Jesaja 55:8-9
8My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

VRAE:

  • Soms voel dit asof ons op die verkeerde plek is, bloot omdat ons nie op God vertrou nie. Die realiteit is dat ons baie meer gereeld nie gaan verstaan hoe God werk of handel nie. Ons menslike verstand is nie daartoe in staat om God ten volle te begryp nie. Om in God te vertrou vra dat ons nederig Hom nader, en bely dat ons waarskynlik nooit genoeg van God gaan kan begryp nie, maar dat ons daagliks gaan poog om meer en meer van God te leer verstaan.
  • In watter areas in jou lewe is dit moeilik om God se plan vir jou lewe te verstaan?
  • Hoe kan die vertroue in God se plan vir jou lewe, jou help om meer vrede te beleef?
  • Is daar areas in jou lewe wat jy meer aan God kan of meer wil oorgee?
  • Hoe kan die vertroue in God se wysheid jou huidige situasie anders laat lyk?

GEBED:
Here, ek weet daar is plekke in my lewe waar ek meer staatmaak op myself, as op U. Here, ek wil dit nie so hou nie. Ek het U wysheid en leiding spesifiek in alle aspekte van my lewe nodig. Here, help my om meer sensitief te wees vir U leiding. Here, help my om meer reaktief te wees wanneer ek U leiding beleef. Here, help my om gehoorsaam te wees aan U leiding, spesifiek wanneer ek nie wil nie.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika