Nehemia 9:3

Hulle het op hulle plekke bly staan en het ‘n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog ‘n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig.

Om oor te gesels en te dink:
Nadat die muur voltooi is en nadat hulle die huttefees gevier het, was daar ‘n vasdag. Op die vasdag lees ons hoe die Israeliete ‘n groot deel van die dag deurbring om God se wet te hoor en hulle sondes te bely. Dit wys ‘n diepe toewyding en ‘n erkenning van hul afhanklikheid van God. Bewuswording van hul sondes. So ‘n tyd van belydenis en hernuwing bring herstel en fokus op God se wil en Koninkryk. Neem vandag ‘n oomblik om self te bid en berou te toon oor waar jy inbeheer probeer bly of nes die Israeliete van jou identiteit as God se kind vergeet. Neem daarna ‘n oomblik om opnuut te besef dat jy vrygespreek is. En dat God jou roep tot ‘n opgestane lewe wat op Sy koninkryk fokus.

Gebed:
Here, ek bely my sondes en my tekortkominge voor U. Verander my hart en lei my om U wil en U Koninkryk eerste te stel. Help my om in U waarheid te wandel en my lewe toe te wy aan U diens. Mag ek altyd bewus wees van U genade en U getrouheid. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram