1 Petrus 3:15
“Inteendeel, eerbiedig •Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle leef.” (Afr 2020)
Om oor te gesels en te dink:
Wanneer ons die geleentheid kry om ’n verduideliking te gee van die hoop wat in ons leef, kan ons ons Godstoies deel. ’n Manier om dit te doen is om terug te kyk, te sien wat nou in jou lewe gebeur en ook vorentoe te kyk.
As jy terug kyk op jou lewe kan jy reflekteer en getuig van hoe goed die Here vir jou tot nou toe was. As jou sien waarmee die Here nou besig is, help die realiteit ons om te besef hoe dankbaar ons is. As ons vorentoe kyk, kan ons sien hoe die Here ons roep om te doen wat Hy van ons vra. Ons kan dankie sê vir Sy genade van die verlede, Sy getrouheid nou en geleenthede vir die toekoms.
Mense het nodig om ons Godstories te hoor en ons kan nie stil bly nie.
Gebed
Here, dankie dat U altyd by my is. Ek wil graag die hoop wat ek in U gevind het deel as daar geleenthede is om my Godstories te vertel. Amen.