Handelinge 3:14
Hy was heilig en opreg, maar júlle het Hom verwerp en gevra dat daar vir julle 'n moordenaar begenadig moet word.

VRAE:

  • Hierdie vers herinner sterk aan Jesaja 53. Vers na vers sou mens kon glo dit is oor Jesus en sy ervaring voor die kruisiging geskryf. Die hoofstuk begin ook met die vers: “Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?” Petrus is besig om die Israeliete aan te spreek. Mense wat hierdie teksgedeelte goed sou ken. Hy is besig om vir hulle te wys hoe Jesus die antwoord was op wie die Messias is.
  • Jesus het gekom om soveel verskillende beloftes van die Ou Testament te vervul. Waarom glo jy is Jesus die vervulling van die Ou Testament? Wat het jou oorspronklik oortuig om Hom te begin volg? Waarom het die goeie nuus van Jesus jou oortuig dat Hy die enigste antwoord is? Deel jou hart met die Here.
  • Watter gedeelte van die Christus verhaal dink jy honger mense die meeste voor? Wat het mense vandag nodig om in Christus te begin glo? Waarom is daardie element van ons geloof so oortuigend vir mense wat moed verloor het en soekend is?
  • Hoe sou jy die goeie nuus van Jesus met mense deel wat na Hom soek?

GEBED:
Here, dankie dat daar ‘n persoon in my lewe was wat vir my die goeie nuus van Jesus met my gedeel het. Here, ek weet die wêreld honger en dors na U, al is hulle self nog nie daarvan bewus nie. Here, help my om die goeie nuus te deel. Here, help my met die regte woorde om vir hulle te vertel hoe Jesus die antwoord op elke probleem in hulle lewens is. Dankie Here, dat U, U beloftes aan die wêreld kom vervul het.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika