Johannes 21:1-3
”Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Nog een van Jesus se volgelinge wat op die boot is, is Natanael van Kana in Galilea. In Joh. 1:46 lees ons van Natanael wat skepties is oor Jesus en vra of daar iets goeds uit Nasaret kan kom. Jesus verwerp hom nie. Jesus het hom onder die vyeboom raak gesien en toe het Natanael Hom erken as die Seun van God. Jesus sê vir Natanael dat hy nog groter dinge sal sien en ook die hemel wat oop is. Natanael het Jesus begin volg en dit het waar geword. Hy het wonderwerke saam beleef. Hy het ook gewonder wat na die kruisiging sou gebeur. Jesus los hom nie en hy word ook genooi om saam met Jesus te kom eet.
Jesus sien ons ook raak, soos Hy Natanael raak sien. Al het Natanael vrae gehad, was hy welkom. Ons is ook altyd welkom by God omdat Hy ons raak sien.

Gebed
Here, dankie dat U my raak sien. Al het ek vrae, los U my nie. Dankie dat ek U kan lief hê. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika