe verhoudings? Is daar verhoudings waar jy graag God se wil, invloed en hart vir daardie verhoudings sal wil hê? Deel jou hart met God.
  • Is dit vir jou maklik of moeilik om aan die mens te dink as goed? Is dit vir jou moeilik of maklik om aan die tipe verhouding te dink wat ‘n Goeie God met so ‘n mens sou hê? Waarom? Deel jou hart met die Here?

Gebed:
Liewe Heer,
Ek weet nie wie of wat vandag my pad sal kruis nie. Maar ek weet wel dat U my rots en my vesting is. U is my skild en my sterk toring. Help my om myself vandag aan U te anker. Leer my hoe om sterk in U te staan en vandag net U manier te kies. Help my om in U waarheid te wandel en nie in my eie gevoelens nie. Help my om alles wat oor my pad kom, te omhels as 'n geleentheid om U handewerk te sien en as 'n geleentheid om ander na U te wys. Dankie dat U my liefhet en niks ooit U liefde van my kan wegneem nie! Selfs as ek vandag misluk en tekort skiet, fluister U, U onvoorwaardelike liefde diep in my siel en herinner my daaraan dat U genade elke oggend nuut is. Dit verbaas my regtig, Here. Dankie dat U vandag met my ontmoet het. Sou U my môre weer wakker maak met dieselfde lieflike fluistering van U liefde? Ek kan nie wag om weer met U te ontmoet nie.
In Jesus se naam,
Amen.

Dinsdag, 8 Junie

Die mens is goed – geskep om te werk.

Genesis 1:27-31
27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
28Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”
29Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees. 30Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur.
31Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons is baie geneig om te dink dat dit die sonde se skuld is dat ons moet werk. Ons lees dit mis dat God ons geskep het om oor die natuur en Sy skepping te heers. Dit is die werk wat van die begin van die skepping af vir ons bedoel was. Wat beteken dit om te heers? Hoe heers God? Wat kan ons uit God se voorbeeld van heers leer wanneer ons, oor ons God gegewe taak van heers oor die skepping dink?
  • Om te werk is ‘n voorreg, ‘n geleentheid en ‘n roeping van God. Hoe is die werk wat jy doen vir jou ‘n voorreg? Hoe is dit vir jou ‘n geleentheid? Hoe is dit vir jou ‘n roeping? Indien dit vir jou moeilik is om jou werk so te sien, deel dit met die Here. Vra vir die Here om jou hart en gedagtes te draai as dit kom by hoe jy dink oor jou werk.
  • Is dit vir jou maklik of moeilik om aan die mens te dink as goed? Is dit vir jou moeilik of maklik om aan die tipe verhouding te dink wat ‘n Goeie God met so ‘n mens sou hê? Waarom? Deel jou hart met die Here?

Gebed:
Liewe Heer,
Ek weet nie wie of wat vandag my pad sal kruis nie. Maar ek weet wel dat U my rots en my vesting is. U is my skild en my sterk toring. Help my om myself vandag aan U te anker. Leer my hoe om sterk in U te staan en vandag net U manier te kies. Help my om in U waarheid te wandel en nie in my eie gevoelens nie. Help my om alles wat oor my pad kom, te omhels as 'n geleentheid om U handewerk te sien en as 'n geleentheid om ander na U te wys. Dankie dat U my liefhet en niks ooit U liefde van my kan wegneem nie! Selfs as ek vandag misluk en tekort skiet, fluister U, U onvoorwaardelike liefde diep in my siel en herinner my daaraan dat U genade elke oggend nuut is. Dit verbaas my regtig, Here. Dankie dat U vandag met my ontmoet het. Sou U my môre weer wakker maak met dieselfde lieflike fluistering van U liefde? Ek kan nie wag om weer met U te ontmoet nie.
In Jesus se naam,
Amen.

Maandag, 7 Junie

Die mens is goed – geskep in God se beeld.

Genesis 1:27-31
27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
28 Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”
29 Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees. 30 Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur.
31 Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.

Om oor te gesels of te dink:

  • Dit is eers op die sesde dag van skepping, nadat God die mens in sy eie beeld geskep het dat God vir die eerste keer sê iets is baie goed. Waarom dink jy is die mens goed?
  • God het die mens wat Hy baie goed gemaak het geseën en ‘n geleentheid gegee om na Sy skepping om te sien. Dit wys op nog ‘n manier dat die mens spesiaal is en anders is as die res van Sy skepping. Daar is verhouding en intimiteit. Daar is vertroue en liefde. Hoe sou jy gesonde en God geskape verhouding en intimiteit beskryf? Hoe sou jy gesonde en God geskape vertroue en liefde beskryf?
  • Is dit vir jou maklik of moeilik om aan die mens te dink as goed? Is dit vir jou moeilik of maklik om aan die tipe verhouding te dink wat ‘n Goeie God met so ‘n mens sou hê? Waarom? Deel jou hart met die Here?

Gebed:
Liewe Heer,
Ek weet nie wie of wat vandag my pad sal kruis nie. Maar ek weet wel dat U my rots en my vesting is. U is my skild en my sterk toring. Help my om myself vandag aan U te anker. Leer my hoe om sterk in U te staan en vandag net U manier te kies. Help my om in U waarheid te wandel en nie in my eie gevoelens nie. Help my om alles wat oor my pad kom, te omhels as 'n geleentheid om U handewerk te sien en as 'n geleentheid om ander na U te wys. Dankie dat U my liefhet en niks ooit U liefde van my kan wegneem nie! Selfs as ek vandag misluk en tekort skiet, fluister U, U onvoorwaardelike liefde diep in my siel en herinner my daaraan dat U genade elke oggend nuut is. Dit verbaas my regtig, Here. Dankie dat U vandag met my ontmoet het. Sou U my môre weer wakker maak met dieselfde lieflike fluistering van U liefde? Ek kan nie wag om weer met U te ontmoet nie.
In Jesus se naam,
Amen.

Saterdag, 5 Junie

Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere – almal na eie aard. Laat Ons mens maak wat met Ons ooreenstem. Dit is goed

Psalm 8
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, 7U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: 8skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, 9die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. 10Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

Om oor te gesels:

  • Dink aan die mooiste toneel wat jy al waargeneem het in die skepping. Sien dit in jou gedagtes. Dink na aan wat jy gevoel het toe jy dit beleef het. Waaroor was jy in verwondering? Hoe het jy oor God gedink en gevoel toe jy dit beleef het? Waar beleef jy steeds vir God die meeste in die natuur? Waarom?
  • Gaan kyk in die spieël. Kyk na die fynste detail van wat jy in die spieël sien. Waaroor kan jy in verwondering wees oor wat jy daar waarneem? Hoe dink en voel jy oor God oor wat jy daar sien? Waarom? Deel met die Here wat in jou hart aangaan.
  • Dink na oor die persoon wat jy die liefste het. Hoe kan jy in verwondering wees oor wat God daar geskep het? Dink na aan die persoon van wie jy die minste hou. Hoe kan jy in verwondering wees oor wat God daar geskep het? Is dit ewe maklik? Wat verander? Deel met die Here wat in jou hart aangaan.
  • Hoe kan “Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere – almal na eie aard. Laat Ons mens maak wat met Ons ooreenstem.” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal u lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Vrydag, 4 Junie

Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg. Dit is goed

Jesaja 40:31
_ maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie._

Om oor te gesels:

  • Die lug is oop , sigbaar en vry. Ons kan die voëls sien vlieg, ons kan hulle waardeer en geniet. Jesaja beskryf ‘n gelowige wat in God glo en aan sy geloof vashou soos ‘n arend wat nooit moeg word nie nooit afgemat word nie.
  • Wat is jou ervaring van die lug? Wat waardeer jy van die hemel? Hoe kan jy God beleef in die oopte, die skemer, sonsopkoms, die wolke, die voëls? Hoe versterk of vergroot dit jou ervaring van God?
  • Die see was nog altyd vir die antieke mens ‘n geheimsinnige plek van gediertes wat onbekend is en vrees bring. Die see was onbekend. ‘n Plek wat onbekend is en wat nie geken kan word nie. ‘n Plek waar daar nie beheer is nie. ‘n Donker plek.
  • Wat is jou ervaring van die donker see. Wat is vir jou onbekend van sy dieptes? Hoe voel jy oor die verskeidenheid van diere wat nog nie ontdek is nie? Hoe voel jy oor die krag en die intensiteit van die see? Hoe beleef jy God se almag daar?
  • Die mooi van God wat die voëls in die lug en die diere in die see skep is dat Hy ewe bekend met albei is. Hy het mag oor albei. En Hy is lief vir albei. God het plek vir albei. En God bly getrou en lief vir jou wanneer jy belewenisse in elkeen het. Deel met God jou hart oor elkeen.
  • Hoe kan “Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg.” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal U lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Donderdag, 3 Junie

Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig. Dit is goed

Genesis 1:14-15
14 Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. 15 Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig.

Om oor te gesels:

  • Sit en dink oor dit wat die son, maan en sterre vir ons bring. Die dag en nag siklusse, die maand siklusse en die seisoen siklusse. Hoe verryk dit jou lewe? Waarvan hou jy? Wat geniet jy? Wat is dalk vir jou uitdagend? Deel sommer jou ervarings met die Here.
  • Soms kom staan die son of maan voor mekaar. Dit is bekend as ‘n verduistering. ‘n Algehele sonverduistering, sê hulle is nogal angswekkend. Waar dit waargeneem word begin die diere huis toe keer soos die einde van die dag. ‘n Mens se hart begin so half vinniger klop as jy die duisternis of die skemer so vinnig sien nader kom. En mens kan letterlik nie jou hand voor jou oë sien nie. Dit is donker vir ‘n tyd tot die maan en son weer by mekaar verby beweeg soos hulle bedoel was om in hulle eie glorie in hulle eie plekke te skyn.
  • Is daar tye wanneer dit voel asof dinge nie in volgorde is nie? Asof alles nie op hulle plekke is nie? Asof daar chaos is? Asof dit self bietjie angswekkend word? Veral wanneer dit goed in ons lewens is wat normaalweg vir ons vastigheid en selfs vreugde gee? Deel met God jou ervaring en hart.
  • Hoe kan “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal u lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Woensdag, 2 Junie

Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!. En dit is goed

Eksodus 33:19
Die Here sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die Here’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil; en ontferming aan dié wat Ek wil.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Toe God die see laat terugtrek het die land na voorskyn gekom. En met dit saam het daar hoë berge te voorskyn gekom. Die aard van ‘n berg (en op kleiner skaal heuwels) is dat hulle ‘n unieke uitdaging is om geklim te word. Daar is iets in ons wat die uitdaging wil aanneem. Maar soms voel dit of die berg op ons afgedwing word. Dink daaroor na. Is daar enige berge op jou horison wat jy of wil klim, of wat jy moet klim? Dalk is dit net ‘n heuwel?
  • Wanneer ons die berg klim is dit die perfekte geleetheid om God raak te sien. Ons kan sien wat God alles goed gemaak het. Ons kan sien hoe ver ons gekom het. Ons kan sien wat nog voorlê. En in die gedeelte kan ons sien hoe God kies om ons te ontmoet en Sy goedheid met ons te deel deur Homself aan ons bekend te maak en Homself aan ons voor te stel. Hoe het jy God leer ken op jou berg of heuwel?
  • Hoe kan “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal U lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Dinsdag, 1 Junie

Laat daar skeiding kom tussen die waters. En dit is goed

Jesaja 43:14-21
14 Die hoë God van Israel wat jou red, die Here, het gesê: Ek stuur iemand om teen Babel te gaan veg, sodat julle gered kan word. Ek laat die Galdeërs wat daar woon, vlug. Hulle vlug in die skepe waarmee hulle so gespog het. 15 Ek is die Here, jou hoë God. Ek het Israel gemaak. Ek is julle Koning. 16 Dit is die Here wat hier praat. Ek het destyds ’n pad deur die see gemaak. Ek het ’n deurgang deur die bruisende water gemaak. 17 Ek het perde en oorlogswaens, ’n hele leërmag, vernietig. Hulle het tot ’n val gekom. Hulle sal nooit weer daar opstaan nie. Dit is verby met hulle soos ’n lamp wat doodgeblaas is. 18 Die Here sê: Moenie vassteek by die verlede nie. Moenie net dink aan die dinge wat verby is nie. 19 Let op! Ek gaan iets nuuts laat gebeur. Dit het alreeds begin. Kom julle dit nie agter nie? Ek maak deur die woestyn ’n pad vir my volk om terug te kom. Ek laat riviere deur verlate plekke loop. 20 Die jakkalse en die volstruise, al die wilde diere in die veld sal daarvoor vir My kom dankie sê. Ek het water in die woestyn gegee vir hulle om te drink. Ek het riviere deur eensame gedeeltes laat loop sodat die volk wat Ek vir My gekies het, daaruit kan drink. 21 Hulle is die volk wat Ek vir My bymekaargemaak het om My te loof en te prys..

Om oor te gesels of te dink:

  • Vandag se gedeelte herinner ons aan ‘n tyd toe God se volk in die woestyn vasgekeer was tussen die see en die oorlogswaens van die Egiptenare. Hy herinner hulle hieraan wanneer hulle weer deur vyande omring word en moeilikheid in die oog staar. Voel dit dalk vir jou asof jy huidiglik deur vyande omring word of moeilikheid in die oog staar? Hoe sou jy jou vyand beskryf of jou moeilikheid verduidelik?
  • God herinner dat Hy die waters geskei het toe die volk nodig gehad het om op droë grond deur te stap. Hy herinner selfs dat Hy die waters bo en onder geskei het toe Hy die wêreld geskep het. Hy herinner dat Hy kan water bring in woestyn gebiede waar daar niks water is nie en dat Hy in beheer is. Wat het jy tans nodig? Het jy nodig dat God vir jou ‘n pad maak deur jou groot diep see? Het jy nodig dat God vir jou iets nuut skep uit die chaos na bo en onder? Of het jy nodig dat God water bring waar droog droë woestyn wêreld in jou binneste is? Wat is jou diepste behoefte? Deel dit met die Here?
  • Hoe kan “Laat daar skeiding kom tussen die waters” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal U lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Maandag, 31 Mei

Laat daar lig wees. En dit is goed.

Jesaja 60:19-20
19 Jou lig sal gedurende die dag nie meer van die son af kom nie. Jy sal nie meer afhanklik wees van die maan wat in die nag skyn nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Jou God sal oor jou skyn. 20 Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die wêreld voel van tyd tot tyd donker. Ons lewens voel van tyd tot tyd donker. Soms voel ons harte van tyd tot tyd donker. Is jy onlangs deur so ‘n ervaring? Wat is donker in jou ervaring?
    Die Here het net gespreek “Laat daar lig wees” en die donkerte is verdryf. Hoe laat dit jou voel om te weet dat God soveel mag oor die donkerte van die wêreld, jou lewe en jou hart het?
  • Die teksgedeelte sê dat God se lig nooit weer sal weggaan nie. Dat die donkerte dit nie kan verdryf nie. Dat dit altyd sal heers. Watter beloftes gee die gedeelte vir jou vir die wêreld, jou lewe en jou hart wanneer die donker voel asof dit wil oorweldig?
  • Hoe kan “Laat daar lig wees” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal u lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Saterdag, 29 Mei

God is Beskermer

Psalm 119:114
114By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.

Om oor te gesels:

  • Hierdie vers is in ‘n 8 vers eenheid van vers 113-120. Dit gedeelte handel daaroor dat ons altyd veilig is by God, in Sy Woord. In God se Woord leer ons Hom intiem ken, ons leer om God te volle te vertrou, ons word beskerm deur God se beloftes wat Hy aan ons gemaak het in Sy Woord. Sou jy jou eie verhouding met God se Woord so intiem beskryf? Voel jy so veilig en beskerm deur God en Sy Woord?
  • Die gedeelte stel die beskerming van God en die veilig hou in Sy Woord in kontras met die skynheiligheid van die wêreld. Die wêreld verander konstant hulle verwagtinge, hulle leuens en wisselvalligheid. Daar is geen vaste grond of vrede nie. Dit is lynreg teenoor God se beskerming en veilig hou. Het jy ervarings van waar die wêreld en die lewe om jou, jou te nagekom het en teleurgestel het?
  • As jy dink oor God as beskermer, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Berskermer
Ek hou niks van skynheiliges nie, maar ek het U wet baie lief.
By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op.
Ek wag op u Woord om my sterk te maak.
Julle spul slegte mense moet dadelik padgee sodat ek kan doen wat my God sê.
Here, hou my hand styf vas soos U beloof het, dan sal ek voluit lewe.
Moenie my teleurstel nie, kyk dan net hoe glo ek in U.
Hou my regop, dan is alles in orde, dan sal ek doen wat U sê.
U hou niks van mense wat nie na U luister nie.
Hulle praat ’n spul leuens.
U vee goddelose mense van die aarde af soos ’n klomp rommel;
daarom is ek so lief vir u Woord. Ek het baie groot respek vir U.
Dit wat U doen, vul my met ontsag. U is goed.
Amen

Vrydag, 28 Mei

God is Voorsiener

Matteus 7:7-12
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
9 “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, 10 of 'n slang as hy vis vra? 11 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
12 “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”.

Om oor te gesels:

  • In hierdie gedeelte word daar gesê dat ons sal ontvang waarvoor ons vra. Die gedeelte verwys na God as ‘n goeie Vader wat weet wat om vir Sy kinders te gee. Wat is jou ervaring hiervan? Het die Here al vir jou gegee waarvoor jy gevra het?
  • Indien ons na God sou soek en vir God vra om meer van Hom in ons lewe te hê, sou Hy getrou wees om vir ons te gee wat ons vra? Wanneer ons leer om God se wil elke dag te soek leer ons om aan ander te doen wat ons ook ook wil hê hulle moet aan ons doen. Ons leer om te gee soos God gee. Ons voor sien soos God voorsien. Hoe voorsien God tans vir jou? Hoe voorsien jy tans vir ander?.
  • As jy dink oor God as voorsiener, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Voorsiener
Ons dank U dat geen situasie buite U beheer is nie. U is die God wat voorsien. Ons dank U dat U alles besit en alles in U hande hou. Ons dank U dat U ons behoeftes ken nog voordat ons U eers vra, voordat ons nog selfs na U toe kom. U is bewus van alles wat in ons aangaan, en U het 'n plan. U hou bepalinge, U het die oplossings. U alleen kan berge versit om 'n weg vir U kinders te maak. Ons vra dat U antwoorde, in U tyd, in U plan gee vir elke behoefte wat in ons harte swaar weeg. Vergewe ons dat ons in U twyfel, dat ons bekommerd is en dat ons so hard probeer om alles self uit te werk. Help ons om U meer te vertrou, help ons in ons ongeloof. Ons kies om te erken en te glo dat U in staat is om veel meer te bereik, om veel groter te doen as wat ons selfs gedink het. Ons bedank U by voorbaat vir U wonderwerke, dat U paaie oopgemaak het, vir U voorsiening vir die mense wat U liefhet. Dankie vir die oorvloed seën en goedheid wat U al uitgestort het. Ons vertrou U vandag, en elke dag, en is so dankbaar vir U Krag en vreugde wat ons lewens vul. Dankie dat U ons in alle omstandighede geleer het om tevrede te wees. Ons het U lief Here, ons steun op U. U is Goed.
Amen

Donderdag, 27 Mei

God is Here

2 Samuel 22:32-34
Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots? 33 God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. 34 Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.

Om oor te gesels:

  • In hierdie gedeelte erken Dawid dat God sy Here is. Dit beteken God is die Heerser van sy lewe. Hy erken God is in beheer en dat Hy afhanklik is van God vir voorsiening, beskerming en leiding. Is God jou Here? Hoe voel dit om so afhanklik van God te wees? Hoe sou jou verklaring wees as jy soos Dawid nou ‘n lied sou skryf van God as jou Here?
  • As God jou Here is, beteken dit dat jy sy onderdaan is, dat jy afhanklik is, dat jy dienend Hom volg. Dawid se lewe het grotendeels dit gereflekteer. Hoe reflekteer jou lewe dat jy God se dienaar is? Sou ander die getuienis daarvan kon sien? Dink na daaroor en vra selfs vir ander hoe hulle getuienis van jou afhanklikheid van die Here in jou lewe raaksien.
  • As jy dink oor God as Here van jou lewe, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Here
Sommige dae voel te moeilik. Ek is seer, sukkel, veg vrees en bekommernis om elke draai. Maar te midde van alles het U my nie gelos om vir myself te sorg nie. Vergewe my dat ek twyfel dat U daar is. Vergewe my dat ek gedink het U het my vergeet. Vergewe my dat ek glo dat ek op die een of ander manier die beter manier ken. U is volkome betroubaar. U is almagtig. U is in staat. U is Here oor elke situasie, al lyk dit hoe moeilik. U is Geneesheer en sal nooit die hartseer wat ek vandag dra, verniet laat dra nie. Enigiets is by U moontlik. Ek bid nie net vir my eie hartseer nie, maar ook vir diegene wat vandag treur. Ek vra U diegene wat huil en treur vandag sal omring. Ek bid vir die vrede van U teenwoordigheid om ons gedagtes te bedek. Herinner ons dat die vyand ons nooit uit U hande kan steel nie. U is goed.
Amen

Woensdag, 26 Mei

God is Geneesheer

Jesaja 38:14-20
My oë het moeg geword van opkyk na die hemel toe. Here, red my uit my ellende. 15 Wat kan ek sê? Die Here het met my gepraat, Hy het gedoen wat Hy gesê het. Ek sal my hele lewe lank swaar loop oor wat ek moes verduur. 16 Mense leef ten spyte hiervan, Here, en ek sal daarmee saam kan leef, maar maak my tog gesond, herstel my! 17 Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe. 18 In die doderyk kan niemand U loof nie, geeneen wat dood is, kan U prys nie; niemand in die graf dink aan u trou nie! 19 Net hulle wat nog lewe, kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders sal hulle kinders van u trou vertel. 20 Here, U het my gered. Ons sal op ons liere speel al die dae van ons lewe, in die huis van die Here.

Om oor te gesels of te dink:

  • Soms wanneer ons vir genesing vra is ons so desperaat. Ons word sommer moeg om die heeltyd na God te kyk en te vra vir Sy genesende krag. Was jy al ooit in so ‘n situasie waarin jy gesmag het na genesing? Wat het gebeur?
  • God het in die Bybel op verskillende maniere genees. Soms het Hy mense fisies genees. Soms het Hy mense se verhoudings met hulleself genees. Some het Hy hulle verhoudings met hulle medemens genees. Soms het Hy hulle verhoudings met hulle gemeenskap genees. Soms het Hy hulle verhoudings met Hom genees. Watter tipe genesing het jy op die oomblik die meeste nodig?
  • As jy dink oor God as geneesheer, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Geneesheer.
Here, u Woord spreek beloftes van genesing en herstel en ek dank U vir die wonderwerke wat U vandag nog doen. Vandag vra ek vir genesing vir myself. Ek vra vir genesing in my verhouding met U, in my verhouding met my gemeenskap, in my verhouding met my geliefdes, in my verhouding met myself en fisies. Ek glo in die genesende krag van geloof en gebed en ek vra U om U magtige werk in die lewe te begin. Omring my met bonatuurlike vrede en krag en gee my die geloof om te glo dat alle dinge vir U moontlik is. Beskerm my teen Satan se leuens en moedeloosheid en laat my wonderbaarlike genesing begin. U is goed.
Amen

Dinsdag, 25 Mei

God is Herder

Psalm 23
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5 U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Om oor te gesels of te dink:

  • Hierdie Psalm is een van die mees bekende Psalms. Watter herinneringe bring dit vir jou? Watter betekenis het hierdie Psalm vir jou?
  • Die Psalm gebruik twee beelde. Dié van die Herder en dié van ‘n feesmaal. Hoe verskil die twee beelde en hoe kom die twee beelde ooreen? As jy die hooftema aangaande God in die Psalm moet saam vat in een sin, wat sou dit wees?
  • As jy dink oor God as herder, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Herder.
Dankie dat U die herder van my hart is. Dankie dat U so mooi na my omsien , my lei my beskerm en vir my voorsien. Vader ek het vandag van U __(deel met die Here jou hart) nodig. Here ek vra dat U in my hart werk. Dankie dat U in my lewe is en my totaal en al transformeer. Dankie dat U my herder is. U is goed.
Amen

Saterdag, 22 Mei

Wat doen die Gees in ons stilte?

Handelinge 2:14-21
Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Om oor te gesels of te dink:

  • Het jy al ooit gevoel asof die Here stil is? Hoe voel dit? As die Here stil is, is die stilte ‘n vriend of ‘n vyand?
  • Die wêreld om ons is geneig om baie te raas. Dit is baie maklik om omring te wees met klank heeldag lank. Stemme, radio, musiek, TV, selfone, diere, motors, vliegtuie, ens. Waar beleef jy stilte deur die dag?
  • Wanneer die Gees alles wat raas binne in jou kom stilmaak, hoe voel daardie stilte? Is die stilte dan ‘n vriend of ‘n vyand? Wat wil die Gees in die stilte vir jou sê?
  • Wat wil jy vandag vir die Gees vra? Wat wil die Gees in jou doen?

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
Here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen

Vrydag, 21 Mei

Wat doen die Gees in ons chaos?

Handelinge 2:14-21
Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Om oor te gesels of te dink:

  • In die begin toe God die aarde geskep het, het die Gees oor die chaos beweeg en God het dit georganiseer en geskep. Die Gees het orde gebring in dit wat deurmekaar was. Soms voel dit asof ons lewens ook chaos het wat regeer. Dit voel moontlik asof ons nie in beheer is nie en alles om ons woed. Wat dink jy wil die Gees doen in jou lewe as die storms woed?
  • Waaruit bestaan jou chaos op die oomblik? Hoe laat die chaos jou voel? Wil jy die chaos wegstoot of is jy bereid om die chaos uit te wag? Wat kan jy in die chaos leer? Wat dink jy sê die chaos vir jou?
  • Indien jy familie of vriende het wat tans deur chaos gebombardeer word, hoe kan jy hulle ondersteun? Hoe kan die Gees jou gebruik in hulle chaos van die mense in jou omgewing?
  • Wat wil jy vandag vir die Gees vra? Wat wil die Gees in jou doen?

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
Here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen

Donderdag, 20 Mei

Wat doen die Gees in die kerk?

Handelinge 2:14-21
Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die Gees verwys altyd na Jesus en vestig altyd die lig op Christus. Dit is Sy funksie. Waar sien jy die Gees dan aan die werk? Waar dink jy word die Gees bedroef?
  • Hoe laat dit jou voel wanneer jy dink die Gees werk binne jou? Verander dit die manier hoe jy dink, hoe jy praat, hoe jy werk, hoe jy optree, hoe jy leef? Dink terug oor gister. Wat sou die Gees vir jou sê oor julle dag wat gister afgespeel het?
  • Hoe help dit ons as “kerk” om te weet dat die Gees in elkeen van ons is? Hoe kan ons nader aan mekaar leef as liggaam van Christus? Wat voel jy wil die Gees spesifiek hê jy moet doen in die “kerk”?
  • Wat wil jy vandag vir die Gees vra? Wat wil die Gees in jou doen?

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
Here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen

Woensdag, 19 Mei

Wat doen die Gees in ons huise?

Handelinge 2:14-21
Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Om oor te gesels of te dink:

  • Selfs gesinne in die Bybel het nie gelyk soos ons vandag sou dink ‘n ideale gesin sou lyk nie. Ons gesinne lyk nie noodwendig soos ons ook graag sou wou hê dit moet lyk nie. Hoe werk die Gees in ons gesinne se lewens?
  • Die shema, ‘n gebed wat die Jode van kindertyd af ken en daagliks twee keer bid herinner ons dat ons belydenis in ons gesinne konstant op ons lippe moet wees en uitgeleef word (Deut 6:4-9). Hoe leef julle gesin dit wat julle glo uit in julle gesin elke dag? As julle vir mekaar moet vra vir terugvoer, sal almal in die huis kan sê hulle sien wat jy glo deur jou optredes?
  • Probeer om een van die volgende Geloofsgewoontes vandag te oefen:
    1) Geloofsgesprekke – Oor die normale dinge vanuit die oogpunt van ‘n gelowige.
    2) Stiltetyd en Gebed – ‘n Tyd waar die gesin reeds saam is om in die Woord te kan wandel en te bid
    3) Huisgewoontes – ‘n Ritme wat verhoudings versterk en geborgenheid in die gesin versterk. Bv. Vrydagaande is Familieaande
    4) Saam Diensbaar te Wees – Saam tyd en energie te spandeer om diensbaar te wees
    5) Saam te Eet – Bewustelik saam te eet en gesprekstyd te hê
  • Wat wil jy vandag vir die Gees vra? Wat wil die Gees in jou doen?

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
Here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen

Maandag, 17 Mei

Wat doen die Gees in ons jongmense?

Handelinge 2:14-21
Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Om oor te gesels of te dink:

  • Jongmense het ‘n diep behoefte om te behoort. Voel jy asof jy êrens behoort? Hoe sou ‘n plek waar jy behoort lyk? Hoe sou jy optree om ander te laat voel hulle behoort?
  • Ons glo soms jongmense kan nie ‘n verskil maak nie want is te jonk. Het iemand al ooit geglo jy kan nie iets doen nie want jy is te jonk, te oud, te kort, te lank, te vroulik, te manlik, te slim, te dom, te… Hoe kan jy help om ander in hulleself te glo en hulle te laat leef soos God hulle geskep het om te leef?
  • Kinders glo soms so maklik sonder om te twyfel. Hulle is vreugdevol vreesloos in die manier waarop hulle Jesus dien. Die Gees kan sulke jongmense maklik gebruik om te doen wat Hy vra. Dien jy die Here op hierdie manier? Kan jy Jesus so volg? Kan jy vreugdevol vreesloos volg sonder om te twyfel? Wat hou terug?
  • Wat wil jy vandag vir die Gees vra? Wat wil die Gees in jou doen?

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
Here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen

Saterdag, 15 Mei

Waar kan ons die Gees hoor praat?

Job 6:10
Dan sou dit my troos wees: dat ek ten spyte van my pyn ook vreugde sal hê dat ek die woorde van die Heilige nie ontken het nie.’

Om oor te gesels:

  • Dit is belangrik om te weet dat die Gees deur ons pyn ook met ons praat. Hoor mooi. God skep nie vir ons pyn sodat ons Hom kan hoor nie, maar wanneer ons pyn beleef, gebruik die Gees dit ook om met ons te praat. Pyn leer vir ons om nie dieselfde ding aan te hou doen nie, om nie vasgevang te bly in dieselfde plek nie, en oom nie probleme te ignoreer wat gevaarlik kan wees. Indien ons nie pyn beleef nie, is ons dood of psigopaties. Pyn leer vir ons wat belangrik is, waaroor ons passievol is en waar ons waardes lê.
  • Watter pynlike ervarings is daar tans in jou lewe wat jy probeer vermy, maar waar die Gees dalk vir jou iets wil sê? Wat dink jy kan jy leer van die situasie wat vir jou pyn veroorsaak?
  • Hoe kan jou ervaring van die pyn belewenis anders lyk as jy weet Jesus is saam met jou in daardie omstandighede? Dat Hy jou vashou terwyl jy seer het en jy pyn beleef?
  • Dink aan ‘n tyd waar jy baie pyn beleef het (rou, hartseer of siekte) en later en later deur die Here in vreugde omgedraai is. Hoe het hierdie ervaring jou verhouding met God en die Gees jou beinvloed?

Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As U sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As U sê "Los" sal ek laat gaan
As U saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen

Vrydag, 14 Mei

Waar kan ons die Gees hoor praat?

Jesaja 30:21
Wanneer julle die pad byster raak, sal julle sy stem agter julle hoor sê: “Hier is die regte pad, loop hierlangs.”

Om oor te gesels:

  • Dit is belangrik om te weet dat die Gees deur verskillende aanwysings met ons praat. Wat is ‘n aanwysing? Die Engelse noem dit “promptings” Dit voel soos ‘n roering in die hart, dit voel asof jy geskuif word, gestuur word, gestop word. Die Gees gebruik aanwysings om ons te stuur waar Hy ons wil hê. Dit is steeds belangrik dat ons hierdie aanwysings wat ons ervaar aan die Woord van God toets om seker te maak. Ons sal nooit ‘n aanwysing ontvang wat teen die Woord van God gaan nie
  • Ons het gisteraand Jesus se hemelvaart gevier. Jesus moes Hemel toe gaan sodat hy die Gees vir ons kan gee, juis sodat ons nou deur Hom gelei kan word en dat ons ‘n intieme verhouding met Hom kan hê. Hoe beleef jy die Heilige Gees se aanwysings?
  • Jesus regeer oor alles. Hy sien die groot prentjie. Vertrou jy die Gees wanneer hy jou met Sy aanwysings lei? Waar sukkel jy tans om die Gees te vertrou?
  • Ons saak word deur Jesus by God reggemaak deur die Gees. Ons kan daarom weet dat ons so geliefd is. Hy wil net die beste vir ons hê. Vertrou jy die Gees dat Hy vir jou intree by die Vader? Vertrou jy dat Jesus se offer genoeg was? Waarmee sukkel jy die meeste as dit hierby kom?

Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As U sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As U sê "Los" sal ek laat gaan
As U saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen

Donderdag, 13 Mei

Waar kan ons die Gees hoor praat?

Hebreërs 12:1-2
Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

Om oor te gesels:

  • Dit is belangrik om te weet dat die Gees deur ander mense met jou praat. Hy gebruik geloofsvriende wat in jou lewe inspeel. Hy gebruik onderwysers wat jy vertrou, leraars wat jy respekteer, leiers na wie jy opkyk. Die Here kan ook vreemdelinge gebruik, mense wat jou te na gekom het, vyande, TV persoonlikhede en mense van die verlede deur middel van boeke en films van die verlede. Jy moet egter alles wat mense vir jou sê aan die Woord van God toets voor jy besluit of dit van waarde is of nie.
    -Watter mense in jou lewe gebruik die Gees gereeld om met jou te praat?
  • Vanaand vier ons Hemelvaart. Watter geloofshelde het die Gees gebruik om met jou te praat?

Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As U sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As U sê "Los" sal ek laat gaan
As U saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen

Woensdag, 12 Mei

Waar kan ons die Gees hoor praat?

1 Korintiërs 16:8-9
Intussen bly ek in Efese tot Pinkster, want hier staan nou ’n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat op die evangelie reageer. Daar is egter ook baie teenstanders..
Handelinge 16:6-7
Hulle het daarna deur die gebied van Frigië en Galasië gereis, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om die woord in die provinsie Asië te verkondig. Toe hulle by die grens van Misië kom, het hulle na Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle dit nie toegelaat nie.

Om oor te gesels:

  • Dit is belangrik om te weet dat die Gees deur oop en toe deure met ons praat. Ons moet met goeie onderskeiding eers seker maak of ‘n deur vir ons oop is of toe is. En ons moet dit altyd toets aan die Woord van God. ‘n Oop deur sal nooit in stryd met die Woord van die Here wees nie.
    -Hoe dink jy het Paulus gevoel om te weet dat hy nie die Woord moet gaan verkondig in Klein Asië nie? Dit is dan so ‘n goeie ding om te doen? Hoe kan dit ‘n toe deur wees van die Here af?
  • Het jy al in jou lewe oop en toe deure ervaar? Was daar al slegte deure wat oop was waarteen jy moes kies? Was daar al goeie deure wat toe was waaroor jy steeds vrae het?
  • Hoe help die Gees jou besluite neem wanneer jy by die deure van die lewe staan? By watter deur staan jy tans waarmee jy hulp en leiding benodig?

Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As U sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As U sê "Los" sal ek laat gaan
As U saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen

Dinsdag, 11 Mei

Waar kan ons die Gees hoor praat?

Psalm 37:4
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

Om oor te gesels of te dink:

  • Dit is belangrik om te weet dat die Gees deur ons hart se begeertes met ons praat. Maar ons moet ons hart se begeertes toets aan die Woord van God. Indien ons hart se begeertes in stryd met die Woord is, sal dit nie die Gees wees wat met ons praat nie, maar eerder ons eie sondige natuur.
  • Ons is geneig om aan begeertes te dink in ‘n negatiewe lig. Hoe sou God ons hart se begeertes kon gebruik tot Sy eer?
  • Wat is jou hart se diepste begeerte? Wat wil die Gees vir jou deur jou diepste begeerte sê? (Dink aan die begeerte om vir kinders wat swaar kry lief te wees. Dink aan die begeerte om vir die kollega by die werk te bid. Dink aan die begeerte om nader aan die Here te beweeg in verhouding met Hom.)

Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As U sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As u sê "Los" sal ek laat gaan
As U saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen

Maandag, 10 Mei

Waar kan ons die Gees hoor praat?

2 Timoteus 3:16-17
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Om oor te gesels of te dink:

  • Glo jy dat die Gees deur die Woord van God met jou kan praat? Hoe gereeld lees jy die Woord om te hoor wat die Gees vir jou wil sê?
  • Hoe kan jy seker wees of die Gees vir jou wil sê of waarheen Hy jou wil stuur?
  • Om dit wat jy glo die Gees vir jou sê te toets aan die Woord van God, beteken dat jy die Woord van God moet ken. Jy moet genoeg tyd in die Woord spandeer. Hoe kan jy prakties elke dag meer tyd sinvol in die Woord spandeer?

Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek dit nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As u sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As u sê "Los" sal ek laat gaan
As jy saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my eie gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen

Saterdag 8 Mei

Matteus 13:47-52

47 “Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met ’n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. 48 As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. 49 So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies 50 en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
51“Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” antwoord hulle Hom. 52 Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat ’n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos ’n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.” (Mat 13:47-52)

Om oor te gesels
Ons het hierdie week by die gelykenisse oor die koninkryk stilgestaan. Die gelykenis van die treknet het dieselfde betekenis as dié van die onkruid. Ons kan nie besluit wie deel van die koninkryk is en wie nie. Ons leef saam met gelowiges en ongelowiges en dit is nie altyd maklik nie. Dit is God wat oordeel. Dit is nie vir ons beskore om dit te doen nie. Ons kan maar net agter Jesus aangaan en Hom vertrou.
As volgeling van Jesus ontdek ons heeltyd nuwe en ou dinge, selfs al verstaan ons nie altyd alles nie. Soos ons groei in ons geloof leer ons meer van God, onsself en ander. Ons moet nooit op hou om te leer en te ontdek waar Jesus se koninkryk aan die gebeur is nie.

  • Wat het jy hierdie week uit die gelykenisse van Jesus geleer?
  • Wat kan jy doen om nuwe en ou skatte in God se Woord te ontdek?

Gebed
Here, dit is soms moeilik om nie te oordeel nie. Help ons om agter U aan te stap en nuwe en ou skatte saam met U te ontdek. Amen.

Vrydag 7 Mei

Matteus 13:44-46

44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n skat wat in ’n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.
45 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. 46 As hy ’n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. (Mat 13:44-46)

Om oor gesels
In hierdie twee gelykenissse verduidelik Jesus hoe kosbaar die koninkryk is. Soos ’n skat of pêrel wat jy ontdek, sal jy alles doen om dit in die hande te kry. So behoort ons ook die koninkryk te dink - wanneer ons agter Jesus aan stap en deel van Sy koninkryk word, is dit soos ’n waardevolle skat wat ons hele lewe verander en bepaal. Om die vreugde van die koninkryk te ontdek, oortref alles. Omdat dit so waardevol is, moet ons dit koester en oppas.
Laat ons aanhou om God se koninkryk te soek, soos Mat. 6:33 ons herinner: “beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Gebed
Here, dankie dat ek die skat van die koninkryk kon ontdek. Help my om U koninkryk soos ’n skat te koester en U altyd bo alles stel. Mag ek vandag hierdie vreugde met iemand deel. Amen.

Donderdag 6 Mei

Matteus 13:31-35

31 Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. 32 Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.” 33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.””(‭‭Mat‬ ‭13:31-33‬)

Om oor te gesels
Jesus vertel nog twee gelykenisse en gebruik nou mosterdsaad en suurdeeg om die koninkryk te vergelyk. Jesus gebruik gelykenisse om die Sy boodskap te verduidelik.
‘n Mosterdsaadjie is van die kleinste saadjies en tog kan dit ‘n groot boom oplewer. Net so kan dit lyk of die koninkryk van God nie betekenisvol is nie en tog groei en vermeerder dit oor tyd. Dit is ook so met suurdeeg. Dit lyk of dit nie ‘n verskil maak nie, maar daar sonder kan brood nie brood word nie.
Beide hierdie beelde wys dat iets kleins maak ‘n groot verskil. Elkeen van ons maak ook verskil daar waar ons is, klein of groot.
Moenie mismoedig raak dat jy nie ‘n verskil maak nie. Vertrou die Here om deur jou Sy koninkryk te laat kom. Ek en jy is deel van hierdie koninkryk.

  • Waar kan jy vandag vir iemand iets beteken?
  • Wat kan jy doen om ‘n verskil, al is dit hoe klein, te maak?

Gebed
Here, dankie dat ek deel van U koninkryk is. Mag ek vandag vir iemand iets doen om U liefde te wys, al is dit hoe klein, vertrou ek U daarmee. Amen.

Woensdag 5 Mei

Matteus 13:24-30, 36-43

Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met 'n man wat goeie saad op sy land gesaai het. Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ Hy antwoord hulle: ‘Dit is 'n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’ ‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek. Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ ” (Mat‬ ‭13:24-30‬)

Om oor te gesels
Jesus vertel nog ‘n gelykenis oor koring en onkruid om die koninkryk te beskryf. Hierdie gelykenis is uniek aan Matteus. Jesus gee ook die betekenis bietjie verder in Matteus 13:36-43. Die koninkryk is nie ‘n geografiese plek nie, maar ‘n geestelike werklikheid.
Jong onkruid en jong koringplante lyk baie dieselfde. Die een kan nie van die ander voor oestyd onderskei word nie. Dit is nie vir ons om te oordeel nie, maar God.
Laat ons nie op die onkruid en die werk van die Bose fokus nie, maar op God aan wie die oes behoort. God aan wie die oes behoort is groter en magtiger.
As gelowiges word ons aangemoedig om te volhard omdat ons deel in God se koninkryk.

  • Waar sien jy God se koninkryk raak?
  • Hoe laat hierdie gelykenis jou die wêreld anders sien?
  • Waarop kan jy vandag fokus om ‘n verskil te maak?

Gebed
Here, Koning van ons lewens, help my om getrou aan U te bly. Laat ek nie op die onkruid fokus nie, maar op U. Help my om vandag U koninkryk ook te laat kom waar ek vandag besig gaan wees. Amen.

Dinsdag 4 Mei 2021

Matteus 13:10-23
18 “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: 19 Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. 20 Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22 Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” (Mat 13:18-23)

Om oor te gesels
Jesus gebruik gelykenisse om Sy hoorders tot ’n keuse te bring en nooi ons uit om onsself in die gelykenisse raak te sien. Daarom is die gelykenis van die saaier so ’n kragtige gelykenis. Ons is soms op verskillende plekke in ons geloofsreis.
Die eerste tema wat in hierdie gedeelte opval is dat verdrukking en vervolging ons geloof laat wankel en dit nie laat wortel skiet nie. Swaarkry maak ons mismoedig.
Die tweede is dat bekommernis oor die lewe ons verstik. Soos wat onkruid ’n goeie oes kan belemmer, so kan ons bekommernis en die verleidelikheid van rykdom ons vreugde steel. Ons moet daarteen waak dat onkruid ons lewens verstik.
Wanneer ons toelaat dat die Woord ons lewens verander, lewer dit ’n groter oes as wat ons self ooit kan dink.

  • Is daar swaarkry wat jou laat wankel op jou geloofspad?
  • Waaroor is jy bekommerd? Gee dit vir die Here sodat dit jou nie verstik nie.

Gebed
Here, ek wil graag my bekommernis met U deel. Help my om nie daarin verstrik te raak nie. Ek wil U met my lewe vertrou. Amen.

Maandag 3 Mei

Matteus 13:1-9

3 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en 4 die voëls het gekom en dit opgepik. 5 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. 6 Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. 8 Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.” (Mat‬ ‭13:3-8‬)

Om oor te gesels
Jesus het graag gelykenisse gebruik om oor die Koninkryk te praat. Matteus, Markus en Lukas vertel vir ons die bekende gelykenis van die saaier. Die saaier saai die saad en dit val op verskillende plekke. Die boodskap van die koninkryk is die saad wat verskillend ontvang word. Ons is nie altyd so oop om die boodskap van die koninkryk te ontvang nie. Ons is soms so gewoond daaraan dit nie ’n impak maak nie. Ons is besig met die Woord van God, maar dit verander ons nie.
Ander kere val dit diep in ons lewens en is die impak en oes daarvan groot.
Ons moet onsself oopstel om ontvanklik te wees vir God se Woord elke dag.

  • Met tipe omgewing identifiseer jy vandag?
  • Wat wil jy doen dat die saad goeie oes lewer?

Gebed
Here, dankie vir U Woord wat soos saad in my lewe is. Ek stel my oop dat U Woord op vrugbare grond sal val, sodat dit ’n groot oes kan lewer tot eer van U koninkryk. Amen.

Saterdag 1 Mei

Markus 1:16-17

16 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 17 Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” 18 Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg.

Markus maak dit baie duidelik dat Jesus mense saam met Hom gehad het van die begin van Sy aardse bediening af. Hy roep regte, gewone mense, in ’n taal wat hulle verstaan, en Hy neem hulle saam om te sien wat Hy doen, om saam met Hom te werk, en dan te getuig van wat Hy gedoen het, en hoe hierdie Koninkryk lyk wat Hy kom aankondig het.
Hierdie mense was Sy dissipels, wat later die apostels geword het, wat díe getuienis oorgedra het, sodat selfs ons dit vandag kan hoor, kan ken, en kan glo. Markus skryf dikwels in sy evangelie dat daar mense saam met Jesus was, juis om geloofwaardigheid te gee aan hulle getuienis. Hulle was dan daar!

Jesus se werk het een fokus: die Koninkryk van God! Soos Hy werk word dit sigbaar, soos dit sigbaar word staan elke mens wat dit sien en ervaar, ook ons as lesers van die storie, voor ’n keuse: bekeer ek myself en glo, of draai ek my rug hierop?

Om oor te dink

  • Hoe sal jy die Koninkryk van God vir iemand beskryf?
  • As iemand vir jou vra “wat is jou roeping?”, hoe antwoord jy daarop?

Om oor te bid

  • Vra vir Jesus om jou bewus te maak van jou roeping, en om jou te help om gehoorsaam daarop te reageer.
  • Vra vir Jesus dat ons getuienis as Christene meer en meer mense sal oortuig om in Hom te glo.

Vrydag 30 April

Markus 1:9-11

9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10 Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos 'n duif na Hom toe sien neerdaal. 11 Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

Hierdie is ’n aangrypende toneel in Markus. Aangrypend, want die Koning waarvan in vers 1 geskryf word, word aan die leser voorgehou as God; Vader, Seun, en Heilige Gees.
God se volk het verwag dat Hy hulle sélf gaan kom red. Die profete in die Ou Testament het belowe dat dit ’n Seun sal wees. Die belofte is ook in die Ou Testament gemaak dat hierdie Seun ’n gesalfde Koning sal wees, een in wie God deur Sy Gees wandel.
In drie verse bevestig Markus al hierdie: God het inderdaad mens geword. Hierdie ís die Seun. Hy is ongetwyfeld die gesalfde Koning, want die Heilige Gees het sigbaar op Hom neergedaal. Om seker te maak daar is geen onduidelikheid hieroor nie, praat God self, en bevestig dit alles.
Hierdie is een van twee keer wat God self aangehaal word in die Nuwe Testament. ’n Pa wat sy liefde en vreugde oor Sy seun bevestig, aangrypend!

Om oor te dink

  • Verbeel jou vir ’n oomblik jy was daardie dag by die Jordaanrivier. Hoe sou jy dit ervaar het?
  • Wat ervaar jy as jy aan God dink as ’n liefdevolle Vader?

Om oor te bid

  • Sê vir God dankie dat Hy Sy beloftes gehou het, en mens geword het sodat ons gered kan word.
  • Vra vir God om Homself aan jou te openbaar as ’n liefdevolle Vader, en jou te herinner dat jy altyd, ongeag van jou lewensfase, ’n geliefde kind van Hom is.

Donderdag 29 April

Jesaja 60:1-22 (DB)

“Jou lig sal gedurende die dag nie meer van die son af kom nie. Jy sal nie meer afhanklik wees van die maan wat in die nag skyn nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Jou God sal oor jou skyn. Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Almal van jou volk sal doen wat reg is. Die land sal vir altyd aan hulle behoort. Hulle sal die plante wees wat Ek self daar geplant het. Ek het hulle met my hande gemaak sodat hulle eer aan My kan gee. Die kleinste groepie sal duisende sterk word. Dié wat die minste was, sal ’n groot volk word. Op die regte tyd sal Ek dit alles laat gebeur.” Jesaja‬ ‭60:19-22‬

Die afgelope drie dae het ons gekyk na Jesus as Skepper, timmerman, en tuinier. Vandag kyk ons vooruit na Jesus se terugkoms waar Jesus sy ewige troon as Christus die Koning inneem.

Vandag se verse uit Jesaja, is van my gunstelinge in die hele Bybel. In Jesaja 60 skilder die profeet 'n visie van die ''nuwe Jerusalem'' of soos in Openbaring 21:3b: ''[God] self sal by hulle wees as hulle God," en Jesus sal vir ewig as Koning regeer.

Gee egter aandag aan wat verder in hierdie toneel gebeur. Mense van alle nasies is op pad na die nuwe Jerusalem, en hulle kom nie met leë hande daar aan nie. Die mense uit Tarsus bring hulle skepe. Die mense uit Midian en Efa bring hulle vee. Die mense uit Skeba bring goud en wierook. Jesus nooi hierdie mense uit om hulle heel beste kultuurskeppinge — "die rykdom van die nasies" — na sy ewige koninkryk te bring. 

Die Nuwe Testamentiese geleerde, N.T. Wright, sê: "Wat jy in die teenswoordige doen — deur te skilder, preek, sing, naaldwerk te doen … hospitale te bou, putte te grawe, veldtogte vir geregtigheid te voer, gedigte te skryf … jou naaste lief te hê soos jouself — sal in God se toekoms voortduur. Hierdie aktiwiteite is nie net maniere om die teenswoordige lewe 'n bietjie draagliker te maak nie … Hulle is deel van wat ons 'die bou van God se koninkryk' noem."
Met ander woorde, die werk wat ons tussen die nou en dan doen, maak saak. 

Die hemelse koninkryk is nie sonder kultuur nie, dit is daarmee gevul. Dit behoort ons almal te inspireer om ons mees uitsonderlike werk tot verheerliking van God en vir die beswil van ander te doen. Dink net: ons handewerk gaan eendag deel van ons ewige tuiste wees.

Woensdag 28 April

Johannes 20:11-16 (DB)

14 Met dié kyk sy om. Daar sien sy Iemand staan. Dit was Jesus, maar sy het Hom glad nie herken nie. 15 Jesus vra haar toe: “Waarom huil jy so? Vir wie soek jy?” Maria het gedog dis die man wat in die tuin werk.

Twee dae gelede het ons na Jesus se koms as God die Skepper aan die begin van alle tye gekyk. Gister het ons Jesus as 'n timmerman gesien, wat in die familie-onderneming gebore is. Vandag sien ons in Johannes 20:11-16 dat Jesus, na sy opstanding, verkeerdelik as 'n tuinier aangesien is.

Jy het waarskynlik al vandag se gedeelte honderde kere gelees. Die feit dat Maria vir Jesus verkeerdelik as "die tuinier" aangesien het, is nie onbenullige stukkie detail in die Skrif nie.
Dit kom voor dat Johannes inderdaad na iets baie merkwaardig verwys het.

Om dit te sien, moet ons eers na Genesis teruggaan, waar God vir Adam en Eva geskape en in die tuin van Eden geplaas het om te werk en om te "vermeerder". Sonde het nog nie bestaan nie, maar werk wel. Natuurlik, net 'n paar verse verder, kom sonde wel in die wêreld. Skielik is hulle werk moeisaam.
Alles verander egter met Paasfees. Die opstanding herstel die wêreld terwyl Jesus die koms van die hemelse koninkryk inhuldig. Met sy eerste verskyning aan die mensdom na die opstanding, openbaar Jesus homself aan Maria as 'n tuinier. Hoekom?
Hier verduidelik N.T. Wright in sy wonderlike boek "Surprised by Hope": "In die nuwe skepping, word die antieke menslike mandaat om na die tuin om te sien, dramaties herbevestig soos Johannes ook in sy opstandingsverhaal aandui, waar Maria aanneem dat Jesus die tuinier is. Die opstanding van Jesus is dus die herbevestiging dat die skepping goed is”. Die opstanding van Jesus bevstig dus ook dat werk goed is.

Deur as 'n tuinier te verskyn, verwys Jesus ons doelbewus terug na Adam en Eva, die wêreld se eerste tuiniers en werkers. Hy wys dat ons werk as burgers van sy komende koninkryk, nie net daaroor gaan om "siele te red" of om meer mense te help om toegang tot die koninkryk te verkry nie (al is dit so belangrik). Jesus wys ons daarop dat dit weer tyd is om tuin te maak, om die aarde te bewerk — om te "vermeerder" as wegwysers na die koninkryk wat daardie eerste Paasoggend tot stand gekom het.

Die Here God het die mens in die tuin gesit sodat hy dit kon bewerk en oppas. Genesis 2:15 (DB)

Dinsdag 27 April

Lukas 2:15-20 (DB)

15 Nadat die engele teruggekeer het na die hemel toe, het die skaapwagters opgewonde vir mekaar gesê: “Waarvoor wag ons nog? Kom ons gaan dadelik Betlehem toe. Kom ons gaan soek Hom van wie die Here ons pas vertel het.” 16 Hulle het toe haastig soontoe gegaan. Daar het hulle vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Die skaapwagters kon hulle oë nie glo nie.

Sedert die begin van alle tye, het God geweet dat Hy nog vir Jesus sal moet stuur om ons te kom verlos. Om dit te weet — asook die uiteindelike doel van Jesus se lewe op aarde — moet die feit dat God vir Jesus gekies het om in die huis van Maria en Josef die timmerman groot te word, ons in ons spore stuit. 

God kon vir Jesus in 'n priesterlike huishouding soos die profeet Samuel of Johannes die Doper geplaas het. Jesus kon in die huishouding van 'n Fariseër, soos die apostel Paulus, grootgeword het. In plaas daarvan het God vir Jesus in 'n huishouding van 'n vakman geplaas, wat werk gedoen het wat waarskynlik baie lyk soos die werk wat ek en jy vandag doen.

Die Bybelgeleerde, Dr. Ken Campbell, het uitgewys dat die Griekse woord tektōn in die meeste van die Bybelvertalings as "timmerman" in Markus 6:3, meer akkuraat vertaal kan word as "bouer", iemand wat met klip, hout en somtyds metaal gewerk het om nuwe goed te skep. Volgens Dr. Campbell, het Jesus en Josef waarskynlik 'n klein familiebesigheid bestuur, deur die onderhandeling van 'n bod, verkryging van voorraad en afhandeling van projekte om so tot die gesin se lewenskostes by te dra.

Klink dit bekend? Dit behoort. In die eerste eeu was dit waarskynlik deel van die Joodse kultuur om 'n ambagsman en vakman, soos Jesus en Josef te wees. Hulle werk was moontlik baie soos ons eie werk. 

Hierdie waarheid gee baie waardigheid en betekenis aan die werk wat ek en jy doen om die skepping elke dag te herrangskik. Indien jy ooit twyfel of jou werk saak maak en of jou roeping betekenisvol is, onthou dan van Kersfees. Onthou dat daardie babatjie sou grootword en sy moue oprol om ons aan die goedheid van werk te herinner.

Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen. Paulus.

Maandag 26 April

Kolossense 1:15-16 (DB)

15 Ons kan God nie met ons oë sien nie. Sy Seun is egter die beeld van God. Deur na Hom te kyk sien ons wie en hoe God is. Niks in die skepping kan met Hom vergelyk word nie. Hoekom nie? 16 Net mooi alles, of dit nou in die hemel of op die aarde is, is deur Hom gemaak. Of jy dit kan sien of nie, of jy dink dit is sterk of nie, of jy daarvoor wil neerval en dit aanbid of nie, maak nie saak nie; alles is deur Hom gemaak. Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak.

Kom ons begin deur Jesus se eerste verskyning aan die mensdom, aan die begin van alle tye, te oordink.

Vandag se gedeelte maak dit duidelik dat Jesus — saam met God die Vader en die Heilige Gees — teenwoordig was met die skepping van die wêreld. Verder, is "alles" deur Christus geskep. Met ander woorde, Jesus is God die Skepper van wie ons in Genesis 1:1 lees: "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." 

Voor God ons vertel dat Hy liefde is, voor Hy ons vertel dat Hy heilig is, voor Hy ons vertel Hy is ons Verlosser, wil God hê jy en ek moet weet dat Hy kreatief, produktief en 'n werkende God is.

Die idee van 'n God wat werk is uniek in die lang lys van verhale oor die oorsprong van die wêreld. Baie gelowe beweer dat die gode juis die mensdom geskape het om te werk en hulle te dien. Niemand sou dit waag om te sê dat God Self werk nie — nog minder om met daardie feit die storie in te lei nie.

Hierdie waarheid hou die grootste betekenis in vir die werk wat ons vandag doen. Werk is nie 'n bysaak of 'n sinnelose middel tot 'n doel nie. Werk is die kern van wie God is, en dus ook, die kern van wie ons as sy beelddraers is. Dit is een van die belangrikste betekenisse van hierdie eerste openbaring van Jesus Christus.

Dit is ook nie net enige werk wat God doen nie. Hy doen skeppende werk — die werk wat risiko's neem om nuwe dinge te skep tot die beswil van ander. Dit is die werk van entrepreneurs en kunstenaars, storievertellers en verkoopsbestuurders, bemarkers en moeders. Ons sal môre sien, dit is die soort werk wat Jesus gedoen het toe Hy aarde toe gekom het en in die huis van 'n timmerman gebore is.

“No good work is done anywhere without aid from the Father of Lights.” C.S Lewis

Saterdag 24 April

Johannes 21:19-22

Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.

“Kom saam met My,” sê Jesus toe vir Petrus. Toe Petrus omkyk, sien hy die volgeling van wie Jesus baie gehou het, kom ook agter hulle aangestap. (Dit was die dissipel wat aan tafel vir Jesus gevra het wie Hom sou verraai.) Petrus sê toe vir Jesus: “En wat van hom, Here?” “Dit het eintlik niks met jou te doen nie, Petrus, selfs al sou Ek wou hê dat hy moes bly lewe tot Ek weer kom. Moenie jou oor sulke dinge bekommer nie. Sorg net dat jy by My bly!” sê Jesus.

God roep jou persoonlik!
Die wonder van die groot visvangs gebeur met 'n klomp mense. Al die dissipels ervaar dit. Jesus gee kos vir almal. En Jesus vra dat almal 'n bydrae moet lewer. En tog is dit baie persoonlik. As Jesus met Petrus praat dan is dit asof die ander nie eers daar is nie. Hy praat diep en intens met Petrus. Ons ervaar ook soms God se wondergenade in dinge waar ander ook betrokke is. Tog maak dit nie die ervaring minder persoonlik of spesiaal nie. Petrus voel dat as God hom roep om Hom te volg, dit vir die ander dissipels ook moet geld … Wat van Johannes Here?
En dan herbevestig Jesus dat Hy persoonlik met elkeen op Sy eie manier werk. Petrus moenie jou oor Johannes bekommer, volg jy My maar net! Ons wil ook soms baie vrae vra oor ander mense asof dit God se opdrag aan my sou beïnvloed. Hy sê ook vir my en jou om ons nie oor ander te kommer, maar om Hom maar net te volg en die res vir Hom te los. Doen jou deel en los die res vir My. Kom ons gehoorsaam Hom ook as Hy ons roep om Hom te volg. Laat ons maar weet Hy kan ook in ons lewe wonders doen en van ons bruikbare diensknegte maak.

Om oor te dink:

  • God doen steeds wonders in jou lewe… sien jy God en die wonders raak?
  • Hy wil deur Sy wonders persoonlik vir jou roep om Hom te volg, maak nie saak wat ander doen nie.
  • Wat is jou antwoord hierop?

Gebed
Dankie Heer dat U steeds uitreik na my elke dag
Help my om U raak te sien en U roepstem te hoor.
Hoor my as ek vandag weer opnuut kies om U te volg!
Amen

Vrydag 23 April

Johannes 21:13-17

Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.

Jesus gee toe vir elkeen van hulle brood en ’n stukkie vis. Dit was die derde keer dat Jesus so aan sy getroue volgelinge verskyn het nadat Hy uit die dood opgestaan het. Na ete vra Jesus vir Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?” “Ja, Here,” kom dit van Petrus. “U weet hoe toegewy en lojaal ek teenoor U is.” “Kyk dan asseblief na my lammers,” vra Jesus toe. ’n Tweede keer vra Jesus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” “Ja, Here. U weet mos hoe lief ek U het,” sê Petrus weer. “Pas dan asseblief my skape soos ’n herder op,” vra Jesus. ’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? Kan Ek heeltemal op jou lojaliteit staatmaak?” Petrus het hartseer geword omdat Jesus so aanhou. “Here,” sê hy toe, “U hoef nie eens te vra nie, want U weet alles; ook wat in my hart aangaan. U weet mos hoe lief ek vir U is.” “Sorg dan vir my skape,” sê Jesus.

God roep ons tot Sy diens!

Ons het gesien dat tot en met die kruisiging was Jesus die een wat die ander gewys het wat dit beteken om mekaar te dien. Nou wys Hy dit weer deur vir die dissipels 'n ontbyt voor te berei. Maar hy kleur die prentjie meer volledig in deur hulle te vra om 'n bydrae te maak. Hul word deel van die dien-span as hul ook vis gee vir die ete. Na ete voer Jesus die saak verder deur Petrus te vra of hy bereid is om aan te gaan om ander gelowiges (veral die vroeë kerk) te dien en te versorg. Petrus antwoord maklik en vinnig die eerste 2x. Maar as Jesus 'n 3e maal vra begin Petrus dink oor hoe hy Jesus verloën het en antwoord hy eerlik dat Jesus alles weet … ook wat in sy opregte hart aangaan. Jesus beklemtoon weer die "nuwe" opdrag wat nou oorgaan na Sy dissipels. Dien en versorg mekaar met liefde. Daardie selfde opdrag is vandag nog ons s'n. Hoe sou ons reageer as Jesus in ons lewens kom ingryp met Sy wonderkrag? Maar hoe sou ons reageer as Hy ons ook opnuut 3x by die naam kom roep om ander te dien en te versorg?

Om oor te dink:

  • Ons is God se verteenwoordigers op aarde.
  • Hy wil dat ons so leef dat ons deur ons optrede Sy koninkryk (die plek waar Hy as koning regeer) sigbaar sal word op aarde.
  • Wat is jou antwoord as God jou vandag weer roep?
  • Is dit net ‘n woordelikse antwoord of gaan dit oor tot dade in jou lewe?

Gebed
Dankie Heer dat ek goed genoeg is om deur U gebruik te word.
Ek wil vandag opnuut ja antwoord op U roeping om as U verteenwoordiger en dienskneg te leef.
Gee my die insig en wysheid om reg op te tree en U koninkryk te laat kom daar waar ek elke dag leef
Amen

Donderdag 21 April

Johannes 21:7-11

Johannes 21 Jesus help Sy volgelinge om baie vis te vang.
“Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis. Gelukkig was hulle nie so ver van die wal af nie, omtrent 100 tree. Toe hulle daar land, sien hulle dat daar alreeds ’n vuurtjie brand met vis wat daarop braai. En daar was ook brood. Jesus sê toe vir hulle: “Bring nog ’n bietjie van daardie vis wat julle gevang het.” Simon Petrus spring toe gou in en sleep die vrag vis op die land uit. Daar was 153 groot visse in die net. Al was daar so baie vis, het die net verbasend genoeg nie geskeur nie.

God roep ons op tot diens?

Hierdie verhaal speel af na die kruisiging en opstanding van Jesus. Voor die kruisiging was Jesus die een wat as dienskneg opgetree het en mense gehelp het. Hy’t siekes gesond gemaak, skares kos gegee, blindes laat sien, dooies uit dood opgewek. Maar nou begin ‘n nuwe tyd in die geskiedenis. Jesus gaan nie meer lank hier wees om almal te dien nie. En hier begin Hy dit aan Sy dissipels wys. Hy maak ‘n vuur en bak brood en vis vir ontbyt. Maar Hy vra ook dat dissipels ‘n deel moet bydra. Hul moet besef dat om te dien ook nou hul opdrag word. Skielik is die verhouding anders. Jesus wys en die dissipels moet leer om in Sy voetspore te volg. Elkeen van ons leef in hierdie tyd waar Jesus ons ook oproep om Sy dienswerk te doen. Hy is nie meer hier op aarde en nou is ons Sy hande en voete.

Om oor te dink:

  • Besef jy dat Jesus vir jou aan die kruis gesterf het?
  • Die grootste wonder wat Hy ooit gedoen het is om vir ons die ewige lewe te verwerf.
  • Maar nou is ek en jy hier om God se dienswerk voort te sit.
  • Ons moet nou vir die wêreld wys wat Jesus ons geleer het nl. Om te dien!

Gebed
Dankie Heer dat U vir my aan die kruis gesterf het.
Help my om diensbaar te wees en U koninkryk te laat kom.
Amen

Woensdag 21 April

Johannes 21:5-7

Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.
5“En toe,” roep Jesus, “het julle enigiets gevang?” “Nee wat,” roep hulle terug. 6. “Gooi die net daar regs van die skuit uit. Daar is vis,” kom dit van Jesus se kant af. Hulle maak toe so. Die net was toe so vol vis dat hulle dit nie in die skuit kon kry nie. Dit was te swaar vir hulle. 7. Die volgeling van wie Jesus baie gehou het, sê toe vir Petrus: “Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis.

Hoe reageer jy as God intree in jou lewe?

Petrus spring in die meer en swem na Jesus toe. Die ander dissipels roei uit met die wonder visvangs in die net stewig vasgehou teen die boot.
Beide kom by Jesus en beide ervaar sy wonder en genade. En beide gee iets prys omdat hulle elk so manier van doen kies. Petrus los die wondervangs agter en storm net om by Jesus te kom. Die ander bring die vangs uit maar dit verdeel hul aandag en hul kan nie voluit op Jesus fokus tot vis veilig aan wal is nie.

Hoe reageer ons as God in ons lewens ingryp. Ken jy jou voorkeur(eerste) reaksie as God ingryp in jou lewe? Los jy als en fokus net op God? Of beleef, beskerm en geniet jy eers die wonders van God en fokus later meer intens op God?

Wat ookal jou voorkeur manier is, weet beide maniere is goed. Daar mag ook ander maniere wees om God se ingrype te ervaar. Moenie mense wat anders as jy optree veroordeel nie. Moet ook nie jouself inperk deur nie ruimte te maak vir verskillend optree nie. God is so groot en wonderbaarlik dat daar ook baie maniere is waarop ons kan reageer as Hy by ons ingryp. Die kern is net om God te sien en te beleef. En om Hom te dank vir Sy genade en liefde.

Om oor te dink:

  • Weet jy wat jou voorkeur manier is van reageer as God met jou praat?
  • Het jy al lus gevoel om anders op God se stem te antwoord?
  • God ken jou en wil dat jy sal groei in jou verhouding met Hom. Ja dat jy ook van tyd tot tyd anders sal antwoord, bid en reageer op Sy stem.
  • Moet nooit iemand wat God anders as jy beleef afkraak of sleg maak nie.
  • Wees jy net jouself en gun ander dieselfde voorreg.

Gebed
Dankie Heer dat U in my lewe ingryp
Help my om U telkens raak te sien en om daardie ervaring te koester. Amen

Dinsdag 20 April

Johannes 21:3-7

Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.
3 Petrus was lus om te gaan visvang. Die ander is toe saam met hom. Hulle is met ’n skuit die meer in. Daardie hele nag lank het hulle iets probeer kry, maar hulle het nie ’n enkele vis gevang nie. 4Toe die son begin kop uitsteek, staan Jesus daar op die wal. Die dissipels was natuurlik salig onbewus daarvan dat dit Jesus was. 5“En toe,” roep Jesus, “het julle enigiets gevang?” “Nee wat,” roep hulle terug. 6. “Gooi die net daar regs van die skuit uit. Daar is vis,” kom dit van Jesus se kant af. Hulle maak toe so. Die net was toe so vol vis dat hulle dit nie in die skuit kon kry nie. Dit was te swaar vir hulle. 7. Die volgeling van wie Jesus baie gehou het, sê toe vir Petrus: “Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis.

As God intree verander dinge?

Nadat die dissipels heel nag probeer het om self vis te vang het hul steeds geen vis gevang nie.

Dan kom Jesus en word deel van die verhaal. Hy begin deur te vra of hul suksesvol was. As hul erken dat hul eie poging niks opgelewer het antwoord Hy dat hul weer moet probeer, maar nou op Sy opdrag en volgens Sy voorskrifte. En hul nette is tot barstens toe vol.
God is in beheer van alles. Die natuur, waar die visse swem en ook my en jou lewe. Hy hou die dinge wat ons kommer in Sy hande vas. En Hy kan dit so bestuur soos Hy wil. Hy is in beheer.
As die dissipels vir God sien en na Hom luister dan herken hulle Hom deur sy krag.
As ons in ons pogings om moeilike tye te oorkom ook vir God sien en na Hom luister sal ons Hom ook herken as God.
God raak betrokke by Sy dissipels en by ons, nie om ons klein probleme op te los nie maar om Sy groot krag en almag bekend te stel.

Om oor te dink:

  • Besef jy dat God almagtig is en in beheer is van alles?
  • Is jou verhouding met God so goed dat jy Hom sal herken as Hy met jou kom praat?
  • Of moet daar eers 'n wonder gebeur voor jy daaraan dink dat jou lewe in God se hande is?
  • Bou daagliks aan so 'n persoonlike verhouding met God dat jy Hom herken telkens waar Hy in jou lewe inspeel.
  • Wees jy die een om ander daarop te wys dat dit God is wat dinge laat gebeur.

Gebed
Dankie Jesus dat U telkens deel van my lewe is. Dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Neem my kommer en gee oplossings ook daarvoor as dit U wil is. Maar meeste van al kom en toon U krag deur U ingrype in my lewe dat ander deur my lewe kan sien hoe groot U is. Amen

Maandag 19 April

Johannes 21:1-5

Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.
1Daar was nog ’n geleentheid toe Jesus so saam met sy dissipels was. Dit was by die Meer van Tiberias (die ander naam is die See van Galilea). 2So het dit gebeur: ’n klompie van Jesus se getrouste volgelinge was bymekaar (dit was Simon Petrus, Tomas Tweeling, Natanael - hy het uit Kana in Galilea gekom Sebedeus se seuns en nog twee ander). 3Petrus was lus om te gaan visvang. Die ander is toe saam met hom. Hulle is met ’n skuit die meer in. Daardie hele nag lank het hulle iets probeer kry, maar hulle het nie ’n enkele vis gevang nie. 4Toe die son begin kop uitsteek, staan Jesus daar op die wal. Die dissipels was natuurlik salig onbewus daarvan dat dit Jesus was. 5“En toe,” roep Jesus, “het julle enigiets gevang?” “Nee wat,” roep hulle terug

Hoe tree ons in onseker tye op?

Die verhaal speel af in die tyd na Jesus se kruisiging en opstanding. Maar die pad vorentoe is nog onseker vir die dissipels. Hul verstaan nog nie presies hoe die nuwe lewe wat Jesus hul belowe het moet werk nie. Hul wonder oor wat hul te doen staan en hoe hul dit moet doen.
Dan maak Petrus 'n voorstel dat hul teruggaan na dit wat hul ken. Hy sê hy gaan sy nette uithaal en visvang. Dis een ding wat hy weet hoe om te doen. 'n Paar dissipels volg hom en gaan saam. Na 'n nag se visvang - die een ding wat hul seker geweet het hoe om te doen - het hul steeds niks bereik. Geen vis gevang.

Dan kom Jesus en word deel van die verhaal. Hy begin deur te vra of hul suksesvol was…

Om oor te dink:

  • Wat is jou eerste reaksie as dinge onseker is?
  • Val jy ook terug na jou ou bekende weë?
  • Ons doen dit baie maal. Eerder as om God se plan vir ons te soek. val ons terug in ou bekende optrede want dit voel veilig. Maar dan groei ons nie en ontdek ons nie God se wil vir ons nie.
  • In verhoudings kry ek stilstuipe eerder as om dinge uit te praat.
  • In finansies leen ek net meer eerder as om so te begin leef dat my skuld minder word.
  • In geloof val ons terug na ou stereotiepe reëls eerder as om te probeer groei in liefde en God se wil beter te verstaan.
  • God laat moeilike tye op ons pad kom dat ons kan groei en Hom beter kan leer ken. Moenie die kans hiervoor mis deur net terug te val in jou ou manier van leef nie.

Gebed
Dankie Jesus dat U gesterf en opgestaan het. Dat U hierdeur vir my 'n nuwe lewe kom gee het. Help my om te begryp hoe U wil hê dat ek hierdie nuwe lewe moet leef eerder as om net op my ou manier aan te gaan. Amen

Saterdag 17 April

Lukas 24:45-49

45Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 46Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ 48Julle is getuies van hierdie dinge. 49En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.” (Luk 24:45-48)

Om oor te gesels
Ons het hierdie week nagedink oor die opstanding en wat dit beteken. Jesus het Homself aan die dissipels bekend gemaak, veral ook aan Petrus. Petrus stap ’n besondere pad met die Here en tog los die Here hom nie. Selfs as hy of die dissipels nie verstaan nie of twyfel, is Jesus geduldig. Hy open telkens hulle verstand om die Skrif te verstaan.
Jesus herinner Sy dissipels dat Hy moes ly, maar het opgestaan en so vergewing van sondes gebring het. Elkeen wat in die opstanding glo is ’n getuie daarvan - ook ek en jy.
Verder belowe Jesus dat die Vader Sy gawe, die Heilige Gees vir ons gaan stuur. Ons weet dit is waar en daarom sien ons daarna uit om tydens Pinkster weer dit te vier. Jesus is deur Sy Gees by ons elkeen.

  • Dink na oor wat jy hierdie week van die Opgestane Jesus geleer het?
  • Watter troos bied dit jou dat God Self sy Gees vir ons elkeen gee?
  • Hoe kan jy daarvan getuie wees?

Gebed
Jesus, open elke dag my verstand dat die Skrif kan verstaan. Dankie dat U my deel maak van U koninkryk en dat ek getuie daarvan kan wees. Dankie dat U Gees by ons is. Amen.

Vrydag 16 April

Lukas 24:36-45

36 Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!”
37 Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ’n gees. 38 Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? 39 Kyk na my hande en my voete: dit is tog Ek self. Voel aan My en kyk! ’n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.” 40 Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete. 41 Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?”
42 Hulle gee Hom toe ’n stuk gebakte vis. 43 Hy het dit gevat en voor hulle oë geëet. (Luk 24:36-42)

Om oor te gesels
Lukas vertel vir ons van nog ’n verskyning van Jesus na Sy opstanding. Jesus doen ’n vredesgroet, maar hulle twyfel steeds oor Jesus se opstanding. Hulle is bang. Jesus wys Sy hande en voete vir hulle, net soos vroeër vir Tomas (Johannes 20). Hulle is bang. Jesus het deernis met hulle en verstaan hoe hulle reageer.
Hy gaan verder en vra vir hulle iets om te eet. Jesus eet vis saam met hulle en verduidelik wie Hy is. Met Sy verheerlike opstandingsliggaam wys Hy dat Hy werklik opgestaan het. Jesus verduidelik ook aan hulle dat Hy die vervulling van die Ou Testament (wet, profete en psalms) is.
Jesus het die dissipels versterk en hulle word later die getuies van hierdie gebeure. Jesus is die waarborg en vervulling van God se beloftes uit die Ou Testament. Ons kan weet dit is waar.

  • Jesus kom vandag ook na jou toe met die woorde: “Vrede vir jou!”
  • Hy ken jou en weet wat in jou hart leef. Deel dit met Hom.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U vrede. Mag ek vandag U vrede op ’n besondere manier beleef. Ek kom gee hierdie dag aan U en vra dat U saam met my sal wees. Amen.

Donderdag 15 April

Johannes 21:20-25

21 Toe Petrus hom dan sien, vra Petrus vir Jesus: “Here, en wat van hom?” 22 Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!” (Joh 21:21-22)

Om oor te gesels
Hierdie gedeelte spreek ons elkeen aan omdat ons daarmee kan identifiseer. Petrus het pas bely dat hy Jesus lief het en Hom sal volg, dan kyk Petrus rond en vra vir Jesus uit oor Johannes, die skrywer van die evangelie: “Here, en wat van hom?”

Ons vergelyk so maklik en wil weet hoekom die Here nie met ander werk soos met ons nie of nie met ons werk soos ander nie. Ons wil baie keer vra: “maar wat van….?” Ons is nuuskierig oor ander mense. Ons is soms bekommerd oor ander mense se navolging in plaas daarvan om self net getrou en lojaal Jesus te volg.

Jesus antwoord Petrus direk met die woorde dat dit nie sy saak is nie en dat hy hom nie daaroor hoef te bekommer nie. Jesus herhaal dan die opdrag: “Volg jy My!” (Joh 21:19).

  • Met wie vergelyk jy jouself? Hoe belemmer dit jou geloofspad?
  • Wat hoor jy as Jesus vir jou sê: “Volg jy My!”?

Gebed
Here Jesus, ek wil ook soms vergelyk en my daaroor bekommer. Help my om op U te fokus en U te volg. Amen.

Woensdag 14 April

Johannes 21:15-19

15 Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” 16 Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.” 17 Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.” (Joh 21:15-17)
‭‭
Om oor te gesels
Johannes vertel vir ons van Petrus wat pas na die wonder van die visvangs, saam met Jesus eet en Jesus vir Petrus vra of hy Hom lief het.
Jesus vra Petrus drie keer diesefde vraag.

Petrus doen alles in dries. Hy het Jesus drie keer verloën en nou bely hy drie keer dat Jesus die Here is. Hy vind vergifnis en versoening in hierdie gesprek met Jesus.

Jesus nooi Petrus dan met die woorde: “Volg My!”

Ten spyte van Petrus se verlede, maak Jesus weer bemoeienis en gee hom nog ‘n kans. Jesus vra hom oor sy liefde en toewyding.

  • Wat sal jy antwoord as Jesus vir jou hierdie vraag vra?
  • Hoe laat dit jou voel dat Jesus jou ook ‘n tweede kans gee?
  • Kan jy jou verlede agter jou sit om Jesus te volg?

Gebed
Here Jesus, ek het U lief. Soms verraai ek U, maar dankie vir nog ‘n kans. Mag ek steeds U elke dag volg. Amen

Dinsdag 13 April

Johannes 21:1-14

7 Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek—want sy bolyf was kaal—en in die water gespring.
12 Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. (Joh 21:7, 12)

Om oor te gesels
Johannes vertel vir ons van nog ’n verskyning van Jesus na sy opstanding. Van die dissipels is besig om te probeer visvang. Hulle het moontlik teruggekeer na hulle alledaagse lewe, terwyl hulle probeer sin maak oor die gebeure van die opstanding.
Hulle het tot op daardie stadium niks gevang nie en hulle was al moedeloos. Jesus kom vra vir hulle of hulle al iets gevang het, waarop hulle negatief antwoord. Jesus sê vir hulle om die net aan die anderkant in te gooi. Hulle het sekerlik gedink dat nie gaan help nie, maar doen dit in elk geval. Die wonder gebeur het dat hulle ewe skielik te veel vis het.
Johannes, die dissipel vir wie Jesus baie lief was en skrywer van hierdie evangelie, herken Jesus. Hy sê vir Petrus dat dit Jesus die Here is wat by hulle is. Simon Petrus skrik, gryp sy hemp en spring in die water om na Jesus te swem. Jesus nooi hulle vir ete langs die waters en hulle herken Hom. Hulle lewens het ingrypend verander.

  • Die Here is betrokke in gewone dinge wat ons doen. Herken ons Hom?
  • Saam met wie kan jy vandag tyd spandeer om te vertel wat die Here in jou lewe beteken?

Gebed
Here Jesus, U is die Een wat altyd na ons toe kom. Soos Petrus herken ons nie U dadelik nie. Help ons om U raak te sien en agter U aan te stap. Amen.

Maandag 12 April

Lukas 24:13-35

30 Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. 31 Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. 32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” (Luk 24:30-32)

Om oor te gesels
Die Emmausgangers stap verward vanaf Jerusalem af terug na hulle huis toe. Vol vrae en verwagtinge wat nie gerealiseer het nie, kom stap Jesus saam met hulle en gesels met hulle.
Hulle deel hulle vrae en twyfel. Jesus verduidelik geduldig vir hulle die Skrifte en hoe dit op Hom van toepassing is. Hy moes ly om as Verlosser te triomfeer. Hulle nooi hulle nuwe vriend vir ete en wanneer hierdie “vreemdeling” vir hulle die brood breek, herken hulle Hom as Here en Verlosser.
Hulle verklaar dat hulle harte warm geword het omdat hulle Jesus gesien het. Hulle het dit dadelik vir die ander dissipels gaan vertel.
Jesus stap vandag nog saam met ons. Ons herken Hom nie altyd nie, maar mag jy vandag kyk waar Jesus saam met jou stap.

  • Wat sou jy vandag vir Jesus wou sê?
  • Deel jou vrae, vrese en verwagtinge…
  • Stel jouself oop om Jesus vandag raak te sien.

Gebed
Here, dankie dat U saam met my stap. Mag ek U vandag herken en ook met ’n warm hart getuig van U liefde. Amen

For those who believe in God, no explanation is necessary.For those who do not believe in God, no explanation is possible.
Thomas Aquinas

Saterdag 10 April

Johannes 20:26-31

27 Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” 28 En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” 29 Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

Om oor te gesels
Jesus verskyn agt dae later weer aan die dissipels waar Tomas ook is. Jesus het begrip vir Tomas en nooi hom om aan Hom te vat. Die Boodskap vertaal dit: “Moenie twyfel dat dit regtig Ek is nie. Aanvaar dit! Oorweldig sê Tomas: ‘My Here en my God!’

Tomas het sy twyfel na Jesus toe gebring en Jesus het met geduld hom ontmoet waar hy was. Dit het hom tot die keuse en belydenis gebring dat Jesus sy Here en God is. Ons word ook uitgenooi soos Tomas om ons twyfel vir Jesus te bring. Twyfel is die skadukant van ons geloof wat ons na God se lig toe bring. Tomas het verdieping beleef en Jesus bly volg.

  • Ons twyfel en vrae help ons om te groei in ons geloof.
  • Kan jy vandag soos Tomas ook verklaar dat Jesus jou Here en jou God is?
  • Hierdie is ’n wesenlike deel van ons elkeen se geloofspad.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U altyd geduld met my het en na my toe kom. Ek bring my twyfel na U toe en verklaar dat U my Here en my God is. Amen.

Geloofstwyfel is maar net geloof wat sukkel, geloof wat in die middel van die nag is en nie kan sien wat aangaan nie. Dit is ’n soort twyfel wat nie teenoor geloof staan nie, wat jou nie buite die lewe met God plaas nie, maar wat wesenlik deel van die geloofspad is. Coenie Burger

Vrydag 9 April

Johannes 20:19-25

“24 Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25 Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.” Joh.‬ ‭20:24-25‬

Om oor te gesels:
Die realiteit van die opstanding bring nie net nuwe lewe nie, maar vra ook ‘n keuse. Die dissipels was baie opgewonde dat Jesus opgestaan het en verklaar dat Jesus se nuwe werklikheid aangebreek het. Hulle het die Here gesien. Tomas was egter nie by toe Jesus die eerste keer aan Sy dissipels na Sy opstanding verskyn het nie. Daarom sit hy eerlik sy twyfel op die tafel. Hy kan nie glo as hy nie bewyse het nie.

Ons is baie keer meer soos Tomas as die dissipels. Ons twyfel ook, maar dink dat ons nie mag twyfel nie. Twyfel is nie ongeloof nie. Daar is ’n groot verskil. Twyfel sê: “Ek kan nie glo nie.” Ongeloof sê: “Ek wil nie glo nie.” Twyfel is eerlik. Ongeloof is koppig. Juis omdat ons vrae het en twyfel wys dit dat ons soek na meer in ons verhouding met Jesus.

  • Voel jy soms oorweldig deur jou twyfel?
  • Ons het nodig om ons twyfel te verwoord.
  • Sê vandag vir die Here wat in jou hart leef en waaroor jy twyfel.

Gebed
Here Jesus, ek bring vandag my twyfel en vrae na U toe. Help my om eerlik hiermee om te gaan dat ek U beter kan leer ken en lief hê. Amen.

Ons geloof hier op aarde is dikwels niks meer nie as twyfel wat tot troos gebring is, deur God self. Martin Luther

Donderdag 8 April

Johannes 11:25

25 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; 26en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” (Joh. 11:25)

Om oor te gesels
Ons is mense wat leef uit die Opstanding! God het vir ons nuwe lewe kom skenk en dit verander hoe ons lewe. Die Opstanding is nie iets wat net eendag gaan gebeur nie, dit is ’n daaglikse proses. Ons kies elke dag om Jesus te volg en agter Hom aan te stap.

Wanneer Jesus Lasarus uit die dood opwek, sê Hy vir Marta: “Ek is die Opstanding en die Lewe… Glo jy dit?” Sy antwoord dat sy weet die opstanding gaan plaasvind, maar Jesus herinner haar dat Hyself die Opstanding en die Lewe is. Dit vra 'n reaksie: glo jy dit?

Die realiteit van die opstanding lei tot nuwe lewe!

  • Dink na oor wat dit beteken dat Jesus vir jou opgestaan het.
  • Hoe leef ek anders met die wete dat Jesus vir my nuwe lewe gee.
  • Wat nooi Jesus my uit om te doen?

Gebed
Dankie Jesus! U wat die Opstanding en die Lewe is. Dankie vir nuwe lewe en nuwe moontlikhede. Mag ek vandag U liefde opnuut beleef. Amen.

The message of Easter is that God's new world has been unveiled in Jesus Christ and that you're now invited to belong to it. NT Wright

Woensdag 7 April

2 Korintiërs 5:16-17 (Die Boodskap)

16 Noudat ek op ’n nuwe manier leef, dink ek ook op ’n nuwe manier oor ander mense en oor Christus. Vroeër, toe ek nog nie ’n Christen was nie, het ek heeltemal verkeerd oor Christus gedink. Toe het ek glad nie in Hom geglo nie. Maar nou dink ek op die regte manier oor Hom. 17 Nou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy ’n splinternuwe mens is; ’n nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier!

Die nuwe lewe is hier!

Dink vir ’n oomblik aan iets nuut: ’n nuwe huis, ’n nuwe haarstyl, ’n nuwe foon, ’n nuwe kussing, ’n nuwe stokperdjie… Al hierdie dinge is opwindend. Ons ervaar vreugde wanneer ons met dit werk, ons vertel vir mense daarvan, dit bly konstant in ons gedagtes, want dit is nuut!

Paulus sê dat ons, ek en jy, splinternuwe mense is omdat ons aan Christus behoort. Splinternuut!
Dit is alles natuurlik ook as gevolg van die opstanding. Jesus se kruisdood het beslis versoening tussen ons en God bewerk, maar dit is nie die einde van God se groot verlossingsplan nie.
Nee, nou maak God ons nuut, elke dag, sodat ons meer en meer soos Sy Seun kan lyk, sodat ons meer en meer in die beeld van Christus gevorm word. Ons word elke dag meer en meer wat ons reeds is, en dit is kinders van God. Ons nuwe lewe raak ook nie oud nie, ons word daagliks nuutgemaak.
Dit is waarom die goeie nuus goeie nuus is! Ons is nie so gemaak en so gelaat staan nie. Ons is nuwe mense!

Om oor te dink

  • Wat is Jesus besig om in jou te vernuwe?
  • Wat moet jy vandag agterlaat, wat deel is van jou ou sondige verlede?
  • Wat is jou grootste behoefte vir vandag? Sal jy dit met ons Vader deel?

“A transformed life is the greatest of all miracles. Every time a person is “born again” by repentance of sin and faith in Jesus Christ, the miracle of regeneration is performed.” Billy Graham

Dinsdag 6 April

Openbaring 21:1-5

1 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. 3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”

Alle dinge nuut, alles nuwe dinge.

Die laaste twee hoofstukke van die Bybel (Openbaring 21-22) beskryf die opstanding en die nuwe hemel en aarde. In hierdie aangrypende stukke poësie beskryf Johannes hoe die nuwe hemel en aarde dieselfde is, en verskillend is as die skepping wat ons nou ken. Daar is ’n kontinuïteit en ’n diskontinuïteit met dit die skepping.

Aan die begin van die storie van die Bybel is God se ruimte (hemel) en die mens se ruimte (aarde) volledig een. God het saam met die mens gewoon, en die mens saam met God. As gevolg van sonde is hierdie ruimtes van mekaar geskei, en het die mens van die sondeval af daarna verlang om weer God se teenwoordigheid te ken en te ervaar. God se ruimte en die mens se ruimte het steeds gedeeltelik oorvleuel, maar daar was ’n defnitiewe skeiding. Dink vir ’n oomblik aan die oorvleueling van die sirkels van die Olimpiese Spele, God se ruimte en ons ruimte oorvleuel op dieselfde manier.

Daarom dan, wanneer hierdie verse wat ons vandag gelees het ’n realiteit word sal alle dinge nuutgemaak word, en alles sal nuwe dinge wees. Wat ’n wonderlike vooruitsig en versekering vir ons vandag! Die wêreld soos ons hom nou ken is nie ons eindbestemming nie. Daar sal ’n dag kom wat alles nuut is. Al hierdie is waar, as gevolg van die opstanding van Jesus.
Dít wat ons Sondag weer gevier het, waardeer het en mekaar aan herinner het is die rede vir hierdie wonderlike toekomsverwagting.

Om oor te dink:

  • As jy die vermoë gehad het om in ’n oogwink iets nuut te maak deur die klap van jou vingers, wat sal dit wees?
  • Wat het in jou hart geroer toe jy die naweek weer die Opstanding aanskou het?

“Jesus's resurrection is the beginning of God's new project not to snatch people away from earth to heaven but to colonize earth with the life of heaven. That, after all, is what the Lord's Prayer is about.” N.T. Wright

Maandag 5 April

1 Petrus 1:3-7

3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop 4 op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

’n Lewende Hoop, as gevolg van die opstanding.

Die opstanding van Jesus is nie net ’n historiese feit nie, dit is ’n lewensveranderende krag wat vir ons hoop gee. Victor Frankl, ’n bekende sielkundige en oorlewende van die holocaust het uiteindelik sy hele tesis gebasseer op die soeke na betekenis van die mens, en hoop as die groot dryfveer vir vasbyt in tye van erge swaarkry.

Petrus was baie bewus van die belangrikheid en die krag van hoop vir Christene, in ’n tyd toe lewensomstandighede onbeskryflik swaar was vir hulle. Sy hoop is wel nie gebasseer op die mens se vermoë om innerlik genoeg moed en krag bymekaar te maak nie, sy hoop is gebasseer op iets wat Jesus vir ons gedoen het. Daarom kan ons hoop hê… Ons erfenis is gewaarborg en veilig, ons word deur die krag van God bewaar tot alles uiteindelik realiseer; ons kan hoop as gevolg van Sy genade, ontferming en liefde.

Om oor te dink:

  • Wat is hoop?
  • Wat beteken die opstanding vir jou as gelowige?

”Everything can be taken from a man but one thing: the last of the human freedoms—to choose one’s attitude in any given set of circumstances, to choose one’s own way.” Viktor Frankl

Donderdag 1 April

Matteus 26:30-46

Lees asseblief die hele teksgedeelte. Die twee verse hieronder dien as fokusteks.

37 Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38 en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.”

Wanneer jy die evangelies lees, leer jy vir Jesus ken. Jy leer Hom ken as liefdevol, vriendelik, gefokus, iemand wat eenvoudig leef, iemand wat die mag het om wonderwerke te doen, iemand met gesag.
In hierdie teksgedeelte sien ons nog ’n deel van Jesus, en dit is ’n deel wat ek meen krities belangrik is vir ons om vir Jesus in Sy volheid te verstaan, as God en mens. Jesus is bedroef, beangs, benoud… Dink vir ’n oomblik hieroor. Ons rots, die sterk een, God self, deur hierdie drie woorde beskryf. Dit is uiteraard ’n aangrypende oomblik in Jesus se aardse lewe!

Waarom bedroef, benoud en beangs? Want Jesus het deur die sluit van ’n nuwe verbond met Sy volgelinge vir hulle belowe dat Hy sy kant van die ooreenkoms sal hou. Sy kant van die ooreenkoms vra nou van Hom die moelikste ding wat Hy nog moes doen, Hy moet ter wille van ander mense ’n grusame en pynlike dood sterf.

Ons gaan vanaand by hierdie teksgedeelte en hierdie drie belangrike woorde stilstaan tydens ons erediens.

Om oor te dink:

  • Maak ‘n lys van kere wat jy nie kans gesien het vir spesifieke uitdagings of probleme nie.

”There is no university for a Christian, like that of sorrow and trial.” Charles Spurgeon

Woensdag 31 Maart

Johannes 13:21-32

Lees asseblief die hele teksgedeelte. Die twee verse hieronder dien as fokusteks.

31 Toe Judas uit is, sê Jesus: “Nou word die Seun van die mens verheerlik, en God word deur Hom verheerlik. 32 En aangesien God deur Hom verheerlik word, sal God self Hom ook verheerlik; en Hy sal Hom binnekort verheerlik.

Dink vir ’n oomblik aan ’n tiener se slaapkamer. Jy wéet ’n tiener se slaapkamer is syne/hare. Hoe weet mens dit? Die kamer is vol goed wat iets van die tiener kommunikeer: die musiek waarna hulle luister, die styl waarvolgens hulle aantrek, die mense na wie hulle opkyk. Die kamer is as’t ware gevul met die tiener se teenwoordigheid. Hierdie teenwoordigheid is amper tasbaar, dit is ’n gewigtigheid. Die spreekwoord lui: sy het haar gewig rondgegooi. Dit beteken sy het haar teenwoordigheid laat voel of laat geld.

In die Bybel beteken die woord heerlikheid dieselfde. Dit beteken teenwoordigheid, gewigtigheid, karakter, helderheid, lig. Jesus sê in hierdie gedeelte dat Hy Sy gewigtigheid nou gaan laat geld. Sy heerlikheid gaan sigbaar en meer word, almal gaan nou wéet wie Hy is, en wie God is.

Hoe? Deur Sy lewe neer te lê in diens van die mense. Sy karakter en teenwoordigheid as Redder en Here gaan sigbaar word in die manier hoe Hy gaan dien, soos Hy reeds gedien het vroeër in hierdie gedeelte. Hierdeur hoef ons nie te twyfel in wie Jesus is nie, Hy maak dit vir ons duidelik. So duidelik soos ’n tiener dit maak om sy/haar voorkeure en passies te ken deur hulle slaapkamers dienooreenkomstig in te rig.

Om oor te dink:

  • Sal mense jou karakter (jou heerlikheid) as diensbaar beskryf?
  • Wat gebeur met jou en met ander mense as jy hulle dien?
  • Wie het vandag diensbaarheid van jou nodig?
  • Hoe word God se heerlikheid (Sy gewigtigheid, Sy karakter) sigbaar vir ander, wanneer jy mense dien?

“No man shall ever behold the glory of Christ by sight hereafter who does not in some measure behold it here by faith.” John Owen

Dinsdag 30 Maart

Johannes 12:20-36

Lees asseblief die hele teksgedeelte. Die twee verse hieronder dien as fokusteks.

35 Toe sê Jesus vir hulle: “Nog net 'n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie. 36 Terwyl julle die lig het, moet julle in die lig glo, sodat julle mense van die lig kan wees.”

Dink vir ’n oomblik oor lig en duisternis, beide fisies en as metafore.

  • Hoe laat lig (miskien as die son op sy helderste skyn) en duisternis (miskien wanneer geen ligte in die huis aan is nie) jou voel?
  • Voel jy tans oorval met die een of die ander?
  • Wat van die wêreld waarin ons leef, is dit oorval met lig of met duisternis?
  • Wat ervaar jy as die koerant lees of die nuus kyk?

Jesus se woorde raak al hoe meer dringend hoe nader Hy aan Sy kruisiging kom. Sy tyd is min. Sy dissipels moet verstaan wat gebeur het, wat nou gaan gebeur, en wat dit vir hulle beteken. Jesus deel selfs Sy eie emosie oor hierdie laaste paar dae in vers 27.
Alles wat Jesus gesê het in hierdie teksgedeelte, het Hy tydens Sy bediening vir hulle gesê en verduidelik. Tog herhaal Hy dit, en Sy Vader praat saam uit die Hemel (28).

In vers 34 vra Sy dissipels vir Hom ’n verhelderende vraag.

  • Het jy vandag ’n vraag oor enigiets wat in hierdie teksgedeelte staan?
  • Is daar ’n woord, ’n beeld of ’n plek in hierdie teksgedeelte wat jou verbeelding aangryp?
  • Doen vandag moeite om dieper studie hieroor te doen.

“If Jesus rose from the dead, then you have to accept all that he said; if he didn't rise from the dead, then why worry about any of what he said? The issue on which everything hangs is not whether or not you like his teaching but whether or not he rose from the dead.” Tim Keller

Maandag 29 Maart

Matteus 21:1-11

9 Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” 10 Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?” 11 Die skare het geantwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!”

Die laaste Sondag voor Paasnaweek staan bekend as Palm Sondag. Omdat ons nie gister tydens ons erediens hierdie teks hanteer het nie, staan ons vandag by dit stil.

Maak asb erens vandag tyd om oor die volgende vrae na te dink:

  1. Wat beteken dit vir jou dat Jesus jou Koning is?
  2. Hoe is Jesus anders as die politieke leiers van Sy en van ons tyd?

Ek vra vandag spesifiek hierdie twee vrae, omdat dit die twee belangrikste temas in die teksgedeelte is.
Elke mens wat Jesus se aankoms in Jerusalem gesien en beleef het is gekonfronteer met ’n keuse: is ek positief, negatief of neutraal hieroor? In wie se Koninkryk glo ek en onderwerp ek myself aan, die koninkryk van die wêreld of die Koninkryk van God? Alle mense, binne en buite Jerusalem het hierdie besluit en innerlike stryd ervaar.

Jesus het nie Sy koninkryk kom vestig deur op die wêreld se manier te baklei nie, Hy het eerder as ’n dienskneg gesterf. Eer, aansien en oorwinning kom op ’n ander manier vir Jesus. Deur diensbaarheid, nederigheid en die dood word die Koninkryk van God gevestig. Dit is ’n paradoks; en nog meer, dit is een wat ons geroep word om te leef en te beliggaam.

Ons het vandag ook verskeie koninkryke wat met mekaar kragte meet. Verskeie mense, dinge en partye wil ons lojaliteit en inkoop hê, maar niks hiervan kan uiteindelik vir ons verlossing gee, ons versoen met God, en vir ons die lewe in oorvloed gee nie. Dit is so!
Daarom moet ons kies waar ons lojaliteit lê, en daarvolgens leef.

Kies jy vandag die pad van vrede, genade, diensbaarheid en nederigheid? Is jy bereid om hierdie Koning op die donkie al die pad te volg tot by die kruis?

He was not the king they expected. Not like the monarchs of old, who sat on their jewelled and ivory thrones, dispensing their justice and wisdom. Nor was he the great warrior-king some had wanted. He didn't raise an army and ride to battle at its head. He was riding on a donkey. And he was weeping - weeping for the dream that had to die, weeping for the sword that would pierce his supporters to the soul. Weeping for the kingdom that wasn't coming as well as the kingdom that was. N.T. Wright

Saterdag 27 Maart

Matteus 6:9-13

“en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

“Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (‭‭Luk ‭23:34)‬

Om oor te gesels
Ons het hierdie week by die moeilike tema van vergifnis stilgestaan. Dalk het jy hierdie week dinge ontdek wat jy moet hanteer en dit is swaar. Tog is dit nodig dat ons hierdie pad stap.
Jesus het ook hierdie pad gestap en sê vir Sy Vader gevra om Hom te help toe Hy aan die kruis hang. Selfs in Jesus se donkerste oomblikke kon Hy bid: “Vader, vergeef hulle…”
Nie alleen bid Jesus vir vergifnis nie. Hy bid ook vir die mense wat Hom tereg gestel het. Jesus stap die volle pad van vergifnis.

Ons kan nie nie iemand wil vergewe omdat daardie persoon iets aan my gedoen het, wat ek voel nie moontlik is om te vergewe nie. Ons drink dan die gif en kan heling nie plaas vind nie. Ons word aangemoedig om die pad van vergifnis en heling te stap.

  • Wat ervaar jy om te dink dat Jesus ook gebid het vir vergifnis?
  • Wat is die eerste tree wat jy kan gee om iemand te kan vergewe?

Gebed
Ons Vader, U genade en liefde is elke dag genoeg. U vergewe my elke dag. Mag ek ook die pad van vergifnis met die mense om my stap. Help my asseblief. Amen.

Vrydag 26 Maart

Matteus 6:9-13

“en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

Om oor te gesels:
Hoe lyk die pad van vergifnis? Wanneer ons kies om te vergewe, is daar ‘n proses. Dit begin met die keuse om te kies vir heling en om te vergewe. Ons erken dat iemand my te na gekom het en vergifnis nodig het. Ons vertel en praat daaroor met mense wat ons vertrou en erken dat ons baie seergemaak is. Om te vergewe beteken nie om te maak of niks gebeur het nie. Vergifnis beteken om die verhouding wat daar was te herdefinieer of te laat gaan, maar steeds die ander persoon altyd menswaardig te hanteer. Wanneer ons iemand vergewe hoef die verhouding nie te wees soos dit altyd was nie. Daar kan of diepte kom of ons kan dinge op ander maniere doen. Vergifnis vind nie plaas as dit eers is soos dit altyd was nie.
Hierdie pad kan niemand namens jou stap nie. Wanneer ons hierdie bede bid, vra ons die Here om ons te help. Dit is ’n aanhoudende proses.

  • Is daar iemand wie jy die proses van heling moet begin?
  • Vir wie kan jy vertel van dit wat jou seergemaak het?
  • Hoe kan jy die verhouding menswaardig herbeskryf.

”Vergifnis verander nie die verlede nie maar verruim die toekoms.” (Paul Briscoe)

Gebed
Hemelse Vader, ek weet dit is moontlik om te kan vergewe. Help my om die pad van heling te stap en so U Naam te eer. Amen.

Donderdag 25 Maart

Matteus 6:9-13

en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

Om oor te gesels:
Hierdie bede is vir ons moeilik omdat ons soms sukkel met onvergewensgesindheid. Ons wil nie vergewe nie. Ons sê baie keer dat ons sal vergewe, maar nie vergeet nie. Dit is egter soms die verskoning om nie die pad van vergifnis te stap nie.
Wanneer ons kies om nie te vergewe nie, is dit soos om gif te drink en te dink die ander persoon gaan iets van die gif oorkom.
Hierdie gif om nie te vergewe nie, maak ons siek en word later ’n spiraal van wraakgedagtes. Ons moet die keuse uitoefen om die pad van vergifnis te stap. Ons kan nie wag tot ons lus is om te vergewe nie, want dan gaan dit nie gebeur nie. Nadat ons die keuse om te vergewe gemaak het, kan die proses van heling begin. Dit is moeilik, maar noodsaaklik.
Jesus sê in die Bergrede wat die Onse Vader vooraf gaan: “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.” (Mat‬ ‭5:23-24‬)

  • Met wie moet jy die proses van vergifnis begin stap?
  • Vra die Here vir die moed om die pad te begin stap.

Gebed
Here, ek besef dat ek moet vergewe. Gee my asseblief die moed om dit te kan doen. U vergewe my en daarom wil ek ook vergewe, maar ek kan dit nie op my eie doen nie. Help my! Amen.

Woensdag 24 Maart

Matteus 6:9-13

“en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

“Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.” (Mat 18:21-22‬)

Om oor te gesels:
Wanneer ons hierdie bede bid, vra ons God om vergifnis, maar ook die moed om ander te vergewe. Ons sukkel om ander mense te vergewe. Ons wil dat God ons vergewe, maar wil nie altyd ander vergewe nie.
Ons dink dat iemand wat nie jammer is oor wat hy of sy teen ons gedoen het nie, nie vergewe kan word nie. Ons word ook moeg om nog ‘n keer te vergewe.
Die Jode van daardie tyd het gedink dat jy net drie keer hoef te vergewe en dan nie meer nie. Petrus vra vir Jesus in Matteus 18 of sewe keer genoeg sal wees. Dit is meer as dubbel so veel. Jesus sê egter dat ons altyd moet vergewe, sonder om te tel (sewentig maal sewe keer).
Jesus vertel ’n gelykenis oor vergifnis. Iemand wat vergifnis ontvang het, moet dit ook gaan deel deur vergifnis vir ander te gee. Lees gerus Mat 18:21-35. Ons word aangemoedig om te vergewe.

  • Waarvoor wil jy vandag by die Here om vergifnis vra?
  • Vind jy dit moeilik om te kan vergewe?
  • Wie lê die Here op jou hart om nog ’n kans te gee en selfs te vergewe?

Gebed
Hemelse Vader, dit is vir my moeilik om te vergewe. Help my om die vergifnis wat ek by U kry ook te kan deel met die mense om my.
Amen.

Dinsdag 23 Maart

Matteus 6:9-13

en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons ander mense vergeef wat nie reg teenoor ons optree nie.” (Mat ‭6:12‬ ‭DB‬‬)

Om oor te gesels:
Hierdie bede om vergifnis spreek ons verhouding met God en ander mense aan. Ons vra vergifnis wanneer ons verkeerd optree.
Jakobus 4:17 help ons: “_ As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde._”
Sonde is nie net ‘n lysie van dinge wat mens nie moet doen nie, maar dit wat ons verhoudings benadeel en beïnvloed.

Ons ervaar God se vergifnis wanneer ons erken dat ons Sy vergifnis nodig het omdat Hy die belangrikste in ons lewe is. Ons vind dit soms moeilik om te erken dat ons vergifnis nodig het, omdat ons dink dat wat ons doen nie so erg soos iemand anders is nie.
Wanneer ek erken ek het vergifnis nodig en vergifnis ervaar, kan ek met ander om my meer genade hê.

  • Dink jy dat jy vergifnis nodig het?
  • Glo jy dat God jou vergewe?
  • Met wie moet jy meer genade hê omdat God se vergifnis vir jou genoeg is?

Gebed
Here, dankie dat my altyd vergewe. Mag ek vandag U vergifnis opnuut ervaar. Mag ek meer genade met die mense om my hê. Amen.

Maandag 22 Maart

Matteus 6:9-13

en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

Om oor te gesels:
Hierdie week se fokus van die Onse Vader laat ons nadink oor vergifnis. Dit lê aan die hart van die evangelie. Ons ignoreer dit baie keer omdat ons dink dis onmoontlik om te kan vergewe. God is die Een wat eerste vergewe en wanneer ons hierdie bede bid vra ons die Vader om ons te vergewe.
Die vraag is wat God moet vergewe? Ons oortredings (sonde volgens Lukas 11:4), maar dis nie iets waaroor ons baie dink of praat nie. Tog is dit nodig dat ons voor God sal erken dat ons Sy vergifnis nodig het. Ons erken daarmee dat ons nie net vir onsself leef nie. Wanneer ons ons verhouding met God agterweë laat, moet ons dit erken en bely.
Ons moet dit daagliks bid, soos ons daagliks bid vir vandag se brood.

  • Waarvoor wil jy vandag om vergifnis kom vra?
  • Vertrou jy God genoeg dat Hy jou sal vergewe en dat jy jouself kan vergewe?

Gebed
Ons Vader, ek wil nie altyd erken ek het U vergifnis nodig nie, maar ek kom bely vandag… vergewe ons ons oortredinge. Mag ek vandag weet dat U vergifnis vir my genoeg is.
Amen

Saterdag 20 Maart

Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood

Matteus 7:7-11
"Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

  • Soms voel dit vir ons of God baie anders as mense moet optree.
  • Tog kom God in die Onse Vader en sê aan ons dat Hy soos enige goeie vader vir Sy kinders wil sorg.
  • En net soos in enige gesin kan ons daarop staatmaak dat ons vader uit liefde sal sorg.
  • Jy as pa, mag God jou voorbeeld wees van omgee en sorg vir jou gesin.
  • En ons as God se kinders, kom ons leef binne God se liefdevolle versorging.

Om oor te dink:

  • God sê ons mag vra wat ons nodig mag hê. Gee
  • God sê ons moet nie net aan onsself dink maar aan ander en ook die skepping as ons bid Ons
  • Hy sê ons moet gister agter los en nie top oor môre as ons bid nie Vandag
  • Hy sê ons moet bid vir God se aanhoudende sorg. Genoeg en herhalend. Daaglikse
  • En ons mag God se sorg verwag en afwag en daarvan leef. En ook vooruit kyk na die ewige lewe. Brood
  • Kom ons bid so.

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Amen

Vrydag 19 Maart

Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood

Johannes 6:35
Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie

  • God leer ons om te bid vir brood
  • Brood is 'n term wat gebruik word vir dit wat lewe moontlik maak.
  • Fisiese brood (kos) is dit wat ons krag gee om elke dag te kan leef.
  • God sê dat ons ons kos van Hom mag afbid. Hy wil daarin vir ons sorg.
  • Maar Hy wil dat ons uit hierdie krag van kos, Sy naam grootmaak.
  • Om te bid vir brood bring dus waardering vir God se sorg.
  • Dit vra ook verantwoordelike omgang met sy kos(sorg).
  • As ons weet dit kom van God dan het ons respek en waardering daarvoor.
  • God wil egter vir ons meer as net kos gee sodat ons elke dag kan leef, Hy wil ook die ewige lewe gee.
  • Daarom as ons bid vir brood, bid ons ook vir die gawe van ewig leef.
  • Christus sê Hy is die ewige brood.
  • Ons brood bede is dus ook ‘n bede dat Christus in my sal kom woon deur die Heilige Gees.

Om oor te dink:

  • God wil ons in staat stel deur kos om elke dag vir Hom te leef.
  • Hy wil ook vir ons die ewige lewe gee.
  • Om God so in ons lewe te beleef is 'n voorreg!

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Dankie Heer vir die kos wat U gee wat ons in staat stel om te leef.
Help my Heer om dankbaar te wees vir U krag en sorg.
Skenk ook vir my die sekerheid van die ewige lewe Heer, en dankie dat U dit vir my moontlik maak.
Amen

Donderdag 18 Maart

Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Klaagliedere 3:21-23
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.

  • Gister het ons geleer dat God wil dat ons in die oomblik bid/leef.
  • As ons bid dat God vandag sal voorsien sê dit dat ons nie oor gister moet top of oor môre moet kommer.
  • As ons nou kyk na die gedagte van ons Daaglikse brood sê dit iets van God se manier van sorg.
  • Hy is in beheer van die heelal en hoef dus nie vir die onvoorsiene te beplan nie.
  • Hy kan ons elke dag nuut bederf met nuwe genade.
  • Sy genade is elke oggend nuut.
  • Daagliks vars opreg en genoeg
  • En ons kan met sekerheid weet dat Hy ons elke dag sal versorg.
  • Soms voel Sy sorg dalk te min maar as ons terugkyk dan was dit telkens genoeg.
  • Om God se daaglikse sorg te beleef is soos om met jou hand in jou Vader s’n te loop elke dag. Jy kan weet Hy beskerm en hou jou vas.

Om oor te dink:

  • God se genade en sorg is altyd daar vir ons.
  • Dit word nooit opgebruik nie en is elke môre weer nuut en in oorvloed.
  • God sê ons moet bid vir hierdie daaglikse sorg.
  • Om God so in ons lewe te beleef is 'n voorreg!

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Dankie Heer vir die oorvloed van genade wat U vir my belowe.
Help my Heer om daagliks U genade te ervaar en steeds raak te sien.
Amen

Woensdag 17 Maart

Matteus 6:11

11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.
Eksodus 16: 17-19
Die Israeliete het dit toe die Manna (brood) gaan optel, die een baie en die ander 'n bietjie, en toe hulle dit met 'n maatemmer afmeet, het dié met baie nie te veel nie, en dié met 'n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak. Moses het toe vir hulle gesê: “Niemand mag iets daarvan laat oorskiet tot môreoggend nie.”

Ons kyk steeds na hierdie bede van die Onse Vader

-God gee ons die voorreg om te bid. Hy leer ons ook dat ons nie net vir onsself moet bid maar vir ander en ook vir Sy skepping.

  • Vandag leer Hy ons om in die oomblik te bid/leef.
  • As ons bid vir vandag se brood dan sê dit iets van ons geloof.
  • Om vandag met God se voorsienigheid te leef vra dat ons nie oor gister moet top of oor môre moet kommer.
  • Dit vra ‘n oorgawe om vir nou op God te vertrou… net vir nou!
  • Die Israeliete in die woestyn het dit geleer met die Kwartels en Manna wat ook net vir elke dag gegeld het.
  • Ons kan baie maal ons swak ervarings van gister of ons vrese vir môre in die pad laat staan van om nou 'n verhouding met God te hê.
  • Geloof vra dat ek in die hier en nou vir die hier en nou op God sal vertrou.
  • Carpe Diem beteken "gryp die dag"
  • God wil ons leer om elke dag op Sy tyd te gryp en te leef.
  • In so 'n vertroue op God word ons geloof daagliks versterk.

Om oor te dink:

  • God leer jou om te bid vir vandag se sorg.
  • Vertrou jy God in die oomblik? Of moet Sy voorsienigheid op jou spensrak in "Canned fruit bottles" opgepot staan en wag vir jou vir waneer jy dink jy dit nodig mag hê?
  • God se genade is genoeg…
  • Hy gee ons die voorreg van gebed. Kom ons bid vir vandag…

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Voorsien asseblief daagliks volgens U wil o Heer
Leer ons om te vertrou in U sorg o Heer
Amen

Dinsdag 16 Maart

Matteus 6:11

11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Ons kyk die week na hierdie bede van die Onse Vader

  • Gister het ons gekyk daarna dat God ons die gawe gee om te mag vra
  • Gee is die eerste begrip van hierdie bede.
  • Die begrip waarna ons vandag wil kyk is die begrip ons.
  • Gebed raak baie maal 'n persoonlike vrae sessie vir eie behoeftes.
  • Ons mag vir ons eie behoeftes bid, maar moet raaksien dat die bede ons herbevestig dat my gebed ook met ander mense en dinge te doen het. Daarom dat die bede sê… Gee ons
  • As ons bid moet ons ook my medemens en die skepping in gedagte hê.
  • Gebed is 'n geleentheid waar ek die gawes wat ek ontvang ook deel met ander en God se skepping.
  • Want God het my so lief gehad en roep my op om hierdie liefde te deel.
  • Ons bede om brood is 'n voorreg en ek moet dit met elkeen van God se skepping deel.

Om oor te dink:

  • God gun jou die voorreg om te bid vir jou daaglikse brood.
  • Benut jy hierdie voorreg?
  • Bid jy hiervoor vir jouself of ook vir ander en God se skepping?
  • God wil dat ons Sy genade deel waar ons leef.
  • Hy gee ons die voorreg van gebed. Kom ons bid vir mekaar..

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Sorg asseblief Heer vir elkeen en alles wat in nood verkeer…mens en dier en ook die natuur.
Maak ons danbaar en mededeelsaam met dit wat U voorsien o Heer
Amen

Maandag 15 Maart

Matteus 6:11

11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Ons gaan die week kyk na hierdie bede van die Onse Vader?

  • God gee ons die voorreg van gebed.
  • Hy wil ons egter leer hoe om effektief te kommunikeer (bid)
  • In kommunikasie is dit dikwels nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê en wat jy bedoel wat die gesprek waarde gee.
  • Die ligtelike voorbeeld geld van die vrou wat aan haar berader sê dat sy nie belangstel daarin dat haar man sê hy sal haar help met die huistake en dit doen nie…. Nee, sy wil hê hy moet dit WIL doen.
  • God gee ons die opdrag om te vra vir ons daaglikse brood. Ons mag/moet dit doen.
  • Maar hoe doen ons dit?
    *Eiegeregtig *Voorskriftelik
    *Arrogant asof dit ons reg is?
  • Ons bede om brood is 'n voorreg en moet in 'n gesindheid van dankbare afhanklikheid gebid word.
  • God wil dit vir ons gee, maar nooit word dit my reg nie.

Om oor te dink:

  • God gee jou die voorreg om te vra vir jou daaglikse brood?
  • Benut jy hierdie voorreg?
  • Bid jy hiervoor of is dit iets wat jy dink God in elke geval sal voorsien?
  • God wil dat ons in gebed ons afhanklikheid aan Hom erken?
  • Hy gee ons die voorreg om daarvoor te vra..

Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood?
Dankie Heer vir die voorreg om dit van U te mag afbid
Maak ons tevrede met dit wat U voorsien o Heer
Amen

Saterdag 13 Maart

Matteus 6:9-13

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Kan jy glo dat ons die hele week kon besig bly met net een vers van die Onse Vader? Kom ons neem ’n oomblik en dink weer na oor alles wat ons geleer het:

  • God se koninkryk moet kom ten einde Sy doel met die mensdom en die geskiedenis te bereik. (Maandag)
  • God is ’n koning wat heeltemal anders is as enige aardse koning, in Sy koninkryk floreer almal. (Dinsdag)
  • Ons eie wil en ons gehoorsaamheid aan God speel ’n baie belangrike rol in die koms van Sy koninkryk, al dan nie. (Woensdag)
  • Die wil van God verander ons perspektief op alles in ons lewens. (Donderdag)
  • Die Onse Vader verander hoe en waarvoor ons bid. (Vrydag)

Laastens, gaan ons vandag leer hoe hierdie een sin ons daaglikse lewens verander. Dit is ’n sin in die gebed wat baie praktiese implikasies het, selfs in al die klein goed wat ons elke dag doen.

Waarom so ’n radikale stelling? Want hierdie gebed kommunikeer ’n lojaliteit en ’n getrouheid aan ’n ander koning en ’n ander koninkryk! Jou hele lewe is dan onderdanig aan hierdie koning. Dit beteken dat ons ons lewens sal prioritiseer volgens die reels en etos van hierdie koninkryk.

Kort na die Onse vader stel Jesus die mense wat na Hom luister gerus deur hulle te verseker dat hulle Vader weet wat hulle nodig het, en ook die belofte dat Hy dit vir hulle sal gee. Daarom dan, siende dat ons ons nie daaroor hoef te bekommer nie, kan ons eerste prioriteit die koninkryk wees. Daarom sê Jesus in Matt 6:33: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

Hierdie gebed is ’n gebed van nederigheid. Deur ons sin vir die week te bid erken ons dat ons begeertes en ons daaglikse doen en late nie altyd die koninkryk eerste stel nie. Inteendeel, ons leef dikwels asof ons die konings van ons eie klein koninkryke is, en daarom het ons hierdie daaglikse oorgawe aan en fokus op die regte koninkryk baie nodig.

Om oor te dink:

  • Wat het jy hierdie week geleer oor God?
  • Wat het jy hierdie week geleer oor jouself?
  • Wat het jy hierdie week geleer oor ons verlossing in Jesus?
  • Wat het jy hierdie week geleer oor jou eie gehoorsaamheid aan God?

”The church exists primarily for two closely correlated purposes: to worship God and to work for his kingdom in the world.” N.T. Wright

Vrydag 12 Maart

Matteus 6:9-13

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Die Onse Vader verander ons gebedslewe.

Dit leer ons hoe om te bid; nie net vir alles wat in die toekoms vir ons wag nie, maar ook vir die hier en nou. Hierdie gebed kan as’t ware beskou word as ’n visie vir die toekoms, sowel as ’n gewilligheid van ons af om onsself te onderwerp aan die koninkryk van God terwyl ons hier op aarde leef.

Terwyl jy bid dat die koninkryk in sy volheid realiseer, breek die koninkryk vandag deur in jou wêreld; in jou gemeenskap, in jou familie, in jou kerk, in jou hart. Dit is ’n gebed wat maak dat die kerk ’n venster na die koninkryk word; ’n plek waar die waardes en etiek van die koninkryk ten toon gestel kan word, ’n familie wat bestaan uit ambassadeurs vir Jesus self!

Elke keer wat ons hierdie gebed bid, en spesifiek hierdie sin/vers van die gebed bestaan die moontlikheid dat iets ten goede in ons lewens gaan verander. Ons sal anders praat met mense, ons sal anders die kar bestuur, ons sal anders reageer op kritiek, ons sal ons bydrae tot ons gesin in ’n ander lig sien, ons sal verander word deur die werk van die Heilige Gees in ons. Ons sal lewende voorbeelde van die goeie nuus word.

Om oor te dink:

  • As iemand vanoggend jou lewe in oënskou neem, tot watter mate sal dit ’n venster vir die koninkryk wees?
  • Waar in jou lewe het jy verandering nodig, verandering wat ten goede sal wees vir jou en ander?
  • Met wie kan jy vandag hierdie twee antwoorde deel wat saam met jou hiervoor kan bid?

“This is a grand mark of a Christian, not merely a life of morality, a life of integrity, a life of holiness, but a life of all these in connection with Christ.” C.H. Spurgeon

Donderdag 11 Maart

Matteus 6:9-13

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Wat is God se wil vir mense; vir ouers, vir jou kollegas, vir ons land se regeerders, vir huweliksmaats, vir moedeloses, vir mense wat Hom nie ken nie, vir jou?

  • Waarmee is God besig?
  • Wat doen Hy vandag, hier en nou, in ons wêreld?
  • Wat wil God vandag in en deur jou bereik?

Dink vir ’n oomblik hieroor, en lees dan verder…

Al hierdie vrae is relevant wanneer ons bid vir God se wil om te geskied.
Waarom? Want God is vandag aktief besig om hierdie stukkende wêreld waarin ons leef nuut te maak deur die mense wat dit bewoon.

Ons weet dat hierdie wêreld stukkend is. Ons sien die gevolge van sonde in die wêreld, ons voel die gevolge daarvan aan ons eie lywe, ons eie sonde maak ander mense seer en stukkend.

So wat nou gemaak? Sal ons dit net so aanvaar en vandag elkeen ons neuse in ons eie besigheid hou, of sal ons ons perspektief verander en vir God vra om dit alles om te draai, te verander, nuut te maak en weer Sy wil te laat geskied?

Dit is presies hoekom Jesus wil hê dat ons hierdie sin moet bid, elke keer wanneer ons bid. Sodat ons ’n perspektief sal hê wat maak dat ons die wêreld anders sien, ons eie handelinge in die wêreld anders sien, en sodat ons kan deel raak van wat Hy in die wêreld doen.
Deur die lysie van mense wat ek aan die begin van die stukkie genoem het is God vandag besig om te handel. Deur hierdie lysie van mense wil Hy vandag Sy doel met die wêreld en die mensdom bereik.

Wat sal dit kan keer? Die wil van al hierdie mense om anders te doen as wat God wil. Daarom bid ons dit nie net vir ons nie, maar vir alle mense, herhaaldelik. Ons smag na ’n beter wêreld, ons smag na die koms van God se koninkryk. Ons smag daarna dat God se wil op aarde sal geskied.

“If we find ourselves with a desire that nothing in this world can satisfy, the most probable explanation is that we were made for another world.” C.S. Lewis

Woensdag 10 Maart

Matteus 6:9-13

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Is ons betrokke in die koms van God se koninkryk hier op aarde?
Is dit iets wat ons kan laat gebeur?
Is dit iets wat net God kan doen?
Wat is ons rol hierin?

Ons is betrokke in die koms van God se koninkryk hier op aarde deur ons gehoorsaamheid aan Hom. Wanneer ons wil wat Hy wil dan tree ons op onder Sy gesag, volgens Sy opdragte en raak Sy heerskappy en sy koninkryk sigbaar vir alle mense. Sy koninkryk word ’n realiteit, hier en nou.

So hoe doen ons dit? Ek dink die beste en die eenvoudigste manier om dit te beskryf is om te sê dat God se doen en late ons doen en late word. Dat daar tussen die handelinge van God en die handelinge van die mens (ek en jy) ’n gelykvormigheid kom. Dat ek en jy met ’n gefokusde en onverdeelde hart net eén ding wil, en dit is God se wil.

Regdeur die geskiedenis, soos dit duidelik is deur die evangelie, is God se doen en late gefokus op verhoudings: tussen Hom en die mens, en ook tussen mense.
Vergifnis, versoening, vrygewigheid, genade, toewyding, hulp, bystand, teenwoordigheid, liefde, opoffering, sorg en konsekwentheid is alles woorde wat God se doen en late beskryf. Dit is Sy wil.

Is dit vandag jou wil? Is jou hart vandag gefokus op hierdie goed, onverdeeld en uitverkoop?

Om oor te dink:

  • Wat wïl jy graag vandag doen?
  • Tot watter mate is jou wil vir die dag en God se wil vir die dag gelykvormig aan mekaar?
  • Kan jy vandag binne enige verhouding/s doen soos God dit wil hê? (Kyk weer na die lys van woorde hierbo)

“If a man in truth wills the Good then he must be willing to suffer all for the Good.”
Søren Kierkegaard, Purity of Heart is to Will One Thing

Dinsdag 9 Maart

Matteus 6:9-13

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Deuteronomium 17:14-20 beskryf die werk, wese en karakter van ’n aardse koning, nog voordat God se mense hulle eerste amptelike koning ingehuldig het.
’n Koning wat voldoen aan hierdie voorskrifte is een wat regeer met reg en geregtigheid.

Hierdie twee woorde is baie belangrike woorde in die Bybel. Dit dui daarop dat alle mense het wat hulle nodig het, dat niemand kort kom nie, en dat alle mense in regte verhouding met mekaar staan. Waarom is dit so belangrik dat ’n koning se heerskappy dit sal bewerk of tot gevolg sal hê? Want dit is wat elke samelewing na smag, dit sal alle verdeeldheid en haat in ’n samelewing of ’n volk aan bande lê. Dit sal ’n samelewing laat floreer.

Deur die evangelie begin die heerskappy van God sigbaar word in die wêreld. Deur die werk van Jesus begin mense met hulle eie oë sien en met hulle lywe voel hoe dit is om nie meer kort te kom, of in vyandigheid met mekaar en God te leef nie. Dit is goeie nuus! Dit verander lewens. Mense kan nie stilbly daaroor nie, hulle moet daaroor getuig, en deur hulle getuienis begin ander ook hierin glo.

Daarom leer Jesus Sy volgelinge om te bid “laat U koninkryk kom”. Jesus het reg en regverdigheid kom vestig en kom wys, die dissipels gaan later deel raak van hierdie werk, en uituiteindelik gaan almal op aarde dit in sy volheid sien en beleef. Daarom moet ons bly bid dat dit moet kom! Dit is steeds aan die kom, dit is nog nie volledig hier nie, ons is steeds besig met die werk wat Jesus begin het.

Om oor te dink:

  • Hoe sal ’n wêreld vol reg en geregtigheid lyk?
  • Hoe lyk ’n lewe wat geken word aan reg en geregtigheid?
  • Ken jy iemand wat nood het wat jy kan verlig sodat hulle “niks meer kort kom nie”?
  • Is daar ’n verhouding waarin jy staan waarin daar verdeeldheid is, en waarin versoening en geregtigheid nodig is?

“God’s kingdom” in the preaching of Jesus refers not to postmortem destiny, not to our escape from this world into another one, but to God’s sovereign rule coming “on earth as it is in heaven.” N.T. Wright

Maandag 8 Maart

Matteus 6:9-13

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Waarom moet God se koninkryk kom? Waarom het God se mense in Jesus se tyd verwag dat God se koninkryk moet kom? Wel, omdat regeerders en konings deur die eeue met voete van klei regeer het. Dit is vandag nog so.

Deuteronomium 17:14-20 beskryf die werk, wese en karakter van ’n aardse koning, nog voordat God se mense hulle eerste amptelike koning ingehuldig het.
Hoewel God se mense en elke koning wat in die geskiedenis van die Bybel regeer het geweet het wat Hy van ’n koning verwag, was daar eenvoudig net nie so koning nie.
Mag, rykdom, politiek, trots, selfsug en status het elke koning in die Bybel gepotjie. Selfs toe iemand uit God se volk nie meer Sy mense regeer het nie en die Griekse en die Romeinse ryke gevestig is, het hulle regeerders presies dieselfde gedoen, trouens, die onderdrukking en magspel was selfs erger vir God se mense.

Was dit God se doel met die geskiedenis? Beslis nie. Die profete van die Ou Testament en die Apostels in die Nuwe Testament sien ’n toekoms waarin God self regeer, op ’n totaal ander manier as enige aardse koning.
Onder God se heerskappy floreer mense, is daar genoeg vir almal, leef almal in vrede met mekaar en met Hom, en is die mens weer naby aan sy Skepper.

Met die koms van Jesus het hierdie koninkryk begin deurbreek, gaan lees gerus weer Matteus 3:2, 4:17 en 23. Dis goeie nuus! Daarom leer Jesus ons om hierdie sin te bid!

Om oor te dink:

  • Wanneer jy bid, is die koninkryk van God in jou gedagtes?
  • Wanneer jy bid, plaas jy werklik jou vertroue in ’n almagtige God wat anders is as aardse regeerders, of sukkel jy om dit van Hom te glo?
  • Wat het jy vandag van God nodig? Sal jy Hom daarvoor vra?

“God's Kingdom is "present in its beginnings, but still future in its fullness. In this stage, we embrace the reality that while we're not yet what we will be, we're also no longer what we used to be.” Tim Keller

Saterdag 6 Maart

Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)

Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.” (Heb‬ ‭12:14‬)

Om oor te gesels:
Hierdie week se fokus van die Onse Vader het ons laat nadink en bid oor God se heiligheid. Nie alleen is Hy heilig om aanbid te word nie. Sy Naam is bo alle name en wanneer ons Hom aanspreek op een van Sy name, verklaar ons Wie Hy werlik is.

As volgelinge van Jesus heilig ons ook Sy naam wanneer ons heilig lewe. Hebreërs 12 herinner ons dat wanneer ons heilig lewe en daarmee saam in vrede met alle mense leef, is ons besig om vir almal om ons die Here te wys. Ons help die bede waar maak as ons heilig lewe, want dan word God se Naam geheilig.

  • Wat het jy hierdie week van God se heiligheid geleer?
  • Wat kan jy doen sodat mense om jou die Here sal sien?

Gebed
Hemelse Vader, Vredevors en Verlosser, laat U Naam vandag geheilig word. Mag ek deur woord en daad U Naam heilig, sodat ek en ander U kan sien. Amen.

Vrydag 5 Maart

Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)

Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”” (1 Pet‬ ‭1:15-16‬)

Om oor te gesels:
God se heiligheid nooi ons om soos die Vader ook heilig te leef. Wanneer ons God se Naam op ons lippe neem, kyk die wêreld hoe ons leef. Daarom die aanmoediging dat ons daad by die woord sal voeg en heilig lewe.

Dit vra nie dat ons volmaak moet wees nie, maar ons is afgesonder (geheilig) vir God. Daarom wys ons lewe uit dankbaarheid dat ons Sy Naam eer. God is die Een wat dit moontlik maak dat ons heilig kan lewe, omdat ons reeds Sy kinders is.

  • Wys my lewe dat ek ‘n heilige God aanbid?
  • Wat kan ek doen om God se liefde en heiligheid te reflekteer?
  • Gebruik van God se name wat ons in die Bybel kry om Hom te aanbid.

Gebed
Heilige Here, ek aanbid U vir Wie U is. U is die Skepper en Onderhouer. U is my Verlosser en my Trooster. Mag ek vandag heilig lewe om daardeur U Naam te heilig. Amen.

Donderdag 4 Maart

Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)

Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;” ‭‭(Joh‬ ‭11:25‬)

Om oor te gesels:
Wanneer ons bid, raak ons bewus met Wie ons praat. Ons sonder ons af om met God tyd te spandeer. Een van die betekenisse van die woord “heilig” is om afgesonder te wees. Daarom sonder ons onself af om God se Naam spesiaal te gebruik. God se Naam kan nie onnadenkend oor ons lippe gaan nie. Wanneer ons Sy Naam heilig, bid ons dit bewustelik.

Jesus stel Homself in die Johannes evangelie bekend, as Hy “Ek is…” uitsprake gebruik, soos toe God aan Moses verskyn het.

  • Ek is die brood wat lewe gee (Joh 6:35)
  • Ek is die goeie herder (Joh 10:11)
  • Ek is die opstanding en die lewe (Joh 11:25)
  • Ek is die weg en die waarheid en die lewe (Joh 14:6)
  • Ek is die ware wingerdstok (Joh 15:1)

Sê vir die Here dankie dat ons Hom op hierdie manier beter kan leer ken vir Wie Hy is.

Gebed
Ons Vader, U wat die opstanding en die lewe is, U wat die weg, waarheid en lewe is. Ons aanbid U vir Wie U is. Mag ek vandag U Naam heilig. Amen.

Woensdag 3 Maart

Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)

Om oor te gesels:
Wanneer ons bid dat God se Naam geheilig word, besef ons ook Wie ons aanbid. God se naam is soveel meer as wat ons besef. In die Bybelse tyd het name baie meer betekenis gedra. Daarom word God op verskeie maniere aangespreek. As Moses vir God vra wie Hy is, dan antwoord God hom met “Ek is wat Ek is” (Eks 3:14).

Die Ou Testament (uit Hebreeus) is ryk aan name van God wat Sy karakter beskryf. Om net ’n paar te noem:

  • El Roi - God wat sien (Gen 16:13)
  • El Olam - Ewige God (Gen 21:33)
  • Jehova Jireh - God wat voorsien (Gen 22:14)
  • Jehova Shalom - God gee rus (Rigt 6:24)

Die manier wat ons oor God se Naam dink, beïnvloed hoe ons bid. Blaai deur jou Bybel en gebruik ander name van God as jy bid. Hy is die Skepper, Herder, Heilige, Ewige Vader.

Gebed
Hemelse Vader, leer my bid. Dankie dat ek U kan leer ken vir Wie U is. U Naam is soveel meer as wat ek kan dink. Mag ek vandag U Naam heilig en meer van U ontdek en beleef. Amen.

Dinsdag 2 Maart

Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)

Om oor te gesels:
Een van die maniere om God se Naam te heilig is om Hom in aanbidding aan te roep. God is juis naby aan ons en dit laat ons in verwondering voor Hom buig. Ons gebruik Sy Naam nie sonder rede of onnadenkend nie. Wanneer ons bid en vra dat Sy Naam geheilig word, vra ons dat ons besef met Wie ons te doen het. God is heilig, maar Hy is ook by ons.

Net soos wat Jesaja in verwondering was oor God se teenwoordigheid, vertel Johannes vir ons in Openbaring 4 van sy ervaring van die hemel. Jesus sit op die troon en Sy voorkoms is soos edelstene wat hom herinner aan God se grootheid (opaal) en getrouheid (smarag). Die 24 ouderlinge en 4 lewende wesens aanbid Hom:
”Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Opb. 4:8)

Johannes het God se heiligheid in die hemel ervaar en weet dat God in beheer is. Hy is waardig om aanbid te word. Ons kan dit ook bid in verwondering. Here, mag ons U heiligheid vandag ervaar.

  • Wat beteken dit vir jou dat die Heilige God vir jou lief is?
  • Raak vandag vir ’n oomblik stil en sê vir die Here waaroor jy in verwondering is.
  • As dit swaar gaan en jy nie voel jy kan in verwondering wees nie, vra die Here om jou te help om Hom raak te sien.

Gebed
Here, ek voel soms oorweldig deur U teenwoordigheid. Ander kere neem ek U as vanselfsprekend aan. Mag ek in verwondering weet dat U, as die Heilige God, vir my lief is. Mag ek vandag U raak sien. Amen.

Maandag 1 Maart

Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)

Om oor te gesels:
Jesaja vertel in Jesaja 6 dat hy die Here gesien het en terwyl God op Sy troon was, het engele (serafs) heeltyd uitgeroep:
Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige!
Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.
Dit was vir hom so oorweldigend dat hy gevoel het dat hy nie voor God kan verskyn nie, maar dan word hy aangeraak en hoor hy dat sy oortredinge vergewe en sy sonde versoen is. Die Here roep Jesaja en stuur hom om Sy boodskap te gaan verkondig. Jesaja se lewe verander in die heilige teenwoordigheid van God.

Ons is ook partykeer bang om na God te gaan omdat ons bang is vir Sy heiligheid. Maar God se heiligheid bring ons juis nader aan Hom. Hy vergewe ons en staan in spesiale verhouding met ons.

Wanneer ons die Onse Vader bid, dat God se Naam geheilig moet word, vra ons dat ons God se heiligheid en nabyheid in ons alledaagse lewe sal ervaar.

Die Message vertaal Matteus 6:9 so: “Reveal who you are!” Dit vra dat God hom aan ons sal openbaar en dat ons meer van Sy se heiligheid sal ervaar en dat ons Hom sal leer ken as die Goeie Vader.

  • Wat ervaar jy as jy aan God se heiligheid dink?
  • Weet dat God se heiligheid jou eerder nader wil trek as wegstoot.

Gebed
Here, ek kom bid vandag en vra dat U Naam in my lewe geheilig sal word. Mag ek iets van U heiligheid ervaar en verstaan. Mag U hemelse heiligheid hier op aarde sigbaar word. Amen.

Saterdag 27 Februarie

Matteus 6:9-13

““So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.”

Om oor te gesels:
Ons dink nie baie aan “ons” nie. Die wêreld sê “myne, ek, niemand anders, alleen.” Nou nooi Jesus ons uit om te bid: Ons Vader. Hy maak ons deel van Hom, sodat ons nie alleen hoef te voel of wees nie. Veral wanneer ons nie soos ‘n “ons” voel nie, vind ons troos in hierdie “ons.” Omdat God “ons Vader” is, sorg Hy vir ons en moet ons, ons “ons” groter maak. Wie lê die Here op jou hart om deel van jou “ons” te maak?

Hoe het hierdie week se bid van die “Onse Vader” jou verander?
Ons bid baie keer om God te laat verander of dat God iets moet doen. Ons bly onwillig om iets te doen of te verander. Wat beteken dit dat ons verander wanneer ons bid en nie God nie?

Wanneer jy nou bid, vra God om jou te verander.

Gebed
Here, ek sukkel so om te bid. Ek dink so baie net aan myself en nie aan ander nie. Help my om ander meer in te sluit omdat U “ons” almal se Vader is.
Mag ek verander en meer soos U word.
Dankie dat U ons Vader is en bly.
Amen.

Vrydag, 26 Februarie

Here, leer ons bid
Psalm 145 (klem op vers 10-12)
Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. 9Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. 10Almal wat deur U geskep is, loof U, Here, en u troue dienaars prys U! 11Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag. 12Die mense moet weet van sy krag, van sy koninklike mag en majesteit. 13U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen.

Om oor te gesels:

  • Hoe dink jy oor die Here se heerskappy? Hoe lyk God se mag en krag? Waartoe is God werklik in staat, volgens jou?
  • Wanneer jy bid, bid jy vir dinge wat jou bang maak en te “groot” voel vir jou? Of bid jy net vir goed wat jy self tot stand kan bring? Wat is die grootste ding in jou lewe waarvoor jy God tans vertrou?
  • Hoe laat dit jou voel om ten volle afhanklik van die Here te wees, om te vertrou hoe Hy sorg en heers? Vertrou jy werklik sy Heerskappy?

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=gUH_NzfRmbs

Gebed:
Here, ek dank U dat U waarheid in die atmosfeer van aanbidding woon. Sterkte en heerlikheid is in U heiligdom. Ek aanbid U in die prag van U heiligheid. Ek loof U omdat U magtig, kragtig, liefdevol, vriendelik is, (deel jou belewenis van God). Ek dank U dat U sal deurbreek in die droë, harde dele van my lewe (Esegiël 37: 1-10). Help my om op te staan as aanbiddende bruid.

Help my om diep in my hart te weet dat U deurbreek in my gebede. Gee my 'n visie van wie U is in al u prag en majesteit (Eksodus 15: 6-7). Ek wil U deur die dag aanbid en op 'n groter manier sien (Psalm 63: 2-4). Deurdring my lewe met U glorie en majesteit. Leer my om my gedagtes van U, in lyn te bring met U grootheid. En gee my 'n nuwe manier om na die lewe te kyk. Ek kies om U teenwoordigheid die sentrale fokus van my lewe te maak. Ek weet dat U waarheid in 'n atmosfeer van aanbidding woon. U is majestueus in heiligheid, ontsagwekkend van heerlikheid en wonders (Eksodus 15:11, 13). Ek dank U dat U my in daaglikse oorwinning lei.
Amen

Donderdag, 25 Februarie

Matteus 7:1-5 1“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
3“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?* 4Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? 5Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Om oor te gesels:

  • Watter sondes en tekortkominge in ander pla jou die meeste? Waarom dink jy so?
  • Wanneer ons bid, “ons” Vader, beteken dit dat ons saam met ander geassosieer word. Ander se tekortkominge staan vir my uit omdat ek ook met daardie tekortkominge gekonfronteer word en soms sukkel. Ons is soms blind vir ons eie tekortkominge maar word gefrustreer daarmee in ander. As jy dink oor dit wat jou baie pla in ander, wat leer jy oor jouself?
  • Wanneer jy vir ander se tekortkominge en versoeking bid, moet jy ook vra “hoe is hierdie waar van my?” As jy bewus is van jou eie worsteling met die tekortkoming of versoeking, kan jy meer genade met ander hê? Waarom of waarom nie?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=iE4YYHr2SF8

Gebed:
Vader God, Ek kom sit by U voete en ek wil stil word. Help my om my asemhaling rustig te maak. Help my om my gedagtes stil te maak. Help my om my ore oop te maak. Help my om my hart op U te rig.
Vader God, ek bring my huidige gedagtes, emosies, vrese en drome vir U. My hart, kop en lewe is tans gevul met die volgende. (Deel met die Here wat NOU in jou hart, gedagtes en lewe aan die gang is).
Vader God, ek weet dat ek soms wil glo ek is beter as ander, dat ek wil glo ek het minder tekortkominge en versoekings as ander, dat ek U beter volg as ander, dat ek nie so ver verwyder is van U soos ander nie. Vader God, help my om die waarheid te sien. Help my om nie die leuens te glo wat ek myself wys maak nie.
Vader God, help my om meer en meer te ontdek wat dit beteken om saam met ander U te soek en U te volg. Vader God help my om te ontdek hoe ek net soos ander skuldig voor U staan. Help my om te verstaan hoe ek soos ander U net so nodig het. Vader God vergewe my my tekortkominge en verwyder my versoekings. En Vader God, wanneer ek val, help my om genade te hê met myself. Vader God, help my ook om ander te vergewe, genade te gee en van voor af die verhouding weer te herstel.
Amen

Woensdag, 24 Februarie

Here, leer ons bid

Johannes 17:20-23 Die Boodskap
20“Ek bid nie net vir hierdie volgelinge van My nie. Ek stuur hulle mos om met mense oor My te gaan praat. Van daardie mense sal my volgelinge se boodskap aanvaar en hulle aan my kant kom skaar. 21Vir hulle bid Ek ook! Vader, gee dat hulle in lojaliteit teenoor mekaar soos een man sal saamstaan. Vader, U weet hoe heg en intiem ons verhouding met Mekaar is. Ons belange, denke en dade is totaal een. Gee asseblief dat hulle verhouding onder mekaar en veral met Ons net so heg en intiem sal wees. As die mense in hierdie wêreld sien hoe die gelowiges saamstaan en saamwerk, sal hulle oë daarvoor begin oopgaan dat U My na hulle toe gestuur het. 22Ek sal vir hierdie volgelinge van My dieselfde status gee as wat U vir My gegee het. Dit sal hulle in ’n span saamsnoer net soos Ons in ’n span saamwerk. My verhouding met hulle sal My op ’n baie hegte manier deel maak van die eenheid wat onder hulle bestaan. 23Ek sal so lojaal teenoor hulle wees as wat U teenoor My is. Dit alles beteken dat hulle foutloos, ja, volmaak, in hierdie eenheid saamgesnoer sal wees. Gevolglik sal die mense besef dat U My gestuur het. Hulle sal sien dat U my volgelinge net so liefhet soos U My liefhet.

Om oor te gesels:

  • Is jy werklik deel, betrokke, aktief en eensgesind met ander gelowiges of jou geloofsfamilie? Watter bewyse is daar daarvoor in jou lewe?
  • Waarom dink jy sou dit nodig wees om saam met ander gelowiges te wandel in geloof?
  • As ons nie eers dit regkry om saam met ander gelowiges lewe te deel, geloof uit te leef of groei as volgelinge van Jesus nie, hoe sal ons vir die wêreld kan getuig van ‘n lewe anders as dié van die wêreld?
  • Waarmee het jy hulp nodig? Deel jou hart met die Here, as dit kom by deel wees van ‘n geloofsfamilie of groep van gelowiges.

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=2Nrwy-IRr40

Gebed:
Liewe God, ons vra dat U ons moet vul met u Gees van liefde en eenheid onder gelowiges regoor hierdie wêreld.
Ons vra u hulp om ons verskille ter syde te stel en na die groter saak, die saak van Christus, te kyk. Ons vra dat U ons sal help om werklik 'n lewe van liefde te lei. Ons weet dat dit slegs moontlik is deur die krag van u Gees, daarom bid ons dat u Gees op nuwe maniere oor ons wêreld sal beweeg. Draai U mense terug na U toe. Trek ander om U te leer ken. Dankie dat U altyd by ons is om ons 'n groot doel en hoop te gee.
Ons bid vir ons gesinne, vir elke verhouding wat die dierbaarste vir ons is, dat U ons tyd en ons lewens saam sal bewaar. Ons vra U vermoë om seer vinnig te vergewe, om 'n hernieude hart van medelye te hê, dat liefde en trou in elke besluit en aksie duidelik blyk.
Amen

Dinsdag, 23 Februarie

Here, leer ons bid
2 Korintiërs 3:18
Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.

Om oor te gesels:

  • As jy God se karakter en eienskappe aan iemand moes beskryf, hoe sou jy dit beskryf?
  • As jy jouself moes meet aan God, hoe reflekteer jy daardie selfde eienskappe en karaktertrekke wat jy vroeër genoem het?
  • As ons God se kinders is (wat ons reeds weet ons is, omdat ons God dien as Vader), moet ons God se karakter na-aap. Waarmee het jy spesifiek op die oomblik hulp nodig? Waarmee sukkel jy tans die meeste om God as Vader te weerkaats?

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=X0YbyBa3qQg

Gebed:
Vader God, Ek kom sit by U voete en ek wil stil word. Help my om my asemhaling rustig te maak. Help my om my gedagtes stil te maak. Help my om my ore oop te maak. Help my om my hart op U te rig.
Vader God, ek bring my huidige gedagtes, emosies, vrese en drome vir U. My hart, kop en lewe is tans gevul met die volgende. (Deel met die Here wat NOU in jou hart, gedagtes en lewe aan die gang is).
Vader God, ek weet dat U goed is. Ek weet dat U liefde is. Ek weet dat U koning is. Ek weet dat U genadig is. Ek weet dat U vrygewig is. Ek weet dat U ontfermend is. Vader God, draai my hart. Verander en transformeer my, sodat ek ook meer daarvan reflekteer. Vader, help my dat ek ook soos U goed sal wees. Vader, help my dat ek ook soos U liefde sal wees. Vader, help my dat ek ook soos U koningskind sal leef. Vader, help my dat ek soos U genadig sal wees. Vader, help my dat ek soos U vrygewig sal wees. Vader, help my dat ek soos U ontfermend sal wees.
Vader God, help my om meer en meer te ontdek wat dit beteken om U kind te wees. Help my dat ek hierdie waarheid voluit sal aanvaar en dit heelhartig sal uitleef. Vader, help my om nie te val vir die struikelblokke, versoekings en bekommernisse van die wêreld nie, maar dat ek vas sal staan in my identiteit as U kind, en my verhouding met U as Vader.
Amen

Maandag, 22 Februarie

Here, leer ons bid

Matteus 7:7-12
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
9“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, 10of 'n slang as hy vis vra? 11As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
12“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.

Om oor te gesels:

  • Hoe lyk jou ervaring en verhouding met ‘n pa figuur? Hoe beïnvloed jou ervaring jou verstaan van God as Vader?
  • Het jy vrymoedigheid om God die Vader te vra vir enige iets? Waarom of waarom nie?
  • Glo jy God die Vader is goed, en lief vir jou en aan jou kant?

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=-ak0OoFBw3c

Gebed:
God, my hemelse Vader, ek aanbid U, en ek beskou myself as niks voor U Goddelike Majesteit nie. U alleen is Lewe, Waarheid en Goedheid. Hulpeloos en onwaardig soos ek is, eer ek U, ek loof U, ek dank U, en ek het U lief.
Ek wil U dien, U behaag, U gehoorsaam en U altyd liefhê. Ek wil ook my naaste liefhê en dien uit my liefde vir U. Hemelse Vader, dankie dat U my U kind gemaak het. Met kinderlike vertroue vra ek U vir hierdie spesiale guns vir die volgende:
(Deel jou hart met die Vader)
Ek vra dat U wil kan geskied. Gee my wat U weet die beste vir my siel is, en vir die siele van diegene vir wie ek bid.
Gee my U Heilige Gees om my te verlig, my die regte pad te wys en my te lei in die weg van U wil en heiligheid. Dankie dat ek U kind mag wees.
Amen

Saterdag 20 Februarie

Here, leer ons om te bid.
Matteus 6:9

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

Vader is ’n woord wat verhouding en intimiteit in ons gedagtes en harte aanwakker. Geheilig is ook ’n gewigtige woord, wat vra vir diep refleksie en onvoorwaardelike gehoorsaamheid.
Twee gelaaide woorde in dieselfde sin, wat albei vir ons iets van God leer.

Jesus wys vir ons dat ons op ’n baie intieme, persoonlike manier met God in verhouding kan wees; ons kan Hom “Pappa” noem. Die Hebreeuse/Aramese woord wat in die Bybel gebruik word, Abba, beteken Pappa.

Hierdie eerste sin van die Onse Vader leer ons ook dat ons Pappa se naam groot gemaak moet word, dat Hy anders is, en dat dit nodig is dat ons Hom met die nodige respek hanteer en te ag. Terwyl ons Hom diep en persoonlik ken, is ons ook baie bewus van hoe groot en sterk Hy is.

Ek het die foto van vandag gekies juis omdat ek dink dit iets van God se karakter uitbeeld, en ook omdat dit iets van ons persoonlike verwondering vir God uitbeeld.
Verbeel jou dat die seuntjie in die prentjie twee ervarings tegelykertyd het:

  • Hierdie is so lekker pappa, ek geniet dit so baie!
  • Wow, kyk net hoe sterk is my pappa, hy kan my so hoog in die lug hou en ek weet hy sal my nie laat val nie!

Dit is presies wie God is. Dit is hoe Jesus ons leer om in verhouding met Hom te wees; Hy is tegelykertyd ons pa, en ons koning.

  • Wanneer jy bid, beleef jy vir God op hierdie manier?
  • Hoe sal jy God se karakter beskryf, en hoe word dit in jou gebedslewe weerspieël?

“I pray because I can’t help myself. I pray because I’m helpless. I pray because the need flows out of me all the time - walking and sleeping. It does not change God, it changes me.” C.S. Lewis

Vrydag 19 Februarie

Here, leer ons om te bid.
Matteus 6:9

“Ons Vader…”

Elke keer wanneer ons iemand doop, dan sê ons vir mekaar dat “God deur die doop Sy hand na ons toe uitsteek”. Waarom? Want Hy wil in ’n verhouding met ons wees! Jy het dit al gehoor, waarskynlik al vir iemand gesê, en telkemale daaroor nagedink. Doen dit weer…

Die feit dat God, die Skepper en Onderhouer van alles wat ons sien, met jou in ’n verhouding wil wees moet eintlik jou kop te klein te laat voel om dit te kan begryp. God wil ons pa wees. Hy wil hê ons moet Sy kinders wees. Hy wil jou pa wees. Hy wil hê jy moet Sy kind wees!

Pa-en-kind verhoudings in die wêreld waarin ons leef is stukkend. Daarom kan die paragraaf hierbo vir die een persoon in verwondering en met kinderlike opwinding laat, en die ander persoon met angs of geen belangstelling daarin laat.
So hoe nou gemaak?

Wel, die Bybel beskryf hierdie God vir ons in baie persoonlike terme:

  • Hy het jou in jou ma se skoot aanmekaar geweef (Ps 139)
  • Hy ken al die dae van jou lewe (Ps 139)
  • Hy het jou in Sy eie beeld geskape (Gen 1)
  • Hy weet hoeveel hare jy op jou kop het (Luk 12)
  • Hy het jou so lief dat Hy Sy eie seun vir jou gegee het (Joh 3)
  • Hy gee vir jou die ewige lewe, omdat Hy vir ewig saam met jou wil wees!

Die lys gaan aan, en aan, en aan, en aan, en aan.
God is anders as ons aardse pa’s. Die Bybel gee vir ons genoeg getuienis hiervan, dat ek dink dit is die moeite werd om die geloofsprong te neem en Hom “Vader” te noem.

Hoe begin ek? Wel, met “Ons Vader”…

“It is true, then, that as soon as someone becomes a Christian, he or she can and must say `Our Father'; that is one of the marks of grace, one of the first signs of faith. But it will take full Christian maturity to understand, and resonate with, what those words really mean.” N.T. Wright

Donderdag 18 Februarie

Here, leer ons om te bid.
Matteus 6:9; Psalm 131:2

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

2 Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.

Ons gaan in die volgende 40 dae tot en met Opstandingsondag fokus op gebed.

Ons bid wanneer ons met God praat. Ons praat met God wanneer ons bid.
Hoe het jy leer praat? Dink vir ’n oomblik daaroor… Jy het leer praat deur te luister. Jou ouers, voogde, broers en susters het woord vir woord vir jou geleer, telkemale herhaal vir jou, lettergreep-vir-lettergreep al hierdie woorde vir jou gesê en omtrent feesgevier as jy twee keer na mekaar ’n eenvoudige woord soos “mamma” of “pappa” of “dada” kon sê.

Jy was omring deur jou familie, jy het geluister na wat hulle sê, dit het baie herhaling gevra, en erens moes jy dit waag om te begin praat. Dink vir ’n oomblik aan die belangrike rol wat beide ’n pa en ma hierin speel.

In die twee teksverse waarmee ons vandag gaan reis word God Vader en Moeder genoem. Dink vir ’n oomblik aan die woorde wat die pa in die foto moontlik vir sy kind sê. Dink vir ’n oomblik aan die manier wat ’n ma met ’n kind praat wat veilig in haar arms lê, soos Psalm 131 beskryf.

Het jy al ooit op hierdie manier aan gebed gedink?

  • Dat gebed ook behels dat God met jou praat; sag, liefdevol en herhalend soos ’n pa en ’n ma met ’n klein kind.
  • Dat gebed behels om eenvoudig omring te wees deur God, en na Hom te luister soos Hy met jou praat.
  • Dat gebed nie noodwendig baie en groot woorde behels nie, maar dat “pappa” of “dada” ook gesprek tussen jou en God is.

Wat vra dit van ons? Wel, dat ons eenvoudig in God se teenwoordigheid sal wees. Dat ons sal vertrou in Jesus se verlossingswerk en sal glo dat daar geen skeiding tussen ons en God is nie en daarom kan ons enigetyd veilig in Sy arms rus. Dit vra dat ons weer soos ’n kind sal wees… en kom ons wees eerlik: dit is moeilik vir ’n grootmens om dit te doen.

Kom ons doen dit saam, as ’n geloofsfamilie, vandag. Kom ons wees soos kinders, en leer om te bid.

There is no evil that the father’s love cannot pardon and cover, there is no sin that is a match for his grace. Tim Keller

Dinsdag 16 Februarie

2 Korintiërs 1:12-2:4

13 In ons briewe skryf ons aan julle niks wat julle nie self kan lees en verstaan nie. Ek hoop net julle sal ons eendag heeltemal verstaan. 14 Tot nou toe het julle ons maar gedeeltelik verstaan. Op die dag wanneer ons Here Jesus kom, sal julle dan net so trots op ons wees soos ons op julle.

In 2 Korintiërs 1:12-2:4 beskryf Paulus die kenmerke van sy bediening. Siende dat ons ook geroep is vir bediening, elkeen met sy eie plek en gawe, is dit wys om ons lewe, werk en bediening hieraan te meet, ten einde dit alles met integriteit te doen.

Paulus hoop dat die Korintiërs heeltemal sal verstaan wat dit beteken om deur die genade van God gelei te word (vers 12). Daarna deel hy sy verstaan en visie van “die dag wanneer ons Here Jesus kom” en hy maak dit duidelik dat hy sy bediening doen met hierdie dag in sy visier. Paulus verstaan dit as ’n dag waarin ons op mekaar gaan trots wees; waarin elkeen van ons gaan trots wees op die medegelowiges in wie ons van ons tyd en gawes belê het.

Dit is met die verwagting van en verlange na hierdie dag wat Paulus sy bediening doen. Want dit beteken dat daar ’n doel en rede is vir alles wat hy nou doen. Hy werk nie tevergeefs nie, hy belê nie verniet in mense nie. Inteendeel, ek glo Paulus wil ons juis hierdeur aanmoedig dat die werk van bediening die moeite werd is, en hierdie is een van die grootste redes.

Om ’n volgeling van Jesus te wees en ’n lewe van bediening te lewe beteken om opofferings te maak. Dit is maklik om te maak as ons dit doen met die vaste wete dat daar ’n dag kom waarop ons ’n oorvloed vreugde gaan beleef, en vir ewig gaan deel hê aan die gemeenskap van gelowiges. ’n Bediening en lewe met integriteit is gewortel in hierdie visie en hoop.

Om oor te dink:

  • In wie belê jy tans van jou tyd en gawes?
  • Wie belê tans van hulle tyd en gawes in jou?
  • Is daar iemand op wie jy gaan trots wees op die dag van die Here?
  • Is daar iemand wat op jou gaan trots wees op die dag van die Here?
  • Leef jy met die visie van die dag van die Here as jou groot baken en rigtingwyser? Hoe bepaal dit jou vermoë om opofferings te maak?

“God's Kingdom is "present in its beginnings, but still future in its fullness. This guards us from an under-realized eschatology (expecting no change now) and an over-realized eschatology (expecting all change now). In this stage, we embrace the reality that while we're not yet what we will be, we're also no longer what we used to be.”

Maandag 15 Februarie

2 Korintiërs 1:12-2:4

12 Daar is een ding waarop ons trots is: ons gewete verseker ons dat ons oor die algemeen, en teenoor julle in die besonder, opgetree het met die openhartigheid en eerlikheid wat van God kom. Daarin is ons nie deur die wysheid van mense gelei nie, maar deur die genade van God.

In 2 Korintiërs 1:12-2:4 verduidelik Paulus dat daar integriteit in sy bediening is.
Hoewel Paulus in hierdie brief vir ’n spesifieke groep mense om ’n baie spesifieke rede skryf, is dit ’n gedeelte wat op alle Christene van toepassing is.

Ons leef in ’n wêreld waarin ons eerder vir ons prestasies beoordeel en beloon word as vir ons karakter. Wat ons doen word dikwels meer belangrik geag as wie ons is. Ons sien dikwels in die nuus dat bekende mense soos politici, sporthelde en filmsterre vir skandelike dade verskoon word op grond van wat hulle bereik of gedoen het. Dit werk egter nie in die Koninkryk van God so nie. 
Ons karakter is baie belangrik in beide ons daaglikse lewens en ons werk in die bediening, elkeen van ons!

Paulus gebruik die woord “trots” in hierdie gedeelte. Terloops, hy gebruik die woord meer in 2 Korintiërs as in enige ander boek in die Nuwe Testament. Die rede hiervoor is dat dit gebruiklik was in Korinte vir mense om in die teenwoordigheid van ander trots te wees op hulle eie of ander se menslike vermoë en prestasies.
Paulus sê dat hy slegs deur die genade van God kan trots wees. Dan is hy nie trots op ’n menslike prestasie wat noodwendig ander mense sal lei tot applous nie, nee, hy is trots op iets eenvoudig soos openhartigheid en eerlikheid. Dit dui op sy karakter.

Die Heilige Gees vorm ons karakter. Dit is deur God se genade dat ons kan optree met openhartigheid en eerlikheid.

Om oor te dink

  • Hoe sal die mense in jou huis of jou naaste verhoudings jou karakter beskryf?
  • Is jy openhartig en eerlik?
  • Verskoon jy jouself van skandelike dade op grond van prestasies wat jy behaal?
  • Wat is die Gees tans besig om in jou te vorm?

“It’s not great talents that God so much blesses as it is great likeness to Jesus.” Robert Murray M'Cheyne

Saterdag 13 Februarie

Sefanja 3:16-20

“16 Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie! 17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:
20 Wanneer die tyd daar is, laat Ek julle kom, maak Ek julle bymekaar en gee Ek aan julle roem en eer onder al die volke op aarde; dit is die tyd wanneer Ek julle lot verander, julle sal dit met julle eie oë sien, sê die Here.”
(Sef. 3:16-17, 20‬)

Om oor te gesels:
Ons het hierdie week by Jeremia stilgestaan en hoe hy die volk bemoedig het. Sefanja is ook ’n profeet wat die volk bemoedig en vir hulle sê om nie moedeloos of hopeloos te word nie, want die Here is by hulle. Hulle hoef nie bang te wees nie. Hy gebruik treffende beelde - die Here is soos ’n krygsman wat red en vir hulle veg. Hy stel dit so persoonlik: God is vol vreugde oor jou en Hy is stil-tevrede in sy liefde oor jou.
Dink daaroor na… stel jou hart oop dat die Here bly is oor jou en vreugde oor jou beleef. Die God van die heelal is stil-tevrede oor jou! Dit is genoeg om ons weer hoop te gee.
Daarom kan Sefanja sê dat die Here sê as die tyd reg is, gaan hy die volk se lot verander. Kom ons hou daaraan vas dat die Here ook ons situasie sal verander.

  • Hoe laat dit jou voel dat die Here stil-tevrede oor jou is?
  • Waarmee wil jy die Here vertrou om jou lot te verander?

Gebed
Here, dankie dat ek hoop kan hê en nie bang hoef te wees nie. Dankie dat U stil-tevrede oor my is - mag ek vandag hierdie liefde van U opnuut ervaar. Amen.

Vrydag 12 Februarie

Jeremia 29:8-14

”10 So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring. 11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! 12 Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en ek sal julle gebede verhoor. 13 Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. 14Julle sal My ontmoet, sê die Here…” (Jer 29:10-14)

Om oor te dink:

Jeremia stel weer die Here aan die woord in sy brief. In die vorige verse waarsku hy dat ons nie na vals profete moet luister nie.
Jer 29:11 is een van die bekendste verse wat ons graag lees, maar ons mis vers 12 en 13. 

Die hoop en toekoms wat die Here van praat is moontlik wanneer ons in afhanklikheid tot God kom bid. Ons moet na die Here se wil vra, Sy wil ken en met ons hele hart daarna vra. Die belofte hiervan is dat ons die Here sal ontmoet. Om met hoop te leef, is om in verhouding met God te leef, te midde van en ten spyte van ons omstandighede. God bly getrou aan Sy beloftes en sal ons nooit in die steek laat nie. God is nie ver nie. Hy is hier by ons. 

  • Waarvoor kan jy vandag bid en die Here se wil vra?
  • Hou vas aan die hoop en seker wete dat die Here jou sal ontmoet.

Gebed

Here, dankie dat U altyd daar is. Dankie dat U vir ons ’n toekoms gee. Mag ek U bly aanroep en na U wil vra en dit met my hele hart vra. Amen.

Donderdag 11 Februarie

Jeremia 29:1-7
”4 So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5 Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6 trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. 7 Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.” (Jer 29:4-7)

Om oor te dink:
Jeremia skryf vir die volk in ballingskap in Babel ’n brief vanuit Jerusalem om hulle hoop te gee en hy maak dit baie prakties. Hulle word aangemoedig om met hoop te leef en ’n verskil te maak in die moeilike omstandighede waarin hulle is. Hulle moet die beste maak van waar hulle nou is. Vers 7 sê in die Hebreeus hulle moet die shalom (vrede, welstand, goedheid) bevorder. Hulle moet ’n verskil maak.
Om met hoop te leef en te weet die Here se trou is elke dag nuut, beteken dat ek die Here vertrou waar ek nou is en die beste daarvan maak. Dit vra dat ek sal werk en bid waar ek is, met die wete dat die Here, die Almagtige, by ons is.

  • Vir wie moet jy vandag bid?
  • Wat kan jy vandag doen om hoop (shalom) te bring daar waar jy is?

Gebed
Here, ek kyk so vas in my swaarkry dat ek nie ’n verskil maak waar ek is nie. Help my om met hoop U te vertrou om anders te leef waar ek is. Amen.

Woensdag 10 Februarie

Klaagliedere‬ ‭3:28-33‬
28 Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, 29 laat hy hom diep verootmoedig – miskien is daar hoop – 30 laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind.
31 Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; 32 as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: 33 dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.

Om oor te gesels:
Ons sukkel om geduldig op die Here te wag en dit laat ons baie keer hopeloos voel. Jeremia ontdek dat ons ons voor die Here moet kom verootmoedig. Hy maak erns met dit wat hom pla en bring dit na die Here toe, selfs die swaarkry wat ander mense aan hom doen.
Dan maak hy hierdie verrassende geloofsverklaring: “Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie!” God se liefde en ontferming triomfeer oor ons swaarkry en hooploosheid.
Hierdie is seker een van die moeilikste dinge om te verstaan of te verklaar, maar ons kan vandag vashou aan die Here se liefde en trou wat nooit ophou en elke dag nuut is. Die Here ontferm Hom weer, want Sy liefde is groot.

  • Wat beteken dit vir jou dat die Here hom altyd oor jou ontferm?
  • Waar sien jy vandag die Here se liefde raak?

Gebed
Here, dankie vir U liefde. Al kry ek swaar en voel ek hopeloos, is U altyd daar. Help my vandag om U liefde opnuut weer raak te sien en te ervaar. Amen.


28 Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, 29 laat hy hom diep verootmoedig – miskien is daar hoop – 30 laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind.
31 Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; 32 as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: 33 dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.

Om oor te gesels:
Ons sukkel om geduldig op die Here te wag en dit laat ons baie keer hopeloos voel. Jeremia ontdek dat ons ons voor die Here moet kom verootmoedig. Hy maak erns met dit wat hom pla en bring dit na die Here toe, selfs die swaarkry wat ander mense aan hom doen.
Dan maak hy hierdie verrassende geloofsverklaring: “Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie!” God se liefde en ontferming triomfeer oor ons swaarkry en hooploosheid.
Hierdie is seker een van die moeilikste dinge om te verstaan of te verklaar, maar ons kan vandag vashou aan die Here se liefde en trou wat nooit ophou en elke dag nuut is. Die Here ontferm Hom weer, want Sy liefde is groot.

  • Wat beteken dit vir jou dat die Here hom altyd oor jou ontferm?
  • Waar sien jy vandag die Here se liefde raak?

Gebed
Here, dankie vir U liefde. Al kry ek swaar en voel ek hopeloos, is U altyd daar. Help my vandag om U liefde opnuut weer raak te sien en te ervaar. Amen.

Dinsdag 9 Februarie

Klaagliedere 3:24-27
24 Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. 25 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; 26 dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; 27 dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra.

Om oor te gesels:
Jeremia verklaar die Here se goedheid wat elke dag nuut is en daarom kan hy sê die Here is sy lewe en daarom leef hy met hoop.
Drie keer word die woord “goed” herhaal. Nie net is die Here goed nie, dit is goed om op die hulp van die Here te wag en dit is goed om jou las in jou jeug te dra.
Ons kan nie met hoop leef as ons nie na die wil van die Here vra nie. Hy is die Hoopgewer. Daarom kan ons geduldig wag, selfs al gaan dit moeilik. Dit is goed om van jongs af met hierdie lewenshouding te leef.

  • Leef jy met hoop dat die Here goed is?
  • Hoe kan ons vandag hierdie hoop met iemand deel?

Gebed
Here, U is my lewe. Dankie dat U altyd goed is en dat ek my hoop in U kan stel. Mag ek vandag uit hierdie hoop leef. Amen.

Maandag 8 Februarie

Lees Klaagliedere 3:18-23
”18 Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. 19 Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; 20 as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.
21 Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23 dit is elke môre nuut. U trou is groot.”

Om oor te gesels:
Jeremia skryf die klaagliedere in ’n moeilike tyd in sy lewe. Die boek bestaan uit 5 klaagliedere waarin hy by die Here kla en dink dat die Here hom nie hoor nie.
Hier egter in die “middel” van die boek ontdek hy die sleutel. Net toe hy gedink het, hy het alle hoop verloor, besef hy dat deur die liefde van die Here het hy nie vergaan nie. Die Boodskap vertaal dit met: "die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou." God se ontferming (omgee) is elke môre nuut en Sy trou is groot.

  • Dink vandag hieroor na, gee vir die Here jou klagtes en hooploosheid wat jy mag ervaar en vertrou Hom om vir jou Sy liefde te wys.

Gebed
Here, ek voel partykeer so vasgevang in my eie situasie dat ek wil hoop verloor. Mag ek dit vandag ter harte neem dat deur U liefde ons nie sal vergaan nie. Dankie dat U liefde elke môre nuut is. Amen.

Saterdag, 6 Februarie

Job 22:21-30
21“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. 22Laat Hy jou leer en neem sy woorde ter harte. 23As jy terugkom na die Almagtige toe, sal jy herstel word. As jy die kwaad ver van jou woonplek af hou, 24jou goud as nikswerd beskou, die goud uit Ofir as so min werd as 'n klip in die spruit, 25sal die Almagtige jou goud wees, jou skat aan silwer. 26Dan sal jy jou in die Almagtige verlustig en jou weer tot God wend. 27Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou gebed verhoor, die beloftes wat jy gemaak het, sal jy nakom. 28Wat jy besluit, sal uitgevoer word, dit sal voorspoedig gaan met jou. 29Wanneer mense val en jy vra dat hulle opgetel word, sal God hulle, die ootmoediges, red. 30Hy sal die skuldiges laat vrykom, en hulle sal vrykom deur jou onskuld.”

Om oor te dink:
Die wêreld leer ons dat ons die meesters van ons lewens is. Dat ons alles kan reël, hied en gebied. Niemand kan ons voorsê nie. Ons is in beheer, ons beplan, ons voer uit, ons heers. Die teksgedeelte herinner ons dat God is in beheer, God beplan, God voer uit en God heers. So lank as wat ons teen God veg vir die heerskappy in ons lewens, hoe meer ongelukkigheid is daar. Wanneer ons die knie buig en God laat Heers, ons onderdanig is aan Sy heerskappy, begin ons lewens meer vreugde inhou. Ons begin laste afgooi, meer vrede beleef. Wanneer ons vreugde en vrede in God soek, eerder as die beloftes van die wêreld, maak ons lewens meer sin.

Om oor te gesels:

  • As jy eerlik moet wees sou jy moet erken dat jy jou eie lewe wil regeer? Is jou houding dalk opstandig teenoor God? Wil jy self planne maak en oplossings vind vir wat in jou lewe verkeerd is? Is dit vir jou maklik of moeilik om afhanklik van God te wees?
  • Hoe sou jou lewe lyk as jy werklik van God afhanklik is, Hom vertrou vir die oplossings waarna jy soek, glo dat God sal sorg? Hoe sal jy werk, ontspan, slaap, as alles nie op jou skouers rus nie?
  • Hoe lyk afhanklikheid aan die Here prakties? Lyk dit anders as wat jy gewoonlik doen?

Gebed:

  • Vra dat die Here jou wys wat die ware stand van sake is as dit kom by jou afhanklikheid van die Here. Waar in jou lewe is dit vir jou nog moeilik om afhanklik te wees en nie in beheer te wees nie? Wat wil God vir jou daar wys?
  • Vra dat die Here jou meer bewus te maak van wanneer jy in beheer wil wees. Vra dat God juis daar jou sal stop en wys hoe lyk afhanklikheid in die situasie.
  • Vra dat jou lewe gekenmerk sal wees as een van ware vertroue en afhanklikheid in die Here.

Vrydag, 5 Februarie

Matteus 21:18-22
18Vroeg die môre op pad terug stad toe het Jesus honger gekry. 19Toe Hy 'n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: “Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie.” En die vyeboom het dadelik verdroog. 20Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en het hulle gevra: “Hoe het die vyeboom dan so skielik verdroog?” 21Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. 22As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.”

*Om oor te dink: *
Ons leef in ‘n wêreld waar dit moeilik is om te glo in enige iets groter as onsself. As ons dit nie kan verduidelik nie, glo ons dit nie. As ons nie feite kan kry wat dit ondersteun nie, is ons nie oortuig nie. Soms is dit selfs gelowiges wat sukkel om te vertrou dat God buitengewone omstandighede, antwoorde en oplossings kan gee op die uitdagings wat ons het. As ons glo dat God tot alles in staat is, waarom is dit so moeilik om te vertrou dat God werklik tot alles in staat is?

Om oor te gesels:

  • As jy eerlik moet wees sou jy moet erken dat dit soms vir jou moeilik is om te glo dat God werklik tot alles in staat is? Dink aan jou lewe. Is daar enige iets wat jy nie na die Here neem nie, want jy is dalk nie werklik ten volle oortuig dat God iets daaraan kan doen nie?
  • Hoe sou jou lewe lyk as God werklik doen wat jy moontlik nie oortuig is, Hy vir jou sal kan doen nie? Hoe sou jou geloofslewe lyk as jy werklik sou glo God kan vir jou alles doen waarvan jy oortuig is?
  • Hoe kan jy vir God meer vertrou? Waarmee wil jy God werklik vertrou?

Gebed:

  • Vra dat die Here jou wys wat die ware stand van sake is as dit kom by jou vertroue in Hom? Kyk na die getuienis van jou hart, jou houding, jou gedagtes, jou woorde, en jou ware vertroue.
  • Vra dat die Here om jou meer bewus te maak van wanneer jy twyfel, nie genoeg vertrou nie, skepties is. Vra dat die Here juis dan vir jou help om Hom meer te vertrou met die uitkoms.
  • Vra dat jou lewe gekenmerk sal wees as een van ware vertroue in die Here.

Donderdag, 4 Februarie

Matteus 7:1-5
1“Moenie so gou foutvind nie. 2As jy ander mense links en regs veroordeel, gaan God eendag presies dieselfde met jou doen. 3“Waarom is jy so haastig om foute in ander mense se lewe uit te snuffel terwyl jy blind is vir al die sondes in jou eie lewe? Waarom sien jy so gou die kleinste splintertjie in jou vriend se oog raak terwyl jy blind is vir die groot houtstomp wat in jou eie oog vassit? 4En dan waag jy dit so ewe om vir jou vriend te sê: ‘My ou broer, kom laat ek gou daardie splintertjie uit jou lewe wegvat sodat jy weer reg kan leef,’ maar jy sien nie die groot foute in jou eie lewe raak nie. 5Jou skynheilige! Haal eers die houtstomp uit jou eie oog uit, dan sal jy goed genoeg kan sien om daardie klein splintertjie uit jou vriend se oog te haal.

Om oor te dink:
As jy die mense in jou lewe sou vra of hulle jou as krities beleef, wat sou hulle antwoord wees? Is jy konstant in die teenwoordigheid van mense wat baie krities is? Hoe beïnvloed dit jou? Wat gebeur met mense wat konstant gekritiseer word? Die Here het ons nie geroep om konstant fout te vind en al die verkeerdhede uit te wys nie. Eerder het God ons geroep om in liefde te lewe en ander op te bou en op te lig.

Om oor te gesels:

  • As jy eerlik moet wees sou jy moet erken dat jy geneig is om krities te wees, foute uit te wys, die probleme te sien, te fokus op die negatiewe? Hoe reageer die mense op dit wat jy sê, doen en is?
  • Hoe voel jy wanneer mense in liefde na jou uitreik, selfs al is jy bewus van jou tekortkominge en foute wat jy gemaak het?
  • Hoe kan ons kritiese houding struikelblokke tussen ons en mense en tussen ons en God veroorsaak?
  • Dink na oor gister. Elke keer wat jy krities was. Hoe sou jy eerder in liefde kon optree? Dink na oor waarom jy kies vir kritiek of liefde as jy reageer.

Gebed:

  • Vra dat die Here jou wys wat die ware stand van sake is as dit kom by jou hart, jou houding, jou gedagtes, jou woorde? Is jy baie krities?
  • Vra dat die Here om jou meer bewus te maak van wanneer jy krities is. Vra dat die Here jou daar en dan die krag sal gee om jammer te sê, en die pad van liefde te kies.
  • Vra dat jou lewe gekenmerk sal wees as een van liefde wat God reflekteer.

Woensdag, 3 Februarie

Filippense 4:12-13
12Ek weet hoe dit voel om arm, nee, brandarm te wees, maar ek weet ook hoe dit voel om genoeg of selfs te veel geld te hê. Maar ek laat nie toe dat sulke dinge my onderkry of met my weghardloop nie. Ek is en bly altyd tevrede, wat my ook al tref. Dit maak nie saak of ek sonder ’n krieseltjie kos gaan slaap of soveel kos het dat ek dit nie alles kan opeet nie. Of ek net die klere aan my lyf het en of ek ’n huis vol goed op my naam het, vir my is dit eintlik maar om’t ewe. 13Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.

Om oor te dink:
Ons lewe in ‘n wêreld waarin jy die heeltyd gewys word wat jy nog nie het nie. Daar is altyd meer waarna ons streef, verlang of wil hê. Of dit nou materiële dinge is, liefde is of drome wat nog nie waar geword het nie. Ons hunker na alles wat nog nie is nie. Die probleem is dat ons jaloers word, bitter word en verwyd beleef. Ons raak mense wat fokus op wat ons nie het nie met verwyd. Paulus herinner ons dat dit waarop ons eerder moet fokus, is wat ons het, ‘n lewendige verhouding met die Here en dat Hy al is waarna ons eintlik smag.

Om oor te gesels:

  • As jy eerlik moet wees, dink aan dit wat jy voel jy nie het nie. Is jou fokus hierop? Maak dit gevoelens van bitterheid, verwyd en onvergenoegdheid by jou wakker? Deel met die Here die werklikheid.
  • Is daar situasies, omstandighede of mense wat hierdie gevoel van nie genoeg hê nie versterk? Wanneer raak dit baie erg?
  • Wat sê dit van jou verhouding met God as jy altyd meer wil hê en nie gelukkig is met wat jy het nie? Wat sê dit van jou verhouding met God as jy tevrede is met wat jy het? Hoe beïnvloed dit jou gedagtes van nie genoeg hê nie, of alles hê wat jy benodig jou verhouding met die Here?
  • Wanneer voel jy tevrede met dit wat jy het? Hoe kan jy hierdie houding jou eie maak om sodoende God te reflekteer?

Gebed:

  • Vra dat die Here jou wys wat die ware stand van sake is as dit kom by jou gevoelens van genoeg hê of dan nie. Hoe word dit gereflekteer in jou houding, jou hart, jou gedagtes, jou woorde en jou wil?
  • Vra dat die Here jou meer bewus maak van wanneer jy bitter word of bekommerd word oor dit wat jy meen jy nie het nie. Vra dat Hy jou dan sal help om te fokus op tevrede te wees met dit wat jy het.
  • Vra dat jou lewe gekenmerk sal wees as een van tevredenheid met wat jy het en wie jy is. Dat jou lewe jou vertroue op God en jou versorging van God sal reflekteer omdat jy tevrede is met wat is.

Dinsdag, 2 Februarie

Filippense 2:12-18
12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. 14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. 17Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees.

Om oor te dink:
Ons wêreld en lewe is vol negatiwiteit. Almal kla oor alles. Mens kan nie ‘n standpunt lig sonder dat iemand nie kla daaroor nie. Dink aan jou daaglikse belewenis. Met hoeveel negatiwiteit word jy gekonfronteer? Wanneer is die stem in jou kop die meeste negatief en klaerig? Watter omstandighede help jou om meer negatief en klaerig te word? Waar en wanneer kla jy minder?

Om oor te gesels:

  • Met hoeveel negatiwiteit word jy gekonfronteer?
  • Wanneer is die stem in jou kop die meeste negatief en klaerig?
  • Watter omstandighede help jou om meer negatief en klaerig te word?
  • Waar en wanneer kla jy minder?

Gebed:

  • Vra dat die Here jou wys waar jou houding, jou hart, jou gedagtes, jou woorde, jou wil, meer neig na kla, eerder as dankbaar wees.
  • Vra dat die Here jou meer bewus maak van wanneer jy kla, sodat jy elke ding waaroor jy kla kan omdraai na iets waarvoor jy dankbaar kan wees.
  • Vra dat jou lewe gekenmerk sal wees as een van dankbaarheid, omdat God goed is, eerder as een wat kla oor alles wat nie gaan soos jy wil nie.

Maandag, 1 Februarie

Kolossense 3:9b-10
Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

Om oor te dink:
Omdat ons AAN God behoort en kies om Jesus met ons hele lewens te volg kan ons optredes, gedagtes en houding nie lyk soos dié van die wêreld nie. Ons wil God eer deur ons hart, ons wil, ons gedagtes, ons houding teenoor die wêreld meer te laat lyk soos God se hart, God se wil, God se gedagtes, en God se houding teenoor die wêreld.

Om oor te gesels:

  • Wat is God se hart, Sy wil, Sy gedagtes, Sy houding teenoor die wêreld? Wat sien jy in die Woord? Wat weet jy in jou hart?
  • Wat is God se hart, Sy wil, Sy gedagtes, Sy houding teenoor jou? As God nou vir jou 'n liefdes brief kon skryf, wat sou dit vir jou sê?
  • Hoe moet jou hart, wil, gedagtes en houding aangepas word om meer soos God sin te lyk en Hom te reflekteer? Wees spesifiek en vra vir God om dit te verander.

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie vir nog 'n dag van lewe.
Ek vra vandag vir 'n hartsverandering. Ek vra vir 'n wilsverandering. Ek vra vir 'n gedagte verandering. Ek vra vir 'n houding verandering.
Ek ly aan 'n hardheid wat nie hoort by iemand wat U verteenwoordig nie. Asseblief verander my Here. Slegs U kan dit doen.
Here gee asb vir my 'n nederige hart, 'n genade-gee wil, nie-oordelende gedagtes, Jesus-volgende houding.
Here leer my om U meer te vertrou en myself minder.
Here leer my om te verstaan dat slegs U alleen moet heers in my lewe.
Here, my eie ywer en probeerslae gaan elke keer faal. Slegs U kan hierdie veranderinge in my bewerkstellig as ek bereid is om U toe te laat. Here help my om oop te wees vir die aanpassings wat U wil bring.
Here, dit is vir my so moeilik om hierdie versoek te maak. Maak met my soos U wil. En help my om nie in U pad te staan nie. Dankie Here dat ek dit kan vra en U daarmee vertrou.
Amen

Saterdag 30 Januarie

Matteus 26:39

Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.

Christus stel vir ons die voorbeeld van in vrede leef omdat God in beheer is. Dit sien ons in Getsemane. Hy pleit wel om ‘n ander uitkoms maar berus by God se beheer.
Ons week se gebed om vrede vir die week bid so:

God skenk my die gemoedskalmte om dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om dinge te verander wat ek kan,
en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Om een dag op ‘n slag te leef, een oomblik op ‘n slag te geniet.

Swaarkry te aanvaar as die weg na vrede.

Die sondige wêreld soos Hy gedoen het, te aanvaar soos dit is en nie soos ek dit sou wou hê nie.

In vertroue dat Hy alles ten goede sal laat meewerk as ek in oorgawe aan sy wil leef

Sodat ek redelik gelukkig sal wees in hierdie lewe en vir ewig die hoogste geluk by Hom sal ervaar.

Ware vrede lê in die besef dat ons of ek nie in beheer van my eie lot en lewe staan nie. Dit bring die vrede dat wat ook al gebeur nie net deur my doen en plan bepaal word nie. Die geloof in God en aanvaarding dat Hy in beheer is, is die basis van alle vrede. Ja ons moet ons lewe leef in geloof en met verantwoordelikheid en oorgawe. Maar God bepaal die uitkoms. Daarom kan my vandag se doen en plan vreedsaam gebeur, want God is aan die werk in my lewe.

Om oor te dink:

  • Probeer jy nog als in jou lewe beheer.
  • Het jy al aanvaar dat God als ten goede laat meewerk en soek jy in oorgawe daai doel van God in jou lewe.
  • Vind jou vrede in die wete dat God alles beheer en ten goede laat meewerk vir jou as gelowige.

Gebed
Dankie Here dat U in beheer is van my lewe, die wêreld en sy magte en die natuur. Dankie dat U alles ten goede laat meewerk. Help my om voluit te leef as instrument in U hand met U vrede in my Hart. Amen.

Vrydag 29 Januarie

Johannes 14:27

27. Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle 'n geskenk wanneer Ek weggaan: VREDE! Moet dit nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie.

Reinhold Niebuhr/Fransiscus se gebed vra dat ons sal bid dat ons:
Die sondige wêreld soos Jesus gedoen het, sal aanvaar soos dit is en nie soos ek dit sou wou hê nie.

Christus laat vir ons Sy vrede agter na Hy opvaar na die hemel. Naas die Heilige Gees gee Hy ook vir ons Sy vrede!
Die een ding wat so oud is soos die berge is die mens se vrees vir die toekoms. En dan poog ons om met ons plannetjies die toekoms te beheer en te bepaal. Dit begin al by die bou van die toring van Babel. Waar mens beheer wil vat oor die toekoms en die wêreld. Deur die eeue het die mens die wêreld probeer beheer deur politieke sienings, asketiese geloofstyle, diskrimenerende beleidsrigtings en verkiesing van leiers en Presidente.
Christus kom egter en maak 'n verskil deur Sy optrede en nie deur die wêreld te wil verander nie.
Hoe leef jy? In vrees vir toekoms, die politiek of Covid. Jesus los vir ons Sy vrede. Anders as die wêreldse planne vir vrede. Vrede omdat ons weet Hy is in beheer van alles en Hy kom weer. Hy hoor en sien en weet van ons. Ons taak is om met Sy vrede aan die wêreld te wys dat God in beheer is.

Om oor te dink:

  • Vrees jy die toekoms?
  • Leef jy God se vrede uit, of is jy in 'n stryd geworstel jou lewe lank om als na jou sin te verander.
  • Leef elke dag voluit met God se vrede in jou hart en wys so aan die wêreld dat God in beheer is.
  • Moenie dat die vrese van hierdie wêreld jou gedagtes oorneem nie, want dan sal jy nooit vrede vind nie.

Gebed
Dankie Heer vir U vrede. Dankie dat my lewensvrede daardeur bepaal kan word en nie deur wat in die wêreld gebeur nie. Neem U beheer van die toekoms Heer en gee my die vrede dat U die beste weet vir my en my gesin. Amen

Donderdag 28 Januarie

Psalm 30:6

6 Maar Hy is lewenslank goed vir ons. Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmôre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur. (Die Boodskap).

Hoe ervaar ons "Swaarkry as 'n weg na vrede"?

Swaarkry is baie maal 'n plek waar ons ernstig na God soek. Die vraag na wat ek van God verwag in my swaarkry gaan bepaal of ek vrede gaan vind by God.
As jy van God verwag om alle swaar weg te vat dan gaan jou soeke na vrede tevergeefs wees. Ons sien dat selfs Christus se gebed in Getsemane om die swaar van die kruisiging weg te vat nie beantwoord is nie. God is nie 'n towenaar wat net telkens swaar paaie vir ons gelyk maak nie…
As jy egter vir God bid om jou by te staan in jou swaar, dan sal jy vrede kry. Soos 'n kers wat elke tree deur die donker vir jou genoeg lig gee om deur die donker te gaan, sonder om die donker weg te vat, so is God in ons swaarkry. Jou vrede lê in die wete dat Hy jou genoeg gee om aan te gaan tot die swaarkry weer beter is.
Volgens Ps 30 "met jou deur die nag van trane gaan" sodat jy in die oggend weer kan glimlag.

Om oor te dink:

  • God gee aan ons vrede ook, en veral, in ons swaarkry tye.
  • God se doel is nie dat ons swaar telkens verdwyn nie, maar dat ons onsself en God leer ken deur ons swaar tye.

Gebed
Dankie Heer dat U ons nooit alleen laat. Dankie dat selfs die swaar van die wêreld nie genoeg is om U van ons te verwyder. Kom en bring U vrede in ons o Heer, veral in ons swaarkry tye.

Woensdag 27 Januarie

Prediker 5:17-18

17 Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. 18. God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.

Reinhold Niebuhr brei Fransiscus se gebed om vrede uit in 1943 met 'n wêreld wat deur oorloë is en smag na vrede in gedagte. Sy gebed klink so:

God skenk my die gemoedskalmte
om dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om dinge te verander wat ek kan,
en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Om een dag op 'n slag te leef, een oomblik op 'n slag te geniet

Swaarkry te aanvaar as die weg na vrede

Die sondige wêreld soos Hy gedoen het,
te aanvaar soos dit is en nie soos ek dit sou wou hê nie.

In vertroue dat Hy alles ten goede sal laat meewerk
as ek in oorgawe aan sy wil leef.

Sodat ek redelik gelukkig sal wees in hierdie lewe
en vir ewig die hoogste geluk by Hom sal ervaar.

Om waarlik vrede te ervaar… ook in tye van dood, siekte en kommer is dit ook nodig dat ons een dag op 'n slag moet leef en als moet geniet wat God ons gegee het.
Ons is soms so besig met kommer dat ons goeie tye en vele voorregte by ons laat verbygaan. Veral in tye van swaar soos nou met Covid kan ons die vreugdes wat God skenk maklik miskyk. Net die donker wolke sien en niks van die son daaragter en die silwer randjies nie.
God gee ons 'n lewe om te leef en te geniet. Leef dit en waardeer dit want dit is aan die verbygaan en dit is kort.

Om oor te dink:

  • Prediker sê ons moet die vreugdes van die lewe geniet.
  • Leef een dag op 'n slag en geniet al die gawes van die oomblik.
  • Vind vrede by God te midde van die wêreld se vrese en kommer.

Gebed
Here help my om een dag op 'n slag te leef, en een oomblik op 'n slag te geniet. Dankie dat U hierdie lewe aan my geskenk het om voluit te leef en te geniet.

Dinsdag 26 Januarie

Johannes 15:4-5

4. Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.. 5. Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

As ons glo dat God ons 'n nuwe lewe gee dan is die droom dat hierdie nuwe lewe maklik sal wees. Dit is egter nie so nie. Ons moet hard werk om waarlik te leef soos God verwag. Hy gee gelukkig ook die krag en insig om dit te doen.
Ons voel soms of dinge net te veel raak. Als is buite ons beheer. Tussen al die verwarring soek ons na ‘n plek van veiligheid en rus. Eers as ons ons ware tuiste vind sal ons die rus kry. In Johannes lees ons dat Jesus ons tuiste, ons plek van vrede en rus is. As ons opstandig, moeg en moedeloos word dan gee Hy ons krag om rustig te raak en vrede te maak met die mense en dinge om ons.

Fransiscus van Asissi staan bekend as die outeur van die volgende gebed om vrede:

God, skenk my die kalmte om dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is

As ons in Christus verbind leef, en ons krag soos ‘n wingerdloot uit Hom tap sal ons dinge wat pla kan aanvaar deur Sy kalmte. Hy gee ons ook moed, krag en insig om reg op te tree.

Om oor te dink:

  • Vra jouself af waar jy krag en vrede soek.(By God of in menslike planne of mensgemaakte dinge)
  • Kom en kry vrede by Jesus.
  • Hy het jou gemaak. Laat Hy jou ook help om te leef en te groei..

Gebed
Bid Fransiscus se gebed

Maandag 25 Januarie

Efesiërs 2:10

God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Ons voel baie maal onbekwaam of onkundig oor hoe ons moet leef. Hier sien ons vandag God sê Hy het ons gemaak wat ons is.
Deur Jesus bring Hy ons terug na wat ons gemaak is en weg van versoekings en sonde.
Ons kan dus wees wat God wil hê ons moet wees. Dit beteken net die eie ek in my moet minder word en die soeke na wat God in my geplaas het om sy wil te doen moet meer word.

Om oor te dink:

  • Ondersoek jouself en vra wat is die unieke eienskappe wat God in jou geskep het om Sy werk te doen.
  • Dank Hom daarvoor.
  • Ontdek en ontwikkel dit eerder as om jouself minderwaardig te ag in God se diens.

Gebed
Here help my om myself te ontdek soos U my gemaak het en om so te leef dat ek U wil vir my kan bereik.

God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Ons voel baie maal onbekwaam of onkundig oor hoe ons moet leef. Hier sien ons vandag God sê Hy het ons gemaak wat ons is.
Deur Jesus bring Hy ons terug na wat ons gemaak is en weg van versoekings en sonde.
Ons kan dus wees wat God wil hê ons moet wees. Dit beteken net die eie ek in my moet minder word en die soeke na wat God in my geplaas het om sy wil te doen moet meer word.

Om oor te dink:

  • Ondersoek jouself en vra wat is die unieke eienskappe wat God in jou geskep het om Sy werk te doen.
  • Dank Hom daarvoor.
  • Ontdek en ontwikkel dit eerder as om jouself minderwaardig te ag in God se diens.

Gebed
Here help my om myself te ontdek soos U my gemaak het en om so te leef dat ek U wil vir my kan bereik.

Saterdag 23 Januarie

2 Korintiërs 1:1-7

2 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Ons het hierdie week in diepte na hierdie 7 verse gekyk en ook nagedink wat dit vir ons beteken, hier en nou.

Ons het gesien:

  • Moeilikheid en bemoediging is deel van ons lewens as volgelinge van Jesus.
  • Wanneer ons in allerlei moeilikhede verkeer het ons die geleentheid om vir God en mense op ’n dieper manier te ken en te ervaar.
  • Ons moeilikhede is toerusting om ander mense te bedien, so vreemd soos dit vir ons mag klink.
  • Wanneer ons onsself volgelinge van Jesus noem, beteken dit dat ons lewens ook soos Syne gaan lyk, en dat ons deel in beide Sy lyding en Sy bemoediging.
  • Dat ons met geduld hierdie lyding moet verduur.

Dis belangrik om te weet dat hierdie gedeelte ons nie dring om moeilikhede te gaan soek nie. Dit dring ons eerder om getrou te bly in tye van swaarkry en beproewing.
Getrouheid aan Jesus beteken beproewings in hierdie wêreld, getrouheid aan Jesus beteken ook dat jy Goddelike bemoediging, troos en liefde sal ervaar, ook in hierdie wêreld.

Om oor te dink:

  • Is jy al bedien deur iemand wat deur dieselfde moeilikhede as jy gegaan het? Wat het dit vir jou beteken?
  • Wat maak dat jy sukkel om aan Jesus getrou te bly in moeilikhede?
  • Wie kan jy bemoedig wat tans deur moeilikhede en beproewings gaan?
  • Wat beteken dit vir jou om vandag vir God te prys as die Vader wat Hom oor ons ontferm?

Suffering has never wrecked a persons faith, it has always revealed a persons faith. Bryan Loritts

Vrydag 22 Januarie

2 Korintiërs 1:1-7

6 As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. 7 En wat julle betref, het ons 'n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.

Sommige mense in Korinte het vir Paulus gekritiseer omdat hy so baie lyding verduur het. Hulle het gemeen ’n “ware” apostel sal meer “suksesvol” wees en nie voortdurend soveel moeilikheid en beproewinge beleef nie. In vers 6 sê Paulus dat sy lyding juis ter wille van die Korintiërs se bemoediging en redding is.
Dit is vandag nog so: om mense met die evangelie te bereik, te bemoedig en te bedien behels dikwels opoffering, lyding en diensbaarheid. Ons word inderdaad geroep “om te sterf” sodat ander kan leef. Dit is ’n lywige deel van ons roeping, maar een wat Paulus as ’n gegewe beskou.

So, wat moet ons doen as ons in beproewing kom? Paulus sê dat ons met geduld hierdie lyding moet verduur. Ons weet vanuit ons eie lewens dat dit regtig moeilik is. Niemand van ons staan vandag op en is van nature opgewonde oor die moontlike beproewinge wat ons vandag gaan/kan beleef nie. Paulus verseker ons egter dat ons God se bemoediging en krag sal ervaar wanneer ons vasbyt en beproewinge geduldig verduur.

Om oor te edink:

  • Wie kan jy vandag met die evangelie bedien?
  • Watter opoffering/s moet jy tans maak om mense met die goeie nuus te bereik?
  • Wie ken jy wat ’n goeie voorbeeld is van iemand wat beproewinge geduldig kan verduur? Hoe bemoedig dit jou vandag?

“It is difficult to know the true spiritual state of those who have only known the mountaintop but never the valley, only ease but never pain. But there is strange encouragement in the distressing afflictions of the Christian experience. This is safe ground. For this is the path Christ walked, and in finding ourselves on that path we know we are not fair-weather disciples.” Dane Ortlund

Donderdag 21 Januarie

2 Korintiërs 1:1-7

Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, 5 want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus.

Paulus het reeds gesê dat God ons sal bemoedig. Dis goeie nuus! Nou praat hy van ’n oorvloed van bemoediging, en ’n oorvloed van lyding. Dink vir ’n oomblik daaroor… dit voel amper asof die twee goed nie tegelykertyd kan gebeur of ervaar word nie.

Wanneer ons na Jesus se lewe kyk, dan verstaan ons hoe hierdie twee goed tegelykertyd ervaar kan word. Jesus, perfek gehoorsaam aan Sy Vader, het die ergste lyding verduur wat enige mens ooit kon; om doodgemaak te word ter wille van iemand anders. Tog kry Hy dit reg om aan die kruis vir Sy Vader te vra om die mense wat Sy lyding veroorsaak te vergewe. Jesus kon enduit hierdie lyding verduur, omdat Hy die bemoediging van Sy Vader geken het. Kyk maar na die ritme van Jesus se lewe in die Evangelies: Hy het Homself gedurig afgesonder en tyd saam met Sy Vader spandeer voordat Hy aangegaan het met Sy werk.
Uiteindelik het Jesus se lyding en Sy bereidwilligheid om dit te verduur weens die bemoediging van Sy Vader die redding van die wêreld bewerk.

Wanneer ons onsself volgelinge van Jesus noem, beteken dit dat ons lewens ook soos Syne gaan lyk, en dat ons deel in beide Sy lyding en Sy bemoediging. Dit beteken dat ons sal ervaar hoe God ons bemoedig terwyl ons opofferend en bereidwillig ly soos Hy.
God is by elkeen van ons. Ons is een met Jesus. Daar is vir ons ’n oorvloed van bemoediging.

Om oor te dink

  • Watter deel van jou geloofslewe voel tans vir jou soos lyding?
  • Hoe ervaar jy tans God se bemoediging?
  • As iemand jou sou vra of die lyding wat jy moet verduur as Christen die moeite werd is, wat sal jou antwoord wees?
  • Wie ken jy wie se lewe ’n voorbeeld is van ’n oorvloed van lyding en bemoediging?

The suffering never outruns the comfort! Tony Merida

Woensdag 20 Januarie

4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.

Ons weet nie altyd wat die rede vir ons moeilikheid is nie. Ons weet dat iemand soos Job ook nie al die antwoorde op sy vrae oor sy eie moeilikheid gekry het nie.

Hier is wat ons wel weet:

  • Wanneer ons in allerlei moeilikhede verkeer het ons die geleentheid om vir God op ’n dieper manier te ken en te ervaar.
  • Wanneer ons in allerlei moeilikhede verkeer het ons die geleentheid om ander mense op ’n dieper manier te ken en te ervaar.

Ons moeilikhede is toerusting om ander mense te bedien, so vreemd soos dit vir ons mag klink. God se bemoediging bereik nie ’n eindbestemming by ons nie. Deur Sy bemoediging word ons agente van hoop en heling vir ander mense. Die bekende musiekgroep Straatligkinders het ’n lied met die naam Jou seer is die brug na iemand anders se hart. Dit is wat Paulus bedoel in vers 4.

Om oor te dink

  • Kon jy al met iemand gesels oor jou moeilikhede en hulle daardeur bemoedig?
  • Watter seer wat jy al ervaar het kan die brug wees na iemand anders se hart?
  • Het jy vir God en mense op ’n dieper manier geken en ervaar toe jy in sekere moeilikhede verkeer het?

They who dive in the sea of affliction bring up rare pearls.” Charles Spurgeon

Dinsdag 19 Januarie

2 Korintiërs 1:1-7

3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. 4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons.

Moeilikheid en bemoediging is deel van ons lewens as volgelinge van Jesus. Hierdie gedeelte praat juis daaroor. Die griekse woorde wat hier gebruik word vir moeilikheid en bemoediging is ryk in betekenis, en ons gaan deur die loop van die week daarna kyk.

Die eerste belangrike ding om raak te sien, is dat die Christen woorde van lof en dank het in tye van moeilikheid. Waarom? Want God staan nie apaties en op ’n afstand daaroor nie, nee, Hy ontferm Hom oor ons, en Hy bemoedig ons.

God se bemoediging is nie iets wat ons net goed of lekker laat voel nie. God se bemoediging gee eerder vir ons die krag om aan te gaan wanneer die lewe taai is, soos mense wat langs die pad staan by die Comrades Maraton en almal aanmoedig om aan te gaan.
Ons almal het hierdie bemoediging nodig, en Paulus maak dit duidelik dat dit op net een plek te vinde is, en dit is by God self. Hierdie Goddelike bemoediging is ook ’n voorskou vir dit wat vir ons in die ewigheid wag, daarom kom al die lof vir God toe!

Die feit dat Jesus ’n mens was en al ons moeilikheid hier op aarde ken behoort ons altyd te bemoedig!

Om oor te dink:

  • Waarvoor kan jy vir God prys, selfs al beleef jy tans baie moeilikheid?
  • Het jy onlangs ervaar hoe God self jou bemoedig het?
  • Het jy jou al verbeel dat Jesus as mens in jou spesifieke situasie is? Wat sou Hy gedoen het?

Comfort relates to encouragement, help, exhortation. God’s comfort strengthens weak knees and sustains sagging spirits so that one faces the troubles of life with unbending resolve and unending assurance. David Garland

Maandag 18 Januarie

Lees Psalm 136
1 “Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie. 2 Loof die oppermagtige God. Aan sy liefde is daar geen einde nie. 3 Loof die magtigste van alle maghebbers. Aan sy liefde is daar geen einde nie.” (‭‭Ps 136:1-3‬ ‭AFR83‬‬)

Om oor te gesels:
Hierdie Psalm se refrein is: “aan sy liefde is daar geen einde nie”. Dit is ook ‘n geskiedenis psalm en vertel die geskiedenis van Israel terwyl die refrein alles saam bind.
Die liefde hier sluit ook God se genade, getrouheid en voorsiening in.
God is net alleen ons Skepper nie, maar ook ons Verlosser.
Ons mis partymaal God se liefde as ons nie vir ‘n oomblik stilstaan en terugkyk nie. Vandag is ‘n goeie dag om oor jou lewe terug te kyk. Skryf jou eie psalm en as jy aan iets dink, skryf dit neer en dan hierdie refrein: “aan sy liefde is daar geen einde nie” na elke gebeurtenis in jou lewe. Bid dan hierdie psalm van jou.

Gebed
Here, dankie dat U liefde onuitputlik is en nooit ophou nie. Dankie dat dit elke môre nuut is. Ek vertrou U met my lewe. Amen.

Saterdag 16 Januarie

Matteus 7:24-29
24 “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. 25 Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. 26 En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het. (Mat. 7:24-26)

Om oor te gesels:
Jesus sluit die Bergrede af en sê dat ons hierdie woorde ter harte neem en dit doen, dan is ons lewens op ’n stewige fondament gebou. Jesus is die Rots wat nooit sal wankel nie en ons kan onsself aan Hom toevertrou.
As gelowiges word ons genooi om hierdie woorde van Jesus nie maar net te hoor en sê dis mooi nie, ons moet dit elke dag te onthou en te doen.

  • Wat het jou die meeste van die Bergrede (Mat. 5-7) die afgelope tyd aangespreek?
  • Wat sal jy graag meer wil doen?
  • Vir wie kan jy prakties Jesus se liefde in die volgende tyd gaan wys?

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek U woorde kan hoor. Dankie dat U my Rots is. Help my om U te volg en te vertrou en doen. Amen.

Vrydag 15 Januarie

Matteus 7:21-23
21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. 22 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ 23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” (Mat 7:21-23)

Om oor te gesels:
Jesus is besig om die Bergrede af te sluit en spreek die mense aan wat godsdienstig geklink het maar geen lewende verhouding met Hom gehad het nie. Om Jesus te ken en uit daardie verhouding te leef is die kern. Vandaar dat Jesus heeltyd ons aanmoedig dat ons woorde en dade ooreenstem. Ons kan nie skynheilig wees en net dinge doen om deur mense raakgesien te word nie.
Wanneer ons sonder liefde vir God en mense optree, is ons besig om die wet te oortree.
Hierdie harde woorde wil vandag vir ons ’n spieël wees om ons aan te moedig om die Vader se wil te doen en Jesus se liefde uit te leef.

Gebed
Hemelse Vader, help my om U wil te doen. Mag ek U meer en meer ken en doen wat U van my vra. Amen.

Donderdag 14 Januarie

Matteus 7:15-20
17“’n Mens se lewe is soos ’n vrugteboom: goeie vrugtebome dra goeie vrugte en slegte bome dra slegte vrugte. 18 ’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie en ’n slegte boom kan ook nie goeie vrugte oplewer nie. 19 Daar wag groot probleme op alle bome wat slegte vrugte dra. Hulle word eenvoudig afgekap en in die vuur gegooi. Dus, as julle wil weet watter mense die goeie nuus verdraai, moet julle maar net gaan kyk hoe hulle leef. Hulle lewens wys watter soort vrugte hulle dra. (Mat 7:17-19 DB)

Om oor te gesels:
Jesus waarsku teen die vals profete wie se doen en late nie mekaar ooreenstem nie. Hy gebruik die beeld van ’n vrugteboom en sê dat ons aan ons vrug geken sal word.
As volgelinge van Jesus moet ons woorde, dade en motiewe getuig van wat ons glo. Ons kan nie een ding sê en dan iets anders doen nie. Mense hou ons dop. Ons mag dalk vandag die enigste Bybel wees wat iemand “lees” in die manier wat ons hulle hanteer.
Ons moet in alles die waarheid nastreef en nie meegesleur word deur valshede en onwaarhede nie. Laat ons God vandag verheerlik in alles wat ons doen.
Laat die vrug van die Gees in Gal. 5:22 ons riglyn wees: “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Gebed
Here, help my om vandag vrug te dra en dat wat ek sê en doen U sal verheerlik. Amen.

Woensdag 13 Januarie

Matteus 7:12-14
12“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Mat 7:12 AFR83)

Om oor te gesels:
Hierdie woorde van Jesus staan bekend as die “goue reël”. Baie godsdienste stel dit andersom, op ’n negatiewe manier: “Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.”
Jesus stel dit juis positief sodat ons eerste reageer. Die Boodskap vertaal dit treffend: “As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op. As julle so leef, doen julle alles wat die Bybel van julle vra." (Mat 7:12 DB)

Net hierna gebruik Jesus die beeld van die breë en smal weg om ons te herinner dat dit moeiliker is om die regte ding te doen, want dit vra groot opofferings.

Kom ons leef vandag die “goue reël” positief en doen eerste goed aan iemand anders. Vir wie gaan jy vandag iets doen?

Gebed
Here, dit is nie altyd maklik om die regte ding te doen nie. Help my om vandag juis vir iemand iets goeds te doen en so U koninkryk vandag te laat kom. Amen.

Dinsdag 12 Januarie

Matteus 7:7-11
“7 Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 9 “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, 10 of 'n slang as hy vis vra? 11 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” (Mat. 7:7-11)

Om oor te gesels:
Jesus moedig ons aan om aan te hou na God in gebed te soek. Ons moenie dink dit help nie en daarom bid ons nie. Ons moet aanhou vra vir o.a. meer liefde en wysheid, soos Jakobus 1:5 ons ook herinner.
Jesus sê dat ons Vader vir ons lief is en vir ons omgee. Hy sorg vir ons. Net soos ons nie vir ons kinders slegte dinge sal gee nie, sal Hy ook nie. Die Vader weet die beste en ons kan Hom daarmee vertrou.
Deel jou hart met Hom. Hy verstaan beter as wat jy dink of voel.

Gebed
Ons Vader, dankie dat ek kan bid. Dankie dat U vir my sorg. Mag ek nie moeg word om steeds in gebed my hart met U te deel en te vra nie, want U ken my behoeftes. Amen.

Maandag 11 Januarie

Matteus 7:1-6
1 “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2 met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
3 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 4 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Om oor te gesels:
As ons verder deur die Bergrede gaan, wys Jesus dat ons versigtig moet wees met ons oordeel. Partymaal wil ons onsself regverdig en nie erken dat ons verkeerd is nie.
Dit wat ons in ander mense irriteer, is dikwels dinge wat onsself doen of nie van hou nie. Dit is makliker om ander se foute raak te sien, eerder as ons eie.
Kom ons oordeel minder en help mekaar in liefde reg, want so laat ons die koninkryk van Jesus kom.

Gebed
Here, ek sien nie altyd my eie foute raak nie en oordeel maklik. Help my om my eie foute te erken en help my om mense met liefde te hanteer. Amen.

Saterdag 9 Januarie

Matteus 6:1-4
1 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. 2 “As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie… 3 Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, 4 sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” (Mat. 6:1-4)

Om oor te gesels:
Jesus maak ons geloof baie prakties en praat oor wat ons doen. Ons kan nie God probeer beïndruk deur voor mense vir ander mense iets te gee en dan te dink dat ons iets goeds gedoen het nie.
Ons moet met so ’n gesindheid gee dat ons ons linker- en regterhand nie weet wat ons doen nie. Niemand behalwe die Vader hoef te weet nie. Op hierdie manier bring ons die koninkryk van God juis vir mense wat dit nodig het.
Hierdie “armes” is nie altyd mense wat jy nie ken nie en waarmee jy jou gewete sus nie. Partymaal is dit naby mense, selfs familie, wat die Here jou in staat stel om hulle te help. Ons moet vir wysheid bid dat die Here vir ons wys waar ons ’n verskil kan maak, sonder om dit uit te basuin en ons met die regte gesindheid gee.

Gebed
Here, help my om met ’n oop hand te gee waar U vir my wys om te gee. Mag ek met die regte hart gee en help waar ek kan. Ek wil U hiermee vertrou. Amen.

Vrydag 8 Januarie

Matteus 5:48
“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” (Mat. 5:48 AFR83)

Om oor te gesels:
Terwyl Jesus met die Bergrede besig is, sê Hy dat ons amper hierdie vreemde woorde: ons moet ook volmaak wees. Ons eerste reaksie is dat dit nie moontlik is nie en daarom gaan ons nie eers probeer nie.
Die Boodskap vertaling help ons om hierdie vers beter te verstaan:

“Julle moet soos julle hemelse Vader wees. Hy het almal hier op die aarde lief. As julle ook vol liefde en respek optree teenoor almal met wie julle te doen kry, doen julle presies wat die wet van julle vra. Dan stap julle in julle hemelse Vader se voetspore. Dan is julle net soos Hy!” ‭‭(Mat.‬ ‭5:48‬ ‭DB‬‬)

Soos ‘n kind ‘n ouer gelukkig wil maak, so maak ons die Vader se hart bly, wanneer ons doen wat Hy van ons vra. Hoe meer ons dit doen, hoe makliker word dit. Ons doen dit uit liefde vir Hom en nie uit vrees nie.

Gebed
Here, dankie dat U volmaak is. Dankie dat U vir my lief is. Ek wil graag in U voetspore stap. Help my om vandag te doen wat U van my vra. Amen.

Donderdag 7 Januarie

Matteus 5:38-48
44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? (Mat. 5:44-46)

Om oor te gesels:
Jesus gaan voort om in die Bergrede oor verhoudings te praat. Mense het gedink dat jy maar mense kan terugkry as hulle iets aan jou gedoen het en dat jy jou vyande kan haat. Jesus kom wys en gee ’n nuwe opdrag. Ons moet ons vyande liefhê en vir hulle bid.
Dit is egter moeilik, maar ons kan begin deur te bid dat die Here ons harte verander om met ’n nuwe gesindheid na die mense om my te kyk.
In plaas daarvan dat ek vir iemand kwaad is, of jaloers is, dat ek vir hom/haar sal bid. Vra die Here om jou hiermee te help. Dit bly ’n proses en gebeur nie oornag nie.

  • Vir wie wil jy vandag bid?
  • Is daar iemand wat die Here op jou hart lê?

Gebed
Here, dit is vir my moeilik om te vergewe.
Here, leer my om te kan bid vir mense wat my te na kom.
Here, leer my om U lief te hê sodat ek my vyande ook kan liefhê. Amen.

Woensdag 6 Januarie

Matteus 5:27-37
Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.” (Mat. 5:37)

Om oor te gesels:
Jesus praat oor verhoudings en dat ons optrede in verhoudings implikasies het. Ons moet altyd die beste in verhoudings koester.
Ons moet altyd probeer om verhoudings te herstel, en nie net soek na verskonings om hulle te verbreek nie.
Jesus beklemtoon hoe belangrik dit is om die waarheid te praat en vertroue met jou woorde in te boesem. Ons moet die erns van ons woord nie onderskat nie.

  • Beywer jy om jou verhoudings te koester? Wat kan jy vandag doen vir iemand naby aan jou?
  • Maak jy erns met jou woorde?

Gebed
Here, ek faal baie keer in my verhoudings, maar help my om dit altyd te koester. Mag my woord my eer wees en so aan U al die eer gee. Amen

Dinsdag 5 Januarie

Matteus 5:17-26
17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.
20 Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”
(Mat. 5:17, 20)

Om oor te gesels:
Jesus is besig met Sy Bergrede en sê vir almal wat na Hom luister dat Hy nie die wet en die profete (Ou Testament) kom ongeldig maak het nie, maar dat Hy juis vir hulle kom wys het wat die bedoeling en volle betekenis daarvan was. Die mense van daardie tyd het gedink dat as jy doen wat die wet sê sonder dat jou hart daarin is, kan dit as getrouheid aan die Here beskou word.

Jesus haal uit die wet aan en praat dan oor versoening. Ons moet in vrede met mekaar leef. As jy weet iemand het iets teen jou, moet jy eers gaan vrede maak. Koester die verhouding. (Mat 5:23-24)
Dit is verseker moeilik, maar op hierdie manier help ons die koninkryk van God kom.

  • Is daar iemand met wie jy vandag vrede moet maak? Of liefdevol mee moet praat?

Gebed
Here, dit is moeilik om die regte ding te doen. Partymaal wil ek liewer net doen soos wat ek dink, en dink dis genoeg, maar help my om U koninkryk te laat kom. Help my om in vrede te leef. Amen.

Maandag 4 Januarie

Matteus 5:13-16
13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.
14 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matt 5:13-16)

Om oor te gesels:
Nadat Jesus die saligsprekinge gedeel het en vir Sy volgelinge gesê het dat hulle geseënd sal wees, ook as dit swaar gaan met hulle, moedig Jesus hulle aan met hierdie twee treffende beelde. Hulle en ons is die sout vir die aarde en lig vir die wêreld.
Met beide hierdie beelde mis jy dit dadelik as dit nie daar is nie. As daar nie sout in kos is nie, proe jy dit en as daar nie lig is nie, sien jy net donkerte.
Jesus moedig ons aan om met alles wat ons doen aan ander te wys dat Hy dié verskil in ons lewens is. Dit gaan nie daaroor dat mense ons eer en waardeer vir wat ons doen nie, maar dat die Vader in die hemel verheerlik sal word.

  • Waar kan jy vandag vir iemand iets doen sodat hy/sy die Vader se goedheid sal beleef?

Gebed
Here, soms voel ek nie of ek vir iemand iets kan beteken nie, maar U roep my op om ’n verskil te maak waar ek vandag is. Help my om vandag vir iemand sout en lig te wees. Amen.

Saterdag 2 Januarie

Psalm 131
Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. 2 Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. 3 Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.
(Psalm 131:1-3)

Om oor te gesels:
Om te rus by die Here is ’n bewustelike keuse. Een manier om te rus is nie heeltyd aan jouself te dink nie en ook nie besorg te wees oor dinge wat bo ons vermoë is nie. Ons kan rus en tevredenheid by die Here ervaar, wanneer ons wag op die Here - om bewustelik afhanklik van Hom te leef in alles wat ons doen.

  • Wat is dit waaroor jy jou onnodig bekommer en besorg is waaraan jy niks kan doen nie?
  • Waaroor is jy besorg wat binne jou vermoë is om te kan verander?
  • Wat beteken dit vir jou om te wag op die Here?

Gebed
Here, laat my nie besorg wees oor dinge wat ek nie kan verander nie. Laat ek dinge raaksien wat ek wel kan verander en gee my die wysheid om te kan onderskei tussen die twee. Ek wil my rus en tevredenheid in U beleef. Amen.

Vrydag 1 Januarie

Matteus 11:28-30
28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30 My juk is sag en my las is lig.” (Mat. 11:28-30)

Om oor te gesels:
Hierdie is seker een van die bekende uitnodigings van Jesus, maar ook een van die moeilikstes. Ons sukkel om te rus en oor te gee. Lees hierdie teks in die Boodskap vertaling en mag dit jou inspireer vir die jaar wat voorlê.

“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.
“Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê.
29 “Kom ontdek watter vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef.
“Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, 30 as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.”
(Mat. 11:28-30 Die Boodskap)

Gebed
Here, hierdie is my begeerte en wens vir die nuwejaar. Mag ek die sin en vreugde van die lewe saam met U ontdek. Amen.

Donderdag 31 Desember

Jesaja 40:28-31
28Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jesaja 40:28-31)

Om oor te gesels:
Ons is aan die einde van 2020 en jy mag dalk moeg voel en nie kans sien vir wat voorlê nie. Dalk was hierdie jaar vir jou baie moeilik gewees en is jy bekommerd oor wat die volgende jaar vir jou inhou.
Jesaja kom gee vir die volk die belofte dat die Here, die ewige God en Skepper hulle en ons nooit sal alleen los nie.
Hy is die een wat vir ons krag gee as ons nie meer kan nie. Ons kan Hom daarvoor vertrou.

  • Om te rus in die Here beteken om jouself aan Hom oor te gee. Om te erken as jy moeg en afgemat geraak het. Om te erken as jy gestruikel het. Die Here tel ons weer op.
  • As jy terugkyk op die jaar kan jy sien hoe die Here jou gedra het, toe jy gedink het jy kan nie meer nie. Sê vir die Here daarvoor dankie.
  • Mag jy ervaar hoe die Here vir jou nuwe krag gee en jou op arendsvlerke laat vlieg en dat jy nie sal moeg word nie.

Gebed
Here, dankie dat U my hierdie jaar gedra het toe ek nie meer kon nie. Dankie dat U nie moeg en afgemat word nie. Dankie dat U my altyd optel en op arendsvlerke laat vlieg. Dankie dat U so getrou is. Amen.

Woensdag 30 Desember

Psalm 94
18 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. 19 Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. (Psalm 94:18-19)

Om oor te gesels:
Party maal beleef ons nie die Here se rus oor die onrus wat in ons leef. Die Psalmskrywer kyk om hom en wonder hoekom dinge gaan soos dit gaan. Hy sien onreg raak en mense wat net doen wat hulle wil, terwyl hyself swaarkry. Hy besef dan dat hy ook sy onrus aan die Here moet oorlaat, want vers 13 sê: “vir wie U rus gee na tye van teëspoed”. Die Here se troue liefde hou hom regop en gee rus. Die Here het hom gehelp.

  • Daar mag dinge wees wat onrus in jou veroorsaak. Gee dit vandag vir die Here, sodat jy ook Sy rus kan beleef.
  • Die Here sélf bring vertroosting en rus. Weet dat Sy troue liefde ons regop hou. Hy is die enigste Een wat help.

Gebed
Here, dit is so maklik om op alles te fokus wat my onrustig maak en dit oorweldig my soms. Help my om my onrus vir U te gee, sodat ek U vertroosting en rus kan ervaar. Dankie dat U liefde my altyd regop hou. Amen.

Dinsdag 29 Desember

Psalm 23
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is (Psalm 23:1-2)

Om oor te gesels:
Een van die maniere om God se rus te ervaar, is om te erken dat Hy ons Herder is. Hy is die Een wat in beheer is en ons versorg. Wanneer ek toelaat dat die Here soos ’n herder vir my sorg, kan ek Sy rus en groen weivelde ervaar. Ek sal dan ook niks kort kom nie.

Hierdie rus in die Here beteken nie dat dit altyd net maklik is nie. Psalm 23:4 herinner ons dat selfs as dit moeilik gaan en ons donker dieptes gaan is die Here steeds daar.

  • Laat jy toe dat die Here jou Herder is sonder om heeltyd self beter te wil weet wat jy nodig het?
  • Waar ervaar jy die Here se rus in groen weivelde?
  • Hou vas aan die wete dat jy nooit alleen is nie!

Gebed
Here, U is my Herder! Dit is my verlange en my getuienis. Mag ek vandag U rus in groen weivelde ervaar. Selfs al gaan dit moeilik, weet ek dat U by my is, want in U hande is ek veilig. Amen.

Maandag 28 Desember

Psalm 62
6 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. 7 Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. 8 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. (Psalm 62:6-8)

Om oor te gesels:
Ons gaan hierdie week stilstaan by rus. Wat beteken dit om in die Here te rus. Jy mag dalk nou met vakansie wees of jy kan werk en uit sien na rus. Jy kan egter in die Here rus as jy werk of as jy met vakansie is. Dit gaan oor ’n ingesteldheid.

  • Het jy behoefte om te rus in die Here?
  • Wat sal jy vir die Here wil sê as jy by Hom kom rustig word? Dink na oor hierdie teks terwyl jy met die Here praat.
  • Maak vandag iewers tyd om weer hierdie teks te lees en by die Here tyd te spandeer en te rus. Probeer om vers 6 te memoriseer.

Gebed
Here, ek wil vandag by U kom rus. Ek raak so besig dat ek vergeet om net tyd saam met U te spandeer en in U liefde te rus. Help my om vandag weer by U rus te vind, want ek weet ek kan U vertrou. Amen.

Saterdag 26 Desember

Matteus 11:2-6
Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge 'n boodskap aan Hom gestuur om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?”  Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig. En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”

Om oor te gesels:

  • Het jou omstandighede jou al ooit laat twyfel of Jesus die antwoord is op alles in jou lewe? Watter omstandighede is daar tans wat jou laat twyfel?
  • Jesus probeer nie oortuig nie, maar wys na al die wonderwerke wat hy reeds besig is om uit te voer. Is daar wonderwerke in jou lewe wat terugwys na Jesus? Dink aan die kleinste wonders in jou dag!
  • Wanneer omstandighede jou oorweldig, hoe kan jy eerder meer staatmaak op die Here in daardie omstandighede?

Gebed:
Here van my lewe,
Na al die feesvieringe en besig wees van Kersfees, staan ek stil en wonder waaroor alles werklik gaan. Waaroor al die voorbereidings en harde werk gegaan het. En ek besef dat ek dalk my fokus bietjie verloor het.
Here, ek het meer op self, familie en die liggies van Kersfees gefokus. Ek het meer op die probleme, spanning en bekommernisse wat steeds teenwoordig is gefokus. En dan wonder ek of U steeds die oplossing op alles in my lewe is.
Here, ek is jammer. Ek is skuldig. Ek vra vergifnis. Here, help my ongeloof. Here, help my fokus. Here, help my. Ek weet ek is 'n mens met soveel tekortkominge. Here, sal U asb elke tekortkoming gebruik om U naam groot te maak en aan te vul sodat ek meer op U vertrou.
Dankie Here dat U steeds dié een is. Dankie dat U steeds werklik die Here van my lewe is.
Amen

Donderdag 24 Desember

1 Johannes 1:1-4
67Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê: 68“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. 69'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. 70So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy heilige profete: 71om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters; 72om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou. 73Met 'n eed het Hy dit bevestig aan ons voorvader Abraham dat Hy sou gee dat ons, 74gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien 75in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe. 76“En jy, kindjie, 'n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak, 77om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, 78danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, 79om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

Om oor te gesels:

  • Hoe dink jy het Sagaria gevoel toe hy die belofte van ‘n kind ontvang het? Het die Here al ooit vir jou ‘n belofte in jou hart gegee wat vir jou amper onmoontlik voel? Hoe verskil of stem jou reaksie op die belofte met die van Sagaria?
  • Sagaria se reaksie was lofprysing toe sy belofte vervul is? Hoe sou jy reageer as God die belofte aan jou nakom?
  • Sagaria het ‘n gebed oor sy kind gebid. Watter gebede bid jy oor die vervulling van beloftes in jou lewe?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=-el5p7V2z7k
Deel met mekaar waarvoor julle bid vir julleself en julle gesin. Deel met mekaar waarvoor julle die Here vertrou. Bid dan elkeen vir die person regs van jou. Julle kan selfs die gebede skryf en vir mekaar gee.

