Efesiërs 3:18
“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.”

Om oor te gesels en te dink:
Wanneer Paulus hierdie bid, is dit ons begeerte om dit ook te kan beleef. God is betrokke in ons lewens. Ons noem dit Godstories. Ons Godstories word gedra deur God se liefde. Ons besef dit nie altyd nie. God se liefde is wyer, verder, hoër en dieper as wat ons ook kan besef. Dit vra van ons om God in ons stories te kan raak sien.

  • Waar sien jy God in jou storie raak?
  • Kan jy hierdie Godstorie met iemand deel wat dit nodig het om te hoor?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U liefde my lewe omsluit. Ek wil in staat wees om nog meer van U liefde te ervaar. Help my om my Godstorie met iemand te deel. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika