Psalms 16:5-8
“Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.”

Om oor te gesels en te dink:
Hierdie is ‘n vertouenspsalm waarmee ons vandag kan identifiseer. Kan jy dit ook vandag sê?
Ons kan hierdie bely, selfs as dinge vir ons swaar is. God is die Een wat ons tot die regte insig bring. Hy gee perspektief op ons situasie. Dit kan ons doen as ons dit vir Hom gee.
Wil jy nie vandag dit vir die Here gee nie? Jy kan of vir Hom dankie sê of vir vra vir nuwe perspektief.
Weet dat omdat Hy by jou is, jy nie sal struikel nie.

Gebed
Here, ek kom verklaar vandag dat U my lewe is. Dankie dat U vir my sorg. Dankie dat U by my is. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika