1 Korintiërs 9:25-27
”Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.“
Om oor te gesels en te dink
Die laaste padwyser vir 2024: “Om nie een aand te gaan slaap sonder dat ek my doel in die lewe nagejaag het nie.”
Hierdie laaste padwyser vra dat ons bewustelik sal leef en al die ander padwysers in ag neem, om te doen wat God van ons vra. Paulus gebruik ‘n sportsbeeld om ons gefokus te hou. Veral ook dat ons nie ander aanmoedig en self nie kwalifiseer nie. God het vir jou ‘n doel gegee om ‘n verskil te maak. Jy is nodig. Streef elke dag om jou doel uit te leef, hoe gering jy ook al dink dit mag wees.
Gebed
Here, ek kies om hierdie padwysers te volg. Ek kies om my doel na te jaag. Help my om U liefde orals te wys en te beleef. Amen.