Nehemia 1:4-6
By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid. Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid.
Om oor te gesels en te dink:
Nehemia was diep geraak deur die nuus van Jerusalem se toestand. Hy het gevas en gebid vir die volk en vir God se ingryping. Hierdie gebed toon Nehemia se hart vir sy mense en sy diepe afhanklikheid van God. Dit herinner ons aan die krag van gebed en vas in tye van groot nood. Het jy al in jou lewe gevas? Het jy al ooit gevas in gebed vir ander mense of vir God se Koninkryk? Oorweeg om vandag een maaltyd te vas en in daardie tyd te bid dat God se wil sal geskied en Sy Koninkryk sal kom – hier in Pierre van Ryneveld, Centurion, Pretoria. Om te vas in gebed vir die stad.
Gebed:
Here, gee my ‘n hart wat treur oor wat U hart treur. Help my om U wil te soek deur gebed en vas, en gee my die krag om te bid vir herstel en verandering. Lei my om altyd U gesig te soek en op U te vertrou in alle omstandighede. Amen.
Ns. As jy vandag ‘n maaltyd saam met ons vas en in gebed vir die stad bid, en met ons wil deel, stuur vir ons op hierdie boodskap ‘n