Jesaja 56:1-3, 6
”Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid. Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.“

Om oor te gesels en te dink
Wat maak jou versadig? Waarop spandeer jy jou tyd?
Jesaja moedig die volk in ballingskap aan om God se uitnodiging te aanvaar. Moenie tyd en geld spandeer op dit wat nie werklik versadig maak nie. Ons moet van die regte brood eet. Alleen God kan vir ons gee wat goed is en ons versadig maak. Ons moet by Hom kom vra.
God het met elkeen van ons ’n verbond (ooreenkoms) gesluit om aan ons Sy liefde te betoon. Soos aan Dawid, is sy troue liefde ook vir ons.
Kom ons vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is en naby ons is. Hy is die Brood van die lewe wat ons versadig maak.

Gebed
Here, dankie dat ek U altyd kan aanroep. Dankie dat U naby is. Maak my versadig met U ware brood. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika