Lukas 12:11-12
11“Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie, 12want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word.”

VRAE:

  • Jesus het vir sy eie dissipels herinner dat hulle nie op hulle eie vermoë hoef staat te maak wanneer ons uitdagings of probleme moet hanteer nie. Die Heilige Gees sal in ons werk en vir ons die regte woorde gee in die oomblikke wat ons dit benodig. Die Heilige Gees sal ons toerus met die vermoëns wat ons benodig wanneer ons by die geleenthede uitkom.
  • Bekommer jy soms jouself oor wat jy moet sê, hoe jy moet optree of wat jy moet doen wanneer dit by ‘n lewe kom wat getuig van God se teenwoordigheid? Wat bekommer jou?
  • Hoe kan jy meer op die Heilige Gees se leiding vertrou in daardie oomblik?
  • Kan jy aan enige tye in jou lewe dink waar die Heilige Gees vir jou die vermoë gegee het wat jy nodig gehad het in die oomblik? Wat het gebeur?
  • Hoe kan jy in vertroue op die Heilige Gees se handelinge in jou lewe groei? Hoe lyk dit prakties?

GEBED:
Here, help my vandag om nie te praat as ek nie voel die woorde kom van die Gees af nie. Here, help my asb. om nie ‘n tree te gee as ek nie voel die Heilige Gees lei my nie. Here, help my asb. om nie op te tree as ek nie oortuig is dat die Heilige Gees my handelinge beheer nie. Here, gee vir my die onderskeidingsvermoë en waagmoed om op te tree soos die Gees van my verwag.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika