2 Korintiërs 9:10-15
10God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. 15Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.
VRAE:
GEBED:
Here, ek lees in U Woord van al die geleenthede waar U vir U mense gegee het. Ek sien hoe U niks van ons weghou nie. Ek beleef daagliks U seën, U versorging, U gawes, U teenwoordigheid, U verlossing, U genade en U liefde. Here, dit bring my tot verwondering. Dankie dat U ‘n God is wat in oorvloed gee, nie wag om te kyk of ek waardig is daarvan nie. Here, help my om U voorbeeld te volg. Here, mag ek meer en meer vrygewig wees. Here, mag ek meer en meer gee, sodat ander ook in verwondering kan staan van U grootheid en U liefde en U trou.
Amen