Matteus 27:27-31 (2020 Vertaling)
27Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem, en die hele kohort soldate by Hom byeengebring. 28 Hulle het sy klere uitgetrek en 'n helderrooi mantel om Hom gehang. 29Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit, en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” 30 Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem, en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. 31Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.
VRAE:
- In vandag se gedeelte sien ons hoe die soldate Jesus spot en Hom probeer verneder. Maar in hulle poging om Hom te verneder is hulle besig om dit wat oor Jesus geskrywe staan te laat geskied. Elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy die koning is. Hier is mense wat van ander kulture en gelowe kom wat selfs in hulle bespotting, tog dit bely. Die waarheid word tog erken wanneer die romeinse soldaat met Jesus se dood werklik bely dat Hy die seun van God is.
- Selfs wanneer mense nie werklik weet wat hulle doen of wie God werklik is nie, kan Hy hulle gebruik om Sy naam groot te maak. Het God al ooit ongelowiges gebruik om Sy grootheid aan jou te bewys? Was daar al ‘n geleentheid waar mense wat nie in God glo nie so opgetree het, dat jy tog God se grootheid en teenwoordigheid kon beleef?
- Waar was daar al geleenthede in jou lewe waar God gewerk het, sodat ander wat nie glo nie ‘n belewenis van God se teenwoordigheid kon beleef? Het mense wat nie glo nie, as gevolg van jou geloof, beleef dat God werklik die koning van die wêreld is? Hoe kan jy meer hiervan getuig?
Gebed:
Here, dankie dat U elke geleentheid neem. Selfs die oomblikke waar ander U naam wil verneder of sleg maak. Dankie dat U ook