Spreuke 3:5-6
5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

VRAE:

  • Ons almal voel soms asof ons nie op die regte plek is nie, of nie die regte goed mee besig is nie. Wat vir ons troos kan gee, is dat God egter weet waar jy is en jou sal vind, al is jy moontlik op die verkeerde plek. God kan elke toutjie weer optel, al voel dit vir ons asof ons uitrafel. Om in God se planne en wil te vertrou, vra dat ons kan oorgee aan Hom. Veral wanneer ons onseker is of twyfel.
  • Watter areas in jou lewe voel op die oomblik of hulle nie op die regte plek is nie?
  • Hoe kan vertroue op God se majesteit jou help om vrede te vind in onsekerheid?
  • Waar in jou lewe het jy al beleef dat God ‘n onsekere tyd gebruik om eer te bring aan Sy naam?
  • Wat beteken dit om aan God se wil onderdanig te wees?

GEBED:
Here, ek wil aan U wil onderdanig wees. Ek wil ophou om te twyfel of ek die regte of verkeerde ding doen, of die regte of verkeerde plek in my lewe is. Here, help my asb. om vandag die eerste tree te neem om meer op U te vertrou. Here, help my om meer op U insig staat te maak as my eie. Here, help my om U te ken in alles wat ek doen en sê.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika