Filippense 4:11-12
11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
VRAE:
- Wanneer ons voel asof ons nie op die regte plek is nie, of ons is onseker oor waar ons moet wees, is dit moeilik om te voel asof ons tevrede is. Paulus leer vir ons dat tevredenheid kom van ons geloof in God, en word nie bepaal deur ons omstandighede nie. Ongeag van die ervarings wat ons beleef, kan ons steeds tevredenheid beleef in ons lewens, omdat God vir ons genoeg is.
- Is daar areas in jou lewe waar dit vir jou moeilik is om tevredenheid te beleef?
- Wat is die bron van jou onvergenoegdheid?
- Hoe help dit jou gevoel van onvergenoegdheid, deur op Christus te fokus?
- Wat beteken dit om te ontdek dat die geheim van tevredenheid in Jesus gevind kan word?
Gebed:
Here, ek wil U dank vir al dinge, goed, mense, ervarings en belewenisse in my lewe. Ek wil ook in hierdie seisoen van my lewe tevrede voel. Here, help my om te ontdek hoe U teenwoordigheid in my lewe, werklik al is wat ek nodig het. Here, help my om meer dankbaar te wees vir alles wat ek as vanselfsprekend aanvaar.
Amen