Handelinge 9:17-19
“Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; en hy het geëet en sy kragte herwin. Saulus het 'n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly”

Om oor te gesels en te dink
In die proses om van verwonding tot verwondering te gaan, het ons mense nodig. Ons sien in die lewe van Paulus het die Here vir Ananias gestuur. Hy was nog Saulus, maar die Here roep ’n huiwerige Ananias om hom te gaan ontmoet en te help op sy geloofspad tot heelheid.
Die Here stuur mense op jou pad om jou ook by te staan op jou geloofspad tot heelheid. Sien jy hulle raak?
Sê jy vir hulle dankie vir die rol wat hulle in jou lewe speel?
Dalk word jy ook gestuur na mense om hulle op hulle geloofspad te help? Wie kom in jou gedagtes op?
Vra vir die Here vir wysheid om iemand te help soos wat Ananias vir Saulus gehelp het.

Gebed
Here, dankie dat U mense in my lewe stuur om my te help. Ek wil ook graag mense help wat U op my pad stuur. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika