2 Korintiërs 12:9
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
VRAE:
- Wanneer ons onkundig voel oor hoe om te getuig, kan ons daarvan probeer weg te stuur. Om te getuig is nie iets wat net sommige van ons hoef te doen nie. Jesus vra dat almal van ons sal getuig tot op die uithoeke van die aarde. Om te bely dat ons nie daarmee goed is om te getuig nie, kan ons juis help om meer op God te vertrou. Wanneer ons ‘n swakheid ontdek van onsself, kry Christus weer die kans om sy almag te kan wys. Ons kan God toelaat om deur ons onsekerheid en onkunde te werk, deur meer op Hom te vertrou as onsself.
- Watter tekortkominge, of onsekerhede beleef jy wanneer jy die geleentheid het om te getuig van God se handelinge in jou lewe?
- Hoe voel dit om te weet dat God se krag juis tot sy volheid kom wanneer jou eie swakhede uitgewys word? Hoe kan dit jou troos?
- Hoe kan jou swakhede ‘n geleentheid wees vir ander om Christus in jou raak te sien?
- Hoe kan jy meer op God se genade staatmaak wanneer jy getuig oor God se handelinge in jou lewe? Hoe help dit jou prakties in jou lewe?
Gebed:
Here, ek wil my belewenisse van U teenwoordigheid in my lewe met ander deel, maar U weet hoe gespanne en onkundig ek voel wanneer ek dit doen. Here, help my om net die eerste tree te neem en met iemand na aan my te deel hoe ek my verhouding met U beleef. Here, ek hou nie daarvan om swak te voel, onkundig te voel of onseker te voel nie. Here, help my om met die ongemak te sit en meer op U te vertrou. Here, help my deur U almag te laat skyn deur my eie gebrokenheid.
Amen