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie Here dat ek nie te vuil is vir U om skoon te maak nie. Dankie Here dat ek nie te stukkend is vir U om te genees nie. Dankie Here dat ek nie te ver is vir U om by my te wees nie. Dankie Here dat ek nie te sondig is om te vergewe nie. Dankie Here dat ek nie te waardeloos is om lief gehê te word nie.
Ek is so jammer here dat ek kla in my onstandighede eerder as wat ek vashou aan U beloftes. Vergewe asb my ongeloof en gebrek aan vertroue. Ek weet U het ‘n wonderlike plan vir my lewe. Dankie vir die oorvloed seëninge wat U reeds vir my gegee het. Dankie Here vir die manier waarop U reeds besig is om U beloftes te vervul.
Amen

Woensdag 23 Desember

1 Johannes 1:1-4
1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.

Om oor te gesels:

  • Hoe het jou verhouding met God begin? Waarom het jy vir ‘n verhouding met God gekies?
  • Waarom is jy deel van ‘n geloofsfamilie? Hoe help ‘n geloofsfamilie jou om God te volg?
  • Hoe dien jy ander mense as gevolg van jou liefde vir God?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=QPwd_TQpsHY
Skryf ‘n storie van julle gesin se storie saam met die Here van die afgelope jaar. Sit fotos by en vertel van die hoogtepunte en die laagtepunte.

Gebed:
Here van my lewe,
Dankie vir die Skrif, die aanbiddingsliedere en gebede wat ons van ander ontvang het. Dankie da tons kan sien en hoor hoe U ‘n pad stap met U mense. Help my om ook so ‘n getuienis vir ander te kan bied. Help my om U lig te reflekteer in die donker wêreld. Dankie dat U ons oorvloedig seen. Dankie dat ons tot seen van ander kan wees. Help ons om in word en daad getrou U natevolg en te getuig van U grootheid. Mag lof en danksegging konstant uit ons harte loop!
Amen

Dinsdag 22 Desember

Psalm 103:1-5

_1Van Dawid. Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk._

Om oor te gesels:

- Wat het die Here vir jou in die afgelope jaar gedoen?

- Hoe het God vir jou gesorg en liefde bewys?

- Het jy al getuig van God se voorsienigheid? Vir wie sal jy vandag vertel van God se liefde?

Prakties

Maak ‘n Dankie Houer vir die volgende jaar. Maak seker daar is ‘n skryfding naby en papiertjies. Begin dan vandag deur neer te skryf waarvoor jy dankie wil sê. Maak seker julle beskryf ‘n bietjie meer oor die dag en omstandighede waarvoor jy dankie sê, sodat julle volgende jaar kan onthou waarvan julle gepraat het.

Gebed:

Here van my lewe,

Dankie, vir alles wat U reeds lewe lank vir my gee. U gee werklik in oorvloed. U het my omring met mense wat altyd na my kyk. U het my familie en vriende gegee wat my elke dag in woord en daad liefhet. Dankie vir mense wat my oplig en my help om my oë weer op U te laat fokus.

Dankie ook, Here, dat U my veilig bewaar het. U beskerm my teen die dinge wat lyk asof dit by ander spook. U help my om beter keuses te maak en gee my raadgewers om my te help met die moeilike besluite van die lewe. U praat op soveel maniere met my sodat ek altyd weet dat U naby is.

En Here, ek is so dankbaar dat ek diegene rondom my veilig en geliefd hou. Ek hoop dat u my die vermoë gee om elke dag vir hulle te wys hoeveel dit saak maak. Ek hoop dat u my die vermoë gee om aan hulle dieselfde liefde te gee as wat hulle aan my bewys het.

Ek is uiters dankbaar vir al u seëninge in my lewe, Here. Dankie dat ek daarvan bewus mag wees. U is goed. U voorsien. Dankie Here.

Amen

Maandag 21 Desember

Lukas 1:46-55

46En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, 47ek juig oor God, my Verlosser, 48omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, 49omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! 50Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. 51Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; 52maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; 53behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur. 54Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming 55soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

Om oor te gesels:

- As jy jou storie saam met die Here sou neerskryf, hoe sou dit lyk? Sou jy dit as ‘n loflied kon beskryf? Waarom of waarom nie?

- Weet jy van verhale of stories waar God goed was vir jou ouers en jou voorouers? Herinner jouself aan God se storie saam met jou familie voor jou.

- Waar het God jou al bygestaan in jou lewe? Herinner jouself aan jou eie reis saam met die Here.

Prakties

Kies saam as ‘n gesin ‘n loflied waarvan julle hou en wat diep betekenis vir julle het. Sit dit op julle fone as julle “ringtone”. Luister ook deur die dag daarna. Kyk of julle al die woorde van die lied kan saamsing.

Gebed:

Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!

Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.

Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.

Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin, deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms.

U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word.

As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is.

Hoekom gee U vir hom om?

En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie!

Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.

U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is;

U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.

U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het.

Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse.

Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!

Amen (Psalm 8)

Saterdag 19 Desember

Matteus 22:34-40

34Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, 35en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek. 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”

37Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

Om oor te gesels:

- Wat staan vir jou uit van hierdie teksverse? Hoe sou jy vir iemand anders hierdie gebooie verduidelik sodat hulle kan verstaan wat belangrik is om te doen?

- Waarom sou Jesus sê ons moet ander liefhê soos onsself? Wat kom eerste? Wat beteken dit prakties? Hoe leef jy dit uit?

- Hoe kan ons God se naam groot maak deur die manier waarop ons vir mense lief is? Hoe gaan jy vandag vir mense lief wees? 

Prakties

https://www.youtube.com/watch?v=NbMWauSgCD0

Maak ‘n klompie harte as versierings vir julle Kersboom, etenstafel of leefarea. Terwyl julle die harte maak vertel vir mekaar van al die maniere waarop God vir julle lief is en julle dit kan beleef. Deel ook sommer met mekaar van al die maniere waarop julle vir mekaar wys julle is lief vir mekaar.

Gebed:

Here van my lewe,

Ek dank U vandag vir die voorreg om vir ander te kan intree. Ek was al so dikwels die ontvanger van ander se gebede dat ek besef hoe kosbaar dit is.

Eerstens vra ek dat U my skoonwas van enige sonde wat ek nog nie bely het nie, sodat my gebede vir ander nie verhinder word nie. Ek dank U dat ek deur U kosbare naam, broos na U toe kan kom en met selfvertroue kan bid en weet dat U my gebede sal aanhoor.

Ek bring almal in my gemeenskap, my stad en my geloofsfamilie na U toe. Begin asseblief by diegene wat U reeds volg en staan hulle by om ander ten goede te beinvloed. Laat hulle die sout en lig wees wat ander na U toe lei. Verdiep hulle liefde vir U en vir mense rondom hulle. Beskerm hulle teen skynheiligheid en versoekings wat U koninkryk skade kan berokken.

Rig leiers op wat U getrou sal volg ten koste van alles. Rig pa’s se harte  op hulle kinders en families se harte op U. Help hulle om ‘n voorbeeld van U te wees en maak hulle sterk in hul geloof. Versterk my eie familie en almal vir wie ek lief is, Here. Mag ons liefde vir U ons versterk om ander lief te hê, hulle te vergewe en ‘n verskil in die wêreld te maak.

Ek bid vir onderwysers, studente en vir almal in leiers posisies, plaaslik en regoor die wêreld. Rig hulle denke op U en omring hulle met goddelike raadgewers wat integriteit en regverdigheid voorop stel. Staan hulle by om U hoog te ag en U nie te ignoreer nie.

Stuur herlewing Here! Ek bid vir die verlorenes, die hartseer, die eensames, die siekes, die bedroefdes, en hulle wat gevange is, tussen fisiese en/of psigiese tronkmure.

Stuur asseblief U troos, U vrede en U kalmerende teenwoordigheid aan diegene sonder hoop. Beskerm die weerloses, Here en hou hulle styf naby aan U hart.

Ek bid dat arbeiders regoor die wêreld U groot Naam sal uitdra. Here, my hart gaan uit na vervolgde Christene ook. Maak hulle dapper en laat hulle veilig voel in U goddelike beskerming. Ek bid dat U spoedige bekering sal bring onder diegene wat die onskuldiges vervolg.

Bind die mag van satan en versterk gelowiges wêreldwyd. Daar is so baie behoeftes, Jesus, maar U is genoeg vir elke behoefte. U naam is Almagtig en U krag is groot!

So dit is U naam waarin ek bid en glo.

Amen

Vrydag 18 Desember

Johannes 3:16-19

16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. 19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.

Om oor te gesels:

- Wat is jy bereid om uit liefde te gee? Watter opoffering is net te groot om te vra?

- Wat sou gebeur indien God gevoel het daar is net sekere opofferings wat te groot is? Opofferings wat Hy nie kan maak nie, omdat Hy trots is, of God is?

- Wat is die verskil tussen ons houding en God se houding as dit kom by liefde? Praat met die Here oor wat Sy wil is vir jou as dit kom by liefde.

Prakties

Maak ‘n klompie harte as versierings vir julle Kersboom, etenstafel of leefarea. Terwyl julle die harte maak vertel vir mekaar van al die maniere waarop God vir julle lief is en julle dit kan beleef. Deel ook sommer met mekaar van al die maniere waarop julle vir mekaar wys julle is lief vir mekaar.

Gebed:

Here van my lewe,

Ek kom in U teenwoordigheid so bewus van my menslike broosheid en tog oorweldig deur U liefde vir my.

Ek dank U dat daar geen menslike ervaring is waardeur ek kan loop, waar U liefde my nie kan bereik nie.

As ek die hoogste berg klim, is U daar en as ek my in die donkerste vallei van my lewe bevind, is U daar.

Leer my vandag om U meer lief te hê.

Help my om te rus in hierdie liefde wat niks meer vra, as die eenvoudige hart van ‘n kind wat net vertrou nie.

Amen

Donderdag 17 Desember

Openbaring 4:8b

8bHulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.”

Om oor te gesels:

- As jy vandag ‘n Psalm/lied vir Here moet skryf oor jou belewenis van Hom, hoe sou dit klink?

- Waarvoor is jy in verwondering oor die Here?

- As jy dit in een sin moet saamneem, wat sou die sin wees? Herhaal hierdie sin deur die dag vir jouself.

Prakties

Hoe lyk dit om vir iemand te aanbid? Hoe aanbid julle die Here? Is daar iets wat julle fisies kan doen om julleself en ander te wys julle gaan nou vir God aanbid?

Gebed:

Lord of my life, Abba, Father, you are the Alpha and Omega, the Beginning and the End.

You are the Christ, the Son of the Living God. You are my Creator and my Counsellor, guiding me daily to make wise decisions. You are my Comforter in sorrow, pain, or distress.

I praise you for drawing near to me when I draw near to you.

You are El Roi, the God who sees me, and you are Eternal, Lord.

You are my heavenly Father, and the father of the fatherless. How great are you and your faithfulness, God, day in and day out. You are holy, yet you made a way for me to approach you.

I praise you for being my Helper, and for your Holy Spirit's conviction, correction, and protection in my life. You are invisible, but I see you with eyes of faith.

You are Jehovah God, and Jehovah Jireh, the One who provides for all my needs.

I praise you as my Jehovah Rapha, my God who heals, and for being Jehovah Rah, My faithful Shepherd.

You are not just King, but you are King of Kings, and Lord of Lords.

And yes, you are Jesus, the name above all names. With my whole heart I praise you, God.

You are Messiah, the soon and coming King. You are omniscient; you know all things.

You are omnipresent; everywhere at all times.

You are my Peace, my Protector, and the High Priest who became my Redeemer and Sacrifice forever. You died to set me free; you rose again and gave me Victory over death. No longer am I enslaved in sin; you are my Salvation, my Rescuer and my Refuge. You give me hope within. I praise you because you are trustworthy and true.

You are my Teacher, and your understanding and wisdom is beyond finite minds; you promise wisdom to me when I ask.

You are the Way, the Truth, and the Life.

Lord, I love that you delight in me and that you rejoice over me with singing. You know the number of hairs on my head, and you are always thinking of me.

You are preparing a place for me so that one day I will live with you forever. Maybe then—and only then—will I be able to praise you adequately in a way not possible here on earth—the way you truly deserve.

All my love, all my praise to you. Lord, oh, Lord.

How excellent is your name in which I pray!

Amen - Rebecca Barlow Jordan

Woensdag 16 Desember

Filippense 4:4-9

4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. 9En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Om oor te gesels:

- Hoe help danksegging ons met blydskap?

- Hoe help die rig van ons gedagtes ons met blydskap? Waar is jou blydskap as jy op jou probleme fokus? Waar is jou blydskap as jy op jou seëninge fokus?

- Hoe help God se teenwoordigheid in jou lewe jou met blydskap?

Prakties

Gesel vandag oor julle die beste ervaring van Kersfees is. Wat geniet julle die meeste van die hele seisoen? Wat is anders met Kersfees as die res van die jaar?

Gebed:

Here van my lewe;

Die woord oorweldig het gewoonlik negatiewe konnotasies. Dit sê gewoonlik iets is net te veel. Here, vandag wil ek vra dat ek oorweldig sal wees met U. Want daar is nie ‘n “te veel” van U nie.

Here, U seën my elke dag op soveel klein maniere. Te veel om werklik te tel. Dan bring U groot seëninge in ons lewens en ons is oorweldig. U seën ons met meer as wat ons ooit voor kan vra. U seën ons met oorvloedige liefde, genade, goedheid, hoop en beloftes van U. Ek is in verwondering oor die grootheid van U en U liefde en trou aan my.

Met nimmer-eindigende krag en mag, beskerm U my. U teenwoordigheid omring my, stel my gerus en beskerm my wanneer die lewe my wil terneerdruk. Ek is in verwondering van U konstante sagtheid en getrouheid. U hou net aan gee en seën.

Wanneer ek dink oor hoe U gekies het om op te offer vir my sondes, is ek oorweldig deur hartseer en blydskap. U het self op geoffer sodat ek kan leef vir ewig. Dit is ‘n ongelooflike geskenk. Ek is oorweldig deur die blydskap van die Here.

Amen

Dinsdag 15 Desember

Johannes 14:27

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Om oor te gesels:

Vrees het ‘n manier om vreugde te steel. Vrede gee die kans om weer vreugde te kan beleef.

- Watter vrese steel jou vreugde op die oomblik? Is dit wat die Here vir jou wil hê? Waarom of waarom nie?

- Hoe kan jy die vrese neer sit en meer vrede beleef? Hoe gaan jy dit vandag doen?

- Totdat jy meer vrede beleef, hoe kan jy vreugde in jou lewe inbou?

Prakties

Vier vandag. Al voel julle nie daar is iets om te vier nie, vier vandag. Maak iets lekker om te eet vir aandete, versier die tafel, drink en eet uit die mooi eetgerei, en deel alles waarvoor julle dankbaar is met mekaar.

Gebed:

When peace like a river, attendeth my way

When sorrows like sea billows roll

Whatever my lot, thou hast taught me to say

It is well, it is well, with my soul

It is well

With my soul

It is well, it is well with my soul

Though Satan should buffet, though trials should come

Let this blest assurance control

That Christ has regarded my helpless estate

And hath shed His own blood for my soul

It is well (it is well)

With my soul (with my soul)

It is well, it is well with my soul

My sin, oh, the bliss of this glorious thought!

My sin, not in part but the whole

Is nailed to the cross, and I bear it no more

Praise the Lord, praise the Lord, o my soul!

It is well (it is well)

With my soul (with my soul)

It is well, it is well with my soul

It is well (it is well)

With my soul (with my soul)

It is well, it is well with my soul.

Amen (It is well with my soul – Horatio Spafford)

https://www.youtube.com/watch?v=zY5o9mP22V0

Maandag 14 Desember

Prediker 9:7-10 (Fokus vers 10)

7Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. 8Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. 9Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld. 10Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.

Om oor te gesels:

- Wat gee vir jou vreugde in die lewe?

- Doen jy dit wat vir jou vreugde gee met toewyding? Waarom of waarom nie?

- Waarom dink jy sou die Here wou hê moet ons moet vreugde in die lewe beleef?

Prakties

Dink na oor die tradisies wat julle as ‘n gesin het. Watter tradisies gee vir julle vreugde? Watter lekker tradisies kan julle byvoeg om saam pret te hê?

Gebed:

Here van my lewe,

Ek bid dat U my sal vul met die blydskap van die Here, ‘n oorweldigende blydskap. U vreugde is anders as enige iets anders wat die wêreld vir ons kan bied. U vreugde bring vrede, vertroue, hoop en rus want U is in beheer.

Die woord sê in Nehemia 8:11: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.” Here, ek sal my oë lig van alles wat ek dink vir my sekerheid gee en op U plaas. Ek weet my vreugde en vrede kom van U.

Dankie Here

Amen

Saterdag 12 Desember

Lukas 2:8-20 (Fokus vers Lukas 2:10-11)
_8Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 10Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”
13Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:
14“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”
15Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”
16Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. 17Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 18Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. 19Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. 20Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.

Om oor te gesels:

  • Hoe lyk blydskap en vreugde? Hoe voel blydskap en vreugde? Wat laat blydskap en vreugde jou doen?
  • Waarom het hierdie skaapwagters blydskap en vreugde beleef?
  • Voel jy steeds dieselfde vandag wanneer jy aan Jesus se koms dink?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=Nu018_9wF7k
Luister vandag na Kersfees liedere. Sit julle gunsteling Kersfees liedjies op. Indien julle nie self liedere het nie, gebruik die volgende:
https://www.youtube.com/watch?v=c60OdnFNbTg
https://www.youtube.com/watch?v=mAUjSLyW238
https://www.youtube.com/watch?v=hUMYsmRvIRA
https://www.youtube.com/watch?v=AdadBIqqyZg

Gebed:
Lord, make me an instrument of your peace
Where there is hatred let me sow love.
Where there is injury, pardon.
Where there is doubt, faith.
Where there is despair, hope.
Where there is darkness, light.
Where there is sadness, joy.
O divine master grant that I may not so much seek to consoled as to console,
to be understood as to understand, to be loved as to love.
For it is in giving that we receive, it is in pardoning that we are pardoned, And it is in dying that we are born to eternal life.
Amen (St Francis of Assisi)

Vrydag 11 Desember

Romeine 8:37-39

_37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here._

Om oor te gesels:

- Wat beteken hierdie teks vir jou?

- Wie in jou lewe of om jou het dalk hierdie teks nodig? Bid vir hierdie persoon vandag.

- Hoe kan jy vandag na hierdie persoon uitreik?

Prakties

Dink bietjie oor die mense in julle lewens. Wie dink jy het nodig om te hoor en onthou dat Jesus vir hulle ook gekom het? Wat kan julle doen om vir hierdie persoon daaraan te herinner? Hoe gaan hierdie persoon Jesus se liefde by julle voel?

Gebed:

Heer van my lewe,

Ek wil hê wat U wil hê, Here.

Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.

Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.

Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.

Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.

Here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.

Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.

Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.

Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.

Amen.

Donderdag 10 Desember

Romeine 6:23 (Die Boodskap)

_23Ek sê weer: as ’n mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning. So eenvoudig is dit. God gee egter aan ons die ewige lewe verniet. Dit is sy geskenk aan ons wanneer ons in Christus Jesus as ons Here glo._

Om oor te gesels:

- Die geskenk van vergifnis is van onskatbare waarde. Tog sukkel mense om dit te aanvaar. Waarom dink jy is dit vir mense moeilik om totale vergifnis vir hulle sonde te aanvaar?

- Kan jy jouself vergewe vir die foute wat jy gemaak het of jou skuld in die omstandighede waarbinne jy jouself vind? Waarom of waarom nie?

- Hoe help dit jou om jouself steeds verantwoordbaar te hou vir jou verlede? Hoe keer dit jou om ten volle vir God te lewe en in verhouding met Hom te wees?

Prakties

https://www.youtube.com/watch?v=7i9US-qbeJE

Praat vandag oor watter straf is gepas vir die huisreëls wat gebreek word. Waarom is dit nodig dat ons gestraf moet word as die reëls oortree word? Wat sou gebeur as mamma of pappa jou een keer net sou vergewe vir die reël wat gebreek is, sonder dat jy dit verdien (nie vir jou straf sou gee nie)? Praat oor ‘n keer wat jy nie gestraf is nie, alhoewel jy weet jy ‘n groot fout gemaak het. Hoe het dit gevoel?

Gebed:

Here van my lewe,

Dankie dat U vir my aan die kruis gesterf het. Ek vra dat U asb my my sondes sal vergewe. Vergewe my asb vir al die slegte dinge wat ek doen. Help om op te hou om die verkeerde dinge te doen. Help my asb om te begin om die dinge te doen wat U wil hê ek moet doen.

Dankie Here dat U my vergewe. Dankie dat U vdit vir my moontlik maak om vir ewig by U te spandeer. Here, help my om vir die res van my lewe U te dien en U wil vir my lewe na te jaag.

Amen

Woensdag 9 Desember

Matteus 24:42-44

42Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie. 43“Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie. 44Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.”

En Hebreërs 10:23-25

23Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Om oor te gesels:

Mense vir duisende jare gewag vir Jesus se koms. Nou wag mense vir duisende jare vir Jesus se tweede koms.

- Wat hoor jy as jy die tekste lees? Wat staan vir jou uit?

- Hoe lyk dit om te wag? Kan jy aan verskillende maniere dink waarop mense wag? Hoe het die sterrekykers gewag vir Jesus se koms? Hoe was hulle voorbereid?

- Hoe dink jy wil Jesus hê jy moet leef tot hy weer kom?

Prakties

Beplan om die naweek iets te doen wat julle as gesin baie geniet. Of dit fliek kyk, nagereg eet, bordspeletjies speel piekniek of partytjie is. Herinner mekaar die heeldag daaraan. Stuur boodskappe. Bel. Wys prentjies daarvan. Praat dan tydens ete hoe dit voel om heeldag herinner te word aan dit at lekker is, maar waarvoor julle moet wag. Julle kan die hele week julle verwagting van wat die naweek kom aanmoedig! Sien hoe lekker dit dan die naweek gaan wees!

Gebed:

Here van my lewe,

Vergewe asb my twyfel, my bekommernisse en vrese.

Vergewe my vir my ongeduld terwyl ek hier wag.

Vergewe my dat ek die storie wat U vir my lewe geskryf het bevraagteken.

Ek glo, help my in my ongeloof.

Help my om te onthou dat dit goed is om op U te wag.

Gee asb vir my die vreugde wat daarvan kom om U te ken.

Vul my hart met goeie nuus blydskap.

Amen

Dinsdag 8 Desember

Jesaja 40:1, 3-5
1Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê. 3Iemand roep: “Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God! 4Elke laagte moet opgevul word, elke berg en rant moet gelykgrond word. Elke bult moet 'n gelykte word en elke koppie 'n vlakte. 5Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien. Die Here self het dit gesê.”

En Matteus 3:1-4
1In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek 2en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” 3Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” 4Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.

Om oor te gesels:

  • Wat is spesiaal van hierdie twee gedeeltes?
  • Wie was die stem in die “wildernis”?
  • Wat is die boodskap wat hy vir die mense bring?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=2JpvW9FU_Rg
Dink bietjie saam oor die dinge wat julle gevangene hou. Dalk is dit materiële dinge, werk, verhoudings, gedagtes of verwagtings. Hoe kan julle hierdie Kers seisoen nie toelaat dat hierdie dinge meer aandag neem as Jesus se koms nie?

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek is hier in U teenwoordigheid. Praat met my Here. Vul my met u Gees en transformeer my.
Here, gee my asb. die gawe om U stem te hoor en gehoorsaam te wees.
Here, laat my asb. in vloei wees met die Heilige Gees. Laat my U ritme hoor en nie huiwer om dit te volg nie.
Here, ek vra dat U my sal help om U stem te hoor, en nie bang te wees om U wil te volg nie.
Here, leer my om totaal afhanklik te wees van U. Leer my om meer van U te reflekteer en minder van myself.
Here, help my om ‘n lewende offer vir U te wees.
Amen

Maandag 7 Desember

*Matteus 2:1-12* (fokusteks vers 11)

_Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre._

*Om oor te gesels:*
Die sterrekykers het die sterre dop gehou met ‘n verwagting dat iemand gaan kom. Hulle was voorbereid om te vertrek toe hulle die ster sien. Hulle het selfs geskenke saam geneem vir die kind.

- Waarvoor is jy verwagtend?

- Hoe is jy voorbereid op dit wat jy verwag?

- Watter geskenke wil jy vir jou gesin en die wêreld in hierdie Kers seisoen gee? Moenie net dink aan fisiese geskenke nie. Hoe kan jy van jouself vir ander gee in die tyd?

*Prakties*

Kersgeskenke gebeur nie net nie. Maak ‘n lys van kers geskenke wat julle vir julle gesin kan kry of maak. Maak eers ‘n lys van die mense. Dink dan aan watter geskenke vir hulle die meeste betekenis sal dra. Dink buite die boks. Dalk kan julle briewe skryf, videos opneem, vir hulle geskenke maak, iets saam met hulle doen, tyd saam spandeer,  of diens vir hulle doen.

*Gebed:*
Here van my lewe,

dit is u wat ons seën met alle goeie dinge. Help ons om hierdie tyd wat ons saam spandeer te koester terwyl ons voorberei om verskeie geskenke oop te maak. Ons weet dat die gee van geskenke een manier is waarop ons ons liefde vir mekaar toon. Laat hierdie geskenke ons ook herinner aan die grootste geskenk van liefde wat U aan ons gegee het. Dankie vir die opoffering van U seun aan die kruis. Dit het ons lewens verander. Help ons om ook so van onsself aan ander te gee

Amen.

Saterdag 5 Desember

*Romeine 15:13*

_Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!_

*Om oor te gesels:*
- Daar is verskeie goed waarvoor ons kan hoop in die wêreld vandag. Hoe lyk jou hoop vir HULP? Hoe lyk jou hoop vir OORWINNING? Hoe lyk jou hoop vir KRAG? Hoe lyk jou hoop vir die EWIGHEID?

- Hoe praat julle gesin oor Hoop? Is dit sigbaar in julle daaglikse lewe?

- Hoe verskil ‘n lewe wat gevul is met hoop van die wat hopeloos is? Hoe kan julle mekaar herinner om aan hoop vas te hou?

*Prakties*

Versier die huis. Soos ons, nou ons harte voorberei vir Jesus se koms. Gebruik die dag om julle huis ook te versier vir die fees seisoen.

*Gebed:*
Here van my lewe,

Ek het op my eie aangegaan en m hoop op soveel goed geplaas wat my teleurgestel het.

Dankie dat U vir Jesus gestuur het om my verlosser van al hierdie dinge te wees. Ek glo Hy het gekom om my vry te spreek en my nuwe lewe in oorvloed te gee.

Here, leer vir my hoe om met hoop, met ‘n verwagting en in antisipasie te leef dat U  my lewe sal verander, my karakter sal aanpas om meer soos U karakter te lyk, en om my omstandighede te verander.

Here, ek plaas my hoop in U en vra dat U my asb. bewus sal maak van U teenwoordigheid in my lewe. Dankie Here dat ek hiervoor kan vra.

Amen

Vrydag 4 Desember

*Jesaja 9:5-6*

_Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg._

*Om oor te gesels:*
- Wat is hoop? Die mense van die antieke tyd het gehoop vir ‘n verlosser. Waarvoor het hulle gehoop? Wat het ‘n verlosser behels?

- Hoe het Jesus gekom om die verlosser te wee? Hoe was Jesus anders as dit waarvoor die mense gehoop het?

- Waarvoor hoop jy? Hoe vervul Jesus jou hoop hierdie Kers seisoen?

*Prakties*

Gooi water Balonne. Speel buite met water Balonne. Gooi vir mekaar die ballon. Begin lekker naby aan mekaar. Elke keer wat jy die ballon gevang het, moet jy ‘n treë terug gee. Kyk hoe ver julle kan staan voordat julle nie die ballon kan vang of gooi nie.

Wanneer het jy die meeste hoop gehad dat julle die ballon sal raak vang? Wanneer was dit die moeilikste om hoop te hê dat almal die ballo sal vang?

*Gebed:*
Here van my lewe, help my om vas te hou aan gebed, om in U Woord te vertrou en in alle omstandighede getrou U te volg.

Here, herinner ons dat ons Hoop in U nooit ‘n fout is nie, dat ons vertroue en geloof sal toeneem soos ons vrese en bekommernisse sal afneem.

Here, help ons om ‘n lig vir die wêreld te wees vir almal wat in nood verkeer. Help ons om ‘n voorbeeld te wees van liefde en sagmoedigheid. Mag ons getuies wees van U genade en glorie.

Amen

Donderdag 3 Desember

Matteus 1:1-17 en Lukas 3:23-38 (fokusteks Matteus 1:1)
Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham

Om oor te gesels:

  • Matteus neem Jesus se geslagsregister terug tot by Abraham. Lukas neem Jesus se geslagsregister terug tot by Adam die seun van God. Waarom is hierdie geslagsregisters so belangrik?
  • Kyk bietjie na julle eie geslagsregister? Wie het voor julle gekom? Watter nalatenskap het hulle vir julle gelos as dit kom by geloof? Wat leer julle van die geslagte voor julle?
  • Hoe het Jesus die geskiedenis kom verander? Hoe het Jesus mense se lewens kom verander?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=6nW7lyO6jHA
God is deel van mense se stories en families. Teken julle eie familie boom. Praat met mekaar of teken dalk: Waar is God sigbaar in julle familie se storie?

Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil vir U dankie sê vir elke lid van my familie. Dankie vir elke kosbare kind en elke besonderse volwassene.
U ken elkeen van ons harte, ons sterkpunte en ons swakhede. U weet van elke detail van ons lewens.
My gebed vanoggend Here is dat U elkeen van ons familielede nader aan U sal trek. Wys vir hulle wie U is. Here, laat elkeen van ons familielede hulle behoefte aan U sal ontdek. Here, ek vra dat U hulle harte sal aanvuur en vir hulle ‘n passie vir U sal laat kweek. Laat U Gees vir hulle ‘n hunkering na U sal wakker maak. Mag elkeen van ons familie U eerste najaag met hulle hele lewens.
Mag hulle U soek in elke oomblik vandat hulle wakker word tot hulle gaan slaap. Mag hulle U stem en wil in hulle gedagtes en harte vind. Mag hulle U raaksien oral waar hulle gaan en oral waar hulle kyk.
Here, ek bid ook vir elke familielid wat tans ver van U af leef. Here, waar hulle seermaak, mense te na kom, ons seermaak of ver van U af leef, vra ek dat U daar sal ingryp en hulle harte sal verander.
Here, indien dit nodig is, gebruik my om U liefde nie net vir die wêreld nie, maar ook vir ons familie uit te leef. Here, gebruik my soos U nodig het.
Amen

Woensdag 2 Desember

Matteus 1:18-23 (fokus vers 22-23)
18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. 21Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” 22Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: 23“Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.

Om oor te gesels:

  • Jesus se koms is deur verskeie profesieë bevestig. Hierdie gebeure is In Jesaja 7:14 beskryf. Watter ander profesieë of beloftes in die Ou Testament het Jesus se koms waar gemaak?
  • Is daar enige beloftes in God se Woord wat jy steeds vashou? Waarom kan ons God se beloftes vertrou?
  • Vertrou jy op God om Sy Woord te hou? Vertrou jy byvoorbeeld die beloftes van Josua :8-9, Jeremia 29:11, Jesaja 43:1-4? Waarom of waarom nie?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=v2xwT7j1FCE
Laat elkeen in die gesin ‘n stuk papier neem en sy naam bo aan skryf. Elkeen benodig ook ‘n muntstuk. Raai waarop die muntstuk gaan val as jy hom gaan gooi. Gooi die muntstuk in die lug en kyk of hy op sy gesig of rug val. Teken aan of jy reg of verkeerd was. Kyk hoe akkuraat elkeen was. Julle kan soveel tyd neem soos julle wil.
Die wonder van die speletjie is , dat ons baie akkuraat mag wees, tog steeds nie elke raaiskoot reg is nie. Maar met God se profesieë was nie net raaiskote nie. Elkeen van sy profesieë het waar geword. Ons kan daarop vertrou. Anders as ons eie raaiskote.

Gebed:
Father,
I abandon myself into your hands;
do with me what you will.
Whatever you may do, I thank you:
I am ready for all, I accept all.
Let only your will be done in me,
and in all your creatures -
I wish no more than this, O Lord.
Into your hands I commend my soul:
I offer it to you with all the love of my heart,
for I love you, Lord, and so need to give myself,
to surrender myself into your hands without reserve,
and with boundless confidence,
for you are my Father.
Amen (Charles de Foucauld, gedeel deur Jan Venter)

Dinsdag 1 Desember

Hebreërs 11 (Fokus verse 1-2)
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.

Om oor te gesels:

  • Vind jy dit maklik of moeilik om te glo? Kan jy vertrou op iets wat jy nie kan sien of verseker weet wat die uitkoms gaan wees nie? Deel met die Here jou hart.
  • Indien jy na hoofstuk 11 se getuienis kyk, wat ontdek jy? Die mense was nie perfek nie, tog het hulle geloof in God gemaak dat hulle by kon dra tot die geloofshelde waarna ons opkyk.
  • Hoe kan hierdie getuienisse jou hoop gee, in jou eie geloofsreis? Hoe kan jy in die Kers seisoen getuig van die verandering in jou as gevolg van Jesus se koms?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=ifCWN5pJGIE
Deel vandag met iemand hoe jou geloof jou help om anders te leef en dink oor die lewe.

Gebed:
Heer van my lewe, God van my lewe,
Wanneer ek dink oor die omvang van my lewe, voel ek dikwels klein en ongekend.
My taak voor my, lê soos 'n berg.
En in plaas daarvan dat ek die avontuur geniet, word ek vasgevang in angstigheid.
Jesus, help my om sterk te wees.
Dat my hart vir U sal waag met totale oorgawe van my inhibisies.
Mag U liefde enige vrese oorwin en verruil my twyfel vir vasberadenheid.
Mag U krag my swaksinnige gedagtes uit wis en versterk my gees met U krag.
Gee asseblief vir my die waagmoed om vorentoe te streef in volle vertroue vir U glorie.
Want in U Woord beloof U dat U my goed geskape het en dat U dit sal deursien.
Mag ek hierdie belofte ten volle koester en glo.
Amen

Maandag 20 November

Lukas 10:38-42

"38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Om oor te gesels:

  • Is daar goed waaroor jy op die oomblik besorg en bekommerd is? Waaroor is jy besorg en bekommerd?
  • Hoeveel van die goed waaroor jy besorg en bekommerd is, kan jy vir die Here gee en meer vrede beleef?
  • Hoe sou jy graag hierdie feesseisoen wou spandeer? Watter atmosfeer wil jy hê moet daar in jou huishouding leef? Hoe kan jy die Here hiermee vertrou?

Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=QmMBe5Jy2P0

Gebed:
God skenk my die kalmte om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge wat ek kan verander te verander;
en wysheid om die verskil te ken.

God, gee my die wysheid om een dag op 'n slag te leef;
een oomblik op ‘n slag te geniet;
om ontberinge as die weg na vrede te aanvaar;
God, help my om, soos Jesus, hierdie sondige wêreld
soos dit is te aanvaar, nie soos ek dit sou wou hê nie;
God help my om te vertrou dat U alle dinge sal regstel as ek my aan U wil oorgee;
En dat ek sal besef dat ek saam met U redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe en ek vir uiters gelukkig sal wees in die ewige lewe.
Amen

Saterdag 28 November

Johannes 15:5

“Stel julle dit goed voor: Ek is soos die druiwestok; julle is soos die takkies. Sonder die druiwestok beteken die takkies tog niks nie. Net so beteken julle ook niks sonder My nie. Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My. Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees. So sal julle vir God ’n vrugbare lewe kan lei.(Die Boodskap)

Bekering vra verandering

Ons het die week na ons bekering gekyk en watter groei dit van ons vra.

1. Jou oomblik van bekering is die begin van die veranderring in jou, en nie die einde daarvan nie.

2. Die eerste fase van my lewe as bekeerde is om kennis van God en Sy wil te leer. Om n goeie fondasie te bou vir ons bekering.

3. Die tweede fase van ons lewe as bekeerde vra dat ek ontdek dat die lewe nie oor my gaan en oor wat ek vir God moet doen nie (met of sonder ‘n doring in die vlees) maar dat dit gaan oor wat God vir my gedoen het.

4. Daarna kom gewoonlik storms wat ons geloof toets en ons oproep om meer as net die reëls en riglyne te volg, maar net in geloof in die storms ons oog op God te hou en so wonderre te vermag.

5. Nou ontdek ons dat ware vreugde nie beperk is tot die hemel nie, maar nou reeds haalbaar is, as ons God se liefde in ons lewe raaksien en nie uit vrees leef maar voluit leef omdat ons gered is uit liefde.

6. Ons verbintenis met God soos die druiwetakkies aan die wingerd maak dit alles moontlik. Ons band met God en God se band met ons bring lewe en vreugde.

Om oor na te dink

  • Waar staan jy in jou pad as bekeerde?
  • Verstaan jy die groeiproses, en het jy liefde en begrip vir ander gelowiges wat op 'n ander plek as jy is.
  • Onthou dit gaan nie oor wat ons vir God moet doen nie maar oor wat God vir ons gedoen het.
  • Besef wat God vir jou gedoen het en leef uit hierdie vreugde…

Gebed

  • Dankie Heer dat U vir my aan die kruis gesterf het.
  • Dankie dat U redding aan my 'n kans tot 'n nuwe vreugdevolle lewe gee.
  • Help my Here om so te groei dat U meer in my lewe sal word en ek minder.
    Amen.

Vrydag 27 November

Efesiërs 3:18-20

Ek bid ook dat julle, saam met al die ander Christene, sal kan ervaar hoe lief Christus ons regtig het. Sy liefde kan ons nie met woorde beskryf nie: dit is te groot en wonderlik. G’n mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie, want dit is baie groter as wat ons as mense is. Maar ek bid tog dat julle so ’n ietsie daarvan sal snap. Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.(Die Boodskap)

Bekering vra dat ons sal groei in ons geloof

  • Baie keer dink ons dat geloof beteken dat ons eers in die Hemel rerig vreugde kan vind.
  • As ons weg beweeg van vrees vir God en om sy "straf" te probeer vermy deur goeie werke, kan ons vreugde ervaar.
  • Waarlike groei as gelowige beteken dat ek ontdek dat God baie meer vir my en deur my kan doen as wat ek dink.
  • Ware geluk is wanneer ek God se groot krag en liefde in en vir my ontdek en raaksien.
  • As ek God in als om my en in my sien hoef ek vir niks te vrees. Veral nie vir God nie.
  • Ons moet net ons oë op Hom hou.

Om oor na te dink:

  • Dink daaraan dat als wat gebeur om ons… en meer, deur God se liefde beheer word.
  • Ons hoef niks te verdien maar kan net bakhand Sy liefde en genade ontvang.
  • Om waarlik gelowig te leef gaan nie oor wat ons vir God kan doen maar oor of ons besef wat Hy vir ons doen.
  • Dan kan ons waarlik vrede vind.

Gebed

  • Dankie Heer vir u liefde en vir wat U vir ons gedoen het
  • Help ons om al meer te ervaar wat U vir en in ons doen.
    -Dankie Heer dat U redding aan ons vrede gee.
    Amen.

Donderdag 26 November

Matt 14:26-30

Toe die dissipels Hom sien, het hulle hulle morsdood geskrik. “’n Spook, ’n spook!” het hulle benoud uitgeroep. Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel: “Bedaar. Dit is Ek! Moenie bang wees nie.” Petrus roep toe: “Here, as dit regtig U is, sê dan vir my om op die water na U toe te stap.” “Waarvoor wag jy? Kom!” het Jesus geantwoord. Petrus het dadelik uitgeklim en op die water na Hom toe begin stap. Maar toe hy sien hoe sterk die wind is, het sy moed hom begeef. Hy het begin sink. Hy roep toe benoud: “Here, red my!”(Die Boodskap)

Bekering vra dat ons sal groei in ons geloof

  • Nadat ons tot bekering gekom het en God se Woord begin bestudeer en leer begryp het moet ons steeds groei.
  • Baie gelowiges val hier vas met 'n skulgevoel dat hul kennis te min is of dat hul sonde te veel is.
  • Juis in hierdie worstel van leef uit ons eie onvermoë ontdek ons die gawe van groei.
  • As ek my eie onvermoë ontdek en God se genade ervaar dan ontdek ek wat dit beteken om onbevange te leef as gelowige.
  • Dan ontdek ons dit gaan nie oor wat ons vir God kan doen nie, maar wat God vir ons kan doen.
  • Petrus ontdek 'n totale nuwe lewe as God vir hom in sy lewensstorm kom uithelp.
  • Hy sien God is groter as sy krisis en wil hom help om selfs in sy krisis wonderre te vermag…op water te loop.
  • Solank as Petrus sy oog op God hou kan hy wonderre verrig en beleef hy God by hom. Toe hy egter wegkyk raak hy bang en sink.
  • In ons 2e fase as gelowige moet ons besef God is groter as die reëls.
  • God heers oor alles, ook oor die storms in ons lewe.
  • Ons moet net ons oë op hom hou.

Om oor na te dink:

  • Dink bietjie terug na watter storm in jou lewe jou naby aan God gebring het.
  • Onthou jy nog daai ervaring en is jou oë nog op Hom gevestig.
  • Leef jy voluit uit die genade van God of val jy terug in die reëls en riglyne om jou staande te hou in jou storms.
  • Die 2e fase van geloof vra dat ek die reëls minder belangrik maak en God by my ervaar en beleef.
  • Dit is dan dat ons as Gelowiges reeds hemel op aarde ervaar…selfs in ons lewensstorms.

Gebed

  • Dankie Heer dat U ons nooit alleen laat, selfs nie in ons lewensstorms nie.
  • Dankie dat ons na U kan uitreik en dat U ons red as ons sink uit ongeloof of vrees.
  • Help ons Heer dat ons sal beleef hoe U ons wondere laat doen self in ons diepste krissise.
    -Dankie Heer dat U redding en genade ons elke dag omring.
    Amen.

Woensdag 25 November

2 Kor 12:10

Na hierdie antwoord van die Here het hierdie doring in my vel skielik die krag in my lewe geword. Ek het ontdek dat swaarkry en swakhede deel van die Here se plan met my lewe is. Van toe af kon ek selfs spog oor hoe swaar dit met my gaan sodat Christus die enigste kragbron van my lewe kan wees. Weet julle, ek is glad nie meer omgekrap oor my swakhede en probleme nie. Wanneer mense my slegsê, wanneer ek mishandel word, wanneer ongelowiges my vervolg, of wanneer ek bang en benoud is omdat ek vir Christus werk, is ek doodtevrede. Want wanneer ek swak is, is ek juis sterk. My eie swakheid leer my om net op Christus se groot krag staat te maak. (Uit Die Boodskap)

Bekering vra dat ons sal groei in ons geloof

  • Richard Rohr sê dat ons geestelike lewe uit 2 fases bestaan. Die eerste fase is die "vestiging van kennis".
  • En die tweede fase is die besef dat alles om God gaan en nie om ons nie en ons lewensdoel moet wees om God te eer.
  • Ons kan maklik so verstrengel raak in wat ons vir God moet/wil doen…
  • Hoe moet ek al die reëls gehoorsaam? Hoe moet ek reg optree om vir God aanvaarbaar te wees?
  • Hierdie manier van leef hou ons vas in die eerste fase van gelowig wees, waar dit gaan oor "my" kennis. Dit kan egter maak dat ek oordrewe kan begin werk en soek na hoe "ek" redding kan verdien deur goeie werke.
  • Die 2e fase van groei kom wanneer ek tot die besef kom dat ek reeds vir God goed genoeg is…
  • Hy red my uit genade.. ek hoef nie my redding te verdien nie.
  • Paulus ontdek dat hy juis in sy swakheid naby aan God kom.
  • Ons moet nie bly by kennis opbou en so dink ons kan vir onsself 'n plek voor God verdien, deur ons kennis, of selfs mooi optrede nie.
  • Geestelike groei vra ons moet ons eie ek met sy onvolmaaktheid en foute raaksien en erken.
  • As ons ons eie swakhede en foute erken en aanvaar, ontdek en beleef ons God se genade wanneer Hy ons steeds red.
  • Meer maal besef of erken ons eers ons swakhede as ons struikel en val.
  • Om God daar in ons val te ontmoet en te beleef bring groei (soos Paulus vir God leer ken in sy swakheid)

Om oor te na dink:

  • Probeer jy nog vir God oortuig dat jy redding verdien deur jou kennis van sy Woord of jou "sondelose" lewe?
  • Of het jy al aanvaar dat jou redding alleen uit genade is.
  • God red ons voor ons dit kan verdien!
  • Niemand is te "sleg" vir God se reddende genade…ook nie jy nie.
  • Ons verlede bepaal nie ons verhouding met God nie, maar ons toekoms doen!

Gebed

  • Dankie Heer dat U my alleen uit genade red.
  • Dankie dat ek nooit te swak of sondig is vir U genade.
  • Help my om U hand en sorg in my lewe raak te sien elke dag.
    Amen.

Dinsdag 24 November

2 Petrus 3:17&18

My liewe broers en susters, ek het julle nou behoorlik gewaarsku teen die mense wat die goeie nuus verdraai. Nou weet julle vooruit wat alles op julle wag. Pas op vir hulle! Moenie deur hulle sondes en skewe leringe meegesleur word nie. Staan sterk in julle geloof. Leef net elke dag nog meer uit die liefdevolle goedheid wat ons Here en ons Verlosser, Jesus Christus, vir julle gee. En moet nooit ophou om meer en meer oor Hom te leer nie. Aan ons Here behoort al die heerlikheid, nou en vir altyd. (Uit Die Boodskap)

Bekering vra dat ons ‘n basis sal bou vir ons geloof

  • Richard Rohr sê dat ons geestelike lewe uit 2 fases bestaan. Die eerste van die 2 fase is die "vestiging van kennis".
  • As ons tot geloof kom begin ons 'n nuwe lewe. Dis nodig dat ons die riglyne van so 'n lewe leer ken.
  • Mens kan nie 'n spel speel as jy nie die reëls ken nie.
  • Ons eerste taak is om God se wil in die Bybel te leer.
  • Dit gebeur by byeenkomste van gelowiges.
  • Dit gebeur by kategese en eredienste.
  • Dit gebeur in persoonlike stiltetyd en bybelstudie.
  • Kennis van God se wil in Sy woord lê die grondslag vir ‘n gelowige lewe.
  • Ons moet ‘n "houer van kennis en insig" bou wat ons geloof sal kan opvang sodat ons kan groei in geloof.
  • Hierdie kennis van God sê verwagtinge en riglyne skep 'n plek (houer) waar ek as gelowige veilig kan wees.
  • My reis as gelowige moet ‘n fondament hê waarop ek kan voortbou, nl. Kennis.

Om oor te na dink:

  • Lees en ken jy jou Bybel?
  • Wanneer laas het jy rerig bybelstudie gedoen?
  • Kan jy jou geloof verduidelik met Bybel aanhalings as mense jou daarom uitvra?
  • Ons kan nie as gelowiges leef sonder om die riglyne van geloof te ken nie.
  • Ons eerste opdrag as gelowige is om 'n spasie te skep (houer) van kennis waarbinne ons kan leef.

Gebed

  • Dankie Heer dat ek in U kan glo.
  • Help my Here met die wil en deursettingsvermoë om U woord en wil te bestudeer.
  • Help my Here met wysheid om vir U te leef.
    Amen

Maandag 23 November

Romeine 12:1&2

Ek wil nou ’n baie ernstige versoek tot julle rig. Ek doen dit omdat julle begryp hoe baie God vir julle omgee. Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees. ’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan. Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.(Uit Die Boodskap)

Bekering vra verandering.

  • Om tot bekering te kom is ‘n blye ervaring.
  • Dit is iets wat elke gelowige op ‘n nuwe pad plaas.
  • Bekering vra egter dat ons sal verander.
  • As jy dink dat jy jou kan bekeer sonder om te verander in die proses maak jy n fout.
  • Jou oomblik van bekering is die begin van die veranderring in jou, en nie die einde daarvan nie.
  • Ons gaan die week ‘n bietjie kyk na hoe ons groei en verander as kinders van God.

Om oor te na dink:

  • Dink jy nog dieselfde oor dinge soos politiek, rassisme, status, jou werk, jou besittings, jou verhoudings en ander mense as voorheen?
  • As jy tot bekering kom sal jou manier van dink oor hierdie, en ander dinge, met tyd verander!
  • Hoe ervaar jy jou eie anders dink hieroor wanneer dit gebeur…?
  • Gee jy jouself ruimte om te verander of is jy te trots of te bang om die anders dink in jou te omarm?
  • Ons kan nie tot bekering kom en nie vir God toelaat om ons te verander nie.

Gebed

  • Dankie Heer dat U vir my aan die kruis gesterf het.
  • Dankie dat U genade en redding aan my 'n nuwe lewe gee.
  • Help my Here om so te verander dat U meer in my lewe sal word en ek minder.
    Amen.

Saterdag 21 November

Daniël 6

4 Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. 5 Die ministers en die goewerneurs-generaal het toe iets teen Daniël probeer kry oor die manier waarop hy die administrasie behartig het, maar hulle kon nie. Hulle kon ook geen onreëlmatigheid vind nie, want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie. 6 Hulle sê toe vir mekaar: “Ons sal niks teen hierdie Daniël kry nie, behalwe as ons iets kan kry in verband met sy godsdiens.”

Betroubaar. Geen nalatigheid. Geen onreëlmatigheid.
Die rede waarom Darius 120 landvoogde/ goewerneurs-generaal/ satrape en 3 ministers aangestel het is omdat korrupsie, diefstal en onreëlmatighede aan die orde van die dag was in die koninkryk. Landvoogde was toevertrou met geld van die koning af, en moes dan die geld dienoorenkomstig aanwend vir die ontwikkeling van die land. Die 3 ministers wat Darius aangestel het moes sekermaak die geld word reg aangewend.

Die ministers en die goewerneurs-generaal het ’n probleem daarmee dat Daniël die vreemdeling, die buitestaander, die immigrant, die Jood hierdie hoë pos beklee. Daarom soek hulle vir ’n rede om hom uit die pos te verwyder, maar kry niks nie. Dink vir ’n oomblik daaroor: Betroubaar. Geen nalatigheid. Geen onreëlmatigheid.

Ons is geneig om te dink dat Daniël 6 slegs ’n wonderlike storie is van God se redding van Daniël uit die kake van leeus. Hoewel sy redding wonderlik is, gaan Daniël 6 eerder oor Daniël wat naby aan God leef, en dit maak dat hy betekenisvol anders is en leef as sy kollegas.
Naby aan God terwyl hy werk, naby aan God as hy groot uitdagings in die gesig staar (vers 11), naby aan God in sy grootste krisis (vers 22-24). Daniël se nabye en intieme verhouding met God was wat hom onderskei het van al sy ander kollegas en van sy portuurgroep. Dink vir ’n oomblik hieroor: Die koning is in sy paleis en kan nie slaap nie, Daniël spandeer die aand tussen die leeus in vrede. En aan die einde van die hoofstuk: God se naam word geprys, en Hy kry die eer!

Om oor te dink:

  • Wat sou gebeur as Daniël uit sy eie uit probeer het om sy teenstanders se planne in die kiem te smoor? Het jy vyande/teenstanders in jou werkplek wat poog om jou te verwyder of aan te kla of jou getuienis in die twyfel te trek?
  • Wat sal jou getuigskrif vandag sê van jou werk, jou betroubaarheid en jou integriteit?
  • Hoe naby leef jy tans aan God? Op watter manier nooi God jou uit in jou huidige omstandighede om in Hom te bly?

“If God’s purpose for your job is that you serve the human community, then the way to serve God best is to do the job as well as it can be done.” Tim Keller

Vrydag 20 November

Daniël 5:1-12

11 Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is. In die dae van u voorganger is daar gevind dat hy skranderheid, insig en wysheid het soos dié van die gode. U voorganger, koning Nebukadnesar self, het hom aangestel as hoof van die towenaars, die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders. 12 Hierdie man Daniël vir wie die koning die naam Beltsasar gegee het, het buitengewone bekwaamheid en kennis en insig om drome uit te lê, probleme op te los en moeilike dinge te ontrafel. Laat haal nou vir Daniël, en hy sal vir u die uitleg gee.”

11 Oktober 539 V.C. Nuwe Koning - Belsasar. Dieselfde Daniël (ook genoem Beltsasar). ’n Dag vir die geskiedenisboeke…

Daniël is in die stadium van die storie 80 jaar oud. Hy betree die storie, praat die waarheid met die koning, en kondig aan dat die Babiloniese ryk gaan val. Dit het ook so gebeur die volgende dag volgens die geskiedenisboeke.
Net soos in Daniël 4 is hierdie ’n baie dapper ding om te doen, juis omdat die koning enige tyd vir Daniël om die lewe kan bring.
Waarom doen hy dit? Wat gee hom die moed om dit te doen? Daniël se perspektief op sy werk: Daniël werk nie vir Belsasar nie, hy werk vir God!
Dit geld vir ons ook, en dit is ’n baie belangrike perspektief om te behou wanneer ons werk.

Dit mag so wees dat jy ’n werkgewer, bestuurder of direkteur bo jou het by die werk wat jou salarisstrokie teken, maar jy werk nie vir hom/haar nie. Ons werk asof ons vir die Here self werk! Ons leef en werk met ’n oortuiging en ’n roeping dat ons in hierdie wêreld ’n bydrae het om te maak, ongeag van die vreemdheid van die tyd waarin ons leef en die plekke waarin ons werk.

Hier is die kortste moontlike weergawe van die storie in Daniël 5: God daag self op in die wêreld, en Hy gebruik vir Daniël in sy gewone werk om dit aan mense bekend te maak. Neem kennis: Daniël se gewone werk word beskryf met woorde soos skranderheid, insig, wysheid, buitengewone bekwaamheid, kennis ens.

Om oor te dink

  • Hoe sal jou werksdag vandag lyk as jy doelgerig vir God werk, en nie vir mense nie?
  • As jou kollegas vandag jou werk moet beskryf, watter woorde sal hulle gebruik?
  • Wat is jou roeping, jou unieke bydrae tot hierdie wêreld? Hoe leef jy dit uit in jou werk?

”To find our calling is to find the intersection between our own deep gladness and the world's deep hunger.” Frederick Buechner

Donderdag 19 November

Daniël 4

18 “Dit is die droom wat ek, koning Nebukadnesar, gehad het. Lê dit nou vir my uit, Beltsasar, want geen raadgewer in my koninkryk is in staat om dit vir my uit te lê nie. Jy is daartoe in staat, want die gees van die heilige gode is in jou.” 19 Toe het Daniël, ook genoem Beltsasar, 'n oomblik verstom gestaan, verbyster deur sy gedagtes. Die koning het vir hom gesê: “Moenie dat die droom en sy uitleg jou ontstel nie, Beltsasar.”

Moes jy al ooit die waarheid met iemand praat, selfs al weet jy dat dit die persoon kan ontstel en moontlike gevolge vir jou inhou?
Daniël doen iets merkwaardig, eintlik ongelooflik, in Daniël 4: hy praat die waarheid met die magtigste persoon in die hele wêreld (Nebukadnesar was die koning van die hele bekende wêreld in Daniël se tyd).
Daniël sê vir Nebukadnesar: jy is te trots, en dit gaan jou ondergang beteken!

Die teks beskryf hierdie gesprek as volg: 24 “Dit is die uitleg, U Majesteit, dit is die besluit van die Allerhoogste oor u: 25 U sal uit die menslike samelewing uitgestoot word en saam met die wilde diere moet leef. U sal moet gras eet soos beeste en u sal snags deur die dou natgemaak word. Dit sal sewe tydperke lank oor u kom. Dan sal u moet erken dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil. 27 Daarom, U Majesteit, luister na my raad: breek met u sonde en u ongeregtigheid, doen wat reg is en bewys barmhartigheid teenoor dié wat in nood is. Dan sal u voorspoed aanhou.”

Jy sien, Nebukadnesar loop rond soos die hoender in die foto hierbo: hy bely, glo, verkondig en sê dat alles wat hy het, en alles waaroor hy regeer deur sy eie toedoen tot stand gekom het. Trots maak hom blind vir die feit dat God die Almagtige is en alles op aarde besit. En dan word hy verneder… Hy word nederig gemaak, want niemand kan bely dat hulle doen wat net God kan doen nie.

Twee belangrike dinge wat ons nie in hierdie hoofstuk moet mis nie:

1) Daniël is nogsteeds op sy pos: getrou, toegewyd, besig om uitstekende werk te lewer en op te skuif in die range van die koning.
2) Nebukadnesar bely dat hy tot sy sinne gekom het (vers 34), en wanneer dit gebeur is sy lippe vol lof vir God. Die magtigste koning op aarde, wat openlik bely dat hy God is en aanbid moet word, loof die God van Israel, alles as gevolg van Daniël se getuienis en getrouheid. Wat ’n wonderlike storie!

Om oor te dink

  • Is jy te trots om nederig te bely dat alles wat jy het en is uit God se hand kom?
  • Maak jou sukses jou blind vir die realiteit dat jy nie beheer oor jou lewe het nie?
  • Met wie moet jy die waarheid in liefde praat?

”For pride is spiritual cancer: it eats up the very possibility of love, or contentment, or even common sense.” C.S. Lewis

Woensdag 18 November

Daniël 3

16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie. 17 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. 18 Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”

“Ek gaan nie dit doen nie.”
Het jy dit al ooit gesê in jou werksplek?
Is dit iets wat jy vandag vir iemand gaan moet sê?

Ons het die afgelope twee dae gekyk na ons daaglikse werk: dat ons daardeur die wêreld met die goeie nuus kan bereik (Daniël 1), en ook hoe ons te werk moet gaan om ’n verskil by die werk te maak (Daniël 2).

Vandag kyk ons na ’n storie van 3 manne in Daniël wat uit oortuiging staande gebly het in Babilonië, letterlik. Hulle oortuiging dat dit wat die koning beveel het teenstrydig is met wat God van hulle verwag, het hulle onmiddelik in konflik gedompel en hulle lewens op die spel geplaas.
Dink vir ’n oomblik aan hulle keuse: bly staande, wees gehoorsaam aan God en leef met ’n skoon gewete voor Hom al kan hulle hulle lewens verloor; óf, buig voor die goue beeld en leef rustig voort in Babilonië met die wete dat hulle aan God ongehoorsaam was…

Het jy al ooit daaraan gedink dat ons nie van hierdie drie manne sou lees as hulle wel gebuig het nie? Hulle nalatenskap is van so aard dat ons hierdie storie as kinders leer in die kerk. Hulle het slegs ’n nalatenskap omdat hulle bly staan het!

Dieselfde geld vir ons: as Christene gaan ons beslis in ons werksplek moet staande bly in tye wat almal buig om die verkeerde redes. Hoewel dit die moeilikste moontlike besluit in sulke omstandighede is, is dit een van die maniere wat ons ’n nalatenskap los en ’n verskil maak.

Waarom? Dit gaan oor die eer van God! Kyk hoe eindig die hoofstuk:
28Toe sê Nebukadnesar: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid.

Om oor te sedink:

  • Wanneer word daar in jou werk van jou verwag om te buig en iets te doen wat jy weet teen die wil van God is?
  • Wie is daar by jou werk saam met wie jy staande kan bly?
  • Wie kan jy vra om vir jou te bid en die Here te vra om jou te versterk sodat jy vir Sy eer sal leef by die werk?

”The ultimate measure of a man is not where he stands in moments of comfort and convenience, but where he stands at times of challenge and controversy.” Martin Luther King Jr.

Dinsdag 17 November

Daniël 2:1-11

11 “Wat u vra, is te moeilik, daar is niemand wat dit vir u kan doen nie, behalwe die gode, en hulle woon nie onder die mense nie.”

Daniël is gevul met stories van Daniël se werk, en die verskil wat sy werk en daarom sy lewe in Babilonië gemaak het. Ons daaglikse werk is bedoel om meer betekenis te hê as om net ’n aktiwiteit te wees wat ons weke (en ’n groot deel van ons lewens) opneem en ’n salaris vir ons verseker.

Vir ’n Christen is werk die voorreg om orde te skep uit chaos, net soos God self dit gedoen het in die begin (Genesis 1); van woes en leeg na goed! Waarom? Sodat almal op aarde kan leef en floreer! ’n Christen is iemand wat ons wêreld versorg en voed in sy/haar werk, in plaas daarvan om net ’n verbruiker te wees van alles wat God vir ons gegee het, insluitende ons werke en ons hulpbronne.

Daniël het só gewerk, en so geleef. Hy het ten spyte van die feit dat hy weggevoer was in ballingskap, drie belangrike goed gedoen:
1) Hy het sy roeping aanvaar en omarm, al het hy vir ’n vreemde regering gewerk.
2) Hy het moedig in die chaos van Babilonië in beweeg.
3) Hy het naby aan God gebly terwyl hy sy werk gedoen het (lees vers 17-19).
4) Hy het uitstekende werk gedoen (lees vers 46-49).

Om oor te dink:

  • Wat sal dit vir jou beteken om op dieselfde manier te werk as wat Daniël het?
  • Op watter manier skep jou werk orde uit chaos en verbeter dit mense se lewens?
  • Hoe gereeld bid jy oor jou werk, en waarvoor vertrou jy die Here tans in jou werk?

“A job is a vocation only if someone else calls you to do it for them rather than for yourself. And so our work can be a calling only if it is reimagined as a mission of service to something beyond merely our own interests. Thinking of work mainly as a means of self-fulfillment and self-realization slowly crushes a person.” Tim Keller

Maandag 16 November

Daniël 1:18-21

18 Op die tyd wat koning Nebukadnesar bepaal het dat die jongmanne voor hom gebring word, het die hoofpaleisbeampte dit gedoen. 19 Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree. 20 In enige saak wat wysheid en insig vereis het en waaroor die koning hulle uitgevra het, was hulle tien maal beter as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk. 21 Daniël het in diens van die paleis gebly tot die eerste regeringsjaar van koning Kores.

Ons daaglikse werk is bedoel om meer betekenis te hê as om net ’n aktiwiteit te wees wat ons weke (en ’n groot deel van ons lewens) opneem en ’n salaris vir ons verseker.
Die werk van bye is ’n goeie voorbeeld hiervan: bye het die stuifmeel van blomme nodig, en blomme het die kruisbestuiwing wat deur bye gebeur broodnodig om te kan kan bly voortbestaan. Op die oog af lyk dit asof die bye slegs kry waarna hulle soek en waarvoor hulle werk, maar in die groter prentjie sien ons dat totale ekosisteme afhang van die werk van bye: getrou, klokslag, seisoen na seisoen, doelgerig.

Ongeag van watter werk jy doen, dit het dieselfde betekenis in hierdie wêreld. Dit mag vir jou voel soos ’n daaglikse “soeke na stuifmeel”, maar die bydrae wat dit lewer tot hierdie wêreld en sy welwese is vêr meer as wat ons kan begryp.

Daniël het in Babilonië gewoon. Dit was nie sy geboorteland nie, die kultuur van die land was nie sy voorkeur nie en hy het gewerk in ’n konteks waar mense nie geglo het soos hy geglo het nie. Tog, as ons deur Daniël lees sien ons duidelik watter verskil hy gemaak het in Babilonië. Daniël is gevul met stories van Daniël se werk, en die verskil wat sy werk en daarom sy lewe in Babilonië gemaak het.

Ons gaan hierdie week na hierdie stories kyk, en saam reflekteer oor ons eie werk; ons roeping, ons daaglikse werk en bydrae tot hierdie wêreld.

Om oor te dink:

  • Watter gehalte is jou daaglikse werk?
  • Hoe sal jou medewerkers jou karakter beskryf?
  • Is dit sigbaar in jou daaglikse werk dat jy ’n Christen is, en dat jy roepingsbewus lewe?

The book of Genesis leaves us with a striking truth - work was part of paradise. Tim Keller

Saterdag 14 November

Openbaring 3:14-22
’Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. (Opb 3:20)

Om oor na te dink en gesels:

  • Laodisea was die rykste van die sewe stede. Hulle was baie handel gedryf, wol verwerk en ’n mediese skool. Daarom gebruik Johannes van hierdie beelde om met die gemeente praat.
  • Hulle het egter ’n probleem met watervoorsiening gehad, vandaar die beeld dat hulle geestelike lewe louwarm is soos die water wat die stad voorsien het. Hulle het in hulle toewyding verslap.
  • Jesus waarsku teen hul selfvoldaanheid, maar dan is daar die bekende uitnodiging.
  • Jesus staan by die deur, sal nie die deur afbreek en Homself in forseer nie. Hy wag by die deur dat ons Hom innooi vir die feesmaal.
  • Vir elkeen wat hieraan gehoor gee, kan uitsien om saam met Jesus vir ewig fees te vier en saam met Hom op troon sit.

Gebed:
Here, ek dink dat ek soms alles op my eie kan doen en niks en niemand nodig het nie. Ek is soms te selfvoldaan. Ek kom bely dat ek U nodig het . Ek nooi U in om saam met my ‘n feesmaal te hou. Mag ek vandag uit hierdie vreugde en vreugde leef.
Amen.

Vrydag 13 November

Openbaring 3:1-13

Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.” (Opb‬ ‭3:5‬)

’Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. (Opb 3:10-11)

Om oor na te dink en gesels:

  • Vandag staan ons by twee gemeentes stil, Sardis en Filadelfia.
  • Sardis was ’n ryk en vooruitstrewende stad. Hulle uitdaging was geestelike doodsheid en nie dwalinge nie. Hulle het uiterlik goed vertoon, daarom was hulle klere vuil. Vandaar die belofte dat elkeen wat Jesus volg, wit klere sal dra en hulle name sal nie uit die boek van die lewe gehaal word nie.
  • Filadelfia word positief beoordeel, net soos Smirna. Hulle volhard in die swaarkry. Hulle kan dit vryspring nie, maar die Here is by hulle. Hy sal Naam van God op elkeen skryf.
  • Hierdie twee briewe moedig ons aan om vas te hou aan ons geloof, veral as dit moeilik gaan. Dit lyk na die makliker opsie om alles te laat gaan, maar Jesus gee Homself dat ons nie alleen hoef te wees nie.

Gebed:
Here, dit voel nie altyd maklik om U te volg nie. Help my te volhard. Dankie dat U ons naam in die boek van die lewe geskryf het. Dankie dat U by ons is. Mag ek vandag U teenwoordigheid beleef.
Amen.

Donderdag 12 November

Openbaring 2:18-29

19 Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle nou ook meer doen as tevore. … 25 hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.” (Opb 2:19, 25‬)

Om oor na te dink en gesels:

  • Tiatira was ‘n werkerstad met baie gildes soos skrynwerkers, leerlooiers, pottebakkers en wewers. Daarom gebruik Johannes beelde uit daardie wêreld soos geelkoper, ystersepter en kleipotte.
  • Hulle word geprys vir hulle liefde, geloof, diens en volharding. En hulle skroom nie om meer te doen en dit aan te hou doen. Die Here sien dit raak.
  • Tog is daar mense wat ten spyte hiervan nie aan die Here gehoorsaam is nie en hulle eie begeertes volg. Johannes waarsku hulle aan om daarmee op te hou.
  • Vir dié wat Jesus steeds volg, bemoedig en versterk Hy met die woorde: ”hou net vas wat julle het, totdat Ek kom”!
  • Laat ons nie moedeloos word om goed te doen nie. Laat ons aan die Woord van die Here vas te hou. Jesus ken ons deur en deur en los ons nooit alleen.

Gebed:
Here, dankie dat U my ken. Soms raak dinge te veel en weet ek nie of ek ‘n verskil maak nie. Help my om steeds met liefde en geloof te volhard. Help my om aan U vas te hou.
Amen.

Woensdag 11 November

Openbaring 2:12-17
Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom 'n wit steentjie gee met 'n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.” (Opb 2:17)

Om oor na te dink en gesels:

  • Pergamum was die amptelike hoofstad en was daar baie keiseraanbiddding en afgodsfeeste.
  • Dit was nie maklik om ’n Christen in Pergamum te wees nie. Hulle het baie swaar gekry en gely. Daar is geweldige druk op gelowiges geplaas om kompromieë aan te gaan of selfs hulle geloof af te lê.
  • Daarom word hulle aangemoedig om die regte ding te doen en hulle van die verkeerde dinge te weerhou.
  • Twee beloftes bemoedig hulle: Die eerste is die “verborge manna” wat beteken dat die Here in hulle behoeftes sal voorsien en herinner aan Jesus wat die “lewende brood” (Joh 6:51) is. Die tweede belofte is die “wit klippie” wat ’n uitnodiging na die ewige fees saam met God is. Dit herinner aan Jesaja 43:1 dat die Here ons op ons naam ken. Jy is vir hom kosbaar.

Gebed:
Here, dankie dat U my op die naam ken. Dankie dat U ons nooit alleen laat nie. Dankie vir U beskerming. Help my om nie kompromieë aan te gaan nie, maar U in alles te eer met wat ek doen en sê. Amen.

Dinsdag 10 November

Openbaring 2:8-11
9 Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. … 10 Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. … Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.

Om oor na te dink en gesels:

  • Smirna se gemeente is getrou aan die Here en ontvang ‘n positiewe aanmoediging, anders as van die ander gemeentes.
  • Die Christene het hier baie swaar gekry en is benadeel omdat hulle Jesus aanbid en nie die keiser soos wat van hulle verwag is nie.
  • Ten spyte van hulle vervolging is hulle daarvan verseker dat die Here Jesus, die Eerste en Laaste, van alles weet en hulle in Sy hand hou.
  • Ons hoef nie bang te wees en die dood te vrees nie, want ons sal die kroon van die lewe ontvang. Die beeld van ’n lourierkroon wat aan atlete na ‘n wedloop gegee word, word gebruik.
  • Voel jy dat jy swaar kry omdat jy Jesus volg? Word daar op jou neergesien? Wonder jy of dit die moeite werd is om Jesus steeds te volg?
  • Skep moed en weet die Here is by jou. Hou vas aan Sy beloftes!

Gebed:
Here, dankie dat U my ken en weet wat my omstandighede is. Ek kom gee myself vandag vir U en vra dat ek nie sal bang wees om U te volg nie, veral as dit moeilik raak. Help my om aan U getrou te bly en aan U beloftes vas te hou.
Amen.

Maandag 9 November

Openbaring 2:1-9
3 Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. 4 Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.” (Opb 2:3-4)

Om oor na te dink en gesels:
- Ons staan hierdie week by die 7 briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring stil. Dit is vir ons elkeen ook bedoel.
- Efese was ’n belangrike stad en gemeente. Hulle het baie gedoen vir die evangelie en lyding ervaar en nie moeg geword nie. Tog het hulle hulle eerste liefde verloor. Hulle het so op die dinge van die Here gefokus, dat hulle die Here vergeet het.
- Johannes moedig die gemeente aan om weer hulle liefde vir God te ontdek en te koester.
- Die belofte is dat ons saam met Jesus in volle gemeenskap in die paradys sal wees.

Ons word ook party maal moeg en volhard nie soos ons moet nie. Ons skeep ook ons eerste liefde van Jesus af. Mag jy vandag Jesus se liefde opnuut raak sien en ervaar.

Gebed:
Here, dankie dat U die Here van die kerk en van my lewe is. Dankie dat U my ken. Ek besef dat ek verslap in my liefde vir U. Help my om U meer en weer lief te hê. Help my om nie moeg te word. Ek wil U bly volg.
Amen

Saterdag 7 November 2020

2 Timoteus 1:7
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Om oor te gesels:

  • Wat doen vrees aan jou?
  • Hoe lyk ‘n gees van krag, liefde en selfbeheersing? Hoe het God hierdie eienskappe beliggaam?
  • Waarom dink jy is die antwoord op vrees, krag, liefde en selfbeheersing?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=UVb8OJEQGIQ

Gebed:
God, stuur asb. my denke. Stuur dit veral weg van selfbejammering, oneerlikheid en selfsugtige motiewe.
Soos ek deur die dag beweeg en onsekerheid tegemoet kom, gee my asb. die inspirasie, intuïsie of besluit. Maak my ontspanne om dit rustig te vat, moenie my laat sukkel nie. Laat my op U wil fokus, eerder as my eie. Gee my asb. die krag om U wil uit te voer waar ek ook al mag gaan.
Here, soos ek deur die dag beweeg, laat ek ‘n oomblik of twee neem wanneer ek geïrriteerd of onseker is. Laat ek U vir wysheid en onderskeiding vra om die regte ding te doen. Laat ek konstant herinner word dat ek nie meer in beheer is nie.
Here, stel my asb. vry van die vrese, woede, bekommernisse, selfbejammering, angstigheid en verkeerde besluite. Laat ek nie energie mors deur te probeer om my eie lewe te lei nie. Here, laat my gehoorsaam en afhanklik van U wees. Ek sal vir U die verantwoordelikheid en die lofprysing vir alles gee.
Amen

Vrydag 6 November 2020

2 Korintiërs 12:9
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Om oor te gesels:

  • Wat is genade? Hoe lyk dit om genade te gee? Hoe voel dit om genade te ontvang?
  • Hoe het genade verander in jou lewe?
  • Hoe vind God se krag uitdrukking in jou lewe? Hoe is God sterk wanneer jy swak is?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=k_bHd2-QhuQ

Gebed:
Ek sal nie meer dié vrees wat my seer maak nie, want U, Here, gee vir my krag.
Ek sal slaap sonder nagmerries, want U, Here, gee vir my vrede.
Ek sal wakker word met 'n kop wat helder en goed uitgerus is, want U, Here, gee vir my helderheid.
Ek begin my dag gelukkig, vreugdevol en vry, want U, Here, het my gerestoureer.
U het vir my nuwe lewe gegee.
Omdat U genade groot is, sal ek met dankbaarheid leef. Ek sal vandag ander help en liefdevol dien omdat ek U, MY Here, dien.
Amen.

Donderdag 5 November 2020

Nehemia 8:11
Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.”

Om oor te gesels:

  • Hoe lyk feesviering in jou lewe? Wanneer vier jy fees?
  • Waarom sê die vers moet ons feesvier? Hoe verskil dit van die tye wat jy feesvier in jou lewe?
  • Hoe vind jy vreugde in die Here? Hoe is die Here jou sterkte?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=MLkDWtGpETs

Gebed:
God, meer as enige iets anders in hierdie lewe, wil ek nie meer gebroke wees nie.
Vader, gee my die vrede om te aanvaar wat nie kan verander nie (ander mense, plekke en dinge). Gee my die waagmoed om te verander wat ek kan (my houding). En die wysheid om die verskil te weet.
God, help my om vandag te fokus, selfs al is dit ten koste van myself.
Vader, help my om sensitief te wees vir my eie behoeftes en die dinge wat vir my goed is. Help my om sensitief te wees vir die behoeftes van ander en die dinge wat vir hulle goed is.
Here, as dit vir U aanneemlik is, maak my vry van die boeie van selfsug, sodat ek handig mag wees as medemens, of ek die situasie verstaan of nie.
God, help my om my eie integriteit te handhaaf en om vandag in vrede met U te leef, vrede te leef met myself en in vrede te leef met die wêreld.
Here, help my om vandag te demonstreer:
dat dit goed is vir my om lief te hê en lief gehê te word.
dat dit goed is vir my om te verstaan en verstaan te word.
dat dit goed is vir my om te gee en te ontvang.
dat dit goed is vir my om troos te gee en eerder menslik as selfsugtig te wees.
God, help my om een voet voor die ander te sit, om aan te hou beweeg, en die beste te doen met die werk wat vandag voor my is.
Here, help my om die oplossing te aanvaar wat dit ook al mag wees.
Amen

Woensdag 4 November 2020

Psalm 139:13-14
U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.

Om oor te gesels:

  • Is jy lief vir al die verskillende komplekse elemente wat jou, jy maak? Of sien jy jouself as ordinêr? Waarom?
  • Watter leuens omtrent jouself, vertel die vyand jou, en glo jy? Waarom voel die leuens vir jou soos waarheid? Watter stem praat wanneer jy die leuens hoor?
  • Wat sou God vir jou sê as jy Hom nou kon hoor praat?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=oZvKJl1kK8g

Gebed:
Heer van my lewe,
Gee my asseblief verdraagsaamheid teenoor ander wie se gedagtes en optredes, in my situasies en lewe, met my eie verskil
Alhoewel ek mag dink ek het altyd die Absolute waarheid kan ek nie altyd seker wees daarvan nie. Die ander persoon mag dalk reg wees, terwyl ek moontlik verkeer sou kon wees, al is ek steeds daarvan onbewus.
Here, maak my intensies eerbaar want dit is al wat my kan troos wanneer ek besef ek is verkeerd.
Here, gee my verdraagsaamheid, want wie is ek om te oordeel oor ‘n ander se foute?
Want niemand weet beter as ek watter klein bloutjies ek daagliks maak nie.
Die lewe is altyd vol struikelblokke wat ons laat wankel en soms laat val.
Here, gee my verdraagsaamheid want sleg U is waardig om te mag oordeel oor my mede reisgenote.
Amen

Dinsdag 3 November

Galasiërs 6:9
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

Om oor te gesels:

  • Dit is moeilik om te gee wat jy nie het nie. Wanneer is dit moeilik om liefdevol en ‘n seën tot ander te wees?
  • Wanneer is dit maklik om liefdevol en ‘n seën tot ander te wees?
  • Hoe lyk dit vir jou persoonlik om liefdevol en ‘n seën tot ander te wees? Wat kry jy wanneer jy liefdevol en tot seën van ander is?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=VXAneNye_58

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek is geseën wanneer ek aan die einde van my eie vermoë is.
Met minder van myself is daar meer spasie vir God en U leiding.
Ek is geseën wanneer ek voel ek het verloor dit wat die kosbaarste vir my is.
Slegs dan kan ek die een omhels wat werklik die kosbaarste is in my lewe.
Ek is geseën wanneer ek tevrede is met net wie ek is, nie meer nie en nie minder nie.
Dit is die oomblik wat ek myself vind as die eienaar van alles wat nie gekoop kan word nie.
Ek is geseën wanneer ek ‘n goeie eetlus vir die Here opgebou het.
My brood en water is die beste ete wat ek ooit sal hê.
Ek is geseën wanneer ek omgee.
In die oomblik wanneer ek myself vind as een wat omgee, ontdek ek ook is word vir omgegee.
Ek is geseën wanneer my binne wêreld (my gedagtes en hart) herstel word.
Dan kan ek God in die buite wêreld raaksien.
Ek is geseën wanneer ek ander wys hoe om saam te werk, eerder as te kompeteer of baklei.
Dit is die oomblik wanneer ek besef wie ek werklik is en my waar my plek in God se familie is.
Ek is geseën wanneer my verbintenis aan God vir my teenkanting uitlok.
Die teenkanting jaag my self verder in God se arms in.
Amen

Maandag 2 November

Filippense 4:13
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Om oor te gesels:

  • Wat beteken hierdie vers vir jou? Wanneer hou jy aan hierdie belofte die meeste vas?
  • Wanneer voel dit vir jou asof jy nie alles kan doen nie? Maak jy op jou eie krag staat in daardie oomblikke? Of vertrou jy dat God alles sal doen wat nodig is?
  • Wanneer ons slaap is ons broos en kan ons niks verrig. Hoe lyk jou slaap ritme? Hoe verkondig jou slaappatrone iets van jou vertroue in God?
  • Hoe lyk dit wanneer jy krag in Christus vind?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=yQpKSpgrwQE

Gebed:
Ek sal nie meer dié vrees wat my seer maak nie, want U Here gee vir my krag.
Ek sal slaap sonder nagmerries want U Here gee vir my vrede.
Ek sal wakker word met 'n kop wat helder en goed uitgerus is, want U Here gee vir my helderheid.
Ek begin my dag gelukkig, vreugdevol en vry, want U Here het my gerestoureer.
U het vir my nuwe lewe gegee.
Omdat U genade groot is, sal ek met dankbaarheid leef. Ek sal vandag ander help en liefdevol dien omdat ek U MY Here dien.
Amen

Saterdag 31 Oktober

Johannes 15:1&2
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

Om oor te gesels:
Ons kan nie soos skepe in 'n hawe agter veilige mure bly sit nie. Johannes sê dan snoei God ons uit sy wingerd. Want die doel van lewe is om vrug te dra.
Hoe lyk jou lewe? Is dit net selfversorgend, veilig, wagtend dat ander die werk moet doen en vrugte dra?
Ons kan nie meer agter ander wegkruip nie. God roep jou persoonlik om uit te gaan in die storms van die lewe en vrug te dra.
En dan rus Hy jou toe deur jou onnodighede weg te snoei en jou te vorm vir vrugdra.
Moenie jouself 'n rat voor die oë draai. God is nie beïndruk met skepe wat in die hawe sit, al is hul hoe mooi opgepas en versorg. God soek jou werkend daar buite in die wêreld.
Lig jou anker en waag dit om uit te vaar!

Gebed

  • Dankie Here dat U my roep.
  • Wys my hoe om die storms van die lewe aan te pak.
    -En as ek struikel Heer, kom help my op.
    -Ek wil deur alles in my lewe U naam grootmaak en U koninkryk laat kom.
    Amen.

Vrydag 30 Oktober

Spreuke 24:16
16 Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.

Om oor te gesels:
Ons kan nie die storms van die lewe aandurf en dink ons gaan nie struikel en val nie.
As ons ophou om uit te gaan en te leef oor ons gestruikel en geval het, dan mis ons ons lewensdoel.
Ons waarde lê nie in hoeveel keer ons val nie, maar in hoeveel keer ons opstaan.
God weet ons sal val en daarom is elke struikel en val 'n leerskool dat ons dit volgende keer anders doen.
Moet jouself nie minderwaardig ag omdat jy in God se opdrag struikel en val nie. Staan net meer maal op as wat jy val en leer uit jou foute.
Moet ook nie ander wat struikel en val veroordeel asof jy nie struikel en val nie. Dit kon jy gewees het. Moedig mekaar eerder aan om telkens op te staan en weer uit te gaan en God se getuies te wees, eerder as om mekaar se struikel en val te gebruik om mekaar af te kraak.

Gebed

  • Here gee my die moed en krag om telkens op te staan as ek struikel en val.
  • Help my Here om nie ander wat struikel en val te veroordeel nie.
  • Help my Heer om telkens met elke val meer te leer van hoe om waarlik vir U te leef.
  • Dankie Heer dat U my tekortkominge ken en my elke keer weer kom optel.
    Amen.

Donderdag 29 Oktober

Matteus 14:28-32
28 Toe sê Petrus vir Hom: Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom. 29 Kom! sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. 30 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: Here, red my! 31 Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel? 32 Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê.

Om oor te gesels:
God roep ons om met ons boot uit ons veilige hawens uit te kom en die oseaan aan te durf. En dan kom daar tye wat Hy jou selfs die kans gee om in die storms uit die boot te klim en op die water te loop.

Ons grootste bang is dat ons in storms sal kom as ons die lewenssee aandurf soos ons die week hoor ons moet. Maar dan kom daar die tye dat in die lewensstorms ons God by ons sien en dan self regkry om op water te loop. Ja soms kry ons in die moeilikste tye die onmoontlike reg. Met ons hand uitgestrek na God.

Waag jy selfs die onmoontlike omdat God met jou is? Sien jy nog kans om op water te loop met God in die oog? Of sink ons in ons eie moedeloosheid storms in omdat ons die oog van God afvat?
God vra van ons om uit ons veilige hawens uit te gaan en die stormsee van die lewe aan te durf. En dan wil Hy jou die kans gee om in geloof op die water te loop…die onmoontlike te doen! Sien jy kans hiervoor? Weet God ken jou vermoëns en gawes. Hy sal jou nie vat waar Sy genade jou nie kan beskerm nie!

Gebed

  • Here gee my die moed om die lewens storme aan te vat.
  • Help my Here om selfs hierin nie my oë van U af te vat nie.
  • En as U my roep om die onmoontlike te doen, vat my hand en lei my daarin Heer. Want ek weet uit eie krag sal ek net sink.
    Amen.

Woensdag 28 Oktober

2 Timoteus 3:16-17
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Om oor te gesels:
‘n Boot word gebou met die spesifieke doel om die groot oseane te trotseer. Hul het al die toerusting wat nodig is daarvoor.
Net so het God my en jou geskep om sy verteenwoordigers op aarde te wees. Ons is deur God aanmekaar gesit om in die wêreld God se wil te soek en Sy koninkryk en heerskappy te vestig.
God het ons daarvoor toegerus. Jy kort niks om dit te kan doen nie. Jyt als wat jy nodig het. 2 Tim 3:16-17 sê al wat ons moet doen is om God se handleiding (Die Bybel) te gaan bestudeer dat jy weet hoe om jou toegeruste gawes vir God te gebruik. Geen verskoning. Kom ons bestudeer God se gawes vir ons om ons vir Sy werk toe te rus.
Soek in die Bybel na als wat Hy vir jou hieroor sê en leer dit gebruik!

Gebed
Here open my oë om te sien waarmee U my toegerus het vir U diens. Help my Here om elkeen van U gawes te leer gebruik tot U eer.
Amen.

Dinsdag 27 Oktober

Eksodus 3:10-11
…Ek wil jou na die farao toe stuur om my volk, die Israeliete, uit Egipte te bring.” Moses het vir God gesê: “Ek is nie 'n belangrike man nie. Ek kan nie na die farao toe gaan en die Israeliete uit Egipte bring nie.”

Om oor te gesels:
As God ons roep om op die lewens oseaan uit te gaan en Sy werk te doen, wat is ons reaksie? Kruip ons net dieper in ons veilige hawens in? God roep ons juis om uit ons veilige plekke te kom en die lewe aan te pak. Hy roep ons om Sy wil te laat geskied en daaraan te werk dat Sy koninkryk kom!
In watter hawe kruip jy weg?
Moses se wegkruip hawe toe God hom roep was, eks nie belangrik genoeg nie.
Wat is jou wegkruip hawe ?

  • Ek kan nie met mense praat.
  • Ek ken nie die Bybel nie
  • Ek is mos in die kerk. Is dit nie genoeg?
  • Mense sal vir my lag want eks nie ‘n dominee nie…

Al hierdie is wegkruip van God se roep om uit te gaan en ‘n verskil te maak.
God roep jou uit jou veilig plekke…

Kyk na die video van Jo Black se “Skepe” https://youtu.be/yaOBdFj7FIw

Die simbool vir die ou kerk was juis ‘n skip. Want die boodskap moes uitgevat word…

Gebed
-Here help my om nie vreesbevange vas te klou aan my veilige plekke nie maar wys my waarvoor U my roep.
-Kom roep my Here ek wag…
Amen.

Maandag 26 Oktober

Eksodus 1:22
…Daarom het die farao vir al sy mense gesê: “Julle moet elke Hebreeuse seuntjie wat gebore word, in die Nyl-rivier gooi. Maar moenie die dogtertjies doodmaak nie.”

Om oor te gesels:
Ons kan wegskram van verantwoordelikheid en net veilig bly… of ons kan kies om die lewensstorms te trotseer. God het ons gemaak om die lewe met sy storms te trotseer!

In Eksodus 1:22 beveel die farao sy hele volk dat alle pasgebore seuntjies in die Nyl rivier gegooi moes word. Moses se moeder het geweet hoe verkeerd hierdie bevel was. Sy kon of niks doen of kies om 'n verskil te maak. Die keuse wat sy gemaak het was om Moses weg te steek in ‘n klein pik gesmeerde biesiemandjie op die rivier. God het daardie klein, maar dapper, daad van ‘n moeder gebruik om die Hebreër wat Hy uitverkies het om Sy volk te bevry, in die farao se huis te laat beland.

God roep ons om op te staan vir wat reg is. Om nie weg te kruip agter verskonings ongeag of die lewe daar buite onveilig is of nie.
Ons is geskep om God se hande en voete en stem in hierdie wêreld te wees.

Besef jy dat dit jou roeping is om uit te gaan en leef jy jou roeping uit sodat God se wêreldplan waar kan word?

Gebed
Here, gee my die moed om die lewe aan te durf en die wysheid om U wil vir my daarin te ontdek.
Amen.

Saterdag 24 Oktober

Matteus 5:1-12

11 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Die laaste twee verse bou voort op vers 10. Die gedrag van mense teenoor gelowiges wat hier beskryf word is te verwagte van hulle Joodse teenstanders. Dit is duidelik dat dit wat oor die volgelinge van Jesus gesê word vals is. Hulle woorde oor Jesus se volgelinge word deur haat gemotiveer, en dit is bedoel om mense seer te maak. Jesus sê daar is ’n loon wat vir ons wag as ons hierdeur getrou kan bly aan Hom. Die woord loon word 10 keer gebruik in Matteus, baie meer as in die ander drie evangelies.

Waarom sal Jesus dit noem, en waarom beklemtoon Matteus dit? Want die vervolging van God se mense is nie nuut tot die geskiedenis van die Bybel nie. Matteus herinner sy lesers hieraan, deur te verwys na mense wat deur die geskiedenis namens God gepraat het (profete). Uiteraard wag dieselfde vervolging vir Jesus se volgelinge; so ook dieselfde loon vir hulle getrouheid!

Deur die Salingsprekinge maak Jesus ’n verklaring: ons is by ’n draaipunt! Die tyd het gekom dat mense wat desperaat afhanklik is van God se behoeftes bevredig sal word, ten spyte van hulle huidige omstandighede. Slegs as gevolg hiervan word hulle as geseënd beskryf, want God doen dit! Die Koninkryk van God bring ’n nuwe onverwagse vreugde na die volgelinge van Jesus. Hierdie Koninkryk sit volgelinge van Jesus op ’n nuwe roete na geregtigheid, vrede en reinheid.
Belangrik om te weet dat dit nie gebeur deur menslike doelwitte wat bereik word nie, maar deur God wat dit gee. Om geseënd te wees soos die Salingsprekinge beskryf is uiteraard ’n ervaring van God se genade!

Om oor te dink

  • Watter vers het deur die week die diepste met jou gewerk?
  • Hoe het jy hierdie week ervaar dat God jou diepste behoeftes bevredig het?
  • Waarvoor wil jy vir God dankie sê vandag?

Vrydag 23 Oktober

Matteus 5:1-12

9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Hierdie kort en kragtige sin van Jesus (vers 9) is die enigste plek in die hele Nuwe Testament waar die woord “vredemakers” gebruik word. Jesus spreek hierdeur die Selote aan. Hulle was ’n Joodse groep in Jesus se leeftyd wat gehoop en geglo het dat die Koninkryk van God deur geweld en oorlog sou kom. “Veg terug” was hulle leuse… Trouens, vir mense wat konstant deur ander mense sleg behandel word was dit nogal ’n aantreklike vooruitsig, om iemand “van hulle eie medisyne” te gee.

Jesus staan teenoor dit. Hy skep ’n nuwe kategorie mense, vredemakers! Later in Matteus 5 gaan Jesus selfs die merkwaardige opdrag gee dat Sy volgelinge vir hulle vyande moet lief wees. Soos die storie van die Nuwe Testament ontvou word hierdie opdrag aan Christene algemene verwagte gedrag van hulle. Mense wat vrede maak, maak staat op hulle pa om vir hulle te sorg en hulle te beskerm, juis daarom sê Jesus dat hulle kinders van God genoem word.

Die tema van “vervolging” is ’n belangrike tema in Matteus. Joodse mense wat in Jesus geglo het, en so vreemd en onderstebo begin lewe het soos Jesus beskryf in die Saligsprekinge, het erge vervolging van hulle familielede en gemeenskappe ervaar. Daarom het gelowiges nodig gehad om te hoor wat Jesus hieroor te sê het. Hoe moes hulle dit hanteer, hoe moes hulle dit verdra? Jesus maak dit duidelik; hou aan om te doen wat reg is!

Hierdie is waarskynlik van die moeilikste woorde van Jesus om te hoor, te aanvaar en aan gehoorsaam te wees. Die tyd waarin ons leef maak dit baie duidelik vir ons: ons sien hoe mense kwaad met kwaad vergeld, ons sien hoe mense van verskillende oortuigings mekaar geweldadig hanteer en dreig om mekaar leed aan te doen. Die nuus is vol konflik tussen groepe wat met “ons” en “hulle” begrens word.

Wat moet Christene doen? Vrede maak! Dan sal ons geseënd wees. Jesus sê so, glo dit!

Om oor the te dink

  • Met wie of tussen wie moet jy vrede maak?
  • Is jy bereid om aan te hou om te doen wat reg is, selfs al word jy daarvoor vervolg?
  • Hoe bring Jesus se beloftes in hierdie twee verse vir jou troos?

”Forgiving does not erase the bitter past. A healed memory is not a deleted memory. Instead, forgiving what we cannot forget creates a new way to remember. We change the memory of our past into a hope for our future.” Lewis Smedes

Donderdag 22 Oktober

Matteus 5:1-12

7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Die eerste vier salingsprekinge het betrekking gehad tot ons ingesteldheid, gedagtes en houding teenoor die wêreld waarin ons leef. Vers 7 beskryf eerder ’n aksie van die wat geseënd is; dit is om barmhartig teenoor ander te wees. Jesus vra hier dat mense wat juis nie barmhartig deur ander behandel word nie (onthou die mense met wie Jesus praat staan gebuk onder ’n baie moeilike regeringstelsel), steeds barmhartig teenoor ander sal wees. Ons vind onder andere hierdie wysheid in Spreuke 14:21.

Vers 8 is gelaai met gedagtes en taal wat ons in Psalm 24:3-4 vind. Jou hart in hierdie konteks verwys na die diepste kern van jou wese; gedagtes, motivering, gemoed, emosies. Om rein van hart te wees beteken om Jesus se woorde en wysheid as’t ware te internaliseer, om toe te laat dat dit tot in die diepste van jou wese syfer en jou daar verander! Die integriteit waarmee ons leef, en veral waarmee on vers 7 leef, is wat hier belangrik is. Daarvoor het ons ’n rein hart nodig. ’n Ander manier om daaraan te dink is om gefokus en “single-minded” te wees en nie verdeelheid in jou hart en gedagtes te hê oor wat Jesus van jou verwag nie.

Om oor te dink

  • Aan wie moet jy barmhartigheid bewys? Wat ervaar jy as iemand met jou barmhartig is?
  • Wat leef in jou hart wat nie rein is nie? Wat maak dat jou intensies verkeerd is en dat jou integriteit in gedrang is? Sien jy kans om met God daaroor te praat?
  • Wat maak jou opgewonde van die woorde “want hulle sal God sien”?

The point of justice and mercy anyway is not 'they deserve it' but 'this is the way God's world should be', and we are called to do those things that truly anticipate the way God's world WILL be. N.T. Wright

Woensdag 21 Oktober

Matteus 5:1-12

5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6 Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

’n Sagmoedige is iemand wat op God staatmaak om reg te laat geskied en vir hom/haar te sorg. ’n Sagmoedige is iemand wat nie reageer of terugslaan wanneer hulle verkeerdelik behandel word nie, maar eerder wag op God om Sy beloftes teenoor hulle na te kom en hulle as’t ware te beloon vir hulle gedrag. Hierdie vers is gevul met beelde en beloftes uit Psalm 37 en Jesaja 65-66. Jesus het Homself beskryf as sagmoedig, en Hy word beskryf as sagmoedig wanneer Hy op ’n donkie in Jerusalem ingery kom. Hy is ons voorbeeld!

Vers 6 gebruik taal wat te vinde is in Psalm 107. Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het. Psalm 107:9. Jesus voeg wel in hierdie sin by dat dit waarvoor die mens ten diepste smag is geregtigheid, regverdigheid en verlossing. Al hierdie woorde is vervat in die Griekse woorde wat vertaal is as “wat reg is”. Hy belowe dan om hierdie behoefte te bevredig, in ’n oorvloedige manier!

Kyk na die prentjie hierbo en verbeel jou vir ’n oomblik hoe die nuwe aarde lyk. Hoe sal dit voel om vir altyd versadig te wees, en nie net liggaamlik nie maar ook geestelik?

Om oor te dink

  • Hoe reageer jy wanneer iemand jou leed aandoen? Sal jou naaste mense jou as sagmoedig beskryf?
  • Wat ervaar jy wanneer jy honger is? Hoe voel jy wanneer jy versadig is? Het jy al ooit geestelik versadig en tevrede gevoel in die lig van die verlossing wat Jesus vir jou bewerk het?

Dinsdag 20 Oktober

Matteus 5:1-12

4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

Wat is die geseënde lewe? Hoe kry ek deel daaraan? Wie kan dit vir my moontlik maak? Hoe kan ek werklik #blessed wees?

In vandag se fokusvers sê Jesus dat jy geseënd is as jy treur. Dit klink vreemd, eintlik selfs onderstebo.
Om te treur is nie lekker nie, dit is nie iets wat ons self sal kies as ons ’n keuse gehad het nie. Ons leef in ’n tyd waarin boeke en hulpbronne oor persoonlike geluk (“how to be happy”) eksponensieël toegeneem het in vergelyking met die vorige eeu. Waarom sal Jesus dit sê?

Wanneer ons treur gebeur iets betekenisvol binne ons. Ons perspektief verander, ons herwaardeer ons lewens, ons herwaardeer verhoudings, ons erken ons afhanklikheid van God, en bowenal, dit bied vir ons ’n besonderse geleentheid om God se nabyheid en troos te ervaar.
Omdat ons vertroos wil word wanneer ons treur (dit is ’n menslike behoefte), sal dit ons altyd eerder nader aan God laat beweeg as wat dit ons verder van Hom laat wegdryf.

Ek wil twee goed uitlig:

  1. Die Griekse woord wat Matteus hier gebruik vir “vertroos” is dieselfde woord wat Jesus in Johannes gebruik om die rol/werk van die Heilige Gees te beskryf, die Gees is die Vertrooster.
  2. Die laaste deel van hierdie vers is ’n belofte. In die lig van die Nuwe Testament sien ons dat dit ’n belofte is wat defnitief vervul sal word aan die einde van die tyd. God se mense treur nie meer nadat Hy alles nuutgemaak het nie. Nee, Hy droog self ons trane af en beëindig ons hartseer. Totdat ons daar kom, word God ook in die Nuwe Testament beskryf as die God wat troos gee, en word gelowiges aangemoedig om moed te hou.

“Sorrow and grief drive you into God and show you resources you never had and never knew you needed.” Tim Keller

Om oor te dink:

  • Ervaar jy die Heilige Gees as jou Vertrooster?
  • Glo jy in God se belofte dat daar ’n tyd sal kom waar ons nie meer treur nie? Hoe kan dit vandag in jou lewe ’n verskil maak?

Maandag 19 Oktober

Matteus 5:1-12

1 Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, 2 en Hy het hulle geleer en gesê: 3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Wat is die geseënde lewe? Hoe kry ek deel daaraan? Wie kan dit vir my moontlik maak? Hoe kan ek werklik #blessed wees?

Ons is nie die eerste mense wat hierdie vrae vra nie. Trouens, hierdie vrae bestaan al van die sondeval af in Genesis 3. In Jesus se tyd het mense ook die vrae gevra, en verskillende groepe mense het verskillende antwoorde hierop gehad.
Jesus praat hier, onder andere, met mense wat geglo het om die wet te onderhou sal jou geseënd maak, ander mense het geglo geld en goed maak jou #blessed, ander het weer geglo dat jy moet veg vir wat reg is dan sal jy geseënd wees. Jesus maak al hierdie mense bymekaar, en leer hulle wat dit beteken om regtig geseënd te wees.

In vandag se fokusvers sê Jesus dat jy geseënd is as jy soos die persoon in die foto laag voor Hom buig en by Hom kom bedel vir wat jy nodig het. As jy nederig kan erken dat jy nood het, dat jy nie jouself kan help nie, en dat jy Hom vra vir wat nodig is.
Trots staan natuurlik in ons pad; dit is moeilik om hierdie erkenning te maak en hierdie houding aan te neem. Ons is gewoond daaraan dat ons vaardighede, geld en planne vir ons die deurslag sal gee. Jesus maak dit duidelik dat die geseënde lewe anders is as wat ons dink, en ook dat Hy die een is wat dit vir ons gee. Kyk net wat sal ons kry as ons weet hoe afhanklik ons is van Hom!

Om oor te dink

  • Wat het jy vandag van God nodig, wat net Hy vir jou kan gee?
  • Is jy te trots om te erken dat jy iets van God nodig het?
  • Hoe lyk die Koninkryk van die Hemel?

Saterdag 17 Oktober

Jesus is DIE WEG as ons opdraend loop!

Skriflesing: Psalm ‭37:1-5‬ ‭(AFR83‬‬)

Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Dink oor:
Terwyl ‘n mens swoeg teen die opdraendes van die lewe verloor mens maklik perspektief. Jou fokus vernou en jy ly aan tonnelvisie. Dis asof die pyn en ongemak van die steilte AL is wat oorbly. Dit dreig om allesverterend te word. Veral as dit ‘n nuwe, onbekende opdraend is.

Dis dan wat die woorde van hierdie Psalm ons terugruk na die werklikheid. Daar is ‘n kruin wat ons gaan oorsteek. “This too shall pass” sê ‘n mooi spreekwoord. Maar daar is ook IN die swaar meer as NET die swaar. Geliefdes, vriende, goeie herinneringe, ander drome en, die beste van alles, God self, is dáár in die uur van wanhoop. Beur voort. Hy sal sorg

Gebed:
Here, ek vind dit baie moeilik om weg te kyk van die steilte en my oë op U te rig. Ek wil my lewe aan U oorlaat. Dankie dat U sal sorg.

Vrydag 16 Oktober

Jesus is DIE WEG (en nie “weg”) as ons opdraend loop nie!

Skriflesing: Lukas‬ ‭23:32-34‬ ‭DB‬‬

Jesus is nie alleen gekruisig nie. Twee terroriste is ook saam met Hom daar op Golgota, “die Plek van die Kopbeen”, gekruisig. Hulle kruise is aan weerskante van Syne in die grond ingeplant. Daar aan die kruis het Jesus hardop vir God gesê: “My Vader, vergeef hierdie mense. Hulle weet glad nie waarmee hulle nou besig is nie.” Maar die soldate het hulle nie aan Hom gesteur nie. Hulle was te besig om sy klere onder mekaar te verdeel deur lootjies te trek.”

Dink oor:
Het jy ook al weens onreg of kwaadwilligheid op die lewe se opdraend beland? Ongelukkig, in vandag se wêreld, is dit meer die reël as die uitsondering. Dis maklik om teen so ‘n opdraend bitterheid en wraaksug teen die “skuldiges” te vertroetel.

Ons sien in ons teks hoe Jesus hier in die uur van Sy bitterste lyding Homself losmaak van wraak en bitterheid, deur vergifnis uit te spreek. Te midde van die leedvermaak, sweet en suur asems van sy martelaars.

Met vergifnis bevry jy …. JOUSELF! Dit verklaar niemand onskuldig nie, dit neem net die mag van ander oor jou weg, en daarmee saam ‘n groot deel van die pyn van die opdraend.

Gebed:
Bid hierdie GEBED elke uur (stel vir jou ‘n wekker op jou foon) tot vanaand slaaptyd:

Here, dit voel vir my onmoontlik om my “martelaars” te vergewe. Help my Here! Ek wil sien en verstaan wat vergifnis is en dat dit my vrymaak. Heilige Gees, verander my hart. Ek wil die opdraend met mening kan uitstap.

Donderdag 15 Oktober

Jesus is nie “weg” as ons opdraend loop nie!

Hy is “DIE WEG!”

Skriflesing: Matteus‬ ‭26:39-42‬ ‭DB

“Hy het ’n paar treë verder gaan kniel. Met sy gesig tot teen die grond gebuig, begin Hy bid: “My Vader, is daar enige kans dat Ek die pad wat vir My voorlê nie hoef te loop nie? Is daar ’n uitweg? Maar Ek probeer nie allerhande planne maak nie. Maak U die planne, asseblief! Doen wat U wil.” Jesus se dissipels het egter aan die slaap geraak. Hy maak Petrus toe wakker: “Wat gaan aan? Het jy dit nie eens in jou om ’n klein rukkie saam met My wakker te bly nie? Vra God om julle te help om nie verkeerde dinge te wil doen nie. Ek weet julle sê julle wil graag die regte dinge doen, maar dit gebeur nie altyd so nie, nie waar nie? Wees daarom altyd op en wakker.” ’n Tweede maal het Jesus gaan bid: “My Vader, as daar nie vir My ’n uitweg is nie, laat dan gebeur wat moet gebeur!” ‬‬

Dink oor:
Wanneer die lewenspad steil is (soos dit soms sal wees) en die swaartekrag van sorge ons afrem, weet ‘n mens soms nie wat en hoe om te bid nie. Hierdie gebed van Jesus is ons oplossing.

““Thy will be done” is the perfect prayer. It may actually be the best prayer we can utter that also expresses our humanity. We acknowledge what our instincts and heart and mind want, but we also express our desire to have God’s will played out in our lives.” (Karon, in die Mitford reeks)

Dit is die gebed wat vertrouend verklaar dat God die BESTE vir jou wil hê en dat jy dit aan Hom oorlaat.

Gebed:
Heer, laat U wil geskied!

Woensdag 14 Oktober

Jesus is nie “weg” wanneer ons opdraend loop nie!

Skriflesing: Johannes 17:9-10 & 15-16 DB

“Ek bid vir hulle! Ek bid vir elkeen wat U vir My gegee het om na te kyk. Hulle behoort immers aan U. Oor hulle wil Ek nou met U praat en nie oor al die ander mense in die wêreld nie. Ons is mos soos een groot familie. Hulle lê My net so na aan die hart as vir U en U gee net soveel om vir hulle as Ek. Hulle sal vir mense vertel hoe belangrik Ek is.”

“Ek vra nie dat U hulle van die sondige mense af weghou nie. Net so min as wat Ek my wil ophou met die dinge van die sondige mense, sal hulle dit wil doen. Hulle is nie soos die sondige mense nie. Wat Ek wel vra, is dat U hulle uit die grypende kloue van die duiwel en al sy boosheid sal hou.”

Dink na oor:
Wanneer die pad steil raak, is dit nodig om stil te raak. Stil in die teenwoordigheid van die Vader. Jesus wys ons wat om vir God in die stilte teen die opdraende pad te vra…

  • Beskerming deur die Naam en in die bloed van Jesus
  • Hegte eenheid tussen mekaar. Saamstap maak opdraendes draaglik.
  • Vreugde op die pad, te midde van die swaar van steiltes.
  • Dat die swaar ons sal suiwer en heilig.
  • Dat HOOP lewend en kragtig in ons sal klop.
  • Dat Jesus se liefde sigbaar sal wees uit hóe ons op stap.

Gebed:
Soek vandag die Here op in die stilte, en bid hierdie ses dinge. Dit is wat Jesus vir jou bid. Bid dit ook vir jouself en vir ander wat saam swoeg teen die steiltes.

Dinsdag 13 Oktober

Jesus is nie “weg” wanneer ons opdraend loop nie!

Skriflesing: Johannes 17:3-4

So moet ’n mens hierdie ewige lewe verstaan. Dit behels dat jy ’n lid word van die familie van die enigste ware God. Jesus Christus, vir wie God gestuur het om mens te wees, is ook lid van dié familie. In die familie van God leer ’n mens God en Jesus baie goed ken, met alles wat dit vir jou beteken. Mense kan sien hoe groot en belangrik U is, Vader, deur te kyk na wat Ek doen. Ek het alles presies gedoen soos U gevra het. Nou is Ek klaar daarmee.” Johannes‬ ‭17:3-4‬ ‭DB‬‬

Dink oor:
Opdraendes is onvermydelik deel van ons lewenspad. In Jesus se laaste paar gesprekke (gebede) met Sy Vader, wys Hy ons hoe mens bid teen die opdraendes.

  • Hy bid dat God deur Sy lewe en optrede verheerlik sal word. Hóe Hy ly moet ‘n getuienis wees.
  • Hy bid dat ander God sal raaksien deur Sy lewe.
  • Hy RUS in die wete dat Hy aan God behoort. Om in God se Geloofsfamilie te wees beteken dat die opdraende eindig en dat God óp pad saam is én aan die einde van die pad wag.

Gebed:
Here, die steilte van die opdraend herinner my aan die sekerheid van U langs my, agter my, om my, bo en onder my en, voor my!

Maandag 12 Oktober

Jesus is nie “weg” wanneer ons opdraend loop nie!

Skrifgedeelte: Johannes 12:26-28 (DB)

““Iemand wat My wil dien, moet dus bereid wees om my voorbeeld te volg. Hy moet in enige situasie presies doen wat Ek sou doen; ja, in hierdie lewe moet hy aan die werk wees op plekke waar Ek graag sou wou werk. God self sal iemand wat dít doen, prys. “Op die oomblik is my gemoed beswaard. Ek weet nie mooi wat om te bid nie. Sal Ek bid: ‘Vader, maak ’n ander plan sodat Ek nie hoef te sterf nie’? Dit kan Ek tog nie bid nie! Ek het dan juis gekom om te sterf en op te staan. Ek kan nou net een gebed bid: ‘Vader, doen wat nodig is sodat mense kan sien hoe groot en belangrik U is!”

Om oor te dink:
Moeilike een. Kan jy, te midde van ‘n bitter swaar tyd in jou lewe, geduldig en toegewyd kies om deur die swaar tyd te stap en te verduur wat dit bring, sodat God verheerlik kan word? Is dit dalk iets wat ek en jy kan hierdie week kan verken? Inderdaad!

Gebed:
Meer van U Here, minder van my. Ek vertrou U met die uitkoms, so ek leef met oorgawe in die oomblik.

Saterdag 10 Oktober

Psalm 131

‘n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. 2 Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. 3 Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.” (Psalm 131:1-3‬ ‭AFR83)

Om oor te dink en gesels

  • Hierdie kort Psalm begin met ‘n verklaring om te sê dat hy kies teen hoogmoed en vir nederigheid. Klink amper hoogmoedig, maar hy stel daarmee sy vertroue in die Here.
  • Hy is nie bekommerd en besorg oor groot dinge nie.
  • Die beeld van afhanklikheid van ‘n kind kry ons ook in Matteus 18. Dit is om soos ‘n kind te wees - ‘n tweede naïviteit - ek kies om steeds te glo en te vertrou al is dit nie so maklik nie.
  • Tevredenheid gaan daarmee saam om op die Here te wag.
  • Maak vandag tyd om te reflekteer oor die week se Psalms en wat vir jou uitgestaan het. Bring dit na Hom toe en wag op die Here.

Gebed
Here, mag ek soos ‘n kind in afhanklikheid my tevredenheid by U vind. Help my om op U te wag.
Amen.

Vrydag 9 Oktober

Psalm 130

'n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep.
As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.” (Psalm 130:1-6‬ ‭AFR83‬‬)

Om oor te dink en gesels

  • Hierdie Psalm herinner ons dat die Here ons hulpgeroep hoor, al voel dit soms nie so nie.
  • God se vergifnis stel ons in staat om voor die Here te verskyn en in verhouding met Hom te leef. God reken ons dit nie toe nie (vergelyk Psalm 51)
  • Daarom kan ons Hom vertrou en op Hom wag. Dis egter moeilik om te wag. Ons wil alles dadelik laat gebeur en ook soos ons dit wil hê. Ons word aangemoedig om te wag.
  • Waarvoor wag jy op die Here?
  • Waarvoor vertrou jy die Here?
  • Aan watter beloftes in Sy woord hou jy vas?

Gebed
Here, ek wil leer om te wag op U en U te vertrou. Mag U woord in vervulling gaan. Ek hou vas aan U woord. Ek wag op U…
Amen

Donderdag 8 Oktober

Psalm 129

'n Pelgrimslied. Hulle het my van jongs af swaar verdruk, dit moet Israel sê, hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie.
Die Here is regverdig, Hy het die bande losgesny waarmee die goddeloses my gebind het.” (Psalm 129:1-2, 4‬‬‬)

Om oor te dink en gesels

  • Hierdie Psalm hou daaraan vas dat hulle nie moed opgegee het nie, ten spyte van baie swaarkry. Die Here, die Regverdige, was en is by hulle. In die verlede het die Here gehelp en Hy sal ook weer help.
  • Dit is nie ‘n vlak optimisme of maklike geloof nie, maar uit vertroue dat God by ons is.
  • Die tweede deel is ‘n vloekpsalm waar hy sy vyande verwens. Dit voel vreemd om dit te lees, maar tog voel ons ook soms so.
  • Ons behoort ons woede na die Here toe bring en Hom vertrou vir die uitkoms.
  • Jesus leer ons om eerder vir ons vyande te bid as om hulle te verwens. Vir wie moet jy vandag bid?

Gebed
Here, ek voel soms of dinge my gaan onderkry, maar help my om U daarmee te vertrou. Mag ek vandag vir iemand eerder bid, as om te verwens. Ek bid vir ….
Amen.

Woensdag 7 Oktober

Psalm 128

“'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.” Psalm‬ ‭128:1-2‬ ‭AFR83‬‬

Om oor te dink en gesels

  • Vandag se Psalm fokus op gehoorsaamheid om die Here se wil te doen. Wanneer ons so leef, kan ons die vrug van ons arbeid geniet.
  • Dit het ook ‘n impak op ons verhoudings met ons familie en kinders.
  • Die Psalm vra die Here se seën om Sy goedheid te ervaar.
  • Partymaal is ons sku om die Here te vra vir Sy seën op ons werk en verhoudings. Vra die Here om jou vandag daar waar jy is te seën, sodat jy ’n seën vir ander kan wees.
  • Mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar.

Gebed
Here, dankie vir U ryklike seën elke dag. Mag ek vandag in my werk en verhoudings U teenwoordigheid beleef. Ek vandag vir iemand om my tot seën wees. Amen.

Dinsdag 6 Oktober

Psalm 127

As die Here die huis nie bou nie, bou die bouers ’n bouval wat enige oomblik inmekaar kan stort. As die Here die stad nie oppas nie, help dit net mooi niks dat die polisie die strate patrolleer nie. Dit is ’n vermorsing van tyd om vroeg op te staan en tot laatnag wakker te bly en jou morsdood te werk. Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al hierdie goeie dinge in hulle slaap.” (‭‭Psalm‬ ‭127:1-2‬ ‭DB‬‬)

Om oor te dink en gesels

  • Vandag se teks herinner ons dat as die Here nie deel van ons alledaagse lewe is nie, is ons besig met die verkeerde goed.
  • Ons leef en werk baie keer so asof alles net van onsself afhang. Amper iets soos wat kinders sê: “ons sal self!”
  • Die Psalm is nie teen beskerming en harde werk nie, maar dat ons sal weet die Here die beginpunt is.
  • Dit gaan om in afhanklikheid van die Here te leef, sodat die skrywer kan sê die Here gee al hierdie dinge vir hulle wat hom lief het in hul slaap. Die Here gee rustigheid.
  • Leef jy in hierdie afhanklikheid van die Here? Hoe kan jy jou werk doen om dit te reflekteer?
  • Wat kan jy doen om jouself elke dag hieraan te herinner?

Gebed
Hemelse Vader, ek kom gee vandag my “huis” vir U en vra dat U dit sal bou. Leer my om elke dag in afhanklikheid van U te leef, want sonder U, Here, kan en wil ek nie aangaan nie.
Amen.

Maandag 5 Oktober

Psalm 126

4 Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om. U kan ’n droë woestyn in ’n pragtige blommeland verander. Vat so ons probleme heeltemal weg. 5 Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander.” (Psalms 126:4-5‬ ‭DB‬‬)

Om oor te dink en gesels

  • Hierdie Psalm kyk terug en dink aan die vreugde dat die Here hulle verlos het. Ons het gelag en gesing (Ps 126:2) en was bly. Hulle het aan die Here die eer daarvoor gegee.
  • Vreugde is nie ‘n oppervlakkige gevoel nie, maar ‘n diep wete dat die Here genoeg is: gister, vandag en môre.
  • Nie net verklaar hul hul vreugde omdat die Here hul gehelp het, maar hulle vertrou die Here weer en vra daarna.
  • Waarvoor moet jy die Here vertrou?
  • Leef jy uit die vreugde van die Here?
  • Lees ook Fil 1:6 hiermee saam: “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Gebed
Here, ek vergeet soms dat U dinge verander. Partymaal voel dit of U ander se lot verander, maar nie myne nie. Mag ek uit die vreugde leef dat U my swaarkry sal verander in vreugde. Help my om naby aan U te bly.
Amen.

Saterdag 3 Oktober

Romeine 12:2
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Om oor te gesels:

  • Hoe het jy jouself beskerm deur te word wat anders wil hê jy moet word? Wat het jy al opgeoffer of gegee om te wees wat ander wil hê?
  • Vertrou jy die Here meer as die wêreld om jou? Waarom is dit maklik of swaar?
  • Wie is jy werklik wanneer jy nie aanpas by die wêreld se verwagtinge nie? Waarom sou hierdie weergawe van jouself vir die Here aanneemlik wees?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=T5rqGjc7Y2k

Gebed:
Ek het teen U gesondig. Steeds ontvang U my met genade.
Ek was ongehoorsaam aan U stem. Tog ontvang U my steeds met oop arms.
Ek het my woorde sonder sorg gebruik, tog vergewe U my.
Ek het U ontken met my lewe, tog het U my lief.
Here, ek sal nooit verstaan hoe en waarom.
Here, ek kan nie U dood begryp nie.
Ek het nie U liefde verdien nie, en ek sal ook nooit nie.
Dankie vir U genade.
Ek wil u altyd dien. Dankie dat dit iets is, wat ek kan doen.
Amen

Vrydag 2 Oktober

1 Korintiërs 6:19-20
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Om oor te gesels:

  • Eer en respekteer ons God werklik vir ALLES wat Hy geskep het? Wanneer vir jy dit moeilik om God te eer vir wat Hy geskep het? Waarom?
  • Hoe laat dit jou voel om te weet God het jou geskep? Hoe voel dit om te weet jy behoort nie aan jouself nie maar aan God?
  • Indien God ons Skepper en heerser is, hoe eer ons God met ons liggame en lewens?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=FlNzbP3-SYs

Gebed:
Here Jesus
U is my eerste
U is my laaste
U is die hede
U is die verlede
U is my siel
U is my lig
U is my lewensredder
U is my verlosser
Daar is elke dag nuwe genade
Selfs al mis ek die merk op soveel maniere
U maak my sterk
U laat my nooit gaan nie
Ek weet dit, want U is so lief vir my
Dankie
Amen

Donderdag 1 Oktober

Romeine 8:6
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.

Om oor te gesels:

  • Wat is die versoekings waarmee jy die meeste sukkel? Hoe begin hierdie versoekings? Wanneer is dit moeilik om nee te sê?
  • Wanneer is jy sterk en in staat daartoe om die versoekings teen te staan? Hoe help vriendskappe (“community”) jou om sterk te staan teen versoekings?
  • Laat jy die Gees toe om jou oorloë vir jou te veg? Of probeer jy baie hard om dit self aan te pak?
  • Watter aktiwiteite wat jy aanpak bring jou nader aan die Here, meer invloei met die Gees en bring vir jou lewe en vrede?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=WpjZ6Jz950g

Gebed:
Lord, make me an instrument of your peace
Where there is hatred let me sow love.
Where there is injury, pardon.
Where there is doubt, faith.
Where there is despair, hope.
Where there is darkness, light.
Where there is sadness, joy.
O divine master grant that I may not so much seek to consoled as to console,
to be understood as to understand, to be loved as to love.
For it is in giving that we receive, it is in pardoning that we are pardoned, And it is in dying that we are born to eternal life.
Amen (St Francis of Assisi)

Woensdag 30 September

Filippense 4:8
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

Om oor te gesels:

  • Wanneer jy deur jou gewone, normale dag dink, waarmee vul jy jou dag?
  • Hoeveel van jou dag tap energie? Hoeveel van jou dag gee jou energie? Wat is die verskil tussen die ervarings?
  • Waarom sou God wou hê jy moet jou gedagtes rig op dit wat waar is, edel is, reg is, rein is, mooi is, prysenswaardig is, deug of lofwaardig is?
  • Hoe nooi jy God in jou normale roetine en ritme van jou dag in? Wat kan die Here vir jou daar leer?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=C2U7ffUM5Ec

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek is hier in U teenwoordigheid. Praat met my Here. Vul my met u Gees en transformeer my.
Here, gee my asb. die gawe om U stem te hoor en gehoorsaam te wees.
Here, laat my asb. in vloei wees met die Heilige Gees. Laat my U ritme hoor en nie huiwer om dit te volg nie.
Here, ek vra dat U my sal help om U stem te hoor, en nie bang te wees om U wil te volg nie.
Here, leer my om totaal afhanklik te wees van U. Leer my om meer van U te reflekteer en minder van myself.
Here, help my om ‘n lewende offer vir U te wees.
Amen

Dinsdag 29 September

Efesiërs 2:10
Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

Om oor te gesels:

  • ‘n Ander woord vir handewerk is kunswerk. Wat beteken dit om ‘n kunswerk te besit, skep, waardeer en te geniet?
  • Glo jy, jy is God se kunswerk? Indien jy dit nie glo of voel nie, is jy besig om hierdie gedagte te ontken. Wat sê jy dan vir God?
  • Glo jy in God se beloftes ? Watter beloftes hou jy aan vas?
  • Hoe kan jy meer leef soos hierdie handewerk/kunswerk, wat God jou gevorm het om te wees? Hoe kan jy meer van jou ware self laat uitkom?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=b3xsn6db2iI

Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen

Maandag 28 September

Psalm 118:24
Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

Om oor te gesels:

  • Glo jy dat God werklik vandag geskep het? Of neem jy dit as vanselfsprekend dat die seisoene net verander?
  • Wat sou gebeur as God vandag besluit om nie ‘n nuwe dag te maak nie? Hoe sou hierdie gedagte die manier waarop jy die dag aanpak verander?
  • Indien ons God vertrou dat Hy elke dag ‘n nuwe dag skenk, en dat Hy betroubaar is om ons van sondes te verlos, kan ons Hom vir al die ander klein en groot goedjies in ons lewens?
    -Hoe kan dit ons ervaring van dankbaarheid en vreugde beinvloed?

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=ABWnLjXer10

Gebed:
Heer van my lewe, Seun van God,
Leer my hoe lyk ware vrygewigheid.
Leer my hoe om U te dien.
Leer my hoe om te gee, sonder om te bereken wat dit my kos.
Leer my hoe om dit te doen ten spyte van my eie wonde.
Leer my hoe om werk selfs al is ek moeg.
Leer my hoe om op te offer, selfs al is daar geen beloning.
Leer my hoe om U wil te doen.
Amen

Saterdag 26 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Skriflesing: 1 Petrus 1:13-17

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. 14 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16 Daar staan immers geskrywe: "Wees heilig, want Ek is heilig." 17 Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld.

Om oor na te dink

  • Jesus het nie aan die kruis gesterf net sodat ons hemel toe kan gaan nie.
  • Sy sterwe het ook ‘n weg gebaan sodat ons herstel kan word.
  • Hy roep ons op om soos Hy te wees; om Hom te verteenwoordig hier op aarde.
  • Ons moet die lig van die wêreld wees, die sout van die aarde.
  • Ons moet God se koninkryk laat kom.
  • Slegs dan sal die krag van die Koninkryk ten volle sigbaar word in ons gevalle wêreld.
  • Hy het ons die Heilige Gees gegee en alles wat nodig is om dit te kan doen.
  • Dit is tyd dat ons onsself toewy aan hierdie proses en beheer oorgee aan sy Koningskap in elke aspek van ons lewens.

Om voor te bid

  • Dank God vir Sy redding en genade.
  • Bid vir insig om Sy koninkryk sigbaar te maak in ons lewens.
  • Bid vir wysheid vir jou gemeeteleiers dat die kerk se aksies God se koninkryk sal laat kom in die wêreld.
  • Bid dat God ons land sal neem, en Sy koninkryk in ons land sal laat kom.
  • Dank God dat Sy koninkryk besig is om te kom deur ons, die kerk en die Heilige Gees se inwerking.

Vrydag 25 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Skriflesing: Exodus 20:15-16

15 Jy mag nie steel nie. 16 Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.

Om oor na te dink

  • Leuens, diefstal en bedrog is alles karaktereienskappe van Satan. In God se koninkryk geld die teenoorgestelde hiervan.
    -Vertel jy leuens? Wit leuens, halwe waarhede, klein leuentjies en groot leuens is alles dieselfde voor God. Leuens is leuens.
  • Het jy enigsins kompromieë aangegaan in jou lewe deur leuens?
  • Steel jy, selfs al is dit net ‘n klein bietjie?
  • Vat jy toerusting by die werk sonder toestemming?
  • Besteel jy God se werk deur nie dankoffers te gee nie?
  • Vra jy buitensporige huur vir jou huurders of prys vir jou produkte?
  • Dis hierdie “grys areas” in ons lewens wat vir God
    betekenisvol is. Hy heg groot waarde aan integriteit en eerlikheid.
  • Sy koningkryk kom waar ons nie steel of lieg of oneerlik is nie.

Om voor te bid

  • Dank God vir alles wat Hy jou gegee het, sonder om dit met ander te vergelyk.
  • Bid God vir aanvaarding vir dit wat Hy jou gee, sodat jy nie 'n behoefte het om meer te vat as wat jou toekom nie.
  • Bid vir wysheid vir jou gemeeteleiers dat hul dit wat hul ontvang so sal aanwend dat God se koninkryk sal kom in die gemeente.
  • Bely voor God waar en hoe jy Sy opdrag van nie steel en nie lieg oortree het.
  • Bid dat God jou krag sal gee om vorentoe die versoeking te weerstaan om dit nie weer te doen nie.

Donderdag 24 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!
Skriflesing: 1 Johannes 3:14-18

Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood. 15 Elkeen wat sy broer haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie. 16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17 Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie, hoe kan die liefde van God in hom wees? 18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

Om oor na te dink

  • Liefde is Christus se standaard en bouplan vir sy koninkryk.
  • Hy het Sy Lewe vir ons neergelê.
  • God se koninkryk kom waar ons gehoorsaam en opofferend lewe, deur ander na Christus te bring, en hulle te dien in nederigheid.
  • As ons dit doen vir die geringstes onder ons, dan doen ons dit ook vir God.
  • Dit is tyd om ons selfsugtige lewens neer te lê en liefdevol te belê in mense rondom ons.
  • Wat is jou bydra tot hulp aan ander?
  • Is jy bewus van die projekte wat die gemeente in die gemeenskap bedryf? Lewer jy hier n bydrae?
  • Sien jy die swaarkry van ongelowiges in ons land raak? En maak jy n verskil daaraan?

Om voor te bid

  • Dank God vir al die voorregte wat jy het.
  • Bid dat God jou sal wys waar en hoe jy mense kan help in liefde.
  • Bid dat God ons sal lei dat ons as gelowiges deur ons gemeente 'n verskil in mense se lewens sal maak.
  • Bid dat God jou in die wêreld sal gebruik om deur liefde Sy koninkryk te laat kom.

Woensdag 23 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Skriflesing: 1 Korintiërs 10:14
Daarom, my geliefdes, moet niks met die afgodsdiens te doen hê nie.

Om oor na te dink

  • Afgodsdiens neem baie vorme in ons lewens aan. ‘
  • n Afgod is enigiets wat ons meer koester en waardeer as Jesus.
  • Liefde vir die dinge van die wêreld gaan hand-aan-hand met afgodsdiens omdat die dinge van die wêreld so dikwels afgode word in ons harte.
  • Ons het afgode van Mag (smagting vir posisie, sukses en beheer)
  • Afgode van Aanvaarding (verwag dat mense ons diepste behoeftes sal ontmoet, terwyl dit slegs God self is wat dit kan vervul)
  • Afgode van Sekuriteit (waar ons ons hoop en vertroue stel in aardse dinge om ons te beskerm en voorsien)
  • En afgode van Gemaksug (waar ons uitermate liefde het vir plesier, gemak, aardse besittings en geld, ens.).
  • God se koninkryk kan nie kom waar ons afgode(van watter aard ookal) aanbid nie…

Om voor te bid

  • Bid dat God jou sal help om Hom eerste in jou lewe te stel.
  • Bid dat God ons as geloofsgemeenskap sal help om mekaar te wys op die afgode in ons lewens.
  • Bid dat ons ontvanklik sal wees vir hierdie teregwysing en sal streef daarna om dit reg te stel.
  • Bid dat God jou in die wêreld sal gebruik om Hom as koning te erken en so Sy koninkryk te laat kom.
  • Dank God dat Hy ons God is en bely voor Hom dat jy geen afgode wil hê nie.

Dinsdag 22 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Skriflesing: Matteus 18:21-22
21Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” 22 Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer

Om oor na te dink

  • Vrede en 'n herstel na eerlike norme en waardes in ons land begin waar God se koninkryk kom.
  • 'n Overgewensgesindheid is ‘n volgehoue onwilligheid om mense wat ons seergemaak het of teen ons gesondig het, te vergewe.
  • Ons wil eerder sien dat mense gepynig word en dat wraak geneem word, as om sulke persone te vergewe en vry te spreek.
  • Die Woord van God beveel ons egter om mense te vergewe, omdat God ons vergewe het.
  • As ons mense vergewe eerder as haat sal dit help dat God se koninkryk in ons lewens sigbaar word.
  • As gelowiges mekaar vergewe eerder as aankla en veroordeel sal God se koninkryk in ons gemeentes en kerke sigbaar word.
  • As ons ongelowiges wat ons te na kom, vergewe sal ons help dat God se koninkryk in die wêreld kom.
  • Kyk wat jy op sosisiale media plaas of ondersteun. Stook dit haat of roep dit mense op tot vergifnis?

Om voor te bid

  • Bid dat God jou sal help om eerder te vergewe as te haat.
  • Bid dat God ons as geloofsgemeenskap sal help dat ons mekaar eerder sal oproep om te vergewe as dat ons mekaar op stook tot haat.
  • Vra dat God jou in die wêreld sal gebruik om Sy verginis te wys en so Sy koninkryk te laat kom.
  • Dank God dat Hy ons kom wys het hoe vergifnis lyk deur ons uit genade te red en nie ewig te veroordeel nie.

Maandag 21 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Maandag 21 September

Openbaring 3:14-16

[14] Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodicea: So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het: [15] Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! [16] Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

Om oor na te dink

  • Ons soek na vrede en 'n herstel na eerlike norme en waardes in ons land.
  • Al hoe hierdie wyse van bestaan moontlik is, is as ons bid dat God sy beheer oor ons land, leiers, gelowiges en individue sal opneem.
  • Met ander woorde bid dat God se "koninkryk" - daar waar Hy beheer as koning - sal kom.
  • God se koninkryk is nie n wederkoms droom nie, nee dit kan nou al kom waar ons as individue, geloofsgemeenskap en wêreld dit soek en Hom met oop arms ontvang as ons koning.

Om voor te bid

  • Bid dat God die louheid in jou eie lewe sal wegneem en jou warm sal maak vir God.
  • Bid dat God ons geloofsgemeenskap se afgestomptheid, vir wat God se wil is, sal wegneem en dat ons God se waardes sal uitdra oral waar ons leef.
  • Vra dat God mense sal stuur om ons land weer op te roep, om te kies vir God en sy waardes, en nie maar lou verlam aan te ploeter omdat dit maklik is en ons niemand te na wil kom nie.
  • Kom Here.. Laat u koninkryk kom in my lewe en oral waar ek n voetspoor laat

Saterdag 19 September

Saterdag 19 September
1 Petrus 5:6-14 (Die Boodskap)

10 Hierdie swaarkry as Christene sal nie meer so lank aanhou nie. Daarvoor sal God sorg. Dit is immers Hy wat soveel goeie geskenke vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Hy het Christus Jesus gestuur, deur wie God ons ook uitnooi om vir altyd sy eregaste te wees. Al ly julle nou ’n rukkie, sal God self vir julle julle ereplek by Hom gee. Hy sal vir julle al die krag gee wat julle nodig het, sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie. 11 Hy kan dit doen, want al die krag behoort aan Hom, nou en vir altyd. Daaraan hoef niemand eens te twyfel nie.

Petrus beskryf vier goed wat God sal doen vir gelowiges, dié wat getrou gebly het tot aan die einde. Al vier hierdie goed word in die toekomstige tyd geskryf, wat vir ons die versekering gee dat God dit sal doen, en dat dit vir ons ook geld. Ons kyk vandag na die laaste twee.

  • God sal ons versterk (hier vertaal as Hy sal vir julle al die krag gee): Hierdie is die enigste plek in die Nuwe Testament waar hierdie werkwoord gebruik woord. In die Ou Testament word hierdie werkwoord gebruik in Job om die krag van ’n leeu te beskryf. Sien jy wat Petrus hier doen? Ons ontvang die krag van ’n leeu (die Leeu van Juda, Jesus) om ’n ander leeu teen te staan. Ons sal ook uiteindelik op vol sterkte wees wanneer alles nuutgemaak word.
  • God sal ’n vaste fondament gee (hier vertaal as sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie): Hierdie werkwoord gaan saam met “God sal stewig maak” waarna ons gister gekyk het. Wanneer God ons in hierdie posisie plaas, sal ons ook veilig en onwankelbaar hier bly. Ons sal hier vasstaan.

Aan die God van alle genade kom al die eer toe: die Een wat ons herstel, stewig maak, versterk en ’n vaste fondasie gee. Ons gaan nog vir ’n tyd lank die lyding van hierdie wêreld ervaar, maar ewige glorie en herstel is ons voorland!

Petrus sluit die brief af met ’n wens van vrede: “Mag God aan julle groot rustigheid en vrede hier diep in julle binneste gee, aan almal van julle wat Christene is.”. Hierdie vrede was net moontlik as gevolg van die gelowiges se verhouding en geborgenheid in Jesus, die Prins van Vrede.

Om oor te dink:

  • Wat het vir jou uitgestaan uit die studie van hierdie gedeelte die week?
  • Waarvoor het jy tans God se versterking nodig?

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika