Matteus 5:3 NLV
”Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.“
Om oor te gesels en te dink
As Jesus met sy Bergrede begin, is die eerste saligspreking: gelukkig is dié mense wat weet hoe afhanklik van God is. Die Afr2020 vertaling sê: “Gelukkig is die armes van gees”. Dit alles dui op afhanklikheid van God. Leef ek en jy só afhanklik? Weet ons hoe nodig ons God het?
Ons word heeltyd deur die wêreld herinner dat ons vir onsself moet sorg en dat ons geluk van ons en ons goed afhang.
Jesus kom herinner ons dat ware geluk is om by God te begin. As ons weet hoe nodig ons Hom het, begin ons die geheim van die lewe ontdek. Ons besef dat alles wat ons het en is van God af kom.
Gebed
Here, ek wil ware geluk beleef. Ek het U meer nodig as wat ek soms wil toegee. Help my om afhanklik van U te leef. Amen.