Efesiërs 2:8
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.
VRAE:
- Ons het hierdie week reeds gehoor dat dit nie maklik is om die evangelie te volg nie. Dat dit wat die evangelie vir ons vir ons soms onmoontlik gaan voel. Ons het ook ontdek dat ons by Christus die krag ontvang om die evangelie te volg, solank ons vertroue in Hom geplaas word. Ons het selfs nagedink oor hoe ons die genade ontvang. Dit is juis wanneer ons swak is, dat God se genade gegee word. Maar waarom?
- God gee genade omdat Hy is wie Hy is. Hy is die God van liefde, die Vader wat ons as Sy kinders uitverkies, die Skepper van die heelal en die een wat ‘n verhouding met jou wil hê. God weet dat ons nooit in staat sou wees om die genade te kan verdien nie. God weet ons tekortkominge sal ons altyd in die moeilikheid kry. Die hele Ou Testament is vol van voorbeelde waar mense keer op keer hulle rug op God se genade gedraai het. Daarom kom God om die verhouding te herstel.
- Jesus gee sy lewe, vir mense wat die nie verdien nie en moontlik nie sal waardeer nie. Dit is die enigste manier waarop genade werklik gegee of ontvang kan word. Die een wat gee lê alles op die lyn en weet dat dit moontlik nie aanvaar sal word nie. Die een wat dit ontvang, weet dat hulle nie daarvan waardig is nie en juis dit so nodig het.
- Hoe voel jy oor genade? Is jy bewus van die feit dat jy steeds vandag dit nodig het? Of dink jy die genade is vir ander bedoel wat slegter as jy af is? Waarom is dit soms so moeilik om genade te ontvang? Waarom is dit soms so moeilik om vir ander genade te gun? Deel jou gedagtes me
Gebed:
Here, ek wil soms wag hou oor wie U genade mag ontvang. Here, ek vergeet dat ek juis die een is wat dit die meeste benodig. Here, help my om meer te fokus op die genade wat ek ontvang. Here, help my om in dankbaarheid te lewe. Here, help my om ander ook U genade te gun. Here, help my om daagliks in hierdie gawe wat U met vrymoedigheid vir