Romeine 8:28
28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

VRAE:

  • Wanneer ons voel asof ons nie op die regte plek is nie, kan dit baie frustrerend wees. Dit kan maak dat mens baie in jou geloof twyfel. Of selfs dat mens twyfel in God. Die Woord sê dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Selfs wanneer ons nie verstaan nie, of onseker is van ons omstandighede, God werk altyd agter die skerms. Wanneer alles ten goede meewerk kan God geëer word en geprys word.
  • Is daar ‘n area in jou lewe wat jy tans voel, geen doel dien nie?
  • Hoe kan die belofte van Romeine 8:28 jou vandag gerus stel?
  • Wat kan God vir jou leer in jou ongemaklike omstandighede?
  • Hoe kan jy jou fokus en ervaring van huidige ervarings, skuif na dié van God?

GEBED:
Here, ek wil U dank vir die verskillende maniere waarop dit wat ek nie verstaan nie, U naam kan groot maak. Here, ek mag dalk nie alles verstaan nie, en ek mag dalk uit plek uit voel, maar ek weet U het ‘n groter plan en dat alles in my lewe U kan eer. Selfs hierdie ongemaklike gevoel wat ek tans beleef. Here, gee my asb. geduld sodat ek kan wag om te sien hoe alles ten goede meewerk.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika