Welkom by PvR Geloofsfamilie

Erediens Uitsending

Kliek hier om na ons YouTube kanaal te gaan om aanlyn in te skakel.

Kom Ontdek en Leef Christus saam met ons

Ons Geloofsfamilie is intergenerasioneel. Ons is trots op die spasies wat verskillende ouderdomme vier en saam dissipelskap beoefen. Vanaf doopouers, kleuters, kinders, tieners, studente, jongwerkendes, manne, vroue, seniors - daar plek vir jou om te BEHOORT. Daar is ook kleinkerke (kleingroepe) wat gereelde ritmes het om saam Christus te Ontdek en Leef.

So kom, nes jy is. Kom Ontdek dat jy die Here se kind is. Kom ontdek dat jy saam met God se mense reis. Kom leer en floreer om jou dissipelskap uit te Leef. Ons Ontdek en Leef Christus.

Ons Whatsapp Channel

Word deel van PvR Geloofsfamilie se WhatsApp Kanaal, ’n eenvoudige manier om verbind te bly. Wat maak dit besonders?
* Jy ontvang ons Dagstukkies
* Jy ontvang belangrike nuus en opdaterings vinnig en maklik
* Jy mis nie meer gebeure, reekse of spesiale oomblikke nie
* Dit help jou om ingeskakel te bly by wat God in en deur ons Geloofsfamilie doen
* Geen oorlaaide groepe of eindelose kennisgewings nie. Net duidelike, relevante inligting, wanneer jy dit wil hê.

Boodskappe bly vir 30 dae sigbaar op ons kanaal en jy kan enige iemand uitnooi om ook daar te loer.

Opkomende gebeure, besprekings en inskrywings

Kliek hier vir meer besonderhede oor ons opkomende gebeure, asook vir die besprekings en inskrywings. Ons maak gebruik van 'n aanlyn platform om hierdie proses te vergemaklik.

Verlief, Verloof, Getroud

Al is jy al lank getroud of staan jy op trou, is daar nog so baie om in jou verhouding te ontdek.
Kom belê in jou verhouding en woon hierdie nuwe kursus by!
Ons gaan temas soos kommunikasie, verwagtinge, persoonlikhede, konflik en finansies.
Ons begin Sondag 26 Julie om 11:00 (vir 'n uur), asook
Donderdae 30 Julie, 6, 13 en 20 Augustus 2026 om 18:30 (vir 90min per sessie). Kliek hier om in te skryf.

Geloofsgewoonte om te gee

Jy kan elektronies bydrae om bedieninge te ondersteun. Kliek gerus op die "Gee" knoppie om die verskillende opsies te sien, waarop jy kan help om 'n verskil te maak.

Godstories

Hier deel ons Godstories. Dit is Godstories van lidmate en predikante wat saam met ons Geloofsfamilie die pad stap.
Wat is 'n Godstorie?
* 'n Storie waar jy God beleef het
* 'n Storie wat vertel hoe groot en wonderlik God is
* 'n Storie wat mense se geloof versterk
* 'n Storie waar God mense inspireer en bemoedig
As jy jou Godstorie wil deel, kan jy dit skryf en in die voorportaal by die kerkgebou in die houer plaas of kliek hier om vir ons jou Godstorie te stuur
Kliek hier om Godstories te lees.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika