Hebreërs 13:5b-6
“wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?””

Om oor te gesels en te dink:
In ’n krisis kan ons perspektief verloor. Hebreërs moedig ons aan om tevrede te wees met wat ons het en waar ons is. Ons kan vashou aan die belofte dat die Here ons nooit sal verlaat nie en nooit in die steek laat nie. Hy haal hierdie teks uit Josua 1:5 aan, waar Josua voor ’n groot uitdaging gestaan het en onseker was oor die pad vorentoe. Wanneer ons in afhanklikheid vir die Here vra om by ons te wees, kan ons Hom vertrou.
Daarom kan ons met vertroue bid en vra dat die Here ons sal help en hoef ons nie bang te wees nie. Die Here gebruik mense om ons om ons te help. Sien die mense om jou raak.
Dalk moet jy vandag hoor dat jy nie alleen is nie?
Dalk moet jy vandag hoor dat die Here jou nooit sal verlaat en jou nooit in die steek laat nie?
Hoe laat dit jou voel? Deel jou hart met die Here.

Gebed
Here, dankie dat ek nooit alleen is nie. Dankie vir mense wat my daaraan herinner. Mag ek U vandag vertrou. Ek wil wil U bly volg. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram