1 Petrus 2:23
Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.
Om oor te gesels en te dink:
In tye van lyding en teenstand is dit dalk makliker om te praat van geloof, maar moeiliker om dit uit te leef. Laat ons dus in tye van stryd en pyn vasstaan in ons geloof en vrugte dra wat ons geloof bevestig. Ons het tydens bepekrte omstandighede en selfs lyding 'n lewendige geloof wat sienbare vrugte in ons lewens kan dra.
Gebed:
Here, gee ons die krag om standvastig te bly in ons geloof en dade, selfs wanneer ons ly. Amen.